Í2(È-A-AHT-SG01^Î
1
8
0
8
-
A
-
A
H
T -
S
G
0
1
AFRIKAANS HUISTAAL HANDLEIDING Graad 8
A member of the FUTURELEARN group
Afrikaans Huistaal Handleiding
1808-A-AHT-SG01
Í2(È-A-AHT-SG01^Î
Graad 8
Aangepas vir KABV
I Kritzinger
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
INHOUDSOPGAWE Leselemente .................................................................................................................... 7 Voorwoord 9
EENHEID 1 LES 1: Bly so veilig
11
Aktiwiteit 1: Lees + Mondeling Voorbereide lees Onvoorbereide mondeling
LES 2: Bly so veilig
13
Aktiwiteit 2: Aktiwiteit 3: Aktiwiteit 4:
Taalleer Klankleer Taalleer Klankverskynsels Taalleer Skryftekens
LES 3: Lag ’n slag
13 13 16 16 17 17
21
Aktiwiteit 5:
Begripslees Leestegniekie Leesbegripstoets
LES 4: Interessante dae Aktiwiteit 6:
21 21 21
24 Stelwerk Skryfproses Poskaart Dagboekinskrywing Verhalende opstel
LES 5: ’n Literêre wêreld
24 24 26 27 27
29
Aktiwiteit 7 :
Poësie Muskiete-jag Onderwyser Dronkgeslaan
29 29 31 32
Aktiwiteit 8 :
Prosa (kortverhaal) Literêre begrippe ‘n Emmer vol tanne vir ‘n hospitaal holbekke Lees
33 34
Aktiwiteit 9 :
© Impaq
11 11 12
1
37 41
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
Leesbegrip Visuele tekste (spotprente)
LES 6: ’n Oorwinning
41 43
44
Aktiwiteit 10: Mondeling Onderhoudvoering Aktiwiteit 11: Stelwerk Verslag
LES 7: Selfoonnetwerke
44 44 44 45
46
Aktiwiteit 12: Taalleer (Betekenisleer) Sinonieme, antonieme, paronieme, homonieme, homofone Aktiwiteit 13: Taalleer Leestekengebruik Toetsafbakening
46 47 48 48 50
EENHEID 2 Inleidingsbrief Kwartaalbeplanning
51 51
LES 8: Laat ons praat
53
Aktiwiteit 1:
Mondeling
LES 9: En daar gebeur dit toe regtig . . .
55
Aktiwiteit 2:
55 55 55 57
Stelwerk Sinsoorte Paragrawe Vriendskaplike brief
LES 10: Die advertensiewêreld Aktiwiteit 3: Lees Tegnieke en -begrip Aktiwiteit 4: Taalleer Hooflettergebruik Aktiwiteit 5: Taalleer Idiomatiese benamings Versamelname Aktiwiteit 6: Taalleer Hersiening – klankleer
© Impaq
53
2
60 60 60 65 65 67 67 67 68 68
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
LES 11: Hoe mooi is die poëtiese taal? Aktiwiteit 7: Lees Voorbereide lees Aktiwiteit 8: Poësie Eendag Sproeireën Aktiwiteit 9: Poësie Maaltyd Spreuke 30:24-28
LES 12: So spel ’n mens!
69 69 69 70 70 71 72 72 73
75
Aktiwiteit 10: Taalleer Spelreëls Grondbeginsels Aktiwiteit 11: Stelwerk Instruksies / aanwysings / wenke Dialoog Aktiwiteit 12: Mondeling Bespreking
LES 13: Besoedeling
75 75 76 80 83 83 84 84
84
Aktiwiteit 13: Lees Begripslees Aktiwiteit 14: Prosa (kortverhaal) Ant Bolletjie en die parte
LES 14: Elke woord het ’n plek Aktiwiteit 15: Taalleer Woordsoorte Eksamenafbakening
84 84 87 87
90 90 90 96
EENHEID 3 Inleidingsbrief Kwartaalbeplanning
99 100
LES 15: Woorde wek, voorbeelde trek
101
Aktiwiteit 1:
© Impaq
3
Taalleer Woordvorming Akroniem
101 101 104
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
LES 16: Bekendheid: goed of sleg? Aktiwiteit 2: Aktiwiteit 3:
Stelwerk Advertensies Stelwerk Berig Informele brief
LES 17: Laat ons lees en luister Aktiwiteit 4:
Aktiwiteit 5:
Lees Leesspoed Luisteroefening Taalleer Hersieningsoefening
LES 18: Boerneef laat die taal leef Aktiwiteit 6:
Poësie Harlekyn van die dieretuin Die berggans Koeloekoeloe sê kalkoen se kind Psalm 117
LES 19: So lyk ‘n sin
105 105 112 112 114
115 115 115 115 116 116
117 117 117 129 120 121
122
Aktiwiteit 7: Aktiwiteit 8:
Taalleer Woordeskatuitbreiding Taalleer Sinsleer Ontkenning
LES 20: En wat sê jy?
122 122 123 123 125
126
Aktiwiteit 9:
Mondeling Informele bespreking TEL VIR DIE VIERDE KWARTAALPUNT Aktiwiteit 10: Lees Afleidings en gevolgtrekkings (spotprente) Aktiwiteit 11: Taalleer Hersieningsoefening Toetsafbakening
© Impaq
105
126 126
126 126 128 128 130
4
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
EENHEID 4 Inleidingsbrief Kwartaalbeplanning
131 132
LES 21: Kom ons sê dankie
133
Aktiwiteit 1:
Stelwerk Dankiesê-kaartjie
LES 22: Ons ryk taal
133
Aktiwiteit 2: Aktiwiteit 3:
Taalleer Idiomatiese uitdrukkings Indirekte en direkte rede
LES 23: Letterkunde verryk ons taal Aktiwiteit 4:
Eksamenafbakening
© Impaq
133 133
Prosa Wie die dood erf
133 133 139
140 140 140 184
5
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
© Impaq
6
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
LESELEMENTE LEERDOELWITTE Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV. BELANGRIKE TERMINOLOGIE Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei. DEFINIEER Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan. BELANGRIK Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis. WENKE Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.
© Impaq
7
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
VIR DIE NUUSKIERIGES Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal. *LSEN in algemene taalgebruik
AKTIWITEIT Vrae oor die les wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets. OEFENING Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering. KERNINHOUD Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les wat verstaan moet word. STUDEER/HERSIENING Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.
© Impaq
8
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
Eenheid
1
VOORWOORD Welkom by Afrikaans Huistaal graad 8! Die werk in die handleiding bou op vorige grade se kennis. Maak dus seker dat jy die vorige grade se werk goed ken. Alle formele assesseringstake kan in die portefeuljeboek gevind word. WENKE Sorg dat jy die teorie van die verskillende begrippe baie goed ken, want as jy dit nie ken nie, kan jy nie die toepassing daarvan in oefeninge doen nie. Taal is net so ’n leervak soos enige ander vak. Dan help lees natuurlik baie, omdat dit jou woordeskat en spelvaardighede verskerp en uitbrei. Lees soveel as moontlik.
Š Impaq
9
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
Eenheid
EENHEID 1 KWARTAALBEPLANNING WEEK
AKTIWITEITTE
WEEK 1
1; 2; 3
WEEK 2
4; 5; 6
WEEK 3
7; 8
WEEK 4
9; 10
WEEK 5
11; 12
WEEK 6 + 7
13 + afhandeling van werk
WEEK 8
Hersiening LEERDOELWITTE: Jy moet aan die einde van die les die volgende aspekte ken: • •
Luister en praat Luister Mondeling (voorbereid)
LES 1: Bly so veilig LUISTER EN PRAAT AKTIWITEIT 1.1 : VOORBEREIDE LEES Jy moet die leesstuk, Bly so veilig, hardop vir jou fasiliteerder voorlees. Dit maak nie saak as jy vashaak nie, sorg dat jy verstaan wat jy lees. Jy kry so twee minute om die leesstuk voor te berei. Die leesstuk gaan op die volgende bladsy aan. [10]
© Impaq
10
1
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
Eenheid
1
Bly so veilig Die lewe kan so lekker wees,maar soms loop goed skeef. Hier is ’n paar wenke oor hoe om veilig te bly. In die kar: Kinders jonger as 12 sit op die agterste sitplek Maak jou sitplekgordel vas. Dan is jy veiliger as jy in ‘n ongeluk is.Moenie die persoon wat bestuur se aandag aftrek nie. Die bestuurder moet konsentreer om veilig te kan ry. Moenie op die bestuurder skree of aan hom of haar raak terwyl julle ry nie.
Kos: Moet nooit kos of drank van ‘n vreemdeling aanvaar nie, tensy jou ouers sê jy mag. Die kos kan giftig wees en jou baie siek maak. Moenie kos eet as dit sleg ruik nie. Vra liewer jou onderwyser /ouers om te kyk dat die kos reg is. Moet nooit medisyne vat wat iewers rondlê nie. Neem net wat jou ouers en dokter vir jou gee.
DIERE • As jy ‘n dier langs die pad teëkom, moenie hom probeer streel nie. Die dier kan dalk skrik en jou aanval. •
VUUR • Moenie met vuurhoutjies of sigaretaanstekers speel nie. Jy kan seerkry en ‘n brand veroorsaak wat groot skade kan aanrig. • As jou klere wel aan die brand raak, val op die grond neer en rol heen en weer. Dit sal help om die vlamme te blus. Moenie hardloop nie.
Moenie jou troeteldiere terg of te opgewonde maak nie. Hulle kan jou byt of krap.
DIE INTERNET • Moenie jou naam, adres of telefoonnommer op die internet gebruik nie. • Sê vir jou ouers as jy iets op die net teëkom wat jou bangmaak. • Moet nooit boodskappe wat jy in kletskamers kry, beantwoord as dit jou ongemaklik laat voel nie. • Moenie iemand wat jy op die net leer ken het, in lewende lywe ontmoet nie, tensy jou ouers daarvan weet.
© Impaq
11
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
Eenheid
GEWERE
1
WATER • Swem net as ‘n grootmens wat jou kan dophou, by is. • Wag ‘n uur ná ete voor jy gaan swem, anders is jou maag te vol. As jy op ‘n vol maag swem, sal jou kos dalk nie reg verteer nie. Dit kan vir jou maagkrampe gee en jy kan daarvan verdrink • As jy saam met maats swem, moet hulle nie in die swembad stamp of hul kop onder die water druk nie • As jy dink iemand is besig om te verdrink, roep dadelik ‘n volwassene of bel 10111
As jy op `n geweer afkom, moenie daaraan raak nie en vertel dadelik vir `n grootmens wat jy vertrou, daarvan. Gewere kan jou en die mense vir wie jy lief is baie seer- of doodmaak. Onthou, die geweergevegte wat jy op TV sien, is nie eg nie. MENSE • Moet nooit toelaat dat ‘n grootmens iets doen wat jou ongemaklik laat voel nie. • As iemand aan jou vat op ‘n manier wat nie vir jou lekker is nie, vertel dadelik vir ‘n ander grootmens daarvan. As dié persoon jou nie glo nie, sê vir iemand anders, soos jou onderwyser. As daar niemand is vir wie jy kan vertel nie, bel CHILDLINE ( 0800-0550-555) • Moenie alleen uitgaan nie. As jy winkel toe, of na ‘n openbare toilet gaan, moet jou ouers of ‘n maat by wees. • Moet nooit in ‘n vreemdeling se kar klim nie. Vra eers vir jou ouers, onderwyser of oppasser of jy mag gaan, selfs al is dit saam met iemand wat jy ken. • Moenie oor die foon sê wat jou huis se adres is nie, tensy jou ouers sê jy mag. As iemand jou bang maak oor die foon, sit neer en sê vir jou ouers. Partykeer het jy ‘n volwassene se hulp nodig. Hier is ‘n lys van grootmense wat jy kan vertrou: • jou ma en pa • jou oupa en oupa • jou onderwyser/es • `n lid van die polisie • jou dokter
NOTA • As daar nie ‘n grootmens in die rondte is wat kan help nie, bel dan dié nommers: 0800-055-555 10111 • Sê vir die persoon wat antwoord wat jou probleem is en gee jou naam, telefoonnommer en adres.
AKTIWITEIT 1.2 : ONVOORBEREIDE MONDELING Ons het nou gelees van hoe om veilig te bly. Kies een van die onderwerpe soos in die leesstuk wat jy gelees het en vertel vir jou fasiliteerder waarom jy dink daar sekere veiligheidsmaatreëls by die spesifieke ding moet wees. Jy moet jou fasiliteerder oortuig en al hoe jy dit gaan doen, is om in te glo wat jy sê. Jy moet dus ook aan hierdie veiligheidsmaatreëls voldoen. Jy moet ongeveer TWEE tot DRIE minute neem om jou saak te stel en te motiveer. [10]
LEERDOELWITTE: Jy moet aan die einde van die les die volgende aspekte ken: •
© Impaq
•
Taalleer Klanke Klankverskynsels Skryftekens
12
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
Eenheid
1
LES 2 : Bly so veilig TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES AKTIWITEIT 2 : TAALLEER KLANKLEER Jy het al baie vroeg in jou skoolloopbaan geleer van die verskillende klanke wat ons in Afrikaans kry. Onthou jy hulle nog?
vokale / diftonge / konsonante / affrikate Kan jy nog onthou? Wat is die verskil tussen ‘n vokaal en ‘n konsonant? ·
·
‘n vokaal is ‘n klank wat gevorm en .uitgespreek word sonder dat daar enige versperring in die pad van die klank kom ‘n mens spreek ook sekere vokale gerond en ander ongerond uit
·
‘n konsonant is ‘n klank wat gevorm en uitgespreek word, maar daar is een of ander versperring wat help om die klank te vorm, bv. die tong / lippe / kleintongetjie / tande / ens. daarom kry ons verskillende soorte konsonante
VOKALE GEROND BOk d Eur MUUr BUk SOEk ROOs
ONGEROND mEEr hEt dAk dAAr Is skI / familIE
HET JY ALTYD GEDINK DAT DAAR NET VYF VOKALE IS, nl. A ; E ; I ; O ; U? Dit is belangrik dat jy moet verstaan dat die lang vokale én die oe, eu en ie ook vokale is! Kan jy nog onthou wanneer is ‘n klank stemhebbend en wanneer stemloos? Sit jou vingers op jou ademsappel en dan sê jy die klank : S (nie es nie, maar ssssss) Voel jy ‘n vibrasie onder jou vingers? Dan is so ‘n klank stemloos - d.w.s. jou stembande word nie gebruik nie. Sê nou die klank A - nou moet jy ‘n vibrasie voel. Nou het jy jou stembande gebruik.
© Impaq
13
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
Eenheid
1
ALLE VOKALE IS DUS STEMHEBBEND! Weet jy nog wat is ‘n diftong / tweeklank? Dit is wanneer twee of meer verskillende vokale as een klank uitgespreek word én as jou mondvorm verander!!!!!
Die volgende is almal diftonge : hAAI mOOI grOEI gOUd bYt
bAIe Otjie (jy hoor oi) hUIs lEEU fEIt
Dink jy diftonge is stemloos of stemhebbend?
KONSONANTE ‘n Konsonant word na aanleiding van die wyse/manier hoe hy in jou mond gevorm word, benoem : eksplosief : die klank word opgedam in die mond en dan met ‘n plofgeluid losgelaat pos ; bas ; rat ; dan ; potjie ; berge ; kat frikatief : die klank wat gevorm word klink soos ‘n skuurgeluid - dit kan aanhou fiets ; wal ; Zoeloe ; jaag ; geel ; hak ; sjaal ; twee ; voet ; genie/genre (hoor jy die verskil in uitspraak by die “g” van jaag en van geel?) lateraal : die lug word aan weerskante van die tong verbygestuur en daar is net een so ‘n klank lank ; rolle triller : die tong maak vinnige trilbewegings raai nasaal : die klank word deur die neusholtes gestuur naam ; bang ; mandjie
STEMLOOS
STEMHEBBEND Alle nasale klanke Lateraal Triller
Die volgende eksplosiewe klanke : perd ; kat ; handjie ; potjie ; rak ; hand (jy hoor `n t-klank)
Die volgende eksplosiewe klanke : boek ; dak ; berge
Die volgende frikatiewe klanke : voor ; fiets ; slang ; groen ; sjaal ; geel
Die volgende frikatiewe klanke : wiel ; Zoeloe ; jaag ; hak ; twee; genie/genre
© Impaq
14
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
Eenheid
1
AFFRIKATE ‘n Affrikaat word gevorm wanneer twee verskillende konsonante as een klank uitgespreek word en dit begin met ‘n eksplosiewe klank en gaan oor in ‘n frikatiewe klank.
STEMLOOS TJek ; TSaar
STEMHEBBEND kolleGE ; Jellie
KLANKBOU · hiermee word bedoel; uit watter klanke word ‘n woord gebou?
· bv. watter klanke hoor jy as jy sê: hare? Jy hoor ‘n H, ‘n A, ‘n R en ‘n E · d.w.s. jy dui dit as volg aan : V = vokaal K = konsonant D = diftong d.w.s. : hare se klankbou = KVKV · by die woord meer, hoor jy ook net een e-klank, nie twee nie, jy hoor wel ‘n lang e-klank, d.w.s. die klankbou van meer = KVK. · dieselfde geld by rakke - jy hoor nie twee k-klanke nie, slegs een, d.w.s. die klankbou van rakke = KVKV. Sjoe! dis darem ‘n klomp goed. Kom ons doen eers ‘n bietjie vrae om te kyk of jy verstaan wat nou alles aan jou verduidelik is. Die vrae kom alles uit die leesstuk oor Bly so veilig.
VRAE: 2.1
2.2 2.3 2.4
2.5 2.6 2.7 2.8 2.9 2.10
Kyk na die stuk oor In die kar Skryf al die vokale uit die volgende sinnetjie neer: Sit op die agtersitplek. Dui die klankbou aan van: moenie; aandag; veilig Watter van die konsonante in bestuurder is stemloos? Kyk na die stuk oor Kos Haal al die frikatiewe uit die volgende sin: Moet nooit medisyne vat wat jy iewers sien rondlê nie Benoem die onderstreepte konsonante in: liewer Dui die klankbou aan van: sien; kyk; eet Wat is die verskil tussen ‘n eksplosiewe en ‘n frikatiewe klank? Is vokale stemhebbend of stemloos? Motiveer jou antwoord. Kyk na die stuk oor Nota: Dui die klankbou aan van: rondte; probleem; naam Kyk na die woord antwoord. Wat is vir jou vreemd omtrent die uitspraak van die t en die d? Hoe stem hulle ooreen?
Dit is belangrik dat jy moet onthou dat klankbou / klankleer gaan oor die klanke, nie die letters nie. Dit handel dus oor die klanke wat ons hoor.
© Impaq
15
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
Eenheid
1
AKTIWITEIT 3 : TAALLEER KLANKVERSKYNSELS Wanneer ‘n mens praat, spreek jy baie keer sekere klanke anders uit as wat ‘n mens sou verwag. Dit gebeur omdat dit vir jou mond makliker is om by sekere klanke aan te pas en omdat sekere klanke sterker is as ander. As ‘n mens elke klank presies volgens sy eie klankwaarde sou uitspreek, sou ons ontsettend stadig gepraat het. Sê sommer net om dit te toets die volgende woord sodat jy elke liewe klank hoor: perdehokke Sê nou die woord soos jy dit vir iemand sou vertel - nou hoor ons: pêrrehôke
Ons moet so praat, maar ons mag nooit so skryf nie. Hierdie beginsel om klanke anders uit te spreek, noem ons klankverskynsels. Hierna gaan jy van die bekendste klankverskynsels leer. Dit is belangrik dat jy dit baie goed verstaan en leer, anders gaan jy later baie sukkel.
KLANKVERSKYNSELS ♥ ♥ ♥ ♥
Ontronding (jy mag nooit so praat nie) Oorronding (jy mag nooit so praat nie) Assimilasie (jy moet so praat) Nasalering en vokalisering (jy moet so praat)
Watter klankverskynsel dink jy is van toepassing by die uitspreek van perdehokke? OORRONDING Dit is wanneer ons gewone klanke baie meer gerond uitspreek. Dit gebeur baie keer wanneer iemand homself aanstel (dink hy’s “grand” ) en nou dink hy hy beïndruk deur so te praat, bv. i.p.v. pa sê hy pô , i.p.v. party (in Afrikaans) sê hy pôrtie. Ons mag nooit so praat nie!!!!!
ONTRONDING Wanneer die volgende geronde vokale ongerond uitgespreek word: die uu, bv. in muur wat mier word die u, bv. in buk wat bik word die eu, bv. in deur wat deer word
ASSIMILASIE Dit is die gelykmaking van klanke, omdat dit makliker is om twee klanke wat min of meer op dieselfde plek in die mond gevorm word, uit te spreek, as twee klanke wat op verskillende plekke gevorm word, bv.:
© Impaq
16
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
Eenheid
1
hierdie, word hierie op die word oppie onmoontlike word ommoontlike vir hom word virom
NASALERING EN VOKALISERING Die lug word deur die mond, sowel as die neusholte gestuur. Feitlik alle vokale word genasaleer, behalwe die uu. Dit vind gewoonlik plaas wanneer die n en m deur ‘n s gevolg word, maar dit is nie die enigste manier nie. Die verskynsel word met ‘n tilde aangedui in die foneties, bv. [dã:s] Voorbeelde: dans; teenspoed; krans; ons; Dinsdag; ingee; inryg; in gooi; en wat.
VRAE: 3.1
3.2 3.3 3.4 3.5 3.6
Kyk na die stuk oor Water: Skryf al die woorde neer wat ontrond kan word uit die volgende sin: As jy saam met maats swem, moenie hulle in die swembad stamp of hul kop onder die water druk nie Benoem die klankverskynsel wat voorkom in : grootmens Wat beteken assimilasie? Gee enige voorbeeld uit dié stuk Mag ons ons woorde ontrond? Waarom moet ons geassimileerd praat? Dui die klankbou aan van: maag; jou; onder
AKTIWITEIT 4 : TAALLEER SKRYFTEKENS • Kappie • Deelteken • Koppelteken • Afkappingsteken • Aksenttekens Daar word verskillende skryftekens in Afrikaans gebruik om te help dat ons die woorde makliker uitspreek. KAPPIE · verleng die klankwaarde van die klank, bv. · hek teenoor skêr · kore teenoor môre · sug teenoor brûe · lig teenoor wîe (mv. van wig) DEELTEKEN · dui altyd die begin van ‘n nuwe lettergreep aan, bv. · beïnvloed = be - in - vloed · reën = re - en · geïnteresseer = ge-in-te-res-seer · wanneer jy die woord in lettergrepe verdeel het, verval die deelteken.
© Impaq
17
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
Eenheid
1
KOPPELTEKEN Die koppelteken het baie reëls, maar ons gaan nou eers net ‘n paar leer: · alle koppelings met hulle, bv ma-hulle · alle koppelings met ‘n syfer of ‘n letter, bv 8 km-pad · opeenhoping van klinkers, bv see-eend wanneer dieselfde deel van een woord by ‘n ander herhaal word, word dit by die eerste woord uitgelaat, bv. strooi- en rietdak. AFKAPPINGSTEKEN 1. Die afkappingsteken word gebruik by die meervoud- en verkleiningsvorme van woorde wat: · eindig op ‘n “i ; o ; u” bv. foto’tjie / foto’s ; Israeli’tjie / Israeli’s; · eindig op ‘n beklemtoonde “a”, bv. ma’tjie / ma’s · eindig op ‘n onuitgesproke “s en e” , bv. Cilliers’tjie / Cilliers’s; Estelle’tjie / Estelle’e ; Terblanche’e / Terblanche’ie · ‘n letter of ‘n syfer is, bv 12's / 3'tjie / X’ie 2.
Die afkappingsteken word gebruik wanneer klanke weggelaat word, bv. g’n i.p.v. geen / hy’t i.p.v. hy het.
VRAE: Dié vrae kom ook uit die leesstuk, Bly so veilig: 4.1 4.2
4.3
4.4
Net onder die opskrif, staan die woord Hier’s. Verklaar die gebruik van die afkappingsteken. Verklaar die gebruik van die volgende skryftekens; 4.2.1 kappie op sê 4.2.2 deelteken in teëkom Gee eers die meervoud en dan die verkleiningsvorm van: 4.3.1 TV 4.3.2 12 4.3.3 ma 4.3.4 ouma Verklaar die gebruik van die koppelteken in: 4.4.1 ma-hulle 4.4.2 X-strale 4.4.3 dag- en nagwisselings 4.4.4 foto-omslag
HOE DUI ONS DIE BEKLEMTOONDE LETTERGREEP AAN? HET JY GEWEET? Elke liewe woord in Afrikaans het EEN lettergreep wat harder uitgespreek word as al die ander lettergrepe in die woord. Probeer bietjie enige woord met meer as een lettergreep so uitspreek dat alles dieselfde klink! Hoe klink dit? Sê nou ‘n sinnetjie met al die woorde op presies dieselfde toonhoogte –vreemd né? ‘n Woord het ook net EEN beklemtoonde lettergreep.
© Impaq
18
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
1.
Eenheid
1
ONDERSTREPING
Wanneer die beklemtoonde lettergreep deur middel van (d.m.v.) onderstreping aangetoon moet word, word die HELE BEKLEMTOONDE LETTERGREEP onderstreep, bv. aspirasie; hospitaal; priële
SOORTE AKSENTTEKENS Gravis Die teken word meestal in geërfde woorde gebruik, bv. Eugène; Adèle ; appèl; nè
Akuut Die teken word gebruik om die beklemtoning aan te dui in : ‘n woord; ‘n sin; ‘n frase
2.
AKSENTTEKEN
· die akuut word slegs op vokale geplaas · alle vokale in die beklemtoonde lettergreep kry ‘n akuut · wanneer die “i” saam met ‘n ander vokaal in die beklemtoonde lettergreep staan, kry slegs die ander vokaal die akuut · slegs wanneer die “i” alleen in die beklemtoonde lettergreep staan, word die akuut op die “i” geplaas bv. hárdloop / dáárnatoe / akkedís / famílie / miér / telefonéér / bróéi / bóéte / telefóón / telefóne · Die beklemtoning van ‘n spesifieke woord in ‘n sin bring betekenisverande-ring mee, bv. Jy móét die boek lees Jy moet dié boek lees Jy moet die bóék lees Jy moet die boek léés Lees elke keer die beklemtoonde woord hard en sê dan vir jou onderwyser/es wat word met elke sin bedoel. Kyk dat jy mooi verstaan wat is die verskil in betekenis wanneer ‘n mens ‘n spesifieke woord beklemtoon. Lees die onderstaande leesstuk, dis ‘n ramp!, deur en beantwoord dan die vrae:
dis ‘n ramp!!!! Skuddings wat die aarde oopskeur, berge wat oopskeur en stormwinde wat huise opslurp. Hoeveel weet jy van natuurlike rampe? 1
Wat veroorsaak skuddings? Aardbewings word deur ‘n breuk in die aarde se kors veroorsaak.
2
Wat is ‘n vulkaan? Dit is ‘n opening in die aarde wat lawa, warm gas en stukke rots uitspoeg.
© Impaq
19
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
Eenheid
1
3
Hoeveel klein aardbewings vind jaarliks plaas? Tussen 40 000 - 50 000.
4
Waar sal jy die veiligste wees wanneer daar ‘n aardbewing is? In ‘n oop deur. As bouers ‘n deurraam inbou, versterk hulle dit, dit is dus ‘n sterk deel van ‘n gebou en die kanse is dat dit sal bly staan.
5
Wat meet groot aardbewings die beste? ‘n Momentsterkteskaal.
6
Wat noem jy die loperige rooi rots wat uit vulkane spruit? Lawa.
7
Wat noem jy die middelpunt van ‘n orkaan? Die oog.
8
Wat is ‘n ander naam vir ‘n orkaan? ‘n Tifoon.
9
Wat is sterker as ‘n orkaan? ‘n Tornado.
10
Waarop word aardbewings gemeet? ‘n Richterskaal.
VRAE: 4.5
4.6
Dui die beklemtoonde lettergreep in die volgende woorde aan deur van die aksentteken gebruik te maak: 4.5.1 skuddings 4.5.2 huise 4.5.3 loperige 4.5.4 middelpunt 4.5.5 naam Dui die beklemtoonde lettergreep in die volgende woorde aan deur die lettergreep te onderstreep: 4.6.1 veiligste 4.6.2 vulkaan 4.6.3 veroorsaak 4.6.4 beste
LEERDOELWITTE: Jy moet aan die einde van die les die volgende aspekte ken: •
© Impaq
Lees Leestegniekie Spotprente
20
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
Eenheid
1
LES 3 : Lag ‘n slag LEES EN KYK Wanneer ‘n mens lees, is daar sekere prosesse wat te alle tye gevolg moet word om sinvol te kan lees en weer te gee wat jy gelees het. Die leesprosesse is as volg: •
•
•
Pre-lees: dit is wanneer jy die betrokke leesstuk inleidend lees om ‘n vae idee oor die inhoud van die leesstuk te kry. Leesproses: nou fokus ‘n mens op woorde/ / begrippe / frases / paragrawe en sorg dat jy doodseker is wat beteken elk hiervan binne die konteks van hierdie leesstuk. Jy moet sorg dat jy sekere afleidings en gevolgtrekkings kan maak uit dit wat gegee is, dat jy weet wat is ‘n mening of ‘n feit en waarom die skrywer dit gebruik. Tydens die leesproses moet jy die kenmerke van die gegewe teks kan identifiseer, bv. as dit dit ‘n advertensie is / wat is die doel van die advertensie, slaag die advertensie in sy doel / waarvan is daar in die advertensie gebruik gemaak om hom te laat slaag / ens.Daar is ook sekere leestegnieke waarvan ons gebruik maak om die leesproses te vergemaklik. Post-lees: nou behoort die leser vrae te kan beantwoord, te kan vergelyk, kontraste te kan identifiseer en die inhoud te evalueer. Eers nadat die leesproses volledig deurgewerk is, kan daar van leesbegrip gepraat word.
HET JY GEWEET? Ons sê baie keer: Daardie ou is so vinnig, hy het al weer die 100m- rekord gebreek. Dit is baie anglisisties, ‘n mens sê jy verbeter ‘n rekord. Ons praat ook baie keer van ons brille – dit is net een bril (Luister bietjie hoe verkeerd praat julle ouers soms!)
AKTIWITEIT 5 : BEGRIPSLEES + LEESTEGNIEKE Wanneer jy enige stuk lees, onthou jy sommige van die inligting en vergeet jy sommiges. Dit is natuurlik, want dit wat vir jou interessant is, wil ‘n mens mos onthou. Nou word daar soms van jou verwag om inligting te onthou, omdat jy dit op een of ander stadium weer moet weergee (bv. in ‘n eksamen / toets). Baie keer hoef jy dit nie te onthou nie, maar moet jy dit net kan naslaan.
Sorg asb. dat jy die verskillende leestegnieke baie goed verstaan, want daar gaan altyd vir jou gevra word van watter leestegniek het jy gebruik gemaak om sekere inligting te kry.
© Impaq
21
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
Eenheid
1
Daarvoor gebruik ‘n mens sekere leestegnieke, nl.
LEESTEGNIEKE: 1 SOEKLEES Lees so vinnig en oorsigtelik as moontlik om net die enkele gegewens wat gevra is op te spoor (dink aan hoe jy ‘n nommer in ‘n telefoongids opsoek)
2
VLUGLEES Lees vinnig en oorsigtelik om net ‘n idee te kry waaroor die leesstuk handel: lees die titel, beginreëls van elke paragraaf, die eerste en laaste paragraaf.
3
VERKENLEES Lees meer volledig as by vluglees - lees al die paragrawe net vlugtig.
4
AANDAGTIG LEES Lees met die doel om presies te weet wat in ‘n leesstuk aangaan - lees elke paragraaf baie goed deur (as ‘n mens ‘n begripsoefening moet doen, moet jy die leesstuk aandagtig deurlees).
5
STUDIELEES Lees met die doel om te leer: memoriseer sekere gedeeltes, maak opsommings.
Lees nou die leesstuk, Van der Merwe kry rekord met grappe deur en beantwoord dan die vrae: Hierdie Aktiwiteit moet deur jou onderwyser/es nagesien word sodat julle kan sien of jy die leesbegripsoefeninge onder die knie het. VRAE: 5.1 5.2 5.3 5.4 5.5 5.6 5.7
5.8 5.9 5.10 5.11
Wat vertel die man wat praat se liggaamstaal vir ons? Hoe laat is dit in woorde as dit 14:30 is? Voltooi: Mnr. Van der Merwe sê vir die mense dat . . . nie . . . 914de grap gesnap het nie. Wat beteken dit om ‘n grap te snap? Skryf 914 in woorde. Wat is die Guiness Book of Records?
(1) (1) (2) (1) (1) (1)
5.7.1 Waarvandaan kom mnr. Beuker? (2) 5.7.2 Van watter leestegniek het jy gebruik gemaak om die antwoord in 5.7.1 te kry? Hierdie koerantberig het op ‘n Maandag verskyn. Op watter dag en hoe laat het mnr. Van der Merwe begin grappe vertel? (2) Ongeveer hoeveel grappe het hy per uur vertel? (1) Hoe, dink jy, het mnr. Van der Merwe gevoel nadat hy mnr. Beuker se rekord verbeter het? Motiveer jou antwoord. (2) Verduidelik “jongste poging” in jou eie woorde. (1)
Totaal: 15
© Impaq
22
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
Eenheid
1
Van der Merwe kry rekord met grappe JOHANNESBURG - Met bloedbelope oë en uitgeput het mnr. Dave van der Merwe van Pretoria gistermiddag omstreeks vyfuur sy laaste grap vertel - en sodoende geskiedenis gemaak. Hy het 49 uur lank grappe vertel. Sy naam gaan nou vir die tweede keer aangeteken word in die Guinness Book of Records. Mnr. Van der Merwe het die wêreldrekord van die Amerikaner, Tim Beuker, verbeter. Hy was in 1983 ook die rekordhouer nadat hy sowat 27 uur lank grappe vertel het, maar is onlangs uitgestof deur mnr. Beuker, wat meer as 48 uur lank aangehou het. Met sy jongste poging het mnr. Van der Merwe 1 382 grappe vertel.
LAG IS MEDISYNE Ons lag gemiddeld 15 keer per dag. En die goeie nuus is dat lag goed is vir ‘n mens se gesondheid. Dit laat jou jou probleme vergeet, dit verminder stres en dit verbeter kommunikasie tussen mense. Dit is egter nie al nie. Lag is goed vir ‘n mens se bloeddruk, dit laat spasmas in jou spiere verslap en dit verbeter jou spysvertering. Kortom, daar word gesê dat mense wat gereeld lag, langer lewe as die suurknolle en bitterbekke wie se lippe amper nie weet hoe om te roer nie.
VRAE: 5.12
© Impaq
Is die volgende stellings waar of vals? Verduidelik elke keer waarom jy so sê: 5.12.1 Lag laat ‘n mens ontspanne en sorgvry voel. 5.12.2 Mense wat baie lag, se bloeddruk is te hoog. 5.12.3 Suurknolle lag omtrent vyftien keer per dag. 5.12.4 ‘n Mens wat baie lag, kan ‘n goeie vriend wees. 5.12.5 Dit is goed om aan die etenstafel te lag.
23
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
Eenheid
1
LEERDOELWITTE: Jy moet aan die einde van die les die volgende aspekte ken: •
Stelwerk Skryfproses Poskaart Dagboekinskrywing Verhalende opstel
LES 4 : Interessante dae SKRYF EN AANBIED SKRYFPROSES Voordat ‘n mens enige skryfstuyk begin skryf, MOET jy eers jou gedagtes agter mekaar kry oor WAT jy wil skryf. Wanneer ‘n mens aan ‘n onderwerp / tema dink waaroor jy wil skryf, kom daar gewoonlik baie idees in jou kop en dit is juis DIT wat jy moet neerskryf, sodat jy kan sien of dit wat jy gedink het jy wil skryf, wel iets om die lyf het. Hier volg die prosesse : Jy het bv. die volgende drie temas gekry en weet glad nie watter een om te kies nie. Doen BREINSTORMS met al drie. (‘n Breinstorm beteken jy skryf ENIGIETS neer wat in jou kop kom nadat jy die gegewe tema gesien het - moenie redes / verbande soek nie, skryf net soveel as moontlik idees neer) Hierdie oefening moet jy met ENIGE stelwerkaktiwiteit wat jy moet voltooi, doen. Kyk na die volgende stimili en doen dan die breinstorm soos die voorbeeld.
Die dag op die plaas . . .
eksamen swot stres voorbereiding vakansie lees werk
* sportsoorte * span * kaptein * Springbokkleure * toernooie * beserings * balans
- vakansie - boer - veediewe - beeste - skape - verdwaal - landerye - ploeg / plant / oes
Kyk nou na die een tema waaroor jy dink jy iets interessants kan skryf. Onthou dat ‘n goeie opstel maklik geskryf kan word indien jy uit ervaring skryf. Nou maak jy ‘n BREINKAART met jou onderwerp as middelpunt. Maak bene vanuit die onderwerp met onderafdelings - soveel as moontlike idees waaraan jy kan dink. Nou moet jy jou geskrewe idees begin orden en in volgorde begin skryf.
© Impaq
24
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
Eenheid
1
Formuleer ‘n TITEL. Byvoorbeeld : My wonderlikste vakansie wanneer wanneer was die vakansie?
voorbereiding wat moes ek doen om met vakansie te kon gaan? enige struikelblokke? ouers oorreed?
vakansie self wat het vakansie so wonderlik gemaak? Noem dinge op
oppak
herinneringe is dit wat ek weer wil doen / is dit my droom?
Onder elkeen van hierdie punte skryf jy jou jou idees wat jy daaroor wil sê neer. Dit vorm dan jou paragrawe. Nou begin ons met die PARAGRAWE. Inleidingsparagraaf : Hierdie paragraaf is gewoonlik kort, treffend – dit moet dadelik aandag trek Paragrawe :
Die res van die paragrawe volg nou LOGIES op mekaar soos wat jy dit beplan het. Die rede waarom daar verskllende paragrawe is, is omdat daar verskillende aspekte van jou tema / onderwerp aangespreek word – sorg dat jy dit doen, maar dat jou paragrawe duidelik by mekaar aansluit
Slotparagraaf :
Die slotparagraaf beeld gewoonlik jou gevoel oor jou hele skryfstuk uit en wat belangrik is
Wenke vir die skryf van ‘n eerste poging: • • • •
Gebruik hoof- en ondersteunende idees in jou verskillende paragrawe Skryf ‘n eerste poging Lees jou eerste poging en toets of elke paragraaf by jou onderwerp pas Kies gepaste beskrywende woorde, frases en uitdrukkings wat jou skryfstuk duidelik en lewendig maak
Sodra jy jou hele skryfstuk klaar geskryf het, LEES dit weer deur en kyk vir die volgende: pas jou onderwerp by jou tema (die aanvanklike prentjie / aanhaling wat jy ontvang het) kyk of jy nog onnodige taalfoute kan uithaal of elke paragraaf oor ‘n ander aspek van jou onderwerp handel
© Impaq
25
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
Eenheid
1
pas elke paragraaf by jou onderwerp skakel die paragrawe by mekaar aan is jou inleidings- en slotparagrawe treffend en dien dit ‘n doel
Maak gebruik van woordeboeke indien jy steeds twyfel oor die regte betekenis of spelvorm van woorde. ONTHOU: Jy moet hierdie oefening doen vir elke liewe stelwerk Aktiwiteit wat jy ontvang, die formaat van jou Aktiwiteit gaan egter bepaal word deur die tipe Aktiwiteit. Ons gaan nou eers twee ander Aktiwiteite doen voordat jy ‘n opstel gaan skryf.
Aktiwiteit 6.1 : Poskaart Ek weet dat ons vandag eintlik baie min nog briewe en poskaarte skryf, want almal SMS mos vir mekaar. Tog wil jy baie keer net vir iemand ‘n poskaart stuur van die plek waar jy dalk vakansie hou. So ons gaan nou leer om ‘n poskaart te skryf.
KENMERKE VAN ‘n POSKAART: · altyd volsinne. · slegs die datum, die persoon aan wie jy skryf en jou naam kom op die poskaart (bo en behalwe nou jou storie). · slegs een paragraaf. · hou by die aantal woorde wat vir jou gegee word. · moenie vrae vra nie - jy wil iets vertel - die persoon gaan nie terugskryf nie
Jou aktiwiteit is as volg: Jy hou by een of ander interessante plek vakansie en wil vir jou vriend/in ‘n poskaart stuur. Skryf nou ‘n poskaart van ongeveer 90 - 100 woorde (sonder die persoon se adres) en beskryf ‘n snaakse voorval / insident wat met jou gebeur het. Dui jou aantal woorde aan. Kyk eers na die voorbeeld van die poskaart voordat jy met jou Aktiwiteit begin.
VOORBEELD VAN ‘n POSKAART: Gert 14 Februarie Ek het die wonderlikste ervaring gehad . . . ---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Sien jou een van die dae en geniet jou vakansie. Jan
© Impaq
26
Seël
Mnr. Gert Nel Swartstraat 10 Sinoville 1004
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
Eenheid
1
Aktiwiteit 6.2 : Dagboekinskrywing ‘n Dagboekinskrywing is’n persoonlike vertelling/beskrywing van iets wat jy die betrokke dag ervaar of beleef het. In ‘n dagboekinskrywing gee ‘n mens dinge weer wat jy voel.
‘n Dagboekinskrywing het die volgende eienskappe:
altyd in die eerstepersoon (dit is JY wat vertel) altyd in die verlede tyd dit hang af van hoeveel woorde jy skryf, maar daar is ook paragrawe daar MOET ‘n DATUM wees
Jou aktiwiteit is as volg: Skryf ‘n dagboekinskrywing van 90 – 100 woorde oor een van die dae wat jy hierdie afgelope jaar nooit sal vergeet nie. Skryf waarom jy dit nooit sal vergeet nie en onthou die datum en om jou aantal woorde aan te dui.
HET JY GEWEET? Weet jy hoe ‘n faksmasjien werk? Praat ‘n bietjie met jou ouer(s)/fasiliteerder oor die werking van die faksmasjien. Probeer ook om iewers by ‘n faksmasjien uit te kom en aan iemand ‘n faks te stuur - dit is ongelooflik hoe die tegnologie werk!
AKTIWITEIT 6.3: Verhalende opstel Skryf ‘n verhalende opstel oor die onderwerp :
En die dag was toe . . . Doen eers jou breinstorm, dan jou breinkaart. Skryf dan ‘n eerste poging en nadat jy dit weer gelees en verander het, skryf jy jou finale poging om vir punte nagesien te word. Toets jou verhaal aan die kontrolevorm hierbo – as jy op alles JA kan antwoord, MOET jy goeie punte kry! Aantal woorde : 200 – 250 woorde (ongeveer 5 tot 8 paragrawe) Dui altyd jou aantal woorde aan
© Impaq
27
Handleiding G08 ~ Afrikaans Huistaal
Eenheid
1
VERHALENDE OPSTEL : KONTROLEVORM JA Struktuur • Is daar ‘n opskrif / titel? • Is daar reëls oop tussen paragrawe? Inhoud • Het die inleidingsparagraaf dadelik jou aandag getrek en gehou? • Volg die gebeure logies op mekaar? • Is die storielyn oortuigend? • Is die slot ongewoon / onvoorspelbaar / interessant? Taal • Gee drie punte vir vyf of minder spelfoute • Gee twee punte vir ses tot agt spelfoute • Gee een punt vir nege tot twaalf spelfoute • Gee ‘n nulpunt vir meer as twaal spelfoute • Gee een punt vir vyf en minder taalstuktuurfoute • Gee ‘n nulpunt vir ses en meer taalstruktuufoute
TOTAAL uit 10 LEERDOELWITTE: Jy moet aan die einde van die les die volgende aspekte ken: •
•
© Impaq
Letterkunde Tipografie Klanknabootsing Rymskemas Inkeping Strofe-indeling Vrye vers Vergelyking Woordgebruik Literêre begrippe soos in prosa gebruik Lees Leesbegrip : verslag
28
NEE