Gr 8 lewensoriëntering handleiding

Page 1

Í2(È-A-LIO-SG01ÊÎ 1

8

0

8

-

A

-

L

I

O

-

S

G

0

1

LEWENSORIËNTERING HANDLEIDING Graad 8

A member of the FUTURELEARN group


Lewensoriëntering Handleiding

1808-A-LIO-SG01

Í2(È-A-LIO-SG01ÊÎ

Graad 8

Aangepas vir KABV

LM van der Walt



Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

INHOUDSOPGAWE VOORWOORD .......................................................................................................... 5 JAARPLAN ................................................................................................................ 6 EENHEID 1: Selfontwikkeling in die samelewing en die wêreld van werk .......... 8 Les 1: Konsepte: Selfbeeldvorming en selfmotivering .............................................. 9 AKTIWITEIT 1 ............................................................................................. 13 Les 2: Konsep: Seksualiteit .................................................................................... 14 AKTIWITEIT 2 ............................................................................................. 18 Les 3: Verhoudings en vriendskappe ..................................................................... 18 AKTIWITEIT 3 ............................................................................................. 21 Les 4: Die verskillende leerstyle ............................................................................. 22 AKTIWITEIT 4 ............................................................................................. 23 OOPBOEKTOETS 1 .................................................................................... 25 EENHEID 2: Wêreld van werk en gesondheids-, sosiale en omgewingsverantwoordelikheid .................................................................................. 25 Les 5: Identifiseer en pas ‘n eie leerstyl toe ........................................................... 26 AKTIWITEIT 5 ............................................................................................. 32 2.2 Les 6: Die ses loopbaankategorieë ............................................................. 33 AKTIWITEIT 6 ............................................................................................. 38 2.3 Les 7: Die rol van werk in verhouding tot Suid-Afrika se sosiale en ekonomiese behoeftes ................................................................................ 39 AKTIWITEIT 7 ............................................................................................. 43 2.4 Les 8: Dwelmmisbruik ................................................................................. 44 AKTIWITEIT 8 ............................................................................................. 51 OOPBOEKTOETS 2 .................................................................................... 53 EENHEID 3: Wêreld van werk, gesondheids-, sosiale en omgewingsverantwoordelikheid en grondwetlike regte en verantwoordelikhede ................................................................................. 53 Les 9: Die verband tussen die prestasie in skoolvakke, belangstellings en vermoëns en die besluitneming ten opsigte van die keuse van ‘n loopbaan 54 AKTIWITEIT 9 ............................................................................................. 58 Les 10: Omgewingsgesondheidskwessies en Wêrelddag ....................................... 58 AKTIWITEIT 10 ........................................................................................... 66 Les 11: Vigs – Besluitneming oor gesondheid en veiligheid .................................... 66 AKTIWITEIT 11 ........................................................................................... 74 Les 12: Nasiebou ..................................................................................................... 75 AKTIWITEIT 12 ........................................................................................... 82 OOPBOEKTOETS 3 .................................................................................... 85 EENHEID 4: Grondwetlike regte en verantwoordelikhede .................................. 84 Les 13: Menseregteskendings en geslagsgelykheid ................................................ 84 AKTIWITEIT 13 ........................................................................................... 94 Les 14: Kulturele diversiteit in Suid-Afrika................................................................ 94

© Impaq

1


Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

AKTIWITEIT 14 ......................................................................................... 102 OOPBOEKTOETS 4 .................................................................................. 105 EENHEID 5: Liggaamsopvoeding ....................................................................... 104 KWARTAAL 1 ........................................................................................................ 104 AKTIWITEIT 1 ........................................................................................... 115 KWARTAAL 2 ........................................................................................................ 115 AKTIWITEIT 2 ........................................................................................... 125 KWARTAAL 3 ........................................................................................................ 126 AKTIWITEIT 3 ........................................................................................... 131 KWARTAAL 4 ........................................................................................................ 131 AKTIWITEIT 4 ........................................................................................... 133 BIBLIOGRAFIE EN VERWYSINGS ...................................................................... 134

© Impaq

2


Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

LESELEMENTE LEERDOELWITTE: Wat leerders aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV. BELANGRIKE TERMINOLOGIE Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei. DEFINIEER: Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan. BELANGRIK: Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis. WENKE: Enige inligting anders as die inhoud, om leerders deur die leerproses te begelei.

© Impaq

3


Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

VIR DIE NUUSKIERIGES: Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat leerders aangemoedig word om te verken. Vir begaafde leerders: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal. *LSEN in algemene taalgebruik

AKTIWITEIT: Vrae oor die les wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets. OEFENING: Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering. KERNINHOUD: Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les wat verstaan moet word. STUDEER / HERSIENING: Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die Eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.

© Impaq

4


Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

VOORWOORD Die handleiding is opgestel om aan die KABV-vereistes te voldoen. Elke les het ‘n tydstoedeling, sodat jy jou werk kan beplan. Die tydstoedeling vir Lewensoriëntering is twee ure per week. Die Liggaamsopvoedingsafdeling is agter in die handleiding geplaas. Jy moet ten minste twee ure per week aan die fisiese liggaamsopvoeding spandeer. Elke les is verdeel in duidelike onderafdelings. Aan die einde van elke les is daar aktiwiteite en oefeninge wat jy moet voltooi. Die opdragte berei jou voor vir die eksamens en toetse en gee jou ‘n idee of jy die werk onder die knie het. Die formele assessering kan in die portefeuljeboek gevind word. Hieronder is ’n kort opsomming van die assessering. KWARTAAL 1 Taak 1 Skriftelike take LOT

© Impaq

KWARTAAL 2 Taak 2 Junie-eksamen LOT

KWARTAAL 3 Taak 3 Projek LOT

5

KWARTAAL 4 Taak 4 Novembereksamen LOT


Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

JAARPLAN EENHEID 1

2

3

LES

DATUM BEGIN

1

Selfbeeldvorming en selfmotivering

2

Konsep: Seksualiteit

3

Verhoudings en vriendskappe

4

Verskillende leerstyle

5

Identifiseer en pas eie leerstyl toe

6

Die ses loopbaankategorieë

7

Die rol van werk in verhouding tot SA se sosiale en ekonomiese behoeftes

8

Dwelmmisbruik

9

Verband tussen die prestasie in skoolvakke, belangstellings en vermoëns en die besluitneming t.o.v. die keuse van ‘n loopbaan

10 Omgewingsgesondheidkwessies en Internasionale Wêrelddag 11 Vigs – Besluitneming oor gesondheid en veiligheid 12 Nasiebou 4

13 Menseregteskendings en geslagsgelykheid 14 Kulturele diversiteit in Suid-Afrika

© Impaq

6

DATUM VOLTOOI


Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

LIGGAAMS-

LES

OPVOEDING 1

2 3

4

© Impaq

1

Deelname aan fiksheidprogram wat fiksheid bevorder. Veiligheidskwessies wat verband hou met fiksheidskomonente 2 Deelname aan fiksheidsprogram: Deelname en uitvoer van bewegings wat fiksheid bevorder 3 Deelname aan fiksheidsprogram wat fiksheid bevorder 4 Deelname en uitvoering van bewegings 5, 6, 7 Deelname aan teikenspeletjies 8, 9 Deelname aan ‘n program wat bewegingstegnieke verbeter 10 Deelname en uitvoering van bewegings wat bewegingstegnieke bevorder 11, 12 Buitelugontspanning en veiligheidskwessies

7

DATUM

DATUM

BEGIN

VOLTOOI


Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

EENHEID 1: Selfontwikkeling in die samelewing en die wêreld van werk LEERDOELWITTE: Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen:         

Faktore wat selfbeeldvorming en selfmotivering beïnvloed kan identifiseer. Positief kan praat oor self. Strategieë en vaardighede kan ontgin om persoonlike potensiaal te bevorder. Begrip te hê vir jou eie seksualiteit. Begrip te hê vir vriende en portuur se seksualiteit. Gepaste maniere te identifiseer om vrienskappe en verhoudings te begin en te bou. Probleemoplossingsvaardighede te kan ontwikkel. Kommunikasievaardighede te kan ontwikkel. Verskillende leerstyle kan identifiseer.

INLEIDING Dit is belangrik dat jy die lewensvaardighede wat jy aanleer gebruik om jou persoonlike potensiaal te gebruik en ontwikkel. Dit stel jou in staat om doeltreffend te reageer op die uitdagings wat die wêreld bied. Adolessensie word gekenmerk deur emosionele en liggaamlike verandering. Dit is belangrik vir jou om te kan bou aan ‘n positiewe selfbeeld en aanvaar te word deur jou portuurgroep. Die eenheid stel jou in staat om nog verdere lewensvaardighede te ontwikkel. Dit help jou ook om ‘n emosionele intelligensie te ontwikkel wat jou sal bemagtig om uitdagings te kan hanteer. Hierdie eenheid vul die werk gedoen in die vorige graad aan met nuwe kennis.

Elke les is so saamgestel dat jy rustig daardeur kan werk en dan is daar vrae aan die einde van die les. Die vrae toets jou begrip van die leerstof. Daar is ook by sommige lesse vrae wat jou insig toets en toepassingsvrae om jou te help om die vereiste uitkomste te bemeester. Daar is by elke les vir jou ‘n tydsaanduiding. Dit is die aanbevole tydsduur wat jy het om die les deur te werk en jou vrae te voltooi.

© Impaq

8


Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

1.1. Les 1: Konsepte: Selfbeelvorming en selfmotivering (3 ure) 1.1.1

Faktore wat selfbeeldvorming en selfmotivering beïnvloed: media, omgewing, vriende en portuurgroep, familie, kultuur, religie en samelewing.

Elke mens het ‘n selfbeeld. Party mense beskou hulself as oulik, mooi, slim, sterk of cool. Jou selfbeeld wat jy van jouself het, is egter nie altyd hoe ander mense jou sien nie. Party mense sien hulself weer in ‘n baie negatiewe lig en dit kan hul hele lewe beïnvloed. Hulle dink dat hulle niks kan bereik nie. Jou selfbeeld is die prentjie wat jy van jouself het. Daar is heelwat dinge wat ‘n invloed op jou selfbeeld kan hê, en sodoende bydra tot selfbeeldvorming en selfmotivering (positief of negatief). 

 

 

Wat jy van jouself hoor – word jy geprys of gekritiseer? As iemand jou prys en positief behandel, sal dit jou goed laat voel. As jy gedurig gekritiseer word, sal jy begin dink dat jy nie goed genoeg is nie. Dit sal jou ‘n negatiewe idee oor jouself gee. Die dinge wat jy in jou lewe ervaar het of steeds ervaar. Daar is dalk dinge wat in jou lewe met jou gebeur het wat ‘n positiewe of negatiewe invloed op jou het of gehad het. Dit bepaal hoe jy vandag oor jouself dink. Dit wat jy jouself verbeel. As jy dink dat jy iets nie kan doen nie, gaan jy dit moontlik nie eers probeer nie. Hoe sal jy dan weet of jy dit kan doen? Jy vergelyk jou met ander mense. Jy wil dalk graag soos ‘n filmster lyk en dan sal jy al jou sogenaamde foute aan jouself uitwys. Dit kan jou baie negatief oor jouself maak. Hoe sien jy jouself as jy in die spieël kyk? Sien jy jou skewe neus of groot ore? Of sien jy jou mooi oë en mooi vel raak? As jy ‘n onrealistiese siening van mislukking het. Jy sukkel dalk met wiskunde en nou vertel jy jouself elke dag dat jy dom is. Is dit werklik realisties om dit van jouself te dink? Die beeld wat die media, bv. die TV, advertensies en tydskrifte uitdra, kan ook ‘n groot invloed op jou selfbeeldvorming hê. Dit gee jou in sommige gevalle ‘n vals beeld van hoe die “ideale” persoon moet lyk. Jou vriende se opinie is belangrik in jou tienerjare. Dit is die persone wat jy die meeste tyd saam spandeer. Jy wil graag hê hul moet van jou hou en jou aanvaar. Die wyse waarop hul jou behandel en ondersteun dra by tot ‘n positiewe of negatiewe selfbeeld.

Jy kan jou selfbeeld verbeter deur vir jouself doelwitte te stel. Met die onderstaande denkbeeldige scenario gaan ons ‘n oefening doen waarin ons ‘n doelwit gaan stel. Jy kan dan dit op jou eie lewe van toepassing maak.

© Impaq

9


Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

Juan is ‘n baie goeie rugbyspeler. Hy vaar baie goed in die skool se rugbyspan. Hy wil baie graag vir die A-span speel. Tot dusver was hy nog nie suksesvol nie. Hy oefen elke dag. Hy staan vroeg op voor skool en draf 5 km. Elke middag oefen hy by die skool saam met sy huidige span. Hy eet ook gesond en drink baie water. Hy weet dat hy baie gefokus en gedissiplineerd moet wees om sy doel te bereik. Hy weet dat hy nie vir altyd sal kan rugby speel nie. Daarom wil hy graag sportbestuur gaan studeer sodat hy eendag in ‘n sportrigting werksaam kan wees. Ons gaan nou die stappe bespreek wat Juan gevolg het om sy doelwitte te bereik en sodoende ‘n gesonde selfbeeld te bou: 1. Identifiseer jou spesiale talent.  Juan speel goed rugby 2. Hoe kan ek hierdie talent ontwikkel?  Hard oefen  Gesond eet  Kry professionele afrigting 3. Stel vir jou ‘n doelwit en wanneer wil jy dit bereik.  Juan wil met die volgende proewe die A-span haal 4. Identifiseer jou sterk punte wat jy reeds het wat jou kan help om jou doelwit binne die gegewe tyd te bereik.  Juan is fiks en sterk  Hy het talent  Hy oefen hard  Hy is gefokus Om jou doelwitte te bereik en jou selfbeeld te verbeter, het jy selfmotivering nodig. Beantwoord die volgende vrae en toets jou selfmotivering: 1) 2) 3) 4) 5) 6)

Beplan jy jou dag vooruit? Hou jy gewoonlik by jou plan vir die dag? Stel jy vir jouself akademiese doelwitte? Word jou aandag maklik afgelei van jou doelwit? Is jy iemand wat uitstel om dinge te doen? Is dit vir jou moeilik om goed te doen wat nie vir jou lekker is nie?

As jy op vraag 1-3 JA en op vraag 4-6 NEE geantwoord het, beteken dit jy is baie gemotiveerd. As jy egter anders geantwoord het, sal dit goed wees om nog bietjie te werk aan jou selfmotivering!

© Impaq

10


Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

DEFINIEER: Doelwit: Dit is iets wat ons probeer bereik, gewoonlik binne ‘n sekere tydperk. Selfbeeld: Dit is die prentjie wat jy van jouself het. Selfmotivering: Dit is wanneer jy die entoesiasme en dryfkrag het om te doen wat nodig is om jou doelwitte te bereik. Individualiteit: Dit is die eienskappe wat jou ‘n individu maak. Dit wat jou anders maak as ander mense. Dit onderskei jou van ander persone. Uniek: Iets waarvan daar nie twee is nie. 1.1.2

Praat positief oor self: individualiteit en unieke eienskappe, asook persoonlike prestasies

Positiwiteit is ‘n keuse. Jy bepaal self hoe jy voel en dink. Jy kan dalk nou dink dat dit darem baie moeilik is om positief te bly as jou omstandighede nie positief is nie, maar die besluit bly by jou hoe jy dit gaan hanteer. Positiewe emosies het duidelike voordele:  Dit is wetenskaplik bewys dat positiewe mense beter gesondheid geniet en langer lewe.  Positiewe mense presteer beter op skool, akademies en in hul persoonlike verhoudings.  Positiewe mense kan ook vinniger oplossings vind vir probleme. Wanneer jy jou lewe geniet saam met jou gesin en vriende, dit goed gaan met jou by die skool en jy vir ander mense goed is, dra dit by tot ‘n positiewe uitkyk op die lewe. Positiewe mense neem dinge nie te ernstig op nie en hulle lewe met ‘n DOEL in die lewe. Let bietjie op na jou emosies en hoe jy oor jouself voel: Help hierdie emosies jou om jou drome te verwesenlik of strem dit jou? Jy kan self kies om meer positief te wees. Elke mens het ‘n unieke persoonlikheid en unieke eienskappe. Dit maak jou ‘n individu. Dit is belangrik dat jy hierdie eienskappe in jouself sal raaksien en dit ten volle ontwikkel. Dit sal jou persoonlike prestasies beïnvloed. Beantwoord die volgende vrae oor jouself:  Wie is ek?  Waarvan hou ek en waarvan hou ek nie?  Wat is my sterk eienskappe?  Watter eienskappe sal ek graag wil verander?  Omring ek my met positiewe of negatiewe mense?  Watter eienskappe het ek wat my onderskei van ander mense?

© Impaq

11


Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

Gaan dink nou mooi na oor die bogenoemde vrae en die antwoorde wat jy gegee het. Kyk of jy jou unieke eienskappe kan identifiseer en skryf dit neer. KERNINHOUD: Die kern van die les gaan daaroor dat jy ‘n selfbeeld het. Elke mens het ‘n selfbeeld. Hierdie selfbeeld van jou bepaal jou hele lewe en ook jou optrede in die lewe. Dit bepaal jou prestasies en of jy suksesvol gaan wees of nie. Mense met ‘n goeie, gesonde selfbeeld is mense wat hulself liefhet en aanvaar met al hul foute. Sulke mense is positief en fokus op hul goeie eienskappe. Hulle erken dat daar eienskappe is waarvan hulle nie hou nie, maar verkies om dit te probeer verbeter, eerder as om negatief te wees. Dit gebeur egter dat sommige mense sukkel om hulself te aanvaar. Hulle lei aan ‘n swak selfbeeld en dit verhoed hulle om hul volle potensiaal te bereik. Dit is belangrik vir jou om positief oor jouself te voel en ook positief oor jouself te praat. Dit beïnvloed jou persoonlike prestasies en ook of jy jou doelwitte bereik. 1.1.3

Strategieë en vaardighede om persoonlike potensiaal te ontgin en te bevorder

Jou persoonlike potensiaal is die vermoë wat jy het om ‘n sekere doelwit te bereik. Mense se potensiaal verskil van mekaar. Selfs binne een gesin kan die een kind dalk die potensiaal hê om ‘n provinsiale atleet te word, terwyl die ander kind die musikale potensiaal het om ‘n beroemde sanger te word. Jy moet vasstel wat jou gawes en aanleg is. Dan sal jy ‘n goeie idee hê wat jou potensiaal is. Maar hoe bepaal jy dit? Dit is nie so moeilik as wat jy dink nie. Potensiaal lê binne-in jou. Jy is daarmee gebore. Goeie selfkennis en ‘n goeie selfbeeld dra daartoe by dat jy jou potensiaal sal kan ontgin en ontwikkel. ‘n Belangrike stap is om jouself te vra: WAT IS DIE EEN DING WAARIN EK GOED IS? Sê nou jy is goed in swem. Jy swem vir ‘n klub en wen al jou items. Jou afrigter voorspel dat jy eendag vir die nasionale span kan swem. Hy sê dus dat jy die POTENSIAAL het om dit te bereik.

© Impaq

12


Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

Of Jy is baie goed met jou hande. Jy ontwerp en bou enige iets waaraan jy kan dink. Jy ontwerp masjiene. Jy is akademies ook baie goed in Wiskunde en Wetenskap. Jy het dus die POTENSIAAL om ‘n ingenieur te word. Nou vra jy jouself: Hoe ontwikkel ek hierdie potensiaal van my? Jy ontwikkel jou potensiaal deur vir jouself haalbare doelwitte te stel. As jy die swemmer is wat wil presteer sal jy fokus op jou oefenprogram en jou dieet. Jy sal dalk spesialis afrigting ontvang. As jy die ingenieur wil word, sal jy fokus op jou skolastiese prestasies. Jy sal jou wiskunde- en wetenskappunte verbeter. Jy sal jouself ook toerus met kennis en inligting aangaande jou belangstelling. VIR DIE NUUSKIERIGES: Gaan doen navorsing oor enige bekende persoon wat jy dink het persoonlike terugslae oorkom om vandag suksesvol te wees. Hoe het hierdie persoon sy of haar potensiaal ontwikkel?

AKTIWITEIT 1: Maak ‘n collage van vier faktore wat jou selfbeeld beïnvloed. Jy moet in die collage fokus op materiële (aardse) dinge en nie mense nie. Dit kan dinge wees wat jou positief of negatief beïnvloed. Dit is dinge soos selfone, klere, motors, ens. Jou collage moet net die helfte van ‘n A4-bladsy beslaan. Nadat jy die collage voltooi het moet jy die volgende vrae beantwoord: 1)

2) 3)

© Impaq

Die goed wat jy in jou collage geplak het, is materiële dinge. Wat is jou opinie daaroor? Dink jy dat jy as ‘n tiener jou selfbeeld moet laat beïnvloed deur die dinge wat jy het? Gee vyf goeie stellings wat jou opinie hieroor duidelik maak. (5) Wat dink jy gebeur met iemand wat sy of haar geluk en opinie van hulself bou op dit wat hul besit? Noem twee gevolge. (2) Verduidelik kortliks jou collage. Hoekom het jy die spesifieke vier dinge gekies en watter wyse beïnvloed elkeen jou? (8) [15]

13


Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

1.2

Eenheid

1

Les 2: Konsep: Seksualiteit (3 ure)

1.2.1 Begrip vir eie seksualiteit: persoonlike gevoelens wat seksualiteit beïnvloed Seksualiteit is die spesifieke liggaamlike kenmerke wat ‘n seun en ‘n dogter van mekaar onderskei. Jy is nou in ‘n proses waar jou seksualiteit ontwikkel en jy meer intens bewus daarvan word dat seuns en meisies verskil. Jou liggaam gaan verander, maar so ook jou emosies. Jy kan nie altyd verstaan hoekom jy op ‘n spesifieke wyse optree nie. Dit daarom nodig dat jy begrip vir jouself sal hê. Dit is belangrik om ‘n goeie ondersteuningstelsel op te bou, sodat jy altyd iemand het waarmee jy kan gesels en jou persoonlike gevoelens deel. Jou persoonlike opinie en gevoelens aangaande seks sal beïnvloed hoe jy jou seksualiteit benader en dit hanteer. Geslagsvoorligting is belangrik om jou toe te rus met die nodige kennis, sodat jy ingeligte besluite kan neem oor jou eie seksualiteit. DEFINIEER: Seksualiteit: Dit is die verskil tussen geslagte. Manlik of vroulik.

1.2.2 Die verskeie invloede op die vorming van seksualiteit 

Vriende en portuurgroep Jou vriende het elkeen hul eie siening ten opsigte van seksualiteit. Hul siening word gevorm deur hul ouers, familie, kultuur, godsdiens en gemeenskap. In baie gevalle sal julle norme en waardes dieselfde wees. Dit kan egter gebeur dat jy jou omring met vriende wat jou blootstel aan verkeerde inligting. Jy ontwikkel dan ‘n verkeerde beeld van seksualiteit en neem verkeerde besluite.

Jou gesin en die samelewing In jou gesin is die eerste plek waar jy leer van die verskillende rolle tussen mans en vrouens. Dit is hier waar jou waardes gevorm word. Gesinsfaktore soos egskeiding of mishandeling kan jou siening van seksualiteit beïnvloed. Jy kan dalk seksualiteit as ‘n magstryd ervaar tussen jou ouers. Jy kan dalk die idee kry dat die een geslag minderwaardig behandel moet word. Daar is ook bevind in studies wat gedoen is, dat tieners wat uit gemeenskappe kom met ‘n laer sosio-ekonomiese status geneig is om seksueel meer losbandig te wees. Die rede is dat daar gewoonlik nie

© Impaq

14


Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

volwasse toesig is nie of dat ouers lang ure moet werk. Die kinders word dus op hul eie gelos. 

Kultuur en godsdiens Seksuele norme verskil tussen kulture. Dit het egter met tyd verander. Seksualiteit is in baie opsigte in sekere kulture en godsdienste iets waaroor nie gepraat word nie. Die westerse kultuur is geneig om die onderwerp as taboe te beskou en leer hul kinders dat dit iets is wat nooit bespreek word nie. Die Christelike geloof en die Katolieke geloof verbied voorhuwelikse seks en beskou dit as ‘n ernstige oortreding wat strafbaar is. In sekere kulture is dit egter weer ‘n vereiste dat die vrou reeds voor die huwelik sal bewys dat sy vrugbaar is deur ‘n kind te hê. KERNINHOUD: Dit is belangrik om te leer van seksualiteit. Ons fokus veral op jou eie seksualiteit en die faktore wat dit beïnvloed. Jy moet begrip vir jouself hê en weet dat die veranderinge waardeur jy nou gaan jou voorberei om ‘n volwassene te word. Jy moet die faktore wat jou konsep van seksualiteit beïnvloed identifiseer en vir jouself kan onderskei wat reg en verkeerd is. Jy moet ontwikkel tot ‘n persoon wat jou eie waardes en normes vorm. Die media stel jou ook bloot aan allerhande idees oor seks en die verskil tussen die geslagte. As jy ‘n goeie, positiewe idee het oor jou eie seksualiteit het sal jy al die gegewe inligting kan gebruik om ingeligte besluite te neem.

1.2.3 Sosiale druk en die invloed van die media op seksualiteit Tydskrifte, TV en die Internet is goed waarmee tieners elke dag in aanraking kom. Al hierdie mediavorme beïnvloed jou as tiener. Die media gebruik in baie gevalle seks om ’n boodskap oor te dra. Advertensies gebruik veral mense en veral vrouens se seksualiteit om produkte begeerlik te maak. Jy as tiener gebruik rolmodelle om jou selfbeeld te vorm. Die wyse waarop die rolmodel sy of haar seksualiteit uitdra, sal dus ook jou gedrag beïnvloed. Bestudeer die volgende advertensies:

© Impaq

15


Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

(Geneem vanaf www.celebsperfume.com) As jy na die advertensies kyk, wat sien jy eerste? Die produk of die persoon? Gewoonlik word die advertensies so ontwerp dat jy produk assosieer met die persoon en nie andersom nie. Dit is omdat die bemarker by jou die begeerte wil skep om soos daardie persoon te lyk of dieselfde dinge te doen. Hul skep dan by jou die illusie dat indien jy die produk gebruik, jy soos hierdie persoon sal kan wees. Hulle gebruik die persoon se vroulikheid of manlikheid om jou te beïnvloed. Wat baie tieners egter nie besef nie is dat dit net ‘n illusie is en dat dit baie ver van die waarheid is. Daarom is baie mense teleurgestel as hul die produk koop en dit laat hul nie so voel soos die idee wat die advertensie skep nie. Sosiale druk of groepsdruk beïnvloed ook jou seksualiteit in ‘n groot mate. Jy kan dalk in ‘n vriendekring beland wat druk op jou plaas om aan sekere seksuele aktiwiteite deel te neem waarmee jy nie gemaklik voel nie. Jy doen dit dan omdat jy nie uit wil wees nie.

© Impaq

16


Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

VIR DIE NUUSKIERIGES: Gaan doen die volgende navorsing net vir interessantheid. Gaan kyk bietjie op die Internet hoeveel glansmense (celebrities) het al in advertensieveldtogte verskyn. Hoeveel geld verdien hierdie mense? Dink jy nie dat hulle, al verdien hulle so baie geld, tog nie in ‘n mate uitgebuit word nie?

1.2.4 Probleemoplossingsvaardighede Dit is belangrik om oor goeie probleemoplossingsvaardighede te beskik. Dit dra by tot die vorming van jou identiteit en ontwikkeling as ‘n persoon. Ons kry elke dag met probleme te doen. Hoe ons hierdie probleme oplos, dra by tot ons persoonlike ontwikkeling. As jy nou al jou probleme op ‘n volwasse wyse kan hanteer, sal jy later in jou lewe dit nog beter kan doen. Gebruik die volgende stappe as jy weer voor ‘n probleem te staan kom:     

© Impaq

As die probleem vir jou te groot lyk, verdeel dit in kleiner dele. Dit is makliker om een deel op ‘n slag aan te pak. Vra raad by iemand wat jy vertrou. Stel vir jouself langtermyndoelwitte om jou probleem op te los. Besluit hoe jy die probleem gaan oplos – jou aksieplan. Stel jou plan in werking en kyk of dit die regte resultate lewer.

17


Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

AKTIWITEIT 2:

Kies die TV-reeks waarmee jy bekend is. As jy nie een van die onderstaande reekse kyk nie, kies dan jou eie en plak net ‘n prentjie van die logo in jou werksboek.

In ‘n kort opstel van 100 – 150 woorde beskryf die invloed wat hierdie program veral op tieners uitoefen. Dink jy die situasies wat in die reeks plaasvind, is lewensgetrou? Kan jy en jou maats met dit assossieer? Jou eie interpretasie en opinie is belangrik. Jy moet duidelik kan weergee hoe die media tieners beïnvloed. (10) Jy gaan punte verdien vir die volgende: 1. Inleiding 2. Inhoud 3. Slot

1.3

(2) (6) (2) [10]

Les 3: Verhoudings en vriendskappe

1.3.1 Gepaste maniere om ‘n verhouding te begin Die verhoudings wat jy aanknoop in jou tienerjare het ‘n baie groot invloed op jou sosiale lewe. Jou maats sal dalk heelwat vroeër as jy verhoudings aanknoop met die teenoorgestelde geslag. Jy moet egter op die tyd wat vir jou reg is daardie tipe verhoudings aanknoop. Jy is dalk heeltemal gelukkig om net ‘n groep vriende te hê.

© Impaq

18


Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

Die basis van ‘n goeie verhouding is eerlikheid, respek en vertroue. Dit is die eienskappe wat jy moet soek in ‘n vriend. Dit maak nie saak hoe die persoon uiterlik lyk of watter tipe klere hy of sy dra nie. Jy sal nooit iemand vind wat die perfekte vriend/in sal wees nie. Geen mens is perfek nie. Jy moet egter self besluit of jou vriend/in meer goeie eienskappe as slegte eienskappe het. Jy kan nie iemand anders verander nie, so jy moet hul aanvaar net soos hul is. Jy moet ook besef dat jou vrienskappe nie altyd net lekker en goed sal wees nie. Elke verhouding het maar probleme. Jy sal dalk soms twyfel oor die verhouding of vriendskap. Jy sal soms seergemaak voel. Dit is egter heeltemal normaal. Die verhouding moet nooit ‘n negatiewe effek op jou hê nie, maar dit moet jou positief beïnvloed ten alle tye. Dit is belangrik om te kan kommunikeer in ‘n verhouding. Julle moet jul gevoelens met mekaar kan deel. Jy moet nie skaam wees om met jou maat te gesels nie. Dit is makliker om vriendskappe te begin as om ‘n verhouding te begin met iemand van die teenoorgestelde geslag. Jy voel dalk senuweeagtig en weet nie wat om te sê nie. Dit is belangrik dat jy altyd jouself sal wees. As jy genoeg moed bymekaar geskraap het om ‘n persoon uit vra, dan volg die eerste afspraak. Jy moet tydens jul afspraak die gesprek aan die gang probeer hou. Luister aandagtig en met belangstelling na die ander persoon. Moenie die hele tyd net oor jouself praat nie. DEFINIEER: Verhouding: Die interaksie tussen twee persone. Begrip of empatie: Dit is om begrip te hê vir ander se gevoelens.

1.3.2 Gepaste maniere om ‘n verhouding te behou Goeie en sterk verhoudings is gebasseer op eerlikheid, vertroue en respek. Goeie verhoudings is baie skaars en jy moet dit oppas en respekteer. Dit is nie altyd maklik om ‘n verhouding aan die gang te hou nie. Dit verg baie opoffering om die verhouding te behou en te versterk. Daar is verskeie dinge wat belangrik is in elke verhouding, hetsy ‘n vriendskap of ‘n liefdesverhouding.   

© Impaq

Eerlikheid. Wees ten alle tye eerlik. Leuens kan verhoudings vernietig. Vertroue. Jy moet jou maat vertrou. Jy moet nie twyfel aan jou maat se lojaliteit en integriteit nie. Kommunikasie is baie belangrik. Dit help om mekaar te verstaan en help ook in probleemoplossing. Deel al jul gevoelens en drome met mekaar.

19


Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

  

Eenheid

1

Eerlikheid kan ook hard wees. Dan noem ons dit kritiseer. Wees versigtig hoe jy iemand kritiseer. Jy kan iemand se gevoelens baie seer maak en die persoon se selfbeeld afbreek. Moenie jou maat in die steek laat nie. As jy sê dat jy iets gaan doen, doen dit. Jou beloftes moet geëer word. Jy moet ‘n goeie luisteraar wees. Dit sal jou maat die vrymoedigheid gee om met jou oor enige iets te kan praat. Jy moet nog steeds dinge op jou eie kan doen. Jy kan nie jouself so verbind aan jou maat dat jy niks meer sonder hom of haar wil doen nie. KERNINHOUD: Jou vrienskappe en verhoudinge tydens jou tienderjare is die belangrikste wat jy ooit sal hê. Dit is omrede jy in ‘n kwesbare tyd van jou lewe is. Jou siening van verhoudings word in die tyd gevorm. Jou ondervindinge sal jy saam met jou dra tot met volwassenheid. Dit sal die wyse vorm waarop jy verhoudings begin, behou en beëindig. Die wyse waarop jy probleme leer oplos, bepaal ook die toekomstige probleemoplossing wat jy gaan toepas. Dit is tot jou voordeel om dit nou reg te hanteer, sodat jy nie later in jou lewe met verhoudingsprobleme sukkel nie. Jou kommunikasievaardighede word ook nou vasgelê. Die wyse waarop jy met mense kommunikeer, bepaal jou sosiale lewe. Mense hou meer van iemand wat maklik kommunikeer. Mense wat hulself eenkant hou en swak kommuniksievermoëns het, sal uitgeskuif word. Dit is ook ‘n vaardigheid wat eendag in jou werksplek jou positief of negatief kan beïnvloed.

1.3.3 Probleemoplossingsvaardighede in ‘n verhouding Alle verhoudings ondervind probleme op een of ander stadium. Die voortbestaan van die verhouding hang af van hoe jul die probleme tussen jul gaan oplos. Hoe weet jy dat daar ‘n probleem in die verhouding is?    

© Impaq

Jou maat tree skielik anders teenoor jou op. Jou maat antwoord nie jou oproepe en boodskappe nie. Jou maat gaan saam met ander mense uit. Jou maat is nie sensitief teenoor jou gevoelens nie.

20


Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

Jy moet ‘n eerlike gesprek met jou maat hê as jy voel dat daar ‘n probleem is. Jy moet sensitief wees vir jou maat se gevoelens en luister wat hy of sy vir jou sê. Julle moet saam ‘n oplossing vind. Julle moet dan gesamentlik die besluit neem of jul wil voortgaan met die verhouding of wil jul die verhouding beëindig. 1.3.4 Kommunikasievaardighede en hoe om ‘n verhouding op ‘n gepaste wyse te beëindig Dit gebeur selde dat al twee persone in ‘n verhouding op dieselfde tydstip die verhouding wil beëindig. Daar is altyd een van die partye wat seergemaak voel. Dit is nooit ‘n aangename situasie nie. As jy ‘n verhouding wil beëindig, is daar riglyne wat jy kan toepas om dit op ‘n gepaste en sensitiewe wyse te doen:  Jou maat is geregtig op die waarheid hoekom jy die verhouding wil beëindig. Wees eerlik oor jou gevoelens en moet nie jou maat laat voel dat jy hom of haar blameer nie.  Jy moet jou maat se gevoelens in ag neem. Gaan hy of sy dalk deur ‘n moeilike situasie? Jy moet sensitief wees teenoor sy of haar omstandighede.  Kommunikeer die boodskap op ‘n positiewe wyse. Moenie aanvallend wees nie.  Jy moet by jou besluit hou. As jy die verhouding beëindig het, sluit dit af. AKTIWITEIT 3: Lees die onderstaande en beantwoord die vrae wat daarop volg : Megan en Ruan het mekaar ontmoet op ‘n uitstappie. Megan het gedink dat Ruan die mooiste blou oë het. Sy het dadelik baie van hom gehou. Ruan het weer aangetrokke gevoel tot Megan se vriendelike en innemende geaardheid. Ruan en Megan het dadelik vas begin uitgaan. Hulle het alles saam gedoen. Ruan het egter later sy pelle begin mis. Hy het al hoe meer saam met hulle begin rondhang. Dit het Megan baie vies gemaak en hulle het begin baklei daaroor. Megan het toe vir Andre ontmoet. Sy het besef dat sy eerder met Andre wil uitgaan. 3.1. Noem die eienskappe wat Megan en Ruan in die begin van die verhouding na mekaar aangetrek het. (2) 3.2. Dink jy dat dit genoegsame rede was om ‘n langtermynverhouding te bou? Motiveer jou antwoord. (2) 3.3. Watter twee tipes gedrag was onvanpas in die verhouding? (2)

© Impaq

21


Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

3.4. Hoekom dink jy het hierdie verhouding tot ‘n einde gekom? Noem twee foute wat uitstaan. (2) 3.5. Hoe, dink jy, moet Megan te werk gaan om hierdie verhouding te beëindig? Noem twee strategieë. (2) [10]

1.4

Les 4: Die verskillende leerstyle (1 uur)

Elke persoon het sy eie spesifieke leerstyl. Elkeen leer op ‘n spesifieke wyse. Ons gaan vyf leerstyle behandel: 1. Kinesteties of leer deur beweging  Jy sukkel om dinge te leer deur te kyk en te luister.  Jy gebruik veral jou liggaamstaal as jy praat.  Jy praat nie baie nie.  Jy gebruik jou sintuie om te leer.  Jy verkies om buite te speel. Jy hardloop en klim graag. Jy beskik oor baie goeie koördinasie.  Jy geniet groepsaktiwiteite.  Jy hou van aanraking en is baie liefdevol.  Jy is egter fyngevoelig en kan maklik seergemaak voel as iemand jou nie goed behandel nie.  Jy kry soms woede-uitbarstings.  Jy leer deur aktiwiteite te doen soos bv. iets bou, toneelspeel, rolspel of dans.  Jy wil aktief die wêreld om jou verken.  Jy kan nie lank stilsit op een plek nie. 2. Visuele of ruimtelike leerstyl  Jy leer deur iets te sien.  Jy onthou in prente en beelde.  Jy geniet dit om te teken en te ontwerp.  Jy geniet kunsaktiwiteite en visuele speletjies, soos speletjies met flitskaarte.  Jy het nie so groot woordeskat nie en gebruik kort sinne as jy praat.  Jy ruil soms jou woordorde om as jy ‘n gesprek voer.  Jy kan meer as een ding op ‘n slag doen.  Jy hou nie van aanraking nie en is nie baie emosioneel nie.  Jy verstaan glad nie ander mense se woede-uitbarstings nie.  Jy onthou aktiwiteite beter as jy dit gesien het.

© Impaq

22


Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

1

Eenheid

3. Ouditiewe leerders  Jy leer deur te luister.  Jy kan aandagtig luister vir ‘n geruime tyd.  Jy hou daarvan om met mense te kommunikeer en na hulle opinies te luister.  Jy heg nie veel waarde aan geskrewe inligting nie.  Dit is beter vir jou om inligting te hoor, as om dit te lees. 4. Linguistiese leerders  Jy leer deur woorde – lees en skryf.  Jy hou daarvan om te debatteer en stories te skryf en te vertel.  Jy lees baie boeke en soek nuwe inligting op jou rekenaar.  Jy leer deur te lees en skryf.  Jy leer ook deur te praat en te luister. 5. Logiese/wiskundige leerders  Jy leer deur feite vir jouself uit te redeneer.  Jy leer deur berekeninge, eksperimente en deur feite te bevraagteken.  Jy werk graag met probleme en syfers.  Jy leer deur kritiese denke te gebruik. KERNINHOUD: Die les verduidelik net kortliks wat elke leerstyl behels. Dit gee die jou ‘n aanduiding van jou spesifieke leerstyl. Jy kan dit toepas wanneer jy jou studiemetodes herevalueer. VIR DIE NUUSKIERIGES: Identifiseer jou spesifieke leerstyl en gaan kyk op die Internet of jy nog verdere inligting daaroor kan kry.

AKTIWITEIT 4: Voltooi die onderstaande tabel : LEERSTYL JY LEER AKTIWITEITE DEUR: WAT JY GENIET KINESTETIES VISUEEL OUDITIEF LINGUISTIES LOGIES/ WISKUNDIG

DIE METODE WAT JY GEBRUIK OM TE LEER

[15]

© Impaq

23


Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

OEFENING 1: OOPBOEKTOETS Werkstuk vir formele assessering : 1. Ontwerp ‘n plakkaat om die verskillende tipes verhoudings uit te beeld. Gebruik prente, foto’s en woorde. Voltooi op A4-plakkaat. Gebruik die volgende as riglyn:  Vriendskappe met portuur  Verhouding met ouers  Verhouding met broers of susters  Verhouding met onderwysers  Verhouding met jou kêrel of meisie  Verhouding met jou beste vriend of vriendin (7) 2. Beskryf elke verhouding kortliks.

(7)

3. Beskryf hoe elke verhouding jou selfbeeld beïnvloed.

(7)

4. Beskyf hoe elke verhouding jou persoonlike besluite beïnvloed. (7) 5. Noem twee redes waarom jy dink dit is belangrik om verhoudings te hê met ander persone. (2) [30]

© Impaq

24


Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

2

EENHEID 2: Wêreld van werk en gesondheids-, sosiale en omgewingsverantwoordelikhede LEERDOELWITTE: Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen:  Identifiseer en pas jou eie leerstyl toe.  Die ses loopbaankategorieë te kan identifiseer.  Die sosiale faktore wat bydrae tot dwelmmisbruik kan

identifiseer.  Die belangrikheid en rol van werk te identifiseer in verhouding tot Suid-Afrika se sosiale en ekonomiese behoeftes.

INLEIDING Ons het in graad 7 gekyk na die verskillende soorte leerstyle en studiemetodes. Ons gaan in die eenheid dit vinnig hersien en dan gaan jy jou eie leerstyl identifiseer, sodat jy dit kan toepas op jou eie studies. Dit is tot jou voordeel om te ‘n leerstyl te kan identifiseer en toepas. Ons gaan ook kyk na die ses tipes loopbaankategorieë en die belangstellings en vermoëns wat daarmee gepaard gaan. Ons gaan ook die skoolvakke bespreek wat met elke loopbaankategorie gepaard gaan bespreek. Die ses loopbaankategorieë is:      

Ondersoekend Ondernemend Realisties Kunstig Konvensioneel Sosiaal

Ons bespreek ook die rol wat werk speel in ons land se sosiale en ekonomiese behoeftes. Hoekom is dit belangrik om te werk? Hoe dra werkers by tot die land se

© Impaq

25


Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

2

sosiale en ekonomiese welvaart? Hoekom is dit vir ‘n persoon belangrik om te werk en ‘n bydrae te lewer? Ons kyk laastens na die sosiale faktore wat bydra tot dwelmmisbruik. Ons het in graad 7 dit behandel en gaan dit kortliks hersien. Ons gaan ook kyk hoe dwelmmisbruik ‘n persoon beïnvloed op die langduur. Dit is ook belangrik om te weet waar jy om hulp kan vra as jy miskien probleme ondervind met enige vorm van dwelmmisbruik.

2.1

Les 5: Identifiseer en pas ‘n eie leerstyl toe (1 uur)

2.1.1 Die verskillende leerstyle en studiemetodes As jy optimaal wil studeer, om sodoende jou volle potensiaal te bereik, moet jy ‘n metode gebruik wat jou vir jou werk. Daar is sewe soorte intelligensie: 1. Taalkundig/linguisties

(www.falconlit.com)

2. Logies of wiskundig

(www.marsfieldprimary.co.uk)

3. Musikaal

(www.wordpress.com)

4. Visueel of ruimtelik

(www.blogspot.com)

© Impaq

26


Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

2

5. Liggaamlik of kinesteties

6. Interpersoonlik

7. Intrapersoonlik

(www.clipartguide.com)

Die onderstaande tabel sit dit volledig uiteen: Tipe intellegensie

Taalkundig/ linguisties

Persoon leer deur in woorde te dink

Lees Skryf

Logies/ wiskundig

Persoon leer deur die feite uit te redeneer

Somme Eksperimente

Musikaal

Persoon leer makliker deur ritme en melodie te gebruik Die persoon leer deur prente of beelde te gebruik

Sing Musiek luister

Beroepe wat persoon moontlik kan volg Boeke Skrywer Papiere en Digter skryfgoed Joernalis Stories Prokureur Wiskundige Ingenieur en Dokter Wetenskaplike Wetenskaplike instrumente Musiek Komponis Musiekinstru- Klank ingenieur mente Liedjieskrywer

Teken en ontwerp

Films DVD’s

Visueel/ ruimtelik

© Impaq

Hoofkenmerk

Hou van die aktiwiteit

27

Het behoefte aan

Kunstenaar Argitek Grafiese ontwerper


Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering

Interpersoonlik

Intrapersoonlik

Liggaamlik/ kinesteties

Die persoon leer deur sy/haar idees met ander persone te deel en daaroor te praat. Die persone is baie stil en is diep denkers. Hulle deel nie hulle idees nie. Leer deur beweging of fisiese aktiwiteite

Eenheid

Hou van sosialiseer en het baie maats. Is ook gewoonlik sterk leiers. Hou daarvan om alleen te wees. Is gewoonlik baie stil. Fisiese deelname aan aktiwiteite

2

Vriende Sosiale interaksie

Onderwyser/es Sielkundige Maatskaplike werker Bestuurder

Wil teen eie pas werk. Behoefte aan alleentyd.

Skrywer Onderwyser/es Sielkundige Vakkundige

Sportsoorte Sportapparate Mense

Profesionele atleet/sportster Onderwyser Sportbestuur

As jy die bostaande tabel bestudeer, sal jy jouself herken by een (of dalk meer) van die spesifieke leerstyle. Maar voordat jy presies kan bepaal wat jou leerstyl is, moet jy ook jou brein verstaan. Jou persoonlikheid gaan jou metode van studeer bepaal. Elke persoon se brein werk op ‘n ander manier. Die deel van jou brein waarmee jy dink bepaal jou breindominansie. Dit klink dalk nou vir jou na ‘n baie groot woord, maar dit is baie maklik om te bepaal.

Mense met linkerbreindominansie het die volgende eienskappe: 1) 2) 3)

Hulle is logies en fokus op detail. Hulle hou daarvan om ‘n vaste roetine te volg. Hulle verkies om ‘n probleem in dele op te breek en hanteer elke deel dan opeenvolgend. 4) Verkies meervoudige keusevrae in ‘n vraestel. 5) Hulle is baie taakgeoriënteerd. 6) Hulle is ingestel op tyd en hou daarvan om vir hul doelwitte te stel en ‘n tydsbeperking daaraan te koppel. 7) Hulle maak primêr op taal staat in hul denke en geheue. 8) Hulle beheer hul gevoelens. 9) Reageer optimaal op luister en sien. 10) Hulle hou van defnitiewe grense: wat is reg en verkeerd?

© Impaq

28


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.