Í2)È-A-BIE-FG01’Î 1
8
0
9
-
A
-
B
I
E
-
F
G
0
1
BYBELONDERRIG FASILITEERDERSGIDS
Graad 9
A member of the FUTURELEARN group
Bybelonderrig Fasiliteerdersgids
1809-A-BIE-FG01
Í2)È-A-BIE-FG01’Î
Graad 9
LM van der Walt
Fasiliteerdersgids G09 ~ Bybelonderrig
INHOUDSOPGAWE
LESELEMENTE .................................................................................................................. 3 ROOSTER EN TYDSBESTUUR ......................................................................................... 5 ASSESSERINGSVEREISTES ............................................................................................ 6 VOORWOORD .................................................................................................................... 6 JAARPLAN ......................................................................................................................... 7 EENHEID 1: Die Name van God ........................................................................................ 8 1.1. Les 1: ELOHIM: Skeppende God ............................................................................ 8 AKTIWITEIT 1: ........................................................................................................ 9 1.2. Les 2: EL HA KADOSH: Die Heilige God ................................................................ 9 AKTIWITEIT 2: ...................................................................................................... 10 1.3. Les 3: EL GIBBOR: Die Sterk, Magtige Een ......................................................... 11 AKTIWITEIT 3: ...................................................................................................... 12 1.4. Les 4: ADONAI ECHAD: Die Here is ‘n Enige Here .............................................. 12 AKTIWITEIT 4: ...................................................................................................... 13 1.5. Les 5: ABBA: Vader .............................................................................................. 13 EENHEID 2: Jesus van Nasaret: Wie was Jesus? ......................................................... 16 2.1. Les 6: Die lewe en leer van Jesus......................................................................... 16 AKTIWITEIT 6: ...................................................................................................... 17 2.2. Les 7: Die boodskap en prediking van Jesus ........................................................ 18 AKTIWITEIT 7: ...................................................................................................... 19 2.3. Les 8: Jesus se verhoor, kruisiging en opstanding................................................ 19 AKTIWITEIT 8: ...................................................................................................... 20 2.4. Les 9: Die Religieuse sienings ten opsigte van Jesus........................................... 21 AKTIWITEIT 9: ...................................................................................................... 22 AKTIWITEIT 10: .................................................................................................... 23 EENHEID 3: Die wonderwerke van Jesus ...................................................................... 25 3.1. Les 11: Wonderwerke oor die dood ...................................................................... 26 AKTIWITEIT 11: .................................................................................................... 26 3.2. Les 12: Wonderwerke van genesing ..................................................................... 27 AKTIWITEIT 12: .................................................................................................... 28 3.3. Les 13: Wonderwerke in die natuur....................................................................... 29 AKTIWITEIT 13: .................................................................................................... 30 3.4. Les 14: Wonderwerke van uitdrywing ................................................................... 31 AKTIWITEIT 14: .................................................................................................... 31 EENHEID 4: Die gebeure in die Bybel na Jesus se Hemelvaart – die verkondiging van die Evangelie ............................................................................................................. 33 4.1. Les 15: Jesus se Opstanding en Hemelvaart ........................................................ 34 AKTIWITEIT 15: .................................................................................................... 34 4.2. Les 16: Die dissipels ontvang die Heilige Gees .................................................... 35 AKTIWITEIT 16: .................................................................................................... 36 1
© Impaq
Fasiliteerdersgids G09 ~ Bybelonderrig
4.3. Les 17: Die gebruik van die getal sewe in die Bybel en die kies van die sewe diakens .................................................................................................................. 36 AKTIWITEIT 17: .................................................................................................... 37 4.4. Les 18: Die bekering van Saulus........................................................................... 37 AKTIWITEIT 18: .................................................................................................... 38 BIBLIOGRAFIE EN VERWYSINGS .................................................................................. 41
© Impaq
2
Fasiliteerdersgids G09 ~ Bybelonderrig
JAARPLAN DATUM BEGIN
LES 1
DATUM VOLTOOI
1 Elohim 2 El ha kadosh 3 El Gibbor 4 Adonai Echad 5 Abba
2
6 Die lewe en leer van Jesus 7 Die boodskap en prediking van Jesus 8 Jesus se verhoor, kruisiging en opstanding 9 Die religieuse sienings ten opsigte van Jesus 10 Wat het Jesus vir ons nagelaat in die moderne era.
3
11 Wonderwerke oor die dood 12 Wonderwerke van genesing 13 Wonderwerke in die natuur 14 Wonderwerke van uitdrywing
4
15 Jesus vaar op na die Hemel 16 Die dissipels ontvang die Heilige Gees 17 Die getal 7 in die Bybel 18 Die bekering van Saulus 19 Paulus se sendingreise
7
Š Impaq
1
Fasiliteerdersgids G09 ~ Bybelonderrig
Eenheid
EENHEID 1: Die Name van God LEERDOELWITTE: Nadat die leerder hierdie eenheid voltooi het, moet hy/sy in staat wees om die volgende te doen:
begryp die Name van God.
pas elke naam toe in God se Voorsienigheid van sy/haar lewe.
hê ’n dieper insig in wie God is.
1.1. Les 1: ELOHIM: Skeppende God VIR DIE NUUSKIERIGES: Die gedeelte gaan oor die Skepping van die wêreld. Elohim dui God aan as die Skeppende God. Jahwe word gebruik om Here aan te dui. Jahwe beteken ook “Onafhanklike Een”. Gaan saam met die leerder deur sy/haar aantekeninge. Bespreek met die leerder dat God die aarde onafhanklik as Here geskep het. Niemand het aandeel daarin gehad, behalwe God nie. Slegs God kan iets uit niks skep. Daarom kan ons sê dat God die Skeppende Here is. Die woorde Elohim en Jahwe word dus in hierdie verhaal vermeld. Laat die leerder toe om sy/haar eie mening weer te gee en voer ‘n oop gesprek met die leerder.
© Impaq
8
Fasiliteerdersgids G09 ~ Bybelonderrig
Eenheid
1
AKTIWITEIT 1: Gen. 2:4 – 3:24 Dit is dan die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskep is. Toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het, was daar nog nie enige struike op die aarde nie en het daar ook nog nie enige groenigheid opgeskiet nie, want die Here God het dit nog nie op die aarde laat reën nie, en daar was nie ‘n mens om die grond te bewerk nie ……… vers 7 Die Here God het toe ……… vers 8 Die Here God het toe ‘n tuin ……. vers 9 Die Here God ………. vers 15 Die Here God ….. vers 16 Die Here God …. vers 18 Verder het Die Here God …… vers 19 Die Here God het toe ….. vers 21 toe het die Here God ‘n diep slaap …… Gen. 3: 1 Die slang was listiger as al die wilde diere wat deur die Here God gemaak is …. vers 3 God het net gesê ….. vers 5 maar God weet ….. vers 8 hulle het gehoor hoe die Here God …. en sy vrou het vir die Here God weggekruip …. vers 9 maar die Here God het na die mens geroep ….. vers 11 Die Here God vra toe …… vers 13, vers 14, vers 16, vers 17, vers 21, vers 22, vers 23, vers 24. Die naam van God kom 25 keer voor slegs in die gedeelte. Gen. 14: 18: God die Allerhoogste Gen. 14: 19 – 20, 22: God die Allerhoogste, God die Skepper, Here Gen. 27: 20: Die Here, u God Gen. 1: 26: Toe het God gesê …. Lees die opstel van die leerder en gee punte vir die leerder se opinie en mening. Die leerder moet kan insien dat God ook ons Skepper Vader is. Gee punte vir tien relevante menings van die leerder. Vermenigvuldig dit met twee om die totaal van 20 punte te kry. [10 x 2 = 20]
1.2. Les 2: EL HA KADOSH: Die Heilige God VIR DIE NUUSKIERIGES: Die volgende is net ‘n riglyn ten opsigte van die leerder se aantekeninge: Psalm 71: 2 – Hier word God die Heilige van Israel genoem. Dit dui daarop dat dit die God is wat deur die volk Israel aanbid en verheerlik is. God het hulle verlos van die slawerny van Egipte. Jesaja 1: 4 – God word hier ook aangedui as die “Heilige van Israel”. Dit kom sterk na vore dat God in die Ou Testament veral as die Heilige of die God van Israel gesien word. Israel het hulself as die volk beskou wat deur God uitverkies is.
9
© Impaq
1
Fasiliteerdersgids G09 ~ Bybelonderrig
Eenheid
Jesaja 10: 20 – Weereens word God as die Heilige van Israel beskryf. Jeremia 50: 29 – “Die heilige God van Israel”. Die volk is hier in ‘n oorlogsituasie. Die volk was hooghartig teenoor God en hier word hulle herinner wie God is. 1 Konings 19: 10 – “Here, Almagtige God”. Elia noem God hier die Almagtige God. Die volk Israel het in hierdie tyd teen God gedraai, maar Elia eer God nog steeds as die God wat Almagtig is. Bestudeer saam met leerder die aantekeninge. God word in die gedeeltes van die Bybel veral as die Heilige God van Israel aangedui. God word aan een volk gekoppel – die volk wat God uitverkies het en uit slawerny gelei het. Elia noem God die “Almagtige God”. Elia maak God meer persoonlik vir hom. Die volk het in die tyd weg van God gedraai en Elia bepleit hulle saak by God. Hier het Elia God se koppeling aan die volk eenkant toe gesit, en God as ‘n Eenheid apart van die volk gestel.
AKTIWITEIT 2: 1)
Die Here sit op ‘n baie hoë troon. Dit beteken dat die Here baie belangriker is as ons mense. Die Here is verhewe bo die mens.
(3)
2)
Die onderste van die kleed het die hele tempel gevul. God is so Groot en Almagtig dat Sy kleed die hele tempel vul. Dis ‘n simbool daarvan dat God se Teenwoordigheid die hele aarde vul. (3)
3)
Die serafs het elkeen ses vlerke gehad. Met twee van die vlerke het hulle hulle gesig toegemaak. Dit is ‘n simbool dat selfs die hoogste hemelwesens nie God se Almag kan aanskou nie. Hulle het ook God geprys en uitgeroep: “Heilig, heilig.” (enige 3) =
(3)
4)
Jesaja het gevoel dat elke woord oor sy lippe was onrein. ‘n Seraf het ‘n gloeiende kool gebring en aan Jesaja se lippe geraak. Die kool was ‘n simbool van
5)
God sien dat die volk van Hom af gedwaal het. God sê in hierdie gedeelte aan Jesaja dat die volk sal al hierdie dinge hoor en sien maar nie verstaan nie. Hulle harte en gesindheid is nie reg teenoor God nie. Die volk moet eers begryp wat God vir hulle sê en bekeer. (enige 3) =
© Impaq
10
(3) [15]
Fasiliteerdersgids G09 ~ Bybelonderrig
Eenheid
1
1.3. Les 3: EL GIBBOR: Die Sterk, Magtige Een VIR DIE NUUSKIERIGES: Die volgende is slegs riglyne aanvullend tot die leerder se aantekeninge. Gaan dit saam met die leerder deur. Die verhaal van Moses Verhaal begin waar Moses se moeder hom moet wegsteek van die Farao. Al die Hebreeuse seuntjies word doodgemaak. Hy word in die Nyl weggesteek en deur die Farao se dogter gevind. God het Moses bewaar en hom nie laat sterf nie. Hy word in die paleis groot. Dit berei hom voor vir sy latere roeping. Moses slaan ‘n Egiptenaar dood uit woede en moet vlug uit Egipte. Moses vlug na die woestyn. God verskyn aan Moses in die brandende bos en gee Moses die opdrag om die volk uit Egipte te lei. Moses het baie verskonings, maar God troef hom elke keer. Moses hakkel, maar God laat hom sy broer Aaron saamneem om te praat. In die verhaal van Moses lei God hom na Egipte, God gee aan hom die moed om te gaan. God gee aan Moses die plae om die Farao te oortuig. God laat die volk deur die Dooie See trek. God sorg vir die volk in die woestyn. So gee God die oorwinning. Niks en niemand kan teen God staan nie. Die verhaal van Josua Josua stuur verkenners na Jerigo en God gee aan hulle Ragab wat hulle wegsteek en red. God help die volk om die Jordaanrivier oor te steek deur dit aan die een kant te laat opdam. God laat die mure van Jerigo val en lei die inval in Jerigo. So het Josua baie stede ingeneem en God het die oorwinning gegee. Die verhaal van Dawid en Goliat Dawid is slegs ‘n nederige skaapwagter. Hy was klein van postuur. Goliat was ‘n Filistyn van oor die 3 m lank. Hy was ‘n vreeslose vegter. Dawid vertrou God volkome en het geen vrees om teen Goliat te veg nie. God gee die oorwinning en Dawid gooi Goliat met ‘n slingervel en klip dood.
11
© Impaq
1
Fasiliteerdersgids G09 ~ Bybelonderrig
Eenheid
AKTIWITEIT 3:
1. 2.
3.
4. 5.
Saul het gedink dat Dawid is net ‘n kind en ‘n skaapwagter en Goliat is ‘n ervare vegter.
(2)
Saul het ‘n wisselvallige verhouding met God gehad. Saul het meer op sy eie oordeel en krag vertrou as op God. Hy het egter na Dawid se kant van die saak geluister, en het God se teenwoordigheid oor Dawid uitgespreek.
(2)
Dawid was glad nie vol vrees nie. Hy het geglo dat God die oorwinnings sal gee. Dawid het ‘n besonderse verhouding met God gehad. Hy het God volkome vertrou, selfs as hy net skape opgepas het.
(3)
Die leerder se eie opinie is belangrik. Gee 2 punte vir die “Goliat”/die probleem wat die leerder noem, 1 punt vir die rede wat leerder gee.
(3)
Gee 2 punte vir die situasie wat leerder noem, gee 2 punte vir die beskrywing daarvan en 1 punt vir die rol wat leerder sê God in die situasie gespeel het.
(5) [15]
1.4. Les 4: ADONAI ECHAD: Die Here is ‘n Enige Here VIR DIE NUUSKIERIGES: Deut. 17: 3 – Son, maan en ander hemelliggame. Volke het soms die natuurkragte aanbid, omdat hulle geglo het dit beheer die mens se lewe. Rom. 1:23 – Beelde wat lyk soos mense, diere, voëls, slange. Die natuurkragte is in verskillende vorms uitgebeeld en daar is beelde gemaak om te aanbid. Deut. 7: 5 – Afgodsbeelde en klippilare. Dit is gewoonlik gekoppel aan Baäl en Asjera. Gen. 31: 34 – Afgodsbeeldjies. Is ook gekoppel aan Baäl en Asjera. Is gemaak uit materiaal wat ook vir ander doeleindes gebruik is en is as dood en waardeloos gesien. 2 Kon. 21: 4, 6 – Baäl. Dit was ‘n Palestynse vrugbaarheidsgod. Daar is geglo dat hy die reën beheer. Daar is ook geglo dat hy nie slegs die vrugbaarheid van die grond bepaal nie, maar ook van mens en dier. Jes. 1:29 – Afgodsbome. Die bome is verbind aan die vrugbaarheidsgode Baäl en Asjera. Jes. 65: 3 – Heidense offers. Dit het varke, honde en selfs kinders ingesluit. Hulle het selfs hierdie vleis geëet.
© Impaq
12
Fasiliteerdersgids G09 ~ Bybelonderrig
Eenheid
1
AKTIWITEIT 4: Die leerder se opinie is belangrik. Gee 1 punt vir elke situasie wat leerder noem en 1 punt vir die beskrywing daarvan. Dit gee ‘n totaal van 10 punte. Moontlike antwoorde: (net riglyn) 1. 2. 3. 4. 5.
As jy enige iets sal doen om bv. die nuutste selfoon te kry. Jy meet jou eie waarde aan dit wat jy het of aan die klere wat jy aantrek. Jou familie plaas meer waarde op die geld wat jy verdien as wat hulle waarde heg aan mekaar as persone. Dit is vir jou belangriker om met ‘n sekere groep tieners te assosieer, omdat hulle meer geld het as ‘n ander groep. Jy doen verkeerde dinge om sekere belonings wat materiële belonings insluit. te verkry.
Die leerder moet insig toon in hoe die mens vandag kan vasval in die begeerte om materiële goed te bekom. As jy jou besittings dien, val dit ook in die aanbidding van Mammon. Mammon gaan nie net oor geld nie, maar ook oor die aanbidding van jou besittings. Enige iets wat vir jou belangriker word as God in jou lewe, is ‘n afgod. Selfs as jy ‘n ander persoon bo jou verhouding met God stel, maak jy van daardie persoon ook ‘n afgod.
1.5. Les 5: ABBA: Vader VIR DIE NUUSKIERIGES: In die Indiërgemeenskap is die vroue onderdanig aan die mans. Daar is geen gelykheid nie. Dogtertjies wat gebore word, word ondergeskik aan die seuntjies gestel. In vroeëre jare het die Zoeloevroue al die werk op die land gedoen. Dit sou vir die mans vernederend wees om te werk in die lande. Dit dra ook daartoe by dat in baie kulture die vroue belangrike besluite neem in die gesinsverband. In die Afrikanerhuishouding was die vader, volgens tradisie die hoof van die huis. Die pa het die belangrikste besluite geneem. Hy het van sy gesin verwag om hom te vertrou met die besluite vir die gesin en hom te respekteer. Soos ons weet, het die rolle van mans en vroue baie verander in die modern samelewing. Vandag neem baie mans en vroue gesamentlike besluite ten opsigte van hulle gesinne? Die oorhoofse doel van alle vaders, ongeag hulle kultuur, is die beskerming en versorging van hulle gesinne. Dit is ook hoe God ons Vader is. God voorsien in ons daaglikse behoeftes. God sê dat ons, ons nie mag bekommer oor die dag van môre nie – want God sorg. God beskerm ons teen
13
© Impaq
1
Fasiliteerdersgids G09 ~ Bybelonderrig
Eenheid
slegte dinge en die bose. Ons moet God vertrou met ons daaglikse lewe en ons lewensplan. Gedeeltes in die Bybel wat God as Versorger beklemtoon is hieronder gemeld. Lees en bestudeer dit gerus saam met die leerder: • • • • • •
Johannes 10: 28 – 29 Romeine 8: 28 Jeremia 29: 11 – 12 1 Johannes 5: 14 – 15 Psalm 91: 9 – 10 Matteus 7: 25 – 34
En ook die volgende gedeeltes wat ons verseker van God se beskerming: • • • • • •
1 Samuel 2: 9 2 Samuel 22: 2, 3 Psalm 5: 12 Spreuke 2: 8 Jesaja 43: 2 2 Tessalonisense 3: 3
OEFENING 1.6: OOPBOEKTOETS
1.6.1.
Die nasiener moet die leerder se insig en opinie in ag neem. Soek na vyf logiese punte en merk daarvolgens. Die volgende is slegs moontlike antwoorde: • Dit leer ons van die Persoon van God • Dit wys aan ons hoe God in alle aspekte van ons lewe in beheer is. • Dit wys die vele dimensies van God as die Drie – Eenheid • Dit gee aan ons ‘n wyer insig in die skepping en God se doel met ons. • Die name van God gee aan ons die vrymoedigheid om tot God te nader met ons spesifieke behoeftes. (5)
1.6.2.
EL en ELOHIM
(2)
1.6.3.
EL beteken ″Die Godheid ″ en ELOHIM beteken “Die Een waarin al die Goddelike eienskappe teenwoordig is. ELOHIM beteken ook “Die Skeppende Een.”
(4)
1.6.4.
Here of Onafhanklike Een (enige een)
(1)
1.6.5.
Adonai
(1)
© Impaq
14
Fasiliteerdersgids G09 ~ Bybelonderrig
Eenheid
1
1.6.6.
Leerder se eie opinie belangrik. Merk enige drie relevante menings. Dit kan enige iets wees wat vir die leerder belangrik is. Soos bv. om jou te sonder vir God, nie materialisties te wees nie, nie te drink of te rook nie, nie losbandig te lewe nie, nie my liggaam skade aan te doen nie ens. (3)
1.6.7.
Dit beteken “Skeppende God.” Leerder se opinie is belangrik. Hoe sien die leerder God as sy of haar Skepper. Gee punte vir enige vyf stellings. Riglyne vir antwoorde is as volg: • God het ons geskep en daarom behoort ons liggame aan God, dus mag ons nie ons liggaam enige skade aandoen nie. • God het die natuur geskape, daarom moet ons die natuur bewaar en mag ons dit nie vernietig nie. • God het al die diere ook geskape, daarom moet ons alle diere respekteer en mag geen dier skade aan doen nie. • God het alle mense geskape. Ons moet ons naaste liefhê soos God hulle liefhet. Ons mag geen mens skade aandoen nie. • Ons moet God respekteer as die Enigste Een wat uit niks die aarde en alles daarop geskape het. (5)
1.6.8.
Die nasiener moet die leerder se insig in die verhaal in ag neem. Verstaan die leerder die invloed van God se krag in hierdie verhaal? Gee 1 punt vir ja/nee antwoord. Gee 1 punt vir elk van die drie redes wat leerder verskaf vir sy of haar ja/nee antwoord. Die volgende antwoord kan as riglyn gebruik word: • Nee – die verhaal is te oud, ons veg nie meer teen reuse nie, ons gebruik ander tipe wapens vandag. • Ja – ons kom ook vandag voor probleme te staan wat vir ons soos ‘n Goliat voel. God gee ons egter die krag om hierdie probleme te oorwin, soos Dawid vir Goliat oorwin het. Ons kan ook soos Dawid swak en klein voel en die probleem baie groot lyk. Ons kan egter enige probleem met God se hulp oorkom, maak nie saak hoe groot of klein dit is nie. (4)
1.6.9.
Mammon (geld) en besittings.
(2)
1.6.10. Leerder kan enige drie situasies noem. Gee 1 punt vir elke situasie.
15
(3) [30]
© Impaq
2
Fasiliteerdersgids G09 ~ Bybelonderrig
Eenheid
EENHEID 2: Jesus van Nasaret: Wie was Jesus? LEERDOELWITTE:
Nadat die leerder hierdie eenheid voltooi het, moet hy/sy in staat wees om die volgende te doen:
Demonstreer ‘n beter insig van Jesus as mens.
Demonstreer ’n beter begrip van die boodskap wat Jesus verkondig het.
Onderskei tussen die verskillende religieuse sienings oor Jesus.
Bepaal wat Jesus vir ons nagelaat het in die moderne tye waarin ons leef.
2.1. Les 6: Die lewe en leer van Jesus VIR DIE NUUSKIERIGES: Die volgende kan as riglyne gebruik word as u saam met die leerder deur sy/haar navorsing werk. Die mense se huise in die Bybelse tye. Herodus die Grote het die meeste van die geboue opgerig in die tyd van Jesus se lewe. Die ryk inwoners van die land het vir hulself groot strukture gebou. Hulle het paleise, amfiteaters, teaters en openbare baddens gebou. Die ryk mense se huise is teen die heuwels gebou. Die leefvertrekke was op die grondvlak. In die kelders was daar watertenks en baddens vir badrituele. Die huise se mure was gepleister en die huise was binne ryklik versier. Die armer mense het in huise gebly wat in rye langs mekaar gebou is. Die mure was gevorm uit klippe wat opmekaar gestapel is. Gate in die mure is toegemaak met kleiner klippe. Die vloere van die huise is ook met klippe uitgelê. Sommige van die huise het ‘n boonste verdieping gehad. Die dakke was balke wat met takke bedek is en met gebakte klei gesmeer is. Hierdie mense het baie eenvoudig gelewe. Diere in die Bybelse tydperk:
© Impaq
16
Fasiliteerdersgids G09 ~ Bybelonderrig
2
Eenheid
Skape en bokke is meestal aangehou. Die diere het goed aangepas in die klipperige heuwels. Die diere het aan die mense kaas, melk, vleis en wol voorsien. Kamele en donkies is ook aangehou. Die diere is veral as vervoermiddel gebruik. Daar was ook baie wilde diere, soos wolwe, jakkalse, bere en leeus. Bome en plante in die Bybelse tydperk: Dennebome is wydverspreid in Israel. Daar is ook baie olyfbome en olyfboorde. Getsemane, waar Jesus aanbid het, was ‘n olyfboord. Wilgers en Tamarisk het ook wyd verspreid voorgekom. Ander bome is: • Seders • Dadelpalms • Granaatbome Teen die heuwelhange van Galilea kom die veldlelies voor, waarvan Jesus praat. Daar is ook • saffraanblomme • anemone • narsings • papawers • krisante
AKTIWITEIT 6: Die leerder se opinie is belangrik. Die leerder moet tien stellings maak aangaande Jesus se geboorte en koms na die wêreld. Gee 1 punt vir elke relevante stelling. Die volgende is slegs riglyne ten opsigte van die leerder se antwoorde: -
Mense stel ‘n sekere verwagting aan ‘n koning – hy moet magtig en invloedryk wees. Die volk is onderdruk deur ander nasies en was gedurig in oorloë gewikkel. Die volk het dus ‘n sterk krygsman verwag wat hul sou verlos van die onderdrukking. Jesus word as buite-egtelike kind gebore in die oë van die wêreld. Jesus het dus nie enige status gehad nie. Jesus word gebore in ‘n arm, nederige gesin. In die oë van die wêreld is Jesus nie ‘n invloedryke, magtige koning nie. Jesus en sy gesin vlug ook in die begin van Sy lewe vir die heersers van daardie tyd en dit gee aan Jesus nie ‘n vaste grootwordplek nie.
17
© Impaq
2
Fasiliteerdersgids G09 ~ Bybelonderrig
Eenheid
-
Jesus se nederigheid is wat God van ons verwag. God stuur Sy seun as ‘n nederige timmerman na die wêreld, sodat die wat in Hom glo ‘n voorbeeld vir ander kan wees. God steur Hom nie aan aansien en rykdom nie.
-
[10]
2.2. Les 7: Die boodskap en prediking van Jesus VIR DIE NUUSKIERIGES: Dit kan vir die leerder makliker wees om die gelykenisse in tabelvorm met mekaar te vergelyk: GELYKENIS Die Saaier Die Onkruid tussen die koring Mosterdsaadjie en die suurdeeg Die skat in die saailand
BETEKENIS Dit gaan oor die verspreiding van die Evangelie Die verkondiging van die Evangelie sal altyd bedreig word. Die Koninkryk van God kan nie gekeer word nie, dit deurtrek die hele wêreld. Die mense het ‘n begeerte na die Koninkryk van God. Die waardevolle pêrel ‘n Gelowige sal alles prysgee vir die Koninkryk van God. Die visnet waar die goeie Dit dui op die wederkoms waar die engele die goeie en slegte vis geskei word. en slegte van mekaar sal kom skei. Die gelykenisse verduidelik die betekenis van die GEVOLGTREKKING Koninkryk van God en hoekom Jesus en sy dissipels die Evangelie kom verkondig het. Die wat In Jesus glo, sal die Ewige Lewe beërwe. Die wat nie glo nie sal deur die engele uitgegooi word.
© Impaq
18