Gr 9-Bybelonderrig-Handleiding

Page 1

Í2)È-A-BIE-SG01OÎ 1

8

0

9

-

A

-

B

I

E

-

S

G

0

1

BYBELONDERRIG HANDLEIDING Graad 9

A member of the FUTURELEARN group


Bybelonderrig Handleiding

1809-A-BIE-SG01

Í2)È-A-BIE-SG01OÎ

Graad 9

LM van der Walt


Handleiding G09 ~ Bybelonderrig

INHOUDSOPGAWE LESELEMENTE ............................................................................................................................. 3 VOORWOORD ............................................................................................................................... 5 JAARPLAN .................................................................................................................................... 6 EENHEID 1: Die Name van God ................................................................................................... 7 1.1. 1.2. 1.3. 1.4. 1.5.

Les 1: ELOHIM: Skeppende God ...................................................................................... 8 AKTIWITEIT 1: ................................................................................................................ 10 Les 2: EL HA KADOSH: Die Heilige God ........................................................................ 10 AKTIWITEIT 2: ................................................................................................................ 12 Les 3: EL GIBBOR: Die Sterk, Magtige Een .................................................................... 12 AKTIWITEIT 3: ................................................................................................................ 13 Les 4: ADONAI ECHAD: Die Here is ‘n Enige Here......................................................... 14 AKTIWITEIT 4: ................................................................................................................ 15 Les 5: ABBA: Vader ........................................................................................................ 15 AKTIWITEIT 5: ................................................................................................................ 16

EENHEID 2: Jesus van Nasaret: Wie was Jesus? .................................................................... 18 2.1. Les 6: Die Lewe en Leer van Jesus ....................................................................................... 19 AKTIWITEIT 6: ................................................................................................................ 20 2.2. Les 7: Die boodskap en prediking van Jesus ......................................................................... 21 AKTIWITEIT 7: ................................................................................................................ 23 2.3. Les 8: Jesus se verhoor, kruisiging en opstanding ................................................................. 23 AKTIWITEIT 8: ................................................................................................................ 25 2.4. Les 9: Die religieuse sienings ten opsigte van Jesus.............................................................. 26 AKTIWITEIT 9: ................................................................................................................ 28 2.5. Les 10: Wat het Jesus vir ons nagelaat in die moderne era? ................................................. 28 AKTIWITEIT 10: .............................................................................................................. 29 EENHEID 3: Die wonderwerke van Jesus.................................................................................. 31 3.1. 3.2. 3.3. 3.4.

Les 11: Wonderwerke oor die dood ................................................................................. 31 AKTIWITEIT 11: .............................................................................................................. 33 Les 12: Wonderwerke van genesing ............................................................................... 34 AKTIWITEIT 12: .............................................................................................................. 38 Les 13: Wonderwerke in die natuur ................................................................................. 39 AKTIWITEIT 13: .............................................................................................................. 44 Les 14: Wonderwerke van uitdrywing .............................................................................. 45 AKTIWITEIT 14: .............................................................................................................. 47

EENHEID 4: Die gebeure in die Bybel na Jesus se Hemelvaart – die verkondiging van die Evangelie ....................................................................................................................... 49 4.1.

Les 15: Jesus se Opstanding en Hemelvaart .................................................................. 49 AKTIWITEIT 15: .............................................................................................................. 51 1

© Impaq


Handleiding G09 ~ Bybelonderrig

4.2. 4.3. 4.4.

Les 16: Die dissipels ontvang die Heilige Gees ............................................................... 52 AKTIWITEIT 16: .............................................................................................................. 54 Les 17: Die gebruik van die getal sewe in die Bybel en die kies van die sewe diakens ... 54 AKTIWITEIT 17: .............................................................................................................. 57 Les 18: Die bekering van Saulus ..................................................................................... 57 AKTIWITEIT 18: .............................................................................................................. 59 AKTIWITEIT 19: .............................................................................................................. 64

BIBLIOGRAFIE EN VERWYSINGS ............................................................................................. 66

© Impaq

2


Handleiding G09 ~ Bybelonderrig

JAARPLAN DATUM BEGIN

LES 1

1 Elohim 2 El ha kadosh 3 El Gibbor 4 Adonai Echad 5 Abba

2

6 Die lewe en leer van Jesus 7 Die boodskap en prediking van Jesus 8 Jesus se verhoor, kruisiging en opstanding 9 Die religieuse sienings ten opsigte van Jesus 10 Wat het Jesus vir ons nagelaat in die moderne era

3

11 Wonderwerke oor die dood 12 Wonderwerke van genesing 13 Wonderwerke in die natuur 14 Wonderwerke van uitdrywing

4

15 Jesus vaar op na die Hemel 16 Die dissipels ontvang die Heilige Gees 17 Die getal 7 in die Bybel 18 Die bekering van Saulus

Š Impaq

6

DATUM VOLTOOI


Handleiding G09 ~ Bybelonderrig

1

Eenheid

EENHEID 1: Die Name van God LEERDOELWITTE:

Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen:   

Jy moet die Name van God kan begryp. Jy moet elke Naam kan toepas in God se voorsiening in jou lewe. Jy moet ‘n dieper kennis hê van Wie God is.

INLEIDING Die verskillende name wat vir God gebruik is in die Ou Testament is die refleksie van ‘n volk, Israel wat in die antieke Midde-Ooste gewoon het. Die name van God leer ons ‘n paar eienskappe van God. Hy is die Enigste, Lewende, Ware, Algenoegsame, Ewige, Heilige en Persoonlike God. Die studie van die Name van God fokus meer op die Persoonlike Aard van God, want God het ‘n persoonlike verhouding met ons. God wil by elkeen van ons betrokke wees. Hy wil ‘n persoonlike verhouding met ons LEEF. Die name van God maak dit vir jou duidelik wat God vir ons elkeen wil beteken. Die verskillende name van God, omvat ook al die dimensies wat God IS! Daar is twee Hebreeuse woorde wat “God” beteken. Dit is EL en ELOHIM. EL beteken ″Die Godheid″. Dit dui op God se Almag en Sy Goddelike natuur. ELOHIM is die meervoudsvorm en beteken ″die EEN waarin al die Goddelike eienskappe teenwoordig is”. Die naam ELOHIM bespreek ons in Les 1 volledig. Die woord Jahwe word ook verskeie kere in die Bybel gebruik om God te beskryf. Dit word as ‘n persoonsnaam vir God gebruik. Die Jode het egter uit eerbied hierdie naam nie gebruik nie, en dit vervang met Adonai. Dit beteken “Here”. Hulle het Adonai gebruik tydens openbare voorlesings. In Eksodus 3: 13 – 16 openbaar God Homself aan Moses as “Jahwe”. In vers 14 sê God aan Moses: “Ek is wat Ek is”. God sê hierdeur dat Hy aktief teenwoordig is by Sy volk. God bestaan – HY IS. Daar is geen twyfel aan God se bestaan nie. Lees ook die volgende gedeeltes:  Eksodus 34: 6  Miga 7: 18 – 20  Psalms 103, 111 en 146. Dit is in die gedeeltes duidelik WIE God is en hoe die volk God gesien het. God is die God van die hele wêreld. God kan nie tot een volk beperk word nie. God is die “Skepper”, “Regter” en “Koning” van alle mense.

7

© Impaq


1

Handleiding G09 ~ Bybelonderrig

Eenheid

Die bestudering van die name van God gee ons ‘n dieper insig in God. Die name van God verduidelik al die dimensies van God as ‘n Vader en Heerser. God is nie net ons Vader nie, Hy is baie meer as dit. Ek hoop dat die bestudering van die handleiding vir jou ‘n dieper insig sal gee in God, ons Vader en Heerser. Ons behandel slegs vyf name van God in die handleiding. Dit gee jou die geleentheid om rustig deur die studiemateriaal te werk. Daar is egter nog talle ander name wat in die tekste en navorsing voorkom. Ek meld net kortliks die volgende name net vir die nuuskieriges: EL OLAM: Die Ewige God EL ELYON: Ewige God MESSIAS: Die Gesalfde RUACH HA KOIDESH: Heilige Gees IMMANUEL: God met ons EL ROI: Die God wat sien wat gebeur YESHUA: Verlosser YAHWEH SHAMMAH: Die Here is daar ALEF EN TAV: Alfa en Omega EL SHADDAI: God die Almagtige YAHWEH JIREH: Die Een wat voorsien YAHWEH ROHI: Die Here is my Herder YAHWEH SHALOM: Die Here is vrede YAHWEH RAPHA: Die Here wat genees YAHWEH TSIKENU: Die Here ons Geregtigheid YAHWEH NISSI: Die Here is my banier Daar word nog vele meer name vir God gevind in navorsing. Jy kan gerus meer navorsing doen, as jy wil!

1.1. Les 1: ELOHIM: Skeppende God Dit beskryf God as die Skepper – Hy het iets gemaak uit niks. Hy is die Enigste Een wat dit kan doen. Genesis 1:1 sê: “In die begin het God (Elohim) die hemel en aarde geskape”. Daar is in die Ou Testament net drie basiese name wat God beskryf. Dit is El, Elohim en Jahwe. Die benaming El kom 25 000 keer voor in die OT. Dit is in die Semitiese taal ‘n algemene benaming vir God. Die algemene betekenis is net god. Dit is selfs gegee vir beelde wat aanbid is as gode. Dit word dus bepalend gebruik as dit God beskryf. Lees Deuteronomium 5: 9. “Ek die Here jou God is ‘n jaloerse God”. In die vers word Here as Jahwe (HEER) aangedui en God as Elohim. Jahwe beteken ook ″ die Onafhanklike Een”. Op die wyse is God onderskei van ander gode. Elohim is in die Semitiese tale die meervoud van El. Dit is eers gebruik om talle ander gode te beskryf, maar later veral in die noorde van Israel is ‘n dieper betekenis daaraan geheg. Dit is gebruik om God te beskryf. Die naam is gebruik om aan te dui dat als aan God behoort, selfs die mens en die hele Skepping. (Numeri 23: 19) Wat beteken die naam Elohim vir ons as gelowiges?

© Impaq

8


Handleiding G09 ~ Bybelonderrig

Eenheid

1

Ons moet God loof en prys as die Skepper. Hy is die enigste EEN wat iets uit niks kon maak. Roep God op Sy Naam Elohim as jy hom prys vir die skepping van jou eie liggaam. Ons moet God se Skepping respekteer en oppas. Daarom is dit belangrik om jou omgewing te bewaar. Ons het ‘n verantwoordelikheid teenoor God se Skepping. Natuurbewaring kan dus ook gesien word as die uitlewing van ons Christenskap. Die kleinste dingetjie wat jy doen, kan bydrae tot God se eer. Self as jy net kies om nie jou papiertjie by die motor se ruit uitgooi nie. Dit skep by jou ‘n verantwoordelikheid ten opsigte van jou diere wat jy as troeteldiere aanhou. God het die diere ook geskape. Ons as Christene moet dus alle diere respekteer – wild en mak. Jy mag geen dier onnodiglik skade aandoen nie. God het aan ons sekere diere toegeken as voedsel. Ons moet dit ook op ‘n verantwoordelike wyse bestuur. Jy het egter ‘n verantwoordelikheid teenoor jou liggaam. Deur jou liggaam gesond te hou. Voedsaam te eet en genoeg te oefen vereer jy ook God as Skepper. Deur jou te weerhou van verkeerde dinge soos ‘n losbandige lewe, drank- en dwelmmisbruik eer jy ook God deur Sy skepping. God het my en jou as ‘n gees geskape, en daarmee saam het Hy aan ons ‘n liggaam gegee. ‘n Intieme verhouding met God en ‘n gesonde leefstyl loop hand aan hand. In 1 Korintiërs 6: 19 – 20 skryf Paulus: “… julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet dus God in julle liggame verheerlik”. Ons liggame is ‘n tempel van God. Dit behoort aan God. Jy het dus ‘n verantwoordelikheid teenoor God om jou liggaam op te pas en te versorg. Die volgende teksverse kan jy ook gaan bestudeer:  Psalm 139: 14 – 15  Daniël 1: 12 – 15  1 Korintiërs 10: 31  1 Timoteus 4: 8  3 Johannes 1: 2 God het ook alle mense geskape. Jou naaste is deur God geskape. Jy het dus ‘n verantwoordelikheid teenoor God om die mense om jou met liefde te behandel. Die Tien Gebooie vra: ″Jy moet jou naaste liefhê soos jouself”. KERNINHOUD: Die les gaan oor God as ons Skepper. God het nie net ons, as mense, geskep nie. God het ook die natuur en die diere daarin geskape. Ons het dus ‘n verantwoordelikheid teenoor onsself en ook die natuur. Ons moet God loof en eer as die Skepper God. Hy is Groot en Almagtig en Sterk. God vertrou ons met Sy skepping. Jou verantwoordelikheid hou nie op by jouself nie. Hoe tree jy teenoor jou medemens op? Is daardie persoon waarvan jy nie hou nie, nie ook God se maaksel nie? En wat vra God van jou in verband met jou medemens? God vra dat jy jou naaste sal liefhê soos jouself. Dit is vir ons, as mens, een van die moeilikste dinge om te doen. Want wat maak ek nou as iemand my verontreg het? God vra dat ons daardie persoon onvoorwaardelik sal vergewe. 9

© Impaq


1

Handleiding G09 ~ Bybelonderrig

Eenheid

VIR DIE NUUSKIERIGES: Bestudeer die geskiedenis in Genesis 2: 4 tot 3: 24. Jy het in Les 1 nou geleer van Elohim en Jahwe. Let op hoe die twee name in kombinasie met mekaar gebruik word. Skryf vir jouself aantekeninge neer daaroor en bespreek dit met jou fasiliteerder. AKTIWITEIT 1: Lees die onderstaande teksgedeeltes en beantwoord dan die daaropvolgende vrae. Skryf die gedeelte uit die teks neer waar die woord Elohim (God) voorkom.  Gen. 2: 4 – 3: 24  Gen. 14: 18  Gen. 14: 19 – 20  Gen. 14: 22  Gen. 27: 20  Gen. 1: 26 Skryf ‘n kort opstel van 150 – 200 woorde oor die volgende onderwerp: Hoe sien jy God as jou Skepper Vader? Wat is die betekenis van die naam Elohim vir jou? Jy gaan geassesseer word op jou eie mening en opinie. Dit is belangrik dat jy ‘n verbinding kan sien tussen God as Skepper en jou verantwoordelikheid as skepsel. Gee ten minste tien geldige menings. Jy kry twee punte vir elk van die menings. (10 x 2) = [20]

1.2. Les 2: EL HA KADOSH: Die Heilige God EL HA KADOSH beteken: Die Heilige God. God is Heilig. God haat die sonde en Hy wil hê dat Sy kinders hul volkome moet wy aan Hom. Dit is belangrik vir ons as kinders van God om ons af te sonder vir God, sodat ons ons volkome kan wy aan God. Jesaja 5: 16: “Die Here die Almagtige is verhewe, Hy laat reg geskied; die Heilige God laat Hom ken as die Heilige, Hy oordeel regverdig”. In die visioen wat in Jesaja 6: 1 – 9 aangeteken is kan God se Heiligheid duidelik gesien word. God word hier duidelik as ‘n heilige God beskryf. Jesaja beskryf hoe hy God op ‘n hoë troon sien sit het. Die hoë troon is ‘n simbool daarvan dat God hoog bo ons verhewe is. God se kleed was so groot dat dit die tempel gevul het. Dit dui op God se almag wat oor die hele aarde strek. Die serafs het Hom gedien. Die serafs was die hoogste hemelwesens. Al die simbole dui daarop dat God Heilig en magtig is. © Impaq

10


Handleiding G09 ~ Bybelonderrig

1

Eenheid

Die serafs bedek hulle aangesig (gesigte) met twee van hulle ses vlerke. Dit is ‘n simbool daarvan dat selfs die hoogste engele nie in God se teenwoordigheid kan vertoef nie. Die heiligheid van God is nie net ‘n fisieke ligglans nie, maar dit dui ook ‘n morele kwaliteit van God aan. Die mens in sy sondige natuur en in sy onreinheid word bewus van sy minderwaardigheid in God se teenwoordigheid. Heilig beteken om afgesonder te wees. Dit is nie soos die ander nie, word nie gelyk aan die ander nie. God is nie alleen heilig nie, maar vereis dit ook van Sy kinders. Geen sondaar kan voor God bestaan nie. God vra van ons dat ons in “afsondering” vir Hom sal lewe. Dit beteken nie dat ons nou eenkant moet gaan woon en werk nie. Dit vereis slegs dat ons nie sal “gelyk word aan die dinge van die wêreld nie.” Ons moet God se Gebooie gehoorsaam. Lees Genesis 20 waarin die Tien Gebooie beskryf word. Ons moet net Een God dien. Ons moet ‘n voorbeeld wees vir ander mense in die wêreld. Hulle moet God se Heiligheid deur ons optrede kan sien. So is ons boodskappers van God se Woord. God vra net dat ons nie deur die wêreld en al die sondedade verlei sal word nie. Ons onteer God en maak ‘n verspotting van God se Heiligheid as ons sê ons is God se kinders, maar ons is aan die wêreld gelyk. KERNINHOUD: Die Heiligheid van God is volmaak. Selfs die hoogste hemelwese kan nie voor God se ligglans verskyn nie. Hoe kan ons as nietige sondaars dan voor God verskyn? Maar God is in Sy heiligheid ‘n genadige Vader wat ons sondaars vergewe. Ons moet strewe na heiligheid. Ons moet ons afsonder van die wêreldse dinge en strewe om te leef soos God van ons vereis. God se lig moet deur ons skyn na die wêreld. Ons moet die draers wees van God se heilige wese in hierdie wêreld. VIR DIE NUUSKIERIGES: Lees die volgende teksverse en maak aantekeninge oor die heiligheid van God en waar dit na vore kom in die verse.     

Psalm 71: 22 Jesaja 1: 4 Jesaja 10: 20 Jeremia 50: 29 1 Konings 19: 22

11

© Impaq


1

Handleiding G09 ~ Bybelonderrig

Eenheid

AKTIWITEIT 2: Lees Jesaja 6: 1 – 9. Gee ‘n beskrywing van die volgende aspekte in die teksverse en beskryf by elke simbool hoe jy God as Heilige God ervaar. 1) 2) 3) 4) 5)

Die troon. Die kleed. Die serafs. Die gloeiende kool. Die volk in vers 9.

(3) (3) (3) (3) (3) [15]

1.3. Les 3: EL GIBBOR: Die Sterk, Magtige Een EL GIBBOR beteken die Sterk, Magtige Een. God is magtig en dapper en onverskrokke in oorlogvoering. Ons moet God loof dat Hy die magtige Een is wat oorloë wen. God kan ook jou ″oorloë ″ vir jou wen. Roep Sy Naam aan as jy moeg en oorlaai is en God nodig het om die geveg vir jou te veg. Psalm 24: 8 sê: “Wie is hierdie magtige Koning? Die Here, sterk en geweldig, die Here, oorwinnaar in elke stryd”. Dit gaan dus nie net oor ‘n fisiese oorlogsituasie nie, maar veel meer as dit. Dit gaan ook oor God se hulp aan ons as nietige mense in ons daaglikse lewenstryd wat ons veg teen die bose. Hierdie benaming van God kom ses keer in die Bybel voor. Dit word ook soms beskryf as die “Magtige van Israel.” Dit dui op die mag van God. God kan sy raadsplan uitvoer, niks kan Hom stop nie. God treë as Oorwinnaar uit die stryd in so baie gevalle in die Bybel. Josua lei ‘n aanval teen die Amalekiete en God gee die oorwinning, terwyl Moses sy hande in gebed oplig. (Eksodus 17: 14, 16). Die eerste groot oorwinning wat God aan die volk gee in die Beloofde Land is Jerigo. Jerigo was ‘n oase noord van die Dooie See in die woestyn. Josua stuur spioene na Jerigo. (Josua 2: 1, 6). Lees die boek van Josua, veral hoofstukke 1 – 6 om die pragtige verhaal van hierdie Godgegewe oorwinning te verstaan. God gee ons die krag om sy planne te volvoer. Die verhaal van Dawid en Goliat wil ek ook graag uitlig. Dit is ‘n verhaal wat menslik gesproke ‘n absolute wonderwerk is. 1 Samuel 17 vertel die verhaal van die herderseun uit Israel. Hy het Israel se tweede koning geword. Hy het Goliat oorwin slegs deur God se krag en genade. Ons het ook baie keer in ons lewens ‘n Goliat wat ons moet oorwin. God as El Gibbor, gee aan ons die versekering dat ons deur Sy mag enige stryd kan stry en die oorwinnaar wees! God tree vir ons in die stryd, daar waar ons te swak is om dit te stry. Geen stryd is vir God te groot nie. Niks kan God keer nie. Niks kan God se planne fnuik nie! God is die Sterk, Magtige God. Die Oorwinnaar!

© Impaq

12


Handleiding G09 ~ Bybelonderrig

1

Eenheid

KERNINHOUD: Ons moet weet God is magtig. God kan en wil die stryd vir ons stry – end uit. Al wat God van ons vra is om ons probleme in Sy hande te plaas. En Hom dan daarmee te vertrou. Die naam EL GIBBOR kan vir ons soveel sê van God se Wese. God stry elke dag vir ons en saam met ons die stryd teen die bose. God vra slegs gehoorsaamheid en volkome oorgawe van Sy kinders. Elke probleem wat jy in jou lewe ondervind, kan jy met volkome vertroue in God se hande gee. Gaan lê jou probleme voor God se voete. Daar is niks wat God nie kan oorwin nie. Geen mag of krag is sterker as God nie. Daar is soveel verhale in die Bybel wat spreek van God as Oorwinnaar. Daar waar dit menslik onmoontlik sou wees. God gee altyd uitkoms. Ons moet net vertrou. VIR DIE NUUSKIERIGES: Gaan lees die volgende verhale in die Bybel en maak vir jouself aantekeninge van God se Oorwinning in elke verhaal. skryf ook neer wat elk van die verhale vir jou persoonlik beteken:   

Die verhaal van Moses – Die boek Eksodus. Die verhaal van Josua – Die boek Josua Die verhaal van Dawid en Goliat – 1 Samuel 17

AKTIWITEIT 3: Lees die verhaal van Dawid en Goliat in 1 Samuel 17 vers 31 – 55. Beantwoord dan die volgende vrae: 3.1.

Hoekom het Saul gedink dat Dawid nie die Filistyn sou kon verslaan nie?

(2)

3.2.

Dink jy, in jou mening, dat dit iets sê van Saul se verhouding met God?

(2)

3.3.

Wat was Dawid se gesindheid? Sê dit iets van Dawid se geloof in God?

(3)

3.4.

Dink jy dat ons ook soms ‘n “Goliat” in ons lewens het? Hoekom sê jy so? Gee ‘n voorbeeld.

(3)

3.5.

Gee kortliks ‘n voorbeeld van ‘n situasie in jou lewe, waar God as jou EL GIBBOR opgetree het. (5) [15]

13

© Impaq


1

Handleiding G09 ~ Bybelonderrig

Eenheid

1.4. Les 4: ADONAI ECHAD: Die Here is ‘n Enige Here Deuteronomium 6: 4 sê: ″Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die Enigste Here.″ Die naam van God dui daarop dat God die enigste God is. Ons moet slegs God as Enigste Here aanbid. God maak dit duidelik in Eksodus 20 verse 2, 3, 4. “Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het. Jy mag naas My geen ander gode hê nie. Jy mag nie vir jou ‘n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie.” God vereis van ons onverdeelde trou. Ons mag geen ander gode dien nie. Daar kom in ons daaglikse lewe baie ander gode oor ons pad. Soms sien ons dit nie eens raak nie. Alles wat jou egter vervreem van God is ‘n afgod. God praat baie duidelik oor die afgod “Mammon” of die geldgod. Mammon is ‘n benaming vir aardse besittings of geld. Dit vervreem die mens van God en maak die mens ‘n slaaf daarvan. Lees Matt. 6: 24 en Lukas 16: 13. In Lukas 16 verse 9 en 11 word daarna verwys as die “oneerlike Mammon.” Dit word so genoem, omrede rykdom soms op ‘n oneerlike wyse bekom word. Dit skep ook ‘n vals sekuriteit by die mens en hy maak op sy besittings staat. Besittings kan jou egter in jou uur van nood in die steek laat. God laat jou nooit in die steek nie. Ander gode kan egter ook in ander gedaantes voorkom. Jy kan anders, soos sport, bo God stel. Dit is dan ook ‘n afgod. ‘n Afgod belangriker as God maak in jou lewe. Jy kan ook jouself ‘n afgod hoogmoed. As jy hoogmoedig is, kan jy later dink dat jy alleen jouself staatmaak.

dalk ‘n persoon of iets is dus enige iets wat jy maak. God sê Hy haat alles bereik en net op

Ons moet God verheerlik as die Enigste God. Daar is geen ander God as HY nie. Ons moet God ook dank dat ons geen ander gode hoef te aanbid nie! God is ‘n Alomvattende God. HY voorsien in alles wat ons nodig het. Hy is ons Vader, Herder, Voorsiener, ons Vegter. Ons hoef na geen ander god uit te reik om in ons behoeftes te voorsien nie. God omvat alles. Al wat God van ons vereis is om Hom te dien as die Enigste Here en Vader! KERNINHOUD: God is die Enigste Here. Ons moet daarteen waak om ander gode in ons lewens toe te laat. Ons moet God alleen aanbid. Daar is geen ander God. God is die Skepper van hemel en aarde en ons moet slegs Hom aanbid en eer.

© Impaq

14


Handleiding G09 ~ Bybelonderrig

Eenheid

1

VIR DIE NUUSKIERIGES: In die Bybel word daar baie melding gemaak van ander gode wat aanbid is. Gebruik die volgende dele in die Bybel as riglyne en identifiseer ander gode wat in die Bybelse tyd voorgekom het. Maak kort aantekeninge oor elkeen van die gode.  Deut. 17: 3  Rom. 1: 23  Deut. 7: 5  Gen. 31: 34  2 Kon. 21: 4, 6  Jes. 1: 29 en Jes. 65: 3.

AKTIWITEIT 4: Lees Matteus 6 vers 24. Hierdie gedeelte handel oor God en Mammon. Gee jou eie mening aangaande die gedeelte. Dink jy dat ons in vandag se samelewing maklik voor die god Mammon kan buig? Staaf jou antwoord met ten minste vyf voorbeelde en relevante redes. Jou opinie en insig is belangrik. [5 x 2 = 10]

1.5. Les 5: ABBA: Vader Die woord “ab” beteken in Afrikaans “vader”. Die titel dui veral op God se goedheid teenoor Sy volk. Dit skep amper ‘n gevoel van ‘n familie. Vir die Israeliete was familie baie belangrik. Dit het ‘n belangrike rol gespeel en families is as ‘n eenheid beskou. Die hoof van die eenheid was die vader van die familie. Hy het die familie beskerm en versorg. Die vader is dus ook gesien as die beskermheer van die familie. As ons God dus aanspreek as ons Vader of Pa, dui dit op God se verbondenheid met ons. God se versorging en meelewing van Sy gesin. In Deuteronomium 32 vers 6 staan: ″Doen julle dit die Here aan? Jy is ‘n dwase volk, sonder verstand. Is die Here nie jou Vader, jou Skepper nie?” In Psalm 103 vers 13: ″Soos ‘n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor die wat Hom dien.” In die gedeelte is ‘n direkte aanduiding dat God Homself sien as ons vader. Hy sorg vir ons soos ‘n vader. Hy weet wat ons nodig het nog voor ons dit weet! Jy kan vertroosting soek in God se arms as jy deur moeilike tye gaan. God kan jou toevou, soos ‘n vader en aan jou hoop en troos bied. God openbaar Sy vaderhart aan almal wat in Hom glo. Die vader se rol was dus baie belangrik in die Bybelse tye. Daarom as die Bybel verwys na God as ons vader, het dit ‘n omvattende betekenis. Dit beteken veral dat God ‘n intens, persoonlike verhouding met ons, Sy kinders het.

15

© Impaq


1

Handleiding G09 ~ Bybelonderrig

Eenheid

God versorg Sy kinders en voorsien in al hulle daaglikse behoeftes. God verseker ons dat ons nie een dag hoef bekommerd te wees oor wat ons gaan eet of aantrek nie. God ken ons en Hy weet wat ons nodig het, nog voordat ons dit vra. Matteus 8:27 sê: “Hy is ongelooflik…. Hoe is dit moontlik dat selfs die winde en die see na hom luister?” Johannes 14:27 sê: ″Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.” Hoe kan ons nog twyfel aan God se Vaderlike liefde en omgee vir ons? KERNINHOUD: God is soos ‘n pa vir ons. God versorg ons en het ons lief. Hy help ons en vergewe ons wanneer ons opreg berou toon. God betig en straf ons ook soos ons aardse vader. God is ons ABBA vader. Hy is ons Hemelse Vader. God het ons geskep en versorg ons elke dag. Daar is verskeie gedeeltes in die Bybel waar God ons verseker van Sy versorging. God verseker ons dat ons niks hoef te vrees nie en geen bekommernisse mag hê oor ons toekoms nie. Lees ook die volgende gedeeltes in die Bybel:       

Matteus 6: 25 Matteus 14: 27 Johannes 14: 1 Johannes 14: 27 Lukas 24: 38 Matteus 8: 26 2 Timoteus 1: 7 VIR DIE NUUSKIERIGES: Gaan doen navorsing oor die rol van die vader as die hoof van die gesin in verskillende kulture.

AKTIWITEIT 5: Lees Deut. 32: 6, Jeremia 3: 4, 19 en Psalm 68: 6 en Ps. 89: 27. Vergelyk hierdie bogenoemde verse. Skryf vyf eienskappe van God as Vader neer, wat duidelik in die verse na vore tree. [5 x 2 = 10]

© Impaq

16


Handleiding G09 ~ Bybelonderrig

Eenheid

1

OEFENING 1.6: OOPBOEKTOETS Gebruik jou handleiding en jou Bybel om die volgende vrae te beantwoord: 1.6.1. Wat sal jy sê het die bestudering van die name van God jou geleer? Noem vyf nuwe insigte wat jy kan saamneem op jou lewenspad.

(5)

1.6.2. Noem twee Hebreeuse name wat “God” beteken as dit direk vertaal word.

(2)

1.6.3. Beskryf kortliks die betekenis van EL en Elohim.

(4)

1.6.4. Wat beteken Jahwe?

(1)

1.6.5. Die Israeliete het uit eerbied die naam “Jahwe” vervang met ‘n ander naam wat tydens voorlesings gebruik is. Wat was hierdie naam?

(1)

1.6.6. God is ‘n Heilige God. Wat, in jou opinie, is ‘n heilige lewe? Noem drie dinge wat vir jou heilig is.

(3)

1.6.7. Gee ‘n kort omskrywing wat die naam ELOHIM vir jou as Christen beteken. Gee ten minste vyf stellings.

(5)

1.6.8. Dink jy dat ‘n verhaal soos Dawid en Goliat in vandag se lewe nog vir ons betekenis kan hê. Hoekom sê jy so? Gee ten minste vier redes.

(4)

1.6.9. Noem enige twee afgode wat ons modern mense vandag kan aanbid.

(2)

1.6.10. Noem drie aspekte van jou lewe, waar jy al ondervind het dat God vir jou intree as vader.

17

(3) [30]

© Impaq


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.