Í2)È-A-LIO-FG01`Î 1
8
0
9
-
A
-
L
I
O
-
F
G
0
1
LEWENSORIËNTERING FASILITEERDERSGIDS
Graad 9
A member of the FUTURELEARN group
Lewensoriëntering Fasiliteerdersgids
1809-A-LIO-FG01
Í2)È-A-LIO-FG01`Î
Graad 9
Aangepas vir KABV
LM van der Walt
Fasiliteerdersgids G09 ~ Lewensoriëntering
INHOUDSOPGAWE Leselemente ............................................................................................................. 3 Rooster en tydsbestuur ........................................................................................... 5 Assesseringsvereistes ............................................................................................ 6 Studiewenke en -metodes ....................................................................................... 7 Jaarplan .................................................................................................................... 8 EENHEID 1 Selfontwikkeling in die samelewing en die wêreld van werk.......... 10 Aktiwiteit 1: ........................................................................................................ 13 Aktiwiteit 2: ........................................................................................................ 13 Aktiwiteit 3: ........................................................................................................ 14 EENHEID 2 Grondwetlike regte en verantwoordelikhede en die wêreld van werk. ........................................................................................................................ 16 Aktiwiteit 4: ........................................................................................................ 18 Aktiwiteit 5: ........................................................................................................ 20 Aktiwiteit 6: ........................................................................................................ 21 EENHEID 3 Wêreld van werk en gesondheids-, sosiale en omgewingsverantwoordelikheid ........................................................................... 28 Aktiwiteit 7: ........................................................................................................ 29 Aktiwiteit 8: ........................................................................................................ 33 Aktiwiteit 9: ........................................................................................................ 34 EENHEID 4 Wêreld van werk, grondwetlike regte en verantwoordelikhede en selfontwikkeling in die samelewing. ..................................................................... 42 Aktiwiteit 10: ...................................................................................................... 45 Aktiwiteit 11: ...................................................................................................... 46 Aktiwiteit 12: ...................................................................................................... 49 Aktiwiteit 13: ...................................................................................................... 51 EENHEID 5 Liggaamsopvoeding........................................................................... 57 Kwartaal 1 ................................................................................................................ 58 Aktiwiteit 1: ........................................................................................................ 58 Kwartaal 2 ................................................................................................................ 59 Aktiwiteit 2: ........................................................................................................ 59 Kwartaal 3 ................................................................................................................ 60 Aktiwiteit 3: ........................................................................................................ 60 Kwartaal 4 ................................................................................................................ 61 Aktiwiteit 4: ........................................................................................................ 61 Bibliografie en verwysings .................................................................................... 62
© Impaq
1
Fasiliteerdersgids G09 ~ Lewensoriëntering
JAARPLAN KWARTAAL 1
LES
DATUM BEGIN
1 Lewenstylkeuses 2 Seksuele gedrag en seksuele gesondheid 3 Tydsbestuurvaardighede
2
4 Kwessies wat verband hou met burgerregte en verantwoordelik-hede 5 Grondwetlike waardes en rolmodelle 6 Beskikbare opsies nadat graad 9 voltooi is
3
7 Loopbane en vakkeuses 8 Konsep: vrywillige diens 9 Gesondheids- en veiligheidskwessies wat verwant is aan geweld
4
10 Verskaffers van studie- en loopbaanbefondsing 11 Bydraes van verskillende religieë tot die bevordering van vrede. 12 Sportetiek in alle fisiese aktiwiteite 13 Uitdagende situasies: Depressie, hartseer, verlies, trauma en krisis
© Impaq
8
DATUM VOLTOOI
Fasiliteerdersgids G09 ~ Lewensoriëntering
LIGGAAMS-
LES
OPVOEDING Eenheid 5 KWARTAAL 1
Veiligheidskwessies wat verband hou met fiksheidsaktiwiteite Deelname aan aktiwiteite wat die liggaamlike gesondheidsvlak verbeter.
2
Veiligheidskwessies wat verband hou met sportdeelname. Deelname aan en uitvoering van ‘n spelplan vir individue of ‘n spansport.
3
Veiligheidskwessies wat verband hou met bewegingsaktiwiteite. Deelname en afronding van eie en portuurgroep se uitvoering van bewegingsaktiwiteite.
4
Veiligheidskwessies wat verband hou met buitelugontspanningsprogramme. Deelname en uitvoering van beweging tydens ‘n buitelugontspanningsprogram: STAP EN VOETSLAAN.
© Impaq
9
DATUM
DATUM
BEGIN
AFGEHANDEL
Fasiliteerdersgids G09 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
1
EENHEID 1 Selfontwikkeling in die samelewing en die wêreld van werk LEERDOELWITTE: Nadat die eenheid voltooi is moet die leerder: Die invloed van die media, omgewing, vriende, gesin, kultuur en
religie op persoonlike lewenstylkeuses identifiseer. Ingeligte besluitnemingvaardighede kan toepas. Selfversekerd en selfgeldend kan optree. Risikofaktore wat kan lei tot ongesonde seksuele gedrag kan
identifiseer. Die gevolge van ongesonde seksuele gedrag kan herken. Strategieë implementeer om ongesonde seksuele gedrag te hanteer. Bewus te wees van plekke waar hulp ontvang kan word. Vaardighede ontwikkel om hul werk te kan bestuur en tyd doeltreffend kan benut. Te kan lees en skryf vir verskillende redes.
© Impaq
10
Fasiliteerdersgids G09 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
1
INLEIDING Dit is belangrik vir die leerder om die lewensvaardighede wat hul aanleer te gebruik om hul persoonlike potensiaal te gebruik en ontwikkel. Dit stel die leerder in staat om doeltreffend te reageer op die uitdagings wat die wêreld om hul stel. Adolessensie word gekenmerk deur emosionele en liggaamlike verandering. Dit is belangrik vir die leerder om te kan bou aan ‘n positiewe selfbeeld en aanvaar te word deur hul portuurgroep.
Die
eenheid
stel
die
leerder
in
staat
om
nog
verdere
lewensvaardighede te ontwikkel. Dit help ook die leerder om ‘n emosionele intelligensie te ontwikkel wat hul sal bemagtig om uitdagings te kan hanteer. Hierdie eenheid bied nuwe kennis ter aanvulling van die vorige graad se werk.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE By elke les kan die DEFINIEER blokkie geraadpleeg word vir nuwe terme.
Elke les is so saamgestel dat jy rustig daardeur kan werk en dan is daar vrae aan die einde van die les. Die vrae toets jou begrip van die leerstof. Daar is ook by sommige lesse vrae wat jou insig toets en toepassingsvrae om jou te help om die vereiste uitkomste te bemeester. Daar is by elke les vir jou ‘n tydsaanduiding. Dit is die aanbevole tydsduur wat jy het om die les deur te werk en jou vrae te voltooi.
© Impaq
11
Fasiliteerdersgids G09 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
1
1.1. Les 1: Doelwitstelling: Persoonlike leefstylkeuses
(3 ure) VIR DIE NUUSKIERIGES: Verdere inligting in verband met navorsing oor rook: Geskiedenis van tabak Tabak is al gebruik voordat die Europese nedersetters in Amerika geland het. Die Indiane het vredespype gerook. Die tabak is as ruilmiddel gebruik. Hulle het geglo dat tabak ‘n geskenk van die gode is. Hulle glo dat as jy die rook uitasem, dit jou gebede en gedagtes hemel toe dra. In die Weste is die rook van tabak as ‘n teken van manlikheid beskou. Tabakproduksie Tabakblare word versigtig gedroog, want dit bepaal die kwaliteit van die tabak. Die stysel in die blare sit om in suiker, tydens die drogingsproses. Die groen blare verkleur nou stelselmatig in skakerings van bruin. Sigare word vervaardig van luggedroogde tabak. Pyptwak word vervaardig van tabak wat oor ‘n vuur gedroog word. Dit bevat min suiker en baie nikotien. Sigarette word van songgedroogde tabak vervaardig. Dit bevat min suiker en nikotien. Die gevare van rook Nikotien maak die tabakrook gevaarlik. Dit is ‘n vloeibare, giftige stimulant wat in die tabakblare voorkom. Die mens raak verslaaf aan rook. Dit is ‘n kalmeermiddel, maar lei tot hoë bloeddruk. Die teer in die sigaret benadeel ‘n persoon se longe. Dit is dikwels die oorsaak van longkanker. Die koolstofmonoksied in rook veroorsaak slagaarverdikking en kan ‘n hartaanval of beroerte veroorsaak. Swanger vroue moet glad nie rook nie, want dit is nadelig vir die ongebore baba. Rook en jongmense Sigarette het ‘n baie negatiewe uitwerking op jongmense. Al die bogenoemde nadele beïnvloed ook jongmense. Maar daar is ander faktore wat veral vir tieners nadelig kan wees. Jou fiksheid word
© Impaq
12
Fasiliteerdersgids G09 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
1
veral aangetas. Rokers kan nie fisies so goed presteer soos voorheen nie. Sportmense kom gou agter dat rook hulle longkapasiteit beperk tydens deelname. Rook laat die hartklop versnel en die roker hoes al hoe meer. Tieners wat rook is 3-5 keer meer geneig om alkohol te gebruik as nie-rokers. Kinders onder 18 mag volgens wet nie rook nie.
AKTIWITEIT 1: Merk die vrae soos beantwoord deur die leerling. Gebruik eie diskresie. Vereenselwig jouself met die tv-program wat die leerder gebruik het. Dit sal jou help in die nasien van die vrae. [30]
1.2. Les 2: Seksuele gedrag en seksuele gesondheid (4 ure) VIR DIE NUUSKIERIGES: Daar is volledige inligting op die webblad: www.mieliestronk.com. Tik in by die SOEK opsie: MIV/Vigs.
AKTIWITEIT 2:
2.1.1) Meisies moet die skool verlaat en voltooi nie hul skoolloopbaan nie. 2) Baie tieners kan nie hulle babas versorg nie en dit lei tot kinderverwaarlosing en mishandeling. 3) Dit plaas stremming op die tiener en sy of haar ouers as gevolg van die swangerskap. 4) Dit kan lei tot alkohol en dwelmmisbruik, as gevolg van die stres wat dit plaas op die tiener. (enige ander geldige mening/nagevolg kan reggemerk word, as dit relevant is en sin maak – gee punte vir enige drie gevolge genoem) (3)
© Impaq
13
Fasiliteerdersgids G09 ~ Lewensoriëntering
1
Eenheid
2.2. Leerder se eie opinie is belangrik. Nasiener gebruik eie diskresie. Gee punte vir enige drie relevante en geldige stellings.
(3)
2.3. Die volgende vier is korrek: • • • •
Seksuele kontak Bloed Swanger vrou dra dit oor aan haar baba Met geboorte en borsvoeding
(4) [10]
1.3. Les 3: Tydsbestuursvaardighede (3 ure) AKTIWITEIT 3: 1. Die onderstaande tydrooster is slegs ‘n voorbeeld. Die leerder kan dit op enige wyse opstel. Die opdrag tel nie vir assessering nie. AKTIWITEIT Swem Studeer Leesklasse Studeer
2.
MAANDAG 14h00 – 15h00 15h15 – 17h00 18h00 – 18h30 20h00 – 22h00
DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG Geen 14h00 – Geen 15h00 14h00 – 15h0014h00- 15h00 16h00 17h00 Geen Geen 15h00-15h30 Geen
20h00 – 21h00
Geen
Die onderstaande is slegs ‘n voorbeeld van EEN dag se joernaalinskrywing. Die leerder moet ‘n week se inskrywings doen. Gaan aan die einde van die week met die leerder deur die inskrywings. Vra vrae soos: hoe het dit gevoel om dit te doen? Het dit gehelp om sekere emosies te verwerk? Sal die leerder aanhou om dit te doen en waarom? Maandag 7 Maart Ek het vandag maats gemaak met die nuwe seun wat langs ons ingetrek het. Hy was baie gaaf. Sy naam is André. Hy kom van die buiteland af. Hy sê dat hy my nog alles sal vertel van sy vorige land. Ons het by my ouma gaan kuier. Sy was baie siek en voel nou beter. Dit was lekker om met haar te gesels. Ek het klaar al my skoolwerk gedoen, en gaan nou slaap.
© Impaq
14
(15)
Fasiliteerdersgids G09 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
1
Merk die joernaal volgens die volgende assesseringstabel: 1 Nie bereik
2 Gedeeltelik bereik
3 Uitstekend bereik
Leerling het een volledige week gedagboek Leerling toon vermoë om sinvol sy of haar dag te beskryf Leerling gebruik woordeskat wat op sy of haar ouderdomsvlak is Leerling toon vermoë om gevoelens uit te druk Leerling het goeie en omvattende dagboek geskryf [15] OEFENING 1.6: OOPBOEKTOETS Gebruik die assesseringstabel om die leerling se opstel na te sien. Gebruik jou eie diskresie. Die leerling se opinie is belangrik. Die leerder moet insig toon in wat hul uit die les geleer het. 1 Nie bereik
2 Gedeeltelik bereik
3 Uitstekend bereik
Leerling toon insig in die onderwerp Leerder se gedagtes volg logies op mekaar Leerling se woordeskat is relevant tot die opdrag Leerder gee goeie geldige redes Leerder het genoegsame kennis van die onderwerp [15]
© Impaq
15
Fasiliteerdersgids G09 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
2
EENHEID 2 Grondwetlike regte en verantwoordelikhede en die wêreld van werk LEERDOELWITTE:
Nadat die leerder hierdie eenheid voltooi het, moet die leerder in staat wees om die volgende te doen: Die konsep van burgerregte en verantwoordelikhede verstaan. Ander mense, soos gestremdes en HIV-lyers te respekteer. Kennis hê van die betekenis van die viering van ons nasionale
dae. Kan deelneem aan die viering van ‘n nasionale dag. Kan onderskeie tussen positiewe en negatiewe rolmodelle. Die verkillende opsies verstaan wat daar bestaan nadat graad 9
voltooi is. INLEIDING Die eenheid handel oor ons grondwetlike regte, asook die verantwoordelikheid wat daarmee gepaard gaan. Ons gaan kyk wat jou regte as burger van hierdie land is en ook hoe jy ander mense se burgerregte moet respekteer. Dis veral mense wat gestremd is of HIV/Vigs het wat deur die samelewing verwerp word. Ons gaan ook kyk na die viering van ons nasionale dae. Ons het dit reeds behandel in graad 8, maar ons gaan hierdie jaar ook ‘n paar ander dae byvoeg, soos internasionale gedenkdae, asook dae wat aan gesondheidskwessies afgestaan word.
© Impaq
16
Fasiliteerdersgids G09 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
2
Ons gaan ook kyk na die invloed van rolmodelle in ons lewens, en veral in die leeder se lewe as tiener. Dit is belangrik dat die leerder kan onderskei tussen postiewe en negatiewe rolmodelle. ‘n Persoon wat positiewe rolmodelle het in sy/haar lewe is ook self later ‘n positiewe rolmodel vir ander. Laastens kyk ons na die opsies wat die leerder het nadat hy/sy graad 9 voltooi het. Die eerste opsie is om graad 10 tot 12 te voltooi en die Nasionale Senior Sertifikaat (Matriek – graad 12) te behaal. Die leerder verlaat dus nie die skool nie. Die tweede opsie is om ‘n Nasionale Vaardigheidsertifikaat te behaal deur ‘n kollege. Dit beteken dat die leerder skool verlaat nadat hy/sy graad 9 voltooi het, en dan aan ‘n NCV of VOO-kollege sy sertifikaat behaal. Ons kyk ook na die verantwoordelikhede en die geleenthede binne die werksomgewing. Dit is belangrik om ook die verantwoordelikhede na te kom teenoor die werkgewer en kollegas en ook om die geleenthede raak te sien en te ontgin.
© Impaq
17
Fasiliteerdersgids G09 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
2
2.1. Les 4: Burgerregte en verantwoordelikhede (2 ure) AKTIWITEIT 4: In Eenheid 2 tel al die aktiwiteite NIE vir assessering nie. Die Halfjaareksamen is die enigste punte saam met die LOT wat tel vir die kwartaal. Die aktiwiteit is dus net vir pret, maar dit is nodig dat die leerder dit doen, om sodoende die kennis en insig te toets wat die leerder deur die les opgedoen het. Die leerder moet sy/haar eie nasionale dag beplan. Kontroleer na aanleiding van die voorbeeld of die leerder aan al die vereistes voldoen: Kies ‘n naam vir jou dag soos: NASIONALE KUIKENDAG Kies ‘n datum soos: 12 MEI Skryf ook jou missie neer: OM MENSE BEWUS TE MAAK VAN DIE WREDE OMSTANDIGHEDE WAARAAN KUIKENS ONDERWERP WORD OP SOMMIGE HOENDERPLASE. Ontwerp ‘n embleem wat jou dag verteenwoordig
Skryf neer wat jy vir die dag beplan: SPREKER KUIKENS OM TE VERTOON VIDEO WYS VAN KUIKENMISHANDELING.
© Impaq
18
Fasiliteerdersgids G09 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
2
2.2. Les 5: Grondwetlike waardes en rolmodelle (3 ure) VIR DIE NUUSKIERIGES: Die leerder gaan doen navorsing oor nasionale en internasionale rolmodelle wat verkeerde goed gedoen het. Die leerder kan ‘n lys maak van enige rolmodelle soos hulle verkies. Die volgende inligting het ek gekry op die webwerf www.schoolsportnews.co.za. In vandag se lewe kyk kinders veral op na sporthelde as hulle rolmodelle. Veral jong kinders kyk op na die persone en wil graag soos hulle wees. Dit gebeur ongelukkig dat rolmodelle ons teleurstel en dinge doen wat nie aanvaarbaar is nie. Die volgende is ‘n aantal sulke voorbeelde: 1) In 1996 by die Atlanta Olimpiese Spele, is die Ierse swimmer Michelle Smith daarvan verdink dat sy verbode middels gebruik het om haar prestasie te verbeter. Sy is in 1998 vir vier jaar verban uit swemdeelname toe sy positief getoets het vir verbode middels. 2) Joost van der Westhuizen is ‘n voormalige SA rugbyspeler en held van vele! Februarie 2009 het die storie gebreek van hom wat onwelvoeglike dade pleeg met ‘n gesellin en dwelms gebruik. Dit het baie mense, veral kinders se harte gebreek. Joost het agterna omverskoning gevra vir sy aksies en het sedertien weer sy reputasie stadigaan opgebou. 3) Tiger Woods is ‘n puik gholfspeler van Amerika. Baie jong seuns het gehoop om soos hy te wees. In Desember 2009 het sy vele buite-egtelike verhoudings op die lappe gekom. 4) Oscar Pistorius het met sy bootongeluk leë bottels drank in sy boot gehad. Hy het egter skotvry daarvan afgekom. Sy optrede was egter nie korrek nie, en baie mense was geskok in hulle held.
© Impaq
19
Fasiliteerdersgids G09 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
2
AKTIWITEIT 5: Die aktiwiteit tel nie vir assessering nie. Die leerder moet ‘n lys maak van die eienskappe in ‘n rolmodel wat hulle as belangrik beskou, en die rede daarvoor gee. Laat die leerder ook die naam van sy/haar rolmodel neerskryf en die keuse motiveer. Die fasiliteerder kan dan saam met die leerder na sy/haar werkstuk kyk, en daaroor gesels. Toets die leerder se kennis en insig en sy/haar opinie ten opsigte van rolmodelle. Die volgende kan u dalk help in u besprekings met die leerder. Eienskappe van goeie rolmodelle: 1) Passie en die vermoë om te inspireer. 2) ‘n Duidelike stel waardes en norme. 3) Toon ‘n verbintenis tot opbou van die gemeenskap. 4) Onselfsugtigheid en die aanvaarding van ander sonder vooroordele. 5) Die vermoë om krisisse of struikelblokke te oorkom. Hoe weet ek dat ek ‘n goeie rolmodel kies? 1) Gaan kyk na alles wat die persoon in sy/haar lewe gedoen het. Het die persoon ‘n bydrae gelewer tot die lewenskwaliteit van ander mense? 2) Volg die persoon se doen en late. Lees op oor die persoon se aksies in die gemeenskap. 3) Die persoon het dieselfde morele waardes en norme as jyself. Julle deel dieselfde sake van belang. 4) As die persoon dalk baie slegte goed begin doen, sal dit beter vir jou wees om die persoon nie meer te idealiseer nie.
© Impaq
20