Í2)È-A-CRA-FG01RÎ
1
9
0
9
-
A
-
C
R
A
-
F
G
0
1
SKEPPENDE KUNSTE FASILITEERDERSGIDS
Graad 9
A member of the FUTURELEARN group
Skeppende Kunste Fasiliteerdersgids
1909-A-CRA-FG01
Í3)È-A-CRA-FG01SÎ
Graad 9
Aangepas vir KABV
H Abouchabki
Fasiliteerdersgids
G09 - Skeppende Kunste
Inhoudsopgawe Leselemente..........................................................................................................................................5 Ikone........................................................................................................................................................5 Inleiding..................................................................................................................................................5 Rooster en tydsbestuur.....................................................................................................................7 Weeklikse skedule ..............................................................................................................................8 Voorgestelde bykomende leeswerk...............................................................................................8 Hulpbronvereistes...............................................................................................................................8 Inhoud en beplanning........................................................................................................................9 Eenheid 1: Drama: Ontwikkeling van dramavaardighede; die media en loopbane.15 Les 1.1: Ontwikkeling van dramavaardighede (Onderwerp 1) – 15 min..........15 Les 1.2: Die media en loopbane (Onderwerp 5) – 1 uur...........................................17 Eenheid 2: Visuele Kunste: Kunselemente en ontwerpbeginsels wat vir kunswaardering en -skepping gebruik word; skilderkuns ....................... 18 Les 2.1: Visuele geletterdheid: Kunselemente en ontwerpbeginsels (Onderwerp 3) – 1 uur............................................................................................................19 Les 2.2: Skep in 2D: Skilder (Onderwerp 1) – 4 uur...................................................20 Eenheid 3: Drama: Drama-elemente in toneelskepping; waardering en besinning.24 Les 3.1: Drama-elemente in toneelskepping (Onderwerp 2) – 5,5 uur..............24 Les 3.2: Waardering en besinning oor ’n opvoering (Onderwerp 4) – 1 uur...26 Eenheid 4: Visuele kunste en visuele geletterdheid: Die kunste as erfenis en die rol van die kunstenaar in die samelewing.............................................................. 28 Les 4.1: Visuele geletterdheid: Beeldende kunsdissiplines en die kunste as erfenis (Onderwerp 3) – 1 uur.............................................................................................29 Les 4.2: Visuele geletterdheid: Die rol van die kunstenaar in die samelewing (Onderwerp 3) – 2 uur............................................................................................................30 Les 4.3: Visuele geletterdheid: Navorsingsbevindings (Onderwerp 3) – 1 uur............................................................................................................31 Eenheid 5: Drama: Ontwikkeling van dramavaardighede; die media.......................... 34 Les 5.1: Ontwikkeling van dramavaardighede (Onderwerp 1) – 15 min..........34 Les 5.2: Die media: Stereotipes in rolprente (Onderwerp 5) – 2 uur..................36 Eenheid 6: Visuele kunste: Gebruik van kunselemente en ontwerpbeginsels, konstruksie en skep in 3D..................................................................................... 37 Les 6.1: Skep in 3D: Konstruksie (Onderwerp 2) – 4 uur.........................................37 Eenheid 7: Drama: Individuele interpretasie en opvoering............................................. 40 Les 7.1: Interpretasie en opvoer van dramatiese vorms (Onderwerp 3) – 5,5 uur.........................................................................................................40 Eenheid 8: Visuele kunste: Die gebruik van kunselemente en ontwerpbeginsels om kuns te skep en te waardeer................................................................................. 44 Les 8.1: Skep in 2D: Skilder ’n stillewe (Onderwerp 1) – 4 uur.............................45 Les 8.2: Skep in 2D: Ontwerp ’n logo (Onderwerp 1) – 2 uur.................................48 Impaq ©
3
G09 - Skeppende Kunste
Fasiliteerdersgids
Eenheid 9: Drama: Ontwikkeling van dramavaardighede; liggaam en stem.............. 50 Les 9.1: Ontwikkeling van dramavaardighede (Onderwerp 1) – 15 min..........50 Eenheid 10: Visuele kunste: Visuele geletterdheid en skepping in 2D; drukgrafika. 53 Les 10.1: Visuele geletterdheid: Drukgrafika (Onderwerp 3) – 1 uur................54 Les 10.2: Skep in 2D: Maak ’n krapbord (Onderwerp 1) – 4 uur..........................54 Eenheid 11: Drama: Drama-elemente in toneelskepping; waardering en besinning oor ’n opvoering........................................................................................................ 57 Les 11.1: Drama-elemente in toneelskepping (Onderwerp 2) – 7 uur...............58 Les 11.2: Waardering en besinning oor ’n opvoering (Onderwerp 4) – 30 min.........................................................................................................61 Eenheid 12: Visuele kunste: Visuele geletterdheid en skepping in 2D........................... 63 Les 12.1: Visuele geletterdheid: Popkultuur en popkuns (Onderwerp 3) – 1 uur............................................................................................................64 Les 12.2: Skep in 2D: Skep ’n popkultuurkunswerk (Onderwerp 1) – 4 uur............................................................................................................64 Eenheid 13: Drama: Ontwikkeling van dramavaardighede; liggaam en stem.............. 67 Les 13.1: Ontwikkeling van dramavaardighede (Onderwerp 1) – 15 min........67 Eenheid 14: Visuele kunste: Visuele geletterdheid en skepping in 3D.......................... 70 Les 14.1: Visuele geletterdheid: Toneelpoppe (Onderwerp 3) – 1 uur..............70 Les 14.2: Skep in 3D: Maak ’n marionet (Onderwerp 2) – 4 uur...........................71 Eenheid 15: Drama: Interpretasie en opvoering: Radiodrama ......................................... 74 Les 15.1: Interpretasie en opvoering: Radiodrama (Onderwerp 3) – 7 uur............................................................................................................74 Les 15.2: Waardering en besinning oor ’n opvoering (Onderwerp 4) – 30 min.........................................................................................................79 Eenheid 16: Visuele kunste: Figuurtekeninge......................................................................... 80 Les 16.1: Skepping in 2D: Figuurtekeninge (Onderwerp 1) – 5 uur....................80
4
Impaq ©
Fasiliteerdersgids
G09 - Skeppende Kunste
Eenheid 1
Drama: Ontwikkeling van dramavaardighede; die media en loopbane Die opwarmings- en afkoelingsoefeninge om die liggaam en stem vir opvoerings voor te berei wat in graad 7 en 8 behandel is, word in hierdie eenheid hersien. Akteurs moet die oefeninge ken en toepas om hulle konsentrasie te verbeter, om beserings te voorkom, om stres en angs te beheer, om vir toneelspel voor te berei en om die beste moontlike opvoering te verseker.
Die eenheid ondersoek ook die sepie (soap opera) as televisiegenre en hoe dit as kommunikasiekanaal in die media gebruik word. Hierdie les kan nie eenmalig gedoen word nie. Dit moet weekliks geoefen en herhaal word. Dit is veral belangrik om die opwarmingsoefeninge voor ’n opvoering te doen. Spandeer minstens 15 minute per week hieraan.
Aan die einde van hierdie eenheid moet die leerders: yy die doel van opwarmings- en afkoelingsoefeninge kan verduidelik yy ’n opwarmingsroetine kan ontwikkel en dit suksesvol uitvoer yy ’n afkoelingsroetine kan ontwikkel en dit suksesvol uitvoer Leerdoelwitte yy asemhaling kan reguleer yy fisieke opwarmingsoefeninge kan uitvoer yy die terme “media” en “massamedia” kan verduidelik yy die sepie (soap opera) as genre kan identifiseer yy geykte karakters (stock characters) en hul stereotipiese eienskappe kan identifiseer
Les 1.1: Ontwikkeling van dramavaardighede (Onderwerp 1) – 15 min. Inleiding Hierdie les fokus daarop om die leerders se stemme en liggame voor ’n opvoering op te warm. Soos met enige fisieke aktiwiteit, is dit belangrik om die liggaam voor te berei en te kondisioneer om optimaal te funksioneer.
Opwarmingsoefeninge kan beserings voorkom, dit help akteurs om beter te konsentreer en berei hulle voor vir die taak wat voorlê. Moedig die leerders aan om opwarmingsoefeninge saam met hulle medeakteurs te doen om die band en kommunikasie tussen hulle te versterk. Afkoelingsoefeninge sal die leerders se liggame en stemme help om te herstel en te herlaai. Dit help hulle ook om te bedaar en al die stres en verhoogde emosies te ontlaai wat tydens die opvoering opgebou het.
Onderwerp 1 in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Skeppende Kunste verwys na die ontwikkeling van drama vaardighede. Die les moet binne 15 min. afgehandel word, maar moet elke week – en veral voor opvoerings – herhaal word. Impaq ©
15
G09 - Skeppende Kunste
Fasiliteerdersgids
Opsomming
’n Akteur moet altyd goed voorberei vir enige opvoering. Die leerders moet vertroud wees met die terme, bewegings en ruimtelike oriëntasie. Hulle moet ook gefokus wees. Liggaamen stemopwarmingsoefeninge help die akteur om fisiek en psigies voor te berei en om al die sintuie te verskerp. Dit verseker ook dat die liggaam en stem gereed is vir die opvoering en om moontlike beserings te voorkom. Hierdie oefeninge help om spanning en angs te verlig. Dit is belangrik om ná ’n opvoering te ontlaai en van spanning en opgeboude energie ontslae te raak.
Laat selfassessering toe
Kyk hoe die leerders se liggame en stemme op opwarmingsoefeninge en afkoelingstegnieke reageer. yy yy yy
yy yy
Die leerders doen ’n klein eksperiment. Hulle dra ’n kort monoloog of gedig aan die klas, ’n vriend, hul gesin of fasiliteerder voor sonder om op te warm. Daarna moet hulle hul gevoelens neerskryf: షష Hoe het die opvoering verloop? షష Het jy enige foute gemaak? షష Hoe voel jou liggaam ná al die opwinding? షష Is jou asemhaling rustig of gejaagd? షష Vra ook die gehoor se terugvoering. Die leerders moet weer die gedig of monoloog op ’n ander dag voordra. Hierdie keer moet hulle eers ten minste 15 min. aan opwarmingsoefeninge spandeer. Aan die einde moet hulle weer neerskryf hoe hulle gevoel het en hoe die opvoering verloop het. Hulle kan hul notas vergelyk en bepaal of die opwarmingsoefeninge ’n invloed op die gehalte van hul opvoering gehad het – was hulle meer gefokus, meer voorbereid en minder angstig?
Wenke vir die fasiliteerder Help die leerders met die opwarmings- en afkoelingsoefeninge vir die liggaam en stem. Hierdie soort oefeninge werk die beste as dit saam met iemand gedoen word. Kyk na die video’s soos in die handleiding uiteengesit. Motiveer die leerders om te besin oor die aktiwiteite en notas te maak; ’n paragraaf is voldoende. Hulle kan ook die gehoor se terugvoering neerskryf.
16
Impaq ©
Eenheid
Fasiliteerdersgids
1
Los die uitdaging op LEERDERS MOET DIE UITDAGING OPLOS Hoe kan ’n akteur tydens ’n opvoering normaal asemhaal?
Wanneer jy toneel speel, moet jy ’n klomp verskillende faktore in ag neem: jou eie opvoering, verskeie tegniese elemente en om al jou woorde en bewegings te onthou. Dan moet jy ook jou medeakteurs en die gehoor in ag neem.
Asemhaling moet glad nie in die pad van goeie toneelspel staan nie. Dit is belangrik dat die akteur deeglik voorberei om ’n goeie opvoering te lewer – dit sal altyd ’n opwarmingsroetine insluit. Die oefeninge sal nie net die akteur se konsentrasie verbeter nie, maar verseker ook dat daar genoeg suurstof in die brein is om optimaal te funksioneer. Die opwarmingsoefeninge berei ook die liggaam voor om onder stres te funksioneer.
Les 1.2: Die media en loopbane (Onderwerp 5) – 1 uur Inleiding Hierdie les handel oor die sepie (soap opera) as televisiegenre en hoe dit as kommunikasiekanaal in die media gebruik word.
Onderwerp 5 in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Skeppende Kunste verwys na die media en loopbane. Die les moet verkieslik binne 1 uur afgehandel word en sluit eie navorsingstyd uit.
Vir die nuuskieriges
Kyk ’n paar episodes van enige Suid-Afrikaanse sepie of telereeks en kyk of jy die geykte karakters (stock characters) en scenario’s kan identifiseer. Bepaal dan hoe en waarom die karakters in die sepie gebruik word.
Wenke vir die fasiliteerder Sorg dat die leerders ’n sepie kyk en bespreek dan die karakters saam met hulle. Gebruik dramaterminologie soos newekarakters, plat karakters, ens. Motiveer die leerders om hierdie soort karakters in ander media te identifiseer, byvoorbeeld in rolprente of selfs mense waarmee hulle te doen kry. Impaq ©
17
G09 - Skeppende Kunste
Fasiliteerdersgids
Eenheid 2
Visuele Kunste: Kunselemente en ontwerpbeginsels wat vir kunswaardering en -skepping gebruik word; skilderkuns Die kunselemente en ontwerpbeginsels wat in graad 7 en 8 behandel is, word in hierdie eenheid hersien. ’n Deeglike kennis van kunsterminologie en visuele komponente is nodig om kunswerke te kan waardeer en skep.
Die leerders gaan hulle kennis van kunselemente en ontwerpbeginsels gebruik om ’n skildery te skilder. Hulle gaan meer oor verftegnieke, kwasaanwending en kleurvermenging leer, asook hoe om dit te gebruik om jou eie interpretasie en voorkeure te weerspieël.
Wenke vir die fasiliteerder Die skeppingsproses neem baie tyd. Neem dit in ag wanneer weeklikse en kwartaallikse werk beplan word. Gee gelyktydig aan die teoretiese en praktiese werk aandag. Praktiese werk neem baie tyd in beslag en moet verkieslik so gespasieer word dat die leerders gereeld tussenin daaraan kan werk. Aan die einde van hierdie eenheid moet die leerders: yy die kunselemente kan benoem en verduidelik yy die ontwerpbeginsels kan benoem en verduidelik yy kunselemente kan identifiseer en bespreek Leerdoelwitte yy ontwerpbeginsels in verskeie kunswerke (skilderye) kan identifiseer en bespreek yy ’n eie kunswerk (skildery) kan beplan, uitvoer en daaroor besin yy die kunswerke en kunstenaars van die Broederskap van Pre-Rafaeliete kan identifiseer en bespreek yy Impressionistiese kunswerke en kunstenaars kan identifiseer en bespreek yy die tegnieke van die impressioniste kan naboots yy kennis van die kunselemente kan toepas wanneer ’n kunswerk geskep word yy kennis van die ontwerpbeginsels kan toepas wanneer ’n kunswerk geskep word yy kennis van die kunselemente kan toepas wanneer ’n kunswerk bespreek en waardeer word yy kennis van die ontwerpbeginsels kan toepas wanneer ’n kunswerk bespreek en waardeer word
18
Impaq ©
Eenheid
Fasiliteerdersgids
2
Les 2.1: Visuele geletterdheid: Kunselemente en ontwerpbeginsels (Onderwerp 3) – 1 uur Inleiding Die fokus van hierdie les is op die kunselemente en ontwerpbeginsels. Die leerders gaan die kennis gebruik om die skilderye van die Broederskap van die Pre-Raphaeliete te ondersoek, ontleed en bespreek. Onderwerp 3 in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Skeppende Kunste verwys na visuele geletterdheid. Die les moet binne een uur afgehandel word.
Wenke vir die fasiliteerder Bespreek die kunselemente en ontwerpbeginsels. Gesels ook oor die Broederskap van die Pre-Raphaeliete en kyk na soveel moontlik voorbeelde van hulle kunswerke. Watter kunselemente en ontwerpbeginsels kan jy in die skilderye van die Broederskap van die Pre-Rafaeliete identifiseer?
Vir die nuuskieriges
yy
yy yy
Identifiseer die gebruik van lyn, vorm, fatsoen, ruimte, toonwaarde, kleur en tekstuur. Dit is belangrik om te onthou dat daar nie “regte” antwoorde is nie. Dit is belangriker om net die skilderye te bespreek en te kyk watter elemente gebruik is. Al die elemente is nie noodwendig in die skilderye aanwesig nie. Identifiseer ontwerpbeginsels soos balans, kontras, klem, beweging, patroon, ritme, eenheid of variasie in die skilderye. Kan jy aan ’n ander skildery dink waar enige van die kunselemente of ontwerpbeginsels baie opvallend is? Raadpleeg soveel as moontlik bronne op die internet, in boeke of in jou omgewing.
Wenke vir die fasiliteerder Om kuns te waardeer, is ’n vaardigheid wat jy kan aanleer. Lees deur die ontleding en bespreking van Isabella and the Pot of Basil deur William Holman Hunt in die handleiding. Dit sal die leerders help om die kunselemente en ontwerpbeginsels te identifiseer.
Nadat die leerders hierdie skildery bestudeer het en die ontleding daarvan gelees het, doen dan dieselfde met die skilderye van Rosetti, Waterhouse en Millais. Kyk of hulle die kunselemente en ontwerpbeginsels kan identifiseer en die gebruik daarvan in die skilderye kan bespreek. Help die leerders om die kunswerke te analiseer en bespreek die Broederskap van die Pre-Rafaeliete se skilderye deur na die kunselemente en ontwerpbeginsels te verwys.
Impaq ©
19
G09 - Skeppende Kunste
Fasiliteerdersgids
Moedig die leerders aan om die ontleding saam met iemand soos ’n vriend of ’n klasmaat te doen en neem hulle menings in ag te neem. ’n Mening moet altyd met bewyse en verwysings gemotiveer en gestaaf word. Persoonlike voorkeure hoort nie in doeltreffende kunsontleding en -bespreking nie.
Laat die leerders ’n kontrolelys met kunselemente en ontwerpbeginsels optel. Hoe meer skilderye hulle ontleed, hoe makliker word dit. Gefokusde waarneming is baie belangrik en onthou dat al die kunselemente en ontwerpbeginsels nie noodwendig in elke kunswerk aanwesig is nie. Party kunswerke, soos The Scream (1893) deur Edvard Munch, bevat net twee of drie van die elemente. Dit is juis ook wat dit so onvergeetlik maak. Gebruik die konseptuele raamwerk om kunswerke te bespreek.
’N KONSEPTUELE RAAMWERK
Die leerders kan die konseptuele raamwerk gebruik om oor die Broederskap van die PreRafaeliete se kunswerke te skryf. Daar is ook ’n voorbeeldresensie in die handleiding. Gebruik die rubriek vir besinnende skryfwerk voor in fasiliteerdersgids om die leerders se kunswerkontleding te assesseer.
Les 2.2: Skep in 2D: Skilder (Onderwerp 1) – 4 uur Inleiding Hierdie les ondersoek hoe kunselemente en ontwerpbeginsels gebruik kan word om ’n tweedimensionele kunswerk met verf te skep. Die doel van die les is om die leerders vertroud te maak met ’n verskeidenheid skildertegnieke, wat verskillende materiale (verf) en gereedskap (kwaste) insluit. Moedig die leerders aan om met verskeie tegnieke te eksperimenteer, totdat hulle ’n metode vind waarmee hulle gemaklik voel. Die inspirasie vir hierdie kunswerk is die impressioniste en die kunswerke wat hulle geskep het. Onderwerp 1 in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Skeppende Kunste verwys na skepping in 2D. Die les moet binne 4 uur afgehandel word. 20
Impaq ©
Eenheid
Fasiliteerdersgids
2
Wenke vir die fasiliteerder Motiveer die leerders om die impressioniste se skildertegnieke en -metodes te bestudeer. Verseker dat hulle die nodige hulpbronne, materiale en spasie het om die kunswerke te skep. Noukeurige beplanning is belangrik en tyd moet toegestaan word om met verskillende soorte verf, metodes en tegnieke te eksperimenteer. Maak ’n skildery Daar word van die leerders verwag om ’n impressionistiese skildery te skep. Proses Moet nie hierdie proses afjaag nie. Ruim elke week ’n bietjie tyd in om met die verskillende verf, metodes en tegnieke te eksperimenteer. Sit ten minste vyf weke opsy vir dié proses. Die leerders hoef nie enigiets spesifiek (‘n voorwerp) te skilder nie. Laat hulle met die materiale speel en’n paar tegnieke probeer, maar hou die impressioniste in gedagte.
Die leerders moet krities teenoor hulle eie werk wees en na die finale produk kyk wanneer die verf droog is. Hulle moet dan besluit wat hulle anders kan doen om die finale produk aan te pas of te verbeter. Laat ten minste vier weke toe om die finale kunswerk af te handel. Skep ’n impressionistiese skildery Skets jou voorwerp liggies op A3-papier.
Die voorgestelde temas: yy ’n Boom yy ’n Menslike figuur
Die leerders gebruik ’n lewende model of ’n regte boom. Laat hulle interessante invalshoeke soek en’n paar foto’s neem om as verwysing te gebruik. Hulle kan sommer hulle selfone se kameras gebruik. Die finale komposisie hoef nie die hele voorwerp te bevat nie. Hulle mag besluit om net ’n gedeelte daarvan te wys.
Herinner die leerders om die kunselemente en ontwerpbeginsels by die komposisie in te sluit. Herinner hulle dat dit nie nodig is om al die elemente te gebruik nie. Laat die leerders na hul toetsvoorbeelde verwys en dan begin skilder. Daar is geen spesifieke proses of metode om te volg nie, aangesien elke leerder dit op sy/haar eie manier sal aanpak. Belangrik: Die opdrag is nie om in te kleur nie, maar om te skilder. Moedig die leerders aan om kreatief te wees en nie bang te wees om foute te maak nie.
Die leerdes moet foto’s van die skildery se vordering neem en dit by hulle portefeuljes insluit. Hulle moet ook foto’s van die finale produk (nabyskote en foto’s van die hele kunswerk) neem om by hulle portefeuljes in te sluit. Gebruik die rubriek vir visuele kunste voor in die fasiliteerdersgids om die kunswerk informeel te evalueer.
Impaq ©
21
G09 - Skeppende Kunste
Fasiliteerdersgids
Opsomming
Kunselemente en ontwerpbeginsels kan op verskillende maniere aangewend word om unieke kunswerke te skep en kan ook as besprekingspunte ingespan word. Ons is nie altyd bewus van hierdie elemente nie, maar kom gou agter wanneer ’n kunswerk maklik of moeilik is om na te kyk. Skilder is ’n vaardigheid wat met oefening verbeter kan word. Die finale produk hang van baie faktore af, soos die soort verf, verfoppervlak, gereedskap, onderwerp, tegnieke en metodes wat die kunstenaar gebruik. Kyk weer na die skilderye van die Broederskap van die Pre-Rafaeliete en die impressioniste. Evalueer nou hulle verftegnieke krities.
Laat selfassessering toe
Plak die skildery teen ’n muur vas en doen die volgende: yy Kyk na die skildery vanaf ’n afstand van 5 m. yy Beweeg nader en kyk na die skildery van 2 m af. yy Bekyk nou die skildery van ’n halwe meter af. Neem kennis van die veranderinge. yy Herhaal die proses ’n paar keer. yy Vra gesinslede, klasmaats of die fasiliteerder om dieselfde te doen en terugvoering te gee. yy Kyk krities na die skildery en probeer die kunselemente identifiseer. yy Doen dieselfde met die ontwerpbeginsels. yy Vra gesinslede, klasmaats of die fasiliteerder vir terugvoering oor watter kunselemente en ontwerpbeginsels hulle in die kunswerk sien.
22
Impaq ©
Eenheid
Fasiliteerdersgids
2
Los die uitdaging op LEERDERS MOET DIE UITDAGING OPLOS Hoe ken ek ’n goeie kunswerk uit?
Wenke vir die fasiliteerder Leerders moet vertroud raak om oor kuns te praat en om dit te ontleed. Gesels met die leerders en maak gebruik van die voorgestelde model (konseptuele raamwerk) wanneer kuns ontleed en geïnterpreteer word. Dit sal die leerders help om oor kuns te begin dink en gesels. Dit is uiters belangrik om die geleentheid vir die leerders te skep om hul eie mening te vorm. Ons het almal ons eie voorkeure, persoonlike smake, sosiale konteks en verwysingsraamwerk, maar hierdie faktore mag nooit die interpretasie van kunswerke beïnvloed nie. Gebruik die voorgestelde model wanneer kunswerke ontleed en geassesseer word. Let op na die skoonheid van die kunswerk, vaardigheid en tegniek, die inherente betekenis, uniekheid en bereikbare doel van die kunswerk. Hierdie elemente word volledig in die handleiding bespreek. Gebruik die rubriek voor in die fasiliteerdersgids om die geskrewe opstel informeel te evalueer.
Impaq ©
23
G09 - Skeppende Kunste
Fasiliteerdersgids
Eenheid 3
Drama: Drama-elemente in toneelskepping; waardering en besinning In hierdie eenheid hersien ons die drama-elemente wat jy in graad 7 en 8 geleer het. Ons kyk ook hoe om ’n toneelstuk oor kulturele gebruike te skep en uiteindelik op te voer. Dit is belangrik dat jy die vaardighede bemeester om ’n klaskamerdrama te kan skep en opvoer. Die eenheid fokus ook op die waardering van drama en om sinvol oor toneelskepping en opvoering na te dink. Dit is belangrik om liggaam- en stemopwarmingsoefeninge voor ’n repetisie en opvoering (eenheid 1) te doen.
Aan die einde van hierdie eenheid moet die leerders: yy die drama-elemente kan identifiseer en beskryf yy kulturele gebruike kan beskryf yy respek en sensitiwiteit teenoor verskeie kulture kan toon Leerdoelwitte yy kulturele praktyke in ’n klaskamerdrama kan inkorporeer yy liggaam- en stemopwarmingsoefeninge ter voorbereiding vir ’n opvoering kan doen yy die klaskamerdrama kan opvoer yy terugvoering oor die opvoering kan gee deur dramaterminologie te gebruik yy waardering oor die opvoering kan verwoord deur dramaterminologie te gebruik yy kan besin oor die opvoering deur dramaterminologie te gebruik en na die drama-elemente te verwys
Les 3.1: Drama-elemente in toneelskepping (Onderwerp 2) – 5,5 uur Inleiding In hierdie les kyk die leerders hoe om ’n klaskamerdrama oor kulturele praktyke te skep. Die leerders besluit eers op watter kulturele praktyk(e) hulle die opvoering wil baseer. Die opvoering moet ’n verwerking van die kulturele praktyk wees en nie net ’n heropvoering of nabootsing nie. Gebruik die drama-elemente. Die klaskamerdrama kan in die vorm van ’n monoloog, dialoog of ensemble opgevoer word.
Onderwerp 2 in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Skeppende Kunste verwys na die drama-elemente in toneelskepping. Die les moet binne vyf en ’n half uur afgehandel word en maak nie voorsiening vir repetisietyd nie.
24
Impaq ©
Eenheid
Fasiliteerdersgids
3
Wenke vir die fasiliteerder Dit is belangrik dat die leerders die drama-elemente ken. Dit word breedvoerig in die handleiding bespreek en bestaan uit literêre, tegniese en opvoeringselemente. Bespreek die elemente met die leerders en gebruik voorbeelde uit rolprente, televisieprogramme en lewendige teateropvoerings. Televisiekyk skep ’n ontvanklike manier van leer.
Los die uitdaging op LEERDERS MOET DIE UITDAGING OPLOS Hoe kan ’n akteur ’n vertelling deur middel van nieverbale uitdrukking verbeter?
Die verhaal of storielyn hang af van hoe ’n akteur die karakter deur middel van verbale en nieverbale kommunikasie uitbeeld.
Nieverbale kommunikasie beteken om idees, emosies en inligting oor te dra sonder om woorde te gebruik. Gesigsuitdrukkings, oogkontak (of die gebrek daaraan), lyftaal, gebaretaal, postuur, tydsberekening, tempo, intensiteit en nabyheid is alles deel van nieverbale kommunikasie. Dit is belangrik dat akteurs hierdie elemente in ag neem wanneer hulle ’n storie vertel. Dit gee die gehoor inligting oor die karakters, hulle verhoudings en die ontwikkeling van die storie.
Wenke vir die fasiliteerder Help die leerders met idees vir die aktiwiteit en om hul idees te ontwikkel sodat hulle ’n kort toneelstuk kan skryf. Motiveer die leerders om op die kreatiewe proses te fokus en om die tema te geniet. Help hulle ook om kostuums en rekwisiete te soek wat by die teks pas. Skep ’n kort toneelstuk Die leerders doen navorsing oor ’n kulturele praktyk en skep ’n kort dramaproduksie. Die produksie kan die vorm van ’n monoloog, ’n dialoog of ’n ensemble wees.
Tema Die tema vir die dramastuk is ’n gesinsete. ’n Familie- of gesinsete is ’n kulturele praktyk waarmee almal bekend is, tog word dit op verskillende maniere gevier. Dit kan ’n vrolike geleentheid wees of ’n moeilike situasie vol verwagtings, formaliteite en verpligtinge. Impaq ©
25