Í2(È-A-CRA-FG01PÎ
2
0
0
9
-
A
-
C
R
A
-
F
G
0
1
SKEPPENDE KUNSTE FASILITEERDERSGIDS
Graad 9
A member of the FUTURELEARN group
Skeppende Kunste Fasiliteerdersgids
2009-A-CRA-FG01
Í4)È-A-CRA-FG01TÎ
Graad 9
Aangepas vir KABV
H Abouchabki
Fasiliteerdersgids
G09 - Skeppende Kunste
Inhoudsopgawe Leselemente..........................................................................................................................................5 Ikone........................................................................................................................................................5 Inleiding..................................................................................................................................................5 Rooster en tydsbestuur.....................................................................................................................7 Weeklikse skedule ..............................................................................................................................8 Voorgestelde bykomende leeswerk...............................................................................................8 Hulpbronvereistes...............................................................................................................................8 Inhoud en beplanning........................................................................................................................9 Eenheid 1: Drama: Ontwikkeling van dramavaardighede; die media en loopbane.15 Les 1.1: Ontwikkeling van dramavaardighede (Onderwerp 1) – 15 min..........15 Les 1.2: Die media en loopbane (Onderwerp 5) – 1 uur...........................................17 Eenheid 2: Visuele Kunste: Kunselemente en ontwerpbeginsels wat vir kunswaardering en -skepping gebruik word; skilderkuns ....................... 18 Les 2.1: Visuele geletterdheid: Kunselemente en ontwerpbeginsels (Onderwerp 3) – 1 uur............................................................................................................19 Les 2.2: Skep in 2D: Skilder (Onderwerp 1) – 4 uur...................................................20 Eenheid 3: Drama: Drama-elemente in toneelskepping; waardering en besinning..................................................................................................................... 24 Les 3.1: Drama-elemente in toneelskepping (Onderwerp 2) – 5,5 uur..............24 Les 3.2: Waardering en besinning oor ’n opvoering (Onderwerp 4) – 1 uur...26 Eenheid 4: Visuele Kunste en visuele geletterdheid: Die kunste as erfenis en die rol van die kunstenaar in die samelewing.............................................................. 28 Les 4.1: Visuele geletterdheid: Beeldende kunsdissiplines en die kunste as erfenis (Onderwerp 3) – 1 uur.............................................................................................29 Les 4.2: Visuele geletterdheid: Die rol van die kunstenaar in die samelewing (Onderwerp 3) – 2 uur............................................................................................................30 Les 4.3: Visuele geletterdheid: Navorsingsbevindings (Onderwerp 3) – 1 uur............................................................................................................31 Eenheid 5: Drama: Ontwikkeling van dramavaardighede; die media.......................... 34 Les 5.1: Ontwikkeling van dramavaardighede (Onderwerp 1) – 15 min..........34 Les 5.2: Die media: Stereotipes in rolprente (Onderwerp 5) – 2 uur..................36 Eenheid 6: Visuele Kunste: Gebruik van kunselemente en ontwerpbeginsels, konstruksie en skep in 3D..................................................................................... 37 Les 6: Skep in 3D: Konstruksie (Onderwerp 2) – 4 uur.............................................37 Eenheid 7: Drama: Individuele interpretasie en opvoering............................................. 40 Les 7: Interpretasie en opvoer van dramatiese vorms (Onderwerp 3) – 5,5 uur.........................................................................................................40 Eenheid 8: Visuele Kunste: Die gebruik van kunselemente en ontwerpbeginsels om kuns te skep en te waardeer................................................................................. 44 Les 8.1: Skep in 2D: Skilder ’n stillewe (Onderwerp 1) – 4 uur.............................45 Impaq ©
3
G09 - Skeppende Kunste
Fasiliteerdersgids
Les 8.2: Skep in 2D: Ontwerp ’n logo (Onderwerp 1) – 2 uur.................................48 Eenheid 9: Drama: Ontwikkeling van dramavaardighede; liggaam en stem.............. 50 Les 9: Ontwikkeling van dramavaardighede (Onderwerp 1) – 15 min..............50 Eenheid 10: Visuele Kunste: Visuele geletterdheid en skepping in 2D; drukgrafika.53 Les 10.1: Visuele geletterdheid: Drukgrafika (Onderwerp 3) – 1 uur................54 Les 10.2: Skep in 2D: Maak ’n krapbord (Onderwerp 1) – 4 uur..........................54 Eenheid 11: Drama: Drama-elemente in toneelskepping; waardering en besinning oor ’n opvoering........................................................................................................ 57 Les 11.1: Drama-elemente in toneelskepping (Onderwerp 2) – 7 uur...............58 Les 11.2: Waardering en besinning oor ’n opvoering (Onderwerp 4) – 30 min.........................................................................................................61 Eenheid 12: Visuele Kunste: Visuele geletterdheid en skepping in 2D........................... 63 Les 12.1: Visuele geletterdheid: Popkultuur en popkuns (Onderwerp 3) – 1 uur............................................................................................................64 Les 12.2: Skep in 2D: Skep ’n popkultuurkunswerk (Onderwerp 1) – 4 uur............................................................................................................64 Eenheid 13: Drama: Ontwikkeling van dramavaardighede; liggaam en stem.............. 67 Les 13: Ontwikkeling van dramavaardighede (Onderwerp 1) – 15 min...........67 Eenheid 14: Visuele Kunste: Visuele geletterdheid en skepping in 3D.......................... 70 Les 14.1: Visuele geletterdheid: Toneelpoppe (Onderwerp 3) – 1 uur..............70 Les 14.2: Skep in 3D: Maak ’n marionet (Onderwerp 2) – 4 uur...........................71 Eenheid 15: Drama: Interpretasie en opvoering: Radiodrama ......................................... 74 Les 15.1: Interpretasie en opvoering: Radiodrama (Onderwerp 3) – 7 uur............................................................................................................74 Les 15.2: Waardering en besinning oor ’n opvoering (Onderwerp 4) – 30 min.........................................................................................................79 Eenheid 16: Visuele Kunste: Figuurtekeninge......................................................................... 80 Les 16: Skepping in 2D: Figuurtekeninge (Onderwerp 1) – 5 uur.......................80
4
Impaq ©
Fasiliteerdersgids
G09 - Skeppende Kunste
Leselemente Elke eenheid bestaan uit die volgende leeraktiwiteite: yy ’n Uitdaging yy Inhoud yy Aktiwiteite om die uitdaging op te los Dit behels ook: yy Leerdoelwitte yy Definisies yy Verrykende aktiwiteite (Vir die nuuskieriges) yy Opsommings yy Aktiwiteite vir selfassessering
Ikone
Leerdoelwitte
Vir die nuuskieriges
Aktiwiteit
Inleiding Die vak Skeppende Kunste bied blootstelling aan ’n reeks kunsvorms. Die doel van Skeppende Kunste is om leerders as kreatiewe en verbeeldingryke individue te ontwikkel deur al die sintuie, die liggaam en die verstand te gebruik. Hierdie vak behels verskeie skeppende en verbeeldingryke aktiwiteite.
Skeppende Kunste laat die leerders toe om ’n waardering vir die wyer kunsspektrum te ontwikkel. Dit skep ook die geleentheid om basiese kennis en tegnieke te verken deur die deelname aan kunsaktiwiteite wat leerders kan voorberei vir verdere studie in die kunsvorm van hul keuse in Verdere Onderwys en Opleiding (VOO-fase). Impaq bied aan leerders die geleentheid om Dramatiese Kunste en Visuele Kunste in graad 10 tot 12 te neem. Daarom bestudeer ons slegs hierdie twee kunsvorme in graad 7 tot 9.
Impaq ©
5
G09 - Skeppende Kunste
Fasiliteerdersgids
Die spesifieke doelstellings van Skeppende Kunste is om: yy yy yy yy yy yy yy yy yy
Skeppende individue te ontwikkel. Die leerders aan dramatiese en Visuele Kunste bloot te stel. Basiese kunsopvoeding aan die leerders te bied. Kunstalent en aanleg te ontwikkel. Die leerders met die nodige basiese vaardighede vir verdere studie in Skeppende Kunste toe te rus. Bewustheid van kuns en verskillende kulture te ontwikkel. Die leerders aan verskeie loopbane in kuns bloot te stel. Kunsgeletterdheid en kunswaardering te ontwikkel. Lewensvaardighede te ontwikkel.
Die teoretiese en praktiese aspekte van hierdie vak hou verband met mekaar en word nie as afsonderlike afdelings beskou nie. Dit word wel afsonderlik geassesseer. Skeppende Kunste fokus op:
Drama fokus op: yy Ontwikkeling van dramavaardighede: Stemontwikkeling; die gebruik van die stem; manipulering, kontrole en modulasie. yy Ontwikkeling van dramavaardighede: Fisieke ontwikkeling; opwarmings-oefeninge en ’n bewustheid van hoe die liggaam in toneelspel asook fisieke karakterisering gebruik word. yy Drama-elemente en hoe dit in toneelskepping gebruik word om kulturele gebeure met mekaar te verbind, ook die benutting van die speelruimte en tegniese elemente. yy Interpretasie en opvoeringstegnieke. yy Media en stereotipering. yy Om ’n waardering te kweek vir die prosesse rondom toneelskepping en opvoerings deur daaroor te besin en vakterminologie en konstrukte te gebruik.
Visuele Kunste fokus op: yy Kunswaardering: om die kennis en verwysing van verskeie historiese kunsbewegings, kunstenaars en kunswerke uit te brei. yy Kunselemente en ontwerpbeginsels; waarneming, identifisering, beskrywing en toepassing van kennis deur vakterminologie en konstruksie. yy Skep in 2D; waarneming en interpretasie van die wêreld deur middel van skilderkuns en tekeninge. yy Skep in 3D; waarneming en interpretasie van die wêreld deur middel van konstruksie en modelleringstegnieke. Skeppende Kunste fokus op die volgende onderwerpe: yy
6
Drama: షష Onderwerp 1: Ontwikkeling van dramavaardighede షష Onderwerp 2: Drama-elemente in toneelskepping షష Onderwerp 3: Interpretasie en opvoering van ’n keuse van dramavorms షష Onderwerp 4: Waardering en besinning షష Onderwerp 5: Media en loopbane Impaq ©
Fasiliteerdersgids
yy
G09 - Skeppende Kunste
Visuele Kunste: షష Onderwerp 1: Skep in 2D షష Onderwerp 2: Skep in 3D షష Onderwerp 3: Visuele geletterdheid
Die vakmateriaal en verwante assesseringselemnte is gebaseer op die temas en bepalings soos in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) uiteengesit.
Rooster en tydsbestuur
Kuns moet as ’n proses gesien word en dit geld vir beide Visuele Kunste en Drama. Die fasiliteerder en leerders moet ’n skedule uitwerk wat genoeg tyd inruim om kunswerke te skep, om te repeteer, te oefen en te besin. Twee uur per week word aan Skeppende Kunste toegeken. Die eenhede vir Drama en Visuele Kunste wissel mekaar af en die uitkomste word aan die begin van elke eenheid duidelik uiteengesit. Daar word van die leerders en die fasiliteerder verwag om elke week tyd aan Skeppende Kunste te bestee. Die eenhede is ontwerp om saam te werk en nie om op mekaar te volg nie. So kan eenheid 1 (Drama) en eenheid 2 (Visuele Kunste) beide in die eerste week begin word en dan oor tyd ontwikkel. Die eenhede moet as volg afgehandel word: Kwartaal 1: Eenheid 1 – 4 Kwartaal 2: Eenheid 5 – 8 Kwartaal 3: Eenheid 9 – 12 Kwartaal 4: Eenheid 13 – 16
Die voorgestelde tydstoedeling vir Skeppende Kunste graad 9 Aantal eenhede per jaar
Aantal weke in graad 9 om die vakinhoud te bestudeer Tydsduur van elke eenheid Aantal eenhede (finale assessering, hersieningstyd uitgesluit)
Voorgestelde tydstoedeling per eenheid Aantal lesse per eenheid Tydsduur van elke les
Totale voorgestelde tydstoedeling per jaar
Impaq ©
16 eenhede/jaar 40
Fasiliteerder bepaal tydsduur. Vier eenhede per kwartaal: 2 x Visuele Kunste 2 x Drama 16
Fasiliteerder bepaal tydstoedeling. 20 uur per kwartaal = 5 uur per eenheid Eenhede verskil (2 – 4 lesse per eenheid)
Voorstel: 1 – 2 uur. Fasiliteerder bepaal die behoefte. 80
7
Fasiliteerdersgids
G09 - Skeppende Kunste
Weeklikse skedule Die voorgestelde weeklikse skedule van temas vir die volle graad 9-program Vak
1. Huistaal 2. Eerste Addisionele Taal 3. Wiskunde 4. Natuurwetenskappe 5. Sosiale Wetenskappe 6. Tegnologie 7. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe 8. Lewensoriëntering 9. Skeppende Kunste Totaal
Aantal lesse per week 6 6 6 5 5 5 5 2
Tydstoekenning per week (ure) 5 4 4,5 3 3 2 2 2 2 27,5
Voorgestelde bykomende leeswerk The Essential Theatre (11th edition) deur Oscar G. Brockett, Robert Ball, John Fleming, Andrew Carlson. 200 Projects To Get You Into Art School deur Valerie Colston
Enige ander boeke of elektroniese bronne oor Visuele Kunste of Drama. Die handleiding het verwysings na internetskakels oor al die onderwerpe wat bespreek word.
Dit word sterk aanbeveel om kunsuitstallings, rolprente, TV-reekse, teaterproduksies en kunstefeeste se resensies te lees.
Hulpbronvereistes
Die volgende hulpbronne word vereis om die vak suksesvol te voltooi: yy Impaq-handleiding yy Impaq-portefeuljeboek yy Junie-eksamen yy Novembereksamen yy Kunsmateriale en verbruikbare items yy Toepaslike ruimte om kuns te skep (buite-area, studio, studeerkamer of ander aangewese ruimte) yy Toepaslike ruimte vir opvoerings (buite-area, skoolsaal, gemeenskapsaal, kerksaal of sitkamer) yy Gemaklike, toepaslike en beskermende klere
8
Impaq ©
Fasiliteerdersgids
G09 - Skeppende Kunste
Inhoud en beplanning Inhoud Die handleiding is ontwerp om die nodige inligting aan die fasiliteerder en die leerders te verskaf en hulle aan elke onderwerp soos voorgeskryf deur die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) bloot te stel. Dit is belangrik dat jy vertroud is met die inhoud van elke les en eenheid en dat jy die uitkomste van elke les verstaan. Werk eers deur die agtergrondinligting en doen dan die praktiese en teoretiese aktiwiteite. Gebruik die handleiding saam met die fasiliteerdersgids en die voorgestelde elektroniese bronne om die lesse voor te berei. Gebruik prente, video’s, uitstappies en besprekings om die vak interessant te maak. Moedig die leerders aan en betrek hulle by die leerproses en stap saam met hulle om die wonder van Visuele Kunste en Drama te ontdek. Beplanning Die sukses van hierdie vak berus op deeglike beplanning. Werk deur die jaarplan en sorg dat jy die doelwitte, uitkomste, aktiwiteite en behoeftes verstaan. ’n Kunswerk of toneelstuk kan nie in een les saamgestel word nie. Die tydsduur, voorbereiding en navorsing sal van les tot les verskil. Kuns, hetsy Visuele Kunste of drama, is ’n skeppende proses. Moedig die leerders aan om hul eie kreatiwiteit te ontdek en te ontwikkel deur deeglik te beplan. Vat die leerders na ’n kunsgalery en gaan kyk na teaterproduksies sodat hulle hul kennis en ervaring op die aktiwiteite kan toepas. Gesels ook gereeld met die leerders oor kuns, kunswerke, teaterproduksies, TV en rolprente. Sorg dat hulle die nodige materiale en ’n geskikte ruimte het om hul volle potensiaal te ontdek. Bespreek die uitdaging aan die begin van elke les en gee die leerders genoeg tyd om deur die inhoud te werk. Die moontlike oplossings vir die uitdaging kan dan aan die einde van die les bespreek word. Maak seker dat dit wel in hierdie volgorde geskied en nie al tydens die aanvang van die les nie. Leerders sal ’n meer sinvolle leerervaring hê as hulle tyd het om oor die inhoud van elke les te besin en om die impak van die aktiwiteite te ervaar en hul eie waarnemings te maak. Hou rekord Vir Visuele Kunste is dit belangrik dat die leerders hulle kunswerke, insluitend voorsketse en ander voorbereidingskunswerke, op ’n veilige plek bêre. ’n A3-plastieklêer behoort voldoende te wees. Skryf datums op die finale kunswerke en monteer dit om dit netjies te hou en hul leeftyd te verleng. Neem ook foto’s van die kunswerke en stoor dit elektronies. Vir Drama kan die leerders foto’s neem en video’s en klankgrepe (sound clips) opneem en elektronies stoor.
Assessering Dit is soms ingewikkeld om kunswerke te beoordeel. Voordat enige kunswerk, opvoering of besinningsaktiwiteit geassesseer word, kyk weer na die doel van die les en die eenheid. Gebruik die voorgestelde rubrieke om die assesseringsproses te vergemaklik. Dit is beslis nie die enigste manier om kunsuitsette te assesseer nie, maar bied ’n basiese raamwerk om van te werk. Dit gee die fasiliteerder die geleentheid om die leerders se werk krities te evalueer om positiewe en goed deurdagte terugvoering te kan gee.
Impaq ©
9
Fasiliteerdersgids
G09 - Skeppende Kunste
Voorbeeld van ’n assesseringsrubriek: Visuele Kunste Assesseringskriteria
Nie bereik nie (0)
Voldoende bereik (1)
Uitstekend bereik (2)
Navorsing: Die leerder het verskeie bronne geraadpleeg en dit toegepas deur verskeie idees en konsepte voor te lê. Die leerder kan sy of haar kunsuitsette staaf of verdedig.
Tegniese komponente: Die leerder toon tegniese aanleg deur hulpbronne suksesvol te gebruik en ook die toepaslike kunsmedia, -tegnieke en -prosesse in te span. Kreatiewe proses: Die leerder het die kunselemente, ontwerpbeginsels, die boodskap van die kunswerk en die kulturele belang en impak op die samelewing doelgerig beplan.
Voorlegging: Die leerder het ’n kreatiewe, verbeeldingryke en oorspronklike kunswerk voorgelê. Die finale uitset is in lyn met die projekplan en dui op toepassing en ’n positiewe poging. Persoonlike groei: Die leerder toon voortgesette persoonlike groei en ’n dieper waardering vir die skeppende proses en tegniese moontlikhede.
10
Impaq ©