Gr 9-Skeppende Kunste-Handleiding

Page 1

Í2(È-A-CRA-SG01xÎ

2

0

0

9

-

A

-

C

R

A

-

S

G

0

1

SKEPPENDE KUNSTE HANDLEIDING

Graad 9

A member of the FUTURELEARN group


Skeppende Kunste Handleiding

2009-A-CRA-SG01

Í4)È-A-CRA-SG01|Î

Graad 9

Aangepas vir KABV

H Abouchabki


G09 – Skeppende Kunste

Handleiding

Inhoudsopgawe Inleiding..................................................................................................................................................... 5 Bykomende leeswerk............................................................................................................................ 6 Hulpbronne.............................................................................................................................................. 6 Rooster en tydsbestuur........................................................................................................................ 7 Leselemente............................................................................................................................................. 7 Ikone........................................................................................................................................................... 7 Inhoud en beplanning........................................................................................................................... 8 Eenheid 1: Drama: Ontwikkeling van dramavaardighede; die media en loopbane........................................................................................................................ 10 Les 1.1: Ontwikkeling van dramavaardighede: Opwarmingsoefeninge...............12 Les 1.2: Die media en loopbane.............................................................................................20 Eenheid 2: Visuele Kunste: Kunselemente en ontwerpbeginsels wat vir kunswaardering en -skepping gebruik word; skilderkuns.......................... 25 Les 2.1: Visuele geletterdheid: Kunselemente en ontwerpbeginsels....................26 Les 2.2: Skep in 2D: Skilder.....................................................................................................47 Eenheid 3: Drama: Drama-elemente in toneelskepping; waardering en besinning....................................................................................................................... 53 Les 3.1: Drama-elemente in toneelskepping ...................................................................54 Les 3.2: Waardering en besinning oor ’n opvoering ....................................................60 Eenheid 4: Visuele Kunste en visuele geletterdheid: Die kunste as erfenis en die rol van die kunstenaar in die samelewing................................................... 62 Les 4.1: Visuele geletterdheid: Beeldende kunsdissiplines en die kunste as erfenis ..............................................................................................................................................64 Les 4.2: Visuele geletterdheid: Die rol van die kunstenaar in die samelewing.70 Les 4.3: Visuele geletterdheid: Navorsingsbevindings................................................73 Eenheid 5: Drama: Ontwikkeling van dramavaardighede; die media............................ 75 Les 5.1: Ontwikkeling van dramavaardighede: Stemopwarmingsoefeninge.....76 Les 5.2: Die media: Stereotipes in rolprente....................................................................81 Eenheid 6: Visuele Kunste: Gebruik van kunselemente en ontwerpbeginsels, konstruksie en skep in 3D........................................................................................ 90 Les 6: Skep in 3D: Konstruksie...............................................................................................91

Eenheid 7: Drama: Individuele interpretasie en opvoering............................................... 99 Les 7: Interpretasie en opvoer van dramatiese vorms...............................................100

Eenheid 8: Visuele Kunste: Die gebruik van kunselemente en ontwerpbeginsels om kuns te skep en te waardeer...........................................................................110 Les 8.1: Skep in 2D: Skilder ’n stillewe..............................................................................112 Les 8.2: Skep in 2D: Ontwerp ’n logo..................................................................................118 Eenheid 9: Drama: Ontwikkeling van dramavaardighede; liggaam en stem...............124 Les 9: Ontwikkeling van dramavaardighede...................................................................125 Impaq ©

3


G09 – Skeppende Kunste

Handleiding

Eenheid 10: Visuele Kunste: Visuele geletterdheid en skepping in 2D; drukgrafika..................................................................................................................131 Les 10.1: Visuele geletterdheid: Drukgrafika.................................................................132 Les 10.2: Skep in 2D: Maak ’n krapbord............................................................................140 Eenheid 11: Drama: Drama-elemente in toneelskepping; waardering en besinning oor ’n opvoering.....................................................................................142 Les 11.1: Drama-elemente in toneelskepping................................................................143 Les 11.2: Waardering en besinning oor ’n opvoering.................................................163 Eenheid 12: Visuele Kunste: Visuele geletterdheid en skepping in 2D............................165 Les 12.1: Visuele geletterdheid: Popkultuur en popkuns.........................................166 Les 12.2: Skep in 2D: Skep ’n popkultuurkunswerk....................................................170 Eenheid 13: Drama: Ontwikkeling van dramavaardighede; liggaam en stem...............173 Les 13: Ontwikkeling van dramavaardighede ...............................................................174 Eenheid 14: Visuele Kunste: Visuele geletterdheid en skepping in 3D............................178 Les 14.1: Visuele geletterdheid: Toneelpoppe...............................................................179 Les 14.2: Skep in 3D: Maak ’n marionet............................................................................189 Eenheid 15: Drama: Interpretasie en opvoering: Radiodrama...........................................193 Les 15.1: Interpretasie en opvoering: Radiodrama.....................................................194 Les 15.2: Waardering en besinning oor ’n opvoering.................................................209 Eenheid 16: Visuele Kunste: Figuurtekeninge..........................................................................210 Les 16: Skepping in 2D: Figuurtekeninge.........................................................................211 Verwysings..............................................................................................................................................220 Beelde.......................................................................................................................................................221

4

Impaq ©


Handleiding

G09 – Skeppende Kunste

Inleiding Die vak Skeppende Kunste bied blootstelling aan ’n reeks kunsvorms. Die doel van Skeppende Kunste is om leerders as kreatiewe en verbeeldingryke individue te ontwikkel deur al die sintuie, die liggaam en die verstand te gebruik. Hierdie vak behels verskeie skeppende en verbeeldingryke aktiwiteite.

Skeppende Kunste laat die leerders toe om ’n waardering vir die wyer kunsspektrum te ontwikkel. Dit skep ook die geleentheid om basiese kennis en tegnieke te verken deur die deelname aan kunsaktiwiteite wat leerders kan voorberei vir verdere studie in die kunsvorm van hul keuse in Verdere Onderwys en Opleiding (VOO-fase). Impaq bied aan leerders die geleentheid om Dramatiese Kunste en Visuele Kunste in graad 10 tot 12 te neem. Daarom bestudeer ons slegs hierdie twee kunsvorme in graad 7 tot 9. Die spesifieke doelstellings van Skeppende Kunste in die Senior Fase is om: • Skeppende individue te ontwikkel. • Die leerders aan dramatiese en Visuele Kunste bloot te stel. • Basiese kunsopvoeding aan die leerders te bied. • Kunstalent en aanleg te ontwikkel. • Die leerders met die nodige basiese vaardighede vir verdere studie in Skeppende Kunste toe te rus. • Bewustheid van kuns en verskillende kulture te ontwikkel. • Die leerders aan verskeie loopbane in kuns bloot te stel. • Kunsgeletterdheid en kunswaardering te ontwikkel. • Lewensvaardighede te ontwikkel. Die teoretiese en praktiese aspekte van hierdie vak hou verband met mekaar en word nie as afsonderlike afdelings beskou nie. Dit word wel afsonderlik geassesseer.

Drama fokus op: • Ontwikkeling van dramavaardighede: Stemontwikkeling; die gebruik van die stem; manipulering, kontrole en modulasie. • Ontwikkeling van dramavaardighede: Fisieke ontwikkeling; opwarmings-oefeninge en ’n bewustheid van hoe die liggaam in toneelspel asook fisieke karakterisering gebruik word. • Drama-elemente en hoe dit in toneelskepping gebruik word om kulturele gebeure met mekaar te verbind, ook die benutting van die speelruimte en tegniese elemente. • Interpretasie en opvoeringstegnieke. • Media en stereotipering. • Om ’n waardering te kweek vir die prosesse rondom toneelskepping en opvoerings deur daaroor te besin en vakterminologie en konstrukte te gebruik. Visuele Kunste fokus op: • Kunswaardering: om die kennis en verwysing van verskeie historiese kunsbewegings, kunstenaars en kunswerke uit te brei. • Kunselemente en ontwerpbeginsels; waarneming, identifisering, beskrywing en toepassing van kennis deur vakterminologie en konstruksie. • Skep in 2D; waarneming en interpretasie van die wêreld deur middel van skilderkuns en tekeninge. • Skep in 3D; waarneming en interpretasie van die wêreld deur middel van konstruksie en modelleringstegnieke. Impaq ©

5


G09 – Skeppende Kunste

• •

Handleiding

Visuele geletterdheid; interpretasie, ontleding en herkenning van simboliek en die doel van kuns. Waardering en besinning oor kunswerke, kunsprosesse en die rol van die kunstenaar deur vakterminologie en konstruksie te gebruik.

Skeppende Kunste in graad 9 fokus op die volgende onderwerpe: •

Drama: షష Onderwerp 1: Ontwikkeling van dramavaardighede షష Onderwerp 2: Drama-elemente in toneelskepping షష Onderwerp 3: Interpretasie en opvoering van ’n keuse van dramavorms షష Onderwerp 4: Waardering en besinning షష Onderwerp 5: Media en loopbane Visuele Kunste: షష Onderwerp 1: Skep in 2D షష Onderwerp 2: Skep in 3D షష Onderwerp 3: Visuele geletterdheid

Die vakmateriaal en verwante assesseringselemente is gebaseer op die temas en bepalings soos in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) uiteengesit.

Bykomende leeswerk

The Essential Theatre (11th edition) deur Oscar G. Brockett, Robert Ball, John Fleming, Andrew Carlson. 200 Projects To Get You Into Art School deur Valerie Colston

Enige ander boeke of elektroniese bronne oor Visuele Kunste of Drama. Die handleiding het verwysings na internetskakels oor al die onderwerpe wat bespreek word. Dit word sterk aanbeveel om kunsuitstallings, rolprente, TV-reekse, teaterproduksies en kunstefeeste se resensies te lees.

Hulpbronne Die volgende hulpbronne word vereis om die vak suksesvol te voltooi: • Impaq-handleiding • Impaq-portefeuljeboek • Junie-eksamen • Novembereksamen • Kunsmateriale en verbruikbare items • Toepaslike ruimte om kuns te skep (buite-area, studio, studeerkamer of ander aangewese ruimte) • Toepaslike ruimte vir opvoerings (buite-area, skoolsaal, gemeenskapsaal, kerksaal of sitkamer) • Gemaklike, toepaslike en beskermende klere 6

Impaq ©


G09 – Skeppende Kunste

Handleiding

Rooster en tydsbestuur Kuns moet as ’n proses gesien word en dit geld vir beide Visuele Kunste en Drama. Die fasiliteerder en leerders moet ’n skedule uitwerk wat genoeg tyd inruim om kunswerke te skep, om te repeteer, te oefen en te besin. Twee uur per week word aan Skeppende Kunste toegeken. Die eenhede vir Drama en Visuele Kunste wissel mekaar af en die uitkomste word aan die begin van elke eenheid duidelik uiteengesit. Daar word van die leerders en die fasiliteerder verwag om elke week tyd aan Skeppende Kunste te bestee. Die eenhede is ontwerp om saam te werk en nie om op mekaar te volg nie. So kan eenheid 1 (Drama) en eenheid 2 (Visuele Kunste) beide in die eerste week begin word en dan oor tyd ontwikkel. Die eenhede moet as volg afgehandel word: Kwartaal 1: Eenheid 1 – 4 Kwartaal 2: Eenheid 5 – 8 Kwartaal 3: Eenheid 9 – 12 Kwartaal 4: Eenheid 13 – 16

Leselemente

Elke eenheid bestaan uit die volgende leeraktiwiteite: • ’n Uitdaging • Inhoud • Los die uitdaging op Dit behels ook: • Leerdoelwitte • Definisies • Verrykende aktiwiteite (Vir die nuuskieriges) • Opsommings • Aktiwiteite vir selfassessering

Ikone

Leerdoelwitte

Impaq ©

Vir die nuuskieriges

Aktiwiteit

Definieer

7


G09 – Skeppende Kunste

Handleiding

Inhoud en beplanning Inhoud

Teikendatum*

Eenheid 1: Drama 1.1

Ontwikkeling van dramavaardighede (15 minute per week)

2.1

Visuele geletterdheid: Kunselemente en ontwerpbeginsels wat vir kunswaardering en -skepping gebruik word (1 uur)

1.2

Die media en loopbane (1 uur)

Eenheid 2: Visuele Kunste

2.2

Skep in 2D: Skilder (4 uur)

Eenheid 3: Drama 3.1 3.2

Drama-elemente in toneelskepping (5 uur, 30 minute en repetisietyd) Waardering en besinning (1 uur en eie navorsingstyd)

Eenheid 4: Visuele Kunste en visuele geletterdheid 4.1 4.2 4.3

Visuele geletterdheid: Beeldende kunsdissiplines en die kunste as erfenis (2 uur) Visuele geletterdheid: Die rol van die kunstenaar in die samelewing (2 uur) Visuele geletterdheid: Navorsingsbevindings (1 uur)

Eenheid 5: Drama 5.1 5.2

Ontwikkeling van dramavaardighede (15 minute per week)

Die media: Stereotipes in rolprente (2 uur en eie navorsingstyd)

Eenheid 6: Visuele Kunste 6.

Skep in 3D: Konstruksie (4 uur)

Eenheid 7: Drama

7.

Interpretasie en opvoering van ’n keuse van dramatiese vorms (5 uur, 30 minute en repetisietyd)

Eenheid 8: Visuele Kunste 8.1 8.2

Skep in 2D: Skilder ’n stillewe (4 uur) Skep in 2D: Ontwerp ’n logo (2 uur)

Eenheid 9: Drama 9.

Ontwikkeling van dramavaardighede (15 minute per week)

Eenheid 10: Visuele Kunste

10.1 Visuele geletterdheid: Drukgrafika (1 uur) 10.2 Skep in 2D: Maak ’n krapbord (4 uur) Eenheid 11: Drama

11.1 Drama-elemente in toneelskepping (7 uur en repetisietyd) 11.2 Waardering en besinning oor ’n opvoering (30 minute)

8

Impaq ©


Handleiding

Inhoud Eenheid 12: Visuele Kunste

G09 – Skeppende Kunste

Teikendatum*

12.1 Visuele geletterdheid: Popkultuur en popkuns (1 uur) 12.2 Skep in 2D: Skep ’n popkultuurkunswerk (4 uur) Eenheid 13: Drama 13.

Ontwikkeling van dramavaardighede (15 minute per week)

Eenheid 14: Visuele Kunste

14.1 Visuele geletterdheid: Toneelpoppe (1 uur) 14.2 Skep in 3D: Maak ’n marionet (4 uur) Eenheid 15: Drama

15.1 Interpretasie en opvoering: Radiodrama (7 uur en repetisietyd) 15.2 Waardering en besinning oor ’n opvoering (30 minute) Eenheid 16: Visuele Kunste 16.

Skep in 2D: Figuurtekeninge (5 uur)

Hersiening

*Voltooi jou teikendatum vir elke les volgens jou jaarplan vir die vak. Neem kennis dat die inhandigingsdatums van die formele assessering, soos in die portefeuljeboek vervat, streng nagekom moet word.

Bykomende notas Alle formele assessering is in die portefeuljeboek saamgevat – die take daarin tel punte. Die take in hierdie handleiding mag dalk met die take in die portefeuljeboek ooreenstem. Alle take in die handleiding kan as bykomende aktiwiteite gedoen word. Bêre die take in ’n lêer of portefeulje vir Skeppende Kunste sodat die leerder deur die jaar daarna kan verwys.

Impaq ©

9


G09 – Skeppende Kunste

Handleiding

Eenheid 1

Drama: Ontwikkeling van dramavaardighede; die media en loopbane Die opwarmings- en afkoelingsoefeninge om die liggaam en stem vir opvoerings voor te berei wat in graad 7 en 8 behandel is, word in hierdie eenheid hersien. Akteurs moet die oefeninge ken en toepas om hulle konsentrasie te verbeter, om beserings te voorkom, om stres en angs te beheer, om vir toneelspel voor te berei en om die beste moontlike opvoering te verseker. Die eenheid ondersoek ook die sepie (soap opera) as televisiegenre en hoe dit as kommunikasiekanaal in die media gebruik word. UITDAGING Hoe kan ’n akteur tydens ’n opvoering normaal asemhaal?

Hierdie les kan nie eenmalig gedoen word nie. Dit moet weekliks geoefen en herhaal word. Dit is veral belangrik om die opwarmingsoefeninge voor ’n opvoering te doen. Spandeer minstens 15 minute per week hieraan.

Leerdoelwitte

Definieer

10

Aan die einde van hierdie eenheid moet jy: • die doel van opwarmings- en afkoelingsoefeninge kan verduidelik • ’n opwarmingsroetine kan ontwikkel en dit suksesvol uitvoer • ’n afkoelingsroetine kan ontwikkel en dit suksesvol uitvoer • asemhaling kan reguleer • fisieke opwarmingsoefeninge kan uitvoer • die terme “media” en “massamedia” kan verduidelik • die sepie (soap opera) as genre kan identifiseer • geykte karakters (stock characters) en hul stereotipiese eienskappe kan identifiseer

Opwarmingsroetine: Oefeninge om die liggaam (spiere, gewrigte en die brein) vir fisieke aktiwiteit voor te berei. ’n Opwarmingsroetine verminder die kanse op besering of kan beserings selfs voorkom. Afkoelingsroetine: Oefeninge wat geleidelik in intensiteit afneem om die liggaam af te koel; dit help die liggaam (spiere, gewrigte en die brein) om stadiger te reageer, stres te ontlaai en uiteindelik te herlaai.

Asemhalingsbeheer: Die regte en doeltreffende gebruik van die longe en diafragmaspier om die maksimum inname van suurstof te verseker. Verwys na die beheer van hoeveel suurstof jy inneem en gebruik terwyl jy praat deur in te asem, jou asem op te hou en korrek uit te asem. Goeie asemhalingstegnieke Impaq ©


Handleiding

G09 – Skeppende Kunste

is die grondslag van ’n duidelike stem. Bly ontspanne wanneer jy asemhaal en praat, en probeer om spanning in die nek, skouers, kakebeen, rug en maag te verminder.

Postuur: Die posisie waarin iemand hul liggaam hou wanneer hulle staan of sit; die posisie van hul arms en bene, en van die liggaam as ’n geheel. Die beste stem word geproduseer as jou liggaamshouding regop maar ontspanne is. Tydens asemhalings- en stemopwarmingsoefeninge moet die ruggraat reguit, die kop na vore en die kroon van die kop parallel met die plafon wees. Hierdie postuur ondersteun die liggaam se asemhalingstelsel sodat dit goed kan funksioneer.

Liggaamsfokus: Om van jou liggaam bewus te wees en te leer hoe om jou hele liggaam tydens verskeie oefeninge in te span; om te verstaan hoe die verskillende dele van die liggaam saamwerk en te weet waartoe jou liggaam in staat is. Ontspanning: Om sonder enige spanning, stres of angs te wees. In ’n dramakonteks verwys ontspanning na ’n toestand waar jy van jou liggaam bewus is en in beheer daarvan is. Dit sluit jou asemhaling en stem in.

Media: ’n Manier van kommunikasie waar inligting aan mense versprei word. Dit sluit radio, televisie, tydskrifte, koerante en die internet in. Massamedia: Enige kommunikasiekanaal soos televisie of koerante wat ’n wye gehoor bereik.

Sepie (soap opera): ’n Radio- of televisiereeks wat die lewe van vele karakters volg en dit op ’n sentimentele of melodramatiese manier uitbeeld. Telereeks (teleserial): ’n Televisiedrama met ’n deurlopende storielyn wat in episodes aangebied word.

Melodrama: ’n Sensasionele drama met oordrewe, stereotipiese karakters en opwindende gebeure wat tot jou emosies spreek.

Stereotipiese karakter: ’n Plat karakter met veralgemeende eienskappe. Die karakter is tipies van ’n spesifieke groep en is nie noodwendig ’n individu in eie reg nie. Geykte karakter (stock character): ’n Gestereotipeerde karakter wat die lesers of gehoor herken omdat die karakter herhaaldelik in literêre of volkstradisie verskyn, gewoonlik in ’n spesifieke genre soos komedie of sprokies. Algemene voorbeelde sluit in die vergeetagtige professor, die nooi in nood, die ellendige ou man, die bose stiefma en die jaloerse man.

Impaq ©

11


G09 – Skeppende Kunste

Handleiding

Les 1.1: Ontwikkeling van dramavaardighede: Opwarmingsoefeninge Inleiding Hierdie les fokus daarop om jou stem en liggaam voor ’n opvoering op te warm. Soos met enige fisieke aktiwiteit, is dit belangrik om die liggaam voor te berei en te kondisioneer om optimaal te funksioneer.

Opwarmingsoefeninge kan beserings voorkom, dit help akteurs om beter te konsentreer en berei hulle voor vir die taak wat voorlê. Dit word sterk aanbeveel om opwarmingsoefeninge saam met jou medeakteurs te doen om die band en kommunikasie tussen julle te versterk.

Afkoelingsoefeninge sal jou liggaam en stem help om te herstel en te herlaai. Dit help jou ook om te bedaar en al die stres en verhoogde emosies te ontlaai wat tydens die opvoering opgebou het. Die les moet verkieslik in 15 minute afgehandel word, maar moet elke week – en veral voor opvoerings – herhaal word. HOE OM VIR ’N OPVOERING VOOR TE BEREI Opwarmingsoefeninge Neutrale posisie: ’n Akteur neem gewoonlik hierdie posisie in om dramaoefeninge te doen. Dit beteken dat die liggaam ontspanne is. Die neutrale posisie verwys ook na liggaamsbelyning en hoe die kop, skouers, ruggraat, heupe, knieë en enkels saamwerk. Goeie liggaamsbelyning plaas minder stremming op die ruggraat en skep ’n goeie postuur. Elke mens het sekere fisieke beperkings (soos plat voete, oorgewig of ondergewig, ’n kort of lang nek) wat bepaal hoe doeltreffend hulle die neutrale posisie vind.

Fig. 1.1: Neutrale posisie 1

12

Impaq ©


Eenheid

Handleiding

1

Fig. 1.2: Neutrale posisie 2 – Voete is verder uitmekaar

Werk van onder af boontoe om ’n gemaklike neutrale posisie te vind: • • • • • • • •

Voete: Staan met jou voete effens uitmekaar, reg onder die heupe en parallel met mekaar. Knieë: Druk jou knieë terug in ’n geslote posisie en buig dit dan effens vorentoe om sodoende die beste neutrale posisie te vind. Pelvis: Hou jou pelvis (bekken) ontspanne en in lyn met jou voete; moenie jou heupe vorentoe druk of agtertoe rond maak nie. Borskas: Hou jou borskas in lyn met jou heupe sonder om dit in te trek of uit te stoot. Hierdie posisie is veral belangrik vir asemhalingsoefeninge. Skouers: Jou skouers moet ontspanne en effe gesak wees. Maak seker dat jou skouers nie teruggetrek of opgetrek is nie. Arms: Jou arms moet los en vry langs jou sye hang. Jou hande moet ook ontspanne wees en jou vingers moet natuurlik met ’n effense kurwe hang – nie uitgestrek of in ’n vuis nie. Kop: Stel jou voor hoe jou ruggraat al hoe langer word in jou nek en dat dit jou kop boontoe stoot. Gesig: Kyk reguit vorentoe en lig jou ken effens op (dit gebeur vanself wanneer jy jou skouers ontspan). Moenie jou ken uitstoot of intrek nie. Hou jou gesigsuitdrukking neutraal (dit sal in meer detail in die afdeling oor stemopwarmingsoefeninge bespreek word).

Jy is nou gereed vir basiese liggaamsopwarmingsoefeninge.

Besoek bit.ly/2GQtDxv, bit.ly/2HUyiQk en bit.ly/2owfkHO vir meer inligting oor fisieke opwarmingsoefeninge vir akteurs.

Impaq ©

13


G09 – Skeppende Kunste

Handleiding

Fisieke ontwikkeling Opwarmingsoefening 1: Liggaamsfokusoefeninge Nekstrekke • Staan in die neutrale posisie. • Laat sak jou ken teen jou bors. • Beweeg jou kop na regs en dan weer terug na die middel. • Beweeg jou kop na links en dan weer terug na die middel. • Herhaal dit vyf keer.

Fig. 1.3

Fig. 1.4

Skouerstrekke • Staan in die neutrale posisie. • Rol jou regterskouer agtertoe – herhaal dit vyf keer. • Doen dieselfde met jou linkerskouer. • Herhaal die oefening, maar rol hierdie keer jou skouers vorentoe. • Trek jou skouers op en probeer jou ore raak. Hou die posisie vir ’n paar tellings en ontspan.

Armstrekke • Staan in die neutrale posisie. • Lig jou regterarm op, strek dit bo jou kop uit en buig oor na jou linkerkant. Hou jou regterarm uitgestrek oor jou linkerkant en strek so ver as wat jy kan. Hou hierdie posisie vir ’n paar tellings. • Herhaal met jou linkerarm na die regterkant. • Herhaal die hele proses vyf keer. 14

Impaq ©


Handleiding

Eenheid

1

Fig. 1.5

Heupstrekke • Staan in die neutrale posisie met jou hande op jou heupe. • Beweeg jou heupe in ’n sirkel asof jy ’n hoepel swaai. • Beweeg nou jou heupe in die teenoorgestelde rigting. • Herhaal die oefening vyf keer in beide rigtings.

Skud die bene • Staan in die neutrale posisie en lig jou regterbeen op. • Skud jou been. • Herhaal met jou linkerbeen. • Herhaal die oefening vyf keer aan beide kante of tot jy meer energiek voel.

Ruggraatstrekke • Staan in die neutrale posisie en laat sak jou ken tot teen jou bors. • Ontspan jou skouers en buig stadig vooroor asof jy jou tone wil raak. Asem uit wanneer jy so ver vooroor gebuig het as wat jy kan. • Buig jou knieë en laat jou arms en kop gemaklik hang. Ontspan. • Asem in terwyl jy stadig weer regop kom. Asem uit sodra jy weer in die neutrale posisie is. • Herhaal die proses vier of vyf keer. Liggaamsvibrasie • Staan in die neutrale posisie. • Stel jou voor dat ’n elektriese skok deur jou liggaam beweeg en skud jou hele lyf. • Skud jou lyf vir tien tellings en staan dan doodstil. • Herhaal die proses twee of drie keer. • Ná hierdie oefening sal jy verfris en energiek voel.

Impaq ©

15


G09 – Skeppende Kunste

Handleiding

Opwarmingsoefening 2: Liggaamsfokusoefeninge Gooi en vang • Staan in die neutrale posisie met jou gesig na die muur. • Verbeel jou dat jy al jou energie in ’n onsigbare bal saamvat. • Maak asof jy die onsigbare bal voor jou bors vashou. • Sodra die energie te veel raak, gooi die bal teen die muur. • Staan gereed om die bal te vang wanneer dit na jou kant toe terugbons. Leun effens terug wanneer jy die bal vang. • Gooi die bal weer na die muur toe en herhaal die proses ’n paar keer. Konsentreer op die bal, asook die gooi-en-vangsiklus.

Stemontwikkeling Die klankkaste (resonators) bestaan uit die mond, neus, nek en bors. Klankkaste versterk die klanke wat ons stembande voortbring en gee dit ook ’n ryker kwaliteit.

Die spraakkanale (articulators) sluit die tande, tong, lippe, kakebeen en verhemelte in. Klanke word deur dié liggaamsdele gevorm en beïnvloed die manier waarop ons klanke vorm en woorde uitspreek.

Fig. 1.6: Die klankkaste Fig. 1.7: Die spraakkanale

Opwarmingsoefening 1: Asemhalingsoefening • • • • •

Staan in die neutrale posisie. Asem in en trek jou skouers op. Laat sak jou skouers en asem uit. Herhaal die proses vyf keer en konsentreer op jou asemhaling. Haal elke keer ’n bietjie dieper asem en sak jou skouers elke keer ’n bietjie laer. Jy sal voel hoe jou liggaam begin ontspan.

Opwarmingsoefening 2: Trek jou gesig • • • • •

16

Staan in die neutrale posisie. Trek jou gesig op ’n plooi asof jy iets suurs eet. Probeer jou gesig op die kleinste moontlike plooi trek en hou dit so vir tien tellings. Maak nou jou mond so wyd oop as wat jy kan, lig jou wenkbroue en rek jou oë. Hou die posisie vir tien tellings en ontspan jou gesig. Herhaal die oefening vyf keer. Impaq ©


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.