Í2)È-A-SOS-SG01?Î
1
8
0
9
-
A
-
S
O
S
-
S
G
0
1
SOSIALE WETENSKAPPE HANDLEIDING: GESKIEDENIS
Graad 9
A member of the FUTURELEARN group
Sosiale Wetenskappe Handleiding: Geskiedenis
1809-A-SOS-SG01
Í2)È-A-SOS-SG01?Î
Graad 9
Aangepas vir KABV
S Windell
Handleiding G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
INHOUDSOPGAWE LESELEMENTE .................................................................................................................. 3 VOORWOORD .................................................................................................................... 5 JAARBEPLANNING ........................................................................................................... 6 EENHEID 1: Die Tweede Wêreldoorlog (1939 – 1945) ..................................................... 7 Les 1: Die opkoms van Nazi-Duitsland ....................................................... 8 AKTIWITEIT 1: ............................................................................... 19 Les 2: Die Tweede Wêreldoorlog: Europa ................................................ 22 AKTIWITEIT 2: ............................................................................... 27 Les 3: Die Tweede Wêreldoorlog in die Stille Oseaan .............................. 29 AKTIWITEIT 3: ............................................................................... 32 OEFENING 1: ................................................................................ 33 STUDEER / HERSIENING:............................................................ 36 EENHEID 2: Die Kerntydperk en die Koue Oorlog ........................................................ 37 Les 4: Toenemende spanning tussen die Geallieerdes na die Tweede Wêreldoorlog in Europa ................................................................. 38 AKTIWITEIT 4: ............................................................................... 39 Les 5: Die einde van die Tweede Wêreldoorlog in die Stille Oseaan: atoombomme en die aanvang van die Kerntydperk ....................... 40 AKTIWITEIT 5: ............................................................................... 42 Les 6: Definisie van die supermoondhede en die betekenis van “Koue Oorlog” ........................................................................................... 42 AKTIWITEIT 6: ............................................................................... 43 Les 7: Gebiede van konflik en wedywering tussen die supermoondhede in die Koue Oorlog ............................................................................. 43 AKTIWITEIT 7: ............................................................................... 52 Les 8: Die einde van die Koue Oorlog ...................................................... 53 AKTIWITEIT 8: ............................................................................... 56 OEFENING 2: ................................................................................ 56 STUDEER / HERSIENING:............................................................ 58 EENHEID 3: Keerpunte in die moderne Suid-Afrikaanse geskiedenis sedert 1948 ... 59 Les 9: Die universele verklaring van menseregte ná die Tweede Wêreldoorlog.................................................................................. 59 AKTIWITEIT 9: ............................................................................... 60 Les 10: Definisie van rassisme ................................................................... 61 AKTIWITEIT 10: ............................................................................. 62 Les 11: 1948: Die Nasionale Party en apartheid ........................................ 62 AKTIWITEIT 11.1: .......................................................................... 69 Les 12: 1950’s: Onderdrukking en niegewelddadige verset teen apartheid 70 AKTIWITEIT 12: ............................................................................. 74 OEFENING 3: ................................................................................ 78 STUDEER / HERSIENING:............................................................ 78
© Impaq
1
Handleiding G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
EENHEID 4: Keerpunte in die moderne Suid-Afrikaanse geskiedenis: 1960, 1976 en 1990.............................................................................................................. 79 Les 13: 1960: Sharpeville-slagting en Langa-protesoptog .......................... 80 AKTIWITEIT 13: ............................................................................. 83 Les 14: 1976: Die Soweto-opstand ............................................................. 83 AKTIWITEIT 14: ............................................................................. 88 Les 15: 1990: Die vrylating van Nelson Mandela en die opheffing van die verbod op bevrydingsbewegings.................................................... 88 AKTIWITEIT 15: ............................................................................. 93 OEFENING 4: ................................................................................ 94 STUDEER / HERSIENING:............................................................ 94 ADDENDUM A: WOORDELYS ......................................................................................... 95 BIBLIOGRAFIE ................................................................................................................ 98
© Impaq
2
Handleiding G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
JAARBEPLANNING EENHEID/ KWARTAAL 1
2
3
4
© Impaq
LES
BEGINDATUM
Les 1: Die opkoms van NaziDuitsland Les 2: Die Tweede Wêreldoorlog: Europa Les 3: Die Tweede Wêreldoorlog in die Stille Oseaan Les 4: Toenemende spanning tussen die Geallieerdes na die Tweede Wêreldoorlog in Europa Les 5: Die einde van die Tweede Wêreldoorlog: Atoombomme en die aanvang van die Kerntydperk Les 6: Definisie van die supermoondhede en die betekenis van “Koue Oorlog” Les 7: Areas van konflik en wedywering tussen die supermoondhede in die Koue Oorlog Les 8: Die einde van die Koue Oorlog (1989) Les 9: Die universele verklaring van menseregte na die Tweede Wêreldoorlog Les 10: Definisie van rassisme Les 11: 1948: Nasionale Party en apartheid Les 12: 1950’s: Onderdrukking en nie-gewelddadige verset teen apartheid Les 13: 1960: Sharpevilleslagting en Langa-protesoptog Les 14: 1976: Die Sowetoopstand Les 15: 1990: Die vrylating Van Nelson Mandela en die ontbanning van vryheidsbewegings
6
EINDDATUM
Handleiding G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Eenheid
1
EENHEID 1: Die Tweede Wêreldoorlog (1939 – 1945) LEERDOELWITTE: Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: • •
• •
Redes gee waarom die Verdrag van Versailles tot die Tweede Wêreldoorlog gelei het. Verstaan hoe die mislukking van die Republiek van Weimar en die Groot Depressie tot die opkoms van Hitler aanleiding gegee het. Identifiseer watter groepe Hitler vervolg het. Verduidelik en gee redes waarom die VSA by die Tweede Wêreldoorlog betrokke geraak het.
INLEIDING Duitsland is ná die Eerste Wêreldoorlog kwaai gestraf deur middel van die Verdrag van Versailles. Talle Duitsers het die Republiek van Weimar vir Duitsland se ekonomiese probleme verantwoordelik gehou. Die Groot Depressie het Duitsland swaar getref en sy ekonomie het in duie gestort. Baie mense het hulle tot Hitler en die Nazi-party gewend om Duitsland te red. Die Bemagtigingswet het Hitler in staat gestel om Duitsland in ’n fascistiese staat te omskep, en Nazi-Duitsland se aggressie jeens Europa het aanleiding gegee tot die Tweede Wêreldoorlog. Die Tweede Wêreldoorlog het ses jaar lank geduur. Ses miljoen Jode is tydens die oorlog vervolg en talle versetgroepe het teen die Nazi-regering in opstand gekom. Die Amerikaners het by die Tweede Wêreldoorlog betrokke geraak ná Japan se aanval op Pearl Harbour in 1941. Ná die Tweede Wêreldoorlog het die wêreldorde verander, net soos dit ná die Eerste Wêreldoorlog die geval was. BELANGRIKE TERMINOLOGIE • • • • • • • • © Impaq
Republiek van Weimar Groot Depressie Bemagtigingswet Neurenbergwette Fascisme Menseslagting Verset Opstand 7
Handleiding G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
LES 1: 1.1
Eenheid
1
DIE OPKOMS VAN NAZI-DUITSLAND Die einde van die Eerste Wêreldoorlog
Ná die Eerste Wêreldoorlog het die Europese politieke toneel verander. Daar was nagenoeg 16,5 miljoen sterfgevalle en 21 miljoen beseerdes of gewondes in die loop van die Eerste Wêreldoorlog. Europese stede en nywerhede is verwoes en heelwat keiserryke en koninkryke soos die Oostenryk-Hongaarse koninkryk en die Russiese Keiserryk het ophou bestaan. Die kombinasie van voedseltekorte en militêre nederlae het daartoe gelei dat Duitsland vir ’n wapenstilstand gevra het. 1.2
Die Republiek van Weimar
Op 9 November 1918 het keiser Wilhelm II geabdikeer en kanselier Max von Baden het die mag oorgegee aan Friedrich Ebert, die leier van die Duitse Sosiaal-Demokratiese Party. Die Republiek het in November 1918 ontstaan ná die Duitse Rewolusie en in 1919 is ’n nasionale vergadering in Weimar saamgeroep, waar ’n nuwe grondwet vir die Duitse Ryk geskryf is en op 11 Augustus van dieselfde jaar aanvaar is. Omdat die grondwet in die stad van Weimar geskryf is, is die regering die Republiek van Weimar genoem. In die 14 jaar van sy bestaan het die Republiek van Weimar baie probleme in die gesig gestaar, insluitend hiperinflasie, politieke ekstremiste (insluitend halfmilitêre links- en regsgesindes) en voortgesette gespanne verhoudings met die oorwinnaars van die Eerste Wêreldoorlog. 1.3
Die Verdrag van Versailles
Die konferensie waartydens die Verdrag van Versailles onderteken is, het op 18 Januarie 1919 begin. Duitsland is nie na hierdie konferensie uitgenooi nie, maar baie van die Geallieerde hooggeplaastes is wel genooi. Elkeen van die drie vernaamste Geallieerde lande se benadering tot hierdie konferensie het verskil. Woodrow Wilson, die president van die VSA, het hom beywer vir blywende vrede en hy wou graag ’n Volkebond tot stand bring, maar president Clemenceau van Frankryk wou hê dat Duitsland deur skadevergoeding vir die oorlog moes betaal en dat Duitsland van sy grond, nywerhede en gewapende magte gestroop moes word. Lloyd George van Brittanje was verskeurd tussen sy eie oortuigings om Wilson te ondersteun en die openbare mening dat Duitsland vir die oorlog gestraf moes word; toe skaar hy hom maar tydens die konferensie by Clemenceau.
© Impaq
8
Handleiding G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Eenheid
1
Die Verdrag van Versailles. Bron: http://en.wikipedia.org/wiki/File:Treaty_of_Versailles,_English_version.jpg
Die Verdrag is op 28 Januarie 1919 onderteken en die Eerste Wêreldoorlog is sodoende beëindig. Die Verdrag was ’n lang dokument wat uit 440 artikels bestaan het, waarvan die mees omstrede een artikel 231 was. Daarin is bepaal dat Duitsland volle verantwoordelikheid vir die skade wat tydens die Eerste Wêreldoorlog aangerig is, moes aanvaar (bekend as die “oorlogskuld-klousule”), dat hy groot grondkonsessies moes maak (en ook al sy kolonies verloor), dat hy sy weermag tot 100 000 man moes beperk en dat hy ’n baie groot bedrag geld as skadevergoeding aan die Geallieerde Moondhede moes betaal. ’n Kort opsomming van Duitsland se strawwe kragtens die Verdrag van Versailles: Grondgebied: • Elsas-Lotharinge, wat in 1871 deur Duitsland verower is, is aan Frankryk teruggegee. • Die Saarland, ’n belangrike Duitse steenkoolveld, is vir 15 jaar lank aan Frankryk gegee, waarna die eienaarskap daarvan deur ’n volkstemming beslis sou word. • Pole het ’n onafhanklike land geword met ’n “roete na die see”, ’n deurgang wat Duitsland in twee sny. • Danzig, ’n belangrike hawe in Oos-Pruise (Duitsland), is onder internasionale heerskappy geplaas. • Alle Duitse en Turkse kolonies is van Duitsland weggeneem en onder Geallieerde beheer geplaas. • Finland, Litaue, Letland en Tsjeggo-Slowakye is almal onafhanklik verklaar. • Oostenryk-Hongarye is verdeel en Joego-Slawië is tot stand gebring. Wapens: • Die linkeroewer van die Rynrivier is deur Geallieerde magte beset en die regteroewer is gedemilitariseer. • Die Duitse weermag is tot 100 000 manskappe verminder en alle oorlogswapens moes vernietig word.
© Impaq
9
Handleiding G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
• •
Eenheid
1
Die Duitse vloot is tot 36 skepe verminder en Duitsland mag geen duikbote besit het nie. Duitsland is verder verbied om ’n lugmag te hê. ’n Anschluss (verbond) tussen Duitsland en Oostenryk is verbied.
Skadevergoeding en skuld: • In die “oorlogskuld-klousule” is Duitsland verplig om die algehele blaam vir die oorlog te dra. • Duitsland moes £6,6 miljard as skadevergoeding betaal. Duitsland het al sy kolonies verloor.
Noord-Sleeswyk is aan Denemarke gegee.
Danzig – ‘n vry stad deur die Volkebond beheer.
Eupen en Malmedy is aan België gegee.
België
Parys
WesPruise
DUITSLAND
Gedemilitariseerde gebied
Nuwe regering hier byeengekom – Duitsland is die Republiek van Weimar genoem.
Saarlandesteenkoolvelde aan Frankryk gegee vir 15 jaar.
Aan Frankryk gegee (wat in 1871 deur Duitsland verower is).
Frankryk Gebiede wat Duitsland aan ander lande verloor het Gebiede wat Duitsland aan die Volkebond verloor
Berlyn
OosPruise
Pole is ’n deurgang na die Oossee gegee, wat Oos-Pruise van Duitsland afsny. Posen – ryk landbougrond aan Pole gegee.
POLE Tseggo-Slowakye
Vereniging tussen Duitsland en Oostenryk verbied.
OOSTENRYK
Verplaasde Duitsers
Die kaart waarop Duitsland se straf kragtens die Verdrag van Versailles aangetoon word. Aangepas en vertaal vanaf: http://www.johndclare.net/peace_treaties4.htm
1.4
Hitler en die Nazi’s (1920’s)
Adolf Hitler is op 20 April 1899 in ’n stad met die naam van Braunau am Inn in Oostenryk gebore. Hitler se ouers is dood toe hy nog baie jonk was. Hy het akademies nie goed op skool gevaar nie en is uit die skool geskors. Ná sy skorsing het hy na Venesië in Italië getrek om ’n kunstenaar te word. Hy het egter nie ’n groot kunstalent gehad nie en besluit toe om na München in Duitsland te trek in die hoop om ’n argitek te word. Toe die Eerste Wêreldoorlog uitgebreek het, het Hitler by die Duitse weermag aangesluit. Hy het ’n sterk Duitse patriot tydens die Eerste Wêreldoorlog geword.
© Impaq
10
Handleiding G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Eenheid
1
Hitler het twee groot beserings tydens die oorlog opgedoen. Die eerste besering het in Oktober 1916 opgedoen, toe hy deur ’n handgranaatskerf gewond is. Hy het die ander besering op 13 Oktober 1918 opgedoen toe ’n gasaanval hom tydelik blind gemaak het. Albei hierdie beserings het daartoe aanleiding gegee dat hy die Ysterkruis vir Dapperheid ontvang het. Ná die oorlog het Hitler ’n politieke loopbaan begin en hy het by die Duitse Werkersparty onder leiding van Anton Drexler aangesluit. Hitler het gou die leier van hierdie party geword omdat hy oor uitmuntende vaardighede as spreker beskik het en groot skares met sy welsprekendheid kon boei.
Adolf Hitler Bron: www.librarising.com
Nadat Hitler die leier van hierdie party geword het, het hy dit tot die Nasionale Sosialistiese Duitse Werkersparty, of Nazi-party, herdoop. Hy het die Nazi-party in ’n halfmilitêre organisasie verander deur die swastika as die party se embleem te aanvaar en sy eie private weermag genaamd die Sturmabteilung (Stormafdeling – SA) op die been te bring. Die SA (wat ook as die Stormtroepe of Bruinhemde bekend was) is beveel om politieke teëstanders se vergaderings te ontwrig en Hitler teen enige wraakaanvalle te beskerm.
Die swastika-embleem van die Nazi-party. Bron: http://www.crwflags.com/fotw/flags/de%7Dns_or.html
Die kenteken van die SA. Bron: http://en.wikipedia.org/wiki/Sturmabteilung
In 1923 het Hitler gevoel dat hy oor genoeg steun van die Duitse volk het en besluit om die regering omver te werp. Die “Biersaal-Putsch” het op 8 November 1923 in München plaasgevind en Hitler het daarmee probeer om die regering omver te werp. Die staatsgreep het egter misluk, en Hitler is tot vyf jaar in die Landsberg-vestiging gevonnis, maar hy het slegs nege maande van sy vonnis uitgedien. Gedurende hierdie nege maande in
© Impaq
11
Handleiding G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Eenheid
1
aanhouding het hy ’n boek genaamd Mein Kampf (“My stryd”) geskryf en dit was vol antiSemitiese stellings, sy eie idees, partybeleide en ’n strategie vir wêreldoorheersing. Dit word later die bybel van die Nazi-party.
’n Kopie van Hitler se boek, Mein Kampf. Bron: http://snyderstreasures.com/pages/mk.htm
1.5
Die Groot Depressie van 1929 en die uitwerking daarvan op Duitsland
Die Republiek van Weimar het van 1923 tot 1929 ’n Goue Era beleef. Die ekonomie onder leiding van kanselier Stresemann het begin verbeter, en die Duitsers het begin om die beginsels van demokrasie in Duitsland te aanvaar. Die Weimar-regering het begin om die skadevergoeding wat in die Verdrag van Versailles bepaal is, deur die Dawes-plan terug te betaal. Hierdie plan was ’n ooreenkoms tussen die regering en Amerikaanse banke dat die regering geld by hulle leen; die Amerikaners het Duitse bates as aanvullende sekuriteit gebruik. Al het dit op die oppervlak gelyk of Duitsland besig was om te stabiliseer, was die Republiek van Weimar baie swak weens die swak regering en die feit dat die nuwe ekonomie op buitelandse lenings, veral van die VSA, gebou is. Hierdie afhanklikheid van Amerikaanse banke het tot gevolg gehad dat Duitsland die swaarste deur die Wallstraat-instorting van 1929 getref is. Die VSA het alle lenings aan die Republiek van Weimar gestaak en die land kom toe voor nog ’n krisis te staan met die dood van kanselier Stresemann in 1929. Die Republiek van Weimar is deur hiperinflasie getref, maatskappye is bankrot verklaar en miljoene Duitsers is werkloos gelaat.
© Impaq
12
Handleiding G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Eenheid
1
Duitse kinders speel met geld, want ná die Groot Depressie was hierdie geld waardeloos in Duitsland. Bron: http://www.billcara.com/cara-community/wp content/uploads/2013/05/2364.png
1.6
Die mislukking van demokrasie in die Republiek van Weimar
Die Weimar-regering was polities uiters swak omdat die regering uit ’n koalisie van verskillende politieke partye bestaan het. Hulle het met mekaar geargumenteer oor watter optrede nodig was om die verskillende krisisse aan te spreek, veral die ekonomie. Die Weimar-regering het is deur enorme burgerlike onrus in die gesig gestaar, en moes ook voedseltekorte, hiperinflasie en grootskaalse werkloosheid hanteer. Dit het die Weimarregering uiters ongewild gemaak, en die Duitsers het hulle gewend tot ekstreme politieke partye soos die Nazi-party. Die meeste partye het private weermagte gehad om hulself by vergaderings te beskerm en daarby het hulle militêre optogte in die strate gehou om die publiek te probeer beïndruk.
Banknote van twee miljoen mark – geld het weens hiperinflasie waardeloos geword. Bron: http://theoryofsupply.com/Bayer2Mil.htm
1.7
Redes vir die openbare steun vir die Nazi-party en die 1932- en 1933-verkiesings
Voor 1929 was die Nazi-party nie baie gewild nie, maar verskeie faktore het later tot die ondersteuning van die Nazi-party gelei.
© Impaq
13
Handleiding G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Eenheid
1
Hitler het deur middel van propaganda, kragdadige toesprake en aanvalle op ander politieke partye deur sy Stormtroepe seker gemaak dat die Duitse volk sy idees verstaan. Die volgende is Hitler se belangrikste idees: • Hitler het geweet dat die Duitse volk kwaad was oor die Verdrag van Versailles en deur te belowe om van die Verdrag ontslae te raak, begin baie mense hom ondersteun. • Duitsland het nog altyd sterk gewapende magte gehad; Duitsland moet dus herbewapen word. • ’n Verbod moet op ander partye, insluitend die Kommunistiese Party, geplaas word. • Duitsland moet Lebensraum kry om alle Duitssprekende lande en gebiede in Duitsland te verenig. • Die Weimar-regering is swak en Hitler belowe die volk ’n sterk regering wat die mense sal ondersteun. • Hitler is van mening dat die Duitse volk die Ariese meestersras is wat oor die wêreld sal heers. • Hitler het ook welvarende nyweraars se steun om sy idees regoor Duitsland te versprei. Die 1932- en 1933-verkiesings In 1931 is daar twee verkiesings in Duitsland gehou, waarvan die een in Julie die Nazi-party die grootste party in die Reichstag maak met 37,2% (230 setels) van die stemme. Die meerderheid van die stemme was afkomstig van die middelklas wie se partye deur die Naziparty ingesluk is. Hitler het geweier om as minister onder kanselier Papen te dien, want hy wou self rykskanselier word, maar op 13 Augustus 1932 het president Von Hindenburg sy plan verwerp. Aangesien daar geen meerderheid van een party in die Reichstag was om ’n regering te vorm nie, het die Reichstag ontbind en ’n nuwe verkiesing is afgekondig, in die hoop dat een party genoeg stemme kon wen om ’n regering te vorm. Die verkiesing is op 6 November 1932 gehou, met die Nazi-party wat slegs 33,1% van die stemme gekry het – twee miljoen stemme minder as in die vorige verkiesing. Hitler het gedink dat die Nazi-party sy kans verbeur het, maar dieselfde probleem het weer ontstaan, naamlik dat president Von Hindenburg geen wetgewing deur die Reichstag kon laat aanneem nie. Hy het die ondersteuning van ’n groot party nodig gehad, en die Nazi-party was die grootste party in die Reichstag. Von Hindenburg het vir Hitler die pos van visekanselier aangebied in ruil vir sy ondersteuning, maar Hitler het die pos van rykskanselier aangedring. Von Hindenburg en Papen het besluit om die risiko te loop en het geredeneer dat daar nog genoeg van hul eie ondersteuners in die regering was en dat hulle in staat sou wees om Hitler te beheer. Von Hindenburg het Hitler toe in Januarie 1933 die rykskanselier van Duitsland gemaak.
© Impaq
14
Handleiding G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Eenheid
1
Von Hindenburg en Papen was egter verkeerd: hulle kon geen beheer oor Hitler uitoefen nie. Hitler het dadelik nog ’n verkiesing vir 5 Maart 1933 aangekondig, met die voorneme om die meerderheid stemme te verwerf. Sy saak is aangehelp deur die Reichstag-brand van Februarie 1933 wat deur ’n Hollandse kommunis genaamd Van der Lubber gestig is. Dit het Hitler rede gegee om honderde kommuniste te arresteer en om die Duitse volk die bang te maak dat Duitsland die gevaar van ’n kommunistiese rewolusie loop. Die Nazi-party het gevolglik 288 setels (44%) van die stemme in die verkiesing verwerf. Dit het steeds nie aan die Nazi’s ’n volle meerderheid gegee nie, maar het Hitler in staat gestel om die kommuniste te arresteer en die ander afgevaardigdes van die Reichstag te intimideer.
Die Reichstag-brand in Februarie 1933. Bron: http://en.wikipedia.org/wiki/Reichstag_fire#mediaviewer/File:Reichstagsbrand.jpg
1.8
Die Bemagtigingswet en diktatorskap
Die Bemagtigingswet is op 23 Maart 1933 aangeneem. Ingevolge hierdie Wet is die kabinet gemagtig om wetgewing uit te vaardig sonder dat dit eers vier jaar lank deur die Reichstag moes gaan. Alhoewel daar in die Wet bepaal is dat slegs die kabinet wette sonder die parlement kon uitvaardig, het Hitler op die ou end oor al die mag beskik om al die wette in Duitsland aan te neem sonder enige toestemming van die parlement. Op 14 Julie 1933 is alle politieke partye verbied buiten die Nazi-party en toe president Von Hindenburg in Augustus 1934 sterf, laat Hitler die posisies van die kantoor van die president en van kanselier tot een posisie saamsmelt en noem dit Der Führer of Die Leier. Hierdie posisie was egter nie ingevolge die Wet toelaatbaar nie. Ingevolge die Bemagtigingswet is daar ’n verbod op vakverbonde geplaas en is hul leiers gevange geneem, plaaslike owerhede is deur die Nazi's oorgeneem en die Gestapo (geheime polisie) is gestig om enige verset teen Hitler en die Nazi-party te onderdruk.
© Impaq
15
Handleiding G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Eenheid
1
Die meeste teenstanders is na konsentrasiekampe gestuur, insluitend Jode, kommuniste, Jehovasgetuies, sigeuners, protestante en homoseksuele mense. Hierdie Bemagtigingswet het in 1934 van Hitler die diktator van Duitsland gemaak en daarvolgens het die mag om alleen te regeer volkome gewettig geword. 1.9
Die Neurenbergwette en die Jode se verlies van basiese regte (1935)
In die tydperk van Nazi-oorheersing van die middel van 1933 tot die vroeë 1940’s is talle wette aangeneem ingevolge waarvan die regte van die Jode in Duitsland weggeneem is. Toe Hitler sy boek, Mein Kampf, geskryf het, het hy die Jode vir Duitsland se probleme geblameer en hulle as bedreiging en gevaar vir die Duitse Ariese ras bestempel. Hy het propaganda in Duitsland ingespan om die Duitse volk te wys dat die Jode ’n minderwaardige ras (untermensch – ondermenslik) was en op sosiale gebied minderwaardig was. Hy het hulle die “kiem van vernietiging” genoem. Aan die begin het van die wette onbelangrik gelyk, byvoorbeeld dat Jode nie toegelaat is om die Duitse vlag te hys of troeteldiere aan te hou nie. Later het van die wette hulle egter van hul basiese burgerlike regte en die reg op onderwys, óf deur skole óf deur universiteite, ontneem en is hulle nie toegelaat om hul eie ondernemings te besit of bepaalde poste te beklee nie. In 1936 is die Jode nie toegelaat om openbare geriewe te gebruik of om elektriese toerusting, tikmasjiene of fietse te besit nie. Tydens ’n byeenkoms in die stad van Neurenberg is twee wette uitgevaardig as die begin van die “finale oplossing” deur Hitler en die Nazi-party. Hierdie twee wette staan algemeen as die Neurenbergwette bekend:
• Die Wet op die Beskerming van Duitse Bloed en Duitse Eer. Hierdie eerste stuk wetgewing het ’n “volbloed-Jood” (Juden) omskryf as ’n persoon met drie of vier Joodse grootouers. ’n “volbloed-Duitser” was enige iemand met vier Duitse grootouers. Diegene wat nie in een van hierdie twee kategorieë ingepas het nie, is as Mischlinge (“basters”) gekategoriseer, dit wil sê nóg volledig Joods nóg volledig Aries. Kragtens hierdie wet is huwelike of buitehuwelikse verhoudings tussen Jode en Ariërs verbied. Duitse vroue van Ariese herkoms, onder die ouderdom van 45 jaar, is ook verbied om in Joodse huishoudings te werk. • Die Wet op die Reich se Burgerskap. Ingevolge die bepalings van hierdie wet het slegs diegene met suiwer Ariese bloed outomatiese burgerskap verkry. Jode is as regeringsonderdane beskou wie se noodlot deur regeringsbeleid bepaal is. Volgens hierdie hervorming is die burgerskap van Duitse Jode effektief afgeskaf.
© Impaq
16
Handleiding G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
1.10
Eenheid
1
Die vervolging van politieke teenstanders en “ongewenstes”
Hitler wou ’n meerderwaardige Ariese ras kweek. Die volmaakte model vir die Nazi’s was ’n blonde persoon met blou oë, fisiek sterk en hoogs intelligent. Hitler het vanaf 1933 wette uitgevaardig wat teen mense wat nie by hierdie idee van volmaaktheid ingepas het nie, gediskrimineer het. Hierdie groepe het die volgende ingesluit: • Sigeuners: 85% van hulle is in gaskamers doodgemaak. • Swart mense: Hulle is gesteriliseer, mediese eksperimente is op hulle uitgevoer en hulle is in konsentrasiekampe gevange gehou. • Gestremdes (verstandelik en fisies gestrem): 250 000 is óf deur middel van inspuitings óf in gaskamers vermoor en 400 000 is gesteriliseer. • Homoseksuele mense: 15 000 is vergas en 100 000 is gearresteer en gekastreer. • Jehovasgetuies: 2 000 is vergas omdat hulle geweier het om ’n lojaliteitseed teenoor Hitler te sweer. • Politieke teenstanders en welvarende Duitsers: 5 600 Katolieke priesters uit 24 lande en ander Duitsers is vergas. • Jode: Die Duitsers vervolg hulle stelselmatig. Hulle word gedwing om in die ommuurde Warschau-ghetto te woon, is in konsentrasiekampe geplaas en is vir mediese eksperimente gebruik. Die Nazi’s se Finale Oplossing van volksmoord het uiteindelik tot ses miljoen Jode se dood gelei. Die volgende tydlyn bevat ’n steekproefneming van hierdie anti-Joodse wette: • • • • • • • • • • • • •
Jode is nie toegelaat om as offisiere in die Weermag te dien nie (Mei 1935). Jode is verbied om as veeartse te werk (April 1936). Joodse onderwysers is nie meer toegelaat om in staatskole te werk nie (Oktober 1936). Munisipale owerhede in Berlyn het Joodse kinders uit staatskole uitgesluit (April 1937). Jode is verbied om wapenwinkels te besit of in wapens handel te dryf (Julie 1938). Alle Jode moes óf “Israel” óf “Sara” by hul geboortename voeg (Augustus 1938). Joodse dokters is kragtens wetgewing verbied om nie-Joodse pasiënte te behandel (September 1938). Jode moes almal ’n groot rooi “J” op hul paspoorte kry (Oktober 1938). Jode is verbied om vrylik in Duitsland rond te beweeg (November 1938). Jode is nie meer toegelaat om hul eie kar te besit of ’n bestuurderslisensie te hê nie (Desember 1938). Alle Joodse akademici, dosente en studente is uit die universiteite geskors (Desember 1938). Jode is verbied om enige loterykaartjies te koop of pryse op te eis (Augustus 1939). Jode is nie meer toegelaat om telefone te laat installeer, in stand te hou of te gebruik nie (Julie 1940). Bron: http://alphahistory.com/holocaust/anti-jewish-laws/#sthash.xbTvS5Go.dpuf
© Impaq
17