Gr 9 afrikaans eerste addisionele taal handleiding
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Handleiding 1/2
Graad 9
Aangepas vir KABV
Dr. A Mostert (EduLight), Hoofouteur Dr. N Faasen
2309-E-EAT-SG01
INHOUDSOPGAWE
Handleiding 1/2 G09 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Aktiwiteit 139: Absoluut Einstein: Beantwoord inhoudsvrae oor hoofstuk 13
Aktiwiteit 140: Idiome en spreekwoorde: Soek na die sleutelwoord ..............................
Aktiwiteit 141: Hersien die direkte en indirekte rede.............................................................
Aktiwiteit 143: Tydens lees: Verken die kortverhaal verder ................................................
Aktiwiteit 144: Postlees: Verstaan die kortverhaal nog beter..............................................
Aktiwiteit 145: Oefen aanhalingstekens, afkortings, verkortings en akronieme .........
Aktiwiteit 146: Oefen taalstrukture
Aktiwiteit 147: Wat is ’n resensie nou
149: Woorde wat vir resensies werk (hoofwerkwoorde, infinitief)
170: Redigeer die kennisgewing, agenda en notule
171: Proeflees die kennisgewing, agenda en notule
Aktiwiteit 172: Laat die notule goedkeur
Aktiwiteit 173: Rond die finale kennisgewing, agenda en goedgekeurde notule af om dit in
Handleiding 1/2
G09 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
LESELEMENTE
LEERDOELWITTE
Wat jy aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
AKTIWITEIT
Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.
WOORDESKAT
Betekenis van moeiliker woorde in tekste.
KERNINHOUD
Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe
WENKE
Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.
VIR DIE NUUSKIERIGES
Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.
LEKKERLEESLYS
BLITS 2: Operasie Hoërskool
Nadine en Adriaan Blom
ISBN: 9780624084075
Epub-ISBN: 9780624084082
Uitgewer: Tafelberg
“Hannes en Zander is in Gr. 8. Hoërskool is soveel anders as wat hulle verwag het. Dit lyk boonop asof hulle vriendskap onder al die druk van aanpas in die nuwe skool gaan ly. Hannes se speurinstink word weer geprikkel toe ’n nuwe kind in sy klas hom een middag huis toe nooi. En Luna, as sy net wil ophou droom oor modelkontrakte! Gelukkig bly Melkbos die beste plek op om te bly en is ‘n goeie surf-sessie medisyne vir amper enigiets wat pla!”
“Leopold se wêreld stort in duie wanneer sy ma sterf en sy familie se rykdom verdwyn. Hy ontmoet ’n togryer –’n boggelrugman met ’n vreemde wit hond – wat hom ompraat om by die transportwa aan te sluit na die diamantvelde om sy fortuin te soek. Onderweg kruis sy pad met dié van Sara, op soek na die merk van haar voormense. Hy ontmoet ook die beeldskone Emily, wat dinge ‘sien’ en die klippe hoor praat. Wanneer hulle by die geheimsinnige tollenaar, Arius, se tolhuis in Ceres gestrand raak, kom hulle ’n donker wese teë wat in die Skurweberge dwaal. Saam ontrafel hulle die geheim: dat hulle bestem is om die skrikbewind van die Verdwaalding stop te sit. ’n Spannende historiese jeugroman wat tegelykertyd fantasie-, avontuur- en spookverhaal is.”
Raaiselsee
Troula Goosen
ISBN: 9780798181006
Uitgewer: Human & Rousseau
“Daniel weier om te glo wat almal sê: dat hy ’n skelm is, nes sy pa … Wanneer hy egter ’n meisie in ’n rolstoel op Simonstad se kaai raaksien en besluit om haar pêrelhangertjie te steel, beland hy onverwags op ’n skip wat hom wegvoer na Skulpiesbaai en die rykman Robert Stanford se plaas. Hy maak kennis met Malgas, ’n visser wat in die kliphuis bokant die melkhoutbos woon,
Handleiding 1/2
G09 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
en Gertjie, die diensmeisie wat die venynige juffrou Caitlin in haar rolstoel versorg. Maar wie is die vreemde ou vrou wat saam met die strandjutwolf langs die see verskyn? En waarom tree Caitlin so boosaardig op terwyl sy vrees dat die Seevrou haar gaan kom haal? Hou dit dalk verband met die wrak van die slaweskip wat daar op die rotse geloop het? ’n Spannende historiese jeugroman. Fantasie-, avontuur- en spookverhaal in een.”
Pienk is nie vir sissies nie
Christien Neser
ISBN: 9780624085409
Epub-ISBN: 9780624085416
Uitgewer: Tafelberg
“Nicci is ‘n willewragtig op ’n bergfiets. Die heel lekkerste is om die seuns se reaksie te sien wanneer hulle besef ’n meisie het vir hulle ore aangesit. Tot die dag wat Nicci wreed aangeval en van haar fiets beroof word. Haar wêreld tuimel ineen. Wie sal so iets doen? Stuk-stuk pas Nicci en haar vriende Felicity en Godfrey die legkaart in mekaar, en wat hulle uitvind, toets hulle geloof in hulle medemens en hulle eie waardes.”
Jungo Josh: Die Goue Kalbas
Constant van Graan
ISBN: 9780624090779
Uitgewer: Tafelberg
“Josh woon by sy tannie op ‘n plaas in Oos-Afrika nadat sy ma skielik verdwyn het. ’n Vreemdeling daag op en probeer hom ontvoer. Doris, die huishulp, red hom. Sy vertel hom dat ’n groep mense sy bloed soek en dat hy in die vallei Kalimbula die wyseman, Ngandu, moet gaan spreek om antwoorde te vind. Josh pas die legkaartstukkies van sy ma se verdwyning stadig bymekaar, maar toe die goue kalbas oopgemaak word om die naam van die troonopvolger te onthul, kry Josh die verrassing van sy lewe ...”
Sample
Jungo Josh 2: Die Kryger van Aboemondja
Constant van Graan
ISBN: 9780624090786
Uitgewer: Tafelberg
“Josh is ingehuldig as die nuwe koning van Kalimbula. Hy sukkel met die idee van koning wees. Silvia, sy ma, is egter nie dood nie. Sy slaag daarin om van die plaas te ontsnap. Intussen maak ‘n misterieuse kryger haar verskyning en Josh se koningskap word tot die uiterste beproef. Hy vra die hulp van die geheimsinnige Sifashama met hul rooi mantels, maar dit help nie. Masjeba se raad kom teen ‘n prys. En waar is Silvia? Sal sy Kalimbula bereik voor dit te laat is en alles om Josh in duie stort?”
Die lewe volgens Wim Vermaak
William Oosthuizen
ISBN: 9780798180313
Epub-ISBN: 9780798180320
Uitgewer: Human & Rousseau
“Wim Vermaak se lewe is onderstebo. Hy is op die punt om Graad 9 te dop omdat sy aandag in die LO-klas afgetrek word deur ’n meisie. Sy tweelingsussie wil opsluit deel word van die Mars One-sending na Mars. Hul verstrooide ouma word deur ’n internetslenter om die bos gelei, en dan is daar Harold, sy ma wat kuns doseer se menslike geraamte wat die studente in opstand bring en konflik tussen sy ouers saai. Dalk is Wim se LO-taak die antwoord om dinge weer op koers te kry.”
Veldiep
Fanie Viljoen
ISBN: 9780624085379
Epub-ISBN: 9780624085386
Uitgewer: Tafelberg
“Amber is onseker van haar voorkoms. Is sy mooi? Sy maak ‘n anonieme YouTube-video waarin sy mense vra om haar voorkoms te beoordeel, maar dit beland per ongeluk op haar Facebookblad. Tim is gewild, maar sy meisie het hom sopas afgesê vir een van die rugbyouens. ‘n Toevallige ontmoeting in die skadu’s van die landgoed waar hulle albei woon, lei tot ‘n ongewone vriendskap, maar sal Amber die moed hê om haar spoke te konfronteer? En sal Tim die skadu-meisie se ware skoonheid kan raaksien?”
Halley se komeet
Hannes Barnard
ISBN: 9780799395464
Uitgewer: LAPA
“Pete de Lange moet as tiener probeer oorleef in ’n klein Natalse dorpie gedurende die onstuimige tagtigerjare saam met sy nuutgevonde vriende Petrus en Sarita. In ’n land wat bloei van rassekonflik is dit makliker gesê as gedaan. Pete en sy vriende het ’n wrede misdaad gesien, en die skuldige is op hulle spoor. Sal reg en geregtigheid geskied in ’n land wat reeds polities verwronge is?”
Handleiding 1/2
G09 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Elikser
Frenette van Wyk
ISBN: 9780639604220
Uitgewer: LAPA
“Lily Linvelt se enigste missie is om ’n oeroue blommetjie in Ierland, in die Burren, te vind. Sy moet ’n elikser maak om haar ma wat ’n paar maande gelede deur ’n bloedsuiervlermuis in die einste Burren gebyt is, te red. Terwyl sy daar is, ontmoet Lily vir Sterling Ashford. Hy is ’n natuurbewaarder en -kenner, en hy help vir Lily om die seldsame blommetjies op te spoor. Hy is beeldskoon en enigmaties. Geheimsinnig en verleidelik. Sy hele wese drup van … betowering. Lily kom egter voor meer uitdagings te staan. Sy ontdek ’n geheim oor Sterling wat die wind uit haar seile neem en ’n bonatuurlike wêreld vir haar oopsluit, een wat sy gedink het net in fantasieë bestaan. Cobalt, die parfumeur by wie sy enfleurage leer doen, en sy honde het boonop hulle eie duistere agenda. Die magiese blommetjies groei ook net in die diepste, gevaarlikste deel van die Graganwoud, en vele vyandige wesens staan haar en Sterling teë om betyds die elikser vir haar ma te maak …”
Offers vir die vlieë
Fanie Viljoen
ISBN: 9780639601779
Uitgewer: LAPA
“‘Op sewentien, toe ons by Opleidingskamp Alpha rapporteer, het ons elkeen ons eie S13 gekry. Daardie dag, toe ek my hande op die swart metaalhuls van die geweer lê, het iets in my doodgegaan. Ek het dit net nie toe al besef nie.’ Dertig soldate kry van kleintyd af intense weermagopleiding in ’n distopiese staat. Ses jong soldate, ontneem van hul menslikheid en hulle jeug, bly oor en word ontplooi na die Front. Een van hulle vermoor hul seksieleier. Almal ontken hulle is skuldig. Wie van hulle lieg?”
Oopmond
Jan Vermeulen
Sample
ISBN: 9780799389319
Uitgewer: LAPA
“Wenner van LAPA se Jeugromankompetisie 2017. Madelaine Taaibosch vermoed die skenkerhart wat in haar bors klop, is ’n gebroke hart. Die dokters verseker haar daar is niks met die hart verkeerd nie, maar sy begin vreemde dinge sien. Dinge uit die verlede. Dinge wat in die toekoms gaan gebeur. Die speurtog na die waarheid oor haar skenker laat haar stadigaan besef dat party harte mekaar selfs oor eeue heen kan vind.”
Zita
Anzil Kulsen
ISBN: 9780799342383
“Alles by haar nuwe skool is vir Zita vreemd. Die kinders, die kos, die sport, selfs die skoolwerk. Sy verlang terug na Kieriekroek waar sy grootgeword het – ’n plek wat net soveel kleurvolle karakters het as wat hy swaarkry het. Dis net die gedagte aan Waldo by die nuwe skool wat Zita elke keer dromerig laat glimlag. Maar daar is ’n ding wat tussen haar en Waldo staan. Dieselfde ding wat tussen haar en haar ma en tussen haar en die nuwe skool staan. Dis die ding met haar pa ...”
Die perfekte brander
Samestellers: Marieta Nel en Adinda Vermaak
ISBN: 9780799383805
Uitgewer: LAPA
“Stories oor die pyn en vreugdes van verlief wees. Stories oor die waagmoed, twyfel en uitdagings van jonk wees. Stories wat jou sal laat glimlag of ’n traan laat wegvee. Stories wat wéét hoe dit voel om sestien te wees. Bekende skrywers soos Christine Barkhuizen le Roux, Christo Davids, Carina Diedericks-Hugo, Nelia Engelbrecht, Jaco Fouché, HemelBesem, Jaco Jacobs, Eldridge Jason, Anzil Kulsen, Christien Neser, Nathan Trantraal, Jan van Tonder, Jan Vermeulen, Elizabeth Wasserman en Fanie Viljoen span saam met ’n klompie opwindende nuwe stemme in hierdie fantastiese nuwe bloemlesing wat op ouer tieners gemik is.”
Al wat ek weet
Marita van der Vyver
ISBN: 9780799378993
Uitgewer: LAPA
Jy’s kwaad vir die hele wêreld. En jou enigste wapen is ’n rugsak vol woorde.
Sample
“Gabriel is vyftien jaar oud. Fifteen going on fifty, soos sy ma altyd geterg het. En ná haar dood weet hy skielik nie meer waar hy inpas nie. Die sielkundige wil hê hy moet oor sy gevoelens praat. Maar hoe verduidelik jy vir haar dat dit die afgelope paar maande makliker geword het om met woede te cope as met snot en trane? Hoe verduidelik jy dat jou kastige ‘gemengde bloed’ jou anders as die res maak? Hoe verduidelik jy dat dinge net nie meer dieselfde tussen jou en jou pa is nadat hy in ’n sielkundige inrigting opgeneem is nie, terwyl jy moet probeer aangaan met jou lewe? Hoe verduidelik jy waarom jy al twee keer jou polse met ’n knipmes probeer oopkerf het? Daarom verloor Gabriel homself in die wêreld van performance poetry, waar jy jou woede in woorde kan omsit en dit vir ’n gehoor uitbasuin. In hierdie wonderwêreld van woorde leer hy om sy hand diep binne-in sy rugsak vol woorde te steek en die woorde soos gloeiende kole vir ’n gehoor te gooi. Dan ontmoet hy vir Sasha, wat mooier is as Sneeuwitjie en boonop ’n ding of twee van poësie weet ...”
Handleiding 1/2
G09 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Verkleurmannetjie
François Bloemhof
ISBN: 9780639608136
Uitgewer: LAPA
“Toe Marco sy biologiese pa ontmoet, is dit die antwoord op baie vrae. Die regte antwoord, want Dirk du Toit is iemand soos wie hy graag wil wees. Die eintlike vrae kom egter nog. Wat nou van die mense wat Marco in die stad agtergelaat het? Wat is sy halfbroer se probleem? En Dirk se vrou s’n? Word hy agtervolg? Alles is reg aan Dirk, maar soveel is verkeerd óm hom … Soos die titel belowe, is Verkleurmannetjie nie net een soort storie nie. Hier is meer ratverwisselings en onthullings as in ’n hele TV-reeks, deur ’n skrywer wat weet hoe ’n tiener se kop werk – en hou van hoe dit werk! Hierdie boek is fiksie wat spoke en raaisels insluit.”
13 Spookstories
François Bloemhof; Jaco Jacobs; Fanie Viljoen
ISBN: 9780799346572
Uitgewer: LAPA
“Glo jy in spoke? Is daar regtig allerlei bangmaakgoed wat in die nag rondloop? Maak dig toe die gordyne, klim in jou bed, trek die duvet styf om jou skouers ... en laat die 13 stories in hierdie boek jou koue rillings gee!”
Baster
Jan Vermeulen
ISBN: 9780639601809
Uitgewer: LAPA
Sample
“Baster is die storie van Karel, ’n seun wat met honde kan praat, en Hêppie, ’n liefdevolle brak wat gedwing word om ’n straatvegter te word. Die verhaal vertel die storie van al die honde waarvoor Karel lief is, maar ook die hartverskeurende verhaal van die hondegevegte en geweld wat sy samelewing verskeur.”
Fiksie met karakters met outistiese toestande
Amper Einstein
Christien Neser
ISBN: 9780624056201
Epub-ISBN: 9780624056218
Uitgewer: Tafelberg
“Amper Einstein is die storie van twee broers: Leonard in graad 10 en die sesjarige Micha, wat aan outisme ly. Toe Micha se outisme by sy nuwe preprimêre skool (die soveelste een) gediagnoseer word en dit daadwerklik behandel en hanteer word, begin dinge regkom. Leonard vind dit egter wel moeilik om gefokus te bly op sy ideaal om eendag ʼn ingenieur te word. Hy is ’n slimkop en hy en sy groepie ‘mede-geeks’ by die skool droom om die jaarlikse brugboukompetisie vir hoërskole te wen sodat hy ’n beurs kan kry om ingenieurswese te gaan studeer. Daar is ook ’n romanse wat ontwikkel tussen Leonard en Hannelore, een van die ‘geeks’ in sy span. Die tema van outisme en Asperger-sindroom is baie goed uitgebou. Op ’n onopsigtelike en goed geïntegreerde manier leer die leser meer daaroor, en dit bereik een van die belangrike doelwitte van hierdie tipe boek: bewusmaking van so ’n toestand en die afbreek van stereotipes en vooroordeel.”
Raaiselkind
Annelie Botes
ISBN: 9780624040101
Epub-ISBN: 9780624078159
Uitgewer: Tafelberg
Sample
“‘n Verhaal wat die kruis van outisme genadeloos oopvlek. Sentraal in hierdie aangrypende gegewe staan twee onvergeetlike vrouekarakters: Ingrid Dorfling, ma van Alexander, wat die grense van wanhoop oorskry in haar verbete stryd om die kind wat hulle gesinslewe ontwrig ‘mens’ te laat word. En in die proses omtrent alles wat kosbaar is, verloor. Parallel met Ingrid staan Miriam – oppasma – wat met haar kinderlike godsvertroue en aardse wysheid die enigste persoon is wat tot ‘Boetatjie’ kan deurdring.” (Daar is ook ’n film op Showmax.)
The Curious Incident of the Dog in the Night-Time
Mark Haddon
ISBN: 9783140412520
Uitgewer: DFB, Random House
“Fifteen-year-old Christopher has a photographic memory. He understands maths. He understands science. What he can’t understand are other human beings. When he finds his
Handleiding 1/2
G09 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
neighbour’s dog, Wellington, lying dead on the lawn, he decides to track down the killer and write a murder mystery about it. But in doing so, he uncovers other mysteries that threaten to bring his whole world crashing down around him.”
Anything But Typical
Nora Raleigh Baskin
ISBN: 9781416995005
Uitgewer: Simon & Schuster
“Told from the first-person perspective of an autistic boy, Nora Raleigh Baskin’s novel is an enlightening story for anyone who has ever worried about fitting in. Jason Blake is an autistic twelve-year-old living in a neurotypical world. Most days it’s just a matter of time before something goes wrong. But Jason finds a glimmer of understanding when he comes across PhoenixBird, who posts stories to the same online site as he does. Jason can be himself when he writes and he thinks that PhoneixBird – her name is Rebecca – could be his first real friend. But as desperate as Jason is to meet her, he’s terrified that if they do meet, Rebecca wil only see his autism and not who Jason really is … this is the breathtaking depiction of an autistic boy’s struggles – and a story for anyone who has ever worried about fitting in.”
Dolphins Dance
Jutta Goetze
ISBN: 978-1458754943
Uitgewer: black dog books
“Max is Ali’s autistic brother. He’s coming to Ali’s school this year, and Ali’s life is about to change. All Ali wants is to be a typical kid, but that’s not easy with Max around. Ali can’t even go to the beach and swim with the dolphins, because going anywhere new with Max is almost impossible. Ali’s feelings for her brother are mixed: She loves him fiercely and feels sorry for him and wants to protect him. But she also hates him for getting all the attention, for making everyday things, like going to school, difficult. Dolphins Dance is Ali’s story as she learns to understand Max. It is also a story of how autism utterly changes a family’s life.”
Rules
Cynthia Lord
ISBN: 9780439443838
Uitgewer: Scholastic
“This 2007 Newbery Honor Book is a humorous and heartwarming debut about feeling different and finding acceptance. Twelve-year-old Catherine just wants a normal life. Which is near impossible when you have a brother with autism and a family that revolves around his disability. She’s spent years trying to teach David the rules – from ‘a peach is not a funny-looking
apple’ to ‘keep your pants on in public’ – In order to stop his embarrassing behaviours. But the summer Catherine meets Jason, a paraplegic boy, and Kristi, the next-door friend she’s always wished for, it’s her own shocking behaviour that turns everything upside down and forces her to ask: What is normal?”
Marcelo in the Real World
Francisco X. Stork
ISBN: 9780545054744
Uitgewer: Arthur A. Levine Books
“Marcelo Sandoval hears music no one else can hear – part of the autism-like impairment no doctor has been able to identify – and he’s always attended a special school where his differences have been protected. But the summer after his junior year, his father demands that Marcelo work in his law firm’s mailroom in order to experience “the real world”. There Marcelo meets Jasmine, his beautiful and surprising coworker, and Wendell, the son of another partner in the firm. He learns about competition and jealousy, anger and desire. But it’s a picture he finds in a file – a picture of a girl with half a face – that truly connects him with the real world: its suffering, its injustice, and what he can do to fight. Reminiscent of The Curious Incident of the Dog in the Night-Time in the intensity and purity of its voice, this extraordinary novel is a love story, a legal drama, and a celebration of the music each of us hears inside.” (Goodreads https://www. goodreads.com/book/show/3700085-marcelo-in-the-real-world)
Voorspoed vir die uitdagings wat op jou en jou leerders se ontdekkingsreis voorlê. Ons vertrou dat hierdie gids jou sal help om die ontwikkeling van jou graad 9-leerder(s) se vaardighede in Afrikaans op eerste addisionele taalvlak speel-speel kaf te draf!
Sample
Handleiding 1/2
JAARPLAN
Eenheid Les
LES 1: Krieket
LES 2: Watersport (branderplankry)
1
LES 3: Monopoly
LES 4: Kaartspeletjies
LES 5: Wegkruipertjie
LES 6: In die begin …
LES 7: Kom speel saam!
2
LES 8: Dis nie kinderspeletjies nie.
LES 9: Werk speel-speel.
LES 10: Die eerste rondte.
LES 11: Robotsterre
3
LES 12: Op jou merke, gereed, gaan!
LES 13: Slim vang sy baas.
LES 14: Slim, slimmer, robot.
LES 15: Die beste spel.
LES 16: Stem jy saam?
4
Datum begin Datum voltooi
LES 17: Jy speel seker!
LES 18: Klaargespeel.
Die handleiding is weer in vier eenhede en in 18 lesse verdeel. Eenheid 1 en 2 is in handleiding 1/2, en eenheid 3 en 4 is in handleiding 2/2.
Sample
EENHEID 1: Week 1 – 2
Les 1:
Ons speel van toeka tot nou ... krieket
Leerdoelwitte
Welkom by die eerste les van die jaar in Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Dit is die laaste jaar van jou senior fase, en ons gaan sommer lag-lag en speel-speel met hierdie jaar klaarmaak.
In hierdie les gaan jy:
• aan ’n groepbespreking oor ’n plakkaat deelneem;
• die belangrikste kenmerke van ’n plakkaat leer ken;
• met woorde en woordorde speel;
• na die kenmerke van ’n kortverhaal kyk;
• ’n kortverhaal lees en vrae daaroor beantwoord;
• aktiwiteite doen oor die korrekte spelling van woorde en die korrekte gebruik van Afrikaans vir Engelse woorde;
• naamwoorde hersien;
• die skryfproses hersien;
• verskillende tydvorme in Afrikaans hersien; en
• jou eie plakkaat beplan, ontwerp, redigeer en aanbied.
Sample
Luister en praat
Vaardigheid Aktiwiteit
Groepbespreking: Ons praat oor plakkate
Bespreek die belangrikste kenmerke en elemente van ’n plakkaat
Woordbou: Scrabble-krieket
Taalaktiwiteit: Sinstrukture
Lees en kyk
Prelees: Vrae wat jou oor die plakkaat laat nadink
Aktiwiteit 1
Aktiwiteit 2
Aktiwiteit 3
Aktiwiteit 4
Aktiwiteit 5
Verstaan die kernwoorde Aktiwiteit 6
Tydens lees: Verken die plakkaat verder Aktiwiteit 7
Postleesbespreking: Alles op die plakkaat werk saam! Aktiwiteit 8
Die kenmerke van ’n kortverhaal Aktiwiteit 9
Lees ’n kortverhaal
Aktiwiteit 10
Prelees: Vrae wat jou laat nadink oor wat jy gaan lees Aktiwiteit 11
Tydens lees: Vrae om jou te lei
Postlees: Vrae nadat jy die kortverhaal gelees het
Spelling en afkortings
Aktiwiteit 12
Aktiwiteit 13
Aktiwiteit 14
Selfstandige naamwoorde, byvoeglike naamwoorde en voornaamwoorde Aktiwiteit 15
Woordeskat: Korrekte Afrikaans Aktiwiteit 16
Skryf en aanbied
Hersien die kenmerke en elemente van ’n plakkaat Aktiwiteit 17
Hersiening: Hoe skryf ’n mens jou eie teks? Aktiwiteit 18
Dis nou tyd! Aktiwiteit 19
Beplan hoe om jou plakkaat te skryf
Eerste poging: Ontwerp en skryf jou plakkaat
Hersien jou eerste poging
Redigeer jou teks
Aktiwiteit 20
Aktiwiteit 21
Aktiwiteit 22
Aktiwiteit 23
Is alles reg? (Proeflees jou plakkaat) Aktiwiteit 24
Wys jou plakkaat aan die klas, lees dit voor, en bespreek dit
Remediëring
Aktiwiteit 25
Aktiwiteit 26
Handleiding 1/2
AFDELING 1 LUISTER EN PRAAT
Aktiwiteit 1: Groepbespreking: Ons praat oor plakkate
Het jy geweet dat plakkate een van die eerste vorme van advertensie (advertising) was? Plakkate is al deel van ons lewe sedert die begin van die 19de eeu. Hier is ’n voorbeeld van ’n plakkaat wat ongeveer 1885 gedruk is.
Sien die kleurbylae vir ’n kleurweergawe.
Sample
’n Plakkaat vir die toneelstuk Little Jack Sheppard gedateer ongeveer 1885
Deesdae word gedrukte plakkate nie net in museums uitgestal nie. Jy kan oral gedrukte plakkate sien. Verskillende soorte geleenthede word daarop geadverteer. Dink byvoorbeeld aan verkiesings (elections), sporttoernooie (sports tournaments) en groot uitstallings (exhibitions), soos skoue.
Plakkate is een van die min dinge wat heeltemal deur ’n digitale weergawe (digital version) vervang kan word. Daar is enkele enorme digitale reklameborde (billboards) langs die strate in groot stede. Ons sien egter meestal hierdie groot plakkate langs die pad. Daarop word produkte of dienste geadverteer – van besighede tot wonderkure (miracle cures) vir allerhande kwale (ailments).
Gesels ’n bietjie oor die beste (of swakste) plakkate wat jy al gesien het.
Kyk nou saam met jou fasiliteerder na die plakkaat op die volgende bladsy. Maak notas daaroor en gesels oor die volgende vrae:
1. Wat is die belangrikste nuus wat die plakkaat wil oordra (convey)?
2. Noem minstens drie ander gedagtes op die plakkaat wat minder belangrik is.
3. Hoe probeer die organiseerders van die geleentheid om mense op die boodskap te laat reageer?
Beantwoord dan die volgende vrae:
1. Sekere dele van die plakkaat is in ’n groter skrifgrootte (font size) as ander dele geskryf. Sou jy enige ander dele ook groter wou maak? Indien wel, waarom sê jy so?
2. As jy die advertensie hardop sou voorlees aan iemand wat dit nie kan sien nie, by watter dele sou jy die woorde op ’n harder stemtoon lees?
3. Sou jy alles teen dieselfde spoed/tempo lees?
4. Die “Sport vir Meer-Organisasie” wat die plakkaat laat druk, vra vir jou en ’n paar van jou vriende om “lopende plakkate” (walking posters) te wees. Julle moet by ’n besige winkelsentrum staan en mense vertel van wat op die betrokke dag gaan gebeur. Wat sou jou liggaamstaal (body language) wees terwyl jy die inligting oordra?
Sample
5. Is daar woorde of dele van die plakkaat wat jou laat voel dat jy iets gaan misloop as jy nie daar is nie?
Handleiding 1/2
G09 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal Eenheid
Sien die kleurbylae vir ’n kleurweergawe.
Aktiwiteit 2: Bespreek die belangrike kenmerke en elemente van ’n plakkaat
Bespreek die belangrikste kenmerke en elemente van ’n plakkaat.
Kenmerke van ’n plakkaat
’n Plakkaat word soos volg in die Oxford-woordeboek gedefinieer: ’n groot, gedrukte prent, kennisgewing (notice) of advertensie wat in ’n publieke plek vertoon word.
Die doel van ’n plakkaat is om ’n boodskap in die openbaar so vinnig moontlik onder soveel mense moontlik te versprei. Jy kry byvoorbeeld plakkate teen lamppale, pilare, heinings (fences) en winkelvensters. Jy sien ook plakkate op plekke waar die publiek dikwels kom, soos in winkelsentrums en in poskantore. Die boodskap op die plakkaat kan ’n aankondiging (announcement) of ’n advertensie wees. Daarop kan ’n diens (byvoorbeeld ’n kinderoppasdiens [childcare service]) aangebied word of ’n produk (byvoorbeeld braaihout) te koop aangebied word. Verder kan daarop ook ’n funksie (byvoorbeeld ’n gig) aangekondig word, of ’n kandidaat in ’n verkiesingsveldtog (election campaign) bekendgestel word.
Let op:
• ’n Plakkaat word vir ’n spesifieke groep lesers of teikenmark (target market) gemaak.
• ’n Eenvoudige plakkaat is dikwels die doeltreffendste. Verskillende lettertipes, lettergroottes, kleure en grafika (graphics), soos logo’s, kan aandag op die inligting vestig. Die plakkaatontwerper moet egter woorde en grafika ekonomies gebruik omdat die spasie beperk is.
• Die leser moet die plakkaat maklik en vinnig kan lees en verstaan. Ingewikkelde lettertipes werk dus nie altyd goed nie; gebruik slegs ’n lettertipe waaraan die teikenlesers gewoond is.
• Daar moet genoeg inligting oor die produk, geleentheid, ens. op die plakkaat gegee word.
• Die inligting moet volledig wees sodat die leser die volgende “W-vrae” kan beantwoord: Wat? Waar? Wanneer? Deur wie? Wat alles? Vir wie?
Die basiese kenmerke van ’n plakkaat is baie soos dié van die strooibiljet. Jy het dit mos in graad 8 behandel:
• Die inligting en basiese boodskap word duidelik en kortliks oorgedra.
• Die taal is bondig, maar interessant.
• Die uitleg (layout) is eenvoudig sodat dit vinnig gelees kan word.
• Die belangrikste inligting staan duidelik uit. Sodoende word die leser se belangstelling (interest) gewek.
• Groot genoeg lettertipes en lettergroottes moet gebruik word sodat die leser die inligting duidelik kan sien.
• ’n Plakkaat kan illustrasies soos foto’s en sketse bevat.
Handleiding 1/2
’n Riglyn vir ’n effektiewe plakkaat is dat dit volgens die ABBA-beginsel (principle) ontwerp moet word:
A: Dit trek die leser se AANDAG (attention).
B: Dit wek die leser se BELANGSTELLING (interest).
B: Dit lei tot ’n BEGEERTE (desire) by die teikenleser (target reader).
A: Die teikenleser gaan tot AKSIE (action) oor.
Aktiwiteit 3: Woordbou: Scrabble-krieket
Kom ons speel Scrabble-krieket!
Hier onder is ’n kort speletjie wat jy op jou eie of teen jou klasmaats kan speel. Jy gaan agt letters kry, en jy moet soveel woorde moontlik met die letters maak. Daar is ’n getal bo-op elke letter. Om dus jou punt vir die woord te kry, moet jy net die letters se punte bymekaartel. Die woorde moet Afrikaanse woorde wees. As jy ’n woord kry wat vier of ses punte tel, gaan jou fasiliteerder die teken vir ’n vier of ’n ses, soos in krieket, gee. As jy ’n Engelse woord gee, gaan die fasiliteerder vir jou die “uit”-teken gee.
Skryf jou woorde en punte in die tabel neer. Tel dan die punte op, en kyk wie se totaal die hoogste telling (highest score) aangee. K L F A B L D O
Woord Punte
Totaal
Woordorde
Onthou jy nog vir STOMPI? Dit is ’n formule wat jy in graad 8 geleer het om jou met die woordorde van sinne in Afrikaans te help. Kyk weer na die volgende voorbeeld:
Sy het gister die bal hard oor die net geslaan om ’n punt te kry.
Subject S V1 * Time T Object O Manner M Place P V2 * Infinitive I
Aktiwiteit 4: Taalaktiwiteit: Sinstrukture
1. Gebruik nou hierdie formule om die volgende sinne in die korrekte woordorde te skryf:
a) In die IPL-liga ons krieketspelers briljant het gespeel.
b) Vandag hy gaan speel op Nuweland goed. Sample
Handleiding 1/2
c) More sal ons wen op Wanderers die spannende wedstryd.
d) Sy kolf het Jimmy ordentlik vandag geswaai.
e) Op King's Park in Durban het ver verloor die tuisspan hul wedstryd.
2. Skryf die frase tussen hakies op die regte plek in die sin.
a) Weens Covid moes sonder toeskouers speel (ons krieketspanne).
b) In die meeste laerskole is daar net in ’n krieketspan (ses spelers).
c) (uit 20 beurte) Die T20-wedstryde bestaan en is baie gewild.
d) Iets vir ’n ses slaan, beteken (jy suksesvol) dat is.
e) Help (plat te) my om die kolfblad rol.
Verryking
Hashim Amla het in 2004 die eerste keer vir die Proteas gespeel. Hy het in al drie formate van die spel uitgeblink (excelled). Hy was die Proteas se toetskaptein van Junie 2014 tot Januarie 2016. Hy hou die rekord vir die krieketspeler wat die vinnigste 10 internasionale eendaghonderdtalle (one-day centuries) gemaak het. Hy hou ook die rekord vir die hoogste individuele toetstelling (test score) van 311 lopies nie uit nie. Hy het dit in Julie 2012 teen Engeland reggekry. Amla is ook een van net vier mense wat in internasionale eendagwedstryde honderdtalle kon maak teen al die lande wat toetse speel. Die lys van sy prestasies gaan net aan en aan ...
Toe hy begin speel het, het hy geweier om die logo van een van die hoofborge (main sponsors), Castle Lager, op sy hemp te dra. Dit was weens sy geloofsredes (faith convictions). Nog ander internasionale spelers wat dieselfde gedoen het, is Imran Tahir van Suid-Afrika, Faheem Ashraf, Imad Wazim en Azhar Ali van Pakistan en Rashid Khan van Afghanistan.
Gesels in die klas oor die feit dat Amla nie die borg se logo op sy hemp wou dra nie. Wat sê dit van sy karakter? Sou jy dieselfde gedoen het? Is daar iets waaroor jy so sterk voel? Sou jy bereid wees om geld af te staan, of selfs nie gekies te word nie?
AFDELING 2 LEES EN KYK
Daar is ’n paar maniere waarop ’n mens enige teks, soos ’n storie, spotprent of plakkaat, kan lees. Verlede jaar het ons na hierdie maniere gekyk. Ons kyk nou weer vinnig hierna om seker te maak dat jy dit onthou. Jou fasiliteerder gaan saam met jou deur die inhoud. Vra jou fasiliteerder om verder te verduidelik indien jy nie verstaan nie.
1. Tydens prelees berei jy voor om die teks te lees.
Vluglees (skimming) word gebruik wanneer jy ’n teks baie vinnig deurlees. Jy kan ook vluglees wanneer jy net sekere gedeeltes van ’n teks wil lees. Sodoende kry jy vinnig ’n algemene idee (general idea) van die teks. Jy lees dalk net die opskrif en subopskrifte (ook “onderopskrifte” genoem; in Engels headings and subheadings), die eerste sin van elke paragraaf, of die inleiding en die slot. Dit is ook nuttig om tydens vluglees die onderskrifte (captions) van die prente of foto’s te lees.
Soeklees (scanning) word gebruik wanneer jy na spesifieke inligting (specific information) soek (soos ’n naam, datum, plek, tyd of bedrag). Wanneer jy soeklees, gebruik jy die sleutelwoord (keyword) in ’n vraag en soek na daardie spesifieke woord in die teks. Die antwoord staan gewoonlik naby aan daardie woord.
Woordeskatuitbreiding
In hierdie gids gee ons kernwoorde (keywords) voor die leesstuk en word verduidelik wat die woorde beteken. Maak seker dat jy hierdie woorde verstaan voordat jy die teks aandagtig (intensief) begin deurlees. Dit sal jou help om jou woordeskat uit te brei (expand) en om die teks baie beter te verstaan.
2. Tydens lees moet jy eers die hele prentjie kry van wat die teks beteken. Lees daarvoor die teks een keer heeltemal deur. Gebruik wat jy alreeds van die teks weet om dit beter te verstaan. Probeer raai wat onbekende woorde beteken – kyk na die hele sin of paragraaf waarin die woorde voorkom. Dit help ook om te onthou waarom die teks geskryf is.
Vluglees Soeklees Aandagtig leesSample
Begripslees/aandagtige lees (reading for comprehension)
Wanneer jy die teks klaar een keer heeltemal deurgelees het, lees dit weer ’n paar keer aandagtig deur. Onderstreep belangrike inligting, en maak notas. Onderstreep ook kernwoorde (keywords), en voeg idees by die teks by. Sodoende beantwoord jy later die vrae makliker en vinniger.
Vorm prentjies van wat die sinne en paragrawe in die teks beteken en vir jou sê. Jy hoef nie met alles saam te stem nie; vra vrae oor hoe die boodskap wat die teks oordra geskryf is. Maak notas van die kern- of hoofgedagte en ondersteunende gedagtes (supporting ideas). Sodoende verstaan jy die teks nog beter. Wanneer jy later soeklees, kan jy daardie inligting makliker raaksien.
Handleiding 1/2
3. Postlees: Dink na oor wat jy gelees het. Dit help jou om die teks nog beter te verstaan en te waardeer.
As jy klaar gelees het, kan jy aktiwiteite voltooi – voer ’n bespreking, maak ’n opsomming, teken ’n breinkaart, of beantwoord die vrae. Dit verseker dat jy verstaan wat jy gelees het. Jy kan ook kyk na hoe die taal gebruik word om die boodskap van die teks beter oor te dra.
Ons gaan nou nog meer van die plakkaat as visuele teks leer ken.
Aktiwiteit 5: Prelees: Vrae wat jou oor die plakkaat laat nadink
Kyk na die toneeltjie (scenario) hierna nadat jy die woordeskat deurgelees het. Jy kan dan deur die lees-en-kyk-aktiwiteit werk.
Dis die laaste skooldag van die jaar. Shirley staan buite ’n Wimpy, waar sy vir haar maats wag om melkskommels te drink. Die pilare op die stoep voor die restaurant is vol plakkate.
Sy het sowaar haar selfoon by die huis vergeet! Sy is ’n nuuskierige mens en nou lees sy maar die plakkate. Daar is plakkate waarop ’n huisoppasdiens gedurende die vakansie geadverteer word. Op ander plakkate word tuisgebakte beskuit, Vrydagaand-gigs by die gholfklub en ’n plek vir jaareindfunksies bemark. Hoewel die plakkate se ontwerpe verskil – elke plakkaat trek op ’n ander manier haar aandag! – merk sy op dat daar sekere inligting is wat op almal voorkom. Dis byvoorbeeld antwoorde op die vrae: Wat? Wie? Waar? Wanneer? Watter kontakbesonderhede?
Die plakkate is nie juis interessant nie – totdat een haar aandag trek. Dit stel ’n vakansie-kriekettoernooi bekend. ’n Gemeenskapsorganisasie bied dit aan om kinders sportgeleenthede en vakansievermaak te gee. Shirley het juis gewonder wat sy dié lang Desembervakansie gaan doen. Haar vriende gaan almal weg en haar pa se salaris is verminder; hulle kan dus nêrens heen gaan nie.
Kyk nou weer na die plakkaat, “Vakansie-Geesvang-Sport”, wat in afdeling 1 verskyn. Beantwoord die vrae:
1. Indien jy Shirley is, wat sal eerste jou aandag trek?
2. Sal jy “vakansiegees” wil vang? Verduidelik.
3. Dis seker net in Indië waar daar meer krieketspelers as niespelers is. In Suid-Afrika is die teenoorgestelde dalk waar. Vir wie dink jy is hierdie plakkaat bedoel? Waarom dink jy so?
4. Watter beloftes word op die plakkaat gemaak? Sal jy die beloftes glo? Waarom, of waarom nie?
5. Vluglees die res van die plakkaat. Wat tref jou die meeste? Waarom? Sample
Handleiding 1/2
Aktiwiteit 6: Verstaan die kernwoorde
Vra jou fasiliteerder om die woorde verder te verduidelik as jy dit nie verstaan nie.
Woord
sesse (sixes)
woeker (make the most of)
wilgerlat (cricket bat made from willow) – sien foto’s hier onder
talentjagter (talent scout)
vaandel (colours, banner)
kolfblad – sien diagram op die volgende bladsy
kolwe (enkelvoud: kolf) (bat)
verversings (refreshments)
Protea-sterre (Protea stars)
Verduideliking/Nog inligting
Houe deur ’n kolwer (bowler) wat die bal deur die lug oor die krieketveld se grens laat trek; ses lopies of punte word so aangeteken
Gebruik wat jy het om nog meer te maak (“Thabo woeker met sy spaargeld om ’n krieketkolf te koop.”)
’n Populêre woord vir ’n krieketkolf; ’n woord wat in die plek van ’n ander woord gebruik word (“wilgerlat” vir “krieketkolf”).
“Wilger” verwys na die hout van die Engelse wilgerboom (willow tree). Die beste krieketkolwe word daarvan gemaak. “Lat” is die woord vir ’n dun, lang stok.
’n Persoon wat sportgeleenthede bywoon om te kyk of daar spelers met ’n besondere talent is; soms word beurse (scholarships) aan hierdie spelers toegeken om hulle talente verder te ontwikkel
vlag, banier; ’n teken waaraan iets of iemand herken kan word, byvoorbeeld die vlag op ’n skip (“Die seerowerskip Sewe Seë het onder die vaandel van Seerower Eenoog gevaar.”)
Die strook (strip) tussen die paaltjies op ’n krieketveld; die bouler boul van die een kant na die kolwer wat aan die ander kant staan.
Die speeltoerusting wat ’n kolwer in ’n krieketwedstryd gebruik
Eet- en drinkgoed soos koeldrank en koekies wat tussen etes beskikbaar is, byvoorbeeld gedurende rustyd in ’n netbalwedstryd
Krieketspelers in die Suid-Afrikaanse span volwasse (adult)
Eienskap van ’n persoon ná die kinderjare vrywillige (
Só lyk krieketkolwe van toeka tot nou!
vandag Sample
Aktiwiteit 7: Tydens lees: Verken die plakkaat verder
Kyk eers na die volgende vrae voordat jy die plakkaat in afdeling 1 aandagtig deurlees. Sodoende is jy voorbereid om die vrae wat daarop volg, te beantwoord:
1. a) Gee minstens een ander manier waarop jy die eerste reël, “Vakansie-GeesvangSport”, op die plakkaat kon skryf.
b) Noem ’n moontlike rede dat die reël só op die plakkaat geskryf is.
2. In ’n krieketspan is daar 11 spelers. Wat is “massakrieket”?
Sample
3. Sê die uitdrukkings (expressions) “Kom Slaan die Sesse!” en “Woeker met die Wilgerlat!” hardop. Wat merk jy oor die klanke op? (Die antwoord is ook duidelik as jy na die letters kyk.)
4. “Sport Vir Meer” kan beteken dat die organisasie meer mense in staat stel (enable) om aan sport deel te neem. Wat kan dit nog beteken? (Wenk: Dink aan die waarde van sportdeelname [participation in sports].)
5. Gee drie dinge op die plakkaat waarin ’n ernstige (serious) jong krieketspeler sal belangstel.
6. Shirley is lid van haar skool se VLR. Haar spesifieke taak is om geslagsgelykheid (gender equality) te bevorder. Noem drie dinge op die plakkaat wat Shirley se aandag kan trek.
Uitleg van ’n krieketveld
• A complete guide with all the texts (contemporary and classic) for comprehension exercises, speeches, and reading included.
• Use with Christien Neser’s Absoluut Einstein for the prescribed literature component.
• Comprehensive explanations of language aspects.
• Step-by-step guidelines in plain language.
• Fun, engaging, and practical activities.
• Interesting themes for Grade 9s to expand general knowledge and inspire curiosity.
• Encourages independent thinking and develops reasoning skills.