Gr 9 afrikaans eerste addisionele taal fasiliteerdersgids

Page 1


Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Fasiliteerdersgids 1/2

Graad 9

2309-E-EAT-FG01

Dr. A Mostert (EduLight), Hoofouteur Dr. N Faasen

Aangepas vir KABV

Aktiwiteit 139: Absoluut Einstein – beantwoord inhoudsvrae oor hoofstuk 13 tot 20 ..................................................................................................................................

Aktiwiteit 140: Idiome en spreekwoorde: Soek na die sleutelwoord

Aktiwiteit 141: Hersien die direkte en indirekte rede

Aktiwiteit 142: Kom ons lees ’n kortverhaal................................................................................

Aktiwiteit 143: Tydens lees: Verken die kortverhaal verder ................................................

Aktiwiteit 144: Postlees: Verstaan die kortverhaal nog beter..............................................

Aktiwiteit 145: Oefen aanhalingstekens, afkortings, verkortings en akronieme

Aktiwiteit 146: Oefen taalstrukture in die kortverhaal

147: Wat is ’n resensie nou weer? .............................................................................

Aktiwiteit 148: Beplan hoe om jou resensie te

149: Woorde wat vir resensies werk (hoofwerkwoorde, infinitief) ............

184: Hersien sinonieme, antonieme, afkortings

Fasiliteerdersgids 1/2

VOORWOORD

Aangesien die graad 8 en graad 9 gidse hand aan hand loop, gee hierdie voorwoord weer vir jou as fasiliteerder ’n oorsig oor die onderrig en leer van Afrikaans as Eerste Addisionele Taal (EAT) in graad 9. Die handleiding en fasiliteerdersgids dek al die werk wat nodig is om jou leerders se kennis en vaardighede in Afrikaans verder te ontwikkel. Een beduidende aspek waar die graad 8 en graad 9 boeke verskil, is dat die graad 9 boeke volgens die vereistes van die oorspronklike lesplanne in die kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) van die Departement van Basiese Onderwys saamgestel is. Die lesplanne van die KABV gee ’n uiteensetting van die minimumwerk wat gedek moet word. Die handleiding en fasiliteerdersgids bevat soms meer inligting en aktiwiteite as wat hierdie lesplanne vereis.

Die handleiding is weer in vier eenhede en in 18 lesse verdeel. Eenheid 1 en 2 is in fasiliteerdersgids 1/2 en eenheid 3 en 4 is in fasiliteerdersgids 2/2 (die handleiding is dieselfde verdeel). Daar is ook ’n portefeuljeboek wat gebruik word vir formele assesseringsdoeleindes.

Die oorhoofse tema van hierdie jaar is “Speel”, en die onderwerpe wat in die lesse gedek word, is daarop gemik om jou leerders se Afrikaanse taalvaardighede speel-speel te ontwikkel. Elke eenheid het ʼn subtema waaruit die individuele onderwerpe vir die lesse spruit. Die eenhede se temas ontwikkel van fisiese speletjies in eenheid 1 tot die spits van kuberspeletjies (kunsmatige intelligensie) in eenheid 3 en ʼn samevatting van al die temas in eenheid 4. Die onderwerpe word per les in die volgende temas verpak:

Eenheid 1 bestaan uit vyf lesse

Eenheid 1 tema: Ons speel van toeka tot nou ...

Les 1: Krieket

Les 2: Watersport (branderplankry)

Les 3: Monopoly

Les 4: Kaartspeletjies

Les 5: Wegkruipertjie

Eenheid 2 bestaan uit vier lesse

Eenheid 2 tema: Kuberspeletjies

Les 6: In die begin …

Les 7: Kom speel saam!

Les 8: Dis nie kinderspeletjies nie.

Les 9: Werk speel-speel.

Lesaanbieding

Soos wat die geval was vir graad 8, bestaan elke les uit aktiwiteite wat teksgebaseerd en kommunikatief aangebied word. Die aktiwiteite is in drie afdelings verdeel om die volgende vaardighede van jou leerders verder te ontwikkel: luister en praat (afdeling1); lees en kyk Sample

Eenheid 3 bestaan uit vyf lesse

Eenheid 3 tema: Die spel van slimkoppe

Les 10: Die eerste rondte.

Les 11: Robotsterre

Les 12: Op jou merke, gereed, gaan!

Les 13: Slim vang sy baas.

Les 14: Slim, slimmer, robot.

Eenheid 4 bestaan uit vier lesse

Eenheid 4 tema: Wenners!

Les 15: Die beste spel.

Les 16: Stem jy saam?

Les 17: Jy speel seker!

Les 18: Klaargespeel.

(afdeling 2); en skryf en aanbied (afdeling 3). Die verduidelikings, voorbeelde en aktiwiteite wat die leerders se begrip en inoefening van taalstrukture en -konvensies in Afrikaans bevorder, is met die aktiwiteite van afdeling 1, 2 en 3 geïntegreer.

Die uitbreidingsaktiwiteite en die verrykingsaktiwiteite vir meer gevorderde leerders is daarop gemik om jou leerders se ontdekkingsreis nog meer interessant te maak. Hier onder volg ʼn herhaling van die beskrywing van die soort aktiwiteite en die strategieë wat per afdeling gebruik word om jou leerders se vaardighede te ontwikkel.

Afdeling 1: Luister en praat

Luister en praat is integraal in alle tale. Hoe meer ’n nuwe taal gehoor en gepraat word, hoe makliker word dit aangeleer. Die aktiwiteite bevorder ’n preluister, luister en postluister proses om die ontwikkeling van die leerders se luistervaardighede te fasiliteer. Die strategieë wat gevolg word om hierdie proses in elke les te fasiliteer, word duidelik in die fasiliteerdersgids en in die handleiding aangetoon. Die aktiwiteite in hierdie afdeling skep geleenthede vir groepsbesprekings, onvoorbereide en voorbereide mondelinge en hardop lees. Dit sluit ook rolspel in om die leerders se luister- en praatvaardighede in werklike (real-life) situasies te ontwikkel. Moedig jou leerders aan om ten minste een keer per week na ’n Afrikaanse televisieprogram te kyk of na ’n Afrikaanse radioprogram te luister.

Afdeling 2: Lees en kyk

Hierdie afdeling bied ’n ryke verskeidenheid van tekstipes aan om ’n teksgebaseerde benadering tot die ontwikkeling van hul lees- en kykvaardighede te bevorder. Die aktiwiteite fasiliteer die prelees-, lees- en postleesprosesse wat gevolg word om byvoorbeeld die roman, volksverhaal, kortverhaal, gedig, strooibiljet en advertensie wat gelees word, beter te verstaan en te waardeer.

Die vrae wat oor die tekste handel help jou leerders om die betekenis van die tekste in elke fase van die leesproses verder te ontdek. Die antwoorde op die vrae verskyn in jou fasiliteerdersgids. Daar is ook voorbeelde van begripstoetse in hierdie afdeling wat jou leerders se vaardigheid om Afrikaanse teks met begrip te lees verder ontwikkel.

Afdeling 3: Skryf en aanbied

Sample

Die aktiwiteite in hierdie afdeling bied jou leerders geleenthede om hul kennis en begrip van die onderwerp in ’n betrokke les wat reeds in afdeling 1 en in afdeling 2 ontwikkel is verder vas te lê. Die aktiwiteite begelei jou leerders in die stappe van die skryfproses wat bestaan uit beplanning, die skryf van ’n eerste poging, hersiening, redigering, proeflees en aanbieding. In die hersieningsfase van die skryfproses is daar ’n aktiwiteit wat jou leerders kan help om self- en eweknie-assessering van hul skryfwerk te doen. Die toetsstene (touchstones) hiervoor is gebaseer op die spesifieke kenmerke van die tekstipe wat hulle moet skryf en aanbied. Die aktiwiteite fasiliteer die skryf van kreatiewe tekste soos dialoë en opstelle, asook transaksionele tekste soos CV’s en dekbriewe. Die leerders word ook begelei om ’n kreatiewe skryfprojek na te vors, te skryf en aan te bied.

Fasiliteerdersgids 1/2

G09 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Fasilitering

Jou rol as fasiliteerder dra weereens ongelooflike waarde by tot die leerders se ervaring van, en sukses in, Afrikaans as ʼn eerste addisionele taal. Daar is weer gedetailleerde riglyne vir jou in hierdie gids per afdeling en, waar nodig, per aktiwiteit. Hier volg weer ’n paar algemene wenke om jou leerders se ervaring nog meer sinvol te maak.

• Probeer om die tema so lewendig as moontlik vir die leerders te maak – die klas/ vertrek kan byvoorbeeld volgens die tema van die les versier word. Betrek die leerder by die les deur hulle te vra om leesstof, gedigte, koerantberigte, prente en muurversierings klas toe te bring.

• Baie aktiwiteite vereis dat leerders in pare, groepe of as ’n klas werk. Indien daar slegs een leerder is, kan jy as fasiliteerder instaan.

• Moedig jou leerders aan om tydskrifte en koerante gereeld te gebruik. Stel hulle vroegtydig in kennis om dit klas toe te bring. Maak ook voorsiening om tydskrifte en koerante in die klas te hou.

• Die geïntegreerde taalaktiwiteite bied jou leerders volop geleentheid om die Afrikaanse taalkonvensies en -strukture te hersien. Jou leerders kan ook tussendeur die aktiwiteite kort, informele toetse oor taalaspekte skryf, byvoorbeeld oor meervoudsvorme, ensovoorts.

Jou rol as fasiliteerder vra ook dat jy deeglik beplanning doen deur effektiewe tydindeling wat in jou fasiliteerdersgids reeds vir jou voorgestel word. Die volgende aspekte word kortliks aangedui.

Barret se taksonomie vir leesvaardighede

Hierdie is ʼn nuwe toevoeging tot die gidse. Die vrae wat gevra word oor tekste in afdeling 2 van elke les word ingedeel op verskillende kognitiewe vlakke. Die tabel hier onder noem slegs die vlakke. ʼn Meer volledige beskrywing van die vlakke kom voor in afdeling 2 van Les 1.

Letterlik (vlak 1): Vrae wat handel oor inligting wat direk/eksplisiet in die teks staan.

Herorganisering (vlak 2): Vrae wat analise, sintese of herorganisasie van inligting vereis wat direk/eksplisiet in die teks staan.

Afleiding (vlak 3): Vrae wat vereis dat ’n leerder inligting wat eksplisiet in die teks staan, interpreteer na aanleiding van sy of haar persoonlike ervaring.

Sample

Evaluering (vlak 4): Hierdie vrae handel oor die beoordeling van waardes, houdings en oortuigings. Dit sluit in beoordeling van werklikheid, geloofwaardigheid, feite en menings, geldigheid, logika asook die gewenstheid en aanvaarbaarheid van besluite en optredes in terme van waardes.

Waardering (vlak 5): Die doel van hierdie vrae is om die impak van die teks op die leerder te assesseer. Die vrae fokus op die leerder se emosionele respons op die inhoud, identifisering met karakters en reaksies op die skrywer se taalgebruik (woordkeuse en beelde).

Die doel hiervan is dat leerders hul denkvaardighede op ʼn bewustelike manier kan ontwikkel en sodat jy aktiwiteite kan differensieer. Byvoorbeeld, ʼn leerder wat baie uitdagings beleef sal dalk slegs die vrae op vlakke 1 tot 3 kan beantwoord, terwyl ander leerders uitgedaag kan word om die vlak 5 vrae te beantwoord. Die vlakke is nie sigbaar in die leerders se studiegids nie.

Dit is dus slegs vir jou om jou lesbeplanning en ondersteuning van die leerders nog verder te ontwikkel.

Tydindeling en beplanning

Elke les word oor ’n tydperk van twee weke behandel (agt uur), en elke eenheid strek oor ’n kwartaal. Die tydindeling van die aktiwiteite in die fasiliteerdersgids volg die voorgestelde agt uur per tweeweeklikse siklus. Hierdie tydindeling gee bloot ’n aanduiding van die kontaktyd wat moontlik per aktiwiteit benodig word. Jou leerders het ook tyd nodig om in hul eie tyd byvoorbeeld navorsing te doen, ’n toespraak/opstel voor te berei of taaloefeninge te doen; jy as fasiliteerder het self ook tyd nodig om voor te berei en om jou leerders se geskrewe werk na te sien. Aan die einde van eenheid 2 en eenheid 4 (kwartaal 2 en 4) skryf jou leerders eksamen.

Volgens die voorgestelde tydindeling in die KABV word twee uur aan luister en praat spandeer, drie uur aan lees en kyk, twee uur aan skryf en aanbied en een uur aan taalstrukture en -konvensies. Die uur wat aan die onderrig en leer van taalstrukture en konvensies gewy word, is geïntegreer in die aktiwiteite van afdelings 1, 2 en 3.

Let asseblief daarop dat die tydstoekenning by die aktiwiteite nie noodwendig agt ure per tweeweeklikse siklus behels nie. Dit is omdat die tyd wat aan ’n aktiwiteit afgestaan word deur die getal leerders in die klas bepaal word. Sommige aktiwiteite neem ook langer; jy moet byvoorbeeld meer tyd gebruik om jou leerders se hardop lees of mondelinge aanbieding te assesseer. Hier kan die aktiwiteit oor ’n paar dae strek sodat al jou leerders kans kry om die aktiwiteit te voltooi.

Gebruik jou eie oordeel om seker te maak dat jou leerders deur al die werk kom. In sommige gevalle strek die werk oor meer as een periode. Daar is ’n tabel aan die begin van elke les in die fasiliteerdersgids. Hierdie tabel bevat die aktiwiteite en die tydindeling. Verdere voorstelle vir tydindeling word ook in die inleidende aantekeninge tot ’n afdeling en/of ’n aktiwiteit vir die fasiliteerder in die fasiliteerdersgids en vir die leerder in die handleiding gegee.

Die aanleer van ’n eerste addisionele taal vereis veral dat die aanleer van woordeskat en spelling gefasiliteer word.

Woordeskat en spelling

Sample

Jou leerders maak hul eie woordeboek aan die begin van die jaar. Hulle kan met die vorige jaar se woordeboek aangaan indien hulle dit nog het. Waar aangedui, moet hulle die woorde met hul betekenisse asook die Engelse woord gee, of hulle kan ’n sin of prentjie in die woordeboek skryf/teken. Die woordverklarings van sleutelwoorde in die tekste word gegee. Die woorde verskyn in die volgorde waarin die woorde in die teks voorkom. Dit word ook in die konteks en in die tydsvorm van die teks gegee.

Jou leerders moet gereeld ’n woordeboek gebruik om seker te maak hulle spel die woorde reg. Hulle skryf ’n speltoets aan die einde van elke les. In plaas hiervan kan hulle elke dag of aan die einde van elke week ’n speltoets skryf. Ter voorbereiding kan jou leerders met ’n glimpen (highlighter) uitlig waar hulle moontlik verkeerd kan spel.

Fasiliteerdersgids 1/2

G09 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Woordelys

Daar verskyn ook ’n woordelys in die bylae agterin die boek vir verwysing sodat jy en jou leerders maklik kan naslaan waar ’n sekere woord of woorde in die handleiding en fasiliteerdersgids voorkom.

Assessering

Gedurende en aan die einde van hierdie reis is dit nodig om vas te stel of jou leerders die kennis en vaardighede wat hulle gedurende of aan die einde van ’n les of ’n eenheid geleer het, bemeester het. Assessering vorm dus ’n onlosmaaklike deel van die onderrig-en-leerproses.

Informele assessering: Die assesseringsaktiwiteite wat in die fasiliteerdersgids en in die handleiding verskyn word informeel gedoen. Die toetsstene en rubrieke wat in die lesse voorkom, asook die projek, skep geleenthede vir informele assessering.

Formele assessering: Dit is baie belangrik om kennis te neem van die volgende: geen aktiwiteit in die handleiding word as formele assessering gedoen nie. Raadpleeg asseblief die portefeuljeboek vir alle formele assessering. Rubrieke vir formele assessering verskyn ook in die portefeuljeboek en -memorandum.

Eksamens

Daar is twee eksamens in graad 9 – die Junie-eksamen en die Novembereksamen. In beide eksamens skryf die leerders drie vraestelle.

• Vraestel 1: (word in die loop van die kwartaal voltooi): Mondeling (lees hardop / luisterbegrip/ toespraak / rolspeel, ens.)

• Vraestel 2: Reageer op tekste (leesbegrip van ’n teks, leesbegrip van ’n visuele teks, opsomming, taalstrukture en -konvensies)

• Vraestel 3: Skryf (opstel en transaksionele teks, soos ʼn dialoog, dagboekinskrywing, boodskap, ens.)

Let wel: Die samestelling van die eksamens is onderhewig aan verandering. Verwys altyd na die portefeuljeboek en assesseringsplan vir die nuutste inligting oor die samestelling van die eksamens.

Sample

Eie werkboek en woordeboek

Elke leerder benodig ’n lyntjiesboek (’n skrif) met 72 bladsye om die aktiwiteite in te doen. (Hulle mag dalk later die jaar nóg ’n werkboek benodig.) Dit kan ook ’n swart hardebandboek wees. Daar word aanbeveel dat jou leerders belangrike aspekte in hul werkboek oorskryf en nie net die aktiwiteite voltooi nie (byvoorbeeld wat ’n sinoniem is of hoe ons ’n selfstandige naamwoord uitken). Hulle kan ook die antwoorde van elke bespreking in afdeling 2 in hul werkboek skryf ná die bespreking afgehandel is.

Leerders moet ook ’n A5-lyntjiesboek (of ’n A4-boek) vir hul eie woordeboek hê (sien “Woordeskat en spelling”). Indien hulle nog die vorige jaar se woordeboek het, kan hulle met die boekie aangaan.

Aanbevole boeke

Jou leerders moet toegang tot ’n goeie, verklarende woordeboek (soos die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal – HAT) hê, asook ’n tweetalige woordeboek. ’n Tesourus is ook voordelig.

Jou leerders moet minstens een leesboek per kwartaal lees. Dit kan enige toepaslike boek van die leerder se keuse wees. Dit is belangrik om te onthou dat hoe meer daar gelees word, hoe makliker en beter word die taal aangeleer. As leerders lees, brei hul woordeskat uit en hul spelling verbeter.

’n Lys van lekkerleesboeke vir graad 9-leerders volg:

BLITS 2: Operasie Hoërskool

Nadine en Adriaan Blom

ISBN: 9780624084075

Epub-ISBN: 9780624084082

Uitgewer: Tafelberg

“Hannes en Zander is in Gr. 8. Hoërskool is soveel anders as wat hulle verwag het. Dit lyk boonop asof hulle vriendskap onder al die druk van aanpas in die nuwe skool gaan ly. Hannes se speurinstink word weer geprikkel toe ’n nuwe kind in sy klas hom een middag huis toe nooi. En Luna, as sy net wil ophou droom oor modelkontrakte! Gelukkig bly Melkbos die beste plek op om te bly en is ’n goeie surf-sessie medisyne vir amper enigiets wat pla!”

Lokfilm: https://www.youtube.com/watch?v=uwBbjq6QaXc&t=25s

Raaiselster

Troula Goosen

ISBN: 9780798178976

Epub-ISBN: 9780798178983

Sample

Uitgewer: Human & Rousseau

“Leopold se wêreld stort in duie wanneer sy ma sterf en sy familie se rykdom verdwyn. Hy ontmoet ’n togryer –’n boggelrugman met ’n vreemde wit hond – wat hom ompraat om by die transportwa aan te sluit na die diamantvelde om sy fortuin te soek. Onderweg kruis sy pad met dié van Sara, op soek na die merk van haar voormense. Hy ontmoet ook die beeldskone Emily, wat dinge ‘sien’ en die klippe hoor praat. Wanneer hulle by die geheimsinnige tollenaar, Arius, se tolhuis in Ceres gestrand raak, kom hulle ’n donker wese teë wat in die Skurweberge dwaal. Saam ontrafel hulle die geheim: dat hulle bestem is om die skrikbewind van die Verdwaalding stop te sit. ’n Spannende historiese jeugroman wat tegelykertyd fantasie-, avontuur- en spookverhaal is.”

Fasiliteerdersgids 1/2

G09 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Raaiselsee

Troula Goosen

ISBN: 9780798181006

Uitgewer: Human & Rousseau

“Daniel weier om te glo wat almal sê: dat hy ’n skelm is, nes sy pa … Wanneer hy egter ’n meisie in ’n rolstoel op Simonstad se kaai raaksien en besluit om haar pêrelhangertjie te steel, beland hy onverwags op ’n skip wat hom wegvoer na Skulpiesbaai en die rykman Robert Stanford se plaas. Hy maak kennis met Malgas, ’n visser wat in die kliphuis bokant die melkhoutbos woon, en Gertjie, die diensmeisie wat die venynige juffrou Caitlin in haar rolstoel versorg. Maar wie is die vreemde ou vrou wat saam met die strandjutwolf langs die see verskyn? En waarom tree Caitlin so boosaardig op terwyl sy vrees dat die Seevrou haar gaan kom haal? Hou dit dalk verband met die wrak van die slaweskip wat daar op die rotse geloop het? ’n Spannende historiese jeugroman. Fantasie-, avontuur- en spookverhaal in een.”

Pienk is nie vir sissies nie

Christien Neser

ISBN: 9780624085409

Epub-ISBN: 9780624085416

Uitgewer: Tafelberg

“Nicci is ’n willewragtig op ’n bergfiets. Die heel lekkerste is om die seuns se reaksie te sien wanneer hulle besef ’n meisie het vir hulle ore aangesit. Tot die dag wat Nicci wreed aangeval en van haar fiets beroof word. Haar wêreld tuimel ineen. Wie sal so iets doen? Stuk-stuk pas Nicci en haar vriende Felicity en Godfrey die legkaart in mekaar, en wat hulle uitvind, toets hulle geloof in hulle medemens en hulle eie waardes.”

Jungo Josh: Die Goue Kalbas

Constant van Graan

Sample

ISBN: 9780624090779

Uitgewer: Tafelberg

“Josh woon by sy tannie op ’n plaas in Oos-Afrika nadat sy ma skielik verdwyn het. ’n Vreemdeling daag op en probeer hom ontvoer. Doris, die huishulp, red hom. Sy vertel hom dat ’n groep mense sy bloed soek en dat hy in die vallei Kalimbula die wyseman, Ngandu, moet gaan spreek om antwoorde te vind. Josh pas die legkaartstukkies van sy ma se verdwyning stadig bymekaar, maar toe die goue kalbas oopgemaak word om die naam van die troonopvolger te onthul, kry Josh die verrassing van sy lewe ...”

Jungo Josh 2: Die Kryger van Aboemondja

Constant van Graan

ISBN: 9780624090786

Uitgewer: Tafelberg

“Josh is ingehuldig as die nuwe koning van Kalimbula. Hy sukkel met die idee van koning wees. Silvia, sy ma, is egter nie dood nie. Sy slaag daarin om van die plaas te ontsnap. Intussen maak ’n misterieuse kryger haar verskyning en Josh se koningskap word tot die uiterste beproef. Hy vra die hulp van die geheimsinnige Sifashama met hul rooi mantels, maar dit help nie. Masjeba se raad kom teen ’n prys. En waar is Silvia? Sal sy Kalimbula bereik voor dit te laat is en alles om Josh in duie stort?”

Die lewe volgens Wim Vermaak

William Oosthuizen

ISBN: 9780798180313

Epub-ISBN: 9780798180320

Uitgewer: Human & Rousseau

“Wim Vermaak se lewe is onderstebo. Hy is op die punt om Graad 9 te dop omdat sy aandag in die LO-klas afgetrek word deur ’n meisie. Sy tweelingsussie wil opsluit deel word van die Mars One-sending na Mars. Hul verstrooide ouma word deur ’n internetslenter om die bos gelei, en dan is daar Harold, sy ma wat kuns doseer se menslike geraamte wat die studente in opstand bring en konflik tussen sy ouers saai. Dalk is Wim se LO-taak die antwoord om dinge weer op koers te kry.”

Veldiep

Fanie Viljoen

ISBN: 9780624085379

Epub-ISBN: 9780624085386

Uitgewer: Tafelberg

“Amber is onseker van haar voorkoms. Is sy mooi? Sy maak ’n anonieme YouTube-video waarin sy mense vra om haar voorkoms te beoordeel, maar dit beland per ongeluk op haar Facebookblad. Tim is gewild, maar sy meisie het hom sopas afgesê vir een van die rugbyouens. ’n Toevallige ontmoeting in die skadu’s van die landgoed waar hulle albei woon, lei tot ’n ongewone vriendskap, maar sal Amber die moed hê om haar spoke te konfronteer? En sal Tim die skadu-meisie se ware skoonheid kan raaksien?”

Fasiliteerdersgids 1/2

G09 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Halley se komeet

Hannes Barnard

ISBN: 9780799395464

Uitgewer: LAPA

“Pete de Lange moet as tiener probeer oorleef in ’n klein Natalse dorpie gedurende die onstuimige tagtigerjare saam met sy nuutgevonde vriende Petrus en Sarita. In ’n land wat bloei van rassekonflik is dit makliker gesê as gedaan. Pete en sy vriende het ’n wrede misdaad gesien, en die skuldige is op hulle spoor. Sal reg en geregtigheid geskied in ’n land wat reeds polities verwronge is?”

Elikser

Frenette van Wyk

ISBN: 9780639604220

Uitgewer: LAPA

“Lily Linvelt se enigste missie is om ’n oeroue blommetjie in Ierland, in die Burren, te vind. Sy moet ’n elikser maak om haar ma wat ’n paar maande gelede deur ’n bloedsuiervlermuis in die einste Burren gebyt is, te red. Terwyl sy daar is, ontmoet Lily vir Sterling Ashford. Hy is ’n natuurbewaarder en -kenner, en hy help vir Lily om die seldsame blommetjies op te spoor. Hy is beeldskoon en enigmaties. Geheimsinnig en verleidelik. Sy hele wese drup van … betowering. Lily kom egter voor meer uitdagings te staan. Sy ontdek ’n geheim oor Sterling wat die wind uit haar seile neem en ’n bonatuurlike wêreld vir haar oopsluit, een wat sy gedink het net in fantasieë bestaan. Cobalt, die parfumeur by wie sy enfleurage leer doen, en sy honde het boonop hulle eie duistere agenda. Die magiese blommetjies groei ook net in die diepste, gevaarlikste deel van die Graganwoud, en vele vyandige wesens staan haar en Sterling teë om betyds die elikser vir haar ma te maak …”

Offers vir die vlieë

Fanie Viljoen

Sample

ISBN: 9780639601779

Uitgewer: LAPA

“‘Op sewentien, toe ons by Opleidingskamp Alpha rapporteer, het ons elkeen ons eie S13 gekry. Daardie dag, toe ek my hande op die swart metaalhuls van die geweer lê, het iets in my doodgegaan. Ek het dit net nie toe al besef nie.’ Dertig soldate kry van kleintyd af intense weermagopleiding in ’n distopiese staat. Ses jong soldate, ontneem van hul menslikheid en hulle jeug, bly oor en word ontplooi na die Front. Een van hulle vermoor hul seksieleier. Almal ontken hulle is skuldig. Wie van hulle lieg?”

Oopmond

Jan Vermeulen

ISBN: 9780799389319

Uitgewer: LAPA

“Wenner van LAPA se Jeugromankompetisie 2017. Madelaine Taaibosch vermoed die skenkerhart wat in haar bors klop, is ’n gebroke hart. Die dokters verseker haar daar is niks met die hart verkeerd nie, maar sy begin vreemde dinge sien. Dinge uit die verlede. Dinge wat in die toekoms gaan gebeur. Die speurtog na die waarheid oor haar skenker laat haar stadigaan besef dat party harte mekaar selfs oor eeue heen kan vind.”

Zita

Anzil Kulsen

ISBN: 9780799342383

“Alles by haar nuwe skool is vir Zita vreemd. Die kinders, die kos, die sport, selfs die skoolwerk. Sy verlang terug na Kieriekroek waar sy grootgeword het – ’n plek wat net soveel kleurvolle karakters het as wat hy swaarkry het. Dis net die gedagte aan Waldo by die nuwe skool wat Zita elke keer dromerig laat glimlag. Maar daar is ’n ding wat tussen haar en Waldo staan. Dieselfde ding wat tussen haar en haar ma en tussen haar en die nuwe skool staan. Dis die ding met haar pa ...”

Die perfekte brander

Samestellers: Marieta Nel en Adinda Vermaak

ISBN: 9780799383805

Uitgewer: LAPA

Sample“Stories oor die pyn en vreugdes van verlief wees. Stories oor die waagmoed, twyfel en uitdagings van jonk wees. Stories wat jou sal laat glimlag of ’n traan laat wegvee. Stories wat wéét hoe dit voel om sestien te wees. Bekende skrywers soos Christine Barkhuizen le Roux, Christo Davids, Carina Diedericks-Hugo, Nelia Engelbrecht, Jaco Fouché, HemelBesem, Jaco Jacobs, Eldridge Jason, Anzil Kulsen, Christien Neser, Nathan Trantraal, Jan van Tonder, Jan Vermeulen, Elizabeth Wasserman en Fanie Viljoen span saam met ’n klompie opwindende nuwe stemme in hierdie fantastiese nuwe bloemlesing wat op ouer tieners gemik is.”

Fasiliteerdersgids 1/2

G09 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Al wat ek weet

Marita van der Vyver

ISBN: 9780799378993

Uitgewer: LAPA

Jy’s kwaad vir die hele wêreld. En jou enigste wapen is ’n rugsak vol woorde.

“Gabriel is vyftien jaar oud. Fifteen going on fifty, soos sy ma altyd geterg het. En ná haar dood weet hy skielik nie meer waar hy inpas nie. Die sielkundige wil hê hy moet oor sy gevoelens praat. Maar hoe verduidelik jy vir haar dat dit die afgelope paar maande makliker geword het om met woede te cope as met snot en trane? Hoe verduidelik jy dat jou kastige ‘gemengde bloed’ jou anders as die res maak? Hoe verduidelik jy dat dinge net nie meer dieselfde tussen jou en jou pa is nadat hy in ’n sielkundige inrigting opgeneem is nie, terwyl jy moet probeer aangaan met jou lewe? Hoe verduidelik jy waarom jy al twee keer jou polse met ’n knipmes probeer oopkerf het? Daarom verloor Gabriel homself in die wêreld van performance poetry, waar jy jou woede in woorde kan omsit en dit vir ’n gehoor uitbasuin. In hierdie wonderwêreld van woorde leer hy om sy hand diep binne-in sy rugsak vol woorde te steek en die woorde soos gloeiende kole vir ’n gehoor te gooi. Dan ontmoet hy vir Sasha, wat mooier is as Sneeuwitjie en boonop ’n ding of twee van poësie weet ...”

Verkleurmannetjie

François Bloemhof

ISBN: 9780639608136

Uitgewer: LAPA

Sample

“Toe Marco sy biologiese pa ontmoet, is dit die antwoord op baie vrae. Die regte antwoord, want Dirk du Toit is iemand soos wie hy graag wil wees. Die eintlike vrae kom egter nog. Wat nou van die mense wat Marco in die stad agtergelaat het? Wat is sy halfbroer se probleem? En Dirk se vrou s’n? Word hy agtervolg? Alles is reg aan Dirk, maar soveel is verkeerd óm hom … Soos die titel belowe, is Verkleurmannetjie nie net een soort storie nie. Hier is meer ratverwisselings en onthullings as in ’n hele TV-reeks, deur ’n skrywer wat weet hoe ’n tiener se kop werk – en hou van hoe dit werk! Hierdie boek is fiksie wat spoke en raaisels insluit.”

13 Spookstories

François Bloemhof; Jaco Jacobs; Fanie Viljoen

ISBN: 9780799346572

Uitgewer: LAPA

“Glo jy in spoke? Is daar regtig allerlei bangmaakgoed wat in die nag rondloop? Maak dig toe die gordyne, klim in jou bed, trek die duvet styf om jou skouers ... en laat die 13 stories in hierdie boek jou koue rillings gee!”

Baster

Jan Vermeulen

ISBN: 9780639601809

Uitgewer: LAPA

“Baster is die storie van Karel, ’n seun wat met honde kan praat, en Hêppie, ’n liefdevolle brak wat gedwing word om ’n straatvegter te word. Die verhaal vertel die storie van al die honde waarvoor Karel lief is, maar ook die hartverskeurende verhaal van die hondegevegte en geweld wat sy samelewing verskeur.”

Fiksie met karakters met outistiese toestande

Amper Einstein

Christien Neser

ISBN: 9780624056201

Epub-ISBN: 9780624056218

Uitgewer: Tafelberg

“Amper Einstein is die storie van twee broers: Leonard in graad 10 en die sesjarige Micha, wat aan outisme ly. Toe Micha se outisme by sy nuwe preprimêre skool (die soveelste een) gediagnoseer word en dit daadwerklik behandel en hanteer word, begin dinge regkom. Leonard vind dit egter wel moeilik om gefokus te bly op sy ideaal om eendag ʼn ingenieur te word. Hy is ’n slimkop en hy en sy groepie ‘mede-geeks’ by die skool droom om die jaarlikse brugboukompetisie vir hoërskole te wen sodat hy ’n beurs kan kry om ingenieurswese te gaan studeer. Daar is ook ’n romanse wat ontwikkel tussen Leonard en Hannelore, een van die ‘geeks’ in sy span. Die tema van outisme en Asperger-sindroom is baie goed uitgebou. Op ’n onopsigtelike en goed geïntegreerde manier leer die leser meer daaroor, en dit bereik een van die belangrike doelwitte van hierdie tipe boek: bewusmaking van so ’n toestand en die afbreek van stereotipes en vooroordeel.”

Annelie Botes

Sample

ISBN: 9780624040101

Epub-ISBN: 9780624078159

Uitgewer: Tafelberg

“’n Verhaal wat die kruis van outisme genadeloos oopvlek. Sentraal in hierdie aangrypende gegewe staan twee onvergeetlike vrouekarakters: Ingrid Dorfling, ma van Alexander, wat die grense van wanhoop oorskry in haar verbete stryd om die kind wat hulle gesinslewe ontwrig ‘mens’ te laat word. En in die proses omtrent alles wat kosbaar is, verloor. Parallel met Ingrid

Fasiliteerdersgids 1/2

G09 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

staan Miriam – oppasma – wat met haar kinderlike godsvertroue en aardse wysheid die enigste persoon is wat tot ‘Boetatjie’ kan deurdring.” (Daar is ook ’n film op Showmax.)

The Curious Incident of the Dog in the Night-Time

Mark Haddon

ISBN: 9783140412520

Uitgewer: DFB, Random House

“Fifteen-year-old Christopher has a photographic memory. He understands maths. He understands science. What he can’t understand are other human beings. When he finds his neighbour’s dog, Wellington, lying dead on the lawn, he decides to track down the killer and write a murder mystery about it. But in doing so, he uncovers other mysteries that threaten to bring his whole world crashing down around him.”

Anything But Typical

Nora Raleigh Baskin

ISBN: 9781416995005

Uitgewer: Simon & Schuster

“Told from the first-person perspective of an autistic boy, Nora Raleigh Baskin’s novel is an enlightening story for anyone who has ever worried about fitting in. Jason Blake is an autistic twelve-year-old living in a neurotypical world. Most days it’s just a matter of time before something goes wrong. But Jason finds a glimmer of understanding when he comes across PhoenixBird, who posts stories to the same online site as he does. Jason can be himself when he writes and he thinks that PhoenixBird – her name is Rebecca – could be his first real friend. But as desperate as Jason is to meet her, he’s terrified that if they do meet, Rebecca wil only see his autism and not who Jason really is … this is the breathtaking depiction of an autistic boy’s struggles – and a story for anyone who has ever worried about fitting in.”

Dolphins Dance

Jutta Goetze

SampleISBN: 978-1458754943

Uitgewer: black dog books

“Max is Ali’s autistic brother. He’s coming to Ali’s school this year, and Ali’s life is about to change. All Ali wants is to be a typical kid, but that’s not easy with Max around. Ali can’t even go to the beach and swim with the dolphins, because going anywhere new with Max is almost impossible. Ali’s feelings for her brother are mixed: She loves him fiercely and feels sorry for him and wants to protect him. But she also hates him for getting all the attention, for making everyday things, like going to school, difficult. Dolphins Dance is Ali’s story as she learns to understand Max. It is also a story of how autism utterly changes a family’s life.”

Rules

Cynthia Lord

ISBN: 9780439443838

Uitgewer: Scholastic

“This 2007 Newbery Honor Book is a humorous and heartwarming debut about feeling different and finding acceptance. Twelve-year-old Catherine just wants a normal life. Which is near impossible when you have a brother with autism and a family that revolves around his disability. She’s spent years trying to teach David the rules – from ‘a peach is not a funny-looking apple’ to ‘keep your pants on in public’ – In order to stop his embarrassing behaviours. But the summer Catherine meets Jason, a paraplegic boy, and Kristi, the next-door friend she’s always wished for, it’s her own shocking behaviour that turns everything upside down and forces her to ask: What is normal?”

Marcelo in the Real World

Francisco X. Stork

ISBN: 9780545054744)

Uitgewer: Arthur A. Levine Books

“Marcelo Sandoval hears music no one else can hear – part of the autism-like impairment no doctor has been able to identify – and he’s always attended a special school where his differences have been protected. But the summer after his junior year, his father demands that Marcelo work in his law firm’s mailroom in order to experience ‘the real world’. There Marcelo meets Jasmine, his beautiful and surprising coworker, and Wendell, the son of another partner in the firm. He learns about competition and jealousy, anger and desire. But it’s a picture he finds in a file – a picture of a girl with half a face – that truly connects him with the real world: its suffering, its injustice, and what he can do to fight. Reminiscent of The Curious Incident of the Dog in the Night-Time in the intensity and purity of its voice, this extraordinary novel is a love story, a legal drama, and a celebration of the music each of us hears inside.” (Goodreads https://www. goodreads.com/book/show/3700085-marcelo-in-the-real-world)

Sample

Voorspoed vir die uitdagings wat op jou en jou leerders se ontdekkingsreis voorlê. Ons vertrou dat hierdie gids jou sal help om die ontwikkeling van jou graad 9-leerders se vaardighede in Afrikaans op eerste addisionele taalvlak speel-speel kaf te draf!

LESELEMENTE

LEERDOELWITTE

Wat jy aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

AKTIWITEIT

Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.

WOORDESKAT

Betekenis van moeiliker woorde in tekste.

KERNINHOUD

Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe.

WENKE

Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.

VIR DIE NUUSKIERIGES

Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.

Sample

JAARPLAN

Eenheid Les Datum begin Datum voltooi

LES 1: Krieket

LES 2: Watersport (branderplankry)

1

LES 3: Monopoly

LES 4: Kaartspeletjies

LES 5: Wegkruipertjie

LES 6: In die begin …

LES 7: Kom speel saam!

2

LES 8: Dis nie kinderspeletjies nie.

LES 9: Werk speel-speel.

LES 10: Die eerste rondte.

LES 11: Robotsterre

3

LES 12: Op jou merke, gereed, gaan!

LES 13: Slim vang sy baas.

LES 14: Slim, slimmer, robot.

LES 15: Die beste spel.

LES 16: Stem jy saam?

4

LES 17: Jy speel seker!

LES 18: Klaargespeel.

Die fasiliteerdersgids is in vier eenhede en in 18 lesse verdeel. Eenheid 1 en 2 is in fasiliteerdersgids 1/2, en eenheid 3 en 4 is in fasiliteerdersgids 2/2.

EENHEID 1: Week 1 – 2

Les 1:

Ons speel van toeka tot nou ... krieket

Leerdoelwitte

Welkom by die eerste les van die jaar in Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Dit is die laaste jaar van die leerders se senior fase, en ons gaan sommer lag-lag en speel-speel met hierdie jaar klaarmaak.

In hierdie les gaan jou leerders:

• aan ’n groepbespreking oor ’n plakkaat deelneem;

• die belangrikste kenmerke van ’n plakkaat leer ken;

• met woorde en woordorde speel;

• na die kenmerke van ’n kortverhaal kyk;

• ’n kortverhaal lees en vrae daaroor beantwoord;

• aktiwiteite doen oor die korrekte spelling van woorde en die korrekte gebruik van Afrikaans vir Engelse woorde;

• naamwoorde hersien;

• die skryfproses hersien;

• verskillende tydvorme in Afrikaans hersien; en

• hul eie plakkaat beplan, ontwerp, redigeer en aanbied.

Sample

Die oorkoepelende tema vir hierdie jaar is “speel”. Die idee is om hierdie laaste jaar van jou leerders se senior fase propvol geleenthede maak om met idees, woorde en taal te speel. Die inhoud van les 1 is in die onderstaande tabel verpak. Gebruik dit as jou wedstrydplan vir die les

Luister en praat

Groepbespreking: Ons praat oor plakkate

1 45 minute

Bespreek die belangrikste kenmerke en elemente van ’n plakkaat Aktiwiteit 2 30 minute

Woordbou: Scrabble-krieket

Taalaktiwiteit: Sinstrukture

Lees en kyk

Prelees: Vrae wat jou oor die plakkaat laat nadink

3 10 minute

4 10 minute

5 25 minute

Verstaan die kernwoorde Aktiwiteit 6 15 minute

Tydens lees: Verken die plakkaat verder Aktiwiteit 7 15 minute

Postleesbespreking: Alles op die plakkaat werk saam! Aktiwiteit 8 15 minute

Die kenmerke van ’n kortverhaal Aktiwiteit 9 20 minute

Lees ’n kortverhaal Aktiwiteit 10 40 minute

Prelees: Vrae wat jou laat nadink oor wat jy gaan lees

Tydens lees: Vrae om jou te lei

Postlees: Vrae nadat jy die kortverhaal gelees het

Spelling en afkortings

Selfstandige naamwoorde, byvoeglike naamwoorde en voornaamwoorde

Woordeskat: Korrekte Afrikaans

Skryf en aanbied

Hersien die kenmerke en elemente van ’n plakkaat

Sample

Hersiening: Hoe skryf ’n mens jou eie teks?

Dis nou tyd!

Beplan hoe om jou plakkaat te skryf

Eerste poging: Ontwerp en skryf jou plakkaat

Hersien jou eerste poging

Redigeer jou teks

Is alles reg? (Proeflees jou plakkaat)

Wys jou plakkaat aan die klas, lees dit voor, en bespreek dit

Remediëring

Aktiwiteit 11 20 minute

Aktiwiteit 12 40 minute

Aktiwiteit 13 20 minute

Aktiwiteit 14 10 minute

Aktiwiteit 15 10 minute

Aktiwiteit 16 10 minute

Aktiwiteit 17 10 minute

Aktiwiteit 18 10 minute

Aktiwiteit 19 10 minute

Aktiwiteit 20 20 minute

Aktiwiteit 21 30 minute

Aktiwiteit 22 15 minute

Aktiwiteit 23 15 minute

Aktiwiteit 24 15 minute

Aktiwiteit 25 10 minute

Aktiwiteit 26 10 minute

AFDELING 1

LUISTER EN PRAAT

Inleiding tot afdeling 1: Die belangrikheid van groepbesprekings is breedvoerig in graad 8 behandel. Hier volg ’n opsomming:

Daar is ’n paar redes waarom jy jou leerders moet motiveer om aan groepbesprekings deel te neem:

• Dit maak die onderwerp interessanter.

• Dit help die leerders om te leer.

• Jy kan terugvoer oor die bespreking gee.

• Die leerders weet dan waar hulle foute maak, en hulle kan dit regmaak.

Jy vergemaklik die leerproses deur aktiewe deelname aan te moedig, en die leerders kry geleentheid om op ’n nuwe manier oor die les – en oor hulself – te dink.

Jy kan dit soos volg doen:

• Maak besprekings toeganklik: Die leerders moet gemaklik daarmee voel om te praat en hul stemme te laat hoor. Hulle moet nooit bang wees om Afrikaans te praat of foute te maak nie – dit is die enigste manier om ’n taal aan te leer.

• Skep ’n vriendelike atmosfeer: Die leerders moet die onderwerpe bespreek en hul menings op ’n respekvolle manier aan mekaar meedeel.

• Stel ’n doelwit: Die bespreking moet ’n doel en rigting hê. Wat wil jy met die bespreking bereik?

• Moedig deelname aan: Gee aan almal ewe veel kans om deel te neem.

Aktiwiteit 1: Groepbespreking: Ons praat oor plakkate 45 minute

Het jy geweet dat plakkate een van die eerste vorme van advertensie (advertising) was? Plakkate is al deel van ons lewe sedert die begin van die 19de eeu. Hier is 'n voorbeeld van ’n plakkaat wat ongeveer 1885 gedruk (printed) is.

Sample

Sien die kleurbylae vir ’n kleurweergawe.

Sample

’n Plakkaat vir die toneelstuk Little Jack Sheppard gedateer ongeveer 1885

Deesdae word gedrukte plakkate nie net in museums uitgestal nie. Jy kan oral gedrukte plakkate sien. Verskillende soorte geleenthede word daarop geadverteer. Dink byvoorbeeld aan verkiesings (elections), sporttoernooie (sports tournaments) en groot uitstallings (exhibitions), soos skoue. Plakkate is een van die min dinge wat heeltemal deur ’n digitale weergawe (digital version) vervang kan word. Daar is enkele enorme digitale reklameborde (billboards) langs die strate in groot stede. Ons sien egter meestal hierdie groot plakkate langs die pad. Daarop word produkte of dienste geadverteer – van besighede tot wonderkure (miracle cures) vir allerhande kwale (ailments).

Gesels ’n bietjie oor die beste (of swakste) plakkate wat jy al gesien het.

Kyk nou saam met jou fasiliteerder na die plakkaat op die volgende bladsy. Maak notas en gesels oor die volgende vrae:

1. Wat is die belangrikste nuus wat die plakkaat wil oordra (convey)?

Daar gaan ’n massakrieket-oefensessie tydens die vakansie gehou word.

2. Noem minstens drie ander gedagtes op die plakkaat wat minder belangrik is.

Seuns én meisies is welkom.

Daar is gratis T-hemde, verversings en professionele hulp beskikbaar.

Daar gaan Protea-sterre teenwoordig wees.

Kolwe en balle word voorsien.

Daar gaan volwasse toesig wees.

3. Hoe probeer die organiseerders van die geleentheid om mense op die boodskap te laat reageer?

Hulle probeer mens met al die gratis aanbiedinge lok.

Beantwoord dan die volgende vrae:

4. Sekere dele van die plakkaat is in ’n groter skrifgrootte (font size) as ander dele geskryf.

Sou jy enige ander dele ook groter wou maak? Indien wel, waarom sê jy so?

Die leerder se eie antwoord. Hulle kan dalk inligting wat vir hulle belangriker is, laat uitstaan, byvoorbeeld die datums en die tyd.

5. As jy die advertensie hardop sou voorlees aan iemand wat dit nie kan sien nie, by watter dele sou jy die woorde met ’n harder stemtoon lees?

Die woorde wat groter as die ander is en dié wat in vetdruk (bold) verskyn, moet harder as die ander gelees word.

6. Sou jy alles teen dieselfde spoed/tempo lees?

Nee, dele wat belangriker is, moet stadiger gelees word.

7. Die “Sport vir Meer-Organisasie” wat die plakkaat laat druk, vra vir jou en ’n paar van jou vriende om “lopende plakkate” (walking posters) te wees. Julle moet by ’n besige winkelsentrum staan en mense vertel van wat op die betrokke dag gaan gebeur. Wat sou jou liggaamstaal (body language) wees terwyl jy die inligting oordra?

Sample

Jou liggaamstaal behoort opgewonde en meelewend te wees. Jy kan dalk ’n paar krieketaksies demonstreer (met ’n denkbeeldige bal ’n hoë bal boul).

8. Is daar woorde of dele van die plakkaat wat jou laat voel dat jy iets gaan misloop as jy nie daar is nie?

Definitief. Die feit van die Protea-sterre daar gaan wees en al die gratis items wat geadverteer word om jou soontoe te lok.

Sien die kleurbylae vir ’n kleurweergawe. Sample

1/2 G09 ~

Aktiwiteit 2: Bespreek die belangrikste kenmerke en elemente van ’n plakkaat 30 minute

Inleiding tot aktiwiteit 2: Jy kan die leerders vra of hulle ’n paar kenmerke kan identifiseer voordat julle deur die teks werk. Indien daar woorde is wat hulle nie verstaan nie, moedig hulle aan om die woorde in ’n tweetalige woordeboek op te soek.

Kenmerke van ’n plakkaat

’n Plakkaat word soos volg in die Oxford-woordeboek gedefinieer: ’n groot, gedrukte prent, kennisgewing (notice) of advertensie wat in ’n publieke plek vertoon word.

Die doel van ’n plakkaat is om ’n boodskap in die openbaar so vinnig moontlik onder soveel mense moontlik te versprei. Jy kry byvoorbeeld plakkate teen lamppale, pilare, heinings (fences) en winkelvensters. Jy sien ook plakkate op plekke waar die publiek dikwels kom, soos in winkelsentrums en in poskantore. Die boodskap op die plakkaat kan ’n aankondiging (announcement) of ’n advertensie wees. Daarop kan ’n diens (byvoorbeeld ’n kinderoppasdiens [childcare]) aangebied word of ’n produk (byvoorbeeld braaihout) te koop aangebied word. Verder kan daarop ook ’n funksie (byvoorbeeld ’n gig) aangekondig word, of ’n kandidaat in ’n verkiesingsveldtog (election campaign) bekendgestel word.

Let op:

• ’n Plakkaat word vir ’n spesifieke groep lesers of teikenmark (target market) gemaak.

• ’n Eenvoudige plakkaat is dikwels die doeltreffendste. Verskillende lettertipes, lettergroottes, kleure en grafika (graphics), soos logo’s, kan aandag op die inligting vestig. Die plakkaatontwerper moet egter woorde en grafika ekonomies gebruik omdat die spasie beperk is.

• Die leser moet die plakkaat maklik en vinnig kan lees en verstaan. Ingewikkelde lettertipes werk dus nie altyd goed nie; gebruik slegs ’n lettertipe waaraan die teikenlesers gewoond is.

• Daar moet genoeg inligting oor die produk, geleentheid, ens. op die plakkaat gegee word.

• Die inligting moet volledig wees sodat die leser die volgende “W-vrae” kan beantwoord: Wat? Waar? Wanneer? Deur wie? Wat alles? Vir wie?

Die basiese kenmerke van ’n plakkaat is baie soos dié van die strooibiljet. Jy het dit in graad 8 behandel:

• Die inligting en basiese boodskap word duidelik en kortliks oorgedra.

• Die taal is bondig maar interessant.

• Die uitleg (layout) is eenvoudig sodat dit vinnig gelees kan word.

• Die belangrikste inligting staan duidelik uit. Sodoende word die leser se belangstelling (interest) gewek.

• Groot genoeg lettertipes en lettergroottes moet gebruik word sodat die leser die inligting duidelik kan sien.

’n Riglyn vir ’n effektiewe plakkaat is dat dit volgens die ABBA-beginsel (principle) ontwerp moet word:

A: Dit trek die leser se AANDAG (attention).

B: Dit wek die leser se BELANGSTELLING (interest).

B: Dit lei tot ’n BEGEERTE (desire) by die teikenleser (target reader).

A: Die teikenleser gaan tot AKSIE (action) oor.

In afdeling 2 gaan jy die kenmerke van ’n plakkaat verder verken (explore).

Aktiwiteit 3: Woordbou – Scrabble-krieket 10 minute

Inleiding tot aktiwiteit 3: Hierdie is ’n inleidende taalaktiwiteit wat daarop gemik is om ’n bietjie pret te hê. Daar waar jou leerders woorde neerskryf wat vier of ses punte tel, kan jy die kriekettekens vir ’n vier en ’n ses wys. As hulle dalk Engelse woorde soos “fab”, “lad” of “ball” neerskryf, kan jy die teken wys vir ’n speler wat uit is.

Kom ons speel Scrabble-krieket!

Hier onder is ’n kort speletjie wat jy op jou eie of teen jou klasmaats kan speel. Jy gaan agt letters kry, en jy moet soveel woorde moontlik met die letters maak. Daar is ’n getal bo-op elke letter. Om dus jou punt vir die woord te kry, moet jy net die letters se punte bymekaartel. Die woorde moet Afrikaanse woorde wees. As jy ’n woord kry wat vier of ses punte tel, gaan jou fasiliteerder die teken vir ’n vier of ’n ses, soos in krieket, gee. As jy ’n Engelse woord gee, gaan die fasiliteerder vir jou die “uit”-teken gee.

Skryf jou woorde en punte in die tabel neer. Tel dan die punte op, en kyk wie se totaal die hoogste telling (highest score) aangee.

Vier

K L F A B L D O

Woordorde

Onthou jy nog vir STOMPI? Dit is ’n formule wat jy in graad 8 geleer het om jou met die woordorde van sinne in Afrikaans te help. Kyk weer na die volgende voorbeeld:

Onderwerp Werkwoord 1 Tyd Voorwerp Manier /wyse Plek Werkwoord 2 Infinitief

Sy het gister die bal hard oor die net geslaan om ’n punt te kry.

Subject S V1 * Time T Object O Manner M Place P V2 * Infinitive I

Aktiwiteit 4: Taalaktiwiteit: Sinstrukture

10 minute

1. Gebruik nou hierdie formule om die volgende sinne in die korrekte woordorde te skryf:

a) In die IPL-liga ons krieketspelers briljant het gespeel. Ons krieketspelers het briljant in die IPL-liga gespeel.

b) Vandag hy gaan speel op Nuweland goed. Hy gaan vandag goed op Nuweland speel.

c) More sal ons wen op Wanderers die spannende wedstryd. Ons sal more die spannende wedstryd op Wanderers wen.

d) Sy kolf het Jimmy ordentlik vandag geswaai. Jimmy het vandag sy kolf ordentlik geswaai.

e) Op King’s Park in Durban het ver verloor die tuisspan hul wedstryd. Die tuisspan het hul wedstryd ver op King’s Park in Durban verloor.

2. Skryf die frase tussen hakies op die regte plek in die sin.

a) Weens Covid moes sonder toeskouers speel (ons krieketspanne). Weens Covid moes ons krieketspanne sonder toeskouers speel.

b) In die meeste laerskole is daar net in ’n krieketspan (ses spelers). In die meeste laerskole is daar net ses spelers in ’n krieketspan.

c) (uit 20 beurte) Die T20-wedstryde bestaan en is baie gewild. Die T20-wedstryde bestaan uit 20 beurte en is baie gewild.

d) Iets vir ’n ses slaan, beteken (jy suksesvol) dat is. Iets vir ’n ses slaan, beteken dat jy suksesvol is.

e) Help (plat te) my om die kolfblad rol. Help my om die kolfblad plat te rol.

Sample

Verryking

Hier kan jy die leerders aanspoor om verder navorsing te gaan doen oor Hashim Amla of enige krieketspeler van wie hulle hou en wat al die nuus gehaal het, byvoorbeeld Herschelle Gibbs, Makhaya Ntini, Temba Bavuma of Quinton de Kock. Jy kan vra of daar iets is waaroor hulle so sterk voel dat hulle nie die borg (sponsor) se logo sal dra nie. Jy kan die leerders ook vra wat hulle van Amla se optrede dink. Respekteer hulle dit? Dink hulle dit is onnodig?

• A complete guide with all the texts (contemporary and classic) for comprehension exercises, speeches, and reading included.

• Use with Christien Neser’s Absoluut Einstein for the prescribed literature component.

• Comprehensive explanations of language aspects.

• Step-by-step guidelines in plain language.

• Fun, engaging, and practical activities.

• Interesting themes for Grade 9s to expand general knowledge and inspire curiosity.

• Encourages independent thinking and develops reasoning skills.

• Suitable for learners on all levels.

• Use in school or at home.

home classroom college workplace

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.