Gr 9 afrikaans huistaal fasiliteerdersgids

Page 1


Afrikaans Huistaal

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

INHOUDSOPGAWE

Voorwoord

• Laat die leerder sy/haar oë en ore oop hou vir sake in tydskrifte, koerante, oor die TV of radio wat met die temas verband hou

• Die werk moet afgehandel word soos in die kwartaalbeplanning aangedui.

Alle formele assesserings kan in die portefeuljeboek gevind word.

WENKE:

Die leerder het tot aan die einde van graad 8 al feitlik 80% van die taalsillabus in Afrikaans afgehandel. Dit is dus baie belangrik dat jy moet sorg dat die leerder alle teorie goed onder die knie het wanneer van die werk herhaal word of wanneer daar aanvaar word dat die leerder, die werk moet ken.

Lees help natuurlik steeds baie omdat dit die leerder se woordeskat en spelvaardighede verseker verskerp en uitbrei.

Laat die leerder enige boek/tydskrif (natuurlik Afrikaans) vir hom/haar koop – ʼn mens hoef nie net storieboeke te lees nie – lees ENIGE IETS waarin die leerder belangstel.

EENHEID 1

KWARTAALBEPLANNING

WEEK AKTIWITEITE

Week 1 en 2 1 ; 2

Week 3 en 4 3 ; 4

Week 5 en 6 5 ; 6

Week 7 en 8 7 ; 8

Week 9 en 10 9 en hersiening en leer van toetse

LES 1: Die natuur praat ook

EN KYK

VAALVALK – W.E.G LOUW

Atmosfeer: somber/hartseer = valk is eensaam

1 Wit is die wêreld (Alliterasie = w-klank verskerp hartseeratmosfeer) van outydse weë, (Enjambement van r 1 & 2)

3 en ʼn treurige wals (Beklemtoon alliterasie van “w”) is die vroemoresee; (Uitbreiding volg)

5 dou oor die duine, geen windjie wat waai, (Draaibeweging van valk word gesuggereer deur ellips) net ʼn vaalvalk wat sing soos hy draai, soos hy draai... (Leestekens word gebruik om idees te beklemtoon)

ANTWOORDE:

1

Deur middel van die w-klank kry die digter dit reg om die atmosfeer te skep.

2.1 Beklemtoon die alliterasie van die w-klank.

2.2 ʼn Uitbreiding volg.

2.3 Dit beklemtoon die woorde wat die waai van die wind beklemtoon.

2.4 Die draaibeweging wat die vaalvalk maak, word gesuggereer

3 Somber hartseer stil.

4 Die woorde met die allitererende w-klank; die rym; die herhaling.

Aktiwiteit 1.2:

“Die Rooivlerkspreeu”

Tipe spreeu wat in klowe bly -

Die Rooivlerkspreeu

D.F. Malherbe

Woordjie “O”: Dié woordjie word altyd gebruik om ʼn gevoel aan te dui, hetsy of dit ʼn gevoel van verbasing/vreugde/teleurstelling/ens., is

1 O rooivlerkspreeu, 2 ek hoor jou lied,

3 ʼn diep verhaal

4 van warm verdriet.

Gebroke rym

Rymdwang - ter wille van rym

5 Ek hoor jou klae, 6 jou stemklank soos in kinderdae, 7 en soek dan hier, 8 dan daar,

f ek-verteller (wie “ek”)

9 tot ek jou op die tak gewaar, 10 allenig op die eiketak, 11 so somber-swart, 12 so windverward!

hoe lyk voël vir verteller

Atmosfeer: Somber/hartseer w-klank dui atmosfeer aan ellips/beletselteken

13 Die reënbui en die winterkou….. 14 die berg is toe van wolkegrou, 15 die stormweer smoor 16 jou klagte dood;

Dui daarop dat reën & koue aanhou

Niemand hoor haar noodroep

17 bo in die berg is hongersnood.

18 Die donker kom, 19 die stormwind fluit20 my hart herhaal

SAMPLE

21 ʼn honderd maal

Verduideliking volg (watse noodroep)

Personifikasie

Alliterasie = beklemtoon emosie

22 die smeking van jou stemgeluid!

23 O rooivlerkspreeu, 24 so somber-swart, 25 so noodverward,

26 ek hoor jou in die noordewind.

27 O bedelaar-kind,

28 verstom, verkluim,

29 in raaisel-dom

30 van koue, wrede

31 wêreldruim!

Dui smeking aan - beklemtoon

Persoon in gedig voel empatie; jammer; simpatie vir voël kry hom jammer

mooi fluit

ANTWOORDE:

1 ʼn Tipe spreeu wat in klowe en kranse bly. Die rooivlerkspreeu het ʼn verskeidenheid musikale fluite, is pikswart met rooi vlerke

2 Somber/hartseer: “O; verdriet; somber-swart; klagte dood; donker; smeking; noodverward; verstom; verkluim; wrede;

3 ellips/beletselteken: dui daarop dat die reën en koue aanhou

4 ek-verteller

5 abcbddef: gebroke rym

6 Die woord “klae” word gebruik om te rym met “-dae” in r.6

7 Die leerder moet ʼn paragraaf skryf waarin ʼn beskrywing van die persoon in die gedig se gevoel gegee word. Luister daarna en bespreek die gevoel.

Aktiwiteit 1.3: “Eekhoring”

ANTWOORDE:

1 Die eekhoring kan baie beter boomklim as ʼn kat

2 Dit dwing ʼn mens om vinnig te lees wat jou dan ʼn idee gee van hoe vinnig die eekhoring spring

3 Enige voorbeeld van twee reëls wat op mekaar volg sonder dat daar ʼn leesteken aan die einde van die reël is. Dit is belangrik dat albei reëls en nie slegs een reël gegee word nie

4 4.1 doodmaak/die eekhoring val waarskynlik op die gras dood neer 4.2 hy is geskiet

5 Reëls 1, 6 en 14: dit beklemtoon dit wat die eekhoring goed kon doen

6 ʼn Eekhoring word beskryf in sy alledaagse bedrywigheid, nl. dat hy in bome rondspring en akkers bymekaar maak. Sy vaardigheid word ook uitgebeeld en dan kom ʼn seuntjie, in sy kinderlike onskuld, en skiet die eekhoring met ʼn kettie dood. Wat hier beklemtoon word, is die feit dat dit wat vir die eekhoring natuurlik is, sy ratsheid, kon hom nie red nie.

Boodskap:

ʼn Eekhoring word beskryf in sy alledaagse bedrywigheid, nl. dat hy in bome rondspring en akkers bymekaar maak. Sy vaardigheid word ook uitgebeeld en dan kom ʼn seuntjie, in sy kinderlike onskuld, en skiet die eekhoring met ʼn kettie dood. Wat hier beklemtoon word, is die feit dat dit wat vir die eekhoring natuurlik is, sy ratsheid, kon hom nie red nie

SAMPLE

enjambemente: reëls 2 en 3 / 3 en 4 / 4 en 5 / 8 en 9 / 9 en 10 / 10 en 11 / 13 en 14 / 15 en 16 / 16 en 17 / 17 en 18

Albei reëls moet gegee word

Eekhoring

1 Hy kon boomklim kon hy nie!

2 Hy kon ʼn kat hond haaraf maak

3 met hierdie suiwer spring - die raak

4 boog van grond oor stam op tak

5 tot by die klou om skurwe dennebol,

6 ai hygend! Hy kón boomklim kon hy nie!

7 Maar - nie net hy kon mik en raak:

8 ʼn Seuntjie wat hom uittrek

9 - stadig, agteroor, wanneer hy kettieskiet

10 en hom liggies met ʼn eikel tussen oë

11 op groen grassies van die gras af maak.

12 Ai ai! Hy kon ráákskiet kon hy nie!

13 Een boog van grond oor stam op mik 14 ... Hy kon boomklim kon hy nie!

15 Maar ligter as dié ligte boog

16 ʼn akker uit ʼn kettie styfgespan

17 Wat vinniger as die lewe trek

18 - Hy kon raakskiet. Kon hy nie?

LES 2: Hoe belangrik is die natuur?

LUISTER EN PRAAT

- Kan nie hond haaraf maak nie—beteken jy kan dit nie regkry nie hier is die diertjie selfs beter as ʼn kat

- Herhaling met r.6 en 14 beklemtoon dit wat hy goed kan doen

SAMPLE

Aktiwiteit 2.1: Voorbereide lees

- Na dubbelpunt volg verduideliking

- Eikel = akker: dit wat hy versamel

- Doodmaak - val op gras na kettieskoot

- Herhaling met r. 12 en 18 beklemtoon dit wat hy goed kan doen

- Die seuntjie skiet in kinderlike onskuld die eekhoring dood nie eers die eekhoring se vaardigheid kon hom hiervan red nie

Die leerder moes in les 1 by die gedig, “Die Rooivlerkspreeu”, vraag 7, ʼn paragraaf skryf. Hierdie paragraaf gaan die leerder nou as ʼn voorbereide leespunt vir u voorlees. Gee aan die leerder so twee minute om die paragraaf voor te berei en laat die leerder dan die paragraaf hardop vir u voorlees. Dit gaan glad nie hier oor hoe vinnig die leerder lees nie, maar eerder hoe akkuraat en gevoelvol.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.