Gr R-Leer en Doen-Fasiliteerdersgids Kwartaal 3

Page 1

Í2ÂÈ-A-LAD-FG03.Î

1

8

0

0

-

A

-

L

A

D

-

F

G

0

3

LEER EN DOEN FASILITEERDERSGIDS 3/4

Graad R

A member of the FUTURELEARN group


Leer en Doen Fasiliteerdersgids 3/4

1800-A-LAD-FG03

Í2ÂÈ-A-LAD-FG03.Î

Graad R

Aangepas vir KABV

Dr N Scheepers A Venter R Venter


Graad R ~ Fasiliteerdersgids 3

Inhoudsopgawe Week 21 – 30 Leereenheid 11: Tuinbewoners.......................................................................................... 5 Dag 1: Wie woon in ons tuin? ......................................................................................... 9 Dag 2: Families met vere ............................................................................................. 13 Dag 3: Kloue, snawels en skerp oë .............................................................................. 17 Dag 4: Neste en eiers ................................................................................................... 21 Dag 5: Goggas in ons tuin ............................................................................................ 25 Dag 6: Hoe lyk ’n insek? ............................................................................................... 29 Dag 7: Goggas kan vlieg en loop ................................................................................ 33 Dag 8: Wurms wat wriemel .......................................................................................... 37 Dag 9: Slymerige slakke en paddas wat kwaak ........................................................... 41 Dag 10: Spinnekoppe ................................................................................................... 45 Leereenheid 12: Alles oor bome en diere........................................................................ 49 Dag 1: Ek droom oor ’n boom ...................................................................................... 53 Dag 2: Die boom se vriende en vyande ....................................................................... 57 Dag 3: Die ou akkerboom se storie .............................................................................. 61 Dag 4: ’n Woud en ’n bos… ......................................................................................... 65 Dag 5: Wie leef in die takke? ........................................................................................ 69 Dag 6: Wat is onder die grond? .................................................................................... 73 Dag 7: Nut van bome ................................................................................................... 77 Dag 8: Hout, papier en vuur ......................................................................................... 81 Dag 9: Die ontstaan van vuur ....................................................................................... 85 Dag 10: Vure wat die aarde kan brand ......................................................................... 89 Leereenheid 13: Wat leef op aarde?................................................................................ 93 Dag 1: Trapsuutjies in die boom, akkedis en slang op die grond. ................................ 97 Dag 2: Skilpad en krokodil .......................................................................................... 101 Dag 3: Ou reuse dier, wat maak jy hier? .................................................................... 105 Dag 4: Wie eet blare en gras? .................................................................................... 109 Dag 5: Grootwild ......................................................................................................... 113 Dag 6: Velddiertjies .................................................................................................... 117 Dag 7: Groot vleiseters ............................................................................................... 121 Dag 8: Moeder Aarde se skoonmakers ...................................................................... 125 Dag 9: Dinousourusse ................................................................................................ 129 Dag 10: Wat het ons hier, ’n vreemde dier! ................................................................ 133 Leereenheid 14: Van hier tot daar!................................................................................. 137 Dag 1: Wat het wiele? ................................................................................................ 141 Dag 2: Voordat daar wiele was ................................................................................... 145 Dag 3: Vaar op die water ............................................................................................ 149 Dag 4: Hoog bo die wolke .......................................................................................... 153 Dag 5: Op twee spore tussen stasies ......................................................................... 157 Dag 6: Die weermag het krag ..................................................................................... 161 Dag 7: Rol en katrol op en af ..................................................................................... 165 Dag 8: Trokke en busse ............................................................................................. 169 Dag 9: Twee wiele ...................................................................................................... 173 Dag 10: Vuurpyle vlieg vreeslik vinnig en vreeslik ver! ............................................... 177 3

© Impaq


Graad R ~ Fasiliteerdersgids 3

Leereenheid 15: Ta-ra-ra-ra boemdery.......................................................................... 181 Dag 1: Oom Gert se plaas .......................................................................................... 185 Dag 2: Melk is gesond ................................................................................................ 189 Dag 3: Wol is warm .................................................................................................... 193 Dag 4: Vleis op die tafel ............................................................................................. 197 Dag 5: Eier in ’n dop ................................................................................................... 201 Dag 6: Bak ’n brood, eet ’n mielie .............................................................................. 205 Dag 7: Masjiene en implemente ................................................................................. 209 Dag 8: Water is skaars ............................................................................................... 213 Dag 9: Groente .......................................................................................................... 217 Dag 10: Vrugte ........................................................................................................... 221

© Impaq

4


Leereenheid Tuinbewoners 1. Wie woon in ons tuin? 2. Families met vere 3. Kloue, snawels en skerp oë 4. Neste en eiers 5. Goggas in ons tuin 6. Hoe lyk ’n insek? 7. Goggas kan vlieg en loop 8. Wurms wat wriemel 9. Slymerige slakke en paddas wat kwaak 10. Spinnekoppe

© Impaq 5

11


Graad R ~ Fasiliteerdersgids 3

Fokus van leereenheid 11

Luister en praat: • Luister na instruksies en voer dit uit • Dra gediggies voor • Luister na stories vir genot • Gebruik taal om begrippe te vorm

Ontluikende skryf: • Fyn motoriese beheer • Versterk handspiere en fyn motoriese koördinasie met speelklei/deeg • Herhaal patrone • Gebruik skryfgereedskap bv. kryte en verfkwaste • Ontwikkeling van rigtingsin • Skryf klanke: ‘b’, ‘r’ en ‘w’

Skeppende kuns: • Teken en interpreteer prente • Fyn motoriese koördinasie • Kleurherkenning • Ruimtelike bewustheid • 3D ontwerpe met speeldeeg/klei

Ontluikende lees: • Rigtingaktiwiteite – lees die pyltjiekaart • Herken sy/haar eie naam en die beginletter van sy/haar eie naam • Teken prente om gedagtes oor te dra • Fonemiese bewustheid: herken die beginklank van woorde • Lees hoëfrekwensiewoorde

Aanvangskennis en persoonlike en sosiale welsyn: • Watter diere woon in ons tuin • Lewensiklus van ’n padda • Lewensiklus van ’n skoenlappe • Kennis oor voëls • Kennis oor insekte • Kennis oor spinnekoppe • Diere wat onder die grond woon • Dieregeluide

Tuinbewoners Liggaamsopvoeding: • Balans • Groot motoriese ontwikkeling • Ruimtelike oriëntering • Bewustheid van die twee kante van die liggaam: lateraliteit • Gebruik sintuie om waar te neem • Visuele waarneming • Ouditiewe waarneming

Wiskunde: • Tel konkrete voorwerpe • Ritmiese tel • Aantel, terugtel en aftel • Getalbegripsontwikkeling • Probleemoplossings met konkrete apparaat • Kopieer meetkundige patrone • Posisie in die ruimte. • Kleurherkenning • Vormherkenning • Informele meting: langer, korter • Groter, kleiner • Minder, meer, ewe veel • Woordsomme


Rympies, resepte en wenke Dae van die week (Liedjie op die wysie van Ba-ba-black sheep) Anne-Marie Venter

Kiepie, Kiepie

Tradisionele rympie uit Kleuterverseboek (DJ Opperman)

Maandag, Dinsdag, Woensdag, gou… Donderdag, Vrydag, wag ek nou. Altwee voete spring ek gou Saterdag, Sondag Kom tog gou! Sewe dae het ek gesing, Ek het baie mooi gespring!

Kiepie, Kiepie, kom tog gou, hier is lekker kos vir jou. Maar dan moet jy my eers sê, waar jy tog jou eiers lê.

Kleine Langbeenspinnekop

Telrympie

(Liedjie op die wysie van Incy Wincy Spider) Kleine Langbeenspinnekop. Klim nou op die geut, Uit kom die reën en spoel hom voor hy weet, Uit kom die son en weg is al die reën, Kleine Langbeenspinnekop, Klim nou op die geut.

Een, twee, agge nee! Drie, vier, bang vir ’n mier. Vyf, ses, waar’s die nes? Sewe, agt, lekker lag. Nege, tien, alles gesien!

© Impaq 7

Die groot rooi appel Anne-Marie Venter

’n Groot rooi appel om lekker te hap O Goeiste, O Aarde, O Liewe tyd Arme klein wurmpie se koppie is morsaf gebyt!

Spinnekop

Anne-Marie Venter Spinnekop jou grillerige ding Niemand moet jou naby my bring Ek gril en ek skrik, en skree “agge nee” En wil jou net met my een hand wegvee tot in die see.


Graad R ~ Fasiliteerdersgids 3

Week 21 Dag 1

Wie woon in ons tuin?

Sessie 1: Vryspel binne Die leerders speel binne die huis/klas om perseptuele ontwikkeling te bevorder. Voorsien opvoedkundige speelgoed, bv. legkaarte, blokkies, inkleurboek en kryte. Verskaf boeke/prente oor diere en plante in die tuin. Verryk deur natuurlike materiaal uit te stal waaraan die leerders kan voel en ruik.

Sessie 2: Fokusarea: Lewensvaardighede Kom ons gesels oor wie in ons tuine woon

• • • • • • • • •

Die fasiliteerder begin ’n gesprek oor tuinbewoners. Gebruik die prente en boeke wat tydens vryspel uitgesit is as aanknopingspunt. Het julle al buite in die tuin gestap en mooi gekyk watter diere alles in die tuin woon? Aan watter diere dink julle? Gee geleentheid vir die leerders om te gesels oor diere wat in die tuin woon, bv. voëltjies, akkedisse, skoenlappers, besies, wurms, en baie ander. Gesels oor al hierdie tuinbewoners se eetgewoontes sodat die leerders agterkom daar is ’n ekologiese balans. Die huiskat vang muise en voëls. ’n Molslang vang graag muise. Voëls en muise eet insekte, insekte eet mekaar. Krimpvarkies eet krieke. Wurms eet blare en erdwurms eet grond. Wys die mol se wegkruipplekkie! Verkleurmannetjies en akkedisse het skubbe soos slange. Die leerders maak kennis met die verskillende dierefamilies. bv. voëls het vere, insekte het almal ses pote en doppe om hulle lyfies te beskerm, slange en akkedisse hoort saam, ens. Gebruik die prent (Tuinbewoners) in die Leerhulpmiddel en gesels oor die diere wat die leerders in die prent identifiseer: Kyk na die prent en tel hoeveel diertjies in die tuin bly. Waar kruip hulle weg op hierdie prentjie?


• Hoekom kruip hulle so weg in die tuin? (Die diertjies in ons tuin kan hulleself uiters goed kamoefleer.) • Waar dink julle woon muise? • Hoe steek ’n verkleurmannetjie sy lyfie weg? • Wie woon bo in die boom of sit op die telefoonpale? • Wat eet voëls? • Wat eet die huiskat? • As ons in die klam grond tussen die plante ’n gat maak, watter insekte sou ons onder die grond kry? • Watter diertjies woon ook onder die grond? (mol, muis, slang) • Wat eet hulle? • ’n Erdwurmboerdery is maklik om te begin, dit kan weer lei tot ’n komposhoop en ’n klein organiese groentetuintjie in ’n houtkrat.

Sessie 3: Fokusarea: Wiskunde Telwerk: • Tel ritmies: van 1 tot 10. • Voorwerpe aftel: Tel 5 tellers uit en pak dit in ’n ry van links na regs. Sê dit is ‘5’. • Sit nog een teller by. Sê + 1. Tel weer al die tellers saam. Sê dit is 6. Sê dan die som hardop: 5 + 1 = 6. • Terugtel: van 6 tot 1. Voltooi Aktiwiteit 131 in die werkboek: Die leerders knip die blokkies met die muise uit. • Pak die vier kaartjies ondermekaar. • Die fasiliteerder voorsien Getalkaarte en getalname uit die Leerhulpmiddel. • Pas die regte getalkaart by elke prentjie se ooreenstemmende aantal muise. • Vergelyk die hoeveelhede met mekaar. • Vrae die volgende vrae: • Watter kaartjie het die meeste muise? • Watter kaartjie het die minste muise? • Watter kaartjie het een meer as een? • Pak die woordkaarte een tot vier uit, soos dit by elke syfer pas. • Watter kaart het die meeste muise? • Watter getal is meer as 3? © Impaq 9


Graad R ~ Fasiliteerdersgids 3

Sessie 4: Bewegingspel en vryspel buite Fisieke aksies: Gaan op ’n uitstappie in die tuin. Neem ’n goggaboks saam en begin onder boomblare, klippe en struike na goggas soek. Indien daar ’n geskikte boom is, klim daarin, lê op jou rug onder die boom, kyk op na die boonste take. Gee die boom ’n drukkie en voel die skurwe bas. Seil soos ’n slang. Hardloop soos ’n muis. Vlieg soos ’n voël. Kruip soos ’n kriek. Spring soos ’n springkaan. Spring met een been op vier trapklippe en land aan die einde van die klippaadjie op albei voete met gebuigde knieë. Vryspel buite vir ongeveer 40 minute.

Sessie 5: Spontaan skeppende aktiwiteit Tekenaktiwiteit Die leerders teken die boom waaronder hulle tydens buitespel gelê het. Hoe lyk die boom waaronder jy gelê het? Was daar voëls in die boom? Was daar dalk diertjies wat in die tuin rondgekruip het? Jy kan dalk ook ’n muis in ’n tonnel onder die grond teken. (Verwys na die mol wat op die prent oor tuinbewoners wegkruip.) Die leerders kan self besluit self wat hulle wil teken en moet die hele bladsy met hulle mooi prente volmaak. Moedig die leerders aan deur te sê: “Onthou…bome is baie groter as huise.”

Gee die leerders gereeld ’n keuse om te teken net wat hulle wil. Leerders moet die gevoel van individuele keuse in hierdie opset ook ervaar. Dus: “Ek kan ook besluite neem!” Dit is belangrik om nie die leerders se kreatiwiteit in te perk nie. Daar behoort genoeg geleentheid te wees vir vryskeppende, kreatiewe eie idees!


Sessie 6: Fokusarea: Taal Die fasiliteerder sê die volgende sinne hardop. Die leerders luister en herhaal elke sin in die regte volgorde: Oupa uil sê: Hoe-hoe, daar loop ’n muis. Hy is so groot soos my vuis. Kyk na die slang. Die slang sis, dit is soos dit is. Wees versigtig, hy is giftig.

• • • •

Voltooi Aktiwiteit 132 in die werkboek: Weet julle hoe lyk ’n apie? Het julle al ’n apie aan ’n tak sien swaai? Vandag gaan ons die apieswaaipatroon maak. Die fasiliteerder demonstreer die patroon op die bord of skoon bladsy. Begin bo en trek ’n reguit strepie af. Net voor die apie op die grond val swaai hy weer boontoe. Herhaal die beweging.

Sessie 7: Storietyd

Notas:

© Impaq 11


Graad R ~ Fasiliteerdersgids 3

Dag 2

Families met vere

Sessie 1: Vryspel binne Die leerders speel binne die huis/klas om perseptuele ontwikkeling te bevorder. Voorsien opvoedkundige speelgoed, bv. legkaarte, blokkies, inkleurboek en kryte. Verskaf boeke/prente oor diere en plante in die tuin. Verryk deur natuurlike materiaal te voorsien waaraan die leerders kan voel en ruik.

Sessie 2: Fokusarea: Lewensvaardighede Kom ons gesels oor families met vere Die fasiliteerder lees die gediggie: Kiepie, Kiepie Watter dier is ’n kiepie? (Dit is ’n hoender). Hoenders het vere en hulle lê eiers net soos die voëltjies in die tuin. Verskaf boeke, prente en tydskrifte met inligting oor voëls. Die leerders kan daardeur blaai en na die prente kyk. Die boeke kan gebruik word vir die res van die leereenheid. Begin ’n uitstalling oor voëls wat oor die volgende drie dae aangevul word. Gebruik vere (penvere, donsvere, dekvere), eierdoppies, ’n leë nessie. Ons het ’n vel om ons lyfies te beskerm. Voëls het vere om hulle lyfies te beskerm en warm en droog te hou. Gebruik die prenteboeke en gesels met die leerders: • Watter diere het vere? (Die besef dat slegs voëls vere het, moet ontdek word.) • Watter diere lê eiers? (Voëls en reptiele) Beklemtoon die verskil tussen die twee groepe. Voëls het vere, hulle kan vlieg en het net twee bene. Hoe lyk reptiele? (Hulle het vier bene, hulle kan nie vlieg nie, hulle is gewoonlik met skubbe bedek.) • Kan alle voëls vlieg? (Vertoon prente, en probeer identifiseer.) • Kan die voël op hierdie prentjie vlieg? (Sien die volstruis in die Leerhulpmiddel. ’n Volstruis kan nie vlieg nie, al het hy vlerke.) • Hoe lyk ’n kuiken se veertjies? Wat noem ’n mens daardie veertjies? (Donsies) • Wat is voëls se vyande? (Slange en likkewane: Hulle eet die eiers in voëlnessies.)


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.