Gr R-Leer en Doen-Fasiliteerdersgids Kwartaal 4

Page 1

Í2ÂÈ-A-LAD-FG04<Î

1

8

0

0

-

A

-

L

A

D

-

F

G

0

4

LEER EN DOEN FASILITEERDERSGIDS 4/4

Graad R

A member of the FUTURELEARN group


Leer en Doen Fasiliteerdersgids 4/4

1800-A-LAD-FG04

Í2ÂÈ-A-LAD-FG04<Î

Graad R

Aangepas vir KABV

Dr N Scheepers A Venter R Venter


Graad R ~ Fasiliteerdersgids 4

Inhoudsopgawe

Week 31 – 40 Leereenheid 16: Hoe lyk ’n gesonde omgewing?...............................................................5 Dag1: Morsjorse in jou omgewing ......................................................................................9 Dag 2: Sies en stink is vuil .............................................................................................. 13 Dag 3: Elektrisiteit haal te veel uit die aarde ................................................................... 17 Dag 4: Rook wat jy nie kan sien nie ................................................................................ 21 Dag 5: Hou die aarde skoon en herwin ........................................................................... 25 Dag 6: Mense spaar water .............................................................................................. 29 Dag 7: Eina, my ore! ....................................................................................................... 33 Dag 8: Wat kan ek doen? ............................................................................................... 37 Dag 9: Eet gesond .......................................................................................................... 41 Dag 10: Leef gesond ....................................................................................................... 45 Leereenheid 17: Verken jou omgewing............................................................................ 49 Dag 1: Piekniek in die park ............................................................................................. 53 Dag 2: Die kwekery ......................................................................................................... 57 Dag 3: Ons gaan fliek ..................................................................................................... 61 Dag 4: Die teater ............................................................................................................. 65 Dag 5: Eet in die restaurant ............................................................................................ 71 Dag 6: By die biblioteek .................................................................................................. 75 Dag 7: In die dieretuin ..................................................................................................... 79 Dag 8: Botaniese tuine .................................................................................................... 83 Dag 9: Die diereplaas ..................................................................................................... 87 Dag 10: Die akwarium ..................................................................................................... 91 Leereenheid 18: Water is lewe!....................................................................................... 95 Dag 1: Waar kom water vandaan? ................................................................................. 99 Dag 2: Fonteine, riviere en die see ............................................................................... 103 Dag 3: Visse het kieue en vinne en leef in water .......................................................... 107 Dag 4: Rivierdiere het snaakse giere ............................................................................. 111 Dag 5: Mense baljaar in die water .................................................................................115 Dag 6: Mense, diere en plante drink water ....................................................................119 Dag 7: Water maak skoon ............................................................................................ 123 Dag 8: Water word warm .............................................................................................. 127 Dag 9: Kyk, dit dryf! ....................................................................................................... 131 Dag 10: Water vries en ys ............................................................................................. 135 Leereenheid 19: Kinders leer......................................................................................... 139 Dag 1: Kinders leer by die huis ..................................................................................... 143 Dag 2: Kinders leer uit boeke ........................................................................................ 147 Dag 3: Kinders leer by maats ........................................................................................ 151 Dag 4: Kinders leer in die skool .................................................................................... 155 Dag 5: Kinders leer op hulle eie .................................................................................... 159 Dag 6: Kinders leer in spanne ....................................................................................... 163 Dag 7: Kinders leer van blikbreine ................................................................................ 167 Dag 8: Kinders leer van dorpe en lande ....................................................................... 171 Dag 9: Kinders leer hoe geld werk ................................................................................ 175 Dag 10: Kinders leer van die outyd ............................................................................... 179 3

© Impaq


Graad R ~ Fasiliteerdersgids 4

Leereenheid 20: Ons gaan see toe................................................................................ 183 Dag 1: Ons pak in ......................................................................................................... 187 Dag 2: Ons ry see toe ................................................................................................... 191 Dag 3: Waar bly ons? ................................................................................................... 195 Dag 4: Op die strand ..................................................................................................... 199 Dag 5: Beskerm jou lyfie teen die son .......................................................................... 203 Dag 6: Die see .............................................................................................................. 207 Dag 7: Wat leef in die vlakwater? ..................................................................................211 Dag 8: Wat leef in die diepsee? .................................................................................... 215 Dag 9: Die see gee kos en werk ................................................................................... 219 Dag 10: Beskerm en bewaar die see............................................................................. 222

Š Impaq

4


Leereenheid Hoe lyk ’n gesonde omgewing? 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10.

Morsjorse in jou omgewing Sies en stink is vuil Elektrisiteit haal te veel uit die aarde Rook wat jy nie kan sien nie Hou die aarde skoon en herwin Mense spaar water Eina, my ore! Wat kan ek doen? Eet gesond Leef gesond

Š Impaq 5

16


Graad R ~ Fasiliteerdersgids 4

Fokus van leereenheid 16 Luister en praat: • Luister na instruksies en voer dit uit • Dra gediggies voor • Luister na stories vir genot • Gebruik taal om begrippe te vorm • Vertel jou eie storie • Verduidelik begrippe en ervarings

Ontluikende skryf: • Fyn motoriese beheer • Versterk handspiere en fyn motoriese koördinasie met speelklei/deeg • Herhaal patrone • Gebruik skryfgereedskap bv. kryte en verfkwaste • Ontwikkeling van rigtingsin • Skryf klanke: ‘p’ en ‘g’, ‘m’ en ‘r’

Skeppende kuns: • Teken en interpreteer prente • Fyn motoriese koördinasie • Kleurherkenning • Ruimtelike bewustheid • 3D ontwerpe met speeldeeg/klei

Ontluikende lees: • Rigtingaktiwiteite – lees die pyltjiekaart • Herken hulle eie naam en die beginletter van hulle eie naam • Teken prente om gedagtes oor te dra • Fonemiese bewustheid: herken die begin- en eindklank van woorde • Lees hoëfrekwensiewoorde • Luister na die ‘g’-klank

Hoe lyk ’n gesonde omgewing? Liggaamsopvoeding: • Balans • Groot motoriese ontwikkeling • Ruimtelike oriëntering • Bewustheid van die twee kante van die liggaam: lateraliteit • Gebruik sintuie om waar te neem • Visuele waarneming • Ouditiewe waarneming

Aanvangskennis en persoonlike en sosiale welsyn: • Morsjorse in die omgewing • Hoekom ons die aarde moet beskerm • Besoedeling: lugbesoedeling, waterbesoedeling en geraasbesoedeling • Leef gesond • Gesonde eetgewoontes • Natuurlik hulpbronne • Hoe ons water bespaar • Elektrisiteit

Wiskunde: • Tel konkrete voorwerpe • Ritmiese tel • Aantel, terugtel en aftel • Getalbegripsontwikkeling: 0, 10 • Probleemoplossings met konkrete apparaat • Kopieer meetkundige patrone • Posisie in die ruimte • Kleurherkenning • Vormherkenning • Informele meting: langer, korter • Groter, kleiner • Minder, meer, eweveel • Datahantering • Meting van vloeistowwe


Rympies, resepte en wenke Vingerverf (sout en meel)

Telrympie

2 koppies meel 2 koppies sout 3 koppies koue water 2 koppies kookwater 1 teelepel aluin Voedselkleursel of waterverf

Een twee, agge nee! Drie, vier, bang vir ’n mier. Vyf, ses, waar’s die nes? Sewe, agt, lekker lag. Nege, tien, alles gesien!

Meng die meel, sout en koue water. Voeg kookwater by die meelmengsel en bring tot kookpunt. Roer voortdurend. Voeg aluin en kleursel by.

Oefening laat my sug! Nalize Marais

Vingerverf (gom) Meng ’n pakkie muurpapiergom (te koop by ’n hardewarewinkel) volgens voorskrifte op die pakkie. Verdeel dit in eweveel hoeveelhede en gooi in twee houers. Kies twee kleure waterverf, bv. rooi en bruin, en meng dit afsonderlik in die houers. Die mengsel kan in die yskas gebêre word om weer te gebruik.

Ek hou nie van oefening nie Dit laat my sommer sug! Dit maak my moeg en lus vir niks Ek sal eerder nog ’n rukkie rus. Ek hou nie van oefening nie Dit laat my sommer sweet Om te oefen is gesond vir jou lyfie Het jy dit geweet? Ek hou nie van oefening nie Dit laat my sommer sug! Mamma sê: Bog daarmee! Stamp jou voete, klap jou hande, bal jou vuiste en boks in die lug.

© Impaq 7


Graad R ~ Fasiliteerdersgids 4

Week 31 Dag 1

Morsjorse in jou omgewing

Sessie 1: Vryspel binne Die leerders speel binne die huis/klas om perseptuele ontwikkeling te bevorder. Voorsien opvoedkundige speelgoed, bv. legkaarte, blokkies, inkleurboeke en kryte. Verskaf boeke/prente wat verband hou met besoedeling en herwinning.

Sessie 2: Fokusarea: Lewensvaardighede Kom ons gesels oor morsjorse

• • • • • • • • •

Die fasiliteerder lei die leerders om te praat oor die rondstrooi van kos, papier en ander huishoudelike artikels. Gesels oor: • Asblikke: Dit is waar ons afvalmateriaal en vuilgoed weggooi, bv. plastiek, papier, glas, blik en kos. Kos en ander organiese materiaal verrot, maar plastiek, blik en glas verrot nooit nie. Rondstrooi van rommel: Mense strooi oral rommel en bemors die strate en omgewing. Weet julle wat ’n morsjors is? Bespreek die woord besoedeling. Om rommel op die groot ashope te gooi, is nie ’n oplossing nie. Dit hoop net meer en meer op. Die rommel is te veel. Mense grawe groot gate, stoot die gemors daarin met stootskrapers en maak die skoon aarde vuil. Die mens verniel die aarde. Baie rommel vergaan nie en water kan dit nie skoon was nie! Dit lê daar onder die grond tussen die verottende kos en dit vergaan nooit. Plastiek en glas help die mens baie, maar dit is die grootste gesukkel om daarvan ontslae te raak. Dit is gevaarlik. ’n Mens kan in stukkende glas trap en jou voet sny; die stinkende rommel veroorsaak siektes en lok insekte; en diere kan doodgaan as hulle die plastiek saam met gras eet.


Sessie 3: Fokusarea: Wiskunde

• • • •

Telaktiwiteit: Ritmies tel: 1 tot 30 Voorwerpe aftel: 1 tot 15 Aantel: van 4 tot 15; 8 tot 15, ens. Terugtel: van 9 tot 0.

Die fasiliteerder stel die leerders bekend aan die getal ‘0’. • Die leerders vorm ’n begrip van ‘0’. Nul = niks. • Tel van 0 tot 10. • Tel terug van 10 tot 0. • Stel die leerders bekend aan die getalnaam ‘nul’. • Met watter deel van julle lyfies kan julle nul maak? (Vingers en lippe). • Die leerders maak die ronde vorm van die nul met hulle vingers en monde. Gebruik konkrete 3D voorwerpe. • Die fasiliteerder sit een teller in een hand en geen tellers in die ander hand nie. • Sy maak haar een hand oop en wys die leerders die een teller. Dan maak sy haar ander hand oop en wys dat dit leeg is. • Hierdie aktiwiteit kan ook deur die leerders gedoen word. • Laat hulle tellers vashou en alles in ’n blikkie gooi, handjies nou leeg. Dus het hulle niks … dit is nul! Speel die domino-speletjie. (Sien Leerhulpmiddel)

© Impaq 9


Graad R ~ Fasiliteerdersgids 4

Sessie 4: Bewegingspel en vryspel buite

• • • • • • • •

Fasiliteer die volgende bewegingspelsessie: • Galop soos ’n perdjie op oom Gert se plaas. Spring 9 keer op een been vorentoe. Spring met albei bene gelyk nog 9 keer vorentoe. Hardloop vinnig terug. Die fasiliteerder voorsien 8 tennisballe of balle wat van koerantpapier gemaak is. Rol die koerantpapierballe styf rol op en draai dit met maskeerband vas. Laat die leerders die balle in ’n emmer gooi. Die leerders moet hardop tel terwyl hulle die balle gooi. Maak klein plastieksakkies vol water, knoop of “zip-lock” dit toe en gooi dit ook in die emmer, presies soos die oefening met die balle. Vul die een emmer tot bo met water. Skep 9 koppies van die water met ’n blikkie uit. Tel die emmer op en gooi al die water versigtig oor in die ander emmer. Probeer om niks van die water te mors nie. Beweeg sywaarts, eers stadig, later vinniger met glypassies. Lê op jou rug en haal 9 keer diep asem. Speel lekker buite vir nog 15 minute voordat ons opruim.

Sessie 5: Spontaan skeppende aktiwiteit Krabbelaktiwiteit Die fasiliteerder verskaf koerantpapier en laat die leerders met swart kryt daarop krap. (So ’n sinnelose gekrap is soms vir hulle baie lekker. Dit raak ontslae van ’n bietjie aggressie.) Gee uitdruklik opdrag dat die leeerder niks mag teken nie, net krap. • Demonstreer die skryfwyse van ‘0’ op die bord. Let op die vorm van die letter wat antikloksgewys gevorm word. • Die leerders skryf nou ’n gróót ‘0’ op die bladsy waarop hulle net gekrap het. Kleur die nul mooi in, al om en om.


Sessie 6: Fokusarea: Taal Gesels oor diere. Mors hulle op die aarde? • Wat kan ons met plaasdiere se mis doen? (Dit is bemesting vir die tuin). • Herinner die leerders aan die aasdiere wat die omgewing skoonhou. • Mense is die slimste van al die lewende wesens op die aarde. Daarom moet ons ook ons omgewing skoon hou. • Wat kan ons doen om ons omgewing skoon te hou? Hierdie week gaan ons kyk hoe ons rommel en afval kan herwin Bespreek die volgende verskille: • Die leerders omskryf die verskil tussen glas (waaruit ’n mens drink) en glas waarvan iets gemaak is (soos ’n bottel of venster). • Die verskil tussen beesmis en mis (vog). • Die verskil tussen glas en plastiek. (Hoe voel dit? Hoe breek dit? Hoeveel hitte kan dit weerstaan? Wat gebeur as ’n mens ’n plastiekbakkie vries en dan laat val? Hoe buigbaar is dit?) Kom ons luister na die volgende woorde: • Identifiseer die begin- en die eindklank van: glas; mors • Hanteer elke woord afsonderlik en gee geleentheid vir die leerders om die klanke te identifiseer. • Sê vier of vyf woorde in ’n ry en kyk of die leerders dit kan terugsê. • Plastiek, rooiworsie, hond, wind • Voël, bottel, sak, skoene • Rubber, klip, draad, yster Die fasiliteerder skryf die woordjie glas op die bord (papier). • Met watter klank begin ‘glas’? (‘g’-klank) • Skryf die ‘g’ en demonstreer die vorm van die letter. Lê klem op die voetjies van die ‘g’ wat onder in die water hang. • Die leerders skryf die ‘g’ in die sandskinkbord.

Sessie 7: Storietyd

© Impaq 11

g


Graad R ~ Fasiliteerdersgids 4

Dag 2

Sies en stink is vuil

Sessie 1: Vryspel binne Die leerders speel binne die huis/klas om perseptuele ontwikkeling te bevorder. Voorsien opvoedkundige speelgoed, bv. legkaarte, blokkies, inkleurboeke en kryte. Verskaf boeke/prente wat verband hou met besoedeling en herwinning.

Sessie 2: Fokusarea: Lewensvaardighede Kom ons gesels oor besoedeling

• • • • • •

• •

Die fasiliteerder gesels oor verskillende vorme van besoedeling. • Wat sien ons elke dag in ons omgewing wat ‘vuil’ is? (Papiere in die strate. Rommel wat oral gestrooi lê. Papiere en blikke in die rivier of dam se water.) Watter ander besoedeling is daar in ons omgewing? Gesels oor rook wat in die lug hang. Rioolpype wat breek en riool in die strate of riviere inpomp. Fabrieke maak vreeslik baie rook wat die lug vuil maak. ’n Mens sien sommer so ’n donker wolk oor party van ons stede hang. Seker afvalmateriaal kan verrot. Bespreek die term ‘verrot’. Dit beteken die materiaal raak vrot. Later verdwyn dit heeltemal en word weer deel van die aarde. Kos, gras en ander tuinmateriale kan verrot. Ons noem dit organiese materiaal. Hierdie materiaal stink terwyl dit verrot, maar die proses is goed vir die aarde. Dit wat verrot, verander weer in bemesting vir tuine. Papier, blik, glas en plastiek kan weer gebruik word. Het julle al gehoor iemand sê hulle herwin die papier? Plastiek en blik kan nooit verrot nie. Dit bly in die water of in die grond lê as ons rommel strooi.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.