Gr R-Leer en Doen-Fasiliteerdersgids Kwartaal 2

Page 1

Í2ÂÈ-A-LAD-FG02ÂÎ

1

8

0

0

-

A

-

L

A

D

-

F

G

0

2

LEER EN DOEN FASILITEERDERSGIDS 2/4

Graad R

A member of the FUTURELEARN group


Leer en Doen Fasiliteerdersgids 2/4

1800-A-LAD-FG02

Í2ÂÈ-A-LAD-FG02ÂÎ

Graad R

Aangepas vir KABV

Dr N Scheepers A Venter R Venter


Graad R ~ Fasiliteerdersgids 2

Inhoudsopgawe Week 11 – 20 Leereenheid 6: Speelgoedland...........................................................................................5 Dag 1: Heeltyd speeltyd ...................................................................................................11 Dag 2: Wie woon almal in speelgoedland? ..................................................................... 15 Dag 3: Ek leer oor verskillende soorte speelgoed .......................................................... 19 Dag 4: Waarvan word speelgoed gemaak? .................................................................... 23 Dag 5: Speelgoed wat kan rol ......................................................................................... 27 Dag 6: Speelgoed waarmee jy kan bou .......................................................................... 31 Dag 7: Speelgoed met wiele ........................................................................................... 35 Dag 8: Kom ons speel buite ............................................................................................ 39 Dag 9: Waterspeelgoed .................................................................................................. 43 Dag 10: Oupa- en Oumadag ........................................................................................... 47 Leereenheid 7: Troeteldiere............................................................................................. 49 Dag 1: Troeteldiere is jou vriende ................................................................................... 53 Dag 2: Hoe versorg ek my troeteldier? ........................................................................... 57 Dag 3: Ek leer meer oor verskillende soorte troeteldiere ................................................ 61 Dag 4: Elke dier het sy eie maniere ................................................................................ 65 Dag 5: Wat as my troeteldier siek word? ........................................................................ 69 Dag 6: Troeteldiere wat mense help en werk .................................................................. 73 Dag 7: Troeteldiere sonder huise .................................................................................... 77 Dag 8: Troeteldierwinkels ................................................................................................ 81 Dag 9: Hoe voel troeteldiere? (Emosies) ........................................................................ 85 Dag 10: Gevaarlike troeteldiere ...................................................................................... 89 Leereenheid 8: Vakansietyd!............................................................................................ 93 Dag 1: Wat kan ons alles doen? ..................................................................................... 97 Dag 2: Hoe kom ons daar? ........................................................................................... 101 Dag 3: Wie wys die pad aan? ....................................................................................... 105 Dag 4: Wat vat ons saam? ............................................................................................ 109 Dag 5: Baie visse in ’n tenk ............................................................................................113 Dag 6: Die see is sout ....................................................................................................117 Dag 7: Baie diere in die wildtuin .................................................................................... 121 Dag 8: Wie gaan saam? ............................................................................................... 125 Dag 9: Lekker kamp ...................................................................................................... 129 Dag 10: Pas jou op! ...................................................................................................... 133 Leereenheid 9: Sterre, planete en ruimtetuie................................................................. 137 Dag 1: Die ruimte en die sonnestelsel .......................................................................... 143 Dag 2: Die planete ........................................................................................................ 147 Dag 3: Sterre wat skyn .................................................................................................. 151 Dag 4: Die son is die grootste ster ................................................................................ 155 Dag 5: Lekkerbekkie en die maan ................................................................................ 159 Dag 6: Ek leer meer oor die maan ................................................................................ 163 Dag 7: Op reis deur die ruimte ...................................................................................... 167 Dag 8: Ruimtemanne .................................................................................................... 171 Dag 9: Ruimtetuie ......................................................................................................... 175 Dag 10: Bou ’n ruimtetuig ............................................................................................. 179 3

© Impaq


Graad R ~ Fasiliteerdersgids 2

Leereenheid 10: Wie werk waar?.................................................................................. 183 Dag 1: As ek eendag groot is... ..................................................................................... 187 Dag 2: Ons gaan winkel toe .......................................................................................... 191 Dag 3: In die apteek ...................................................................................................... 195 Dag 4: By die hospitaal ................................................................................................. 199 Dag 5: Nooddienste ...................................................................................................... 203 Dag 6: Boeremarkte, padstalletjies en spazas .............................................................. 207 Dag 7: Inkopies saam met mamma ...............................................................................211 Dag 8: Môre Juffrou, môre Meneer ............................................................................... 215 Dag 9: Kokkedore ......................................................................................................... 219 Dag 10: Die veearts ...................................................................................................... 223

© Impaq

4


Leereenheid Speelgoedland 1. Heeltyd speeltyd 2. Wie woon in speelgoedland? 3. Ek leer oor verskillende soorte speelgoed 4. Waarvan word speelgoed gemaak? 5. Speelgoed wat kan rol 6. Speelgoed waarmee jy kan bou 7. Speelgoed met wiele 8. Kom ons speel buite 9. Waterspeelgoed 10. Oupa- en Oumadag

© Impaq 5

6


Graad R ~ Fasiliteerdersgids 2

Fokus van leereenheid 6 Luister en praat: • Luister na instruksies en voer dit uit • Dra gediggies voor • Luister na stories vir genot • Gebruik taal om begrippe te vorm • Identifiseer dele van ’n geheel, bv. bou ’n legkaart

Ontluikende skryf: • Fyn motoriese beheer • Versterk handspiere en fyn motoriese koördinasie met speelklei/deeg • Herhaal patrone (sigsag) • Gebruik skryfgereedskap bv. kryte en verfkwaste • Ontwikkeling van rigtingsin

Skeppende kuns: • Teken en interpreteer prente • Fyn motoriese koördinasie • Kleurherkenning • Ruimtelike bewustheid • 3D ontwerpe met speeldeeg/klei • Bokskonstruksie

Ontluikende lees: • Rigtingaktiwiteite: lees die pyltjiekaart • Teken prente om gedagtes oor te dra • Fonemiese bewustheid: herken die beginklank en middelklank van woorde • Luister na die ‘s’- ‘o’- en ‘a’-klanke • Visuele waarneming • Vergelyking

Speelgoedland Liggaamsopvoeding: • Balans • Groot motoriese ontwikkeling • Ruimtelike oriëntering • Bewustheid van die twee kante van die liggaam: lateraliteit • Gebruik sintuie om waar te neem • Visuele waarneming • Ouditiewe waarneming • Middellynkruising

Aanvangskennis en persoonlike en sosiale welsyn: • Verskillende soorte speelgoed • Netheid en higiëne • Persoonlike voor- en afkeure • Opeenvolging van gebeure • Veiligheid • Kleurherkenning • Waar speel ons met die verskillende speelgoed • Bekendstelling aan padreëls

Wiskunde: • Tel konkrete voorwerpe • Getalbegripsontwikkeling: getalle 2, 3 en 4 • Kopieer meetkundige patrone • Posisie in die ruimte • Kleurherkenning • Informele meting: langer, korter • Dryf en sink • Datahantering • Tyd: oggend, middag en aand • Sortering en klassifikasie • Konsepte: groter, kleiner, langer, korter, meer en minder


Rympies, resepte en wenke Speelgoedland Nalize Marais

Speelgoedland is ’n lekker plek Daar is glad nie tyd vir werk. As die son opkom, begin die karretjies ry En die poppe staan sy aan sy.

Die wiele van die bus Die wiele van die bus gaan om en om om en om, om en om Die wiele van die bus gaan om en om heeldag lank!

Met blokke kan ek ’n toring bou, of ek kan vinnig spring met my tou. Soms kom daar ’n maatjie speel om my speelgoed mee te deel. As die son vanaand gaan sak, is dit tyd om weg te pak. Elke ding het ’n spesiale plek. So raak my speelgoed nooit ooit weg.

Teken ’n hopscotch-baan

Ek ry met my rooi motorkar Tradisionele liedjie

Ek ry met my rooi motorkar En saam ry ook my pop. En as ek by die rooi lig kom Dan wys hy ek moet stop. Stop! sê die rooi lig. Ry! sê die groen lig. Oppas! sê die geel lig, oppas wat jy doen!

Gebruik bordkryt en teken die vorms op die stoep, ’n ander geplaveide area of met ’n stokkie in die sand.

Begin

© Impaq 7


Graad R ~ Fasiliteerdersgids 2

Week 11 Dag 1

Heeltyd speeltyd

Sessie 1: Vryspel binne Die fasiliteerder pak speelgoed uit wat perseptuele ontwikkeling bevorder. Gebruik legkaarte, blokke en boeke wat verband hou met die tema van die leereenheid. Voorsien speelgoed, bv. ’n pophuis, konstruksiespeelgoed, ens.

Sessie 2: Fokusarea: Lewensvaardighede Kom ons gesels oor speelgoed Die fasiliteerder gesels met die leerders oor speel en speelgoed. Die fokus is nie om vir die leerders van speel en speelgoed te vertel nie, maar om die leerders self te laat gesels oor speel, waarvan hulle hou en waarmee hulle graag speel. Die meeste kinders hou daarvan om te speel. • Hou julle ook daarvan om te speel? • Met watter speelding speel julle graag? Hoekom hou julle daarvan? • Vertel vir my hoe lyk julle gunsteling speelding. Weet julle wat gunsteling beteken? Jou gunsteling speelding is daardie speelding waarvan jy die heel meeste hou en baie graag mee speel. • Die leerders moet kan verduidelik waarmee hulle graag speel, die kleur daarvan, waar hulle daarmee speel, ens. • Bring jou gunsteling speelding saam en wys vir die fasiliteerder (of maats) hoe lyk jou speelding. • Soms speel ons alleen met ons speelgoed, maar ander kere speel ons speletjies saam met maatjies. • Wanneer ons saam met maatjies speel, is dit belangrik om te deel. Almal moet ’n beurt kry om met die speelgoed te speel. • Het julle maatjies saam met wie julle graag speel? Wat is julle maatjies se name? • Watter speletjie speel julle graag saam met julle maatjies?


• Waar speel julle graag? Ons kan buite in die tuin speel, in die parkie speel of by die huis in ons kamer speel. • Waarmee speel ons buite in die tuin? (Bal, sand, swaai, fietsry, jaag mekaar rond, swem, sandput, karretjies, bou ’n plaas, ens.) • Was een van julle al in ’n parkie? Wat speel ons in die parkie? • Waarmee speel julle in julle kamer of speelkamer? • Wat doen julle as julle klaar met julle speelgoed gespeel het? Dit is belangrik dat die leerders bewus is van opruim en speelgoed bêre. Ons moet altyd ons speelgoed oppas en veilig bêre wanneer ons klaar gespeel het.

Sessie 3: Fokusarea: Wiskunde Tel ritmies tot by 10 terwyl die leerders hande klap. • Die fasiliteerder klap haar hande. Die leerders luister en klap dan dieselfde hoeveelheid met hulle hande: • Fasiliteerder klap 2 keer. Die leerders luister en klap ook 2 keer. • Fasiliteerder klap 4 keer. Die leerders luister en klap ook 4 keer. • Fasiliteerder klap 5 keer. Die leerders luister en klap ook 5 keer. • Fasiliteerder klap 3 keer. Die leerders luister en klap ook 3 keer. Gebruik Getalkaarte. • Die leerders pak die getalkaarte in ’n ry van 1 tot 5. • Gebruik tellers/blokkies. Die leerders pak een blokkie langs 1, twee blokkies langs 2, drie blokkies langs 3, vier blokkies langs 4 en vyf blokkies langs 5. • Sit al die blokkies bymekaar. Die fasiliteerder hou die getalkaarte. Flits ’n syfer en die leerders pak die getal uit met tellers. Bv. die fasiliteerder wys 3. Die leerders pak 3 tellers uit. Die fasiliteerder herhaal die aktiwiteit met die getalle 1 – 5. Gee vir die leerders 5 verskillende speelgoed, bv. ’n karretjie, blokkie, plastiekdiertjie, bal, mannetjie, ens. • Pak die getalkaarte in ’n ry. Die leerders pak ’n speelding onder elke getal. • Die fasiliteerder vra dat die leerdersdie speelgoed in die ry identifiseer. Gebruik ordinaalgetalle: • Die karretjie staan eerste in die ry. • Waar is die blokkie? (Die blokkie is tweede in die ry.)

© Impaq 11


Graad R ~ Fasiliteerdersgids 2

• Wat is vierdie in die ry? (Die bal.) • Waar is die mannetjie? (Die mannetjie staan vyfde in die ry.) • Skommel die speelgoed. Vra nou dat die leerders weer ’n ry pak en hardop sê wat kom eerste, tweede, derde, vierde en vyfde in die ry.

Sessie 4: Vryspel buite Tydens vryspel moet die leerders kan speel volgens hulle behoefte en vaardigheid. Die fasiliteerder kan spesifieke apparaat uitsit, bv. ’n bal, hoepel, sandspel en waterspel. Die leerders ontwikkel belangrike vaardighede deur te speel. Hierdie is dus ’n baie belangrike deel van die dagprogram. Voorsien apparaat wat die leerders in staat sal stel om die liggaam te gebruik en bewus te word van wat hulle alles met die liggaam kan doen. Die leerders moet klim en klouter, wipplank ry, ’n hoepel om die lyf kan draai, swaai, balanseer, hardloop, ens.

Sessie 5: Spontaan skeppende aktiwiteit Verfaktiwiteit Bedek ’n tafel met ’n plastiektafeldoek. Sit verskeie kleure waterverf, groot kwaste en water uit. Maak seker dat die verfhouers nie kan omval nie. Merk die verfkwaste volgens die kleure verf op die tafel, bv. die kwas in die rooi verf het ’n rooi kolletjie op die agterkant. Dit sal verseker dat verf nie gemeng word nie. Die leerders het vroeër gesels oor hulle gunsteling speelding. Verf nou daardie speelding op ’n groot vel papier.


Sessie 6: Fokusarea: Taal Die fasiliteerder plak ’n prentjie op haar vinger of teen ’n stokkie/potlood, bv. ’n vliegtuigie, karretjie of pop. Die leerders moet reg voor die fasiliteerder sit en na die prentjie kyk. Die fasiliteerder beweeg haar vinger in die lug van regs na links (vir die leerders is dit links na regs – die leesrigting). Vra die leerders om hulle koppe stil te hou, maar om die vliegtuigie/pop met hulle oë te volg. Die fasiliteerder maak bewegings in die lug: • Beweeg stadig reguit van regs na links en weer terug. • Maak ’n sigsagbeweging in die lug van regs na links. • Seil soos ’n slangetjie van regs na links. • Terwyl die leerders die wysvinger met hulle oë volg, moet die fasiliteerder oplet na die oogbeweging. Voltooi Aktiwiteit 75 in die werkboek: • Gebruik vetkryt en voltooi die patrone.

Sessie 7: Storietyd

Notas:

© Impaq 13


Graad R ~ Fasiliteerdersgids 2

Dag 2

Wie woon almal in speelgoedland?

Sessie 1: Vryspel binne Die fasiliteerder pak speelgoed uit wat perseptuele ontwikkeling bevorder. Gebruik legkaarte, blokke en boeke wat verband hou met die tema van die leereenheid. Voorsien speelgoed, bv. ’n pophuis, konstruksiespeelgoed, ens.

Sessie 2: Fokusarea: Lewensvaardighede Kom ons gesels oor speelgoedland

• • • •

• •

Die fasiliteerder lees die gediggie: Speelgoedland Die leerders hoef nie die gediggie te onthou nie, maar moet baie mooi luister en saam gesels. Dink julle daar is regtig ’n plek soos Speelgoedland? Speelgoedland is nie regtig ’n land nie, dit is ’n plek waarvan ons droom. Hoe dink julle sal dit wees in ’n speelgoedland? Wie woon almal in speelgoedland? (Karretjies, poppe, blokke, springtou) Wanneer moet jy jou speelgoed met iemand deel? Weet julle wat dit beteken om te deel? Verduidelik aan die leerders dat dit lekker is om alleen met jou speelgoed te speel, maar dat ’n mens soms saam met ander maatjies speel. Dan moet ons speelgoed deel en vir elkeen ’n beurt gee om met ’n speelding te speel. Hoe voel julle as iemand julle speelgoed vat? As iemand iets vat sonder om te vra, voel ons kwaad of hartseer. Daarom moet ons altyd vra of ons met iemand anders se speelding mag speel. Wanneer moet ons wegpak? (As die son sak.) Wanneer sak die son? (In die aand.) Dan is dit tyd om te bad, te eet en lekker te gaan slaap.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.