1 minute read

ROOSTER EN TYDSBESTUUR

ROOSTER EN TYDSBESTUUR

Volgens die KABV moet daar drie ure per week aan Sosiale Wetenskappe bestee word. ’n Kwartaal van 10 weke kry dus 30 uur. Die tydstoedeling vir Geskiedenis is dus 15 uur per kwartaal van 10 weke en Geografie ook 15 uur per kwartaal van 10 weke.

Dit bring mee dat leerders 1½ uur per week aan Geskiedenis moet afstaan. Jy sal wel vind dat party opdragte vinniger uitgevoer kan word as ander.

Lesindeling is as volg:

Kwartaal 1: Nege lesse, sommige met aktiwiteite – in ’n kwartaal van 10 weke beteken dit dat leerders een Geskiedenisles per week het om te doen, asook ’n halfuur vir die projek (meer inligting hieroor volg in die handleiding na Kwartaal 1 se werk).

Kwartaal 2: Vyf lesse, sommige met aktiwiteite – in ’n kwartaal van 10 weke beteken dit dat leerders een Geskiedenisles per week het om te doen.

Kwartaal 3: Daar is 14 lesse, sommige met aktiwiteite – in ’n kwartaal van 10 weke beteken dit dat leerders een Geskiedenisles per week het om te doen, en in vier weke van hul keuse twee lesse vir daardie week.

Kwartaal 4: Daar is 12 lesse, sommige met aktiwiteite – in ’n kwartaal van 10 weke beteken dit dat leerders een Geskiedenisles per week het om te doen, en in enige twee weke twee lesse vir daardie week. Aangesien die vierde kwartaal gewoonlik baie kort is, sal dit voordelig wees indien leerders twee tot drie lesse per week kan voltooi. Leerders kan selfs, indien moontlik, in die derde kwartaal reeds met die laaste kwartaal se lesse begin.

This article is from: