LO O P D O P |
DIE PRINSES VAN HAMLET N DIE WONDERLIKE DING VAN REIS IS DAT, AL KAN DINGE PARTYKEER HALSOORKOP SKEEF LOOP, KRY JY DIE KERE WANNEER DIE STERRE NET REG IN LYN LÊ EN JY WEET JY IS NOU OP DIE REGTE OOMBLIK OP DIE REGTE PLEK.
Address: 34 Voortrekker Street, Prince Alfred Hamlet Tel: 023 313 3534 Business Hours: TOPS at SPAR Mon-Fri: 07h00 - 19h00 Sat: 07h00 - 19h00 Sun: 08h00 - 14h00 TOPS Customer Care Tel: 086 031 3141
72 w w w .t o p s a t s p a r. c o . z a
et nou die dag moes ek ’n reeks stories in die Bokkeveld gaan haal het. Vir die wat nog nie daar was nie, die Bokkeveld lê in en om Ceres (die Warm Bokkeveld) dan op met die Gydo-pas tot by Op-die-berg (die Koue Bokkeveld). Soortevan. In die middel van min of meer alles kry jy die dorpie Prince Alfred Hamlet. In die 1850’s het ene Johannes Goosen die plaas Wagenboomsrivier van George Wolfaardt gekoop. En besluit om ‘n dorp te begin. Dieselfde tyd het Koningin Victoria (wat toe die opperste gesag van die Kaapkolonie was) se seun, Prins Alfred, die Kaap besoek (amper soos Prins Harry wat die Springbokke in hul kleedkamer gaan besoek het na ons die Wêreldbeker gewen het). Johannes was so in verwondering oor die prins dat hy terstond die dorp Prince Alfred Hamlet gedoop het. Al is daar vandag steeds net 1,7% Engelssprekendes ... In dié klein dorpie kry jy die hotel met dieselfde naam as die dorp. Mense gebruik terme soos hotel, country lodge, gastehuis en inn daarvoor. Vir my is daar net een woord: herberg. Positief ouderwets, eenvoudig en onpretensieus lekker. ’n Tuiskoms vir ’n reisiger. So sit ek die aand na my rondgeskarrel agter die stories aan in dié herberg se kroeg. Ek luister die locals uit. Hulle praat meesal vrugteboerdery. Maar daar is ook Hennie wat op kontrak van Gauteng is om te kyk vir die oprig van ‘n windplaas. En een reisiger van Kroasië genaamd Stepjan. “Nou Stefan, wat doen jy hier?” vra Hennie hom. “Business.” Dit was die einde van sy Brits en dus styg die 1,7% steeds nie. Een van die gawe dinge was dat baie van die locals daar was met hul wederhelwe. Die musiek is net so positief ouderwets, eenvoudig en onpretensieus lekker. Enigiets van Neil Diamond, verby
James Taylor, Kristofferson en die ou Bee Gees. Die voggies vloei goed en die gaste raak honger. Een kelnerin val my op. Sy vat vas. “Dankie Michelle,” sê Hennie hier langs my toe sy sy wegneempakkie mooi toegedraai aflaai. Ek vang haar oog vir ‘n spyskaart en dis net daar waar ‘n man op die oorkantste hoek van die kroegtoonbank sy bier omstamp. In die verbyswiep soontoe sit sy die spyskaart oop voor my neer. Laggend vee sy bier op, swiep kombuis toe met die vuil lappe en op pad terug, kry sy ’n vars bier en skuif dit voor die man in. Met ’n glimlag. Sonder om uit pas te raak, swiep sy terug na my toe.
So sit ek die aand na my rondgeskarrel agter die stories aan in dié herberg se kroeg. Ek luister die locals uit. Hulle praat meesal vrugteboerdery.
“Eet meneer vark?” vra sy. “Ja Michelle,” antwoord ek. “Dis bestes,” oortuig sy my. “Jy ken jou werk.” “Dis oor ek bly is ek het werk, meneer.” “My dogter se naam is ook Michelle. En ek mis haar vanaand baie.” “Dis goed as meneer haar mis. Dan as meneer haar weer sien, is dit lekkerder. En wanneer meneer haar weer sien, sê vir haar ons wat Michelle is, is die duidelikste mense.” Ek hou van Prince Alfred Hamlet en sy mense. Duidelik.