dwelm5 1
2013/04/02 2:26 PM
“Elke woord van hierdie aangrypende storie, wat vertel word deur die gerekende TV-aanbieder Joanne Joseph, sorg vir aangrypende leesstof. Dis meer as net ’n verhaal van die noodlot wat dramaties ingryp in die lewe van ’n skoonheidskoningin – dis ’n riller, uitstekend geskryf, wat liggelowiges sal waarsku om nie die prooi te word van gewetenlose dwelmsmokkelaars nie.” – Riaan Cruywagen, veteraan-omroeper
i
Drug muled AFR CS6.indd 1
2013/04/02 2:29 PM
Dwelmslagoffer
ii
Drug muled AFR CS6.indd 2
2013/04/02 2:29 PM
Dwelmslagoffer
iii
Drug muled AFR CS6.indd 3
2013/04/02 2:29 PM
Dwelmslagoffer
iv
Drug muled AFR CS6.indd 4
2013/04/02 2:29 PM
Dwelmslagoffer Sestien Jaar in ’n Thai-Tronk Die Vanessa Goosen verhaal
Deur Joanne Joseph saam met Larissa Focke
v
Drug muled AFR CS6.indd 5
2013/04/02 2:29 PM
Dwelmslagoffer
Eerste uitgawe in 2013 deur MFBooks Joburg, ’n drukkersnaam van Jacana Media (Pty) Ltd. Orange-straat 10 Sunnyside Auckland Park 2092 Suid-Afrika +2711 628 3200 www.jacana.co.za Teks © Joanne Joseph en Vanessa Goosen, 2013 In Afrikaans vertaal deur Ilse Salzwedel Alle regte voorbehou. ISBN 978-1-920601-24-9 Ook beskikbaar as n' e-book d-PDF ISBN 978-1-920601-25-6 e-PUB ISBN 978-1-920601-26-3 mobi ISBN 978-1-920601-27-0 Geset in Sabon 11/15pt Gedruk deur: Ultra Litho (Pty) Ltd, Johannesburg Taaknommer 001966 vi Vir ’n volledige lys titels deur Jacana, besoek www.jacana.co.za 2013/04/02 2:29 PM
“Ek besef wat hulle aan my gedoen het daar binne. Hoe hulle my verander het in ’n barbaar, ’n halfmens wat in ’n trog gebad het, kos geëet het wat net vir diere geskik was en saans in ’n hok toegesluit is.” – Vanessa Goosen, 2013
vii
Drug muled AFR CS6.indd 7
2013/04/02 2:29 PM
Dwelmslagoffer
viii
Drug muled AFR CS6.indd 8
2013/04/02 2:29 PM
Inhoud
Inhoud
Inhoud 1. Maak oop jou sak . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 1 2. Ondervraging . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 5 3. Aanhoudingselle . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 10 4. Hof . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 19 5. Die ondersoek . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 24 6. Lard Yao . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 32 7. Herinneringe aan die huis . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 39 8. Felix . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 48 9. Vriende . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 54 10. ’n Onverwagte besoeker . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 60 11. Bond . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 67 12. Liggaamlike indringing . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 74 13. Geboorte . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 79 14. Tronkma . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 86 15. ’n Tikkende horlosie . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 94 16. Tien soene . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 101 17. Kwytskelding . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 110
ix
Drug muled AFR CS6.indd 9
2013/04/02 2:29 PM
Dwelmslagoffer
18. Sinkend . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 119 19. Die dieptes daar onder . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 126 20. Om ’n doel te vind . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 135 21. Tronkliefde . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 144 22. Amnestie . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 151 23. Heengaan . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 158 24. Die vertrek uit Lard Yao . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 165 25. Tuiskoms . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 173 26. ’n Nuwe lewe . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 179 27. Herintegrasie . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 187 28. Die toekoms in . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 195 Epiloog. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 205 Erkennings . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 213
x
Drug muled AFR CS6.indd 10
2013/04/02 2:29 PM
Maak oop jou sak
Maak oop jou sak
H o o f s t u k
1
Maak oop jou sak “Maak asseblief jou sak oop, dame” sê hy. Hy wil nie aanstoot gee nie, maar dring nietemin aan. Goue tande blink hier en daar in sy kraakwit Colgate-glimlag. Hy is die Man in Groen en Swart. Hoflik, geset, sy oë vasgenael op die lughawe se skandeermasjien, asof ’n sokkerwedstryd daarop uitgesaai word. Sy hou hom al dop vandat sy in die ry kom staan het. Hy maak grappies met al die passasiers en lag hardop, gerusstellend, maar geen detail ontglip sy skerp oë nie. Hy bestudeer die gelaatstrekke op elke paspoortfoto, bekyk iedere plooi op elke gesig met die deeglikheid van ’n skilder wat dit op doek wil vaslê. Dan lag en gesels hy weer, vertel nog grappe. ’n Komediant in uniform, ’n ware ambassadeur vir hierdie Land van ’n Duisend Glimlagte, maar een wat die laaste sê oorlaat aan die skandeerder se alsiende meganiese oog. Maar sy is nie lus vir sy kinderagtigheid nie. Sy wil alles net verby kry. Sy kan Bangkok se stof nie vinnig genoeg van haar voete afskud nie. Die stad borrel en kook, ligjare verwyder van die paradys van turkoois see, spierwit strande en luukse vakansieoorde. Sy moes die stoompot van oorvol strate en stegies trotseer om betyds op die lughawe te wees vir haar vlug huis toe, en teen die tyd wat sy agter in die lang ry kom inval het, was sy geïrriteerd, haar energie getap. 1
Drug muled AFR CS6.indd 1
2013/04/02 2:29 PM
Dwelmslagoffer
Ses dae lank is sy opgeslurp deur die stad – die reuke skerp in haar neusgate, die drukkende hitte koorsig, broeiend onder haar vel, die gesmelte teer van vuurwarm sypaadjies onder haar voete. Saam met strome sweterige vreemdelinge is sy deur Bangkok se strate meegesleur, verby die gesis van sypaadjiekokke se kospotte en prostitute wat diep teug aan sigarette, tot by die eksotiese markte. Die kleure en klanke van die stad het haar oorrompel, ontsenu. Duisende mense wat koop en verkoop, sommer op sypaadjies, asof die winkels hulle ware tot op die reeds oorvol sypaadjies uitgespoeg het. Dis alles daar te koop: kos, mode, lywe. ’n Vreemde wêreld waar die vleeslike regeer ten spyte van ’n vreemde atmosfeer van heilige, amper oorblufte, aanbidding. Die swaaiende Boeddhabeeldjie aan die taxi se truspieëltjie. Die altare op amper elke straathoek waar die plaaslike mense aanbid met geboë hoofde, handpalms teenmekaar gedruk. Die eenvoudigste geskenke – blomme, vrugte of gloeiende wierookstokkies – stuur hul gebede in die lug op, die dun straaltjie rook vergete so gou as wat die hoopvolle aanbidder weer in die skare verdwyn. Nee, sy kan nié hierdie stad verromantiseer nie. Nie soos die ander toeriste wat soos wederstrewige boomtakke van motorfietse hang of in toek-toeks deur die tapisserie van deurmekaar strate vleg terwyl hulle oë elke stukkie van die stad se detail dorstig indrink nie. Die hitte is die ergste. Dit versmoor haar, soos ’n sweterige minnaar se lustelose flirtasies en stink asem. Elke ete wat sy nog hier geëet het, moes sy prysgee, op haar knieë, gebukkend oor die toilet, brakend, by uitputting verby. Niks van hierdie plek voel reg nie – nie die realiteit van alleen en vreemd wees in ’n plek ver van haar eie huis nie, ook nie die vreemde mense wat haar pad die laaste paar dae gekruis het met hul bisarre versoeke en dreigende teenwoordigheid nie. Sy kan nie glo sy was so naïef en haastig om hierdie reis te onderneem sonder om dinge behoorlik te deurdink of te beplan nie. Van die oomblik wat sy in hierdie ry kom staan het om in te boek, is sy ongeduldig, krapperig. Haar bene voel soos stelte en 2
Drug muled AFR CS6.indd 2
2013/04/02 2:29 PM
Maak oop jou sak
wil-wil knak, en haar leë maag maak niks makliker nie. Sy sit haar hand op haar buik – sy wil dit beskerm teen die stampe en stote van die ander passasiers. En dit moet haar herinner dat sy nie meer heeltemal alleen is nie. Terwyl die reuk van ’n honderd lywe in haar neus kriewel, kyk sy hoe sakke oopgepluk word deur die skertsende Man in Groen en Swart, hoe die alledaagse onbenullighede van mense se lewens vir die wêreld blootgelê word. Die kleur van hul onderklere, goedkoop geskenke bestem vir gretige hande, pornografie... Sy wens haarself tot voor in die ry. Die gedagte om deur die metaalportaal te kom, haar tas agterna, haastig oor die aanloopbaan tot by die wagtende vliegtuig met sy belofte van huis toe gaan, is al wat keer dat sy van uitputting inmekaarsak op hierdie lughawevloer. Huis toe, na die man wat haar in sy arms sal toevou, na hulle bed waar sy in drome sal kan verdwyn. “Dame, maak asseblief jou sak oop!” Die streng stem ruk haar wreed terug na die werklikheid van die tou mense. Sy moes hom nie laat wag het nie – hy het juis so vriendelik gevra. Sy knik instemmend, afgetrokke, ’n passiewe toeskouer, terwyl hy beduie dat hy sommer self die sak sal oopmaak. Hy krap deur alles, stapel die tydskrifte eenkant op om by iets daaronder uit te kom. Dis die boeke. “Hanteer die boeke asseblief versigtig – dis nie myne nie,” sê sy terloops. Sy wens hy wil gou maak! ’n Stil desperaatheid oorval haar. Sy moet uit hierdie sweterige hel wegkom, terug na haar eie lewe. Maar van haar gedagtes weet hy niks, hierdie man met sy breë glimlag, gebroke Engels en skerp messie wat van nêrens af verskyn. Dis die laaste ding wat sy van hom verwag het, maar skielik, in haar kop, word sy glimlag spottend, selfs sadisties. Skielik, soos ’n slagter, laat flits hy die skerp lem en kloof die boek oop, sny tot die inhoud uitpeul. “NEE!” skreeu sy. “Wat doen...?” Maar sy gesig verhelder, asof hy die boerpot gewen het, en hy vra, byna tergend: “Wat is dit?” Sy kyk af, en skielik verstaan sy. En al glimlag die grapmaker van flussies nog, maak dit wat sy sien, haar yskoud – tot in haar beendere. 3
Drug muled AFR CS6.indd 3
2013/04/02 2:29 PM
Dwelmslagoffer
Want deur die woede van hierdie klam hitte en die sweet wat van haar afloop, val dit. Soos geelwit sneeu. ’n Hopie onbesoedelde onskuld. Hy wys na ’n plakkaat teen die muur. “Heroïen is doodsvonnis,” sê hy. En sy weet hierdie keer maak hy nie ’n grap nie... .
4
Drug muled AFR CS6.indd 4
2013/04/02 2:29 PM
Ondervraging
ondervraging
H o o f s t u k
2
ondervraging “Net ’n oomblik, asseblief. Kom saam met my.” Hy lei my deur ’n doolhof van swak verligte gange. Sy kort bene sleep sy swaar lyf voort met sterk, swaar treë. Ek drafstap langs hom soos ’n beangste dier, byvoorbaat verskrik oor waarnatoe hy my neem. Sy hand rus op die holte in my rug, waar ’n warm sirkel sweet nou uitslaan. My hart slaan teen my ribbekas, my gedagtes heeltemal op hol. Wat de hel was in die boeke? Kokaïen? Hoe de hel het dit daar gekom? Is dit geplant? Was dit Jackson se broer Obey? My gedagtes jaag terug na die aand toe die telefoon in my hotelkamer gelui het. Dis al laat. Dit moet Felix wees! Ek gryp die foon – ek smag daarna om sy stem te hoor. Maar dis nie Felix nie... “Hei Vanessa – dis Jackson! Ek het jou nommer by Felix gekry. Luister man, ek het gewonder of jy miskien vir my Police-klere kan terugbring. Ek sal jou terugbetaal sodra jy weer by die huis is.” Ek is baie teleurgesteld. “O, haai, Jackson. Sekerlik. Vertel my presies wat jy wil hê.” Hy rits ’n lys goed af wat ek neerskryf. En dan, net voor ek die foon neersit: “Hei Vanessa, dink jy jy kan moontlik vir my ’n paar ingenieursboeke saambring? My broer is in Bangkok. Hy kan dit vir jou hotel toe bring.” Hoe kan ek nee sê? Hy is Felix se vriend. Ons praat ’n bietjie 5
Drug muled AFR CS6.indd 5
2013/04/02 2:29 PM
Dwelmslagoffer
oor ditjies en datjies, oor die slegte kos, oor hoe ek op straat beroof is. Hy het baie raad vir my. “Gaan kyk bietjie na die Woodland Inn. Dis baie goedkoper! En jy sal dalk meer van die kos hou.” En dis by die Woodland Inn waar Jackson se broer Obey my ’n paar dae later aantref. Hy is netjies uitgevat, en het duidelik moeite gedoen met sy uitrusting. Daar is ’n pet op sy groot kop. Sy gesig is uitdrukkingloos, sy vel donker, maar hy is die ene selfvertroue. Hy dra ’n plastieksak. “Sjoe! Jackson het nie vir my gesê jy is so mooi nie!” Wat ’n vreemde ding om vir ’n wildvreemdeling te sê. Ek kyk na hom, na sy tong wat uithang soos ’n dorstige brak, en wens ek het daaraan gedink om hierdie styfpassende rompie wat my naeltjie wys uit te trek voordat ek die deur vir hom oopgemaak het. Hy staar na my, vasgenael, asof hy nog nooit voorheen ’n vrou gesien het nie. Ek wil myself uitwikkel onder sy deurdringende kyk. Hy haal kos uit die sak. “Dis vir jou. Jackson het vir my gesê jy hou nie van die kos hier nie.” Hy sit op die bed se voetenent. “Jy weet, jy moet eintlik betrokke raak by ouens hier,” sê hy. “Dis nie waarvoor ek hier is nie,” antwoord ek. “Ek het ’n kêrel, én ek is swanger.” Hy lyk geskok. “Nee, regtig? Jy lyk so klein en jou maag is dan so plat!” My gedagtes is ’n warboel – ek probeer dink hoe ek van hom gaan ontslae raak. Hy is grillerig – ek hou niks van hom nie. Hy leun oor en vryf my hand. Ek stamp sy hand weg. “Ek hou nie daarvan dat jy aan my raak nie!” sê ek driftig. “Is dit die boeke wat ek vir jou broer moet neem?” Dis dik A4hardebandboeke vol ingewikkelde tegniese tekeninge. Obey beproef sy geluk vir oulaas. Hy wil my uitneem. “Nee dankie, ek is moeg. Ek wil ’n bietjie slaap.” Hy wil vorentoe tree om my ’n druk te gee, maar dis lomp, meer soos wanneer ’n rugbyspeler iemand probeer platvat. Ek glip verby hom en maak die deur oop. Ek sien hom nooit weer nie. Nou wonder ek, terwyl ek hier in die ondervragingskamer staan en bewe van vrees, is hý die rede hoekom ek hier staan? Alles in 6
Drug muled AFR CS6.indd 6
2013/04/02 2:29 PM
ondervraging
die vertrek is chaoties, lawaaierig. Daar is soveel mense wat hier in en uit. Party skree, ander lag uitbundig terwyl hulle deur die malende mense beur. En ek sit hier, tjoepstil. Bang en deurmekaar omdat niemand met my wil praat en sê wat aangaan nie, al pleit ek ook by hulle. Daar is drie banke en ’n houttafel in die vertrek. Ek sit op een van die banke terwyl die Man in Groen en Swart my sakke op die tafel voor my uitpak. Hy en sy vriend lag en praat kliphard terwyl hulle die boeke een vir een uithaal. Hulle ruk die omslae af, en ek kyk weer hoe die poeier uitstroom. Hierdie keer lyk die watervalletjie of dit nie einde kry nie. Elke korrel word in ’n bakkie op ’n skaal gegooi. Die skaal kreun onder die gewig. Daar is vier kompartemente in die voorste en agterste deel van elke boek. Boeke wat vir my so doodgewoon gelyk het. Nog steeds stroom die poeier uit, en ’n wolkie fyn poeierstof vorm bokant die skaal. Dit hoop op na ’n klein bergie dwelms wat uiteindelik 1,7kg weeg. Hulle soek nog meer, en druk en stoot met hulle staffies aan alles in my sak. Hulle deursoek my tas se bodem vir ’n geheime kompartement, en skeur die some van party kledingstukke om te kyk of iets daarin weggesteek is. Hulle is so opgewonde oor wat hulle in die boeke gekry het dat hulle op my begin skree. Asof ek doof is. “Wie het dit vir jou gegee?! Waar kry jy dit?!” En al is my mond klewerig en droog en al kraak my stem, skree ek terug: “Dis nie my boeke nie!” “Waar jy vandaan?” vra een in gebroke Engels. “Suid-Afrika,” antwoord ek. “En as julle net vir Jackson wil bel, of vir Felix, my kêrel, sal hulle vir julle vertel dat hierdie boeke nie aan my behoort nie. Ek ken nie eers vir Obey nie!” Die Man in Groen en Swart het nog nooit ophou glimlag nie, hoewel dit nou meer na ’n grynslag lyk. Hy gryp my en trek my na ’n kaart van die wêreld teen ’n muur. “Wys. Waarvandaan kom jy?” Ek druk my vinger sonder aarseling op Suid-Afrika. “Nee, nee, nee! Nie Afrika nie!” skud hy sy kop. “Jy nie swart nie. Jy van Pakistan! Vals paspoort! En jou kêrel, Nigeriër.” “Ek is! Ek ís ’n Suid-Afrikaner! En hierdie boeke is nie myne 7
Drug muled AFR CS6.indd 7
2013/04/02 2:29 PM
Dwelmslagoffer
nie! Hulle behoort aan Obey. Ek weet niks van die poeier af nie! Bel vir Jackson, bel vir Felix! Hulle sal julle self vertel!” Wat is fout met hierdie mense? Hoekom luister hulle nie wat ek vir hulle sê nie? “Weet jy wat is hierdie?” vra die Man in Groen en Swart. “Nee.” “Kyk hier!” Hy pluk ’n klein proefbuisie met water uit, en plaas ’n knippie van die poeier in die proefbuis voordat hy dit hard skud. Ek kyk hoe die water ’n perserige blou word. “Dis heroïen!” skree hy, skynbaar geamuseerd. Hy lag. Ek snak na my asem. “Heroïen? Ek het nog nooit eers voorheen daarvan gehoor nie!” Hoe kan ek hierdie man oortuig dat ek onskuldig is? Ek weet niks van wat in hierdie sakke is nie. Hoe kan ek met hom redeneer as hy nie na ’n woord van my wil luister nie? Terwyl die ander onderlangs lag, kom ’n ander man na my toe en druk sy hand op my voorkop. Sy hand is koud en klam, soos dié van ’n lyk. “Moenie bekommerd wees nie. Jy sal net tien jaar in die tronk wees,” lag hy vrolik. Al die omstanders lag saam. Ek voel so verneder – ek haat hulle! Die Man in Groen en Swart en ’n vroulike offisier begelei my na die ander kant van die kamer. Daar is gordyn met ’n bed daaragter. Hulle bevel my om te lê. Ek doen soos hulle sê. Maar dan kyk ek na die masjiene, en dit tref my dat hulle x-strale van my wil neem. Ek besef nie dat hulle wil kyk of ek nog dwelms in my lyf het nie. Ek spring op en probeer verduidelik dat ek swanger is en daarom nie aan x-strale blootgestel mag word nie. Daar is ’n stoel langs die paal. Ek gooi myself op die stoel neer en gryp die paal stewig vas. “Nee, nee! Nie x-strale nie!” sê ek. “Baba.” Ek wys na my maag, en maak asof ek ’n baba in my arms dra. Hulle is agterdogtig. Hulle glo my nie. Die vrou probeer my vingers losmaak van die paal, maar iewers vandaan kry ek die krag om te klou asof my vingers vasgegom is. Toe hulle sien hoe hardkoppig ek klou, gee hulle uiteindelik op. Ek staan op om terug te stap na die bankie toe ek voel hoe my maag draai. Suur stoot van diep binne in my keel op, en borrel uit. 8
Drug muled AFR CS6.indd 8
2013/04/02 2:29 PM
ondervraging
Ek sien ’n badkamerdeur en hardloop soontoe, my hand stewig oor my mond. Ek maak dit net betyds. Die braaksel stroom by my mond uit. Die vroue-offisier is agter my, en wil my nie toelaat om die deur toe te maak nie. Laat my minstens net in vrede opgooi! Maar sy druk my kop eenkant toe, en kyk in die toiletbak, net vir ingeval ek nog dwelms uitgebraak het. Daar is deurentyd ’n stroom amptenare in die ondervragingskamer. Ek huil, probeer alles, pleit by enige een wat die vertrek binnekom om my te help, om net vir Felix te bel. Asseblief! Hulle lag in my gesig. Hulle praat so vinnig in Thai dat ek nie ’n woord kan verstaan nie. My krampende maag wil niks meer inhou nie. Ek hardloop elke paar minute toilet toe met diarree, die Thaise wag kort op my hake. Die hitte tap my energie, en elke tree verg reuse inspanning. Sekondes word minute, en minute ure. Drie ure. Vier ure. Tyd vlieg verby in ’n waas. Die harde gekekkel en oorverdowende gelag weerklink soos ’n ghong in my ore. ’n Horde joernaliste en fotograwe bars skielik by die deur in. Die geflits van hul kameras vang my onkant, verblind my. Ek steek my gesig agter my jas weg. Mense wêreldwyd gaan my foto sien – die dwelmsmokkelende model wat nou te bang is om haar gesig te wys. Maar in daardie klein bietjie donkerte is daar ’n klein bietjie stilte. En ek besef skielik dat, terwyl ek hier gesit en my hart uitgestort het, my onskuld uitgeskreeu het, het my vliegtuig vertrek. Al daardie reisigers wat voor en agter my in die tou gestaan het, is nou veilig iewers bokant my in die lug, knus in ’n vliegtuig. Hoe kon hulle vertrek het sonder my – die één persoon wat regtig op daardie vlug huis toe wou wees? Ek lig my kop op, en kyk weer na die heroïen-plakkaat. Dis skrikwekkend. My vliegtuig is weg. My regte en my vryheid is weggeneem. En ek kan dalk my lewe verloor.
9
Drug muled AFR CS6.indd 9
2013/04/02 2:29 PM
Dwelmslagoffer
H o o f s t u k
3
Aanhoudingselle Die volgende sewe dae sou ek een van die moeilikste lesse van my lewe leer: ten spyte van almal om jou, ten spyte van die gewoel en gewerskaf en lawaai om jou, is mens uiteindelik stoksielalleen op hierdie aarde. Die eensaamheid bekruip jou in die donker. Soos ’n parasiet. Dit steek vas in jou ingewande en suig jou leeg. Vir ’n paar oomblikke van daardie middag by die Don Muang-lughawe is ek die berugte Vanessa Leone Goosen. Skoonheidskoningin, sakevrou... en dwelmsmokkelaar. Ek sorg vir ’n paar oomblikke van drama vir die lughawepolisie, maak van hulle helde in hierdie oorlog wat die Thaise polisie voer teen dwelms. Daardie aand sou hulle hul gesinne van my vertel. Van hoe hulle ’n buitelander gevang het voordat sy die gemors oor grense heen kon smokkel. Die gehate gemors wat warm gemaak, gebrand, gesnuif en ingespuit word om lewens te ruïneer. In hierdie Thaise oorlog teen dwelms word dit gesien as jou dwelms as dit by jou gekry word. Niemand gee om waar dit vandaan kom nie. Die ketting van mense wat gesorg het dat dit by jou beland, is nie op hierdie stadium enigsins van belang nie. Solank iemand betaal vir elke Thaise kind wat iewers in ’n sloot dood lê, sy are pimpel en pers. ’n Lewe is ’n lewe. En dís hoekom my lewe waardeloos is hier. Nadat die media 10
Drug muled AFR CS6.indd 10
2013/04/02 2:29 PM
Aanhoudingselle
Aanhoudingselle
my vernedering op film vasgelê het, verdwyn hulle so skielik soos hulle gekom het. Net soos my bewaarders, asof niemand meer in my belangstel nie. Net een bly oor – ’n offisier in gewone klere wat langs my op die bank sit en koerant lees terwyl my lewe uitmekaar val. En skielik, heeltemal irrasioneel, hoop ek hierdie man is my laaste kans. Ek móét ’n laaste keer probeer om hom sover te kry om na my te luister. My vryheid, my toekoms, is stadig besig om van my af weg te gly. Ek moet aan iets konkreets vashou om hierdie nagmerrie te laat einde kry. Ek moet hierteen veg, ek weet dit. Maar na die traak-my-nie-agtigheid van die polisie, na hul onsensitiwiteit, hulle blindheid vir die waarheid, het ek regtig net ’n greintjie menslikheid nodig. Net een klein gebaar – ’n hand op my skouer, ’n gefluisterde versekering wat die vrees sal hokslaan dat daar geen uitweg uit hierdie dilemma is nie; dat niemand my sal vergeet totdat my lyk iewers in ’n lykshuis lê nie. Ek leun vorentoe en gryp die offisier se arm. “Help my! Asseblief, help my!” Die trane stroom uit my oë, my gille raak al hoe harder. “Ek smeek jou! Dis nie my dwelms nie! Help my, ek smeek jou!” My greep op sy arm verstewig. My naels druk in sy vleis in. “Maidaai! Maidaai!” (Nee! Nee!)” skreeu hy in Thai. Hy gryp my vingers, forseer hulle oop. “Help my!” Ek sal nie laat los nie – ek kan nie! Maar hy breek los uit my greep en tol agteruit, geskok, asof ek hom probeer aanval het. Sy oë is wydgesper oor die waansin van my optrede. Ek gee nie om wat hy van my dink nie – wat enige iemand van my dink nie. Ek verloor my greep op die bank, en stort ineen op die vloer. Ek skreeu, pleit, snik. Ek smeek, forseer my deurmekaar woorde deur my dik keel. Hy gryp my arm, en boei my aan die bank vas. “O God O God O God!” huil ek. Ek voel hoe my keel al hoe meer toetrek tussen die snikke deur. “Felix, help my! Help my, Felix! Waar de fok is jy?!” Die mure kan nie te dik wees nie, want een van die mans hoor my en kom die vertrek binne. Hy het ’n vreeslike slegte vel, vol gate so groot soos kraters. Hy sien my op die vloer lê: huilend, gillend, bakleiend, biddend. En toe hy aan my skouer raak, laat 11
Drug muled AFR CS6.indd 11
2013/04/02 2:29 PM
Dwelmslagoffer
hy my weer na ’n mens voel. Ek tel my kop op om na hom te kyk. Ek kan my net voorstel wat hy in my gesig moet sien. Die maskara wat swart oor my wange streep, die aartjies in my rooigehuilde oë wat seker soos padkaarte lyk. Die waansin van my deurmekaar bos hare. Ek maak keel skoon. “Help my, asseblief,” smeek ek. “Dis nie my boeke nie. Ek sweer vir jou – ek jok nie. Bel vir Felix… asseblief…” Hy kyk ’n oomblik na my. Is dit simpatie wat ek in sy oë sien? “Ek sal jou help, maar kalmeer. Jy gaan jou baba skade aandoen.” Dit verblind my byna, hierdie eerste glimps van hoop in die donkerte van die dag. Hy glo my as ek sê ek is swanger. Hy is van die afdeling in beheer van die oorlog teen dwelms, die Drug Enforcement Adminstration, en praat relatief goeie Engels. En hy verstaan my! Hy is gewillig om my verklaring af te neem. In daardie oomblik is hy my alles: my redder, my lewenslyn. Sy teenwoordigheid laat my gemoed sommer ligter voel, en ek het weer hoop. “Skryf die telefoonnommers neer, en ek sal seker maak dat iemand vir Jackson of Felix bel,” sê hy. “Moenie bekommerd wees nie. Ek sal my bes probeer om jou te help.” Nadat my verklaring afgeneem is, roep hy twee Thaise wagte. Lug spoel saam met hulle deur die deur. Dit ruik so anders as die vertrek, wat nou na mens ruik. Die offisier sê ek sal na ’n polisiestasie geneem word. Die wagte boei my. Ek kyk hoe hulle die boeie om my hande sit, hoor hoe dit toeklik. My hande lyk na iemand anders s’n. Ek het daardie dun lyn gekruis tussen wetsgehoorsame burger en misdadiger. Die mans staan weerskante van my – ek die dun vulsel van ’n menslike toebroodjie, hulle die twee dik snye brood – toe die offisier wat vir my soos ’n engel geword het, na my toe stap en ’n ou, dun truitjie om my polse draai. Dit steek die blink boeie weg. En hopelik ook my skande. Maar nog steeds word ek deurboor deur elke paar oë buite die deur. Mense fluister kopskuddend terwyl ek deur die lughawegange gemarsjeer word. 12
Drug muled AFR CS6.indd 12
2013/04/02 2:29 PM
Aanhoudingselle
Ek loop kop omlaag. Ek het nie die moed om mense in die oë te kyk soos wat ’n onskuldige mens behoort te doen nie. Wie sal my in elk geval glo? Hulle ken my nie, so my gesig is vir hulle seker ’n mengsel van skuld en onskuld. Hulle is net verlig dat iemand soos ek weggehou word van hulle en hulle kinders. Vanaand gaan hulle beslis ’n bietjie beter slaap. ° Die wagte en ek stap by die gebou uit. Dis al aand. Hulle neem my na ’n paneelwa, en beveel my om agter in te klim. Hulle help my in, want my hande is steeds geboei, en klim daarna weerskante van my in. Hulle beveel die bestuurder om te ry. Ek sit vir ’n oomblik daar, probeer om myself te oriënteer terwyl my oë aan die donkerte gewoond raak. Dan draai ek en kyk deur die staalrooster voor die venster. Ten minste is ek anoniem in die donker, my gelaatstrekke weggesteek in die skaduwees. Dis al wat ek nou begeer: om naamloos en onbenullig te wees. Mense maal om die voertuig rond, onbewus van die vrou binnein wat binnekort ’n tronkvoël gaan wees. Die enjin draai, en ons begin stadig beweeg, wiegend deur die strate. Ek kyk na die twee mans wat saam met my in die beknopte spasie ingedruk sit. Ons kan nie meer verskillend wees as op hierdie oomblik nie. Hulle babbel in Thai, lag uitbundig, knik opgewonde met hul koppe, hul gesprek gemaklik, hul woorde opgewek. Hulle ruil seker staaltjies uit oor hulle vrouens of meisies, of dalk gesels hulle oor hulle kinders se onnutsighede. Ek sit tussen hulle in stilte, my ongebore baba ingekerker in my buik. As ek tronk toe moet gaan, vir hoe lank ook al, watter soort lewe gaan my kind hê? Skielik haat ek hierdie mans met hulle vrolike gesigte en kinderagtige gelag. Ek wens hulle wil hul bekke hou! Ek knyp my oë toe om nie die flitsende neonligte van Bangkok deur die staal te sien nie. Toe die voertuig stilhou, maak die wagte die deure oop en help my uit. Ek kyk op, en sien ’n klein geboutjie, die deure stewig gegrendel met ’n dik ketting. Dit lyk nie vir my soos ’n polisiestasie nie. Die swak lig skep ’n somber atmosfeer. Dit lyk soos ’n ou, 13
Drug muled AFR CS6.indd 13
2013/04/02 2:29 PM
Dwelmslagoffer
verlate tronk. Die soort wat mense insluk en net hulle bene uitspoeg. Ek ril as ek dink wat dalk alles met my kan gebeur hier binne. Maar toe ons eers binne is, word die ligte aangeskakel om die donker te verdring. Stapelbeddens staan langs lessenaars. Die een man dra my sakke. Hy sit dit neer, en wys na ’n bed, dan na hom en dan na my. “Jy slaap hier. Ek slaap hier.” Hy glimlag suggestief. Daar is ook ’n televisie in die vertrek, en die mans krap rond op soek na videos. Naakte, wriemelende lywe vul skielik die skerm – Oosterse pornografie. Ek is doodbang dat hulle my albei gaan verkrag. Maar vir een of ander rede is hulle baie meer geïnteresseerd in die klere in my sakke. Soos kinders wat in hul ouers se kaste krap op soek na grootmensklere, begin die twee van die klere aanpas. Dan onthou hulle skielik weer van my. Hulle kyk uitlokkend na my en sê “Suai, suai!” (Jy is mooi!) En net toe die vrees my weer beetpak, stap ’n man in spierwit klere die vertrek binne. Dit moet hulle baas wees, en hy praat hard met hulle. Al verstaan ek nie ’n woord nie, is dit duidelik dat hy woedend is vir hulle. Hy loop na my toe, en spreek my aan in perfekte Engels. Hy wil weet wat gebeur het, en ek vertel my storie so deeglik as wat ek kan terwyl ek my emosies onder beheer probeer hou. Hy luister sonder om iets te sê terwyl ek by hom pleit om Jackson en Obey te vind en hulle te arresteer. Maar hy is verstom oor my naïwiteit. “Vanessa, hulle almal gebruik dieselfde name. Dis nie hulle regte name nie. Ek is baie jammer, maar ons sal hulle nie kan opspoor nie.” Ek is verpletter deur sy antwoord. Hy probeer my oorreed om iets te eet, maar ek kan nie – ek het nie ’n eetlus nie. Die aanhoudingselle sal my eerste voorsmakie van die tronk wees. Maar ek het ’n keuse. Die man in wit verduidelik dat daar ’n klomp buitelandse mans in die kelderverdieping aangehou word. “Hulle is groot manne. Jy kan daar slaap, maar as jy veiliger gaan voel hier, kan jy hier slaap.” Maar na wat ek daardie aand gesien het, sal ek eerder my kanse waag met ’n klomp buitelanders – selfs al word hulle daarvan beskuldig dat hulle misdadigers is. Hy lei my deur ’n donker 14
Drug muled AFR CS6.indd 14
2013/04/02 2:29 PM
Aanhoudingselle
gangetjie na waar die selle is. Die klam, bedompige lug stink na sweet en urine. Ek moet mooi trap om nie te val nie, want dis pikdonker hier; ek kan skaars sien waar ek loop. Regs van my kan ek vaagweg ’n tafel uitmaak, en links van my die buitelyne van die selle waar die mans aangehou word. Hy los my net binne die deur van ’n sel, en ek hoor die sleutels klingel teen die tralies agter my. Sy voetstappe verdwyn in die donker gang terwyl ek die leë sel bekyk. Daar is net ’n houtdeur voor ’n vertrekkie met ’n gat in die vloer – die toilet. Ek kyk rond vir ’n kraan waar ek my gesig en hande kan was, maar sien nie een nie. In die een hoek, op die sementvloer, sien ek ’n emmer en ’n pyp. En daar, om die emmer, skarrel die enigste selmaats rond wat ek in hierdie sel sal hê: vlieënde kakkerlakke en klein akkedissies. Hulle is min gepla deur my teenwoordigheid. Ek gooi die houtdeur oop, en land op my knieë voor die gat. Ek gooi weer op, al is daar niks meer in my lyf nie. Ek maak die deur toe, en gaan sit op die houtvloer van my sel, my arms om my opgetrekte knieë. Ek huil terwyl ek vorentoe en agtertoe wieg. “Kom nader,” hoor ek ’n man sê. Sy stem is diep. Vriendelik. Definitief Afro-Amerikaans. Ek is te bang om te antwoord, en skud net my kop. “Moenie bang wees nie. Ek wil net vir jou ’n mat en ’n kussing gee.” Dis die eerste geskenke wat ek as ’n gevangene kry. Hy vertel my dat sy naam Johnny is terwyl hy die mat en kussing deur die tralies na my toe stoot. Dan skuif hy terug. Gedurende die volgende paar dae en nagte wen Johnny my vertroue. Sy gesig bly gehul in die donkerte, ’n skaduwee, maar ek voel ek kan hierdie vreemdeling vertrou. “As jy naby die tralies slaap, sal ek naby jou slaap aan ons kant. Die wagte kom verkrag snags die vroue in die selle, maar ek kan hulle deur die tralies aanval mits jy naby genoeg slaap. Moenie in die ander vertrek slaap nie. Ek sal niks kan doen om jou te help as hulle jou alleen daar kry nie.” Ek weet nie of hierdie sel met Johnny en die ander mans gesluit is, en of hulle ook kan uitkom en my aanval nie. Maar ek kies om Johnny te glo. Hy klink na iemand wat my sal probeer beskerm in hierdie vyandige plek. Ek maak my bed 15
Drug muled AFR CS6.indd 15
2013/04/02 2:29 PM
Dwelmslagoffer
naby die tralies, en kan die hitte van sy lyf deur die tralies voel. En niemand raak in daardie tyd aan my nie. Ek maak my hart oop teenoor Johnny. Hy luister sonder om my te veroordeel. Ek stoot ’n foto van Felix deur die tralies, en vertel hom dat ek Felix se kind verwag. Terwyl ek praat, loop die trane in warm strome oor my wange. Ek kan nie deur die trane sien nie. “Moenie so baie huil nie,” troos Johnny. “Dis sleg vir die baba. Vat dit rustig en wees sterk. Alles sal regkom.” Ek is vir ’n rukkie heel kalm, maar dan hoor ek die geluid van ’n vliegtuig bo ons. Elke paar minute herinner die gedreun van die kragtige turbines my daaraan dat ek nie hier hoort nie. Ek moet iewers daar bo in die lug wees, tussen die ander mense wat op pad is Suid-Afrika toe. Ek verwyl die tyd in die selle deur gesprekke met Johnny en sy vriend. Maar die meeste van die tyd staar ek net nikssiende na die tralies terwyl ek my verbeel hoe Felix daar instorm en eis dat hulle my vrylaat. Ek laat die toneel oor en oor in my kop afspeel. Ek sien hoe die Thaise owerhede met hulle groot monde en poefbruin uniforms inmekaarkrimp by die aanhoor van sy stem terwyl ek uitloop, gevul met minagting vir hulle wrede regstelsel wat my tot niks wou verlaag. Maar Felix kom nooit nie. Dag na dag sit ek daar saam met hierdie vreemdelinge wat vriende geword het en bereid is om hulle laaste bietjie geld te spandeer op ordentlike kos vir my. Hul goedhartigheid beteken ek hoef nie die walglike konkoksies, soos papgekookte rys en stukke vark – selfs ’n vark se oor! – te eet nie. Dit maak my ontsettend naar, maar Johnny koop die wagte om om vir my vrugte en gebraaide hoender te bring. As ek regtig gelukkig is, kry ek ’n gekookte eendeier. Johnny laat my ook weer lag. Hy vra weer eendag vir die wagte om vir my ’n kospakkie te bring. Ek is rasend honger! Ek steek my hand vol afwagting in die sak, en trek iets stekelrig uit. Maar omdat dit so donker is in die sel, kan ek nie behoorlik sien nie en dit voel asof ek ’n wriemelende krimpvarkie in my hande hou. Ek skrik so groot dat ek gil en die ding gooi dat dit trek. Johnny lag dat die trane loop. Die “krimpvarkie” was toe al die tyd ’n stekelrige, langhaarvrug wat die Thaise mense ’n Nok noem – dis 16
Drug muled AFR CS6.indd 16
2013/04/02 2:29 PM
Aanhoudingselle
nogal baie soos ’n litchi. Johnny laat my nooit daardie voorval vergeet nie. Op my vierde dag in die selle word Johnny geboei en weggelei. Hy dra ’n blou en wit sweetpak. Ek is ongelooflik ontsteld. Ek verloor ’n vriend en ’n man wat bereid was om my te beskerm. Maar hy sê ek moenie huil nie. “Ek belowe om na jou te soek, Vanessa. Ek dink ons gaan na tronke op dieselfde gronde. Ek dink jy sal dalk Lard Yao toe gaan, en ek na Klong Prem. Wees sterk, Vanessa.” Toe die offisier hom by die deur uitstoot, roep hy vir oulaas: “Ek belowe ek sal jou soek. Alles sal regkom!” Maar ek sien Johnny nooit weer nie. Thailand se tronkstelsel is so groot en kompleks, so vol klein menslike ratte, dat enige kontak maar vlugtig is. Iemand raak jou lewe vir ’n klein rukkie aan, en verdwyn dan weer. Maar terwyl Johnny in Klong Prem aangehou word, spoor hy my wel op deur die ambassade, en skryf vir my. Na sy vrylating wil hy steeds kontak behou, maar dit het nie reg gevoel nie. As jy uit ’n plek soos hierdie kom, moet jy die nagmerrie agterlaat, anders verwoes dit jou. Toe Johnny weg is, raak die aanhoudingselle vir my ondraaglik. Snags kan ek aan niks anders as my huis dink nie. Gaan ek ooit weer vry wees, of gaan ek in hierdie land sterf? Ek dink die heel meeste aan wat sou gebeur het die aand wat Felix my op die lughawe moes kom haal. Hoe hy wag vir my, en ek nooit van die vliegtuig afklim nie. Hoe hy daar staan, sy oë wat soekend elke gesig bekyk. Ek verbeel my hoe hy die horlosie dophou, die ure sien verbytik. Hoe hy wegstap met die verlepte bos blomme in sy hand. Is hy besig om die owerhede te verpes vir inligting oor my? Weet hy wat met my gebeur het, waar ek aangehou word? En gaan hy my kom red? Terwyl die gedagtes en vrae en twyfel deur my kop maal, voer honderde muskiete snags ’n oorlog teen my. Hulle val byna elke ons van my aan wat nie bedek is nie, en soggens staan ek op met vars, bloedrooi kolle. My vel lyk al hoe slegter. Eers probeer ek hulle wegwaai of doodslaan. Maar na ’n paar dae gee ek nie meer om nie, ook nie vir hoe ek lyk nie. Ek, die model. Ek was eens op ’n tyd so bewus van elke stukkie detail as dit by my voorkoms kom. 17
Drug muled AFR CS6.indd 17
2013/04/02 2:29 PM
Dwelmslagoffer
Al my uitrustings moes perfek bymekaar pas. Ek sou nooit eers uit die huis uit gaan sonder grimering nie. En nou het ek nie eers meer ’n begeerte om te stort of my hare te was nie, totdat Johnny eendag die pyp deur die tralies stoot en ek my eerste koue stort neem. Ek maak die toiletdeur effens toe, en trek daaragter skoon klere aan. Maar vandat Johnny weg is, gee ek nie meer om nie. Hy het vir my ’n kortbroek en T-hemp gegee, en seker gemaak dat die wagte ’n muskietafweermiddel gekoop het wat ons snags kon laat brand. Maar sonder sy konstante motivering verval ek in ’n diep lusteloosheid. Elke oomblik, elke gedagte, elke beweging dreineer my laaste reserwes. Ek is diep geskok deur iets wat ek gesien het die dag wat Johnny weg is. Ek sien hoe die wagte strokies papier aan sommige van die aangehoudenes gee. Toe ek vra hoekom hulle dit doen, vertel Johnny se vriend my dat hulle heroïen terugverkoop aan van die mense wat daarmee gevang is. Dieselfde mans wat my opsluit vir dwelmsmokkelary, is self dwelmhandelaars! Dis ’n groot skok. Watter hoop het ek om my onskuld te bewys, om uit hierdie aaklige plek te kan wegkom, as die stelsel van binne af so verrot is? Die owerhede sal dalk nog oortredings deur hul eie mense oorsien, maar ek twyfel of hulle my ongestraf sal laat vir dieselfde misdaad.
18
Drug muled AFR CS6.indd 18
2013/04/02 2:29 PM
Hof
Hof
H o o f s t u k
4
Hof 27 April, 1994. Die dag waarop ek hof toe gaan – my hande geboei, kop omlaag van skaamte – staan miljoene van my landgenote trots en opgewonde in kilometerlange toue. Hulle gaan stembusse toe om hul kruisies te trek, om Nelson Mandela, die wêreld se bekendste gevangene, wie se tog na vryheid so lank en pynlik was, te verkies as president. Hoe verlang ek nie daarna om my land se grond te ruik nie. Om my mense se gesigte te sien en hul unieke stemme te hoor nie. Ek onthou die kyk in die oë van gewone mense voordat ek daar weg is. Hulle het regopper gestaan, trotser, gretig om te lewe in hierdie nuwe demokrasie, veral nadat ons land so na aan burgeroorlog gekom het, maar gekies het om ons probleme op te los deur gesprekvoering. Ek onthou hoe Nelson Mandela uitgereik het na mense van alle kleure en klasse, en dit herinner my dat geregtigheid kan seëvier, al neem dit jare. Jy kan een aand nog in ’n land vol ongelykhede gaan slaap, en die volgende oggend wakker word in ’n heeltemal nuwe land. Ons politieke gevangenes is vrygelaat, wat die wêreld gewys het dat ons ’n nasie is wat veg vir geregtigheid, wat menseregte hoog ag. Maar hier in Thailand lyk die prentjie heeltemal anders. My sewe dae in die aanhoudingselle is verstreke. Dis tyd vir my om voor ’n Thaise regter te verskyn om my saak te bepleit. 19
Drug muled AFR CS6.indd 19
2013/04/02 2:29 PM
Dwelmslagoffer
Ek trek ’n uitrusting aan wat ek dink gepas is vir die hof – dis die beste wat ek kan doen: blou en wit gestreepte dungarees en sandale. Ek probeer om myself so ordentlik moontlik te laat lyk met wat ek het, en vleg selfs my hare in twee netjiese vlegsels. Die laaste keer wat ek vir ’n foto poseer het, was vir die semifinale rondte van die Mej. Suid-Afrika-wedstryd, wat later die jaar sou plaasvind. Ek het ure lank gewik en geweeg om die perfekte uitrustings te kies, en winkel na winkel platgestap op soek na die vleiendste baaikostuum vir die die swemdrag-afdeling. Ek wou een hê wat perfek gesny was vir my lyf. Maar vandag voel dit alles vir my na ydelheid. En daardie herinnering is so vaag; dit voel vir my of niks meer saak maak nie. Die Thaise polisie neem my om ’n foto vir my dossier te laat neem. Dit sal voortaan op my misdaadrekord verskyn. Ek stap in by ’n vertrek met ’n wit bord teen die agterste muur, en neem my plek daarteen in. Ek wil huil as hulle vir my ’n bordjie gee met my naam op. Maar ek hou dit omhoog soos wat ek aangesê is. Hulle beveel my om na links te draai, en dan na regs. Uit die hoek van elke oog sien ek ’n kamera flits. Maar toe ek draai om na die kamera te kyk, tref dit my soos ’n hou in die maag. Ek voel soos ’n misdadiger. Die skaamte spoel oor my terwyl die lens fokus op die detail van my gesig. Dieselfde gesig wat ek elke oggend in die spieël gesien het, waarop Felix sy sensuele soene geplant het, die gesig waaroor my ma so mal was vandat sy my die heel eerste keer as baba gesien het – hoe maklik het dit nie die gesig van ’n misdadiger geword nie. Die kamera kliek en lê die oomblik vir ewig op film vas, vries dit in tyd sodat niemand ooit sal vergeet nie – veral nie ek nie. Ek stap weg, verblind, na die oop deur van ’n wagtende polisiemotor. Met loeiende sirenes vleg ons deur die verkeer. Voetgangers kyk op as ons verby ry hof toe. Dis ’n imposante gebou met wit teëlvloere en ’n lang gang. In groot selle teen die muur regs van my sien ek mans, vasgeketting soos diere in hokke, hul hande en voete geboei. Ek is bang om hulle in die oë te kyk, bang om in die verwaarloosde gesigte ’n spieëlbeeld te sien van my eie pyn. Maar ek kyk tog. Ek kyk of ek 20
Drug muled AFR CS6.indd 20
2013/04/02 2:29 PM
Hof
nie dalk vir Johnny sien nie, of ek nie dalk ’n behoorlike glimps van hom in die daglig kan kry nie. Maar hy is nie by daardie mans nie. Uiteindelik kom ek onder polisiebegeleiding by die hofsaal aan die einde van die uitgerekte gang. Thailand se hofsale lyk nie soos Suid-Afrika s’n nie. Hier sit die beskuldigde in ’n stoel reg voor in die groot vertrek waar die magistraat hom mooi kan sien. Toe die magistraat inkom, vra hy my om op te staan. Dan begin hy ’n lang vonnis uitlees, alles in Thai. Ek verstaan niks daarvan nie, behalwe my verdraaide naam. Vanessa Leone Goosen word “Wanessa Lay-on Goose-in”. Ek moet elke keer opstaan as hy my naam lees. Ek bestudeer sy gesig. Dis heeltemal neutraal. Sy stem verklap ook niks van die erns van sy woorde nie. My gedagtes dwaal af. In my kop maak ek ’n variasie van die vonnis op waarin hy sê dat ek valslik beskuldig is en vrygelaat moet word. Maar daar is min magistrate in Thailand wat ’n beslissing van die eerste minister sal verontagsaam. Sy oorlog teen dwelms word baie ernstig opgeneem. Toe die magistraat ophou praat, spat my dagdroom aan skerwe. ’n Hofbeampte bring vir my ’n klomp hofdokumente. Dis my beëdigde verklaring, maar alles is in Thai. Natuurlik weier ek om die dokumente te onderteken. Ek vind eers later uit dat hierdie pak papiere ’n volledige “bekentenis” bevat het waarin ek erken het ek is ’n dwelmmuil, en waarin ek sê ek het Bangkok probeer verlaat met 1,7kg heroïn wat in boeke in my sak versteek was. Ek vra die hofbeampte of die dokumente in Engels vertaal kan word sodat ek darem kan verstaan wat ek lees. “Onmoontlik!” gryns hy. Maar ek staan my man, al is ek vreesbevange. Wat as ek skuldig pleit en my lewe wegteken? Nee – dis ’n kans wat ek nie kan waag nie. Wanneer hy my nog ’n keer vra om te teken, weier ek weer. Ek word aangesê om die hof te verlaat, en weet steeds nie of ek ’n galgtou of ’n reddingsboei aangebied is nie. ’n Ander hofbeampte lei my deur ’n klein sydeur uit, af met ’n paadjie en in ’n ander groter vertrek in. Daar is amper dertig vroue daar – buitelandse en Thaise gevangenes, almal geklee in dieselfde modderbruin uniforms. Net ek en twee ander vroue, albei Thais, 21
Drug muled AFR CS6.indd 21
2013/04/02 2:29 PM
Dwelmslagoffer
dra gewone klere. Vroue kyk op toe ek ingebring word. Deur die loop van die dag word ons al meer en meer terwyl die wiele van geregtigheid (of onreg) stadig maar seker draai. Voordat ek in die vertrek toegelaat word, word ek vinnig deursoek vir dwelms. Ek is skaars in die vertrek toe ’n jong vrou haar na my haas. Die styl van haar witgebleikte hare gee haar ’n effens Suid-Afrikaanse voorkoms. “Ek is Elise,” sê sy, en ek besef dadelik dat sy wel van my geboorteland af kom. Toe sy besef ek is ook ’n Suid-Afrikaner, en dat ek Afrikaans kan praat, maak sy die vreemdste opmerking. “Ek is bly jy het gekom. Ek het gebid vir ’n vriendin.” Ek is nie seker wat sy verwag het ek moet sê nie, maar haar onnadenkende opmerking het my nogal ontstel. Sy is ’n vlieg in die spinnekop se web, so vasgekeer dat sy weet sy sal nooit kan ontsnap nie. En daarom bid sy vir ’n volgende vlieg om te kom land en ook vas te sit sodat hulle saam opgeëet kan word. Ek antwoord haar nie, maar kort voor lank kom die ander buitelandse gevangenes nader en vertel vir my hulle stories. Hulle verhale laat my koue rillings kry. Een vrou met die naam Joy vertel dat sy tot lewenslange aanhouding gevonnis is. Nog ’n ander vrou, ’n Ethiopiër, fluister dat sy die doodstraf opgelê is. Almal van ons word van dieselfde misdaad beskuldig. Ek het nodig om ten minste een storie te hoor met ’n beter einde, net een verhaal wat my ’n strooihalmpie van hoop sal gee. Maar niemand het so ’n storie nie. Ek is skielik so beangs oor wat dalk vir my voorlê dat dit vir my voel of die grond onder my voete padgee. Iemand besef dat ek gaan flou word en druk sterk, mentgegeurde vlugsout onder my neus om te keer dat dit gebeur. Die ure sleep verby. Kort-kort kom daar nog ’n paar vroue by. Ons moet almal hier wag, in die hitte, totdat die hof om 16:00 verdaag. Dan moet almal in ’n ry gaan staan, gerangskik volgens hulle tronknommers. Aanvanklik weet ek glad nie wat om te doen nie. Ek het nie ’n tronknommer nie, maar die wagte roep my op my naam en van. ’n Besliste bevestiging dat ek op pad is na dieselfde plek as die res van die vroue om my. Ek is tweede van agter af in die ry wat by die vertrek uittou na ’n wagtende bus. Die grond, warm gebak deur die son, voel soos 22
Drug muled AFR CS6.indd 22
2013/04/02 2:29 PM
Hof
warm kole onder my voete. Sifdraad voor die bus se vensters beperk ons sig. Maar dit maak nie saak nie. Niemand kyk in elk geval na die omgewing nie. In die gemoedstoestand waarin ek is, sien ek nie eers hoe mooi alles is nie. Die uurlange rit na die tronk kan die langste reis van my lewe word. Vrae maal in my kop rond en saai hul saadjies van twyfel en kommer. Waarheen neem hulle my? Wat gaan met my gebeur? Is ek skuldig bevind aan dwelmsmokkelary? Gaan ek nou tronk toe, selfs al het ek nie daardie papiere geteken nie? Neem hulle my iewers heen om my tereg te stel? Of gaan ek ook soos die ander vrou die res van my lewe in die tronk moet slyt? Ek raai dat hulle my seker maar skuldig bevind het, want anders sou ek waarskynlik nie hier gewees het nie. Toe ons by die manstronk Klong Prem verbyry, wonder ek hoe dit met Johnny gaan. Gaan ons paaie ooit weer kruis? Maar die gedagte verdwyn toe ek opkyk en twee massiewe hekke sien. Dis ligblou geverf, die kleur van ’n babakamer. Vrees slaan sy kloue diep in my in. Gaan my kind hier gebore word? Gaan ek ooit weer die wêreld buite hierdie hekke sien? Gaan ek weer my familie sien? En vir Felix? Ek besef skielik dat hierdie my laaste oomblikke van vryheid kan wees. Paniekbevange ruk ek my kop om, en probeer om alles nog ’n laaste keer in te drink – die straatlig, die motors, die eensame paar blare aan die enigste boom wat ek kan sien. Net toe gaan die tronkhekke oop. Ek hoor hoe skraap metaal op beton. Die bus jaag in, en toe ek weer omkyk, is die wagte net klein spikkeltjies. Klein plastieksoldaatjies, oorskadu deur die reuse ysterhekke wat vroue soos ek insluk. Wat elke stukkie van ons wese wat nie in ’n goedkoop doodskis, vernis met ons eie bloed, huis toe gestuur kan word nie, sal fynmaal. Die hekke swaai toe agter my. En tot vandag toe is daardie beeld in my geheue ingeprent. Dit skuil net onder my ooglede wanneer ek myself probeer dwing om te slaap. Want dit was die oomblik toe ek besef het my land en my mense en my drome lê iewers, toegemaak agter daardie hekke, ver buite my bereik. Van nou af sal die Lard Yao-gevangenis my nuwe tuiste wees.
23
Drug muled AFR CS6.indd 23
2013/04/02 2:29 PM
dwelm5 1
2013/04/02 2:26 PM