The Herd Boy - Afrikaans

Page 1

Geskryf en ge誰llustreer deur Niki Vertaal deur Thea Brink

The herd boy.indd 3

Daly

2012/08/02 1:49 PM


“Vuka! Opstaan, Malusi!” roep Mama. Binne-in die hut is dit donker. Buite is dit nog koel en daar is ’n rooi skynsel in die lug. Netnou sal die lug goud word en die wêreld sal stadigaan warm word. Die mieliepap staan en stoom op die vuur. “Eet alles op!” sê Mama. “’n Mens kan nie op ’n leë maag werk nie.” Malusi pas sy oupa se skape en bokke op. Dis ’n groot werk vir ’n jong seun.

The herd boy.indd 4

2012/08/02 1:49 PM


The herd boy.indd 5

2012/08/02 1:49 PM


“Pffeet! Pffeet!” Malusi jaag die skape met sy skril fluite uit Oupa se kraal. Teen die tyd dat hulle by die weiveld kom, is die grond warm onder sy kaal voete. Malusi kyk op. Daar, hoog bokant die wolke, sien hy ’n witkruisarend sweef. Hy loop al met die voetpaadjie langs en kyk mooi waar hy trap, want dis waar die pofadders graag in die son lê en slaap. Hy moet die skape en bokke weg van die diep donga af hou, want dis maklik om daarin te val, maar moeilik om daaruit te kom. Mens moet wakker en dapper wees as jy ’n seun is wat skape en bokke oppas.

The herd boy.indd 6

2012/08/02 1:50 PM


The herd boy.indd 7

2012/08/02 1:50 PM


Daar bo tussen die kranse sien Malusi ’n trop bobbejane. As hulle naderkom, sal hy hard skree en hulle met klippe gooi. “Woef! Woef!” Hy hoor Koko se blaf en hy weet sy maat, Lungisa, is naby. Lungisa is ouer as Malusi, en hy het sy eie hond.

The herd boy.indd 8

2012/08/02 1:50 PM


The herd boy.indd 9

2012/08/02 1:50 PM


Partykeer speel hulle twee ’n bietjie saam terwyl die skape wei. Lungila wil altyd tweeman-sokker en stokgeveg speel en Malusi is altyd reg vir enige iets. Die stof staan en die stokke klap en Koko moet vinnig wegspring. “Sjoe!” skree Malusi in die middel van hulle geveg. “Ek kry warm!” Hulle rus ’n bietjie en Malusi haal sy kombers … stadig … af sodat hy vinnig ’n plan kan maak om Lungisa onder te kry. Maar sy planne werk nooit nie. Lungisa is die kampioen van die stokvegters én die kampioen van die sokkerspelers. Maar Malusi leer vinnig. Hy weet al hy moet sy oog op die bal hou en uit die stok se pad bly as hulle veg.

The herd boy.indd 10

2012/08/02 1:50 PM


The herd boy.indd 11

2012/08/02 1:50 PM


Teen die middag bring Zolika, sy ousus, hulle kos. Hulle kry elke dag umvubo, ’n mengsel van suurmelk en mieliepap. Hy en Lungisa eet alles op en skraap die laaste bietjie kos in die blikborde met hulle vingers op. “As ek groot is,” sê Lungisa, “gaan ek vir die Bafana-Bafana speel.” “As ek groot is,” sê Malusi stilweg,“gaan ek die president wees.” Lungisa lag so hard dat die bobbejane begin raas. “Waahoo! Waahoo!” blaf hulle. Zolika maak die borde bymekaar. “Malusi is slim,” sê sy. “Hy kan enige iets word wat hy wil.”

The herd boy.indd 12

2012/08/02 1:50 PM


The herd boy.indd 13

2012/08/02 1:50 PM


Malusi is bly toe Lungisa om die draai verdwyn, terug na sy skape toe. Dis lekker om alleen te wees – net hy en sy skaduwee. Doodstil, so stil soos die berg, sit en kyk hy na die grond waar twee rye termiete verby marsjeer. Eish! Hulle werk hard – en hulle werk saam. Toe hy een sien wat alleen rondloop, voel hy jammer vir hom. Hy sê: “Hamba! Gaan terug, goggatjie! Gaan terug na jou maats toe!”

The herd boy.indd 14

2012/08/02 1:50 PM


Stoot, stoot, rol, rol. Stoot, stoot, rol, rol. Malusi glimlag vir die miskruier wat nooit ophou werk nie. Hy rus ’n bietjie in Malusi se skaduwee, en dan gaan hy terug na sy werk in die warm son. Dit herinner Malusi aan iets wat hy moet doen: Hy moet vars mis vir uMdinga, die oom van die winkel, neem, wat dit in die grond in sy tuin inwerk. In ruil vir die mis gee hy vir Malusi se ma vars groente. Hy oefen om te tel terwyl hy die miskorrels optel: nye – een … mbini – twee … ntathu – drie … tot die sak vol is.

The herd boy.indd 15

2012/08/02 1:50 PM


Hei Wena! Malusi kyk op, en daar sit ’n ou bobbejaan op ’n rots, gans te naby aan die lammers en klein bokkies. Hy gryp sy stok en skreeu: “Hamba!” Die bobbejaan is maer. Hy lyk honger. Toe hy sy bek oopmaak, sien Malusi die gat waar hy ’n tand verloor het. Malusi bly op sy hoede, en toe die bobbejaan skielik opstaan en naderkom, weet hy dis tyd om regtig hard te skreeu. “Lungisaaaaa! Kokooooo!” Sy stem eggo van die kranse af.

The herd boy.indd 16

2012/08/02 1:50 PM


The herd boy.indd 17

2012/08/02 1:50 PM


Die veld weergalm van Malusi se geskreeu en die skape se benoude geblêr. Die bobbejaan is tussen die skape en bokke! Hy gaan ’n kleintjie gryp, of die diere so skrikmaak dat hulle na die donga toe hardloop. Malusi beweeg versigtig tussen sy diere deur, stok in die hand. Skielik sien hy die bobbejaan se stert en hy hoor die geskree van ’n lam. Hy sien net stof staan. Hier kom moeilikheid!

The herd boy.indd 18

2012/08/02 1:51 PM


The herd boy.indd 19

2012/08/02 1:51 PM


“Maluuuusi!” Lungisa en Koko kom aangehardloop. Koko ruik die bobbejaan en storm tussen die diere in – wat plek maak vir die twee vegters. Lungisa en Malusi staan nader, gereed om Koko te help. Maar daar is nie ’n geveg nie. Toe Koko kwaai grom en sy tande wys, besluit die bobbejaan: Genoeg is genoeg. Hy los die bloeiende lammetjie en hol weg, teen die koppie op.

The herd boy.indd 20

2012/08/02 1:51 PM


The herd boy.indd 21

2012/08/02 1:51 PM


Die lam het seergekry, maar hy lewe nog. Miskien kan Oupa salf op sy seerplekke sit en sal hy weer regkom. Malusi draai die lam in sy kombers toe. Koko staan en hyg en Malusi vryf oor sy rug. “Ek wens ek het ’n hond soos jy gehad,” sê hy vir die hond wat staan en hyg. “Hy is soos Baby Jake,” spog Lungisa. Malusi moet saamstem. Koko is kort, maar baie sterk, net soos die beroemde bokser, Baby Jake Matlala.

The herd boy.indd 22

2012/08/02 1:51 PM


The herd boy.indd 23

2012/08/02 1:51 PM


Die son trek water, en dis tyd om huis toe te gaan. Lungiso sê hy sal die mis vat, sodat Malusi die lam kan dra. Koko blaf vir die trop, en jaag hulle heuwel af na die grondpad wat na die kraal toe gaan. “Ja, Mama, ons is honger. Brand die vuur al? Kook die kos al? Ja, Mama, hier kom ons aan.” Malusi en Lungisa sing terwyl hulle met die pad aanstap. Toe bly hulle stil. “Kyk,” sê Lungisa. “Daar kom ’n kar!” Malusi sien hoe die kar in ’n stofwolk naderkom. Hulle jaag die skape na die kant van die pad. Maar die kar ry nie verby nie. Dit ry stadiger en hou langs die seuns stil. “Wie het so ’n spoggerige blink kar?”wonder Malusi.

The herd boy.indd 24

2012/08/02 1:51 PM


The herd boy.indd 25

2012/08/02 1:51 PM


Die agterste venster gaan stadig oop en ’n ou man met ’n gesig so wys en oud soos die kranse glimlag vir hulle. “Molweni!” groet die ou man. “Molo Tat’omkhulu,” sê die seuns beleefd. Hy vertel hulle dat hy ook ’n rooi kombers gedra het en skape opgepas het toe hy ’n klein seuntjie was. Malusi kyk na die man se mooi hemp. Toe kyk hy vinnig grond toe. “En wat gaan julle doen as julle groot is?” vra die ou man. “Vir Bafana-Bafana speel,” sê Lungisa. Malusi is te skaam om iets te sê, maar Lungisa antwoord vir hom. “Hy wil president wees,” sê Lungisa en giggel. Die ou man sien die lam wat Malusi dra, en sê: “Ja-nee, ’n seun wat vir sy skape sorg, sal ’n baie goeie leier kan word. Sala kahle, Meneer die President.”

The herd boy.indd 26

2012/08/02 1:51 PM


The herd boy.indd 27

2012/08/02 1:51 PM


Die son wil-wil agter die heuwels verdwyn, en verf lang skaduwees oor die veld. Die geklop van die hoewe op die stofpad maak sagte musiek. Die seuns hoor stemme van die kraal se kant af. Malusi hoop sy oupa sal nie kwaad wees omdat die lam seergekry het nie. Hy sal darem seker weet dat hy wat Malusi is, sy bes gedoen het om dit te red! Miskien sal die lam gesond word.

The herd boy.indd 28

2012/08/02 1:51 PM


The herd boy.indd 29

2012/08/02 1:51 PM


Net voor hy gaan slaap, bring sy oupa vir hom ’n klein hondjie. “uMdingi stuur dit vir jou,” sê sy oupa. “Hulle sê Koko is sy pa; die bobbejane sal moet oppas vir hom!” Malusi glimlag en lig sy kombers op sodat die hondjie langs hom kan inkruip. Alles het goed uitgewerk. Malusi sê die ou man se woorde saggies in die donker hut: “’n Seun wat vir sy skape sorg, sal ’n baie goeie leier kan word.” Toe val sy oë toe en hy raak vas aan die slaap ...

The herd boy.indd 30

2012/08/02 1:51 PM


The herd boy.indd 31

2012/08/02 1:51 PM


waar ’n droom vir hom wag.

The herd boy.indd 32

2012/08/02 1:51 PM


The herd boy.indd 33

2012/08/02 1:51 PM


’n Paar woorde van die skrywer Baie bekende en beroemde mense het nederige kinderjare gehad. Koning Dawid van die Bybel het as seun sy pa se skape opgepas. Muhammed het ook as seun vir ’n tyd lank sy familie se vee opgepas waar hy allerhande weerstoestande en gevare moes trotseer. ’n Groot en geliefde man van ons eie tyd, oudpresident Nelson Rolihlahla Mandela, het ook op die platteland grootgeword. Wie sou kon voorspel dat ’n skaapwagtertjie van die dorpie Qunu in die Transkei eendag ’n groot wêreldleier sou word? Al lyk dit asof ons kinderjare sommer toevallig gebeur – en asof party kinders gelukkiger as ander is – kan ’n mens as volwassene dikwels sien hoe jou kinderjare jou gevorm het. Daarom vra ek: “Wat is daar in die lewe van ’n skaapwagtertjie wat hom kan voorberei om die herder van ’n nasie te word?’’

The herd boy.indd 34

2012/08/02 1:51 PM


Lys van Xhosa-woorde in the boek: Bafana seuns (Die Bafana Bafana is Suid-Afrika se nasionale sokkerspan). Eish! slang, dus uitroep van verbasing Hamba! gaan weg! Hei wena! uitroep van skrik, soos ‘o gaats!’ Molo Tat’omkhulu goeie dag Oupa Molweni hallo, goeie dag (meervoud) Nye, mbini, ntathu n-je, m-bie-nie, n-ta-toe, getalle een, twee, drie Sala kahle! mooi bly! Sjoe! shu, warm uMdingi oem-dingi, u is die aanspreekvorm (Meneer), dus: Meneer Mdingi Umvubo oem-voe-boe, ’n mengsel van suurmelk en mieliepap Vuka! voe-ka, word wakker!

The herd boy.indd 35

2012/08/02 1:52 PM


The herd boy.indd 36

2012/08/02 1:52 PM


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.