Manna

Page 1

Jul - Aug 2010

Kennis met God

Geniet elke oomblik!

Kommunikeer met God

Raak ontslae van vestings

Soek God, terwyl Hy te vinde is

DIE KRAG VAN DANKBAARHEID Kan jy God ook in moeilike tye dank?

GUNS EN GENADE Jy kan niks doen om God se guns te verdien nie

JESUS ONS BRUIDEGOM Dit is 'n wonderlike vooruitsig om te dink ons gaan Christus se bruid wees!

9 771817 410801

10008

SUID-AFRIKA . . . . . . . . R20.00 BTW INGESLUIT

WOEDE WAAK TEEN

Maak


Gary Kieswetter se nuwe boek

Geniet 'n oorvloedige lewe

J

esus se belofte in Johannes 10:10 "Ek het gekom dat julle lewe en oorvloed kan hê" is vir elke gelowige beskikbaar. God se beloftes maak nie skuld nie, maar behoort 'n begeerte in ons op te wek om te wil ontvang wat Hy belowe het. Dan sal mense wanneer hulle na ons lewens kyk ook 'n begeerte ontwikkel om God op sy Woord te vat. Daar is sekere beginsels wat gehandhaaf moet word vir die vervulling van God se Woord in ons lewens. Ons benodig die wysheid van die Heilige Gees vir die praktiese uitvoering hiervan. Om jou tiendes te gee is belangrik en is nie 'n wettiese las wat op ons gelê is nie. Dit is vir ons 'n voorreg om met 'n blymoedige hart uit dankbaarheid in goeie grond te saai. God gee ons saad om te saai, maar saad in 'n sak word rot kos en niemand oes 'n opbrengs van 'n rot nie. Integriteit bepaal die identiteit en die motief van die persoon wat gee. Daarmee saam is gehoorsaamheid aan God ook 'n sleutel wat die deur van 'n oorvloedige lewe vir jou oophou. Hierdie kwaliteit van lewe wat God vir elkeen aanbied bly potensiaal as dit nie ontdek en ontgin word nie. God se guns gee jou die vermoë om te heers in die huidige ekonomie want God se ekonomie is gebaseer op die standvastigheid van sy Woord.

Slegs

R95.95

NOU BESKIKBAAR!

086 111 2329 www.grootisutrou.co.za


Jul - Aug 2010

Maak kennis met God

12

HOOF ARTIKELS Maak kenis met God.................................12 Guns en genade ........................................16

PITKOS Padlangs.....................................................3 Verbatim....................................................4 Verse van die Bybel...................................4 Vrees .........................................................6 Focus on the family .................................7 Raak ontslae van vestings

20

Raak ontslae van vestings ......................20 Manna muffins ......................................42

KOS VIR DIE SIEL Bybelstudieraamwerke ............................5 Waak teen woede......................................8 Jesus - Die weg, die waarheid en die lewe .............................................24 Die krag van dankbaarheid ....................34 Bybelresensie ..........................................36

Jesus ons Bruidegom

22

OUER & KIND FOKUS Geniet elke oomblik ................................28

VIR DIE JONGMENSE Kommunikeer met God ............................39 Helde van die Bybel....................................41 Wonderwerke van Jesus ..............................40 Woordsoek ...................................................43


Maak kennis met God

M

ense is gou om daarin te roem as hulle

Redakteur Timothy Kieswetter Teksredakteur Ingrid Stegmann Rhona Kieswetter Grafiese ontwerp & uitleg Riaan du Plessis

belangrike mense ken (sonder dat die Illustrasies Alistar Ackerman

persoon hulle noodwendig ken). Dit laat hulle voel dat hulle ook belangrik is! God weet alles van ons af nog voordat ons met Hom

Senior skrywers Gary Kieswetter Fanie Bolleurs Ds Jimi Le Roux

kennis gemaak het. God ken al ons foute en diepste geheime en nogtans

Timothy Kieswetter

kies Hy om ons oneindig lief te hê. Ons maak kennis met God deur ʼn

Riaan Lombard Rhona Kieswetter

verhouding met Sy seun, Jesus Christus, aan te knoop. Die Heilige

Rochelle Goosen Lomea Heyns

Gees, die Gees van aanneming, kom woon in ons en ons word God se

Janet Kieswetter Elza Meyer

kinders. Ons kan daagliks op die Vader se skoot gaan sit en kinderlik met

Dr. Leon Oosthuizen

Hom gesels. Om God te leer ken, is om te ontdek wie jy self is. 'n Praktiese manier om God beter te leer ken, is om daagliks Sy Woord te bestudeer en gereeld met Hom te praat. Ons moet ook toelaat dat God se gedagtes ons gedagtes word. Versprei deur

Die beste ding wat jy ooit in jou lewe kan doen, is om kennis te

Ezweni Magazine Distribution cc (011) 887 2650

maak met jou Skepper. Wanneer jy God leer ken, word jou maksimum potensiaal ontsluit. Om Hom te ken, is om deel te word van Sy genade,

Groot is U trou Kies wetter bedieninge

liefde en trou. Hoe meer ons God leer ken, hoe meer sal ander mense

Reg. nr. 2003/072612/23

Hom ook wil leer ken!

KONTAK ONS - Gary & Rhona Kieswetter

Tel:

086 111 2329

Fax:

086 686 1681

E-mail: manna@grootisutrou.co.za Pos:

Picassostraat 698 Moreletapark 0181

o n l i n e

Web:

www.mannatydskrif.co.za

Besoek ons webwerf by

Subskripsie navrae: Tel: 086 111 2329 Fax: 086 686 1681

www.mannatydskrif.co.za

Gedeeltelike of algehele reproduksie sonder geskrewe toestemming van die redakteur is streng verbode.


Vertel ons wat jy dink! Ons wil graag Manna vir jou nog beter maak sodat dit waarlik 'n tydskrif sal word wat jy net nie kan mis nie. Om dit te kan, doen het ons jou hulp nodig! Al wat jy nodig het om te doen, is om die volgende paar vrae te beantwoord en die vorm vir ons te faks na 086 686 1681 of te e-pos na admin@grootisutrou.co.za. Jy kan ook die vraelys aanlyn invul op ons webwerf deur te gaan na www.mannatydskrif.co.za. Beantwoord die vrae deur 'n kruisie te trek langs die antwoord wat op jou van toepassing is. Jy kan meer as een merk. Hoe baie van die artikels lees jy?

Wanneer ek klaar Manna gelees het ...

Ek lees net 'n paar van die artikels

... gee ek dit vir iemand anders om te lees

Ek lees sommige van die artikels meer as een keer

... hou ek dit om later weer te lees

Ek lees die Manna van voor tot agter

... ek vergeet dadelik daarvan en dit beland

Ek lees nie die artikels in diepte nie, ek lees net die hoofopskrifte

op die tydskrif-hopie

Is die artikels in die Manna vir jou relevant?

Hoe gereeld koop jy die Manna?

Ek leer altyd iets daaruit; dit voel asof die Here

Ek koop elke uitgawe en loop geen uitgawe mis nie

regtig met my praat

Ek koop dit so elke nou en dan wanneer ek dit op die rak sien

Die artikels is te swaar en prekerig vir my Daar is altyd 'n artikel wat voel asof dit spesiaal vir my geskryf is

Waar het jy van die Manna gehoor?

Die artikels is te lank en ek sukkel om dit klaar te lees

'n Vriend of vriendin het dit aan my voorgestel Ek het dit toevallig op die winkelrak gesien

Wat beteken Manna vir jou?

Ek was by 'n kerk waar ek daarvan gehoor het

Manna is maar net nog een van baie tydskrifte wat ek lees Manna is anders as ander geestelike tydskrifte, dit het die nodige

Hoe voel jy oor advertensies in die tydskrif?

diepte waarvan ek hou

Een van die redes hoekom ek van Manna hou is omdat daar geen

Manna is die enigste geestelike tydskrif wat ek lees

advertensies verskyn nie Ek sal nie omgee as die Manna wel advertensies plaas nie

Wie lees almal Manna?

Dieselfde advertensie sal meer beteken as ek dit in Manna sien

Ek is die enigste een in die huis wat die Manna lees

teenoor enige ander tydskrif

Almal in die gesin lees Manna

Ek sal nie meer aandag aan 'n advertensie gee net omdat dit in

Ons gebruik Manna om saam huisgodsdiens te hou

Manna verskyn het nie

Waar koop jy Manna?

Vertel vir ons wat jy meer of minder van sal wil sien in die Manna

Ek verkies om Manna in die winkels te koop

tydskrif: __________________________________________________

Ek verkies om Manna in die pos te ontvang

_________________________________________________________

路 PERSOONLIKE INFORMASIE 路 Geslag: M

V

Ouderdom:

Aantal kinders in die huis:

Huwelik status: Getroud

Enkel

Ouderdom van kinders in die huis:

Huishoudelike inkomste: < 10K

> 10K

3

> 25K

> 35K

Geskei

Weduwee


Verse in die Bybel Maak kennis met God

The Christian has a great advantage over other men, not by being less fallen than they, nor less doomed to

Job 22:21 – Sluit tog vriendskap

live in a fallen world, but by knowing

met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur

that he is a fallen man in a fallen world.

sal goeie dinge oor jou kom.

- C. S. Lewis We all want progress, but if you're on the wrong road,

1 Johannes 2:2 – En hieraan weet ons

progress means doing an about-turn and walking back to the right

dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar.

road; in that case, the man who turns back soonest is the most progressive. - C. S. Lewis

Deuternomium 6:4-5 - Hoor, Israel, die HERE onse God is 'n enige HERE. Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.

Do not pray for easy lives; pray to be stronger men. Do not pray for tasks equal to your powers; pray for powers equal to your tasks. Then the doing of your work shall be no miracle, but you yourself shall be a miracle. Every day you shall wonder at yourself, at the richness of life which has come to you by the grace of God.

Johannes 3:16 - Want so lief het God die wêreld

- Phillips Brooks

gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige

Pray hardest when it is hardest to pray.

lewe kan hê.

- Bishop Charles H. Brent Phillipense 4:13 - Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

Whatever man loves, that is his god. For he carries it in his heart; he goes about with it night and day; he sleeps and wakes with it, be it what it may - wealth or self, pleasure or renown.

Openbaring 22:17 - En die Gees en die bruid sê:

- Martin Luther

Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die

We can forgive a child who is afraid of the dark; the real tragedy of life is when men are afraid of the light.

lewe neem, verniet.

- Plato Neither genius, fame, nor love show the greatness of the soul. Only kindness can do that. - Jean Baptiste Henri Lacordaire The real problem is in the hearts and minds of men. It is not a problem of physics but of ethics. It is easier to denature plutonium than to denature the evil from the spirit of man. - Albert Einstein

4


Bybelstudie

RAAMWERKE

Wat vrees jy? 1. Mense wat nie in God glo nie, vrees die dood

God dink aan jou 1. God dink aan ons – Psalm 115:12 a) Hy wil ons seën

2. Godsdienstige mense vrees lewe 3. Goddelike mense vrees God 4. Vrees God

b) Psalm 40:4 – Te veel om op te noem

2. Jou gedagtes is vir my kosbaar – Psalm 139:13

a) Genesis 42:18 – Josef

a) Wonderlik, kosbaar, goed

b) Genesis 39:9 – Josef c) Eksodus 18:21 – God se tipe man, in staat, praat die waarheid

b) Bevat die karakter van God c) Oneindige gedagtes; Sand – moenie oor God

5. Dit is die plig van die mens

se gedagtes loop nie

d) Klaagliedere 12:13 e) 1 Petrus 2:17

3. Dawid se vrymoedigheid om God te

f) Openbaring 14:7

herinner – Psalm 25:6 6. Satan vra vir God: “Vrees Job God sonder

a) Dink aan U genade en liefde

doel?” b) Moenie dink aan die sondes en oortredinge

a) Job 1:9

van my jeug nie 7. Die voordele om God te vrees a) Spreuke 8:13 – Haat sonde b) Spreuke 9:10 – Die begin van wysheid c) Psalm 34:9 – Kom niks kort nie

c) Dink aan my na U goedertierenheid d) Romeine 2:4 – Die rykdom van Sy goedertierenheid

d) Jeremia 32:23 – God inspireer jou om Hom te vrees 4. Lukas 23:39-34 8. God is jaloers op ons vrees – Prediker 12:13

a) God dink aan jou in hierdie toestand b) Hoe baie sal Hy nie aan jou dink in

e) Vrees skep ʼn verwagting f) Vrees motiveer jou

heerlikheid nie?

g) Vrees lewer resultate op h) Dit wat jy vrees, het jou aandag i) Dit beïnvloed jou positief of negatief

5. Hoopvolle toekoms – Jeremia 29:11

Wat doen jy as God laat is? Johannes 11:1-14 1. Lasarus se familie het in Jesus se behoeftes voorsien a) Johannes 11:2 – Maria het parfuum oor Hom uitgegiet b) Marta het vir Hom kos gemaak c) Rusplek 2. Hulle het nou 'n behoefte gehad a) Het verwag dat Jesus hulle tegemoet sou kom; wat jy saai sal jy maai b) Jesus was hulle vriend c) Filippense 4:19 – Al ons behoeftes 3. God het die reg om laat te wees a) Johannes 11:3 – Stuur die boodskap na Jesus – het kennis van die situasie b) Die een vir wie U lief is, is siek (situasie is sleg maar nie hopeloos nie) c) God sien wat ons nie wil sien nie 4. God weet wat ons nie weet nie a) Johannes 11:21 – As U hier was, sou hy nie gesterf het nie b) God het ook 'n seun verloor c) Johannes 11:14 – Dit was God se wil dat Lasarus moes sterf – God sien d) God wou meer as net hul behoefte ontmoet, Hy wou Sy glorie ontbloot e) God wil nie net vir Lasarus uit die dood wek nie, Hy wou bekend maak wie Jesus is (die opstanding, v25) 5. God se wil is verhewe bo ons behoeftes en begeertes f) Johannes 5:19 – Jesus vervul die Vader se behoeftes bo ons sin g) Psalm 40:7 – Ek begeer om U wil te doen h) Hebreërs 10:7 – Ek het gekom om U wil te doen (prioriteit) i) Efesiërs 1:11 – God doen alles volgens die raadsplan van Sy wil

Hoe om die bybelstudieraamwerk in jou selgroep te gebruik: 1. Bid vooraf saam en vra die Heilige Gees om die Woord te kom verklaar. 2. Lees skrifte en kyk dieper na hoe betrokke persone moes gevoel het.

3. Bespreek onder mekaar. 4. Maak van toepassing op jou eie lewe en beoefen die beginsels prakties.

5


Vrees

Rhona gesels oor . . .

deur Rhona Kieswetter

God het ons nie 'n gees van vrees gegee nie, maar een van liefde, krag en selfbeheersing.

D

ie Bybel sê 366 keer vir ons dat ons nie moet vrees nie. Een maal vir elke dag van die jaar asook die skrikkeljaar! As God dit nodig ag om dit daagliks vir ons te sê, beteken dit dat vrees 'n daaglikse realiteit is. Van kleintyd af sukkel die mens met vrees, van bang wees vir die donker tot bang wees vir die realiteite van ons bestaan – werkloosheid, siekte, swak verhoudings, finansiële probleme en die onbekende!

ontslae te raak nie. Die beste is altyd om Jesus se voorbeeld te volg. Toe die vyand Hom kom versoek het in die woestyn, het Hy Skrif gebruik om mee te veg en tot vandag toe bly die Woord ons swaard. Hier is 'n gebed wat vol Woord is vir wanneer vrees weer aan jou deur kom klop. Bid dit hardop want geloof kom deur die gehoor en die gehoor deur God se Woord. Dit sal jou gees voed en oplig en jou die waagmoed gee om deur

Van kleintyd af sukkel die mens met vrees, van bang wees vir die donker tot bang wees vir die realiteite van ons bestaan As God sê moenie vrees nie, beteken dit nie daar gaan niks wees vir ons om voor bang te wees nie of dat ons dit nie gaan ervaar nie. Dit beteken slegs ons moet dit herken en konfronteer. Vrees is iets wat 'n mens maklik lamlê en jou passief wil maak sodat jy later gló jy kan nie daarteen opstaan nie. Dit verg baie durf en waagmoed om jou vrese te konfronteer. Prys die Here ons hoef dit nie alleen aan te durf nie! Jesus weet hoe vreesaanjaend dit partykeer kan wees om 'n mens te wees. Hy was hier, het in ons skoene kom loop en eerstehands kom voel hoe dit is om 'n mens te wees. Die vyand probeer sy bes om ons te laat glo dat ons nie die oorhand oor vrees en angs kan kry nie, maar dit is 'n leuen. God het ons nie 'n gees van vrees gegee nie, maar een van liefde, krag en selfbeheersing. Ons weet daarom dat vrees beslis nie van Hom af kom nie. Perfekte liefde verdryf alle vrees en God is perfekte liefde. En ons weet mos dat ons in Hom is en Hy in ons, so as volmaakte liefde in ons woon, hoort vrees nie daar nie! Ek weet daar is baie mense wat oorweldig voel deur vrees en nie weet hoe om daarvan

te druk en in die geloof die oorwinning te behaal: “Here Jesus, ek sê vandag saam met Dawid, die dag as ek vrees, sal ek op U vertrou, so ek kies vandag om my vertroue volkome in U te plaas aangaande my situasie. U is die Almagtige, U is betroubaar. U is die Een wat tye en seisoene verander, oorloë laat ophou, tronkdeure oopmaak, vrylating bring en bevordering gee. Omdat U woord sê, as U vir my is, wie kan teen my wees? – sekerlik geen aanslag, siekte of swakheid kan teen my wees nie! U wat in my is, is sterker as hy wat teen my is. Die wat vir my is, is baie meer as die wat teen my is. U is met my en daarom sal ek nie vrees nie.

sal ek nie bevrees of beangs wees nie, ek sal nie skrik nie want U is met my. Al gaan ek deur die dal van doodskaduwee, sal ek geen onheil vrees nie. Ek weier om paniekerig te raak want U veg namens my teen my vyande om die oorwinning te behaal en dit dan vir my te gee. Ek sal nie angstig rondkyk nie want U is my God. U versterk my en help my. U hou my vas en red my met U eie reddende regterhand. Ek weier om afgetrek te word deur die vyand, siekte of omstandighede en ek spreek my hele wese aan en sê boontoe! Ek sal nie bewe en bang wees nie want daar is geen God soos U my God nie, nee daar is geen ander rots nie. Niemand kan red soos U nie. Ek kies om my oë af te haal van wat ek sien en voel en ek plaas nou my oë op U, my Almagtige Redder. U versterk nou my slap hande en struikelende knieë en U sê vir my – Wees sterk en moenie bang wees nie, Ek jou God is hier, Ek kom om wraak te neem en jou vyande te straf, Ek kom om jou te red. Dankie Jesus dat U reeds gekom het, U het gesterf namens my en U het my swaarkry reeds gedra. U het weer opgestaan en dieselfde krag wat U uit die dood opgewek het, leef nou in my. Daarom sal ek opstaan uit my vrese, dit van my afskud en ek sal die oorwinning beleef wat U reeds vir my gewen het. Amen!”

U versterk nou my slap hande en struikelende knieë en U sê vir my – Wees sterk en moenie bang wees nie Nie die skrik van die nag of die pyl wat bedags vlieg nie, nie die pes wat in die donker wandel of die siekte wat op die middag verwoes nie. Al is ek in die geveg van my lewe betrokke,

6


FOCUS FAMILY on the

Question:

Dr. Dobson:

Would you say that most marital problems are caused by sexual difficulties?

The typical couple spends much time talking, as you and your fiancée have done. Still, they don't know each other as well as they think they do. That is because a dating relationship is designed to conceal information, not reveal it. Each partner puts his or her best foot forward, hiding embarrassing facts, habits, flaws and temperaments.

Dr. Dobson: No, the opposite is more accurate. Most sexual problems are caused by marital difficulties. Or stated another way, couples that have problems in bed often have bigger problems in the other 23 1/2 hours in the day.

Question: What would your recommendation be to a young wife and mother whose husband is extremely violent and frequently abuses her and their children?

Dr. Dobson: She should get herself and her kids out of the home immediately. Women and child abuse simply must not be tolerated. It's against the law and the law must be enforced. No one has to live in an abusive environment today.

Question: Do you recommend pre-marital counseling for engaged couples? If so, why? My fiancée and I have spent hours getting to know each other over the past year, so why should we bother with the time and expense of counseling? Premarital counseling is a must and can literally be a marriage saver. Furthermore, these sessions can help young men and women overcome the cultural tendency to marry virtual strangers. Let me explain.

Consequently, the bride and groom often enter into marriage with an array of private assumptions about life after the wedding. Then major conflict occurs a few weeks later when they discover they have radically different views on nonnegotiable issues. The stage is then set for arguments and hurt feelings that were never anticipated during the courtship period. That's why I strongly believe in the value of solid, biblical pre-marital counseling. Each engaged couple, even those who seem perfectly suited for one another, should participate in at least six to ten meetings with someone who is trained to help them prepare for marriage. The primary purpose of these encounters is to identify the assumptions each partner holds and to work through the areas of potential conflict. The following questions are typical of the issues that a competent counselor will help the couple address together. Where will you live after getting married? Will the woman work? For how long? Are children planned? How many? How soon? How far apart? Will the wife return to work after babies arrive? How quickly? How will the kids be disciplined? Fed?

with Dr. James Dobson

Trained? What church will you attend? Are there theological differences to be reckoned with? How will your roles be different? How will you respond to each set of in-laws? Where will you spend Christmas holidays? How will financial decisions be made? Who will write the checks? How do you feel about credit? Will a car be bought with borrowed money? How soon? What kind? How far do you expect to go sexually before marriage? If the bride's friends differ from the groom's buddies, how will you relate to them? What are your greatest apprehensions about your fiancée(e)? What expectations do you have for him/her? This is only a partial list of questions to be discussed and considered. Then a battery of compatibility tests is administered to identify patterns of temperament and personality. Sometimes the findings are quite shocking. Indeed, some couples decide to postpone or call off the wedding after discovering areas of likely conflict down the road. Others begin working through their differences and proceed toward marriage with increased confidence. In either case, men and women typically benefit from knowing each other better. Someone has said: the key to healthy marriage is to keep your eyes wide open before you wed and half closed thereafter. I agree. Premarital counseling is designed to help engaged couples accomplish that.

Focus on the Family Southern Africa Private Bag X 1023, Hillcrest, 3650 Tel: (031) 716 3300 Fax: (031) 766 1113 E-mail: orders@fotf.co.za Website ~ www.safamily.co.za

These questions and answers are excerpted from books authored by Dr. James Dobson and published by Tyndale House Publishers. Copyright 1997 James Dobson.

7


Geldsake

Laat staan woede deur Gary Kieswetter

'n Kort humeur en woedeuitbarstings gaan verhoed dat jy die hoopvolle toekoms wat God vir jou het, met al twee hande kan aangryp. 8


B

aie van ons maak 'n fout deur te dink dat ons lewens aan onsself behoort. Jy sal gedurig mense hoor sê, “Dit is my lewe, ek kan daarmee doen wat ek wil.” God het jou net één lewe op hierdie aarde geskenk en jy sal eendag voor Hom daarvoor verantwoording moet doen. Jy is verantwoordelik vir jou eie toekoms en is 'n rentmeester daarvan. Deur te dink dat ons lewens en ons toekoms aan ons behoort, ontneem ons onsself van God se plan vir ons lewens. God het 'n sekere potensiaal binne in jou geplaas en Hy het 'n plan vir jou lewe ingedagte sodat jy daardie volle potensiaal kan bereik. God het alreeds vir jou 'n toekoms beplan!

Biltong sonder 'n vetlaag is mos heeltemal smaakloos, jy stik jou sommer in jou toekoms in! As jy daai stukkie vet hap, is daar 'n saligheid wat oor jou kom! Die vet gee smaak en is die ryk deel van die vleis. Daarom sê God dat wanneer ons aan Hom 'n lof-offer gee, moet dit met vettigheid g e p a a r d g a a n . Ve t t i g h e i d s p r e e k v a n heelhartigheid, toegewydheid en oorgawe. Mag jy wanneer jy jou geld, jou huwelik en talente aan God gee, die vettigheid saam met dit gee! Kain het aan die Here 'n offer sonder enige vettigheid gebring en daarom het God Kain se offer van die hand gewys. Kain was baie teleurgesteld en God het vir hom 'n tweede kans gegee deur vir hom te sê dat as hy die regte offer

God het 'n sekere potensiaal binne in jou geplaas en Hy het 'n plan vir jou lewe ingedagte Wanneer jy dus jou toekoms weggooi, gooi jy ook die potensiaal binne in jou weg. Jy bepaal self of jy die toekoms wat God vir jou het met beide hande gaan aangryp deur die keuses en besluite wat jy elke dag maak. Jy moet verantwoordelikheid neem vir die besluite wat jy vandag neem. Jou toekoms word jou vandag en jou vandag word jou gister. Die situasie waarin jy jouself vandag bevind, is 'n direkte resultaat van die besluite wat jy in jou verlede geneem het. Die besluite wat jy vandag neem, gaan jou verlede word waaroor jy dalk vir die res van jou lewe spyt oor gaan wees. Die kwaliteit van die besluite wat jy vandag neem, bepaal die waarde van jou toekoms. Baie mense sien nie kans om in die oggend op te staan nie omdat hulle nie kans sien om die toekoms in te gaan wat hulle vir hulself gekies het nie. Kom ons gaan kyk na 'n voorbeeld in die Bybel hoe mense se keuses hul toekoms beïnvloed het: Genesis 4:4-8 – En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien, maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang. En die HERE sê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang? Abel het die vet van sy kleinvee aan die Here geoffer. In die Ou Testament het God altyd beveel dat die offers wat die mense aan Hom bring nog die vet moet aanhê. Van al die nasies behoort die Afrikaner dit die beste te verstaan! Daar word biltong gekoop en geëet by die kilogramme! Ons Engelse gee vir ons babas fopspene, maar julle gee vir julle babas sommer 'n hele stuk biltong!

bring, sal sy blydskap weer na hom toe terugkeer. Ons lees dit in Genesis 4:7 – Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie — die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers. En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan. God het Jesus as offer vir ons sondes aanvaar. Daarom is daar geen ander manier om met die lewende God versoen te word as om aan Christus te behoort nie. Christus is die Lam wat geslag is en opgeoffer is om weg te doen met ons sonde. Wanneer jy deur Christus na God gaan, dan is die vettigheid wat God verwag reeds daar! God het in essensie vir Abel gesê dat as hy die regte offer bring, sal Hy dit aanvaar. God het reguit vir Kain gevra waarom hy dan so kwaad is. Die woede was op Kain se gesig geskryf en hy kon sy humeur nie beteuel nie. Ons Afrikaners word partykeer so kwaad dat ons wil moor. 'n Woedeuitbarsting maak altyd iets dood; dit maak mense se opgewondenheid, lewenslus en hoopvolle verwagtinge dood. 'n Man wat in woede uitbars, kan sy huwelik in 'n oogwink doodmaak.

toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond. Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het. God sê in Psalm 37:8 – Laat staan die woede. Julle Afrikaners het selfs 'n liedjie gekomponeer wat daarby saamgaan, laat staan sulke dinge laat staan! Dis vir God belangrik dat jy jou woede sal laat staan. Hy weet hoe sleg dit vir jou is. Saam met woede kom al sy maaitjies naamlik boosheid, laster en skandelike taal. Ons moet self afstand doen van ons eie woede. Die Here gaan dit nie net kom verwyder nie, jy moet 'n besluit maak om dit te laat gaan. Kom ek gaan wys jou gou 'n voorbeeld uit die Bybel waar God ons leer hoe om ons woede te hanteer; Efesiërs 4:25 – Daarom, lê die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede. Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie; en gee aan die duiwel geen plek nie. Hierdie skrif sê dat ons nie kwaad moet gaan slaap nie! As jy kwaad word, moenie sondig nie en moet ook nie die dag met kwaad afsluit nie. Die duiwel kry vatplek in ons lewens deur woedeuitbarstings. Ons Suid-Afrikaners kan onsself darem vir onbenullighede strip! Huwelike val uitmekaar omdat mense vir alles kwaad word. God sê dat die mens wat sy woede kan beheer, beter is as die mens wat 'n stad inneem. Deel van die vrug van die gees is selfbeheersing. Jy mag kwaad word, maar moenie sondig nie. Maak seker dat daai woede uit jou hart is voor jy gaan slaap, want dit het die vermoë om gedurende die nag te broei! Iemand wat kwaad gaan slaap, word die hel in wakker! Kain se jaloesie het die woede soveel so in hom laat opborrel, dat hy sy broer doodgemaak het. Kain het sy toekoms opgemors toe hy besluit om nie God te gehoorsaam nie, maar eerder sy eie wil te volg. Terwyl hy nog met God in kontak was, was daar nog kans vir hom om sy sonde te bely en die regte ding te doen. Maar, die oomblik toe hy ophou om met God oor die probleem te praat, was dit neusie verby met sy toekoms. Kain se woede het die duiwel plek in sy lewe gegee.

Daar is niks wat mense so weerhou van 'n hoopvolle toekoms as 'n humeur wat nie beteuel kan word nie Daar is niks wat mense so weerhou van 'n hoopvolle toekoms as 'n humeur wat nie beteuel kan word nie. Kolossense 3:8 – sê die volgende, maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik

9

God het Kain uit die land verdryf en hy het 'n swerwer geword. Hy het geen eindbestemming of toekoms gehad nie. Die Bybel sê dat die goddelose mens geen toekoms het nie, maar die


man van vrede het wel. Mense wat hulle teen God verset word uitgewis en die toekoms van die goddelose word vernietig. Moenie jou toekoms weggooi deur toe te laat dat woedeuitbarstings en slegte humeur jou lewe beheer nie. Wanneer ons bereid is om beheer oor te gee aan Sy Gees, kan ons weer 'n toekoms hê.

beloofde land gekos. Moses het God gesmeek om tog die beloofde land in te gaan, maar is dit geweier. Moses het vier keer tussen beide getree toe God Israel wou vernietig omdat hulle afgode gedien het. Maar, Moses het God elke keer aan Sy barmhartigheid herinner en God het Sy toorn oor Israel laat bedaar. Moses het elke keer vir God

Geen vrug van die gees kan groei waar daar woede is nie Woede maak die grond van jou hart onvrugbaar sodat die saad van God se Woord nie kan ontkiem nie. Woede versteur jou hart se phbalans en dit maak jou hart suur. Geen vrug van die gees kan groei waar daar woede is nie. Woede ontneem God van Sy regmatige plek in jou hart. Maar wanneer jy jou woede voor God neerlê, neem Hy dit weg en meng die grond van jou hart met Sy vergifnis, genade en barmhartigheid. Sy liefde is soos kompos wat die grond van jou hart weer voed. God wil daardie woede wat binne in jou is, uithaal en dit met goddelike toorn vervang. Dit beteken dat jy sonde sal haat; dit is nie meer iets wat jy begeer nie, maar verafsku. God is opsoek na mense wat hul vleeslike woede vir goddelike toorn sal verruil. Moses is nog 'n voorbeeld van 'n godsman wat sy toekoms weggegooi het omdat hy nie sy humeur kon beteuel nie – hy het sommer sonder 'n lont ontplof! Om te dink dat die Bybel sê in Numeri 11:6 dat Moses die nederigste man op aarde was! Terwyl Moses op die berg besig was om die Tien Gebooie van God te ontvang, het die Israeliete 'n goue kalf gemaak om te aanbid. Toe Moses van die berg afkom en sien wat hulle aangevang het, het hy die twee klippe waarop die Gebooie was, stukkend gegooi! Op 'n ander geleentheid, nadat Moses vir die laaste keer voor die Farao verskyn het, het hy wit van woede daar uitgestap. Die ander keer het God vir Moses beveel om met die rots te praat sodat daar water uit sal kom. Maar, Moses was so de joos in vir die Israeliete dat hy sommer die rots geslaan het! Lees gou saam met my in Deuteronomium 23:3 – En die HERE het vir hom gesê: Dit is die land wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek dit gee; Ek het jou dit met jou oë laat sien, maar jy sal daarheen nie oortrek nie. Toe het Moses, die kneg van die HERE, daar gesterwe in die land Moab, volgens die bevel van die HERE. Moses se woedeuitbarstings het hom die

gesê: “Wend U van U toorn af. Dink aan die verbond wat U met Abraham, Isak en Jakob gesluit het.” Moses se woede het gemaak dat God nie sy versoek toegestaan het nie. Woede gaan ook veroorsaak dat jou versugtinge by God onbeantwoord sal bly. Woede hou jou altyd weg van die plek wat die Here vir jou voorberei het. Baie van ons se vooruitgang word deur woede gestuit omdat dit net 'n ander vorm van hoogmoed en arrogansie is. Woede is niks anders as om te baklei vir jou eie wil nie. God wil klaarspeel met die woede wat so maklik in ons Suid-Afrikaners ontvlam. Ons moet ons woede laat staan en plek maak vir die Heilige Gees. Woede is 'n buffer tussen ons en God. Psalm 30:5 sê die volgende – Psalmsing tot eer van die HERE, o sy gunsgenote, en loof sy heilige gedenknaam; want 'n oomblik is daar in sy toorn, 'n lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smôrens is daar gejuig. God se toorn duur vir 'n oomblik, maar sy goedertierenheid hou vir geslagte te lank!

gee. Ons lees dit in 1 Samuel 10:6 – En die Gees van die HERE sal oor jou vaardig word, sodat jy saam met hulle sal profeteer en in 'n ander mens verander word. En as hierdie tekens vir jou uitkom, doen dan wat jou hand vind om te doen, want God is met jou. En jy moet voor my uit na Gilgal afgaan, en kyk, ek sal na jou afkom om brandoffers te offer, om dankoffers te slag; sewe dae lank moet jy wag, totdat ek by jou kom en jou bekend maak wat jy moet doen. En net toe hy sy skouer draai om van Samuel af weg te gaan, het God sy hart verander, en al hierdie tekens het op dié dag uitgekom. God het vir Saul saam met 'n klomp profete uitgestuur sodat hy net soos hulle kan profeteer. As jy suksesvol wil wees, omring jouself met suksesvolle mense. As jy meer positief wil wees, omring jouself met mense wat altyd hoopvol is! Die Bybel sê hier dat God vir Saul 'n nuwe hart gegee het. 'n Nuwe hart is 'n nuwe gesig! God het vir Saul manne gegee wat Saul se visie gedeel het. Die Bybel sê dat God se Gees het oor Saul vaardig geword en hy het saam met die profete geprofeteer. God het ook belowe om Saul en sy hele nageslag te seën indien hy Sy insettinge en gebooie sal bewaar. Te veel Christene vandag leef veilig in plaas daarvan om reg te leef. Moenie doen wat veilig is nie, doen wat reg is! Daar is 'n toekoms vir 'n man van vrede en vir 'n regverdige mens! Saul het sy toekoms en die toekoms van sy nageslag opgemors deur aan sy slegte humeur vas te klou. Die profeet Samuel het vir Saul uitdruklik gesê om vir sewe dae lank op die plek te wag totdat hy hom daar sal ontmoet. Saul se

Saul het sy toekoms en die toekoms van sy nageslag opgemors deur aan sy slegte humeur vas te klou Die Hebreeuse woord vir “oomblik” is "'n oogwink." God se toorn duur net so lank soos wat 'n oogknip duur, maar Sy guns duur vir 'n leeftyd. Op die berg van verheerliking, toe God Jesus as Sy seun voor die mense verklaar het, het God vir Moses en Elia gestuur om daar te wees. God was nie meer toornig teenoor Moses nie, want sy toorn duur net vir 'n oomblik. God het jare terug Moses se versoek geweier om die beloofde land in te gaan, maar God het weer guns aan Moses bewys. Dink net hoe trots was Moses toe God hom kies om toe te kyk hoe Jesus Christus verheerlik word! Nog 'n man wat sy toekoms opgemors het, was Saul. God het Saul belowe dat Hy hom op die troon van Israel sal sit en vir hom 'n nuwe hart sal

10

woede en ongeduld het hom gekeer om te wag en hy het sake in eie hande geneem. Daar is nie plek vir geduld in jou lewe as jy 'n kort humeur het nie. Moet nooit enige besluit neem gedurende 'n woedeuitbarsting nie, jy gaan daardie besluite later berou! Samuel het hom daaroor aangespreek en Saul het sy besluit op sy manskappe geblameer. Iemand met 'n kort humeur, blameer altyd ander mense. Verwoedheid laat geen man erken dat hy gefouteer het nie. Die wortel van woede is trots en God sê dat Hy trots en hoogmoed haat. Hoogmoed ontneem God van Sy regmatige plek in jou hart. Die Bybel sê nie verniet dat ons ons harte bo alle dinge moet bewaar nie–dit is die oorsprong


van die lewe. God het vir Saul 'n tweede kans gegee en het hom beveel om al die Amalekiete voor die voet dood te maak. Kan jy glo dat die perd al weer nie wil hoor nie?! Hy het koning Agab en die beste kleinvee gespaar. Samuel was blind en kon daarom nie sien wat Saul doen nie. Saul het die fout gemaak om te dink dat omdat Samuel blind is, God ook blind is! Daar is nie genoeg skape op hierdie planeet om die wol oor God se oë te trek nie! Die skape het begin blêr op 'n tyd wat Saul regtig nie wou gehad het hulle moes nie. Jou sonde sal jou laat uitvang. Jou sonde maak altyd 'n geraas wanneer jy graag wil hê dat dit moet stilbly! Jou woedeuitbarsting het altyd die vermoë om jou sonde te verklap. God het Sy Gees van Saul af weggeneem en 'n bose gees het oor Saul vaardig geword. God het die koningskap van Saul weggeneem. Saul het sy hoopvolle toekoms verruil vir trots en eiesinnigheid.

wakker oor Sy Woord om dit sorgvuldig na te kom! Jy mag dalk vir my sê: "Maar Engelsman, my pa het dit nie vir my gedoen nie. Niemand het vir my seëninge in die toekoms gaan haal nie." Wel, jy is verkeerd want Jesus Christus het dit vir jou gedoen. Die Bybel sê dat ons in Christus alreeds met al die geestelike seëninge geseën is. Ek sluit af met Genesis 48:1 – Ná hierdie dinge het hulle aan Josef meegedeel: Kyk, u vader is siek. Toe neem hy sy twee seuns, Manasse en Efraim, met hom saam. En hulle het aan Jakob berig gebring en gesê: Kyk, u seun Josef kom na u toe. Daarop het Jakob sy krag versamel en op die bed gaan sit. En Jakob het vir Josef gesê: God, die Almagtige, het aan my verskyn by Lus, in die land Kanaän, en my geseën en vir my gesê: Kyk, Ek sal jou vrugbaar maak en jou vermeerder en jou tot 'n menigte van volke maak, en Ek sal aan jou nageslag ná jou hierdie land as ewige besitting gee. Jakob het 'n baie goeie toekoms vir sy

As jy as man op jou vrou skree, ontneem jy haar van haar menswaardigheid en haar integriteit As jy as man op jou vrou skree, ontneem jy haar van haar menswaardigheid en haar integriteit. Woede bring niks goeds voort nie. God wil hê dat jy daardie woede na Hom toe sal bring. Ek praat nie nou van wanneer iemand normaalweg kwaad word nie, want dit is natuurlik en gebeur met ons almal. Ek praat van wanneer jy briesend raak en daar 'n woede oor jou kom wat jy nie kan beheer nie. Dis amper asof jy met woede begeester raak. Vra God om vir jou 'n gees van selfbeheersing te gee inruil vir daardie gees van woede. Jou toekoms hang daarvan af. . . jy is besig om jou eie toekoms weg te gooi deur jou kort humeur! Jy as ouer bepaal jou kinders se toekoms deur die keuses en besluite wat jy neem. Hebreërs 11:20 sê die volgende – Deur die geloof het Isak vir Jakob en Esau geseën met die oog op die toekoms. In die oorspronklike taal beteken hierdie skrif dat Isak sy hand in die toekoms gesteek het, die seëninge gaan haal en dit op sy seuns geplaas het. Deur geloof het hy die toekoms van sy kinders binnegegaan en die seëninge wat God vir hulle beskik het, toegeëien. As ouer beskik jy oor jou kinders se toekoms. Jy kan die verkeerde goed vir hulle nalaat of die regte goed. In die geloof kan jy ook jou kinders se toekomstige seëninge vir hulle gaan haal en hulle nou al in die Naam van die Here seën. God is

nageslag agterlaat. Jakob het Josef se twee seuns geseën en hulle teen sy bors vasgedruk en hulle gesoen. Dit is hoe God jou seën! Hy trek jou vas teen Sy bors en soen jou! Lees net die wonderlike seën wat Jakob oor sy kleinseuns uitspreek: Genesis 48:15 – En hy het Josef geseën en gesê: Die God voor wie se aangesig my vaders Abraham en Isak gewandel het, die God wat my as Herder my lewe lank gelei het tot vandag toe, die Engel wat my uit elke teëspoed verlos het — mag Hy die seuns seën, en mag deur hulle my naam genoem word en die naam van my vaders Abraham en Isak, en mag hulle vermeerder in die land in menigte. Dis tyd in Suid-Afrika dat pa's in die geloof hul kinders se toekomstige seëninge sal gaan haal. Die verbond van Abraham, Isak en Jakob is jou kinders se erfdeel. As ons as ouers ons eie toekoms opmors deur ons onbeheerste humeur, dan mors ons ook ons kinders sin op. As ons nie daardie seëning vir hulle in die geloof gaan haal nie, dan gaan dit verlore gaan. En waar daar nie 'n seën is nie, kan 'n vloek tot rus kom. Waar daar 'n seën is, kan daar nie 'n vloek tot rus kom nie, want die seën is sterker as die vloek. Mag die Here jou en jou nageslag seën!

11


MAAK

KENNIS MET GOD deur Gary Kieswetter

God se begeerte is dat jy eerstehandse kennis van Hom sal opdoen!

T

ieners sal hul voortande gee om hul musiek- en rolprenthelde in die regte lewe te ontmoet – al kan hulle net vir twee sekondes hul held se hand skud, sal dit hulle hele lewe lank bybly. Dit maak nie saak hoe vlugtig hulle die persoon ontmoet nie – hulle sal almal wat hulle ken van die ontmoeting vertel. Is dit nie vreemd dat ons nie dieselfde intense begeerte het om 'n ontmoeting met die lewende God te hê nie? In die Bybel rig God 'n ope uitnodiging aan die mens om met Hom kennis te maak. God se begeerte is dat jy eerstehandse kennis van Hom sal opdoen! God sê in Hosea 4:6 dat Sy volk ten gronde gaan as gevolg van 'n gebrek aan kennis. Dis God se begeerte om Homself aan Sy volk te openbaar en bekend te maak. God het elke dag na die Tuin gegaan om tyd saam met Adam en Eva te spandeer omdat Hy 'n begeerte gehad het dat hulle Hom sal leer ken. Hy het die volste reg gehad om hulle na Hom te ontbied, maar Hy het van Sy troon afgeklim en na hulle gegaan.

Om God te ken is om te ontdek wie jy werklik is, en wat jou doel in die lewe is. Mense wat God nie ken nie, ontdek nooit wie hulle rêrig is nie. As jy nie weet wie jy is nie, dan ís jy wat ander mense van jou sê en wat omstandighede van jou maak. Wat vir my so wonderbaarlik is, is dat wanneer jy God ken, dan verander jou siening van jouself en ander.

naam groot te maak nie; God sal jou naam in nederigheid grootmaak. Hy wil hê dat die talente en gawes wat Hy jou gegee het tot volle reg sal kom sodat Hy die eer daarvoor sal kry. Abraham is die vader van alle gelowiges en enige beloftes wat God aan Abraham gemaak het, is op ons van toepassing. Die Bybel sê in Galasiërs 3:14 – Christus het ons losgekoop van

Om God te ken, is om te ontdek wie jy werklik is, en wat jou doel in die lewe is Lees wat staan in Job 22:21 – Sluit tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom. Hierdie skrif som alle begeertes van die mens in een sin op. Elke mens begeer om in vrede te leef, erken te word en iewers in te pas. Almal wil iemand in hierdie lewe wees. God het reg in die begin vir Abraham gesê: “Ek sal jou seën en jou naam groot maak.” Jy hoef nie jou eie beuel te blaas en jou eie

12

die vloek van die wet deur vir ons 'n vloek te word — want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan 'n hout hang — sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang. Jy sal nooit die seëninge van Abraham verdien of daarvoor kan werk nie – jy kan dit slegs uit genade ontvang. Jy ontvang daardie seëninge


jy ook vrede in jouself. Daar is egter 'n verskil om vrede met God te sluit en die vrede van God te ervaar. Efesiërs 2:16 sê die volgende – Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.

Dit is hierdie geveg in ons gedagtes waarteen God se vrede ons moet beskerm. God se vrede sal jou verstand te bowe gaan – dit maak nie saak hoe diep die waters is waardeur jy gaan nie, God se vrede sal jou bewaar. Dit is ook hoe jy weet as jou verhouding met die Here nie op stryk is nie. Skielik het jy nie meer vrede in jou hart en gedagtes nie; skielik is daar storms binne in jou wat maak dat jy wil tou opgooi. Dis gewoonlik ons eie ongehoorsaamheid en halstarrigheid wat maak dat God Sy vrede van ons ontneem. Wanneer ons

Vrede is nie net 'n ideologie of 'n filosofie nie, vrede is 'n persoon

omdat God 'n verbond met ons kom sluit het dat Hy ons sal seën! In Job 22 vermaan God die mens om tog vriendskap met Hom te sluit sodat goeie dinge oor hom sal kom. Daardie “goeie dinge” sluit voorspoed, welvarendheid, genesing, vrede en welvaart in. Almal van ons is in sonde ontvang en gebore en daarom moet ons met God vrede maak. Ons almal is in vyandskap met God gebore tot die oomblik wat ons ons geloof in Jesus Christus plaas. Onmiddellik word die skeidsmuur wat tussen ons en God was, afgebreek en word die eenheid herstel. Nou kom God en sê dat Hy klaar alles van Sy kant af gedoen het om die verhouding te herstel en dat die onus op ons rus om vriendskap met Hom te sluit. Vrede is nie iets wat net vanself kom nie, maar dis iets wat bewaar moet word. As jy na die Midde ooste kyk, kom jy agter dat hulle al vir jare probeer om vrede te bewerkstellig sonder enige resultate. Solank as wat daar haat en afguns in mense se harte is, sal daar nooit vrede wees nie. Wanneer daar vrede tussen jou en God is, het

Vrede is nie net 'n ideologie of 'n filosofie nie, vrede is 'n persoon. Daar staan geskryf in Jesaja 9:6 – Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors — tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen. Jesus het vrede om te gee omdat Hý die bron van vrede is. Daarom kan Jesus die stelling in Johannes 14:27 maak – Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie. Watter soort vrede gee Jesus? Die antwoord is in Filippense 4:7 – En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. Die vrede van God sal jou verstand en jou hart omring, soos gewapende soldate, en seker maak dat jy niks oorkom nie. Die vrede van God bewaar jou hart van negatiwiteit en depressie. As jy die vrede van God het, dan sal Hy die stryd namens jou stry!

weer terugkeer na Hom, erken waar ons ongehoorsaam was en ons weer voor Hom neerbuig – sal Hy ons weer met Sy vrede vul. God kan jou nie met Sy vrede vul as jy hoogmoedig is nie. Die Bybel sê dat God die hoogmoedige weerstaan, maar genade gee aan die wat nederig van gees is. Het jy al van Plato gehoor? Hy het 400 jaar voor Christus geleef en het gesê: “Om uit te vind wie die skepper van die heelal is, is 'n onbegonne taak. En indien ons hom wel vind, sal dit onmoontlik wees om mense van Hom te vertel.” Hoe verkeerd was hierdie man nie?! As jy God gevind het, is dit onmoontlik om Hom vir jouself te hou. Die ander dag sê 'n man vir my: “Engelsman, ek is 'n geheime Christen, nie eers my vrou weet dat ek een is nie!” Ek antwoord hom toe so ewe: “Het jy al masels gehad?” “Ja” sê hy, “ek het dit as kind gehad.” Ek vra hom toe: “Kon jy die masels vir jouself hou, of het dit na drie dae uitgeslaan?” Hoe kan Jesus Christus in jou hart leef sonder dat die bewyse uitkom?! Nie een van Jesus se dissipels het op hulle eie na Jesus gegaan en Hom gevra om een van Sy dissipels te word nie. Die enigste een in die hele Bybel wat Jesus uit sy eie wou volg, was die ryk jongman. Hy het die wet in elke opsig onderhou en

Wanneer jy deur 'n egskeiding, siekte of depressie gaan, is angs, benoudheid en vrees dinge wat van jou gedagtes beheer wil neem Wanneer jy deur 'n egskeiding, siekte of depressie gaan, is angs, benoudheid en vrees dinge wat van jou gedagtes beheer wil neem. Wanneer jy deur moeilike omstandighede gaan, het jy meer vrae as antwoorde. Waar is U Here? Ek dog U is my Herder en niks sal my ontbreek nie?

13

was van kleins af in die weë van die Here grootgemaak. Maar, toe Jesus hom beveel om al sy rykdom op te gee en Hom te volg, kon Hy dit nie doen nie. Die Here weet presies wat is die senuwee wat jy nie wil hê Hy moet aanraak nie! Jesus het elkeen van die twaalf dissipels


persoonlik gaan nooi om Hom te volg. Elkeen van hulle was besig met hulle eie loopbaan toe Hy hulle genader het. Jesus was vir hulle 'n totale vreemdeling wat verby gekom het en gevra het dat hulle Hom sal volg. Hy het homself nie aan hulle voorgestel as Jesus, die Seun van die allerhoogste God nie. Hy het hulle ook nie eindelose eer en rykdom belowe as hulle Hom sal volg nie. Hy het slegs hulle op die naam genoem en gesê: “Volg my!” Dink jy as Jesus vir Petrus sou waarsku dat hy Hom gaan verloën en onderstebo gekruisig gaan word, hy Jesus enigsins sou gevolg het? Nie 'n manier nie! Hy het nie die teleurstelling, die verwyte en die hartseer genoem nie. Dis deel van die pakket as jy jou karakter wil laat ontwikkel. Ongelukkig word geen mens se karakter ontwikkel gedurende goeie en welvarende tye nie. Dit is gedurende moeilike tye wat goddelike karakter in jou ontwikkel word. Kom ons lees in Johannes 1:40 – Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons het die Messías gevind—dit is, as dit vertaal word, die Christus. En hy het hom na Jesus gelei. Toe kyk Jesus hom aan en sê: Jy is Simon, die seun van Jona; jy sal genoem word Céfas, wat vertaal word Petrus. Die volgende dag wou Jesus na Galiléa vertrek; en Hy het Filippus gekry en vir hom gesê: Volg My. Andreas het kennis met Jesus gemaak en kon nie wag om sy broer, Simon, ook aan Jesus voor te stel nie. Om Jesus te sien, is om halsoorkop op Hom verlief te raak. Andreas het op daardie stadium maar bra min van Jesus geweet, maar Jesus het alles van hom geweet. As jy 'n ontmoeting met God het, hoef jy nie iets weg te steek nie – Hy weet klaar alles van jou af.

om die waarheid te sê, Hy het ons in ons moeder se skoot geweef; dit is ons wat Hom nie ken nie. Party van ons is te bang om ons sondes te bely omdat ons bang is God sal daarvan uitvind! God het nog voor die grondlegging van die wêreld bestem dat Sy Seun vir jou sondes sal sterf. God het die oplossing gehad nog voordat die probleem ontstaan het. Die oomblik toe Filippus vir Jesus ontmoet, was hy oorstelp van vreugde en kon nie anders as om ook die geleentheid aan te gryp om saam met Jesus te gaan nie. Filippus het Natánael onder 'n boom aangetref en hom van Jesus vertel. Toe Natánael hoor dat Jesus van Nasaret afkomstig was, het hy gevra: “Kan enige iets goeds uit Nasaret kom?” Filippus het nie 'n slim antwoord probeer uitdink nie, maar het Natánael uitgenooi om self te kom kyk. Ons lees daarvan in Johannes 1:47 – Daarop sien Jesus Natánael na Hom toe kom en sê van hom: Hier is waarlik 'n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie. Natánael sê vir Hom: Waarvandaan ken U my? Jesus antwoord en sê vir hom: Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien.

God het jou sondes totaal en al uitgedelg deur die bloed van die kosbare Lam Toe Jesus Natánael ontmoet, het Jesus reeds alles van hom geweet en kon hy hom sien as 'n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie. God ken al jou foute, maar hy maak 'n punt daarvan om jou goeie eienskappe aan die lig te bring. God neem nie jou sondes en maak daarvan 'n openbare aanskoulikheid om jou te verneder nie. God se

God ken ons al vir jare; om die waarheid te sê, Hy het ons in ons moeder se skoot geweef; dit is ons wat Hom nie ken nie Die volgende dag, oppad na Galilea, het Jesus vir Filippus raakgeloop en hom genooi om saam met Hom te kom. Jesus was 'n totale vreemdeling, en tog het hierdie mans iets in Hom gesien wat gemaak het dat hulle alles gelos het om saam met Hom te gaan. Weet jy watter outoriteit, charisma en mag uit Hom moes gestraal het om dit reg te kry? Wanneer Jesus sê: “Volg My!” is dit 'n uitnodiging maar ook tog 'n bevel. As jy Jesus ontmoet, kom jy agter dat Hy onweerstaanbaar is. Daar is iets omtrent Hom wat maak dat jy alles sal opgee om meer van Hom te leer. Hy is 'n absolute merkwaardige persoon. God ken ons al vir jare;

gesien? Jy sal groter dinge sien as dit.” In Daniel 11:32 staan daar 'n skrif wat my al baie geseën het – En die wat goddeloos handel teen die verbond, sal hy met vleiery afvallig maak, maar die volk wat hulle God ken, sal vashou en optree. Die mens wat sy God intiem ken, sal groot dinge vir Hom doen. Ons sê nie verniet wie nie waag nie sal nie wen nie! Dit help nie ons het net kennis met God gemaak, maar ons ken Hom nie intiem nie. Ek het eendag saam met een van my vriende by 'n restaurant gaan eet. Ons was in die middel van 'n gesprek toe ek skielik net begin huil het. Ek het nie op 'n doring gesit nie en niemand het my gebel met slegte nuus nie! Tog kon ek nie ophou huil nie! Ek het vir die Here gevra wat met my aangaan en Hy het geantwoord: “Ek is besig om nader aan jou te kom.” Ons het partykeer nodig om voor die Here te huil – ons as mans huil mos nie en dit weerhou ons om nader aan God te kom. Dis tyd dat ons as 'n nasie weer voor God sal huil en Sy aangesig sal soek. Dis onmoontlik om 'n ontmoeting met die lewende God te hê en nog opsetlik te sondig. Ons

liefde bedek alles, Sy bloed het al ons sondes verwyder en Hy dink nooit weer daaraan nie. God het jou sondes totaal en al uitgedelg deur die bloed van die kosbare Lam. Voor Filippus vir Natánael gaan roep het, het Jesus hom reeds onder die boom sien sit. Weet jy wat antwoord Natánael Jesus? “Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van Israel!” Natánael het geglo net omdat Jesus vir Hom gesê het dat Hy hom onder 'n boom sien sit het! Hoe wonderlik was hierdie man se geloof nie?! Jesus het hom geantwoord en gesê: “Glo jy omdat Ek vir jou gesê het: Ek het jou onder die vyeboom

14

kan nie sê dat ons God liefhet, maar doelbewus ongehoorsaam wees nie. Om God te sien, is om sonde te haat. Om God te ken is om jou beginsels en jou waardes volgens Sy Woord in te rig. Paulus sê in Filippense 3:10 – Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word, of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik. Paulus se begeerte is om Jesus te ken en die krag van Sy opstanding! Ons kan God nooit ten volle ken nie; daar is altyd iets nuuts wat ons van Hom kan leer. Omdat Hy oneindig is, kan ons nooit verveeld met Hom raak nie. Jesus het nooit een keer na Paulus verwys as iemand met klein geloof en wat maklik twyfel nie. Jesus het gereeld na die dissipels se klein geloof verwys omdat hulle hom in die vlees geken het, en nie in die gees nie. Paulus het Jesus ontmoet en geken as die opgestane Christus en nooit as net 'n man van


Nasaret nie. Hoeveel van ons kan sê dat ons Christus werklik as die opgestane Heer ontmoet het? Hoeveel van ons het God leer ken as 'n godsdienstige figuur, maar Hom nooit gesien as die almagtige God, skepper van die hemel en aarde nie? God haat vormgodsdiens want dit reduseer Hom na 'n historiese figuur. Vormgodsdiens kan jou nooit aan die ware God voorstel nie! Dit is blote reëls en regulasies en ontneem jou van die voorreg om God van aangesig tot aangesig te leer ken.

God haat vormgodsdiens want dit reduseer Hom na 'n historiese figuur Wanneer jy 'n ware ontmoeting met die Here het, het jy nie meer 'n aptyt vir sonde nie. Hoe kan jy ooit weer klein geloof hê as jy Hom eers ontmoet het?! Die koopprys van 'n item bepaal die waarde van 'n item. Ek en jy is duurgekoop deur die bloed van die Lam, en daarom is ons so waardevol en kosbaar. Dit maak dat ons nie meer omgekoop kan word deur sonde en die wêreld se begeerlikhede nie. Ons kan met trots verklaar dat ons aan God behoort omdat Hy duur vir ons betaal het. Paulus was 'n opgeleide Fariseër en het Jesus in die sinagoges leer ken. Maar, ten spyte van al sy kop-kennis van heilige geskrifte, het hy God nie geken nie. Jesus het homself aan Paulus voorgestel as die Een wie hy vervolg. Paulus was vir drie dae na sy ontmoeting met Jesus nog blind gewees! Vanaf daardie oomblik het God visioene en drome aan Paulus gebring en hy was weggeruk tot in die derde hemel. Hy het 'n baie intieme verhouding met die Here gehad en steeds was sy enigste begeerte dat hy God nog beter en dieper kan leer ken. Paulus het 'n god gedien sonder om hom te ken. Jy kan in die kerk groot word, kinderkrans toe gaan, gedoop en voorgestel word, maar as jy nie 'n persoonlike ontmoeting met Jesus het nie, dan ken jy Hom nog nie. Ons moet ophou om in hierdie land kerk te speel en begin om Hom in gees en waarheid te aanbid. Ek sluit af met 1 Johannes 2:2 – En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar. Jou gehoorsaamheid aan die Here is 'n kenteken van jou verhouding met Hom; hoe beter jy Hom ken, hoe meer getuig jou lewe daarvan! Leer God weer opnuut ken! Partykeer in 'n huwelik gebeur dit dat twee mense so gewoond aan mekaar raak, dat hulle mekaar nie meer ken nie. Hulle weet van mekaar, is bewus van mekaar, maar ken mekaar nie meer nie. Sit tyd opsy om God weer te leer ken, vra Hom om Homself weer opnuut aan jou te openbaar!

15


Guns genade

deur Gary Kieswetter

Jy kan niks doen om God se guns te verdien nie.

16


S

eëninge is wat jy ontvang as jy gehoorsaam is aan die Woord van die Here, maar genade en guns is dinge wat jy ontvang sonder om dit te verdien. Mens kry twee tipe Christene; die eerste tipe ken die seëninge van die Here omdat hulle daarvoor gewerk het, en die ander tipe Christene leef in God se guns sonder om iets te doen om dit te verdien. God het telkemale aan Abraham in die vlees verskyn en met hom gepraat. Die eerste keer het hy aan Abraham verskyn terwyl hy nog in Mesopotamië gebly het; ons lees daarvan in Handelinge 7:2 – En hy sê: Broeders en vaders, luister! Die God van die heerlikheid het verskyn aan ons vader Abraham toe hy in Mesopotámië was, voordat hy in Haran gewoon het, en vir hom gesê: Trek uit jou land en uit jou familie, en kom na die land wat Ek jou sal wys. Hierdie seëninge wat Abraham uit God se hand ontvang het, was omdat hy bereid was om God te gehoorsaam. God het hom beveel om sy tuisland te verlaat en te trek na die land wat vir Hy vir hom aangedui het. Abraham het alles agter gelos en opgegee om God te volg. Hy het sy sekuriteit en sy blyplek opgegee om God se opdrag uit te voer. Gehoorsaamheid maak die deur vir God se seëninge oop. Voor tdurende gehoorsaamheid hou die deur oop! Maar, guns kom in onverdiende koeverte! Daar word drie keer in die Bybel na Abraham verwys as die vriend van God omdat hy God voortdurend gehoorsaam het. Jesus sê in Johannes 15:8 - As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly. Daar is amper groter voordele daarin om God se vriend genoem te word as God se dissipel. Daar is baie Christene wat net Jesus se dissipels is en wat doen wat hulle doen omdat dit 'n gewoonte en bloot 'n godsdiens vir hulle is. Maar, dan is daar Christene wat God se vriende is, wat aan die Here toegewyd is en Sy stem in elke opsig gehoorsaam.

Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme. Gehoorsaamheid is nie altyd maklik nie – dit kos jou iets. Dis een iets om die Here in die vlees te gehoorsaam en dis iets anders om die Here in die gees te gehoorsaam. Om God in die gees te gehoorsaam is om te reageer wanneer jy weet dat die Here iets persoonliks op jou hart gelê het. Maria het uitgeroep na God en vir Hom gesê: “My siel loof die Here, en in my gees verheug ek my God.”

Gehoorsaamheid is nie altyd maklik nie – dit kos jou iets In Genesis hoofstuk 18:1 het die Here God almagtig vir die vierde keer in die vlees aan Abram verskyn – Daarna het die HERE aan hom verskyn by die terpentynbome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag. Toe hy sy oë opslaan en kyk, staan daar drie manne voor hom. En toe hy hulle sien, loop hy hulle tegemoet van die ingang van die tent af en buig hom na die aarde toe. En hy sê: My heer, as ek nou genade in u oë gevind het, gaan dan tog nie by u kneg verby nie. Laat hulle tog 'n bietjie water bring, en was u voete, en lê en rus onder die boom. En laat ek 'n stukkie brood gaan haal, en versterk u hart — daarna kan u verder gaan—want daarom het u by u kneg aangekom. En hulle antwoord: Doen soos u gesê het. Indien dit net drie gewone engele was, sou hulle nie Abraham toegelaat het om voor hulle te buig en hulle te aanbid nie. Dit was God self wat aarde toe gekom het om met Abraham te praat. Toe God aan Abraham vir die eerste keer in

Gehoorsaamheid maak die deur vir God se seëninge oop. Voortdurende gehoorsaamheid hou die deur oop! As jy Jesus aanvaar as jou Saligmaker en jy word gewas in Sy kosbare bloed, kom bly die Heilige Gees in jou en Hy getuig saam met jou gees dat jy 'n kind van God is. Maar, jy moet vanaf 'n kind van God na 'n vriend van God gaan. Jesus noem ons Sy vriende wanneer ons Sy gebooie bewaar. Daar is vir God geen groter offer, as die offer van gehoorsaamheid nie, 1 Samuel 15:22 –

Die Bybel sê vir ons in 1 Korintiërs 2:8 – Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid, wat niemand van die heersers van hierdie wêreld geken het nie—want as hulle dit geken het, sou hulle die Here van die heerlikheid nie gekruisig het nie. God het as Jesus, die seun van God aan Abraham verskyn. Hy is die Son van geregtigheid, die Prins van vrede en die Here van die hemelse weermag. Hy het aan Abraham verskyn en saam met hom geëet. Dink net watter impak dit op Abraham moes gemaak het?! Ek dink Abraham het al sy ander maangode net so gelos en Jesus

Mesopotámië verskyn het, was Abram nog so ongered soos 'n klip gewees! Hy het nog die maangod aanbid en was beslis geen aanhanger van die lewende God nie. Die Here van heerlikheid het aan Abraham verskyn en Homself voorgestel as die skepper van hemel en aarde. Wie is hierdie onsienlike God wat Homself aan Abraham gaan voorstel het?

17

dadelik die enigste God gemaak! Wanneer Jesus Homself aan jou bekend maak, is Sy liefde onweerstaanbaar. As Hy jou seën met Sy teenwoordigheid, sal jy nooit weer dieselfde wees nie. Sy teenwoordigheid deurweek elke faset van ons karakter, bewussyn en onderbewussyn sodat ons kan kom by die plek waar ons in en deur Hom bestaan. Dis meer as om net kerk toe te gaan, dis meer as om net elke nou en dan die Bybel te lees en jou tiendes te gee. Dis om met God deurweek te word! In Johannes het Jesus vir die Jode gesê dat Abram verheug was om Sy dag te sien. Nog voor Abram was, was Jesus reeds, “Ek Is.” Toe Jesus in Betlehem gebore was, was dit nie die eerste keer wat Hy op die aarde was nie. Die Emmausgangers, wat drie en 'n half jaar saam met Jesus geleef het, het Hom nie erken nie. Jesus het toe al die skrifte aangaande Hom in die Ou Testament aan hulle gekwoteer en só Homself aan hulle bekend gemaak. Die oomblik toe Hy saam met hulle nagmaal hou, het hulle oë oopgegaan en hulle het Hom gesien vir wie Hy werklik is. Ons moet ook, soos die Emmausgangers, Jesus toelaat dat Hy homself aan ons sal openbaar en dat Hy die skrifte sal gebruik om Homself aan ons bekend te maak. Die Heilige Gees is opnuut besig om ons nasie op 'n vars en nuwe manier te besoek sodat ons nie net die Bybel met ons intellek sal lees nie, maar dat ons Jesus daarin sal ontdek. Ons moet toelaat dat God se Gees ons harte en ons ore sal besny. Hoekom sê die Here dat ons ons ore moet besny? Wel, dis maklik! Dit is omdat ons so deksels orig is! Ons ore is die pad na ons


hart; as jou ore nie besny is nie, kan God nie jou hart bereik nie. Vergeet van die ou gesegde dat die pad na 'n man se hart deur sy maag is . . . die pad na jou hart is deur jou ore! As jy jou ore gaan uitleen aan die koerante en na al die slegte nuus om jou, gaan dit jou hart besoedel. Jou ore is die ingangspunt van alles wat in jou hart aangaan. Let 'n bietjie op waarna jy luister. . . dra die agtuur nuus en die koerant in die oggend meer gewig as die Woord van God? Die een wat toegang tot jou oor het, het toegang tot jou hart! Kom ons kom weer terug na Abraham toe. Hy het gedoen soos wat die Here beveel het en sak en pak na die Suidland opgetrek saam met sy neef, Lot. Abraham was 'n bbaie ryk man en het baie besittings gehad. Hy was so ryk, invloedryk en belangrik, dat hy as 'n prins gereken was. Lot het in die moeilikheid beland en Abraham het die 318 manne wat diensknegte in sy huis was geneem en Lot gaan red. Op pad terug van Abraham se oorwinning, het hy 'n skielike ontmoeting met Melgisedek, die priester van God gehad. Ons lees daarvan in Genesis 14:18 – En Melgisédek, die koning van Salem, wat 'n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde. En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles. En die koning van Sodom sê vir Abram: Gee my die mense, maar neem die goed vir uself.

sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan die Seun van God, bly hy priester altyddeur. Hierdie is die eerste keer in die Bybel dat Jesus nagmaal hou saam met iemand en dit was eeue voordat Hy as die Messias in Betlehem gebore was. Melgisedek het brood en wyn aan Abraham gegee en hom in die naam van die allerhoogste God geseën. Dit is ook die eerste keer dat tiendes in die Bybel genoem word. Die beginsel om tiendes aan die Here te gee het begin nog voordat daar enige Ou Testamentiese wette was. Abraham het aan Melgisedek 'n tiende van sy buit gegee uit dankbaarheid vir die oorwinning wat hy behaal het. Abraham het 'n tiende van sy besittings gegee uit dankbaarheid en nie omdat hy verplig was nie. God sê dat die Hy 'n blymoedige gewer liefhet!

Guns is nie 'n waarborg dat alles altyd klopdisselboom sal gaan nie; slegte dinge gebeur ongelukkig steeds met goeie mense Kan jy nou sien waarom Abraham glad nie verbaas was om Jesus weer te sien saam met die twee engele nie? Hy was reeds bekend met Jesus en het geweet dat Hy hom elke nou en dan besoek. Abraham was tot op hede net gewoond aan seëninge en het nog nie werklik guns gesmaak nie. Daarom, het hy toe hy Jesus en die engele weer sien, uitgeroep het: “My heer, as ek nou

Josef se broers het jaloers geraak omdat hy sy pa se guns gehad het en nie omdat hy geseënd was nie Die Bybel sê in Hebreërs 6 en 7 dat Jesus 'n priester is volgens die orde van Melgisedek. Melgisedek het geen ma of pa gehad nie; Abraham het nagmaal saam met hom gehou en hom 'n tiende van al sy besittings gegee. Melgisedek was die koning van Salem, wat die koning van Jerusalem is. Melgisedek was niemand anders as Jesus Christus gewees nie! Ons lees dit in Hebreërs 7:1 – Want hierdie Melgisédek was koning van Salem, priester van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en hom geseën het; aan wie Abraham ook 'n tiende deel van alles gegee het—hy was in die eerste plek, volgens uitleg, koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem, dit is koning van vrede; sonder vader,

jy kan maar net hul na hul stamboom gaan kyk om dit te bevestig. Maar net een het hul pa se guns op sy lewe gehad. Josef het niks gedoen om sy pa se gunsteling te wees nie; sy pa het hom uitgekies as sy gunsteling sonder enige verdiendstes of vereistes! Wanneer 'n Christen deur die Here geseën word, raak niemand jaloers nie. Maar laat 'n Christen net God se guns dra, dan raak die ander nie net jaloers nie, hulle raak sommer die joos in! Ken jy so iemand? Hy doen net mooi niks nie, maar hy het altyd die Here se guns op sy lewe? Josef se broers het jaloers geraak omdat hy sy pa se guns gehad het en nie omdat hy geseënd was nie. Josef is as slaaf deur sy broers verkoop, valslik beskuldig dat hy saam met Potifar se vrou geslaap het en hy het onskuldig in die tronk beland. Nie een van hierdie dinge het gemaak dat

genade in u oë gevind het, gaan dan tog nie by u kneg verby nie.” Abraham het besef dat daar 'n stap verder is as net seëninge, en dit is guns! Die Bybel sê dat God bedien Sy gunsgenote in hul slaap – hulle is nie dan besig om iets te doen om dit te probeer verdien nie. Jy het nie nodig om twee ure 'n dag Bybel te lees of om drie ure te bid om God se guns op jou lewe te hê nie! Jy het slegs geloof nodig! Ek is al twee en twintig jaar in die diens van die Here, en ek kan tot vandag toe nie aan een iets dink wat ek al gedoen het om God se guns op my lewe te verdien nie! Ek dra God se guns op my lewe! Ek sê dit sonder enige hoogmoed of arrogansie. Jy sien, Jakob het twaalf seuns gehad waarvoor hy innig lief was, maar net Josef het guns by hom gehad. Al twaalf die seuns was geseënd gewees,

18

Josef God se guns verloor het nie. Dit maak nie saak wat die mense aan Josef probeer doen het nie, hy het God se gunsteling gebly! Mense kan probeer wat hulle wil, as God se guns op jou rus kan niks wat hulle doen jou beïnvloed nie. Die Bybel sê dat toe Josef in die tronk beland, was die Here met hom gewees. Josef se identiteit was in God gewees en solank as wat hy dit gehad het, kon niemand teen hom wees nie. Josef was nie lank in die tronk nie, toe word hy as 'n leier aangestel as gevolg van God se genade. As jy God se genade op jou lewe het, word jy bevorder al sit jy onskuldig in die tronk! Deure gaan vir jou oop waaraan jy nie eens geklop het nie; dinge kom oor jou pad waarvoor jy nie gebid het nie! Die ding wat jy moet besef is dat dinge steeds verkeerd kan loop al het jy God se guns op jou lewe. Guns is nie 'n waarborg dat alles altyd klopdisselboom sal gaan nie; slegte dinge gebeur ongelukkig steeds met goeie mense. God se guns maak net dat jy die slegte dinge kan hanteer; dit maak dat die sleg in die lewe jou nie onderkry nie. Partykeer as dinge verkeerd gaan wil ons teen die Here veg in plaas daarvan om sáám met Hom te veg. Partykeer gebeur daar dinge in ons lewens en ons kan nie verstaan hoekom die Here dit toelaat nie. Dis goed om met God te worstel en met Hom eerlik te wees wat in jou hart aangaan. Solank jy net aan die einde van die dag sal besef dat Hy aan jou kant is. Abraham het in die hitte van die dag onder sy tent gesit toe Hy God sien aankom het. Hy het


Hom dadelik erken en opgespring om Hom tegemoet te kom. God het al die pad vanaf die hemel na die aarde toe gegaan om met Abraham te praat. Abraham moes slegs van sy tent af tot onder die boom hardloop om tot by Hom te kom. God wil nie die hele pad stap nie, ons moet ook van ons sitplek opstaan en Hom tegemoet loop. Op nege en negentig jarige ouderdom kon Abraham redelike verskonings opgedis het oor hoekom hy nie kan opstaan en tot by die Here te loop nie! Geen dokter sou vir 'n man van sy ouderdom aanbeveel het om in die hitte van die dag te hardloop nie! Jy het dalk tientalle verskonings hoekom jy nie die Here tegemoet kan kom nie. Is jy ook in die hitte van die dag op jou bas besig om vir die Here te wag? Jou fisiese son is dalk jou bitterheid of onvergewensgesindheid; dis dalk jou absolute onvermoë om weer hoop vir jou toekoms te hê nadat jy jou werk verloor het. Wat is die vurige omstandighede waarin jy staan? Die Here sal vir jou staan en wag tot jy besluit om jou sitvlak te lig en in geloof na Hom te hardloop. Hebreërs 11:6 sê dat sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek. God seën nie lui mense nie – jy moet jou geloof beoefen! Ons moet nooit vergeet wie die dienskneg in hierdie situasie is nie. Dis nie God se werk om agter jou aan te loop nie – dis jou werk om Hom op te soek en Hom tegemoet te kom. Abraham het die vrymoedigheid gehad om na God te hardloop omdat Hy hom geken het. Die probleem met ons Afrikaners is dat ons nie ons God ken nie. Abraham het dadelik gesorg dat die Here iets kry om te drink en iets om te eet. Hy het sy voete met water afgespoel en seker gemaak dat Hy als het wat Hy nodig het. Kom jy agter dat Abraham nie God dadelik met 'n versoek genader het nie? Dis 'n voorreg om God te bedien en vir Hom te gee wat Hy nodig het. Abraham het beslag gelê op God se tyd; God het sy guns aan Abraham bewys deur tyd saam met hom te spandeer en saam met hom te eet. Wil jy ook 'n geseënde van die Here wees? Wel die goeie nuus is dat jy dit klaar is omdat jy in Christus is! Die Bybel sê dat jy die appel van Sy oog is. Miskien ervaar jy dit nie omdat jy dit nog nie in die geloof aanvaar het nie. Jy is die geseënde van die Here en jy het God se guns op jou lewe. Jy het nie nodig om enige iets te doen om die guns van die Here op jou lewe te hê nie want Jesus het reeds al die werk aan die Kruis gedoen!

Ons moet nooit vergeet wie die dienskneg in hierdie situasie is nie

19


Deel drie: Geestelike krag

Pa d l a n g s Ku r s u s s e

Raak

ONTSLAE van vestings deur Ds Jimi le roux

Partykeer het ons 'n probleem in ons lewens waaroor ons regtig nie oorwinning kan kry nie.

20


O

ns as Christene gee nie altyd volkome beheer oor aan die Here nie. As mense is ons steeds sondig, en só sal dit bly totdat die Here kom om ons te kom verlos van hierdie wêreld. Maar, somtyds word ons gekonfronteer met 'n erger probleem in ons lewens waaroor ons regtig nie oorwinning kan kry nie. Dit is asof die vyand 'n houvas het. Ons noem dit vestings of beter bekend in Engels as strongholds. Ons lees meer van hierdie vestings in 2 Korintiërs 10:3 – Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus, en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.

van 'n bose gees nie, maar van die gees van die mens. Maar waar kom vestings vandaan? Efesiërs 4:22 beslaan 'n gedeelte van die antwoord: Maar julle het Christus nie so leer ken nie, as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus: dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid. Daarom, lê die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede. Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie; en gee aan die duiwel geen plek nie. 'n Vesting kom slegs van een oord – sonde. Deur te sondig gee ons die vyand plek in ons

Jy probeer soms om beheer daaroor uit te oefen, maar dis tevergeefs en jy gee maklik moed op 'n Vesting is 'n area in jou gees waaroor jy nie beheer het nie en dis moeilik om daardie deel van jou lewe te verander al wil jy hoe graag. Jy probeer soms om beheer daaroor uit te oefen, maar dis tevergeefs en jy gee maklik moed op. 'n Vesting is nie 'n demoniese besetting nie, maar eerder 'n binding: dit beteken nie daar woon 'n onrein gees in jou nie, maar jy ervaar dat jy gebind is in 'n area in jou lewe. 'n Vesting maak dat jy nie vry kan leef nie en ook nie 'n oorwinning kan behaal oor 'n spesifieke saak nie. Die volgende is voorbeelde van areas in ons lewens waarin ons moontlik kan sukkel om beheer uit te oefen: ! 'n Swak selfbeeld, minderwaardigheidskompleks ! Alle soorte vrees en fobies ! Alle soorte verslawings soos alkoholisme, dobbel, ooreet, werkoholisme en ook perfeksionisme ! Sielsbande oftewel 'n gees-eenheid wat op grond van 'n seksuele verhouding ontstaan het ! Gees van woede, neerslagtigheid, bitterheid, jaloesie, hebsug, wellus, ! ensovoorts ! 'n Leuenagtige gees ! 'n Gees van krankheid – geneigdheid en aangetrokkenheid tot siekte ! 'n Gees van godsdiens – verlorenheid maar te verblind om dit te sien As ons hier praat van 'n "gees" praat ons nie

lewens. Soms is dit nie net ons eie sonde nie, maar ook die sonde wat ander aan ons doen, of ook die sonde wat in ons onmiddellike voorgeslagte gedoen is, wat ons bind. Met ander woorde, dit wat verkeerd geloop het in ander se lewens kan 'n swak plek word in jou lewe, 'n plek waar jy telkens faal. Die volgende is voorbeelde: ! Verwerping wat beleef is, byvoorbeeld spot, diskriminering, “wil nie die kind hê nie”, afdanking, verlies van 'n verhouding, egskeiding, ensovoorts. ! Seksuele sonde kan lei tot 'n vesting: my eie sonde of ander se sonde aan my ! Skok, trauma, mishandeling, geweld en alkoholisme kan deure oopmaak in my gees waaroor ek later nie meer beheer het nie. ! Pyn en hartseer, maar ook ongehoorsaamheid en opstandigheid teenoor die Here gee aanleiding tot vestings. Hoe hanteer jy vestings? Hierdie probleem moet geestelik benader word. Ons moet besef ons is in 'n geestelike stryd en daarom moet ons geestelike wapens gebruik om hierdie vestings mee af te breek. Vestings gaan oor denkpatrone wat maak dat ons nie vry kan wees om die waarheid te ken nie. Daar is egter vier maniere hoe om 'n vesting te hanteer: Besef – Alle innerlike probleme moet aan die lig gebring word vir wat dit is. Die vyand wil sy werk in die duister hou, maar ons word geleer om in die lig te lewe volgens 1 Johannes 1:6 – As ons

21

sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie. Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde. Ons moet die Here vra: “Waar kom hierdie probleem vandaan?” Ons moet gaan kyk waar dit in ons familie voorkom, en naspeur hoekom ons optree soos ons optree. Hierdie stap is noodsaaklik vir oorwinning. Bely – omdat 'n vesting met sonde te doen het, moet dit as sulks by God erken en bely word. Sonde moet altyd bely word en ons moet alle sonde – veral ook die wat teen ons gepleeg is – aan die Here gaan bely. Ons moet dit wat verkeerd gedoen is, punt vir punt aan die Here noem, dit bely as sonde en die Here vra om daardie mense te vergewe. Ons moet self ook waarlik die mense wat ons te na gekom het vergewe. Hierdie stap is ook noodsaaklik om geestelik beheer te neem. Bevry – As ons ons sondes bely, kan ons ook die vyand se houvas in Jesus Naam verbreek. Beoefen – Die mag van die vyand is verbreek, maar ons is dikwels nog in aangeleerde gedragswyses en patrone. Ons is deur jare geoefen om op te tree deur byvoorbeeld te vrees of maklik ons beheer te verloor. As ons sulke negatiewe gedrag by onsself bemerk, moet ons dit aktief en doelbewus weerstaan en afleer. Ons moet in geloof optree asof ons gesond en vry is en God vertrou vir die genesing en bevryding. Hierdie vierde noodsaaklike stap mag tyd neem, omdat ons dikwels diep gesetelde optredes moet afleer. Maar voordat ons weer sien, het die gedrag vervaag, omdat ons die beherende mag daaragter (onbelyde sonde) verbreek het, en onsself geoefen het in 'n God-erende lewenswyse. Iemand wat in die Here groei, leer ook om oorwinning te behaal oor vestings in sy lewe. Op die bogenoemde wyse omsingel ons die vesting in ons lewe en maak dit tot niet met geestelike wapens. Mag die Here ook aan jou leer hoe om in jou lewe, en oor die sonde en die vyand te heers!

www.padlangs.co.za


esus Jons Bruidegom! deur Rhona Kieswetter

Dit is 'n wonderlike vooruitsig om te dink ons gaan Christus se bruid wees!

22

I

s dit nie só dat 'n aardse bruid baie van haar toekomstige man af weet, maar ons wat die Bruid van Christus is, weet maar min van ons hemelse Bruidegom, Jesus, af nie? Ons ken ons aardse man, saam wie ons net 'n kort tyd gaan spandeer, beter as ons hemelse Bruidegom met wie ons 'n ewigheid gaan spandeer. Ek ken my man baie goed; hy hoef net sy gesig op 'n sekere manier te trek dan weet ek al presies wat hy dink! Net in sy stemtoon kan ek agterkom wat in sy gemoed aangaan. Ons moet daarna streef om Jesus net so goed te leer ken soos wat ons ons eie man ken. Kom ons gaan leer 'n bietjie ons hemelse Bruidegom van nader ken . . . Die woordeboek definisie van “huwelik” is om 'n intieme verhouding met iemand te hê en onskeidbaar aan iemand verbind te wees. Ons verhouding met Jesus word in die Bybel uitgebeeld as 'n huwelik; in Hosea 2:18 sê God – En Ek sal My met jou verloof tot in ewigheid en My met jou verloof in geregtigheid en in reg en in goedertierenheid en in ontferming. En Ek sal My met jou verloof in trou; dan sal jy die HERE ken. God sal tot in ewigheid ons aan Hom verbind in geregtigheid, goedertierenheid en ontferming! Die Nuwe Testament sê dat dit die goedheid van God is wat ons tot bekering lei. God het beloof om tot in alle ewigheid goed vir ons te wees! Die Bybel sê dat God is goed en alles wat Hy doen is goed. God kan nie kwaad bedink nie, want dis nie wie Hy is nie. Die verbintenis tussen ons en God kan nooit verbreek word nie. Jesus verwys na Homself in die Nuwe Testament ook as die Bruidegom in Matteus 9:14 – Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar u dissipels vas nie? En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan treur so lank as die bruidegom by hulle is? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas. In die Joodse kultuur was dit nogal 'n interessante gebeurtenis wanneer 'n man wou trou. Die pa sou vir die seun 'n bruid kies soos wat hy goedgedink het. Die seun hoef nie met iemand teen sy wil getrou het nie, maar die pa het vir hom iemand gekies wat 'n goeie vrou vir hom sou maak. 'n Tussenganger, wat 'n vriend van die pa en die seun was, sou dan die hele bruilof behartig. Hy het na die meisie se familie toe gegaan en al die rëelings vir die huwelik getref. Terwyl die tussenganger die bruilof reël, moes die bruidegom alles reg kry vir ná die troue. Hy


moes solank huis opsit en dit regmaak vir sy toekomstige bruid. Sodra albei partye se reëlings afgehandel was, het die dag aangebreek wat hulle in die huwelik bevestig word. Die Bybel sê vir ons dat die natuurlike eerste kom en daarna die geestelike. Met ander woorde, God gee altyd vir ons 'n natuurlike voorbeeld sodat ons kan verstaan hoe die geestelike werk. Ons sal geen insig van die geestelik hê as God dit nie vir ons vergelyk met iets natuurliks nie. Jesus self het in die vorm van gelykenisse gepraat; dit was aardse stories met 'n hemelse betekenis sodat ons kon begryp wat Hy aan ons probeer verduidelik. Die hele Ou Testament is die natuurlike voorbeeld om ons te kom verduidelik wat in die Nuwe Testament plaasgevind het. Kom ons gaan kyk dieper na die bruilof in die Ou Testament sodat ons beter ons verhouding met God kan verstaan. In die eerste plek het die pa 'n bruid vir sy seun gekies wat by hom pas, 'n sielsmaat met wie hy een kan word. God die Vader het vir Sy seun, Jesus, 'n bruid gesoek met wie Hy kan trou; Kyk wat sê Efesiërs 1:4 – Soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde. 'n Vader wil tog vir sy seun iemand kies wat perfek by hom pas en wat sy gelyke is. Omdat Jesus heilig en sonder gebrek is, het die Vader ons uitverkies om heilig en sonder gebrek te wees! Wanneer ons in Christus is, dan is ons heilig en onberispelik en kan ons soos Hy wees en vir Hom 'n lewensmaat wees . . . 1 Korintiërs 1:9 sê – God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here. Wat is gemeenskap? Dit is om een te wees! God die Vader het ons geroep om een te word met Sy seun, Jesus Christus.

te kry. Baiekeer in die Ou Testament word daar verwys na die Engel van die Here. Hierdie “Engel” is nie 'n gewone hemelse wese nie, maar 'n heenwysing na Jesus self. In die geval van Genesis 24 is hierdie “engel” ook nie 'n gewone engel nie, maar Jesus.

Die Heilige Gees is as't ware soos 'n deposito wat neergesit is om ons as Christus se bruid toe te eien Jesus het die weg voorberei sodat toe die dienskneg opdaag, alles net in plek geval het. Jesus self moes ook aarde toe kom om vir ons die weg te kom oopmaak en alles vir ons voor te berei deur vir ons aan die kruis te sterf. In Hom kan ons deel wees van die Bruid van Christus! Die vriend van die Vader en Seun wat al die reëlings vir die bruilof moet tref, is niemand anders as die Heilige Gees nie. Die Heilige Gees word die “helper” genoem wat gekom het om ons gereed te maak vir die dag wanneer die Bruidegom kom. Die Heilige Gees is die Gees van Jesus wat gekom het om by ons te wees. Lees wat sê Efesiërs 1:14 – in Hom in wie ons ook 'n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil, sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Christus gehoop het, in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte, wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid. Ons word deel van die Bruid van Christus deur die evangelie te hoor en dit te glo. Ons is in Christus verseël met 'n troupand! Die dag as jy verloof raak, kry jy 'n pand wat dien as versekering

Wanneer ons in Christus is, dan is ons heilig en onberispelik en kan ons soos Hy wees en vir Hom 'n lewensmaat wees . . . In Genesis 24 vra Abraham vir sy dienskneg om vir sy seun, Isak, 'n vrou te vind. Hy het ook vir sy dienskneg gesê dat die Engel van die Here voor hom sal uitgaan om hom te help om die regte vrou

Die Heilige Gees is as't ware soos 'n deposito wat neergesit is om ons as Christus se bruid toe te eien. Ons is nou mede-erfgename in Jesus Christus – alles wat bestaan het die Vader vir Jesus gegee en ons het deel daaraan omdat ons saam met Hom alles erf. Die Heilige Gees in ons

dat jy en jou verloofde gaan trou; dat alles waarna jy uitsien gaan gebeur. Die Heilige Gees is die pand wat ons gekry het om te verseker dat die Bruidegom sal terugkeer wanneer ons gereed is.

23

berei ons voor vir die dag wanneer Jesus kom en Hy is die waarborg dat Jesus weer terugkom! Ons is reeds verbind oftewel verloof aan Jesus. Die Heilige Gees as huwelik-koördineerder oorlaai ons ook met geskenke – hierdie geskenke is die gawes van die Heilige Gees en ook die vrug van die gees. Die kenmerk van iemand wat baie volwasse in die Here is, is die vrug van die gees; hulle is vol liefde, vrede, sagmoedigheid, lankmoedigheid, self-beheersing en vriendelikheid. Hoe meer volwasse ons in die Here is, hoe meer word die vrug van die gees in ons lewens sigbaar. Ons het nodig om volwasse te word sodat ons heilig en onberispelik kan wees en 'n perfekte lewensmaat vir Christus kan wees. Ons moet toelaat dat die Heilige Gees hierdie vrug in ons lewens kweek. Ons het nodig om onsself te kruisig sodat die vrug kan groei. Die Gees het ook vir ons gawes gegee sodat ons mekaar kan opbou en mekaar kan stig en tot volwassenheid bring. Ons Bruidegom is besig om 'n huis vir ons reg te maak volgens Johannes 14:3 – In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. Ons almal is genooides om deel te wees van die bruid van Christus en deel te word aan die genade van God. Die Bybel sê in Openbaring dat die Gees en die bruid gaan uitroep – Kom! Dit is 'n wonderlike vooruitsig om te dink ons gaan Jesus se bruid wees! Kom ons laat toe dat die Heilige Gees ons voorberei sodat ons 'n waardige bruid vir ons Hemelse Bruidegom sal wees.


Jesus

deur Elza Meyer

die Weg, die Waarheid en die Lewe

Die tabernakel was slegs 'n prentjie van die ware tabernakel wat in die hemel was, maar dit was ook 'n heenwysing na die Messias wat sou kom esus is die weg, die waarheid en die lewe en J niemand kan na die Vader gaan behalwe deur Hom nie. Ek dink dat die Jode destyds 'n beter begrip van die ware betekenis van hierdie skrif gehad het. Hulle het geweet dat Hy heenwys na die drie ingange in die Ou Testamentiese tabernakel soos God Moses beveel het om te bou. Die tabernakel was geweldig belangrik in die Ou Testament. Dit was dié plek waar God sy teenwoordigheid gevestig het en hier kon die Insraeliete Hom ontmoet. Die tabernakel, was egter slegs 'n afbeeldsel van die ware, hemelse heiligdom. Toe Moses reg was om die tabernakel op te rig, het God hom beveel om dit presies te maak soos die voorbeeld wat hy op die berg gesien het. In Hebreërs 8:5 lees ons meer hiervan - Hulle wat 'n afbeeldsel en skaduwee van die hemelse dinge bedien, soos Moses 'n goddelike bevel ontvang het toe hy die tabernakel sou voltooi; want Hy het gesê: Kyk dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat jou op die berg getoon is. Maar nou het Hy 'n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van 'n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is. Die tabernakel was slegs 'n prentjie van die ware tabernakel wat in die hemel was, maar dit

was ook 'n heenwysing na die Messias wat sou kom. Jesus het 'n voortrefliker bediening gehad en was die middelaar van 'n verbond met beter beloftes.

die Israeliete offers gebring het om te betaal vir hul sonde. In die Nuwe Testament is die altaar nie meer 'n plek waar diere geoffer word nie, maar die Kruis, waar Jesus Homself as offer gegee het om

Die tabernakel, was egter slegs 'n afbeeldsel van die ware, hemelse heiligdom Die tabernakel het uit hoofsaaklik drie dele bestaan naamlik die voorhof, die heilige en die allerheiligste. Die hele volk kon in die voorhof ingaan, maar slegs die priesters mag in die heilige ingegaan het en slegs die hoë-priester kon een maal per jaar in die allerheiligste ingaan. Soos wat daar 'n fisiese tempel in die Ou Testament was, is daar 'n nuwe, geestelike tempel in die Nuwe Testament. Kom stap saam met my as 'n gelowig deur die Nuwe Testamentiese tempel . . . eers deur die hek by die voorhof wat die “weg” genoem word, dan deur hek na die heilige wat die “waarheid” genoem word en dan laastens deur die “lewe” wat na die allerheiligste lei. Die weg. . . “Die weg” was die ingang na die voorhof waar

24

finaal vir die hele mensdom se sondes te betaal. Ons lees daarvan in Efesiërs 1:7 – In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade, wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand, deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het. Jesus is die offer wat gebring is om te betaal vir die mens se sonde. Die Kruis is die brandofferaltaar van die Nuwe Testament waar Jesus vir al ons sondes geboet het! Is daar vandag 'n las op jou skouers? Is daar 'n sonde wat agter jou aansleep wat jou moeg en swak maak? Jy kan klaarmaak daarmee deur by die Kruis te gaan stilstaan en die Here te dank vir die versoeningswerk wat Hy reeds vir jou gedoen het. Jy kan vandag verlossing ontvang; jy hoef nie


meer die sonde saam met jou te dra nie en dit moet nie meer jou gedrag bepaal nie. Jy kan vandag daarmee klaarmaak! Lê daardie pyn wat jou verlam by die Kruis neer sodat die bloed van Jesus jou kan reinig. Die offer wat ons nou aan God bring, is 'n lof-offer en 'n dankbare hart! In die voorhof was daar ook 'n waskom. Niemand kon deurstap na die heilige sonder om by die waskom verby te gaan nie. Die waskom het bestaan uit twee ronde bakke; een waarin die priesters hul hande moes was en 'n ander om hul voete in te was. Tydens die offerprosedure het daar bloed op hul hande gekom en selfs op hul voete gespat. By die offeraltaar bely ons ons sonde, maar dan moet ons ook besef dat ons skoon gewas moet word van die ongeregtigheid wat met dié sonde gepaard gegaan het.

dat die Meester by jou kniel en ook jou voete was.

Die waarheid ... Voor jou is daar nog 'n deur – die deur na die heilige. Hierdie deur word die “waarheid” genoem. Neem die hand van jou Verlosser en stap saam met Hom deur daardie deur. Wanneer jy in die heilige inkom, is die tafel met die toonbrode aan die regterkant. In die Ou Testament het die Priesters weekliks hier bymekaar gekom om saam van die toonbrode te eet. In die Bybelse tyd was saam-eet die mees intieme vorm van kuier wat daar was. Slegs mense wat baie naby aan jou was, is vir ete genooi. In Johannes 6:35 kom Jesus en verklaar dat Hy die brood van die lewe is – En Jesus sê vir

Dis een ding om jou sonde te bely en dis 'n ander ding om dit agter jou te los! Partykeer sit jy nog met 'n besmette hart selfs nadat jy jou sondes bely het. Jou verhouding met God en ander mense moet weer herstel word en daarom moet jy by die waskom gaan stil staan sodat jy volkome skoon kan kom. Is dit dalk waarom Jesus in Johannes 13 Sy dissipels se voete gewas het? In Johannes 13:6 lees ons – Hy kom toe by Simon Petrus en dié sê vir Hom: Here, gaan U my voete was? Jesus antwoord en sê vir hom: Wat Ek doen, begryp jy nou nie, maar jy sal dit hierna verstaan. Laat toe dat Jesus, die koning van die heelal jou vandag skoon was. Dis een ding om jou sonde te bely en dis 'n ander ding om dit agter jou te los! Jy kan nie net in die voorhof bly nie, maar moet deurstap na die heilige . . . maar jy kan nie in die heilige ingaan terwyl jy nog ongeregtigheid saam met jou sleep nie! As jy jou sonde bely het, gaan staan stil by die waskom sodat jy skoongewas kan word van die smet en die vuilheid van sonde wat nog aan jou klou. As jy hierdie beginsel snap, dan verstaan jy ook 1 Johannes 1:9 wat sê – As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. Was jou hande in die bloed van Jesus in die waskom van die lewe; was jou voete, want die pad wat jy vorentoe loop is 'n heilige pad! Laat toe

hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, dit is nie Moses wat die brood uit die hemel aan julle gegee het nie, maar my Vader gee julle die ware brood uit die hemel. Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee. Toe sê hulle vir Hom: Here, gee ons altyd hierdie brood. En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie. Dit is hoekom Jesus die laaste aand wat Hy saam met Sy dissipels was, saam met hulle geëet het. Jesus het die brood gebreek en aan hulle gesê dat dit Sy liggaam is, en as hulle daarvan sal eet, sal hulle nooit weer honger ly nie. Daardie honger kolletjie in jou siel, die gevoel van verlatenheid wat jy partykeer kry, die angs wat partymaal oor jou vou in die laat ure van die nag, daardie gevoel dat jy nie meer kan nie – is 'n geestelike honger na God. Daarom sê Jesus vir jou: “Eet van my liggaam, want Ek is die Brood van die Lewe.” Laat toe dat Jesus inkom daar waar jy honger is, want net Hy kan jou honger stil, net Hy kan jou gee waarna jy smag! Aan die linkerkant van die heilige is daar 'n lampstaander met sewe lampies. Ons lees herhaaldelik van die lampstaander in die Bybel. Dit was heeltemal donker in die heilige en die lamp

was die enigste lig. In Openbaring 21:31 word die Lam van God as die lamp voorgehou – En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp. Toe God Sy lig aarde toe stuur, het Hy daardie lig gestuur in die vorm van die Lam wat geslag is op Golgota en só het die lig van God in jou lewe kom skyn. Staan stil by die lampstaander en vra dat God Sy lig oor elke faset van jou lewe sal skyn. Jy is nou 'n draer van hierdie lig en daar is nie meer plek vir enige donker in jou nie. Wanneer dit wel donker raak rondom jou, moet jy weet dat God se lig in en deur jou skyn! Wanneer jy aanstap tot reg voor die allerheiligste, kry jy laastens die wierookaltaar. Dit is die hart van jou wandel met die Here. Die wierookaltaar simboliseer die gebede van die gelowiges soos wat ons lees in Openbaring 8:3 – En 'n ander engel het gekom en met 'n goue wierookbak by die altaar gaan staan, en baie reukwerk is aan hom gegee, om dit met die gebede van al die heiliges op die goue altaar voor die troon te lê; en die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God. Bid wat op jou hart is en laat jou versugtinge opstyg na die hemelse wierookbak. God hoor jou gebede en Hy sal jou antwoord!

Die lewe ... Laastens stap jy deur die ingang genaamd, “die lewe” tot in die allerheiligste. Dit is híér waar jy die lewe sal leer ken! In die allerheiligste is daar 'n ark wat God se teenwoordigheid simboliseer. Vra God om jou dieper in Sy liefde te lei deur Sy hart aan jou te ontbloot. Die weg is vir jou oopgemaak, die voorhangsel is geskeur, Jesus het Homself vir jou opgeoffer sodat jy met vrymoedigheid in die allerheiligste kan instap en gemeenskap met God kan hê! Daar is nou niks meer wat jou kan skei van die teenwoordigheid van God nie; die prys is betaal, die weg is gebaan en die uitnodiging staan vas: Kom binne!

ID SU

Indien jy info wil kry oor die volgende Turn2God massakonferensie sms “Turn2God, Jou Naam, Jou selfoonnommer en epos-adres na 33110. Besoek ook ons webwerf: www.turn2god.co.za

25

-AFRIK

A


In hierdie uitgawe skryf Timothy Kieswetter . . . Die Man en sy Grot Toe ek en my vrou nog uitgegaan het, het ons eendag besluit om elkeen 'n lysie van ons behoeftes te maak en vir mekaar te wys. My vrou was stomgeslaan toe sy my lysie lees en sien dat punte nommer 1, 3 en 5 almal dieselfde was: 'spasie'. Ek het vir haar so toe probeer verduidelik . . . Hoe stiller die man, hoe louder die vrou Ons almal ken dit. Die vrou begin kla oor dat sy nie voel haar man vir haar luister nie, terwyl hy na die televisie-afstandbeheer gryp om die klank van sy gunsteling sportgeselsprogram op te jaah. Of net nadat die paartjie 'n onderonsie gehad het, trek die man in sy emosionele 'grot' terug, terwyl die vrou al die feite van die onderonsie weer van vooraf begin noem. Elke man weet dat alles reg is solank hy sy vrou iewers in die agtergrond kan hoor praat, maar sodra sy stilstuipe kry, moet hy weet dinge is verkeerd! Dieselfde met die vrouens. As die man haar soos 'n ongeskikte buffel ignoreer is alles nog okei, want “hy is maar net 'n man”. Sy sal haarself grusstel. Maar die oomblik as 'n man te veel emosie wys, begin sy sy straightness betwyfel. Die 'grot' of die 'hondehok'? Ek sal eerder vrywillig na my 'grot' toe gaan as om 'hondehok' toe gejaag te word. Kom ons wees eerlik met mekaar: die keer toe jy wel jou gevoelens gedeel het, jou hart op jou mou gedra het, jouself kwesbaar gemaak het, het dit ongelooflik verkeerd afgeloop. Wat jy wou sê, het nie reg uitgekom nie en jou

vrou het net kwater vir jou geword. Jy het jouself toe belowe dat jy nooit weer so buite beheer wil voel nie. "Ek is die man van die huis, vervlaks!" Die Man, die Jagter en sy 'grot'. Die man is die jagter. Hy sal uit gaan en ten spyte van groot gevaar breëbors staan en uitroep "Bring dít!" Maar wanneer die groot gevaar sy vrou is, word die man wapenloos gelaat. 'n Man wat vir vir sy vrou lief is, het 'n sagte plek in sy hart vir haar. Sy kan hom met haar kyk ontwapen. Die jagterinstink om te baklei, verdwyn en hy word ontsaglik kwesbaar in haar teenwoordigheid. Dus in plaas daarvan om terug te veg, sal hy grot toe trek waar hy nie die groot gevaar hoef te trotseer nie. Natuurlik is die 'grot'-mentaliteit een wat teen homself werk. Hoe meer 'n man emosioneel gaan onttrek, hoe meer gaan hy emosioneel verwerp voel. Dit is dalk die paradoks van liefde. Jy moet jouself buite hierdie situasie plaas om regtig 'n gesonde en vervulde huwelik te hê. En nou? Het my vrou my verduideliking verstaan? Sy het ja! Sy het besef dat ek nie spasie nodig het omdat ek van haar af wil wegkom nie, maar omdat ek vir die diep liefde en gevoelens skrik wat ek vir haar begin voel het, en vrees dat iets dit kan wegneem. Ek het egter ook geleer, dat ek haar met my gevoelens kan vertrou en nou hoef ek my nie meer in my grot terug te trek nie!

26

Ander artikels in hierdie uitgawe: o · As die televisie jou kinders vrae laat vra · Engel én tierkat! · Só oorleef jou huwelik: 'n Baba, huis bou en studies

Teken só in: SMS 'intiem' na 32909

en ons skakel jou! *R1/SMS

Bel (011) 473 8700

Besoek ons

Webblad www.intiem.co.za


Nuwe 4-in-1 DVD Reekse deur Gary Kieswetter

Lig in jou duisternis Baie mense wonder of daar lig aan die einde van die tonnel is. Die goeie nuus is dat daar lig in die tonnel is. Namate ons in die lig van die Woord wandel, sal ons pad vorentoe verlig word.

Titels:

Lig in jou duisternis

Jy kan dit doen

Lig jou kop op

God wag jou in

slegs Ook beskikbaar:

Beskikbaar by ons aanlyn boekwinkel: www.grootisutrou.co.za of kontak ons by: 086 111 2329 路 epos:admin@grootisutrou.co.za 27

R200 per reeks


O u e r & K i n d Fo k u s

G e n i e t e l k e o o m b l i k ! deur Fanie Bolleurs

O

ns moet die beste van elke saak maak, en elke geleentheid wat oor ons pad kom ten volle gebruik. Ons het almal 'n asem gekry toe ons in ons moeder se skoot geweef was en daar gaan 'n dag kom wat ons daardie asem moet terug gee. Voordat daardie dag kom, moet jy elke geleentheid ten volle benut. Kolossense 2:9 – Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom, gewortel en opgebou in Hom en bevestig in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle daarin oorvloedig is in danksegging. Pas op dat niemand julle as 'n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie. Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag; Ons het die volheid van Christus in ons en daarom kan ons elke oomblik van elke dag geniet. Die skuldbrief wat teen ons was, is uitgewis toe Jesus dit aan die kruis vasgenael het. Jy kan net gebruik maak van elke geleentheid as hierdie skrif in jou hart leef; dis die volheid van God wat ons heel maak. Jy kan die grootste drinker wees of die mooiste lyf hê of die wêreld se rykdom besit, maar

Ons is partykeer geneig om die lewe om te wens, en as ons weer sien, is ons lewe verby! 28


as jy nie in Christus is nie en Hy is nie in jou nie, sal jy nie die volheid van die lewe kan beleef nie... Let op dat Paulus nie sê dat jy die volheid van die Godheid sal hê as jy eers dit en dat doen nie. Jy het reeds die volheid van die Godheid in jou! God is die hoof van alle owerheid en mag; watter owerheid of mag is daar in jou lewe wat jou terughou om die volheid van die Godheid te ervaar? Filippense 4:5 – Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby. Wat vat dit van jou om vriendelik te wees met almal om jou? Jou vriendelikheid teenoor ander mense stuur die boodskap uit dat die Here naby is. Benut elke oomblik om vriendelik teenoor iemand anders te wees; mag jy iets van God se heerlikheid daardeur uitstraal! Daar is sekerlik genoeg redes in hierdie lewe om ongeskik en kwaad te wees, maar vir ons as kinders van die Here is Kolossense 2 oorgenoeg rede om bly te wees! Paulus gaan dan verder deur te sê – Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit. En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.

liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie! Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!

Ek wil nie hê dat jy op jou sterfbed moet lê en dink aan al die geleenthede wat jy misgeloop het nie Hierdie skrif handel nie noodwendig oor geld nie maar wel waar jou hart is. Is jou hart op 'n plek waar jy kan sê die volheid van die Godheid is in jou? Is die skuldbrief wat teen jou was, uitgedelg? Woorde vorm 'n prentjie in jou gedagtes en jou gedagtes vorm jou emosies, en jou emosies loop uit in 'n gedrag. Matteus sê hier dat ons oog die lamp van die liggaam is en wanneer ons oog reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. Die dinge waarna jy kyk vorm ook 'n prentjie in jou kop en gee ook 'n duidelike aanduiding van waar jou hart is. As jou hart op die regte plek is, dan sal jou skat ook op die regte plek wees. As jy nie seker is waar jou skat is nie, gaan kyk 'n bietjie waaraan spandeer jy die meeste van jou tyd en geld. Dis nie moontlik vir jou hart om op een plek te wees, maar jou skat op 'n ander plek nie. Lees verder saam met my Efesiërs 5:14 – Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn. Pas dan

God maak Homself sigbaar in die natuur en stel só Sy wonderbaarlike skeppingsvermoë ten toon As jy die vrede van God wil hê, moet jy hierdie bogenoemde dinge bedink. Soek 'n geleentheid in die natuur waar jy die goedheid, almag, heerlikheid en krag van God kan sien. Jy kan God in 'n reënboog, 'n vlinder of waterval sien. God maak Homself sigbaar in die natuur en stel só Sy wonderbaarlike skeppingsvermoë ten toon. Kyk wat sê Matteus 6:21 – Maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees. Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele

gegee is te gebruik nie. As jy weer sien is jou lewe verby! As jy die volheid van God in jou hart het, wil ek jou uitdaag om nie die dae om te wens nie, maar elke dag as 'n gawe van God te aanskou. Verstaan jy wat die wil van die Here is? Die wil van die Here is dat jy die tyd sal uitkoop; dat jy die

op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is. Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is. Ons moet die tyd uitkoop omdat die dae boos is – jy kan nie net deur die lewe gaan en die tyd om wens nie. Om die tyd uit te koop beteken ook om elke oomblik ten volle te benut. Ons is so gewoond om partykeer die tyd om te wens. Eers wens jy dat jy kan klaarmaak met skool, dan wens jy dat jy net kan klaar kan swot. Dan wens jy dat jy net getroud kan kom. . . moenie wag tot 'n volgende periode in jou lewe voor jy begin om die tyd wat aan jou

29

beste sal maak van die tyd wat jy hier op aarde het. Moenie wag dat jy met die dood gekonfronteer word voordat hierdie boodskap vir jou 'n realiteit word nie. Ek wil nie hê dat jy op jou sterfbed moet lê en dink aan al die geleenthede wat jy misgeloop het nie. Maak elke oomblik tel! Hierdie dag gaan môre vir ewig verby wees en al die kanse wat jy toe gehad het, sal nie meer daar wees nie. Niemand van ons weet hoeveel tyd ons nog oor het nie, daarom moet ons nie onverstandig wees nie, maar moet ons verstaan wat die wil van die Here is. Verstaan jy wat die wil van die Here is? Kyk wat sê Paulus verder hieroor in Efesiërs 5:18 – Moenie dronk word van wyn nie — daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul. Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here, terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus, en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God. Mag daar 'n Psalm in jou hart wees vandag! Wat is die lied wat vanaand in jou hart is? Hou aan om daardie lied te sing. . . sing in jou hart 'n lied wat uit dankbaarheid gebore is. God het vir jou 'n lied in jou hart gegee . . . en jy moet dit sing! As ek hierdie skrif reg verstaan, het God 'n lied in elkeen van ons se harte geplaas. As jy nie weet wat daardie lied is nie, vra vir die Here om jou daarvan bewus te maak. Die bekommernisse van hierdie wêreld kan ons partykeer die woorde laat vergeet! In daardie geval probeer darem nog om die wysie te neurie! Ontwaak uit jou slaap en Christus sal oor jou skyn! Jy voel dalk geestelik dood vir 'n geruime tyd en jou verhouding met die Here het afgewater geraak. Vra die Here om weer daardie lied in jou wakker te maak sodat jy weer die lewe ten volle kan geniet!


Goggas in die donker

Soek God terwyl Hy te vinde is deur Riaan Lombard

Ons mag dalk môre nie meer die geleentheid hê om Hom te soek en Sy Naam aan te roep nie.

A

s jy terugkyk oor jou lewe, dan is daar altyd dinge wat jy besef verkeerd was en waaroor jy later spyt is. Party van ons wil eintlik nie terugdink aan die dinge wat ons gedoen het toe ons jonger was nie! Party van ons wil nie eers dink wat ons verlede week gedoen het nie! Die feit van die saak is, ons as mens is sondig en daarom het ons nodig om tot bekering te kom. Daar is baie mense wat wetens verkeerde dinge doen, hul gewete kla hulle al jare oor dieselfde ding aan, maar hulle kom net nie sover om dit stop te sit nie. Markus 1:14 – En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galiléa gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie.

Die woord “bekering” beteken om jou lewe om te keer; om om te draai en in 'n ander rigting te begin stap. In essensie beteken bekering dat dit tyd is om om te draai. Om God te soek, is om op 'n plek in jou lewe te kom waar jy besef dat jy nie kan

kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie; maar julle ongeregtighede het 'n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.

As God nie jou gebede kan hoor nie, dan leef jy in 'n wêreld sonder God aangaan soos wat jy aangaan nie, en 'n radikale omkeer maak. Die kern van die evangelie gaan oor verandering; God het vanaf die sondeval die boodskap gebring dat die mens moet verander. Sonde bring 'n skeidsmuur tussen ons en God; dit maak dat Hy nie ons gebede kan hoor nie. Jesaja 59:2 – Kyk, die hand van die HERE is nie te

30

Kom jy agter dat dit nie iets is wat God doen nie? Dis iets wat ons doen! As God nie jou gebede kan hoor nie, dan leef jy in 'n wêreld sonder God. Daar is mense wat van opinie is dat mens sonder God kan lewe, maar jy moet net nie sonder Hom doodgaan nie. Dis nie die waarheid nie . . . ons het God elke dag van ons lewe nodig; ons is elke


karaktereienskappe van mense wat nog nie tot bekering gekom het nie. Ons het nodig om tot bekering te kom sodat al hierdie dinge vervang kan word met die vrug van die gees wat die volgende is, Galasiërs 5:20 – Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Die feit van die saak is dat Christenskap en sonde nie meng nie. Dis amper soos olie en water – die twee meng net nie met mekaar nie, maak nie saak hoe hard jy die bottel skud nie! Ons kan nie moedswillig in sonde leef en dan van God verwag om op te daag die dag as die tekkie die teer tref nie. Dis ons wat vêr van God af leef, dis nie God wat vêr van ons af leef nie. Daar is baie Christene wie se lewens nie reg is met God nie – hulle dink hulle is Christene omdat hulle kategese bygewoon het en geld in die kollekte bordjie gegooi het, maar hulle het nie 'n lewende verhouding met Jesus Christus nie. Miskien het hulle al baie van Hom gehoor, maar het Hom nog nooit persoonlik ontmoet nie. Jesaja 55:6 sê – Soek die HERE terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is. Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.

God die Here van jou lewe te maak nie. As jy jou kanse verbeur om God te vind, is die gevolge onherroeplik. Daar is net twee opsies in hierdie lewe naamlik die lewe óf die dood. Daar is net een deur na die ewige lewe, en daardie deur is Jesus Christus self. Sonder God is daar nie lewe nie. Nie één van ons kan begryp hoe 'n ewigheid sonder God moet wees nie. Moenie wag tot dat dit te laat is om God te vind nie! God maak dit nie moeilik vir jou om Hom te vind nie. As die Here sien dat jy na Hom soek, sal Hy tot jou nader. God wil jou verlos van die dinge wat jou vashou en jou verstrengel. Wanneer jy by God uitkom sal Hy jou verlos van jou sondige natuur, Hy sal vir jou 'n nuwe lewe gee. Hy sal jou hart van klip uithaal en vir jou 'n hart van vlees gee. Hy sal jou salf met Sy Heilige Gees en Sy gebooie op jou hart skryf. Hy sal jou verlos van jou vrees, angs en bitterheid! Moenie die geleentheid om God te vind uitstel nie. Die vyand gee nie om as jy uitstel om jou kar te laat diens of die gras te sny nie. Maar hy wil hê dat jy moet uitstel om jou lewe met God reg te maak! Die vyand sal alles in sy mag doen om te verhoed dat iemand by die Here uitkom. Job 8:5 sê die volgende – As jy na God soek en die Almagtige om genade smeek, as jy rein en opreg is, ja, dan sal Hy oor jou opwaak en jou

As jy jou kanse verbeur om God te vind, is die gevolge onherroeplik

dag van Hom afhanklik. Jy het nie net God nodig die dag as jy op sterwe is sodat jy nie hel toe gaan nie; jy het God elke liewe dag nodig want Hy is die bron van die lewe. God gee wysheid, kennis, insig en genade – dinge waarsonder ons nie kan leef nie! Hoe meer sonde daar in jou lewe is, hoe verder is jy van God verwyder. Nou Galasiërs 5:19 sê die volgende – En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie. Al hierdie werke van die vlees is

Hierdie skrif gedeelte maak een ding vir ons baie duidelik – daar gaan 'n tyd kom wat God nie meer te vinde sal wees nie. Daar gaan 'n tyd kom wat mense na Hom sal roep, maar Hy sal te ver wees om te hoor. Nie een van ons ken die toekoms nie; nie een van ons weet wat in die volgende vyf jaar van ons lewens gaan gebeur nie. Niemand van ons het sekerheid oor wat môre gaan inhou nie. Jy weet nie watse besluite jy gaan maak nie; jy weet nie hoe iemand anders se besluite jou gaan beïnvloed nie; jy weet nie wat gaan met jou werk gebeur of wat in jou kinders se lewens gaan gebeur nie. Omdat ons nie weet wat môre gaan gebeur nie, weet ons ook nie of ons môre nog hier gaan wees nie. Ons mag dalk môre nie meer die geleentheid hê om Hom te soek en Sy Naam aan te roep nie. Dis nooit lekker om te erken as jy 'n goeie kans deur jou vingers laat glip het nie. Jy kan dalk nog weer herstel van ander geleenthede wat jy misgeloop het; die kar wat jy teen 'n goeie winskoop kon kry, die meisie wat in jou belang gestel het, maar te skaam was om uit te vra. Maar, jy sal nie kan herstel as jy die geleentheid mis om

31

woning herstel ooreenkomstig jou geregtigheid; dan sal jou begin gering wees, maar jou einde baie groot. Baie van ons is nie waar ons veronderstel is om te wees volgens ons skeppingsdoel nie. Dit maak nie saak waar jy vandaan kom nie, dit maak saak waarheen jy op pad is. God het 'n voorspoedige toekoms vir jou in gedagte! Hy is die enigste een wat jou kan herstel en jou kan bring na die plek wat Hy vir jou gereedgemaak het. Partykeer weet ons dat ons op die verkeerde plek is, maar ons weet nie waar ons eintlik moet wees nie en ook nie hoe om daar uit te kom nie. Net God weet waar jy eintlik moet wees, net Hy weet wat die pad is wat jy moet loop om daar uit te kom – Hy weet waar jou regmatige plek is. Party mense sit in 'n gat van depressie, en hul regmatige plek is 'n lewe van vreugde en oorvloed. Party mense is baie sieklik, maar hulle regmatige plek is gesondheid. Keer terug na God, kom by Hom uit en Hy sal jou na jou regmatige plek in Christus lei!


deur Timothy Kieswetter

LEWENSAFRIGTING KURSUS

Hoe om die beste uit hierdie kursus te haal: Sit 'n halfuur tot 'n uur daarvoor opsy Voordat jy begin, neem so 5 minute om jou gedagtes van die dag se gebeure te haal terwyl jy diep en stadig asemhaal Skryf kortliks neer wat jy dink Lees stadig deur die teorie en bedink dit totdat jy 100% vertroud is daarmee

Die kursus is so ontwerp dat elke week se les op die vorige een sal bou. Na 10 weke sal jy jouself beter ken en meer bewus wees van jou drome, ideale en jou doel op aarde

Wat jy van verledemaand moet onthou: Raak weer bewus van wie jy is, wat jy wil doen en wat jy graag in die lewe wil bereik. Word bewus van die dinge wat jou weer energiek laat voel en werk

dit in jou tydskedule in. Onthou die brief wat jy aan jouself geskryf het – maak seker dat jy elke dag iets doen wat daardie droom gaan laat realiseer.

In kort: Ken jou sterkpunte en pas op vir jou swak punte. Vandag se mikpunt is om jouself bietjie beter te leer ken. Ek wil hê dat jy vir jouself in die spieël sal kyk en hou van wat jy sien! Die realiteit is dat weinig van ons bewus is van ons sterk- en swakpunte. Ons gaan deur die lewe met vergrootglase . . . ons analiseer en kritiseer almal en alles rondom ons, maar ons het geen benul van wie ons werklik is nie. Wanneer ons wel bewus is van onsself, fokus ons so op ons negatiewe eienskappe en tekortkominge, dat ons in elk geval depressief raak!

As jy die moed het om met jouself eerlik te wees en om jouself te sien soos wat jy is, dan het jy by verre meer positiewe as negatiewe eienskappe! Hierdie kursus is daarop gemik sodat jy die goeie in jouself sal raaksien en dit sal ontwikkel. Maar, dat jy ook jou negatiewe patrone sal erken en dit in die regte lig sal aanskou. Staan gerus op en gaan kyk vir jouself in die spieël. Wie en wat sien jy? Kyk 'n bietjie dieper man!

Hoe om te begin: Om mee te begin sal dit help as jy vasstel watter tipe persoonlikheid jy het. Daar is verskeie goeie boeke op die mark wat in diepte dit verduidelik. Alhoewel ons almal iewers in 'n kategorie pas – kan ons mense nie in bokse plaas nie. Elkeen van ons is uniek en spesiaal! 'n Persoonlikheidstoets kan jou baie van jouself leer. Dit sal jou help verstaan hoe jy aanmekaar gesit is en watter goeie en negatiewe eienskappe natuurlik in jou na vore kom. Dit sal jou ook baie help om ander mense te verstaan en beter met hulle te kommunikeer. Hierdie kursus gaan nie daaroor om jou in 'n boks te plaas en vooraf

vir jou te sê wie en wat jy is nie. Jý gaan wel vir jouself sê wie en wat jy is . . . jy gaan met jouself begin praat! Wanneer jy van nou af vir jouself in die spieël kyk, moenie net verby kyk nie. Kyk 'n bietjie dieper! Kyk vir jouself, sien jouself en praat met jouself! Praat met jouself oor die laaste paar optrede, emosies en gedagtes wat jy die afgelope tyd gehad het. Sê byvoorbeeld vir jouself – dit wat jy nou gedoen het was nie reg nie óf mooi gedaan! Gebruik hierdie geleentheid om jouself aan te moedig deur jouself raak te sien.

Wat is die sleutel? Partykeer is dit moeilik om eerlik met jouself te wees en kan jy net nie die ware jy raaksien nie. As dit in jou geval ook so is, wil ek jou aanmoedig om na drie mense wat jy baie goed ken te gaan en vir hulle te

vra om vir jou 'n lysie te maak van jou goeie en slegte punte. Verseker hulle dat jy nie vir hulle gaan kwaad wees nie, en dat jy hulp nodig het om te verstaan wie jy werklik is.

Praktiese wenk: Maak 'n lys met jou 5 beste eienskappe Besluit hoe jy elkeen van hierdie eienskappe in die volgende week gaan beoefen Maak 'n lys van jou 5 slegste eienskappe. Besluit hoe jy aan elkeen van hierdie eienskappe gaan werk in die volgende week

Onthou – jy is uniek – jou persoonlikheid en karakter maak jou spesiaal. As Christen moet ons elkeen ook die vrug van die gees openbaar. Gee jouself 'n punt uit tien vir elk van die volgende: · liefde · blydskap · vrede

32

· lankmoedigheid · vriendelikheid · goedheid · getrouheid · sagmoedigheid · selfbeheersing Bedink dit, beoefen dit, bid daaroor!


Gebed & Geloof deur Timothy Kieswetter

Liggaamsbou met gebed Dit was vir my 'n groot skok toe ek besef dat ek niks sonder God kan doen nie. As 'n liggaamsbouer gedurig sy spiere in die spieël staan en bewonder, maar nie daaraan oefen nie, gaan hy definitief nie baie lank iets hê om na te kyk nie! Ek het binne vier maande al die spiere verloor wat ek in 'n jaar-en-'n-half van harde oefening opgebou het, net omdat ek meer voor die spieël gestaan het as wat ek in die gimnasium besig was om te sweet. 'n Mens sou dink dat ek my les geleer het, maar nee! Ek het in my gebedslewe dieselfde fout gemaak. Ek het meer vir ander gewys ek kan

bid as wat ek self alleen gebid het. Wanneer jy meer voor ander mense wil bid as alleen, dan stel ek voor dat jy diep in jouself kyk en die vraag vra: Staan ek voor die spieël van hoogmoedigheid, of is ek op my knieë voor God met 'n gesindheid van nederigheid? Wanneer jy ernstig is oor gebed kom jy gou agter dat jy nie kan bid nie. Dit is God wat deur jou bid, wat kan bid, nie jy nie. Dit is iets wat ons sal moet verstaan as ons wil hê God moet ons in Sy koninkryk gebruik. God kan nie iemand gebruik wat trots is nie.

1) Spog jy met jou geestelikheid? 2) Praat jy meer van God as met Hom? 3) Is hoogmoed 'n probleem?

Sonde & Versoeking deur Timothy Kieswetter

Sonde word gestraf Openbaring 3:19 – Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou. Ons almal het al hierdie vraag gevra: “As God 'n God van liefde is, hoekom laat Hy slegte dinge toe?” Mense sal nooit God ten volle kan verstaan nie. Kom ons kyk na iets wat ons wel verstaan – dit sal ons help om God te verstaan. Dit is'n goeie manier om te probeer sin maak van iets in die Bybel wat 'n regte kopkrapper is. Jesus het ook hierdie manier gebruik deur vir die mense gelykenisse te vertel; 'n

gelykenis is 'n aardse storie met 'n hemelse betekenis. As ek terugdink aan my kinderdae was daar sekere goed wat my pa my verbied het om te doen. Ek het natuurlik nie geluister nie en dan tot my spyt agtergekom hoekom my pa dit verbied het – hy wou my pyn en lyding spaar. My pa het my dan ook nog 'n pakslae gegee omdat ek ongehoorsaam was. Ek was dus dubbeld vir my ongehoorsaamheid gestraf! Ouers lê reëls neer om hul kinders pyn en lyding te spaar. Wanneer ons

dan ongehoorsaam is, moet hulle ons straf omdat hulle vir ons lief is. Liefde en dissipline gaan hand aan hand. As ons ongehoorsaam is aan ons aardse ouers of hemelse Vader, word ons getugtig. Kom ons kyk weer na Openbaring 3:19 – Dit sê dat God almal wie Hy liefhet, tugtig. Let op die volgende sin in die vers: Wees dan ywerig en bekeer jou. Dit is die dissipline waarvan ons gepraat het. God wil nie sy kinders tugtig nie, maar Hy moet omdat Hy 'n goeie vader is wat vir ons lief is.

1) Hou jy by God se reëls? 2) Is daar enige slegte tye waardeur jy gegaan het, wat 'n resultaat was van jou swak besluite of keuses? 3) Besef jy dat God te lief is vir jou om jou te los soos jy is?

33

Kos vir die siel

1 Petrus 5:5b – Want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. Op 'n stadium, kort na die verskyning van my eerste boek oor gebed, het ek gedink ek kan bid. Ek het na menige gebedsgroepe gegaan en elke keer as ek begin bid het, het ek bewus geword van die Here se teenwoordigheid. Ek het gedink ek kan bid en kort voor lank het ek dit nie net vir myself nie, maar ook vir ander mense begin sê. Toe my gedagtes woorde geword het, het ek besef dat ek glad nie kan bid nie! Terselfdertyd het ek agtergekom dat ek ook nie kan preek nie!


D

aar het 'n tyd in my lewe gekom wat ek die waarde van dankbaarheid begin besef het, en ook hoe dit by ware lofprysing en aanbidding aansluit. Trouens, ek weet nou dat egte lofprysing en aanbidding vanuit 'n hart vol dankbaarheid vloei. Dankbaarheid is eintlik die sleutel tot 'n vervulde geestelike lewe. Dit is die basiese beginsel waarop jou geestelike lewe berus. Luister maar wat skryf Paulus in Kolossense 2:7 – Soos 'n huis wat op 'n sterk fondament gebou word, moet julle julle lewe op Jesus bou. Staan onwrikbaar vas in dit wat julle glo, soos julle geleer is. Doen dit terwyl julle gedurig vir God dankie sê en Hom eer. Dankbaarheid ontsluit genade. Die Bybel sê dat God maak ons nou deel van sy koninkryk, 'n koninkryk wat vir altyd daar sal wees. Daaroor moet ons oorloop van dankbaarheid. Ons moet God dus dien met eerbied en al die respek wat Hy verdien en besef hoe klein ons regtig in vergelyking met Hom is (Heb. 12:28). Dis 'n groot deurbraak in jou lewe wanneer jy besef dat wie jy is en wat jy het net genade is. Ons kan so maklik dink dat wat ons het 'n beloning vir ons goeie werke is. Weet dat elke iets wat jy bereik of gedoen het, slegs moontlik was omdat God jou in staat gestel het. Dit is alles uit genade!

Kan jy God ook in moeilike tye dank?

Dankbaarheid bring die guns van die Here oor jou Dankbaarheid bring die guns van die Here oor jou. In Psalm 50:2 maak God 'n wonderlike belofte aan Sy kinders – As 'n mens se offer uit dankbaarheid bestaan, eer hy My en as 'n mens lewe soos Ek dit wil hê, sal Ek hom laat ondervind hoe Ek kan red. God hou daarvan om te gee aan hulle wat dankbaar is. Jesus het op 'n stadium tien melaatses gesond gemaak waarvan net een teruggekom het om dankie te sê. Toe merk Jesus op: “Was daar dan nie tien wat gesond gemaak is nie? Waar is die ander nege? Is daar niemand anders wat omgedraai het om God te loof behalwe hierdie vreemdeling nie?” Aan hierdie man het Hy gesê: “gaan, jou geloof het jou gered.” Jesus het die seën van Sy volle verlossing slegs gegee aan die een wat dankbaar was. Ons lees in die Bybel hoe Hiskia op 'n stadium ernstig siek geword het. Hy het tot die Here gebid, en die Here het 'n wonder laat gebeur. Hiskia het

Die

Krag van

dankbaarheid deur Dr. Leon Oosthuizen

34


egter nie dankbaarheid betoon vir hierdie weldaad nie, maar het ingenome met homself geword en daarom het die toorn van die Here oor hom, Juda en Jerusalem laat ontvlam (2 Kron. 32.25). Dis gevaarlik om God net te gebruik wanneer jy Hom nodig het. Baie mense roep na God wanneer hulle in ernstige moeilikheid is, maar hulle vergeet gou van Hom wanneer dit met hulle goed gaan. Wanneer jy werklik dankbaar is en besef dat alles wat jy het van God afkomstig is, dan is jy geneig om ook makliker te gee. As jy leef vanuit God se genade, is jy ook meer geneig om genadig teenoor ander te wees; om ander te vergewe en daadwerklik te help waar daar behoefte is. Dit wat jy dan gee, is ware dankoffers. Jy gee jou tiendes en dankoffers uit dankbaarheid en nie omdat jy verplig voel nie. Jy help armes, voorsien in hulle behoeftes en betuig só jou dankbaarheid teenoor God. Kyk wat skryf Paulus oor dié gesindheid in 2 Korintiërs 9:5 – Hulle moet die dankoffer wat julle vroeër beloof het, vooraf in orde bring. Dan sal dit daar gereed wees as 'n werklike offer van dankbaarheid, en nie as iets wat afgepers is nie. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word, want die bediening van hierdie hulpbetoon voorsien nie alleen in die behoeftes van die gelowiges in Judea nie, maar bring ook oorvloedige dankbaarheid teenoor God mee. Die Bybel sê in Kolossense 3:16 dat ons met dankbaarheid in ons harte psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God moet sing. Ware aanbidding is nie maar net iets uiterliks en formeel nie, dit moet vanuit 'n innerlike gesindheid van dankbaarheid vloei. Hoe groter jou dankbaarheid, hoe dieper en meer intens jou aanbidding. Aanbidding is 'n natuurlik uitvloeisel van jou innerlike menswees en gesindheid. Dankbaarheid plaas alles wat ons het in die regte perspektief. Dankbare mense kan dus heelhartig aanbid. Dank en erkentlikheid open ons harte vir God se vrede en liefde. Ontevrede mense is die heeltyd besig om te top oor wat alles in hulle lewens verkeerd is! Om jou dankbaarheid te verdiep, beteken dat jy register moet neem van alles wat jy het – jou herinnerings, vermoëns, familie, vriende en besittings. Gebruik hierdie bate-register om God te dank. Op 'n Sondag, voor die aanbiddingsdiens, hou op om rond te hardloop en neem tyd om te reflekteer oor alles waarvoor jy dankbaar kan wees. Vier God se goedheid aan jou!

Dankbaarheid gee jou 'n positiewe lewensaanskouing. Paulus skryf dat ons altyd dankbaar teenoor God moet wees, wat ook al met ons gebeur. Ons dankbaarheid moet nie afhanklik wees van ons omstandighede nie. Ons moet altyd tevrede wees, want dan stap ons op die pad wat God vir ons beplan het toe ons in Jesus begin glo het.

is nie, vir God dankie sê omdat Sy doelwit groter as jou probleem is. Dank Hom dat Hy vir jou die krag sal gee om jou probleem te kan oorkom en jou die wysheid sal gee om die situasie te hanteer. Daar ontwikkel in jou die wete dat God in jou lewe teenwoordig is op maniere wat jy selfs baiekeer nie begryp nie, maar wat jou verwonderd laat. Dié soort dankbaarheid roep ons om liefde,

Maar jy kan in elke situasie, maak nie saak hoe sleg dit is nie, vir God dankie sê omdat Sy doelwit groter as jou probleem is 'n Mens kan so maklik 'n innerlike gesindheid van ontevredenheid ontwikkel. Party mense sit dan ook vasgevang in 'n gesindheid van voortdurende ontevredenheid – die lewe is teen hulle. Sulke mense is geneig om die hele tyd te fokus op dit wat hulle nie het nie in plaas van op dit wat hulle wel het. Dit verdryf dankbaarheid en kweek 'n gees van gebrek wat jou lewe versuur. Miskien gaan jy huidiglik deur 'n bitter moeilike tyd en moes jy reeds baie kritiek verduur. Miskien het jy jou werk verloor of miskien beleef jy 'n moeilike tyd in jou huwelik. Waar pas dankbaarheid dan in? Kan jy God ook in moeilike tye dank? Ja, jy kan! Dis baie belangrik om te besef dat dankbaarheid 'n keuse is wat jy maak. Ons kan dus kies om te midde van moeilike omstandighede, God in dankbaarheid te aanbid. Paulus sê dan ook in 1 Tessalonisense 3:12 – Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle as Christene verwag. Hierdie gedeelte wil nie sê dat ons God vir alles moet dankie sê nie. Dit sê dat ons God in elke omstandigheid kan dank. Boosheid kom ook na gelowiges, so God moet nie daarvoor gedank word nie. Maar, ons kan nog altyd dankbaar wees vir God se teenwoordigheid en dat Hy alles wat sleg is vir ons ten goede laat meewerk.

sorg, deernis en hoop tussen mekaar waar te maak. Ek is nie dankbaar vir die slegte nie, maar ek kan dankbaarheid openbaar ten spyte van die kwade. Hoe kan jy dankbaar wees wanneer jy jou werk verloor het, of jou gesondheid, of jou maat? Jy kyk nie vas teen wat jy verloor het nie, maar teen wat jy het. En jy het geweldig baie! Die vraag is dus: Wat aanvaar jy as vanselfsprekend. Jou gesondheid? Jou vryheid? Jou verhoudings? Daar is 'n ou Halleluja-liedjie wat sê, tel jou seëninge, tel hul een vir een! Miskien is dit wat jy weer 'n slaggie moet doen. Gaan gereeld deur die bate-register van jou lewe, dit sal jou help om jou gesindheid te verander. Henry van Dyke het gesê dat waardering die innerlike gevoel is wanneer iemand goedgesind teenoor jou is. Dankbaarheid is die natuurlike instink om uiting te gee aan daardie gevoel. Dankbetuiging is om jou instink te volg. Om die gesindheid van dankbaarheid aan te leer, kan die gesondste ding wees wat in jou lewe gebeur het – dis beter as enige dieet of oefenprogram waarmee jy kan begin! Wanneer jy dankbaar is ten spyte van jou omstandighede, is jy meer bestand teen siektes en stres. Ons het nodig om dankbaar te wees om God se wil vir ons lewens te aanvaar. Lees maar weer

Gaan gereeld deur die bate-register van jou lewe, dit sal jou help om jou gesindheid te verander Jy hoef nie dankie te sê vir slegte dinge nie. Wanneer jy jou kar stamp, hoef jy nie dankbaar te wees nie. As jou eggenoot siek raak, gaan jy beslis ook nie dankbaar wees nie! Die Bybel sê nie dat jy dankbaar vir die kwaad moet wees nie. Maar jy kan in elke situasie, maak nie saak hoe sleg dit

35

wat sê 1 Tessalonisense 5:18 – Dit is wat God van ons verwag, dis sy wil dat ons moet dankbaar wees. Wees dankbaar vir alles wat jy in jou lewe het – dit is God se wil vir jou!


-Genesis-

deur Rochelle Goosen

Bybelresensie

Deel 5

Josef se genade en liefde openbaar hom as 'n tipe Christus, wat Sy onvoorwaardelike liefde uitgestort het selfs al het soveel van die mense dit verwerp en hom verraai. 36


A

braham het in Genesis alreeds 'n openbaring gehad van wat met Jakob se volk in Egipte sou gebeur. Dit was dus God se soewereine wil wat deur Josef se broers en hul jaloesie gewerk het. In Genesis 37:5 lees ons dat Josef 'n merkwaardige, profetiese droom aangaande sy toekoms gehad het. Die Hebreeuse woord wat in hierdie geval vir 'droom' gebruik is, beteken 'om ferm te bind'. Josef sou gewortel en gegrondves wees in die droom wat God hom gegee het. Hierdie droom sou hom moes dra deur alles wat in die volgende paar jaar met hom sou gebeur het. Soos Moses, het hy "volgehou soos een wat die onsienlike sien" (Hebr. 11:27). In 'n tipiese wêreldse, vleeslike reaksie, het die broers dit wat Josef van God ontvang het en wat heilig was, afgemaak en verkleinerend gebruik (Gen. 37:19). Josef se geloof dat sy droom sou waar word, sou hom uiteindelik weerhou van sonde, vrymaak van rou en tot ere herstel. Josef het ook in nederigheid voor God en mens gewandel en alles in sy lewe vanuit God se perspektief aanskou (Gen. 45:7-50). Josef is na Egipte geneem, waar God met Josef was, sodat hy baie voorspoedig was (Gen. 39:2). Die Here se hand was so duidelik op Josef se lewe dat dit nie net vir Josef guns by die Egiptenare gebring het nie, maar ook vir laasgenoemde 'n uitstekende getuienis van God se karakter was, Genesis 39:3 – Die Here het die huis van die Egiptenaar geseën ter wille van Josef.

Josef en Hy het goedertierenheid aan hom bewys en hom guns verleen in die oë van die owerste van die gevangenis. Keer op keer het die Here Josef 'n posisie as leier gegee, ongeag die tipe mense tussen wie hy hom bevind het. Die wag het al die gevangenes aan Josef besorg, en "het glad nie na iets omgekyk wat aan hom toevertrou is nie, omdat die Here met hom was; en wat hy doen, het die Here voorspoedig laat wees" (Gen. 39:23). Weereens, in selfs meer onaangename omstandighede as voorheen, was Josef se lewe 'n ongenaakbare getuienis vir die heidene.

Keer op keer het die Here Josef 'n posisie as leier gegee, ongeag die tipe mense tussen wie hy hom bevind het God se guns op Josef se situasie in die tronk het die deur oopgemaak vir hom om die koning se bakker en skinker te kon beraad na hul ontstellende drome. Die manne het gehoop vir 'n interpretasie; gevolglik was Josef se reaksie: "Is uitlegging nie 'n saak van God nie?" (Gen. 40:8). Later, toe hy voor die Farao te staan kom, het hy ook nie die glorie vir homself toegeëien nie, maar gesê: "Niks vir my nie! God sal Farao 'n gunstige antwoord gee" (Gen. 41:16). Daniël het ook hierdie insig gehad, en God geprys as die een wat geheimenisse bekendmaak, Daniël 2:20 – Mag die Naam van God geprys word van ewigheid tot

Josef se geloof dat sy droom sou waar word, sou hom uiteindelik weerhou van sonde, vrymaak van rou en tot ere herstel Toe Potifar se vrou by hom aangelê het, het Josef die eerbare ding gedoen en haar geweier. Hy het ook besef dat dit nie net sonde teenoor sy werknemer sou wees nie, maar sonde teen God. Nietemin is hy met onreg vergoed. Maar God het gesien, onthou, en vir Josef voorspoedig gemaak - die episode was duidelik net 'n God-gegewe toets (Ps.105:19). Die Vader se voorsiening was ook te sien in die feit dat die amptelike straf vir die vrou se klag eintlik teregstelling was - Potifar het egter gekies om hom net in die tronk te gooi. Ons lees dit in Genesis 39:21 – Maar die Here was met

versoek geëer nie. Tog weet ons dat God nie afhanklik is van die getrouheid van mense nie, en het Hy dit beskik dat die Farao ook profetiese drome kry. God het aan Josef die gawe van uitleg van drome gegee sodat hy ander daarmee kon bedien, en ook om God se soewereine wil te laat geskied. Die feit dat Farao twee drome met dieselfde boodskap gehad het, het op die sekerheid sowel as die belangrikheid daarvan gedui, "omdat die saak deur God vas besluit is en God dit gou sal doen" (Gen. 41:32). Josef het die Farao aangeraai om "'n verstandige en wyse man" oor Egipte aan te

ewigheid, want die wysheid en die krag is syne. . . Hy verleen wysheid aan die wyse manne en kennis aan die wat insig het. Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge; Hy weet wat in die duister is, en die lig woon by Hom. Toe Josef sy saak aan die bakker stel, het hy ook sy hart openbaar deur na sy broers se blatante verraad te verwys as 'n diefstal: "ek is gesteel, ja gesteel, uit die land van die Hebreërs" (Gen. 40:15) - nie verkoop, soos wat in werklikheid gebeur het nie. Die bakker, nadat hy in sy posisie herstel is, het egter nie Jakob se

37

stel, eienskappe wat hy, deur God se soewereine plan, tydens hierdie episode ten toon gestel het. Farao het selfs gevra: "Kan ons wel iemand vind soos hierdie man in wie die Gees van God is?" (Gen. 41:38). Farao het vir Josef erken as daardie einste persoon, en hom 'n ongekende posisie in die koninkryk gegee - "alleen deur die troon sal ek groter wees as jy" (Gen. 41:40). Die Farao se seëlring - wat hy aan Josef oorhandig het - het beteken dat Josef die hoogste posisie in terme van finansiële sake sou beklee. Die Farao het inderdaad sy vertroue in Josef bevestig. In Genesis 41:50-52 word die name van Josef se twee seuns genoem: name wat later verewig sou word in 'n seëning wat Yahweh gevestig het om tot vandag toe nog in kerk gebruik te word (Gen. 48:20). Die seëning was tweevoudig: Mannase, wat beteken 'God het my al my moeite laat vergeet', en Efraim, wat beteken 'God het my vrugbaar gemaak in die land van my ellende'. Die noodsaaklikheid van graan - en die behoefte daaraan - het die proses geïnisieer wat uiteindelik vir Josef met sy broers sou versoen. Toe Josef se eerste droom voor sy oë bewaarheid word, het hy dit eers geheim gehou, en sy broers behandel soos enige Egiptenaar 'n groep bedelende Kananiete sou behandel - nie uit weerwraak nie, maar om sy skans te behou. Josef het hulle hardhandig laat behandel en, vreemd genoeg, het die broers dadelik die verbintenis gemaak tussen hul huidige omstandighede en die


onreg wat hul twintig jaar tevore hul broer aangedoen het (Gen. 42:22). In vers 24 sien ons dat Josef geween het oor sy familie; maar God het nog lesse gehad wat die broers moes leer, so Josef kon nie sy identiteit bekend maak nie. Wanneer Juda vir Benjamin intree en die moontlikheid dat sy vader sal ster f as laasgenoemde enigiets moes oorkom, raak die emosionele sluier te veel vir Josef en breek hy uiteindelik in Genesis 45:5 sy skans – Maar wees nou nie bedroef nie, en laat daar geen ontstemming by julle wees dat julle my hierheen verkoop het nie. Want om lewens te behou, het God my voor julle uitgestuur. Josef bewys sy ewigheids-perspektief deur te antwoord – Maar God het my voor julle uitgestuur om vir julle 'n oorblyfsel op die aarde te verseker en om julle in die lewe te hou tot 'n groot verlossing.

Die Farao se seëlring - wat hy aan Josef oorhandig het - het beteken dat Josef die hoogste posisie in terme van finansiële sake sou beklee In Genesis 50:20 sê hy – Want julle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om 'n groot volk in die lewe te hou. Josef het begrip vir die groter plan gehad en het hy daarom vir sy broers gesê in Genesis 45:8 – Julle het my dan nou nie hierheen gestuur nie, maar God; en Hy het my 'n raadsman van Farao gemaak en 'n gebieder oor sy hele huis en 'n regeerder in die hele Egipteland. Paulus kon net so wel na Josef verwys het toe hy in Romeine 8:28 geskryf het – En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na Sy voorneme geroep is. In Genesis 45:11 beloof Josef om vir sy familie te sorg in die vyf jaar van droogte wat nog voorlê. Josef se genade en liefde openbaar hom as 'n tipe Christus, wat Sy onvoorwaardelike liefde uitgestort het selfs al het soveel van die mense dit verwerp en hom verraai. Maar God het Sy verbond met Abraham en Dawid geëer; netso het Josef sy pa, wat hom altyd net liefgehad het, geëer deur ook na sy broers om te sien. In Genesis 46:3 spreek God vir die derde keer hierdie seëning oor Jakob uit – Ek sal jou 'n groot nasie maak". Jakob het die land binnegegaan met 'n familie van 70; sy nageslag wat saam met Moses die land verlaat het, het 600 000 getel! God het Sy belofte aan Abraham nagekom!

38


deur Lomea Heyns

Kommunikeer met God Sonder genoegsame kommunikasie kan 'n verhouding nie suksesvol slaag nie, ons verloor kontak en leef bymekaar verby

J

esusgerigte-leierskap vereis voortdurende kommunikasie met God, sonder Hom sal jy nooit suksesvol kan funksioneer nie. Jy hoef nie 'n afspraak te maak om met Hom in gesprek te tree nie. Sy begeerte is dat jy eerstens in 'n verhouding met Hom moet staan. Kyk wat sê 1 Johannes 5:14 – Ons kan heeltemal vry en vol selfvertroue met God praat. Immers, as een van ons vir God iets volgens sy wil vra, kan ons maar weet: Hy luister! Wel, een ding is seker, dit is so goed of ons het wat ons van God vra.

stilte van jou kamer of in die natuur Hom op te soek en met Hom te praat nie. Wy jou lewe aan Hom, leef Jesus-gerig sodat jy Hom enige tyd van die dag kan nader vir wysheid en kennis. Hy is nie net die nooddeur waaraan jy kan gaan klop wanneer dinge vir jou begin warm raak nie. Hy wil hê jy moet Hom in alles ken wat jy aanpak, Hom vertrou met jou lewe en jouself aan Hom oorgee. God is nie net met nege en negentig persent tevrede nie, Hy verwag honderd persent van jou. Hy nooi jou om saam met Hom die toekoms aan te pak! Bid tot jou

Jy is Sy kind en Hy jou Vader wat net die beste vir jou ingedagte het. Soms sal jy die behoefte ontwikkel om gedurende jou besige dag met Jesus te praat. Hy is daar vir jou 24/7 en jy kan enige tyd tot Hom nader . . . Hy luister graag. Bly gefokus op Jesus, die oomblik as jy tot God bid open jy die deur na Sy hart en begin jy saam met Hom wandel. Deur gebed begin jy bou aan hierdie verhouding waarin jy God gaan leer ken as 'n God van liefde, omgee en verstaan. Jy is Sy kind en Hy jou Vader wat net die beste vir jou ingedagte het. Hy wil jou op soveel denkbare wyses seën sodat jy Hom waarlik sal leer ken. Vra Hom om jou gebede te ontvang in nederigheid, verootmoedig jou voor Hom en bely jou sonde. Gebed vereis dat jy tyd vir Jesus moet afstaan. Leiers moenie te veel tyd aan hulleself spandeer nie. Kwaliteit tyd vir God is niks anders as om in die

Vader in die hemel sodat Hy jou kan leer bid. Vra Hom om jou te wys hoe om naby Hom te leef! Israel was God se geliefde volk wat aan Hom behoort het, Hy het hulle spesiaal vir Hom uitgekies om in 'n verhouding met Hom te staan. Hy nooi hulle uit om met Hom te kommunikeer in Jesaja 41:9 – Kom bid tot My. Ek het jou vir my uitgekies. Ek sal jou nooit in die steek laat nie.

kontak met Hom verbreek nie. Hy sal jou nooit in die steek laat nie, Sy Woord het krag wat deur gebed wysheid aan jou sal verskaf. God kan niks aan jou gee as jy nie ontvanklik daarvoor is en jou hart vir Hom oopmaak nie. Hy wil jou met soveel van Sy hemelse genade bekroon, as jy maar net daarna wil vra. Bly naby aan God, hou vas aan Sy beloftes en dien Hom as jou Leidsman. Soek jou vreugde in die Here en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Hoe kommunikeer ek met God? ! Vertel vir Hom van jou dag se probleme ! Dank Hom vir alles wat Hy al in jou lewe gedoen het ! Loof Hom omdat Hy so 'n wonderlike God is Wyse woorde uit die boek Spreuke – Spreuke 16:3 – Ken die Here in alles wat jy wil doen, dan sal Hy jou help om dit uit te voer. GEBED: Laat my woorde vir U 'n aanneemlike offer wees my Heer. Vergewe my sonde. Bind my aan U vas O Heer, daar's niemand my verstaan soos U nie. Amen.

Hy nooi jou om saam met Hom die toekoms aan te pak! Sonder genoegsame kommunikasie kan 'n verhouding nie suksesvol slaag nie, ons verloor kontak en leef bymekaar verby. Hou vas aan God, in tye van swaarkry is Hy jou anker, moet nooit

39


40


Helde van die Bybel

deur Janet Kieswetter

J

ohannes 1:29 – Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! Het jy al gehoor dat Jesus die Lam van God genoem word? Weet jy hoekom? Kom luister dan vertel ek jou hoekom Hy juis só genoem word! Die belangrikheid van 'n lam het reeds vroeg in die Ou Testament begin toe die Israeliete nog as slawe in Egipte gewerk het. God het vir Moses gestuur om hulle te verlos en hulle na 'n nuwe land te lei. Moses het met Farao gaan praat en gesê: “Laat my mense gaan!” Maar, Farao het geweier want die Israeliete was goeie werkers en het elke dag baie hard vir hom gewerk. Toe Farao nie na Moses wou luister nie, het God nege aaklige plae gestuur om Farao van plan te laat verander. Elke keer as die plaag hulle getref het, het hy die Israeliete laat gaan. Hulle het hulle tasse gepak en gereed gemaak om te vlug, maar dan het die Farao hulle verbied om Egipte te verlaat!

Eers het al die water in die Nylrivier in bloed verander en al die visse het gevrek! Toe Farao steeds nie wou luister nie, het die padda plaag hulle getref . . . miljoene paddas was die hele Egipte vol. Orals waar hulle geloop het was daar net paddas! Maar nogtans was die Farao hardkoppig en het hy net geweier om die Israeliete te laat gaan. Dit is toe dat die vierde plaag opdaag. . . steekvlieë! Die vlieë het die dood van al die veë in Egipte veroorsaak en daar was nie enkele skaap, bok of bees meer oor nie!

Julle mag nie gaan nie. Julle moet bly en vir my werk!” Omdat Farao sy belofte verbreek het, het God nog 'n plaag gestuur. Dit was yslike groot haelkorrels wat soos klippe uit die hemel geval het en alles plat geslaan het. Maar, dit was ook nie genoeg vir die Farao om die Israeliete te laat gaan nie. Toe stuur God die agtste plaag: duisende en duisende sprinkane! Die lug het sommer swart geword so baie van hulle was daar! Farao het dan weer die Israeliete laat gaan net om hulle later te keer.

Na die negende plaag het God besluit, genoeg is genoeg! Toe dit nie werk nie, het die mense verskriklike sere op hulle lywe gekry. Dit het te erg geword vir die Farao en hy het by Moses om genade gesmeek en gesê: “Julle kan maar gaan. Vat net hierdie vreeslike plaag weg!” Die oomblik toe God die plaag wegneem, het die Farao van plan verander en geskree: “Nee, nee!

41

Na die negende plaag het God besluit, genoeg is genoeg! Hy het die laaste plaag gestuur wat so erg was dat die Farao die Israeliete gesmeek het om te loop! Die Bybel vertel van hierdie tiende en laaste plaag in Eksodus 11:4 – Toe sê Moses: “Die Here het gesê: Twaalfuur vannag sal Ek deur Egipte gaan. Dan sal


al die oudste kinders doodgaan. Vanaf die koning se oudste kind tot selfs die nederigste slawemeisie se oudste kind. Selfs die eerste kleintjies wat al die diere gekry het, sal doodgaan. Almal in Egipte sal huil soos

Die Israeliete het so gemaak en 'n onskuldige skapie geneem, hom geslag en sy bloed teen hul deurkosyne gesmeer. Toe die doodsengel verby die deur loop, het hy geweet

hulle nog nooit gehuil het nie. Net van die Israeliete sal nie een doodgaan nie. Nie 'n mens of 'n dier nie.” En toe verduidelik God vir die Israeliete wat hulle moet doen sodat niemand sal doodgaan nie. “Julle moet 'n lammetjie kies wat een jaar oud is. Hy mag nie gebreklik wees nie. In die middel van die maand moet julle hom slag. Dan moet elke gesin van die bloed van die skapie vat en dit aan die voordeur se kosyne smeer… Want vannag gaan Ek deur Egipte trek. Ek gaan al die oudste kinders, ook die oudste kleintjies van die diere, laat doodgaan. Ek gaan al die afgode van Egipte ook straf, want ek is die Here. Maar die bloed aan die deurkosyne sal julle beskerm. As ek dit daar sien, sal Ek by julle huis verbygaan. Julle sal niks oorkom nie.”

dat Israeliete daar bly en dat hy verby moet stap en hul lewe moet spaar. Dit was inderdaad die eerste Paasfees! Van toe af, het die Israeliete elke jaar op dieselfde tyd, 'n lam geslag om

daardie gebeurtenis te vier. God het hulle uit Egipte verlos en hulle hoef nie meer as slawe vir die Farao te werk nie. Die lam, wat die Israeliete moes slag, was

42

ook nie sonder betekenis nie. God doen niks sonder 'n plan nie. Hy het alles goed deurgedink en het 'n sekere doel in gedagte gehad. God se plan met hierdie Paasfees was om mense te vertel van Jesus wat sou kom. Daardie skapie moes geslag word sodat sy bloed die mense se lewens kan red. Jesus het aan die kruis gesterf en sy bloed laat vloei sodat ons nie geestelik hoef dood te gaan nie, maar sodat ons vir ewig kan lewe! Net soos wat die lammetjie onskuldig was, was Jesus ook onskuldig omdat Hy geen sonde gedoen het nie. By die eerste Paasfees het die lam se bloed gekeer dat die Israeliete doodgaan, en op Golgota het Jesus se bloed

gekeer dat ons geestelik doodgaan. Jesus word die Lam van God genoem omdat Hy sy lewe gegee het, sodat ons kan lewe!



Subskripsie & Bestellings

Groot is U trou Kies wetter bedieninge

KLUB SUBSKRIPSIE OPSIES

BESTEL ONS TOP PRODUKTE Boeke Geniet 'n oorvloedige lewe - R95.00 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Kyk nou net hoe werk gebed! - R95.00 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

. . . . R20 elke 2de maand

CD

Klub

M p 3

. . . . . . . . R50 maandeliks

Gary Kieswetter

Gary se

Reguit raad oor seks vir Seuns - R85.00 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

K L U B

Gary se

Waldo die Walvis - R85.00 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Reguit raad oor seks vir Meisies - R85.00 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 3D Bybelstories - R50.00. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . R35 maandeliks 4 in 1 DVD Reekse: R200 per reeks

Klub . . . . . . . . R79 maandeliks

Kids

KLUB

Ouderdom van 4 tot 10 jaar

. . . . . . . . R50 maandeliks

Moenie worry nie . . .. . . . . . . .

Kry rigting in die lewe . . . .

Die tye en seisone van God . . .

Tawwe tye . . . . . . . . . . . . . .

Waarom is herlewing nodig? . .

'n Boer maak 'n plan . . . . . .

God wil jou huis kom besoek .

Lig in jou duisternis . . . . . .

Moenie jou toekoms . . . . . . . .

Moenie jou melk . . . . . . . .

POS BESONDERHEDE

PERSOONLIKE BESONDERHEDE

Posadres: ______________________________________________

Naam en Van: __________________________________________

_______________________________________________________

Telefoon: ______________________________________________

_______________________________________________________

Faks: __________________________________________________

_______________________________________________________

Sel: ___________________________________________________

Poskode:_______________________________________________

E-pos: _________________________________________________

BANK BESONDERHEDE Naam van rekeninghouer: Bank:

Taknaam:

Bankkode:

CCV:

Rek. no:

Verval:

/

Tjek

Spaar

Krediet

MasterCard

VISA

* Enige lidmaatskap fooi en bestelling se debiet order sal die 1ste werksdag van die opeenvolgende maand afgaan

FAKS NA:

086 686 1681

Handtekening:

OF POS VOLTOOIDE VORM NA: Picassostraat 698 Moreletapark 0181

Donasies: Groot is U trou bank besonderhede: ABSA Tjek rekening: 406 073 7461 Takkode: 632 005 Verwysing: Lid nommer of naam en van

Tel: 086 111 2329

44


4 in 1 DVD Reekse - R200 elk Kry rigting in die lewe · Kry rigting in die lewe · Hoe gemaak met die terugslae in die lewe? · God het 'n plan vir jou lewe · Ontdek jou waarde

Moenie worry nie, watch net! · Moenie worry nie, watch net! · Moenie my afskryf nie · Van krag tot krag · Staan sterk in moeilke tye

God wil jou huis kom besoek God wil jou huis kom besoek · Wanneer God deure oopmaak · 'n Effektiewe deur · 'n Deur van hoop ·

Waarom is herlewing nodig? · Waarom is herlewing nodig? · Beweeg saam met God · As die Gees waai · Wie is jy?

Die tye en seisoene van God · Die tye en seisoene van God · Amper daar · Uit Chaos bring God orde · Waarvoor sal ek onthou word?

'n Boer maak 'n plan

Tawwe tye!

'n Boer maak 'n plan · Dit is tyd om op te staan · Beginsels van integriteit · Waarheen dink jy gaan jy? ·

Tawwe tye · God is met jou · Wat dink God van ons? · Beloftes ·

* Alle bogenoemde titels is ook apart beskikbaar teen R100 elk.

BESTELLINGS:

086 111 2329 Online boekwinkel: www.grootisutrou.co.za


Kinders Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God. - Matteus 10:14


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.