Sep - Okt 2010
Oorwin die stryd
Hanteer konflik reg Wag 'n bietjie Wees 'n lewende steen vir Jesus
MANS, BID VIR JULLE VROUENS Die man van die huis is soos 'n paal in die middel van 'n groot tent wat alles regop hou.
VROUE VAN GELOOF God gebruik mense met kinderlike geloof om groot dinge vir Hom te vermag.
WEES IN ALLES DANKBAAR God se verwagting is dat ons sal kom dankie sĂŞ vir alles wat Hy vir ons doen.
9 771817 410801
10010
SUID-AFRIKA . . . . . . . . R20.00 BTW INGESLUIT
SVOL IN DIE LEWE WEES SUKSE
Waarvoor sal jy onthou word?
Bestellings: 086 111 2329 路 Aanlyn boekwinkel: www.grootisutrou.co.za E-pos: admin@grootisutrou.co.za
Sep - Okt 2010
Wees suksesvol in die lewe
10
HOOF ARTIKELS Waavoor sal jy onthou word?....................14 Mans, bid vir julle vrouens! .....................18
PITKOS Padlangs.....................................................3 Verbatim....................................................6 Verse van die Bybel...................................7 'n Woord in seisoen..................................8 Focus on the family .................................9 Oorwin die stryd
18
Oorwin die stryd....................................18 Manna muffins ......................................42
KOS VIR DIE SIEL Bybelstudieraamwerke ............................5 Wees suksesvol in die lewe ....................10 Vroue van geloof....................................24 Wag 'n bietjie...........................................34 Bybelresensie ..........................................36
Wag 'n bietjie
34
OUER & KIND FOKUS Hanteer konflik reg .................................28
VIR DIE JONGMENSE Wees 'n lewende steen vir Jesus .................39 Helde van die Bybel....................................41 Wonderwerke van Jesus ..............................40 Woordsoek ...................................................43
Waarvoor sal jy onthou word?
M
Mense is geneig om eerder iemand te
Redakteur Timothy Kieswetter Teksredakteur Ingrid Stegmann Rhona Kieswetter Grafiese ontwerp & uitleg Riaan du Plessis
onthou vir wat hy verkeerd gedoen het, as
Illustrasies Alistar Ackerman
wat hy reg gedoen het. Deur elke keer oor te vertel wat daardie persoon verkeerd gedoen het, hou jy daardie persoon in sy skuld en
Senior skrywers Gary Kieswetter
skande gevangene. Miskien het jý iets verkeerds in jou lewe gedoen
Fanie Bolleurs
waarvoor almal jou steeds onthou. As jy wil vorentoe beweeg in die
Ds Jimi Le Roux
lewe, en vir jouself 'n hoopvolle toekoms gun, moet jy begin afsien
Timothy Kieswetter Riaan Lombard
van ander mense se opinie van jou.
Rhona Kieswetter
Ons almal jaag aan; die geheim is om te vergeet van wat agter jou
Rochelle Goosen
lê en om 'n lewe van integriteit te lewe. Dit maak nie saak as mense
Lomea Heyns
nog jou verlede teen jou hou nie, jy kan skinderbekke snoer as jy net
Janet Kieswetter
sal aanhou volgens God se Woord leef.
Nevil Norden Dr. Leon Oosthuizen
Ons dien 'n God wat, wanneer ons dit bely, al ons sonde agter Sy rug werp en nooit weer daaraan dink nie. Jakob is 'n goeie voorbeeld hiervan. Hy het mense belieg en bedrieg voordat Hy sy lewe met God reggemaak het en nogtans sê God van hom: “Ek sien in jou geen bedrog nie.” As God iemand se sondes reeds vergewe het, wie is ons om dit steeds in die openbaar te wil vertoon? God dink nie meer aan ons sondes nie - hoekom doen jy nog? Hy het dit uitgedelg en vernietig; Hy het gekies om nooit ooit weer daaraan te dink nie!
Versprei deur Ezweni Magazine Distribution cc (011) 887 2650
Jou goeie werke is soos 'n monument wat jy oprig en wat steeds staande sal bly lank nadat jy oorlede is. As ons as ouers ons kinders Goddelike beginsels leer, is hulle lewende monumente wat getuig
Groot is U trou Kies wetter bedieninge
van ons geloof! Sulke monumente gee aan die nageslag weer momentum om verder te bou. Let op na wat jy vir ander sê en wat jy
Reg. nr. 2003/072612/23
aan ander doen – dit is die dinge waarvoor jy eendag onthou sal word! - Gary & Rhona Kieswetter
KONTAK ONS Tel:
086 111 2329
Fax:
086 686 1681
E-mail: manna@grootisutrou.co.za Pos:
Picassostraat 698 Moreletapark 0181
o n l i n e
Web:
www.mannatydskrif.co.za
Besoek ons webwerf by
Subskripsie navrae: Tel: 086 111 2329 Fax: 086 686 1681
www.mannatydskrif.co.za
Gedeeltelike of algehele reproduksie sonder geskrewe toestemming van die redakteur is streng verbode.
Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos 'n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is. - 1 Petrus 1:24-25
deur Ds Jimi le Roux
Padlangs deur Lukas
In hierdie rubriek gaan ons saam met Ds Jimi le Roux deur die boek van Lukas lees. Padlangs is kort daaglikse oordenkings in Afrikaans, wat jy gratis elke dag per e-pos kan ontvang. Skryf in via www.padlangs.co.za
STERF EN JY SAL LEEF
Lukas 9:25 Elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit behou. Jesus sĂŞ dat die wat die pad agter Hom aanstap, moet darem weet waarheen daardie pad lei! Dit lei nie na glorie en eer, of rykdom en roem nie. Nee, dit lei uit die stad uit na die heuwel Golgota, na die kruis wat daar geplant is. Sommige Christene hou nie van die gedagte nie, maar laat ek dit nou vir jou so reguit as wat ek kan uitspel. Om Jesus te volg, is om te leer om in jouself te sterf. Nie om jou identiteit of waardigheid te verloor nie, nee natuurlik nie, maar om jou identiteit en waarde in Hom te vind. Dit is 'n moeilike en lang pad, en jy sal jou lewe lank daarop wees. Langs die pad sal jy die eie ek leer ken wat in jou so hard probeer iemand wees, belangrik wees, beter as ander wees. Wat eer soek, erkenning, aandag. Jy sal leer om dit te laat los op baie klein maniere. Ter wille van Hom. Dit is wat dit beteken om te sterwe in jouself. Waar jy eindig is 'n lae en onbelangrike plek. Baie bewus van jou afhanklikheid, en baie bewus van God se genade en groot liefde. Dit is die pad van Jesus. Wil jy dit stap?
3
Dit is wat julle van Manna dink! In die vorige uitgawe van Manna tydskrif het ons vir julle gevra om vir ons terugvoer te gee oor hoe julle hierdie tydskrif ervaar. Baie dankie vir almal wat deelgeneem het. Hier is 'n opsomming van hoe julle oor Manna voel.
Hoe baie van die artikels lees jy?
Is die artikels in die Manna vir jou relevant? Ek lees die Manna van voor tot agter - 85%
Daar is altyd 'n artikel wat voel asof dit spesiaal vir my geskryf is- 51%
Ek lees nie die artikels in diepte nie, ek lees net die hoofopskrifte - 1%
Die artikels is te swaar en prekerig vir my - 1%
Ek lees net 'n paar van die artikels - 3%
Die artikels is te lank en ek sukkel om dit klaar te lees - 3%
Ek lees sommige van die artikels meer as een keer - 11%
Ek leer altyd iets daaruit; dit voel asof die Here reguit met my praat - 45%
Wat beteken Manna vir jou?
Wie lees almal Manna? Manna is die enigste geestelike tydskrif wat ek lees - 23%
Almal in die gesin lees Manna- 40% Ons gebruik Manna om saam huisgodsdien te hou - 7%
Manna is maar net nog een van baie tydskrifte wat ek lees - 3%
Ek is die enigste een in die huis wat Manna lees - 53%
Manna is anders as ander geestelike tydskrifte, dit het die nodige diepte waarvan ek hou. - 74% Wanneer ek klaar Manna gelees het . . .
Waar koop jy Manna?
. . . hou ek dit om later weer te lees - 57% Ek verkies om Manna in die pos te ontvang - 86%
. . . ek vergeet dadelik daarvan en dit beland op die tydskrif hopie - 3%
Ek verkies om Manna in die winkels te koop - 14%
. . . gee ek dit vir iemand anders om te lees - 40%
Hoe gereeld koop jy die Manna?
Waar het jy van die Manna gehoor?
Ek was by 'n kerk waar ek daarvan gehoor het - 38%
Ek koop elke uitgawe en loop nie een mis nie - 86%
'n Vriend of vriendin het dit aan my voorgestel - 30%
Ek koop dit so elke nou en dan wanneer ek dit op die rak sien - 14%
Ek het dit toevallig op die winkelrak gesien - 32%
4
Hoe voel jy oor advertensies in die tydskrif?
Hoe voel jy oor advertensies in die tydskrif?
Ek sal nie meer aandag aan 'n advertensie gee net omdat dit in Manna verskyn nie - 65%
Een van die redes hoekom ek van Manna hou is omdat daar geen advertensies verskyn nie - 55%
Dieselfde advertensie sal meer beteken as ek dit in Manna sien teenoor enige ander tydskrif - 35%
Ek sal nie omgee as Manna wel advertensies plaas nie - 45%
Geslag
Huwelik status
Getroud - 78% Vroulik - 74%
Enkel - 8%
Manlik - 26%
Geskei - 8% Weduwee - 6%
"Ek sou maklik elke maand so 'n tydskrif kon gebruik om my geestelik aktief en aan die gang te hou, dit is vir my 'n bron van groot insig en krag."
"Vir my as geestelikke leier is ek tevrede met die tydskrif net soos hy tans is - ek persoonlik glo dat daar manna is vir elke wedergebore kind van die Here - ongeag op watter geestesvlak jy jouself bevind. Ek beveel dit aan vir elke Christenhuis."
"Manna bied 'n groot verskeidenheid, en ek love dit."
"Dit is werklik soos hoendersop vir my siel."
"Ek vind Manna elke keer asof ek dit opnuut ontdek, voldoende en volledig vir my."
"Vir my is dit nommerpas!"
"Baie dankie vir dit wat ons reeds ontvang het; dis soos my daaglikse brood, dit voed my elke keer as ek dit optel"
"Absoluut fantastiese tydskrif." "Baie goed geballanseer."
"Daar is geen ander tydskrif op die winkelrakke wat kan vergelyk met Manna nie."
"Manna gee my baie baie hoop in 'n tyd wat baie baie moeilik is vir my - hou dit so!"
"Elke uitgawe het die regte Woord op die regte tyd." "Suiwer Woord in eenvoudige taal oorgedra."
Kyk uit vir die nuwe voorkoms van Manna tydskrif in die November - Desember 2010 uitgawe! 5
Verse in die Bybel Waarvoor sal jy onthou word?
It's a good thing to have all the props pulled out from under us occasionally. It gives us some
Romeine 4:11 – En hy het die teken van die besnydenis ontvang as 'n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word; en ook 'n vader van die besnydenis vir die wat nie alleen uit die besnydenis is nie, maar ook wandel in die voetstappe van die geloof van ons vader Abraham toe hy onbesnede was. Want die belofte dat hy erfgenaam van die wêreld sou wees, het Abraham of sy nageslag nie deur die wet verkry nie, maar deur die geregtigheid van die geloof. Markus 14:3 – En toe Hy in Betánië was, in die huis van Simon, die melaatse, terwyl Hy aan tafel was, kom daar 'n vrou met 'n albaste fles met egte, baie kosbare nardussalf; en sy breek die albaste fles en gooi dit op sy hoof uit. En daar was sommige wat by hulleself verontwaardig was en gesê het: Waarvoor het hierdie verkwisting van die salf plaasgevind? Want dit kon vir meer as drie honderd pennings verkoop en die geld aan die armes gegee geword het. En hulle het teen haar uitgevaar. Maar Jesus sê: Laat haar staan; waarom val julle haar lastig? Sy het 'n goeie werk aan My gedoen. Want die armes het julle altyd by julle, en wanneer julle wil, kan julle aan hulle goed doen; maar My het julle nie altyd nie. Wat sy kon, het sy gedoen. Sy het vooruit al my liggaam vir die begrafnis gesalf. Voorwaar Ek sê vir julle, oral waar hierdie evangelie oor die hele wêreld verkondig word, daar sal ook gespreek word van wat sy gedoen het, tot 'n gedagtenis aan haar.
sense of what is rock under our feet, and what is sand. - Madeleine L'Engle The beautiful thing about this adventure called faith is that we can count on Him never to lead us astray. - Charles R. Swindoll The word of God hidden in the heart is a stubborn voice to suppress. - Billy Graham The greatest battles are fought in the mind. - Casey Treat Christ is with those of humble mind, not with those who exalt themselves over his flock. - Clement of Rome Somebody is waiting on the other side of your obedience. - Tim Storey Pride is what we have. Vanity is what others have. - Author Unknown Wishing will never be a substitute for prayer. - Ed Cole Pride is tasteless, colourless and size less. Yet it is the hardest thing to swallow. - August B. Black Joy is the experience of knowing that you are unconditionally loved. - Henri Nouwen It is the highest and holiest of the paradoxes that the man who really knows he cannot pay his debt will be forever paying it. - G. K. Chesterton
6
Bybelstudie
RAAMWERKE
Het jy 'n gewete? 1. Gewete – God wat met jou praat 2. Skinderstories – Goddelike stories a) Oorspronklik het skinder beteken om iets goeds te verklap b) Wees 'n goeie skinderbek – vertel iets goeds
Hou 'n ogie op jou hart
Hoe om met jou gewete saam te leef 1. 'n Lewe saam met jou gewete
1. Pas jou hart op – Spreuke 3:23
a) As jy nie leef saam met jou gewete nie, kan jy
a) Pas op; kyk daarna, wees op die uitkyk wat
daarvan sterf
daar als ingaan
b) Handelinge 23:1 – Het met rein gewete voor God gelewe
van iemand anders 3. Satan – die mens se aanklaer c) Openbaring 12:10 – Dag en nag
c) Openbaring 12:10 – Het hulle nie aangekla nie
2. Rig jou hart
d) Handelinge 24:15 – Strewe om skoon gewete
e) Lei – maak vordering
voor mens en God te hê
vooruitgang in die lewe
d) Hebreërs 7:24 – Jesus tree vir ons in e) Jesaja 1:18 – “Kom” sê die Here, "kom ons
2. Dien God met 'n skoon gewete e) 2 Timoteus 1:3
praat hieroor” f) 1 Johannes 1:7 – God is regverdig
b) Spreuke 20:19 – Moet nie meng met 'n
3. Klou vas aan 'n goeie gewete
c) Spreuke 11:13 – Kwaadsprekery
jou goeie gewete
b) Matteus 15:19 – Uit die hart vloei alle boosheid 4. Jou gewete is jou beste vriend a) Laat jou gewete jou lei
bedaar
b) Handelinge 24:16 – Moet beoefen word 5. Integriteit – integreer, bring saam, sit klomp 5. Dinge met jou gewete kan verkeerd loop
dinge saam a) Mense met integriteit, passie vir gebroke gesinne, huwelike, herstel, versoening b) 2 Korintiërs 6:17 – Bediening van versoening c) Mense huil wanneer kerke opbreek, skei, die
beskadig jou swak gewete en so sondig jy b) 1 Korintiërs 8:7 – 'n Swak gewete word maklik besoedel
d) 1 Timoteus 1:19 – Sommige ignoreer hulle
d) Waardevolle en kosbare / vol eer + waarde
a) Esegiël 36:26 – Gee jou hart vir God b) Die hart van God is die lewe van Jesus Christus
6. Vra God om jou hart te ondersoek c) Ondersoek, deursoek, toets jou hart d) Matteus 12:35 – 'n Goeie man bring uit sy hart 'n skat
besoedel 6. Eerbare mense
5. Nooi Jesus in jou hart
a) 1 Korintiërs 18:12 - Laat ander sondig, jy
c) Titus 1:15 – Hulle gedagtes en gewete was
prediker val
4. Die hart is bedrieglik – Jeremia 17:9 a) Spreuke 28:26 – As jy op jou eie hart vertrou
bloed van Christus
d) Spreuke 18:8 – Kwaadstoker maak seer e) Spreuke 26:20 – Geen kwaadstoker/twis
b) Leer jou kinders
a) 1 Timoteus 1:18 – Hou vas aan jou geloof en b) Hebreërs 10:19 – Gewete gereinig deur die
skinderbek nie
3. Wat in jou hart is, gaan na jou kinders a) Deuteronomium 4: 9 – Draai weg
4. Skinder in die negatiewe sin van die woord kwaadspreker rondloop nie
g) Luister met jou hart
f) Romeine 9:1 – Ek lieg nie; my gewete getuig saam met die Heilige Gees
a) Levitikus: 19:16 – Jy mag nie as 'n
f) Die toestand van jou hart bepaal jou
gewete en dan ly hulle geloof skipbreuk
e) Psalm 119:11 – Die skat in jou hart is God se Woord
Hoe om die bybelstudieraamwerk in jou selgroep te gebruik: 1. Bid vooraf saam en vra die Heilige Gees om die Woord te kom verklaar. 2. Lees skrifte en kyk dieper na hoe betrokke persone moes gevoel het.
3. Bespreek onder mekaar. 4. Maak van toepassing op jou eie lewe en beoefen die beginsels prakties.
7
Rhona gesels oor . . .
'n Woord
deur Rhona Kieswetter
IN SEISOEN Dit is belangrik dat ons sal leer om nie ons woorde soos messe te gebruik nie, maar soos balsem wat genesing bring
H
et iemand al iets leliks vir jou gesê wat seerder as 'n dolksteek in die hart maak? Dit voel asof iemand jou met 'n skerp mes steek en dit vat jare voor die pyn uiteindelik weggaan. Almal van ons het al eerstehands die krag van woorde gevoel – of dit nou opbouend of afbrekend was. Spreuke 12:18 leer ons dat praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees; wyse mense bring genesing met wat hulle sê. As ons voortdurend praat sonder om eers te besin, is dit soos om aanhoudend op iemand se bloukol te druk, veral as daardie persoon deur 'n moeilike tyd gaan. Dit is belangrik dat ons sal leer om nie ons woorde soos messe te gebruik nie, maar soos balsem wat genesing bring. Lees bietjie Jesaja 50:4 – Die Here my God het my geleer om die regte woorde te gebruik sodat ek die wat moeg is, kan moed inpraat. Elke môre laat Hy my luister soos 'n leerling moet luister. 'n Ander vertaling praat daarvan om 'n vermoeide te verkwik met woorde. Die Engels sê: That I should know how to speak a word in season to him who is weary. Dit is God se hart vir Sy kinders wat moeg en moedeloos is, om opgebou en verkwik te word. Dit is ook Sy wil dat ons sal leer hoe om iemand te bemoedig. Ons Vader het baie empatie met Sy kinders wat swaarkry. Wat interessant is, is dat hierdie gedeelte in Jesaja 'n Ou Testamentiese profesie van Jesus is. Net 'n paar verse later in vers 6 lees ons – Ek het my rug gehou vir die wat my slaan, my wang vir die wat my baard uittrek. Ek het my gesig nie weggedraai toe ek bespot en bespoeg is nie. Selfs Jesus moes leer om die regte woorde te gebruik. Hy het daagliks van Sy Vader geleer; Hy het elke dag Sy oor wakker gemaak om te leer
en te luister na wat God sê. Hoeveel te meer moet ons, wat daagliks nog met ons sondige natuur worstel, leer hoe om die regte woord op die regte tyd te gee nie? Dit kom vir seker nie vanself nie! Ons moet dit beoefen. Spreuke 15:23 sê – wat is beter as die regte woord op die regte tyd? Dit is of lewe of dit is dood vir die persoon wat dit moet aanhoor. Maar wat is 'n woord in seisoen? Dit is woorde wat met liefde en empatie deurtrek is. Opregte woorde uit die hart wat nie seermaak of veroordeel nie. Dink vir 'n oomblik aan Job se vriende . . . hulle wou uitvind wat Job gedoen het dat God hom so straf. Hulle het nie opbouende woorde gespreek in die moeilikste tyd van hul vriend se lewe nie. Nee, hulle het hul woorde gebruik om hom te veroordeel, aan te kla en verder seer te maak. So dikwels is dit presies wat ons doen wanneer iemand deur 'n moeilike tyd of siekte gaan. Ons probeer nie die persoon bemoedig nie, maar probeer eerder uitvind wat daardie persoon dan gesondig het! Dit is presies wat Jobstroosters doen! Onthou, dit is die Heilige Gees se werk om te oortuig van sonde as daar enige is, nie joune nie. Jou en my werk is om die vermoeides te verkwik deur woorde te spreek wat hoop bring.
wees?; Ek is jou krag en jou sterkte, wees nie bevrees nie want Ek is met jou!” Sien jy dat dit nodig is dat ons leer hoe om ook positief en opbouend te praat oor onsself en ander? Die onderliggende toon van al God se woorde is liefde. Ons weet dat dit juis aan ons liefde vir mekaar is, dat mense sal weet dat ons Sy dissipels is. Kom ons let op ons gesindheid. Gee ons regtig om vir mense of gaan dit net oor onsself en wat vir ons maklik en gerieflik is? Genesende woorde help die vermoeide om sy fokus te verskuif van die realiteit van sy vrese en lyding na die waarheid van God se karakter en onuitputlike genade. Die beste salf is God se Woord self. In Lukas 4 lees ons dat Jesus aangename woorde uit Sy mond laat kom het. Die Psalms alleen loop oor van woorde wat hoop laat opvlam! Ons het die vermoë om die wat moeg is, te help en te ondersteun. Om 'n verslae gees weer te laat opstaan, want dit is die mens se gees wat hom ondersteun in al sy krankheid. Kom ons volg Sy voorbeeld en genees mekaar met ons woorde!
Genesende woorde help die vermoeide om sy fokus te verskuif van die realiteit van sy vrese en lyding na die waarheid van God se karakter en onuitputlike genade Hoor net hoe praat God: “Wees sterk en vol moed; jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee; as Ek met jou is, wie kan teen jou
8
FOCUS FAMILY on the
Question:
Dr. Dobson:
My wife has been severely depressed for nearly three months. What kind of treatment or therapy would you recommend for her?
All I can tell you is that in romantic affairs, most people tend to want that which is elusive – that which is just out of reach. They don't want what they are stuck with or that which they have to beat off with a stick. Let me illustrate. I doubt if you could have coerced your wife to marry you during your dating days. It wouldn't have worked. You had to lure, attract, charm and entice her. This subtle game of courtship unfolded one delicate step at a time. Can you imagine what would have occurred if you had wept violently and hung on her neck saying, "I think I'll die if you don't marry me! I beg you not to turn me down." That desperate approach might be compared (simplistically) to a persistent used car salesman. What do you think he would accomplish by telling a potential customer through his tears, "Oh, please buy this car! I need the money so badly and I've only had two sales so far this week. You just can't walk away.” This is a far-fetched analogy, admittedly, but there is relevance to it. When one has fallen in love with an eligible partner, he attempts to "sell himself" to the other. But like the car dealer, he must not deprive the buyer of free choice in the matter. Instead, he must convince the customer that the purchase is in his own interest. If a person would not buy an automobile to ease the pain of a salesman, how much more unlikely he is to devote his entire life to someone he doesn't love, simply for benevolent reasons. None of us is that
Dr. Dobson: Get her to a physician, perhaps an internist, as soon as possible. This kind of prolonged depression can have serious medical and psychological consequences, yet it is usually very responsive to treatment. Antidepressant drugs are effective in controlling most cases of depression. She could also be entering menopause and may need estrogen replacement therapy or some other hormone treatment. Of course, medication will not correct an emotional problem, if that is what underlies her depression. She may need to talk to a psychologist or a psychiatrist after you have approached the problem from a medical perspective. The important thing is to get going. Depression should not be permitted to continue unchecked.
Question: My wife says she feels "trapped" in our marriage. Despite my best efforts to win her over, she says she wants a divorce. Shouldn't I fight for what is important to me? Why can't I let my wife know how badly I want her to stay with me? Why should I play cat and mouse games when everything inside me is saying, “Go after her.”
with Dr. James Dobson
unselfish. Each of us intends to select only one person in the course of a lifetime with whom to invest our entire being, and few of us are willing to squander that one shot on someone we merely pity! In fact, it is very difficult to love another person romantically and pity him or her at the same time. To summarize, if begging and pleading are ineffective methods of attracting a member of the opposite sex during the dating days, why do victims of bad marriages use the same groveling techniques to hold a drifting spouse? They are only increasing the depth of disrespect by the one who is escaping.
Question: My thirteen-year-old daughter is still built like a boy, but she is insisting that I buy her a bra. Believe me, she has no need for it, and the only reason she wants one is because most of her friends do. Should I give in?
Dr. Dobson: Your straight and narrow daughter needs a bra to be like her friends, to compete, to avoid ridicule, and to feel like a woman. Those are excellent reasons. I think you should buy her a bra today.
Focus on the Family Southern Africa Private Bag X 1023, Hillcrest, 3650 Tel: (031) 716 3300 Fax: (031) 766 1113 E-mail: orders@fotf.co.za Website ~ www.safamily.co.za
These questions and answers are excerpted from books authored by Dr. James Dobson and published by Tyndale House Publishers. Copyright 1997 James Dobson.
9
Wees
SUKSESVOL in die lewe
Geldsake
deur Gary Kieswetter
deur Gary Kieswetter
Sukses kom nie deur net een keer die regte ding te doen of te sĂŞ nie.
10
W
ees suksesvol in die lewe! Baie mense sal sê, “Engelsman, dis net vir sekere mense bedoel. Party mense is maar net met die goue lepel in die mond gebore." Kan almal in die lewe suksesvol wees of is daar nog voor die grondlegging van die wêreld besluit wie gaan suksesvol wees en wie nie? Wel, die goeie nuus is dat almal bestem is om suksesvol te wees. Hoekom? Want God is geen aannemer van persoon nie. “Sukses” in die woordeboek word beskryf as welvaart of wanneer dit voorspoedig met iemand gaan. Daar is nie 'n persoon op hierdie aarde wat nie 'n suksesvolle lewe wil hê nie. Ek het nog nooit 'n kind hoor sê dat hy graag in die lewe drie mislukte huwelike wil hê, 'n onsuksesvolle besigheid wil begin en op dertig bankrot verklaar wil word nie. Niemand word groot met die droom om eendag 'n boemelaar te wees nie! Daar is nie so 'n persoon op hierdie aarde nie. Niemand streef daarna om 'n mislukking in die lewe te wees nie. Dis interessant om te sien dat hoe ouer ons word, hoe minder sukses ons verwag en hoe minder sukses-georiënteerd ons leef. Eendag sê iemand vir my: “Engelsman ek is onsuksesvol gebore.” Ek het hom geantwoord: jy lieg, kyk hoe groot is jy. Toe jy nog 'n spermpie was, het jy dan die vinnigste van almal geswem! Almal van ons het die eerste wedloop van ons lewens suksesvol voltooi en eerste prys gewen! Ek glo dat God in elkeen van ons die hunkering, die hoop en die begeerte geplaas het om suksesvol te wees. Ek glo ook dat God elkeen met die potensiaal geseën het om suksesvol te kan wees. Almal het die potensiaal om suksesvol te wees, maar nie almal ontgin daardie potensiaal nie. Wat my so ontstel is dat mense hulself oortuig dat sukses nie vir hulle bestem is nie. Daar is 'n neiging in Suid-Afrika om te glo dat sukses en Christenskap nie saam gaan nie. Hulle glo dat hoe meer vodde hulle is, hoe nederiger is hulle. Dit is beslis nie waar nie! 'n Suksesvolle persoon, of hy nou 'n Christen is of nie, trek mense aan. Suksesvolle mense trek ander suksesvolle mense aan. Julle Afrikaners sê, soort soek soort. As iemand suksesvol wil wees dan raadpleeg hulle ander mense wat reeds suksesvol is.
wees nie. Wanneer 'n individue meer daarna streef om 'n suksesvolle lewenstyl te handhaaf as om 'n suksesvolle lewe te lei, dan is dit die begin van mislukking. Die Bybel sê in Kolossense 3:4 dat wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word. Jesus is 'n sprekende voorbeeld van sukses. Hy het 'n suksesvolle lewe gehad omdat Hy in alle opsigte onderdanig aan Sy hemelse Vader was. Hy was suksesvol omdat Hy elke liewe skrif wat van Hom geprofeteer het, vervul het. Jesus was suksesvol in Sy woorde, in Sy dade en in Sy wese.
Sukses word nie aan die oorvloed van jou besittings gemeet nie Hulle sê dat die appel nie ver van die boom af val nie! So as God suksesvol is, en jy is uit God gebore, dan is jy reeds bestem om ook suksesvol te wees. Sukses word nie gemeet aan die oorvloed van jou besittings nie. Daar is niks daarmee verkeerd om 'n mooi kar of huis te besit nie. Maar, dis nie die kriteria vir sukses nie. Wat vir my so interessant van die lewe is, is dat mense hul gesondheid spandeer om rykdom te bekom en as hulle oud is, gebruik hulle al hul rykdom om hul gesondheid weer terug te kry! Die Bybel sê dat jy nie in jou jeug jou Skepper moet vergeet nie. Wat help dit jy gebruik jou hele lewe om sukses na te jaag en op jou oudag berou jy die sukses wat jy behaal het? Daar is baie mense wat sukses so nagejaag het, dat hulle hul familie, huwelik en gesondheid verloor het. Daar is 'n prys op wêreldse sukses! Wat is goddelike sukses? Sukses is dit wat God bestem het jy moet bekom sodat jy Sy wil op aarde sal uitvoer. Daar kan net soveel besturende direkteure in die wêreld wees. Of jy nou 'n besturende direkteur of 'n klerk is, as jy weet dat jy doen wat God jou gevra het om te doen, dan is jy suksesvol. Doen jy wat jy doen met jou hele hart? Die Bybel sê dat jy alles moet doen asof jy dit vir die Here doen. In Johannes 10:10 sê Jesus, die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het
Almal het die potensiaal om suksesvol te wees, maar nie almal ontgin daardie potensiaal nie Wat is die hoofrede dat baie mense nie suksesvol is nie? Ek het bietjie daaroor gaan nadink en besef dat wanneer iemand meer geïnteresseerd is in sy lewenstyl as in sy lewe, sal hy nooit suksesvol
enigste tyd wat jy ooit sukses voor werk sal kry is in die woordeboek! Lui mense is nie suksesvolle mense nie. Ongedissiplineerde mense is nie suksesvol nie. If you fail to plan you plan to fail. Sukses val ook nie uit die hemel nie en groei nie aan bome nie. Sukses is toegewydheid. Ek was in my dae 'n Engelse voortrekker gewees; ek was 'n scout gewees. Die scouts se motto in die lewe was altyd, wees voorbereid. As 'n geleentheid na jou kant toe kom, maar jy is nie voorbereid nie, sal jy nie 'n sukses van die geleentheid maak nie. Ons moet daagliks sukses bedink, 'n
gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. Dis nie net die kwantiteit van die lewe wat saak maak nie, maar ook die kwaliteit. Ek dink nou die dag aan die volgende stelling en dit het my baie laat lag: die
11
gesindheid van sukses handhaaf en 'n woordeskat van sukses aankweek. Sukses is nie wanneer jy die punt bereik het waar niemand jou meer iets kan leer nie. Sukses is om 'n leersame gees te hê! Kyk gou saam met my na Joshua 1:7 – Wees net baie sterk en vol moed, om nougeset te handel volgens die hele wet wat Moses, my kneg, jou beveel het; wyk daarvan nie regs of links af nie, sodat jy met goeie gevolg kan handel, oral waar jy mag gaan. Hierdie skrif lig vir ons die eerste beginsel van sukses uit. Die Bybel waarborg sukses as jy sekere instellings nougeset sal nakom. Die eerste een is om die Woord van God te onderhou. Ons moet 'n dader van die Woord word en tweedens moet ons nie links of regs van die Woord afwyk nie. Met ander woorde, moenie buitensporig raak nie. . . moenie dat jou wiel van die spoor af gaan nie! Jy kan nie van die pad van gehoorsaamheid afdwaal en dink jy kan 'n kortpad na sukses neem nie. Ek wil hê dat jy moet verstaan dat daar geen kortpad na sukses is nie. Die Here maak dat duidelik aan Joshua dat as hy nie links of regs van die pad sal afwyk nie, dan sal hy suksesvol wees in alles wat hy doen. As jy nougeset sal wandel volgens God se Woord, dan sal jy voorspoedig wees en sal dit met jou goedgaan waar jy ook al mag gaan. Dink gou aan hierdie woorde: oral waar jy mag gaan. . . Die Bybel sê dat daar nie 'n plek op hierdie aarde is waar God nie sukses na jou kant toe kan stuur nie. “Maar Engelsman, die werk wat ek nou het is nie 'n goeie een nie.” Hoor my mooi, die plek en die omstandighede kan nie sukses van jou weerhou nie. As jy in God se wil is en jy doen wat Hy sê, sal jy suksesvol wees. In Genesis lees ons van Isak wat homself in 'n
land bevind het wat deur 'n dubbele droogte gegaan het. Dit was droëer as 'n kurk gewees. Hy was gereed om al sy goed op te pak en na Egipte te vertrek waar die water en voeding volop was. God het Isak beveel om nie na Egipte te gaan nie maar om in Gerar te bly. “Gerar” beteken om in sirkels te loop. Het jy al rondgeloop en agtergekom dat 'n sekere boom vir jou bekend lyk?! As jy in sirkels loop, beweeg jy rond maar jy kom nêrens nie. God het vir Isak beveel om in sy haaglike omstandighede te bly en om aan te hou om in sirkels te loop. Toe beveel die Here hom om te saai terwyl daar nie 'n teken van reën in die lug is nie! Sukses kom nie deur die wind en die weer dop te hou nie, dit kom deur gehoorsaam te wees aan die stem van die Here. Isak het besluit om God te gehoorsaam en het sy saad gesaai. Isak het daardie selfde jaar honderdvoudig geoes omdat hy aan God gehoorsaam was. Jy mag dalk vir my sê, “Ja maar Engelsman, hierdie besigheid sal nooit suksesvol wees nie.” Sukses is nie om van een werk na 'n ander te gaan totdat jy gelukkig is nie. Sukses is om te weet dat jy op 'n sekere plek is omdat God jou daar wil hê. Jy moet net bereid wees om jou beste te doen waar jy is, en die Here sal vir jou bevordering gee. Ons lees verder in Joshua 1:8 – Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel. Om sukses te behaal moet jy sukses praat. Nou hoor ek mense al sê: “Ek sal nooit êrens in die lewe kom nie. Ek sal nooit sukses behaal nie.” Weet jy wat? Jy is heeltemal reg! Die Bybel sê in Spreuke 18:21 dat lewe en die dood in die mag van die tong is en hy wat dit graag gebruik sal die vrug daarvan eet. As jy aanhoudend negatief praat, ry jy jou eie sukses in die wiele. God kan van jou 'n sukses in enige land maak. Jy het nie nodig om London of Australië toe te gaan om sukses te bereik nie. God is net so in staat om jou te seën in Suid-Afrika as in Australië. God is die Skepper van die hele aarde en Sy guns rus ook op hierdie nasie. Jy moet leer om 'n woordeskat van sukses op te bou. Gaan gou saam met my na Spreuke 12:14 – In die oortreding van die lippe lê daar 'n gevaarlike strik; maar die regverdige ontkom aan die benoudheid. Uit die vrug van iemand se mond word hy versadig met die goeie, en die daad van 'n mens se hande kom op hom terug. Die nuwe vertaling sê dat 'n mens kan voorspoedig word deur altyd die regte woorde te gebruik. Enige
iemand kan suksesvol word; Pieter kan suksesvol word; Marie kan suksesvol word deur reg te praat! Sukses word gekoppel aan die regte woorde; om negatief te praat is die verkeerde woorde. Lewe en dood is in die mag van die tong. Jou woorde kan vir jou voorspoed of teenspoed bring; dit kan sukses of mislukking bring. Om reg te praat moet 'n lewenswyse word, dit help nie jy praat net elke nou en dan reg nie; jy moet deurgaans let op wat jy sê. Sukses kom nie deur net een keer die regte ding te doen of te sê nie. Sukses kom deur deurentyd die regte dinge te sê. Natuurlik is dit moontlik om dit te doen!
Ons Suid-Afrikaners is so vinnig om onsself af te kraak. Hou op om twak te praat! Die Bybel sê dat Hy wat sy tong beheer, behou sy lewe. Die kwaliteit van jou lewe word deur jou woordeskat bepaal. So sê vir jouself: “Mond en tong, julle is van nou af my beste vriend.” Leer om 'n wag voor jou mond te sit, God gaan dit nie vir jou doen nie. Wat is die doel van 'n wag? Hy moet by die opening staan en kyk wat als wil uitkom. As dit iets negatiefs is, moet hy dit weer terugstuur en dit verbied om uit te gaan. As 'n woord eers uitgegaan het, gaan dit resultate lewer – goed of sleg! Nog 'n ding wat vir my uitstekend is van
Sukses kom deur deurentyd die regte dinge te sê. Die Bybel sê in Deuteronomium 8:4 en Matteus 4:4 dat die mens sal nie alleenlik leef van die brood nie, maar van elke woord wat uit God se mond kom. Ons moet toelaat dat God se woorde ryklik in ons harte woon. Kolossense 3:16 sê – Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Julle Afrikaners het 'n gesegde wat sê dat wat die hart van vol is, loop die mond van oor! Jy kan nie suksesvol praat as jou hart nie vol sukses is nie. Hoe word jou hart vol sukses? Kry God se Woord in jou hart, laat toe dat Sy Woord ryklik in jou woon. Baie van ons Christene praat van en oor ons probleem. Die Bybel sê dat ons mét ons probleem moet praat. Moenie net van die berg praat nie, sê vir die berg hy moet homself ophef en in die see gaan gooi! Is dit nie opmerklik dat die volgende hoofstuk in Spreuke 13:2 die volgende sê – van die vrug van iemand se mond eet hy die goeie, maar die begeerte van die ontroues is 'n daad van geweld. God herhaal dieselfde beginsel weer oor en oor in Spreuke omdat Hy dit so belangrik ag. As jy suksesvol wil praat en suksesvol wil dink, sal daar altyd mense en situasies wees wat jou wil dwing om weer negatief te word. Verwag dat mense vir jou gaan sê: “In dié land? In daai maatskappy? Ag asseblief. . !” Dis hoe ons praat in die land! Sukses word nie in een dag behaal nie, dit kom deur aanhoudend die regte ding te sê en te doen. Jy kan suksesvol in jou huwelik wees deur die regte woorde te praat! Maak dit jou nie opgewonde nie?! Jy kan nie voortdurend sukses nastreef of handhaaf sonder om sukses te praat nie. Praat sukses! Geloof kom deur die aanhoor van die Woord. As jy aanhoudend vir jouself dieselfde ding oor en oor gaan sê, gaan jy dit so waar as wragtig glo!
12
Josua 1:8 is dat God Joshua beveel om dag en nag die Woord te bedink. Jy moet nie net die Woord sê nie, jy moet dit bepeins ook. Om te “bepeins” beteken om iets gedurig vir jouself te mompel. Dis nou amper soos wanneer jy iets vir iemand wil sê, maar jy wil nie hê dat almal dit moet hoor nie, dan mompel jy dit so saggies vir jouself. Dis presies wat bepeins beteken! Mompel die Woord van God! God gee vir ons die potensiaal om suksesvol te wees, maar ons bepaal ons eie sukses. As jy nie suksesvol is nie, begin om te doen wat die Woord sê. Bepeins God se Woord en práát dit. Dan sal jy slaag in wat jy doen en sal jy in alles suksesvol wees. Jy kan ook vergeet om suksesvol te wees as jy jou ophou met onsuksesvolle mense. Die geselskap waarin jy is, gaan bepaal hoe suksesvol jy is. As jy jou drome en jou aspirasies met mense deel wat nie dieselfde visie as jy in die lewe het nie, gaan hulle jou afkraak en jou saam met hulle aftrek. Jou vriende speel 'n groot rol in jou sukses, hulle kan 'n groot gedeelte van jou lewe bepaal. Wees baie versigtig met wie jy jou drome en aspirasies deel. Die Bybel sê dat jy nie jou pêrels vir die varke moet gooi nie. Jy het nie vriende nodig wat teen al jou drome praat nie. Hulle woorde mag dalk nie enige invloed hê terwyl dit met jou goed gaan nie, maar sodra die lewe moeilik begin raak, gaan daardie woorde by jou begin spook. Dis jou verantwoordelikheid om jou te omring met vriende wat sáám met jou drome praat. Lees gou saam met my Psalm 1:1 – Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die
spotters nie; maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag. En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit. Ons spot partykeer maklik met mense en hul drome en maak ons eie bespotting af as 'n ligte grappie. Ons moet versigtig omgaan met ander mense se drome! Die nuwe vertaling van hierdie skrif sê dat só 'n persoon suksesvol is in alles wat hy aanpak. Om iets aan te pak beteken om 'n projek te begin, maar 'n aar kan ook deur cholesterol aangepak word. “Aanpak” het dus nie altyd 'n goeie konnotasie nie! As jy vriende om jou het wat jou drome ligtelik opneem en ligsinnig omgaan met jou hartsbegeertes, is die are van jou sukses besig om aan te pak! Is dit tyd vir jou om bietjie die wind van voor te kry? Daar is 'n skrif in die Bybel wat sê dat God jou sal neem na die hawe van jou begeertes. Die Here lei die regverdiges op hulle pad. Jy het dalk nie 'n goeie begin in die lewe gehad nie, maar jy kan vir jou kinders 'n beter begin gee. Jy kan hulle die geleentheid gee om te begin waar jy geëindig het. In 1 Konings 2:1 het Dawid vir sy seun Salamo op sy sterfbed vir hom die volgende gesê: Ek gaan heen op die weg van die hele aarde: wees dan sterk en word 'n man; en onderhou die ordening van die HERE jou God deur te wandel in sy weë, deur sy insettinge, sy gebooie en sy verordeninge en sy getuienisse te onderhou, soos geskrywe is in die wet van Moses, sodat jy voorspoedig kan uitvoer alles wat jy doen, en alles waartoe jy jou begewe; sodat die HERE sy woord mag vervul wat Hy oor my gespreek het, naamlik: As jou seuns ag gee op hulle weg deur voor my aangesig getrou te wandel met hulle hele hart en met hulle hele siel, dan sal daar nie vir jou 'nman op die troon van Israel ontbreek nie.
hoof van 'n maatskappy is nie. Jy kan suksesvol wees in alles wat jy doen! Ek sluit hierdie hoofstuk af deur jou met die volgende woorde te seën. Wees gehoorsaam aan God en die volgende is vir jou gewaarborg! Deuteronomium 28:1: Geseënd sal jy wees in die stad, en geseënd sal jy wees in die veld. Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land en die vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee. Geseënd sal wees jou mandjie en jou bakskottel. Geseënd sal jy wees by jou ingang, en geseënd sal jy wees by jou uitgang. Die HERE sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug. Die HERE sal die seën oor jou gebied in jou skure en in alles waar jy jou hand aan slaan; en Hy sal jou seën in die land wat die HERE jou God jou sal gee. Die HERE sal jou vir Hom as heilige volk bevestig soos Hy jou dit gesweer het, as jy die gebooie van die HERE jou God hou en in sy weë wandel. En al die volke van die aarde sal sien dat die Naam van die HERE oor jou uitgeroep is, en hulle sal vir jou vrees. En die HERE sal die goeie aan jou oorvloedig gee in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou land, in die land wat die HERE aan jou vaders met 'n eed beloof het om aan jou te gee. Die HERE sal sy goeie skatkamer, die hemel, vir jou oopmaak om die reën van jou land op die regte tyd te gee en om al die werk van jou hand te seën; en jy sal aan baie nasies uitleen, maar self nie hoef te leen nie.
Jy het dalk nie 'n goeie begin in die lewe gehad nie, maar jy kan vir jou kinders 'n beter begin gee Hou aan om die voorskrifte van die Here te volg; hou jou op met God se Woord. Die dae gaan kom dat die mat onder jou uitgeruk word. Hou net aan om te doen wat die Here gesê het jy moet doen en bly gehoorsaam. Dan sal jy voorspoedig wees in alles wat jy doen en orals waar jy gaan. Jy kan sukses bekom deur gehoorsaam te wees aan die Woord van God. Deur gehoorsaam te wees erken jy dat God beter weet as jy. Dit maak nie saak of jy 'n onderwyseres, 'n huisvrou of die
En die HERE sal jou die kop en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe gaan nie. Amen!
13
God ag mense wat Hom vrees en Sy naam eer so hoog, dat Hy hulle name in 'n gedenkboek neerskryf wat gedurig voor Sy aangesig is!
Waarvoor sal jy onthou word?
deur Gary Kieswetter
14
D
ie eerste vraag wat ek jou wil vra is, waarvoor wíl jy en waarvoor sál jy onthou word? Daar is 'n baie duidelik verskil tussen die twee! Partykeer wanneer jy deur iemand te nagekom word, dan onthou jy daardie persoon vir wat hy aan jou gedoen het. Ons as mense vergeet nie maklik nie – ons onthou jare nog na 'n gebeurtenis wat iemand aan ons gedoen het – goed of sleg. As jy vandag tot sterwe moet kom, waarvoor sal mense jou onthou?
wanneer hierdie skrif gelees word, eer God haar vir die salf wat sy oor sy hoof uitgegiet het. God herinner Homself aan die daad wat sy vir Hom gedoen het omdat dit Hom soveel vreugde verskaf om daaraan te dink! Na tweeduisend jaar, hou Jesus steeds Sy Woord omdat sy eenmalig iets aan Hom gedoen het wat Hom geseën het. Dink net watse kompliment dit vir haar agterkleinkinders moet wees! Hulle oumagrootjie se nagedagtenis is ook aan hulle oorgedra jare nadat sy reeds oorlede is.
Partykeer kom 'n geleentheid oor ons pad en sien ons dit nie raak voordat iemand anders dit voor ons neuse kom wegraap nie Wanneer ons ons geliefdes begrawe, dan rig ons vir hulle ter nagedagtenis 'n gedenksteen op. Dis jammer dat ons eers tydens 'n begrafnis vir ons geliefdes die dinge sê wat hulle moes hoor terwyl hulle geleef het. Baiekeer keer ons terug na grafte met die swaar wete dat ons nooit gesê het wat ons moes sê nie. Gaan kyk saam met my in die Bybel na Markus 14:3 na 'n besonderse geval van iemand wat iets gedoen het, waarvoor sy altyd onthou sal word – En toe Hy in Betánië was, in die huis van Simon, die melaatse, terwyl Hy aan tafel was, kom daar 'n vrou met 'n albaste fles met egte, baie kosbare nardussalf; en sy breek die albaste fles en gooi dit op sy hoof uit. En daar was sommige wat by hulleself verontwaardig was en gesê het: Waarvoor het hierdie verkwisting van die salf plaasgevind? Want dit kon vir meer as drie honderd pennings verkoop en die geld aan die armes gegee geword het. En hulle het teen haar uitgevaar. Maar Jesus sê: Laat haar staan; waarom val julle haar lastig? Sy het 'n goeie werk aan My gedoen. Want die armes het julle altyd by julle, en wanneer julle wil, kan julle aan hulle goed doen; maar My het julle nie altyd nie. Wat sy kon, het sy gedoen. Sy het vooruit al my liggaam vir die begrafnis gesalf. Voorwaar Ek sê vir julle, oral waar hierdie evangelie oor die hele wêreld verkondig word, daar sal ook gespreek word van wat sy gedoen het, tot 'n gedagtenis aan haar. Wat vir my verstommend is, is dat na meer as tweeduisend jaar word hierdie vrou steeds onthou vir die goeie daad wat sy gedoen het! Elke keer
Kom ons gaan kyk bietjie meer in detail presies hoekom hierdie daad so spesiaal was. Eerstens het sy by 'n melaatse man se huis opgedaag waar Jesus besig was om aandete te geniet. Simon, wat melaats was, het 'n ideale geleentheid gehad om self Jesus met olie te salf nadat Hy hom genees het. Simon het net nie die geleentheid raakgesien om iets te doen waarvoor hy duisende jare later nog voor onthou sal word nie. Hier daag 'n ongenooide vrou by sy huis op en sy kom salf Jesus met olie. Sy was 'n indringer gewees, eintlik was daar nie vir haar 'n geleentheid om Jesus te ontmoet nie. Sy het egter self die geleentheid geskep deur na Simon se huis te stap en Jesus te gaan opsoek. Daar was die perfekte geleentheid voor Simon se oë en hy kon dit nie raaksien nie! Partykeer kom 'n geleentheid oor ons pad en sien ons dit nie raak voordat iemand anders dit voor ons neuse kom wegraap nie. Dit was eerstens Simon se geleentheid om aan te gryp, maar hy was nalatig en het die kans deur sy vingers laat glip.
en sy het dit nie vir haarself gehou nie. Daardie kosbare olie was 'n refleksie van wie sy as mens was. Wanneer jy aan iemand iets gee, is dit 'n refleksie van jou karakter! Sy het 'n halwe liter suiwer nardussalf op Jesus uitgekeer sonder om te skroom! Dit was meer as 'n jaar se salaris! Kan jy jou indink dat jy jou hele jaar se salaris neem en dit netso vir die Here gee? Dis nie sommer iets wat mens ligtelik sal doen nie. Dis jou neseier, die geld wat jy moet bêre vir eendag op 'n reëndag. Dis die verband op jou huis, die kos in jou kas en die klere aan jou bas! Hierdie vrou het alles eenmalig netso op Jesus uitgestort. Sy het dit nie bietjies-bietjies op Sy hoof uitgegiet en dit spaarsamig gebruik nie. Nee, sy vat daardie albaste fles en breek dit letterlik oop sonder om iets terug te hou. Die Griekse vertaling sê dat sy dit in stukke gebreuk het om die olie uit te kry. Sy het voluit gegaan en mens kan amper sê dat sy dit op Hom uitgemors het! Dis hoeveel werd Jesus vir haar was in vergeleke met 'n hele jaar se salaris! Sy het dit juis oor Jesus se hoof uitgegiet omdat dit 'n simbool van Sy outoriteit, mag en gesag is. Toe sy die houer breek, het sy nie 'n oomblik se spyt gehad nie! Daardie olie was 'n dank- en lof-offer aan God. Wanneer jy iets vir God gee, of dit nou jou tyd, jou geld of jou liggaam is, is dit 'n vorm van aanbidding. Dis vir my verstommend dat niemand kapsie maak, behalwe die dissipels nie. Elke keer wanneer Jesus iets gedoen het, was dit nie die wêreldlinge of die heidene wat kapsie maak nie, maar die dissipels, Fariseërs en Sadduseërs! Hulle het geen rede ingesien waarom daardie vrou die olie op Jesus moes uitgiet nie. Hulle het dit as totale verkwisting van goeie olie gesien. Hulle wou eerder gehad het dat die olie verkoop moes word en dat die geld vir die armes gegee sal word. Klink dit nie ook vir jou na baie edele en opregte bedoelings nie? Die Bybel sê in Johannes 12 dat
Jy kan nie die lewende God dien, en jouself ten koste van ander verryk nie Die vrou het voorbereid en doelgerig daar aangekom – gereed om Jesus te seën met haar kosbare salfolie. Kom jy agter dat sy nie Jesus of Simon se toestemming vra voordat Sy Hom salf nie? Sy het haar kosbaarste besitting gebring en dit op Jesus kom uitgooi. Daardie olie was baie werd gewees – meer as drie honderd pennings –
15
dit juis Judas was wat die voorstel gemaak het omdat hy in beheer was van die geldsake en homself dikwels aan hierdie geld gehelp het! Indien die olie verkoop sou word, sou dit dalk heel moontlik in Judas se sak beland het en nie in die armes sin nie! Jy kan nie die lewende God dien, en jouself
ten koste van ander verryk nie. Judas het nie Jesus waardevol genoeg geag om te verstaan waarom die vrou nou juis die olie op Hom wil mors nie. Is dit nie opmerklik dat dit juis Judas is wat later 'n gemors van sy lewe gemaak het nie? Hy het soveel geleenthede gehad om God te eer en om Jesus te seën, maar dit nie een keer gebruik nie en het Jesus juis verraai vir 30 goue muntstukke!
Josef van Arimathéa, wat 'n dissipel van Jesus was, maar in die geheim, uit vrees vir die Jode, vir Pilatus gevra of hy die liggaam van Jesus mag wegneem. En Pilatus het dit toegelaat. Hy het toe gegaan en die liggaam van Jesus weggeneem. En Nikodémus, wat die eerste maal in die nag na Jesus gegaan het, het ook gekom met 'n mengsel van mirre en alewee van omtrent honderd pond gewig. En hulle het die liggaam van
Niemand sal jou ooit onthou vir die dinge wat jy gedoen het nadat hulle gesterf het nie! Judas het die vrou se aksies as dwaas beskou. Partykeer gebeur dit dat iemand iets vir God doen en jy kan nie verstaan hoekom hulle so iets doen nie. Jy maak dit dalk as iets simpel, belaglik of selfs dwaas af omdat jy nie die ware motief van daardie persoon se dade verstaan nie. Dit irriteer jou selfs hoe ander God aanbid! Moenie iemand oordeel wat iets vir God uit sy hart doen nie. Laat toe dat God daardie persoon en sy dade oordeel – Hy ken elkeen se hart en weet wat daar binne skuil. Jy sien nie wat God in daardie persoon se hart raaksien nie. Ek hou so baie van Jesus se antwoord in die Nuwe Vertaling. . . Hy sê vir die dissipels dat hulle dit nie vir haar moeilik moet maak om iets goeds vir Hom te doen nie. Daardie salwing het vir Jesus meer beteken as wat die dissipels kon begryp. Sy het gekom en Hom vooruit vir Sy eie begrafnis gesalf en daarom was dit vir Jesus so spesiaal dat Hy tot vandag toe nog haar daarvoor eer! 'n Enkele en eenvoudige daad uit die hart kan partykeer meer impak maak as 'n klomp dinge! Die Bybel sê dat enige iemand wat water aanbied vir iemand wat aan Hom behoort, nie sonder beloning gelaat sal word nie. Enige iets wat jy aan 'n kind van die Here doen, doen jy aan Hom! Daardie vrou het God waarlik aanbid deur haar dade. Daardie parfuum het die poorte van die hemel gevul met 'n heerlike geur wat God behaag het! Die naam van elkeen van God se kinders is in Sy handpalms gegraveer, en niemand kan dit ooit uitwis nie. Jou dade van aanbidding word weer in Sy hart gegraveer, en wanneer Hy na jou kyk dan onthou Hy dit net soos wat Hy onthou het dat daardie vrou Hom gesalf het! In Johannes lees ons dat twee manne na Pilatus toe gegaan het en vir Jesus se liggaam gevra het sodat hulle Hom kan begrawe. Ons lees dit in Johannes 19:39 – En ná hierdie dinge het
Jesus geneem en dit in doeke toegedraai saam met die speserye, soos die gewoonte van die Jode is om te begrawe. Nikodémus het 'n 50 liter mengsel van reukolie en aalwyn gebruik om Jesus se liggaam te balsem. Maar, nêrens in die Bybel sê dit dat Nikodémus vir ewig vir hierdie daad onthou sal word nie. Hoekom was daardie vrou se half liter soveel meer waardevol as hierdie man se 50 liter? Dit het niks met die hoeveelheid van die olie te doen nie, maar as gevolg van die tydsberekening. Sy het daardie olie oor Jesus uitgegiet terwyl Hy nog geleef het, terwyl Hy nog daar was om dit te waardeer. Moenie wag tot iemand dood is voordat jy jou ware gevoelens wys nie – doen dit terwyl hulle leef, doen dit vandag nog! Niemand sal jou ooit onthou vir die dinge wat jy gedoen het nadat hulle gesterf het nie! Vat eerder nou vir jou vrou blomme, nie eers met haar begrafnis nie! Al verlep dit na twee dae, dit maak nie saak nie. Wat saak maak is dat sy nou sien hoe baie jy vir haar beteken.
kan een woord baie dieper sny as wat jy bedoel het en iemand onthou dit jare daarna nog. Maar die positiewe kant daarvan is dat een woord van deernis partykeer 'n groter impak op iemand se lewe kan hê as 'n klomp mooi woorde sonder gevoel. God sê dat Hy juis Abraham gekies het omdat Hy geweet het dat Abraham sy kinders die regte weë sal leer. Wanneer God terugdink aan Abraham se lewe op aarde, dan onthou Hy hom vir sy geloof. Dis nou al duisende jare later en Abraham word steeds vir sy geloof onthou! Ons lees dit in Romeine 4:11 – En hy het die teken van die besnydenis ontvang as 'n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word; en ook 'n vader van die besnydenis vir die wat nie alleen uit die besnydenis is nie, maar ook wandel in die voetstappe van die geloof van ons vader Abraham toe hy onbesnede was. Want die belofte dat hy erfgenaam van die wêreld sou wees, het Abraham of sy nageslag nie deur die wet verkry nie, maar deur die geregtigheid van die geloof. Die punt wat ek graag wil oorbring, is dat jy nie iets groots vir God hoef te doen sodat Hy jou daarvoor sal onthou nie. Partykeer het 'n klein dingetjie op die regte tyd 'n groter impak as wat ons ooit kan besef. Kom lees gou saam met my Handelinge 10:1 – En daar was in Cesaréa 'n man met die naam van Cornelius, 'n hoofman oor honderd van die sogenaamde Italiaanse leërafdeling. Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God. Hy het duidelik in 'n gesig
Partykeer het 'n klein dingetjie op die regte tyd 'n groter impak as wat ons ooit kan besef. Wat sal jou kinders van jou onthou nadat jy dood is? Sal hulle jou net onthou omdat dat jy 'n dak oor hulle kop gesit het en kos op die tafel gesit het? Of sal hulle jou as ouer onthou as iemand wat vir hulle 'n voorbeeld in elke opsig was? Wat sal jou eggenoot of jou kollegas van jou onthou? Dit waarvoor jy onthou word, is die nalatenskap wat jy agter los; dis die een ding wat 'n impak op ander mense gemaak het. Dis hoekom dit so belangrik is om op te let hoe ons teenoor ander mense optree. Partykeer
16
omtrent die negende uur van die dag 'n engel van God na hom sien inkom en vir hom sê: Cornelius! En hy het die oë op hom gehou en vol vrees gesê: Wat is dit, my heer? Toe antwoord hy hom: Jou gebede en jou aalmoese het voor God in gedagtenis gekom. Hier is 'n man wat as hoof van 'n honderd man gestaan het. Wat my opval is die feit dat hy nie 'n Jood is nie en daarom ook nie die Christelike geloof aangehang het nie. Maar, hy het sekere gewoontes gehad wat ooreengestem het met die
Joodse geloof. Hy was so beïndruk met wat die Jode gedoen het, dat hy dit aangeleer het. Hy het by hulle geleer om gedurig tot God te bid en om vrymoedig te gee. Die Moslems bid tot vyf keer per dag, maar ons wat 'n verhouding met die lewende God het, versuim partykeer om met Hom te kommunikeer. Partykeer bid ons net uit nooddwang; ons bid omdat ons in die moeilikheid is en ons het hulp nodig! Gebed is nie net daar sodat jy jou behoeftes aan God kan kommunikeer nie, maar ook sodat jy kan weet wat God se wil vir jou is. Die hoofsaaklike doel van gebed is sodat jy 'n verhouding met God kan opbou.
bid in jou pad staan nie. Romeine sê dat ons nie weet wat of hoe om te bid nie, maar die Heilige Gees binne in ons sal namens ons bid. Ek kom agter dat wanneer jy tyd maak vir God in gebed, maak Hy weer vir jou die tyd dubbel en dwars op. Tyd wat jy in gebed spandeer, is nooit tyd wat verlore gaan nie, dis tyd wat God weer vir jou sal teruggee! Hier kom Cornelius – 'n Italiaanse man wat by die Jode geleer het om te bid. Dis nie iets wat van kleins af vir hom geleer is of in sy kultuur is nie en tog het hy die waarde daarin gesien. Cornelius is die eerste heiden in die Bybel wat tot bekering
Gebed is nie net daar sodat jy jou behoeftes aan God kan kommunikeer nie, maar ook sodat jy kan weet wat God se wil vir jou is Gebed is ook daar om jou te verander sodat jy Christusgelykvormig sal word. Gebed verander jou eers voordat dit jou omstandighede verander. Die vyand vrees 'n man of vrou wat in gebed is omdat dit God die geleentheid gee om jou te vorm en te maak soos wat Hy wil. Gebed is nie net iets wat jy doen wanneer jy in die moeilikheid is of iets wil hê nie – dit raak 'n lewenswyse. Dawid sê in Psalm 5:3 – In die môre, HERE, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag. God hoor ons gebede en Hy antwoord ons ook altyd. Die antwoord is dalk nie altyd die een wat ons wil hoor nie, maar dit is altyd die regte antwoord! Dit was drie-uur in die middag en Cornelius was besig om te bid toe 'n engel aan hom verskyn het. Ek dink nie dat Cornelius dit enigsins verwag het nie! Let op dat hy nie gebid het omdat hy móés nie, maar omdat hy wou. Hy het gebid omdat hy tyd saam met God wou spandeer en nie omdat hy in die knyp was nie. Praat met God wanneer jy Hom nodig het en wanneer jy Hom nie nodig het nie. Bid wanneer jy 'n tekort het en bid wanneer jy oorvloed het. Bid wanneer jy gesond is en bid wanneer jy siek is. Die Bybel sê dat ons altyddeur moet bid. Dis ook belangrik om te besef dat jy vir ander mense ook moet bid en nie net vir jouself en jou eie behoeftes nie. Ons is partykeer so gefokus op ons eie behoeftes en probleme dat ons nie eers daaraan dink om vir ander mense te bid nie. Ons gaan blindelings deur die lewe en leef in ons eie, klein wêreldjie. Moenie dat die feit dat jy nie weet hoe om te
gekom het! Hy het daagliks gebid en ook met 'n blymoedige hart aalmoese aan die armes gegee. Maar waarvoor word Cornelius onthou? Hy word onthou vir sy gedissiplineerde gebedslewe en omdat hy 'n blymoedige gewer was. Selfs God onthou hom só! Om blymoedig te gee, beteken om met 'n glimlag te gee! Jy hoef nie ryk te wees om te gee nie – daarom sê God dat Hy 'n blymoedige gewer liefhet. Dalk sal jy ook eendag onthou word as iemand wat altyd met 'n glimlag gegee het. Dalk sal jy onthou word as iemand wat medelye met ander se seer gehad het. Die feit van die saak is dat dit nie moeilik is om vir iets belangriks onthou te word nie. Het jy al gedink waarvoor die Here jou sal onthou? Jy dink dalk dat jy nog nooit iets waardevols genoeg gedoen het sodat die lewende God jou sal onthou nie. Maar, daar is goeie nuus! God ag mense wat Hom vrees en Sy naam eer so hoog, dat Hy hulle name in 'n gedenkboek neerskryf wat gedurig voor Sy aangesig is! Ons lees dit in Maleagi 3:16 – Toe het die wat die HERE vrees, met mekaar gespreek; en die HERE het dit opgemerk en gehoor, en daar is 'n gedenkboek voor sy aangesig geskrywe vir die wat die HERE vrees en sy Naam eer. Jy hoef nie 'n martelaar soos Stefaan of kryger soos Dawid te wees sodat die Here jou sal onthou nie. God sal jou verewig onthou omdat jy Hom vrees en Sy naam eer!
17
Die man van die huis is soos 'n paal in die middel van 'n groot tent wat alles regop hou.
Mans, bid vir julle vrouens! deur Gary Kieswetter
18
G
od sê in Sy Woord dat die man die hoof van die huis is. As die man sy plek voor God inneem, dan sal sy vrou en kinders ook hul regmatige plek inneem. Die man is veronderstel om die voorganger, leier en beskermer te wees. In Christus, is die man en die vrou een. Ons is medeerfgename van dieselfde genade van God en in Christus is daar geen onderskeid van geslag nie. In Christus is ons nie man of vrou nie, maar saam die bruid van Christus. Dit is ook die enigste keer wat dit okei is dat 'n man na homself as 'n bruid verwys! Maar in die huwelik is die man die hoof van die huisgesin. Nou spot julle Afrikaners en sê dat die vrou die nek is en sy draai die hoof net watter kant toe sy wil! Wanneer kinders sien dat die man die hoof van die huisgesin is en dat hy sy verantwoordelikheid opneem, dan sal hulle lewens ook in orde wees. Die man van die huis is soos 'n paal in die middel van 'n groot tent wat alles regop hou. Sodra die paal opgerig word, is daar ruimte en spasie vir almal. In Genesis lees ons van so 'n man wat sy regmatige plek voor God geken het. Die man en sy vrou was vir jare lank getroud sonder dat hulle enigsins kon kinders kry. As 'n vrou in die Ou Testament nie kinders kon baar nie, het die mense dit gesien as 'n teken van God se toorn en oordeel. Ons lees dit in Genesis 25:1 – En Isak het die HERE gesmeek met die oog op sy vrou, want sy was onvrugbaar; en die HERE het hom verhoor, sodat sy vrou Rebekka swanger geword het. En die kinders het teen mekaar gestoot binne-in haar. Toe sê sy: As dit so gaan, waarvoor leef ek dan? Daarop het sy gegaan om die HERE te raadpleeg.
vernederend dit vir hulle moes wees? Jakob het aanhou vasklou aan die belofte wat God aan sy voorvader Abraham gemaak het. Hy was in dieselfde posisie as sy voorvader Abraham wie se vrou, Sara, ook nie kon swanger raak nie. Maar, Jakob het gelukkig nie Abraham se voorbeeld gevolg en die diensmeisie swanger gemaak uit desperaatheid nie!
Dit maak nie saak wat jou ouers in hulle huwelik verkeerd gedoen het nie, jy kan die regte besluit maak en die regte ding doen Sara het ongeduldig geraak en het met 'n plan B vorendag gekom. Hulle het God se soewereine plan met hul eie plan vervang omdat hulle nie kon wag nie. Abraham het Haggai genader – sy was so reg soos 'n roer en het nie geskroom om haar meester se wens te vervul nie! Selfs Sara was in op die plan – sy was bereid om daardie kind soos haar eie groot te maak. Haggai was wat ons vandag 'n surrogaat-moeder noem. As God jou 'n belofte gee en Hy talm en vertoef om daardie belofte na te kom, volhard in jou geloof. God wat die belofte aan jou gemaak het, is die enigste een wat dit kan vervul. Die moeilikste ding vir 'n Christen is partykeer om aan te hou glo in die belofte wat God vir jou gegee het wanneer daar vir jare lank niks gebeur nie. Ons probeer dan ons eie plannetjies maak om te kry wat God ons beloof het. Daardie pogings wat ons aanwend om ons eie behoeftes te vervul, sal altyd 'n produk van die vlees wees. Omdat Abraham nie gewag het vir God om sy belofte te vervul nie, is Ismael gebore.
Die mense het na haar gekyk en gewonder wat sy verkeerd gedoen dat God haar so straf Die feit dat sy nie kon kinders kry nie, was vir haar 'n ergenis en 'n swaar las wat sy moes dra. Die mense het na haar gekyk en gewonder wat sy verkeerd gedoen het dat God haar so straf. Mense het agter haar rug geskinder en haar uitgelag. Ek wil vir jou een ding sê – net omdat jy deur 'n moeilike tyd gaan, beteken dit nie dat jy nie volkome in die wil van God is nie. Daar is mense wat deur moeilike tye en verdrukking gaan en mense dink verkeerdelik dat dit 'n teken van God se toorn is. Jakob en Rebekka het twintig jaar lank gesukkel om kinders te hê – weet jy hoe
Jakob is, is dat hy nie sy pa en sy oupa se gewoontes herhaal het nie, maar besluit het om eerder te bly staan op God se belofte. Dit maak nie saak wat jou ouers in hulle huwelik verkeerd gedoen het nie, jy kan die regte besluit maak en die regte ding doen. Soveel mense voel dat net omdat hulle pa en hulle oupa iets gedoen het, hulle dit outomaties ook gaan
Tot vandag toe nog is daar oorlog tussen die nasaat van Isak en Ismael. Die Jode en die Arabiere moor mekaar na derduisende jare nog steeds omdat Abraham nie kon wag nie! Jy skep soveel probleme in jou huwelik wanneer jy besluit om God se beloftes in jou eie hande te neem. Jy mag dalk na die tyd spyt wees en God om vergifnis vra, maar jy en jou kinders en kleinkinders sal met die nagevolge moet saamleef. Isak het presies dieselfde as Abraham gaan staan en doen. Hy het met twee slavinne geslaap om só kinders te kry. Wat vir my so wonderlik van
19
doen. Net omdat jou pa nie jou ma gerespekteer het nie, beteken dit nie dat jy ook nie jou vrou gaan respekteer nie. Jy kan nie jou pa gebruik as 'n verskoning vir jou eie verkeerde keuses in die lewe nie. Jy is verantwoordelik vir jou eie keuses en besluite – jy besluit hoe jy gaan optree, jy besluit oor jou eie toekoms. Isak beteken geluk en vreugde. Sy naam het sy persoonlikheid geword en sy persoonlikheid het sy karakter geword. Sy naam het hom die vermoë gegee om te volhard in gebed vir twintig jaar lank sonder om op te gee en die belofte van God te verraai. Hy het nie een keer God verwyt of Hom beskuldig dat Hy nie Sy Woord kan hou nie. Hy het dalk 'n bietjie Afrikaner bloed in hom gehad want hy het geglo dat aanhouer wen! Dis nogal moeilik as jy 'n intelligente persoon is, om te glo dat iets sal gebeur wanneer alles teen jou draai. Waak daarteen om nie negatief te word net omdat jy nog nie jou drome sien realiseer het nie. Ons gee partykeer so gou moed op en begin dan dink dat ons 'n niksnut is. Wanneer jy deur die lewe gaan met die ingestelheid dat niks ooit vir jou reg uitwerk nie, dan sal niks ooit vir jou uitwerk nie. Jy baklei ook nie wanneer teenspoed jou tref nie, want jy het dit mos verwag! Maar, wanneer jy die mentaliteit het dat jy meer as 'n oorwinnaar is, dat jy tot alles in staat is deur Christus wat jou die krag gee, dan sal jy bo in die lewe uitkom. As dinge dan verkeerd gaan, dan aanvaar jy dit nie sommer net so nie. Omdat jy glo dat jy meer as 'n oorwinnaar is, sal jy nie opgee wanneer dinge teen jou tel nie. As jy glo dat jy tot alles in staat is deur Christus se krag, dan gaan lê jy nie wanneer dinge moeilik raak nie. Die Afrikaner is vir soveel jare bekend as 'n vrolike nasie. 'n Nasie wat te midde van teenspoed en onderdrukking nie hulle sin vir humor verloor nie. Isak was vreugdevol al het hy twintig jaar vir 'n kind gebid en niks ontvang nie. Hoe op dees aarde
kon hy regkry om nie negatief te word en God te vervloek nie? Want die Bybel sê dat die vreugde van die Here jou krag is. Glo my, jy het krag nodig om te volhard in gebed en geloof vir twintig jaar lank! Dis net die blydskap van die Here wat jou daartoe in staat stel. As jy nie die blydskap van die Here het nie, dan raak jy bitter, sinies en kort van draad. Het jy agtergekom dat as jy kan lag, dan kan jy baie meer verduur? As jy kan lag dan kan die klein jakkalsies nie jou wingerd verwoes nie! As jy vol vreugde is, dan word jy nie maklik van stryk gebring deur 'n slegte gebeurtenis nie. Vreugde skep die ideale atmosfeer vir geloof om te floreer.
verwagting het, het hoop! Ons Suid-Afrikaners kan partykeer so maklik ons verwagting en ons hoop kanselleer. Die duiwel hoef nie eers moeite te doen om dit by ons te probeer steel nie, want ons gooi dit sommer vanself weg sodra dinge bietjie moeilik raak! Die Bybel sê in Hebreërs dat geloof juis die vaste vertroue is van die dinge wat ons hoop. As ons nie hoop het nie, dan het ons ook nie geloof nie! God sal jou nie in die steek laat nie; Hy is nie 'n mens dat Hy sal lieg nie. Dit mag dalk vir jou voel asof Hy laat is, maar in der waarheid is Hy net betyds! Ek weet nie hoekom die Here vir twintig jaar
Vir twintig jaar lank het hulle die verwagting gehad dat God sy belofte sou nakom Rebekka se naam in die oorspronklike Hebreeus beteken om 'n perdeskoen te stram. In die ou tyd het hulle 'n gewig aan die perdeskoen gesit om te keer dat die perd te vinnig hardloop. Omdat Rebekka nie 'n kind kon kry nie, was haar vooruitgang in die lewe geïnhibeer. Wat hou jou terug om jou drome uit te leef? Almal sal 'n ander antwoord op daardie vraag hê! Maar wat het gemaak dat jy in jou spore gestuit is en dat jy nie meer vorentoe kan beweeg nie? Wanneer iets jou terughou en verhoed dat jy vorentoe beweeg, dan verloor jy ook makliker jou balans. Wanneer jou balans nie meer lekker is nie, dan is jy ook huiwerig om 'n volgende stap in geloof te neem! Hoe weet ek dat Isak 20 jaar lank vir 'n kind gewag het? Isak was 40 jaar oud toe hy met Rebekka getrou het en het eers op 60 jarige ouderdom pa geword! In teologiese terme praat ons van die dogma van nommers. Elke nommer in die Bybel het 'n betekenis – twintig beteken om getoets te word en te slaag. Vir twintig jaar lank was Isak getoets met die doel dat hy sou slaag. Vir twintig jaar lank het hy die probleem in sy huwelik beveg en het hy gewen. Vir twintig jaar lank het hulle die verwagting gehad dat God sy belofte sou nakom. Hulle het verwag dat hulle lot ten goede sou verander; hulle het verwag dat hulle verleentheid 'n geleentheid sal word; hulle het verwag dat hulle sou kry wat God hulle beloof het! Dawid sê dat hy vroeg in die oggend met die Here sal praat en heeldag met verwagting sal uitsien na die Here se stem. 'n Verwagting is 'n ander woord vir geloof en hoop. 'n Man wat 'n
getalm het voordat Hy Sy belofte vervul het nie. Partykeer bid ons vir iets en ons ontvang dit dadelik, ander kere moet ons lank daarvoor wag. Almal van ons sukkel met ten minste een ding in ons lewens wat nie wil verwesenlik nie en al vir jare sloer. Dit mergel jou uit en dit verwar jou. . . as jy dink aan daardie belofte wat nie vervul word nie, dan voel jy somer onnodig skuldig omdat jy dink dat die fout by jou lê. Dis vir my oplettend dat ons Suid-Afrikaners partykeer skuldig voel oor dinge waaroor ons nie nodig het om skuldig te voel nie. Jy het nie nodig om skuldig te voel oor dinge waaroor jy nie beheer het nie. Ek kom agter dat in 'n huwelik, is skuldgevoel baiekeer die ding wat 'n wig tussen twee mense bring. Daar is soveel paartjies wat se huwelik op die rotse is omdat hulle nie bereid is om te praat oor die skuldgevoel wat binne in hul is nie. Hulle wil nie om 'n tafel gaan sit en dinge uitpraat nie.
Jy kan nooit passievol vir iemand anders bid as jy nie daardie persoon passievol liefhet nie. Isak het geglo dat die Here Rebekka bonatuurlik aan hom gegee het, en daarom kon hy met soveel passie vir haar intree. Sy pa, Abraham, het sy dienskneg uitgestuur om spesiaal vir Isak 'n vrou te vind. Abraham het sekere voorskrifte gegee en ook sekere eienskappe wat hy in 'n vrou gesoek het. Abraham het geweet dat sy seun 'n besonderse man is en het daarom vir hom 'n besonderse vrou gesoek wat by hom sal pas. Die gesegde sê nie verniet dat agter elke suksesvolle man, staan 'n suksesvolle vrou nie! Die dienskneg het nie 'n foto van Rebekka gehad sodat hy haar kan herken as hy haar sien nie. Hy moes op God vertrou om hom op die regte pad te neem. God was getrou aan Abraham en het sy engel voor die dienskneg uitgestuur en hom die pad gewys. God wat vooruitsien sal altyd vir jou voorsien! God het Rebekka vir Isak met die hand uitgesoek. Het jy agtergekom dat elke paartjie in die Bybel wat die Here bymekaar gebring het, deur moeilike tye gegaan het sonder om te skei? Daarom sê die Bybel dat geen mens mag skei wat die Here saamgevoeg het nie. Die dienskneg het vir Rebekka met die hand uitgesoek en haar saam met hom terug na Egipte geneem. Ek kan net dink hoe Isak daarna moes uitsien om Rebekka vir die eerste keer te sien! Terwyl hy vir Rebekka wag om op te daag, is hy in gesprek met die Here. Isak het 'n ware verhouding met die Here gehad en daarom kon hy God vertrou om vir hom 'n vrou te voorsien. Godsdiens kan jou nooit op die lewe voorberei nie, slegs 'n lewendige verhouding met die Here kan. Vormgodsdiens kan jou nooit dra deur die lewe se teleurstellings en uitdagings en skielike verandering nie! Toe Rebekka vir Jakob sien, het sy dadelik na
Godsdiens kan jou nooit op die lewe voorberei nie, slegs 'n lewendige verhouding met die Here kan Kom ons kom weer terug na Isak en Rebekka. Isak het gesien dat sy vrou swaarkry en het besluit om namens haar na die Here te gaan en vir 'n kind te smeek. Die Here het onmiddellik Isak se gebed verhoor en Rebekka het swanger geraak. As jy die Here vir iets smeek, dan het jy 'n oonuitblusbare begeerte om daardie ding te bekom. Om te smeek vir iets beteken dat jy passievol na iets vra. Isak se hele hart was in daardie gebed gewees!
20
hom uitgevra. Ek dink sy was net so verheug toe sy uitvind dat Jakob die een is met wie sy moes trou. Toe Jakob haar sien, het hy haar in sy tent ingeneem en hulle net een geword. Verstaan jy nou hoekom kon Isak met soveel passie vir Rebekka bid? Hy was oortuig daarvan dat sy God se keuse vir hom was. Mense wat oortuig is daarvan dat God hulle saamgevoeg het, kan bly volhard in hul huwelik al
gaan dinge moeilik. Isak het nie net vir Rebekka as sy vrou aanvaar nie, maar ook sy verantwoordelikheid en sy plig as haar man. Wanneer God vir jou 'n man of 'n vrou gee, dan gee hy jou meer as net 'n lewensmaat – hy gee jou Sy wil! God plaas soveel klem op die huwelik omdat dit simbolies van die Kerk se verhouding met Jesus Christus is. God gebruik die huwelik tussen 'n man en 'n vrou as voorbeeld van ons verhouding met Hom. Isak bid vir Rebekka omdat hy haar passievol liefgehad het. Na twee jaar is party mense se lus al geblus en vind hulle nie meer aanklank bymekaar nie. Hier is hierdie twee mense na twintig jaar nog net so lief vir mekaar soos toe hulle mekaar die eerste keer gesien het. Die probleem met baie huwelike vandag is dat mense verleer het om saam pret te hê! Wanneer jy jou eggenoot oneindig liefhet, is dit maklik om vir mekaar in te tree en passievol te bid. Wanneer jy iemand waarlik liefhet, aanvaar jy daardie persoon met sy tekortkominge en skete. Daar is nie so iets soos 'n volmaakte paartjie nie; daar is nie eers iets soos 'n volmaakte mens nie! Dit verstom my hoeveel mans van hulle vrouens verwag om perfek te lyk, maar hulleself is nie iets vir die oog nie! Hou op om iets van jou vrou te verwag wat jyself nie bereid is om te doen nie. Wanneer 'n man sy vrou waarlik liefhet, dan respekteer hy haar. Wanneer 'n man sy vrou respekteer, dan is dit 'n refleksie van sy eie selfwaarde. Hoe 'n man met sy vrou praat en haar behandel, is 'n refleksie van hoe hy homself sien. Jy het eerstens nodig om vir jouself lief te wees voordat jy vir iemand anders lief kan wees. Jy is in God se beeld geskape en jy hoef nie perfek te wees om deur Hom aanvaar te word nie. Hy het jou aanvaar met jou krom neus en jou bak ore – Hy is gaande oor jou! As jy vir iemand lief is, dan aanvaar jy nie jou huidige omstandighede as finaal nie. As 'n Christen aanvaar jy nie net enige situasie nie – jy aanvaar niks anders as God se wil, Sy Woord en Sy beloftes nie. God wil jou lot ten goed verander omdat Hy vir jou lief is. Isak kon ook met vrymoedigheid bid, want Hy het geweet dat God gebede beantwoord! Mans, bid vir julle vrouens! God sal daardie gebed verhoor en Sy belofte aan julle nakom. Hy het julle saamgevoeg en julle is een in Hom. Hou aan om vir haar te bid en haar in gebed aan die Here op te dra!
Hy het julle saamgevoeg en julle is een in Hom
21
Pa d l a n g s Ku r s u s s e
Deel drie: Geestelike krag
Die stryd teen die bose is 'n wenstryd; Christus het dit reeds gewen!
OORWIN DIE STRYD deur Ds Jimi le Roux
22
www.padlangs.co.za
O
ns as Christene is toegerus met die wapenrusting van God sodat ons die geestelike stryd wat ons voer, sal wen. God het vir ons die gesag en die mag gegee om meer as oorwinnaars uit die stryd te tree. Ons lees van God se wapenrusting in Efesiërs 6:10 – Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
oor die Bose in Romeine 16:20 – En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen. Die vyand hoort nêrens anders as onder ons voete nie! Ons het in Jesus naam gesag oor die vyand ontvang. Ons hoef hom nie te vrees nie. Dit is belangrik dat Christene die leuens van die vyand dadelik sal herken om sodoende sy strikke raak te sien en te vermy. God het ons die opdrag gegee om nugter, waaksaam en standvastig in die geloof te wees (1 Pet. 5:8) Ons moet hom ook nie plek in ons lewens gee nie en seker maak dat ons die wapenrusting
Waar is die vyand se gesag gesetel? Dit is belangrik dat elke kind van die Here sal weet wat sy gesag oor die Bose is. Waar is die vyand se gesag gesetel? Bo of onder die Here sin? Natuurlik is die vyand se gesag onder God sin! Maar, die eintlike vraag is of die vyand se mag bo of onder die mag van die mens gesetel is? Wel, dit hang alles af van waar die mens gesetel is! Een ding wat 'n Christen baie goed moet verstaan, is sy posisie in Christus. Volgens die Bybel, is ons met Hom gekruisig en het ons saam met Hom opgestaan in 'n nuwe lewe en sit ons saam met Hom aan die regterhand van God waar ons oor die Bose regeer. Ons lees dit in Romeine 6:4 – Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel. Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. Ons moet begin om vanuit ons gesagsposisie in Christus oor die bose te heers en ophou om ons lewens vanuit 'n verloorposisie onder die vyand te leef. Dit is waarvoor Jesus gesterf het – sodat ons ook verlos kan wees van die mag van die bose! Ons gesag oor die bose hang nie van ons sondigheid, of sondeloosheid af nie. Dan sou niemand van ons natuurlik enige gesag oor hom gehad het nie. Hy sou jou op jou sonde wou wys! Moet dit egter nie aanvaar nie. Jou gesag oor die vyand lê in Jesus se sondeloosheid, Sy oorwinning oor sonde en die dood en in die feit dat Jesus aan jou gesag oor hom gegee het. Jou persoonlike sonde is in die verband irrelevant, want ten spyte daarvan, is jy God se kind, geliefde en gestuurde. Jesus het Sy dissipels uitdruklike mag gegee
van God aan het sodat ons staande kan bly, weerstand kan bied en aanval. Paulus gebruik die wapenrusting van die Romeinse leër as voorbeeld hoe ons onsself moet verdedig en die vyand aanval. Die wapenrusting word mooi uiteengesit in Efesiërs 6:14 – Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God. Die waarheid as gordel – die doel van die gordel is om die wapenrusting bymekaar te hou. Die Bybelse waarhede wat ons wapenrusting bymekaar hou, is onder andere die volgende: die bose is oorwin; die bose moet wyk voor die gesag van Jesus se naam; God is in beheer; ek is werklik gered. Onthou dat die satan net twee taktieke het: vrees en leuens! Ons vind die waarheid in Jesus (die waarheid) en die Woord en ons noem en herhaal daardie waarhede tot die vyand wyk.
soldaat se skoene is om die voete te beskerm, en hom na die stryd te neem. Ons neem die Here saam waar ons ook al gaan, by wyse van spreke. Ons volg die Here heeltemal gewillig, as deel van ons getuienis. Sekere mense sal ons daaroor verwerp, maar Hy beskerm ons. Ons is bereid om te gaan waar Hy lei, ons is bereid om die prys te betaal om Hom te volg. Die skild van geloof – die doel van die skild is om jou te beskerm teen die bose se vurige pyle. Hier leer ons dus ook dat hy ons met pyle skiet. Geloof is ons skild. Ons bou ons geloof en ons beskerming deur God se Woord te lees en te bestudeer en dit heelhartig te glo. Die helm van verlossing – Die doel van die helm is om die kop te beskerm. Daar is gedurig 'n “battle of the mind” aan die gang, wat te doen het met twyfel, ongeloof, leuens en dwalings. Ons verlossing beskerm ons teen hierdie aanvalle omdat ons in Christus is. Die vyand mik sy stryd op die gedagte dat ons nie werklik verlos is nie en nie as verlostes kan leef nie. Ons weet dat ons verlos is en dat ons as verloste mense leef! Die swaard van die Gees – Die doel van die swaard is om die vyand aan te val. Let op dat die Woord ons enigste aanvalswapen is. Jesus het die satan ook in sy versoekings met die Woord van God geantwoord. Die woord waarna verwys word, dui op die mondelinge, gesproke en persoonlike woord; die woord of belofte wat God ons gegee het vir die spesifieke situasie. Wanneer ons op die Woord staan, het die vyand geen ander keuse as om te vlug nie. Om die wapenrusting van God aan te trek, is om bewustelik jou plek in Christus in te neem, met geloof te leef en met gesag oor die vyand te heers. Ons doen dit deur gedurig tyd met God in gebed te spandeer. Ons lees daarvan in Efesiërs 6:18 – Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.
Jou gesag oor die vyand lê in Jesus se sondeloosheid Die borsharnas van die vryspraak – die doel van die borsharnas, is om die hart te beskerm. Ons moet onthou dat ons vrygespreek is op grond van Jesus se offer, en nie op grond van ons eie heilige, of sondelose lewe nie. Die vyand sal graag vir jou op jou sonde wil wys. Met jou sonde, is jy ooit gered? Het jy werklik gesag oor die bose? Ons rus in die wete dat ons veilig in ons vryspraak is. Juis nie op grond van ons sonde nie, maar op grond van God se genade. Ons weier om daaraan te twyfel! Skoene van bereidheid – Die doel van 'n
23
Ons voer die stryd deur in die Naam van Jesus teen die vyand te bid met gesag, geloof en in die Naam van Jesus. Ons noem die vyand sover moontlik by die naam; ons spreek hom aan en beveel hom om te wyk, te laat staan, te onttrek, 'n versluiering te lig, of soos die Here ons op die hart lê. Ons verklaar Jesus se oorwinning in 'n situasie, en ons verbly ons daarin soos ons dit in geloof uitspreek! Die stryd teen die bose is 'n wenstryd; Christus het dit reeds gewen, ons leef dit net uit!
Vroue van geloof deur Nevil Norden
God gebruik mense met eenvoudige, kinderlike geloof om groot dinge vir Hom te vermag.
D
ie Woord sê in Genesis 3:20 dat die mens het sy vrou Eva genoem omdat sy die moeder was van alles wat lewe. Hierdie vers gryp my geweldig aan! Ons weet nie veel van Eva af nie, maar dis besonders om te dink dat sy die moeder was van alles wat lewe! Dink net vir 'n oomblik – Eva was die laaste stuk in die delikate legkaart van God se skepping. Adam het 'n tweede menslike wese gehad met wie hy die lewe kon deel. Iemand wat ook 'n beelddraer van God was. Iemand wat kameraadskap en geselskap kon bied. Sy was ook natuurlik daar sodat die voortplanting van die mensdom kon begin. Die Woord sê in Genesis 1:27 – En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip. Die woord “beeld” en “gelykenis” verwys na uiterlike vorm. Sien vir 'n oomblik in jou geestesoog hoe God 'n handvol klei neem, en soos 'n beeldhouer, Adam in Sy beeld skape. Dan buk die
24
Here af en blaas Sy asem in Adam se neusgate sodat hy 'n lewende siel word. God het hierna gekyk en het baie gehou van wat Hy sien! Adam het Sy volle goedkeuring weggedra want hy het presies net soos Hy gelyk! Toe kom die Here in Genesis 2:18 en sê die volgende – Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom 'n hulp maak wat by hom pas. God het nie bedoel vir die mens om alleen te wees nie; en Hy het daarom dit op Homself geneem om vir hom iemand te maak wat by hom pas en wat hom kan help. Daar is iets in 'n vrou wat 'n man komplimenteer! Die Here het Adam aan die slaap gemaak en 'n ribbebeen geneem en Eva daaruit gevorm.
gelukkig kan wees as sy nie van die boom van kennis van goed en kwaad mag eet nie. Raak jy ontevrede omdat jy nie iets kan kry wat jy graag wil hê nie? Is daar iets wat jy ten alle koste moet hê sonder om dit werklik te kan bekostig? Ontevredenheid maak dat jy kyk na wat jy nie het nie, en laat jou vergeet van alles wat jy klaar het. Wat ondermyn jou tevredenheid? Eva was bereid om die satan se standpunt te aanvaar sonder om eers die saak met God op te neem. Hy het vir haar 'n aanbod gemaak om 'n happie van die verbode vrug te neem sodat sy volkome tevrede kan wees. Partykeer kry ons 'n aanbod van iewers af en dit is te wonderlik vir woorde; maar dinge raak nie stil in ons nie. Ons
Die vrou was dus 'n verbetering op die man! Nou kom die Here en sê vir ons dat alles uit geloof tot geloof en van heerlikheid tot heerlikheid is in Romeine 1:17 – Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe. Die vrou was dus 'n verbetering op die man! Die Here kom en maak iemand wat die man se belangstelling prikkel en wie hy baie aantreklik vind. Ek glo dat sy spesiaal uit die ribbebeen gemaak is omdat dit die been is wat die naaste aan 'n man se hart is. Ek het nou vir jou 'n kort inleiding geskets van die vrou se ontstaan en waar sy in die skeppingsverhaal inpas. Ek wil gaan stilstaan by die vrou en hoe God haar gemaak het om Sy beeld uit te dra en Sy wil op aarde te doen. In, Hebreërs 6:12 sê die skrywer 'n belangrike ding – Sodat julle nie traag word nie, maar navolgers van hulle wat deur geloof en lankmoedigheid erfgename van die belofte is. Wat die Woord hier sê is: Gaan na die geloofspawiljoen en gaan leer van die manne en vroue van geloof. Daarom wil ek na 'n paar besonderse vroue in die Bybel kyk en sien wat ons als van hulle kan leer. Ons kan baie uit iemand se geloof leer. Ons kan kyk na wat hulle gedoen het en hoekom hulle dit gedoen het. Ons kan ook leer uit hulle foute. Almal van ons maak iewers foute in ons lewens en daarom kan ons van mekaar leer! Ek wil natuurlik eerste begin by Eva! Die eerste ding wat ons leer van Eva is dat dit makliker is om toenadering by 'n vrou as by 'n man te vind. Daarom moet vrouens op hulle hoede wees wanneer iemand hulle nader; hulle moet vasstel wat die persoon se motief is, en nie net aanneem dat hul motief suiwer is nie. Die slang het na Eva gegaan omdat dit makliker vir hom sou wees om toenadering by haar te vind. Die slang het haar laat glo dat sy nie volkome
ontevredenheid met 'n situasie dryf ons om 'n aanbod te aanvaar wat nie noodwendig die Here se goedkeuring wegdra nie. Wanneer die vrede van die Here ontbreek, kan jy nie daardie onrustigheid in jou ignoreer net sodat jy kan kry wat jy wil hê nie. Soms maak ons die verkeerde keuses in die lewe omdat dit wat ons aangebied word, so goed lyk sonder dat ons die ware gevolge daarvan besef! Die volgende vrou van geloof is Sara. Die eerste ding wat by Sara 'n probleem was, was haar ongeduld. Een van die moeilikste dinge in die lewe is om vir iets te wag. Miskien het jy 'n belofte van die Here, maar niks gebeur nie. Niks materialiseer nie en jy verloor hoop dat die Here daardie belofte gaan nakom. Sara was 65 toe die Here die belofte aan haar gemaak het. Tien jaar later wag sy nog steeds vir die belofte om vervul te raak en besluit sy om God met Sy plan te help. Ongeduld maak dat jy God se planne vir jou eie verruil. Wag jy al ook jare vir 'n belofte om vervul te word? Die rede van die dag in daardie dae was dat as jy nie vir jou man 'n kind kan gee nie, dat jy 'n slavin nader om as surrogaat ma op te tree. Wat is die rede wat die Woord hou en wat is die rede van die dag? Die wêreld het altyd 'n ander manier hoe dinge eerder gedoen moet word. Moenie doen wat die wêreld vir jou sê om te doen nie, doen wat die Woord vir jou sê om te doen.
gebaar. Kyk wat sê Hebreërs 11:11 van Sara – Deur die geloof het Sara self ook krag ontvang om bevrug te word; en toe sy oor die leeftyd was, het sy gebaar, omdat sy Hom getrou geag het wat dit beloof het. Die laaste vrou van geloof is Jogebed, Moses se ma. Jogebed se geloof het die onmoontlike laat gebeur. In Eksodus lees ons hoe Farao die opdrag gegee het aan die vroedvrouens dat hulle al die Joodse seuntjies moet laat doodmaak sodra die Joodse vroue geboorte gee. Maar, die vroedvroue het God gevrees, en het nie gedoen wat die koning van Egipte hulle beveel het om te doen nie en het die seuntjies laat lewe. Toe Moses se ma sien dat hy 'n buitengewone mooi kind was, het sy hom vir drie maande lank weggesteek. Nou ek weet nie van jou nie, maar ek het nog nooit gehoor van 'n ma wat dink dat haar kind lelik is nie! Toe Jogebed hom nie meer langer kon wegsteek nie, het sy vir hom 'n mandjie van biesies gemaak en hom tussen die riete in die kant van die Nyl gesit. Die Nyl was vol krokodille gewees en die kanse was goed dat hy opgevreet sal word. Jogebed het egter geweet dat dit 'n kans is wat sy moet neem, aangesien die soldate Moses in elk geval sou doodmaak as hulle hom in die hande kry. Op daardie oomblik kom Farao se dogter na die Nylrivier en hoor sy 'n kind huil. Die Here het in die Egiptiese prinses se hart gewerk en sy het haar oor Moses ontferm. Farao het haar toestemming gegee om die kind te hou en hom soos haar eie groot te maak. Ek dink nie die Farao het besef dat sy ondergang in daardie klein mandjie lê nie! Die Here gebruik Jogebed om die leier van God se volk se lewe te red. Ons leer uit Jogebed se lewe dat ons nie bang hoef te wees wanneer ons deur die boosheid van die dag gekonfronteer word nie. God het Jogebed se klein stappie van geloof gebruik om die totale toekoms van die Joodse volk te verander. Geen kind is van onbelang in die oë van die Here nie! God gebruik mense met eenvoudige geloof om groot dinge vir Hom te vermag. Dit maak nie saak waar jy vandaan kom nie. Al wat jy nodig het om ook 'n vrou of man van geloof te word, is om ja te sê vir die Here! Ons kom elke dag voor keuses te
Ongeduld kan jou baie duur te staan kom! Ongeduld kan jou baie duur te staan kom! Sara het later berou oor haar besluit gehad. Haar slavin het in opstand teen haar gekom en vir haar gesê dat sy nie meer 'n slavin is nie, omdat sy haar man se kind dra. God se belofte vir Sara het steeds gegeld en sy het op negentig jarige ouderdom vir Isak
25
staan wat bepaal of ons die bietjie geloof wat ons het tot eer van die Here gaan gebruik. Die Here kan jou ook gebruik om iets groots vir Sy koninkryk te doen! Jy kan ook soos Jogebed, Eva en Sara 'n vrou van geloof wees!
In hierdie uitgawe skryf Timothy Kieswetter . . . Die goeie, slegte en lelike van emosies Dit is nie die emosie self wat goed of sleg is nie, maar hoe dit in die verhouding ontvang word. Die goeie emosies is wat ware intimiteit in 'n verhouding bou. As intimiteit tussen 'n paartjie gemeet kon word, sou ons dit deur 'n leë emmer tussen mekaar kon voorstel. Alles wat binne-in die emmer gesit word, dra tot die vlak van intimiteit by. Hoe voller die emmer hoe meer intiem raak die paartjie. Intimiteit is die vlak van eenwording wat alreeds tussen mekaar plaas gevind het. Die kuns is om 'n 50/50 toedeling in die intimiteit van 'n verhouding te hê. Hiermee bedoel ek nie dat die man ewe veel emosiosies as die vrou moet hê nie, want dit is tog bitter moeilik. Maar as al twee gemaklik is om hul emosies met mekaar te deel, is die intimiteit in die verhouding sterk. Wat ongelukkig in baie verhouding die geval is, is dat dit die vrou al haar emosies in die intimiteitemmer sit, en die man om redes (wat alreeds in die artikel genoem is), wegskram en so min moontlik van sy emosies wil insit. Slegte emosies is, eenvoudig emosies wat nie verstaan word nie, en soms ook nie deur jouself nie. Emosies is jou binneste wat probeer om aan jou en die mense rondom jou te kommunikeer hoe jy werklik voel. Slegte emosies is slegte kommunikasie. As 'n man nie sy vrou se emosies verstaan of respekteer nie, is dit een van die eerste tekens van slegte kommunikasie. Sodra die kommunikasie tussen man en vrou beter raak, sal die man haar emosies beter kan verstaan en sodoende haar meer begin respekteer.
Lelike emosies is wanneer ons ons emosies gebruik om mekaar seer te maak. En een van die algemeenste maniere hoe emosies lelik raak, is deur manipulasie. Gary Chapman praat in sy boek “The five love languages” van 'n emosionele liefdestenk, en wanneer dit leegraak, begin ons emosies teenoor mekaar lelik raak. Hy vergelyk 'n leë emosionele liefdestenk met 'n kar wat sonder olie ry, en hy glo dat hierdie konstante, emosionele misverstande 'n huwelik se ondergang kan wees. Bitter min mense is bewus daarvan dat hulle hul emosies gebruik om die mense rondom hulle te manipuleer. Die rede is omdat hulle nie bedoel om enige iemand seer te maak nie. Dit is slegs 'n desperate poging om hierdie emosionele liefdestenk weer vol te kry. Hierdie tegniek om ons emosies te gebruik, is egter 'n baie onproduktiewe manier om vir jou man 'n skimp te gee dat jou emosionele liefdestenk leeg is. Dit is net die trigger As jy verantwoordelik met jou emosies sal wees en dit niesal gebruik om jou man te manipuleer, of hom uit sy eie gevoelens te boelie nie, sal jy so vir hom ruimte skep om meer emosioneel in die verhouding te belê. En wanneer julle al twee julle emosies in die verhouding belê, beweeg jul verhouding nader aan wat in Genesis 2:25 staan:"...man en vrou het kaal voor mekaar gestaan en geen skaamte geken nie". Om emosioneel kaal voor mekaar te staan is om eenhonderd persent eerlik en kwesbaar jouself in die verhouding te wees. Lees die volle artikel 'Wanneer die trane of die vonke spat' in die Aug-Sep uitgawe van Intiem.
26
Ander artikels in hierdie uitgawe: o · Die ja-woord vir die 2de keer · Vir botter of wors wat is 'n toegewyde huwelik? · Het jy seksuele integriteit
Teken só in: SMS 'intiem' na 32909
en ons skakel jou! *R1/SMS
Bel (011) 473 8700
Besoek ons
Webblad www.intiem.co.za
Die nut van die Huwelik I
5
Audio CDs
n enige huwelik waar daar 'n bietjie kinkels in die kabels is, waar die deksel die pot misgesit het en waar die pot sê: 'Ek soek nie meer hierdie dekselse deksel
op my nie', is daar gewoonlik meer verskonings as oplossings. Dalk wil jy as man lepel lê met jou vrou, maar sy het die mes in vir jou! Kan die huwelik nog in vandag se tyd sinvol wees? Hierdie 5 in 1 CD reeks sal jou help om weer sin van jou huwelik te maak. Soos enige spel in die wêreld, rugby, sokker, krieket is daar reels. Netso het God huwelik reels neergelê sodat man en vrou mekaar kan geniet in die huwelik.
Hierdie reeks bevat: · Die nut van die huwelik · Neem jou plek in die huwelik · Ek en my Huis · Bou jou huis · Geniet die lewe met mekaar
was R200 nou R
Gary en Rhona Kieswetter is nou al 21 jaar voltyds in die bediening. God se getrouheid aan Sy belofte aan hulle, is die rede dat hulle die bediening 'Groot is U Trou' noem. Vir jare al bedien hulle landswyd gemeentes en groepe met God se Woord. Gary se passie is die Woord van God wat hy op 'n unieke manier aanbied met baie humor en entoesiasme. Hy is oral bekend as 'Die Engelsman' alhoewel hy grotendeels net in Afrikaans bedien.
150
Spesiale Intiem aanbod
Bestel só: Besoek ons
Bel
E-pos
086 111 2329
admin@grootisutrou.co.za
27
Webblad www.grootisutrou.co.za
H
oekom baklei ons Christene partykeer so vreeslik onder mekaar? Wel, Jakobus het daardie einste vraag gevra en het probeer uitvind wat die rede is dat konflik so maklik kan uitbroei. Jakobus maak die gevolgtrekking dat die konflik tussen mense eerstens die oorsaak is van hulle welluste wat in hulle stryd voer. Ons lees dit in Jakobus 4:1 – Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie? Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie. Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.
O u e r & K i n d Fo k u s
Hanteer
KONFLIK reg
deur Fanie Bolleurs
Die eerste stap wat jy moet neem om konflik te veroorsaak, is om selfsugtig te wees. In die skrifgedeelte sien ons hoe konflik onder die mense ontstaan het. Ek noem dit sommer die vier stappe tot konflik! As jy hierdie vier stappe volg, is jy reg om 'n fight te pick met die eerste ou wat verby kom! Maar, ek gaan ook vir jou vier stappe gee hoe om konflik te ontlont – maak nie saak met wie jy in 'n konfliksituasie is nie. Nou goed – die eerste stap wat jy moet neem om konflik te veroorsaak, is om selfsugtig te wees. Hierdie selfsugtigheid beteken dat alles oor jou gaan. Dit gaan oor wat jy wil hê en wat jy wil doen en hoe jy dinge wil doen. Is dit nie ook vir jou vreemd dat Paulus sommer in dieselfde asem oorlog en gebed noem nie? Paulus praat nie hier met goddelose mense wat glad nie bid nie, nee, hy praat hier met Christene! Kom ons lees 'n bietjie verder wat Jakobus gesê het in Jakobus 4:3 – Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan 'n vriend van die wêreld wil wees, word 'n vyand van God. Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon? Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. Ek glo dat selfsug een van die grootste oorsake van onmin tussen mense is. Wanneer jy gefokus is op jou eie begeertes en behoeftes, is die uiteinde altyd 'n bakleiery. Die tweede stap tot
Dis een ding om te veg met iemand vir wie jy nie omgee nie, maar meestal baklei ons die meeste met die mense vir wie ons die liefste is. 28
konflik is deur God te gebruik om jou welluste en begeertes te vervul. Miskien bid jy ook dat God eerder die ander persoon se hart sal verander omdat jy glo dat die fout definitief nie by jou lê nie! Die Here moet dalk die grootste werk in jou hart doen eerder as in die ander persoon se hart! Ons kan nie gebed gebruik om God te manipuleer soos wat dit ons pas nie. Ons dink partykeer dat God die dienskneg is en dat Hy moet doen wat ons van Hom vra! Die volgende stap tot konflik is om jouself van God te verwyder omdat jy nie kry wat jy wil hê nie. Ons het partykeer die houding dat as die Here dit nie vir ons sal laat gebeur nie, sal ons self 'n plan maak om te kry wat ons wil hê. Die laaste stap is om kwaad te raak vir jouself! Partykeer kan konflik 'n goeie ding wees omdat dit openbaar wat werklik in jou hart aangaan. Dit gee vir jouself 'n kykie in jou siel om te sien of jou begeertes en jou behoeftes in lyn is met God se Woord. As jy innerlike konflik het as gevolg van iets wat iemand anders aan jou gedoen of vir jou gesê het, moet jy dit so gou as moontlik uitsorteer. Daardie konflik kan baie maklik in bitterheid omgesit word en later jou lewe verwoes. As jy in konflik met ander mense is, is dit omdat jy eintlik konflik in jouself het. Ons veg met mense wat die naaste aan ons is en vir wie ons die liefste is, omdat ons glo dat uiterlike plesier innerlike vreugde sal bring. Jou geluk kan nie van buite kom nie, dit kan net kom van 'n innerlike verhouding met die Here. Ander mense is nie veronderstel om jou gelukkig te maak nie, want as hulle jou gelukkig kan maak dan kan hulle jou ook ongelukkig maak. Jou geluk en jou vrede is net in die Here te vinde. Wanneer die vrede van die Here in jou hart is en in jou eggenoot se hart is, dan het jy 'n gelukkige huwelik.
gebed vir jou is dat jy met daardie innerlike konflik na die Here toe gaan sodat Sy volmaakte plan en wil in jou lewe sal geskied. As jy 'n ouer is, is jy nie primêr geroep om jou kinders gelukkig te maak nie. Jou kind moet nes jy sy geluk in die Here vind en nie in jou beursie nie.
Die Here wag vir jou om tot Hom te nader – Hy staan gereed om nader te tree sodra jy die eerste stap neem Pas ook op om te dink dat die gras altyd groener is aan die anderkant van die draad! Jy weet mos wat hulle sê die rede daarvoor is! As jy op skool is, dan stel jy dalk jou geluk uit tot jy universiteit toe kan gaan. As jy op universiteit is dan stel jy jou geluk uit tot jy 'n vaste werk het. En so kan dit aangaan vir jare en jy sal nooit ware geluk vind nie, omdat jy dit elke keer buite die Here gaan soek. Elke fase van jou lewe het sy eie lekker en sy eie seer en uitdagings. Kom ons kyk 'n bietjie na dinge wat 'n verhouding verongeluk. Die eerste aspek is jou posisie in 'n verhouding en jou begeerte om in beheer te wees. Innerlike konflik noodsaak jou om in beheer van jou lewe te voel. En ongelukkig voel jy partykeer in beheer van jou eie lewe deur ander mense te domineer. Jakobus sê dat dit jou eie wellus en begeertes is wat maak dat verhoudings nie werk nie. Dit is jou eie strewe na mag wat maak dit jy met die mense om jou vassit. Ons het nou gekyk wat die vier stappe is om konflik te veroorsaak. Kom ons kyk nou na die vier stappe om innerlike en uiterlike konflik op te los. Ons kry die antwoord in Jakobus 4:8 – Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.Nader tot God,
Partykeer kan konflik 'n goeie ding wees omdat dit openbaar wat werklik in jou hart aangaan Partykeer dink ons dat as ons 'n sekere kar bestuur of in 'n sekere huis bly dat ons gelukkig sal wees. Geen besitting kan vir jou ware geluk bring nie! Ware geluk is ook nie in ander mense se hande nie. As jy eers ware geluk in ander mense gaan soek, gaan jy nooit bevredig word nie. Moenie dink dat as jy eers daardie ou of daardie meisie het, sal jy waarlik gelukkig wees nie. Jy is op 'n baie gevaarlike plek as jy só begin dink! My
Hy is te lief vir jou om jou te los soos wat jy is! Partykeer moet jy die Here innooi om te kom klaarmaak met die vark in jou hart. As jy weet dat daar iets binne in jou is wat uitgesorteer moet word, moenie uitstel nie. Om jou aan die Here te onderwerp beteken dat jy daardie sonde in jou
en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die har te, julle dubbelhartiges! Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in treurigheid verander word en julle blydskap in bedruktheid. Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog. Die eerste en belangrikste stap is om jou aan die Here te onderwerp. Die Here se genade is vir jou genoeg! Hy is vir jou lief soos wat jy is, maar
29
lewe aan die lig moet bring. Mense word in alkoholisme, perversie en pornografie vasgevang as gevolg van onafgehandelde konflik. Gaan sorteer dit eerder nou uit, voordat dit in iets ontaard wat jy nie kan beheer nie. Die tweede stap is om die duiwel te weerstaan. Nou hoe kry 'n mens dit reg?! Deur op te staan vir die dinge wat die duiwel van jou probeer steel. Hou op om met die Here te baklei, jy is in die verkeerde geveg! Die derde ding wat jy moet doen is om tot God te nader. Die Here wag vir jou om tot Hom te nader – Hy staan gereed om nader te tree sodra jy die eerste stap neem. Die Bybel sê dat salig is diegene wat vrede najaag! Die volgende stap is die moeilikste stap – gaan maak reg met ander! Gaan sê jammer vir wie jy moet jammer sê. Dit beteken om jou rug op sonde te draai en weg te loop van die argument in nederigheid en nie in arrogansie nie. Die heel laaste en belangrikste stap is om jou voor die Here te verneder, en Hy sal jou verhoog. Jy moet vandag by die plek kom om klaar te maak met die konflik wat in jou hart is. As jou program so besig is dat jy nie tyd het om met die Here te spandeer nie beter jy plan maak. Om jouself voor die Here te verneder beteken dat jy tyd sal maak vir die Here in jou besige program. Dit beteken dat jy jou eie begeertes en jou eie behoeftes opsy sal skuif en plek sal maak vir God se wil in jou lewe. Salig is die vredemakers want hulle sal die aarde erf!
Goggas in die donker
God se verwagting is dat ons sal kom dankie sê vir alles wat Hy vir ons doen.
W e e s in alles dankbaar deur Riaan Lombard
D
ie Psalmdigter sê dat een dag in die huis van die Here baie beter as 'n duisend jaar op enige ander plek is! Wanneer jy in die teenwoordigheid van die Here is, is jy op die wonderlikste plek in die ganse heelal! Dis wonderlik dat ons mense wat vlees en bloed is, die voorreg het om sonder skuld tyd saam met die Here kan spandeer. Weet jy dat die Here vandag nog wonderwerke doen? Die tyd van wonderwerke is beslis nog nie verby nie! Die Here is goed vir ons en Hy doen partykeer dinge anders as wat ons dink Hy dit gaan doen. Het jy al agtergekom dat jy
nie God in 'n boks kan plaas en verwag dat Hy daarby gaan hou nie? Die enigste ding waaraan God gebonde is, is Sy Woord en aan geen menslike verwagting nie. God is gister, vandag en tot in alle ewigheid presies dieselfde. Maar dit beteken nie dat Hy elke keer dieselfde ding doen nie. Hy sal altyd sonde haat en sal altyd die sondaar liefhê. Maar, die manier waarop God werk is nie altyd dieselfde nie omdat almal van ons verskil en uniek is. Die wonderlike ding, is dat God moeite met jou en my maak. God hou ook tred met die tyd, al doen die kerk nie altyd nie. Dis vir my partykeer hartseer
30
om te sien hoe ons baklei om dinge dieselfde te hou wanneer God lankal gesê het dat dit tyd is om aan te beweeg. Om te verander, is harde werk. Dis glad nie iets waarmee jou vlees aanklank vind nie! Maar soms is verandering lewensnoodsaaklik vir jou eie voortbestaan en geluk. Wanneer God sê dat dit tyd is verandering, dan beteken dit Hy wil jou na 'n volgende geestelike vlak neem. Wanneer God verandering in jou lewe bring, moet jy dankbaar wees, of jy nou van die verandering hou of nie. Baiekeer hou ons nie van die verandering wat die Here bring nie, want dit is nie hoe ons dit wou
gehad het nie. Met alle respek, wie is ek jy dat ons beter weet as die Here? Ons weet nie eers wat die dag van môre inhou nie, maar baiekeer wil ons vir die Here vertel hoe dinge moet gebeur! Die Bybel sê dat daar 'n pad is wat vir die mens reg lyk, maar die einde daarvan lei na die dood. Ons kan nie net ons eie pad kies en enige koers inslaan nie; ons moet by God hoor wat Sy plan vir ons lewe is. Ons doen dit deur ons lewe aan Jesus Christus te gee. As jy eers jou lewe aan die Here gegee het, het Hy die reg om die pad te kies wat jy loop. God het ewigheidsperspektief, Hy sien wat ons nie kan sien nie. Hy ken ons verlede, maar Hy ken ook ons toekoms en Hy kyk anders na die lewe as ons.
hulle pad! Hy was hulle laaste en enigste kans om genees te word en hulle omstandighede te verander. Jesus het hulle hulpgeroep gehoor en hulle van hul melaatsheid genees en hulle beveel om hulself vir die priester te gaan wys. Hulle het gemaak soos wat Jesus gesê het, maar net een het terug gedraai om dankie te kom sê. Hierdie man was 'n Samaritaan, 'n heiden. Hy het nie die Joodse geloof aangehang nie, nogtans was hy die enigste een met dankbaarheid in sy hart. Jesus was baie verbaas om te sien dat net een kom dankie sê het. God se verwagting is dat ons sal kom dankie sê vir alles wat Hy vir ons doen. Baie van ons reageer presies net soos hierdie nege Jode wat so vasgevang was in hulle
Wanneer jy die wonderlike voorreg gehad het om deur die lewende God aangeraak te word, gaan jy nie terug na jou ou sondige lewe nie Ek wil weer terugkom na dankbaarheid en die rol wat dit in ons geestelike lewens speel. Gaan daarom vir my na Lukas 17:11– En op sy reis na Jerusalem het Hy deur Samaría en Galiléa gegaan. En toe Hy in 'n sekere dorp ingaan, kom tien melaatse manne Hom tegemoet, wat op 'n afstand bly staan het. En hulle het hul stem verhef en gesê: Jesus, Meester, wees ons barmhartig! En toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword. En een van hulle, toe hy sien dat hy gesond was, het omgedraai en God met 'n groot stem verheerlik. En hy het op sy aangesig neergeval by sy voete en Hom gedank. En hy was 'n Samaritaan. Toe antwoord Jesus en sê: Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege? Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te verheerlik behalwe hierdie vreemdeling nie? En Hy sê vir hom: Staan op en gaan; jou geloof het jou gered. Melaatsheid in daardie dae was soos 'n doodstraf. Dit was hoogs aansteeklik en jy was verban uit die samelewing uit. Jy moes buite die stad gaan bly saam met ander melaatses en was verbied om enige kontak met ander te maak. Hulle het nie eintlik veel van 'n lewe gehad nie – hulle het nie geleef nie, hulle het net oorleef. Ek dink al waarvoor hulle geleef het, was om dood te gaan! Die woord van Jesus se wonderwerke het so vinnig versprei, dat selfs hierdie melaatses wat eenkant geleef het, al van Jesus gehoor het. En toe op 'n dag kom daardie selfde Jesus Christus oor
eie begeertes, dat daar nie plek in hul harte vir dankbaarheid was nie. Wat Jesus dalk die meeste verbaas het, was dat dit juis Sy uitverkore volk was wat versuim het om hulle dankbaarheid te betuig. Sy eie volk was vinnig om hulle rug op Hom te draai nadat Hy vir hulle 'n wonderwerk gedoen het. Hy het baie meer van hulle verwag! Ongelukkig is daar baie mense wat God net ken wanneer hulle Hom nodig het. Wanneer dinge goedgaan, is hulle nie te veel met Hom gepla nie. Hulle gebruik Hom as 'n quick fix en gaan dan maar weer aan met hulle ou lewens. Dit is nie deel van God se plig om vir jou wonderwerke te doen nie; dis 'n voorreg vir jou en my wanneer Hy hom oor ons ontferm. Ondankbaarheid is om met God se genade te mors. As God iets vir jou doen, moet jy doen wat hierdie Samaritaan gedoen het: jy draai om en jy kom terug en jy sê opreg dankie!
Hy agterkom dat hulle melaats is nie. Nee, Hy het hulle tegemoet gekom en Hom oor hulle ontferm en tyd en moeite met hulle gemaak. Dit maak nie saak wie jy is of waar jy vandaan kom nie, Jesus sal tyd en moeite met jou maak. Al wat jy hoef te doen is om tot Hom te roep en vra dat Hy jou ook sal aanraak. Die Here sê dat wanneer ons tot Hom nader, dan sal Hy tot ons nader. Al nege melaatses het genesing ontvang, maar die een wat opreg dankbaar was, het 'n dubbele seëning ontvang. Toe die man by Jesus se voete neerval, het Jesus vir Hom gesê: “Jou geloof het jou gered.” Die Samaritaan se geloof het hom gered! Hy het toegang gekry tot die verlossing wat op daardie stadium net vir die Jode beskikbaar was omdat hy dankbaar was. Hy was nie net genees van sy siekte nie, maar sy siel was ook gered. Hy het 'n geskenk ontvang wat al die geld in die wêreld nie kon koop nie. Die ander kon soveel meer van Jesus ontvang het, as hulle net dankbaar sou wees. Die ander nege het na die priester gegaan wat hulle rein verklaar het, en hulle kon terug gaan na hulle ou lewe toe. Hulle ou lewe is niks in vergelyking met die nuwe lewe wat hulle in Christus kon ontvang het nie. Hulle het hul ou, sondige lewe bo die ewige lewe gekies! Die Jode is rein verklaar van siekte; die Samaritaan is rein verklaar van sonde. Verstaan jy die verskil? Siekte kan net jou fisiese liggaam doodmaak; sonde kan jou siel en jou gees doodmaak. Sonde is soos 'n kanker wat jou siel van binne af opvreet. Net Jesus Christus het die krag om jou van daardie kanker te genees. Ek en jy het die verantwoordelikheid om dankbaar te wees vir elke liewe ding wat die Here vir ons uit genade skenk! Dankbaarheid is 'n wonderlike ding! Dit maak God se hart oop om Sy goedheid en guns oor en oor aan ons te bewys. Ons vergeet so vinnig wat die Here vir ons gedoen
Ondankbaarheid is om met God se genade te mors Die laaste plek waar jy behoort te wees wanneer die Here jou genadig was, is in die wêreld. Jy hoort by Sy voete! Wanneer jy die wonderlike voorreg gehad het om deur die lewende God aangeraak te word, gaan jy nie terug na jou ou sondige lewe nie. Jesus het gekom vir die siekes en die gebrokenes van hart. Hy het hulle nie verjaag toe
31
het. Tydens gebed het ons 'n elle lange lys van dinge wat ons van die Here wil vra. Vergeet bietjie vanaand van daai wenslysie van jou as jy vanaand in jou kamer stil word. Gaan dink eerder 'n bietjie oor al die goeie dinge wat die Here al vir jou gegee en gedoen het, en gaan sê opreg dankie!
deur Timothy Kieswetter
LEWENSAFRIGTING Hoe om die beste uit hierdie kursus te haal: Sit 'n halfuur tot 'n uur daarvoor opsy Voordat jy begin, neem so 5 minute om jou gedagtes van die dag se gebeure te haal terwyl jy diep en stadig asemhaal Skryf kortliks neer wat jy dink
KURSUS
Lees stadig deur die teorie en bedink dit totdat jy 100% vertroud is daarmee Die kursus is so ontwerp dat elke week se les op die vorige een sal bou. Na 10 weke sal jy jouself beter ken en meer bewus wees van jou drome, ideale en jou doel op aarde
Wat jy van verledemaand moet onthou:
Noem vir jouself al jou sterk punte op Noem vir jouself al jou swak punte op Wees altyd eerlik met jouself
In kort: Verhoudings met ander mense kan ons maak of breek in die lewe. Dit kan ons of aanmoedig om die lewe met albei hande aan te gryp, of dit kan ons kortwiek. Omdat verhoudings so 'n groot invloed op ons innerlike dryfkrag het, kan dit die sukses wat ons in die lewe behaal, beïnvloed. Ons is sosiale wesens en is gemaak om saam met ander mense ons lewenspad te stap. God het nie vir ons bedoel om alleen deur goeieof krisistye te gaan nie. Kyk wat sê Jakobus 5:16 – Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar sodat julle gesond kan word. Let op na die woordkeuse: sodat julle gesond kan word, nie vergewe kan word nie! Slegs God kan jou sondes en jou misdade vergewe. Maar wanneer ons teenoor ander mense oopmaak, raak ons ontslae van die swaar las wat ons soms met ons saamdra.
Maak 'n punt daarvan om nie al jou gevoelens opgekrop te hou nie. Ons almal maak foute en het ons tekortkominge. Diegene wat dit wil wegsteek en voorgee dat hulle nie ander mense nodig het nie, bly in die tronk wat hulle vir hulself gemaak het. Diegene wat openlik kan praat oor hul foute en vir hulself kan lag, is baie meer gelukkig en vry as ander. Het jy al agtergekom dat die mense wat maklik oor hul foute kan praat, sonder om te spog, gewoonlik baie selfversekerd is? As jy skaam is om jou diepste geheime aan iemand oor te vertel wie jy ken, dink dalk daaraan om ʼn aanlyn kletskamer uit te probeer en vir ʼn wild vreemdeling te vertel van al jou foute en vrese! Later as jy meer vertroue opgebou het, kan jy dalk met jou leraar of goeie vriend die dinge bespreek.
Hoe om te begin: Begin by God, familie en vriende. Jou verhouding kan in drie dele verdeel word: Jou verhouding met God Jou verhouding met jou familie Jou verhouding met jou vriende Neem 'n oomblik en dink aan hierdie drie verhoudings. Is jy daarmee tevrede? Is daar dalk dingetjies wat krap met hierdie verhoudings? Het jy nodig om dalk reg te maak met een van hierdie drie? Hierdie drie tipe verhoudings is aanvullend tot mekaar en skep by jou 'n gevoel van
aanvaarding en liefde. Wanneer dit vir jou voel asof jy nie inpas nie, of dat niemand jou liefhet nie, moet jy gaan uitvind by watter een van jou verhoudings die probleem lê. Verhoudings is 'n snaakse ding. Dit is nie iets wat net op sy eie groei nie. Jy moet konstant daaraan werk. Dis amper soos om op te loop met 'n roltrap wat af beweeg – as jy die verhouding los of nie genoeg aandag aaraan gee nie, beweeg jy agteruit. Raak weer bewus van jou verhouding met God, familie en vriende!
Wat is volgende? Die volgende op die lys is mentors, dissipels en toeskouers. Jy het nodig om 'n gesonde verhouding met al hierdie drie te hê om 'n gebalanseerde lewe te lei. Kom ons begin by toeskouers. Toeskouers is vriende wat dieselfde as jy glo, dink en lewe. Dis die mense saam met wie jy oor naweke kuier, saam rugby kyk en braai. Jy is gemaklik as jy saam met hulle is en jy kan altyd jouself wees. Die verhoudings met sulke mense is nie gewoonlik baie diep nie. Julle gesels maar oor oppervlakkige ditjies en datjies en die verhouding bring nie groot verandering of groei in jou lewe mee nie. Om te kan groei, het jy egter beide mentors en dissipels nodig. Mentors is mense na wie jy opkyk en wie jy respekteer en na wie jy luister. 'n Mentor is nie iemand wat in 'n gesagsposisie bo jou is nie,
byvoorbeeld 'n ouer of 'n baas of onderwyser nie. Dit is wel iemand aan wie jy onderdanig is. Dis iemand wat inspraak in jou huwelik of jou geestelike lewe het. Dink mooi wie jy as jou mentor kies! Hoe kies jy 'n mentor? Vra jouself hierdie eenvoudige vraag: Soos wie wil jy wees? Jou verhouding met “dissipels” is een van die moeilikste tipe verhoudings. Dink net aan Jesus wat al Sy dissipels se voete gewas het! Om dissipels of mense te hê wie jy mentor, moet jy van jouself gee. Jy moet tyd afstaan om in hul lewens te bou. Jy kan nie net hier uitstap en vir jou dissipels kies nie. Iemand kies jou gewoonlik as hul mentor en nie andersom nie. Ons praat nie juis vandag meer van mentors en dissipels nie. Maar in die Bybelse tyd was dit algemeen vir iemand om 'n mentor of 'n dissipel te wees. Hoe kan jy 'n mentor word? Begin om in ander mense se lewens te belê.
32
Wat is die sleutel? Om goeie en gesonde verhoudings te hê, moet jy bewus raak van die mense met wie jy meng. Wie kyk op na jou en na wie kyk jy op? Moenie net fokus op jou verhoudings met toeskouers nie – werk daaraan om
inspraak te kry van mense by wie jy kan leer. Daar is ʼn gesegde wat sê dat as jy die grootste vis in die tenk is, dan is dit tyd vir ʼn nuwe tenk! As jou verhoudings stagneer, dan stagneer jy!
Praktiese wenk: Neem drie velle papier en skryf op die een “Geestelik” die ander “Familie” en die ander een “Vriende.”
So kan jy vinnig en maklik identifiseer waar jy jou aandag moet fokus. Skryf nou langs elke persoon drie dinge neer wat jy kan doen om die verhouding te verbeter. Wees baie spesifiek. As dit vir jou baie moeilik is om dit te doen, kan jy dalk 'n kort sinnetjie skryf vir die persoon. Byvoorbeeld: Pa, ek wil graag meer tyd met pa spandeer, maar dit is vir my moeilik as pa die hele tyd dronk is.
Teken 'n prentjie van jouself in die middel. Teken dan die mense wie tans in daardie verhouding is, rondom jou. Jy gaan nou 'n lyn trek vanaf jouself tot by die persoon wat jy om jou geteken het.
Maak 'n lys van die areas in jou lewe waar jy 'n mentor soek. Soek dan vir jou gepaste mentors vir daardie areas. Moenie te vinnig kies nie. Vra vir die Here om die regte mense oor jou pad te stuur.
Gebruik die volgende lyne om die stand van die verhouding aan te dui: Stippellyn: --------------- Dit stel 'n verhouding voor wat bietjie aandag nodig het en waaraan jy moet werk.
Maak 'n lys van die mense wat jy graag wil dissipel, mense in wie se lewens jy wil belê en begin om hulle te dien! Dis belangrik om nie jouself op hulle te forseer nie!
Soliede lyn _______________ Dit stel 'n verhouding voor wat gesond en sterk is.
Onthou, dissipels volg uit eie keuse!
Sonde & Versoeking deur Timothy Kieswetter
Romeine 14:15 – Maar as jou broeder deur voedsel gegrief word, dan wandel jy nie meer volgens die liefde nie. Moenie deur jou voedsel hom te gronde rig vir wie Christus gesterf het nie. Hierdie is 'n baie interessante onderwerp en almal dink anders daaroor. Een van my skoolvriende was 'n Sewendag-Adventis. Hy het Saterdae kerk toe gegaan en het nie vark geëet nie. Hulle glo nes ons aan die drie-enige God en dat Jesus vir ons sondes aan die kruis gesterf het.
Ek het elke pouse my toebroodjies met hom gedeel. Op 'n stadium het ek net ham en kaas broodjies gehad om vir hom aan te bied. Ek het gesien dat hy ongemaklik was en hy het dan maar net nee dankie gesê. Ek het besluit om nie meer my ham en kaas toebroodjies voor hom te eet nie; dit sou hom net oortuig van sonde. Ek is nie geleer dat dit sonde is om vark te eet nie en het daarom nie skuldig gevoel nie. Ek het vir hom jammer gesê dat ek hom elke keer in die versoeking gestel het en
1) Is daar iets wat jy doen wat dalk iemand anders pla? 2) Het jy dalk 'n hoogmoedig houding teenoor ander denominasies? 3) Is daar iemand vir wie jy om verskoning moet vra?
33
was jammer vir hom omdat hy in godsdiens en tradisies vasgevang was en ek nie. Maar eintlik was dit baie hoogmoedig van my om te dink dat ek beter as hy is omdat ek vry is van sulke wette. Ons wat vrygemaak is van die wet kyk soms maklik neer op mense wat nog baie tradisioneel en godsdienstig is. Kom ons aanvaar mekaar eerder en leef in liefde saam eerder as om te stry oor wie reg en verkeerd is.
Kos vir die siel
Is dieselfde sonde, sonde vir almal?
WAG 'N BIETJIE! deur Dr. Leon Oosthuizen
Dis nou maar eenmaal so, niemand hou daarvan om te wag nie! Maar, partykeer moet ons vir die belangrike dinge in die lewe ook wag.
B
aie van ons sukkel om geduldig te wees en te wag vir iets wat ons regtig wil hê. Ons wil altyd alles dadelik hê! Dit laat my dink aan die storie van die vrou wie se motor by die verkeerslig gaan staan het. 'n Man in die motor agter haar het op sy toeter geblaas en vir haar gewys dat sy haar ry moet kry. Sy het egter nie op haar laat wag nie en uit haar motor gespring en vir hom gesê: “Gaan klim jy in my motor en probeer dit aan die gang kry, dan sit ek hier vir jou en toet!” In Matteus 14 lees ons van die keer wat die dissipels in 'n skuit op die see vasgevang was. Hulle wou egter so gou as moontlik daar weg kom, maar hulle moes wag totdat Jesus opgedaag het en die storm stil gemaak het. Martha en Maria moes weer op hulle beurt wag dat Jesus hulle broer, Lasarus, kom gesond maak nadat hulle hom 'n paar dae terug al ontbied het om dadelik te kom. Dis nou maar eenmaal so, niemand hou daarvan om te wag nie! Partykeer moet ons vir die belangrike dinge in die lewe ook wag. Sommige mense moet dalk lank wag voordat hulle hul huweliksmaat ontmoet. 'n Kinderlose egpaar moet dalk weer lank wag voordat hulle 'n kind kan kry. Lewis Smedes het gesê dat om te wag is die moeilikste deel van hoop. Niemand hou daarvan
as God vir jou 'n belofte gee maar daarmee saam die opdrag om te wag nie! Abraham moes tien jaar lank wag vir Isak nadat hy die belofte van 'n erfgenaam ontvang het. Die Israeliete moes vir 40 jaar lank wag voordat hulle die beloofde land, Kanaän, kon binnegaan al was dit net 'n paar dae se reis vêr. Hulle moes ook geslagte lank wag vir die Messias waarvan die profete in die Ou Testament geprofeteer het.
Miga 7:7 – Maar ek sal vertrou op die Here, ek sal wag vir die God wat my red. My God sal my gebed verhoor. Ben Patterson het gesê dat wat God in ons harte doen terwyl ons wag, is net so belangrik soos die ding waarvoor ons wag. Die vermoë om te wag is daarom ook 'n toets vir volwassenheid. Die sielkundiges noem dit uitgestelde bevrediging. Daar is ook bevind dat kinders wat
Abraham moes tien jaar lank wag vir Isak nadat hy die belofte van 'n erfgenaam ontvang het Kom ons gaan kyk bietjie na nog voorbeelde in die Bybel waar God die mens opdrag gegee het om te wag. Genesis 49:18 – Ek wag op u verlossing, o HERE!; Psalm 27:14 – Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE!; Psalm 31:24 – Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op die HERE wag!; Spreuke 20:22 – Moenie sê: “Ek sal my wreek op die kwaad wat aan my gedoen is. Wag eerder op die HERE. Hy sal jou saak hanteer;
34
geleer is om te wag, stres beter kan hanteer en ook beter onder druk presteer as diegene wat nie het nie. Kinders wat nooit geleer het om te wag nie, is hardkoppig, besluitloos, gefrustreerd en gedurig ontevrede. Studies toon dat swak impulsbeheer agter baie misdaad, vergrype, middele misbruik en egskeiding sit. Die onvermoë om te wag is reeds sedert Adam en Eva se dae na aan die hart van menslike feilbaarheid. Paulus sê ook in Romeine 8:18 dat ons swaar kry terwyl ons wag vir God om dinge aan ons bekend te maak - Want ek reken dat die
lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. Maar, daar is ook 'n positiewe kant om te wag en swaar te kry. Swaarkry bring uithouvermoë, uithouvermoë skep karakter en karakter bring hoop. God bring al hierdie eienskappe in ons na vore wanneer ons bereid is om te wag! Om te wag is dus nie maar bloot iets wat ons doen voordat ons kry wat ons wil hê nie, dis deel van die skeppingsproses om ons goddelike karakter te ontwikkel!
nederige erkenning van jou beperkinge en tekortkominge. Nederigheid is per definisie 'n karaktereienskap; iets wat slegs nederige mense oor beskik; wanneer jy wag vir iets erken jy dat jy nie in beheer is nie, maar dat God is. Nederigheid is ook 'n onblusbare hoop. Paulus sê in Romeine 8:24 – Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat 'n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien? Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding.
Wat God in ons harte doen terwyl ons wag, is net so belangrik soos die ding waarvoor ons wag Jy het seker al menigmale gehoor dat ons op die Here moet wag. Wat beteken dit? Kom ons kyk eers wat dit nié is nie. Dit is nie om passief te wag vir iets om te gebeur sodat ons uit een of ander moeilikheid kan ontsnap of ons verantwoordelikhede kan ontduik nie. Om op die Here te wag, beteken dat ons Hom vertrou. Dit beteken om aan te hou glo en aan te hou vashou aan God se beloftes al maak dit seer. Dit is om elke dag wakker te word en vir die Here te sê: “Ek sal U vertrou en U gehoorsaam – selfs al draai dinge nie uit soos ek dit wou hê nie.” Dit neem dissipline om te wag, dit is nie altyd maklik nie! Sal jy God vertrou wanneer Hy vir jou sê, “wag”? Sal jy onthou dat God dinge anders as jy sien omdat Hy 'n ewigheid perspektief het? Ons moet leer om geduldig te wag wanneer God dit van ons verlang. Dit beteken dat ons geduldig dag na dag wag en dan weer dag na dag wag! Miskien wag jy al jare dat ʼn droom van jou verwesenlik word . . . dalk het die droom te make met jou werk of jou bediening of jou intieme behoefte na 'n lewensmaat. Dit voel dalk vir jou of jy die tyd kan ryp druk, dinge kan forseer of manipuleer net sodat jy kan kry waarna jy smag! Maar, die Here vra vir jou vandag, “Is jy bereid om te wag?” Om te wag is ook om vrymoedig nederig te wees. Die profeet Jesaja skryf in Jesaja 32:17 – En die werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid. Die gevolg van geregtigheid is twee karaktereienskappe waarvan die eerste selfvertrou is – nie in jouself nie, maar in God wat jou ondersteun. Jy weet dat God in staat is om te voorsien in al jou behoeftes. Tweedens kweek dit rustigheid en kalmte in jou gemoed – dis die teenoorgestelde van arrogansie en trots, dis 'n
Hoop is op sigself reeds 'n vorm van wag. Indien jy in hierdie dae op God wag, indien jy Hom gehoorsaam, maar jy sien nog nie die resultate van jou geloof nie, weet dat daar 'n wonderlike belofte is wat saam met hierdie gewag gepaardgaan in Jesaja 40:31 – Dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie. Onthou dat voëls een van drie tegnieke gebruik om te vlieg. Die eerste tegniek is deur hul vlerke vinnig te klap; dis uitputtend en hulle kan nie vêr vlieg sonder om te rus nie. Die tweede tegniek is om momentum op te bou en te gly. Die voël bou genoeg spoed op om vir 'n rukkie in die lug te kan rus. Die voël kan egter nie vir te lank aanhou sweef nie of swaartekrag begin sy tol te eis en moet hy weer sy vlerke klap om momentum op te bou. Die laaste tegniek is om te sweef; dis wanneer die voël hoog genoeg gevlieg het om deur die lugstrome gedra te word. Die voël kan vir ure só sweef sonder enige inspanning en kan tot tagtig kilometer per uur beweeg sonder om 'n enkele vlerk te klap. Dis egter net 'n paar voëls wat se vlerke sterk genoeg is om dit te kan regkry.
opgetel en gedra word. Ons sweef vêr bo versoeking en sonde, is produktief en vol krag en wysheid. Ons moet egter gedurende hierdie tyd versigtig wees om nie stoom te verloor nie. Bly afhanklik van God vir alles, wees gehoorsaam aan die leiding van die Heilige Gees en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Jesaja sê ook dat ons sal hardloop sonder om moeg te raak. Ons moet partykeer ons vlerke klap en vasbyt en die wedloop voltooi. Ons voel dalk gefrustreerd, maar daarmee saam weet jy dat jy in God se guns is. Ons moet egter net aanhou hardloop en gehoorsaam wees . . . bly dien, bly gee en bid. Moenie jouself vergelyk met ander wat besig is om op geestelike hoogtes te sweef nie. Moenie dit probeer namaak nie, jou tyd sal kom, hou net aan hardloop! Jesaja sê ook dat daar tye sal wees dat ons sal loop – ons sal nie op hoogtes wees en hardloop nie, maar ons sal stap en nie afgemat raak nie. Dis nie loop op water nie, maar die gewone stap wat vermoeiend is en energie vereis. Al wat jy dan kan sê is: “Here ek sal nie ophou nie. Ek is bereid om aan te gaan al voel ek nie asof ek wen nie. Ek sal deurdruk en aan U gehoorsaam wees, selfs al het ek nie lus nie!” Somtyds is al wat ons kan doen, om net aan te hou met stap, al wil ons ophou. God weet op watter plek jy nou in jou lewe is en Hy sal jou nooit begewe of verlaat nie. Al wat jy nou moet doen is om te wag! God het vir jou 'n hoopvolle toekoms beplan – glo vas dat die beste nog vir jou voorlê al moet jy dalk 'n bietjie wag!
Miskien wag jy al jare dat 'n droom van jou verwesenlik word Een so 'n voël is 'n arend... Jesaja sê dat diegene wat op die Here wag, sal hoogtes bereik waar hulle op die lugstroom van die Heilige Gees sal ry. Johannes 3:8 sê dat die Heilige Gees soos 'n wind is wat waai waar hy wil. In ons lewens sal ons met tye geestelike hoogtes bereik waar ons kan sweef en waar ons kan voel hoe ons deur God se krag
35
deur Rochelle Goosen
-Eksodus Bybelresensie
Deel 1
Hierdie Bybelboek handel hoofsaaklik oor Israel sy bevryding van ballingskap.
E
ksodus is 'n voortsetting van die Genesisverhaal. Dit handel oor die groei van 'n klein familiegroep van sewentig mense na 'n nasie van miljoene. Die Israeliete het vir 430 jaar in Egipte geleef, meeste van die tyd in gevangenskap. Eksodus ver tel van Moses se groei en ontwikkeling; Israel se bevr yding van gevangenskap; Israel se uittog uit Egipte na die Berg Sinai waar hulle God se wet sou ontvang; en God se instruksies aangaande die bou van die tabernakel. Dit sluit af met die bou van die tabernakel as 'n plek waar God kon vertoef. Eksodus open met die Israeliete se verdrukking in Egipte, en hulle klagtes nie net teenoor hul verdrukkers nie, maar ook teenoor hul God. God het hulle smeking gehoor en 'n plan om hulle te bevry in werking gestel. Hierdie bevryding sou deur die profeet Moses volbring word.
Die Egiptenare het die Israeliete as 'n minderwaardige volk beskou Die Egiptenare het die Israeliete as 'n minderwaardige volk beskou. Maar danksy Josef, het die Egiptenare hulle verdra en was hulle selfs goedgesind. Die keerpunt het egter gekom met die inhuldiging van die nuwe koning van Egipte, wat nooit vir Josef geken het nie (Eks. 1:8). Hy het die Israeliete se getalle as 'n bedreiging beskou en stappe geneem om hulle die juk van fisieke arbeid op te lê en sodoende te beheer. Die Skrif sê egter in Eksodus 1:12 – Maar hoe meer die Israeliete onderdruk is, hoe meer het hulle geword en hoe meer het hulle oor die land versprei, in so 'n mate dat die Egiptenaars baie bang geword het vir hulle. Farao het selfs die Hebreeuse vroedvroue beveel om alle pasgebore baba seuntjies om die lewe te bring. Die vroedvroue se vrees vir God was egter groter as hulle vrees vir Farao, en deur hul ondermyning van sy moordplan, het God se plan vir Israel behoue gebly. Farao se wreedheid het egter vererger: hy het 'n bevel uitgereik dat alle pasgebore seuns in die rivier gegooi moes word. Vir drie maande het Moses se ma, Jogebed, hom weggesteek, maar uiteindelik moes sy wat die Bybel 'n "ark” noem ('n sinspeling op die ark wat vir Noag redding gebring het) van biesies bou om hom in weg te steek. Jogebed se optrede om Moses te red word in
36
Hebreërs 11:23 as braaf en vol geloof beskryf. Timoteus verduidelik daardie mate van vertroue wanneer hy skryf in 2 Timoteus 1:12 – Ek weet in wie ek geglo het, en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar tot dié dag toe.
teenwoordigheid, die Shekinah, wat almal en alles waarmee dit in aanraking kom 'n gedaanteverwisseling laat ondergaan het. Nadat God Homself geïdentifiseer het, sê Hy toe in Eksodus 3:7 – Ek het duidelik gesien die ellende
God het hulle hulpgeroep gehoor, en Sy verbond met Abraham, Isak en Jakob onthou Die mandjie is deur een van Farao se dogters gevind. Sy het Moses as 'n Israeliet herken, maar haar tog oor hom ontferm. Miriam, wat byderhand was om oor Moses te waak, het aan Farao se dogter voorgestel dat 'n Hebreeuse oppasster gekry word. Destydse gebruik was om kinders eers tussen drie en vyf jaar te speen. Dus sou daar volop tyd wees om Moses van die Israeliete se God te leer. Sy gehegtheid aan sy volk was uiteindelik so sterk dat sy reaksie op die mishandeling van een Israeliet was om die skuldige Egiptenaar te vermoor. Na die moord moes Moses na die land van die Midianiete vlug. Die Midianiete was afstammelinge van Abraham en dus verwant aan Moses. Daar het Moses vir Zippora as vrou gevat. In Egipte het Farao intussen gesterf. Maar in plaas daarvan dat die Israeliete se omstandighede gevolglik verbeter het, het hul verdrukking vererger. En hulle geroep om hulp oor hulle slawerny het opgeklim tot God (Eks. 2:23). God het hulle geroep om hulp gehoor, en Sy verbond met Abraham, Isak en Jakob onthou. Moses is geroep deur middel van die brandende bos, wat die Skrif as die Engel van die Here beskryf. Hierdie Engel word onderskei van ander engele deurdat Hy aanbidding ontvang het. Geen engel kan egter aanbidding ontvang nie; dit behoort aan God alleen. Lucifer is juis uit die hemel verban omdat hy aanbid wou word. Die probleem word opgelos wanneer die Engel openbaar word as God (Hand. 7:30-32). Maar hoe kon Moses van aangesig tot aangesig met God kom, en steeds leef? Want in Eksodus 33:20 sê God – Jy kan My aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie.” Die antwoord is dat Hy die Seun van God in 'n premenslike vorm gesien het, in die Ou Testament bekend as die Engel van die Here, die “Boodskapper [Engel] van die verbond” (Maleagi 3:1). Die “vuurvlam” was die glorie van God se
van my volk […] Ek ken hulle smarte. Die Here het vertel van Sy plan om Israel te verlos, asook om hulle na die land van melk en heuning te neem. Met God se beroep op Moses om Sy volk te verlos, het Moses egter getalm. Sy reaksie was soos volg in Eksodus 3:1 – Wie is ek, dat ek na Farao sou gaan en dat ek die kinders van Israel uit Egipte sou lei? Hierdie optrede sou nog telkemale voor en tydens die konfrontasies met Farao herhaal word. Ten spyte van die ongeloof en arrogansie van hierdie reaksie, het God gerusstellend geantwoord: “Ek sal met jou wees” (Eks. 3:12), en beloof dat Moses nog saam met die bevryde volk op daardie einste berg sou aanbid. Maar ten spyte van die beloftes en tekens, het Moses steeds getwyfel, en die Here gevra om iemand anders in sy plek te stuur. Hy het nie begrip gehad vir die geweldige eer wat dit is om die Here se opdragte te kan uitvoer nie. Hy het ook geglo hy is nie die openbare spreker wat die roeping vereis nie. Toe ontvlam die toorn van die Here teen Moses (Eks. 4:14). God se woede is Sy beskermende liefde. In 'n poging om Moses tegemoet te kom, het God toe vir Aäron as sy spreekbuis aangestel.
God van Israel se bevel verklaar: dat Sy volk vrygelaat moet word. Aangesien Farao as goddelik beskou is, was dit vir hom moeilik om te aanvaar dat die God van 'n volk in slawerny vir hom 'n bedreiging kon wees. Farao se reaksie was om die Israeliete se werkslading te vermeerder tot op die punt van blatante onredelikheid. God het gesê dat Hy Farao se hart sou verhard - nog 'n demonstrasie van Sy almag. Farao was alreeds ongelowig en arrogant, maar God sou dit vererger sodat Sy teenwoordigheid aan Egipte en Israel bewys sou word. Toe die twee mans voor Farao verskyn, het die Here wonders en tekens deur hulle gedoen. Farao se towenaars kon egter dieselfde doen. Toordery het hoogty gevier in Egipte, en die oortuiging was dat 'n mens deur toordery die gode kon beheer en beïnvloed. Die sogenaamde 'wyse manne' (diegene wat vertroud is met die okkulte) en towenaars se tydelike sukses, toon satan se vermoë om sekere wonderwerke na te boots - 2 Tessalonisense 2:9,10 verwys na "...die werking van satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen". Maar die verskil is dat Satan se wonders en tekens altyd bloot swakker nabootsings van God se oorspronklike krag is. Farao se hart het steeds hard gebly. Dit is in skerp kontras met die ouderlinge van Israel, wat vir geen teken gevra het nie, maar tog geglo het wanneer hulle die tekens sien (Eks. 4:30,31). Die tien plae het twee belangrike dinge verrig: dit het die hoër gesag van die Israeliete se God oor die Egiptiese gode demonstreer - "Met al die Egiptiese gode sal Ek afreken. Ek is die Here!" (Eks. 12:12); en dit het die Israeliete se vryheid gekoop. Met die eerste plaag het God die water van
Met die verdonkering van die son het God Sy mag oor die son, Egipte se sterkste godsdienstige simbool, demonstreer In Eksodus 3:14 identifiseer die Here Homself as “Ek Is wat Ek Is”. Dit bevestig die feit dat wie Moses is nie van belang is nie, maar dat die klem is op Wie met hom is. Hierdie naam is verwant aan die Hebreeuse werkwoord wat “om te wees” beteken, en dui dus op die absolute bestaan van God. Die Hebreeus wat in vers 15 gebruik word om na God te verwys, is ook die oorsprong van woorde soos 'Yahweh,' 'Jehovah,' of 'Here'. Moses en Aäron het voor Farao verskyn en die
37
Egipte in bloed verander. Toe die Egiptiese towenaars egter dieselfde regkry, het Farao se hart verhard. Na die bloed-plaag het die Here Egipte met 'n paddaplaag getref. Paddas is geassosieer met die godin Heqt, wat kamstig vroue in geboorte sou bystaan. Hierdie amper komiese plaag het bewys dat Yahweh in beheer is van Egipte. Farao se reaksie was 'n versoek aan Moses en Aäron om tot hul God te bid en te vra dat die
paddas verwyder word. Hy het selfs beloof om Israel hul vryheid te gee. Moses het die versoek voor die Here gebring, en die paddas is tot niet gemaak. Maar toe Farao die verligting sien, het sy hart weereens verhard en het hy nie by sy woord gehou nie. Hierdie situasie sou keer op keer herhaal. Die derde plaag was 'n plaag van insekte – luise of muskiete. Skrif sê die volgende in Eksodus 8:17 – Al die stof van die aarde het muskiete geword. Vir die eerste keer kon die towenaars nie hierdie wonderwerk naboots nie. "Toe sê die towenaars vir Farao: Dit is die vinger van God!" (Eks. 8:19). Farao se towenaars het daadwerklik moed opgegee. "Dit was Egipte se eerste stap na die erkenning dat Yahweh magtig en teenwoordig is in areas waar hulle gode juis veronderstel was om te heers. Maar Farao se hart was steeds verhard. Die volgende drie plae sou nie net ongemak nie, maar werklike verlies en fisieke lyding bring. Die inwoners van Gosen - die Israeliete - is van hierdie plae gespaar. Die volgende plaag het soos volg afgespeel in Eksodus 8:24 – dik swerms steekvlieë het in die huis van Farao en in die huis van sy dienaars en in die hele Egipteland gekom; die land is deur die steekvlieë verwoes. Dit was onmoontlik om enige werk buite die huis te verrig. En die Here se boodskap aan Farao was uitdruklik: "Ek neem Mý volk in beskerming, joune nie (Eks. 8:23). Die vyfde plaag het die Egiptenaars se vee getref. Hierdie plaag kon 'n aanval op Hathor, die moedergodin van Egipte, gewees het. Sy is gebruiklik in die vorm van 'n koei uitgebeeld. Volgende was 'n plaag van swere: Dwarsoor Egipte het mens en dier swere gekry "wat aanhoudend [ge]etter het" (Eks. 9:9). Die towenaars was magteloos, aangesien hulle ook deur die swere getref is. Teen die sewende plaag het God Sy bedoelings herbeklemtoon in Eksodus 9:14 – Hierdie keer sal Ek al My plae in jou hart stuur [...] dat jy kan weet dat daar niemand op die hele aarde is soos Ek nie. Want anders sou Ek My hand uitgestrek en jou en jou volk met die pes getref het, en jy sou van die aarde verdelg gewees het; maar juis hierom het Ek jou nog laat bestaan, dat Ek jou My krag kan toon, en dat hulle My Naam op die hele aarde kan verkondig. Die plaag, 'n haelstorm, was opsigself 'n wonderwerk, aangesien Egipte 'n feitlik reënlose land is. Met hierdie wonderwerk het God die natuurlike
vererger en die haelstorm vernietigend gemaak daar was hael en onophoudelike vuur binne-in die hael (Eks. 9:24). Dit kon 'n aanval op twee Egiptiese gode gewees het: Isis, die godin van lewe, en Set, die beskermer van oeste. Farao het toe sy sonde erken: "Die Here het reg, ek en my mense is skuldig" (Eks. 9:27 NV). Die Farao het belowe om die Israeliete vry te maak, maar Moses het van Farao weggegaan met die woorde: "...wat u en u dienaars betref - ek weet dat julle nog nie ontsag het vir die Here God nie" (Eks. 9:30). Met die agtste plaag het die Here vir Farao gekonfronteer met die woorde: "Hoe lank weier jy om jou voor My te verootmoedig?" (Eks. 10:3) Toe stuur die Here sprinkane, wat sou wegdoen met enigiets wat nie deur die hael verwoes is nie. Die sprinkane se totale verwoesting van al die oorblywende oeste en vrugte was uiteindelik 'n werklike bedreiging vir die Egiptenaars se lewens; gevolglik het Farao God om vergifnis gesmeek. Maar nadat elke laaste sprinkaan verwyder is, het die Here Farao se hart verhard.
punt is om verlos te word deur hulle direkte gehoorsaamheid aan die God van die verbond. Dit word gekenmerk deur die kies van 'n vlekkelose lam, wat vier dae later geoffer en geëet word as 'n groot deel van die gedenksmaal. Die elemente spreek van 'n tipe Christus as ons Verlosser, die Lam van God. Om die plaag van die dood van die eersgeborenes vry te spring, moes die Israeliete die bloed van die lam aan hul deurkosyne smeer. Sodoende is die belangrikheid van bloedoffers ontwikkel. Dit dui op die bloed van Jesus Christus en die toepassing daarvan vir ons verlossing. In Levitikus 17:11 sê die Here: Omdat die lewe van 'n dier in sy bloed is, het Ek die bloed vir julle gegee om op die altaar versoening te doen vir julle lewens. Die tiende plaag het Egipte getref, en gelei tot die uiteindelike uittog uit Egipte. Farao se hartsverandering is opmerklik: hy het vir Moses en Aäron na hom ontbied, hulle toestemming gegee om met die Israeliete en al hulle vee te vertrek, en ook vir hulle seën gevra. Hy het besef
Israel se verlossing dui op God se seën wat op diegene is wat in 'n verbondsverhouding met Hom bly Toe sê die Here vir Moses: "Steek jou hand in die lug op, dan sal dit donker word in Egipte, so donker dat 'n mens dit kan voel" (Eks.10:21 NV). Met die verdonkering van die son het God Sy mag oor die son, Egipte se sterkste godsdienstige simbool, demonstreer. Dit was ook 'n direkte aanval op Farao, wat as die beliggaming van Amon-Ra, die songod, gesien is. "Die mense kon mekaar nie sien nie en drie dae lank kon niemand iets uitrig nie, maar in al die woongebiede van die Israeliete was daar lig" (Eks.10:23). Farao se hart het weereens verhard, en hy het Moses met 'n dreigement verjaag: "Maak dat jy hier wegkom! Sorg dat ek jou nie weer sien nie, want die oomblik dat ek jou weer sien, sterf jy!" (Eks. 10:28). En so het die tiende, en laaste, plaag aangebreek. Die plaag sou die dood van alle Egiptiese eersgeborenes bring. Hierdie plaag demonstreer God se mag oor lewe en dood, asook Sy meerderwaardigheid oor Osiris, die Egiptiese god wat lewe gee. In Eksodus word die Paasfees vir die Israeliete ingestel as 'n fees vir diegene wat op die
38
die Israeliete se God is inderdaad God en dat hy en sy Egiptiese gode oorwin is. Toe het God Moses beveel dat elke eersgeborene van Israel, beide mens en dier, aan Hom gewy sou word. Die eersgeborenes het op spesiale wyse aan God behoort, aangesien Hy in Egipte hulle lewens gespaar het, en daarom is hulle as die eerste vrugte aan God opgedra (Eks. 13:15). Israel se verlossing dui op God se seën wat op diegene is wat in 'n verbondsverhouding met Hom bly. Hy is hulle God, en hulle word Sy heilige volk genoem. Die Here se bevryding mag dalk nie onmiddellik wees nie, maar dit sal gebeur vir dié wat wag en hulself voorberei vir Sy verlossing. Daardie bevryding is gebaseer op gehoorsaamheid aan God se uitdruklike wil en om op te tree sodra Hy die instruksie gee. Israel moes wag tot na die Paas-ete en die doodsengel verby is. Eers daarna het God die bevel gegee om te gaan. Net so moet ons wag , maar gereed wees om op te tree sodra God die bevel gee!
deur Lomea Heyns
Wees 'n vir Jesus Jesus het mense soos jy gekies om Sy werk op aarde voort te sit
E
en van Jesus se opdragte aan Sy kinders was nog altyd dat hulle Hom, met hart en siel, moet dien. Wanneer jy God wil gehoorsaam, sal jy Sy opdragte moet uitvoer. Hy wil jou gebruik as 'n lewende getuienis vir die mense rondom jou. 1 Petrus 2:5 – Julle moet ook sulke goeie, lewende stene wees sodat God julle in die geestelike huis kan inbou. Dit is maar 'n ander manier om te sê dat julle mense moet wees wat die Here elke oomblik van julle lewe dien. So kan God sy hand deur julle na ander uitsteek en kan ander sy hand deur julle voel. Doen en gee vir die Here dit waarvan Hy hou, want Jesus maak dit vir julle moontlik. Toe Hy jou gekies het, was Hy bewus van die potensiaal in jou om 'n uitgesoekte steen in Sy bediening te word. Deur God te dien, gaan jy Hom leer ken as 'n liefdevolle God wat omgee vir Sy kinders. Die dag toe Jesus opgevaar het na die Hemel om Sy leierskap te gaan ontvang as heerser oor die heelal, het Hy mense soos jy gekies om Sy werk voort te sit. Hy het jou in Sy wenspan nodig; wees jy die steen wat vasstaan in jou geloof in Jesus Christus.
Jerusalem se mure in puin lê, het hy hom tot God gewend en gevra dat die Here hom moes help om die mure te herbou. Dit was immers die plek waar sy voorvaders gewoon het. God was getrou en het sy gebede verhoor.
Om die waarheid lief te hê, sal meebring dat jy die risiko sal moet loop om soms minder gewild te wees In Nehemia 2:18 sê Nehemia – Ek het hulle vertel dat hierdie sending God se goedkeuring wegdra en hoe Hy my gehelp het, en ook wat die koning gesê het. Hulle reaksie was “Uitstekend! Kom ons begin dadelik bou! Hulle het dadelik begin gereedmaak om die werk te doen. Is jy bereid om God se mure te herstel deur 'n lewende steen te wees wat aan Jesus se Koninkryk bou? Laat jou lewe 'n toonbeeld wees van Jesus se lewe op aarde. Laat jou vriende die liefde van God deur jou beleef. Om 'n lewende steen vir Jesus te wees, gaan jy in God moet bly sodat Sy Woord tot jou kan spreek. Om elke dag Jesus op te soek deur te bid en Bybel te lees, wys jy aan God hoe
Toe Hy jou gekies het, was Hy bewus van die potensiaal in jou om 'n uitgesoekte steen in Sy bediening te word Nehemia het getrou God genader in gebed, en het sy lewe aan God gewy. Hy het dag en nag tot God gebid sonder om moeg te word. Toe hy hoor dat
vermaan oor verkeerde gedrag. Om die waarheid lief te hê, sal meebring dat jy die risiko sal moet loop om soms minder gewild te wees. Maar, aan die einde van die dag sal 'n lewe aan God gewy vir jou groot beloning inhou.
belangrik jy Hom as Heerser ag. Om 'n getuie vir God te wees tussen mense vereis opoffering; dit mag beteken dat jy by tye vriende sal moet
39
Moet nooit Jesus verloën deur verkeerde optrede goed te keur nie, wees liewer 'n leier in Christus as 'n slaaf van die wêreld om ander gelukkig te hou. Bou doelgerig aan jou vriendskappe, motiveer jou vriende om ook lewende stene vir Hom te word. Ek wil graag 'n lewende steen wees. ! Wees lief vir die waarheid en veroordeel die kwaad. ! Wees die steen wat Jesus uitgekies het vir Hom. ! Vra God om jou vas te messel in Sy koninkryk. Wyse woorde uit die boek Spreuke: Spreuke 8:13 – Onthou wysheid begin by liefde vir die Here. Wie Hom liefhet, haat dinge soos om te veel van jouself te dink. Wysheid verag verkeerde manier van leef en praat. GEBED: Ek bou met al my krag aan U koninkryk, Heer. Gaan voor my uit en lê elke steen op die regte plek. Saam bou ons aan U Koninkryk! Amen.
40
deur Janet Kieswetter
H
et jy dalk 'n kleiner boetie of sussie wat jou orals rond volg? En soos 'n papegaai alles wat jy doen en sê na-aap? Miskien is jy al lekker geïrriteerd met hierdie volgelingetjie! Wel, Jesus het ook so iemand gehad wat alles wou doen wat Hy wou doen – of hy nou kon of nie! Gelukkig was Jesus nie geïrriteerd met hom nie, maar was baie bly oor Sy volgeling! Sy naam was Petrus en hy is die keer ons Bybelheld. Kom ons gaan kyk wat Petrus gedoen het. Ons spring sommer weg in die Bybel waar hy die gevaarlikste ding ooit gedoen het net omdat Jesus dit ook gedoen het. Ons lees daarvan in Matteus 14:24 – En die skuit was al in die middel van die see, geteister deur die golwe; want die wind was teen hulle. Maar in die vierde nagwaak het Jesus na hulle gekom, al wandelende op die see. En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is 'n spook! En hulle het geskreeu van vrees. Maar Jesus het dadelik met hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie. En Petrus antwoord Hom en sê: Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom. En Hy sê:
Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan. Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my! En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel? Daarop klim hulle in die skuit, en die wind het gaan lê. Toe kom die wat in die skuit was, en val voor Hom neer en sê: Waarlik, U is die Seun van God!
kom ek na jou toe.” Petrus wou altyd doen wat Jesus gedoen het. As Jesus sou gesê het: “Spring uit die boot,” dan sou Petrus dit dadelik gedoen het! Petrus was nie bang vir die groot golwe wat besig was om hulle bootjie te probeer sink nie. Hy wou net presies doen wat Jesus gedoen het omdat hy graag nes Jesus wou wees. Partykeer wil ons doen wat ons vriende doen. Miskien ry al jou vriende
Partykeer wil ons soos 'n bekende persoon wees omdat almal van hom hou Jesus het op die water geloop om by Sy dissipels uit te kom. Hulle het baie groot geskrik en het sommer begin bewe! Hulle het gedog dat hulle 'n spook sien! Ja, selfs in die Bybeltyd was mense bang vir spoke! Jesus het mooi vir hulle verduidelik dat Hy nie 'n spook is nie en hulle was baie verlig om dit te hoor! Toe Petrus besef dat dit werklik Jesus is, wou hy ook baie graag op die water loop: “Here, roep my dan
41
met quadbikes en jy wil ook graag, maar jou ma wil dit nie toelaat nie. Ai, die lewe kan partykeer so onregverdig wees! Dis normaal om partykeer soos iemand anders te wil wees. Partykeer wil ons soos 'n bekende persoon wees omdat almal van hom hou. Jy dink dan dat as jy soos daardie persoon is, dan sal jy net so gewild soos hy wees. Dalk trek jy soos daardie persoon aan en luister na dieselfde musiek. Dalk praat
Helde van die Bybel
Het jy geweet dat Jesus jou ook geroep het om Sy volgeling te wees? Hy nooi jou elke dag uit om Hom te na-aap
jy soos hulle, dalk vloek jy omdat hulle vloek! Naderhand begin jy alles doen wat hulle doen en weet jy glad nie meer wie jy rêrig is nie. Voor jy sien is jy die volgeling, die papegaai. Die waarheid is dat jy word soos die persoon wie jy volg. Op 'n dag het Jesus na Petrus se boot gestap en vir hom gesê, “Volg my”. Petrus het sy pa, sy boot, sy nette en visse gelos en Jesus dadelik gevolg. Hy het aan Jesus se woorde gehang en gekyk hoe Jesus mense gesond maak. Hy het oral saam met Jesus gestap en elke keer by dieselfde plek as Jesus gebly. Mens kan insien hoekom Petrus baie lief vir Jesus geword het?! Jesus was sy held! Hy wou graag alles leer en verstaan wat Jesus hom vertel het. En weet julle wat? Nadat Jesus gekruisig was, weer opgestaan het en hemel toe gevaar het, het Petrus presies soos Jesus geword! Hy het begin preek en vertel van Jesus. Hy het mense gesond gemaak in die naam van Jesus. Hy het oral geloop en gepreek net soos wat
Jesus het. Omdat Petrus soveel tyd saam met Jesus spandeer het, kon hy nie anders as om soos Jesus te word nie. Dieselfde geld vir ons vandag – ons word soos die persoon saam met wie ons die meeste van ons tyd spandeer.
jy volg. Is dit iemand by die huis of skool of selfs iemand op TV? Is die dinge wat jy doen om soos hulle te wees, goed of sleg? As dit goed is, hou so aan! Maar as dit verkeerd is, hou op om dit te doen en volg liewer Jesus se voorbeeld.
Omdat Petrus soveel tyd saam met Jesus spandeer het, kon hy nie anders as om soos Jesus te word nie Petrus het alles wat Jesus gedoen het nageaap. Het jy geweet dat Jesus jou ook geroep het om Sy volgeling te wees? Hy nooi jou elke dag uit om Hom te na-aap. Hy wil hê dat jy Sy copy-cat moet wees! Hy sê: “Maak soos Ek maak, doen wat Ek doen.” En wat het Jesus nou weer gedoen? Hy het vir siekes gebid en omgegee vir ander mense. Hy het mense van God vertel. Hy het sondaars liefgehad. Ek wil jou uitdaag om bietjie te dink oor wie
As jy dalk 'n klein volgelingetjie het wat alles wat jy doen naboots, wees baie bly want dit beteken dat hulle baie van jou hou! Jy gaan moet oppas wat jy doen en sê want hulle hou jou dop! So volg jy vir Jesus, dan word julle albei soos Hy!
Bly soek na My Dit is genoeg Here! Hoe kan ek aanhou bly glo, aanhou om U om hulp te vra? Ek sien nie enige resultate nie! "En in die dae dat hy die HERE gesoek het, het God hom voorspoedig gemaak." - 2 Kronieke 26:5
Ek weet nou dat solank as wat ek aan U vashou, sal U die wonderwerk bring. Help my om nooit tou op te gooi nie! Wys my hoe om U te soek en te aanbid in gees en waarheid.
42
Vrugte Goed Verbode Kwaad
Tuin Vervloek Vlees Verberg
Slaap Brood Slang Vrou
Sterwe Mannin Ribbebene Boom
Subskripsie & Bestellings
Groot is U trou Kies wetter bedieninge
KLUB SUBSKRIPSIE OPSIES
BESTEL ONS TOP PRODUKTE Boeke Geniet 'n oorvloedige lewe - R95.00 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
. . . . R20 elke 2de maand
CD
Waldo die Walvis - R85.00 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
Klub
M p 3
. . . . . . . . R50 maandeliks
Gary Kieswetter
Gary se
Bybelstories vir kinders - R50.00 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
K L U B
Gary se
Kyk nou net hoe werk gebed! - R95.00 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
. . . . . . . . R35 maandeliks
4 in 1 DVD Reekse: R200 per reeks
Klub . . . . . . . . R79 maandeliks
Kids
KLUB
Ouderdom van 4 tot 10 jaar
. . . . . . . . R50 maandeliks
Moenie worry nie . . .. . . . . . . .
Kry rigting in die lewe . . . .
Die tye en seisone van God . . .
Tawwe tye . . . . . . . . . . . . . .
Waarom is herlewing nodig? . .
'n Boer maak 'n plan . . . . . .
God wil jou huis kom besoek .
Lig in jou duisternis . . . . . .
Moenie jou toekoms . . . . . . . .
Moenie jou melk . . . . . . . .
POS BESONDERHEDE
PERSOONLIKE BESONDERHEDE
Posadres: ______________________________________________
Naam en Van: __________________________________________
_______________________________________________________
Telefoon: ______________________________________________
_______________________________________________________
Faks: __________________________________________________
_______________________________________________________
Sel: ___________________________________________________
Poskode:_______________________________________________
E-pos: _________________________________________________
BANK BESONDERHEDE Naam van rekeninghouer: Bank:
Taknaam:
Bankkode:
CCV:
Rek. no:
Verval:
/
Tjek
Spaar
Krediet
MasterCard
VISA
* Enige lidmaatskap fooi en bestelling se debiet order sal die 1ste werksdag van die opeenvolgende maand afgaan
FAKS NA:
086 686 1681
Handtekening:
OF POS VOLTOOIDE VORM NA: Picassostraat 698 Moreletapark 0181
Donasies: Groot is U trou bank besonderhede: ABSA Tjek rekening: 406 073 7461 Takkode: 632 005 Verwysing: Lid nommer of naam en van
Tel: 086 111 2329
44
4 in 1 DVD Reekse - R200 elk Kry rigting in die lewe · Kry rigting in die lewe · Hoe gemaak met die terugslae in die lewe? · God het 'n plan vir jou lewe · Ontdek jou waarde
Lig in jou duisternis · Lig in jou duisternis · Jy kan dit doen · Lig jou kop op · God wag jou in
Moenie worry nie, watch net! Moenie worry nie, watch net! · Moenie my afskryf nie · Van krag tot krag · Staan sterk in moeilike tye ·
'n Boer maak 'n plan
Die tye en seisoene van God
· 'n Boer maak 'n plan · Dit is tyd om op te staan · Beginsels van inregriteit · Waarheen dink jy gaan jy?
· Die tye en seisoene van God · Amper daar · Uit Chaos bring God orde · Waarvoor sal ek onthou word?
Wys my U heerlikheid
Tawwe tye!
Wys my U heerlikheid · Gebruik jou krah · Wat is 'n leier · Moenie jou toekoms opmors nie ·
Tawwe tye · God is met jou · Wat dink God van ons? · Beloftes ·
* Alle bogenoemde titels is ook apart beskikbaar teen R100 elk.
BESTELLINGS:
086 111 2329 Online boekwinkel: www.grootisutrou.co.za
Dra goeie vrug Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra: en julle sal my dissipels wees. - Johannes 15:8