
2 minute read
Jessica se ma én kalfie oorlede
25 March
The St Patrick’s Day Festival will be held on 25 March 2023 at Blueberry Heights from 09:00 until 18:00.
Advertisement
Tickets available at Quicket
For more information contact 079 845 0707 or email magoebasmarket@gmail.com
8 April
The Tzaneen Parkrun is held every Saturday (April - September) from 08:00 and starts at Safari Pub & Grill. Visit www.parkrun.co.za
For more information email tzaneen@parkrun.com
15 April
Shirley Joubert, die alom bekende ‘ma’ van die wêreldberoemde mak seekoei koei, Jessica, net buite Hoedspruit is Sondagaand die 19de Maart in haar slaap oorlede. Shirley se man, Tonie Joubert het aan die media gesê dat Jessica op dieselfde aand ook van haar twee-dae oue kalfie moes afskeid neem.
Shirley was 56-jaar oud teen tye van haar afsterwe en sy het oor die afgelope twee dekades die rol van ‘n ma in Jessica se lewe ingeneem.
Shirley is aan natuurlike oorsake oorlede, vermoedelik na ‘n siekbed, maar die presiese oorsaak van haar dood is nie bekend gemaak nie.
Die egpaar het veral roem verwerf na hulle Jessica as ‘n dag oue kalfie gered, versorg en groot gemaak het. Jessica het van haar ma tydens die 2000 vloede geskei geraak en is hoofsaaklik saam met die vloedwater weggespoel.
Die vloede het veral Mosambiek, Zimbabwe en die noordelike provinsies van Suid-Afrika, Limpopo en dele van Mpumalanga, geteister. Op die einde het die uitgeputte en geskokte kalfie op die oewers van die Blyderivier uitgespoel. Reg op die voorstoep van die Joubert egpaar se woning.
Dit was op daardie dag, die 11de Maart in 2000, dat Shirley ‘n hengse geraas tussen die gras gehoor het op hul grasperk wat tot by die oewer van die rivier gestrek het. Soos wat sy die omgewing stip dop gehou het van waar sy die geraas gehoor vandaan kom, het Shirley gesien daar is iets wat die gras laat beweeg.
Sy en manlief het na die oewer gegaan om vas te stel wat die oorsaak van die geraas is. Groot tot hulle verbasing het ‘n baba seekoeikalf, wat toe uiteindelik as Jessica gedoop was, haar verskyning gemaak.
Die Joubert egpaar het nader aan die kalfie beweeg en gou besef sy is hopeloos te swak, getraumautiseerd en uitgeput om eens op haar eie pote te kon staan en dat sy dringend hulp benodig.
Tonie het haar opgetel en na hulle huis toe gedra waar sy al die nodige hulp ontvang het om te kon oorleef. Gelukkig het Tonie geweet wat om te doen aangesien hy ‘n voormalige wildbewaarder was en kon hulle daarin slaag om die seekoeikalf te red.
Nodeloos om te sê, danksy Shirley en Tonie het Jessica ‘n wonderlike tuiste gevind waar daar vir haar omgegee word en tot in die tone bederf word. Sy het selfs met die Jouberts se honde maats geraak en baie tyd saam gespandeer, selfs saam geslaap op die voorstoep, nogal onder ‘n kombers, vyfster styl.
Dis nie net Tonie en die familie en vriende wat Shirley oneindig gaan mis nie, maar sy gaan beslis ook ‘n groot leemte in Jessica se lewe laat, veral toe hulle saam in die rivier geswem het.