1 minute read

Opedag lok toekomstige Vossies

Roelof de Jonge

Advertisement

‘n Groot aantal Graad 7 leerders vanuit Tzaneen asook omliggende laerskole wie beplan om toekomstig hul skoolloopbaan by die Hoërskool Ben Vorster voort te sit en af te sluit, het verlede week besoek aan die Buffelkraal se jaarlikse Opedag geleentheid afgelê.

Die hoof van die skool, Jan van Staden en die beheerligaamvoorsitter, Eddie Vorster, tesame met die bestuur en personeel van die Vossies asook met die hulp van die Studente Raad, het reggestaan om die toekomstige nuwelinge te verwelkom.

Hullehetdiebesoekersondermeerrondgewys op die Buffelkraal se ter-rein en touwys gemaak van al die spogtoekennings wat die skool op die akademiese, kultuur, sport en kuns behaal het.

Ben Vorster se personeel en leerders het behoorlik uitgehang met die verskeidenheid van spoggerige en inligtingsvolle uitstallings en het ondermeer die verskeie vakkeuses sowel as verskeidenheid van sportsoorte uitgebeeld wat die Vossies aanbied. Nie eens om van te praat van al die spog fasiliteite wat die skool bied nie.

Die Opedag geleentheid was oor twee dae gehou, Donderdag die 11de en Vrydag die 12de Mei. Die eerste dag se geleentheid was vir Engelssprekende leerders en die tweede dag het die toekomstige Afrikaanse leerders in Vossie-kontrei kom kuier.

Afgesien van die welkome gesindheid en wenkultuur van die Vossies, het die besoekende leerders gou geleer dat so tussen die akademie en sport word daar ook tyd gemaak vir pret en plesier.

Na hul wandeling deur die Buffelkraal se terrein en besigtiging van al die fasiliteite wat op op die rugbyveld vertoon was, het hulle die besoek op ‘n prettige noot afgesluit deur op die opgeblaasde waterglybaan in ‘n poel water te plons en af te koel.

Die skool se snoepie is allermins te versmaai en tientalle van die besoekers het hier vasgehaak om van die smullekker eetgoed te koop. Wat terloops deesdae deur Tzaneen se gewilde Adam’s Café bedryf word en steeds dieselfde smullighede te koop aanbied, vir ‘n winskoop.

As al die uitnemende fasiliteite sowel as die bestuur, personeel en al die leerders van Ben Vorster nie genoeg is om die nuwelinge te oortuig om volgende jaar hul skoolloopbaan by die ‘Stry tot Oorwinning’-kultuur voort te sit nie, dan was die snoepie met sy aanloklikke smullighede dalk die laaste die kersie op die koek om hulle te oortuig.

This article is from: