Die Bontebok Augustus 2022

Page 22

22

DIE BONTEBOK

Deur: Dr Kas Hamman

Die gryswolf (Canis lupus)

DIE KLEIN CANIDAE IS WÊRELDWYD SUKSESVOL Klein karnivore of roofdiere soos die rooijakkals (Canis mesomelas), die rooivos (Vulpes vulpes) en die coyote (Canis latrans) vorm wêreldwyd ‘n integrale deel van natuurlike ekologiese stelsels waar hulle voorkom. Dié diere vervul ʼn belangrike funksie om sulke stelsels gesond te hou deur ou en siek diere asook karkasse te verwyder, knaagdiere en klein soogdiere se getalle te beheer en in balans te hou. Dié diere beheer ook die verspreiding van siektes deur siek diere as prooi te teiken, ander roofdiere se beweging te beperk, en hul eie aanteel te beheer in balans met beskikbare prooi.

D

ie voorkoms van roofdiere sowel as prooi is dikwels ʼn aanduiding dat die ekostelsel gesond of in balans is. Geen of abnormaal min roofdiere het dikwels tot gevolg dat die natuurlike prooigetalle uit verhouding hoog raak, dus wanbalanse wat weer aanleiding gee tot agteruitgang van die ekostelsel as geheel. Onnatuurlik hoë getalle van hierdie roofdiere kan onder andere dui op ʼn versteurde ekostelsel waar roofdiere onselektief beheer word soos wat dikwels in landbou gebiede waargeneem word. Oorsprong en kenmerke van die Canidae familie Volgens die fossiel-rekord het die Canidae of wolf-/ hond-familie sowat 40 miljoen jaar gelede hul verskyning in NoordAmerika gemaak. Lede van die Canidae familie toon groot aanpasbaarheid in

voeding en komplekse sosiale gedrag, met aansienlike variasie binne sowel as tussen spesies. Die Canidae familie is van die karnivore met die wydste verspreiding met ten minste een spesie teenwoordig op elke vasteland behalwe Antarktika. Wolwe en lede van die Canidae familie funksioneer in groepe. Hoe groter die groep, hoe meer voordelig is dit vir die individue in die groep in terme van die jag van prooi, verdediging teen ander roofdiere en die suksesvolle grootmaak en oorlewing van kleintjies. Hierdie gedrag-strategie word ook effektief toegepas deur die bedreigde Afrikawildehond (Lycaon pictus). Individue kan hulself nie verdedig teen leeus en gevlekte hiënas nie maar as groep is hierdie diere veel beter instaat om hulself teen groter roofdiere te verdedig en om prooi suksesvol te jag.

Die Afrika Wildehond (Lycaon pictus) Die Canidae-familie het hoogs aanpasbare sosiale strukture en komplekse kommunikasiestelsels. Hulle gebruik ook ‘n diverse verskeidenheid ander sosiale gedrageienskappe, insluitend ‘n verskeidenheid liggaamshoudings om subtiele veranderinge in dominansie en onderwerping aan te dui. Hulle beskik ook ‘n hele verskeidenheid geluide soos blaf, knor, sug, tjank, “howl’ ens. Die rooivos het byvoorbeeld tot 20 verskillende roepgeluide waarmee hulle kommunikeer. Soos algemeen bekend kommunikeer die wolf- en hond-familie deur verskillende chemiese boodskappe in urine en feromoon merkers vry te stel. Sulke inligting behels byvoorbeeld die afbakening van territoriums, identifisering van ‘n dier se geslag, gesondheid, status in die trop en reproduktiewe toestand. Die wetenskap is tans maar nog in sy kinderskoene betreffende kennis en interpretasie van die komplekse sosiale gedrag en organisasie van hierdie familie diere.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.