Die Bontebok Augustus 2022

Page 6

6

DIE BONTEBOK

KAAPJAG PRESIDENT JOHANN STRAUSS

DIE JAGSEISOEN WAT ’N LEKKER TYD VAN DIE JAAR

D

aar heers altyd ’n groot opgewondenheid as die jagseisoen aanbreek. Mense beplan en maak reg vir die groot jag. Die jagplek is al seker ’n jaar terug vasgemaak. Daar word gelaai en ingeskiet vir die jag en dan word daar ’n lys gemaak van alles wat moet saamgaan. Party manne se lys is lank en ander se lys bevat net die nodige. Dan is dit net die tyd wat moet aanbreek om te vertrek. Manne geniet dit, want dit is lekker om in die natuur te wees en daar is niks lekkerder as jou eie biltong nie. Ons het ’n suksesvolle AJV gehad op Velddrif. Dankie aan Weskustak vir al die reëlings en vir Abrie en sy span. Dit was goed gereel en alles het glad verloop. Die venue was uitstekend by die Riviera hotel en ‘n groot dankie vir Rike vir haar rëelings. Weskus-tak het ’n uitstekende ghongskiet aangebied. Op die vergadering het Koos Nel ’n goeie punt aangeroer aangaande klein “scopies” en slap lopies en ons as bestuur sal beslis kyk na die

punt om weer die ou jaggewere en staatmakers terug te bring in ons skiete sodat dit nie net ’n gejaag na die beste gewere en duur teleskope is nie. Die kuns om ’n vleisie huis toe te bring moet darem so ’n bietjie van ’n uitdaging wees. Daar is ’n nuwe dagbestuur gekies tydens die AJV. Dankie aan Andre vir die werk en insette wat jy gelewer het. Dit word waardeer. Aan Francois Rossouw, ons nuwe voorsitter wat die leisels oorgevat het, wens ek voorspoed en sukses toe. Yaseen Hanware is nuut verkies as onder-voorsitter. Antony Swift is ook verkies tot die sportskiet kommitee, verder het die bestuur dieselfde gebly. Takke Al nege takke van Kaapjag is volstoom aan die gang vir die nuwe jaar. Almal bied skiete aan wat goed georganiseer is. Lede kan net na die kalender gaan en gaan kies watter soort skiet hulle wil gaan bywoon en ’n lekker dag maak van die geleentheid.

Junior skuts Ek klink seker al na ’n plaat wat vashaak, maar ons moet kyk na ons junior skuts en nog baie kry om lief te raak vir die sport en vir jag en vir die natuur en vir bewaring, want dit hou die kinders se voete plat op die grond. Juniors is ons lede van die toekoms. Ons ou manne is op pad uit, so ons moet kyk na die jong manne. HP Hunters Portal loop goed. Baie van die foute is nou uitgestryk. Die lede moet net begin om dit ten volle te gebruik om te sien wat dit vir hulle kan beteken, veral as dit kom by hernuwing van lisensies en vir nuwe aansoeke van vuurwapens. Die webtuiste is indrukwekend en bevat baie inligting oor Kaapjag se skiet dissiplines en nog baie meer. Gaan kyk na die kalender en sien wat die takke alles aanbied. Ander verenigings kan ons nie klop nie. Jaggroete

HULDEBLYK AAN KAAPJAG SE NICO LOUBSER 14 SEPTEMBER 1959 – 24 JUNIE 2022 (62 JAAR) Ons was hartseer om te verneem van die heengaan van die voormalige voorsitter en stigterslid van Kaapjag se Overberg Tak. Nico was vir meer as twintig jaar betrokke by Overberg Tak en het gedurende 2008 en ook meer onlangs, gedurende 2020 en 2021, gedien as Voorsitter van Overberg-Tak. Nico was ‘n ware Overberger en het sy lewe lank gewerk en gewoon in Bredasdorp. Nico was ‘n buitelewe mens in die ware sin van die woord. Benewens ‘n jagter, was hy ook ‘n hengelaar van formaat. Getrou aan sy liefde vir die buitelewe, was kamp en toer in die saal van sy motorfiets ‘n groot bron van plesier. Ons eer sy nagedagtenis en in besonder sy bydrae aan Overberg Tak. Ons gebede gaan aan sy geliefdes en weet dat hulle vertroosting sal vind uit hul herinneringe aan ‘n besondere man. Rus sag! - Matt Relihan

NICO LOUBSER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.