
3 minute read
FieldNET and Zimmatic: A winning combination for Namibian farmer
from ProAgri BNZ 20
by ProAgri
FIELDNET EN ZIMMATIC: 'N WEN-KOMBINASIE VIR HIERDIE NAMIBIESE BOER
Gerhard Spangenberg boer met mielies en koring in Namibië. Slegs twee jaar gelede het hy sy eerste twee Zimmatic-spilpunte en 'n FieldNET-subskripsie aangeskaf nadat hy by ander produsente baie van hierdie produkte gehoor het. Ons het hom ontmoet om 'n beter idee te kry oor presies hoe sy boerdery voordeel getrek het uit die Zimmatic- en FieldNET-kombinasie wat hy in sy lande gebruik.
Advertisement
Wat gewasboerdery betref, is water een van die belangrikste faktore op enige plaas. 'n Koring- en mielieboer in Namibië het onlangs met ons gesels om te verduidelik wat die vernaamste redes is waarom hy slegs Zimmatic-spilpunte op sy plaas gebruik.
Gerhard Spangenberg is 'n betreklik nuwe Zimmatic-boer. Net twee jaar gelede het hy twee Zimmatic-spilpunte gekoop nadat hy van mede-produsente gehoor het dat hierdie produkte baie beter watertoediening bied as ander handelsmerke.
“Die afgelope twee jaar wat ons Zimmatic-spilpunte op ons plaas gebruik, het ons nie een probleem met hulle gehad nie. Ek weet dat daar feitlik geen ander spilpunte is wat die lang lewensverwagting het wat Zimmatic bied nie,” het Gerhard gesê.
Hy het bygevoeg dat Zimmatic-spilpunte ook bekend is vir hul sterkte en duursaamheid. As boer moet hy sorg dat hy belê in toerusting wat hou.
“Benewens hul robuuste bouvorm, is Zimmatic-onderdele baie maklik om te vind. Dit maak onderhoud 'n briesie as jy iets op u spilpunt moet vervang,” voeg hy entoesiasties by. In Namibië moet boere die uitdagings van boer in 'n baie droë klimaat oorkom. Trouens, vir die grootste deel van 2020 het die land steeds deur 'n verwoestende droogte gesukkel wat tot voedseltekorte gelei het. As gevolg van hierdie omstandighede is behoorlike besproeiing noodsaaklik om goeie oeste tydens produksie te verseker. Vir hierdie doel vertrou Gerhard op FieldNET om hom te help om op hoogte te bly van wat gedurende die seisoen in sy lande gebeur.
“Ons gebruik FieldNET op ons Zimmatic-spilpunte. Met die toep kan ons presies sien hoeveel water toegedien word en wat die vordering met die besproeiingsiklus is. Die beste ding is egter dat FieldNET my toelaat om my spilpunte aan en af te skakel, selfs as ek met vakansie is, sodat my boerdery nooit tot stilstand hoef te kom nie," het Gerhard verduidelik.
Aangesien Namibië 'n droogtegeteisterde land is, is water 'n skaars en waardevolle hulpbron. Vir Gerhard verseker FieldNET dat geen water vermors word as sy Zimmatic-spilpunt 'n fout ondervind terwyl dit loop nie.
“As daar 'n probleem by die spilpunt is, skakel FieldNET dit af, sny die watertoevoer en laat my dadelik op my selfoon weet. Op hierdie manier kan ons die probleem dadelik regstel, wat ons baie produksietyd bespaar. Nog belangriker is dat ons weens die proaktiwiteit van FieldNET nie 'n druppel water verloor nie,” het hy bygevoeg. “Ek sal eerlikwaar sê dat sedert ons die Zimmatic-spilpunte en FieldNET op ons plaas begin gebruik het, dit ons bedrywighede aansienlik vergemaklik het. Die opvallendste verskil is natuurlik dat ons nou beter opbrengste kry, wat hoofsaaklik te wyte is aan die baie akkurate watertoediening wat die spilpunte in ons landerye lewer,'' het hy gesê oor die praktiese impak wat die spilpunte op sy plaas gehad het.
Volgens Gerhard is sy plaaslike Zimmatic-handelaar, Aqualand Irrigation, ware kundiges wat FieldNET en Zimmatic betref. Hy sê dat hulle hom op 'n baie professionele manier kon adviseer het oor die produkte wat hy benodig, met die unieke eienskappe van sy boerdery in gedagte. Verder sê hy dat hul naverkoopdiens eenvoudig briljant is.
“FieldNET en Zimmatic gaan soos brood en botter saam. Dit is 'n wen-kombinasie - daarvan kan ek getuig,” het hy gesê.
Vir meer inligting oor Zimmatic- en FieldNET-produkte in Namibië, klik hier.



