




a Erediens 09:00— Diens word gelei deur Ds. John Myers Nagmaal word bedien. a Kategese gedurende die diens in die onderskeie lokale a MELAS—na die diens
a Gebedsgroep — Almal welkom om 07:30
a Jeug — Almal welkom om 18:00. Skakel Johan indien vervoer benodig word—082 410 7661
a Erediens — word gelei deur ds John Myers. a Bring & Braai—na die diens. Almal welkom
a Gebedsgroep — Almal welkom om 07:30
Woensdag venter (B2)
Donderdag ste Comine Els (C4) ste Morné Kruger (E1)
Andreas, die broer van Simon Petrus, was een van die twee wat dit van Johannes gehoor en Hom gevolg het. Hy het eers sy eie broer Simon gekry, en vir hom gesê: Ons het die Messias gevind...- Joh. 1:41, 42
Moontlik het u ook al gevoel dat u nou nie juis baie vir die Here Jesus kan doen nie. U kan nie preek nie, u kan nie die evangelie op die. sendingvelde verkondig nie, u kan nie groot skares na Jesus lei nie. As u al ooit so gevoel het, moet u na Andreas kyk. Ons lees maar min van hom, al was hy 'n dissipel. Hy staan as't ware in die skadu van Petrus en Johannes en Jakobus en Thomas. Ons lees nêrens dat hy groot skares na Jesus gelei het soos Petrus gedoen het nie (Hand. 2:14-47). Hy is dus iemand wat op die agtergrond gebly het. En tog- hy het vir Petrus na die Here Jesus gelei! Wie kan die betekenis van hierdie gebeurtenis ooit na waarde peil? Andreas sou self nie die groot skares na Jesus lei nie, maar hy het Petrus vir Jesus gewen sodat hý dit kon Hoedoen.kosbaar
is een enkele bekeerling nie vir die Here nie (Joh. 3:16; Luk. 15).Miskien kan u ook iemand na Jesus lei deur wie die Here groot dinge wil doen-u kind, u vriend of vriendin, u man of vrou, u kollega of buurman.
Die Here het ook vir u nodig in Sy diens. U het 'n plek in die gemeente waaraan u behoort. U het 'n bydrae om te lewer. As Jesus die brode en vissies van 'n seuntjie gebruik het om 'n skare te voed, kan Hy ook u en my beperkte gawes en talente gebruik om vir baie tot seën te wees. Vra dit van Hom.
Here, gebruik my elke dag, elke oomblik in diens van U koninkryk. Ek stel my ten volle tot U beskikking. Amen.
Daar is tans weerÕn groot behoefte aan onbederfbare produkte by die Koskas:
© veral blikkies vis en soutvleis.
© Vars groente is ook baie welkom.
© Elkeen wat iets kan bydra, word opgeroep om dit asseblief na die kantoor te bring.
© Toiletware
Ons “Fles van Hoop” projek is uiters gewild, maar hierdie voorraad is ook Bestanddeleuitgeput.
nodig vir die“Fles van Hoop”:
© Rys
© “Soup mix”
© Lensies
© Blokkies “stock”
© Pakkies soppoeier.
Indien u leë bottels het wat u kan vul, bring asseblief kantoor toe. Vir enige verdere inligting, kontak Annatjie de Beer 082 753 9518
Gedurende Augustus het die koskas aan 28 gesinne kos uitgedeel en tot dusver gedurende September aan 14 Gesinne. Ons koskas is op die oomblik omtrent leeg terwyl meer-en-meer nuwe gesinne kom hulp soek. Wat gewoonlik vir Õn basiese pakkie beplan word, is die volgende en ons kan dit nie eens bybring nie.
Hierdie groep beplan‘n heerike uitstappie Vaaldam toe. Kontak die kantoor op 082 993 7218 of volg die skakel in elke blok se WhatsApp groep vir die reëlings.
Caroline bied elke Dinsdag en Vrydag vanaf 08:00—12:00 klasse aan om te leer brei, hekel, handwerk en naaldwerk te doen. Haar doel is om werkloses‘n kans te gee om ‘n eie inkomste te genereer. Enigiemand wat belangstel om hierdie klasse by te woon is welkom.
Hierdie projek word deur Midvaal munisipaliteit ondersteun.
Jar of hope
Sout (500g)
Pilchards vis Blikkies chakalaka
Blikkies vleis
Blikkies “baked beans” Blikkies ertjies/gemengde groente Blikkies sweetcorn Koffie
Rooibostee Spaghetti Macaroni ( Rys Suiker ()
Blikkieskonfyt Melkpoeier Soppoeier Toiletseep Mieliemeel
Soja Lensies Droë ertjies Toiletpapier
Sjampoo
Tandepasta Sanitere doekies Waspoeier Sunlight seep
Ons benodig ook leë joghurt houers, margarien houers en klein botteltjies om groot voorrade voedsel in op te deel in kleiner hoeveelhede.
In die toekoms gaan ons Õn groot houer in die voorportaal plaas vir gemeentelede om asseblief wat hulle kan, saam te bring kerktoe en Sondae daarin te plaas.