Menlolaer Klikkiebek Somer 2012

Page 1

Somer 2012

? 2 1 0 2 y j u o h Ont

Swembad skitter op 50... Mnr. Bredenkamp (hoof) en Cameron van den Burgh, Olimpiese gouemedalje-wenner en wêreldrekordhouer, open die “nuwe” ou swembad.


Redaksioneel “Time flies when you’re having fun!” Dit is hoe die afgelope jaar opgesom kan word. Die tyd het gevlieg, terwyl Menlo-pret aan die orde van die dag was. Somtyds het ons gesukkel, gehuil en gekla, maar meestal het ons geleer, gelag, gegroei en geniet. Die “Onthou jy 2012”-uitgawe herinner mens net weer wat ons, as skool, deur die loop van die jaar vermag het. Ons kan met trots terugkyk op die jaar wat verby is en met vertroue uitsien na 2013, want saam kan Laerskool Menlopark grense skuif en berge versit! Geniet die welverdiende vakansie en mag dit vir elkeen wat hierdie uitgawe lees, ‘n gesonde, gelukkige en geseënde feestyd en nuwe jaar wees.

Boodskap van die hoof Die laaste Klikkiebek vir die jaar. As ons terugdink aan alles wat Laerskool Menlopark hierdie jaar vermag het, dan voel dit amper soos “Van Toeka tot Nou”. Ons het 2012 met groot opgewondenheid tegemoet gegaan en al die uitdagings en hoogtepunte met moed, durf en ywer aangepak. Met die skooljaar op sy rug kan ons met ‘n gevoel van genoegdoening uitsien na ‘n Desember-vakansie, sodat ons die nuwe jaar met entoesiasme tegemoet kan gaan. Baie dankie aan elke leerling, opvoeder en ouer wat, as vennote, ‘n reuse bydrae gelewer het tot die opvoeding en onderwys van ons kinders die afgelope jaar. Elkeen van u het bygedra tot die Menlosuksesverhaal en elke bydrae, op welke wyse ookal, word opreg waardeer. Na nog ‘n jaar kan ons getuig dat die meetsnoere vir ons in lieflike plekke geval het en dat Sy genade elke dag vir ons genoeg was. Aan Hom, ons Vader, alle lof en eer!

Op 2013! Ciska Fourie REDAKTEUR

Mag u hierdie “Onthou jy 2012”-uitgawe van die Klikkiebek geniet.

Wat maak julle met bydraes? • Alle foto’s en artikels kan gestuur word aan: menlolaer@menlolaer.co.za of dit kan in die poshokkie in die voorportaal gepos word. • Menings wat uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van die Laerskool Menlopark nie.

Pieter Bredenkamp Hoof

Ons groet...

Ons groet juff. Sheila van der Merwe en Stina Watts. Baie dankie vir alles wat julle vir die skool gedoen en beteken het oor al die jare. Julle verdien egter die laaaaaaaang vakansie wat nou vir julle voorlê. Juf. Annali Steenkamp verruil die gejaag van die stad vir die plaaslewe. Mag hierdie nuwe avontuur ‘n groot seën vir julle as gesin wees. Laerskool Menlopark gaan julle mis!

Redaksie • • •

Redakteur: Ciska Fourie Grafiese uitleg: Nadia du Plessis van Imagine Design 084 833 4454 Almal wat foto’s geneem en gestuur het

Juf. Sheila van der Merwe

Juf. Stina Watts

Juf. Annali Steenkamp

Die geskenk van liefde. Die geskenk van vrede. Die geskenk van geluk. Die geskenk van voorspoed. Mag dit u deel wees hierdie Kersfees en in 2013.

2

Kersgroete Laerskool Menlopark

Hier Kry Ons Vlerke


. .. k e e r b n e u o b Ons

Ons hou piekniek by die Voortrekkermonument om geld in te samel vir die opknapping van die swembad.

Na...

Na baie swoeg en sweet.....

Voor...

Word die swembad se 50ste bestaansjaar in styl gevier.

Parkieland Kleuterskool was besig om uit sy nate te bars, maar met die nuwe klasse wat aangebou is, is daar weer baie plek vir al ons maatjies.

Voor...

Amper klaar...

Voor... Na maande se beplanning en harde werk open ons klerewinkel, Bokkiedrag, amptelik sy deure op 8 Oktober 2012.

Na...

Hier Kry Ons Vlerke

3


Eerste skooldag... Na ‘n lekker lang vakansie, skop die skooljaar op 18 Januarie af. 110 brawe gr. 1-maatjies begin hul eerste skooldag by Laerskool Menlopark.

Sneeu verras almal...

foto? Sneeu in Pretoria? Watwou! 4

Hier Kry Ons Vlerke


Pret in pajamas... Die gr.1’s het groot pret gehad toe hulle in pajamas en met deurmekaar hare, skool toe kon kom. Die ‘Bad Hair- en Pajamadag’ beloof om elke jaar een van die hoogtepunte op die kalender te wees.

.

ek.. e w e t s n u K t Kolskoot me

Die eerste Menlo-kunsteweek was ‘n wenner! Die hele skool het trom geslaan, kolwyntjies gebak en blomme rangskik. In die middae is daar gesing, gedans, geteken en opvoerings gehou. Die week is met ‘n spesiale gala-aand afgesluit.

Hier Kry Ons Vlerke

5


! g a d e d n o b n e w e n twee span

o/13

o/11

1ste r na die Bondedag, waarvan die unt beleef. Drie spanne dring deu gtep hoo ‘n jaar die hier het gby Menlo-ru ig vierde. uit die stryd tree. Die 0/9-span eind span en die O/11-span as wenners

e n n a p s s o l f a ir v n dekade se we

osbyeenkoms vir Die aflosspan wen die Prestige-afl ‘n Aflos is Menlo-kos!

6

die 10de agtereenvolgende jaar.

Hier Kry Ons Vlerke


ONS SUPER

SSUUPPEERR 1122--SSPPAANNNNEE

Menlo-hokkie, -tennis en -gholf het ‘n super jaar by die Super 12-kompetisies beleef. Hierdie spanne het almal as wenners uit die stryd getr ee!

beste netbalspan in sa! Die O/12-netbalspan wen die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskappe en dra met trots die kroon as beste netbalspan in die land. Hierdie span speel al sedert 2009 saam en het nog nie een wedstryd verloor nie!

Hier Kry Ons Vlerke

7


Menlo geniet Gemsbokfees...

“Uppercut”

“Badprop”

Die Gemsbokfees het hierdie jaar ‘n splinternuwe baadjie aangetrek. Die volwassenes het heerlik gekuier, terwyl die kinders na hartelus baljaar het. Die hoogtepunt was egter die boksgeveg tussen “Uppercut” Bredenkamp en “Badprop” Visagie. Onthou julle hoe “Uppercut” vir “Badprop” laat les opsê het?

Menlo is pret...

Waterkaskenades...

8

Kaskar-en gladiatordag...

Hier Kry Ons Vlerke


Klasuitstappies...

Graad 6-kamp...

g... Interne rugby-en netbalda

Valentynssokkie...

Koor-getoor... Hier Kry Ons Vlerke

Muntlegging...

9


ort... Rooi + Geel + Blou = Huissp

Huissport is sinoniem met talentvolle atlete, begeesterde toeskouers en energieke dirigente.

Menlo gee om...

Menlo-mense gee om! Die barmhartigheidsweek gee vir die kinders die geleentheid om op ‘n tasbare wyse ‘n verskil te maak. Die kruideniersware is aan Kinderwelsyn Tshwane se Elandspoort-tak geskenk en die opbrengs van die muntlegging en die gr.7entrepreneursdag aan CMR-Noord. Die ontvangers het ons verseker dat hierdie skenkings groot vreugde (en verligting) gebring het.

10

Hier Kry Ons Vlerke


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.