18 minute read

Hoofstuk 6—Twee Helde

REEDS in die negende eeu het die evangelie wortelgeskiet in Boheme. Die Bybel is vertaal, en die openbare godsdiens is beoefen, in die taal van die volk. Maar namate die mag van die Pous vermeerder het, is die woord van God bedek. Gregorius VII, wat dit op homself geneem het om die trots van konings te verbreek, was nie minder vasberade om die volk te verslaaf nie; derhalwe is ‘n bul uitgevaardig wat verbied het dat die openbare godsdiens in die Boheemse taal sou geskied. Die Pous het verklaar “dat dit vir God behaaglik is dat Sy diens in ‘n onbekende taal sou geskied, en dat baie euwels en ketterye ontstaan het omdat hierdie reel nie toegepas is nie.” Wylie, boek 3, hoojstuk 1. Also het Rome verorden dat die lig van Gods woord uitgedoof, en die volk in duisternis opgesluit moes word. Maar die Hemel het ander werktuie voorsien vir die bewaring van die kerk. Baie van die Waldense en Albigense, van hulle wonings verdryf in Frankryk en Italië, het na Boheme verhuis. Hoewel hulle nie gedurf het om in die openbaar te leer nie, het hulle dit ywerig in die geheim gedoen. Op hierdie manier is die ware geloof van eeu tot eeu bewaar. {GS 109.1}

Voor die tyd van Huss, was daar manne in Boheme wat openlik die verdorwenheid van die kerk en die losbandigheid van die mense veroordeel het. Hulle werk het groot belangstelling verwek. Die hiërargie is ontstel, en daar is vervolging op tou gesit teen die dissipels van die evangelie. Verjaag, sodat hulle in die bosse en die berge hulle godsdiens moes beoefen, is hulle deur die soldate agtervolg, en baie is om die lewe gebring. Later is daar bevel uitgevaardig waarin verorden is dat almal wat van die Roomse godsdiens afgewyk het, verbrand moes word. Maar terwyl die Christene hulle lewens opgeoffer het, het hulle vooruitgesien na die oorwinning van hulle saak. Een van die wat “geleer het dat verlossing alleen kon verkry word deur geloof in die gekruisigde Heiland,” het op sy sterfbed verklaar: “Die woede van die vyande van die waarheid het nou die oorhand, maar dit sal nie vir ewig so wees nie; daar sal een onder die volk opstaan, sonder swaard en sonder gesag, en hulle sal nie teen hom kan bestaan nie.” Wylie, boek 3, hoojstuk 1. Die koms van Luther was nog ver in die verskiet; maar alreeds het daar iemand opgestaan wie se getuienis teen Rome die volke in beroering sou bring. {GS 110.1}

Johannes Huss is uit ‘n nederige huis gebore, en met die afsterwe van sy vader het hy vroeg wees geword. Sy vrome moeder, wat opvoeding en die vrees van God beskou het as die waardevolste besittings, het getrag om hierdie erfdeel aan haar seun te gee. Huss het in ‘n provinsiale skool geleer, en later is hy na die universiteit van Praag, waar hy as arm student opgeneem is. Sy moeder het hom daarheen vergesel; as arm weduwee het sy geen wêreldlike rykdom gehad om aan haar seun te gee nie; maar toe hulle naby die groot stad kom, het sy langs die weeskind neergekniel, en die seen van hulle Hemelse Vader op hom afgesmeek. Weinig het sy vermoed hoe haar gebed beantwoord sou word. {GS 110.2}

Aan die universiteit het Huss homself gou onderskei deur sy onvermoeide ywer en vinnige vooruitgang, terwyl sy onbesproke lewe en sagmoedige, innemende gedrag algemene agting afgedwing het. Hy was ‘n opregte aanhanger van die Roomse Kerk, en ‘n ernstige soeker na die geestelike seëninge wat daardie kerk voorgegee het om te gee. Tydens een van die jaarfeeste, het hygaan bieg en het hysylaaste paar geldstukkies betaal; hy het by die optog aangesluit sodat hy ook kon deel in die beloofde vergifnis. Na hy sy kollegekursus voltooi het, het hypriester geword. en daar hygou vir homself naam gemaak het, het hy ‘n plek gekry aan die hof van die koning. Ook is hy aangestel as professor, en later as rektor van die universiteit waar hy sy opvoeding geniet het. Binne ‘n paar jaar was die behoeftige student die trots van sy land, en sy naam was deur die ganse Europa bekend. {GS 110.3}

Maar dit was in ‘n ander veld waar Huss sy hervormingswerk begin het. Etlike jare na hy priester geword het, is hy aangestel as prediker by die kapel van Betlehem. Die stigter vanhierdiekapethet, as‘nbaiebelangrike saak,voorgestaan datdieSkrifteindie volkstaal moes gepredik word. Nieteenstaande Rome se verbod hierteen, was hierdie gewoonte nie heeltemal in Boheme gestaak nie. Daar was groot onkunde aangaande die Bybel, en die ergste sondes het onder alle stande van die samelewing geheers. Hierdie dinge het Huss ongenadigbestraf,enhomself opdiewoordvanGodberoepomdiebeginselsvanwaarheid en reinheid wat hy geleer het, te bekragtig. {GS 111.1}

‘n Burger van Praag, Hieronimus, wat later ‘n medewerker van Huss geword het, het diegeskriftevan WycliffemethomsaamgebringuitEngeland. Diekoninginvan Engeland, wat ‘n bekeerling van Wycliffe was, was ‘n Boheemse prinses; deur haar invloed is die geskrifte van die Hervormer wyd versprei in haar geboorteland. Huss het hierdie werke met belangstelling gelees; het hy geglo dat die skrywer daarvan ‘n opregte Christen was, en hy was geneig om die hervormings wat Wycliffe voorgestaan het, gunstig te beskou. Alhoewel hy dit nie geweet het nie, was Huss alreeds op die pad wat ver weg van Rome sou lei. {GS 111.2}

In hierdie tyd het daar twee vreemdelinge uit Engeland in Praag aangekom, manne van geleerdheid, wat lig ontvang het en gekom het om dit in hierdie verafgeleë land te versprei. Hulle het begin met ‘n openlike aanval op die oppergesag van die Pous, en hulle is gou stilgemaak deur die owerheid. Maar onwillig om van hulle doel af te sien, het hulle hulle toevlug geneem tot ander middels. Daar hulle ook kunstenaars sowel as predikers was, het hulle hulle kuns beoefen. In ‘n plek waartoe die publiek toegang gehad het, het hulle twee skilderye geteken. Die een was ‘n voorstelling van Christus se intog in Jerusalem, “sagmoedig, sittende op ‘n esel,” gevolg deur Sy dissipels in verslete klere en kaalvoet. Die ander skildery was ‘n voorstelling van ‘n pouslike optog; die Pous was uitgedos in sy pragtige klere en sy drievoudige kroon, sittende op ‘n pragtigversierde perd, met kardinale en prelate in skitterende tooisel aan die voorpunt. {GS 111.3}

Hier was ‘n preek wat die aandag van alle klasse getrek het. Skares het na die skilderye kom kyk. Almal het die sedeles gesien, en baie het diep onder die indruk gekom van die kontras tussen die sagmoedigheid en nederigheid van Christus, die Meester, en die prag en grootsheid van die Pous, Sy sogenaamde dienskneg. Daar het groot beroering in Praag ontstaan, en die vreemdelinge het dit na ‘n tyd nodig geag om veiligheidshalwe te vertrek. Maar die les wat hulle geleer het, is nie vergeet nie. Die skilderye het ‘n diep indruk op Huss gemaak, en homgelei tot ‘n dieper studie van die Bybel en die geskrifte van Wycliffe. Ofskoon hy nie bereid was om toe al, al die hervormings aan te neem wat Wycliffe voorgestaan het nie, het hy die ware karakter van die pousdom duideliker gesien, en met groter ywerhethydiehoogmoed,dieeersugtigheid,endieverdorwenheidvandiehiërargie veroordeel. {GS 112.1}

Van Boheme het die lig na Duitsland versprei; want onluste aan die Universiteit van Praag het as gevolg gehad dat honderde Duitse studente hulle onttrek het. Baie van hulle het van Huss hulle eerste kennis van die Bybel gekry, en, terug in hulle vaderland, het hulle die evangelie verkondig. {GS 112.2}

Rapporte aangaande die werk in Praag het na Rome gegaan, en Huss is gou voor die Pous gedaag. Om te gehoorsaam sou vir hom ‘n gewisse dood beteken. Die koning en koningin van Boheme, die universiteit, lede van die adelstand, regeringsbeamptes almal het saam ‘n beroep op die Pous gedoen om Huss toe te laat om in Praag te bly, en om deur middel van ‘n plaasvervanger in Rome verantwoording te doen. In stede van hierdie versoek toe te staan het die Pous met die verhoor voortgegaan en Huss veroordeel, ook het hy die stad Praag in die ban gedoen. {GS 112.3}

In daardie tyd het so ‘n vonnis, waar ook al uitgespreek, algemene ontsteltenis veroorsaak. Die seremonies waarmee dit gepaard gegaan het, het die volk, wat die Pous beskou het as die verteenwoordiger van God, in besit van die sleutels van die hemel en hel, asook van mag, om tydelike sowel as geestelike straf op te lê, die skrik op die lyf geja. Daar is geglo dat die poorte van die hemel gesluit word teen die plek wat deur die banvloek getref word; en solank as die Pous die ban nie herroep nie, sou die dode uitgesluit bly van die oord van saligheid. As ‘n teken van hierdie vreeslike onheil, word alle godsdiensoefeninge gestaak. Die kerke word gesluit. Huwelike word in die kerkhof ingeseën, daar word geweier om die dode in gewyde grond te begrawe, en hulle word sonder ‘n lyksrede, sommer op die veld of in ‘n sloot gegooi. Op hierdie manier het Rome, deur maatreëls wat op dieverbeelding van die volkgewerk het, die gewetensvandie mense beheers. {GS 113.1}

Die stad Praag was in oproer. ‘n Groot menigte het Huss veroordeel as die oorsaak van hulle onheile, en hulle het geëis dat hy aan die wraak van Rome oorgelewer moes word. Om die storm te stil, het die Hervormer homself vir ‘n tyd in sy geboortedorp teruggetrek. In ‘n brief aan vriende in Praag het hy geskryf: “As ek my uit julle midde teruggetrek het, is dit om die gebod en die voorbeeld van Jesus Christus na te volg, sodat daar geen geleentheid sal gegee word aan kwaadgesindes om die ewige veroordeling op hulle hals te haal nie, en sodat ek nie die oorsaak sal wees dat die vromes sal ly en vervolg word nie. Ookhetek myteruggetrekuitvreesdatgoddelosepriestersdieverkondigingvandiewoord van God onder julle nog langer sal verbied; maar ek het julle nie verlaat om die goddelike waarheid, waarvoor ek met die hulp van God gewillig is om te sterf, op te gee nie.” Bonnnechose, “The Reformers Before the Reformation,” Deel I, bl. 87 (ed. 1844). Huss het nie sy werk gestaak nie, maar het deur die omliggende lande gereis waar hy vir gretige skares gepreek het. Die maatreëls, dus, wat die Pous getref het om die evangelie te onderdruk, was oorsaak dat dit meer verbrei het. “Want ons kan niks doen teen die waarheid nie maar wel vir die waarheid.” 2 Kor. 13: 8. {GS 113.2}

“Op hierdie stadium van sy loopbaan skyn dit of daar ‘n groot stryd in die hart van Huss gewoed het. Hoewel die kerk daarop uit was om hom te oorweldig deur donderslae, het hy nie die gesag daarvan verwerp nie. Die Roomse Kerk was vir hom nog die bruid van Christus, en die Pous nog die verteenwoordiger en plaasvervanger van God. Huss se stryd was nie teen die beginsel van gesag nie, maar teen die misbruik daarvan. Dit het hom in ‘n vreeslike stryd gewikkel tussen syverstandelike oortuigings en die inspraak van sygewete. As die gesag reg en onfeilbaar was, soos hy geglo het, hoe is dit dan dat hy gedwonge gevoel het om dit ongehoorsaam te wees? Om dit te gehoorsaam, het hy gesien, was sonde; maar waarom sou gehoorsaamheid aan ‘n onfeilbare kerk hom dan voor hierdie vraag bring? Dit was die vraagstuk wat hy nie kon oplos nie; dit was die twyfeling wat hom uur na uur gemartel het. Die naaste wat hy aan ‘n oplossing kon kom, was om aan te neem dat daar ‘n herhaling was van toestande soos in die dae van die Verlosser, toe die priesters van die kerk bose manne was wat hulle wettige gesag gebruik het vir onwettige doeleindes. Dit het hom daartoe gebring om dit as rigsnoer vir sy eie lewe aan te neem, en dit ook aan ander voor te hou, dat die voorskrifte van die Woord, deur die verstand aangeneem, die gewete moet beheers; met ander woorde, dat God deur die Bybel sprekende, en nie die kerk wat deur die priesterskap spreek, die enigste onfeilbare gids is.” Wylie, boek 3, hoojstuk 2. {GS 114.1}

Toe die opwinding in Praag na ‘n tyd bedaar het, het Huss na sy kapel van Betlehem teruggekeer, om die woord van God met nog groter ywer te verkondig. Sy vyande was baie en bedrywig, maar die koningin en baie van die edelliede was sy vriende, en groot getalle van die volk was aan sy kant. Sy reine en verhewe leerstellings en heilige lewe vergelykende met die verlagende dogmas wat die Roomsgesindes verkondig het, en die gierigheid en losbandigheid van hulle lewe, het vele dit as ‘n eer beskou om aan sy kant te staan. {GS 114.2}

Tot dusver het Huss alleen gestaan in sy werk; maar nou het Hieronimus, wat die leerstellings van Wycliffe aangeneem het terwyl hy in Engeland was, ook aangesluit bydie hervormingswerk. Van nou af was die twee verenig in hulle lewens, en in die dood is hulle nie geskei nie. Genie, welsprekendheid, en geleerdheid gawes wat mens in die guns van die volk bring is dinge wat Hieronimus in ‘n groot mate besit het; maar in die eienskappe wat bydra tot ‘n sterk karakter, het Huss uitgeblink. Sy kalme oordeel het die voortvarende gees van Hieronimus ‘n bedwang gehou, wat met ware nederigheid die waarde van Huss besef, en geluister het na sy raad. Deur hulle gesamentlike arbeid het die hervormingswerk vinnig vooruitgegaan. {GS 114.3}

God het groot lig laat skyn in die harte van hierdie uitverkore manne, en baie van die dwalinge van Rome aan hulle geopenbaar; maar hulle het nie al die lig ontvang wat aan die wêreld sou gegee word nie. Deur hierdie diensknegte het God die volk uit die duisternis van Romanisme gelei; maar daar was groot struikelblokke wat hulle moes oorkom, en Hy het hulle voortgelei, stap vir stap, namate hulle dit kon verduur. Hulle was nie bereid om al die lig meteens te ontvang nie. Xet soos die voile glans van die middagson mense wat in die duisternis gewoon het, sou laat terugdeins, sou die voile lig hulle ook laat wegdraai het. Daarom het Hy die lig bietjiesgewyse aan die leiers geopenbaar, namate dit deur die volk kon verduur word. Van eeu tot eeu sou getroue werkers hulle opvolg, om die volk nog verder voort te lei op die pad van hervorming. {GS 115.1}

Die skeuring in die kerk het steeds voortgeduur. Drie pouse het nou onder mekaar gestry om die oppergesag, en hulle stryd het die Christendom vervul met misdaad en oproer. Nie tevrede om mekaar te vervloek nie, het hulle na die wapen gegryp. Elkeen van hulle het begin rond kyk om wapens te koop en soldate te verkry. Hierdie middels moes hulle hê; en om hulle te verkry, is die gawes, betrekkings, en seëninge van die kerk te koop aangebied. (Sien Aanhangsel.) Ook die priesters het hulle meerderes nageaap, en hulle begeef tot simonie en oorlog om hulle teenstanders te verneder en hulleself te versterk. Met toenemende onverskrokkenheid, het Huss te velde getrek teen die gruwels wat in die naam van die godsdiens toegelaat is; en die volk het die Roomse leiers openlik beskuldig dat hulle die oorsaak was van die ellendes wat die Christendom oorweldig het. {GS 115.2}

Weer het dit geskyn of die stad Praag op die randjie van ‘n bloedige botsing was. Soos in vorige tye is Gods dienskneg beskuldig dat hy “die beroerder van Israel was.” 1 Kon. 18: 17. Weer is die stad in die ban gedoen, en het Huss teruggetrek na sy geboortedorp. Die getuienis wat hy so getrou gegee het in sy geliefde kapel van Betlehem, is beëindig. Voordat hysylewe neergelê het as getuie vir die waarheid, sou hytot die hele Christendom spreek op ‘n ruimer toneel. {GS 117.1}

Om die onheile uit die weg te ruim wat Europa in beroering gebring het, is daar ‘n algemene konsilie belê om saam te kom op Constans. Hierdie konsilie is saamgeroep, op aandrang van die keiser Sigismund, deur een van die drie wedywerende pouse, naamlik Johannes XXIII. Hierdie aandrang op ‘n konsilie was baie onwelkom vir Pous Johannes, wie se karakter en beleid nie ondersoek kon deurstaan nie, selfs nie deur prelate nie wat net so los van sedes was soos die kerkmanne van daardie tyd. Hy kon egter nie weier om te voldoen aan die versoek van Sigismund nie. (Sien Aanhangsel.) {GS 117.2}

Die hoofdoel van die vergadering was om die skeuring in die kerk te heel, en kettery uit te roei. Daarom is die twee antipouse voor die vergadering gedaag sowel as die vernaamste verkondiger van die nuwe opinies, naamlik Johannes Huss. Eersgenoemdes het, met die oog op hulle eie veiligheid, nie die vergadering persoonlik bygewoon nie, maar is verteenwoordig deur hulle afgevaardigdes. Pous Johannes, hoewel hy oënskynlik die sameroeper van die vergadering was, het met slegte voorgevoelens daarheen gegaan, verwagtende dat dit die keiser se geheime doel was om hom te onttroon, en ook was hy bang dat hy verantwoording sou moes doen vir die sondes wat die tiara onteer het sowel as die misdade waardeur hy dit verkry het. Maar nogtans het hy na die stad Constans gekom met groot prag en praal, vergesel van geestelikes van die hoogste rang, en gevolg deur ‘n stoet van howelinge. A1 die geestelikes en waardigheidsbekleërs van die stad, met ‘n groot skare burgers, het uitgegaan om hom te verwelkom. Bokant sy kop was ‘n goue kanopie, opgehou deur vier van die hoofmagistrate. Die hostie is voor hom gedra, en die pragtige tooisel van die kardinale en edelliede het ‘n indrukwekkende vertoning gemaak. {GS 117.3}

In die tussentyd was daar ‘n ander reisiger op weg na Constans. Huss het die gevare besef wat hom bedreig het. Hy het afskeid geneem van sy vriende asof hy hulle nooit weer sou sien nie, en hy het sy reis aanvaar met ‘n gevoel dat hy op weg was na die brandstapel. Maar nieteenstaande dit nie, het hy ‘n vrygeleide gekry van die koning van Boheme, en ook een van die keiser Sigismund terwyl hy op weg was. Hy het alle reelings getref met die oog op die moontlikheid dat hy sou sterf. {GS 118.1}

In ‘n brief aan vriende in Praag het hy geskryf: “My broeders . . . ek vertrek met ‘n vrygeleide van die koning om my talryke en dodelike vyande te gaan ontmoet. . . . Ek vertrou volkome op die almagtige God, en op my Heiland; ek vertrou dat Hy u vurige gebede sal verhoor; dat Hy Sy versigtigheid en wysheid in my mond sal lê sodat ek hulle sal kan weerstaan; en dat Hy my Sy Heilige Gees sal skenk om my te sterk in Sy waarheid, sodat ek moedig versoeking, gevangenis, en indien nodig, ‘n wrede dood in die aangesig sal kan sien. Jesus Christus het vir Sy geliefdes gely; moet ons dan verbaas wees dat Hy ons Sy voorbeeld nagelaat het, sodat ons met geduld alles sou kan verdra vir ons eie saligheid? Hy is God en ons is Sy skepsels; Hy is die Here en ons is Sy diensknegte; Hy is die Meester van die wêreld en ons is veragtelike sterwelinge. En nogtans het Hy gely! Waarom dan sou ons nie ook ly nie, veral daar lyding vir ons loutering is? Daarom, geliefdes, as my dood Hom moet verheerlik, bid dat die spoedig mag kom, en dat Hy my in staat mag stel om alles wat my sal oorkom met standvastigheid te verduur. Maar as dit beter sou wees dat ek tot julle moet terug kom, laat ons God dan bid dat ek sonder blaam terugkom dit wil sê, dat ek nie een titteltjie van die evangeliewaarheid sal terughou nie, sodat ek aan my broeders ‘n navolgenswaardige voorbeeld kan nalaat. Heel moontlik sal julle my nooit weer in Praag sien nie; maar as dit die almagtige God behaag om my aan julle terug te gee, laat ons dan voortgaan met ‘n standvastiger hart in die kennis en liefde van Sy wet.” Bonnechose, Deel 1, bls. 147, 148. {GS 118.2}

In ‘n ander brief, aan ‘n priester wat ‘n dissipel van die evangelie geword het, het Huss met groot nederigheid van syeie dwalings geskryf en hyhet homself aangekla “dat dit hom genoeë verskaf het om kostelike klere te dra, en dat hy ure verkwis het met ydele arbeid.” In die brief het hy die volgende roerende vermanings gegee: “Mog die heerlikheid van die Here en die redding van jou siel jou gedagtes besig hou, en nie die besit van kerklike ampte en goed nie. Waak daarteen om nie jou huis meer te versier as jou siel nie; en bo alles, versorg jou geestelike gebou. Wees vroom en nederig teenoor die armes, en verteer nie jou goed met feesviering nie. As jy nie jou lewe verbeter en oordaad versaak nie, is ek bevrees dat jy swaar gekasty sal word net soos ekself. . . . Jy is bekend met my leer, want ek het jou onderrig van kindsbeen af; dit sou dus nutteloos vir my wees om nog meer te skryf. Maar ek besweer jou, deur die genade van die Here, om my nie na te volg in enige van die ydelhede waarin jy gesien het dat ek geval het nie.” Op die koevert het hy verder geskryf, “ek besweer jou my vriend om hierdie brief nie oop te maak voordat jy seker is van my dood nie.” Bonnechose, Deel 1, bls. 148, 149. {GS 119.1}

Op sy reis het Huss orals bewyse gesien van die verspreiding van sy leerstellings, asook die welgevalle waarmee sy saak bejeën is. Die mense het toegestroom om hom te ontmoet, en in sommige dorpe het die magistrate hom vergesel deur die strate. {GS 119.2}

By sy aankoms op Constans het Huss alle vryheid geniet. By die vrygeleide van die keiser het die Pous hom ook die versekering gegee van beskerming. Dog hierdie plegtige en herhaaldelike versekering is geskend, en die Hervormer is binne ‘n kort tydjie gearresteer op bevel van die Pous en die kardinale, en hy is in ‘n vieslike kerker opgesluit. Later is hy oorgeplaas na ‘n sterk kasteel oorkant die Ryn, en daar is hy gevangene gehou. Die Pous het maar min voordeel uit sy verraad getrek, en kort daarna is hy self in dieselfde gevangenis opgesluit. Idem., bl 247. Op die vergadering is daar bewys dat hy aan die laagste misdade skuldig was, behalwe nog moord, simonie, en owerspel “sondes wat nie genoem kan word nie.” Dit was die verklaring van die vergadering; en hy is eindelik onttroon en in die gevangenis gewerp. Die anti-pouse is ook onttroon, en daar is ‘n nuwe Pous gekies. {GS 119.3}

Ofskoon die Pous self skuldig was aan erger misdade as die waarvan Huss die priesters beskuldig het, en waarteen hyop hervorming aangedring het, het dieselfde vergadering wat die Pous verneder het, voortgegaan om die Hervormer te vernietig. Die opsluiting van Huss het groot verontwaardiging in Boheme veroorsaak. Invloedryke edelliede het sterk by die vergadering geprotesteer teen hierdie gruweldaad. Die keiser, wat nie gewillig was om die skendingvanvrygeleidetegedoognie, hethomversetteendiewyse waaropHussbehandel is.Maardievyandevan dieHervormerwaswraagsugtigengedetermineerd.Hullehet hulle beroep op die keiser se vooroordeel, op sy vrees, en op sy ywer vir die kerk. Hulle het languitgerekte argumente aangevoer om te bewys dat “beloftes aan ketters en aan persone wat van kettery verdenk is, nie nagekom behoort te word nie, alhoewel hulle voorsien is vanvrygeleidesvankeisersenkonings.” Lenjant, “History of the Council oj Constance,” Deel I, bl. 516.En so het hulle hulle doel bereik. {GS 121.1}

Verswak deur siekte en gevangenis want die klam, slegte lug van die kerker het ‘n koors laat ontstaan waaraan hy byna dood is is Huss eindelik voor die vergadering gebring. Met kettings gebind, het hy in die teenwoordigheid van die keiser gestaan wat sy eer en trou verpand het om hom te beskerm. Gedurende sy lang verhoor, het hy pal gestaan virdiewaarheid,enindieteenwoordigheidvan diewaardigheidsbekleërsvankerkenstaat, het hy plegtig en getrou geprotesteer teen die verdorwenheid van die priesterskap. Toe hy moes kies tussen die herroeping van sy leer en die dood, het hy die lot van martelaar gekies. {GS 121.2}

Die genade van God het hom staande gehou. Gedurende die weke van lyding voor sy vonnis voltrek is, het die vrede van die hemel sy siel vervul. “Ek skryf hierdie brief,” het hy aan ‘n vriend geskryf, “in my gevangenis en met my geboeide hand, en ek verwag my doodvonnis more. . . . Wanneer ons, met die hulp van Jesus Christus, weer sal ontmoet in die heerlike vrede van die lewe hiernamaals, sal u hoor hoe genadig God teenoor my was, en hoe kragtig Hy my ondersteun het te midde van versoeking en beproewing.” Bonnechose, Deel II, bl. 67. {GS 121.3}

In die duisternis van sy gevangenis het hy die seëviering van die ware geloof gesien. In sy drome teruggaande na die kapel in Praag waar hy die evangelie verkondig het, het hy die Pous en sy biskoppe die afbeeldings van Christus wat hy teen die mure geskilder het, sien uitwis. “Hierdie gesig het hom baie ongelukkig gemaak; maar die volgende dag het hy baie kunsskilders gesien, besig om die figure te herstel in groter getal en in heerliker kleure. Sodra hulle klaar was, het die skilders, wat omring was van ‘n groot skare, uitgeroep, ,Laat die pouse en biskoppe nou kom; hulle sal dit nooit meer kan uitwis nie!’ ” In sy verhaal van sy droom, het die Hervormer gesê: “Ek is oortuig daarvan, dat die beeld van Christus nooit uitgewis sal word nie. Hulle wou dit graag vernietig, maar dit sal opnuut geskilder word in alle harte deur beter predikers as ek.” D’Aubigne, Boek 1, hoofstuk 6. {GS 122.1}

Vir die laaste maal is Huss voor die raad gebring. Dit was ‘n groot en skitterende vergadering die keiser, die prinse van die ryk, die koninklike afgevaardigdes, die kardinale, biskoppe, priesters, en ‘n groot skare wat as toeskouers gekom het van die gebeurtenisse van die dag. Uit alle dele van die Christendom het die getuies bymekaargekom van die eerste groot offer van die lang stryd waardeur gewetensvryheid verkry is. {GS 122.2}

This article is from: