![](https://static.isu.pub/fe/default-story-images/news.jpg?width=720&quality=85%2C50)
4 minute read
Hoofstuk 7—Die Begin van 'n Rewolusie
VOORAANSTAANDE onder diegene wat geroep was om die kerk uit die duisternis van die pousdom tot die lig van die reine geloof te lei, was Martin Luther. Vwerig, vurig, en toegewyd, kennende geen vrees behalwe die vrees van God nie, en erkennende geen grondslag vir die geloof behalwe die Heilige Skrifte nie, was Luther die man vir sy tyd; deur hom het God ‘n groot werk gedoen vir die hervorming van die kerk en die verligting van die wêreld. {GS 137.1}
Soos die eerste voorlopers van die evangelie, is Luther uit ‘n armoedige gesin gebore. Sy eerste jare het hy deurgebring in die huis van ‘n Duitse arbeider. Deur swaar werk in die myne, het Luther se vader die middele vir sy opvoeding verdien. Hy moes vir regsgeleerde studeer, maar dit was die doel van God om van hom ‘n bouer te maak van die groot tempel wat stadig deur die eeue heen verrys het. Swaar werk. ontbering, en strenge tug, was die middels waardeur Ewige Wysheid Luther voorberei het vir die belangrike sending van sy lewe. {GS 137.2}
Luther se vader was ‘n man met ‘n sterk, aktiewe verstand, van sterk karakter, eerlik, vasberade, en reguit. Hy was getrou aan sy pligsoortuigings, al het wat ook gebeur. Sy gesonde verstand het hom daartoe gebring om die monnikestelsel met agterdog te bejeën. Hy was baie ontevrede toe Martin, sonder sy toestemming, in ‘n klooster opgeneem is; en dit het twee jaar geneem voordat vader en seun versoen is selfs toe het hy nie van sienswyse verander nie. {GS 137.3}
Luther se ouers het groot sorg aan die opvoeding van hulle kinders bestee. Hulle het getrag om hulle te onderrig in die kennis van God en in die beoefening van Christelike deugde. Die vader het dikwels in die teenwoordigheid van sy seun gebid, sodat die kind die naam van die Here mag onthou, en eendag mag help in die bevordering van waarheid. Elke voordeel vir sedelike en intellektuele kultuur wat moontlik was in hulle lewe van arbeid, is gretig deur hierdie ouers aan hulle kinders meegedeel. Om hulle kinders vir ‘n lewe van vroomheid en bruikbaarheid op te voed, was hulle pogings ernstig en volhardend. Met hulle strengheid en sterk karakter was hulle soms te hard; maar die Hervormer self, alhoewel hy geweet het dat hulle in sommige opsigte foute begaan het, het meer in hulle dissipline gevind om goed te keur as om te veroordeel. {GS 138.1}
In die skool waarna Luther reeds vroeg gestuur is, is hy met barsheid en soms selfs met geweld behandel. So arm was sy ouers, dat Luther, toe hy na ‘n skool op ‘n ander dorp gegaanhet, vir‘ntyd verpligwas omvan deurtotdeurtesingvir syvoedsel;hyhetdikwels honger gely. Die sombere, bygelowige idees aangaande die godsdiens wat destyds geheers het, het hom met vrees vervul. Saans het hy gaan slaap met ‘n droewige hart, en hy het die donker toekoms met bewing tegemoetgesien, in gedurige vrees aan die gedagte dat God ‘n harde, meedoënlose regter en ‘n wrede tiran was, liewer as ‘n liefdevolle Vader. {GS 138.2}
Maar ten spyte van so baie, en sulke groot ontmoedigings, het Luther vasberade gestrewe na die hoë peil van sedelike en intellektuele voortreflikheid waartoe sy siel aangetrokke gevoel het. Hy het gedors na kennis, en die ernstige en praktiese gees wat hom besiel het, het ‘n begeerte by hom geskep vir die goeie en nuttige liewer as die vertonerige en uiterlike dinge. {GS 138.3}
Toe hy op agtienjarige leeftyd na die Universiteit van Erfurt gegaan het, was sy posisie gunstiger en sy vooruitsigte beter as in sy vroeër jare. Deur hulle ywer en werksaamheid het sy ouers vermoë verwerf, sodat hulle in staat was om hom die nodige hulp te verleen. Deurdie invloedvanverstandige vriende is die ongunstige gevolgevan syvroeëropleiding enigsins verminder. Hy het hom toegelê op ‘n studie van die beste skrywers, hulle beste gedagtes het hy in sy hart opgeneem, en hy het die wysheid van die wyse sy eie gemaak. Selfs onder die harde tug van sy vorige leermeesters het hy vroeg reeds blyke gegee van onderskeiding; en onder die gunstige invloede het sy verstand vinnig ontwikkel. ‘n Goeie geheue, lewendige verbeelding, groot redeneerkrag, en onvermoeide ywer, het hom vooraan geplaas onder sy medestudente. ‘n Verstandelike dissipline het sy begripsvermoë versterk, en dit het hom ‘n skerpheid van gees en ‘n opvattigsvermoë gegee wat hom berei het vir die stryd van die lewe. {GS 138.4}
Die vrees van die Here was in die hart van Luther, en dit het hom vasberade, en baie nederig voor God gemaak. Hy het ‘n diep besef gehad van sy afhanklikheid van goddelike hulp, en hy het nooit nagelaat om elke dag met gebed te begin nie, terwyl daar ‘n gedurige bede in sy hart was vir leiding en ondersteuning. “Om goed te kan bid,” het hy dikwels gesê, “is die beste deel van studie.” D’Aubigne, “History of the Reformation of the Sixteenth Century,” boek II, hoojstuk 2. {GS 139.1}
Onderwyl hy eendag besig was om boeke deur te kyk in die biblioteek van die Universiteit, het Luther ‘n Latynse Bybel ontdek. Nog nooit tevore het hyso ‘n boek gesien nie. Hy het nie eens geweet dat daar so ‘n boek bestaan nie. Hy het dele van die Evangelies en Sendbriewe gehoor voorlees vir die volk in hulle openbare dienste, en hy het gemeen dat dit die hele Bybel was. Nou, vir die eerste maal, het hy die hele woord van God voor hom gesien. Met eerbied en bewondering het hy die heilige bladsye omgeblaai; met ‘n vinnige pols en ‘n bonsende hart het hy vir homself die woorde van die lewe gelees, terwyl hy so kort-kort uitgeroep het, “0, dat God vir my so ‘n boek vir myself mag gee!” Ibid. Engele van die hemel het by hom gestaan, en ligstrale van die troon van God het die skatte van die waarheid aan hom geopenbaar. Hy was altyd bang om God te mishaag, maar soos nooit tevore het hy nou diep onder die besef gekom van sy toestand as ‘n sondaar. {GS 140.1}