19 minute read

Hoofstuk 8—Voor Die Raad

‘n Nuwe keiser, Karel V, het die troon van Duitsland bestyg, en die afgesante van Rome het na horn gehaas met gelukwense, en om hierdie vors oor te haal om sy mag teen die Hervorming te gebruik. Maar aan die anderkant, het die keurvors van Sakse, aan wie Karel baie te danke gehad het vir sy kroon, hom gesmeek om geen stappe teen Luther te doen totdat daar eers aan hom ‘n verhoor toegestaan is nie. Dit het die keiser in groot verleentheid gebring. Die pousgesindes sou met niks minder te vrede wees as ‘n keiserlike bevel om Luther om die lewe te bring nie. Die keurvors het duidelik daarop gewys dat “nóg sy keiserlike majesteit nóg enige ander persoon bewys het dat Luther se geskrifte weerlê is nie;” daarom het hy versoek, “dat Doktor Luther van ‘n vrygeleide voorsien moes word, sodat hy kon verskyn voor ‘n hof van geleerde, vrome, en onpartydige regters.”

D’Aubigne, boek VI, hoojstuk 11. {GS 167.1}

Die aandag van alle partye was nou gevestig op die vergadering van die Duitse state wat kort na die troonbestyging van Karel te Worms sou plaasvind. Belangrike staatkundige vrae en belange sou deur hierdie nasionale raad bespreek word; vir die eerste maal sou die prinse van Duitsland hulle jeugdige vors op ‘n raadsvergadering ontmoet. Uit alle dele van die vaderland het waardigheidsbekleërs van kerk en staat gekom. Wêreldlike owerhede, hooggebore, magtig, en ywerig vir hulle erfregte; prinslike geestelikes, opgeblaas deur die bewussyn van hulle meerdere rang en gesag, hoflike ridders en hulle gewapende volgelinge; en gesante van vreemde en verafgeleë lande almal het op Worms saamgekom. Maar die onderwerp wat die grootste belangstelling in hierdie groot vergadering opgewek het, was die saak van die Saksiese Hervormer. {GS 167.2}

Karel het die keurvors vooruit gevra om Luther met hom saam te bring na die Ryksdag; hyhethomversekervanbeskerming,enhet‘nvryebesprekingbelowe vandiegeskilpunte, deur bevoegde persone. Luther wou graag voor die keiser verskyn. Sy gesondheid was destyds nie van die beste nie; maar nogtans het hy aan die keurvors geskryf: “As ek nie in goeie gesondheid na Worms kan gaan nie, sal ek mydaarheen laat dra siek soos ek is. Want as die keiser my roep kan ek nie daaraan twyfel dat dit die roepstem van God Self is nie. As hulle geweld teen my wil gebruik, en dit is heeltemal waarskynlik (want dit is nie vir hulle eie onderrig dat hulle my belas het om te verskyn nie), dan plaas ek die saak in Gods hande. Hy wat die drie jongmanne in die brandende vuuroond bewaar het, leef nog. As Hy my nie red nie, maak my lewe nie eintlik saak nie. Laat ons slegs verhoed dat die evangelie blootgestel word aan die smaad van die goddelose, en laat ons ons bloed daarvoor stort, uit vrees dat hulle mag oorwin. Dit is nie vir my om te besluit wat of my lewe of my dood die meestesoubydratotdiesaligheidvanalmalnie....Ukanallesvan myverwag...behalwe vlug en herroeping. Vlug kan ek nie, en herroep sal ek nie.” D’Aubigne, boek VII, hoojstuk 1. {GS 168.1}

Toe dit op Worms rugbaar geword het dat Luther voor die Ryksdag sou verskyn, het dit groot opgewondenheid veroorsaak. Aleander, die pouslike legaat aan wie die saak spesiaal toevertrouis,wasverontrusenwoedend.Hyhetgesiendatdiegevolge noodlottigsouwees vir die pouslike saak. Om weer ‘n saak te ondersoek waarin die Pous alreeds uitspraak gegee het, sou niks minder wees as veragting van die gesag van die koninklike opperpriester nie. En wat meer is, hy was bang dat die welsprekendheid en kragtige argumente vanhierdie manbaie van dieprinse afvalligsou maak van diesaak vandiePous. Hy het defhalwe baie dringend by Karel aangedring om te belet dat Luther op Worms verskyn. Teen hierdie tyd is die bul wat Luther se ekskommunikasie gelas het, openbaar gemaak; en dit, gepaard met die vertoë van die legaat, het die keiser gedwing om in te gee. Hyhet aan die keurvors geskrywe dat as Luther nie wil herroep nie, hyop Wittenberg moes bly. {GS 168.2}

Nie tevrede met hierdie oorwinning nie, het Aleander, met al die mag en listigheid waaroor hy beskik het, hom beywer om Luther se veroordeling te bewerkstellig. Met ‘n volharding wat aan ‘n beter saak kon bestee geword het, het hy die saak onder die aandag van die prinse, prelate, en ander lede van die vergadering gebring, en hy het die Hervormer beskuldig van “sedisie, rebellie, goddeloosheid en godslastering.” Maar die heftigheid en woede het te duidelik die gees geopenbaar wat hierdie legaat besiel het. “Hy is besiel met haat en wraak,” was die algemene opmerking, “veel meer as met ywer en godsvrug.”

D’Aubigne, boek VII, hoojstuk 1.Die meerderheid van die Ryksdag was nou meer as ooit tevore geneig om Luther se saak gunstig te beoordeel. {GS 169.1}

Met verdubbelde ywer het Aleander by die keiser aangedring om die pouslike edikte uit te voer. Maar volgens die wette van Duitsland kon dit nie gedoen word sonder die toestemming van die prinse nie; en eindelik oorwin deur die legaat se lastigheid, het Karel hom gelas om sy saak voor die Ryksdag te lê. “Dit was ‘n roemvolle dag vir die afgesant. Dit was ‘n groot vergadering; maar die saak was nog groter. Aleander sou pleit vir Rome . . . die moeder en hoof van alle kerke.” Hy sou die vorstelike mag van Petrus voor die vergaderde hoofde van die Christendom bewys. “Hy het die gawe van welsprekendheid gehad, en die gewig van die geleentheid het hom besiel. Die voorsienigheid het dit bestem dat Rome verdedig sou word deur een van sy bekwaamste sprekers voor die deurlugtigste regbank voordat hy veroordeel sou word.” Wylie, boek VI, hoojstuk 4.Dit was nie sonder angs dat diegene wat ten gunste van Luther was, vooruitgesien het na die uitwerking van Aleander se toespraak nie. Die keurvors van Sakse was nie teenwoordig nie, maar op sy bevel het sommige van sy raadslede aantekeninge gemaak van die afgesant se toespraak. {GS 169.2}

Met al die mag van geleerdheid en welsprekendheid het Aleander onderneem om die waarheid omver te werp. Hy het beskuldiging op beskuldiging teen Luther geslinger dat hy ‘n vyand van die kerk en die staat was, van die lewende en die dode, van geestelikes en leke, van rade en private Christene. “In Luther se dwalings,” het hy gesê, “is daar genoeg om ‘n honderd duisend ketters te verbrand.” {GS 170.1}

Ten slotte het hy probeer om die aanhangers van die gereformeerde geloof veragtelik voor te stel. “Wat is al hierdie Lutherane? ‘n Spul parmantige pedagoge, verdorwe priesters, losbandige monnike, onkundige wetgeleerdes, en verlaagde edelliede. gevolg deur die ongeleerdes wat hulle mislei en bederf het. Hoever bokant hulle staan die Katolieke party wat getal, bekwaamheid, en mag betref! ‘n Eenstemmige dekreet van hierdie deurlugtige vergadering sal die eenvoudiges verlig, die onverstandiges waarsku, die weifelaars tot beslissing bring, en die swakkes versterk.” D’Aubigne, boek VII, hoojstuk 3. {GS 170.2}

Dit is met sulke wapens dat die voorstanders van die waarheid in elke eeu aangeval is. Dieselfde argumente word nog aangevoer teen almal wat die duidelike leerstellings van Gods woord verkondig in stryd met diepgewortelde dwalings. “Wie is hierdie leraars van nuwe leerstellings?” word uitgeroep deur diegene wat die populêre godsdienste aanhang.

“Hulle is ongeleerd, klein in getal, en behoort aan die arm klas. Nogtans maak hulle daarop aanspraak dat hulle die waarheid het en die uitverkorenes van God is. Hulle is onkundig en mislei. Hoever staan ons kerk nie bokant hulle wat ledetal en invloed betref nie! Hoeveel groot en geleerde manne is daar nie onder ons nie! Kyk hoe sterk is ons!” Dit is die argumente wat die wêreld beïnvloed; maar hulle is net so swak vandag as in die dae van die Hervormer. {GS 170.3}

Die Hervorming het nie, soos vele dink, met Luther geëindig nie. Dit moet voortgaan tot die einde van die geskiedenis van hierdie wêreld. Luther het ‘n groot werk gehad om te doen om aan ander die lig te gee wat God aan hom gegee het; maar hy het nie al die lig ontvang wat aan die wêreld sou gegee word nie. Van daardie tyd af tot vandag, het daar steeds nuwe lig geskyn uit die Skrifte, en nuwe waarhede word gedurig geopenbaar. {GS 170.4}

Dielegaatsetoespraakhet‘ndiepindrukgemaakopdieRyksdag.DaarwasgeenLuther teenwoordig met die duidelike, oortuigende waarhede van Gods woord, om die pouslike kampvegter te verslaan nie. Geen poging is aangewend om die Hervormer te verdedig nie Daar was ‘n algemene gevoel, nie alleen om hom en syleerstellings te veroordeel nie, maar indien moontlik om die ketter se leer uit te roei. Rome het die beste geleentheid gehad om sy saak te verdedig. Alles wat hy tot sy eie regverdiging kon sê, is gesê. Maar hierdie oënskynlike oorwinning was die teken van neerlaag. Van nou af sou die teenstelling tussen waarheid en dwaalleer, waar hulle die stryd teen mekaar aanbind, duideliker gesien word. Nooit weer van daardie dag af sou Rome se posisie so veilig wees nie as dit voorheen was nie. {GS 171.1}

Hoewel die meerderheid van die Ryksdaglede nie sou geaarsel het om Luther aan die wraak van Rome oor te lewer nie, het baie van hulle die heersende bederf in die kerk gesien en betreur, en gewens om die misbruike uit die weg te ruim waaronder die Duitse volk gely het as gevolg van die verdorwenheid en gierigheid van die hiërargie. Die legaat het die pouslike regering in die beste lig gestel. Maar nou het die Here ‘n lid van die Ryksdag beweeg om ‘n ware uiteensitting te gee van die gevolge van pouslike tirannie. Met edele standvastigheid het die Hertog Georg van Sakse opgestaan in daardie prinselike vergadering, en met ontsettende juistheid die bedrog en gruwels van die pousdom beskryf, asook die noodlottige gevolge daarvan. Hy het gesluit met die volgende woorde: {GS 171.2}

“Dit is sommige van die skreeuende misbruike van Rome. Hulle het geen skaamte nie, enhulle enigste doel is . .. geld,geld,geld, .. . sodatdie predikers wat diewaarheid behoort te verkondig, niks anders as valshede verkondig nie, en nie alleen word hulle gedoog nie, maar beloon, omdat hoe groter hulle leuens, hoe groter hulle winste. Dit is uit hierdie verderflike bron waaruit sulke besoedelde waters vloei. Losbandigheid en gierigheid gaan hand aan hand. . . . Helaas, dit is die skandale van die geestelikes wat so baie arme siele in die verderf stort. Daar moet ‘n algemene hervorming plaasvind.” D’Aubigne, boek VII, hoojstuk 4. {GS 171.3}

‘n Beter en kragtiger ontbloting van pouslike misbruike kon nie deur Luther self gegee gewees het nie; en die feit dat die spreker ‘n geswore vyand van die Hervormer was, het nog groter gewig aan sy woorde gegee. {GS 172.1}

As die oë van die vergadering geopen was, sou hulle engele van God onder hulle gewaar het, wat ligstrale laat skiet het deur die duisternis van dwaling, wat die verstand en hart oopgemaak het vir die ontvangs van die waarheid. Dit was die mag van die God van waarheid en wysheid wat die teenstanders van die Hervorming in bedwang gehou het, en sodoende die weg berei het vir die groot werk wat daar gedoen sou word. Martin Luther was nie teenwoordig nie; maar die stem van Een groter as Luther is in daardie vergadering gehoor. {GS 172.2}

Daar is dadelik ‘n komitee deur die Ryksdag aangestel om ‘n lys op te stel van al die pouslike verdrukkings waaronder die Duitse volk so swaar gely het. Hierdie lys, wat ‘n honderd-eneen sake bevat het, is aan die keiser voorgelê, met ‘n versoek dat hy stappe moes doen vir die onmiddellike wegruiming van hierdie misbruike. “Wat ‘n verlies van Christensiele,” het die ondertekenaars gesê, “watter plundering, watter afpersings, weens die skandale waarvan die geestelike hoof van die Christendom omring is! Dit is ons plig om die ondergang en ontering van ons volk te verhoed. Om hierdie rede versoek ons u nederig, maar baie dringend, om ‘n algemene hervorming te beveel, en te sien dat dit deurgevoer word.” D’Aubigne, boek VII, hoojstuk 4. {GS 172.3}

Die raad het nou die verskyning van die Hervormer voor hulle geëis. Nieteenstaande die smekings, besware, en dreigemente van Aleander, het die keiser eindelik sy toestemming gegee, en Luther is voor die Ryksdag gedaag. Met die dagvaarding was ook ‘n vrygeleide gegee, wat sy terugkeer na ‘n plek van veiligheid verseker het. Hierdie dokumente is na Wittenberg geneemdeur‘nboodskapper,wat gelasis omLutherna Wormste begelei. {GS 172.4}

Die vriende van Luther was verontrus en in die nood. Wetende van die vooroordeel en die vyandigheid teen hom, het hulle gevrees dat sy vrygeleide nie in ag geneem sou word nie, en hulle het hom gesmeek om nie sy lewe in gevaar te stel nie. Sy antwoord was: “Die pousgesindes begeer nie dat ek na Worms moet kom nie, maar hulle soek my veroordeling en my dood. Dit maak nie saak nie; moenie vir my bid nie, maar vir die woord van God. . . . Christus sal my Sy Gees gee om hierdie werktuie van dwaalleer te oorwin. Ek verag hulle in my lewe; in my dood sal ek oor hulle triomfeer. Op Worms is hulle besig om my te dwing om te herroep; dit sal my herroeping wees: Eers het ek gesê dat die Pous Christus se plaasvervanger is; nou sê ek dat hy ons Heiland se teenstander en die duiwel se apostel is.” D’Aubigne, boek VII, hoojstuk 6. {GS 173.1}

Luther sou nie sy gevaarlike reis alleen aflê nie. Behalwe die koninklike boodskapper, het drie van sy trouste vriende besluit om hom te vergesel. Melanchthon wou baie graag by hulle aansluit. Sy hart was met Luther, en hy was baie begerig om hom te volg selfs tot die dood indien nodig. Maar hy is nie toegelaat om saam te gaan nie. In geval Luther omkom, sou hierdie jeugdige medewerker van hom die hoop van die Hervorming moet wees. Toe die Hervormer van Melanchthon afskeid neem, het hy aan hom gesê: “As ek nie terugkom nie, en my vyande my om die lewe bring, moet jy aanhou leer en vasstaan in die waarheid. Werk in my plek. ... As jou lewe behou word, sal my dood nie eintlik saak maak nie.” Idem, hoojstuk 7.Die studente en burgers wat saamgekom het om Luther te sien vertrek, was diep ontroer. ‘n Groot skare wie se harte deur die evangelie aangeraak is, het hom wenend vaarwel gesê. Daarna het die Hervormer en sy metgeselle van Wittenberg vertrek. {GS 173.2}

Onderweg het hulle opgemerk dat die mense verontrus is deur somber voorgevoelens. Op sommige dorpe is daar geen eer aan hulle bewys nie. Op een plek waar hulle die nag geslaap het, het ‘n vriendelike priester sy vrees te kenne gegee deur ‘n portret van ‘n Italiaanse hervormer wat die marteldood gesterf het, aan Luther te toon. Die volgende dag het hulle gehoor dat Luther se geskrifte te Worms veroordeel is. Boodskappers van die keiser het die keiserlike dekreet afgekondig, en ‘n beroep op die mense gedoen om die geskrifte wat in die ban gedoen is aan die magistrate te lewer. Die boodskapper wat Luther begelei het, en wat begin vrees het vir sy veiligheid op die vergadering, en menende dat hy nie meer so vasberade was nie, het hom gevra of hy nog die reis verder wou voortsit. Sy antwoord was: “Ek sal voortgaan al was ek ook by elke stad in die ban gedoen.” D’Aubigne, boek VII, hoojstuk 7 {GS 173.3}

Op Erfurt is Luther met eerbewyse ontvang. Omring deur bewonderende skares, het hy deur die strate gestap waarlangs hy menigmaal tevore met sy bedelsak gegaan het. Hy het sy sel in die klooster besoek, en gedink aan die stryd wat in sy siel gewoed het voordat die lig kon deurstraal wat vandag op Duitsland skyn. Daar is by hom aangedring om te preek. Hy was verbied om te preek, maar die boodskapper wat hom begelei het, het sy toestemming gegee, en toe het die monnik wat eenmaal die swaarste werk by die klooster gedoen het, die kansel bestyg. {GS 174.1}

Voor ‘n groot skare het hy gepreek na aanleiding van Christus se woorde, “Vrede vir julle.” “Wysgere, doktore, en skrywers,” het hy gesê, “het probeer om aan die mense die weg tot die ewige lewe te leer, en hulle het nie daarin geslaag nie. Ek sal dit nou aan julle verduidelik: . . . God het ‘n Man uit die dode opgewek, die Here Jesus Christus, sodat Hy die dood kon vernietig, die sonde kon uitroei en die poorte van die hel kon sluit. Dit is die werk van verlossing. . . . Christus het oorwin! Dit is die blye tyding; en ons is gered deur Sy werk, en nie deur ons eie werke nie. . . . Ons Here Jesus Christus het gesê, ,Vrede vir julle . . . kyk na My hande.’ Dit wil sê, Kyk, o mens! Dit is Ek, Ek alleen, wat jou sonde weggeneem het, en jou vry gekoop het; en nou het jy vrede, spreek die Here.” {GS 174.2}

Hy het voortgegaan en daarop gewys dat ware geloof deur ‘n ‘n heilige lewe getoon word. “Aangesien God ons verlos het, laat ons so wandel dat Hy ons kan aanneem. Is julle ryk;laatjullegoederevoorsienindiebehoeftesvandiearmes.Isjullearm;laatjulledienste aanneemlik wees vir die rykes. Maar as julle net vir julle self werk, is die diens wat julle voorgee om aan God te bewys ‘n bedrog.” D’Aubigne, boek VII, hoojstuk 7. {GS 174.3}

Die aandag van die volk was geboei. Die brood van die lewe is gebreek vir hongerige siele. Christus was voor hulle opgehef bokant pouse, legate, keisers, en konings. Luther het nooit verwys na syeie gevaarlike posisie nie. Hywou nie die voorwerp van medelyde wees nie. Waar hy oor Christus gespreek het, het hy homself heeltemal vergeet. Hy het agter die Man van Golgota geskuil, en getrag om Jesus alleen as die sondaar se Verlosser voor te stel. {GS 175.1}

Op sy reis is die Hervormer met groot belangstelling bejeën. ‘n Gretige skare het om hom saamgedring, en vriendelike stemme het hom gewaarsku van die doel van die pousgesindes. “Hulle sal jou verbrand,” het sommige gesê; “jy sal tot as verbrand word net soos hulle met Johannes Huss gemaak het.” Hierop het Luther geantwoord, “al sou hulle ‘n vuur maak langs die hele pad van Worms tot by Wittenberg, en al sou die vlamme tot aan die hemel reik, sou ek in die naam van die Here daardeur loop; ek sal voor hulle verskyn; ek sal in die bek van hierdie monster inloop, sytande verbreek, terwyl ek die Here Jesus Christus bely.” D’Aubigne, boek VII, hoojstuk 7. {GS 175.2}

Die tyding dat hy Worms nader, het groot opgewondenheid veroorsaak. Sy vriende het gesidder vir sy veiligheid; sy vyande het gevrees vir die sukses van hulle saak. Daar is ernstige pogings aangewend om hom af te raai om nie die stad binne te gaan nie. Die pousgesindes het by hom aangedring om na die kasteel van ‘n goedgesinde ridder te gaan, en daar, het hulle gesê, kon die hele saak op vriendelike wyse opgelos word. Vriende wou hom bangmaak, deur die gevare te beskrywe wat hom bedreig het, maar al hulle pogings was tevergeefs. Luther, nog net so standvastig, het verklaar: “Al was daar ook net soveel duiwels in Worms as panne op die dakke van die huise, sou ek nog die stad binnegaan.” D’Aubigne boek VII, hoojstuk 7. {GS 175.3}

Bysyaankomsop Wormshet‘ngrootskarena diepoortegekomomhomteverwelkom. Selfs vir die aankoms van die keiser, kon daar nie ‘n groter skare gewees het om hom te verwelkom nie. Die opgewondenheid was groot, en onder die skare het ‘n deurdringende, klagende stem ‘n lyksang gesing om Luther te waarsku teen die lot wat hom gewag het. “God sal my beskerming wees,” het hy gesê, toe hy uit sy rytuig klim. {GS 175.4}

Die pousgesindes het nie geglo dat Luther werklik dit sou waag om na Worms te kom nie,ensyaankomsdaar hethulle verontrus.Diekeiserhet dadeliksyraadsledesaamgeroep om te besluit wat hulle te doen gestaan het. Een van die biskoppe, ‘n strenge Katoliek, het verklaar: “Ons het al lank oor hierdie saak beraadslaag. Laat u keiserlike majesteit dadelik van hierdie man ontslae raak. Het Sigismund nie Johannes Huss laat verbrand nie? Ons is nie verplig om aan ‘n ketter ‘n vrygeleide te gee nie, of ons woord te hou na ons dit gegee het nie.” “Nee,” het die keiser gesê: “Ons moet ons belofte nakom.” D’Aubigne, boek VII, hoojstuk 8.Daar is toe besluit om die Hervormer te verhoor. {GS 176.1}

Die hele stad was begerig om hierdie merkwaardige man te sien, en spoedig was sy herberg vol van besoekers. Luther het nog nie mooi herstel van sy siekte nie; hy was afgemat deur die reis, wat ‘n hele twee weke geduur het; die volgende more moes hy verskyn, en hy het stilte en rus nodig gehad. So groot was die begeerte om hom te sien, dat hy maar net ‘n paar uur gerus het toe edelliede, ridders, priesters, en burgers om hom saamgedrom het. Onder hulle was baie van die edelliede wat stoutmoedig by die keiser aangedring het op ‘n hervorming van die kerklike misbruike, en wat, soos Luther gesê het, “Deur my evangelie bevry is.” Martyn, “Lije and Times of Luther,” bl. 393. {GS 176.2}

Vyande sowel as vriende het na hierdie onverskrokke monnik kom kyk; hy het hulle met diegrootstekalmte ontvang,en metwaardigheidenwysheidophullevraegeantwoord. Sy houding was vasberade en moedig. Sy maer, bleek gesig, wat tekens getoon het van siekte en swaar arbeid, het ‘n vriendelike uitdrukking gehad. Die plegtigheid en diepe eras van sy woorde het hom ‘n krag gegee wat selfs sy vyande nie heeltemal kon weerstaan nie. Beide vriende en vyande is met verbasing vervul. Sommige was daarvan oortuig dat hy onder goddelike invloed gestaan het; ander het gesê, soos die Fariseërs van Christus gesê het, “hy het ‘n duiwel.” {GS 177.1}

Die volgende dag is Luther voor die Ryksdag gedaag. ‘n Keiserlike offisier het hom na die gehoorsaal gebring; maar dit was met moeite dat hy die plek bereik het. Elke straat was vol toeskouers, wat graag die monnik wou sien wat dit gedurf het om die gesag van die Pous te weerstaan. {GS 177.2}

Net voordat hy in die teenwoordigheid van sy regters verskyn het, het ‘n ou generaal, vriendelik aan hom gesê: “Arme monnik, arme monnik, jy het ‘n stryd voor jou soos ek en menige ander kaptein nog nooit geken het, selfs in ons bloedigste veldslae nie. Maar as jou saak regverdig is, en jy daarvan seker is, gaan dan in Gods naam voorwaarts en vrees niks! God sal jou nie begewe nie.” D’Aubigne, boek VII, hoojstuk 8. {GS 177.3}

Eindelik het Luther voor die vergadering gestaan. Die keiser het op die troon gesit. Om hom was die deurlugtigste persone in die ryk. Nog nooit het ‘n man voor ‘n indrukwekkender vergadering verskyn as die waarvoor Luther nou sou antwoord vir sy geloof nie. “Hierdie verskyning was op sigself ‘n bepaalde oorwinning oor die pousdom. Die Pous het hierdie man reeds veroordeel, en nou staan hy voor ‘n regbank, wat hom deur hierdie verhoor, bokant die Pous gestel het. Die Pous het hom in die ban gedoen, en hom uit die samelewing verstoot, en nogtans is hyin betaamlike taal gedaag, en deur die hoogste vergadering in die wêreld ontvang. Die Pous het homveroordeel tot voortdurende stilswye, en nou het hy op die punt gestaan om te praat voor duisende aandagtige hoorders, getrek uit die verste uithoeke van die Christendom, ‘n Ontsettende omwenteling is dus deur die toedoen van Luther teweeggebring. Rome was reeds besig om van sy troon af te klim, en dit was die stem van ‘n monnik wat hierdie vernedering veroorsaak het.” D’Aubigne, boek VII, hoojstuk 8. {GS 177.4}

In die teenwoordigheid van daardie magtige en getitelde vergadering, het hierdie nederiggebore Hervormer ontsteld en verslae gestaan. Verskeie van die prinse, wat sy ontroering opgemerk het, het nader gekom en een het gefluister, “moenie hulle vrees wat die liggaam kan dood, maar die siel nie kan dood nie.” ‘n Ander het gesê, “Wanneer hulle julle voor goewerneurs en konings bring om My ontwil, sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek.” Op hierdie manier is die woorde van Christus aangehaal deur die wêreld se grootste manne om Sydienskneg in die uur van beproewing te sterk. {GS 178.1}

Luther is gelei tot reg voor die keiser se troon; ‘n groot stilte het in die vergadering geheers. Daarna het ‘n keiserlike offisier opgestaan, en na ‘n versameling van Luther se geskrifte wysende, het hy die Hervormer versoek om op twee vrae te antwoord: naamlik of hy die geskrifte erken as syne, en of hy van plan was om die menings daarin uitgespreek te herroep. Nadat die titels van die boeke aan hom voorgelees is, het Luther op die eerste vraag geantwoord en erken dat die boeke syne was. “Wat die tweede vraag betref,” het hy gesê, “aangesien dit ‘n vraag is wat betrekking het op geloof en die verlossing van siele, en waarin die woord van God, die grootste en kosbaarste skat in hemel en op aarde belang het, sou ek onverstandig handel as ek antwoord sonder om te dink. Ek mag minder sê as wat die omstandigheid vereis, of meer as die waarheid verg, en sodoende mag ek sondig teen hierdie gesegde van Christus: ,Elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor My Vader wat in die hemel is.’ Matt. 10: 33. Om hierdie rede smeek ek u keiserlike majesteit, in alle nederigheid, om my tyd te gee sodat ek kan antwoord sonder om teen die woord van God te sondig.” D’Aubigne, boek VII, hoojstuk 8. {GS 178.2}

Toe Luther hierdie versoek gemaak het, het hy baie verstandig gehandel. Syhandelwyse het die vergadering oortuig dat hy nie uit hartstog of drif gehandel het nie. Sy kalmte en selfbeheersing, nie verwag in iemand wat so stoutmoedig en ontoegewend was soos hy homself bewys het nie, het tot sy krag bygedra, en hom in staat gestel om later verstandig, vasberade, met wysheid, en met ‘n waardigheid te antwoord, wat sy teenstanders met verbasing en teleurstelling vervul het, en wat hulle parmantigheid en hovaardy bestraf het. {GS 179.1}

Die volgende dag sou hy verskyn om sy finale antwoord te gee. Vir ‘n tyd het sy moed weggesink by die gedagte aan die magte wat teen die waarheid verenig was. Sy geloof het gewankel; angs en vrees het hom vervul, en hy is deur skrik oorweldig. Gevare het voor hom vermenigvuldig; dit het geskyn of sy vyande op die punt gestaan het om te triomfeer, en dat die magte van duisternis sou oorwin. Wolke het om hom saamgepak wat geskyn het of hulle hom van God geskei het. Hy het verlang na die versekering dat die Here van die leërskare met hom was. In sielsangs het hy hom met aangesig op die aarde neergewerp en daardie hartverskeurende krete geuiter wat niemand as God alleen ten voile kan verstaan nie. {GS 179.2}

“O Almagtige en Ewige God,” het hygesmeek, “hoe vreeslik is hierdie wêreld nie! Kyk, hy maak sy mond oop om my te verswelg, en my geloof is so swak. . . . As ek slegs die krag van hierdie wêreld gehad het om op te vertrou, dan is alles verlore. . . . My laaste uur het gekom, ek is veroordeel. . . . O God, help U my teen al die wysheid van die wêreld. Doen U dit, . . . U alleen; . . . want dit is nie my werk nie, maar U werk. Ek het hier niks te doen nie, niks om oor te stry met hierdie grotes van die wêreld nie. ... Dit is U saak, . . . en dit is ‘n regverdige en ewige saak. O Here, help my! Getroue en onveranderlike God, ek vertrou op geen mens nie. . . . Alles wat in die mens is, is onseker; alles wat van die mens kom, kan faal. . . . U het my gekies vir hierdie werk. . . . Staan aan my sy, vir die ontwil van U geliefde Jesus Christus, wat my beskermer, my skild, en my hoogvertrek is.” D’Aubigne, boek VII, hoojstuk 8. {GS 179.3}

‘n Alwyse Voorsienigheid het Luther daartoe gebring om sy gevaar te besef, sodat hy nie op sy eie krag sou vertrou en hom op vermetele wyse in die gevaar begeef nie. Dit was egter nie ‘n vrees vir persoonlike lyding, of ‘n vrees vir marteling of die dood nie, wat hom bedreig het en wat hom met verskrikking vervul het nie. Hy het die krisis bereik, en hy het sy swakheid besef. Deur sy swakheid sou die saak van die waarheid nie skade ly nie. Hy het met God geworstel, nie vir sy eie veiligheid nie, maar vir die oorwinning van die

This article is from: