10 minute read

Hoofstuk 4—Onkruid

Na aanleiding van Mattheus 13:24-30, 37-43

‘N ANDER gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n man wat goeie saad in sy land gesaai het; maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan. En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook.”

“Die saailand” het Christus gesê, “is die wêreld.” Maar ons moet verstaan dat dit die kerk van Christus in die wêreld is. Die gelykenis is ‘n beskrywing van iets wat die koninkryk van God raak - Sy verlossingswerk vir die mens - en hierdie werk word deur die kerk gedoen. Dit is waar dat die Heilige Gees na die wêreld uitgegaan het; Hy werk orals op menseharte; maar dit is in die kerk waar ons moet groei en ryp word vir die oes van God.

“Hywat die goeie saad saai, is die Seun van die mens. ... Die goeie saad - dit is kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose.” Die goeie saad stel diegene voor wat uit die woord van God, die waarheid, gebore word. Die onkruid stel ‘n klas voor wat die vrugte of wese is van dwaling, van valse beginsels. “Die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel.” Nog God, nog Sy engele het ooit‘n saad gesaai wat een stukkie onkruid sou oplewer. Onkruid word altyd deur die Satan, die vyand van God en mens, gesaai.

In die Ooste het mense soms op ‘n vyand wraak geneem deur sy pasgesaaide landerye met die saad van skadelike onkruid te besaai wat gedurende die groeityd baie soos koring lyk. Dit het saam met die koring opgewas, en die oes bederf sodat die eienaar van die land groot skade gely het. Uit vyandigheid teenoor Christus saai die Satan sy bose saad tussen die goeie graan van die koninkryk. Die vrug van sy saaiwerk skryf hy aan die Seun van God toe. Deur diegene in die kerk in te bring wat net in naam aan Christus behoort, maar Sy karakter verloën, veroorsaak die Bose dat God oneer aangedoen, die verlossingswerk verkeerdelik voorgestel en siele in gevaar gestel word.

Christus se dienaars word bedroef as hulle sien dat opregte en valse gelowiges saam in die kerk is. Hulle verlang om iets te doen om die kerk te suiwer. Soos die diensknegte van die huisheer is hulle gereed om die onkruid uit te roei. Maar Christus sê aan hulle: “Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie. Laat altwee saam groei tot die oes toe.”

Christus het duidelik geleer dat diegene wat openlik in sonde volhard uit die kerk verwyder moet word, maar Hy het nie aan ons die werk toevertrou om ander se karakters en motiewe te oordeel nie. Hy ken ons aard te goed om hierdie werk aan ons toe te vertrou. Sou ons probeer om diegene uit die kerk uit te roei wat na ons mening valse Christene is, sou ons gewis foute begaan. Dikwels beskou ons juis diegene as hopeloos wat Christus besigisomnader totHomtetrek. Handel ons volgensonsonvolmaakteoordeel methierdie siele, sou dit miskien hulle laaste hoop blus. Baie wat meen dat hulle Christene is, sal uiteindelik te lig bevind word. Baie sal in die hemel wees wie se bure hulle nie daar verwag nie.Die mens oordeel nadieuiterlike, maar Godoordeel die hart. Die onkruidendie koring moet saam groei tot die oes toe; en die oes is die einde van die genadetyd.

Daar is in die Heiland se woorde ‘n ander les, ‘n les van verdraagsaamheid en tere liefde. Soos die onkruid sy wortels heg verbind met die van die goeie graan, so kan valse broeders in die kerk heg verbind wees met die ware dissipels. Die ware aard van hierdie skyngelowiges is nie ten voile bekend nie. As hulle van die kerk geskei moes word, sou ander miskien tot struikel gebring word wat andersins standvastig sou gebly het.

Die leer van hierdie gelykenis word geillustreer deur die manier waarop God self met mense en engele handel. Die Satan is’n bedrieër. Toe hy in die hemel gesondig het, het selfs die getroue engele sy karakter nie ten voile verstaan nie. Daarom het God die Satan nie onmiddellik vernietig nie. As Hy dit gedoen het, sou die heilige engele die regverdigheid en liefde van God nie begryp het nie. Twyfel oor Gods goedheid sou ‘n bose saad gewees het wat die wrange vrug van sonde en ellende sou dra. Daaromis die bewerker van die sonde gespaar om sy karakter ten voile te ontwikkel. Deur die lange eeue verduur God reeds die smart om die werk van ongeregtigheid te aanskou; Hy het die weergalose Gawe van Golgota gegee, eerder as om enigeen deur die wanvoorstellings van die Bose te laat verlei; want onkruid kan nie uitgetrek word sonder die gevaar om kosbare graan te ontwortel nie. Sal ons dan nie net so verdraagsaam jeens ons medemense wees as wat die Here van hemel en aarde teenoor Satan is nie?

Die wêreld het geen reg om die waarheid van die Christelike leer te betwyfel omdat daar onwaardige lidmate in die kerk is nie, en Christene moet ook nie weens hierdie valse broeders mismoedig word nie. Hoe was dit met die vroeë kerk gesteld? Ananias en Saffira het hulle by die dissipels aangesluit. Simon Magus is gedoop. Demas, wat Paulus verlaat het, is as gelowige gereken. Judas Iskariot is onder die apostels getel. Die Heiland wil geen siel verloor nie. Sy ondervinding met Judas is opgeteken om Sy lankmoedigheid met die verdorwe menslike natuur te toon; en Hy sê dat ons dit moet verdra soos Hy dit verdra het. Hy het gesê dat valse broeders tot aan die einde toe in die kerk gevind sal word.

Ondanks Christus se waarskuwing het mense nogtans geprobeer om die onkruid uit te trek.Omdiegenetestraf watoënskynlikkwaaddoenerswas, hetdiekerkhomopdiesiviele gesag beroep. Diegene wat van die gevestigde leerstellings verskil het, is in die gevangenis gegooi, gefolter en gedood op aandrang van mense wat voorgegee het dat hulle op gesag van Christus handel. Maar dit is die gees van die Satan, nie die Gees van Christus nie, wat sulke dade besiel het. Dit is die Satan se eie metode om die wêreld onder sybeheer te bring. Die kerk het God verkeerd voorgestel deur so met sogenaamde ketters te handel.

Nie die veroordeling van andere nie, maar nederigheid en wantroue in die self, is die les uit Christus se gelykenis, Nie alles wat in die land gesaai is, is goeie graan nie. Die feit dat mense in die kerk is, is geen bewys dat hulle Christene is nie.

Terwyl die halms nog groen was, het die onkruid baie soos die koring gelyk, maar toe die land wit was vir die oes, het die nuttelose onkruid glad nie soos die koring gelyk wat gebuig het onder die las van die vol, ryp are nie. Sondaars wat voorgee om vroom te wees, verkeer tydelik met die ware volgelinge van Christus, en die skyn van Christelikheid bedrieg vele, maar in die oes van die wêreld sal daar geen ooreenkoms wees tussen goed en kwaad nie. Dan sal hulle wat hulle by die kerk aangesluit het, maar nie by Christus nie, geopenbaar word.

Die onkruid word toegelaat om saam met die koring te groei, om die voordele van son en reën ten voile te geniet; maar in die tyd van die oes “sal julle weer die onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose, tussen die wat God dien en die wat Hom nie dien nie.” (Mal. 3:18) Christus self sal besluit wie waardig is om saam met die hemelse gesin te woon. Hy sal elke mens oordeel volgens sy woorde en sy werke. Belydenis kom nie in aanmerking nie. Dit is karakter wat die lotsbestemming bepaal.

Die Heiland verwys nie na ‘n tyd in die toekoms wanneer al die onkruid koring sal word nie. Die koring en die onkruid groei saam tot die tyd van die oes, die einde van die wêreld. Dan word die onkruid in bondels gebind om verbrand te word en die koring word in die graanskure van God bymekaargebring. “Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader” en “die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen, en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.”

Hoofstuk 5—“Soos ‘n Mosterdsaad”

Na aanleiding van Mattheus 13:31, 32; Markus 4:30-32; Lukas 13:18,19

ONDER die menigtes wat na Christus se leer geluister het, was daar baie Fariseërs. Hulle het met veragting opgemerk hoe weinig van Sy toehoorders Hom as die Messias erken het. En hulle het hulle afgevra hoe hierdie beskeie leermeester Israel tot ‘n wêreldryk kon verhef. Hoe sou Hy die nuwe koninkryk sonder rykdom, mag of eer tot stand bring? Christus het hulle gedagtes gelees en het daarop geantwoord:

“Waarmee moet ons die koninkryk van God vergelyk, of met watter soort gelykenis moet ons dit voorstel?” Wat aardse regerings betref, was daar niks wat kon dien as ‘n gelykenis nie. Geen burgerlike samelewing kon as simbool dien nie. “Dit is soos’n mosterdsaad, wat die kleinste is van al die soorte saad op die aarde wanneer dit in die grond gesaai is; en wanneer dit gesaai is, kom dit op en word groter as al die groentesoorte en maakgroottakke,sodat dievoëlsvandie hemel onder syskaduwee nes kan maak.”Markus 4:31, 32.

Die kiem in die saad groei deur die ontplooiing van die lewensbeginsel wat God ingeplant het. Die ontwikkeling daarvan is nie afhanklik van menslike krag nie. So is dit met die koninkryk van Christus. Dit is ‘n nuwe skepping. Die beginsels van sy ontwikkeling is net die teenoorgestelde van dié wat die koninkryke van hierdie wêreld beheer. Aardse koninkryke heers met geweld; hulle behou hulle heerskappy deur oorloë; maar die grondlegger van die nuwe koninkryk is die Vredevors. Die Heilige Gees stel aardse koninkryke met wrede roofdiere voor, maar Christus is “die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.” (Joh. 1:29) In Sy regeringstelsel word geen geweld gebruik om die gewete te dwing nie. Die Jode het verwag dat die koninkryk van God op dieselfde manier as die koninkryke van die wêreld opgerig sou word. Om geregtigheid te bevorder het hulle hul tot uiterlike maatreëls gewend. Hulle het allerlei metodes en planne uitgedink. Maar Christus plant ‘n beginsel in. Deur die inplanting van waarheid en geregtigheid maak Hy dwaling en sonde tot niet.

Waar Jesus hierdie gelykenis geleer het, was die mosterdplant orals sigbaar bokant die gras en graan; sy takke het liggies in die windjie beweeg. Voëls het van tak tot tak gevlieg en tussen die blare gesing. Tog was die saad waaruit hierdie reuse plant gespruit het onder die kleinste van alle soorte saad. Eers het dit ‘n tere spruit opgestoot, maar dit was sterk en fris en het gegroei en gebloei totdat dit sy huidige grootte bereik het. So was die koninkryk van God aanvanklik skynbaar nederig en onbeduidend. Vergeleke met aardse koninkryke het dit gelyk of dit die kleinste van almal was. Die regeerders van hierdie wêreld het Christus se bewering dat Hy‘n koning was, met spot bejeën. Tog het die koninkryk van die evangelie in die magtige waarhede wat aan Sy volgelinge toevertrou is’n Goddelike lewe besit. Hoe snel was die groei, hoe uitgestrek die invloed daarvan! Toe Christus hierdie gelykenis gespreek het, was daar maar net ‘n paar arm Galileërs om hierdie nuwe koninkryk te verteenwoordig. Hulle armoede en klein getalle is keer op keer as rede verstrek waarom mense hulle nie byhierdie eenvoudige vissers wat Jesus gevolg het, moes aansluit nie. Maar die mosterdsaad sou groei en sy takke sou deur die hele wêreld versprei. Wanneer die aardse koninkryke, waarmee mense geroem het, tot niet sou gaan, sou die koninkryk van Christus as kragtige en vérreikende mag bly staan.

So is die werk van genade in die hart aanvanklik klein. ‘n Woord word gespreek,‘n ligstraal word in die siel ingewerp en‘n invloed word uitgeoefen wat die begin van die nuwe lewe beteken; en wie kan sy gevolge bereken?

Nie alleenlik word die groei van Christus se koninkryk deur die gelykenis van die mosterdsaad geïllustreer nie, maar op elke stadium van sy groei word die ondervinding herhaal wat in die gelykenis voorgestel word. God het ‘n spesiale waarheid en ‘n spesiale werk vir sy kerk in elke geslag. Die waarheid wat van die wêreld se wyses en verstandiges teruggehou word, word aan die kinderlikes en die nederiges geopenbaar. Om dit te verkry verg selfopoffering. Mens moet daarvoor stry en oorwinnings behaal. Aanvanklik is daar min wat dit verkondig. Die grotes van die wêreld en ‘n wêreldsgesinde kerk verag en bestry hulle. Kyk hoe staan Johannes die Doper, die voorloper van Christus, alleen om die hoogmoed en vormgodsdiens van die Joodse nasie te bestraf. Aanskou die eerste verkondigers van die evangelie in Europa. Hoe beskeie, hoe skynbaar hopeloos was die sending van Paulus en Silas, die twee tentmakers, toe hulle saam met hulle vriende te Troas na Filippi skeepgegaan het. Aanskou hoe “Paulus, as’n ou man,” in boeie Christus in die vesting van die Caesars verkondig. Aanskou die klein groepies slawe en armes in stryd teen die heidendom van die Romeinse ryk. Aanskou Martin Luther waar hy sy stand inneem teen daardie magtige kerk wat ‘n meesterstuk is van wêreldse wysheid. Kyk hoe staan hy op Gods Woord teen keiser en pous, met die verklaring, “Hier staan ek, ek kan nie anders nie. Mag God my help.”

Aanskou John Wesley waar hy Christus en Sy geregtigheid te midde van vormdiens, wellustigheid en ongeloof verkondig. Aanskou hoe een wat met die wee van die heidense wêreld belas is om die voorreg pleit om die boodskap van Christus se liefde na hulle te neem. Luister na die antwoord van kerkisme: “Sit maar, jongman. Wanneer God die heidene wil bekeer, sal Hy dit sonder jou hulp en sonder myne doen.”

Vooraanstaande godsdiensleiers van hierdie geslag loof hulle wat die waarheidsaad eeue gelede gesaai het en rig vir hulle monumente op. Is daar nie deesdae vele wat hierdie werk los en die spruite van hierdie selfde saad vertrap nie? Die ou kreet word herhaal, “Ons weet dat God met Moses gespreek het; maar wat Hom betref [Christus in die boodskapper wat Hy stuur], ons weet nie van waar Hy is nie.” (Joh. 9:29) Soos in vervloë eeue word die besondere waarhede vir hierdie tyd nie by diegene gevind wat kerklike gesag het nie, maar by manne en vroue wat nie te geleerd of te wys is om die woord van God te glo nie.

“Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak.” (1 Kor. 1:26-28); “sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God.” (1 Kor. 2:5)

En in hierdie laaste geslag sal die gelykenis van die mosterdsaad ‘n duidelike en triomfantlike vervulling bereik. Die klein saadjie sal ‘n boom word. Die laaste boodskap van waarskuwing en genade sal na “alle nasies en stamme en tale,” gaan (Openb. 14:6-14), “om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem.” (Hand. 15:4) En die aarde sal verlig word deur Sy heerlikheid. (Openb. 18:1)

This article is from: