![](https://static.isu.pub/fe/default-story-images/news.jpg?width=720&quality=85%2C50)
1 minute read
Hoofstuk 10—Die Visnet
Na aanleiding van Mattheus 13:47-50
“Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n net wat in die see gegooi word en van elke soort bymekaarbring; en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg. So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei en hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.”
Die uitgooi van die net is die prediking van die evangelie; Dit bring beide goeies en slegtes in die kerk in. Wanneer die sending van die evangelie voltooi is, sal die oordeel die skeidingswerkvolbring.Christushetgesienhoedatdieteenwoordigheidvanvalsebroeders in die kerk die oorsaak sou wees dat die weg van die waarheid belaster sou word. Weens die inkonsekwente lewens van valse belyers sou die wêreld die evangelie beskimp. Selfs Christene sou struikel omdat hulle sien dat vele wat die Naam van Christus dra nie deur die Heilige Gees beheers word nie. Omdat hierdie sondaars in die kerk was, sou mense gevaar loop om te dink dat God hulle sondes verskoon. Daarom ontsluier Christus die toekoms en beveel Hy dat almal moet besef dat dit die karakter is, en nie status nie, wat die mens se lotsbestemming bepaal.
Die gelykenis van die onkruid en dié van die net leer albei duidelik dat daar nie ‘n tyd salweeswanneeraldieonregverdigeshulletotGodsalwendnie.Diekoringendieonkruid groei saam tot die oes toe. Die goeie en die slegte visse word saam aan wal getrek om finaal geskei te word.
Verder leer hierdie gelykenisse dat daar geen genadetyd ná die oordeel sal wees nie. Wanneer die werk van die evangelie voltooi is, volg die skeiding tussen die regverdiges en die onregverdiges onmiddellik, en die lotsbestemming van albei klasse word dan vir ewig vasgestel.
God wil niemand vernietig nie. “So waar as Ek leef, spreek die Here Here, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe?” Eseg. 33:11. Dwarsdeur die hele genadetyd pleit die Heilige Gees met die mens om die gawe van die lewe aan te neem. Net diegene wat Sy pleitstem veronagsaam, sal vernietig word. God het verklaar dat sonde vernietig moet word omdat dit ‘n kwaad is wat die heelal kan vernietig. Hulle wat aan die sonde vashou, sal daarmee saam vernietig word.