Gemeenteblad van die Ned Geref Kerk Biesiesvlei Julie-September 2015
Jaargang 34, Uitgawe 3 1
Waarna kan ons uitsien. Inhoudsopgawe van bydraes 1.
Uit die Woord—Ons Belydenis oor gemeenskap
3
2.
‘n Oupa en Ouma se kyk na die Belydenis Aflegging 30 Augustus
5
3.
Belydenisaflegging iets spesiaal—30 Augustus 2015
6
4.
Bely ons ook so?
8
5.
Verder geluister: Hand.7:55-60—Vergifnis maak jou vry
9
6.
Tong in die kies...
12
7.
Dominee help asb. Tog
13
8.
Om te “herkou”...
14
9.
Kerkmuis aan die Woord
16
10.
Is ons dalk té gewoond aan God?
17
11.
Om te oordink—Vrouemaand Augustus (Umfaan)
19
12.
Nuusbrokkies oor Biesiesvleiers
21
13.
Finansiële nuusbroekkies
28
14.
Sinodale Bydraes: Waarvoor word dit gebruik? (Deel 1—SKDB)
29
15.
Ons sê baie dankie—ds Daniël & Lina Dhlamini
30
16.
Reistog na Geluk (Dink jouself gelukkig—Deel II)
31
17.
Tuinwenke: September tot Oktober & Boere Rate
38
18.
Vroue aan die woeker (Nuwe Bestuur)(Gemeente Ete)
42
19.
Cross Kine maak oop in Biesiesvlei
44
Ons groet ons vriende! Aangesien dit my en Jurie se laaste Rietfluitjie is wil ons almal bedank vir julle samewerking tydens die tyd wat ons dit gedoen het. Ons het besluit om te verhuis na Bloemfontein, om nader aan die dokters en hospitale te wees. Ons beplan om teen einde van 2015 ons daar te vestig. Ons nooi almal om daar by ons n koppie koffie te kom drink as julle deur ry, of op ons knoppie te druk indien julle dokters daar moet besoek. Ons sal julle en Biesiesvlei mis! Seënwense aan julle almal—Jurie en Tina Swart. 2
Uit die Woord -ons belydenis “Ons glo in die Heilige Gees. In ’n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges...” Die Apostoliese Geloofsbelydenis was die eerste belydenis wat die Christelike gelowiges saam vanuit die Woord kon bely, deur al die eeue. Nog 5 belydenisse sou volg—maar die Apostoliese Geloofsbelydenis (of 12 Artikels) het as die belangrikste belydenis bly staan. Maar wat behels die “gemeenskap van die heiliges”? Efesiërs 4:1-7 Ek druk julle dit op die hart...: Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het. (2) Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. (3) Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe. (4) Daar is net één liggaam en net één Gees, soos daar net één hoop is waartoe God julle geroep het. (5) Daar is net één Here, één geloof, één doop, (6) één God en Vader van almal: Hy wat oor almal is, deur almal werk en in almal woon. Gemeenskap dui dus op iets “gemeenskapliks” wat ons besit, wat ons vertroetel en wat ‘n kern kenmerk van die Christen se lewens uitkyk uitmaak. Wat dit nog meer uniek maak, is dat Jesus ‘n doel het waarom Hy die gelowiges aan mekaar verbind as ‘n gemeenskap, as Sy Liggaam: Efesiërs 4:(7) Aan elkeen van ons is 'n genadegawe gegee volgens die mate waarin Christus die gawes uitgedeel het... Jesus deel self hierdie gawes uit. Christen gelowiges “beskik” of “besit” dus nie hierdie gawes los van die Ligaam / gemeente van Jesus nie. Ons “verdien” ook nie hierdie gawes nie—dit word uit genade aan ons gegee. En genade is nie verdienbaar nie—dit word gegee al is ek dit nie waardig nie. Dit word gegee omdat die Here die ontvanger, ‘n gawe aan die gemeente wil maak. Elke Christen is ‘n gawe aan die gemeente, deur Jesus se genade. 3
Gawes word gegee met ‘n spesifieke doel voor oë: Efesiërs 4:(11) En dít is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars. (12) Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus. (13) So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos 'n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus. Die ontvanger van Jesus se genadegawes het dus geen rede om “belangriker” te kan voel as ‘n ander wat nie daardie betrokke gawe ontvang het nie. Die ander kant van die munt is egter dat die gelowige ‘n groter verantwoordelikheid dra om die gemeente weerbaar te maak teen ongelowigeheid! Efesiërs (14) Dan sal ons nie meer kinders wees nie; ons sal nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaalleer as vals leraars ons met hulle slinksheid en listigheid op dwaalweë wil wegvoer nie. (15) Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof, (16) en uit Hom groei die hele liggaam. Die verskillende liggaamsdele pas by mekaar en vorm saam 'n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in liefde. Ouderdom het niks te make met die gawes wat Jesus gee nie. Die opbou en weerbaar maak van die gemeente is elke gelowige se doel. Daarom is elke erediens die viering van ons roeping. Elke uitstap uit die kerkgebou, ‘n keuse om Jesus in my daaglikse handel en wandel in die wêreld te eer. 4
’n Oupa en Ouma se kyk na die Belydenis Aflegging Belydenisaflegging: 30 Aug.2015 Dit was vir ons as grootouers 'n besondere voorreg om een van ons kleinkinders se belydenisaflegging te kon bywoon. Ons beleef daagliks voorregte wat baie van ons tydgenote nie beskore is nie en moet ons, ons Here Jesus daarvoor bedank. Die Nagmaalsdiens was vir ons uitsonderlik. Ds Johan het ons stap vir stap daardeur gelei. Dit was nie net 'n unieke aanbieding nie, maar hy het ook daarin geslaag om nuwe perspektief aan belydenis van Geloof te bring. Ons wil dankie sê vir al die moeite wat gedoen is om die geleentheid nie net baie spesiaal te maak nie, maar ook lieflik persoonlik. Dit was knop-in-die-keel momente om elke persoon se persoonlike erkenning van sy Geloof aan te hoor, veral die band wat daar tussen hul en hul mentor is, word baie waardeer. Ons kon duidelik aanvoel dat daar 'n pad met elkeen van hulle gestap is. Die baie besondere manier waarop ds Johan die ouers betrek het, was aandoenlik, en hier moet ons spesiaal hul persoonlike gelukwensings noem. Dis wonderlik om te sien hoe ouers nog hul kinders onderrig, iets wat byna aan die uitsterf is. Ons bedank u dus graag vir 'n geleentheid wat ons en almal wat daarby betrokke was, nooit sal vergeet nie. Groete Hector en Marthie van Wyk. ♦ 5
Belydenis aflegging iets spesiaal— spesiaal—30 Augustus 2015 “Ek Ek glo in Jesus Christus en ek is séker dat Hy my Sy kind gemaak het.” het. Dit was die Belydenis waarmee elkeen van die Belydenisklaslede hulself verbind het tot die gemeente op Sondag 30 Augustus 2015. En die gemeente het al vier jongmense as gawes aan die gemeente in ontvangs geneem. Die Verbonds karakter het duidelik na vore gekom uit die getuienis van die jongmanne se getuienis oor hoe hul ouers hul aan die Here bekend gestel het. Ethan Jordaan het sekerheid van geloof gekry toe hy saam met sy Pa en an‐ der familie na Angus Bachan geluister het en hy die ervaring gehad het dat hy die Here op ‘n persoonlike en intieme wyse leer ken het. Van daardie dag af het daar heelwat positiewe verandering in sy menswees en gedrag ingetree, wat wys dat dit nie maar net ‘n emosionele oorgawe was nie, maar wel iets blywend.
♦
Hector van Wyk het getuig van die voorbeeld wat beide ouers en grootouers gewys het om hom van die Here te leer en die moeite wat hul gedoen het om seker te maak dat hy verstaan. Soos Timoteus het hy in ‘n huis grootgeword waar hy van die begin af “geweet” het hy is ‘n kind van die Here. Soos hy ouer geword het, het hierdie wete net sterker en duideliker geword en het hy sy lewe ingerig soos ‘n Jesus‐ familielid.
♦
Pieter Carroll is ‘n spanspeler wat graag sy plek in die ge‐ meente wil volstaan. Hy het getuig van ouers wat vir hom rolmodelle is en tyd gemaak het om hom van die Here te leer. Miskien het dit juis gehelp dat ook hy grootgeword het in ‘n huis waar Oupa en Ouma, saam met Pa en Ma, deel was van mense wat hom van die Here kon leer. Hy het maar altyd net “geweet” hy is mos die Here s’n, net soos mens mos 6
maar net “van altyd af weet” jy is jou ouers se kind! ‘n Sekerheid wat vas is. ♦
Deon Rousseau het getuig dat hy deur ‘n baie moeilike kinder en jongmens tyd gegaan het. Hy was nog ‘n kleuter toe sy Ma aan kanker oorlede. Pa Giep en die sussies moes hom verder grootmaak. By hulle het hy geleer dat Jesus hom lie3et, maar hy kon net nie behoorlik berusting kry in sy Ma wat hy ontbeer het nie. Enkele jare gelede het hy na ‘n video‐preek geluister, waarna iemand getuig het hoe die Here hom genees het van dieselfde kanker as waaraan sy Ma oorlede is en van die Here se on‐ verdiende genade. En daar het hy berusting en vrede gekry, met die wete die Here sorg vir hom en is Sy Herder.
♦
Om die geleentheid nog meer spesiaal te maak, het Deon en sy Pa, Giep, ‘n besonderse lied gesing wat deur wyle Johan Luüs van Sannieshof geskryf is: “In die skadu van die Here”. Deon het gevoel dit verwoord ook sy geloof. En kan die twee manne sing! Dit spreek tot diep in die hart. Die verbondskarakter het ook duidelik na vore getree deurdat die ouers saam met hul kinders aan die nagmaalstafel gaan sit het. Die Pa en Ma het ‘n verbondsgesins‐kers by die doopfond aangesteek, waarmee simbolies gesê word dat die Here die Lig in hul gesin se lewens is en dat hul as ouers hul doop beloftes nagekom het deur hul kind van die Here te leer en vir hulle ‘n voorbeeld te wees van hoe ‘n gelowige moet lewe. Nadat die jong manne belydenis van geloof gedoen het deur die vrae te antwoord en self te getuig hoe hul seker kan wees dat hul kinders van die Here is, het die Pa as verbondshoof die brood en die wyn aan sy gesin bedien om die belydenis af te rond. Die Here se doop-verbondsbelofte, is vervul! ♦
7
En dit alles het hul gehelp om
Bely ons ook so?
God te vind. En met die aflê van Ek kon die spanning op die
geloofsbelydenis het hulle (voor
kinders se gesigte sien. Party
‘n kerk vol mense) gesê watter
was bleek, Andere pienk van al
verskil God in hulle lewens gema-
die blosery. En tog het hulle die mikrofoon
gevat
en
ak het.
prontuit
gepraat oor hul geloof in die
Tussen
hulle
stotterende
Here.
woorde het ek besef dat openbare geloofsbelydenis só moet
Terwyl ek geluister het, het ek
wees. Nie net “ja” as antwoord
bewus geword van die verskillen-
op ‘n ernstige vraag oor kerk-
de maniere waarop die Here in
wees en tug nie.
hierdie kinders se lewens gewMaar juis dat jy voor ander men-
erk het.
se die storie moet vertel van Vir die een was dit ‘n ouer en
die God van jou lewe...die storie
self groot-ouers wat met hul oor
van die verskil wat Hy vir jou
die Here gepraat het, vir hul
maak.
BYbelverhale voorgelees het en
Dis toe dat ‘n vraag in my hart
selfs vir hul voorgeleef het.
kom lê het: Vertel ons ook nog Vir die ander ‘n vriend of fami-
so? Het ook ons, na al die jare,
liekring, vir ander ‘n spesiale
nog steeds ‘n storie wat ook ons
saamtrek of kamp, vir nog ander
kan vertel van ons reis saam met
‘n spesiale boodskap wat juis
die Here? Of bly ons liewer stil?
daardie dag oor die TV uitgesaai moes wees om hul te midde van
Die diepte van die nagmaal as
‘n swaar gebeurtenis na God te
versterking van hul belydenis,
help soek.
het my opnuut en diep geraak. ♦ 8
Verder Geluister: Hand 7:557:55-60 Vergifnis maak jou vry Geskryf deur dr. Chris Jones Maar tog bid ons: “en vergeef ons ons oortredinge soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree.” En dan Jesus se woorde aan die kruis: “Vader, vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” Soms voel ons net té seer om te vergewe, maar Jesus, soos ook Stefanus, roep ons op om op ‘n “bold” manier te vergewe. En om vir God te bly vra om nie op te gee met hulle wat verkeerd opgetree het nie. Want dís tog hoe God met ons maak. Is ons bereid om hierdie pad te loop terwyl ons met woede, haat, geweld en moord gekonfronteer word? Kom ons dink vanuit hierdie teks ‘n bietjie na oor die belangrikheid van vergifnis in óns lewe. Daar is ‘n soort gevangeneskap wat ‘n mens nie regtig kan sien nie. Hierdie tronk hou ‘n mens nie gevange met tralies, staalhekke en mure nie. Nee, dit bind jou van binne. Sy naam is: onvergewensgesindheid! Die onvermoë om iemand te vergewe. Nadat Jesus vir sy dissipels die “Onse Vader” gebed geleer het, gaan Hy voort om vir hulle net één aspek uit die gebed te verduidelik – die deel oor vergifnis. Gaan lees gerus weer Mat 6:14-15. Dit was vir Jesus ontsettend belangrik. Want Hy het sy lewe gegee om ons oortredinge te vergewe. Ons elkeen weet wat dit is om ander seer te maak. Ook weet ons wat dit is om seergemaak te word. Maar om te vergewe, is so ontsettend moeilik. Dis eintlik ‘n wonderwerk. Maar God verwag dit van ons. Hy verwag dat ons nuut sal begin. Nuut met jouself, maar ook nuut met die mense om jou wat jy seergemaak het. Hy wil hê ons moet van vooraf begin met daardie persoon wat ons so intens seergemaak het. Of te na gekom het. Dis om tyd te maak en liefde te betoon aan iemand wat dit volgens jou nie verdien nie. Vergifnis is om die onvergeeflike te vergewe! Feitlik al Christus se kruiswoorde kom direk of indirek uit Ps 22. Maar daar is een kruiswoord wat nie in Ps 22 voorkom nie. “Vader, vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” En só gaan Christus één kruiswoord verder as die Skrifte en vandat Hy dít gedoen het, kan ons ook deur Sy genade vergewe. Net soos Stefanus. By wie begin vergifnis? Dit begin by jou!! By niemand anders nie. Jy moet die inisiatief neem. Jy moet jou hand uitsteek. Jy moet daardie persoon vir wie jy te na gekom het, verseker van jou vriendskap. Selfs die persoon wat jou te na gekom het. Jy moet die eerste tree gee. Jy moet weer jou vrou se man word. Jy moet weer jou pa se kind word. Dit is wat die Woord ons leer!
9
Maar dis ‘n proses. Dis nie ‘n skakelaar wat jy aan of af skakel nie. Nee, dis om seergemaak te wees. Dis om verbitterd te wees. Hatig te wees. Maar dis uiteindelik ‘n wilsbesluit – ‘n geloofsbesluit. Jy moet besluit: “ek gaan die seer begrawe. Ek wil die pad van genesing, herstel, bevryding, vergifnis stap.” Jy moet bewus wees van die vernietigende gevolge van negatiewe gedrag in ‘n mens se lewe, soos om nie te vergewe nie. Jy moet besluit om hierdie boek van kwaad toe te maak. Vergifnis bly ‘n wonderwerk. Alexander Pope het gesê: “ To err is human, to forgive divine”. Onthou: wraak maak die telling gelyk (oog vir ‘n oog!), maar vergifnis maak van jou ‘n wenner. Dit bevry jou. En belangrik: jy het ‘n keuse. ‘n Mens sou hier ook na Markus 11: 22-25 kon verwys: “Dit verseker Ek julle: Elkeen wat vir hierdie berg sê: Lig jou op en val in die see, en daarby nie twyfel nie, maar glo wat hy sê, vir hom sal dit gebeur.” En dan vs 25, wat ons dikwels nie genoegsaam in verband hiermee bring nie: “En wanneer julle staan om te bid, en julle het iets teen iemand, vergewe hom; dan sal julle Vader wat in die hemel is, julle ook julle oortredinge vergewe.” Nou het jy dit seker gehoor? Duideliker kon Jesus dit nie gesê het nie. As ‘n mens die krag van gebed wil ervaar, daardie “bergverskuiwende ervarings” wil hê, moet jy eers die dinge wat jy teen ander hou, of wat hulle aan jou gedoen het, vergewe. By die kruis gaan neerlê. Dan kan die krag van God deur jou vloei. Daar is geen voordele wat met onvergewensgesindheid gepaardgaan nie. Dis die moeite werd om te vergewe. Waar ‘n mens dit reg kry om te vergewe, ontstaan ‘n stuk innerlike vrede, geluk, en ‘n nuutgevonde stuk entoesiasme vir die lewe. Daar breek die lentebloeisels van God se komende koninkryk vir jou deur. Dis wat Christus vir ons aan die kruis kom doen het. Dis wat Hy van ons verwag! Dis die voorbeeld wat Stefanus vir ons gestel het. ‘n Paar verdere gedagtes:
•
Kan ‘n mens regtig vergewe én vergeet? Ek dink ‘n mens onthou altyd die seer, maar vergifnis help jou om nie met dieselfde negatiewe emosie(s) as vroeër daaraan te dink nie! Jy raak nie telkens van vooraf verbitterd nie.
•
Dis belangrik dat jy jouself ook moet kan vergewe. God sê Hy werp ons oortredinge in die diepte van die see. Hy dink nie weer daaraan nie. Dis ons wat telkens terugkeer na die “viswaters”, begin “hengel” en daardie oortredinge “uittrek”. Dan kasty ons onsself weer van ooraf. Dis nie wat God wil hê nie.
•
Onvoorwaardelike liefde vir jou medemens is belangrik om te kan vergewe. To-
10
ny Campolo vertel van ‘n jong student wat eendag in April 1958 ‘n brief gaan pos het. Op pad terug het ‘n bende tienderjariges hom voorgekeer omdat hulle geld benodig het om te gaan dans. Hulle het hom beroof en wreedaardig vermoor. Die jong Koreaanse student wat in Philadelphia (Amerika) studeer het, was ‘n toonbeeld van Christenskap. Die seuns wat hom vermoor het, was veragtelik. Selfversekerd. Aggressief. Toe die regter die dag die vonnis uitspreek, het hulle vir hom gelag. Die weduweemoeder van die student het met finansiële hulp van haar kerk in Korea die hofverrigtinge bygewoon. Almal het verwag dat sy bitter sou wees, maar sy was nie. Sy het spesiaal gekom om die moordenaars van haar seun te help. Toe hulle skuldig bevind is, het sy op haar knieë voor die regter gaan staan en gesoebat dat hy hulle lewe moet spaar. Haar optrede het die jeugdige moordenaars so getref, dat hulle begin huil het, en berou getoon het. Polisiemanne het begin huil. En die inwoners van Philadelphia (wat broederskap beteken) het gesien hoe die liefde van God konkreet tot uiting kom in die ma se liefde vir haar seun se moordenaars. Hierdie ma het besef hoe vernietigend woede en onvergewensgesindheid kan wees.
•
Los die tou! ‘n Bekende Nederlandse vrou vertel ‘n aangrypende verhaal oor vergifnis. Iemand het haar baie seergemaak en sy het gesukkel om die persoon te vergewe. Sy het weke lank snags wakker gelê. Een nag het sy ernstig vir God gevra om haar hiermee te help. Die volgende dag het sy by ‘n straatkafee gaan koffie drink, en sielik het ‘n predikant by ‘n tafeltjie langs haar kom sit. Sy het langs hom gaan sit en haar probleem aan hom verduidelik. Dat sy gesukkel het om te vergewe. Hy het haar vertel dat hy van ‘n klein plattelandse gemeente kom. Een van sy take was om die kerkklok elke Sondag te lui. Dit was nog een van daardie ou modelle wat jy met ‘n tou gelui het. Nou vertel hy hoe hy sy hand op die tou geplaas het en die klok dan begin lui het. Solank as wat hy die tou getrek het, het die klok gelui. En wanneer hy moes stop, het hy doodgewoon sy hand gelos. Die klok het sagter en sagter gelui totdat dit ophou lui het. Vergifnis werk ook so. Wanneer iemand jou te nakom, sit ‘n mens gewoonlik jou hand op die tou. En solank jy die seer vertroetel, lui die klok in jou gemoed. En hierdie geluid sal jou gek maak, dit sal jou gees seermaak, behalwe as jy die tou los. Los daarom die tou van bitterheid of haat, en die gelui sal mettertyd sagter en sagter word totdat dit ophou lui. Dis hoe vergifnis werk! Jo Petty het gesê: “ Forgiveness is the fragrance the violet sheds on the heel that crushed it!” ♦
11
TONGTONG- ININ-DIEDIE-(geestelike?)(geestelike?)-KIES
Die grootste geluk in die lewe is die wete dat iemand ons liefhet ter wille van onsself, of liewer, ondanks onsself Victor Hugo Geloof is om te glo wat jy nie sien nie. En die gevolg hiervan is dat jy sien wat jy amper nie kan glo nie Augustinus Armoede en swaarkry maak n mens nie minder werd nie, maar n mens se waarde wprd deur sy karakter, inbors, integriteit, identiteit en idealisme bepaal Bourke Spoelstra -Wyshede Ingestuur deur Tina Swart
12
Dominee, Help tog asb.! Liewe Dominee Ek is deurmekaar! Kan jy my help? Hier’s my storie... My pa en ek woon saam en ons het ‘n radio en ‘n TV. Hy is ‘n wewenaar en ek ongetroud. Onder ons woon ‘n weduwee en haar dogter, albei baie mooi en sonder ‘n radio of TV. Hulle kom kuier gereeld by ons en ek raak toe verlief op die weduwee. Ons trou toe uiteindelik. Intussen raak my pa verlief op die dogter en hulle trou toe ook. Net daar begin my moeilikheid. Omdat my pa met die dogter van my vrou getroud is (ook my dogter), is my dogter nou my ma. Ek is ook terselfdertyd haar pa, omdat ek met haar ma getroud is. Verder is my pa my vrou se skoonseun en ek is dus sy skoonpa omdat ek met die ma van sy vrou getroud is. Toe kry my vrou ‘n seuntjie. Dit is ook my seun en die broer van my skoondogter, omdat sy die dogter van my vrou is. Die seuntjie is ook ek en my pa se swaer. Ek is dus my eie seun se neef en ook die neef van my skoondogter, omdat sy my seun se suster is. Daarom is my skoonma ook my tannie. Toe kry my pa se vrou ook ‘n seuntjie en hy word dus my broer. My seun is oom van my kleinkind, omdat hy die broer van my dogter is. My vrou is sy ouma grootjie, want hy is die kind van haar dogter. Ek is dus sy oupa grootjie. Aangesien die oupa grootjie van my broer ook myne is, is ek dus my eie oupa grootjie! Liewe dominee, nou sal u verstaan waarom ek so in die war is. Groete: Deurmekaar.
Liewe Deurmekaar. Ek dink jy is genealogies verward en vermis ‘n paar familiale skakels in jou beredenerings-ketting. Kom gerus dat ons al die ou kleingoedjies doop, waar julle oor-en-weer kan saamstaan by die doopfond as grootouers en familie en dan praat ons sommer die hele spulletjie met mekaar uit tydens die doopgesprek. Ek aanvaar dat julle almal ook van nou af gereeld by die eredienste en die gemeente sal inskakel, aangesien die grootouers aan hul kleingoed en familie sterk en positiewe geestelike leiding moet gee. Dalk kan jy sommer nou jou pa ook wys hoe lyk die pad na die kerk toe, aangesien jy nou sy oupa geword het. Vriendelike groete Dominee 13
Om te “herkou”... Oor gebed: As jy nie lus voel om te bid nie, is dit n sekere aanduiding dat jy onmiddelik behoord te begin bid—Billy Graham As jy sê; Ek vergewe jou; belowe jy drie dinge: 1. Ek sal jou nie langer oor jou oortreding verwyt nie; 2. Ek sal nie self langer daaroor top nie 3. Ek sal dit nie verder met ander bespreek nie ‘n Eenvoudige antwoord op n eenvoudige vraag. ‘n Aantal buitekerklikes sit op n dag in n klein platelandse dorpie in die pastorie van n vroom ou predikant en gesels. Een van hulle vra aan hom; “Dominee, vertel ons tog wat is die verskil tussen die Ou & Nuwe Testament.” “My liewe man,” antwoord die dominee, “dit is doodeenvoudig. Die Ou Testament lei ons aan die hand van God na Christus, en die Nuwe Testament aan die hand van Christus na God. Wie so deur God, sy Skepper, na Christus gelei word, sal aan sy hand met gerustheid voortwandel na die Vaderhuis, want in Christus sien ons die aangesig van God vol genade en liefde en hoor ons sy Gees in ons harte roep:” Abba Vader” Almal wat teenwoordig was, is diep getref deur hierdie eenvoudige verduideliking. Mag dit ook tot elkeen van ons spreek. Geneem uit Almanak voor die Geref Kerk in Zuid Afrika (1872) Vry vertaal Gaan slaap met skoon hande, of omdat jy deur integriteit hulle die hele dag skoon gehou het, of omdat hulle elke aand deur jou berou en skuldbelydenis skoon gewas is. Die mees algemene sonde is dat n mens vir homself lewe en nie vir God nie—ds Veldkamp Wys of dwaas? Net een woord kan veroorsaak dat n mens as wys of as dwaas bestempel word. Ons moet versigtig wees in wat ons sê. Geloof is... Geloof sal enige rigting verander, enige pad verlig, enige ellende opklaar; dit omskep smart in vreugde, vyandigheid in vriendskap, die hel in die hemel. Geloof is God aan die werk—F.L. Holmes 14
Die kuns van lankmoedigheid en “ wagwag-opop-diedie-Here� Here Wanneer God jou laat wag, is jy in goeie geselskap: Abraham het 25 jaar gewag. Josef het 13 jaar gewag. Moses het 40 jaar gewag. Jesus het 30 jaar gewag.
Hierdie model is spesiaal vir kerke ontwerp. Dit kom met een klein petrolpedaaltjie, vier stuurwiele en tien rempedale! 15
Kerkmuis aan die woord... Dagsê aan al my maaikies. Dit is so lekker om weer vir julle ‘n briefie te skryf. Ons het darem maar ‘n vreeslike lekker basaar gehad – soos altyd. Almal werk altyd so lekker saam en die eetgoed word lyk my net elke keer al hoe lekkerder. My magie het so gepyn die Sondag van al die pannekoek en jafels wat ek ge-eet het. My spens is nou nog oorvol. Ek kan net een ding nie mooi verstaan nie. Daar was nie eers ‘n bees op die veiling nie, maar daar is twee verkoop. Daar was 14 skape maar daar is 40 verkoop. Ek het ook nie gesien dat hulle daar kleinkies gekry het nie – so my ou muisbreinkie verstaan nie so mooi nie. Kietsie-kat, wil jy nie asb vir my ‘n briefie skryf en vertel hoe dit werk nie. Julle katte is mos altyd baie slim. My skoolmaaikies is nog net so oulik soos altyd. Biesiesvlei se kinders word nou maar net eenmaal altyd as leiers gekies in die skool. Ek wil geluk sê aan Hector, Pieter en Andre wat gekies is as leiers. Ek is baie trots op julle. Ek hoor dit is harde werk ook, so baie sterkte ook vir julle. Tannie Lauraine is ook weer die ondervoorsitter van ‘n kommittee van die es-er by die universiteit. Baie geluk ook aan haar. Daar is so baie van julle wat nog goed kan hardloop en krieket en rugby en netbal en wat ook al kan speel. Ek is trots op julle almal. Ek is so bly ek is julle kerkmuis. Aan die vier seuns wat Sondag voor ons almal gesê het hulle is lief vir Liewe Jesus, wil ek net sê baie geluk en baie welkom . Nou is julle eintlik ook ooms.Ek was so jammer om te gehoor het tannie Florence is oorlede. Ons weet gelukkig is sy maar net na Liewe Jesus toe. Oom Willem, ek dink baie aan julle. Ek is baie bly oom Jurie voel al biekie beter en is weer by die huis. Nou hoor ek hy en tannie Tina gaan dalk Bloemfontein toe trek. Ek sal tannie Tina se mooi plante baie mis. Tannie Wanda het toe haar nuwe knieg gekry. Ek weet nie waar mens nuwe knieë koop nie. Werk dit ook soos met karre? Is daar ‘n knieg”garage”? Hê-hê. Aan almal wat siekerig is, hoop ek die gaan gou beter. Ek sien oom Doom loop so regop Sondag, hy lyk soos daai statige ooms van lank-lank gelede, toe hoor ek sy rug is baie seer. Dit gaan darem beter. Julle moet almal goed gaan. Liewe Jesus seen julle. Kerkmuis ll 16
Is ons dalk te Gewoond aan God? Raak ons nie té gewoond aan God nie? Ons raak so tuis op die terrein van Godsdiens, dat ons egte verwondering van God, en ons aanbidding skoonveld is! Die diep bewussyn van God se heiligheid raak afwesig, Verseker is God in Christus kenbaar, dienbaar, en naby. Ja, selfs deur die Heilige Gees in my. Maar kan ons daarom maar gemaklik raak, selftevrede en uitgesproke op Sy terrein? Gebed is een van die wonders wat God geskenk het, om die wonderlike verhouding met Hom te beleef, te ervaar, en te geniet. Dit vra egter opnuut van my ‘n nederigheid, nederigheid wat vrug is van die Heilige Gees in my, Glasiërs 5:23. Ons kan baie maklik, in God se teenwoordigheid, in die slaggat van selfsug beland. Dan bid ons, maar dit draai maar eintlik alles rondom onsself. Ons moet elke dag van voor af in stil verwondering voor God neerval. Dit moet nie vir ons te maklik word om te bid nie. Dit is nie maar sekere “bewegings” waardeur ons gaan nie. Ons moet stil op die Here wag. Regtig wag..... Klein voor die Almagtige God. Maar tog ook kind by die Vader. -Maria Els Labuschagne.
17
UMFAAN en ander se WYSHEDE: WIE OF WAT IS ‘N VROU ‘n Vrou kan deel met stres en kan swaar laste dra. Sy glimlag wanneer sy eintlik voel om te skree…. en sy sing terwyl sy eintlik wil huil. ‘n Vrou huil wanneer sy gelukkig is, en lag as sy bang is. Haar liefde is onvoorwaardelik. Daar is egter een probleem sy vergeet wat sy werklik werd is! Eintlik is sy uniek! UMFAAN “Storms make trees take deeper roots.” Dolly Parton “Om af te breek is geen kuns nie. ’n Klein kindjie kan n blommetjie verniel wat ‘n God gekos het om dit te maak CJ Langehoven
Biesiesvleiers kon vir lank die skouspelagtige nader-dans van Jupiter en Venus dophou teen sononder elke dag in Julie & Augustus, toe die twee planete ‘n 2015-Bethlehem ster gevorm het om ons te herinner aan die Bethlehem ster 2000jaar gelede... Wat ‘n voorreg!
Die gemiddelde jaar is 365,2425 dae = 52,1775 weke = 8,765,82 uur = 525,949,2 minute = 31,556,952 sekondes. (Dit gee 'n fout van 1 dag elke 3,000 jaar). 'n Gewone jaar is 365 dae = 8,760 uur = 525,600 minute = 31,536,000 sekondes. 'n Skrikkeljaar is 366 dae = 8,784 uur = 527,040 minute = 31,622,400 sekondes. Party jare bevat ook 'n skrikkelsekonde. Die 400-jaar-siklus van die Gregoriaanse kalender het 146,097 dae en dus presies 20,871 weke. So byvoorbeeld was die dae van die week in 1603 presies dieselfde as in 2003. Dit veroorsaak ook dat meer maande op 'n Sondag begin (en dus 'n Vrydag die dertiende het) as enige ander dag van die week. 688 uit elke 4,800 maande (of 172 uit 1,200) begin op 'n Sondag, terwyl net 684 uit elke 4,800 maande (171 uit 1,200) begin op óf 'n Saterdag óf ’n Maandag, die mins algemene gevalle.
Om binne vermoë te leef:
Soms kan ons té hoog vlieg en besef ons nie dat ons buite en bo ons vermoë lewe nie. In sulke tye is God dikwels net ‘n spaarwiel—ingeval van nood. Iewers in die agtergrond. Die hennetjie wou hê dat sy en die varkie ‘n donasie moes gee vir die B&B, waarop die varkie hartseer sê: “Jy kan maklik praat, want jy gee net ‘n donasie. Ek moet van myself gee!” Soms is ons dankoffer ook ‘n donasie uit die agtersak i.p.v. ‘n offer wat onsself raak. Enige donasie is altyd makliker...offers vra onsself! 18
Om te oordink... Vrouemaand Augustus AAN DIE WONDERLIKE VROUE IN MY VRIENDEKRING (van ‘n vriendin) Toe ek nog klein was, het ek geglo daar is net een beste maatjie. Toe word ek groot. Ek besef toe dat as ek my hart oopmaak, sal God vir my die beste wys in meer vriendinne. So is daar een vriendin nodig wanneer jy deur frustrasies gaan met jou man, ‘n ander weer nodig wanneer jy deur ongelukkigheid gaan met jou Ma. Dan ook een wat daar is wanneer jy wil inkopies doen, geheimpies deel, wil laf wees, of sommer net jouself wil wees. Een vriendin sal sê; “Laat ons saam bid”; ‘n ander sal sê; “Kom ons huil saam”; of nog een: “Kom ons baklei saam”; en ook: “Kom ons loop saam weg……….” Daar is ‘n vriendin wat jou geestelike behoeftes aanvul, ‘n ander wat jou skoenversameling waardeer, en nog een wat jou liefde vir flieks verstaan. Daar is ook ‘n vriendin wat jou sal ondersteun wanneer jy in ‘n seisoen van verwarring of frustasies staan. Daar sal ook een wees wat die windstrome onder jou vlerke sal wees. Elkeen het ‘n doel in jou lewe. Wat is lekkerder as om ‘n vriendin op kort kennisgewing te laat weet jy het haar nodig en sy by die koffiewinkel opdaag in drafklere, tekkies en nat hare vasgebind. Dan ook die een wat jou aanmaan of keer dat jy ‘n gek van jouself maak……….hulle is jou beste vriendinne. Al die eienskappe hier bo kan alles in een vrou wees, maar baie hiervan is deel van ‘n verskeidenheid vroue wat in jou lewe ingekom het, miskien een van graad 7, een van hoërskool, ‘n paar van jou kollege of universiteitsdae, van jou vorige werke, selfs jou ma, buurvrou of susters……..selfs jou dogters. So, of hulle 20 minute of 20 jaar deel van jou lewe is, aanvaar hulle en wees lief vir hulle, God het hulle in jou lewe ingebring! Bydrae: Umfaan ♦
19
20
Openbare Belydenis van Geloof— Geloof—Sondag 30 Augustus 2015 Baie geluk aan die vier jongmanne wat in die openbaar belydenis van geloof afgelê het en met egteheid en oortuiging kon sê dat Jesus ook hul Here en redder is. Die video boodskappies van die ouers aan die einde aan elkeen, was iets baie besonders en ons kon almal sien dat hierdie jongmanne sommer diep in hul ouers se harte leef!
Dankie: Gene Conradie vir die tafel versiering en rangskikking op die nagmaalstafel; Juanita van Wyk vir blomme vir die groot blomme rangskikking; Giep en Faan Rousseau vir klank en sang; Dawid Burger vir maak van video snitte; George jnr Whelan vir musiek-Cd’s, video clips en powerpoint hantering; Hester Whelan (koster) en personeel vir regskuif, skoonmaak en seker maak alles werk; Elise van Vuuren vir orrelbegeleiding ♦
Ons Lidmate (en families) presteer mooi! Leierskap & Leerder Raad: Lichtenburg leerderraad: Baie geluk aan ons leerderraadslede—julle is die gemeente se getuies in jul onderskeie skole en ons bid jul die Here se wysheid en onderskeidingsvermoë toe vir jul rol as leiers in die skool. Ons is saam met jul ouers trots op julle. Gemeente seuns Pieter Carroll en Hector van Wyk is by Hoërskool Lichtenburg. T’Rina Lemmer se kleindogter, Linika Lemmer, is ook op die Lichtenburg se Liggie-leerderraad. ♦ Gemeente seun Andre van der Merwe is alreeds die hele 2015 leerderraadslid by Laerskool Lichtenburg en het homself goed bewys as ‘n staatmaker hierdie jaar.
Hector van Wyk
Linika Lemmer
Pieter Carroll 21
Andre vd Merwe
Kultuur: Jaco Stassen is gekeur uit talle aansoeke, om deel te wees van die uitgelese universiteits-koor van die Universiteit van Stellenbosch. Jaco studeer tans aan die universiteit nadat die Rupert-Stigting hom opgeraap het as skrander student. (Sterkte met die ontwrigtende EFF-rooi barets daar by die kampus...) ♦ Op die Noorwes se PUK-kampus is Lauraine Geldenhuys (van Gene & Nardo Conradie) vir nog ‘n jaar verkies as ondervoorsitter van die “ontgroening en inlywingskomitee”, of te wel die ONB van studenteraad. Lauraine het die vermoë om goed te organiseer en laat die nuwelinge sommer dadelik tuis voel. Ons hoop sy is ‘n goeie “kampus-moeder” vir ons Biesiesvlei en omgewing se dogters wat onder haar sorg mag beland! ♦ Sport: Landloop Ethan Jordaan het met landloop die Noor wes-Noord span gehaal. Ons is saam trots op die prestasie en wens nog sukses toe. Dis nie almal wat die ruwe terreine van die lewe suksesvol kan aanpak nie. Ons weet jy sal nog groot hoogtes bereik met jou nuwe positiewe lewens ingesteldheid wat jy veral die afgelope tyd openbaar ♦ Sport: Tennis: Bennie en Jauanita se Van WYk tennis-Trio het in die Noordwes toernooi teen Oos– en Noord Vrystaat goed presteer. Huidiglik lyk dit of hul die tennis-leer met gemak bestyg, om na al die harde werk en oefen vooraf, ‘n welverdiende posisie in te neem op die tennispunteleer. Hul behaal goeie posisies in die Noorwes provinsiale span met Hector (O/19 ‘n 1ste plek), Egidius (O/15 ‘n 4de plek) en Lourens (O/13 ’n 2de plek). ♦ Van Wyk-Trio: Hector, Egidius en Lourens 22
Sport: Rugby: Juan Niemand is by die Mafikeng kampus aangewys as die belowendste agterspeler van die seisoen. Dit maak Pa Quinton en Ma Ronel se heen en weer ondersteuningsritte darem die moeite werd. ♦
Juan Niemand
Pieter Carroll het homself onder skei in die normale 15-man rugby wedstryde, maar ook in die “Sewes”-span. Die pas afgelope wedstryde het hul koning gekraai oor die teenstanders. ♦ Sport: Fietsry: Willie du Plessis was deel van die Bybelgenootskap se fietstrap om fondse in te samel vir Bybelverspreding gedurende Junie. Dit was maar die begin van die bou aan ’n yster -agterstewe, want die naweek van 29 Augustus het hy in die 50km die 6de plek behaal. ♦
Frikkie Conradie het tydens die bazaar Willie du Plessis naweek (23 Augustus) in die 20km veldfietsren 3de plek behaal. Dis waarskynlik al die ondersteuning bied aan Erhardt se avontuur-aktiwiteite wat maak dat Frikkie so fiks raak. Dié twee manne staan beslis nie terug vir die jonges nie! ♦ Bazaar Hindernisbaan Wenners Lienkie Carroll (foto links onder ) en Christiaan Stassen (foto r egs onder ) moes uitspook wie die wenners van die hindernisbaan by die bazaar sou wees en het elkeen verskeie rondtes moes voltooi om hul tye en prestasies oor die 6 punte te verbeter. Uiteindelik het hul vasberadenheid en kompetisie-gees vir elkeen ‘n wenprys in die sak gebring. Christiaan was veral akkuraat met die kruisboog skiet en het daar skoonskip gemaak. 23
Pieter Carroll
Frikkie Conradie
Ons Lidmate se lief en leed Matrikulante: Sterkte met die Rekord Eksamen wat reeds 24 Augustus begin het. En geniet die Matriek afskeids geleenthede—sonder om Pa se sak te veel te skud! En dan lê die groot eind-eksamen om die draai. Ons dra elkeen van julle aan die Here op in hierdie tyd van rekenskap en toekoms bepaling! ♦
Herstel van ernstige siekte Ons is die Here innig dankbaar dat Hy vir Jurie Swart (foto regs)en Annetjie van den Bergh (foto links) gespaar het nadat albei hierdie kwartaal verskeie kere in die intensiewe afdelings van die hospitale opgeneem is. Beide is weer tuis en sterk stadig maar seker weer aan. Ons bid vir herstel tot onafhanklikheid en vrede en geduld met dit wat nie heeltemal “regkom” nie. Die vars plaaslug het Jurie baie goed gedoen en die herstelkans verbeter. Sterkte word ook aan Tina toegebid om lewenskrag te hê om Jurie by te staan. ♦ Scottie (foto links), familie van Hantie Carroll, se br ein oper asie het suksesvol afgeloop. ‘n Nie-kwaadaardige gewas, so groot soos ‘n tennisbal is van die brein verwyder. In die proses is die oogsenu beskadig, wat intussen stadig maar seker herstel. Deur die R-oog het hy dubbel-visie en die L-oog het ‘n skrefie sig gehad. Die familie sê innig dankie vir die gebede wat vir hom opgegaan het. Daar is nog ‘n lang pad van volkome herstel voor vir hom. ♦ Wanda Conradie (foto links onder ) se knie is op 19 Augustus ver vang en sy het sommer die volgende dag al begin trap op die been. Ook sy sterk tuis aan en doen getrou haar oefeninge. Sy vertel dat dit omtrent ‘n belewenis was om “wakker” te lê (epiduraal) en te hoor wat hulle alles aanvang. Maar die mooiste was vir haar die besonderse mooi musiek waarna sy kon lê en luister terwyl die dokter met die “grinder” en hammer besig was! Haar korttermyn doel is om die loopraam te oorwin... ♦ 24
Ons Lidmate se lief en leedCielie Maree het die afgelope kwar taal gewor stel met ‘n “bysteek” wat sy in die kerk opgedoen het ... wat toe agterna blyk dat dit ‘n spinnekop moes wees! Sy weet nie of die spinnekop van die plaas af saam wou kerk toe gaan en of dit ‘n kerk-spinnekop was nie—maar die byt was ewe ernstig. Dit gif het die bloed aangeval en vir haar talle probleme op die hals gehaal. Cielie ons is dankbaar om te sien dat jy na maande se worstel al weer byna volspoed aan die gang is. ♦ Karl Peters het ‘n tennis elmboog opgedoen, wat suksesvol herstel is deur ‘n operasie aan die arm. Vir so ‘n besige man wat gewoond is om alles self te doen, is dit nogal ‘n uitdaging om die arm “stil te hou” en van ander afhanklik te wees, sodat die nodige herstel kan plaasvind. En nou is daar nog soveel dingetjies wat in plek moet kom voor die troue ...en die helpers kry nie altyd alles “reg gedoen” nie! Elmarie vat so hier en daar grond met die eksamen merkwerk vir die provinsie en die “self-doen” voorbereidings vir die “tuis-troue”. Elke minuut word benut om die troue se talle dingetjies afgehandel te kry. Elizna en Henning Venter het die spr eekwoor delike “knoop deurgehaak” en trou DV 26 September op ‘n pragtige boomryke (piekniek) area. Die Vader het dit beskik dat dié spesiale trouplek vars reëns kry enkele dae nadat dit afgebrand het. Die Here se seën is reeds met hulle! Ons wens jul ‘n pragtige herinnerings waardige troudag toe —en genade om alles betyds klaar te kry..♦
Die kêrel is omtrent verlig en in ekstase! 25
Riekie de Beer het by die VLU-kongres die beker ontvang vir die beste skryfkuns. Dit span die kroon op al die unieke kort beskrywende verhale wat uit haar pen voortgevloei het. Dit is ‘n skaars kommoditeit wat sy besit om met blote woorde op papier, die leser in te trek in ‘n wêreld van verbeelding en meelewing. Baie geluk, dit is knap gedaan en wel verdiend! Ons is saam metSue Hartzenberg verheug dat haar dogter dogter Tania weer voetjie vir voetjie begin loop, nadat sy verlam was vanweë Guiliamme Baret Sindroom (autoimmuun probleem waar jou witbloedselle jou liggaam aanval na ‘n infeksie en die senuwee sisiteem ernstig aantas wat meestal lei tot ernstige asemhalingsprobleme). Lees gerus meer hieroor by: https://en.wikipedia.org/wiki/Guillain%E2%80% 93Barr%C3%A9_syndrome.
Conrad Velthuisen se pa worstel die afgelope tyd met kanker en ontvang tans chemo. Die gesin verhuis eersdaags na Delareyville waar Conrad vanaf 21 September voortaan sal werk. Ons is jammer om so ‘n meelewende gesin te verloor, maar wens hul baie geluk daar toe. Martin Stassen (foto links) het op Dinsdag 08 September 80 geword. Woensdag 09 September het hy ‘n ligte beroerte opgedoen en die familie groot laat skrik. Hy het weens vinnige optrede en vroeë mediese hulp feitlik ongeskonde daarvan afgekom. Ons bid saam vir vol herstel. Jaco Geldehuys (foto regs) se voet is gebreek tydens ‘n werks ongeluk en herstel langsaam. Aanvanklik wou die voetbeentjies nie behoorlik groei en heg nie. Dit lyk darem of die einde van hierdie ongemak nou in sig is. Sterk staan! ♦ 26
Florence van Vuuren, gebore 19 Januarie 1947, het ‘n vol lewe gelei tot en met haar skielike afsterwe op 01 Augustus 2015. Sy het nog vir oulaas by haar vriendin gaan kuier, terwyl die familie met ’n fietren besig was. Terwyl die familie terugdink oor haar laaste week op aarde, flits daar talle geleenthede deur die herinnering van hoe Florence eintlik afskeid geneem het sonder dat iemand dit besef het. Sy laat ‘n na-dink gedig na wat vertel dat die laaste jare in die ouderdom geen maklike pad was nie... Ken jy die ding met die naam ouderdom? Loop jy al bietjie swaar en jou rug trek krom? Rol jy rond op jou bed tot hoenderkraai? Dan moet jy maar weet ‘hy’ is om die draai. Nooit het jy eerd ‘n nommer vergeet, so hier en daar begin jy nou dinge vergeet, hoe is dit dan moontlik, jy het dan alles geweet! Hard gewerk en lekker gesweet, hardhorend geword en name vergeet. Dit voel soos gister, toe was ek nog jonk en gesond, maar vandag is ek net plooi, op plooi, op plooi... Hande vol vlekke met ‘n randjie daarom. Jy jong mens, praat lekker van lelik, my ding, dink jy regtig jy gaan ouderdom vryspring?! Hy laat hom nie vryspring nie... Willem en familie, ons harte reik uit na julle. Mag daar mooi herinneringe by elkeen die res van jul lewensreis versier en jul harte en gedagtes vul.
Paas Labyrint bewoording beskikbaar: Daar was heelwat navrae vir die bewoording van die Paastyd labyrint wat lidmate deurloop het in die kerksaal, so tussen die dof-verligte woorde en kerse in kardoese... Indien jy belangstel om ‘n gedrukte kopie te bekom, skakel asb met Gene Conradie. Die Kerkkantoor is aan die agterkant van die kerk: Tel. 018-653-0014 Ure: Woensdae 11:00-13:00 of Vrydae 11:00-13:00 27
Nardo Conradie, Finansiële voorsitter, skryf die volgende berig om lidmate ingelig te hou oor die stand van sake:
Finansies van NGK Biesiesvlei. Dit is met groot dankbaarheid aan ons Skepper dat ons die volgende stand van sake kan rapporteer:
Basaar: Begroot:
R 210 000.00
Werklik:
± R 320 000.00
Finansiële stand van sake: 31 Augustus 2015 BEGROOT
WERKLIK
VERSKIL
Inkomste
R 457 262.94
R 512 189. 38
R 54 926.44
Uitgawes
R 611 340.14
R 455 350.30
R 155 989.84
SURPLUS/(TEKORT)
R(154 077.20)
R
R 210 916.28
56 839.08
Ons het dus vir die ses maande begroot vir ‘n tekort van ± R 154 000 en het in werklikheid ‘n surpus van ± R 57 000. Ons het begroot dat ons ± R 500 000 van die Josefskuurfonds hierdie jaar sou benodig. Ons het reeds hierdie jaar ± R131 000 van die Josefskuurfonds aangewend. Soos sake tans staan, wys die projeksie dat ons nog sowat R 200 000 uit die fonds gaan benodig. Totaal van R330 000 wat dan aansienlik minder is as begroot.
‘n Groot DANKIE aan ieder en elk vir hy/sy bydrae. Al is dit hoe klein, help elke bietjie. GROOT DANK AAN ONS HEMELSE VADER.
28
2 kinderhuise—Catherine Robson en Abraham Kriel.
Waarom moet ons sinodale bydrae betaal? Wat maak hul met die geld?
46 huishoudelike personeellede 5 maatskaplike werkers 23 kinderversorgers 8 administratiewe personeel 367 kinders word versorg 142 vrywilligers is verder behulpsaam
Dit is vrae wat lidmate telkens vra. Die sinode vra dat ons 8% van ons inko mste oorbetaal vir die gesamentlike werksaamhede van die NGK wat té groot is vir een enkele gemeente om alleen te kan verrig.
9 Outehuise 99 verpleegkundiges 222 hulpverpleegsters en versorgers 189 huishoudelike personeel 9 admin personeel 1 maatskaplike werker Eenheidskoste gem. R4,300/mnd 879 persone in een jaar versorg 452 finansieel selfversorgend 427 finansieel behoeftig 62 gestremdes
Deur ons bydrae, verseker ons dat dringende noodverligtingswerk gedoen kan word. Die NGK in WesTransvaal se barmhartigheidswerk sluit die volgende in:
14 welsynskantore 45 maatskaplike werkers 15 administratiewe personeel 5 hulp maatskaplike werkers 210 vrywilligers Onlangse Hantering statistieke: 16,996 gevalle is hanteer 48% was kinders 102 hofsake is hanteer 158 kinders is beveilig
Lees gerus meer oor die kritiese werksaamhede op die volgende webwerf van die Sinodale Kommissie vir Diens v Barmhartigheid http://www.en.ngwelsyn.co.za/
Bazaar 2015! opgeoffer het om by die bazaar te kom help. Die bazaar se inkomste was begroot op R210,000. Danksy elkeen se uitsonderlike deelname, het ons die pragtige en geseënde bedrag van R320,000 ingesamel. Gr oot dank aan ons Vader !
Wat ‘n heerlike saam kuier! Ons was wel minder, vanweë skoolprogramme wat kern gesinne weggerokkel het. Tog kan ons net ’n baie groot dankie sê vir elkeen wat ’n bydrae gemaak het en/of die dag 29
Ds Daniël sê dankie, dankie! Rev. Daniël Dhlamini Biesiesvlei NGK in Afrika Posbus 3 Biesiesvlei Geagte Sinding en Gemeente Ek stuur groete aan u broers in CHristus. Deur u hulp en ondersteuning kry ek krag om die Here se diens te laat fort. Ek en my huisgesin, ons wil vir die Sending Aksie van Biesiesvlei NGK, dankie sê om laat u hulle ons sorg en bystaan. Ons vra u hulle om die gemeente Biesiesvlei NGK sê dat Daniël en Lina Dhlamini sê baie dankie vir alles. Ons sê hierdie woorde uit ons harte. Baie, baie dankie in liefde. Dankie. Uwe Daniël en Lina Dhlamini
♦
PROJEK ITEKENG OPHEFFING:
In oorleg met ds Daniël is daar besluit
om die NGKA behulpsaam te wees om hul opheffingsprojek in Itekeng meer krag te gee. Ds Daniël wil graag die kerkgronde mooi maak deur blomme te plant en paadjies te maak waar mense kan loop sonder om in die somer reën seisoen vol modder te wees. Boonop is die strate om die kerkgebou vol groot gate en ry voertuie baie swaar daar. Die NGKA wil ook hierdie gate opvul en vir die gemeenskap wys dat hul positief betrokke is in Itekeng en dat elkeen wat daar woon ook betrokke kan raak by die opheffings projek. Die kerkraad het ook bewillig dat daar 2 noodsaaklike kruiwaens en grawe vir NGKA aangekoop kan word om hierdie projek aan te help. Nardo Conradie het reeds ‘n paar vragte gruis op die kerkperseel afgelaai—wat hul huidiglik met emmers aandra na die paadjies om die kerk. Wil jy nie dalk help nie?! Enigiemand wat hierby betrokke wil raak, moet asb die kerkkantoor of pastorie skakel om hul hulp of produk aan te bied. ♦ 30
Reistog na Geluk Deur die skrywer van die Boek “Dink jouself geluk‐ kig” ‐ Pieter van Jaarsveld (Lux Verbi—gepubliseer 20 Maart 2015). Stel jou voor dat jy, soos Salomo van ouds, wakker skrik en jy hoor duidelik die stem van die Hemelse Vader wat sê jy kan vra net wat jy wil en jy sal dit kry. Wat sal jy kies? Ek dink eerlik nie dat ek wysheid sou kies nie! Sit so ‘n rukkie stil en dink wat jy sou kies …! Weet jy wat wys navorsing wat sou die meeste mense in die wêreld kies?
Geluk! Baie mense dink hulle sal gelukkig wees as hulle meer geld het, die ideale beroep beklee, die lotery wen, ‘n nuwe huis kan betrek, getroud is, noem maar op. Hierdie dinge dra by tot jou geluk, maar dit bring nie daardie di‐ epgaande gelukkigheid waarna almal smag nie. Inteendeel, hierdie soort diepgaande geluk moet die deel van elke Christen wees. Die Bybel sê baie duidelik in Joh. 10:10 dat die God ons geskape het om ‘n lewe van oorvloed te hê en geluk is gewis deel daarvan. In hier die reeks oor Geluk gaan ons kyk hoe en waarom ons ‘n gelukkiger lewe moet lei. Kom ons begin in hierdie uitgawe eers kyk na watter mites daar oor geluk bestaan: Mite 1: GELUK MOET GESOEK WORD Geluk is wel daar maar slegs as die regte goed met ons gebeur: die regte betrekking, die mooi huis of die ideale gesin. Ver van die waarheid! Geluk is binne ons en hoef nie gesoek te word nie. Dit is ‘n ingesteldheid (mindset) en deur ons gedagtes te verander, verander ons lewens en kan ons ‘n lewe van geluk lei. Verstaan jy nou waarom die Bybel so dikwels noem dat ons ons gedagtes moet verander? (Fil. 4:8; Rom.12:2). Luister hierna as jy my nie glo nie!: Interessante navorsing is in 1989 gedoen oor hoe die verandering van ‘n mense se kopgeloof en gedagtes tot wonder‐ 31
like veranderinge in jou lewe kan lei. Dr Ellen Langer, en ander wetenskap‐ likes van Harvard universiteit, het ‘n aantal mans bo die ouderdom van 70 vir tien dae na ‘n vakansieoord geneem. Hulle opdrag was om op te tree asof hulle in die jaar 1959 leef. Hulle moes dus gesels oor die werk wat hulle toe gedoen het, die president van daardie tyd, en so meer. Die musiek wat gespeel het, was die musiek van daardie tyd, tydskrifte was ook van daardie tydvak en hulle moes foto’s bring van voor 1959. Hulle was dus vir 10 dae geïndoktrineer: “Julle leef nou in die jaar 1959”. Voordat hulle die navorsing begin het, is hulle blootgestel aan ‘n klomp fisiologiese toetse soos hulle lengte, die lengte van hulle vingers, sterkte, geheue en hulle sig asook psigometriese toetse. Na die 10 dae is die metings weer gedoen. Hulle het gevind dat die mense fisies langer geword het, hulle vingers gegroei het, hulle sig het verbeter en dat hulle geheue beter was. Inteendeel, die meeste het begin optree verskeie jare jonger as wat hulle werklik was! Sommige het fisiologies en kognitief selfs 25 jaar jonger gereageer! Dit na 10 dae! Inderdaad, verander jou gedagtes en jou lewe verander! WOW! Mite 2: EK KAN NIE GELUKKIG WEES AS MY VERHOUDING VERBROKKEL NIE ‘n Huwelik wat deur probleme gaan beteken nie dat jou lewe verby is nie en dat jou geluk nou daarmee heen is nie. Inteendeel, daar is verskillende maniere om dit te hanteer waarvan egskeiding slegs een is. ‘n Beter oplossing is om eenvoudig net weer aan jou verhouding te begin werk. Jou geluk lê per slot van sake in jou eie hande. Mite 3: EK GAAN GELUKKIG WEES AS EK KINDERS HET Is dit nie die versugting van so baie kinderlose huwelike nie? Ek gesels nou die dag met ‘n vriendin wat jare gesukkel het om swanger te word en uit die bloute uit sê sy: “Ek hou glad niks daarvan om ‘n ma te wees nie!”. Sy beskou die bekommernisse oor die toekoms van haar kinders, die rondjaag van een 32
skoolaktiwiteit na ‘n ander en die teleurstellings, as ‘n sware las. Kinders kan dikwels die grootste bron van ons vreugde wees, maar ook die oorsaak van die ongelooflikste hartseer! Mite 4: EK KAN NIE GELUKKIG WEES AS EK NIE ‘N LEWENSMAAT HET NIE. Dit is wel so dat getroudes meer tevrede is met hulle lewens as ongetroudes is. Navorsing wys egter dat die grootste verskil in tevredenheid egter nie tussen getroudes en ongetroudes is nie, maar wel tussen getroudes en geskeides, getroudes en mense wat hulle lewensmaat verloor het of wat van hulle vervreemd is. Mite 5: EK GAN GELUKKIG WEES AS EK DIE REGTE WERK OF POS HET Selfs die ideale werk se glorie is van korte duur! Mite 6: EK KAN NIE GELUKIG WEES AS EK ‘N FINANSIëLE KRISIS HET NIE Niemand kan dit ontken dat dit traumaties is om jou werk te verloor, bankrot te speel, jou huis te verloor of al jou spaargeld te verloor nie. Hoeveel mense moes al worstel nadat ‘n skelm makelaar of ander finansiële adviseur, weg is met al jou geld. Navorsing is egter baie duidelik dat dit ook moontlik is om self in die grootste finansiële krisis nog steeds gelukkig te wees. Mite 7: EK KAN NIE GELUKKIG WEES NIE, WANT MY BESTE JARE IS REEDS VERBY Hoeveel van ons, aan die ander kant van 50, het nie dikwels hierdie gedagte in die agterkant van ons koppe nie! Nonsens! Daar is in drie onlangse studies bewys dat die toppunt van die mense se positiewe emosionele ervaring lê tussen 64 en 79! Nou toe nou! Met hierdie mites uit die weg geruim, kan ons gesels oor WAT jy kan doen om daardie geluk in jouself te vind! Lekker! Ons gaan lekker saamreis op die reistog van Geluk en ‘n oorvloedige lewe! 33
Dink jouself Gelukkig— Gelukkig—deel 2 Het jy die afgelope tyd jou eerste geluksaktiwiteit nl. Dankbaarheid, beoefen? Wens ek kon by elkeen hoor hoe dit gegaan het! Voordat ons inklim met ons volgende aktiwiteit, eers weer net vinnig die vol‐ gende: Onthou God het ons geskape om gelukkig te wees (Joh.10:10). Jammer dat so baie Christene so ongelukkig is. As jy dink dat meer as 80% van Suid‐Afrikaners hulself Christene noem, dan is daar iewers fout as jy na die volgende kyk: Die nuutste Geluksindeks van die VN, waar die geluksvlak van 156 lande aangedui is, is SA 113de, twee plekke bo Zimbabwe. Hartseer dat ons sedert 2013 vanaf 96’e plek na 113 afgeskuif het. Ai, tog! En dit nog voor “loadshedding”! Goeie nuus! As ek en jy ons gedagtes verander, verander ons emosies en kan ons reeds ‘n verskil in ons omgewing maak. Jy onthou mos nog dat jou ge‐ voelens ander binne 2‐16 minute beïnvloed tot 3 meter van jou af? Ja, selfs oor ‘n foon? So, ek en jy, gaan ons kant bring en hier kom Aktiwiteit no. 2 (hierdie een aktiwiteit is juis belangrik omdat dit ons geluk wegvreet):
Geluk Aktiwiteit No 2: DIE VERMYDING EN AFLEER VAN OORMATIGE OORPEINSING (TOB) EN SOSIALE VERGELYKINGS Sommige mense kan herkou en herkou aan ‘n gedagte totdat daardie ou koutjie ‘n bitter smaak het! Oormatige oorpeinsing is presies wat dit sê, naamlik om dit te oordoen, onnodiglik, die oorpeinsing van waaroms, oor‐ sake, gevolge en jou probleme: “Waarom is ek so ongelukkig, wat gaan gebeur as ek aanhou om dinge uit te stel” of “wat gaan gebeur as ek nie hierdie werk kry nie”. Hierdie tipe van oorpeinsing gee nie net aanleiding tot ongelukkigheid nie, maar dit dreineer jou energie, dit verminder jou motivering en verbreek jou konsentrasie. Ek het ‘n jongman ontmoet. Sy pa is oorlede toe hy vyf jaar oud was en sy babasussie 8 maande. Hy het my vertel hoe hy steeds omgee vir sy sussie wat toe reeds tweede jaar op universiteit was. Sy was deurmekaar 34
met dwelms en hy het kronies daaroor getob. Sien, hy het “omgegee” vir haar, maar haar probleem was konstant in sy gedagte en hierdie “oormatige omgee” het nou ‘n bekommernis geword met al die slegte effekte op sy lig‐ gaam. Jy onthou mos nog dat 5 minute van bekommernis (of enige negatiewe emosie) ‘n invloed op jou immuunsisteem het en jou kan siek maak?
SOSIALE VERGELYKING Ai, dit is so menslik om die groot mo‐ tor van die bure raak te sien terwyl jy in jou Nissantjie rondry! ‘n Mens kan nie help om op te let dat jou vriende, jou familie, jou spanlede, ryker, op‐ gewekter, meer intelligent, meer aantreklik, as jy is nie. Dit is so menslik om op Facebook te kyk en ‘n ou skoolmaat te sien en ewe skielik te voel dat sy eeue jonger as jy lyk. Meer nog, sy is ‘n vennoot in ‘n groot besigheid en ry nog by dit alles ‘n spoggerige Mercedes ook! Jy kan die foto’s van hulle on‐ langse skivakansie in Oostenryk ook nie miskyk nie. Julle kon nie eens vanjaar Hartenbos bekostig nie! Die groen jaloesie steek nou lekker sy kop uit. Dit lei ongelukkig soms tot gevoelens van minderwaardigheid, ongelukkig‐heid en mismoedigheid. Ek moet darem bysê dat dit ook ‘n mens soms kan inspireer om jou lewe te verbeter.
Hoe om sosiale vergelyking en tob af te skud. Sosiale vergelyking: In plaas daar‐ van om met begerige oë na ander te kyk, kyk na jou eie lewe en of jy volgens jou eie waardes en beginsels lewe. Vra vir jou die volgende af: • As jy aan die einde van jou lewe kom, wat moet vir jou uitstaan van jou lewe? • Wat wil jy graag in jou lewe verbeter en verander? 35
Lewe dan daardie lewe en ander mense kan weer
hulle
lewe
leef.
Later wanneer ons oor passie, doel en doel‐ witte praat kan jy meer aandag hieraan gee. As dit een van die aktiwiteite is wat jy wil kies, kies een van die volgende om van tob ontslae te raak. Een wat jy weet by jou sal pas.
Tob en oorpeinsing: “Noem jy dít ‘n eier? Ėk sal jou ‘n eier wys!”
Druk dit in die kiem dood:
Eerstens: Jy moet die nare gewoonte van
om te tob, uit jou lewe weer. Lei jou gedagtes dadelik af wanneer jy oor dinge soos die volgende tob: “Hoekom is my rol so klein in die toneelstuk; Ek gaan nooit ‘n verhoging kry nie; Mense ignoreer my altyd.” Fokus dadelik jou aandag op iets wat vir jou lekker is, soos gaan draf vinnig (vinnige hartklop doen wondere), gaan lees ‘n lekker boek, gaan kyk na ‘n snaakse video‐“clip” of gaan drink tee saam met ‘n vriendin. Doen dus iets wat jou aandag ten volle in beslag gaan neem.
Tweedens: Sê hardop vir jouself “Stop!” of “Nee!”. Later kan jy dit dan net saggies in jou gedagtes sê as jy weer besig is om te tob.
Derdens: Sit ‘n rekkie om jou arm en sodra jy weer met die “tobbery” begin, trek die rekkie en laat dit vinnig terugskiet. Nogal lekker seer manier om daarvan ontslae te raak! Sommige skryf in groot rooi letters op ‘n kaart “STOP” en dra dit orals rond. Indien hulle in die versoeking van tob verval, ruk hulle net hierdie rooi kaart uit. Dit klink amper soos sokker/rugby!
Vierdens: Sit vir jou elke dag 10 minute opsy wanneer jy jouself toelaat om 36
te tob. Wanneer die gedagte dus in jou kop kom waaroor jy wil tob, sê vir jouself jy gaan dit gedurende die tyd doen wat jy daarvoor opsygesit het.
Vyfdens: Praat met iemand wat jy kan vertrou oor daardie dinge wat jou pla en probleme veroorsaak. Dit is ongelooflik dat as ‘n mens dit met iemand bespreek, die negatiewe emosies sommer makliker verdwyn. Daar is groot waarde daarin om dit te bespreek!
Sesde: Skryf dit wat jou pla, neer. Maak nie saak of jy dit op die rekenaar tik nie, sommer op ‘n weggooistuk‐ papier neerskryf, of wat ook al nie. Daardeur orden jy jou gedagtes en mag jy dan tot ander insigte kom. Meer nog, die neerskryf laat jou ontslae raak van jou negatiewe gedagtes.
Hanteer die probleem: Kyk na die dinge waaroor jy tob en besluit hoe jy dit gaan oplos. Kyk na die groter prentjie:
Kom ons sê jy tob oor: “My bestuurder neem meer notisie van Wilma”, of “Ek is die enigste een wat nie na die party‐ tjie toe genooi is nie!”, of wat ook al. Vra jouself af of dit nou werklik bel‐ angrik gaan wees oor ‘n jaar! As dit egter iets is wat tog oor ‘n jaar wel saak sal maak, vra jou dan af wat leer jy hieruit. Hoe kan dit jou help om dit te oorkom of verbeter? Nouja, volgende keer gesels ons verder. Groetnis, en vind jou geluk! Pieter 37
TUIN KALENDER Junie tot Augustus
Het jy geweet...
SEPTEMBER Berei beddings voor vir Somerblommende eenjariges deur 50g 2:3:2 per vk meter in te spit. SAAI nou onder ander e: Kantelbergklokkies Kappertjies Sewejaartjies Heuningblommetjies Dahlia Papawers Koringblom Stokroos Jakopregop Somerasters Kosmos Kombersblom Vergeet my nietjies Gousblom Salie Pers papierblom Ranonkels Petunias Portikulatavygies Angeliere en grasangeliere SOMERBLOMMENDEBOLLE nog plantbaar Tweekleur-gladixia Aronskelk Olifantsoor Vuurlelie of Ifafalelies Kannas George of Knysalelie Dahlias Amasonelelie Gladiolus Montbretia GROENTE Wortels Boerbone Groenrissie Brokkolie, Pampoen, Sweet corn, Peppers Beet
Spinasie Komkommer Eiervrug Murgpampoentjies Spanspek Radyse Tamaties Butternut 38
Die Gregoriaanse kalender, wat tans regdeur die Westerse wêreld gebruik word, is 'n wysiging van die Juliaanse kalender. Dit is die eerste keer voorgestel deur die Napelse dokter Aloysius Lilius, en is op 24 Februarie 1582 deurgevoer deur pous Gregorius XIII (hierdie dokument is gedateer 1581 aangesien die kalenderjaar in daardie tyd in Maart begin het). Die Gregoriaanse kalender is ontwerp omdat die gemiddelde jaar in die Juliaanse kalender effe te lank was, wat veroorsaak het dat die dag-en-nag-ewening geleidelik vroeër in die kalenderjaar geskuif het. Desember is die 12de maand van die jaar in die Gregoriaanse kalender, en het 31 dae. Die naam kom van die Latynse “decem” vir "tien" (dit was oorspronklik die 10de maand van die jaar, voordat Januarie en Februarie ingevoeg is). Desember begin altyd op dieselfde dag van die week as September.
September is die negende maand van die jaar in die Gregoriaanse kalender, en het 30 dae. Die naam kom van die Latynse woord septem, vir "sewe" -- September was oorspronglik die sewende maand van die jaar, voordat Januarie en PLANT Februarie ingevoeg is. September begin Somer blommende bolle. Geel en Pienk elke jaar op dieselfde dag van die week as Arumlelies; Gladiolus (90 dae om te blom) Desember. In die Griekse beskawing is Amarillas, Wit Varkoor, Crocosmia, Dahlias, September Boedromion genoem. In die Nerinas, Plant Impasiend plantjies uit. Plant Ierse kalender word die maand Me谩n F贸mhair genoem (wat letterlik "Middel Magrietbos in vol son. Kanas, Clivias, Herfs" beteken), en is in die middel van Agapante en Somervuurpyl die herfsseisoen in die noordelike halfrond. ALGEMENETAKE; Bemes grasperk 1x p.m. met 2:3:2. Gee water, Roei onkruid uit. SNY gras diep gee kunsmis en water. Trek dooie blomme uit nadat saad ge-oes is. Plant stukke woestynrose met blomme op nuwe plekke. Snoei lenteblom struike wat klaar geblom het. Vingersnoei rose; een uit elke 3 nuwe lote se bo punt moet uit geknyp word. Gee Rose 2x p week water bedek grond met kompos. Kyk vir plantluise en spuit . Gooi slak lokaas uit. Kyk vir Amarilla wurms. Spuit indien opgemerk word. Snoei rankers na blom tyd. Gee irisse kunsmis. Sny dooie kannablare af. VRUGTE & -BOME Spuit vroee perskes 2 weke na 80% bloeisels afgeval het. Einde Sept/ Oktober. Dun perskes uit. En spuit gereeld Gee aarbei beddings kunsmis, strooi dik kompos laag om plante en hou goed nat deur somer. KRUIE Pietersielie, mint, chives, roosmaryn, Tiemie, Dille saai in sito op sonnige plek
WAT BLOM IN SEPTEMBER. Ranonkels, Primulas, Knoffel Viooltjies, Periwinkles Gesiggies Rooi grond bedekker(Ajuga), Namakwalands, Iris, pers lilac lig/donker, Iris koper,maroon,swart/wit, Geel Daglelies Affodille, Wilde pers iris, Vioolgesiggies, Ifafa, Clivias, Vergeet m. n, Rooi Papawer Wilde orgidiee, Shasha daizies , Pienk volstruis, Klein pienk lidrosie, Gousblom, , Weduwee se traan. Magrietjies, Kaliforniese papawer, Blomkweper, 2x Mayflower, Blomperske ; wit en pienk. Bloureen Wisreria. Wit rankroos, Geel banksia. Aalwyne. Woestynrosies.
39
OKTOBER
Oktober is die tiende maand van die jaar in die Gregoriaanse kalender, met 31 dae. Die naam kom van die Latyn vir SAAI J akopr egop Rooisali, Kombersblom, Koringblom, Afrikaners, Pa- octo vir "agste" (dit was oorspronklik die agste maand van die jaar, voor Januarie pawers, Gazanias, Vergeet my nie. en Februarie ingevoeg is). Oktober begin Meerjariges. Indien weer dr oog is maak op dieselfde dag van die week as Januaralles goed nat. Maak Kersrose (heleboris) ie, behalwe in skrikkeljare waar geen maand op dieselfde dag as Oktober begin plante netjies. Krisante: knyp die nie. groeipunte terug sodra plante ongeveer 10cm hoog is sodat hulle kan stoel. Malvas..(Pelargoniums) Knyp jong plante terug om sy lote te vorm. Ridderspore: Bind blom stingels vas soos hul groei om te keer dat hul omval. Voed steeds winterbolle wat nog nie afgesterf het nie. SAAI nog alle gr oente. Plant: plantjies wat gr oot genoeg is uit ALGEMENE TAKE; Sny en bemes gr asper k. Hou dop vir Amar illalelie wur m. Hou Rose dop vir luise Gooi slak lokaas. Doen onkruid beheer. Krisante kan verdeel en oorgeplant word. November is die elfde maand van die Druiwe trosse kan uitgedun word. jaar in die Gregoriaanse kalender, met 30 dae. Die naam kom van die Latyn novem vir "nege" (dit was oorspronklik die negende maand van die jaar, voor Die meeste Somerblommende blomsaad kan Januarie en Februarie ingevoeg is). November begin op dieselfde dag van die nog gesaai word. Plant ook Kappertjies, week as Maart elke jaar en ook Februarie Ridderspoor, Afrikaners behalwe in skrikkeljare. Laat plant van Dahlias sal sorg vir mooi blomme in die Herfs. Baard irises kan uitgehaal, verdeel en verplant word. Hulle baat by bietjie beenmeel in nuwe grond Winterbolle kan nou uit gehaal en verdeel word. Stoor vir vlg jaar /seisoen. Patat ranke kan nou geplant word.
NOVEMBER
GROENTE Maak alle groente gereeld nat en bespuit waar nodig Plant nou kool, murgpampoen en koolraap en alle soorte pampoen Nog aanplanting van wortels en beet kan gesaai word. Spuit steeds vir vrugtevlieg en kodlingmot. Tel afval vrugte op en begrawe dit, dit lok net ander insekte. Doen algemene instandhouding en verwyder onkruid voor dit saad skiet. 40
BOERERATE VIR ORGANIESE PLAAGBEHEER Wat lekker is van boererate is dat mens gewoonlik net huishoudelike produkte daarvoor nodig het Klop die kewers - veral CMR- kewers volwasse blomkewersastylus-kewer (bontmieliekewers) en smaragvrugtekewers wat in die dag aktief is. Maak n geel emmer half vol water voeg 2 eetlepels olie(bv. sonneblomolie) by. Sit dit in die middel van jou roostuin. Die geel lok die kewers en hulle verdrink sodra hulle in die olierige water val. Weg met goggas: Meng n klein hoeveelheid essensiële olie soos sitr onella,suurlemoengras,kruisement of tiemie met water en gebruik dit as n spuitmiddel om insekte aft e weer Plantmaats: Kewer s wor d deur geur gelok. Plant dus plante met n ster k reuk, soos laventel, tiemie en knoffel tussen jou rose om kewers te mislei. Lokvalle: Kapper tjies, knoffellgr tasuie met witblomme, en duif er tjies lok plantluise. Plant hulle tussen jou blomme en groente en sodra hulle vol luise is trek dit uit en gooi op komposhoop, maar bedek deeglik . Kakkiebos. Giet kookwater oor n emmer kakiebos of Afr ikaner blar e, en n kwart emmer seepkruid (Saponaria officinalis—kleefmiddel). Laat dit oornag staan, dreineer die mengsel en bespuit besmette plante 3 dae na mekaar. Lokkendelig: Om van br uin r ooskewer s wat snags aktief is ontslae te raak. Maak n emmer halfvol water en voeg 2 eetlepels olie daarby. Sit n paar drywende kerse daarop. Steek die kerse aan wanneer die son sak, die lig sal die kewers lok wat dan in die olie water val. Uitreksells uit Tuin Paleis Jan 2010 ♦
Lewensdrang: Op die kerkterrein staan ‘n blommetjie ragfyn; wat uit sy gruis-graf beur na Gods sonneskyn, op die parkeerterrein naby die kerk se hoofdeur sonder om hom aan al die voete en motors te steur. ‘n Groot motorspoor loop vlak teen hom verby, met ‘n groot skoenspoor langs die ander sy! Maar steeds beur die blommetjie met ywer na bowe, om sy Skepper met geel-vygie-lof te kan lowe. Ek kon die blommetjie nie as onkruid uit trek wat met soveel ywer na die lewe uit strek. Jou lewensdrang ten spyte van groot gevaar, is ‘n geloofsles vir my, wat ek sal bewaar. ♦ jab 41
Vroue aan die Woeker Die vroue woeker deurentyd met allerlei oulike geleenthede wat aan hulle die geleentheid gee om dinge saam te doen en mekaar telkens beter te leer ken en ondersteun. Een van die lekker kuier-en-werk-geleenthede was die handwerkdag toe sommige dames hanger oortreksels gebrei en gespan het, terwyl andere gehekel het. Dit is handvaardighede wat heeltemal aan die uitsterf is by die volgende geslagte–veral waar die dogters dit nie in die skool meer geleer word onder huisvlyt nie. Tina Swart het by ‘n ander geleentheid aan die dames gewys hoe om hul tuine verder te versier, hoe om steggies te maak, hoe om van die rankplante te snoei en goeie blomme raat te gee. Dankie aan Gene Conradie, uittredende voorsitter, vir die afgelope paar jaar se leiding en toeweiding om die vroue van die gemeente te dien. Jou bydrae het groot vrug gedra! Bestuursverkiesing: Bestuursverkiesing Die verkiesing is vir 2 jaar, maar kan verleng word vir nog 1x2jaar termyn. Daarna behoort ander leidsters nuwe gawes in te ploeg, sonder dat kontinuïteit, energie of entoesiasmein die slag bly. Geluk aan die nuwe bestuur vir Sept2015-Sept2017 van die Vrouediens (foto’s onder en v.l.n.r): Coleen Burger (voors), Rinni Carroll (o/voors), Helen van der Linden (sekr) en Elsa Botes (tessourier), met Gene Conradie as addisionele lid en gemeente skakel uit die kantoor. ♦
42
GemeenteGemeente-Ete Sept 6 September se Gemeente-ete beloof om elkeen wat kom saam eet, van die droogte en gepaardgaande swak oes van die afgelope seisoen te laat vergeet. Die tema sluit aan by J esus se uitspr aak: J oh 10:10b “Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.” En die oorvloed is duidelik sigbaar in die ladings op die tafels. In Johannes 15 sê Jesus Joh 15:1-2 “Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. (2) Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra. J oh 15:8 My Vader wor d juis daar deur ver heer lik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is. Die ete nooi ons na ‘n lewe van oorvloed, en herinner ons dat ook ons in oorvloed moet vrug dra. Dankie aan Greta Conradie vir hierdie pragtige idee en die versiering van die saal. Greta se span (foto bo vlnr) was: Coleen Burger, Juanita van Wyk, Sue Hartzenberg,, Welna Liebenberg en Greta Conradie self. Met die pragtige reën wat Vrydag en Saterdag geval het, gaan die FEES begin om ons dank aan God te bring! ♦
43
Belangrike datums om te onthou! 19 September – Cross Kine-Fliek in die kerksaal - R35 per persoon 20 September – Nuwe Kerksraadslede word bevestig 14 Oktober – 9h30 Vrouediens praktiese dag saam met Leana 15 Oktober – 13h00 Besoek aan Klamalang Skool 17 Oktober – Cross Kine-Fliek in die kerksaal – R35 per persoon 17- 18 Oktober – Kategese skool kamp in die kerksaal 18 Oktober – Piekniek diens en Bybel Olimpiade 23- 24 Oktober – Kerk Indaba 14 November – Vroue Lidmaat afsluiting by Malopo –Oog 18 November – Kerkraadsvergadering 22 November – Nagmaal 25 November – Bybelstudie Afsluiting vir die jaar 28 November Kategese Speledag 29 November – Kinderdankoffer en Afsluiting van Kategese Jaar 20 Desember – Kerssangdiens saam met ANDRE SWARTZ
Cross Kine Biesiesvlei— Biesiesvlei—open in kerksaal Cross Kine - Versprei die evangelie deur die invloed van multi-media. As die Cinema’s nie Christelike Films aan die publiek wil wys nie, vat ons die publiek na die films toe, en dit is in die Cross Kine is ‘n nuwe konsep waarby gemeentes die voorreg kry om vars nuwe Christelike Films te kan vertoon. Kaartjies wor d beskikbaar gestel in die gemeentes. Vele gemeentes is al geidentifiseer as Cross Kine Sentrums, maar as gevolg van die navraag stel ons dit nou oop vir ‘n groter mark. Enige gemeente of selfs gemeenskapsprojek wat beskik oor ‘n groot skerm en klank sisteem kan Cross Kine status verkry sonder enige aanvangskostes of lisensie gelde. Cross Kine gee ook terug aan die gemeente deur 30% van die kaartjie verkope terug te belê en sodoende ‘n fondsinsamelingsprojek van stapel te stuur. ‘n Webblad bevat al die informasie van waar en hoe laat films in dorpe vertoon word. Elke kerk wat registreer word op hierdie blad gelys en enige persoon kan die kerk besoek vir die vertoning. In die woorde van Dr. Isak Burger is hierdie konsep ‘n uitstekende geleentheid vir die kerk om te evangeliseer en sy gemeente te mobiliseer. Talle gemeentes het al getuig van nuwelinge wat nou by gemeentes ingeskakel het sedert ‘n vertoning van ‘n film.
Saterdag 19 September 2015 om 18:00 draai die 1ste fliek in die kerksaal. 44