Sondag 28 Julie
Hulle sê: “Koop nou en betaal later” Skriflesing: Romeine 13:8-10
Kom geniet die kuier saam met medegelowiges by die KoffieOase. Kom kuier, drink koffie, klets met iemand en gaan verkwik huis toe na die erediens. Die KoffieOase is die bymekaarkomplek waar ou vriende weer ontmoet of nuwe vriendskapsbande gesmee word. Kom kuier gerus saam.
Ouers met geniet die erediens vanuit die Moederskamer.
Ouers met , kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.
Laerskoolkinders Alle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon. ‘n Unieke bediening vir kleuters word deur ‘n toegewyde span ouers onder leiding van Christine in die Bovertrek aangebied. Bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is.
Sleep sekularisasie jou mee? 40 Dae reeks vir Omgeegroepe oor “SEKULARISASIE”. ‘n Wêreldse suigkrag wat ons meesleur om te doen wat die wêreld wil, eerder as om te doen wat God wil. Wil jy inskakel in ‘n Omgeegroep? Sondagmiddag 16:00 gaan Ds Nati ʼn groep fasiliteer in die Saal. Ds Jurgens gaan op Maandagaande 18:00 ʼn groep fasiliteer. Begin jou eie groep of skakel in en stap saam. Kontak Ds Jurgens met enige vrae.
Stad op die berg-erediens Vanaand 17:00 Daar is 'n baie waar spreekwoord wat sê:
“ ‘n Ketting is so sterk soos sy swakste skakel.”
Individualisme lyk na 'n "bargain", maar kom teen 'n prys. Kom dink saam oor jou Netwerkpotensiaal!!!! Sondagaand om 17:00 by NG Witrivier - Stad op die Berg Skriflesing: Kol 3:12-17 #stadopdieberg #ligvirdiewêreld
Psst... Was jy daar? Kom nader dan fluister ek iets in jou oor... Laat ek nou vir jou vandag ʼn ding of twee vertel.... As daardie klomp volgende jaar begin vertel van Witrivier Karnaval, knoop jy die datum, dit is die plek om te wees. Ek het afgeluister toe Cathie vir ds Nati vertel hoe dankbaar sy is vir die mense se harde werk, sakke vol geld wat hul kom spandeer het en die vrolikheid op die dag. Kokkedoor Pieter het gekook dat die stoom staan en daardie musiektalent... Wow! Dit was vrek lekker! DANKIE DANKIE almal,
dit was ʼn FEES!! Sien julle in 2020!!
Maandag 29 Julie 17:30 Kom word nuutverg. 18:00 Karnavalvergadering
Kerk Bovertrek
Dinsdag 30 Julie 08:00 14:00 17:00 18:00 18:00
Gebedsbyeenkoms Bloed skenk Lofdans DivorceCare Immergroen &♥
Konsistorie Voorportaal Ouditorium Gebedskamer Burgerstr 83
Woensdag 31 Julie 10:00 Kreatiewe vers
Bovertrek
Donderdag 1 Augustus 18:00 Voetspoorgesprek
Immergroen
Maandag 5 Augustus 17:30 Kom word nuutverg.
Kerk
Dinsdag 6 Augustus 08:00 17:00 18:00 18:00
Gebedsbyeenkoms Lofdans DivorceCare Immergroen &♥
Konsistorie Ouditorium Gebedskamer Burgerstr 83
Woensdag 7 Augustus 10:00 Kreatiewe vers 18:00 Bluetooth Ouerskap
Bovertrek Bovertrek
Donderdag 8 - Sondag 11 Augustus Gemeentekamp by Swadini
Konsistorie
& ♥ kursus is opvolg as jy reeds die Ouerskap kursus
gedoen het. Hierdie is opskerp en praktiese toepassing van jou kennis. Die temas: ♥ Bemeester jou ouerskapsvaardighede ♥ Ouerskapsprofiele – Ontdek jou unieke styl waarmee jy dissiplineer, versorg en mentor ♥ 10 Sleutels tot gesonde gesinne en ♥ Leef en laat ’n nalatenskap Wanneer: Afskop 30 Julie vir 4 Dinsdae Waar: Burgerstr 83 Tyd: 18:00 Koste: R500/p (sluit Tall Trees profiel in) Bespreek by Lorraine 083 269 7365
28 Julie Pieter van Aswegen 30 Julie Ellen Jansen van Vuuren Abe & Martie Freysen 31 Julie Maxie Nell
85 Verjaar 1 Aug. 64 Belydenis 64 Huwelik 82 Verjaar 2 Aug. 3 Aug.
Ria Bonnet Bets du Toit Rosa du Toit Sophie Vosloo Maria Schoeman
76 Verjaar 75 Verjaar 70 Verjaar 85 Verjaar 79 Verjaar
Kriteria vir OaseNuus Verjaarsdae: 70 jaar en ouer
Doop: 40 jaar
Huwelik: 25 en na 30 jaar
Belydenis: 40 jaar
Die inligting word verkry van die Gemeente Data
Verlief
Verloof
Verbind
Ds Nati doen ʼn Huweliksvoorbereidingskursus, as jul op die drumpel van julle huwelik staan, skryf in! Datums het verander na Woensdae 14, 21 & 28 Augustus om 18:00 in Bovertrek. Stuur jou naam per WhatsApp na 082 216 3710
Dankbare dankoffers
Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk.
“Dankbaarheid is iets waarvan niemand te veel kan gee nie.” AJ Cronin Bydraes: Werklik teenoor Begroot R'000
1200 1100 1000 900 800
700 600 500 400 300
200 100 0 -100 -200
-300 Kwartaal 1
Jun '19
Tot 24 Jul '19
Werklik
Aug '19
Begroot
Sep '19
Okt '19
Nov '19
Kwartaal 4
Tekort Mrt - Jul
Kontak Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.
Gebedsfokus Ons bid vir.. P P P
P P
P P
P P
Marietjie Olivier wat in die week ‘n galblaas operasie ondergaan het, ons glo dat die operasie ‘n groot sukses was en bid dat Marietjie spoedig en volkome sal aansterk. Die familie en geliefdes van Karin Harris wat skielik die week oorlede is, ons dra vir oom Japie en tannie Tinkie in besonder op in hierdie hartseer tyd, waar hulle langs hul dogter se graf moes staan. Mag die Here vrede en Sy troos gee. Ons Rustig inwoners, in besonder vir Hester, wat baie siek was laas week met septisimia, ook Barbara Richter (88jaar), wat baie swak is. Lydia Möller, het geval en haar been gebreek, ons glo dat die operasie wat sy Maandag ondergaan het ‘n sukses was en bid vir geduld en die minimum pyn in die hersteltyd, ons bid ook vir Koeloe - wat haar ondersteun, vir fisiese en emosionele krag en wysheid. Esti skryf: “Bid asb. vir ons vriend - Zander Kotze - wat kritiek in ICU lê. Mag God se hand genesing bring!” Careen Swart se suster Erasmie, wat ‘n oogoperasie gehad het en waarvan die nasorg baie belangrik en detail is. Ons bid dat sy na 6 weke die volledige sig sal terugkry. Christiaan van Zyl, dat hy die Here se hart sal hoor. Frans van Wyk, wat die week in die hospitaal opgeneem is en ons dank die Here dat hy reeds Woensdag ontslaan is en bid vir die toetse wat gedoen is en medikasie wat op besluit moet word, dat dit spoedig weer baie goed met hom sal gaan. Joan & Bill se kleindogter - Tineke. Sy was laas week in die hospitaal met longontsteking en moes Maandag ‘n sinus operasie ondergaan. Ons vertrou op Hom! Alex King, matriekleerling wat die week opgeneem is in ICU met infeksie in sy maag, wat begin het met pampoentjies. Mag hy spoedig beter word.
Dankie Here... A
A
Ons dank die Vader vir ‘n heerlike Karnaval, vir die gemeenskap met gelowiges, die lekker saam kuier en ontspan. Dankie vir elkeen wat deel was daarvan: in die werkspan en in die ondersteuners. Aan die Here al die eer! Ons juig saam met Alfred & Belinda na sy preek van laas Sondagaand. Sy laat weet: God is getrou, ons eer Hom, mag die saadjies van Alfred se woorde vrug voortbring. Dankie vir almal se gebede! Alfred het ‘n baie slegte Saterdag nag gehad maar teen Sondag middag was hy weer beter. Hy kon sy praatjie voltooi sonder ‘n hoes en als elektronies het goed gewerk! Prys die Here! Hy het ‘n baie inspirerende woord gebring oor Jesus se laaste opdrag - Gaan uit en maak
A
dissipels! Komende van ‘n man wat nie meer kan praat of loop nie, maar steeds GAAN was dit baie rakend. Mag die Here al die eer kry! Dankie Here vir ‘n nuwe 2020 Leerlingraad wat by Hoërskool Rob Ferreira aangewys is en wat spoedig oorneem by die 2019 Leiers. Ons bid dat die Here hulle sal lei en seën en Sy guns en krag sal gee vir hierdie wonderlike taak. Mag hulle gerespekteer word deur hul maats, ouers en onderwysers en die hulp wees wat hul tot geroep is.
Ons bid vir ons sendelinge Nel Claassens Dearly Beloveds,
A quick update… On having to shorten my road trip, I hit the ground running, being greeted by my mom's hospitalization and subsequent procedure on three collapsed vertebrae. I cannot begin to describe the seesaw of emotions between hoping and despairing for her life. Thank you to all who prayed; she is back at Soeterus (in frail care) and getting stronger every day. Praise God! News I would like to share is my renewed awe at the work of the Holy Spirit in the life of the believer. So many people mentioned encouragement or a word of wisdom from me at some stage of their lives, and I honestly cannot remember them! I realised we are just the vessels, the words came from the Holy Spirit, so we can relax, not be clever or wise or whatever; the Holy Spirit works in spite of us. Praise God: 1. For safe travels for 5 752km. (There have been major accidents on all the roads I travelled.) 2. For seeing/meeting everyone I wanted to see. 3. Praise God for White River Methodist Church where I was made me feel so welcome and special. 4. For the obedient ones who donated fuel money. (Donation: R7 800; Fuel costs: R7 583) 5. The opportunity and privilege to preach twice, and speak to many small groups, sharing God's goodness and blessings in my life. It was very special. Hopefully people now have a better understanding of Bible translation.
Prayer: 1. 2.
Please pray for the upcoming leaders' conference of The Word for the World, 5 -9 August in Pretoria. I had some alarming news. There are donors who feel that translating the Old Testament is not necessary. I cannot stress the necessity of the O.T. enough. One can not understand all the deeper meanings in the NT without the OT.
I thank God for each one of you who is part of my life and ministry, every thought, prayer and cent spent on Bible translation is an investment in eternity in the lives of those who are blessed by having the Bible in their heart language(1 Sam 30. 22 -24). May God's grace and peace be with you.
Nel Claassens
Van Niekerk nuus vanuit Masedonië Liewe familie en vriende, Vandag wil ek as Ma met julle praat oor ons kinders en hulle spesifieke behoeftes t.o.v. onderrig en opvoeding. Hier in Masedonië is al die skole gesluit vir die lang somervakansie. Ons tuisskoolskedule reflekteer nie heeltemal die vakansietye nie. Ons gaan nog tot die einde van die maand besig wees om ons werk te voltooi. Ons besef dat daar groot veranderinge vir ons voorlê, wat die kinders se onderrig betref. Net die gedagte hieraan oorweldig my. Dit veroorsaak dat ek saans dikwels nie kan slaap nie, want dit gaan baie aanpassing verg. Ons vra dat julle saam met ons sal dink en bid dat ons die regte besluite sal neem in belang van almal. Ek deel graag meer inligting oor elke kind in my volgende brief. Dankie dat ek my ma-hart kan oopmaak en kan erken dat ek so graag die beste vir die vier kinders wil hê, maar my eie nietigheid en magteloosheid besef. Bid asseblief dat ek in God sal rus en sal weet dat Hy ons almal liefhet en sal dra.
Esther
Retief Burger
tree Saterdag 19 Oktober op by NG Witrivier Koop kaartjies by kantoor of www.quicket.co.za Koste: R100 / volw. (tot 31 Julie) R120 / volw. (van 1 Aug) R50 / laerskoolkind ALLE kaartjies in ouditorium is BESPREEKTE PLEKKE. Kindertoesig: R30/kind <10jr Bespreek toesig per WhatsApp 079 223 8321 Ten bate van: NG Witrivier Omgeefonds
www.ngwitrivier.co.za
NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545
Ons gemeente missie
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring. WOONSTEL BESKIKBAAR Een slaapkamer woonstel by Rose Bridge Manor beskikbaar 1 Aug. Sentraal aan sakegebied. Kontak: Ursula 082 660 9996 Een slaap woonstel in Macadamia, onmiddellik beskikbaar. Geen parkering. Kontak: 081 593 3845 SOEK WERK Pensionaris met goeie gesondheid soek werk as drywer (nie langafstande) of toesighouer. Kontak: Boet 073 131 7463
Like” ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.
079 223 8321