ADELAAR Hoërskool Adamantia * Uitgawe 1 * Junie 2014
Binne:
Adamantia raak “smart”! Deur: Monique Sinden
Die Nes
nuu
s Bl. 4
Tannie Charmaine Boeke het e-boeke geword en pos het e-pos geword. Nou hoekom nie e-onderwys nie? Wie sou nou kon raai dat Adamantia so vinnig tegnologies opgegradeer sou word? Onlangs is daar interaktiewe witborde in `n paar klaskamers geȉnstalleer wat klasse makliker en interessanter maak.
internet kan aflaai en dit so vir die leerders aanbied. Dit spaar ook tyd vir die onderwysers. Die nadeel is egter dat leerders wat nie oplet nie, waardevolle kennis gaan verloor.
Die Adelaar het met mnr. Hendrikse gesels en dit is wat hy sê: Mev. Keziah Venter van die “Resilient Property Income Fund” het na ’n Daar is baie voordele aan kort besoek aan die skool interaktiewe witborde. Een die goeie nuus met ons voordeel is dat gedeel dat haar onderwysers deur die maatskappy, wat verskeie gebruik van dié borde groot inkopiesentrums lesse kan opneem en dit (malls) dwarsoor Suid-Afrika dan onmiddellik vir besit, graag vir die skool leerders kan e-pos. Dit iets wil borg. Sy het op vier beteken dat leerders interaktiewe “Smart” minder notas hoef te witborde, vier maak en meer tyd het om dataprojektors en vier te fokus op die les wat draagbare rekenaars aangebied word. Nog `n besluit. Hierdie produkte is voordeel is dat van die nuutste onderwysers klaar tegnologie tans op die beplande lesse van die mark beskikbaar.
Die borde is alreeds deur ’n maatskappy in Kaapstad in twee Wiskundeklasse, die Fisiese Wetenskapklas en Lewenswetenskappe-klas geïnstalleer. Die leerders en opvoeders is oor hierdie nuwe en moderne tegnologie in die klasse baie dankbaar en baie opgewonde. Dit het die manier van lesse aanbied reeds drasties verander. Nog goeie nuus is dat ons later vanjaar oor nog twee van hierdie witborde gaan beskik. Ons kan maar net wonder wat 2015 vir Hoërskool Adamantia inhou. Ons het reeds betroubaar verneem dat tablette dalk nog ons swaar handboeke gaan vervang. Toekomstige onderwys by Adamantia lyk voorwaar rooskleurig.
akt
uee
l Bl. 6 “Put a lock on it” sos iaal Bl. 10
spo
Ons eie bobaas bokser
rt Bl. 15
2 Nuwe personeel in Addieland
NUUS
Deur: Simoné Stoltz
Juffrou Taylor Daar is nie veel waarvoor Juffrou Taylor nie “game” is nie, maar daar is wel een ding wat sy nooit sal doen nie, dit is om netbal bo hokkie te kies! Sy is ‘n hokkiebokkie in murg en been. Alhoewel Juffrou Taylor baie praat en min kere stil is, is daar wel iets wat min mense weet. Sy was al in sewe motor- en motorfietsongelukke ! Nogtans sê sy dat niemand bekommerd hoef te wees nie, want sy het net vyf van die sewe kere bestuur! Op die vraag wat haar gunsteling kos is, was haar antwoord : “ Tel biltong en Coke ? Ek kan maklik omgekoop word met Coke, KFC, McDonalds en Pizza, maar my moeder se kookkos is nog steeds die beste!” Mnr. Fenwick Wanneer mnr. Fenwick `n aftydjie het, verkeer hy rustig saam met sy vriende en vriendinne rondom `n braaivleisvuur. Hy hou ook daarvan om rugby te kyk en hy is mal oor jag. “Platteland” is sy gunsteling fliek omdat hy van die plaaslewe en die natuur hou. Hy sê dat hy hom kan vereenselwig daarmee. Mnr. Fenwick het `n passie om met leerders te werk. Hy hou daarvan om hulle te leer en te onderrig. Hierdie Meneer is trots op ons taal, Afrikaans, en streef daarna dat dit moet voortleef. Juffrou Coetsee Juffrou Coetsee wil nog baie dinge doen voor sy eendag oud is! Sy wil Namakwaland in die blomtyd
besoek, Suid-Afrika asook die res van die wêreld vol toer. (Sy gee nie verniet die vak toerisme nie!) As sy nie by die skool is nie, is sy steeds haar borrelende self. Sy praat baie en hou haarself besig met lekker dinge. Cameron Diaz is haar gunsteling aktrise, want sy vertolk haar rolle baie goed. Juffrou Coetsee dink die beste fliek is “My Sister’s Keeper”. Juffrou Van Zyl Juffrou Van Zyl hou baie van Country Rock musiek. Sy is mal oor die fliek “Country Strong” van G. Paltrow asook die liedjie “Country Strong”. Haar man en dogter is albei in die sangbedryf. Op die vraag: “ Wat was die eerste ding wat Juffrou gedink het toe Juffrou by Addies kom?” was haar antwoord die volgende: “Wat ‘n behulpsame gemeenskap! Die onderwysers en ‘Juffrou Charmaine’ het my gou laat tuis voel.” Sy sê ook dat die leerders graag groet en dat sy bevoorreg is om in Addie-land te kan wees.
Haar perfekte dag word soos volg beskryf : “As ek in die oggend opstaan met ‘n lied in my hart, die dag aanpak met die Vrug van die Gees en ‘n verskil in ander se lewe kan maak.” 1, 2, 3, 4, 5 Taylors Vyf lede van een gesin by dieselfde skool, wil gedoen wees. Tuis is juffrou Lin-Marie sussie, maar by die skool moet hulle haar juffrou noem, want sy gee vir haar twee boeties en sussie klas. Johnrick en Johnnie speel rugby vir die eerstespan. Jomané speel hokkie vir die eerstespan. Dan is Jomané en Johnrick ook op die Uitvoerende Komitee. Gelukkig is Ma naby vir die snoepiegeld. Net jammer Ma weet as hulle detensiepunte kry. So, hulle kan nie kwaad doen nie. Hulle was in 2004 almal saam by Laerskool Black Rock. Toe was Johnnie in gr. 1, die tweeling in gr. 2, Lin-Marié in gr. 7 en tannie Marietjie was die sekretaresse van die skool. “Ons is baie trots om te sê ons is die Taylors van Black Rock.”
Mev. Castelyn Mev. Castelyn sê dat sy by Addies kom werk het omdat dit ‘n Christelike skool met Christelike waardes is. Haar dogter Dané-Lee is ook baie gelukkig in Addies. Haar lekkerste tyd is om met haar Vader God te praat oor al die lekker van die dag, maar ook die probleme. Sy hou baie van stap en draf, want dit laat haar goed voel na ‘n dag se harde werk.
Hierdie bladsy word geborg deur: KGOSI LODGE
Junie 2014 *
Kuikentastiese Kuikenkamp
3 NUUS
Deur: Wilsca Smith
Twee busse, vier ritte. UK en Kuikens het die Vrydag almal met ‘n glimlag opgestaan en besef dat die kamp aangebreek het.
Kuikens en UK-lede is met skeerroom gesmeer.
In die saal het hulle hul kuikenliedjies, skoollied en kuikendans geoefen tot die reën gestop het. Meneer Thomas het die reëls verduidelik en hulle het weer gaan oefen. Dit het so aangegaan. As die sirene afgaan, moes hulle in die saal wees. Hulle het Vrydagaand konsert gehou en afgesluit met ‘n sokkie. Hulle moes almal halftwaalf slaap en tog was al die Kuikens al vyfuur Saterdagogggend wakker, sonder dat hulle wakker gemaak is! Van die
So kom alle goeie dinge tot ‘n einde en die Kuikens is moeg en vuil huis toe. Al die Kuikens het besluit dat hulle gaan ophou lawaai en een, twee, drie is hulle deel van die Addiegees!
Almal het lekker geëet en het begin met die boeresport. Die boeresport was aangebied Die eerste bus het gestop en al die Kuikens het deur Addies se Landsdiens. Hulle het tougeskarrel om te help tasse aflaai voor die reën getrek, hulle gesigte in meel gedruk, vierbeen ons vang. Hulle het dadelik daarna begin resies gehou, eier gegooi en nog vele meer! oefen aan die Kuikenkunste. Die laaste paar Na die boeresport was daar waatlemoene om Kuikens het uiteindelik opgedaag en hulle het te eet, maar daar is meer waatlemoene geook begin oefen. Die busse was skaars weg, bruik om mekaar te gooi en te smeer. Natuurlik toe reën dit katte en honde. Almal is haastig moes hulle na die lekker speel skoonmaak, wat na die klein saaltjie. nie altyd so lekker is nie.
4 NUUS
Die Nes Deur: Ravonne Haai
“Humpty Dumpty sat on the wall, Humpty Dumpty had a great fall”. Hier in Addieland sit ons nie meer op mure nie, maar wel op pragtige bankies wat deur bemiddeling van juffrou Botha aan ons gegee is. Die bankies is gedurende die eerste kwartaal in die seunsvierkant opgerig. Dis ’n pragtige blou geverf om by die skoolkleure te pas en is slegs vir seniors se gebruik. Die Adelaar het ’n paar vrae aan juffrou Botha gerig om meer inligting oor die bankies te verkry. V: Waar het die befondsing vir die bankies vandaan gekom? A: Die fondse is die afgelope twee jaar gegenereer met die damesoggende en kronings. V: Hoekom het Juffrou besluit om bankies in te sit? A: Ek het gevoel alhoewel ons al uitreike gehad het, was daar ’n leemte aan sitplek vir Adamantia se leerders tydens pouses. Ek het dit as voorstel ingedien en die skoolhoof het my daarin ondersteun. Ek sou in elk geval niks fondse kon insamel sonder die afgelope twee jaar se Mej. Addie-finaliste nie, so, dit was om aan hulle ook iets terug te gee. V: Het die plekkie al ’n naam en wat is dit? A: Mnr. Marais het met die oorspronklike voorstel gekom om dit “Die Nes” te noem, omdat ons skoolwapen ’n arend in het en die bankies onder die boom is. Te danke aan juffrou Botha en al die Mej. Addie-finaliste het die Addies ’n pragtige nessie om in te skrop.
Ons eie prima-ballerina Ons luister graag na wat Terina van Shalkwyk te sê het: My droom is nog altyd om `n prima-ballerina te word. Vanaf vierjarige ouderdom werk ek daaraan. Op Saterdag, 17 Mei 2014, het ek nog `n stappie nader aan my droom gegee. Ek wil volgende jaar met die graad B.Music (Dance) aan die Universiteit van Kaapstad begin. Die graad neem 4 jaar. Een van die voorvereistes vir die aansoek van die graad, is die slaag van `n oudisie. Die oudisie vir die balletafdeling behels praktiese danse vir ballet en kontemporêre danse. Jy kan geen voorbereiding vir die oudisie doen nie en moet dus net jou kennis en ervaring wat jy oor die jare opgedoen het, gebruik. Die ballet en kontemporêre danssessies was elk `n uur lank en ek moes beide sessies slaag om die oudisie te slag. Die balletklas het bestaan uit 16 ballerinas en die kontemporêre klas uit 70 dansers. Uit die 70 dansers is slegs nege ballerinas gekies waarvan een `n man is. Die ballerinas het van reg oor Suid-Afrika en selfs Brasilië gekom. Die beoordelaars het ons meegedeel dat die standard van die ballerinas die beste is wat hulle nog gehad het. Die kompetisie was straf. Elke danser het absoluut net die beste gegee. Ek is geseënd en is een van die nege ballerinas wat gekeur is, Dit is vir my `n voorreg om verder te werk aan my droom en ek is dankbaar teenoor my Hemelse Vader dat Hy my die geleenthede gee. Ek gaan terug Kaap toe!!!
5
Junie 2014 *
Fotoblad
6 Aktueel
Tannie Charmaine – ontvangsdame of wonderwerk? Deur: Elri Botes
Tannie Charmaine Roets, die skool se ontvangsdame en sekretaresse, het ’n veelsydige taak. Tannie Charmaine help almal by ontvangs: ouers, leerders, besigheidsmense, die departement, afleweraars en en en … Sy antwoord die fone, doen admin-werk en sorg dat hekke en deure oopgemaak word. Sy sorg dat die werkers in- en uitteken. Sy stel die ouers in kennis dat hul kind(ers) siek is of as die ouers skool toe moet kom. Sy doen die skoolhoof se dagboek en die personeel sin. Sy doen die afkondigings. Sy reël ook vir aflospersoneel, hanteer die kleinkas en dit alles met ’n glimlag. Hoe vind tannie Charmaine haar werk by die skool? Dis haar passie en dit was haar droom om by ‘n skool te werk. Sy wou nog altyd ‘n sekretaresse/ ontvangsdame wees. Sy hou daarvan om met kinders te werk en elke dag kinders te sien. Tannie Charmain se sterk punte en swakpunte: Sy het goeie menseverhoudings. Sy is baie positief oor die lewe, hardwerkend, baie vriendelik en het ‘n baie goeie hart. Sy kan nie kwaai wees nie, al probeer sy hoe hard! Sy wil somtyds hê alles moet te perfek wees. Ietsie oor haar persoonlike lewe: Sy het twee kinders, Charné en JP. Charné is in gr. 4 in Laerskool Eureka en JP is in gr. 11 in Hoërskool Diamantveld. Sy is ook getroud met ‘n wonderlike man, oom Fransie. Haar gunsteling blom is ‘n roos, haar gunsteling kos is lasagne en haar gunsteling kleure is pienk en groen. Tannie Charmain hou baie van diere, maar is gekant teen mense wat hulle diere mishandel. Sy ken die meeste van die kinders se name en daar is ‘n hele paar name! Net so lief soos wat tannie Charmain vir diere is, so lief is sy vir kinders! Die Addie-leerders dink tannie Charmain is die beste ontvangsdame in die land. Sy het nou ‘n helpende hand gekry, tannie Margaret, so nou gaan sy haar nie dood werk nie en nog baie jare hier wees!
Hierdie bladsy word geborg deur: CHARLENE’S STUDIO
Junie 2014 *
7 Aktueel
Dink weer voor jy kla ! Deur: Eroné Pretorius
Soveel kinders sê hulle is moeg om elke jaar dieselfde goed te hoor voor die atletiek. Dinge soos dat dit ‘n normale skooldag is en almal daar moet wees, maar dan is dit dikwels ook hiérdie leerders wat daaroor kla wat juis nie opdaag nie. Op Vrydag, 24 Januarie, het die skool se atletiekdag aangebreek en weereens was daar baie kinders wat net nie opgedaag het nie. Soveel leerders kla en sê dat die skool niks doen nie, maar die waarheid is dat hulle net nooit opdaag vir skoolaktiwiteite wat die skool vir hulle aanbied nie. Dit is die een plek waar jy kan saam sing, saam deelneem vir die pret en net lekker mal gaan, maar dit lyk of baie van ons kinders oud voor hulle tyd is. Hulle wil net nooit daardie ekstra tree stap vir die skool nie. Ongelukkig is dit ook hierdie leerlinge wat gedurig kla hulle is moeg, maar dit is ook so dat hoe minder jy doen, hoe gouer raak jy moeg (van niksdoen), want jy is onfiks. Wat gaan jy eendag vir jou kinders vertel het jy gedoen toe jy op skool was? Of gaan jy eerlik wees en sê jy het maar net by die huis of in die strate rondgelê. Miskien, as almal net vir ‘n slag sal luister en ‘n poging aanwend om betrokke te raak, sal hulle agterkom wat hulle mis. Dink dus tweekeer voordat jy kla dat daar niks by die skool aangaan nie en vra jouself eers af: “Hoeveel van die skoolaktiwiteite woon ek regtig by?” Dan sal die meeste van die kinders besef hulle het niks om oor te kla nie.
Addieland loop oor met talent! Deur: Leandri de Wet en Charlene Sinden
Na al die harde oefening het die groot aand uiteindelik aangebreek. By die jaar se Addies Got Talent, was daar vele talente, van sing tot dans. Die drie wenners was—Michelle du Toit (eerste plek), Jana Nieman (tweede plek) en Melani Momberg (derde plek). Al drie het sangitems
voorgedra. Die deelnemers is deur die beoordelaars, Juffroue Holtzhausen, Lindeque en Ellis, beoordeel en d.m.v. `n puntetoekenning het hierdie drie gewen.
“gumbootdans” uitgevoer. Sommige van die graad 8’s wat baie braaf was, het ook besluit om hulle talente voor die hele skool uit te haal en te wys.
Christo van Zyl het weereens sy heupe los geswaai terwyl hy ala Theuns Jordaan gesing het. Daar was ook `n besonderse
Volgens Addie-leerders sal hulle dit beslis nie volgende jaar misloop nie. Addieland het voorwaar talent!
8 Redaksioneel
Dit hang alles af van die “bril”… Deur: Simonè Stoltz
Daar gaan nie `n dag verby wat daar nie `n negatiewe plakkaat op `n lamppaal is of `n skinderstorie in een of ander tydskrif nie. Koerante en tydskryfte se voorbladgesigte is baie keer mense wat in iets misluk het. In die meeste telivisieprogramme is daar mislukte verhoudings, egskeidings en buite-egtelike kinders. Hoeveel flieks en TV-programme word nog gemaak waar daar geen vuil taal in is nie? Dit het laerskoolkinders, tieners en volwassenes se alledaagse taalgebruik geword.
lewe te veel belemmer nie. So, haal vir `n slag die wêreld se “bril” af – sit God se “bril” op – en jy sal sien dat die prentjie soveel anders en mooier lyk. Die situasies sal dalk nie altyd verander nie, maar jou ingesteldheid sal verseker verander.
Dit is die siek en nare wêreld waarin ons lewe. Tog moet ons probeer keer dat hierdie prentjie van die wêreld nie ons ingesteldheid oor die
Speurder Sherlock... In aansluiting by die redaktrise se brief dat ons graag in die Adelaar op die mooi dinge wil fokus, is Oom nou vandag bly dat hy sy “ondersoek” op ’n positiewe noot kan begin. Oom se bors (en ek hoop elkeen in Addieland sin) swel van trots oor die goeie matriekuitslae van 2013. Om as die tweede beste skool in die NoordKaap en as die beste Afrikaansmedium seuns- en meisieskool aangewys te word, sit nie in enige skool se broek nie. Dit kan alleenlik gebeur deur harde werk deur die leerders en die nog harder werk deur die onnies! Boonop het ons vir die sesde agtereenvolgende jaar ’n 100% slaagsyfer gehad. Mooi so, dit wil gedoen wees. (Oom wonder nou net hoekom leerders soms besluit om na ander skole in Kimberley te gaan as hulle reeds in ’n goeie skool is. Onthou, jy bepaal jou eie geluk en nie die onnies of jou maats nie.)
sukses behaal word. ’n Ander positiewe ding wat onder Oom se aandag gekom het, is dat ons Addies vanjaar meer deelneem aan sport. As dit so aangaan, kan Adamantia net beter en beter word. ’n Gesonde en aktiewe mens, is gewoonlik ook ’n positiewe mens.
Oom wil graag die handjievol Addies wat dit hulle “werk” maak om die reëls so ver as moontlik te breek deur laat by die klasse aan te kom, steeds voor die badkamers saam te drom as die klok reeds gelui het, die onnies uit te tart in die klasse en dit vir die ander leerders so onaangenaam as moontlik probeer maak, vra om hulle nonsens te stop. Dit is gewoonlik hiérdie groep, wat die minste doen, wat negatief is oor alles en hulle monde vol het oor die skool. Gaan gee uiting aan jou frustrasies deur vir ’n slag op die sportveld betrokke te raak, dan hoef jy nie jou asem te Oom hoop van harte dat die res van mors deur oor alles te kla nie. die skool se leerders iets uit hierdie prestasie geleer het. Slegs deur hard So stil-stil het die nuwe groen bankies te werk en jou beste te gee, kan vir die seniors onder die bome in die
seunsvierkant verrys. Dit was voorwaar ‘n aanwins, maar weereens gedra sommige Addies hulle of hulle nie weet wat die doel van die bankies is nie. Daar staan ’n asblik nie verder as tien meter van die bankies af nie, maar ons seniors is te lui om tot daar te stap en hulle papiere en blikke weg te gooi. (Is hulle dalk bang hulle word fiks?!?) Dit word eerder onder die bankies ingedruk (soos wat in die klasse gebeur) of langs die bankies op die grond gelos. Los julle ook julle rommel by julle huise op die sitkamer se vloer? Is dit die voorbeeld wat ons seniors aan die juniors stel?
Junie 2014 *
9 Sosiaal
Damesoggend: nog ’n suksesverhaal Deur: Chanté Mans
Met `n klanksisteem wat soms buite beheer was, was die damesoggend van 2014 nog steeds suksesvol!
daaruit geleer, veral omdat sy nie Gasvryheidstudies as `n vak geneem het nie. Sy sien funksies wat sy moet organiseer as `n persoonlike uitdaging.
Die damesoggend wat deel is van die Adamantiaprojek, is al drie jaar aan die gang. Soos by baie ander funksies is daar soms ’n paar “probleempies”, maar gelukkig eindig dit altyd op ’n hoë noot. Daar word elke jaar ’n ander spreker vir die groot dag genooi wat die mense sal lok, afhangende van die beskikbare finansies.
Dit projek leer die Mej. Adamantiafinaliste vaardighede soos organisering, tydsbeplanning, stresbestuur en om gasvrou te speel. Dit is belangrik om die tafel volgens die korrekte kriteria te dek. Hoe kreatiewer en meer stylvol, hoe beter!
Die hele idee het begin toe juffrou Botha op skool ook self aan soortgelyke kompetisies deelgeneem het. Sy het baie
Die hoogtepunt van die dag was die pragtige tafels. Vrydag, na al die finaliste klaar gedek het, kon juffrou Botha in elke finalis die bewondering, tevredenheid asook teleurstelling met hul tafel sien.
Buiten die geld wat verdien word, leer die finaliste baie. Dit is deur en deur die moeite werd en sal beslis elke jaar gehou word (solank juffrou Botha by Adamantia is!).
Die Tafeldekwenners saam met juf. Botha.
Die Mej. Adamatiafinaliste
Die beker vir...
die beste akademiese skool gaan aan...
Hoërskool Adamantia!
Deur: Bonita Marupeng
Hierdie bladsy word geborg deur: DU PLOOY FINANSIëLE BEPLANNING
10
Hoe goed werk jou verhouding?
Sosiaal
Deur: Melissa du Plessis
Hier volg ‘n paar wenke oor hoe om ‘n verhouding te laat werk. Hierdie opname is gedoen deur Addies vir Addies. Seuns: -Die “soet-seuntjie-haarstyl” gaan dit nie doen nie. -Ruik lekker. -Skryf kort “love letters” met die hand. -Luister en wees daar vir haar as dinge moeilik raak. -TE veel “flirtery” sit haar af. -Staan haar by as sy nie lekker voel nie. -Moenie dit waaroor jy weet sy selfbewus of onseker is teen haar gebruik as julle ‘n meningsverskil het nie. -Lyk ordentlik. Ons is bly as jy trots is op jou pienk BlouBul-
trui, maar sommige pa’s ondersteun die WP. -Groet haar pa met ‘n stewige handdruk (“gymbomme” moet dit nie oordoen nie) en haar ma met ‘n drukkie. Indien jy dit nie doen nie, moet die arme meisie later verskonings uitdink. Meisies: -Ruik lekker. -Seuns hou van lekker drukkies en hande vashou. -Moet asseblief nie net water bestel op ‘n “date” nie, niemand dink jy’s vet nie. -Moenie meer grimmering as klere dra nie. -Moenie inmeng as die “manne” braai nie. -As hy nie van jou hou nie, hou hy nie van jou nie ;
moenie jouself aan hom afsmeer nie. -Gaan vir ‘n slag vir iemand wat nog op skool is. Almal: -Tree volgens jou ouderdom op. -‘n Mens leer gewoonlik eers die persoon ken voor jy sy/ haar mangels probeer uitsuig. -‘n Mens kan nie net ‘n week LIEF wees vir jou LIEFIE nie.
“Put a lock on it” Leerders sluit hulle skooltasse toe...
`n Rukkie gelede was daar `n paar voorvalle waar leerders se skryfbehoeftes sonder hul toestemming uit hul skooltasse “verwyder” is. Soos gebruiklik sit leerders hul skooltasse gedurende pouses voor die klaskamer waar hulle na pouse sal wees. Dit is egter dan wanneer daar deur ander leerders in die tasse gekrap word en hul besittings vasgelê word. Baie leerders se prit, potlode en sakrekenaars en selfs handboeke is gevat. Gelukkig is `n paar van die skelms vinnig deur die onnies “ontmasker”. Die leerders het egter nie meer veilig gevoel om hul tasse voor die klaskamers te los nie. Die leerders het toe besluit om hul skooltasse met stewige slotte toe te sluit vir die “safe keeping” van hul skryfbehoeftes. Die Adelaar spreek dan ook hiermee sy misnoë uit oor hierdie leerders wat hulself help aan ander leerders se goed. Wat maak jy met `n leerder se handboek as die leerder nie eers in dieselfde graad as jy is nie, of is dit maar net nog `n voorbeeld van vandalisme?
Junie 2014 *
11 Fotoblad
Hierdie bladsy word geborg deur: DU PLOOY FINANSIëLE BEPLANNING
12 Kultuur
Van sit en staan kom niks gedaan... Deur: Charlene Sinden
Die D.S. Jacobs Landsdiensklub was sommer vroeg die jaar weer bedrywig en hard aan die werk. Daar is immers `n naam wat hoog gehou moet word…
oorhandig. Daar is kano-resies gehou, stokbrood gebraai, lekker geëet en min geslaap. Die kamp het nie die Sondag geëindig toe almal huis toe gegaan het nie. Maandag, 28 April, het die Landsdiensklub die Een van die eerste groot projekte was om geld Groot Gat besoek en die uitstappie en kamp in te samel vir Kansa en daarna het die jaarlikse met roomys by Mc Donalds afgesluit. Kansa-Relay natuurlik gevolg. Adamantia se Lansdsiensklub moes al die Luminaria sakkies Die Landsdieners van Hoërskool Adamantia is met sand en kersies vul. Saam met die beslis besig om groot dinge te laat gebeur en Algemene Raad het die landsdiens sommer laat nie gras onder hulle voete groei nie. Hulle vinnig die takie verrig. Vele hande, ligte werk! lewe elke keer hul vier liefdes; liefde vir die Die groot stap het begin. “Ons moes heelnag Skepper, die medemens, die natuur en arbeid, om die baan stap en mekaar aflos, maar dit na die beste van hul vermoë uit. Hul was hope pret,” het Tom Sinden gesê. Die herwinningsprojek gaan volstoom voort en Kansa-projek is met sukses afgehandel. enige iemand is welkom om `n bydrae te lewer. Volgende is die streekskamp en `n toer Die Klubkamp was vanjaar `n reusesukses op na die Laeveld is ook in die pyplyn! Christiana. Die Landsdieners het die 25ste April vertrek. Die Saterdagoggend het hulle uitgereik Dit is verseker `n fees om `n Addie Landsdiener na minderbevoorregtes en het hope kos, klere te wees! en saadjies vir agt gesinne se groentetuine
Junie 2014 *
13
Aktueel Wees die soort leier wat jy sou gevolg het… Deur: Simonè Stoltz
Van voorskool af speel die meeste kinders die gewilde “follow the leader” speletjie. Min weet kinders dat dit die begin van volg en lei is. Die maatjies wat nie eers volg nie, gaan ook nie `n beurt kry om te lei nie. Net so werk dit ook in die gewone gang van die lewe. Die wat nie bereid is om te volg nie, sal ook nie daarin suksesvol wees om groot groepe te kan lei nie. Hoofmeisie 2014 Terina van Schalkwyk is nie net hoofmeisie van 2014 nie. Sy doen haar bes op akademiese gebied asook ballet en moderne danse. Sy hou daarvan om na musiek te luister en geniet “scrap booking” baie. Sy bestee graag tyd saam met familie en vriende. Terina se doel vir die Uitvoerende
Komitee van 2014 was om as `n span saam te werk. Sy sê dat dit alreeds bereik is, maar dat daar steeds daaraan gewerk word met elke funksie en geleentheid wat daar is. Sy glo ook dat `n mens nie kan lei, as jy nie kan volg nie. Jy kan nie van ander verwag om jou te volg, as jy nooit wil volg nie. Deur te volg, kan ander sien dat hulle op jou kan staatmaak. As jy `n leier is, is daar baie uitdagings. Terina sê dat dit nie altyd maklik is om ander te motiveer om iets te doen nie. Sy is self baie besig en moet seker maak dat sy by alles uitkom, sonder om enige iets of iemand af te skeep. Dit is nie altyd lekker om in `n leiersposisie te wees nie. Soms moet daar besluite geneem word, wat nie almal tevrede stel nie. Volgens Terina is tydsbestuur baie belangrik om suksesvol te wees in haar taak, maar sy geniet dit steeds om hoofmeisie te wees.
ander se foute leer. Sy droom vir die Uitvoerende Komitee van 2014 is om `n eenheid te vorm en saam te staan, selfs deur slegte en moeilike tye. Al is hierdie droom reeds bereik, moet daar steeds daarop gebou word. Schalk sê dat hy so ver as moontlik almal dieselfde probeer behandel en ook geen geheime vir enige iemand probeer hou nie. Om hoofseun te wees, is nie altyd aangenaam nie, want almal se oë is permanent op jou. Waag dit tog net om `n fout te maak, en die veroordeling is soveel erger as wat dit teenoor `n ander persoon sou wees. Shalk is ook soms lus om sommer net laf te wees, maar as hoofseun moet hy te alle tye onthou dat hy as voorbeeld moet optree.
In sy vrye tyd hou hy daarvan om `n entjie te gaan stap en na te dink oor Terina se ma is die dag. Hy hou ook daarvan om te haar rolmodel en gaan draf en na musiek te luister. sy sal eendag soos haar ma wil Schalk sien sy pa as iemand waarna hy kan opkyk en hy sal ook graag wees. Sy is onafhanklik en eendag soos sy ma wil wees. het `n sterk perOngeag wat die lewe na haar kant soonlikheid. Sy toe gooi - sy bly vasgeanker in haar doen altyd die geloof en sy doen haar bes in alles beste wat sy kan wat sy kan. in enige situasie en het deursetSchalk sê dat as hy enige iets in sy tingsvermoë skoolloopbaan sou wou verander, Hoofseun 2014 sou dit wees om van die begin af Schalk Kruger sê hard te werk en nie eers van graad dat dit uiters be- 10 af nie. Sy drome vir die toekoms is langrik is om te om na matriek na `n universiteit toe kan volg voordat te gaan en sy graad te kry. Na sy jy kan lei. Deur te studies sal hy wil begin werk - `n soort volg, word erva- werk waarvoor hy lief is en altyd sal wil ring opgedoen doen. en kan jy uit
14
Junie 2014 *
15 Sport
Ons eie bobaas bokser in Addieland Deur: Eroné Pretorius
Sy was al oorsee vir die Wêreldkampioenskap, maar het uitgeval in die preliminaries, maar sy het steeds baie geleer. Sy is tans in graad twaalf en het `n passie vir boks. Ja, jy het reggeraai, dit is Lulu Smit. Lulu oefen hard en sy maak baie opofferings om die beste bokser in Suid-Afrika te wees. Haar grootste motivering is die feit dat sy graag eendag Olimpiese Spele toe wil gaan en sy wil vir almal wat nie in haar glo nie, wys dat sy dit wel kan en sal doen. Op 19 Mei vanjaar was Lulu Botswana toe vir die “African games”. Lulu se raad aan ander leerders wat wil boks, is: “Probeer dit voor jy besluit, want boks is definitief nie vir sissies nie. Dis goeie oefening, jy leer baie mense ken, sien die wêreld en ervaar baie goed deur boks.” Sy sê ook boks is baie harde werk, maar dis beslis die moeite werd. “Die wêreld is oop vir `n mens as jy boks.” Mag haar woorde jou inspireer indien jy oorweeg om eendag `n bokser te word.
Sport Rugby– en Netbaltoer 2014