Adelaar 2014 november

Page 1

ADELAAR Hoërskool Adamantia * Uitgawe 2 * nOVEMBER 2014 Sprankelende geleentheid

Binne: Nuus uit Onnieland

Deur: Elri Botes

nuu

s Bl. 4

Dien voorgeskrewe boeke nog `n doel?

akt

uee

l Bl. 3

Seniors kry nuwe badkamers

Melissa du Plessis Mej. Addie Natasha Shepherd Eerste Prinses Rencha du Plessis Tweede Prinses

Die skool se jaarlikse Mej. Addie-kroning is op 25 Oktober gehou. Dit was ’n spog Elke finalis moet ’n gemeenskapsprojek van geleentheid. Die skoolsaal was mooi versier hul keuse aanpak. Daar is ook ’n en die finaliste het pragtig gelyk! tafeldekkompetisie by die damesoggend wat gehou word. Mej. Addie is nie soos ander Die tweede prinses is Rencha du Plessis en skoonheidskompetisies nie. Mej. Addie gaan oor jou binneste skoonheid en nie oor sy het die volgende gesê: “Dit gaan nie oor jou uiterlike skoonheid nie. Mej. Addie gee die kroon nie, maar oor die harte van goud!”. Die eerste prinses is Natasha meisies die geleentheid om ’n verskil te maak in die gemeenskap. Dit help ook die Shepherd en die Mej. Addie is ... Melissa du Plessis! meisies om ander te help.

sos

iaal Bl. 5

Met hart en siel op die sportveld

spo

rt Bl. 15


2

Hier volg die jongste nuus uit Onnieland

NUUS

Deur: Chanté Mans

Die liefde blom behoorlik die jaar in Addieland, maar Ons weet egter ook dat Fisiese Wetenskappe-onderwysers daar is ook hartseer … skaars is en dit nie lank gaan wees voordat ’n skool juffrou Benade gaan opraap nie. Juffrou Maritz is nou mev. Botha! Juffrou is op 4 Oktober met mnr. Danie Botha getroud. Baie geluk. Beide juffroue Botha Mnr. Fenwick het ’n onderwyspos by ’n Landbouskool in en Du Plessis tree volgende jaar in die huwelik. Ook mnr. Morgenzon in Mpumalanga aanvaar. Hy was nege Fenwick en mev. Benade verlaat ons aan die einde van die maande by Adamantia. jaar. Ons gaan die vier onnies mis en hoop dat hulle die tyd by Juffrou Botha is al vier jaar by Adamantia. Sy is nog nie seker Addies geniet het! Ons beste wense vergesel hulle op hul of sy weer onderwys gaan gee nie, maar vir dié juffrou lyk lewenspad vorentoe. die uitdaging om `n boervrou te wees, al te aanloklik! Juffrou Botha gaan darem nie te ver van ons nie. Haar Alhoewel daar onderwysers ons verlaat, is daar ook ’n nuwe nuwe tuiste is op `n plaas buite Luckhoff. En natuurlik, die gesig. Mev. Ivonne de Villiers is van 1 Oktober af aangestel troudatum … 7 Febuarie 2015. Juffrou Botha het `n as die nuwe adjunkhoof van Adamantia. Sy gee hoofsaaklik persoonlike boodskappie aan al ons leerders: “Leer en werk Fisiese Wetenskappe, maar kan ook Wiskunde gee. Mev. hard. Glo in jouself en wees elke dag dankbaar vir die De Villiers kom van Hoërskool Diamantveld waar sy die talente en seëninge wat God vir jou gegee het. Die lewe departementshoof was en sy het ook voorheen by gee jou keuses, nie kanse nie.” Hoërskool Noord-Kaap skoolgehou. Baie welkom ook aan haar en ons Ongelukkig is juffrou Botha nie al een wat weggaan nie, hoop dat sy lank en gelukkig hier in maar juffrou Du Plessis ook! Sy trek weg na `n dorp Addieland sal wees. genaamd, Klerksdorp. Die juffrou is al drie jaar saam met ons. Juffrou Du Plessis gaan aanhou met onderwys en sy het `n pos by Hoërskool Wesvalia in Kleksdorp gekry. Haar troudatum is op 13 Junie 2015. Ook mev. Benade verlaat ons. Sy sou aanvanklik net ses maande by Adamantia uithelp, maar die ses maande het toe twee jaar geword. Sy is vir eers klaar met die onderwys en gaan rustig by die huis saam met haar man verkeer.


November 2014 *

3

aKTUEEL ReG... oF wEg MeT ChRiStEnSkAp iN sKoLe? Deur: Simonè Stoltz

In Amerika is Christenskap reeds in die vorige eeu uit die skoolstelsel verwyder. Onlangs het daar `n berig verskyn waarin genoem word dat die tronke in Amerika al hoe meer Christelike programme aanbied om misdadigers te help om hulle lewens reg te kry. In reaksie hierop skryf iemand: “As hulle nie opgehou het om Christenskap in skole te leer nie, sou dit nie nodig wees om dit in die tronk aan te bied nie”. Voorkoming is beter as nasorg. FEDSAS (Federasie vir Skoolbeheerliggame) beveel aan dat skole nie “reëlgeoriënteerd” moet wees nie, maar “waardegeoriënteerd”. Watter beter waardesisteem is daar dan nie as die Christelike nie. Dit is die skrywer se oortuiging dat ‘n skool wat sy leerplan asook sy daaglikse funksionering op Christelike norme en waardes

baseer, die vrugte daarvan sal pluk. Hier staan liefde, vergifnis, verdraagsaamheid, regverdigheid, eerlikheid en dissipline bo-aan die lys. Dit is baie gevaarlik en verwarrend om verskillende godsdienste aan leerders voor te hou asof dit alles gelyk en dieselfde is. Dit is beter om dan eerder geen godsdiens in `n skool te beoefen nie, as al die verkeerdes saam. `n Beheerliggaam moet steeds die reg hê om na die samestelling van `n skool te kyk en op grond daarvan te besluit watter godsdiens die basis van die skool sal wees. Niemand word gedwing om by `n spesifieke skool in te skryf of skool te gaan nie. As iemand wat nie `n Christen is nie, die begeerte het om na `n skool wat op die Christelike

godsdiens gebaseer is, te gaan, is dit tog hulle eie keuse. Daar moes egter tog iets wees wat hulle na daardie skool getrek het. As hulle nie van die Christelike beginsels hou nie, het hulle die reg om na enige ander skool te gaan. Waarom wil hulle die dinge in `n skool wat daardie skool gehelp vorm en bou het tot die instansie wat dit is, afbreek? Bybelonderrig is reeds deur die onderwysowerheid uit die leerplan verwyder. Skole en beheerliggame mag nie toelaat dat ons Christelike getuienis, norme en waardes ook van ons beroof word nie. Gelukkig aanvaar Adamantia, wat op Christelike beginsels gebaseer is, leerders met ‘n ander geloof, omdat ons respek het vir mense se godsdiens.

Dien voorgeskrewe boeke nog `n doel? Deur: Chanté Mans

Alhoewel onderwysers sal sê en glo dat voorgeskrewe boeke nog ’n doel het, voel die leerders nie dieselfde nie. Hoe moet ons konsentreer en aandag gee as die boek vervelig is? Kan die boeke wat voorgeskryf word (veral vir graad 10 en 11) nie ’n bietjie dunner en meer oor die ervaringswêreld van die tiener wees nie?

’n Voordeel is egter dat boeke jou woordeskat verbeter en jou help in jou mondeling en opstelle. As jy ook nie op skool leer waarna om op te let in boeke, soos bv. die ruimte of konflik of karakterontwikkeling nie, gaan jy nie as jy eendag volwasse is, weet waarna om te kyk of soek om ’n goeie boek of selfs fliek van ’n swak boek of fliek te onderskei nie. ’n Ander voordeel is natuurlik dat boeke jou kennis verbreed en jou na ’n (fantasie) wêreld kan neem wat jy nooit eens Voorgeskrewe boeke maak dit moeilik vir almal omdat geweet het bestaan kinders se smaak in boeke verskil. Een hou van `n riller met nie. spanning wat jou opvreet en ander weer van `n romantiese drama … En dan kry jy sommiges wat nie eers ’n boek oop maak nie! Besluit dus self: dien Ongelukkig kan daar nie altyd aan almal se smake en (voorgeskrewe) boeke behoeftes voldoen word nie. Nou sit die helfte van die nog ’n doel? kinders en dagdroom wanneer die boeke behandel word.

Hierdie bladsy word geborg deur: KGOSI LODGE


4

Redaktueel

2014 … amper deel van die geskiedenis … Deur: Simonè Stoltz

“Few will have the greatness to bend history itself; but each of us can work to change a small portion of events, and in the total; of all those acts will be written the history of this generation.” – Robert Kennedy

ons saam verandering mee bring. Dit is maklik om te sê dat dit iemand anders se werk is, maar ons vergeet dat almal se hulp, ondersteunig en idees nodig is.

Hier staan ons aan die einde van nog ‘n jaar. 2014 is amper deel van die Robert Kennedy se aanhaling herinner ons geskiedenis, maar tog kan ons uitsien na dat een mens nie die skool kan verander 2015, want dit is nog deel van die nie. Tog, as elkeen van ons ons kant bring toekoms. Ek dink dat ons as leerders, peren doen wat van ons verwag word, kan soneel en belanghebbendes van Addies

waarlik van 2015 ‘n jaar kan maak wat ons nooit sal vergeet nie. Mag ons nooit vergeet waar om ons krag te kry vir elke uitdaging, elke dag en elke jaar nie. Efesiërs 6:10 “Soek julle krag in die Here en in Sy groot mag.” Geseënde Christusfees aan elkeen en mag almal volgende jaar terugkeer met nuwe krag vir die nuwe jaar.

Die Seniors kry hul eie badkamers! Deur: Monique Sinden

Die graad 10-12’s gaan nuwe badkamers kry! Die badkamers in “Ondekkersweg” is oorgedoen deur juffrou Botha en die Mej. Addie-finaliste. Die graad 10 en 11’s sal `n

badkamer deel, terwyl die ma- met prente versier wat die trieks hul eie badkamer kry. badkamers vroliker laat lyk. Beide badkamers is oorgeverf en het sluitkassies gekry. Die deure van die badkamers is

Die badkamers sal binnekort in gebruik geneem word.


November 2014 *

5

Kuiken... tot Arend... in net 5 jaar!!

Sosiaal

Deur: Simonè Stoltz

Kan vyf jaar so vinnig verbygaan? Aan die begin van 2014 het die graad 8-leerders in Addieland weggespring. 1, 2, 3 is die jaar as Kuikens van 2014 verby en so ook die eerste jaar van die 5 jaar wat voorlê om `n Arend te wees. Aan die ander kant het ons die matrieks, die Arende van 2014. In graad 8 het hulle ook begin as Kuikens, maar na `n vormingsproses van 5 jaar (vir die meeste van hulle), is hulle nou gereed om die Addienes te verlaat. Ek het by `n paar volgroeide Kuikens gaan uitvind hoe hulle eerste jaar in Addieland was. Die Arende is geraadpleeg om te hoor wat hulle mening oor matriekvakansie is en hoe hulle laaste jaar in Addies was.

sluit en maak dit een vir die boeke.” -Zhoané Wessels (Arend2014) “Ek het dit regtig baie geniet. Van die eerste dag af het ek deel gevoel van die skool, want selfs die matrieks was ‘pelle’ met ons. Ek kan nie glo die jaar is al klaar verby nie...” -Charlene Sinden (Kuiken2014) “My matriekjaar was heerlik in Addies. Ek sou nie `n ander skool bo Addies kies nie. Ek dink matriekvakansies is baie gevaarlik en ek verkies dit eerder nie” -Jaendré Barnard (Arend2014)

“My matriekjaar was ‘great’! Matriekvakansies is nie regtig `n hoogtepunt vir my nie, want dit kan verkeerd uitdraai. Tog kan dit saam met die regte mense geniet word.” -Brandon Seeley (Arend2014) “My matriekjaar by Addies was vrek lekker. Ek glo `n matriekvakansie is nodig. Ons kan lekker saam kuier voor ons mekaar groet, maar dit moet verantwoordelik gedoen word.” -Michelle Galvin (Arend2014)

“My graad 8-jaar was `n fees. Die mense in Addies is baie ‘nice’ en die onderwysers “My matriekjaar was heerlik. Ek gaan dit help ook graag. Addies het my gehelp om “My matriekjaar was onvergeetlik! Addies mis! Alhoewel die werk en stres baie is, is dit dinge te bereik wat ek nie op `n ander was die beste keuse. Ek kon nie vir `n beter die moeite werd. Matriekvakansies is iets plek sou kon regkry nie.” matriekjaar, of enige ander jaar, vra nie! om na uit te sien, maar dit moet -Chanté Carstens (Kuiken2014) Dit was harde werk, maar hoe sê hulle: verantwoordelik gedoen word.” ‘Hard work pays off’. `n Matriekvakansie is -Franciska Louw (Arend2014) Ek dink die Arende, Kuikens en die res van definitief nodig — net om die laaste bietjie die Addienes van 2014 kan saam met van matriek te geniet. Ons moet egter “Dit was `n jaar wat ek nooit sal vergeet Tom Sinden sê: “Dis `n fees om `n Addie onthou dat daar `n tyd en plek vir alles is nie!” te wees!” en ons dit nie moet oordoen nie. Doen dit -Wihan Botes (Kuiken2014) om die laaste tydjie met `n ‘BANG’ af te

Speurder Sherlock Nog ’n jaar snel ten einde! Oom kan nie meer by bly met die dae (en jare) wat so vinnig verbygaan nie. Dit voel soos gister wat die laaste Adelaar verskyn het. Die matrieks is al weer besig met eksamen en teen die tyd wat jy hier lees, het die res van die skool ook reeds met eksamen begin. Oom wil vandag so ’n bietjie gesels oor die gees van die skool. Na ’n gesprek met een van die juffrouens het ek weer eens tot die besef gekom dat elke leerder verantwoordelik is vir die gees van die skool. Jy kan nie net jou skouers optrek, sê hier is nie gees nie, verwag iemand

anders moet die gees skep en dan self niks daaraan doen nie. As jý niks doen nie, gáán niks gebeur nie. Waar begin ’n mens? Woon skoolgeleenthede by. As daar ’n sportwedstryd of enige ander geleentheid plaasvind, WOON DIT BY! Hou op om verskonings uit te dink van vervoerprobleme of te veel huiswerk. Kry jou prioriteite reg en maak tyd vir skoolbyeenkomste. Klim vir ’n slag van jou selfoon of rekenaarspeletjies af, kyk minder TV, en raak betrokke. As jy die dag by ’n skool inskryf, verbind jy jou tog om by daardie skool se bedrywighede in te

skakel. Wat gaan jy eendag vir jou kinders vertel wat jy van jou skooldae onthou as jy nêrens betrokke was nie? Wat dink jy was een van die belangrikste redes waarom die Springbokrugbyspelers vanjaar die All Blacks kon wen? Antwoord: die ondersteuning van die tuistoeskouers. Kom Addies, kom ons maak van 2015 ’n jaar vol gees! Aan elke Adelaarleser: ’n besondere Christusfees. Mag julle God se vrede en liefde in julle lewens ten volle ervaar. Geniet die vakansie en kom volgende jaar vars en uitgerus terug.

Hierdie bladsy word geborg deur: DU PLOOY FINANSIëLE BEPLANNING


6

Kultuur Aangeraak deur die Woord van God Deur: Ravin-Lee Jacobs en Monique Kammies

Om God te aanbid gaan nie net om daar te sit nie, maar om God se woord te geniet en dit in ons harte te ervaar. Vir baie leerlinge in Adamantia is die VCSV `n balangrike aspek van hul skoolloopbaan, omdat dit somtyds daardie inspirasie bied wat leerders nodig het om weer aan te gaan. Volgens lede wat getrou die VCSV bywoon, is die uur van VCSV die hoogtepunt van hulle week, want hulle kan weer die Here se genade aangryp.

Leerders sê hulle het die VCSV die jaar anders beleef as die vorige jare. Daar is ook speletjies gespeel soos “chubby bunny”. Leerders het dit ook geniet as die VCSV in die buitelug gehou word waar hulle almal kan saamkom om die Here te dien. Onthou, niks wat in jou lewe gebeur, gebeur ooit toevallig nie. Jy word dus uitgenooi: kom dien die Here en aanvaar sy genade by die VCSV.

Dag of Nag... talent het ons... Deur: Charlene Sinden

Vanjaar het Adamantia besluit om vir die eerste keer die jaarlikse kultuuraand te verander na `n kultuurdag toe. Die hele skool was in die saal en almal het in spanning gesit en wag om te sien wie is braaf genoeg om hierdie jaar hulle talente vir ons te wys.

wat onder andere XP Matthewson en Ané van Niekerk ingesluit het, het hulle ook goed van hulle taak gekwyt.

Die dramagroep van juffrou Swart het gesorg dat ons lekker lag toe hulle `n toneel met die naam Speel-speel-spel opgevoer het. Jaco Enslin het die hoofrol in die toneel vertolk. Almal het geskater van die lag. Ander lede van die groep

`n Graad 10-leerder het gesê dat dit vir hom baie goed was en dat hy dit baie geniet het. Tamera Venter het ook gesê dat sy nie kan wag om te sien wat volgende jaar se Kultuurdag alles gaan oplewer nie.

Na die briljante toneelstuk het Melanie Momberg die pragtige Haleluja met haar engelstem gesing.

Leiers van Adamantia Deur: Monique Sinden

Hoërskool Adamantia beskik van die beste leiers wat `n mens kán kry. Die leiers is nie net betrokke by die UK of die Algemene Raad nie, maar dit strek veel verder—ook die spankapteine by sport, bestuurslede by Landsdiens en hotelprefekte is hierby ingesluit. `n Skool sonder leiers, kan nie normaal funksioneer nie en baie keer word goeie werk agter die skerms verrig waarvan ander leerders nie eens bewus is nie. Die nuut verkose hoofleiers van die UK vir 2015 is: Simonè Stoltz (Hoofdogter), Martin Visagie (Hoofseun), Wilsca Smith (Onderhoofdogter) en Glenton Wessels (Onderhoofseun). Die Algemene Raad vir 2015 sal volgende jaar gekies word. Dit is hulle taak om die UK by te staan. Die spankapteine doen `n uitstekende werk aangesien vyf spanne van onderskeie sportsoorte hulle ligas gewen het. Dit is dus duidelik dat sonder goeie leiers, op watter gebied ook al, is `n span soos `n skip sonder `n kaptein, en het hulle soms net daardie laaste bietjie motivering nodig om te kan wen.

Hierdie bladsy word geborg deur: DU PLOOY FINANSIëLE BEPLANNING


November 2014 *

7

Sport Te ”cool” vir wedstryde? Dink weer, dink mooi ! Deur: Wilsca Smith

Is jy te “cool” vir jou skool se wedstryde? ’n Skool se sport is net so goed soos die ondersteuners. Links: Ons ysmanne koel ’n bietjie af na die wedstryd.

Die leerders wat aan sport deelneem is baie ongelukkig oor die ondersteuning by hulle onderskeie sportgroepe. Dis elke keer dieselfde gesigte wat by wedstryde opdaag. Adamantia se sport is glad nie so swak soos wat baie van die leerders dink nie. Die rugby het die kleinskole rugbybeker gewen, die netbal het hulle liga gewen en die seunstennisspan wen ook hulle liga. Die hokkie speel ook A-liga. Ons sportspanne verdien dus ’n bietjie ondersteuning. Kyk net hoe goed speel die Springbokrugbyspan voor ’n volgepakte Nuweland of Loftus! Verskeie leerders se mening oor hoekom hy/sy nie die sport bywoon nie, is omdat hulle te lui is om voor die TV. weg te beweeg en hulle is ook nie trots op hulle skool nie. Roché Benade, `n graad 11-leerder voel dat ons al klaar so baie huiswerk en take kry en as ons nog die sport ook moet bywoon, gaan ons by niks uitkom nie en dan is daar nog al die leerwerk ook. Sommige leerders meen hulle wil nie met hulle brose vel die heeltyd in die warm son sit nie (daar is egter baie goeie sonbeskermers op die mark!) en daar word ook nie altyd afgekondig wanneer, waar en hoe laat die wedstryd plaasvind nie (Hallo, dit word elke dag afgekondig − luister net vir `n slag!). As die bepaalde wedstryd nou ook nie in hulle belangstellingswêreld val nie, gaan hulle dit nie bywoon nie. Charlene Sinden in graad 8 sê dat die leerders voorheen wedstryde bygewoon het omdat hulle positiewe punte gekry het, maar die sportkomitee ondersteun self nie die wedstryde nie, so, waarom moet die res dit dan doen? (Wil ’n mens dan net iets bywoon om raakgesien te word?) Van die leerders het die probleem van vervoer as `n verskoning gebruik. Hulle het nie altyd die geld om `n taxi te gebruik nie of die ouers werk net tot so laat dan moet hulle huis toe. Daar word gereeld gekla dat ons skool nie gees het nie, maar wie se skuld is dit? As elke leerder nie bereid is om iets van sy kant af te doen nie, gaan daar nooit ’n goeie gees wees nie. Leerders kan nie verwag dat ’n handjievol ander leerders die gees moet skep en jy doen niks van jou kant af nie. Komaan, Addies, raak betrokke en maak van 2015 ’n “geesvolle” jaar!

Hierdie bladsy word geborg deur: CHARLENE’S STUDIO


Sport Met hart en siel op die sportveld

Met baie harde werk en ure se oefen, behaal Christiaan Voight en Hermus Venter die groot prestasie om in die NoordKaap se gholfspan ingesluit te word. Hulle het in die HEP Tangular IPT in George gaan speel. Dit was ‘n wonderlike ervaring wat hulle verseker nie gou sal vergeet nie − gholf is immers hulle passie. Links: Ons krieketseuns glimlag baie tevrede na nog ’n oorwinning wat hulle behaal het.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.