Die Diamantstad se koerant
Tel (053) 831 2331 Woensdag 12 Junie 2013
www.noordkaap.co.za
GRATIS
6 Uitreik verryk harte
10 Finalis modebewus
13 Pas op vir kloning
16 Edwin geniet sy ruskans
Hats off to you!
PETE VAN ZYL and Marinda le Grange were the most fashionably dressed racegoers at the Rotary Club of Kimberley’s fun evening on Friday. The theme of the event was a mini Durban July with a horse race taking place on a big screen. The public who atten ded the evening could bet on their favourite horse and win some money. The aim of the evening was to raise money. Photo: Ruan Bruwer
Pastoorseun sterf Ruan Bruwer
’n BAIE bekende en geliefde pastoor van Kimberley, Flip Kühn, se jongste seun, Pieter (22), is Maandag in ’n motorfietsongeluk oorlede. Hy sou in Oktober 23 jaar oud geword het. Pieter was saam met vriende op ’n motorfietsrit na Namibië onderweg toe die ongeluk klaarblyklik laat Maandagmiddag naby Keetmanshoop gebeur het. Flip het hom eergisteraand daarheen gehaas. Bitter min inligting oor die ongeluk was gister teen druktyd nog bekend. Die groep wat die motorfietsrit aangepak het, het Sondag vertrek. Pieter het in ’n huis waarin motorfietsry ’n groot passie is, grootgeword. Sy pa, Flip, pastoor van die Bikers’ Church in Kimberley, is ’n ywerige motorfietsryer. Pieter het volgens ’n vriend onlangs weer gereeld begin motorfiets ry nadat hy eers op sy studie gefokus het. Hy het in 2008 aan die Hoër Tegniese Skool (HTS) Kimberley gematrikuleer waarna hy argitektuur aan die Universiteit van die Vrystaat
(UV) gestudeer het. Hy het sy eie argitektuurfirma hier begin. Volgens ’n vriend, Cohan Erasmus, het Pieter nie kennisse gehad nie, maar vriende. “Hy het vriende gemaak met almal wat sy pad gekruis het. Ek kan eerlikwaar sê hy het nooit ’n slegte woord oor iemand te sê gehad ’n ONLANGSE foto nie.” van Pieter Kühn op Volgens Erasmus Facebook. Foto: Facebook was hulle goeie vriende op hoërskool, maar het mekaar ná skool, toe Pieter Bloemfontein toe is, minder gesien. “Wanneer ons mekaar egter raakgeloop het, het ons steeds lekker gesels.” Volgens Johann Steyn, hoof van die HTS Kimberley, het hy nie vir Pieter klas gegee nie en het
hy hom dus nie baie goed geken nie. “Ek kan wel dit sê: Hy het ’n aangename persoonlikheid gehad en het geleef. Pieter het regtig ’n groot sukses van sy lewe gemaak. Dit is regtig ’n groot skok vir ons. Die skool se simpatie en medelye gaan uit na Flip en sy gesin.” Gister teen 21:00 het die eerste mens op Flip se Facebook-profiel medelye begin toon. Daarna het tientalle gevolg. Renthia Brits het geskryf: Niks wat ons vir julle sê, kan jul pyn beter maak nie. Ons het nie woorde om te sê hoe jammer ons is oor jul verlies nie. Ons bid vir julle en weet die Here sal julle dra. Flip het onlangs die volgende inskrywing op sy profiel gemaak: God is groter as enige uitdaging op jou lewenspad. Moenie quit nie, moenie tou opgooi nie. Pieter word deur sy ouers, Flip en Lynette, ’n ouer broer, Kobus (24), en jonger suster, Lyrene (21), oorleef. Hy het ook ’n ouer stiefsuster, Lienka. Geen begrafnisreëlings was gister al bekend nie. Hou gerus ons webtuiste vir inligting daaroor dop.
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013
Vereer vir haar kuns in nuutste kalender ORATILE LOUW, ’n gr. 1leerling aan CBC, se kunstigheid het aan haar die eer besorg dat haar kunswerk in die Santamkinder kunskalender van 2013 ingesluit is. Sy neem lesse aan die Kimberleykunssen trum. Haar werk is een van 13 werke wat gekies is. Die te ma vir die kalender is Die wonderlikste ding in die wêreld. Louw se kunswerk is getitel Die sons ondergang in my ag terplaas. Gaan na Noordkaap se web werf vir die skakel na haar prent en die ander gekose pren te. Hier spog Oratile met haar skets in die kalender. Foto: Verskaf
MICHELLE DU PLESSIS, Mej. Diamantveld 2013, hoop dié komberse sal die kinders in Greenpoint help om die winter se byt te oorkom. Foto’s: Verskaf
Mej. DHS wys só sy gee om Ruan Bruwer
OM as Mnr. en Mej. Diamantveld (DHS) gekies te word gaan met ’n paar verantwoordelikhede gepaard. Een daarvan is dat die wenners gedurende die jaar ’n welsynsprojek moet voltooi. Volgens Mareth Hugo, waarnemende skoolhoof van DHS, is dit vir die skool belangrik om iets aan die gemeenskap terug te gee en met hierdie projek word leerlinge ook van die nood van ander bewus gemaak. Michelle du Plessis, Mej. DHS 2013, het daarom besluit om komberse in te samel. “Ek weet nie hoe dit is om koud te slaap nie en daarom wil ek arm kinders en straatkinders hierdie winter ’n kans gee om die koue te probeer ontduik,” het sy gesê. Die hele skool is betrek en elke leerling is vir ’n kontantskenking of kombers gevra. Haar projek het die hart van Ou Mutual aangeraak en die maatskappy het R6 000 geskenk. Met die bydrae van die borge en die skool se leerlinge kon Michelle 263 komberse aankoop. ’n Steunpilaar van hierdie omgewing, Freda Meiring, het aangebied om Michelle te help om die komberse te versprei. DHS het besluit om verder by te dra en het nog 150 komberse vir die kinders van die Relebohile-sentrum in Diamondpark ingesamel. Saam met die uitdeel daarvan het die kinders ook brood en sop ontvang.
MICHELLE help met die opskep van sop vir die kinders van Greenpoint waar sy onlangs ’n klomp komberse uitgedeel het wat sy ingesamel het.
Konsert vir Lika gehou GELD gaan vir die tweejarige Lika du Randt van Delportshoop, wat sonder beenmurg gebore is, ingesamel word met ’n optrede van Gretha Pers en Wysneus in die saal van die Laerskool Eureka. Lika het ’n beenmurgoorplanting gekry, maar het nou ’n virus opgedoen.
Kaartjies vir die konsert op Vrydag 14 Junie kan by die Laerskool Eureka, asook die Laerskool Newton, die Laerskool Staats en D’frent Clothing in die Diamond Pavilion Mall, gekoop word. Dit kos R60 vir volwassenes en R10 vir kinders jonger as drie jaar.
Hulp met projek gevra WINTERHOOP is ’n landwye insameling van goedere in samewerking met kerke, welsynsorganisasies en die media om die nood in die land in die winter te verlig. Die ACVV Kimberley doen ’n beroep op die publiek om hulle van komberse, warm klere en onbederfbare voedsel te voorsien. Dit kan by die ACVV-kantoor afgegee word. Die ACVV-kantoor kan tussen 07:30 en 16:00 telefonies by 053-831-5815 bereik word.
NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013
3
Ken hul skaakskuiwe
Praat hul pad oop na halfeindronde DRIE redenaars van die Laerskool Staats is deur na die halfeindron de van die ATKVredenaarskompetisie. Hulle is van links Jodi Botha, Henco van der Merwe en Zandrie Grundeling.
DIE Laerskool Staats het vyf spelers wat tot die NoordKaapse skaakspan verkies is. Hulle is van links Lourie van Reenen (o.7), Wicus Diedericks (o.12), Anne Diedericks (o.14), Jodi Botha (o.14), Barco Scheffer (o.10) en Lou rens Scheffer (o.7).
Speel skaak op nasionale vlak Doen hul woord in Afrikaans VIER redenaars van die Hoërskool NoordKaap het na die eindronde van die ATKVredenaarskompetisie vir Afri kaans addisionele taalsprekers deurgedring. Hulle is van links Boineelo Kgoronyane (seniors, tweede addisionele taal), Monique Bredenkamp (seniors, eerste addisionele taal), Cherié Bredenkamp (juniors, eerste addisionele taal) en Zimkitha Duze (juniors, tweede addisionele taal). Foto’s: Ruan Bruwer
SKAAK in die NoordKaap het die afgelope tyd geblom met twee spelers uit die provinsie, Bernize van der Walt (links) en Mininke Smith, wat met ’n plek in die nasionale skaakspan beloon is. Hulle gaan in Desember vir die wêreldjeugskaakkampioenskapsbyeen koms na die Verenigde Arabiese Emirate reis. Slegs drie spelers word per ouderdomsgroep gekies. Mininke is vir die o.8meisie span gekies en Bernize vir die o.12meisiespan. Minike het eers ver lede jaar begin skaak speel.
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013
ATKV verdien lof en steun DIE ATKV verdien die steun en samewerking van alle Afrikaanssprekendes vir sy poging om van Afrikaans een van die ampstale te maak wat deur regeringsinstansies oor die land heen gebruik word. Behalwe vir Engels het die ANC-regering die ander tien amptelike tale gruwelik verwaarloos. Ingevolge die Grondwet moes die regering ’n talewet in werking stel wat die ander ampstale ook bevorder. Daarmee het die regering anderhalf dekade gesloer totdat die taalaktivis Cerneels Lourens hom in die hof gedwing het om dit te doen. Opsigself spreek dít boekdele van die regering se erns met die ander ampstale. ’n Talewet is nou van krag. Een van sy regulasies is dat nasionale departemente en openbare ondernemings soos Telkom binne die volgende 18 maande drie
ampstale vir gebruik moet aanwys. Die ATKV wil hom in dié tyd daarvoor beywer dat Afrikaans een van dié drie ampstale moet word. Hy het ’n sterk saak. Afrikaans is onder die drie mees gebruikte tale in ses provinsies en is 13,5% van die bevolking se huistaal. Die ATKV gaan twee uitdagings moet oorkom. Die een is die wanopvatting onder baie mense dat Afrikaans nie ’n inheemse taal is nie. Die ander is dat Afrikaans die taal van die verdrukker is. Dr. Danny Titus, uitvoerende direkteur vir kultuur van die ATKV, was ’n universiteitstudent toe die ’76-opstande uitgebreek het. Hy het ook gestruggle teen apartheid – in Afrikaans. Afrikaans was die taal waarin hy apartheid beveg het. Sê gerus vir hom sy huistaal is die taal van die verdrukker.
SKETS: Danie Cronjé.
Leer eerder onreg reg bestuur Hannes Noëth AI, en daar steel hulle toe mos nou verlede week Ousus se selfoon. Twee blokke van die huis af. Uit die voertuig. Eintlik maar ’n hele sameloop van omstandighede. Tydens die musiekeksamen is die logiese reëling: geen selfoon nie. Onbewus daarvan dat Ma die voertuig gaan laat was, glip sy die foon agter die voertuig se sitplek in. Twee uur later is Ma se voertuig skoon, Sus se eksamen klaar en die foon weg. Kenmerkend van Suid-Afrika se onbetroubaarheid kan ons sug. Dit is maar een van daardie dinge, kan ons gelate aanvaar. Tog het die impak van so ’n “klein” misdaad gevolge. In ons huisgesin is dit ’n ramp wanneer so iets gebeur. In ’n groot gesin moet jy
redelik netwerk om almal altyd betyds oral te kry. Ousus is die kommunikasie na Jonger Sus. Tog dierbaar hoe ’n mens in so ’n tydjie planne maak, tot Babasus bring haar foon van R2,99 om te kyk of Sus nie beter voel nie . . . Vir Ousus wil ek sê: Die lewe is nie altyd regverdig nie. Dit is maar ’n voorbeeld van baie onreg wat oor jou lewenspad sal kom. Hoe ’n mens onreg bestuur, sal jou ’n sterker en beter mens maak. Onreg word nooit reg nie, maar ’n mens kan leer om onreg reg te bestuur. Ek is regtig jammer dat jy nou ’n
GEBEURTENISSE op 12 Junie in die geskiedenis: 1929 – Die Nasionale Party (NP) wen 78 van 148 setels in die algemene verkiesing. Genl. JBM. Hertzog, sedert 1924 aan die bewind, bly die premier. 1948 – Dr. Anton Rupert se Rembrandt-tabakmaatskappy stel sy eerste sigarette bekend. 1963 – Pretoria ervaar sy koudste dag in 110 jaar toe temperature nie hoër as 8°C styg nie. 1964 – Nelson Mandela, Walter Sisulu, Govan Mbeki en vyf ander swart leiers word met die voltooiing van die Rivoniahoogverraadsaak tot lewenslange BERIGTE oor Kimberley wat die afgelope week nuus gemaak het: ) Die hooggeregshof in Kimberley sal op 16 Augustus ’n verduideliking van die NoordKaapse premier aanhoor oor waarom die provinsie se taalwet nog nie ingestel is nie. Dit kom nadat die taalregte-aktivis Cerneels Lourens stukke in die Noord-Kaapse hooggeregshof uitgereik het waarin hy die premier daag om die versuim om die Noord-Kaapse taalwet te finaliseer te kom verduidelik. ) Die aansoek om ontslag van Michael van Rensburg, wat daarvan aangekla word dat hy in Mei 2010 diamante van sowat R1,2 miljoen uit die Harry Oppenheimer House (HOH) gesteel het, is geweier. Regter Mpho Mamosebo het gesê sy is tevrede daar is genoeg bewyse om met die saak voort te gaan. ) Die minister van minerale hulpbronne, Susan Shabangu, het in haar openingsrede op die Kimberley-proses (KP) se sertifiseringstelsel gesê die organisasie moet eerder nuwe lede werf as om tugstappe teen oortreders te doen. Uiteenlopende menings is gelug oor die maniere waarop opgetree moet word wanneer konflikdiamante ter sprake is. ) Die omstrede John Block, LUR vir finansies, ekonomiese sake en toerisme, en Alvin Botes, LUR vir maatskaplike dienste, het die verwagte valbyl ontduik en hul
Die Diamantstad se koerant
Tel. Faks
053 831 2331 053 831 2330
Posbus 1583 Kimberley 8300
tydjie sonder ’n foon sal moet wees. Vir die selfoonboef wil ek sê: Ek glo jy het dit nodiger gehad as ons gesin. Ek vind dit moeilik om te dink dit gaan vir jou vreugde of enige seëninge bring. Ek is nie vir jou kwaad omdat jy die foon gevat het nie. Ek is vir jou kwaad omdat jy my kind ’n onreg aangedoen het. Ek is vir jou kwaad omdat jy haar vertroue in ’n medemens geskok het, omdat jy selfs die sekuriteitsruimte van ’n voertuig nie gerespekteer het nie. Tog kon jy maar net die foon vat – ons gesinsvreugde, ons saamlag en spot agterna, ons onreg wat ons reg bestuur – dít is dinge daardie wat jy nie aan kon raak nie. Intussen leer ek Sus om die onreg te bestuur . . .
tronkstraf gevonnis. 1977 – Gekleurde studente word amptelik aan die Universiteit van Stellenbosch (US) toegelaat. 1989 – Die “Broederstroom Drie”, lede van die ANC se verkenningseenheid, beken skuld en word weens terrorisme gevonnis. 1990 – Die ANC en die Pan Africanist Congress (PAC) onderteken ’n ooreenkoms waardeur hul lede aan die Oos-Rand tot politieke verdraagsaamheid verbind word. Geboortes op die dag: 1932 – Mimi Coertse, Suid-Afrikaanse sopraan. 1932 – Patrick Mynhardt, Suid-Afrikaanse rolprent- en teaterakteur (sterf in 2007). 1935 – Fanie Kuhn, wat tussen 1960 en 1965 in 19 toetse vir die Springbokke in die voorry gesak het. 1981 – Gürthro Steenkamp, Springbokvoorry met 32 toetse agter sy naam. 1983 – Bryan Habana, rekordhouer vir die meeste toetsdrieë vir die Springbokke.
plekke in premier Sylvia Lucas se uitvoerende raad behou. Alvin Botes is nou LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Kenny Mmoiemang is die nuwe speaker in die plek van Boeboe van Wyk en Mac Jack word LUR vir vervoer, veiligheid en sekuriteit in die plek van Patrick Mabilo wat Sylvia Lucas se ou portefeulje, omgewingsake en natuurbewaring, oorneem. Chukelwa Chotelo, tot nou toe die wetgewer se voorsitter van voorsitters, is in Botes se plek as LUR vir maatskaplike ontwikkeling aangestel. ) Landbouprodusente moet koelkop bly wanneer politici hulle die volgende 11 maande tot die volgende verkiesing vir alles gaan beskuldig wat die afgelope 19 jaar in die land verkeerd geloop het. Só het Henk van Wyk, president van Agri-Noord-Kaap, in sy openingsrede op die jaarlikse provinsiale kongres van die Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO) gesê.
Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw
NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013
Vadersdag só begin Beloon met lidmaatskap SCHALK VAN DER MERWE, ’n oudleer ling van hier en ’n tweedejaarstudent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) waar hy BSc Wiskunde en Toege paste Wiskunde stu deer, is genooi om ’n lid van die Golden Key International Honour Society te word. Dit is ’n orga nisasie wat wêreld wyd erken word en aan studente erken ning vir akademiese prestasie, leierskap en gemeenskaps diens gee. Slegs 15% van akademie se toppresteerders van ’n spesifieke universiteit word genooi om ’n lid te wees. Die voordele vir ’n Golden Keylid sluit in internasiona le beurse en eerbe wyse, uitnodigings na konferensies en beroepsgeleenthe de. Schalk het in 2011 aan die Hoër skool Adamantia gematrikuleer. Foto: Verskaf
VADERSDAG is die dag waarop pa’s agteroor kan sit, hul hande die saligheid belowe en heerlik bederf word. Dit word jaarliks op die derde Sondag in Junie gevier. Die oorsprong van dié spesiale dag was in Spokane, Washington. Sonora Smart Dodd het die idee hiervoor gekry terwyl sy in 1909 na ’n Moedersdagerediens geluister het. Ná haar ma se dood is sy deur haar pa, Henry Jackson Stewart, grootgemaak. Sy vrou is in 1889 oorlede en hy moes self hul ses kinders grootmaak. In sy dogter se oë was hy die liefdevolste en onselfsugtigste ouer. Dodd wou graag haar pa laat weet hoe spesiaal hy vir haar was en omdat hy in Junie verjaar het, het sy dié maand vir Vadersdag gekies. Die voorstel het wye steun van verskillende instansies op haar tuisdorp ontvang. Dit was dus deur haar toedoen dat die dorp Spokane in Washington op 19 Junie 1910 die eerste Vadersdag gevier het. In 1924 het pres. Calvin Coolidge van Amerika die derde Sondag in Junie as Vadersdag geproklameer.
Wenke om Pa dié Sondag te bederf BEDERF jou pa (of man) die Sondag op Vadersdag. Hier is wenke om die dag spesiaal te maak: ) Bring vir Pa ontbyt in die bed saam met die Sondagkoerant. ) Oorhandig saam met die ontbyt aan hom ’n kaartjie en ’n geskenk. ) Die groot geheim met ’n Vadersdagontbyt is dit moet kos wees waarvan hy hou. ) Wees gehoorsaam. ) Was en poleer sy motor. ) Hou ’n Vadersdagbraai of –piekniek en laat hom net agteroor sit en die dag geniet. ) Berei sy gunsteling-geregte voor spesiaal soos hy daarvan hou. ) Bied aan om die skottelgoed te was. ) Laat hom ’n middagslapie geniet. ) Pa’s waardeer gewoonlik enigiets van biltong, warm wolsokkies vir die winter, boeke en musiek of praktiese, standaard-Vadersdaggeskenke soos ’n das of sokkies vir werk.
TUESDAY, 18 June: Keith Williams, manager: Environmental Health at the Sol Plaatje Municipality, will speak on waste management in the municipality at the next Wessa public meeting. The venue is the Lady Oppenheimer Hall, McGregor Museum. Everyone is welcome. It starts at 18:30. The cost for non-Wessa members is R10. Phone Suzanne on 082-849-7655 with any queries. Saterdag 22 Junie: Stillerweë-huis vir bejaardes, geleë op Kestellhof, bied sy gewilde jaarlikse basaar en kindernaweek aan. Die verrigtinge begin om 09:30. Alles wat jy van ’n basaar kan verwag – lekkernye soos kerrie-en-rys, vetkoek, lewerkoekies, koeksisters, yankees, poeding, koeke, terte, beskuit, pannekoek en braaivleis – sal hier genuttig kan word. Op die basaar sal ook boeke, naaldwerk en ander wit-olifantprodukte verhandel word. Saterdag 22 Junie: ’n Byeenkoms van die Diamantveld-tak van die Genealogiese Vereniging van Suid-Afrika vind om 10:00 in die kerksaal van die Gerefor-
meerde kerk Kimberley plaas. Johan Pottas van die Vrystaat-tak, verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), gaan die lede touwys maak in familienavorsing. Hy is ’n bekende op die gebied en het al verskeie boeke oor die onderwerp die lig laat sien. Bel die takvoorsitter, Petrus Fourie, by 081-330-6585. Saterdag 22 Junie: Die country-sangerbroers Tony en Harry Campbell van die groep Die Campbells tree om 21:00 in die Springbok Pub op. Toegang is R100. Tuesday, 25 June: Everything you should know about the basics of creative writing, poetry and publishing can be learned at a creative writing workshop presented by Ricky Groenewald, owner of The InkSword Publishing. The workshop will be presented at the Kimberley Library hall from 10:00 to 11:30. Attendance is free. This is for gr. 10 to gr. 12 learners only. If you are interested, register before 14 June. Direct enquiries to Mariëtte or Santie on 053-830-6241/2. ) The InkSword is a
local black-owned independent publishing company dedicated to creatively produce African stories on a multi-medium platform for global appeal.
5
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013
Reik uit na San-mense Ruan Bruwer ANSORI STRAUSS, voorsitter van haar skool se Landsdiensklub, het die nood van die San-gemeenskap op Schmidtsdrift raakgesien en uit haar eie die leiding geneem om iets vir hulle te doen. Sy het die Hoër Tegniese Skool (HTS) Kimberley se Landsdiensklub gevra om haar te help en Thuli Molebalwa, voorsitter van die HTSlandsdiensklub, het daartoe ingestem. Baie klere is vir die behoeftige mense ingesamel, asook lekkernye om die kinders ’n bietjie te bederf. Volgens Strauss het dit haar laat besef waarvoor ’n mens dankbaar kan wees. “Dit laat jou ook besef die dinge wat jy vanselfsprekend ontvang, is die dinge waarvoor ander mense elke dag bid. Die projek het ’n verskil in daardie mense se lewe gemaak, want jy kon ’n glimlag op hul gesig plaas.” Molebalwa meen die uitreik was ’n seëning. “Ek is baie dankbaar en bly dat ek ’n verskil kon maak. Dit
ANSORI STRAUSS het letterlik ’n glimlag op kinders van Schmidtsdrift se gesiggies gesit met haar onlangse uitreik aksie na die Sangemeenskap. Foto: Verskaf is nie elke dag dat jy die geleentheid kry om deel van so iets te wees nie. Die glimlaggies op daardie kinders se ge-
siggies is kosbaar,” het hy gesê. Strauss is in matriek aan die Hoërskool Noord-Kaap.
NIHE confers qualifications Reporter DEGREES and diplomas were conferred to 203 students of the National Institute for Higher Education (NIHE) Northern Cape at the graduation ceremony. A further 37 students received their degrees at a graduation ceremony held in Upington. The award winners in the different programmes are as
follows: Estelanie van Zyl (BEd.: NWU), Ruben Roberts (BCom.: UFS), Onkabetse Motsumi (BTech. in Public Management: CUT – cum laude), Hannes Kleingeld (National Diploma in Public Management: CUT – cum laude), Kulsum Gany (BTech in Tourism Management – Unisa), Tshiamo Tomas (National Diploma in Tourism Management – Unisa), Aabidah Mahri (BA Social Work – Unisa), Na-
tasha Beangstrom (BSocSc.: UFS – with distinction) and Sylvester Oliphant (Diploma in Choral Directing: UFS – with distinction and the highest average mark). The Faculty of Economic and Management Sciences yielded the most qualifications – 135 in total – followed by the Faculty of Education with 90 and the Faculty of Human and Social Sciences with 15 degrees and diplomas.
NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013
Neem dié Vrydag aan kompetisie deel HET jy ’n stem wat net wag om ontdek te word? Dan moet jy jou beslis vir Noordkaap se Spontaan 2013-kompetisie inskryf. Die oudisie vir die sangkompetisie vind op Vrydag 21 Junie om 14:00 in die Diamond Pavilion Shopping Mall plaas. Die presiese plek is die winkelruimte langs die Wimpy aan die suidekant
van die sentrum. Oudergewoonte kan groot pryse op die eindronde gewen word: ) SpecSavers: Agt Infinity-sonbrille en agt koopbewyse van R250 elk. Die algehele waarde is R5 200. ) Z PR Communications and Public Relations Consultants: ’n Publisiteits- en bemarkingskontrak van R5 000 vir elke
finalis, insluitend ’n konsultasie met die Z PR-span, ’n professionele CV, die ontwerp van ’n CD-omslag en besigheidskaartjies, die ontwerp en skryf van ’n professionele profiel, die skep van ’n Facebook-profiel en vyf nuusverklarings. Die algehele waarde vir al die finaliste is R40 000. ) PwC gee vir die wenner: R1 000
kontant, naaswenner: R700 kontant en derdeplekwenner: R300 kontant. ’n Totale prysgeld van R2000. ) Atlantis-gastehuis: Verblyf van R4 100. Die wenner, naaswenner en derdeplekwenner kry elkeen drie nagte se verblyf vir twee mense, ontbyt ingesluit. ) PCB Productions: ’n Fotografiesessie vir die wenner,
naaswenner en derdeplekwenner van R2 100. ) Absa: ’n Geskenkpak van R500 vir elke finalis. ) Music Inc gee vir elke finalis ’n TT1-mikrofoon, vir die wenner ’n koordlose mikrofoonstel met ’n staander en vir die tweedeplekwenner ’n mikrofoonstaander. Die algehele waarde van die prys is R6 600.
DIE reëls vir die Spontaan-kompetisie is: ) Jy moet op 1 Julie 16 jaar of ouer wees om deel te kan neem. ) Vir die streekkompetisies in Kimberley, Bloemfontein en Welkom en op Kuruman, Kroonstad en Bethlehem moet deelnemers enige liedjie van hul keuse sing. ) Slegs kunstenaars wat kontemporêre musiek sing, sal in aanmerking vir die kompetisie geneem word. ) Jy moet jouself begelei. ) Slegs soliste. ) Jy moet self die klankbane (backtracks) en ander toerusting vir die streek-oudisies verskaf. Spontaan sal die klank vir die eindronde van die kompetisie verskaf. ) Die wenner van elke streekkompetisie sal net ná die uitdunronde aangekondig word.
) Die beoordelaars behou die reg om nie ’n streekwenner te kies nie indien ’n gepaste kandidaat nie vir die streek beskikbaar is nie. ) Indien jy as streekwenner aangewys word, moet jy vir die eindronde in Bloem- fontein vyf liedjies gereed kry. ) Jy moet jou eie klankbane of begeleiding vir die eindronde verskaf. ) Die eindronde is op Saterdag 13 Julie in Bloemfontein en indien jy een van die finaliste is, moet jy jou eie vervoer en verblyf (indien nodig) reël. ) Registrasie vir die oudisies is nie vooraf nie nodig nie. Daag net by die oudisie op en registreer jou daar deur R20 te betaal. ) Oudisies vind hier plaas: Kuruman: Donderdag 20 Junie. Tyd en plek moet nog bevestig word. Bloemfontein: Donderdag 13 Junie
om 17:00; Saterdag 15 Junie om 09:00 en Saterdag 22 Junie om 09:00. Almal in Volksblad
se gebou. Welkom: Donderdag 13 Junie om 13:00 in die Metro-teaters in Stateway.
Kroonstad: Dinsdag 18 Junie om 14:00 in Tafelronde 42 se klubhuis.
Reëls vir Spontaan lui só
7
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013
NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013
9
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013
LEERLINGE van die Laerskool Herlear sit hand by met die plant van bome by hul skool. Links is Chantelle Olivier, finalis vir Mej. Earth SuidAfrika. Foto’s: Verskaf
Model as finalis aangewys Ruan Bruwer
CHANTELLE OLIVIER, die model.
HAAR agtergrond in modelwerk het moontlik die deurslag gegee in Chantelle Olivier se aanwysing as ’n finalis in Mej. Earth Suid-Afrika. Sy wil egter nie net ’n finalis wees nie, maar ’n ware aanspraakmaker om die titel op die spel. Daarom het sy tussendeur ’n belangrike matriekeksamen steeds tyd vir haar projekte gemaak wat van haar vereis word. Dit het soms tot laat aande gelei. Haar gesin en kêrel, Hanco Swart, het darem hand bygesit waar hulle kon. Chantelle, matrikulant aan die Hoërskool Diamantveld, het by die Laerskool Herlear boompies geplant en die jongelinge by die skool ’n bietjie van die proses, sowel as energiebesparing, geleer. Verder het sy vir NG Welsyn klere ingesamel en op die oomblik maak sy nog kos vir die DBV en ander behoeftiges bymekaar. Sy moet oor haar projekte wat sy aangepak het, verslag doen. Sy reken egter modelwerk en kennis
oor goed wat ’n Mej. Earth Suid-Afrika behoort te weet, sal vir meer as die projekte in die eindronde tel. Volgens Chantelle het haar ma, Ina, haar op ’n dag gesê sy het haar vir die kompetisie ingeskryf. Die inskrywings moes foto’s bevat en met die beoordelingsproses is sy aan ’n onderhoud onderwerp en moes sy as model haar slag op die verhoog wys. Dié kon sy goed doen vanweë haar agtergrond in modelwerk. “Ek het van kleins af in modelwerk belang gestel en is baie modebewus. Ek het ’n geleentheid gehad om modelwerk oorsee te gaan doen, maar daarteen besluit. “Modelwerk is iets wat ek vorentoe steeds sal oorweeg. In die stadium is die plan dat ek volgende jaar opvoedkundige sielkunde aan die Noordwes-universiteit gaan studeer,” het sy gesê. Kobus Strydom, skoolhoof van Herlear, sê bome is altyd ’n geskenk en hulle sal seker maak die boompies kry genoeg water om te groei.
CLARESESJERI DE MEILLON (left) and Tsholo felo Ndlovu of Kimberley Girls’ High will travel to America on Fri day to participate in a People to People Leader ship Summit. They will take part in various activities along with other stu dents from around the country. During the programme they will have opportunities to learn about effective leadership and how to develop their own leadership skills, as well as how to apply these skills upon returning home. The programme offers learners a uni que blend of specialised educational, leadership and cultural exposure, as well as itineraries filled with the highlights of their hosting communities. Both girls will spend ten days at tending the Medicine and Healthcare Summit at the Johns Hopkins University in Baltimore. Photo: Supplied
PABALELO OTSHELENG is die wenner van vanjaar se TTEP (Toyo ta Tegniese Opleidingsprogram) aan die HTS Kimberley. Die pro gram vir gr. 11 en gr. 12leerlinge strek oor twee jaar en word ná ure aangebied waarna die leerlinge getoets word en die beste pres teerder gekies word om die skool op nasionale vlak te verteenwoor dig. Die doel van die program is om toe te sien dat tegniese leerlinge gedetailleerde opleiding, spesifiek in die motorbedryf, ontvang. Die HTS Kimberley het die vorige agt jaar nog elke keer ’n leerling onder die topdrie in die land gehad. Van links is Johan Steyn, skoolhoof, Teddy Alamo, naaswenner, Dawid Badenhorst, derde, Pabalelo, eerste, en Danie Fourie, aanbieder van die program. Foto: Verskaf
Skool se kore presteer DIE twee kore van die Hoërskool NoordKaap het op die onlangse Vrystaatse kunswedstryd in Bloemfontein puik
gepresteer. Die gemengde koor het ’n A+- en die meisiekoor ’n A++-simbool behaal.
NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013
11
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013
Reünie binnekort gehou
DIE Hoërskool Hartswater vier van 9 tot 11 Augustus sy 60-jaar-reünie. Rig navrae of
besprekings aan 053-474-1512, hartssek@vharts.co.za of issiebecker@gmail.com.
NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013
Pas op vir FB-kloners DREIGOPROEPE, geskende reputasies en selfs naakfoto’s wat op Facebook-profiele geplaas word, is van die gevolge van gekloonde Facebook-profiele waarmee forensiese en digitale veiligheidsmaatskappye al hoe meer te doen kry. Die kloner gebruik die besonderhede van iemand se woongebied, werk, opleiding en familie om ’n nuwe profiel te skep wat die oorspronklike dupliseer. Vernederende boodskappe word dikwels op ’n gekloonde profiel geplaas om ’n slagoffer se reputasie te skend. Hul vriende kan ook sulke boodskappe ontvang met die indruk dat die oorspronklike profiel dit gestuur het. As mense hul foonnommers en e-posadresse op Facebook aandui en ’n gekloonde profiel bevriend, kan dié inligting ook bekom word. Wat as jou profiel gekloon word? Meld dit by Facebook aan. Klik op die Settings-knoppie op die profiel en kies die Report- of Block-opsie. As ’n misdaad met die gekloonde profiel gepleeg word, meld dit dadelik by die polisie aan. Dit sluit veral gevalle van laster en cri-
men injuria in. Facebook hanteer die klaer as anoniem en hersien dit volgens
sy “gemeenskaplike standaarde”, waarna die profiel verwyder word.
13
14
NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013
HERSTEL VAN WINDPOMPE. Toets en skoonmaak van boorgate. Installering en herstel van dompelpompe en sonpompe. Skakel Tertius Malan 072 310 6577. PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194. UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAKS 053 832 1951
VOETSORG- PRAKTISYN/FOOT HEALTH PRACTITIONER. Tans in Engeland en beoog om 'n voetsorgpraktyk in Kimberley te begin. Wil baie graag die inwoners van Kimberley en omliggende dorpe in die Noord-Kaap vra om my te kontak: Anneke by epos: WS408@aol.co.uk of mev. Jacobs. Skakel/SMS 073 518 2477 vir enige navrae. Wil baie graag die behoefte/belangstelling peil. Knip van toonnaels. Diabetiese voetsorg en advies. Verwydering van eelte en pynlike liddorings. Behandeling van ingroeitoonnaels, vratte, enige pyn en ongemak, ens. Sal graag dienste lewer by ouetehuis, aftreeoorde en ook tuisbesoeke doen.
TABLE CHARM: If you want to sell and make more money. SMS your name and address to: 073 701 5214.
TE KOOP GEVRA vir kontant: Motors of bakkies. SMS 072 472 8686 of skakel 053 963 1409.
122 ADA GEORGENA ENGELBRECHT In die boedel van wyle Ada Georgena Engelbrecht, identiteitsnommer: 191031 0005 086 van Acacia Aftreeoord, Jacobsonlaan 47, Kimberley. Meester se verwysing:
NAALDWERKSTIKSTER MET ERVARING, handvaardigheid en algemene rekenaarvaardigheid word benodig. Skakel 073 170 1163 vir verdere navrae.
2460/2009.
Die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in die bogemelde boedel sal ter insae lê te die kantore van die Meester van die
Hooggeregshof KIMBERLEY vir 'n periode van 21 (een en twintig) dae vanaf 14 Junie 2013.
HPA VENTER DUNCAN & ROTHMAN Prokureurs vir Eksekuteur
DUNCAN & ROTHMAN GEBOU CHAPELSTRAAT 39 - 43 KIMBERLEY 8301 Verw: HV/jm/Van 166/0083
BRIDGING CASH while waiting for
PENSION/ PACKAGE payout (lump sum only)
Cash same day
086 1101 388 083 6700 788
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
FOUTE/KORREKSIES/KANSELLASIES Die verantwoordelikheid berus by die adverteerder om seker te maak dat sy advertensies reg verskyn en om foute voor 10:00 op dag van 1ste publikasie onder die aandag van Volksblad te bring. Volksblad aanvaar nie verantwoordelikheid vir meer as een foutiewe plasing nie. Krediet en gratis plasings sal nie gegee word vir tipografiese foute wat nie die impak van die advertensie beïnvloed nie. In die geval van ‘n kansellasie moet u op ‘n stakingsnommer aandring as bewys. Volksblad verifieer sover moontlik die identiteit van die adverteerders, maar kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir die inhoud en die geldigheid van aansprake in die advertensies nie. * Sodra ‘n advertensie teruggelees word en deur adverteerder as korrek bevestig is (inhoud/hofie/datum), kan daar nie aangedring word op ‘n gratis plasing nie. * Indien daar per faks met Volksblad Netads24 gekommunikeer word, moet die adverteerder die ontvangs daarvan telefonies bevestig met Volksblad by 051 404 7757. * Volksblad aanvaar nie verantwoordelikheid vir posisionering van advertensies nie. * Die onus berus op die adverteerder om hom/haar te vergewis van sluitingstyd. * Geen advertensie sal geplaas word indien adverteerder nie die korrekte bedrag inbetaal nie. * Advertensies kan slegs in Engels óf Afrikaans geplaas word. Geen woorde sal in aanhalingstekens geplaas word nie. * Advertensies mag nie met syfers of “AAA” begin nie. Hofie 48 mag met telefoonnommers begin. * Lewende hawe mag met syfers begin.
NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013
Knap sportkennis met kompetisie op HOE goed is jou sportkennis? Is jy die voorbok wanneer rondom vleisbraaivure oor sportstatistieke gestry word? Jy kan in Noordkaap en SuperSport se sporttrivia-kompetisie jou reputasie as sportkenner ’n hupstoot gee. Ná ’n blaaskans gaan ons weer weekliks met lesers ’n paar sportfeite en -statistieke deel en in die laaste uitgawe van elke maand drie vrae vra. Die antwoord kan uit die vorige weke se inligting kom of nie. Die leser met die korrekte antwoorde wie se naam getrek word, sal ’n geskenkpak van R250 van SuperSport wen. Hier is ’n paar interessanthede, almal oor die toernooi om die Kampioene-trofee wat in Engeland en Wallis aan die gang is: ) Nadat die Proteas in 1998 in die eindstryd koning gekraai het, kon hy nie weer tot die eindstryd vorder nie. Die naaste wat hy daaraan gekom het, was in 2000 en 2002 toe hy albei kere in die halfeindronde teen Indië slae gekry het en in 2006 toe hy ook in die halfeindronde teen die WesIndiese Eilande vasgeval het.
) Nadat Suid-Afrika in 1998 en 2002 oor die Windies, sy teenstander Vrydag, geseëvier het, het hy sedertdien elke keer (in 2004 en 2006) teen die eilandbewoners verloor. Chris Gayle van die Windies is met 734 lopies oor die jare heen die grootste lopievraat in die toernooi. Suid-Afrika se Jacques Kallis het 653 gemoker wat die derde meeste is. ) Kyle Mills van
Nieu-Seeland se 24 slagoffers is die meeste in die toernooi se geskiedenis. Jacques Kallis met 20 paaltjies is vyfde op die lys. ) Indië se 331/7 wat hy verlede week teen Suid-Afrika aangeteken het, is die naasmeeste in die geskiedenis van die toernooi. Suid-Afrika se hoogte telling was 316/5 wat hy in 2002 teen Kenia behaal het.
ZERO TOLERANCE TO FRAUD AND CORRUPTION The Northern Cape Department of Social Development adopts a “zero tolerance” to fraud and corruption and declares its intention to service the Northern Cape without compromise. BLOW THE WHISTLE ON FRAUD AND CORRUPTION and PROMOTE ZERO TOLERANCE ON FRAUD. WHAT IS YOUR RESPONSIBILITY AS AN EMPLOYEE?
In terms of the code of conduct of the public service, chapter 2 of the public service regulations, you are prohibited from using your official position to get benefits and favours. WHY SHOULD OUR SERVICE PROVIDERS CARE ABOUT FRAUD AND CORRUPTION?
A service provider found guilty of dealing in tender corruption can be listed on the register for tender defaulters at National Treasury. This means that you will be banned from doing business with government for between 5 and 10 years. This register is also open to the public. Example: Corruption with service providers is where a person pays a bribe or requests a bribe to be awarded/to award a contract. The gratification is money or gifts received entertainment, loans, employment or any other benefit. If you offer a bribe you are already guilty of corruption!
In light of the above, the Department of Social Development hereby request members of the public who suspects fraud and corruption, should contact National Anti-Corruption hotline at 0800 701 701 and Presidential hotline at 17737.
15
16
NOORDKAAP, WOENSDAG 12 JUNIE 2013
Sport Die Diamantstad se koerant
Blink uit in sy eerste toets WILLIE LE ROUX het Saterdag in Durban Griekwas se 62ste speler geword wat die Groen en Goud oor sy kop getrek het toe hy sy bui ging vir die Spring bokke teen Italië op heelagter ge maak het. Hy het ’n uiters bevredigende wedstryd gehad. Nog ’n speler wat by Griekwas Bok ge word het, Bjorn Bas son, was ook kook water. Foto: Christaan Kotzé
Skolespanne gekies Ruan Bruwer DIE Griekwaland-Wesse hoërskolespanne wat in die komende skoolvakansie aan die onderskeie rugbytoernooie gaan deelneem, is pas gekies. Griekwas se o.18-span wat van 8 Julie tot 13 Julie aan die Cravenweek in Polokwane gaan deelneem, is: Ryan de Wee (Hoërskool Noord-Kaap – HNK), Leon Becker (HNK), Dimitrio Tieties (HNK), Luke Mason (HNK), Kat Mabaleng (Landboudal), Wentzel Mathuys (Prieska), GM Bruwer (HNK), Jacques van Zyl (Diamantveld – DHS), Nardus Bosman (DHS), BJ Miller (Hartswater), Bradley Leijdekkers (HNK), Thulani Njenje (HNK), Doctor Booysen (HNK), Daniël van Zyl (DHS) en Obakeng Pholoholo (Hartswater). Plaasvervangers: Willie van Aswegen (HNK), Francois Jacobs
(Landboudal), Nico Graaff (HNK), Gerhard Holtzhausen (HNK), SaintArt Pergoa (De Aar), Aldro Heyns (HNK) en Jacques Nel (DHS). ) Griekwas se o.18-span wat van 1 tot 5 Julie aan die Akademieweek in Durban gaan deelneem, is: Morné Morollong (Douglas), Mpho Molete (HNK), Standon Bouer (Colesberg), Abroné Tieties (Prieska), JD Swanepoel (DHS), Deon van Zyl (DHS), Dylan Welsh (HNK), Janco Scholtz (Prieska), Weeden Scheepers (Homevale), Danie du Toit (Landboudal), Ronaldo Paulton (HTS Kby), Kosie Human (De Aar), Lesego Mokalaka (HLNK), Christo Botma (Landboudal) en PG Brand (DHS). Plaasvervangers: Donald More (Vaalharts), Geo Davel (HNK), Kagiso Senwedi (HTS Kby), Mosa Mocumi (Kby Boys’ High), Xander Rediker (Hartswater), Morris Rossouw (Land-
boudal) en Heinville Lewies (Richmond). ) Griekwas se o.16-span wat van 1 tot 6 Julie aan die Grant Komo-week in VanderBijlpark gaan deelneem, is: Joshua Swarts (HNK), Giovano Swarts (Vaalharts), Danielo Huyster (HNK), Gerlo Nortje (DHS), Jacques Beukes (De Aar), Lourens Steenkamp (Landboudal), André Sher (HNK), Johan Joubert (DHS), Desmond van Rooyen (Warrenton), Janco Cloete (Upington), Algurnand Heins (HNK), Lehan Viljoen (HNK), Vannas Heroldt (DHS), Simbulele Mweba (Landboudal) en Boan Venter (De Aar). Plaasvervangers: Phemelo Seleko (HLNK), WJ Bester (Hartswater), Hannes Jacobs (HNK), Ryan Doizeb (Colesburg), Derick Minnie (HNK), Janus Wessels (DHS) en De-Angelo Prins (VictoriaWes-Akademie).
Hewitt values team camaraderie TYDENS die Curriebekerreeks is hulle gereeld helde wanneer hulle bo verwagtinge presteer en met die groot honde in die reeks saamgesels en selfs verslaan het. Veral sedert 2006 is bestendigheid in die Curriebekerreeks en Griekwas sinoniem met die Poubloues wat nooit slegter as sesde uit die 14 spanne in die reeks gevaar het nie. In 2009 en 2012 was hulle vyfde op die puntelys en elke keer bitter naby aan ’n plek in die halfeindronde. Ons stel oor die volgende paar maande die Griekwa-spelers wat diens in die Curriebekerreeks gaan doen, in ’n profiel bekend. Die Engelse spelers se profiele sal in Engels verskyn, soos vandeesweek s’n. Ruan Bruwer EDWIN HEWITT (25) joined the Griquas in 2010 after doing well for the Pukke in that year’s Varsity Cup series. He made his debut for the Peacock Blues in the 2010 Currie Cup match against the Free State Cheetahs in Kimberley (Griquas lost 28-33) when he replaced Luvuyiso Lusaseni early in the second half. He has since played 24 matches (12 Currie Cup and 12 Vodacom Cup matches) for the Griquas. Noordkaap asked him the following 15 questions:
EDWIN HEWITT Where did you grow up and what high school did you attend? In Brits and attended the Afrikaans Hoër Seunskool (Affies). Can you remember the very first try you ever scored? It was in gr. 1 for Oliënpark Primary. Who was your rugby hero when you were young? André Venter (former Springbok flanker of the Free State). What is your biggest rugby moment or achievement? Playing in
the 2012 Vodacom Cup final. And your biggest disappointment in rugby? Getting injured. What does it take to be a good provincial rugby player? Perseverance and commitment. When did you first see yourself playing on television? In the 2010 Varsity Cup series whilst playing for the Pukke. What is the funniest thing that ever happened to you or a team mate on the rugby field? When the opposition kicked off and the ball landed on my head. What is the question people most often ask you when they hear you play for Griquas and live in Kimberley? “Is die Griquas from Namibia?” What is the most enjoyable and least enjoyable aspect of playing for the Griquas and living in Kimberley? The team camaraderie and training (least enjoyable). Halfway House or Springbok Pub? Springbok Pub. What is the single biggest advantage of being a professional rugby player? Getting off-time during the day. Do you have any nicknames or how do your team mates refer to you? Eddie (Ray Lewis). Can you remember the very first yellow and/or red card you received and what was it for? It was a red card for a head butt in gr. 9. Do you have any superstitions or rituals before a game? No.
Die Diamantstad se koerant