Noord kaap 19 junie 2013

Page 1

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331 Woensdag 19 Junie 2013 www.noordkaap.co.za

GRATIS

Alles oor Spontaan bl. 2

TERWYL hy eintlik met vakansie was om die langnaweek by sy ouers in die stad deur te bring het Stian Bam nietemin ’n tydjie afgeknyp om belangstellende jong akteurs ’n bietjie touwys te maak. Bam is een van die land se voorste Afrikaanse verhoogakteurs en onlangs ook ’n gereelde gesig in televisiedramas. Bam se ouers werk albei in die onderwys in Kimberley.

Klub hou veldwedloop bl. 7

Sluiting bly ’n vraag André Botha

Janro kuier eerder tuis bl. 12

DIE munisipale verkiesing in 2011 wat meegebring het dat talle nuwe lede tot die raad van die Sol Plaatje-munisipaliteit verkies is, is glo een van die redes waarom geen besluit nog oor die omstrede Bultfonteinweg geneem is nie. Dit is luidens ’n brief van die kantoor van die openbare beskermer (OB) aan Sharon Steyn, uitvoerende hoof van die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Industrie (Nokki). Die OB het vroeër op versoek van Nokki ’n ondersoek na die sluiting van die straat deur die munisipaliteit begin. Dié ondersoek duur voort. Die gedeelte van Bultfonteinweg

wat reg langs die Groot Gat verbyloop, is gesluit nadat De Beers in 2008 in ’n verslag aan die raad gewaarsku het dat die straat kan wegkalwe. Dié waarskuwing het gekom nadat ’n kraak ten tyde van ’n roetine-inspeksie aan die oostekant van die gat gekry is. Steyn en Nokki voer sedertdien ’n stryd om die straat heropen te kry. Hoewel dit vir alle verkeer gesluit is, gebruik taxi’s al jare lank die straat vir staanplek. Geen toestemming hiervoor is deur die raad gegee nie. Minstens 35 sakeondernemings in die sentrale sakekern van Kimberley word regstreeks deur die sluiting van Bultfonteinweg geraak. Luidens die OB se brief het die mu-

nisipale bestuurder, Goolam Akharwaray, aangedui dat ’n aanbeveling in Januarie 2011 deur die burgemeesterskomitee aan die raad gedoen is dat die straat heropen moet word. Dit is na die vervoerkomitee terugverwys en van die raadslede het gevra dat SRK Consulting, wat ’n geologiese ondersoek gedoen het, weer ’n voorlegging aan die raad doen. SRK Consulting het vroeër reeds ’n voorlegging gedoen. Ook is besluit dat ’n verkeersvloeistudie wat De Beers moes finansier, gedoen moes word. Luidens die OB se brief is dit nie duidelik of dié studie wel gedoen is nie. Die munisipaliteit het egter intussen vir ’n ander studie oor ver-

keersvloei in die stad gevra. Die eerste konsepverslag is in Maart aan die munisipale bestuurder oorhandig. Die munisipaliteit het aangedui dat die SRK-verslag dit nie gestel het dat die straat “veilig” vir die volgende 50 tot 70 jaar is nie, maar eerder dat die risiko van ’n groot storting klein is en dat klein stortings wel oor ’n tydperk kan plaasvind. ’n Tydraamwerk kan egter nie bepaal word nie, omdat verskeie faktore ’n rol kan speel. Die brief lui dat die OB nie ten volle tevrede is met die munisipaliteit se reaksie nie. Duidelikheid moet egter nog oor sekere kwessies verkry word en oor waarom ’n besluit oor die heropening van die straat daar nog nie geneem is nie.


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 19 JUNIE 2013

Spontaan maak drome waar IN sprokies daag daar soms iemand met ’n towerstaf op, swaai dit ’n paar keer in die lug en só verander dinge dramaties. Vir sommige Vrystaters en Noord-Kapenaars was die jaarlikse Spontaan-sangkompetisie die staf wat hul lewe so dramaties verander het dat leerlinge, studente, jong werkendes en dromers vandag sangsterre is. Noord-Kapenaars kry Vrydagmiddag die gulde geleentheid om daardie koesterende drome van ’n sangloopbaan ’n werklikheid te help maak wanneer die streek-ou-

disies in Kimberley gehou word. Heelwat sangers wat in die tien jaar se bestaan van die kompetisie deelgeneem het, het sedertdien nuwe hoogtes in hul sangloopbaan bereik. Dewald Louw, Sanli Jooste, Crushanda Forbes, Caroline Haasbroek en Emile Minnie het almal reeds naam in die SuidAfrikaanse musiekmark gemaak of is ernstig op pad om dit te doen. Hulle het Spontaan as deel van hul opmars na bo gebruik.

Kby het sangtalent KIMBERLEY het ’n baie goeie vertoninglys in die jaarlikse Spontaan-sangkompetisie se eindronde in Bloemfontein opgebou. Verlede jaar het Kimberley se streekfinalis, Hannah Rossouw, tweede geëindig. Die jaar voor haar het Cohan Erasmus met die louere weggestap, Walter Languza was derde in 2010 en Samantha Leonard die wenner in 2009.

HANNAH ROSSOUW, die tweedeplekwenner van Spontaan-2012.

Auditions on Friday SPONTAAN, Central South Africa’s favourite and biggest singing competition, is quickly picking up momentum. Come and pit your singing talents against the best in Central South Africa at the Diamond Pavilion Shopping Mall on Friday. The auditions start at 14:00. The venue is right next to the Wimpy on the ground floor. Once again amazing prizes are up for grabs, so warm up those vocal chords in the meantime. Rules for the competition are: ) You must be 16 years or older on 1 July. ) For the regional competitions you can sing any song. However, the song has to be contemporary music (no rappers or hip-hop artists). ) You are allowed to accompany yourself or use a backtrack. ) The competition is for soloists only. ) You must supply your own soundtracks and other equipment for the regional auditions yourself. ) Spontaan will supply the sound equipment for the final. ) The winner of each regional audition will be announced immediately after the audition. ) Judges reserve the right not to choose a regional winner. ) Should you be chosen as a regio-

nal finalist, you must prepare five songs for the final held in Bloemfontein at the Vryfees. ) Finalists must supply their own backtracks or accompaniment for the final. ) The final is on Saturday, 13 July, in Bloemfontein and if you are a finalist you must organise your own transport. ) No pre-registration is required. Simply arrive, pay R20 and register.

Prizes to be won

THE following prizes can be won in this year’s Spontaan: ) SpecSavers: Eight pairs of Infinity sunglasses and eight vouchers worth R250 each. The total value is R5 200. ) Z PR Communications and Public Relations Consultants: A publicity and marketing contract valued at R5 000 for each finalist, including a consultation session with the Z PR team, a professional CV, the design of a CD cover and business cards, the design and writing of a professional profile, a Facebook profile and five press releases. The total value for all of the finalists is R40 000. ) PwC: For the winner R1 000 in cash, runner- up: R700 in cash and third place: R300 in cash. A total of R2 000. ) Atlantis Guest House: Accommodation to the value of R4 100. The winner, runner-up and

third place will each receive three nights’ accommodation for two people including breakfast. ) PCB Productions: A photo shoot for the winner, runner-up and third place valued at R2 100. ) Absa: A R500 hamper for each finalist. ) Music Inc: A TT1-microphone for every finalist, a cordless microphone with a stand for the winner and a microphone stand for the runner-up as well as a vocal training book for the winner and the runners-up. The total value of the prize is R6 600. ) Windmill Casino: sponsors two nights’ stay, breakfast included, for the winner and a partner.

Vier die lewe Redaksie IS jy op die drumpel van ’n nuwe fase op jou lewenspad? Is jy na aan 30, 40, 50, by menopouse of bejaard? Moet jy oor die “heining” klim of kan jy moeiteloos oor die drumpel tree? Daar is vele verskillende maniere van vrouwees, baie verskillende maniere van uitdrukking en van Dinsdag 25 Junie tot Donderdag 27 Junie kan jy die kuns en vreugde van herverbintenis met die ritmiese uitdrukking van ware vrouwees deur Biodanza verken. Biodanza is ’n kreatiewe menslike stelsel wat gebruik maak van musiek en beweging om die groep mense te integreer en ’n gevoel van samehorigheid te skep. Dit gaan oor liefde vir die lewe. Kom vier die lewe saam met Zephne van der Merwe (aanbieder) en herverbind die lewensiklusse deur middel van Biodanza. Dit word van 18:00 tot 20:00 in die Gruispad-teater, Dalhamstraat 34, aangebied. Dit kos R100 per klas, R50 vir heeltydse studente en mense ouer as 63 jaar. Indien meer as een klas bygewoon word, is dit R90 per klas, R45 vir heeltydse studente en mense ouer as 63. Vir bespreking of meer inligting kan Marlene by 082-340-4684 of gruispad@telkomsa.net bereik word.


NOORDKAAP, WOENSDAG 19 JUNIE 2013

3

Club helps school Reporter THE Northern Cape High School’s Interact Club returned from the Interact Conference in Potchefstroom where they received a second prize trophy in the best project category. A total of 11 clubs were in the running for the prize. For their project, they adopted Vooruitsig Primary School. The club reached out to the school last year when they provided the learners with something to eat during school time. A total of 700 loaves of bread were provided. They then mentioned that they would like to do some repair work at the school, which they indeed did – replacing 80 windows and repairing 18 toilets at the school. According to the coordinator of the club, Amanda van Zyl, the teachers at Vooruitsig were also very involved and proud about the facilities at their school being back in good shape again.

CHARNÉ STEINMANN required some help to reach the windows.

FROM the left are Naledi Mpotsang, Ayanda Ndzilili, Tlotlo Lesetedi and Refiloe Kuoe with the trophy they received for their project at Vooruitsig Primary School. Photos: Supplied

THE toilets at Vooruitsig Primary before they were repaired by members of Northern Cape High School’s Rotary Interact Club and Kimberley Rotary Club.

SHAUN KALLIS replacing a broken window pane.


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 19 JUNIE 2013

Dit is tyd om op te tree DIE skerp teregwysing van die regering se ekonomiese beleidmakers deur Gill Marcus, president van die Reserwebank, het nie ongesiens verbygegaan nie. Marcus weet beter as enigiemand dat die ekonomie op ’n krisis afstuur as iemand nie iets daadwerkliks doen om die “skip” om te draai nie. Die tyd is ongelukkig verby dat ’n daling in rentekoerse ’n geneesmiddel vir ’n siek ekonomie is. Sy het dus gevra vir sterk en gefokusde leierskap van die regering. Marcus het haar by ’n groeiende koor senior sakeleiers aangesluit wat lankal waarsku daar moet iets daadwerkliks gedoen word om te keer dat Suid-Afrika in ’n spiraal van swakker ekonomiese groei en stygende inflasie verval wat eindelik noodgedwonge tot maatskaplike onrus moet lei. En met sterk leierskap word nie net verwys na ’n oplossing vir die arbeidsonrus in die mynbedryf, wat dreig om die hele ekonomie te ont-

SKETS: Danie Cronjé

Eenvoud dalk beter as oorvloed Hannes Noëth

spoor, nie. Die ekonomie gaan lankal gebuk onder ernstige strukturele probleme wat dringend opgelos moet word. Hieronder tel die onbuigsaamheid van die arbeidsmark wat met hoë lone en lae produktiwiteit gepaardgaan, hoë staatsbesteding, swak onderwys en treurige dienslewering deur die staat. Ministers in ekonomiese portefeuljes wat almal in verskillende rigtings beur, bly ’n probleem. Op grondvlak is daar soveel weerstand in ANC-kringe teen die Nasionale Ontwikkelingsplan dat dit al hoe meer lyk asof die NOP net ’n skynregeringsbeleid gaan wees, omdat die party sy alliansievennote moet paai.

EK kon my verstom aan dié drie broers. Hulle het op ’n Bosveldplaas saamgewoon. Een se vrou was lank reeds oorlede, broer 2 se vrou was in ’n siekeboeg vir versorging op die dorp en broer 3 is jare terug reeds geskei. Een het met ’n kierie geloop en ’n ander nooit rêrig meer nie, net sy stoel dag vir dag geskuif. Die jong boet was nog fiks en fier en het elke dag ’n volle dag se werk gedoen. Interessante familie daardie. Ek kon baie by hulle kuier, baie, baie by hulle lag en baie by hulle leer. Drie broers tesame met ervaring van ’n leeftyd. Tog was daar iets baie unieks aan hul Waterberg-konserwatisme. Alle tegnologie is met agterdog bejeën. “Nee wat dominee, ons het wat ons nodig het, dankie.”

Oor ’n telefoon sou hulle vra: “Hoekom wil ons met iemand anders praat, ons praat dan sommer hier met mekaar en Sondag by die kerk met ander.” Oor ’n selfoon sou hul antwoord wees: “Wie wil nou altyd beskikbaar wees?” Oor ’n televisie sou hulle jou uitlag: “Ons kyk na die sterre en ons luister na die Bosveldvuur, ons luister na die voëls in die bome in die oggende, ons sien die bokke in die rante – wie het dan nog tyd vir TV kyk?” Vandag terwyl ek sit met honderde e-posse wat agter is, ’n Facebook-profiel wat om ’n bietjie aandag smeek, ’n telefoon wat op die agtergrond lui

GEBEURTENISSE op 19 Junie in die geskiedenis: 1756 – Altesaam 146 Britse gevangenes in Indië versmoor in ’n kerker wat later bekend word as die “Swart Gat van Kalkutta’’. 1811 – ’n Aardbewing ruk die Kaapkolonie. 1904 – Die spoorlyn na die Victoria-waterval word geopen. 1908 – Die Kaapse parlement oorweeg die voorgestelde Uniegrondwet. 1932 – Sol Plaatje, ’n stigterslid van die ANC, politieke skrywer, vertaler en joernalis sterf op 55-jarige ouderdom. 1976 – Drie dae ná die Soweto-skoolopstande begin het, word 123 individue weens hul betrokkenheid daarby verban. 1990 – Die Wet op Afsonderlike Geriewe word ná 37 jaar geskrap. 1996 – Die Ierse Republikeinse Leër aanvaar verantwoordelikheid vir die bomontploffing vier dae vroeër in Manchester, Engeland, waarin 200 mense beseer is.

BERIGTE oor Kimberley wat die afgelope week nuus gemaak het: ) Die tiende konferensie van die Kimberley-proses (KP) is afgesluit sonder dat afgevaardigdes op ’n definisie van konflikdiamante kon ooreenkom. Oud-ambassadeur Welile Nhlapo, voorsitter van die Kimberley-proses (KP) se sertifiseringstelsel, het gesê die bewoording en begrip van konflikdiamante het die afgelope tien jaar verander. Die oorkoepelende doelwit is om prosesse te skep waarin diamanthandel nie deur magte ten koste van menseregte misbruik word nie. ) Die DA gaan aan Jeff Radebe, minister van justisie, skryf om te vra dat die name van John Block, LUR vir finansies, ekonomiese sake en toerisme, Alvin Botes, LUR vir samewerkende regering, en Yolande Botha, NoordKaapse ANC-parlementslid, ook op die lys van korruptes geplaas word. Die lys met 42 name van amptenare en lede van die publiek wat op korrupsie- en bedrogklagte skuldig bevind is, is deur Radebe bekend gemaak. Twee van die name op die lys is Nelmarie Oosthuizen en Ansano Romani wat albei vroeer skuld op aanklagte in verband met die voorsiening van watersuiweraars vir hospitale beken het.

Die Diamantstad se koerant

Tel. Faks

053 831 2331 053 831 2330

Posbus 1583 Kimberley 8300

en SMS’e wat deurkom, wonder ek: Was hulle nie dalk tog maar reg nie? Is ons lewe regtig vol met al die wonderlike, vinnige, altyd beskikbare kommunikasie? Dit maak vir seker dinge makliker en is definitief baie gerieflik. Maar is die drie broers, vanaand daar onder die Bosveldboom om ’n Bosveldvuur wat na die sterre kyk, werklik agter? Of is hulle my dalk voor? Is hul lewe werklik armer sonder al hierdie dinge wat ek as onmisbaar beskou? Of is hulle dalk skatryk omdat hulle nie een van my noodsaaklikhede nodig het nie? Maak dit hulle armer omdat hulle nie kan e-pos, Facebook, twiet of wat ook al nie? Ek wonder vanaand oor al hierdie dinge as ek dink aan die drie Bosveld-broers. Het ons regtig alles nodig wat ons dink ons nodig het?

1997 – Die Waarheid-en-versoeningskommissie weier om aan die NP se versoeke gehoor te gee en vra vir ernstige gesprekke om probleme uit te stryk. Geboortes op die dag: 1959– Frans Erasmus, een van die kleurrykste karakters in Suid-Afrikaanse rugby (sterf in 1998). Sy vrou het ’n maand voor hom verongeluk en sy jongste dogter is twee jaar gelede op sy verjaardag ook in ’n motorongeluk dood. 1980 – Kim Engelbrecht, akteur en TV-persoonlikheid. 1981 – Hennie Jacobs, akteur en sanger, bekend as Diederick in 7de Laan.

) ’n Adjudant-offisier van die Galeshewe-polisiekantoor het op twee aanklagte van verkragting in die hof verskyn en borgtog van R1 000 is aan hom toegestaan. Die polisieman het in sy borgtogaansoek getuig dat hy met toestemming seksuele omgang met een van die gevangenes gehad het. Die klaagster was in aanhouding vir aanranding met die opset om ernstig te beseer en die adjudant-offisier was die polisiebeampte aan diens. ) Drie vermeende gewapende rowers se aansoek om borgtog is geweier. Patrick Mpukwana, Ayanda Ntabeni en Luyanda Mpukwana word daarvan beskuldig dat hulle op 24 Mei omstreeks sowat 22 km buite die stad op die Griekwastad-pad ’n koeriervoertuig met geld beroof het. Daar is glo R60 000 uit die voertuig gesteel. Die verhoor is tot 23 Julie vir verdere ondersoek uitgestel. ) Die Valke het by die Sol Plaatje-munisipaliteit toegeslaan en dokumente geëis te midde van gerugte dat hulle die Diamantstad se eie Nkandla-gate ondersoek. Die skandaal oor die R500 000 wat net vir sekuriteitsdoeleindes by Agnes Ntlangula, uitvoerende burgemeester, se huis bestee is, word ook deur die openbare beskermer (OB) ondersoek. Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw


NOORDKAAP, WOENSDAG 19 JUNIE 2013

Exciting News! We are Improving your store, with a Wider Range of Groceries and Fresh Food. Check your leaflet or go online from 25 June to view Our Amazing Store Opening Deals!

Opens 26 June 2013 KIMBERLEY NORTH CAPE MALL

5


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 19 JUNIE 2013

Rugbykliniek vir seuns weer gehou GEMSBOK KIDZ se derde Julie-skoolvakansiekliniek (vir seuns tussen 6 en 13 jaar) vind van 2 tot 6 Julie by die Hoërskool Diamantveld plaas. Die vorige twee jaar het meer as 250 seuns die rugbykliniek bygewoon. Elke speler ontvang ’n rugbytrui en van die Griekwas se senior rugbyspelers kom help ook met afrigting. Die Springbok Willie le Roux en Francois Brümmer gaan die skoppers se vaardighede help slyp. Dit kos R500 per speler. Van 11 tot 13 Julie is daar ook ’n netbalafrigtingskliniek vir meisies tussen 6 en 13 jaar. Dit word op Hoffepark aangebied. Een van die streek se voorste breiers, Elsje van der Merwe, en die Protea-speler Claudia Basson sal die spelers onder hande neem. Bywoners betaal R350. Bespreek plek voor 21 Junie. SMS jou naam, van en ouderdom na 082559-9024. Rig navrae aan Beate Jordaan by 083257-5234.

ander raak te sien. Bel Ena Theron (082-378-5771), sielkundige van Hartswater wat die Enneagram-kursus aanbied, met enige navrae.

Vrydag 21 tot Sondag 23 Junie: ’n Enneagram-kursus word in die Gruispad-teater, Dalhamweg 34, aangebied. Die Enneagram is ’n instrument wat help om jouself en ander beter te verstaan. Die Enneagram beskryf nege persoonlikheidsoorte. Elke persoonlikheidsoort bring een van God se gawes na die wêreld. Die Enneagram help om jou geestelike gawes in jouself en

Saterdag 22 Junie: Die Stillerweë-huis vir bejaardes, geleë op Kestellhof, bied sy gewilde jaarlikse basaar en kindernaweek aan. Die verrigtinge begin om 09:30. Alles wat jy van ’n basaar kan verwag – lekkernye soos kerrie-en-rys, vetkoek, lewerkoekies, koeksisters, yankees, poeding, koeke, terte, beskuit, pannekoek en braaivleis – sal hier genuttig kan word. Op die basaar sal ook boeke, naaldwerk en ander witolifantprodukte verhandel word. Saterdag 22 Junie: ’n Byeenkoms van die Diamantveld-tak van die Genealogiese Vereniging van SuidAfrika vind om 10:00 in die kerksaal van die Gereformeerde kerk Kimberley

plaas. Johan Pottas van die Vrystaat-tak, verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), gaan die lede in familienavorsing touwys maak. Hy is ’n bekende op die gebied en het al verskeie boeke oor die onderwerp uitgereik. Bel die takvoorsitter, Petrus Fourie, by 081-330-6585. Saterdag 22 Junie: Die country-sangerbroers Tony en Harry Campbell van die groep Die Campbells tree om 21:00 in die Springbok Pub op. Toegang is R100.


NOORDKAAP, WOENSDAG 19 JUNIE 2013

Sportgeesdriftiges skep avontuur op eie bodem Ruan Bruwer TWEE buitesport-geesdriftiges van Kimberley, Piet Swart en Izemari Roberts, het tot die besef gekom dit help nie veel om te sit en teem nie, maar dat ’n mens dinge self moet laat gebeur. “Mense kla altyd dat hier nie genoeg avontuuraktiwiteite is nie. Ons het besluit om iets daaraan te doen en het ∏ Events oftewel PiEvents begin, ’n besigheid wat in die organisering van buitelug-sportaktiwiteite spesialiseer,” verduidelik Roberts. Volgens haar het hulle aan die begin van die jaar gesels oor hoe lekker dit is om aan

avontuur-sportaktiwiteite deel te neem. “Die soort mense wat jy ontmoet, die atmosfeer en die harde oefening wat als saam met sulke aktiwiteite loop, motiveer jou om nog harder te oefen. “Tot so ’n mate dat jy amper elke naweek aan iets wil deelneem. Indien ons kon, sou ons, maar aangesien die meeste van die byeenkomste oral in die land behalwe in Kimberley en omliggende omgewing plaasvind, is daar altyd die kwessie van verlof, reis, verblyf reël en betaal. “Aan die einde van die dag raak dit ’n duur storie as jy aan ’n paar sulke aktiwiteite wil deelneem.” Die “P” van Pi is van Piet afgelei en die “i” van Izemari.

Eerste aan die beurt is ’n veldwedloop hierdie Saterdag by Magersfontein. Dit begin om 08:00 en die wedlope word oor 7 km en 15 km gehardloop. Inskrywings kan deur PiEvents se Facebook-blad gedoen word. “Ons het besluit die eerste moet ’n groot aktiwiteit wees wat aandag sal trek en wat mense nuuskierig sal maak. Hierdie sal ’n eerste ooit vir Kimberley wees. “Ons wil soveel as moontlik mense aan die uitdagings, opwinding en avontuur wat veldwedlope bied, blootstel. Daarom is die roete so uitgelê om beginners en meer ervare atlete almal tegemoet te kom,” sê Roberts.

Stage set for hip hop Ruan Bruwer THE South African Fitness Sport Aerobic Federation (SASAFF) is presenting the popular and exciting Fitness and Hip Hop Championships from Friday to Sunday at the Mittah Seperepere Convention Centre in Kimberley. The championships will be a combination of fitness, skills, breathtaking choreography, outstanding talent and fun. The preliminary round will commence on Friday, the semi-final round on Saturday and the final on Sunday, followed by the prize-giving ceremony. More than 400 athletes and dancers of all ages, as well as their coaches, will participate in various categories. In the fitness and sport aerobic divisions athletes will participate in the individual, mixed pair, trios and team categories. In the hip hop division, the crews will battle it out for the top spots in the different age categories. The championships will also provide the opportunity for selection for the team that will represent South Africa at the world championships. The SASAFF is affiliated with the South African Sports Confederation and Olympic Committee (Sascoc), as well as the National Department of Sport and Recreation. Those interested to enter can contact Noleen Andrews on noleenab@telkomsa.net or 082-452-3617.

Hartsies hou 60 jaar-reünie DIE Hoërskool Hartswater (Hartsies) vier van 9 tot 11 Augustus sy 60 jaar-reünie. Rig navrae of besprekings

aan 053-474-1512 of stuur ’n e-pos na hartssek@vharts. co.za of issiebecker@gmail. com.

7


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 19 JUNIE 2013

Behandelings kan wél help Redaksie GEWILDE rookstaak-behandelings soos nikotienvervangingsmiddels en antidepressante verbeter ’n mens se kans om die gewoonte sonder veel risiko af te leer, toon ’n oorsig van ou navorsing. “Dit blyk duidelik te wees dat medisyne kan help,” sê Kate Cahill wat die studie gelei het. “Dit is nie ’n towertruuk nie, maar in die algemeen verbeter jy wel jou kanse om op te hou rook as jy dit probeer. “En sover ons weet, is dit veilig.” In vorige studies is bevind van die 70% tot 75% rokers in Brittanje en Amerika wat graag wil ophou rook, slaag net sowat 3% jaarliks daarin. Die navorsers het inligting van 267

“Dit is nie ’n towertruuk nie, maar in die algemeen verbeter jy wel jou kanse om op te hou rook as jy dit probeer.” – Kate Cahill studies gebruik waaraan meer as 101 000 rokers deelgeneem het. Hulle het gevind vir elke 10 mense wat in die studies sonder die hulp van rookstaakmiddels opgehou rook het, het 18 mense met die hulp van nikotienvervangingsbehandeling soos nikotien-kougom of -plakkers en anti-depressante opgehou rook.

Bied nasorg vir babas DIE Laerskool Staats bied nou ook nasorg aan kinders tussen drie maande en drie jaar. Die voorskoolse baba-afdeling is vandeesmaand geopen. Van links op die bekendstelling is Christo van Wyk (adjunkhoof onder wie die kleuterskool val), Magda Lubbe (administratiewe bestuurder van die voorskoolse baba-afdeling) en Dirk Potgieter. (beheerliggaam-lid wat ’n groot rol in die oprigting van die infrastruktuur gespeel het). Foto: Ruan Bruwer


NOORDKAAP, WOENSDAG 19 JUNIE 2013

9

Maties slyp blasers Ruan Bruwer

DIE ses Griekwa-skeidsregters wat op Stellenbosch by die Maties se Skeidsregters-akademie was, het nie die geleentheid laat verbygaan om ’n kiekie saam met Meneer Rugby, Danie Craven, en sy hond, Bliksem, te laat neem nie. Van links is, voor: Charles Shepherd, Manny Shepherd en J-Ell Slabbert; agter: Johan Venter, Le Roux Malan en Jeff van Rooyen. Foto: Verskaf

Wyser ná kursus LE ROUX MALAN, wat nog op die skoolbanke sit, sê die ervaring op Stellenbosch was vir hom uiters leersaam. Hy het vir senior ouens in die koshuisliga geblaas. “Ek het beslis as ’n ander ref teruggekom. Ek het daar tot die besef gekom watter harde werk dit verg om bo uit te kom,” vertel Malan. Hy het twee weke by sy skool afgekry. Malan sê hy het ’n paar goed by Jonathan Kaplan, die mees ervare toetsskeidsregter, geleer. “Ek sou sê een van die aspekte wat voorheen ’n struikelblok was, maar wat nou verbeter het, is my posisionering op die veld. Ek gaan nou met ’n ander houding op die veld, veral met die wete dat die ergste al na my kant toe gegooi is. “Koshuisrugby is ’n leerskool. Die toeskouers is sommer hier reg langs jou langs die veld,” het hy verduidelik.

OM in ’n kort tydperk ’n ryper skeidsregter vir die provinsie te kweek. Dít was die doel van die twee weke dat ses Griekwas-skeidsregters op Stellenbosch by die Skeidsregtersakademie deurgebring het. Hulle het twee weke lank rugby geëet, geslaap en geleef en as beter fluitjieblasers teruggekom, aldus Kat Swanepoel, skeidsregterbestuurder van die Griekwas. Hy vertel klem is op fiksheid, reëlkennis, praktiese evaluering en visie gelê. “Die ouens het baie wedstryde in die twee weke gehanteer en oogtoetse afgelê om hul sig te evalueer. Dit dien as aansporing vir die blasers om na Stellenbosch gestuur te word.” Een van die skeids-

regterbreiers is Marius Franken, wat lank die Griekwas se voorste skeidsregter was en daarna skeidsregterbestuurder en uitvoerende hoof van die GriekwalandWesse Rugbyunie was. “Sedert die manne terug is, is dit opvallend hoe hul posisionering op die veld en fluitjiegebruik verbeter het. Hulle het as meer volwasse skeidsregters teruggekom.

“Ons het ongelukkig nie soveel rugby hier om die ouens die blootstelling te gee wat hulle op Stellenbosch gehad het nie.” Van die provinsie se voorste skeidsregters, soos Rooies de Bruin en Nico Schmahl, het voorheen ook die rugbyakademie vir skeidsregters bygewoon. Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het gedeeltelik vir die manne betaal, maar Griekwas se skeids-

regtersvereniging moes R42 000 as ’n belegging in sy fluitjieblasers opdok. Le Roux Malan het die eerste skoolseun geword wat by die akademie klas ontvang het. Die ses was Le Roux, Jeff van Rooyen, Manny Shepherd, Charles Shepherd, J-Ell Slabbert en Johan Venter. ’n Sewende skeidsregter, Cornell Titus, het hom ’n week lank by hulle aangesluit.

Twee van die unie se skeidsregters sal weer in Augustus twee weke lank Stellenbosch toe gaan. ) Intussen is Schmahl by Saru se contender-paneel ingesluit en gaan hy die fluitjie op die Grant Khomo-week dra. De Bruin is op Saru se Elite AR- (assistentskeidsregters) paneel wat beteken hy kan in toetse en Superrugbywedstryde as assistentskeidsregter optree.


NOORDKAAP, WOENSDAG 19 JUNIE 2013

BRIDGING CASH while waiting for

PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.

BLOEMISTE- EN BLOEMISTEassistentpos beskikbaar. Moet vorige ondervinding hê. Handig CV persoonlik in by Classical Lines Angelstraat 29, New Park, Kby. Aansoeke sluit: 26 Junie om 17:00.

UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAKS 053 832 1951

TE KOOP GEVRA vir kontant: Motors of bakkies. SMS 072 472 8686 of skakel 053 963 1409.

PUBLIEKE KENNISGEWING

Noord-Kaap (Hopetown) en Vrystaat (Orania)

Aansoek vir ’n proefvrystelling van genetiesverbeterde organismes

uppe marketing A08959NK

10

Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021, maak hiermee bekend dat aansoek om magtiging gedoen is om voort te gaan met ’n afgebakende veldproefvrystelling met genetiesverbeterde mielies. Hierdie proef is deel van ’n groter veldproefprogram om droogteverdraagsame mieliebasters vir sub-Sahara Afrika te ontwikkel en evalueer. Die proef sal ’n uitbreiding wees van veldproewe wat alreeds met hierdie basters in Suid-Afrika goedgekeur is. Die rekombinante DNA in hierdie mieliebasters is afkomstig van Bacillus subtilis, wat kodeer vir die vervaardiging van koueskok proteïen B, wat mielieplante in staat stel om meer verdraagsaam te wees teen abiotiese spanningstoestande. Die spesifieke merkergeen wat in die oorspronklike seleksies gebruik is, was die NPTII-merkergeen. Die transformasiemetode wat gebruik is, was Agrobacterium-gemedieerde transformasie van embrionale mielieselle. Die proefvrystellings sal in die Noord-Kaap (Hopetown-distrik) en Vrystaat (Orania-distrik) plaasvind. Die proewe sal ongeveer 6–10 hektaar beslaan. Die omgewing rondom die proefterreine kan bestaan uit groente-, mielie-, en sojaboonlande, asook natuurlike veld. Verdere inligting oor die aansoek kan by die Registrateur aangevra word. Alle belangstellende partye moet kommentaar of besware rig aan: Die Registrateur: Geneties Gemodifiseerde Organismes Direktoraat Bioveiligheid Posbus X973 Pretoria 0001 Faks: (012) 319 6329 Alle kommentaar en besware moet binne 30 dae vanaf die publikasie van hierdie kennisgewing ontvang word.

Sukses lê in een oplossing

NAALDWERKSTIKSTER MET ERVARING, handvaardigheid en algemene rekenaarvaardigheid word benodig. Skakel 073 170 1163 vir verdere navrae.

PENSION/ PACKAGE payout (lump sum only)

Cash same day

086 1101 388 083 6700 788

A -Z DIENSGIDS


NOORDKAAP, WOENSDAG 19 JUNIE 2013

11

Sportpresteerders moet van hulle laat hoor Sportredaksie

Wees skerp en wen Sportredaksie JY kan in Noordkaap en SuperSport se sporttrivia-kompetisie jou reputasie as sportkenner ’n hupstoot gee. Volgende week word drie vrae uit die sportfeite en -statistieke wat die laaste paar weke hier gedeel is, gevra met ’n geskenkpak van R250 van SuperSport wat gewen moet word. Die 2013-Wêreldbekerrugbytoernooi vir o.20spanne loop Sondag in Frankryk ten einde. Hier is interessante feite rondom die toernooi: ) Nieu-Seeland het die eerste vier jaar (2008 tot 2011) oorheers en nie ’n enkele wedstryd in dié tydperk verloor nie. In 2010 se eindstryd het hy Australië 62-17 oorrompel en in 2008 s’n Engeland met 38-3 verneder. ) Die Jong Bokkies het van 2008 tot 2010 elke keer derde geëindig. In 2009 se uitspeelwedstryd om die derde en vierde plek het hulle Australië gemaklik met 32-5 getroef. ) Arno Botha, nuwe Springbok-flank, was in 2011 die kaptein van die Jong Bokkies en het daardie toernooi as die gesamentlike voorste driedrukker met sewe vyfpunters afgesluit. ) Francois Brümmer, wat deesdae vir Griekwas uitdraf, was 2008 se voorste puntemaker toe hy 67 punte opgestapel het. ) Suid-Afrika is een van net twee spanne wat al ’n 100-tal kon aanteken. Hy het dit immers twee keer vermag – 2008 teen Amerika (108-18) en 2011 teen Fidji (104-17). ) Zac Guildford van Nieu-Seeland was 2009 se voorste driedrukker met agt. Tydens die eindstryd teen Engeland in Tokio, Japan, waarin hy twee keer gaan druk het, het sy pa, wat in die skare was, aan ’n hartaanval beswyk.

HOU gerus in gedagte wanneer jy vandeesmaand van ’n puik sportprestasie te hore kom dat daardie vertoning die presteerder ’n prys in die sak kan bring. Noordkaap en SuperSport is op soek na die Let’s Play-sportster van die Maand. Skole, klubs, afrigters of individue kan enige Kimberley-leerling tussen 6 en 18 jaar benoem vir ’n sportprestasie in enige sportsoort gelewer in Maart. Leerlinge kan hulself ook benoem of ’n

vriend of familielid vra om dit te doen. Noordkaap se sportredaksie sal ook spelers en atlete benoem, maar dit is onmoontlik om van al die puik prestasies te weet. Daarom word die publiek se hulp gevra met die benoeming van ’n waardige wenner. Die Let’s Play-sportster van die Maand sal maandeliks ’n wenner aanwys wat ’n geskenkpak van Let’s Play sal ontvang. Die wenner sal sowel in Noordkaap as op Let’s Play se webtuiste bekend

gemaak word. Teen die einde van die jaar sal ’n algehele wenner uit die maandelikse wenners gekies word. Indien jy iemand vir die maand wil benoem, moet jy opskud en dit voor einde vandeesmaand doen. Jou benoeming moet die volgende inligting bevat: Die sportster se naam, ouderdom, skool en ’n kort paragraaf (minder as 200 woorde) met inligting oor wat die leerling op sportgebied bereik het, asook sy of haar besonderhede. E-pos dit na supersport@zpr.co.za of stuur ’n faks na 086-552-4922. Rig navrae aan Lynne Landman of Juanré Viviers van Z PR by 051-430-3027.

Vuilspel op veld vasgevat Sportredaksie REËL 10: Vuilspel Definisie van vuilspel: Vuilspel is enigiets wat ’n speler op die speelperk doen wat teen die letter en gees van die reëls van die spel is. Dit sluit obstruksie, onregverdige spel, herhaalde oortredings, gevaarlike spel en wangedrag in wat tot nadeel van die spel strek. Gevaarlike spel en wangedrag (vervolg van verlede week): (g) Gevaarlike stormloop: ’n Speler mag nie ’n teenstander wat die bal dra, stormloop of platloop sonder om te probeer om so ’n speler vas te vat nie. (h) ’n Speler mag nie in ’n losskrum of losgemaal instorm nie. Instorm sluit in enige kontak gemaak sonder gebruik van die arms, of

sonder om ’n speler vas te vat. (i) ’n Springer in die lug doodvat: ’n Speler mag nie ’n teenstander wat in ’n lynstaan of in algemene spel in die lug spring om die bal te vang se voete onder hom uitpluk of hom stamp of doodvat nie. (j) Deur ’n speler op te lig en daardie speler dan te laat val of af te dryf grond toe terwyl daardie speler se voete nog van die grond af is, op so ’n wyse dat die speler se kop en / of bolyf met die grond kontak maak, is gevaarlike spel. (k) Gevaarlike spel in ’n skrum, losskrum of losgemaal: Voorryspelers mag mekaar nie storm in ’n skrum nie. ) Spelers in die voorry mag nie hul teenstanders opsetlik van hul voete lig, of opwaarts uit die skrum druk nie. ) Spelers mag nie in ’n losskrum of losgemaal instorm sonder om te bind aan ’n ander speler in die losskrum of losgemaal nie. ) Spelers mag nie opsetlik ’n skrum, losskrum

of losgemaal laat ineenstort nie. Dié reël word volgende keer verder bespreek.


12

NOORDKAAP, WOENSDAG 19 JUNIE 2013

Sport Die Diamantstad se koerant

Van Niekerk tuis in Kby TYDENS die Curriebekerreeks is hulle gereeld helde wanneer hulle bo verwagting presteer en met die groot honde in die reeks saamgesels en hulle selfs verslaan. Veral sedert 2006 is bestendigheid in die Curriebekerreeks sinoniem met die Griekwas en die Poubloues wat nooit slegter as sesde uit die 14 spanne in die reeks gevaar het nie. In 2009 en 2012 was hulle vyfde op die puntelys en elke keer bitter naby aan ’n plek in die halfeindronde. Oor die volgende paar maande word die Griekwa-spelers wat in die Curriebekerreeks diens gaan doen in ’n profiel aan lesers bekend gestel. Ruan Bruwer

Waar het jy grootgeword en waar was jy op hoërskool? In die Paarl waar ek ook op skool was aan die Hoër

DIE Noord-Kaapse o.18-meisiehokkiespan wat van 7 tot 13 Julie aan die nasionale o.18-toernooi in Pietermaritzburg gaan deelneem, is Carli Groenewald (DHS), Casey Preece (Girls’ High), Hayley Martin (HNK, kaptein), Helené Snyders (DHS), Farzaana Mohammed (Girls’ High), Veronique Voster (Upington), Louisa Albertyn (De Aar), Bronwyn Brown (Girls’ High), Anri van Rooyen (Kalahari), Omolemo Maribe (Girls’ High), Tyra Hannie (Girls’ High), Amoré Serfontein (HNK), Mma-Elisa Kenosi (Girls’ High), Brittany Whyte (Girls’ High), Zanele Rune (Girls’ High). Plaasvervangers: Sumari Coezee (HNK), Stephanie Potgieter (DHS), Tasha-Leigh van Wyk (HNK). ) Die Noord-Kaapse o.16-meisiehokkiespan wat van 1 tot 7 Julie aan die nasionale o.16-toernooi in Potchefstroom gaan deelneem, is Kirsten Datnow (HNK), Christi van Niekerk (Martin Oosthuizen), Marizaan Janse van Rensburg (DHS, kaptein), Charné Maddocks (HNK), Imke van Rooyen (DHS), Thuto Maphala (Girls’ High), Zeena Martin (HNK), Jody Isaacs (HNK), Rubina Alexander (HNK), Nomazwi Nkoane (Girls’ High), Mieshka Aysen (HNK), Refilwe Nyaba (CBC), Kristen Abrahams (HNK), Cyn-

Wat verg dit om ’n goeie provinsiale rugbyspeler te wees? Harde werk en geestelike taaiheid. Wanneer het jy jouself die eerste keer op TV gesien? In 2000 op St. John’s se Paastoernooi waar ek vir my skoolspan gespeel het. Wat is die snaaksste ding wat al met jou of ’n spanmaat op die rugbyveld gebeur het? ’n Speler wat sy eie spanmaat geduik het.

JANRO VAN NIEKERK Jongenskool Paarl (Boishaai).

DIE loskopstut Janro van Niekerk (30) het, nadat hy die Boland-Kavaliers ses seisoene lank in 106 wedstryde verteenwoordig het, na Kimberley verhuis om sy rugbyloopbaan hier voort te sit. Hy het sedertdien in 19 wedstryde vir die Griekwas uitgedraf (15 Vodacombeker- en vier Curriebekerwedstryde) en het vier drieë gedruk het.

Spanne

En jou grootste teleurstelling? Beserings.

Kan jy jou heel eerste drie onthou? Dit was vir die o.8-span van die Laerskool Noord-Eind. Wie was jou rugbyheld toe jy ’n tjokkertjie was? Os du Randt en die oud-All Blacks-vaskopstut Kees Meeuws. Wat was jou grootste rugby-oomblik of -prestasie? Om in 2008 vir die Opkomende Springbokke gekies te word.

claire Moorcroft (HNK), Kerrin Klaaste (HNK), Johanic Kuit (DHS). Plaasvervangers: Rochelle Bunting (HNK), Zintle Damon (Girls’ High), Schae Hendriks (HNK). ) Die Noord-Kaapse o.14-meisiehokkiespan wat van 27 tot 30 Junie aan die nasionale o.14-toernooi op George gaan deelneem, is Jeanne-Marie Jacobs (DHS), Katlego Lucas (HNK), Tamzin Hewitt (Adamantia), Carmen Haasbroek (DHS), Belle Isaacs (Girls’ High), Jennifer Preece (Girls’ High), Charlene Visser (De Aar), Nigelene Daly (HNK), Casey Langeveldt (HNK), Katelyn Towell (HNK), Robyn Jenkins (Girls’ High), Badrunnisaa Halliday (HNK), Chervonne Beukes (HNK, kaptein), Amy Klaasen (Girls’ High). Plaasvervangers: Chanelle Arries (HNK), Jana Victor (Upington), Layla Cornellissen (Girls’ High), Janke Myburgh (DHS). ) Die Noord-Kaapse o.13-meisiehokkiespan wat van 24 tot 27 Junie aan die nasionale o.13-toernooi in Kaapstad gaan deelneem, is Almari Bruwer (Op die Voorpos), Nastacia Cornelius (Herlear), Shani van Rooyen (Staats), Heleen Tredoux (Eureka), Zani du Plessis (Oranje-Noord), Kristlin Sweetnam (Staats), Kezlyn Chase (Kimberley Junior), Cieran Kruger (Kimberley Junior), Michaela Hollander (West End), Andrea Joseph (West End), Shae Botha (kaptein, Kimberley Junior) en Miné Buys (Eureka).

Watter vraag vra mense buite Kimberley jou meestal as jy sê jy speel vir Griekwas? “Is die veld hard?” Wat is die lekkerste en slegste ding daarvan om vir die Griekwas te speel en hier te woon? Die lekkerste is die goeie klomp pêlle saam en om in die Curriebeker se premierliga mee te ding. Die slegste is dat jy ver van jou familie is. Halfway House of Springbok Pub? My eie huis. Wat is die een groot voordeel daarvan om ’n professionele rugbyspeler te wees? Geleenthede wat jy kry wat ander nie beskore is nie.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.