Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331 Woensdag 26 Junie 2013 www.noordkaap.co.za
GRATIS
Taps to run dry
Pastoorseun gegroet bl. 2
Wen met jou sportkennis bl. 3
DIE werkers van die Sol Plaatjemunisipaliteit het Maandagoggend die raadsaal oor ’n salarisgeskil beset. Goolam Akharwaray, munisipale bestuurder, moes die werkers probeer oortuig dat hulle steeds Vrydag hul agterstallige betalings sal kry, maar afsonderlik van hul salarisse. Die sitstaking is oorskadu deur ’n voorval waarin die burgemeester, Agnes Ntlangula, twee verslaggewers byna te lyf gegaan het. Sy was glo woedend dat verslaggewers en fotograwe ook by die raadsaal opgedaag het. Foto: Emile Hendricks
Project launched Zanri Kotzé
Técara mik na kroon bl. 8
KIMBERLEY residents are reminded that no water will be available on Thursday due to a major citywide water shutdown. The shutdown will be from 07:00 until about 20:00. This is part of the replacement of existing valves. Almost a year ago the municipality and private contractors successfully replaced a total of 11 valves and two scour valves respectively at the Newton Reservoir Complex. The second shutdown is planned for Tuesday, 9 July, from 22:00 until 06:00 the following morning. “After completion of all the work, the management of the Newton Reservoirs will be much more flexible to ensure that the correct levels are maintained, whilst also ensuring that regular planned maintenance takes place without disruption in water supply to Kimberley,” the municipal spokesperson, Sello Matsie, said.
THE loved ones of police members who lost their lives in service of the province often worry about the future and feel left alone to deal with unfinished issues. That could soon change thanks to Project 20 aiming to assist these people who have to do without their breadwinner. Friday was dedicated towards those people. “After the death of a loved one, a widow or widower must not only deal with emotions of grief, but sometimes financial deprivation. “Not only are loved ones left be-
hind faced with the loss of a role model and life partner, but a financial provider and, in most cases, the breadwinner,” Janet Basson, provincial police commissioner of the Northern Cape, said in a speech announcing the launch of the project. Project 20 will serve the purpose of empowering families of the deceased to deal with their grief in a more productive way. “The widow or widower is allowed to mourn without the fear of falling back into previous stages of grief due to unfinished business,” said Basson and explained that Project 20 was a continuous programme that would
review and finalise long outstanding death claims and bring much needed financial relief. She gave her assurance that the SAPS would continue to offer assistance to those families through their chaplains in the form of spiritual comfort and grief counselling. “The assistance from chaplains starts with the reporting of a death of a member to the family, followed by bereavement counselling to the family, assistance with the funeral arrangements and conducting the funeral together with the family minister. “After the funeral, the section:
service termination, together with the chaplains, will assist the family to complete all required documents,” Basson explained. Basson called those who had died in service heroes who might be gone, but not forgotten. “They are in our memories and live on through our acknowledgement of their dedication and ultimate sacrifice. “Through Project 20 we strive towards supporting and assisting the men, women and children who stood behind the brave heroes during their fight against crime,” she summarised the purpose of the project.
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013
Kühn hartseer gegroet Ruan Bruwer DIE ontslape 22-jarige Pieter Kühn het duidelik ’n reuse-indruk op die lewe van sy naasbestaandes gelaat. Hy is verlede week met die kosbaarste woorde moontlik deur sy gesin in sy begrafnisbrief beskryf. Kühn het twee weke gelede in ’n motorfietsongeluk gesterf. Lienka, sy ouer stiefsuster, het in die begrafnisbrief gesê haar boetie was ’n ou kop. “Sy menswees het almal met wie hy in aanraking gekom het, verryk en hy het so baie gehad om te gee en te deel. Ons wil hom nog vir onsself hê, ons wil hom nie laat gaan nie. Maar die lewe wat hy gelei het, was vol, selfversekerd en sonder regrets. “Ons weet hy is Jesus se kind en hy is net vir ons geleen. Ons is dankbaar vir elke memory, maar sal hom elke dag mis.” Pieter se ouer broer, Kobus, het vertel van ’n vrou wat onlangs vir hom en Pieter gevra het of hulle broers of lovers is. “Pieter het gevra of ons nie albei kon wees nie. Dit was vir my so spesiaal, want dit was so waar. Ons kon nie closer wees as wat ons was nie. “Jou wysheid, geduld en insig sal altyd by my bly. “ . . . Jy was my beste vriend, ’n
regte soulmate. Jy was my hero. Ek het jou so bitter baie geniet.” Sy pa, past. Flip, beskou sy seun se afstaan aan die dood as die grootste ding wat hy nog moes doen. “Jy was die een wat die gesin aan mekaar gebind het met jou omgeehart vir elkeen en ook met jou spesiale begrip vir individuele verskille. Jy het altyd ons belange bo joune gestel.
“Ons sal jou vrolike gelag en gesing mis. Dankie dat jy ’n voorbeeld was vir elke mens met wie jy kontak gehad het. Dankie dat ons by jou kon leer hoe ’n mens voluit leef,” het hy sy seun bedank. “Jy het die Bybel gelewe en nie gepraat nie. Jy het almal se beste eienskappe gehad en dit nog meer en beter gemaak,” het Pieter se ma, Lynette, gesê.
SY lewe is verlede week met ’n massarit na die kerk herdenk. Hy het onlangs in ’n motorfietsongeluk gesterf.
PIETER KÜHN (22) se plek op ’n motorfiets, waarvoor hy so lief was, het in sy begrafnisdiens voor in die Bikers’ Church leeg gestaan. Foto: Ruan Bruwer
Woorde, raaisels haar kos Ruan Bruwer WEET jy wat ’n 12-letter-woord vir ’n late comment is, ’n agtletter-woord vir petrol of wat twee woorde vir a lot of money is? Indien jy weet die antwoorde is onderskeidelik afterthought, gasoline en pretty penny, sal jou kanse goed wees om ’n prys met blokkiesraaisels los te slaan. Dit is van die uitdagings waarmee die amper 90-jarige Kimberliet Monica Lategan weekliks worstel. Sy is ’n bobaasblokkiesraaisel-ontleder en die talle pryse wat sy al daarmee gewen het, getuig daarvan. Sy is veral vir Engelse blokkiesraaisels lief, “maar stuur hulle nie altyd weg nie”, menende sy
MONICA LATEGAN is op 89 jaar nog ’n bobaasblokkiesraaiselont leder van Kimberley. Foto: Ruan Bruwer skryf hulle nie gereeld per pos in nie. “Ek was in ’n Engelse skool – dus verkies ek eintlik die Engelse blokkiesraaisels. Ek vind hulle uitdagender. You s’n is vir my die moeilikste. “Om You se blokkiesraaisel kaf te draf moet jy goed
wees. Hulle is lief om jou met Shakespeare se aanhalings te toets.” Sy het as kind verskriklik baie koerant gelees, want, sê sy, om blokkiesraaisels suksesvol te kan invul moet jy op die hoogte wees van wat aangaan en moet jou spelling en taalvaar-
dighede goed wees. “As jy jou sinonieme en antonieme goed ken, sal dit jou handig te pas kom. Jy weet, ’n mens se verstand is ’n wonderlike ding. Soms diep jy goed daaruit wat jy self nie weet hoe dit daar gekom het nie.” Die radio, ’n tissue (sy reken ’n tissue is
’n tissue en g’n ’n sneesdoekie nie) en ’n pen is altyd byderhand terwyl sy die blokkiesraaisels aanpak. Sy het die afgelope twee maande ’n boek en R250 in die sak gesteek. Sy vul ook pligsgetrou die blokkiesraaisels in die tydskrifte Rooi Rose, Sarie en Landbouweekblad en Volksblad in. “Mense sê gereeld vir my, ai, maar ek is gelukkig (om gereeld pryse met blokkiesraaisels te wen), maar dan vra ek of hulle hulle s’n weggestuur het, want indien nie, kan jy mos nie wen nie,” het sy gesê. Wat is die grootste prys wat sy nog gewen het? “Die oom (haar man, Danie) sê hy is die grootste geskenk wat ek 71 jaar gelede gewen het.” Lategan, wat in Desember 90 jaar oud word, onthou haar eerste prys was ’n pond. Sy het jare in die stadsbiblioteek gewerk en het daardie jare baie navrae van die publiek gehanteer, vrae wat hulle deesdae eerder op die internet naslaan. Google is nog heeltemal onbekend aan haar. Indien sy vashaak en ’n antwoord met die blokkiesraaisel soek, maak sy van haar man se naslaanmateriaal gebruik. ) In 2001 het Lategan ’n Volkswagen Kewer in Volksblad se Pryslyn 17-kompetisie gewen en deel van die prys was ’n dag op die stel van die destydse sepie Egoli. Sy het selfs ’n vinnige verskyning in die sepie gemaak.
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013
3
Finalist dreams big Zanri Kotzé “REGARDLESS of whether you have talent, you have to work hard,” says Thabang Molale (23), an aspiring singer from BarklyWest who was selected as the finalist for the Spontaan singing competition. Molale’s passion for music was fuelled in primary school when he started singing in the choir. As a very competitive person by nature he likes to enter talent competitions. “I always win,” he comments and laughs without sounding arrogant. Molale currently performs at weddings and parties and works as a backing singer for a local gospel artist. Last year, Molale auditioned for the South African Idols competition, but received the feared “no” from the judges. “I don’t think I was prepared enough,” he comments on this. “I’ll try again next year.” Apart from singing covers of
songs, he also likes to write his own. “It is a very complicated process, however. First, I try to find a melody. Then I think of lyrics.” Molale says that he mostly writes about past experiences and commercial things. “I have also written a song for my girlfriend,” he says. His songs mostly fall under the Afro-pop and R&B genre. According to him, he would like to be internationally known one day, especially in Europe as African music is appreciated in the European music industry. With sadness he admits that it is difficult to catch a break. “It is hard, especially in our country and in Kimberley. People don’t want to give you the exposure you require.”
Despite the fact that becoming a famous singer is a dream of his, Molale knows that there is more to life. He is currently doing a diploma in Business Management and Admin. “Right now I need something stable. I’ll pursue an acting career on the sideline.” ) The Spontaan final takes place on 13 July in Bloemfontein where Molale will hope to continue Kimberley’s good form at the finals. In 2009 and 2011 the Diamond City produced the winner and in 2012 and 2010 our finalist came second and third respectively. ) Visit our website, www.noordkaap.co.za, for a video clip of his performance.
THABANG MOLALE
Redaksie DIE gewilde Wimbledon-tennis-ope het eergister begin met die eindstryde wat aanstaande Saterdag en Sondag beslis word. ’n Paar interessanthede rondom Wimbledon: ) Slegs 200 toeskouers het vir die eerste toernooi in 1877 opgedaag. ) Wimbledon is die enigste van die grand slams wat op grasbane beslis word. ) Martina Hingis het die jongste speler geword om ’n Wimbledon-titel te verower toe sy in 1996 op die jeugdige ouderdom van 15 jaar en 282 dae die dubbels gewen het. ) Die verdedigende kampioen in die mans-enkelspel, Roger Federer, staan ’n kans om vanjaar die alleen-rekordhouer vir die meeste titels te word. Hy deel tans die rekord van sewe titels in die mans-enkelspel met Pete Sampras en William Renshaw. ) Dis nou al 77 jaar sedert ’n Brit laas ’n Wimbledon-enkelspel gewen het. Fred Perry het dit laas in 1936 vermag. Hier is jou kans om ’n lekker prys los te slaan met jou sportkennis. Beantwoord die volgende drie vrae korrek en jy staan ’n goeie kans om met die geskenkpak van R250 van SuperSport weg te stap. Vraag 1: Wie was in 2011 die Jong Bokkies se kaptein? Vraag 2: Hoeveel keer het Suid-Afrika die Wêreldbekerrugbytoernooi vir o.20-spanne gewen? Vraag 3: Wanneer laas het ’n Brit ’n enkelspel op Wimbledon verower? Dit is maklik om vir die prys in aanmerking te kom. Stuur net ’n SMS na 45527. Begin die SMS met die sleutelwoord “Sporttrivia”, gevolg deur jou naam, van en drie antwoorde, byvoorbeeld Sporttrivia, Jannie Botha, 1. Naas Botha, 2. Tien, 3. 1905. Jy kan jou tot Maandag om 10:00 vir die kompetisie inskryf. Jy kan jou soveel keer inskryf soos jy wil. Elke SMS kos R1,50.
Photo: Ruan Bruwer
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013
Boere aan eie lot oorgelaat DIE regering kan baie bydra tot ’n beter klimaat in landbou deur te wys hy hét die politieke wil om die baie ernstige probleem van plaasmoorde en -aanvalle te pak. Dit kan hy doen deur die aanvalle – hetsy op swart én wit plaasboere óf plaaswerkers – as ’n voorkeurmisdaad te verklaar. Transito-rooftogte het in ’n stadium ook handuit geruk, maar die toestand is omgekeer toe dit tot ’n voorkeurmisdaad verklaar is en die polisie hom daarop kon toespits. Heelwat ministers het al gesê die regering beskou plaasmoorde as ernstig, maar dit is niks meer nie as ’n lippediens. Moord is moord, maak nie saak of dit in landelike gebiede of in stede gebeur nie. Dit bly ’n veragtelike daad. Die rede waarom plaasmoorde en -aanvalle spesiale aandag
verdien, is weens die gruwelike brutaliteit waarmee dit meestal gepaardgaan. Die groot probleem het jare gelede begin toe oudpres. Thabo Mbeki die kommandostelsel ontbind het. Dit het ’n leemte laat ontstaan wat nou deur misdadigers uitgebuit word. Die polisie het ’n omvattende landelike veiligheidsplan opgestel waarvolgens die polisie en landelike gemeenskappe moet saamwerk om plaasmoorde én -aanvalle te voorkom. Ongelukkig gaar dié plan net stof op en mense op plase is gevolglik aan hul eie lot oorgelaat. Aanvalle soos dié skep ’n ongemaklike omgewing waarin die land se kommersiële boere kos moet produseer. Dit kan daartoe lei dat die land homself gouer as later nie meer kan voed nie.
SKETS: Danie Cronjé
Negatiwiteit kan vernietig Hannes Noëth DIE dag toe hy uitgetrek het, was almal vir hom kwaad. Hulle het hom met klippe gegooi. Hoe kan hy haar net so agterlaat? Wat van sy verantwoordelikheid teenoor die kinders – los hy alles nou net so? Die familie het hom verstoot. Ander het jare lank nie met hom gepraat nie. Wat het hulle geweet van wat aangaan in sy huis? Van afbreek en negatiwiteit? Kon hulle raai dat niks ooit reg was nie, nooit goed genoeg was nie. Het hulle iets verstaan van onvergenoegdheid en negatiwiteit? Hoe sou hulle weet dat hy voortdurend moes kompenseer, aanpas, verskuif? Het die wêreld geweet van ’n ekstra myl stap en ’n tweede tree gee?
Aanmekaar opoffer, selfverloëning sonder ophou. Hoe kon hulle weet van sy voortdurende stryd om positief te wees in ’n negatiewe omgewing? Sou hulle hom kwalik neem as hulle geweet het dat elke dag se eerste vier of vyf sinne negatief was en elke dag se laaste vier of vyf sinne met klagtes afgesluit is? Die groot dinge het hom later nie eens meer gepla nie, dit sou die klein klagtes wees wat sy spoed gebreek het. Die koffie is te warm, die voertuig is te oud, dis dié kant toe ’n probleem en daardie kant toe ’n probleem en, en, en. Hoe kon die wêreld
GEBEURTENISSE op 26 Junie in die geskiedenis: 1860 – Die opening van Suid-Afrika se eerste spoorlyn in Durban. 1950 – Die parlement passeer wetgewing waardeur die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party onwettig word. 1950 – Die ANC vra vir ’n dag van protes en verklaar die dag as Suid-Afrikaanse Vryheidsdag. 1955 – Die ANC se Vryheidsmanifes word in Kliptown in gebruik geneem. 1984 – Aardsbiskop Desmond Tutu sê aan die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke ’n revolusie sal plaasvind as apartheid nie laat vaar word nie. 1989 – Aan die vooraand van ’n ontmoeting tussen die ANC en ’n Suid-Afrikaanse afvaardiging onder leiding van die Five Freedoms Forum sê die ANC hy sal nie met die regering onderhandel nie. 1990 – Die Europese Gemeenskap besluit dat sanksies teen Suid-Afrika van krag bly, maar verslap sal word BERIGTE oor Kimberley wat die afgelope week nuus gemaak het: ) Shanton Riet (21) is effektief 15 jaar tronkstraf opgelê vir die moord op Kabelo Berend en ook op drie bykomende aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Riet was tot in gr. 10 ’n leerling aan die NJ Heyns-skool toe hy die daad gepleeg het. “Ek is ’n stadige leerling. Toe ek klein was, het my pa my kop teen die muur gestamp en dit is hoekom daar iets met my brein fout is,” het hy ter versagtende omstandighede getuig. ) Trane het oor die wange gerol van ’n gevangene wat op parool vrygelaat is toe hy motorwastoerusting van die TswelopeleKorrektiewe Sentrum ontvang het. Die toerusting word aan benoemdes wat op parool vrygelaat is, gegee sodat hulle kan voortgaan met die vaardighede wat hulle in die gevangenis geleer het. Romeo Carolus van Springbok was een van tien gevangenes in die Noord-Kaap wat op parool vrygelaat is en wat toerusting soos naaimasjiene, sweismasjiene en motorwastoerusting ontvang het. ) ’n Konstabel van die polisie se blitspatrollie is op ’n klag van dronkbestuur in hegtenis geneem. Etlike polisie- en nooddiensvoertuie het Saterdag net ná 21:00 in Schmidtsdriftweg sowat 20 m suid van die vierrigtingkruising die pad versper waar drie voertuie in ’n ongeluk betrokke was. Volgens lt. Sergio Kock, polisiewoordvoer-
Die Diamantstad se koerant
Tel. 053 831 2331 Faks 053 831 2330
Posbus 1583 Kimberley 8300
dit weet? Soos ’n kraan wat drup, so is ’n vrou wat altyd kla, het die ou skrywer van Spreuke gesê. ’n Vrou wat gedurig kla. Mans lag daaroor. Daardie teks was nie vir hom snaaks nie. Dit het in sy wese in gedrup. Tot een oggend. Hy het opgestaan. Uitgetrek. Oorbegin. Die wêreld wou hom stenig. Dit het hom niks gepla nie. Hy kon lag as hy wou lag. Hy kon tevrede wees met min. Hy sou sy kinders nog versorg, hy sal sy verantwoordelikhede nie ontduik nie, maar sou hy graag sê, nou kon hy hulle ook ’n ander kant van die lewe leer. ’n Kant wat positief is, wat nie altyd donker sien nie. Wat begin by lig. By positiwiteit. By vergenoegdheid. “Amper, dominee, amper het haar negatiwiteit my vernietig . . .”
namate apartheidswetgewing opgeskort word. Geboortes op die dag: 1955 – Darius Botha, ’n predikant en ouer broer van Naas Botha wat in een toets vir die Springbokke gespeel het. 1956 – Chris Isaak, Amerikaanse rocksanger. 1967 – Doctor Khumalo, gewese Suid-Afrikaanse sokkerspeler en lid van die span wat in 1996 die Afrikanasiesbeker gewen het. 1976 – Mpumelo “Pommie” Mbangwa, gewilde krieketomroeper en gewese Zimbabwiese naatbouler.
der, staar ’n klag van dronkbestuur en van roekelose en nalatige bestuur die 36-jarige konstabel in die gesig. Hy is op die toneel in hegtenis geneem, omdat hy vermoedelik vir die ongeluk verantwoordelik was. Die konstabel was nie aan diens ten tyde van die ongeluk nie en is op borgtog van R500 vrygelaat. Hy was glo in sy Mercedes-Benz op pad die stad uit toe hy teen die agterkant van ’n Nissan-bakkie vasgery het. Die impak het die bakkie teen ’n aankomende Toyota Tazz laat bots. Albei voertuie is erg beskadig, terwyl die Mercedes net aan die voorkant beskadig is. Die bestuurders van die Nissan en Toyota is albei met geringe beserings na ’n hospitaal gebring. ) Helen Zille, DA-leier, het met haar besoek aan Kimberley Sol Plaatje se graf, asook die huis waarin hy in Kimberley gewoon het, besoek. Die huis in Angelstraat 32 waar hy gewoon het, is nou ’n museum en biblioteek. Zille het in haar toespraak by die Sol Plaatje-standbeeld van partypolitiek weggebly en haar toegespits daarop om hulde aan Plaatje te bring.
Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013
5
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013
PROMOSIE
Instituut vier sy tiende jaar DIE Nasionale Instituut vir Hoër Onderwys (NIHE) in die Noord-Kaap het op 23 Junie 2003 tot stand gekom ná intensiewe aanvoorwerk deur die Noord-Kaapse provinsiale regering in samewerking met ’n toegewyde taakspan. Sedert die totstandkoming het die instituut toenemend gegroei en die inwoners van die Noord-Kaap het uiteindelik toegang tot hoër onderwys in die provinsie gehad. Die eerste raad is in 2006 onder die leiding van prof. Brian Figaji aangestel en ná die verlenging van hul termyn is die raad in Desember 2011 ontbind. Die inkomende raad, onder voorsitterskap van prof. Yunus Ballim, is sedert 2012 in plek. Onder leiding van die NIHE-raad en -bestuurspan is ’n sterk personeelkomponent gevestig en verskeie beleide goedgekeur om die bestuur van die instituut te ondersteun. Intensiewe navorsing is gedoen om die behoeftes van die inwoners van die Noord-Kaap aan hoëronderwys-kwalifikasies te bepaal en kwalifikasies is hiervolgens saamgestel. Onderhandelinge is met verskeie vennote in hoëronderwys-kringe gevoer en uiteindelik is ooreenkomste met die volgende akademiese instellings gesluit om verskeie diploma- en graadkwalifikasies aan te bied, naamlik: Noordwes-Universiteit, Universiteit van die Vrystaat (UV), Unisa, Universiteit van die Wes-Kaap, Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) en die Vaal-universiteit vir Tegnologie. Die laaste groep studente van die Universiteit van die Wes-Kaap het in 2012 hul studie voltooi, terwyl die studente van Unisa nog twee jaar het om hul kwalifikasies deur die instituut te voltooi. Altesaam 20 kwalifikasies word deur die oorblywende 4 instellings in 3 fakulteite aangebied – fakulteit opvoedkunde, fakulteit ekonomiese en bestuurswetenskappe en fakulteit sosiale wetenskappe. Die NIHE beskik oor ’n gevestigde infrastruktuur – drie kampusse in Kimberley (hoofkampus, New Park-kampus en Galeshewe- kampus) en Upington-kampus waar kwa-
DIE Nasionale Instituut vir Hoër Onderwys (NIHE) is amptelik op 23 Junie 2003 deur die destydse minister van hoër onderwys, Kader Asmal (tweede van regs), geopen. Regs is Tina JoematPettersson, toe LUR vir onderwys in die NoordKaap. Foto’s: Verskaf lifikasies van die Vaal-universiteit vir Tegnologie aangebied word. Die koshuise op die Galeshewe-kampus bied verblyf aan ongeveer 390 studente, maar dit
voldoen nie naastenby in die behoefte aan verblyf nie. Sedert die NIHE se totstandkoming is verskeie hoogtepunte bereik, soos: ) Toenemende getal kwalifikasies wat deur akademiese vennote in samewerking met die NIHE aangebied word aan die inwoners van die Noord-Kaap. ) Provinsiale Hoëronderwys-beraad in Maart 2011 met die doel om die departement van hoër onderwys en opleiding in te lig oor die soort universiteit wat die Noord-Kaap se inwoners verlang. ) Jaarlikse gradeplegtighede waar grade en diplomas deur die vennote aan die student oorhandig word. ) Organiseer die afgelope sewe jaar die Nasionale Wetenskapweek in die Noord-Kaap. ) Die totstandkoming van die Alumni-vereniging in 2012. ) Jaarlikse verkiesing van ’n verteenwoordi-
gende studenteraad. ) Bied die USSA-tafeltenniskampioenskappe in Desember 2012 aan waaraan 16 universiteite deelgeneem het. ) ’n Vereniging om die NIHE se belange te bevorder, is in 2010 bekend gestel en staan as Friends of NIHE bekend. Lidmaatskap is oop vir mense wat die NIHE en die vereniging se visie en missie deel. Belangstellendes kan met Kenosi Meruti by kenosi@cge.org.za vir verdere inligting in verbinding tree. NIHE is ’n unieke instelling wat voortdurende uitdagings ervaar in die daaglikse funksionering en rolvervulling. Dit is egter steeds die NIHE se voorkeursaak om die hoëronderwysbehoeftes van die Noord-Kaap aan te pak en sover moontlik aan die behoeftes te voldoen. Rig verdere navrae aan Marietjie Grobbelaar by grobbelaarm@nihenc.ac.za of skakel 053-807-5300.
TIEN JAAR later. Van links is Bernard Farmer (adjunkhoof: finansies), dr. Pearl Nkosi (waar nemende hoof van die NIHE) en dr. Bommie du Plessis (waarnemende adjunkhoof: akade mies).
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013
Donates to school EARL DAMONS, an exscholar of the Floors High School, has been constantly supporting the school over a number of years in all capacities. His company, Central Roof Industries (CRI), has donated R50 000 to the school for the upliftment of the school’s learners. He was also instrumental in the school receiving a further R10 000 from MiTek South Africa of which CRI is one of the biggest clients in the province. The school expressed their appre ciation for Damons’ continuous financial support and hope that other exscholars will fol low suite. From the left are Peter Kok (principal), AC Jacobs (deputy principal) and Damons). Photo: Emile Hendricks
Enter and walk for Jesus WALK 4 JESUS entry forms will be available at the Old Spoornet Good Shed Building, 31 Gladstone Avenue, De Beers, Kimberley. Call Annelize Kruger on 053-832-2250/42 or 083-322-4138. Entries open on 26 June and the walk takes place on 9 August. The walk starts at 09:00. Registration is at the Diamond Pavilion Mall on 20 July and 27 July from 09:00 to 13:00.
Entries on 8 August close at 12:00. The first route (6 km) is from City of Hope to Aldersgate Methodist Church and the second route (3 km) from the Old Bean Street Methodist Church. Refreshments will be provided. Please keep to the left of the road at all times. ) WALK 4 JESUS entry form – see advertisement on the right.
7
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013
Game offers even more Reporter GAME customers can expect so much more when they visit Game in the North Cape Mall from today. They open their new fresh food offering today. Now, in addition to fridges, stoves, DVD players, gym equipment, décor and TVs that customers love shopping at Game for, the store will also provide pre-packed meat, freshly-baked goods and fresh vegetables, just to name a few. Game promises to offer product ranges that will suit every customer’s budget. Game Kimberley will have a new store design that promises to excite and delight and guarantees only the best shopping experience. According to the store manager, Kalie Fourie, Game has a long-lasting commitment to customer satisfaction which is reflected in their slogan Game – you always win. “This is applied through a rock-solid trio of far-reaching guarantees on price, satisfaction and service. The satisfaction guarantee promises to refund
the purchase price of goods – or exchange any goods at any time – if returned in the original condition and packaging. “The service guarantee promises customers that Game will provide ongoing service on any product purchased, even after the expiry of the warranty,” he said. To celebrate the re-opening of the store, Game will have unbeatable specials. Customers are encouraged to be at the store early to take advantage of all these great deals. ) Game is providing two lucky Noordkaap readers a R500 shopping voucher each. To enter, simply SMS the keyword “Game”, followed by your name, to 45527. SMSs cost R1,50. Two entries will be drawn as the winners. The competition line opens today at 06:00 and closes on Monday at 12:00.
Help só vir hospice Redaksie TÉCARA WOODBRIDGE, ’n 19-jarige eerstejaarstudent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), is ’n semifinalis vir Kovsies se joolkoningin 2014. As deel van haar TÉCARA geldinsamelingspoging gaan sy Sa- WOODBRIDGE terdag tussen 09:00 en 14:00 ’n Diamond Rush by Itec-park aanbied. Vlaggies gaan verkoop word wat op die rugbyveld geplant word. ’n Vliegtuig sal dan oor die rugbyveld vlieg en ’n pyltjie laat val. As dit die naaste aan jou vlaggie val, is ’n diamant van R5 000 joune. Ander pryse kan ook gewen word. Vlaggies word Vrydag tussen 12:00 en 18:00 by Itec-park verkoop. Indien sy as Kovsie-joolfinalis gekies word, sal die hospice van Kimberley haar begunstigde-geldinsamelingsprojek wees. Técara is opgewonde oor haar kanse om die eerste Kovsie-joolkoningin in etlike jare van Kimberley af te word en hoop op die ondersteuning van Kimberley. Sy was verlede jaar in Kimberley Girls’ High. Stalletjies kan teen R50 opgerig word. Rig navrae aan Bonny by 082-829-5573.
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013
Smul aan seekos op Vryfees Madelein Venter DIE Vryfees vind weer van 9 tot 14 Julie op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) plaas en een van die groot trekpleisters – De Vette Mossel – is ook weer terug. Dié outentieke seekosrestaurant bied ’n seekosbuffet met ’n volle agtgangmaaltyd, asook ’n à la carte-spyskaart. Voorafbesprekings is noodsaaklik vir die buffet en vir R250 kan jy aan die smullekker seekosgeregte en varsgebakte potbrood smul totdat jy trommeldik is. Daar sal ook ’n kontantkroeg wees om die ergste koue te verdryf. Lewendige vermaak word deur Henning Joubert en Anton Botha verskaf. Joubert is ’n Bloemfonteinse kunstenaar wat al wye draaie in die musiekwêreld gestap het. Hy was een van die stigterslede van die Afrikaanse groep Beeskraal en kan ’n hele string instrumente bespeel. Hy het al saam met al wat ’n bekende kunstenaar in die land is, opgetree en werk nou aan ’n solo-album. Hy is ook in die Vryfees-produksie Fyngeslyp te sien. Botha is al ’n bekende in die Afrikaanse musiekbedryf. Sy musiekvideo’s word gereeld op kykNET vertoon. Hy skryf die meeste van sy eie musiek en kan blitsvinnig ’n partytjie aan die gang kry. Kaartjies vir dié eetplek is by Spotted Apple beskikbaar. Skakel 051-447-1086 of stuur ’n e-pos na info@spottedapple.co.za om jou plek te bespreek of vir meer inligting.
HENNING JOUBERT vermaak besoekers aan De Vette Mossel op die Vryfees.
Kitaar bly gunsteling JY sal verskoon word as die naam Henning Joubert nie dadelik ’n klokkie lui nie. As jy egter na sy CV kyk, sal jy gou besef dié man het wel al jou pad gekruis. Daar is min instrumente wat dié 31-jarige Bloemfonteinse musikant nié kan bespeel nie. Voeg daarby ’n fantastiese stem en dan besef jy Henning is die hele pakket. Hy is op Klerksdorp gebore, maar is gek na Bloemfontein. “Ek’s mal oor die mense. Hulle is baie vriendelik en warm.” Hy het op skool sy buiging as konsertinaspeler gemaak en daarna aan die jazz-departement van die Tswane-universiteit vir Tegnologie gestudeer. Hy bespeel ook die kitaar, mandolien, baskitaar, blues-harp, banjo, klavier en trekklavier. “My gunsteling bly egter die kitaar,” sê Henning. “Dit is so veelsydig, baie verskillende genres, style en aanslae.” In 2001 het hy die Sakkie-langarm-boereorkeskompetisie op kykNET gewen en die album wat hy daarna opgeneem het, is met ’n Sama-eerbewys vereer. Henning was een van die stigterslede van die Afrikaanse rockgroep Beeskraal en ook permanent lid van Dozi en Robbie Wessels se orkeste. “Ek sou baie graag saam met Coenie de Villiers, Vusi Masashela, Tony Cox en PJ Powers wou optree,” sê hy. Hy het ook al in Londen, Nieu-Seeland, Kanada en Indië opgetree. Hy is boonop ’n talentvolle liedjieskrywer en werk nou aan sy solo-album wat later vanjaar uitgereik sal word. Hy het die meeste van die liedjies op die album self geskryf. Vir meer inligting of besprekings, bel Spotted Apple by 079-504-3912 of 051-447-1086.
9
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013 Sportredaksie
nie. Selfs al oortree ’n teenstander die reëls, mag ’n speler nie REËL 10: Vuilspel enigiets doen wat ’n teenstander Definisie van vuilspel: Vuilin gevaar stel nie. spel is enigiets wat ’n speler op die (m) Optrede strydig met goeie speelperk doen wat teen die letter sportmanskap: ’n Speler moenie en gees van die reëls van die spel binne die speelperk iets doen wat is. Dit sluit obstruksie, onregverstrydig met die gees van goeie dige spel, herhaalde oortredings, sportmanskap is nie. gevaarlike spel en wangedrag in (n) Wangedrag terwyl die bal buiwat tot nadeel van die spel strek. te spel is: ’n Speler mag nie, terGevaarlike spel en wangewyl die bal buite spel is, hom drag (vervolg van verlede skuldig maak aan wangedrag of week): obstruksie pleeg teen of op enige (l) Wraak neem: ’n Speler moet nie wraak neem wyse inmeng met ’n teenstander nie.
As ’n strafskop aan ’n span toegeken word, maar ’n speler van daardie span is skuldig aan verdere wangedrag voordat die skop waargeneem word, sal die skeidsregter die skuldige speler waarsku of afstuur, verklaar dat die skop afgelas is en ’n strafskop aan die ander span toeken. Indien ’n oortreding buite die speelgebied begaan word terwyl die bal nog in spel is, en daardie oortreding word nie deur enige deel van hierdie reël gedek nie, word die strafskop toegeken op die 15-meterlyn in lyn met waar die oortreding plaasgevind het. ) Dié reël word volgende keer verder bespreek.
RUDOLF GREYLING, Junie se se Let’s Play sportster van die maand.
Hokkie dié sportster se groot liefde Ruan Bruwer DIE 17-jarige Rudolf Greyling, ’n regtig veelsydige sportman, is Junie se se Let’s Play-sportster van die maand. Greyling is pas weer vir die Noord-Kaapse o.18-seunshokkiespan gekies. Hy is vanjaar in gr. 11 en dus volgende jaar weer vir die span verkiesbaar. Greyling is die kaptein van die Hoërskool Diamantveld se eerste seunshokkiespan, ’n span waarvoor hy sedert sy gr. 8-jaar speel. Vanjaar is dit die vyfde keer dat hy vir ’n provinsiale hokkiespan gekies is. Hy het vroeër die Griekwaland-Wesse o.13-, o.14- en o.16-span (twee keer) gehaal. Vroeër in die jaar is hy ná ’n hokkietoernooi in Bloemfontein vir ’n All Stars-span gekies wat in ’n vertoonwedstryd teen Kovsies se eerste manspan gespeel het. Hy is ’n ewe bedrewe atleet en het vroeër vanjaar ’n derde keer in sy loopbaan vir die SuidAfrikaanse jeugkampioenskapsbyeenkoms gekwalifiseer waar hy aan die 800 m deelgeneem het. Hy het ook al provinsiale kleure in rugby, tuimel en gimnastiek verower. In geheel is Greyling ’n allemintige 23 keer al met provinsiale kleure vereer. Hy beskou hokkie as sy gunsteling-sportsoort en speel ook al klubhokkie. Volgens hom sal hy sy silwermedalje op die Suid-Afrikaanse kampioenskapbyeenkoms in 2005 as sy hoogtepunt tot dusver in sy sportloopbaan beskryf. ) Die Let’s Play-sportster van die maand wen ’n geskenkpak van Let’s Play en word ook op Let’s Play se webtuiste bekend gemaak. Aan die einde van die jaar sal ’n algehele wenner uit die maandelikse wenners gekies word.
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013
11
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013
13
14
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013 The intended development shall trigger the following listed activities in these regulations:
No. of Relevant Notice. Activity No. Description of the activity:
PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194. UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAKS 053 832 1951
HARTENBOS: Netjiese akkommodasie. Heeljaar beskikbaar. Lae tariewe buite seisoen. Ook eiendom te koop. Skakel 083 236 1294 of 044 695 0682
TE KOOP GEVRA vir kontant: Motors of bakkies. SMS 072 472 8686 of skakel 053 963 1409.
If you want to sell Table Charm SMS your address or Call 073 701 5214
NOTICE OF APPLICATION FOR ENVIRONMENTAL AUTHORIZATION. NOTICE OF APPLICATION FOR ENVIRONMENTAL AUTHORIZATION IN TERMS OF THE EIA REGULATIONS OF 18 JUNE 2010 FOR THE CONSTRUCTION OF TWO HYDROELECTRIC POWER SCHEMES BETWEEN THE FARMS TORQUAY 157, PORTION 2 AND KLIPFONTEIN 38, PORTION 0, AND A 2ND SCHEME BETWEEN THE FARMS HERFORD 202, SLYPSTEEN 42 AND SUMMERHILL 203, ORANGE RIVER, NORTHERN CAPE PROVINCE. DEPARTMENT OF ENVIRONMENTAL AFFAIRS REF NO: 14/12/16/3/3/2/507 & 14/12/16/3/3/2/511.
Notice is given in terms of the NEMA EIA Regulations of 2010, that Sidala Energy Solutions (Pty) Ltd is proposing the construction of a hydro-electric power scheme on the Orange River which shall provide the production of renewable energy through the use of the gravitational force of falling or flowing water. The facility shall comprise aspects including the construction of a weir in the river; a short canal headrace, powerhouse and tailrace; and an access road.
No. 544. 1 (i) Construction of a facility generating less than 20MW of electricity. No. R 544. 11 (v)(xi) Construction of a weir and hydro-electric power facility in the watercourse. No. R544. 18 (i) Construction and establishment of a hydro-electric power facility on the banks of the Orange River. No. R 544 23 (ii) Construction of a hydroelectric power facility along the Orange River on undeveloped land. No. R 545 10 (i). Construction of a hydropower facility and weir within the one in ten year flood line of the Orange River. No. R545 15 Transformation of 20 hectares or more of undeveloped land. No. R546 4. Construction of a road to provide access to the site. No. R 546 13. Site preparation and leveling to construct and install the facility in and adjacent to the river. The date of placement of this notice is 26 June 2013.
Queries regarding this matter must be referred to: The contact consultant, Enviroworks, Suite 338, Private Bag x15, Somerset West 7125, or contact Mark Day at 084 738 1130 or 021 853 0682, fax 086 601 7507 or mark@enviroworks.co.za Parties wishing to formally comment or register on the proposed development are requested to communicate to Enviroworks no later than 40 days after the placement of this notice (5 August 2013).
BRIDGING CASH while waiting for
PENSION/ PACKAGE payout (lump sum only)
Cash same day
086 1101 388 083 6700 788
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013
Die Jakkals doen sy bynaam gestand IN die Curriebekerreeks is hulle gereeld helde wanneer hulle bo verwagting presteer en met die groot honde in die reeks saamgesels en hulle selfs verslaan. Veral sedert 2006 is bestendigheid in die Curriebekerreeks sinoniem met die Griekwas en die Poubloues wat nooit slegter as sesde uit die 14 spanne in die reeks gevaar het nie. In 2009 en 2012 was hulle vyfde op die puntelys en elke keer bitter naby aan ’n plek in die halfeindronde. Oor die volgende paar maande word die Griekwa-spelers wat in die Curriebekerreeks diens gaan doen in ’n profiel aan lesers bekend gestel. Die woelige en veelsydige skrumskakel Jacques Coetzee (29) het met rede die bynaam “Jakkals” gekry. So lastig soos ’n jakkals is, so lastig is Coetzee rondom die losskrums. Nadat hy sy loopbaan by die Leeus begin het, het Coetzee vier seisoene lank in 71 wedstryde vir die Pumas en 10 wedstryde vir die EP Kings (in 2011) uitgedraf voordat hy hom begin verlede jaar by die Griekwas aangesluit het. Coetzee het sedertdien in 27 wedstryde in die Poublou-trui uitgedraf (17 Vodacombeker- en 10 Curriebekerwedstryde) waarin hy ses drieë gedruk het. Hy spog ook met 11 Superrugby-wedstryde (vir die Lions en Cheetahs). Waar het jy grootgeword en waar was jy op hoërskool? Op Heidelberg waar ek in die Hoër Volkskool was. Kan jy jou heel eerste drie onthou? Ja, ek was agt jaar oud en dit was vir my laerskool, die Laerskool Drakenstein.
Wie was jou rugbyheld toe jy ’n tjokkertjie was? Die oudSpringboklegende Joost van der Westhuizen. Wat was jou grootste rugbyoomblik of -prestasie? Om in 2010 ’n Superrugby-wedstryd vir die Lions teen die Stormers op Ellispark te speel. En jou grootste teleurstelling? Om nie vir die Springbokke gekies te word nie. Wat verg dit om ’n goeie provinsiale rugbyspeler te wees? Toewyding. Wanneer het jy jouself die eerste keer op TV gesien? In 2005 se eindstryd van die destydse Superbowl-toernooi vir universiteitspanne. Ek het vir die Universiteit van Johannesburg teen die Pukke gespeel. Watter vraag vra mense buite Kimberley jou meestal as jy sê jy speel vir die Griekwas? “Wat doen jy vir ’n regte werk?” Wat is die lekkerste en slegste ding daarvan om vir die Griekwas te speel en hier te woon? Die lekkerste is die closeknit community. Die slegste is Kimberley se hitte in die somer en die erge koue in die winter. Halfway House of Springbok Pub? Geen. Wat is die een groot voordeel daarvan om ’n professionele rugbyspeler te wees? Die werkure. Het jy enige byname en hoe spreek jou spanmaats jou aan? Die Jakkals. Kan jy jou eerste geel- of rooikaart onthou? Dit was ’n gele vir ’n plettervat in 2008 vir die Pumas. Het jy enige bygelowe of rituele voor wedstryde? Ek luister musiek.
JACQUES COETZEE
CHANGE TO US AND KEEP YOUR NUMBER. IN CL UD ES
1G B
BL A SO ACK DD BE CI PL AL&E RRY A M ® R3 N FO AIL 7P R M
DA TA PM
BlackBerry® Curve™ 9320 Smartphone
R119
PM x24
on Straight Up 50 TopUp*
99c per min. on per second billing
50
MINUTES
50
SMS/MMS
50
MB DATA
Features: BlackBerry® 7.1 OS, FM Radio, Wi-Fi Hotspot, 3.2MP camera.
Samsung Galaxy SIII Mini Smartphone
R199
Samsung Galaxy S4 Smartphone
on Straight Up 100*
R399
99c per min. on per second billing
99c per min. on per second billing
100
MINUTES
100
SMS/MMS
PM x24
100
MB DATA
Features: Android 4.0 (Ice Cream Sandwich), 4.3” super AMOLED, capacitive multi-touch screen, Dual core 1.5 GHz CPU, 1GB RAM + 4GB ROM.
PM x24
on Straight Up 100*
100
MINUTES
100
SMS/MMS
1GB DATA
Features: Dual Camera, Group Play, S Translator, Samsung Smart Pause/Scroll.
Also available in blue.
Available at the following Cell C stores:
New Park 084 828 0319 • Northern Cape Mall 084 828 0353
JHB 42147
Go in-store or call 084 145 for a new deal or upgrade. cellc.co.za *RICA IN-STORE. Offers valid 1 June - 30 June 2013. All prices are inclusive of VAT. Once-off SIM and connection fee of R114 applies. Limitations apply to these products and promotions. For these limitations and full terms and conditions, please visit www.cellc.co.za or ask in-store.
15
16
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013
Sport Die Diamantstad se koerant
Die Diamantstad se koerant
Wen liga ná uitspeelwedstryde DIE eerste netbalspan van die Hoërskool NoordKaap (HNK) is die ligawenner ná uitspeelwedstryde verlede week op Upington. Nadat spanne in drie groepe meegeding het, het die drie groepwenners teen mekaar te staan gekom. Hier het HNK naelskraaps met Upington (2218) en Diamantveld (2524) afgereken om die eerste keer as ligawenner gekroon te word. Die skool se o.16span is ook die provinsiale wenner. Dia mantveld se o.14 en o.15span is op hul beurt die voorste spanne in die NoordKaap. Hulle sal almal vroeg in Augustus aan die nasionale uitdaagkompetisie in Boksburg deelneem. HNK se eerstes is van links, voor: MariLee Vos, Jomari Myburgh (kaptein) en Ellen Kotze; agter: Carmen du Plooy, Jessica du Plessis, Joy Morkel, Simuney Muller, SanMari de Jager, Monique Bredenkamp en Christolien Kleinjan. Foto: Verskaf
Players chosen for hockey teams Reporter THE Northern Cape u.18 boys’ hockey team that will participate at the national tournament from 30 June to 7 July in Cape Town: Mthembu Sizwe (NCH), Hagan Seaward (CBC), Liam Grey (NCH), Lynden du Plooy (NCH), Cameron du Plooy (NCH), Brendon Gertse (THS), Aiden Brooker (NCH), Byron McNally (CBC), Wazeed Alexander (NCH), Joshua Maya (NCH), Rudolf Greyling (DHS), Amien Rosenburg (THS), Kyron Fortuin (THS), Jeremy McAnda (NCH), Jason McAnda (NCH) and Mohau Mocwaledi (CBC). ) The Northern Cape u.16 boys’ hockey team that will participate at the national tournament from 30 June to 7 July in Johannesburg: Harms Jansen van Rensburg (Upington), Modiakgotlo Lesedi (CBC), Songese Binase (KBH), Niellen van Heerden (NCH), Divan Niewenhuizen (DHS), Qiyaam Jardine (NCH), Abdul-Baasit Alexander (THS), Diego de Abreu (NCH), Levert Koopman (NCH), Cameron Hannie (NCH), Dondre Samuels (NCH), Hayden Grey (KBH), Julian Scholtz (NCH), Katlego Khumalo (CBC), Luke Smith (NCH) and Riaan Badenhorst (Duineveld). ) The Northern Cape u.14 boys’ hockey team that participated at the national tournament from 22 to 26 June in George were: Chaswin Parker (NCH), Chad Mpisi (NCH), Jarrod Goa (NCH), Sho-aib Aysen (NCH), Clayton Tait (NCH), Brandon Ralph (NCH), Khumo Qomoyi (NCH), Damien Kenny (NCH), Ebrahim Hassen (NCH), Jayesh Kanjee (THS), Morné Dlethu (Upington), Jaden Muller (Upington), Daniel Botha (DHS) and Daniel Saayman (DHS). ) The Northern Cape u.13 boys’ hockey team that is participating at the national tournament from 24 to 27 June in Cape Town: Olebogeng Modise (Kby Junior), Nico du Plooy
(Staats), Aidan Peters (Herlear), Aiden Tun (CBC), Luciano Ortell (Herlear), Timothy Motseme (CBC), Tlhalefang Pharasi (Kby Junior), Lindre Atwell (Kby Junior), Dianlo Stoltz (Eureka), Calin Hannie (Kby Junior), Ryan Isaacs (Kby Junior), Hernu Ekkerd (Op die Voorpos), Sibusiso Madlala (Kby Junior) and Reece Jacobs (Kby Junior).