Noord kaap 5 junie 2013

Page 1

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331 Woensdag 5 Junie 2013 www.noordkaap.co.za

2 Hannes stel boek oor ru­ brieke bekend

3 Silhouette se twee dansers beïndruk

8

GRATIS

Vra die groot vraag by Groot Gat MARTIN BEYLEFELD van Kimberley se plan om sy meisie, Isabell Theunissen, om haar hand te vra het op ’n spesiale plek plaasge­ vind. Hy het voorverle­ de Vrydagaand op die uitkykpunt oor die Groot Gat op sy knieë gaan staan. Die gat is spesiaal vir die ge­ leentheid verlig, daar is ’n tafel gedek en hul­ le het die geleentheid met sjampanje en ’n driegang­maaltyd ge­ vier. Dit alles was vir haar ’n groot verras­ sing. Dit was volgens ’n werknemer van die Gat die eerste keer dat iemand dit op so ’n manier gedoen het. Boonop was dit vol­ maan, wat die aand soveel romantieser gemaak het. Nog ’n fo­ to op bl. 3. Foto: Verskaf

Ruan Bruwer

Griekwas kweek gehalte Jongelinge leer prakties oor blind wees

12 Al die uitslae van Eureka teen Newton

Ruan Bruwer DIE twee rugbyspelers van hier wat die naweek in die Springbok-groep ingesluit is, is nogmaals ’n bewys dat ’n speler wel deur die Griekwas ’n Springbok kan word. Lourens Adriaanse en Willie le Roux is die naweek in die groep van 34 spelers ingesluit. Hulle sal egter eers hul Springbokbaadjie ontvang indien hulle op die veld verskyn. Veral Le Roux se kanse om insluiting in die 23-tal is vanweë sy veelsydigheid goed. Die span vir Saterdag se toets teen Italië word vandag aangewys. Le Roux was tot dusver briljant vir die Cheetahs. Vernuftig, vlugvoetig, kreatief en giftig is woorde waarmee sy spel tot dusver vanjaar beskryf is. “Weerlig Wielie” het vyf keer vir die Cheetahs gaan druk. Adriaanse het ’n ver pad gekom nadat hy in 2012 slegs enkele Super-wedstryde vir die Cheetahs gespeel het. In die wedstryd teen die Crusaders in Christchurch het hy erg gesukkel en is sy span in die skrums gekarnuffel. Hy is

These skills vital

daarna weggelaat. “Ek het darem iets kleins verwag. My tasse was gepak om te gaan vakansie hou. Ek het my gholfsak en alles reg gehad. “Maar niks kan beter as dié oomblik wees nie,” het Adriaanse ná sy insluiting Saterdagaand aan Jóhann Thormählen gesê. Die Griekwas verdien lof dat hulle eerste was om in Le Roux, wat vir die Boland-Kavaliers gespeel het, te belê en hom Kimberley toe te lok. Die Griekwas beleef nou ’n goue tydperk wat spelers tot die nasionale span betref. Nadat hulle tussen 2001 en 2009 geen Springbokke opgelewer het nie, is Riaan Viljoen, Davon Raubenheimer (in 2009) en Bjorn Basson (2010) vir die Groen en Goud gekies. Die getal Springbokke wat die Griekwas oor die jare opgelewer het, staan op 71. Basson was die laaste toe hy in 2010 sy buiging vir die Bokke in Cardiff teen Wallis gemaak het. Twee ander spelers in die groep, Basson en Zane Kirchner, het ook hul naam hier gemaak voordat hulle noorde toe is.

THE Northern Cape Education Department is serious in its mission to create a society in which each citizen masters basic literacy skills. The department launched a provincial literacy strategy on Friday where the MEC for Education, Grizelda Cjiekella, said that although one might think everybody can read, write and communicate, it is not the case. “Whilst we take these skills for granted, hundreds of thousands of illiterate people often feel ashamed of it. In many instances illiteracy and low literacy levels have become a hidden issue. “Literacy is fundamentally about every citizen having the means to understand our world and to sha-

pe and improve our lives and communities better. A Strong, successful country requires strong and secure literacy skills for every citizen,” she said. The strategy is designed to improve the literacy of people, particularly those who, because of their inability to read and write, continue to be side-lined. One of the plans is also to create a reading culture from a young age. She underlined the consequences of low levels of literacy associated with poor educational attainment, limited employment prospects, poverty, health inequalities and lower social and political participation. “Literacy skills are fundamental requirements for learning and are essential for work and life,” she said.

Child literacy tested IS your child’s literacy level up to standard? According to a pamphlet distributed by the Northern Cape Department of Education, a gr. R learner should be able to: ) count backwards and forwards and write numbers in ones and twos (0 to 10); ) know basic shapes such as the triangle, square, rectangle and circle; ) cut along a line and hold a pencil correctly; ) follow directions agreeably and easily, such as left and right; and ) understand time concepts like yesterday, today, tomorrow, days, weeks, months, seasons, etc.


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 5 JUNIE 2013

Wiaan ’n man wat hard werk Ruan Bruwer WIAAN VAN DER LINDE (41), wildboer, entrepreneur en eienaar van Wintershoek-safari’s en pas bekroonde Noord-Kapenaar van die Jaar 2013, is ’n man wat reeds om 04:00 aan die werk spring. Boonop is hy suksesvol in wat hy doen. Hy is in 2011 as Wildbedryf Suid- WIAAN VAN DER Afrika se Wildboer LINDE van die Jaar aangewys en in 2010 as Landbouskrywers SA Sentraal se Noord-Kaapse Boer van die Jaar gekies. Hy het sy vrou van Kimberley op Ficksburg ontmoet waar sy vir sy jonger broer klas gegee het. Ons het Wiaan die mens van nader leer ken. Waar grootgeword en skoolgegaan? Ek het op ’n plaasby Rosendal grootgeword en op Ficksburg skoolgegaan. Waar kom jou liefde vir wilde diere vandaan? Ek dink dis amper ’n ingebore ding. Die blootstelling aan die natuur – ek het na aan die natuur grootgeword – en daardie ding om hands on te wees was altyd daar. Die droom was aanvanklik om ’n natuurbewaarder te word. Ek het altyd gedink dit sal net ’n droom bly (om met wild te werk), maar ek glo ’n droom word net waar as jy aan hom werk. Hoe het jy gekom tot hier? Ek is ná my studie terug na ons plaas waar ek met vee geboer het. Ons het hierheen gekom en ek het vir my skoonpa geboer voordat ek bestuurder by Wintershoek-beleggings, deesdae die Mokala- Nasionale Park, geword

het. Wintershoek-safari’s was voorheen ’n beesplaas en ons het dit in ’n wildplaas omskep. Beplan jy om die droom van ’n skool wat jou werkers se kinders van ’n toekoms buite die townships sal verseker, ’n werklikheid te maak? Ek gaan dit doen. Die proses is aan die gang, al begin dit net met ekstra klasse wat in die middag aangebied word. Dit móét volhoubaar wees, dus moet die tyd daarvoor reg wees. Wat is ’n lekker dag in die lewe van ’n wildboer? Die kombinasie om met mense en diere te werk. Ek kry energie van mense. Ons kry besoekers van 14 verskillende lande. Dis lekker om met hulle te meng. As jy nou ’n groot bedrag geld sou wen, hoe sou jy dit aan jou besigheid bestee? Ek sal dit in die besigheid belê en die Wild Hearts-rehabilitasie-en-opvoedingsentrum, my nie-regeringsorganisasie, ten volle begin. Wat in die lewe gee jou ’n huppel in die stap? Ek hou van uitdagings en om die onmoontlike te probeer doen. Om ’n dier by sy kalfie te sien, sowel as mense wat lekker lag, daardie twee goed maak my gelukkig. Hoe lyk jou gesin? My vrou, Hilmarie, is ’n kleuterskoolonderwyser. Ons drie kinders is Jana (14), Rudolph (11) en Ruben (6). Loopbaan-hoogtepunte? Dat ek goed reggekry het waaraan ek hard gewerk het en die eerbewyse, hoewel dit nie iets is waarvoor ek werk nie. Jou mening oor die wettiging van handel in renosterhoring? Dit is naïef om te dink dit gaan nie ’n positiewe invloed hê indien dit gewettig word nie. Die mark en vraag in Asië gaan nie verdwyn nie. Hoekom benut ons die produk nie tot voordeel van die renoster nie? Ons kan hierdie stropery nie duld nie. Dis barbaars.

Boek bied pitkos vir siel Ruan Bruwer DS. HANNES NOËTH wat weekliks die gewilde rubriek Twyfelhoekie in Noordkaap lewer, het nou 36 van die meer as 100 rubrieke wat hy oor twee jaar tot nou geskryf het, geboekstaaf. Die bekendstelling

was verlede week en die bywoning goed. Volgens hom was dit moeilik om op net 36 te besluit en sou hy graag soveel meer wou gekies het. Hy sê die behoefte aan die boek het ontstaan uit die gereelde navrae van mense wat soms nie die koerant in die hande ge-

kry het nie en dus sy rubriek misgeloop het. Dan moes hy dit altyd vir hulle e-pos. Volgens hom is daar selfs ’n oom wat hulle weekliks uitknip en ’n plakboek daarvan maak. Die reaksie wat hy van die publiek op sy weeklikse skrywes – ’n lekker informele

leefwyserubriek oor ware (en soms fiktiewe) gevalle wat hy waargeneem en oor die jare neergeskryf het – is soms oorweldigend. Die boek kan teen R40 per eksemplaar by Noëth (082-7697222) bekom word of by Noordkaap se kantoor by die ontvangs. Organisasies of mense in ons lesersgebied buite Kimberley wat ’n bekendstellingsgeleentheid op hul dorp wil reël of wil help met die verspreiding kan Noëth skakel.

Writing taught here EVERYTHING you should know about the basics of creative writing, poetry and publishing can be learned at a creative writing workshop presented by Ricky Groenewald, owner of The InkSword Publishing. The workshop will be presented on Tuesday, 25 June, at the Kimberley Library hall from 10:00 to 11:30. Attendance is free. If you are interested, register before 14 June. Direct enquiries to Mariëtte or Santie on 053-830-6241/2. ) The InkSword is a local black-owned independent publishing company dedicated to creatively produce African stories on a multimedium platform for global appeal.


NOORDKAAP, WOENSDAG 5 JUNIE 2013

3

Dancers impress at gala event Ruan Bruwer THE two dancers who performed with Gail Nkoane at the Northern Cape Person of the Year event last week, nearly took the shine away from the main artist. They were that good. Guests found it difficult to believe that one of them, AmberLi Topkin, is only in matric. She and her dance partner, Donovan Yaards (25), are not only good dancers, they sing just as well – simultaneously. They choreograph themselves. Both started their dancing careers in primary school. “I’ve danced all my life,” said Yaards. “It all started during my primary school days at Flamingo Primary. I used to stay after school every day to see the drum majorettes rehearse. “I found it mind blowing that so many THE dynamic dancing and singing duo Amber­Li Topkin and Donovan Yaards impressed people could create immensely with their performance at the Northern Cape Person of the Year event last such beautiful pat- week. They’ve been performing together since 2010 and choreograph themselves. Photo: Conrad Bornman terns, be dressed in military style, twisted sticks and waved flags all at the under the name Silhouette. They deI’m an entertainer, a performer. To same time to such awesome music.” scribe themselves as a dynamic dancsing and dance at the same time and According to Topkin, her interest in ing and singing duo who represents still give an impressive performance is dancing took off once she hit high style, elegance, sophistication, profesa skill that requires intense rehearsal school. “I gave hip-hop classes for pre- sionalism and talent. “Dance and muto build strength and stamina. school kids when I was in gr. 8 and I’ve sic is not something we do, it is who “Both instruments, body and voice, always been involved with dance, dra- we are.” must work together equally hard so ma and music.” Although Yaards left Kimberley for that neither takes the strain for the They met during a production Pretoria at the beginning of the year, other’s shortfall. It remains a work in staged in 2010 and have since per- they still try to perform together as ofprogress for even the greatest performformed at weddings, corporate and so- ten as possible. ers,” he explained. cial events and festivals and have been He is currently doing a degree in mu) Go to www.noordkaap.co.za to see a opening acts for Zahara, HHP, Jamali sical theatre in which he has a national video clip of them in action on stage. as well as the international star Ciara. diploma. He is planning to do his mas“Gail approached us after seeing us ters afterwards. perform with Jamali at a gala function. In 2010 Yaards was the dance teacher We choreographed her show and have at St Cyprian’s Grammar School for been performing with her ever since. the seniors and returned there in 2012 She’s an amazing talent,” Topkin said. for another one-year stint. Yaards and Topkin perform together “I’m neither a dancer nor a singer.

MARTIN BEYLEFELD en Isabell Theunissen klink ’n glasie op hul verlowing by die Groot Gat.


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 5 JUNIE 2013

Keer met dade mishandeling DAT verlede week Kinderbeskermingsweek was, het vir party mense net mooi niks beteken nie. Hulle het doodluiters voortgegaan om kinders te mishandel, te verkrag en selfs te vermoor. Verlede week is die land se beeld as een waarvan die waardestelsel aan die taan is ’n verdere knou toegedien deur ’n pa wat sy tien maande oue baba gewelddadig vermoor het en ’n polisiebeampte in Limpopo wat hoërskoolmeisies sou verkrag het. In albei gevalle is die oortreder eintlik die mens by wie die kind veronderstel is om veilig te wees en teen geweld beskerm te moet word. Volgens ’n polisieverklaring het ’n 22-jarige pa van Modderrivier ’n kind van tien maande oud doodgeslaan en geskop.

In Gauteng het die saak weer voorgekom waarin ’n 15-jarige seun in 2011 op ’n opleidingskamp gereeld met pype, ysters en stokke geslaan is en hy saans aan sy bed vasgeketting is en noodgedwonge langs die bed moes ontlas. Hy is gedwing om sy eie ontlasting en waspoeier te eet en is vasgebind en met ’n skokstok geskok. Hy het later gesterf. Om ’n sterk uitspraak hierteen te maak is nie meer genoeg nie. Elkeen moet eerder die rol van ’n polisieman begin speel. As ’n ouer of iemand na aan ’n kind die kleintjie leed aandoen, is die kanse goed dit kan ’n tweede keer gebeur. Reeds ná die eerste voorval behoort daar opgetree te word. Geen kind se lewe behoort soos die een verlede week in Modderrivier te eindig nie.

SKETS: Danie Cronjé.

Draai al die los ratte weer vas Hannes Noëth NOU sukkel ons met die rat van die hek. Hy bly op die spoor gly. Maak jy dit oop, gly dit, maak jy dit toe, gly dit – eintlik ’n groot gesukkel. So ’n gesukkel kan soms ’n groot frustrasie wees. Wat eintlik ’n vanselfsprekende druk van ’n knoppie moet wees, word nou elke keer ’n oefening en ’n gestry oor wie nou die hek gaan oopmaak. Nou sukkel ons om dit reg te kry. Ongeoefen om met gereedskap te werk gly my hande meer onder die gereedskap in as wat die hek gly. Elke mens het maar sy nering, nè? Moersleutels en tange is nie een van my nerings nie. Die dag toe daardie gawe

uitgedeel is, was ek beslis nie in die ry nie. Maar ek het iemand by my wat meer weet. Hy kan die glyende rat regkry. “Ja, dit is omdat die rat so los is dat hy bly gly,” sê hy. Hy verduidelik baie mooi: ’n Los rat is eintlik ’n gemors. Waar die ratte nie reg loop nie, sukkel alles. “ ’n Mens moet seker maak dat ratte goed vas is, dat hulle nie kan gly nie,” sluit hy die lesing aan sy leerling af. Dalk is dit ook waar van ons samelewing. Dalk is daar te veel los ratte. Miskien gly ons en

GEBEURTENISSE op 5 Junie in die geskiedenis: 1901 – Op ’n banket in Londen ter ere van Kaapse politici verklaar die liberale politikus Courtney dat die Britse anneksering van die Boererepublieke ’n onreg is wat sy party sal probeer regstel. 1918 – Die Afrikaner-Broederbond word gestig. 1928 – Die Yster-en-staalnywerheidswet word aanvaar. 1974 – Die Japanse regering kondig aan dat hy voortaan nie langer paspoorte aan Suid-Afrikaners gaan toestaan om Japan te besoek nie. 1981 – Die eerste erkende vigsgeval word in Amerika aangemeld. 1988 – Die Australiër Kay Cottee word die eerste vrou wat alleen en sonder stilhou om die wêreld seil. 1991 – Die Groepsgebiedewet van 1950 word afgeskaf en die aanneem van kinders oor die kleurgrens heen word in Suid-Afri-

sukkel ons maklik, omdat ons nie seker maak die regte ratte is in plek nie. Nou draai ons soms in die rondte, sukkel en skarrel. Soms is die oplossings onder ons neus – ’n eenvoudige rat wat los is wat ons moet vaskry. Dit is van sukkel met los ratte dat ons baiekeer is waar ons is. Die vraag is: Hoe kry ons so ’n los rat vas? Eenvoudig, sê dié wat weet, doen net die regte dinge. Daar is nie kortpaaie nie. Draai die rat vas en kry die regte gereedskap. En maak seker dit gly nie. Dan is alles reg. As alles vandag verkeerd is, as jy sukkel om die dinge uit te sorteer, onthou: Dit is omdat die rat so los is dat hy bly gly. Begin by die regte dinge. Doen die regte goed. Kry die los ratte vas.

ka wettig. 2003 – ’n Erge hittegolf tref Pakistan en Indië met temperature wat 50 °C oortref. Geboortes op die dag: 1950 – Jana Cilliers, Suid-Afrikaanse akteur, voorheen getroud met die regisseur Regardt van den Bergh, sowel as die akteur Bill Flynn. 1954 – Eben Jansen, oud-Springbokflank van die Vrystaat. 1956 – Kenny G, gewilde saxofoonspeler. 1975 – Bertha le Roux, aktrise, bekend om haar rol as Emma in die sepie 7de Laan.

BERIGTE oor Kimberley wat die afgelope week in die nuus was: ) Weermaglede en hul gesinne wat moontlik van Kimberley se Lugafweerskool na Ermelo moet verhuis, is ontevrede oor dié skuif. Nagenoeg 170 Kimberleyse gesinne wat moet trek, het steeds geen behoorlike voorligting gekry oor die redes en omstandighede waarom die skool moet skuif nie. ) ’n Jaar oue baba wat afhanklik van ’n elektrisiteitsaangedrewe suurstofmasjien was, is dood toe die elektrisiteit in die woonbuurt afgegaan het. Volgens sy ma, Sylvia Kok, sukkel hulle al sedert verlede jaar met die elektrisiteit wat gereeld afgaan. ) Planne om hulp te verleen wanneer natuurrampe gebeur, moet nou dadelik ingestel word, het die DA in die debat oor die landboubegroting in die wetgewer gevra. Die departement versuim om die nodige wetgewing vir bystand in te stel. Die rampbestuursplan is steeds nie gefinaliseer nie en daar is nie vir die droogteprojek begroot nie. ) Wiaan van der Linde, bekroonde wildboer en entrepreneur, en die Custoda-trust, ’n nie-winsgewende organisasie op Delportshoop, is onderskeidelik as die NoordKapenaar van die Jaar en Noord-Kaapse Instansie van die Jaar gekroon. Dié kompetisie is vanjaar die derde keer deur Volksblad en Kumba Iron Ore in samewerking met GWK aangebied. ) Michael Nkgatle (22) het in die landdroshof op ’n aanklag van die moord op sy tien

Die Diamantstad se koerant

Tel. 053 831 2331 Faks 053 831 2330

Posbus 1583 Kimberley 8300

maande oue baba in die landdroshof verskyn. Hy het na bewering die baba sap gegee. Die kind wou dit nie drink nie en Nkgatle het glo vies geraak en haar begin aanrand. ) Die speaker van die Noord-Kaapse wetgewer, Boeboe van Wyk, word nou die burgemeester van die Nama Khoi-munisipaliteit. Gail Parker, provinsiale woordvoerder van die ANC, word in sy plek lid van die wetgewer. ) Die nuwe Noord-Kaapse premier, Sylvia Lucas, het in haar intreerede in die wetgewer gefokus op dit wat in die termyn van haar voorgangers bereik is, en ’n verbintenis om voort te bou op dit wat bereik is. ) Luaan Dowie, wat 80 weke uit rugby geskors is nadat hy ’n speler van die Hoërskool Waterkloof met die vuis geslaan en daarna met die kop gestamp het, gaan Vrydag die uitspraak op sy appèl hoor. Dowie is uit die Hoërskool Noord-Kaap geskors, maar dit is opgeskort op voorwaarde dat hy tot 31 Desember vanjaar nie weer aan ernstige wangedrag skuldig bevind word nie. Dowie is permanent uit die koshuis geskors en sy beurs is ook gekanselleer.

Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw


NOORDKAAP, WOENSDAG 5 JUNIE 2013

Jong speler maak nou wyd opgang Ruan Bruwer ’n OUDLEERLING van Kimberley maak vinnig opgang in sy krieketloopbaan nadat hy reeds op skool baie belofte getoon het. Vorster Maritz (20), wat twee jaar gelede aan die Hoërskool NoordKaap matriek geskryf het, het op skool al op die krieketveld uitgeblink, maar begin nou eers tot sy reg kom nadat hy aanvanklik meer aandag aan tennis gegee het. Hy bevind hom op die oomblik in Engeland waar hy sedert April vir die Wednesbury-krieketklub speel. Hy is ná net tien wedstryde reeds ’n kontrak vir volgende seisoen aangebied nadat hy vroeg reeds indruk gewek het. Ná nege kolfbeurte het Vorster 599 lopies aangeteken met ’n hoogste telling van 187 nie uit nie. Hy het Saterdag sy derde 100-tal vir sy klub aangeteken en sy 144 lopies het 20 grenshoue ingesluit. Sy gemiddeld is nou ’n verbysterende 99.83. Dit was juis tydens ’n kragtige kolfvertoning twee jaar gelede waarmee hy die verbeelding aangegryp het. Vorster het in die eindstryd van die T20-krieketreeks vir skole 51 lopies van 35 aflewerings gemoker wat ses sesse ingesluit het. Op skool (hy het vier jaar vir die eerste span gespeel)

VORSTER MARITZ

Foto: Facebook

het hy gemiddeld 43.86 lopies per beurt aangeteken. Hy het ná skool twee seisoene vir die Tuks-krieketakademie gespeel. Hier het hy vroeër vanjaar ’n 100-tal van net 32 balle gemoker. Die kêrel kan behoorlik skouers oopmaak. Volgens sy pa, Pieter, is sy tegniek om die bal ver te slaan deur sy tennisdae ontwikkel. Vir Tuks se akademie en ander verteenwoordigende spanne van dié universiteit het hy in die pas afgelope seisoen 1 002 lopies in 20 beurte aangeteken teen ’n puik gemiddeld van 58.94 en ’n hoogste telling van 111. Hy is ook ’n handige draaier. Volgens Vorster se pa het sy seun se afrigter Saterdag versoek om rustiger te kolf, maar daar het dadels van gekom. Sy 144 lopies het net 119 aflewerings benodig. ) Nog ’n oudleerling van hier wat in 2011 ’n spanmaat van Maritz was, Xander Pitchers, het verlede week ’n reuse-161 lopies vir

VORSTER MARITZ waar hy op die oomblik fgedy – op die krieketveld. Foto: Verskaf

Namibië se jong span teen Zambië in hul kwalifiserende groepwedstryd vir die Wêreldbekertoernooi (o.19) opgestapel. Hy het 16 viere gemoker. ) Gaan na ons webwerf om na ’n videogreep van Vorster se reuse-sesse twee jaar gelede vir sy skoolspan in die eindstryd van die nasionale T20-reeks vir skole te kyk.

Leads Nocci in 2013 LAST week we unfortunately placed an old photo and incorrect names of the executive committee of Nocci. Here is the correct executive committee for 2013. The members are from the left, front: Hannes van Niekerk (Super Armature Winding), Mkhulu Mkwanazi (Nedbank, treasurer), Charlene Zondagh (Halsted), Neil de Klerk (GWK, first vice­president), Arno Botha (Duncan & Rothman inc.) and Freek Schoeman (Pricewaterhou­ seCoopers); back: Jaime Goncalves (KEW Foundries), Monwabisi Vika (Katz Roofs and Bricks, president), Riaan van Vuuren (St John’s), Jannie Jacobs (Old Mutual), Hugh McGibbon (Eskom, second vice­president) and Christo Botma (The Golf Shop). Absent: Peter Guthrie (Sun International) and Tahzier Isaacs (Screen Show Advertising). Photo: Supplied

5


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 5 JUNIE 2013

RECENTLY former learners and teachers of the St Francis Xavier Primary School gathered where the school was previously located. From the left are Don Jacobs, Ivan Poulten (former teacher), Joyce Daniëls, Zach Jacobs, Puleng Letele, David Petersen (former teach­ er), Louis Mallet (former principal), Howard Palm, Jasmine Mohammed, Gamsa Gool, Lor­ raine Redpath, Stephanie Bruce and Billy Samuels. They were part of the school between the 50’s and 70’s. Photo: Supplied

St Francis Xavier to hold reunion Ruan Bruwer THE St Francis Xavier Primary School, which was forced to close in December 1975 by the Group Areas Act, will have a special trip down memory lane when they hold a reunion this weekend. In 1882, the St Francis Xavier Primary School had a very humble beginning in an unpretentious building in the new town area of Kimberley. The urgent need for more dignified and comfortable accommodation forced the rehousing of the school to a more suitable building in Posno Street, adjacent to Long Street. Back then the school had been given just three weeks to vacate the buildings and no time had been given for a proper farewell, which left a bad taste in the mouth, one of the old learners,

Don Jacobs, said. The school building has since been incorporated into the business area. One of the top learners is Xavier Carelse who emigrated to Canada after completing school where he became a famous nuclear scientist in his new country. Les Abrahams, director of the Department of Environment and Nature Conservation, as well as Sharon Lewis, CEO of Northern Cape Tourism, is another former learner of the school. The reunion for former learners, teachers and other people involved in the school will be held in the City Hall Saturday at 16:00. Anyone with old photos or other literature of the school is requested to call Howard Palm on 082-8550739. For more information about the reunion, call Gamsa Gool on 082-955-8676.


NOORDKAAP, WOENSDAG 5 JUNIE 2013

Time for Spontaan Reporter SPONTAAN, Central South Africa’s favourite and biggest singing competition, is back. Come and pit your singing talents against the best in Central South Africa at the Diamond Pavilion Shopping Mall on Friday, 21 June. The auditions start at 14:00. The exact venue in the mall will be confirmed this week. Once again amazing prizes are up for grabs, so warm up those vocal chords in the meantime. Rules to compete in the competition: ) You must be 16 years or older on 1 July. ) For the regional competitions you can sing any song. However, the song has to be contemporary music (no rappers or hip hop artists). ) You are allowed to accompany yourself or use a backtrack. ) The competition is for soloists only. ) You must supply your own soundtracks and other equipment for the regional auditions yourself. ) Spontaan will supply the sound equipment for the final. ) The winner of each regional audition will be announced immediately after the audition. ) Judges reserve the right not to choose a regional winner. ) Should you be chosen as a regional finalist, you must prepare five songs for the final held in Bloemfontein at the Vryfees. ) Finalists must supply their own backtracks or accompaniment for the final. ) The final is on Saturday, 13 July, in Bloem-

fontein and if you are a finalist you must organise your own transport. ) No pre-registration is required. Simply arrive, pay R20 and register. ) Auditions will take place at the following: Kuruman: Thursday, 20 June. Time and place will be announced soon. Bloemfontein: Thursday, 13 June, at 17:00; Saturday, 15 June, at 09:00 and Saturday, 22 June, at 09:00. All at the Volksblad office. Welkom: Thursday, 13 June, at 13:00 at the Metro theatres in Stateway. Kroonstad: Tuesday, 18 June, at 14:00 at Table round 42’s club house. Bethlehem: Thursday, 6 June, at 14:00 at the Frontier Inn and Casino (Coachman’s Saloon).

7

Great prizes up for grabs THE following prizes can be won in this year’s Spontaan: ) SpecSavers: Eight pairs of Infinity sunglasses and eight vouchers worth R250 each. The total value is R5 200. ) Z PR Communications and Public Relations Consultants: A publicity and marketing contract valued at R5 000 for each finalist, including a consultation session with the Z PR team, a professional CV, the design of a CD cover and business cards, the design and writing of a professional profile, a Facebook profile and five press releases. The total value for all of the finalists is R40 000. ) PwC: For the winner R1 000 in cash, runnerup: R700 in cash and third place: R300 in cash. A total of R2 000.

) Atlantis Guest House: Accommodation to the value of R4 100. The winner, runner-up and third place will each receive three nights’ accommodation for two people including breakfast. ) PCB Productions: A photo shoot for the winner, runner-up and third place valued at R2 100. ) Absa: A R500 hamper for each finalist.


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 5 JUNIE 2013

Hou konsert vir Lika

DIE gr. O­leerlinge van die Laerskool Eureka het Vrydag ’n kort rukkie ervaar hoe dit is om nie te kan sien nie. Blind Buddy Day het toe plaasgevind, ’n dag van bewusmaking vir blindheid. Jean­ nette Kilian, ’n af­ getrede arbeidstera­ peut, is met drie blinde kinders van die Lalaland­speel­ groep na Eureka. Mi­ ne Auret en Thyron du Toit het hulle oor die blinde JF Janse van Rensburg (mid­ del) ontferm.

GELD gaan vir die tweejarige Lika du Randt van Delportshoop, wat sonder beenmurg gebore is, ingesamel word met ’n optrede van Gretha Pers en Wysneus in die saal van die Laerskool Eureka. Lika het ’n beenmurgoorplanting gekry, maar het nou ’n virus opgedoen. Kaartjies vir die konsert op Vrydag 14 Junie kan by die Laerskool Eureka, asook die Laerskool Newton, die Laerskool Staats en D’frent Clothing in die Diamond Pavilion Mall gekoop word. Dit kos R60 vir volwassenes en R10 vir kinders jonger as drie jaar.

Foto’s: Ruan Bruwer

LIKA DU RANDT

DIE blinde Asiphe Giqaba het gewys hoe dit gedoen word.

Kuier saam met blinde maatjies GEVOEL speel ’n be­ langrike rol by blind­ heid en van die kin­ ders het hul blinde kuiergaste aange­ durf in die herken­ ning en sortering van verskillende blokkiesvorme. Ga­ brielle Brook het haar bes probeer.

Tehuis hou basaar STILLERWEË-HUIS VIR BEJAARDES, geleë by Dennisstraat 1 in Kestellhof, bied op Saterdag 22 Junie weer sy jaarlikse basaar en kindernaweek aan. Die verrigtinge begin om 09:30. Alles wat jy van ’n basaar kan verwag – lekkernye soos kerrie-en-rys, vetkoek, lewerkoekies, koeksisters, yankees, poeding, koeke, terte, beskuit, pannekoek en braaivleis – sal hier genuttig kan word. Op die basaar sal ook boeke, naaldwerk en ander witolifantprodukte verhandel word.


NOORDKAAP, WOENSDAG 5 JUNIE 2013

DIE Hoër Tegniese Skool Kimberley het vanjaar die provinsiale uitdunronde in die plati­ num­afdeling van die Mintek­vasvrae gewen. Die Mintek­vasvrae oor wiskunde, we­ tenskap en tegnologie word op ’n jaarlikse grondslag deur die Kumba­myne aange­ bied. Daar is in twee afdelings meegeding – goud (vir voorheen benadeelde skole) en platinum (vir oud­model C­skole). HTS se slimkoppe is van links Adrian Sassin, Pabalelo Otsheleng en Bontleng Poss. Foto: Verskaf

Praat haar wenplek oor fone los ZARA­BRAZETTE BÜCHLING is ’n meisie wat nie op haar mond geval is nie. As sy in iets glo, gaan sy met jou daaroor redeneer. Sy is voorverlede naweek as die provinsia­ le wenner in die ATKV­redenaarskompetisie in die ouderdomsgroep gr. 4 en gr. 5 aan­ gewys. Sy gaan in Augustus aan die nasionale kompetisie deelneem. Sy is die derde leerling van die Laerskool Newton wat die afgelope sewe jaar ’n provinsiale wenner in redenaars is. Zara­Brazette (gr. 5) se onderwerp was Slimfone het die potensiaal om in ’n monster te verander. Volgens haar moet slimfone nie jou baas word nie, want dan kan dit ’n negatiewe impak hê. Sy sê sy sit haar foon op sag as sy haar huiswerk doen. Zara­Brazette het haar eerste selfoon in gr. 2 gekry, maar hom eers ’n jaar later begin verstaan en gebruik. Foto: Ruan Bruwer

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

9


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 5 JUNIE 2013

PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194. UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAKS 053 832 1951

HARTENBOS: Netjiese akkommodasie. Heeljaar beskikbaar. Lae tariewe buite seisoen. Ook eiendom te koop. Skakel 083 236 1294 of 044 695 0682

TE KOOP GEVRA vir kontant: Motors of bakkies. SMS 072 472 8686 of skakel 053 963 1409.

ROYLDENE: Ruim 3-slaapkamer-huis te huur. Onmiddellik beskikbaar. R7 000 p.m. Skakel kantoorure: 053 861 4154 of 072 865 3442.

NOTICE OF ENVIRONMENTAL AUTHORISATION. NEAS Ref: DEA/EIA/0001106/20 12; DEA Ref: 14/12/16/3/3/1/505. DEA Official: Ms Thulisile Nyalunga, tel. 012 310 3249.

Notice is given in terms of the EIA regulations published in Government Notice No. R543 under Section 24 (5), 24 (M) and 44 of the National Environmental Management Act (Act 107 of 1998) of the Environmental Authorisation (EA) and subsequent amendment of the EA issued by the National Department of Environmental Affairs (DEA) on 25 January 2013 and 21 May 2013 respectively. The EA was issued to Subsolar Energy (Pty) Ltd. to develop a 19.5 MW photovoltaic solar facility and associated infrastructure on a portion of Portion 24 of the farm Zoutpansfontein 34, Kimberley Northern Cape province. Notice of appeal process: In accordance with subregulation 10(2) of Government Notice No. 543, all interested and affected parties are hereby notified of the decision by the DEA to authorise this application and to amend the EA and your attention is hereby drawn to the fact that an appeal may be lodged against the decision in terms of Chapter 7 of Government Notice No. 543.

In accordance with the provisions of sub- regulation 60(1) of Government Notice No. 543 a notice of intention to appeal must be lodged with the Minister within twenty (20) days of the date of this decision (21/05/2013) by means of one of the following methods: Fax: 012 320 7561 Post: Private Bag X447, Pretoria 0001 By hand: 2nd Floor, Fedsure Building, North Tower, cor. Lillian Ngoyi (Van der Walt) and Pretorius Streets, Pretoria. Availability of EA and its amendment: An electronic copy of the EA and its amendment, the reasons for approving the application and a document describing the appeal procedure can be obtained from Environamics Environmental Consultants by means of the following methods: Tel. 018 299 1523 Fax 018 299 1580 Cell: 082 220 8651 E-mail: carli.steenkamp@nwu.ac.za

BRIDGING CASH while waiting for

PENSION/ PACKAGE payout (lump sum only)

Cash same day

086 1101 388 083 6700 788

A -Z DIENSGIDS

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

MEENTHUIS. 2-SLK-/2BADKAMER in Royldene beskikbaar vanaf 1 Julie. R4 300 p.m. plus deposito. Slegs lang termyn. 053 832 9194 of 082 388 0307.

BEGIN JOU EIE besigheid met AVON. SMS jou naam en 'ja' na: 084 55 62265 en ons skakel jou terug.

BLOEMISTE BENODIG: Dame tussen 25 en 40 jaar. Ondervinding en rybewys is 'n vereiste. Moet Maandag tot Saterdag werk. Geen rokers. CV moet persoonlik ingehandig word by: Classical Lines, Angelstraat 29. Aansoeke sluit Vrydag 14 Junie 2013 om 16:00. Geen e-posse of telefoniese navrae.

SOEK, KOOP, VERKOOP

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

TONI PRETORIUS is een van ses kunstenaars wie se beelhouwerke in die William Humphreys­kuns­ galery uitgestal word. Sy is die enigste van die ses kunstenaars wat van hier is. Die uitstalling, Sculpt, is ’n groepuitstalling van die beeldhouers Jan van der Merwe, Angus Taylor, David Jones, Andrieta Wentzel, Willie Bester en Pretorius. Die uitstalling duur tot einde vandees­ maand. Vir ’n videogreep waarin sy meer oor haar werk vertel, besoek www.noordkaap.co.za.

Wys kuns

Foto: Ruan Bruwer

Tlotlo off to America Ruan Bruwer EVEN though it may result in him having to repeat his gr. 12 year, Tlotlo Lesetedi is never-theless excited about spending a year in Ame- rica as an exchange student. Tlotlo, president of the Northern Cape High’s Rotary Interact Club, was accepted to represent South Africa and the club there for a year. This gr. 11 learner of the Northern Cape High School says due to the difference in schooling between TLOTLO LESETEDI the two countries, he may have to do to.” matric again in 2015 when The fact that the language he returns to South Africa. won’t be a barrier in America Tlotlo was put through a played a major role. tough interview process He will be expected to be a during which his knowledge good ambassador for South about what was going on in Africa. “I’ll be spending time America was also tested. at four different families They were looking for for a couple of months each. leadership qualities, “I want to discover fully something he has an what I want out of life and abundance of. Tlotlo is a develop my character,” he management committee said. According to him he’ll member at his school be expected to attend school and president of the and follow the rules of the Rotary Club.“At first I was family he’ll be staying with. pretty happy about the He will also be asked to news, but I’m sure I’ll do a presentation about his become quite nervous closer country to the Rotary to the time. “I was given Club which will be receivthe opportunity to choose ing him, as well as at possible between six countries to go public events.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.