61 C - LONG STREET, KIMBERLEY rudidreyer@mailbox.co.za
Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 1 April 2015
Gennix Proper es (Pty) Ltd (Licenced Trellidor Franchise) X1PWP5LD-NK010415
www.noordkaap.co.za
GRATIS
Roekeloses vasgevat
Spesiale veiligheidsprojekte langs paaie gehou Charné Kemp ROEKELOSE voertuigbestuurders wat die wet oortree, gaan beslis in die Paastyd op Noord-Kaapse paaie vasgevat word. Martha Bartlett, LUR vir vervoer en veiligheidskakeling, het op die bekendstelling van vanjaar se Paasfeespadveiligheidveldtog verklaar die departement sal streng teen oortreders optree. Die veldtog is op die berugte R31-roete tussen Hotazel en Kuruman bekend gestel. Die afgelope tyd was daar sowat sewe sterftes op dié pad. Bartlett het gesê daar was sowat 20 padsterftes in die afgelope maand in die Noord-Kaap. “Ons het verlede jaar vyf sterftes in die Paastyd gehad. Die oorsake is waarskynlik roekeloosheid, bestuurders wat hulle misgis, alkoholmisbruik en die verontagsaming van padveiligheidreëls,” het Bartlett gesê. “Vanjaar hou ons spesiale veiligheidprojekte op ons paaie. Ons het nuwe toetsmeters vir die nagaan van alkoholinhoud gekry, nuwe gatsometers is reeds aangekoop, sowat 20 provinsiale verkeersbeamptes sal ons provinsiale beamptes bystaan en ons het ’n nuwe vloot voertuie wat gebruik gaan word.” Haar departement het ’n nuwe beleid aanvaar waarin padveiligheidsreëls 365 dae van die jaar streng toegepas sal word. “Ons fokus op bestuurders
LUR Bartlett het gevra verkeersbeamptes moet hul werk ernstig ag en te alle tye teen oortreders optree. wat onder die invloed van alkohol bestuur en moeg is, mense wat gevaarlik bestuur en motors op onveilige plekke verbysteek, die veiligheid van passasiers en die gebruik van sitplekgordels, voetgangerveiligheid en padwaardige voertuie.” Bartlett het gevra verkeersbeamptes moet hul werk ernstig ag en te alle tye teen enige oortreders optree. Sy het ook diegene bedank wat die Paasnaweek aan diens is. Sy het bestuurders versoek om geduldig op die pad te wees en met verkeersbeamptes saam te werk. ) Die departement is ook die gasheer vir ’n kongres van die Verenigde Nasies (VN) se veldtog Dekade van Aksie oor padveiligheid wat verlede week in Kimberley gehou is. Die kongres is aangebied in ooreenstemming met die VN se beleid dat die tien jaar tussen 2011 en 2020 aan padveiligheid gewy sal word. Die doelwit van die veldtog is om padsterftes en gepaardgaande beserings wêreldwyd te verminder. Lande wat aan die veldtog deelneem, moet wetstoepassing vir spoedoortredings versterk, verseker dat die gebruik van veiligheidsgordels en kinderveiligheidtoestelle verbeter, dronkbestuur bekamp, voertuigveiligheid verbeter en gereelde bewusmakingsveldtogte hou.
STEVEN JONKERS, hoof van die departement van vervoer en veiligheidskakeling, gesels met ’n motoris ten tyde van die bekendstelling van die padveiligheidveldtog. Foto: Emile Hendricks
TYRES * BATTERIES * SHOCKS * EXHAUSTS
14 Cecil Sussman Street - Tel. 053 831 1189 / 102 Long Street - Tel. 053 832 5864 X1PX5BB5-NK010415
Quality Auto • Rietbok Street, Kathu Tel. 053 723 2005 • Fax 0865277275 Bradley Beukes 078 695 0754 / Charlton Hendrick 076 070 7201 Jeffrey Mogatle 078 163 7799 info@qualityauto.co.za
2012 Toyota 86
R289 995
2010 BMW 320i A/T E90
R199 995
2009 Ford Ranger 3.0 TDCi XLE
2012 Toyota Corolla 1.6 Prof
2010 Nissan Navara 2.5 TDi A/T
2010 BMW 320i E90
R199 995
R179 995
R249 995
R189 995
Mercedes Benz C180 A/T BE CGi
Lexus IS 250 A/T SE
2009 Mini Cooper S convertible
2012 VW Polo Gti DSG
R239 995
R259 995
R239 995
R239 995
X1PXH5UM-NK010415
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 1 APRIL 2015
Software makes Maths, Science a breeze A TOTAL of 600 notebooks loaded with new HeyScience software has been donated to the Northern Cape Department of Education by HeyMath South Africa. This is after the HeyMath programme was launched in the province in 2011. The programme will improve the quality of learning and teaching and entice learners to study towards Mathematics and Science. About 400 notebooks will be given to high schools in all five districts. Meanwhile, 200 will be sent to primary schools, according to a statement by HeyMath South Africa. During the official launch of HeyScience, Harsh Rajan, CEO and co-founder of HeyMath South Africa, said the new software was user friendly to teachers and learners. “This software is common in countries like India and Singapore. It is a high-quality programme and it will improve the pass results of Science in all grades,” Rajan said.
“This programme is also aimed at transforming Mathematics and Science to a higher level. With this software we want to get rid of the stigma that surrounds the subjects. Most learners perceive them as difficult.” Dr Michelle Ishmail, departmental senior official, said the department would ensure the programme reached all schools in the province. “Already we have over 150 schools using the HeyMath software. We are optimistic that this new programme will attract more learners to take Science as their choice subject,” Ismail said. Karabo Khiba, a gr. 12 learner of the St Boniface High School, said she had been using the HeyMath software since gr. 10. “Since using HeyMath my Mathematics has improved. The programme is user friendly. I’m looking forward to using the HeyScience software,” Khiba said.
Sahra beperk sakeman BARRY BARNARDT (links) het verlede jaar sy radaropspoorstelsel gebruik om na grafte te soek op die erf waar die sakeman Tom Pillay ’n pakhuis wil bou. Regs is Barnardt se assistent, Wynand Pieterse. Foto: Emile Hendricks Charné Kemp
X1PWEX8A-NK010415
DIE sakeman wat in Januarie gekeer is toe hy inderhaas ’n pakhuis op ’n omstrede leë erf wou bou, moet eers argeologiese opgrawings doen voordat sy bouwerk kan voortgaan. Tom Pillay van Samy’s Cash & Carry in Kimberley-Noord moet ’n argeoloog aanstel om na grafte met menslike oorskot te soek. Verslae moet opgestel word en prosesse om oorskot te herbegrawe moet opgeklaar word. Eers dán sal die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbron-agentskap (Sahra) sy verbod op Pillay se konstruksie- en bouwerk ophef. Só het Sahra in ’n finale kennisgewing op sy webwerf bekend gemaak. Dit kom ná ’n maande lange woordestryd tussen Sahra en Pillay oor die bou van die pakhuis op ’n erf in ’n omgewing waar daar die afgelope tien jaar etlike geraamtes gevind is. Argeoloë van die McGregor-museum het toe gereken dit is moontlik ’n begraafplaas met oorskot van die eerste trekarbeiders op die diamantmyne. Sahra het in November verlede jaar ’n verbod op bouwerk ingestel nadat Pillay se bouers die erf gelyk geskraap het. Die departement van arbeid het die bouwerk ook weens veiligheidsprobleme gestaak. Pillay se eerste verslag oor die bouwerk se impak op erfenishulpbronne is deur Sahra afgekeur, omdat dit nie aan minimum standaarde voldoen het nie.
Die kulturele aard van die oorskot was ook vaag en daar is eerder na ’n swart woongebied verwys. Geskiedkundige of argiefbewyse is nie vir dié stelling aangebied nie. Sahra het geëis dat ’n opvolgverslag voorgelê word. Karen van Ryneveld, ’n argeoloog, het namens Pillay ’n opvolgverslag oorhandig. Sahra het etlike voorwaardes in sy finale kennisgewing gestel voordat die huidige verbod opgehef word. Argeoloë moet toetsopgrawings op die westelike deel van die erf doen. Sahra moet dadelik verwittig word wanneer geraamtes gevind word. Volledige verslae oor die oorskot word vereis. Philip Hine, erfenisamptenaar van Sahra, sê in die kennisgewing hulle het nie vereis dat radartoestelle gebruik word om na geraamtes onder die grond te soek nie. Die toestelle se beperkings om grafte suksesvol te vind is nie in Van Ryneveld se opvolgverslag weergegee nie, sê Hine. “Ons weet daar is minstens drie grafte onder die betrokke erf. Haar radartoestel het dit nie opgespoor nie. Die moontlike bestaan van ’n begraafplaas noordwaarts is ook nie oorweeg nie.” Erfenishulpbronne is nie hernubaar nie. Vroeë ontleding verbeter die negatiewe impak van bouwerk en bespaar die ontwikkelaar tyd en geld. Sahra neem ook kennis dat die verslag nie erfenisaangeleenthede genoegsaam hanteer nie en eerder bewerings maak oor Sahra-personeellede wat die proses bestuur.
Bevestig só waarde van huis Charné Kemp
About Our New Home News24 is South Africa’s leading digital news brand with more than 3 million monthly South African users spanning across web, mobile, apps and interactive TV. Find local and international breaking news covering sport, politics, technology, business, entertainment, travel and so much more. For breaking news first, visit www.news24.com.
DIE nuwe munisipale huiswaardasies wat Kimberliete in die gesig staar, kan in die volgende drie jaar ernstige ekonomiese uitdagings inhou. Dit is daarom noodsaaklik dat inwoners seker maak die nuutste waardasies van hul eiendomme is korrek. Só sê Willem Doman, DA-koukusleier. Hy het inwoners van sy wyk (23) vandeesweek ingelig oor die waardasieproses en hoe om besware te opper. “Die Sol Plaatje-munisipaliteit moet die proses ingevolge wet elke vier jaar doen. Waardeerders het berekenings en kyk na die akteregister om onlangse huispryse in woonbuurte te bepaal. Markwaardes van huise soos op 1 Januarie 2015 word in ’n prys per vierkante meter bepaal. Inwoners kan na hul eie en bure se waardasies by die Jim Summers-saal in Schmidtsdriftweg kyk.” Mense kan dit ook op die Sol Plaatje-webwerf bekyk. “Inflasie het eiendomswaardes verhoog, daar is groei in die dorp en Kimberley het ’n goeie huismark. Verhoogde waardasies is nie noodwendig die raad se skuld nie. Die tekort aan behuising het ontstaan weens die munisipale moratorium op ontwikkeling wat vir vier jaar eers opgehef is.” Die nuwe waardasies sal op 1 Julie geld wanneer die nuwe boekjaar begin. “Besware op amptelike vorms moet vergesel word van ’n onafhanklike waardasie en moet teen 2 April ingedien word. Die
waardeerders sal na die beswaarmakers se eiendomme kyk om te sien of die waardasies moontlik foutief is. Net 120 besware in die hele Kimberley is in die eerste twee weke ingedien wat Doman meen baie min is. Die raad stuur weekliks 60 000 munisipale rekenings uit. “Mense moenie dink ’n huis wat ou badkamers het of ’n laag verf benodig, word laer gewaardeer nie. Dit is slegs strukturele foute en veranderings wat huiswaarde kan beïnvloed. Indien ’n vertrek ná die vorige waardasie vernietig is, kan dit die huiswaarde verlaag. Indien ’n huis in ’n plakkerskamp, by ’n taxistaanplek of langs ’n veld of op ’n besige kruising is, kan dit die waarde verlaag. “Indien die erf sakemoontlikhede inhou, kan dit die waarde verhoog. Nuwe vertrekke sal die huiswaarde verhoog.” Volgens Doman kan foute wel insluip. Indien daar onverklaarbare verskille van etlike honderdduisende rande tussen bure se huise is, moet dit ondersoek word. “In die volgende jare kan erfbelasting jaarliks moontlik erg styg. Dit is waarom inwoners seker moet maak hul huiswaardasies is korrek. Dit kan toekomstige finansiële probleme help voorkom. “Die raad steun swaar op residensiële eiendom in Kimberley as ’n inkomstebron. Net die eerste R15 000 van huise se waarde word van belasting kwytgeskeld. “Daar is nie baie nywerhede in Kimberley nie. Die belasting wat daarop ingesamel kan word, vergeleke met groot stede, is dus baie min,” het Doman gesê.
Hier is wenner van geskenkbewys X1PX25CM-NE010415
MARIA WONG is vandeesweek die gelukkige wenner van Noordkaap en die Diamond Pavilion Shopping Mall se gewilde soek-en-wen-kompetisie. Jy kan jou R200-geskenkbewys by die sentrumkantoor afhaal.
Wanneer deelnemers hulle inskryf, moet hulle seker maak hulle gee die kompetisieantwoord, die bladsynommer waarop die logo geplaas is en hul naam en van. Kry volgende week se Noordkaap om aan die volgende ronde deel te neem.
NOORDKAAP, WOENSDAG 1 APRIL 2015
Tennisgrotes verlaat Noord-Kaap Karin Muller “AS jy meer as 30 jaar op ’n plek gewoon het, besef jy eers hoeveel die plek en sy mense op jou gegroei het as jy weggaan,” sê Lappies en Terésa Laubscher, wat eersdaags van Kimberley na Jeffreysbaai verhuis. Sedert Lappies in 1984 as die beheerbeampte van sport en ontspanning van die destydse Kimberley-munisipaliteit aangestel is, het hy by die Lapésa-tennisklub, soos dit vandag bekend staan, betrokke geraak. Dit het oorspronklik as die New Park-tennisklub en later as die Belgrave-tennisklub bekend gestaan. Om van hierdie projek ’n sukses te maak was ’n groot uitdaging. “Die tennisbane, klubhuis en terrein was heeltemal vervalle en ons het dit stelselmatig begin opbou. Ons het die tennisklub eers by die munisipaliteit gehuur en dit later gekoop,” verduidelik Lappies. Hy het begin deur eers een baan se oppervlak te herstel. Dit was die ontstaan van Lapésa Courts. Sedertdien is hy deur ander instansies genader om ook hul bane te herstel. “Dit was deurlopende harde werk om Lapésa te kry tot waar dit vandag is,” sê Terésa. Die naam Lapésa is ’n samestelling van Lappies en Terésa se name, maar in Tswana beteken dit gepas “dit maak jou moeg.” Lappies en Terésa is onderskeidelik sedert 1995 en1986 as dosente werksaam by die Nasionale Instituut vir Onderwys. “Wanneer ons Kimberley verlaat, wil ek steeds graag by die hoër onderwys betrokke wees. Daar is ’n verskeidenheid opsies in hierdie stadium,” vertel sy. Lappies wil hom voortaan heeltyds toespits op die Lapésa Courts se bedrywighede. Saam met die uniekheid van die Noord-Kaapse omgewing en sy gasvrye mense, gaan Lappies en Terésa die
Dit was deurlopende harde werk om Lapésa te kry tot waar dit vandag is
LAPPIES en Terésa Laubscher verhuis eersdaags na Jeffreysbaai. tennisomgewing waarin hulle gewoon, gewerk en geleef het die meeste mis. “Ons is baie dankbaar dat ons dogter, Wilmi Delport, en haar man, Jaco, die leisels oorneem wanneer ons Kimberley
verlaat. As ’n mens so hard gewerk het om iets op te bou is dit moeilik om dit in ’n vreemdeling se hande te laat.” Miemie Lubbe en Jandré Odendaal, ook professionele tennisafrigers, soos Wilmi, saam met die
Foto: Verskaf
ander Lapésa-afrigters, Marlese Wilke en Richard van der Westhuizen, gaan die nalatenskap van Lappies en Terésa deur hul eie liefde vir tennis koester en voortbou.
JY BESPAAR GELD DEUR JOU LENING OOR ’N KORTER TYDPERK AF TE BETAAL
Wat mense jou ookal vertel, hoe langer jy neem om ’n lening terug te betaal, hoe meer kos dit jou. By Old Mutual maak ons nie die afbetaal van jou lening langer as nodig nie. Ons planne is ontwerp om jou te help om jou skuld eerder vroeër as later te vereffen. Laat ons jou help om ’n lening te vind wat by jou behoeftes pas. Dus, as jy verantwoordelik leen, is daar iets soos goeie skuld. BESOEK EEN VAN ONS TAKKE LANDSWYD, SKAKEL ONS BY 0860000866 OF SMS JOU NAAM NA 44964 EN ONS SKAKEL JOU TERUG. | www.oldmutualfinance.co.za
Bepalings en Voorwaardes geld. NCRCP35
DOEN DIE ONGELOOFLIKE Old Mutual Finance is ’n Gelisensieerde Verskaffer van Finansiële Dienste en ’n Geregistreerde Verskaffer van Krediet.
3
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 1 APRIL 2015
Sterre van NK gesoek VOLKSBLAD en Kumba Iron Ore se jaarlikse kompetisie om die Noord-Kapenaar van die Jaar en die Noord-Kaapse Instansie van die Jaar aan te wys het die afgelope jare tot ’n prestige-ryke en gesogte eerbewys gegroei. Die kompetisie word ook in samewerking met GWK aangebied. Sedert die instelling van die kompetisie is waardige wenners elke jaar aangewys. Die wenners het van oor die lengte en breedte van die NoordKaap heen gekom. Elkeen van die wenners het met die werk waarvoor hulle bekroon is, ’n bydrae gelewer om van die Noord-Kaap ’n beter plek te maak om in te woon. Elkeen doen dit steeds. Net soos elkeen van die benoemdes. Want elkeen wat die afgelope jare benoem is, is wenners, al het hulle nie die eerbewys ontvang nie.
Dit is elke jaar vir die beoordelaars ’n kopkrap-taak om die wenners aan te wys, juis omdat die benoemdes almal uitstaande is. Een ding wat die soeke na die jaarlikse wenners na vore gebring het, is hoeveel doodgewone mense daar in die provinsie is wat elke dag van hul tyd en energie afstaan om ander te help. Waar dit deel van hul normale werksverpligtinge is, word hulle aangedryf deur ’n behoefte om meer te doen as wat van hulle verwag word, om hul gewone dagtaak ekstra waarde te gee. In talle gevalle is dit mense wat in hul vrye tyd ’n bydrae maak, persoonlike opofferinge wat hulle nie hoef te doen nie. Die soektog is nou weer aan die gang. Help ons om die NoordKaap se goue mense op te spoor deur diegene te benoem van wie jy weet.
Die eerste in sy soort
DIE Sewendedag-Adventistekerk op die hoek van Blackingstraat en Dyerplek in Beaconsfield was die begin van dié kerk in Suid-Afrika. Die gemeente is in 1885 gestig en die kerkgebou is in 1890 van hout en yster gebou. Pieter Wessels het die geld daarvoor voorsien nadat hy sy plaas, Wesselton, verkoop het om die myn met dieselfde naam te stig. Wessels se motivering vir die skenking was die talle vrae wat hy sedert sy kinderjare oor godsdiens gehad het. In ’n stadium het hy ernstig siek geword. Hy het besluit as hy gesond word, sou dit bewys daar is ’n God. Hy het gesond geword. Nadat hy en sy broer, Johannes, die Bybel bestudeer het, het hulle tot die gevolgtrekking gekom dat die Sabbat op die laaste dag van die week moet wees en nie op die eerste nie. Op grond daarvan het Wessels besluit Saterdag moet die Sabbat wees. Hy het ene William Hunt ontmoet, wat hom vertel het van ’n kerk in Amerika wat die Sabbat op ’n Saterdag gedenk. Hulle het ’n brief aan die kerk gestuur om te versoek dat ’n prediker na Kimberley gestuur word. Dit het in 1887 gebeur. Hoewel teleurgesteld dat ’n Nederlandssprekende prediker nie kon kom nie, het die broers toe maar Engels geleer. Die oorspronklike kerkgebou staan steeds op dieselfde plek. Foto’s: Emile Hendricks en die McGregor-museum
Eenders, hoe anders? Hannes Noëth
KLEINSUS is skaars drie, maar dit is haar beurt om tafel te dek. Kinders hou van die werkies wat hulle in die huis het. Die oomblik as hulle ontdek diensbaarheid is ’n gawe en nie ’n las nie, word dinge sommer makliker. Ek hou die tafeldek van die jongste in die huis met groot genoë dop. Anders as met die groot kinders word daar nie ses messe en ses vurke op ’n slag nader getrek nie. Nee wat, luiheid kom eers later. Op haar ouderdom is hierdie opdrag ’n speletjie: ’n lekker heen en weer loop. Een vir een word alles aangedra. Die messe, ses keer se loop. Die vurke, ses keer se loop. So gaan dit met die servette en die borde, die glase en alle bykomstighede. Elke ding wat op die tafel hoort, regverdig ’n aparte paar tree heen en weer na die kombuis. Dit is wanneer dit by die aandra van die borde kom dat die wysheid van ’n kind my aan die hart gryp. Eers kan ek nie verstaan hoekom sy so lank vat nie. Ek staan later op en gaan kyk. Die rede vir die oponthoud is ’n sortering van ma se bordekas.
Sy soek. Op driejarige ouderdom soek sy nog ’n blou bordjie. Pa en ouboet moet blou borde kry – hulle is manne. Die borde met die blommetjies is die meisies s’n. “Ons is mos anders.” In haar gedagtes is daar ’n duidelikheid. Daarom, as sy tafeldek, moet die manne in die huis blou borde kry en “ons meisies” moet borde met blommetjies kry. Hoe mooi. Die onderskeid, die andersheid waarin ons geskep is. Hoe mooi dat dit van geslag tot geslag so sal wees. Heeltemal eenders, en tog heeltemal anders. ’n Eendersheid van lief wees in die huis, aan dieselfde gesin behoort, dieselfde uitdagings beleef en in dieselfde wêreld leef en oorleef. Tog ook anders. Party as manne, ander as meisies. Hoe wonderlik die erkenning van mekaar se rolle in die huis en in die samelewing. Eenders, en tog ook anders.
Paastyd ’n tyd vir omgee Karin Muller DIE tyd vir Paasfees het weer aangebreek. Vir baie mense beteken hierdie tyd van die jaar slegs ’n langnaweek van rus. Of ’n geleentheid om weg te breek. Vir baie beteken dit egter meer as dit. Paasfees is ’n Christusfees wat ietwat meer gedemp as Kersfees gevier word. Minder kommersieel. Meer gefokus. Ernstiger. Tradisioneel is die kleur van Paasfees pers. Die kleur wat op gebed, rou en vas dui. Die kleur wat ook met ’n koninklike geassosieer word. Pers is in ’n verskeie denominasies te sien. Dit kan baie vorme aanneem – van ’n pers kanselkleed tot die prediker se pers das. Van pers kerse tot gedrapeerde linne. Lees, kyk of bestudeer jy die Paasverhaal, maak dit ’n verskeidenheid emosies in jou wakker. Dalk is dit waarom Kersfees ’n baie meer gesogte feesviering is. Dit is makliker om fees te vier as om in dankbaarheid te rou. Dit is makliker om na die krip te kyk X1PWUM65-NK010415
as na die kruis. Paasfees word in baie huise, soos met Kersfees, met tradisies gevier. Baie mense bring die tyd saam met vriende en familie deur. Vir baie kinders is dit ’n tyd om Paaseiers in die tuin te soek. Vir ander is dit ’n geleentheid om ’n hand van vriendskap uit te reik aan dié wat in nood verkeer. In sommige dele van ons land maak mense groot potte kos en deel dit uit. Ander koop ’n ekstra brood om weg te gee of delf dieper in hul beursies vir die motorwag. As Paasfees jou na aan die hart lê en jy die dieper betekenis hiervan verstaan, maak dit in jou optrede sigbaar. Nie noodwendig teenoor ’n vreemdeling nie – dalk teenoor ’n vriend of kollega wat dit broodnodig het.
NOORDKAAP, WOENSDAG 1 APRIL 2015
5
Skattejag-app ‘bied’ opwinding Du Plessis Janse van Rensburg GEOCACHING . . . skattejag soos nog nooit vantevore nie. As jy hou van raaisels en die buitelewe gaan jy nooit weer ná hierdie artikel dieselfde na jou foon kyk nie. Die rede hiervoor is ’n app met die naam Geocaching wat jou ure se buitelewepret sal besorg. Geocaching het ’n eenvoudige beginsel. Jy gebruik jou foon as kaart met behulp van sy GPS en die app om artikels wat caches
genoem word, op te spoor, dit is nou tensy jy ’n buitengewone cache kies, dan mag jy dalk drie of vier raaisels in jou soektog moet oplos voordat jy by jou cache uitkom. Caches, soos dit bekend staan,
is die hele wêreld vol, in geheel is daar 2 miljoen van hulle oor die wêreld heen. Ek het al 101 caches oor Suid-Afrika heen gekry in stede soos Pretoria tot dorpies soos Beaufort-Wes, en dit was vet pret. Caches is houers wat weggesteek is tussen, of vermom is as, alledaagse artikels wat, afhangend van die grootte (hulle wissel van pinkie-grootte tot trommelgrootte), enigiets van net ’n pen tot ’n boek kan bevat, afhangend van watter een jy besoek. Die idee agter die app is dat jy
As jy hou van raaisels en die buitelewe gaan jy nooit weer ná hierdie artikel dieselfde na jou foon kyk nie. navigeer na ’n cache en as jy dit kry, iets uit te haal (gewoonlik is daar enigiets van speelgoed tot
tierlantyntjies in) en ook iets in te sit. So kan jy dalk iets in Benoni by ’n cache insit en dit dalk weer in Kaapstad ontdek. Jy kan dalk ook ’n travelbug in ’n cache kry. Dit is ’n staalplaatjie met ’n unieke kode waarop jy ’n wêreldreis kan naspoor op die app se webwerf siende dat dit van kontinent na kontinent beweeg. Geocaching is ’n app wat mense saambring in die natuur, hulle laat saamwerk en met ’n storie laat en is beslis die moeite werd.
X1PX8W0M-NK010415
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 1 APRIL 2015
NORTHERN CAPE PROVINCE
DEPARTMENT OF ROADS AND PUBLIC WORKS
BIDS ARE HEREBY INVITED FOR: BID NO
BID: DRPW 032/2014
BID: DRPW 040/2014
BID DRPW 043/2014
BID: DRPW 046/2014
BID: DRPW 047/2014
BID: DRPW 001/2014
CIDB GRADING
NON REFUNDABLE DEPOSIT
Kimberley: Floors Complex and Frances Baard Workshop Gardening services for the Department of Roads and Public Works for Two (2) years
N/A
R200,00
Kuruman: Provisioning of Office Accommodation for Provincial Treasury
N/A
DESCRIPTION OF SERVICE
Kimberley: Request for Proposal for Technical Support to Provincial Department and Municipalities in implementing expanded Public Works program (EPWP) for Three (3) years
N/A
Kimberley: Prestige Houses Garderning Services for the Department of Roads and Public Works for Two (2) years
N/A
Danielskuil: Provisioning of Office Accommodation for the Department of Social Development
N/A
Northern Cape: Import of Road Construction material and compaction of layer-works on various roads for Two (2) years
N/A
R200,00
R500,00
R200,00
R200,00
R500,00
BID DOCUMENTS WITH TERMS OF REFERENCE ARE AVAILABLE AT Department of Roads & Public Works,9-11 Stockroos Street,Squarehill Park, Kimberley, 8300 Department of Roads & Public Works,9-11 Stockroos Street,Squarehill Park, Kimberley, 8300
Department of Roads & Public Works,9-11 Stockroos Street,Squarehill Park, Kimberley, 8300
Department of Roads & Public Works,9-11 Stockroos Street,Squarehill Park, Kimberley, 8300
Department of Roads & Public Works,9-11 Stockroos Street,Squarehill Park, Kimberley, 8300
Department of Roads & Public Works,9-11 Stockroos Street,Squarehill Park, Kimberley, 8300
CONTACT PERSONS
CLOSING DATE, TIME AND PLACE
Mr.D. Swartz at 053-831 3041
29/04/2015 at 11:00 at Department of Roads & Public Works,9-11 Stockroos Street,Squarehill Park, Kimberley, 8300
COMPULSORY on the 16/04/2015 at Dept of Roads and Public Works,Floors Complex at 10:00
29/04/2015 at 11:00 at Department of Roads & Public Works,9-11 Stockroos Street,Squarehill Park, Kimberley, 8300
COMPULSORY on the 15/04/2015 at Dept of Roads and Public Works,T.M. Tlhabane Road,Mothibistad at 12:00
22/04/2015 at 11:00 at Department of Roads & Public Works,9-11 Stockroos Street,Squarehill Park, Kimberley, 8300
COMPULSORY on the 14/04/2015 at Dept of Roads and Public Works,Floors Complex at 10:30
29/04/2015 at 11:00 at Department of Roads & Public Works,9-11 Stockroos Street,Squarehill Park, Kimberley, 8300
COMPULSORY on the 16/04/2015 at Dept of Roads and Public Works,Floors Complex at 10:00
Mr.T. Mgijima at 053-839 2299
Ms.M. Kgomongwe at 053-831 3041 Mr.T. Mgijima at 053-839 2299
Ms.A. Kula at 053-839 2108 Mr.T. Mgijima at 053-839 2299
Mr D Swartz on 053 831 3041 Mr.T. Mgijima at 053-839 2299
Ms.M. Kgomongwe at 053-831 3041 Mr.T. Mgijima at 053-839 2299
Mr.J. Roelofse at 053 839 2100 Mr.T. Mgijima at 053 839 2299
SITE MEETING / INSPECTION
22/04/2015 at 11:00 at Department of Roads & Public Works,9-11 Stockroos Street,Squarehill Park, Kimberley, 8300
29/04/2015 at 11:00 at Department of Roads & Public Works,9-11 Stockroos Street,Squarehill Park, Kimberley, 8300
NONE
COMPULSORY on the 13/04/2015 at Dept of Roads and Public Works,Floors Complex at 11:00
A non-refundable deposit of R200,00 and R500 for DRPW 043/2014 and DRPW 001/2015 is payable for each document. This Projects will be adjudicated on a 90:10 point system as stipulated in the Preferential Procurement Policy Framework Act 5 (PPPFA) 2000 NB: The tax clearance certificate as indicated in NCP 2 MUST be submitted in original at the time of closure of bid. No cheques or postal orders are accepted ONLY cash. All forms NCP 1,NCP 4,NCP 8,NCP9 and NCP6.1A/B should be completed and signed. In terms of Preferential Procurement Policy Regulation 2011, Original or Certified copy,B-BBEE status level of contribution certificate must be Submitted with the bid. THE CLIENT IS NOT OBLIGED TO ACCEPT THE LOWER OR ANY OF THE TENDERS. X1PWTTP9-NK010415
NOORDKAAP, WOENSDAG 1 APRIL 2015
7
Lara tuis ná 19 dae se ronddwaal Karin Muller TOE die Jack Russell-tefie Lara van Richard en Sarette Robberts, jare lange inwoners van Kimberley, se maat, Kailin, uitgesit is, het sy besluit alleen tuisbly, is nie vir haar nie. Dit het behoorlik ’n soektog afgegee. “Ons is nie seker wat gebeur het nie, maar toe ons die middag by die huis kom, was Lara skoonveld,” verduidelik Sarette. ’n Groter soektog na Lara kan jy jouself nie voorstel nie. “Ons het oral gesoek.” Plakkate is opgesit en twee hartseer, baie bekommerde mense het elke tweede dag ’n draai by die DBV gaan maak. “Tanja de Klerk van Kimberley-dierevriende het ons gehelp om dit op die internet te adverteer.” Daar was geen teken van Lara nie. “Ek het in die nagte rondgerol en gewonder of ons hondjie nie iewers vasgemaak is en sonder kos gelaat word nie,” vertel Richard. Die hoop om Lara lewend terug te kry het minder en minder geword met elke dag wat verbygegaan het. “Daar het ’n man my geskakel wat ’n Jack Russell langs die pad opgetel het. ’n Mens glo elke keer dit is jou hond wat iemand gekry het. “Hy was so vol omgee en liefde dat hy die hondjie al die pad na ons huis gebring het. Die hondjie was verskrik en hy het gesê dat, as dit Lara is, dan is sy sommer tuis.” Die laaste bietjie hoop het vervaag toe dit nie Lara was nie. Altesaam 19 dae nadat Lara by die huis weg is, het Sarette onverwags ’n oproep van die 8 Myl-diereplaas gekry om te sê daar is ’n Jack Russell op die
Kimberley 053 832 5907 Diamond Pavilion Mall
SARETTE EN RICHARD ROBBERTS met Lara. perseel. “Ons het soontoe gejaag, want, weet jy, sê nou net dit ís ons hondjie!” Daar aangekom, het Sarette skaars hul hondjie herken. “Sy was net vel en been, uitgeteer, ontwater en oortrek van bosluise.
Sy het roerloos bly lê.” ’n Lewelose Lara is veearts toe gejaag waar sy dadelik ondersoek en op ’n drup gesit is. Vyf dae later kon sy huis toe gaan. Lara sit styf op die bank tussen haar huismense en luister hoe hulle gesels.
“Nou, ses maande later, het haar fisieke letsels herstel, maar sy het emosionele wonde wat dalk nooit sal genees nie,” vertel Richard. “Sy raak vreeslik angstig as sy alleen is. Tussen ons en die mense wat vir ons werk, verseker sy dat sy altyd iemand in die oog het.
Maar sy gaan nie weer by die hek uit nie.” Hy streel ingedagte oor haar kop. “Vir die res van ons lewe sal ons seker wonder waar sy was en hoe sy by 8 Myl uitgekom het. Ons is net baie bly en dankbaar sy is terug.”
Kimberley II 053 831 5468/9 Caltex Complex (Horseshoe)
X1PXBAER-NK010415
X1PXEHJR-NK010415
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 1 APRIL 2015
SPORT
Swemmers toon staal Charné Kemp
SWEMMERS duik in vir die begin van die 100 m-vryslagnommer op die somerspele van die Suid-Afrikaanse Sportvereniging vir verstandelik-gestremdes. Foto’s: Emile Hendricks
CHRISTELLE KRIEL van Mpumalanga in aksie in die rugslag.
AARON PUTZ van KwaZulu-Natal wys sy slag in die rugslag.
JACO JORDAAN van Noordwes in aksie.
DIE herfsreën kon glad nie die swemmers koudsit nie. Een wêreldrekord en twee Afrika-rekords het verlede week op die jaarlikse Suid-Afrikaanse Sportvereniging se kampioenskapsbyeenkoms vir swemmers met verstandelike gestremdhede hier gespat. Die opwinding was groot onder die nege provinsiale spanne op die byeenkoms in die Karen Muir-swembad. Wenners wat rekords laat spat en hul afdelings gewen het, sal vir die Suid-Afrikaanse span oorweeg word wat later vanjaar aan die Inas-wêreldkampioenskapsbyeenkoms in Ecuador gaan deelneem. Ina Fowler, nasionale swemkoördineerder vir die Suid-Afrikaanse Sportvereniging en lid van Swem Suid-Afrika se groep vir gestremde swemmers, sê die byeenkoms word gebruik om die beste atlete te kies. Volgens Fowler is die Inas-wêreldkampioenskappe die wêreld se grootste byeenkoms vir atlete met verstandelike gestremdhede wat ook aan ander sportsoorte soos sokker, atletiek, tafeltennis, roei, tennis en fietsry deelneem. Verlede week se byeenkoms was tegelyk ’n Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms en ’n geleentheid om atlete vir die wêreldbyeenkoms te keur. Die twee kategorieë is vir verstandelik gestremde swemmers en atlete wat aan Down-sindroom ly. Jan-Herman Els (15) van Gauteng het die wêreldrekord in die 50 m-rugslag vir Downsindroom-lyers verbeter. Pietie Bell (23) van die Wes-Kaap het ’n Afrika-rekord in die 50 m-vlinderslag vir Down-sindroomlyers opgestel en Jennifer Higgens (31) van KwaZulu-Natal het die Afrika-rekord in die 50 m-rugslag vir vroue met Down-sindroom verbeter. Een van die Noord-Kaapse sterre was André Maritz, op 38 jaar die oudste swemmer in die span. Maritz is ’n inwoner van die Yonder-en-Jannie Brink-opleidingsentrum wat ’n heenkome aan verstandelik gestremde mense en kinders bied. Hy werk in die beton-afdeling wat rand- en plaveistene en blompotte maak. “Ek oefen vier dae ’n week. Swem is lekker. Dit maak my gedissiplineerd. Dissipline is alles in swem.” Hy swem reeds agt jaar nadat sy ouers, Johan en Rosslyn Maritz, sy goeie tegniek raakgesien het. Pa Johan neem hom weekdae na Ebert Kleynhans, sy afrigter, wat swemlesse by die CBC St. Patrick aanbied. Maritz swem vlinderslag (50 m), kruipslag (200 m), borsslag (50 m) en vryslag (100 m). Hy swem ook in die aflos. Sy gunstelingswemstyl is vlinderslag. Hy het Dinsdag juis eerste in sy 50 m-vlinderslag-uitdunronde en agtste in die 200 m-vryslag-uitdunronde geëindig. Sy held is die wêreldkampioen en SuidAfrikaanse swemmer Chad le Clos. “Ek sal wat wil gee om hom te ontmoet.”
NUUS
Benoemings ingewag André Botha KEN jy die volgende Noord-Kapenaar van die Jaar? Volksblad en Kumba Iron Ore se Noord-Kapenaar van die Jaar en Noord-Kaapse Instansie van die Jaar word in Mei aangewys. Dit word ook in samewerking met GWK aangebied. Om ’n individu of instansie te benoem stuur ’n motivering (sowat 300 woorde) vir jou kandidaat per e-pos aan andre.botha@volksblad.com. Verstrek jou naam en telefoonnommer, asook die benoemde se naam en telefoonnommer. Die benoemde moet ’n Noord-Kapenaar of iemand met besonder sterk bande met die Noord-Kaap wees. Die benoemde word vir besonderse diens aan die mense of natuurlike omgewing van die Noord-Kaap vereer. Politici mag nie benoem word nie en benoemings wat gaan oor die werk wat mense uit hoofde van ’n politieke amp verrig het, sal nie aanvaar word nie. Mense wat voorheen benoem is, mag weer
benoem word. Niemand mag hom- of haarself benoem nie. Werknemers van die borge mag ook nie benoem word nie. Die kriteria is: ) Interne impak: Die verskil wat die persoon maak wat betref die belange en/of omstandighede van mense of die natuurlike omgewing in die Noord-Kaap. ) Persoonlike opoffering/prestasie: Die mate waartoe die persoon sy of haar private tyd opoffer om die diens te lewer. Sou dit deel van die persoon se werk wees, die mate waartoe die persoon buitengewoon presteer of buitengewone kreatiwiteit en/of energie, talent en dryfkrag inspan om die uitsette te lewer waarvoor die persoon benoem word. ) Eksterne impak: Die bydrae wat die persoon lewer om die Noord-Kaap se aansien en/of beeld na buite die provinsie en selfs nasionaal te bou en te bevorder. Die volgende riglyne geld die kategorie Instansie van die Jaar: ) Enige verdienstelike Noord-Kaapse instansie wat nie ’n winsmotief het nie, mag benoem word. Instansies met ’n politieke verbintenis kwalifiseer nie.
Deel van veiling WICUS DIEDERICKS (links) en Brian Lewis het van die grootste pakkette gekoop.
DIE Laerskool Staats het ’n jagpakket-veiling gehou om geld vir die skool in te samel. Onder die kopers is van links Lohan Faber, Andries Vermeulen, gaskunstenaar, en Ronnie Graven. Foto’s: Verskaf
NOORDKAAP, WOENSDAG 1 APRIL 2015
9
MOTORS
Ry nou veilig Ferdi de Vos DIE Datsun GO, wat in Oktober verlede jaar plaaslik bekend gestel is, sal van Julie vanjaar met ’n bykomende bestuurderslugsak beskikbaar wees. Dié ontwikkeling is einde verlede week deur Vincent Cobee, die hoof van die Datsun-motormaatskappy wêreldwyd, in ’n kort onderhoud op ’n blitsbesoek aan Suid-Afrika bevestig. Volgens Cobee sal die bestuurderslugsak teen middel vanjaar teen ekstra koste as bykomende toerusting in die Luxmodel aangebied word. Die finale prys daarvoor sal ook dan bekend gemaak word. Sy aankondiging volg op heelwat kritiek teen die nuwe handelsmerk nadat die GO sonder enige lugsakke of sluitweerrem-stelsel (ABS) plaaslik bekend gestel is. Boonop het die GO kort daarna die Global NCAP- en VN-onderskrewe botstoetse liederlik gedop – wat daartoe gelei het dat Carlos Ghosn, grootbaas van Nissan, moedermaatskappy van Datsun, versoek is om die GO aan die mark te onttrek. In ’n verdere verwikkeling het Global NCAP verlede week in ’n beleidsverslag ’n beroep op voertuigvervaardigers gedoen om die “veiligheid van alle voertuie wêreldwyd teen 2020 te demokratiseer”. Luidens hierdie verslag word miljoene nuwe motors wat nie aan die Verenigde Nasies (VN) se basiese veiligheidsvereistes vir frontale en kantbotsings voldoen nie, steeds in middel- en lae-inkomste-lande verkoop. Tog, in alle regverdigheid is Datsun nie die enigste vervaardiger wat swak in die Global NCAP-toetse gevaar het nie. Maruti Suzuki se Alto het einde verlede jaar ook geen stergradering vir veiligheid in dié toetse ontvang nie. En in Januarie vanjaar het Hyundai se i10, die Tata Nano, Ford Figo en selfs Volkswagen se Polo die botstoetse ook met ’n nul-gradering gefaal – grotendeels omdat geeneen van hulle (in die Indiese mark) met lugsakke toegerus is nie. Intussen verkoop die GO ondanks die veiligheidskwessies heel fluks in SuidAfrika met tussen 500 en 600 eenhede per maand wat van die hand gesit word.
Dié 308 hou leeu op agterpote Willem Fritz MET die titel van Europese Motor van die Jaar vir 2014 en ’n rits ander titels agter sy naam, lyk dit of Peugeot se nuwe 308 behoorlik die kloue uit het. In Suid-Afrika sal die nuwe 308 egter alles in sy arsenaal moet inspan om sy kleim af te steek in ’n taai mark wat met amper 25% deur Volkswagen se Golf oorheers word. Dit is ’n skrikwekkende uitdaging, maar een waarvoor die 308 goed toegerus is. Minder radikaal Die nuwe 308 word op Peugeot se EMP2-platform gebou en is teen 4,25 m die kompakste in sy klas. Hy is ook effens breër en laer as sy voorganger en kon van ’n hele 140 kg se “vetjies’’ ontslae raak. Wat sy voorkoms betref, is die vorige model se groot “baberbek’’ en oorheersende kenteken deur ’n meer tradisionele rooster en voorkoms vervang, iets waarby die breër kopersmark dalk meer byval sal vind. Heelwat chroom word voorlangs ingespan, wat die 308 ’n statiger voorkoms as sy voorganger gee. Agter volg die nuwe model ook Peugeot se nuutste ontwerpneiging met veral die agterligte wat soortgelyk aan die kleiner 208 s’n vertoon. Met ’n minder radikale voorkoms is die nuwe 308 beslis sag op die oog.
DIE Peugeot 308.
Foto: Verskaf
het. Voorlangs is die kenteken in die middel van die rooster en die GT Line se hoofligte het LED-dagryligte wat in ’n strook bo die ligte loop. Minder is beter In die kajuit was die ontwerpers se opdrag om ’n skoon, ongekompliseerde ontwerp met so min knoppies as moontlik vir die instrumentpaneel te skep. Die oplossing was Peugeot se sogenaamde i-Cockpit met sy groot raakskerm van 26 cm waarmee feitlik al die vermaak- en voertuigfunksies beheer word. Hiermee word die gebruik van draaiknoppe en ander skakelaars vir byvoorbeeld die lugversorging- en klankstelsel uitgeskakel. Die stelsel werk heel goed en dit is nie nodig om deur lyste te blaai om die nodige verstellings te doen nie. Afwerking is eersteklas en heelwat sagtegevoel-plastiek word in die instrumentpaneel en deure ingespan, wat ’n gevoel van gehalte skep. Die stuurwiel se klein grootte pas lekker in die hand en voel sportief, terwyl die hoë plasing van die instrumentasie tot gevolg het dat jy bo-oor die stuurwiel kyk, eerder as daardeur en dit sodoende ook makliker is om jou oë op die pad te hou.
Twee modelle Die reeks bestaan uit twee modelle, die Active en GT Line. Albei word deur ’n algeheel nuwe turbo-aangedrewe PureTech-1,2-literdriesilinder-petrolenjin aangedryf, maar met verskillende kraguitsette. Die Active lewer 81 kW en 205 Nm, terwyl die GT Line met 96 kW en 230 Nm daarop verbeter. ’n Haastige 151 kW-GT-model wat die Golf GTI kan aanvat, maak in Julie sy verskyning. Die Active- en GT Line-model word met ’n vyfgang- en sesgang-handratkas toegerus. ’n Outomatiese ratkas word vir vroeg volgende jaar beplan. Die Active- en GT Line-modelle lyk byna dieselfde buite, maar die GT Line lyk effe meer omgekrap met groter 17 duim-tekkies en twee sportiewe uitlaatpype agter, terwyl die kantspieëls ’n blinkswart afwerking
Albei modelle is goed toegerus. Selfs die goedkoper Active spog met die raakskerm, asook onder meer snelheidsbeheer, opdraande-wegtrekhulp en elektroniese stabiliteitsprogram. Die GT Line is veel begeerliker met ’n sportiewer en meer indrukwekkende voorkoms binne. Die sportsitplekke met leer-sywalle en Alcantara-insetsels, asook kontrasterende rooi stikwerk, vertoon baie netjies. Toerustinggewys het die GT Line onder meer tweesone-klimaatbeheer, ses lugsakke, masseerfunksie vir die voorste sitplekke, parkeersensors voor en agter, asook outomatiese werking vir die ligte en reënveërs. Die sitplekke sit gerieflik en hoewel nie klasleidend nie, is die ruimte binne heel voldoende. Die bagasieruim kan 370 liter sluk, wat tot 1 209 liter groei met die agtersitplekke platgevou. Boonop is daar ’n volgroottenoodwiel. Klein botteltjie, groot gif Ons kon slegs agter die stuur van die GT Line-model inskuif. Die “beskeie’’ 1,2 liter oortref verwagtinge met sy kraglewering. Onder harde versnelling is daar soms ’n effense huiwering, maar verder is daar nie veel om oor te kla
nie. Die enjin werk glad en stil, maar met ’n lekker driesilinder-grom as jy hom hard trap. Die ratte wissel sekuur met gange wat kort genoeg is vir ’n sportiewe gevoel. Met maksimum wringkrag wat redelik laag in die toerestrek beskikbaar is, is dit ook nie nodig om te gereeld af te rat nie. Die 308 laat hom nie deur slegte paaie ontsenu nie en bied ’n absorberende rit, iets wat die Franse vervaardigers goed onder die knie het, terwyl bakrol ook onder beheer gehou word. Die stuur is direk genoeg vir sportiewe hantering, maar dalk net effens te lig, veral as jy vinnig aanstoot. Wat sê ons? In sy nuwe gewaad hoef die 308 nie vir ander grootmenere soos die Ford Focus of Volkswagen Golf terug te staan nie. ’n Driejaar-/100 000 km-waarborg en vyfjaar-/60 000 km-onderhoudplan bring gemoedsrus, terwyl sy veel aantrekliker en stylvolle voorkoms, indrukwekkende enjin en algehele gevoel van gehalte dit ’n aantreklike keuse behoort te maak. G’n wonder die Peugeot-leeu is op sy agterpote nie . . .
THE AUTOMARK PROMISE 1. Backed by Toyota 2. Guaranteed not stolen 3. Automark warranty available 4. Guaranteed mileage
5. Seven day exchange plan 6. Guaranteed year model 7. Every vehicle subject to a check list
DEMO'S 2015 Corolla 1.4 D-4D Prestige, wit, 2015 Yaris 1.3 Xs 5-Dr, silver, 2015 Etios 1.5 Xs, Hatch, silver, 2015 Toyota 86 High, manual, Pearl White 100km 2015 Hilux 3.0 D-4D Legend45 D/Cab, Rollbar, T.cover 2014 Fortuner 2.5 D-4D, R/B, Auto, White 2014 Etios 1.5 Xi 5-dr Gold 2014 Corolla 1.6 Quest +, R/CD, alloys 2012 Yaris XR 1.0 3-dr
R255 500 R181 500 R135 500 R359 500 R432 500 R355 500 R115 500 R180 500 R105 500
MOTORS 2014 Volkswagen Polo 1.6 Comf Sedan 11 000km 2014 Hyundai I10 1.1 GLS Motion 2013 VW Cross Polo 1.6 TDi, curtain airbags, cruise control 23 000km 2013 Mini Cooper 17 000km 2013 Toyota Fortuner 3.5 D-4D, TB, 26 000km 2012 Toyota Fortuner 3.0 D-4D, 4x4 2012 Toyota Fortuner 3.0 D-4D A/T Heritage, T/B 50 000 km 2012 Toyota Etios 1.5XS 42 000km 2011 Toyota Verso 2.0 D-4D TX t/bar, PDC, 70 000 km 2010 Volkswagen Golf TSI Comf 2003 Mercedes-Benz C180K Classic A/T
R195 500 R109 500 R215 500 R189 500 R310 500 R359 500 R342 500 R102 500 R199 500 R161 500 R 79 500
BAKKIES 2014 Toyota Hilux 3.0 D-4D Xstra Cab Dakar 4x4 2013 Toyota Hilux 2.5 D-4D SRX, Xtra Cab, alloys 24 000 km 2012 Volkswagen Amarok 2.0 BiTDi, S/C, Trendline, S Steps, R/Bar, TCover, 29 000km 2011 Land Cruiser 4.2 D 40 000 km 2011 Toyota Hilux 3.0, D-4D, D/C, Nudgebar, Canopy, Roll Bar, Rubberised, T/Bar 78 000 km 2010 Ford 3.0 TDCi XLT HiTrail, Sup/Cab, rubberising, canopy, tow bar, nudge bar, steps
CALL
NO D E P O S I T UP TO 72
R389 500 R241 500 R255 500 R372 500 R299 500 R225 500
M O N T H S TO
Visit VAN DER LINDE TOYOTA Jackie 082 415 2656 used@vdlmotors.co.za Gert 082 738 1237 used1@vdlmotors.co.za
Main Street, Postmasburg
Tel: 053 313 0080 Fax 053 313 0349
www.automark.co.za Terms and conditions apply. X1PX8V7M-NK010415
P A Y
GEORGE 082 952 4185 IN BLOEMFONTEIN 2009 Audi A3 1.8T FSi 2008 Audi A4 (B8) 2008 BMW 320i (E90) 2006 BMW 320i Touring 2003 BMW 320i (E46) aut. 2006 BMW 525i (E60) aut. 2007 BMW X5 3.0D aut. 2006 BMW Z4 3.0 Coupé aut. 2014 Chev Spark 1.2L 2011 Citroën C3 1.4i Attraction 2011 Citroën C3 Picasso 1.6 VTi 2010 Citroën C4 1.6 VTi 2010 Dodge Caliber 2.0 SXT F/L 2010 Fiat Punto 1.4 Emotion 5dr 2013 Ford Fiesta 1.4 H/B 2013 Ford Figo 1.4 TDCi 2010 Ford Ikon 1.6 2013 Ford Kuga 1.6 Ecoboost 2013 Geely LC 1.3 GS Cross 2011 Chery QQ3 TE 2011 Kia 1.6 Soul CRDi 2010 Kia Sportage 2.0 2010 GWM Hover 2.4 SUV 2008 Mercedes-Benz C320 CDi aut. 2014 Nissan Qashqai 2.0 2011 Hyundai i20 1.6 2011 Mini Cooper Mark III 2010 Nissan 1.6 Visia X-Gear 2011 Renault Sandero 1.6 United
R194 900 R149 900 R149 900 R 89 900 R 89 900 R119 900 R199 900 R159 900 R109 900 R 99 900 R129 900 R135 900 R149 900 R 79 900 R147 900 R119 900 R 95 900 R279 900 R 89 900 R 59 900 R149 900 R169 900 R119 900 R195 900 R249 900 R129 900 R169 900 R119 900 R 89 900
2009 Suzuki Grand Vitara 3.2 aut. R169 900 2009 Fortuner 3.0 D4D 4x4 R269 900 2010 Polo Classic 1.6 Facelift R169 900 2013 Polo Vivo 1.4 h/b R119 900 2014 Polo Vivo 1.4 h/b R135 900 2010 Toyota Corolla 1.3 Prof. R129 900 2006 Volvo S60 T5 aut. R105 900 2008 Audi TT 2.0 FSi R169 900 2012 Mercedes-Benz A180 Classic R179 900 2010 Mercedes-Benz C180 CGi BE R229 900 2004 Mercedes-Benz C180 Classic R 75 900 2011 Mercedes-Benz C200 CGi BE R249 900 2010 Mercedes-Benz C220 CDi Aut. R219 900 2008 Mercedes-Benz C320 CDi Aut. R195 900 2011 Mercedes-Benz C350 CDi Aut. R339 900 2010 Mercedes-Benz E250 CDi BE Aut. R229 900 2008 Mercedes-Benz SLK 200 K R269 900 2007 Mercedes-Benz SLK 350 Aut. R209 900 Bakkies 2012 Chev Utility 1.4 2006 Ford Ranger 4.0 V6 D/C 4x4 2009 Bantam 1.3l 2011 Bantam 1.3l plus a/c 2005 Ford Ranger 2.5 TDi 2011 Triton 3.2 D/D D/C 4x4 2011 Hyundai H100 2011 GWM S 2.4MPi Steed D/C
Nog baie meer. See website: www.egmonline.co.za DELIVERY “FREE” COUNTRY WIDE VEHICLES
IN
D E P O S I T UP TO 72
R119 900 R109 900 R 79 900 R 89 900 R 89 900 R269 900 R129 900 R129 900
Stuur vir my jou nuutste betaalstaat. Afskrif van ID en rybewys. Bewys van adres. Faks dit na 086 719 4119 vir my aandag: George: Ek skakel jou terug. Bestuurderslisensie nie verpligtend nie. Eerste paaiement 1 Mei 2015.
140
NO
M O N T H S TO P A Y
STOCK X1PXH345-NK010415
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 1 APRIL 2015
Begroting ‘nie deursigtig’ Charné Kemp
PERSOONLIKE DIENSTE
LENINGS 1445
4 POSITIONS AVAILABLE: 1. 2. 3. 4.
Onderwyspos vir kleuters English teaching position for toddlers Huiswerkpos English aftercare homework
Please e-mail CV to angelabruhin7@gmail.com
X1PXEHMW-NK010415
X1PX0421-NK010415
SOEK, KOOP, VERKOOP
X1PWTUNH-NK010415
OPPOSISIEPARTYE het Donderdag die tweede aansuiweringsbegroting van die Noord-Kaapse regering wat hier ter tafel gelê is, eenparig verwerp. Dié begroting is deur die departement van finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme aan die portefeuljekomitee voorgelê. Die DA, Cope en die EVV sê in ’n gesamentlike verklaring daar is nie deursigtigheid oor redes vir finansiële transaksies nie. Die komitee moet die departement van vervoer en veiligheidskakeling en die Noord-Kaapse ekonomiese ontwikkelingsagentskap (NKEOA) roep om die besteding van geld te verduidelik. “Ons moet ’n verslag van albei instansies, asook die tesourie, teen die einde van die maand ontvang om soortgelyke gevalle vorentoe te vermy.” ’n Bedrag van R60 miljoen is aan die departement van vervoer en veiligheidskakeling oorgedra, glo vir padveiligheidsopvoeding. “In die 2011-’12-boekjaar is ’n begroting van R2 miljoen of R3 miljoen daaraan bestee. In die 2015-’16-boekjaar is die begroting sowat R2,7 miljoen. “Die R60 miljoen wat die departement nou moet kry, is in kleiner bedrae oorgedra. Die eerste R35 miljoen is in
‘Die opposisiepartye vra hoekom die R60 miljoen in die eerste aansuiweringsbegroting weggelaat is. Net R5,5 miljoen vir skoolvervoer is goedgekeur.’ Augustus 2014 oorgedra. “Die opposisiepartye vra hoekom die R60 miljoen in die eerste aansuiweringsbegroting weggelaat is. Net R5,5 miljoen vir skoolvervoer is goedgekeur.” Daar is ook die aangeleentheid van die R5,7 miljoen wat aan die NKEOA gegee is om spesiale ekonomiese gebiede te ontwikkel. “Die NKEOA het net een direksielid en geen aankoopbestuurspan nie. Net een lid, die voorsitter, kan enige geldbesteding deur die uitvoerende hoof goedkeur. Daar is geen raad wat oorsig oor besteding kan uitoefen nie. Sowat R600 000 is reeds uitgegee sonder dat aankoopreëls gevolg is. Dit is onverstaanbaar dat die tesourie steeds geld aan die agentskap oordra.” Die tesourie moet sy oorsigverantwoordelikheid oor enige geld wat hy aan departemente en entiteite oordra, nakom.
ALVIN BOTES (links), LUR vir samewerkende regering, en John Block, LUR vir finansies, ekonomiese sake en toerisme, gesels in die hooggeregshof in Kimberley waar hulle verlede week in die Trifecta-bedrogverhoor verskyn het. Foto’s: Emile Hendricks
Regsgeleerdes getuig Charné Kemp ’n SENIOR advokaat en ’n prokureur het in die Trifecta-korrupsieverhoor, waarin die beleërde John Block, ANC-leier en LUR vir finansies, ekonomiese sake en toerisme, aangekla word, ontken hulle het onbehoorlik opgetree. Die regsgeleerdes was die laaste getuies in dié marathon-verhoor. Finale betoë word in Mei aangehoor. Block, Alvin Botes, LUR vir samewerkende regering en ANC-adjunksekretaris, en Christo Scholtz, sakeman en direkteur van Trifecta, staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery, asook oortredings van die Maatskappyewet en die Wet op Openbare Rekeninge. Yolanda Botha, wat intussen aan kanker oorlede is, is ook aangekla. Sy is daarvan verdink dat die verbeterings aan haar eiendom betalings in ruil vir winsgewende huurkontrakte was. Haar familietrust, die Jyba-trust, het aandele in Trifecta ontvang. Sy was destyds die departementshoof van maatskaplike ontwikkeling. Adv. Ben Swart, SC, is deur die staat geroep oor ’n beëdigde verklaring wat in 2011 vir ’n siviele geding opgestel is. Swart het saam met ’n ander senior advokaat namens Scholtz opgetree. Scholtz se destydse vennoot, Sarel Breda, se weduwee het as ’n trustee van die Shosaloza-trust ’n eis vir aandele teen Scholtz as direkteur van Trifecta ingestel. Swart het die beëdigde verklaring vir Scholtz gefinaliseer en by die Gautengse hooggereghof ingedien. Die verklaring het ook feite oor die 10%-aandeelhouding van Botha se Jybatrust in Trifecta bevat. Die siviele geding is buite die hof geskik, maar die staat het Scholtz se verklaring in die Trifecta-verhoor teen hom gebruik. Scholtz het onder kruisondervraging verklaar daar was foute in die betrokke beëdigde verklaring. Swart sou na bewering weens beperkte tyd sekere verkeerde feite onveranderd laat. Swart was verontwaardig in die getuiebank en het dit heftig ontken. Hy het getuig al die feite wat in die verklaring vervat is,
CHRISTO SCHOLTZ, wat saam met John Block, LUR vir finansies, ekonomiese sake en toerisme, en Alvin Botes, LUR vir samewerkende regering, van bedrog aangekla word, sit hier in die hooggeregshof in Kimberley. is deur die kliënt (Scholtz en sy prokureur, Etienne Naudé) verskaf. Scholtz het nooit gesê daar is foute in die vier paragrawe wat die aandeelhouding beskryf nie. Volgens Swart was daar “meer as genoeg tyd” om foute reg te maak. Naudé is Donderdag deur die staat beskuldig dat hy dokumente vervals het. Naudé het op 10 Junie verlede jaar getuig hy het die kontrak, wat die bouwerk aan Botha se huis as ’n lening verklaar, die vorige dag uitgedruk. Die staat se rekenaardeskundiges het egter bevind dié dokument is eers op 12 Junie op Naudé se rekenaar geskep. Naudé het ontken hy het die dokument vervals. Hy kon nie die verskille tussen die kontrak wat vroeër in die verhoor as bewysstuk ingedien is en sy drukstuk verklaar nie. Dit was moontlik normale wysigings. Advv. Peter Serunye en Brian Mdlalose kla aan. Advv. Tokkie van Zyl en Jaap Cilliers verskyn namens Scholtz en sy maatskappye, en advv. Cornwell Tshavhungwa en Salie Joubert, SC, vir Block en Botes en hul maatskappye. Regter Violet Phatsoane sit op die bank.
NOORDKAAP, WOENSDAG 1 APRIL 2015
Cheetahs nog ’n speler kwyt Jóhann Thormählen DIE Cheetahs het Maandag (30/02) ’n tweede losvoorspeler,
Jean Cook, op hul oorsese Superrugby-toer weens ’n besering verloor. Die Griekwas-losvoorspeler
Carel Greeff is reeds as plaasvervanger vir die beseerde Cook (lies) ontbied en sal hom binnekort by die sentrale streekspan in Sydney aansluit. Die Cheetahs pak die Brumbies Saterdag (04/04) in Canberra. Greeff het Vrydagaand (27/03) nog vir die Poubloues in hul Vodacombeker-sege oor die SWD-Arende in George uitgedraf. Cook het in die opwarming voor Saterdag (28/03) se Superstryd teen die Chiefs in Hamilton seergekry en sal ’n spesialis sien wanneer hy terug in Suid-Afrika is. Die Cheetahs is nog onseker hoe lank hy gaan uit wees. Willie Britz, wat op die bank sou wees, moes toe teen die Chiefs in Cook se plek begin, met Tienie Burger wat ’n nuwe plaasvervanger geword het. Cook se besering volg nadat die Springbok-flank Oupa Mohoje ook verlede week weens ’n liesbesering moes terugkeer. Burger het hom op toer vervang. Mohoje sal sowat agt tot 12 weke uit wees en hopelik teen die einde van die reeks weer kan speel.
CAREL GREEFF se harde werk op die rugbyveld is beloon toe hy Maandag opgeroep is om hom in Sydney by die Cheetahs aan te sluit. Foto: Emile Hendricks
Roodepan beste in NK
’n BLYE oorwinning vir die Laerskool Roodepan van Kimberley. Dit is die tweede jaar agtereenvolgende dat die span die eindronde van die provinsiale uitdunrondes van die Danone-Nasiebekertoernooi gewen het. Deelnemers van 10 tot 12 jaar kan deelneem. Die span sal nou na Johannesburg reis en aan die eindronde teen ander spanne van oor Suid-Afrika heen meeding. Die wenners van die nasionale uitdunrondes sal vanjaar teen 14 ander spanne van oor die wêreld heen in Marokko deelneem. Van links is Aldien Steenkamp, Wesley Francis, Jenome Kaffer, Eldine Sibela en Alpacino Mielies is op die agtergrond. Foto’s: Anena Burger
TRISTINE MANS van die Laerskool Keidebees (in die blou drag) speel die bal, terwyl Franklin Scheepers van die Laerskool Roodepan van Kimberley verdedig.
GIOVANI DE WEE van die Laerskool Keidebees (in die blou drag) spring hoog in die lug om die bal voor sy doel te verdedig.
Lewer beste netbalspel BETHANIE DU RAAN van die Hoërskool Diamantveld se eerste netbalspan is op die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria se Affies-sportnaweek as speler van die toernooi aangewys.
Die Danone-Nasiebertoernooi is die naweek in die Xolisi Dicky Jacobs-stadion in Upington gehou. Vyf NoordKaapse skole het aan die kwarteindronde deelgeneem. Die Laerskool Roodepan van Kimberley en die Laerskool Keidebees van Upington het in die eindronde teen mekaar gespeel en Roodepan het met die louere weggestap.
Foto: Verskaf
LEONARD KACHANE van die Laerskool Keidebees in Upington speel Saterdag (28/03) in die eindstryd van die kwarteindronde van die Danone-Nasiebeker-sokkertoernooi se Noord-Kaapse uitdunrondes. Die wenner van die nasionale uitdunrondes sal in Marokko teen 14 ander lande se spanne te staan kom.
BRANDON VAN SCHALKWYK van die Laerskool Keidebees dryf die bal aan. Marlon Steenkamp en Tofique Olyn van die Laerskool Roodepan verdedig. Jason Aries van die Laerskool Keidebees hou dop op die agtergrond.
11
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 1 APRIL 2015
DEBT?
Sport Die Diamantstad se koerant
We reduce the payments on your home. Reduce instalments on your car. Pay accounts on your behalf.
Only R57,00 Reg No: NCRDC1982
JJM DEBT COUNSELLORS cc 57 Du Toitspan Road, Kimberley Tel. 053 831 7519 E-mail: info@jjmdebt.co.za
X1PXH6B9-NK010415
Serving all your equipment hire needs
12A Schmidtsdrift Road, Kimberley Tel: 053-861 5200 Fax: 053-861 5201 X1PX8ULW-NK010415
Spanne staan nie terug DIE eerste rugbyspanne van die Hoërskool Noord-Kaap (HNK) en die Hoërskool Diamantveld maak steeds naam vir hulself teen die land se voorste rugbyskole. Saterdag (28/03) het HNK op die Pukketoernooi die Kearsney-kollege van Durban maklik met 42-29 verslaan. Die span het Maandag ook met 43-13 teen Transvalia van Vanderbijlpark gewen. En hoewel Diamantveld in Stellenbosch die knie met 22-12 voor die span van die Hoër Jongenskool Paarl moes buig, is só ’n telling teen ’n skool wat elke jaar onder die tien voorstes in die land tel, nie een waaroor enige span sal sleg voel nie. Hannes Nienaber berig Kearsney het HNK aanvanklik die skrik op die lyf gejaag. Kearsney het vinnig ’n voorsprong van 15-0 opgebou, voordat Northerns hul ritme gevind het. Vir HNK was sy vleuel Cameron Hufke, die losskakel, Cleo Adams, en agtsteman, Gerhard Holtzhausen, teen Kearsney uitstaande. Adams het ’n hele paar keer verby Kearsney se verdedigers geglip en so ook twee van sy span se drieë gedruk. Northerns se twee senters, Zayne Farmer en Howard Lottering, verdien ook elk ’n klop op die skouer. Hufke het ’n persoonlike bydrae van 17 punte tot die sege gelewer en sy totaal vir die seisoen tot 93 punte opgestoot. Diamantveld het met nog ’n goeie vertoning teen een van Suid-Afrika se rugbykragte vorendag gekom nadat hy ’n paar weke gelede ’n opskudding veroorsaak het toe hy teen Grey-kollege gelykop gespeel het. Dié twee spanne het mekaar op Paul Roos-Gimnasium se rugbydag ter viering van sy 150ste bestaansjaar in Stellenbosch gepak. Vir Diamonds het sy agtsteman, Johan Joubert, ’n blink vertoning gelewer. Hy het fisiek nie ’n tree vir Boishaai teruggestaan nie en ook op die verdediging goeie werk verrig. Agterlangs het die vleuel Etdeon Greyvenstein goeie spel gelewer. Diamantveld speel Donderdag (02/04) op die eerste dag van die Oakdale-toernooi in
GERHARD HOLTZHAUSEN van die Hoërskool Noord-Kaap (HNK) se eerste rugbyspan was een van sy span se uitblinkers op die Pukke-toernooi die afgelope naweek in Potchefstroom. Foto: Verskaf Riversdal teen Die Brandwag van Uitenhage. Die span se volgende twee bepalings op die toernooi sal bepaal word deur sy vertoning teen Die Brandwag. Diamantveld se mikpunt sal bepaald wees om in die hoofwedstryd op die laaste dag
teen die gasheerskool, Oakdale-Landbou, te speel. Op grond van sy vertonings tot dusver is hy ’n besliste aanspraakmaker hiervoor. Oakdale sal ook op die Wildeklawer-toernooi een van Diamantveld se teenstanders wees.
Oakdale het Saterdag op Paul Roos se feestoernooi met 71-0 teen Landboudal van Jacobsdal gewen. Noord-Kaap reis Kaap toe waar hy op die Tony Stoop-toernooi teen Outeniqua van George sal speel.
Master Cars
Visit www.cevmotors.co.za
Used cars you can trust.
Amarok
14 Amarok 2.0 BiTDi Highline 132 kW D/C, canopy, side steps, leather, rubberised, safety film, PDC, .....................................................................................................................................................R419 500
Polo Vivo
15 Polo Vivo 1.6 Comfortline, Cruise Control, Silver ...........................................................................R165 500 15 Vivo 1.4 Conceptline silver 50 km, alarm, alloys, R/CD................................................................R149 500 14 Polo Vivo 1.4 Trendline Cruise Control, Alarm , Alloys, Silver .....................................................R153 500 14 Polo Vivo 1.4 Conceptline, alarm, alloys, RCD ...............................................................................R139 500 14 PoloVivo 1.4 Conceptline, alarm, alloys, RCD ...............................................................................R139 500 13 Polo Vivo GT 1.6..................................................................................................................................R141 500
BURGERS
Diamonds skitter BO: Courteney Crew (links) van die Hoërskool Diamantveld is in die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria se Affies-prestige-netbaltoernooi as die beste o.16- aanvallende speler aangewys, en Danelle Jacobs as beste aanvallende speler in die o.14-span. Foto’s: Verskaf REGS: Jonica Oosthuizen van Diamantveld was die beste o.17-verdediger in die toernooi.
Golf
14 Golf 1.4 TSI BMT Comfortline, zenons, comp radio, media interface .........................................R283 500
Equipment and Spares
Polo
15 Polo TSi Comfortline, armrest, Cruise Control, rest assist, comp radio........................................R216 500 14 Polo Sedan 1.4 Comfortline PDC, 300km........................................................................................R189 500 14 Polo 1.6 Comfortline, Bluetooth, RCD ..............................................................................................R195 500 14 Polo 1.4 Comfortline, armrest, cruise control, Bluetooth................................................................R182 500 13 Polo 1.2 TDi BlueMotion Serv Plan ...................................................................................................R178 500
Tough World. Tough Equipment.
Passat
14 Passat 2.0 TDi DSG, 6-CD, silver .....................................................................................................R304 500
Jetta
14 Jetta 1.6 TDi Comfortline,T/B, Xenons, 6-CD, Leather, iPod/iPhone cables ..............................R288 500
Tiguan
14 Tiguan 2.0 TDi Sport & Style, tow bar, PDC, 6-CD .......................................................................R404 500
Non-MasterCars
KEEP CAPITAL IN YOUR BUSINESS Buy earth moving machines now with ZERO Deposit on a 60 month rental. Juaan Myburgh 082 709 2022 Jacques van Tonder 084 912 9245 Robbie van Heerden 072 489 9555
Central SA
Northern Cape/Free State/North West
E-mail: jvt@jvt.co.za, www.lgnc.co.za X1PPR9UK-NK010415
14 Chery QQ3 TE 0.8.................................................................................................................................R 51 500 12 Toyota Yaris 1.3 XS 5-dr 36 000 km Warranty Service Plan.........................................................R141 500 12 Ford Figo 1.4 TDCi Ambiente ..............................................................................................................R103 500 11 VW Vivo 1.6 Trendline ..........................................................................................................................R129 500 11 Chevy Spark 1.2 L 48 000 km .............................................................................................................R 82 500 10 Cady Maxi 1.9 TDi Trend 7 Seats, TBar, Safety Film ......................................................................R189 500 09 Mazda 2 1.5 Individual ......................................................................................................................R 96 500 09 Yaris T1 5dr A/C, 46 000 km .............................................................................................................R 79 500 08 Chevy Spark LS 5dr..............................................................................................................................R 49 500 07 Chevrolet Aveo 1.5LT ...........................................................................................................................R 56 500 *All prices shown are recommended retail prices, which are not binding on the Dealers or Volkswagen Group South Africa. The recommended retail price excludes Dealer delivery and related charges. Please contact your Volkswagen Dealer or visit www.vw.co.za for full details as well as terms and conditions relating to the MasterCars Brand Promise.
CEV Motors
11 Shone Street, Postmasburg • Tel: 053 313 0090 • Fax: 053 313 0569 Jackie Jacobs 082 415 2656 • Gert Claassens 082 738 1237 sales@cevmotors.co.za • www.cevmotors.co.za X1PX8VL5-NK010415