Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331 Woensdag 14 Augustus 2013 www.noordkaap.co.za
GRATIS
Eerste vir NK Ruan Bruwer
NOORD-KAPENAARS sal van 2016 af hul eie koring, pasta en beskuit kan produseer danksy ’n nuwe ontwikkeling op Modderrivier. Die eerste sooi vir ’n koringmeule, sowel as ’n pasta- en beskuitjiefabriek, is verlede week op Modderrivier deur Westra, ’n filiaal van GWK, gespit. Volgens Eugene Champion, Westra se projekbestuurder, het die idee in 2010 posgevat om groter waarde toe te voeg tot die produkte wat GWK se aandeelhouers verbou. Champion sê hulle wou hiermee ook hul voetspoor in voedselvervaardiging vergroot. “Verskeie alternatiewe is tydens die markondersoek oorweeg. Die verbruik van koringprodukte toon jaar na jaar ’n styging per kapita en daarom is besluit om beslis in hierdie mark te belê en koringmeel te vervaardig. “Net tussen 20% en 25% van koringmeel word deur die eindverbruiker gebruik. Daarom het ons moontlikhede ondersoek om verdere waarde aan hierdie produk toe te voeg. Pasta en beskuitjies het aan die kriteria van stygende markte en ’n lang raklewe voldoen,” het hy verduidelik. Volgens hom is op Modderrivier as geskikte perseel vir die fabriek besluit aangesien dienste self bekom kon word. Dit het twee jaar geneem om die bouproses aan die gang te sit, aangesien die staat eers verskeie regmerkies moes gee. Die koringmeule sal van Julie 2015 in produksie wees en die pasta- en beskuitjiefabriek van Januarie 2016. Die koringmeule sal 600 t koring per dag maal, terwyl die pasta- en beskuitjiefabrieke onderskeidelik 24 t pasta en 29 t beskuitjies per dag sal vervaardig. Frank Lawrence, voorsitter van GWK se direksie, sê dit is ’n eerste vir die provinsie. “Dit is ’n ruk sedert ons laas ’n belegging en ontwikkeling in hierdie gebied gehad het. Hierdie projek gaan sonder twyfel heelwat nuwe werksgeleenthede skep. Deur nuwe besigheid te skep skep jy nu-
MET die spit van die eerste sooi verlede week op Modderrivier is van links Frank Lawrence (voorsitter van GWK se direksie), Nomon de Kesiamang (uitvoerende direkteur vir strategie, ekonomiese ont wikkeling en beplanning by die Sol Plaatjemunisipaliteit) en Phillip Usiba (adjunkpresident van Fabcos). Fabcos is ’n stigting vir swart sake en verbruikersdienste. Die ontwikkeling sal reg langs die N12 wees soos ’n mens Modderrivier van Kimberley af nader. Foto: Ruan Bruwer
we werk. Ou en bestaande besigheid skep nie maklik nuwe werksgeleenthede nie,” het hy gesê. Champion sê die projek is wat voedselveiligheid, gehaltebeheer en beroepsveiligheid betref deur die International Standards Organisation (ISO) gesertifiseer. ’n Groen benadering word gevolg met ’n dam wat gebou word vir die opvang en herbruik van stormwater, asook gesuiwerde rioolwater, waarmee tuine besproei sal word.
Wat krag betref, word energiebesparende beligting en motors vir aandrywing geïnstalleer. “Ons betaal aanvanklik ’n premie daarop, maar met die oog op die besparing op lang termyn is dit die moeite werd.” Wat die prys van die produk op die rak betref, het Westra ’n mededingende voordeel, aangesien dit die enigste koringmeulgroep in die land is wie se aandeelhouers ook die produsente van die rou materiaal is.
Raai reg en wen VIR die duur van die Curriebekerreeks bied Noordkaap in samewerking met die Flamingo-casino elke week ’n R300-eetbewys by die Harvest Charcoal Grill-restaurant in ’n rugbyraai-kompetisie aan. Lesers moet elke week raai wat hulle reken die eindtelling in die Griekwas se wedstryd in die Curriebeker-reeks daardie naweek gaan wees. Indien niemand die telling reg geraai het nie, sal die persoon wat die Griekwas se eindtelling in die wedstryd, of die persoon wat die naaste daaraan is, as wenner aangewys word. Deelnemers moet hul telling SMS voordat die wedstryd begin. In hierdie naweek se geval moet die SMS voor Vrydag om 19:10 gestuur word. Om deel te neem stuur net ’n SMS na 45527. Begin die SMS met die sleutelwoord “Telling” gevolg deur die telling. Byvoorbeeld: Telling Griekwas 40, Bulle 25. Die wenner sal Maandag gebel word en die persoon kan die prys by ons Kimberley-kantoor kom afhaal. Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil. Elke SMS kos R1,50.
Drukkersduiwel slaan toe
bl. 8
Heinz Winckler tree op
bl. 9
Netbalspan toon veggees
bl. 12
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 14 AUGUSTUS 2013
Leerlinge wen reis na Frankryk Ruan Bruwer ’n MAANDAGOGGEND terug by die skool ná ’n lekker langnaweek is meestal g’n aangename vooruitsig nie. Die Hoërskool Diamantveld se saalopening was egter vir twee leerlinge en ’n onderwyser ’n reuse-verrassing en dit was ’n tranedal van blydskap toe hulle die nuus kry dat hulle ’n reis na Frankryk gewen het. Poppie Hattingh, ’n toerisme-onderwyser, en twee gr. 11-leerlinge, Pieter Hattingh en Stephanie Potgieter, is as die nasionale wenners van Global Travel and Tourism Partership South Africa (GTTPSA) se jaarlikse nasionale toerismeskolekompetisie aangewys. GTTP is ’n Amerikaanse opvoedkundige program wat toerisme-leerlinge aan loopbaangeleenthede in toerisme en reis bekend stel. Toerisme-leerlinge in gr. 11 moes ’n projek aanpak waarin hulle deur middel van ’n kossoort wat in ’n streek of provinsie voorkom toeriste moes probeer oortuig om daarheen te reis en ook oor watter beroepsgeleenthede dit inhou. Diamantveld se duo het hulle taak oor die nabas-plant van die Kalahari gedoen. Hulle moes ook verduidelik hoe die plant as eetbaar geïdentifiseer kan word. Volgens haar was die groot prys ’n aanmoediging om in te skryf.
TROTSE wenners van die nasionale toerismekompetisie. Van links is die Hoërskool Dia mantveld se Pieter Hattingh, Poppie Hattingh (toerismeonderwyser) en Stephanie Potgie ter. Foto: Verskaf “Vir my het dit ook oor die blootstelling vir die kinders gegaan. “Die Noord-Kaap is dalk beter bekend vir
sy afval, braaivleis en pap-en-wors, maar ek het gedink ons kan gerus vanjaar iets anders doen.”
Fun facts DID YOU KNOW? ) An ostrich’s eye is bigger than its brain. ) 85% of plant life is found in the ocean. ) The most commonly used letter in the alphabet is E. ) The least used letter in the alphabet is Q. ) The three most common languages in the world are Mandarin Chinese, Spanish and English.
Dit is die eerste keer sedert 2002 dat ’n skool uit die Noord-Kaap die kompetisie wen. Hierdie eer het die Hoërskool Duineveld op Upington in 2002 te beurt geval. Stephanie sê die nuus was ongelooflik en het haar stomgeslaan. “Ek en Pieter het gereeld gespot oor hoe ons die kompetisie gaan wen, maar nooit gedink dit sou regtig gebeur nie. Die reis Frankryk toe het ons gemotiveer om hard te werk. Die Here was baie goed vir ons,” het die nederige Stephanie gesê. Dit sal al drie se eerste oorsese reis wees en Stephanie se eerste keer dat sy vlieg. Hulle sal hul nasionale wisseltrofee en die amptelike eerbewys tydens die jaarlikse nasionale Toerisme-loopbaanekspo volgende maand in Oos-Londen ontvang. Op die Internasionale Toerismekonferensie vir leerlinge en onderwysers in November in Nice, Frankryk, gaan van hulle verwag word om ’n voorlegging oor hul projek saam met toerisme-leerlinge en -onderwysers van 11 ander (meestal ontwikkelde) lande te doen. Daar gaan ook van die span verwag word om ’n voorlegging, gevallestudie en studiemateriaal oor kulinêre toerisme in Suid-Afrika te ontwikkel wat in Frankryk aangebied en met die 11 ander lande uitgeruil gaan word. Die span ontvang R10 000 wat met die ontwikkeling van die projek moet help. Alle koste van die reis word betaal.
Wenner bekend FRANCOIS LAUBSCHER is die wenner van die kontantbedrag van R250 met die komplimente van die Dulux Paint Centre, sowel as ’n geskenkpak bestaande uit vyf Afrikaanse CD’s (waaronder Afrikaans is groot
2012, die Konsert) en vyf Afrikaanse boeke (waaronder ’n reisboek van Deon Meyer). Laubscher het na noordkaap.mobi gegaan waar hy aan die kompetisie deelgeneem het.
Praat oor siekte DIE Alzheimer-vereniging van SuidAfrika in die Noord-Kaap hou ’n inligtingsoggend op Donderdag 15 Augustus om 10:00 in Kimberley se ACVV-saal. Die onderwerp is Communicating with and caring for a person with Alzheimers. Die spreker is Bernadette Lawrence, direkteur van Alzheimer SuidAfrika. Enigiemand is welkom om dit by te woon.
NOORDKAAP, WOENSDAG 14 AUGUSTUS 2013
Siblings share their experience THIS year seems to be the year for brothers and sisters playing together for their school’s first team. At Northern Cape High there is a set of brothers and sisters who both represented their school’s first hockey team. Micaela (gr. 12, a centre forward) and Michaeline (gr. 11, a right back) Tricam have been playing together for the first team since last year. The same goes for Jason (gr. 12) and Jeremy (gr. 11) McAnda. Both are strikers. Ruan Bruwer asked them the same set of questions which they answered separately:
Michaeline
Micaela
Jeremy
Jason
Yes
Yes
Yes
Yes
No
No
No
Yes
No
Yes
Yes
No
Yes
No
No
No
Micaela
I do
Me
Him
Both
Both of us
Him
Me
Caela
Mishy
As another team mate.
By his name
Most of our passes click.
When she motivates me.
We understand each other.
She expects me to play as well as her.
There is occasions when I want to bully her.
He shouts at me when I make mistakes.
Her confidence.
To be injury free like her.
His skills.
Knowing he’ll be next to me when I have the ball. He likes to scream at me and always wants the better. To read the game like he does.
10009799JB/A
1. Do you talk and discuss hockey a lot when you’re together? 2. If you should fall on the field, do you first look to see if your sister/ brother has seen you? 3. Have you ever argued about who of you had the better match? 4. If you travel for hockey, do you sit next to your sister/brother? 5. Who practises the hardest? 6. Who speaks the most on the field? 7. How do you refer to your sister/ brother on the field? 8. What’s the most enjoyable part of playing with your sister/brother? 9. What is the worst part of having her/him as a team-mate? 10. Which hockey characteristic or talent of her/him would you like to have?
VERANDER JOU TOEKOMS OOR ‘N KOPPIE KOFFIE
Kom gesels gerus met ‘n Old Mutual Finansiële Adviseur of ‘n Makelaar oor jou drome en doelwitte, op weeksdae vanaf 12 – 30 Augustus 2013. En geniet Mugg & Bean se koffie sonder ophou en ‘n Reuse Muffin, met die komplimente van Old Mutual.
Skakel 0860 007 007 vandag om jou afspraak te reël. Slegs by deelnemende Mugg & Bean Restaurante beskikbaar: Bloemfontein, Bethelem, Kimberley, Harrismith, Potchefstroom en Welkom. Old Mutual is ‘n Gelisensieerde Finansiële Diensverskaffer. Besoek www.oldmutual.co.za/coffee vir bepalings en voorwaardes.
3
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 14 AUGUSTUS 2013
Paaie kry gradering ’n STERGRADERING vir paaie gaan binnekort ’n werklikheid in SuidAfrika word. ’n Eenster-pad beteken ’n motoris loop gevaar om in ’n padongeluk te sterf of ernstig beseer te word, terwyl ’n vyfster-pad die minste risiko inhou. Suid-Afrikaners sal verskoon word as hulle met sinisme op dié projek van die Padverkeerbestuurskorporasie reageer. Wetstoepassers en die land se paden vervoerowerhede kon immers die afgelope dekade nie ’n noemenswaardige duik in die land se duiselingwekkende hoë padsterftesyfer maak nie, ondanks verskeie duur veldtogte wat met fanfare begin is. ’n SO MAAK DIE WEER DONDERDAG VRYDAG SATERDAG
Stergradering werk goed vir hotelle omdat hotelle meestal in private besit is en die eienaars gewoonlik hard werk om die standaarde in hul hotelle hoog te hou. Openbare paaie is ’n ander saak omdat die regering se belastinginkomste nie verband hou met die standaard van dienslewering nie. Verbruikers kan ook kies watter hotelle hulle wil gebruik, maar het nie ’n keuse om swak paaie te gebruik waar geen alternatief bestaan nie. Die jongste veldtog het wel meriete, mits die resultate van die padevaluering nie net ’n dokument word wat op regeringsamptenare se rakke stof vergader nie.
MINIMUM -3°C -1°C 2°C
MAKSIMUM 15°C 15°C 20°C
SKETS: Danie Cronjé
Nuwe seisoen breek aan Hannes Noëth VROEGOGGEND-ROETINE in elke huis is in die meeste huise mos maar op gedruis en volgens elkeen se eie roetine. Party huishoudings het ’n georganiseerde roetine, ander se roetine is so ’n bietjie meer chaoties uiteengesit van oggend tot oggend, maar dit bly steeds ’n vorm van roetine. Daarom, wanneer iets anders vroegoggend gebeur as wat normaalweg gebeur, kan òf die hele gesin met alles laat begin òf dit neem groot spanwerk om weer die roetine-trein op sy spoor te kry. Hierdie pastorie-gesin is onlangs so in ons gewone oggend-roetine gesteur. Gelukkig was dit positief en
gelukkig was niemand laat nie. Dit begin alles met die tweede jongste sus, my skoenlapper-kind, my natuurkind met haar liefde vir blomme en grassade, wie se eerste woorde vir die dag is: “Kom kyk! Kom kyk!” Hoewel dit al lig buite begin word het, was die son nog nie op nie en die donkerte buite was nog sterker as die lig. Die uitroep “Kom kyk!” was so drasties dat Ma haar gewone roetine van ai-dit-is-broodjie-smeer-tyd net daar gelos en na Sus se kamer gesnel het. Terselfdertyd het Pa sy rekenaar
GEBEURTENISSE op 14 Augustus in die geskiedenis: 1893 – Frankryk word die eerste land wat motorregistrasieplate instel. 1945 – Japan gee oor nadat twee stede deur atoombomme vernietig is. Dit bring die einde van die Tweede Wêreldoorlog mee. 1947 – Pakistan en Indië word onafhanklik van Groot-Brittanje. 1988 – Nelson Mandela word met ’n longkwaal na die Tygerberg-hospitaal geneem. Dit is later as tuberkulose gediagnoseer. 1989 – P.W. Botha kondig sy bedanking as president van Suid-Afrika aan. 1992 – Anna Neethling-Pohl, een van Afrikaans se grootste drama-doyennes, sterf op 86-jarige ouderdom. 1999 – Jannie Gildenhuys, ’n baie bekende gees in die Afrikaanse toneelwêreld, sterf op 70-jarige ouderdom. 2004 – Oudpres. F.W. de Klerk kondig aan hy gaan die Nuwe Nasionale Party verlaat. 2004 – Die Springbokke dien die All
BERIGTE wat die afgelope week nuus gemaak het: ) Raadslede van die behuisingskomitee van die Sol Plaatje-munisipaliteit is in die komiteevergadering hard aangespreek omdat dit lyk of hulle die munisipaliteit minag. Dít kom nadat daar terugvoering gegee moes word oor ’n voorval vroeër vanjaar waar ’n stel trappe se stene op Monique Brandt (13) geval het. ) Daar kan dalk honderde Noord-Kaapse aasvoëls onder die tussen 400 en 600 aasvoëls wees wat in die Caprivi-strook vergiftig is. Die vergiftiging kan een van die redes wees hoekom Beryl Wilson, dierkundige by die McGregor-museum, so min aasvoël-bedrywighede in die Dronfield-natuurreservaat waarneem. ) Die nasionale voorsitter van die ANC het ’n besoek aan dié stad afgelê om self “vertroud te raak met wat die mense op grondvlak deurmaak”. Baleka Mbete het die Bophelong-sorgsentrum in Galeshewe as deel van die Vroueliga-program vir Augustus besoek. ) Die hare het gewaai op die raadsvergadering waarin Agnes Ntlangula, die uitvoerende burgemeester, probeer het om gou-gou haar ongemagtigde reis van
Die Diamantstad se koerant
Tel. 053 831 2331 Faks 053 831 2330
Posbus 1583 Kimberley 8300
in die middel van ’n e-posboodskap gelos. Ma en Pa kom in antwoord op haar geroep in die gang bymekaar. In die ses tree tot by die kamer vra Ma nog vir Pa: “Wat nou?” Pa trek doodgewoon in onkunde net skouers op. Ons verwag ten minste dat die toilet verstop moet wees of ’n been gebreek is. Maar in die kamer staan Sus voor die venster. Gordyne wawyd oop. Haar gesiggie straal: “Kom kyk, die perskeboom bot. Gister was dit nog nie daar nie. Kom kyk!” En jou wrintiewaar, die boom bot. Dit is ’n appelkoosboom, nie ’n perskeboom nie, maar vanoggend is hy vol vars, jong botsels. ’n Nuwe seisoen. ’n Seisoen wat sê daar is nuwe lewe.
Blacks sy grootste nederlaag tussen die twee lande toe. Die Bokke seëvier met 40-26 op Ellispark en Marius Joubert word net die derde speler om ’n driekuns teen Nieu-Seeland te behaal. Geboortes op dié dag: 1945 – Steve Martin, komediant en akteur. 1960 – Sarah Brightman, Britse sopraan. 1966 – Halle Berry, Amerikaanse aktrise. 1978 – Dieter Voigt, TV-aanbieder en voormalige Mnr. Suid-Afrika. 1980 – Adrian Jacobs, voormalige Springbok-senter.
R900 000 na China te laat goedkeur. Dit volg op ontevredenheid onder opposisiepartye en glo ook in die ANC oor dié onnodige uitgawe. Philip Vorster, DA-leier, het gesê dit was hoogs onreëlmatig. Sy het nooit die goedkeuring van die raad gevra vir die reis nie. Die burgemeester het ook vier raadslede en vier amptenare saamgeneem. ) Dele van die middestad het tot stilstand gekom toe ’n skietvoorval buite Absa-bank in die ou Jonesstraat, nou Phakamile Mabijaweg, plaasgevind het. Transito-veiligheidswagte het geld in die kluis buite die kitsbank gelaai toe Mudinie Hassim (43) op die sypaadjie verby wou loop. Die veiligheidswag het probeer om Hassim ’n ompad te laat loop en ’n stryery het tussen die twee uitgebreek. Hassim is in die bors geskiet en het aan sy wond beswyk.
Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw
NOORDKAAP, WOENSDAG 14 AUGUSTUS 2013
5
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 14 AUGUSTUS 2013
Jong Diamante
KIMBERLEY se Rocco Knobelkommando se Impalas, Waldo Bean, Henco Simmons, Jaco Cloete en Gunter Streit, het die heel hoogste prestasie, die Presidentverkenner eerbewys, verower. Dié vier het hul Voortrekkerloopbane in 2001 (in hul gr. 1jaar) on der die leiding van nig Karen Simmons begin. Van links is Waldo, Henco, Jaco en Gun ter.
SEWE van die Hoërskool Adamantia se dramagroeplede het bronssertifikate op die ATKV tienertoneelkompetisie in Potchefstroom ontvang. Van links is, voor: Caria van der Merwe, Siwongiwe Mata en Carley Reynecke (almal vir toneelspel); agter: Daniel Roberts, Anneri Nel (albei vir verhoogbestuur), Dirk van Schalkwyk (klank) en Wynand van Aswegen (belig ting).
HILDEGARD DU PLESSIS, ’n leerling in gas vryheidstudies, het onlangs ’n derde plek behaal en daarmee saam ’n reuseprys op ’n sjefkompetisie in Bloemfontein gewen. Sy moes ’n driegangmaaltyd binne drie uur voorberei en dit aan vier gaste voorsit. Deel nemers is daarop beoordeel.
Deur na eindronde CHARL SMIT, ’n gr. 8leerling aan die Hoër skool Diamantveld, het die junior afdeling (gr. 8 en 9leerlinge) in die halfeindronde van die ATKVredenaarskompetisie gewen en sodoende na die eindronde gevorder. Foto’s: Ruan Bruwer
SANDRA LE GRANGE, oudleerling van die Hoërskool Diamantveld, is pas vir die Suid Afrikaanse senior pluimbalspan gekies wat van 11 tot 24 Augustus aan die Afrikakam pioenskap op Mauritius gaan deelneem. Sandra was in 2011 in matriek en het toe reeds op alle moontlike pluimbalvlakke uit geblink.
NOORDKAAP, WOENSDAG 14 AUGUSTUS 2013
Kansa hou konsert
KANSA in Kimber ley se skouspelkon sert is vanjaar aan nege kankerstry ders en oorwin naars opgedra. Die organiseerders het omtrent lofsange op Facebook ontvang. Jacques Swart skryf: “Skouspel, ’n dubbele ‘F’ vir julle – flippen fantasties.” Ene Tessa skryf: “Dit was hoendervleis oomblikke. Wat ’n heerlike belewenis.” Vier van die san gers wat opgetree het, is van links Donne Steyn, Juani ta Basson, Marike TheronBurger en Charisse Cloete. Foto: Verskaf
28
90
HOTDOG ROLLS 6’s
R
7
per pack
2990 each
CHOCOLATE CAKE/ VANILLA CAKE
GREAT VALUE COOKING OIL 2l
Prices valid from 14 - 18 August 2013 KAMEELHOUT BOEREWORS
4590 per kg
FRESH CHICKEN BRAAIPACK
2795 per kg
R
12 per pack
CABBAGE
6490
R
29 per pocket
POTATOES 7kg
per kg
OXTAIL C GRADE
39
SELATI WHITE SUGAR 2.5kg
90
2190
per kg
R
10 per pack
GRANNY SMITH APPLES 1.5kg 1.5
BEEF MINCE MIX OR PORK PACK
Prices apply to Game Kimberly store only.
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
7
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 14 AUGUSTUS 2013
Regte name nou by hul foto’s
Een tot twee jaar
Twee tot drie jaar
Drie tot vier jaar
SURI. A2
GEVANDRÉ. B1
HOSANNA. C1
LIAN. A6
DEHAN. B4
MISCHA. C3
MARKUS. A8
JUVANDRÉ. B8
DECODA. C6
Ruan Bruwer DIE drukkersduiwel het die kleuterkompetisie verlede week ’n knou toegedien toe die kleuters in die afdeling twee tot drie jaar se name op die een of ander manier by die verkeerde foto’s beland het . . . Daarom moes die kompetisielyn gesluit en stemmery gestaak word weens die moontlikheid dat mense vir die verkeerde kind kon stem. Ons vra om verskoning vir die fout. Hier is die topdrie deelnemers in die kleuter-fotokompetisie van die Diamond Pavilion Shopping Mall in samewerking met Louis Botha-fotografie en Noordkaap weer. Die regte name en kode is by die regte gesigte. Hulle is reeds elkeen van ’n prys verseker, maar wie eerste, tweede en derde gaan eindig, sal deur u stem per SMS bepaal word. Die pryse is (dit is dieselfde vir al drie ouderdomsgroepe): 1ste prys: R750-koopbewys van die Diamond Pavilion Shopping Mall; R250koopbewys van Baby Boom; R1 000-geskenkbewys van Louis Bothafotografie; ’n 60 cm x 90 cm-skilderyvergroting van Kimberley-fotodiens. 2de prys: R750-geskenkbewys van Louis Botha-fotografie; R250-koopbewys van die Diamond Pavilion Shopping Mall; ’n 60 cm x 40 cmskildery-vergroting van die Kimberleyfotodiens. 3de prys: R500-geskenkbewys van Louis Botha-fotografie; R100-koopbewys van die Diamond Pavilion Shopping Mall; ’n A3-skildery-vergroting van die Kimberleyfotodiens.
Foto’s: Louis Botha-fotografie
Stem vir kleuters OM te stem is baie maklik. Stuur net ’n SMS na 45527. Begin die SMS met die sleutelwoord “Kleuter”, gevolg deur ’n spasie en dan net die kode van die kleuter van jou keuse, byvoorbeeld: Kleuter C7. Jy kan jou tot Maandag om 10:00 vir die kompetisie inskryf. Jy kan jou soveel keer inskryf soos jy wil. Elke SMS kos R1,50. Elkeen wat SMS, kom in aanmerking vir ’n R350-koopbewys van die Diamond Pavilion Shopping Mall.
NOORDKAAP, WOENSDAG 14 AUGUSTUS 2013
Winckler at casino HEINZ WINCKLER will be performing at the Flamingo Casino on Friday at 21:00. Tickets are R50 each at the cash desk. On Tuesday, 20 August, the duo VonWest will be singing at the same venue. It starts at 19:00, tickets cost R80.
LAST week the Staats Primary School donated blankets to the value of R3 000 that were collected at a coinlaying ceremony on Madiba Day. From left are, front: Alexa Beukes (deputy head girl) and Anne Diedericks (head girl); middle: Benita Valken borgh (general manager, Diamond Pavilion Shopping Mall), Nico du Plooy (deputy head boy) and Col Alexia Roberston (Kimberley Cluster SAPS); back: Mariska Brand (Staats Primary teacher), Mercia van Niekerk (Pep Stores manager) and Jan Hendrik Louw (head boy). Photo: Supplied
Big blanket drive THE Keep Me Warm Keep Me Safe Blanket Drive is arguably one of the biggest blanket drives ever tried in the province. The Diamond Pavilion Shopping Mall, together with the South African Police Service and Pep Stores, envisages to raise over 32 000 blankets, which, if converted into square metres is the approximate size of the mall. This is truly a community project for
Spaar só krag
MET die winter wat die afgelope week gewys het hy is nog nie klaar met ons nie, sowel as Kimberley se krag wat die duurste in die land is, kan Kimberleyse kraggebruikers gerus hierdie wenke in gedagte hou. Volg hierdie wenke wat gewoontes kan word: ) Plafon-isolasie kan die helfte van die krag bespaar wat jy gebruik om ’n vertrek te verhit. ) Isoleer jou warmwatertoestel deur koerante, ou komberse of ander isoleermateriaal daarom en om die warmwaterpype te draai. ) Bring ’n tydtoestel op die warmwatertoestel aan om te keer dat water warm gemaak word wanneer jy dit nie nodig het nie. ) Wees bewus daarvan dat elektriese stowe baie krag verbruik en gebruik dus die plate en oond so min moontlik.
the community. The drive started in 2011 and since, with the help of the several NGO’s, schools, government organisations and the community, has raised 18 236 blankets to date which is just over R600 000 worth of blankets collected. The blankets are distributed to underprivileged orphanages, the SPCA, homeless people and hospitals. People can still buy a blanket at Pep Store for only R40 and donate it.
9
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 14 AUGUSTUS 2013
Kom kyk na voëls in park DIE ereveldwagters van SANParke se Diamantveldstreek hou weer op 18 en 19 Oktober hul jaarlikse voëlkyknaweek in samewerking met die Mokala- Nasionale Park by die Mosu-ruskamp. Die naweek begin die Vrydagmiddag met ’n wildbesigtigingsrit. Saterdagoggend vroeg gaan die groep uit om voëls te identifiseer. Hierop volg ’n lekker ontbyt, voorleggings en praatjies en ’n vasvrae met lekker pryse op die spel. Die naweek word met ’n middagete afgesluit. Verblyf is nie by die prys ingesluit nie, maar word teen afslagtariewe aangebied. Inskrywings sluit 31 Augustus. Rig navrae oor registrasie en besprekings aan Corlia van Tonder by 082-8983805 of per e-pos aan wcvantonder@vodamail.co.za.
BOUMATERIAAL: DAKSINKPLATE, 3 m, nuut. Lintels, ens. 079 472 6157.
GTS VERVOER, Kimberley: Vervoer van meubels, boumateriaal, ens. Laai 1 - 34 ton. Billike pryse. Vragversekering: 082 574 3270/078 557 6459 PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194. UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAKS 053 832 1951
BEKOSTIGBARE AKKOMMODASIE TYDENS GARIEP-FEES IN KIMBERLEY. SKAKEL 083 294 2637 LOOKING FOR OFFCAMPUS accommodation? Well, look no further. KPA Private Student Accommodation and also Unilofts bring you beautiful furnished and unfurnished accommodation. From a room in a student house to the high security complex of Unilofts, we will find you a home away from home that suits all your needs. Don't be the last to start looking. Contact us now at 051 411 2600/072 0880 166 or visit the website at www.studentaccommodatio n.co.za
TUINWOONSTEL: RUIM 2-slk plus sitk/kombuis, gedeeltelik gemeubileer. Dep. plus R6 000 p.m. W en l ingesl. 079 472 6157.
BRIDGING CASH while waiting for
PENSION/ PACKAGE payout (lump sum only)
Cash same day
086 1101 388 083 6700 788
131. FIRSTRAND BANK LIMITED/BJGW & HS ROTHMANN NOTICE OF SALE IN EXECUTION
In the High Court of South Africa, Northern Cape High Court, Kimberley. Case no. 1524/12. In the matter between: FIRSTRAND BANK LIMITED Execution Creditor and BAREND JACOBUS GERT WESSEL ROTHMANN 1st Execution Debtor HESTER SUSANNA ROTHMANN 2nd Execution Debtor In pursuance of a judgement of the above Honourable Court granted on 6 December 2012 and a Writ of Attachment issued on 6 December 2012, the following property will be sold in execution by Public Auction without reserve to the highest bidder on Friday 30August 2013 at 10:00 in front of the Magistrate's Court, Rhodes Street, Douglas. Erf 264, Die Erwe, situated in the Siyancuma Municipality and Division of Herbert, Province of the Northern Cape, in extent 400 square metres and situated at 25 Villa Toscana, Bowker Street, Douglas. Held under Deed of Transfer No: T 1942/2007. The conditions of sale will be read prior to the sale and may be inspected at the Office of the Acting Sheriff of the High Court of South Africa, Douglas, Steward Street, Prieska. Further details can be obtained from the offices of the Plaintiff's attorneys at Duncan & Rothman Building, 39 - 43 Chapel Street, Kimberley, tel. 053 838 4707. Terms: Deposit of 10% and Acting Sheriff's charges at 6% on the proceeds of the sale which shall be paid by the purchaser up to a price of R30 000,00 and thereafter 3,5% up to a maximum of R9 655,00, subject to a minimum of R485,00 plus VAT on Acting Sheriff's charges on the date of sale, the balance against the transfer to be secured by a bank guarantee, to be approved of by the Plaintiff''s attorneys, to be furnished to the Acting Sheriff within 15 days from the date of the sale. The following improvements on the property are reported, but in this regard nothing is guaranteed: Dwelling with lounge, kitchen, scullery, 2 bedrooms, bathroom, shower, WC and out garage. Zoned Residential. Dated at KIMBERLEY this 8th day of JULY 2013. DUNCAN & ROTHMAN INC. Plaintiff's attorneys Duncan & Rothman Building 39 - 43 Chapel Street KIMBERLEY (Ref: A Boonzaaier/sdw/SP14/0004) Tel. 053 838 4707.
BETREKKINGS
G E K L A S S I F I S E E R D
NOORDKAAP, WOENSDAG 14 AUGUSTUS 2013
11
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 14 AUGUSTUS 2013
Sport Die Diamantstad se koerant
Griekwas tem Haaie soos in ’98 Ruan Bruwer DIE Griekwas het verlede Vrydagaand ’n sielkundige hekkie oorgesteek wat dalk net nodig was om vanjaar daardie plek onder die voorste vier spanne te haal wat hulle nou al soveel jare ontwyk. Sedert die Griekwas in 1998 die halfeindronde van die Curriebekerreeks gehaal het, het hulle in dié reeks al die groot spanne al op hul tuisveld ’n sege ontsê, behalwe die Haaie. Die Poubloues kon toevallig juis in 1998 laas in die Haaitenk seëvier. Sedertdien het hulle meer as een vyftigtal teen die tuisspan daar afgestaan. Die span is Vrydagaand voor ’n sielkundige, sowel as ’n fisieke uitdaging, gestel en dít het hy geslaag met ’n oorwinning van 32-30 in die eerste ronde van die reeks. Die Poubloues was ná 13 minute met 13-0 voor, maar die Haaie het die agterstand kort voor rustyd uitgewis en op 20-16 gaan rus. Toe Butch James die Haaie se voorsprong tot 30-25 gerek het met net 3 minute se speeltyd oor is die
HOWARD MNISI, binnesenter, het Vrydagaand in Durban uiters ge maklik in sy eerste wedstryd op Cur riebekervlak vertoon en die Haaie se verdedigers hard laat werk. Foto: Ruan Bruwer
Griekwas gedwing om ’n verdoelde drie vir ’n oorwinning te behaal. Dit het die nuweling-losvoorspeler Carel Greeff gedoen nadat slegs die
voorspelers die bal van ’n lynstaan, 22 m van die Haaie se doellyn, gehanteer het. Nico Scheepers (vleuel) se agtste suksesvolle poging na die pale (uit soveel probeerslae) het ’n onverwagse, maar welverdiende sege oor verlede jaar se finalis beteken. Die Griekwas se skrum was oorheersend en het by geleentheid met die Haaie s’n geloop. Die taktiek vir die wedstryd was duidelik: Die Griekwas het die Haaie met hul voorspelers aangedurf. Die bal is selde verby die binnesenter Howard Mnisi versprei. Mnisi kan homself uiters ongelukkig ag dat hy nie in sy eerste Curriebekerwedstryd as Speler van die Wedstryd gekies is nie. Hy het net mooi elke keer op die aanval beïndruk en met sy dartellopies sy span anderkant die voordeellyn gekry. Die enigste ongeval was die slot Ligtoring Landman wat sy hand gebreek het en ses weke sal moet rus. Komende Vrydagaand wag die Blou Bulle op die Griekwas in Pretoria.
BEATE JORDAAN (regs), aanvallende vleuel, spook om balbesit teen Boland. Griekwas het met 5255 vasge val en daarmee sy kanse verspeel om in die vyfde plek op die nasionale netbaltoernooi te eindig. Foto: Reg Caldecott
GW verspeel kanse Ruan Bruwer NADAT Griekwas se senior netbalspan ’n groot drag slae op die eerste dag van die nasionale toernooi op die lyf geloop het en slegs op dag drie ’n sege kon behaal het, het die span teruggeslaan om ’n plek in die kwarteindstryd te bespreek. Dr. Kenneth Kaunda (Noordwes) het op die eerste dag met 71-26 oor Frances Baard, soos Griekwas op die toernooi bekend was, geseëvier. Op dag twee het die span teruggeveg om ’n spannende 47-43 oorwinning oor die Westelike Provinsie te behaal. Sentraal-Gauteng was op dag drie met 55-28 te sterk vir Griekwas,
maar dag vier en vyf het seges van 69-59 en 54-51 oor onderskeidelik Umgungundlovu (KwaZulu-Natal) en Ekurhuleni (Mpumalanga) opgelewer. Afrigter Elje van der Merwe sê die span se karakter is op dag vier getoets toe hulle in die laaste groepwedstryd vir Ekurhuleni moes klop om die top-agt te haal. Dít het hulle volgens haar danksy ’n koelkophouding en durf in ’n spanningsvolle wedstryd gedoen. In die kwarteindronde het die Noord-Kapenaars teen sy bure, die eindelike kampioen Mangaung (Vrystaat), 22-66 die knie gebuig. In die uitspeelwedstryde om vyfde te probeer eindig, het Frances Baard
nederlae teen Boland en die Westelike Provinsie gely. “Ons was met die aanbreek van die laaste kwart van die wedstryd teen Boland nog met vyf doele voor, maar ons het daarna soveel balle weggegooi en swak besluite geneem. Ons kon en moes daar gewen het. “Ek dink in die laaste wedstryd Saterdag teen die WP was die meisies moeg. Ons is nie gewoond aan soveel wedstryde teen gehalte-spanne nie. WP het boonop vergelding vir sy nederlaag teen ons vroeër gesoek. Maar ek is bly ons kon in die top-agt eindig, veral nadat ons net een van ons eerste drie wedstryde kon wen,” het sy gesê. Griekwas het agtste geëindig.