Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 17 April 2013
Chanté
www.noordkaap.co.za
GRATIS
‘is wie sy is’ Ruan Bruwer
VAN ’n lelike eendjie tot ’n goue swaan. Dít is moontlik van toepassing op Chanté Marais (19) van Kimberley, ’n finalis in die Mej. SuidAfrika Junior-kompetisie wat later vandeesmaand plaasvind. Chanté is ’n eerstejaarstudent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) waar sy B.Com.-entrepreneurskap studeer. Sy is die enigste finalis van hier en die enigste Kovsie. Model- en skoonheidskompetisies is nie iets waarvan sy baie ervaring het nie. Sy was nooit baie geneë om dit te doen nie. Op skool was die akademie, sport en kultuur vir haar belangriker. Dit het oortuiging van ’n juffrou (Roeline van Wyk) geverg voordat sy haar verlede jaar vir Kansa se matrieknooi-kompetisie ingeskryf en gewen het. Alles was egter nie net maanskyn en rose vir dié mooi en aangename meisie nie. Haar ouers is geskei toe sy jonk was en sy het meer as die helfte van haar kinderjare by ’n enkelouer gebly en is ook die enigste kind. Boonop was sy op laerskool oorgewig en is “allerhande dinge” toegesnou en oor haar gewig gespot. ’n Wilsbesluit in gr. 6 het daartoe gelei dat sy met baie oefening en gesonde eetgewoontes 25 kg afgeskud het. “Ek onthou dit nog goed. Dit was in Junie daardie jaar dat ek vir my ma vertel het ek gaan nou gewig verloor. Sy het gesê: ‘Maar, my kind, jy is dan so lief vir jou kos.’ Ek is dankbaar vir my ouers wat ’n voorbeeld van gesond eet gestel het.” Marais sê sy is erg oor haar liggaam en probeer dit deur goeie kos en gereelde oefening voed. Haar waardes is ’n voorkeursaak en sy probeer haar Christenskap uitleef.
“Ek het my pa belowe die skoonheidskompetisie sal my nie verander nie. Ek is wie ek is. Ek dink in elk geval mense het ’n wanopvatting van skoonheidskompetisies. Ek gaan dit geniet. Ek voel reeds soos ’n wenner.” Die kroning vind aanstaande naweek in Pretoria plaas. Dit kos haar ’n goeie R10 000 om ’n rok te laat maak, asook vir die reis- en verblyfkoste. Die volgende Maandag wag boonop ’n wiskundetoets op haar. Sy sal darem ’n geldige rede hê om afwesig daarvoor te wees en sê sy sal maar die siektetoets aflê. “Verlede jaar se Kansa-matrieknooikompetisie het my baie selfvertroue gegee en hoewel ek in ’n stryd met myself was, het ek dit tog geniet en het dit moontlik daartoe gelei dat ek my vir Mej. Suid-Afrika Junior ingeskryf het.” Sy het ook verlede week ’n paar lesse van Jean-Marie van den Heever, eienaar van die Frost-modelskool, ontvang. “Dit is ’n nuwe ding vir my. Die naaste wat ek aan modelwerk gekom het, was fotografie.” Marais is deesdae ook die gesig van die klereontwerper Jorita de Kock se klerereeks. Sy praat met groot waardering van haar alma mater, die Hoërskool Adamantia, en sê die onderwysers ondersteun haar geweldig baie en toon gereeld belangstelling. Die Kovsie-mans sal heel moontlik teleurgesteld wees om te verneem sy is al drie jaar in ’n verhouding . . .
MODELWERK is vir haar ’n vreem de ding, maar sy het ervaring daar van om voor ’n kamera te verskyn. Foto: Emile Hendricks
Stem vir Chanté EEN van die onderafdelings van die kompetisie is die Gesig van Mej. Suid-Afrika Junior. Die publiek kan in hierdie afdeling stem om die wenner te bepaal. Om vir Chanté te stem SMS J016 na 47087. Dit moet ’n hoofletter J nul een ses wees. Die SMS-lyn sluit op 27 April om middernag.
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 APRIL 2013
Versteekte teken rede vir ongeluk Ruan Bruwer
HIER kan duidelik gesien word hoe die stopteken in Wadestraat in De Beers versteek is. Indien daar ’n streep was, sou dit moontlik vir motorbestuurders daarop wys dat dit wel ’n stopstraat is. Foto’s: Ruan Bruwer
’n KIMBERLEY-INWONER is twee weke nadat sy in ’n motorongeluk in De Beers betrokke was, steeds baie bitter en ontevrede oor wat tot die ongeluk aanleiding gegee het. Chané Kruger het in Wadestraat gery wat met Warrenstraat kruis. Die stopteken is egter agter bome en deur takke versteek en is moeilik sigbaar – eers sowat 5 m van die stopteken af kan dit gesien word. Verder is die wit streep in die pad glad nie meer sigbaar nie. Kruger het oor die stopstraat gery en is deur ’n voertuig wat in Warrenstraat gery het, getref. “Ek ry nooit in daardie omgewing nie en ken dus nie die strate nie. Ek ly steeds aan skok en was nog nooit vantevore in ’n ongeluk nie, want ek beskou myself as ’n baie veilige motorbestuurder,” het Kruger oor die naweek vertel. Volgens haar het ’n oom, ene Kenny, wat baie naby aan die kruising woon, aan haar genoem dit was die sesde ongeluk in vier maande by die spesifieke kruising. “Wat dit vir my veral bitter onaangenaam maak, is dat ek ook ’n R500-boete gekry het, omdat ek nagelaat het om by ’n stopteken stil te hou. Dit is regtig nie dat ek nalatig was en doelbewus die stopteken geïgnoreer het nie. Dit is nie in my aard om so iets te doen nie. “Ek wil die munisipaliteit hieroor aanvat, ook om ’n volgende ongeluk te help voorkom. Daardie oom Kenny sê iemand het al vir die vrou voor wie se huis die bome die stopteken verberg, gevra om dit te snoei, maar sy het aangevoer die munisipaliteit moet dit doen, dit groei op munisipale terrein. “Die hele aangeleentheid laat ’n wrang smaak in my mond, dit voel asof ek en die ander voertuig skade gely het en dit was nie eintlik eens enigeen van ons twee se skuld nie,” het Kruger aangevoer. ) Noordkaap het ook in die gebied op twee kruisings afgekom waar nie ’n stopteken vir enige van die twee paaie is nie. Sien foto’s.
TWEE inwoners wat naby die kruising van Merriman en Forresterstraat in De Beers woon, het bevestig hulle is bewus van twee ongelukke wat toegeskryf kan word daaraan dat daar nie ’n stopteken of streep vir enige van die twee strate is waar hulle kruis nie.
NOORDKAAP het die stopteken gevind in Merrimanstraat in De Beers wat heeltemal deur ’n bougainvillea versteek is. As jy die stopteken sou verontagsaam, is ’n ongeluk baie moontlik, want die straat loop oor Hull straat (pad tussen Kimberley en Boshof).
‘Wat dit vir my veral bitter onaange naam maak, is dat ek ook ’n R500boete gekry het, omdat ek nagelaat het om by ’n stopteken stil te hou. Dit is regtig nie dat ek nalatig was en doelbewus die stopteken geïgnoreer het nie.’
OOK waar Searle en Graystraat in De Beers mekaar kruis, is geen stopteken of streep aanwesig nie. Hier het ’n inwoner gesê hy weet van ’n paar noue ontkomings wat voer tuie al gehad het.
WAAR Edgar Davis en Gillstraat in Monu menthoogte met mekaar kruis, is net so ’n ge vaarplek en ’n potensiële ongeluk is glo hier nie te ver weg om te gebeur nie. Nogmaals kruis twee strate sonder dat enige aanduiding vir motoriste gegee word om te stop.
Laat weet WEET jy van nog sulke gevalle in Kimberley? Vertel ons gerus. Jy kan dit anoniem via SMS na die nommer 45533 doen. Dit is belangrik om die SMS met die letters “NK” te begin.
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 APRIL 2013
Vroue se paaie kruis ná 50 jaar Ruan Bruwer DIT is net mooi 50 jaar sedert hulle mekaar laas op skool gesien het dat twee oud-Krugersdorpers mekaar heel toevallig weer in Kimberley opgespoor het. Johanna Fick en Louisa de Beer het amper 500 km van waar hulle ’n straat van mekaar af op Krugersdorp gebly het, mekaar weer raakgeloop. Albei vroue het in die vroeë 1960’s saam aan die Hoërskool Jan de Klerk skoolgegaan. Hulle verskil ’n jaar in ouderdom. Johanna is by haar kerk hier se Kleipotklub wat voorbidding doen, betrokke en het op die spoor van ene Louisa de Beer gekom. “Ek het gebel en gehoor sy is nie tuis nie, sy kuier in Krugersdorp. Dadelik was ek nuuskierig, want ek kom mos ook van daar. “Toe sy terug is, het ek weer gebel en dadelik begin uitvra wat sy daar gaan maak het en wat
haar verbintenis met Krugersdorp is,” het Johanna vertel. Baie van Louisa se familielede woon steeds daar. Sy en haar man woon die afgelope 31 jaar in die Diamantstad en Johanna sedert 2011. “Daardie gesprek oor die telefoon het seker ’n uur en ’n half geduur. Hoe langer ons gesels het, hoe meer het ons tot die besef gekom ons ken mekaar eintlik, hoewel ons nie enige kontak sedert skooldae gehad het nie.” Louisa sê sy het Johanna nie eintlik op skool geken nie, maar het net van haar geweet. “Ons het later vasgestel ons het mekaar geken, nie persoonlik nie, maar wel van mekaar geweet. Dit was nou regtig lekker om op daardie onthouroete te gaan van ons kinderdae op KrugersdorpWes wat ’n lekker gebied was om in groot te word,” sê Louisa. Hulle het vinnig ná die telefoon-
gesprek seker gemaak hulle kom by mekaar uit en sien mekaar sedertdien gereeld. Hulle het nie een meer ou skoolfoto’s om te kan kyk hoe die ander een op skool gelyk het nie. Die herinneringe is slegs in die geheue. “Natuurlik lyk ons nie meer soos toe ons mekaar laas gesien het nie en dit was moeilik om voor te stel hoe sy nou sou lyk,” het Johanna gesê. Hulle stem saam Kimberley is beter as Krugersdorp. Hier is minder verkeer, dit is skoner en veiliger, maar het nou wel nie dieselfde aantal inkopiesentrums en dieselfde koopkrag nie, reken hulle. Die twee meen verder mense behoort deesdae met die tegnologie beskikbaar en met iets soos Facebook glad nie meer soos hulle in die war te wees waar die ander een hom of haar sedert hul skooldae bevind nie.
PAAIE kruis weer ná vyf dekades. Johanna Fick (links) en Louisa de Beer wat in die 1950’s en 1960’s ’n straat van mekaar af op Krugersdorp gewoon het, het mekaar onlangs weer in Kimberley raakgeloop. Foto: Ruan Bruwer
Snotkop kuier by Adamantia DIE gewilde Afrikaanse sanger Snotkop, veral bekend om sy kletsrymstyl, tree volgende
Two to talk about trip AT the next Wessa public meeting on Tuesday, 23 April, Wes and Ethne Papenfus will talk about their recent trip to Antarctica. All welcome. Cost: R10 for non-Wessa members. Time: 18:30. Venue: Lady Oppenheimer Hall, McGregor Museum. Enquiries: Suzanne, 082-849-7655.
Vrydag 26 April in Kimberley op. Die konsert vind van 17:30 op
die Hoërskool Adamantia se hokkieveld plaas. Die kaartjies kos R80 per persoon.
TWEE mense wat passievol oor kankervoorkoming en die be vegting daarvan is, is dr. Eileen Snyders (streekbestuurder: Kansa Kimberley/Karoo) en dr. Clive Holroyd (ondervoorsitter van Kansa se streekkomitee). Hulle het albei Maandag dubbele rede gehad om fees te vier. Behalwe dat dit hul albei se verjaar dag was, was die vreugde eintlik groter oor die opening van Kansa se sorgsentrum. Dit was ’n lang droom wat eindelik ver wesenlik is. Die sentrum op die grondvlak van die gebou in Cha pelstraat waar die huidige Kansakantoor (op die boonste vlak) geleë is, sal vir verskeie dienste gebruik word. Foto: Ruan Bruwer
Kuier saam op aand VIER gerekende rugbymanne kom op Donderdag 2 Mei by die Hoërskool Adamantia vir ’n manne-steakaand bymekaar. Die oud-Bokke Kobus Wiese, Breyton Paulse en Vlok Cilliers, sowel as die Bok-losskakel Morné Steyn, sal die aand rugbysake gesels. Die publiek kan ’n tafel vir agt mense bespreek vir R2 000 of ’n enkelkaartjie koop teen R250 stuk. Daar sal ’n kontantkroeg beskikbaar wees. Verskeie memorabilia soos getekende truie, balle, wyn en jagpakkette gaan opgeveil word. Slegs 300 mense kan die geleentheid bywoon. Dit begin om 18:30. Vir besprekings bel die skool by 053-8333557.
3
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 APRIL 2013
Kykers wil nie betaal nie BETAAL of nie betaal nie? “Betaal jou televisielisensie, dis die regte ding om te doen”, sê/vra die SAUK. Of is dit? Die betaal van ’n televisielisensie is iets wat verskillende reaksies uitlok. Baie mense skop egter vas en met rede. So is daar Afrikaanssprekendes se argument dat hulle algaande deur die SAUK misken word in die inhoud van programme wat op die openbare uitsaaier se drie televisiekanale uitgesaai word. Daar word al baie jare geen Afrikaans op SABC1 en SABC3 uitgesaai nie. Programme met Afrikaanse inhoud is uitsluitlik tot SABC2 beperk. In hierdie stadium is die Afrikaanse nuus, Noot vir Noot (musiekprogram), 7de Laan (sepie), Pasella (joernaal), Fokus (aktualiteit), Voetspore (reis), Op pad
(godsdienstig) en Jakkals Jol (jeug) basies die enigste plaaslik vervaardigde programme op die SABC. Die meeste hiervan is boonop net weekliks op die kassie. Kinderprogramme in Afrikaans, waarvan daar twee en drie dekades gelede hordes was, bestaan nie meer nie. Nuwe dramareekse in Afrikaans het klaarblyklik ook ’n stille dood gesterf. Die uitsaaier paai sy kykers nou al vir jare deur ou dramareekse weer uit te saai, die meeste daarvan is nou al ’n paar keer herhaal. So is Die vierde kabinet, Onder draai die duiwel rond, Een Skoenlapper en nou weer Konings, wat almal die afgelope jaar Dinsdae uitgesaai is, almal ou programme. ’n Ander argument is hoekom vir ’n televisielisensie betaal as jy basies nooit enige van die SAUK se kanale kyk nie en reeds ten duurste vir DStv betaal. . .
SKETS: Danie Cronjé
‘Hoe gaan dit met jou?’ Ds. Hannes Noëth DIE uitdrukkings waarmee ons mekaar antwoord as ons vra hoe dit gaan, is altyd vir my so kosbaar. Sommige sal doodgewoon net antwoord: “Dit gaan goed dankie.” En dan gaan dit goed en is daar nie iets om oor te kla nie. Soms gaan dit nie eintlik goed nie, maar uit gewoonte antwoord ons tog dat dit goed gaan. Partykeer het mense nie lus om te praat oor hoe dit nou rêrig gaan nie. Meestal antwoord ons net: “Goed dankie.” Ander hou van kla en sal ’n lang verduideliking gee en as hulle klaar is, weet jy nog nie hoe dit gaan nie. Party sal komies antwoord: “Jy wil tog nie rêrig weet nie.”
Ander sal opmerk: “Kla jy maar eerste.” Nog een sal vir jou vra “wat raak dit jou?” En soms is daar iemand wat sal sê: “Ag, kom ons praat maar nie daaroor nie.” Party mense sal die antwoord dadelik vergeestelik en iets sê soos “die genade is baie” of “die seëninge is groot”. ’n Kosbare oom wat erg gesukkel het met gesondheid het graag opgemerk: “Ek gaan gebukkend.” ’n Mens gaan mos soms rêrig gebukkend. Tog dink ek belangriker as die antwoord wat ons gee, is om te kyk hoe opreg ons die vraag vra. Wil jy rêrig weet as jy vra “hoe
GEBEURTENISSE op 17 April in die geskiedenis: 1852 – Die goewerneur van die Kaap, sir Harry Smith, wat in 1847 in dié pos aangestel is, keer terug na Engeland. 1902 – In die vredesonderhandelinge in die Anglo-Boereoorlog word ooreengekom dat 30 afgevaardigdes van elke republiek by Vereeniging ’n nasionale konvensie sal vorm om te besluit of die stryd voortgesit sal word. Van 11 Mei 1902 af sal ’n voorwaardelike skietstilstand heers. 1970 – Die Apollo 13-ruimtetuig keer veilig terug. 1990 – Pres. F.W. de Klerk sê in die parlement dat magsdeling met ’n gelykwaardige stem vir alle SuidAfrikaners en grondwetlike beskerming vir minderhede die enigste lewensvatbare oplossing is. 1993 – Die ANC en die polisie teken ’n ooreenkoms om geweld te voorkom tydens optogte in Johannesburg om die vermoorde SAKP-leier Chris Hani te vereer. 2006 – Die lyke van die ontluikende akteur Brett Goldin en sy ontwerpervriend Richard Bloom word in die BERIGTE oor Kimberley wat die afgelope week nuus gemaak het: ) Gerda Moolman, wat die DA sedert 2009 in die wetgewer verteenwoordig, het uit albei bedank nadat die party se Federale Regskommissie aangedui het hy gaan nie die klagte oor beweerde onreëlmatighede oor reis-eise deur die party se provinsiale voorsitter ondersoek nie. Sy het die klagte by die regskommissie ingedien. Sy het gesê sy kan nie op ’n verhoog sê die DA beveg korrupsie as dit nie waar is nie. ) ’n Kuberkraker het by Pakes Dikgetsi, Noord-Kaapse Cope-wetgewerlid, se e-posrekening ingebreek en vals e-posse is van sy adres gestuur waarin beweer is hy en sy gesin is in Londen beroof. Daar word gevra dat geld dringend aan hom gestuur moet word. ) Geskiedenis is in die Noord-Kaapse en Vrystaatse wildbedryf gemaak toe twee grootwilden jagreservate ’n nuwe multimiljoenrandse vennootskap gestig het om skaars en bedreigde wildsoorte vir kommersiële doeleindes te teel. Wiaan van der Linde en Hennie Gous van Wintershoek-Wild, sowat 70 km suid van Kimberley, het ’n samewerkingsooreenkoms met Jaco Troskie van die Unyati-wildreservaat gesluit. Die nuwe ooreenkoms wil ’n volhoubare wildbedryf ondersteun. ) Die R31 (die pad na Barkly-Wes) het Sondagoggend ’n derde lewe binne enkele dae geëis.
Die Diamantstad se koerant
Tel. 053 831 2331 Faks 053 831 2330
Posbus 1583 Kimberley 8300
gaan dit?” en stel jy intens belang, of is dit maar ’n gebruik van groet wat ons oor die jare aangeleer het en wat in ons kultuur ingewortel is? Miskien moet ons mooi dink voordat ons sommer net die vraag vra. Miskien moet ons werklik wonder hoe dit met iemand gaan voordat ons dit vra. Dit is ’n wonderlike voorreg om te wonder hoe dit met die mense om ons gaan, om na hul welstand te vra en om opreg te wonder of jy kan help en kan deel in die vreugde as dit goed gaan. Ons hoef nie alleen te sukkel en te worstel nie, ons vreugdes is nie vir ons alleen bedoel nie. Ons kan maar sê: “Dit gaan vandag goed, dankie” of “dit gaan regtig nie goed nie”.
Kaapse woonbuurt Mowbray ontdek. Dit het later bekend geword dat hul moorde deel van ’n bende-inisiasie was. 2006 – Ernst van Dyk, Suid-Afrikaanse rolstoel-atleet, wen vir die ongeewenaarde sesde agtereenvolgende keer met sy driewieltuig die rolstoel afdeling van die Boston Marathon. Geboortes op hierdie dag: 1972 – Jennifer Garner, Amerikaanse aktrise. 1972 – Muttiah Muralitharan, voormalige draaibalbouler van Sri Lanka wat die wêreldrekord hou vir die meeste (800) toetspaaljies. 1974 – Victoria Beckham, voormalige lid van die groep Spice Girls waarin sy as Posh Spice bekend was. 1978 – Hanyani Shimange, oud-haker van die Springbokke en deesdae rugbyomroeper.
’n Man van 69 jaar en sy 65-jarige vroulike passasier is in ’n botsing reg van voor met ’n Toyota Tazz dood. Vroeër is ’n man doodgery toe hy glo die pad wou oorsteek. ) Altesaam 13 mense is die naweek op klagte wat wissel van aanranding tot die besit van dagga in hegtenis geneem en 3 654 mense is in ’n optrede deur senior polisie-offisiere deursoek. Altesaam 122 offisiere het saam met 14 verkeersbeamptes en agt amptenare van die departement van binnelandse sake aan Operasie Naledi deelgeneem. ) ’n Verslag van die Burgerlugvaartowerheid het bevind André van Wyk, ’n voormalige Griekwa-rugbykaptein, het ongemagtigde alleenvlugte onderneem, sy vliegure verkeerd aangedui, die vlieginstrukteur gevra om sy vliegure onwettig aan te pas en die voorwaardes van sy Noord-Kaapse wildvangpermit oortree. Hy het in 2010 in ’n helikopterongeluk naby Kenhardt gesterf.
Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 APRIL 2013
PLUS EARN POINTS
WEEKLY WINNERS Product has been styled for photography
per kg
Each
Each
Brookes Oros Orange Squash 2 litre
Nola Lite Dressing 780g or Mayonnaise 750g
PnP no nameTM Viennas (Chicken, Red or Smoked) 500g
1049
1895
Each
Each
PnP no nameTM Large Eggs 18s
Bulk Stewing Beef (Bone in)
1679
1399
1799
4499
Glenryck Pilchards Assorted 400g/425g
124
99 per pack
Pampers Active Baby Value Pack Disposable Nappies Mini 72s, Midi 62s, Maxi 54s, Maxi Plus 48s, Junior 44s or Extra Large 40s
ND AY 2 D BIRTH
13999 Each
Johnnie Walker Red Label Whisky 750ml
75
99 Each
Wellington VO Brandy 750ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the A Age off 18 18. D Drink Responsibly.
GET DOUBLE POINTS
ON YOUR WHOLE SHOP ON BOTH 20TH & 21ST APRIL. Print your voucher at the kiosk
Always there for you PRICES VALID 16 - 21 APRIL 2013 AT ALL PICK N PAY SUPERMARKETS, FAMILY STORES, MINIMARKETS AND HYPERS
IN GAUTENG, FREE STATE, NORTH WEST, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN AND VRYBURG. EXCLUDING BOTSWANA, NAMIBIA, SWAZILAND, LESOTHO AND EXPRESS STORES. smart shopper points will still apply in Express and Daily Stores.
www.picknpay.co.za
Please Recycle
CUSTOMER CARE
TOLL FREE: 0800 11 22 88 (LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)
Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.
1177064B_E
5
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 APRIL 2013
Koerant nou in kuberruim Ruan Bruwer
EINDELIK het Noordkaap van vandag af ook ’n voorste plek in die kuberruim. Die koerant sal van vandag af nie meer net in gedrukte formaat beskikbaar wees nie, maar is ook elektronies op sy splinternuwe webtuiste, www.noordkaap.co.za, beskikbaar sodat Kimberliete steeds kan lees wat in hul tuisstad aan die gebeur is wanneer hulle elders in die land of selfs in die buiteland reis. Die webtuiste is spesifiek vir die koerant geskep en is gebruikersvriendelik en ook maklik om te gebruik wanneer jy graag ’n berig vir iemand wil aanstuur. Die hele koerant is maklik leesbaar en jy kan vorige uitgawes gaan lees.
Die koerant sal elke Woensdagoggend op die webtuiste verskyn. Ons het reeds heelwat foto’s gaan oplaai en daar sal vandeesweek met die groot Kimberley-interskolebyeenkoms heelwat bykomende foto’s en videogrepe opgelaai word. Waar daar gereeld beperkte ruimte in die koerant is, is daar nou geen meer verskoning oor gebrek aan ruimte nie. Die publiek kan ook self foto’s op die webtuiste laai. Die idee agter die webtuiste is nie net om die koerant ook digitaal beskikbaar te stel nie, maar ook om stories soos dit gebeur op die webtuiste te publiseer, al is dit net ’n kort lusmaker. Met die vinnige interaktiewe skakels kan lesers nou ook hul mening
oor verskeie stories lug. Verder kan enige groep, hetsy dit ’n sport-, kultuur- of welsynsorganisasie is, ook self sy inligting by www.noordkaap.co.za oplaai om sodoende sy teikengehore vinniger te bereik. Gaan besoek gerus die webtuiste. ) Daar is besluit om Noordkaap se Facebook-blad te sluit en eerder ’n profiel te skep. Gaan bevriend (add friend) die koerant dus gerus. ’n R100-geskenkbewys van die Diamond Pavilion Shopping Mall moet elke week gewen word deur iemand wat ons bevriend het. Soek net Noordkaap Koerant op of tik die volgende adres by Internet Explorer in om vinnig daarby uit te kom – www.facebook.com/noordkaap.koerant.1. Die koerant sal jou dadelik as ’n vriend aanvaar.
’n SKERMGREEP van Noordkaap se webtuiste wat gevind kan word op www.noordkaap.co.za.
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 APRIL 2013
Sabric waarsku Redaksie DIE bankowerhede het Suid-Afrikaners gewaarsku teen ’n nuwe skelmstreek om hulle te oorreed om hul persoonlike inligting bekend te maak. Die jongste swendelary is op rekenaargebruikers gemik, volgens die Suid-Afrikaanse Inligtingsentrum oor Bankrisiko (Sabric). Die slagoffers verkeer onder die indruk verteenwoordigers van groot rekenaarsagtewarehandelaars bel hulle. Tydens die oproep word hulle ingelig dat hul rekenaarstelsels stukkend is of in gevaar is en dringend aandag nodig het. Hulle word dan gevra om hul persoonlike inligting bekend te maak en word oortuig om onwetend kwaadwillige programmatuur op hul rekenaars te installeer of te aanvaar. Die programmatuur maak dit vir misdadigers moontlik om hul slagoffers se persoonlike inligting te bekom en dit te gebruik om geld uit hul rekenings te steel. Enige ongevraagde toenadering moet altyd versigtig benader word – ongeag hoe aanvaarbaar dit klink, waarsku Sabric.
Hulle is wenners
NOORDKAAP het die laaste paar weke ’n paar pryse weggegee. Hier is die wenners daarvan. CARMELITA MUL LER en Anna Krieg het elk ’n R500koop bewys van die Dia mond Pavilion Shop ping Mall gewen.
JACO MINNS walked away with an executive work folio, toiletry bag, pen en pencil set and credit card shaped USB flash drive as the win ner of the sports quiz. He correctly answered that the Springboks have won the rugby championships three times.
VYF lesers, Gloudine van Zyl, Christa Robin son, Frieda Roux, Percival Oliphant en Ann Smith, het elk ’n DVD van Afrikaans is Groot 2012 – die konsert gewen.
Skouspel in Kimberley se hemelruim DIE donderweer het lanklaas so hard in Kimberley geslaan en geblits soos Saterdagaand. Jaco Powell het die indrukwekkende foto geneem en aan ons verskaf. Foto: Jaco Powell
7
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 APRIL 2013 THE Kimberley Horticultural Society was for tunate to have Keith Kirsten for a talk on Satur day. He is a household name across Southern Africa and owner and MD of Keith Kirsten Hor ticulture International which specialises in promoting gardening and garden plants sour ced both locally and abroad. He had everyone hanging on his lips with his broad knowledge. Photos: Ruan Bruwer
KEITH KIRSTEN had to sign quite a few books which indicated how popular he is.
THE gathering took place at Dr Johan Meyer’s house and Keith Kirsten used his garden as reference for his talks. Kirsten and a wellknown flower designer, Ray Hudson (who has represented South Africa a number of times at the Chelsea Flower Show in London where he won gold), were responsible for a total turnaround in Meyer’s garden. “I knew Keith personally and approached him to come up with a new look to the garden in front, where previously there was absolutely no thing. They worked here for about six weeks,” Meyer said. He acknow ledged that the garden had since provoked a lof of interest from the public.
TWO attendees Saturday showed appreciation for the impressive gar den of Dr Johan Meyer which was designed by Keith Kirsten and Ray Hudson.
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 APRIL 2013
Benoem uitblinkers in Noord-Kaap Redaksie VOLKSBLAD, Noordkaap se moederkoerant, en Kumba Iron Ore se kompetisie vir die Noord-Kapenaar van die Jaar en die NoordKaapse Instansie van die Jaar is goed op dreef. Kumba Iron Ore is vanjaar weer die hoofborg van dié prestige-kompetisie. Benoemings om uitblinker-inwoners van die Noord-Kaap te vereer word nou ontvang. Dié projek, ook in samewerking met GWK as een van die borge, bereik op 28 Mei ’n hoogtepunt op ’n glansgeselligheid in die Horseshoe-motel in Kimberley. Die doel van die kompetisie is om individue en instansies wat ’n verskil maak te vereer. Danksy die groot belangstelling word die basiese reëls en kriteria weer verskaf. Wat betref benoemdes as Noord-Kapenaar van die Jaar geld die volgende riglyne: Die benoemde moet ’n Noord-Kapenaar of iemand met besonder sterk bande met die Noord-Kaap wees. Die benoemde word vereer vir besondere diens aan die mense of natuurlike omgewing van die Noord-Kaap. Die diens wat verrig word, mag deel wees van die benoemde se werk, maar moet dan verband hou met besondere toewyding en prestasie waarby die provinsie gebaat het. Politici mag nie benoem word nie en benoemings wat gaan oor die werk wat mense uit die hoofde van ’n politieke amp verrig het, sal nie aanvaar word nie. Mense wat voorheen benoem is, mag weer benoem word. Niemand mag hom-/haarself benoem nie. Werknemers van die borge mag nie
benoem word nie. In die beoordeling sal die beoordelaars, wat deur die borge saamgestel word, aan die volgende
kriteria aandag gee: Interne impak: Die verskil wat die mens maak wat betref die belange en/of omstandighede van mense of die natuurlike omgewing in die Noord-Kaap. Persoonlike opoffering/prestasie: Die mate waarin die mens sy of haar private tyd afstaan om die diens te lewer. Sou dit deel van die mens se werk wees, die mate waarin die mens buitengewoon presteer of buitengewone kreatiwiteit en/of energie, talent en dryfkrag inspan om die uitsette te lewer waarvoor die mens benoem word. Eksterne impak: Die bydrae wat die mens lewer om die Noord-Kaap se aansien en/of beeld na buite die provinsie en selfs nasionaal te bou en te bevorder. Die volgende riglyne geld die kategorie Instansie van die Jaar: Enige verdienstelike Noord-Kaapse instansie wat nie ’n winsmotief het nie, mag benoem word. Instansies met ’n sterk politieke verbintenis mag nie benoem word nie. Weer moet die werk wat gedoen word, ’n positiewe impak hê op die mense of natuurlike omgewing van die provinsie. Die beoordelaars sal in dié kategorie veral kyk na die impak wat die organisasie in die gemeenskap maak. ) Om ’n individu of instansie te benoem stuur ’n motivering (sowat 300 woorde) vir jou kandidaat aan lecrecia.prins@volksblad.com. Verstrek ook jou naam en telefoonnommer, asook die benoemde se naam en telefoonnommer. Die sluitingsdatum is 10 Mei om 17:00.
Klas van ’83 byeen DIE klas van 1983 wat aan die Hoërskool Adamantia gematrikuleer het, beplan om op 14 en 15 September ’n reünie by die skool te hou.
Kontak Marelize dringend by 082-888-8228, 011-475-7547, 011-282-4394 of stuur e-pos na Marelize.loftieeton@firstrand.co.za.
9
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 APRIL 2013
PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194. UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAKS 053 832 1951
LUUKSE KAMERS MET TV IN KIMBERLEY: Selfhelpontbyt ingesl. Enkelkamer: R300 p.p.p. nag. Dubbelkamer: R200 p.p.p. nag. Skakel 083 294 2637 084 240 7356.
VERKOOP U 'N VOERTUIG of ruil in? Skakel my gerus vir 'n transaksie. Thinus 072 472 8686/053 963 1409
NOORD-KAAP: CALVINIA. Digte bossieveld, gedeelte spaarbos met sonkrag. Grootte 2721 - 1708. R850 per hektaar. 7 kampe van 20 hektaar. Ploeggrond, gedeelte Botterkloof. Grootte 820 - 9521. R1 000 per hektaar. 3 kampe, 10 beeste, 100 ooie. Met water. Tel. 021 218 1364. Skakel tussen 214:00 en 16:00.
EARN MONEY WITH our unique copy and paste system. No experience. No qualifications needed. Earn R800 per day - only 60 minutes needed. Join a legitimate registered company with proven success. Income guaranteed with or without a PC. SMS name,postal address and postal code for a full info brochure to 071 900 9265.
EARN R800 IN YOUR FIRST WEEK - GUARANTEED. Data hub needs some workers to fill out forms with or without a computer. Easy step-by-step tutorials, own hours. SMS name, postal or e-mail address to 073 374 8703 or datahubb@yahoo.com
BRIDGING CASH while waiting for
PENSION/ PACKAGE payout (lump sum only)
Cash same day
086 1101 388 083 6700 788
ANJA LUBBE, ’n gr. 8leerling aan die Hoërskool Diamantveld, is na afloop van die SuidAfri kaanse interprovinsiale tennistoernooi by die SuidAfrikaanse o.15span ingesluit. Sy is van jaar nog o.14. Die span gaan in Junie na Londen en Edinburgh toer en sal ook op Wimbledon gaan tennis gaan kyk. Foto: Emile Hendricks
TWEE stoeiers van Kimberley het vroeër vandeesmaand goed op die SuidAfrikaanse Grieks Romeinse stoeikampioenskapsbyeenkoms gevaar. Albertus Human (links, o.13) en Willem Calitz (18 tot 20) het in hul ouderdomsgroepe onderskeidelik ’n eerste en derde plek behaal. Foto: Ruan Bruwer
TWEE spelers van die Hoërskool Diamantveld se eerste meisiehokkiespan, Carli Groenewald en Helene Snyders, is vir ’n All Starsspan gekies wat vroeër die maand ’n vertoonwedstryd teen Kovsies se eerste vrouespan gespeel het. Dit was na afloop van ’n hokkietoernooi waarin Diamantveld ál sewe sy wedstryde gewen het en 17 doele aangeteken het en slegs een afge staan het. Die skool se eerste seunspan het in vyf van sy sewe wedstryde koning gekraai. Rudolf Greyling is vir die All Starsspan vir seuns gekies wat ook in ’n vertoonwedstryd teen Kovsies se eerste manspan gewikkel was. Van links is Snyders, Greyling en Groenewald. Foto: Ruan Bruwer
Benoem jou sportsterre Redaksie HOU gerus in gedagte wanneer jy vandeesmaand van ’n puik sportprestasie te hore kom dat daardie vertoning hom of haar ’n prys in die sak kan bring. Noordkaap en SuperSport is op soek na die Let’s Play-sportster van die maand. Skole, klubs, afrigters of individue kan enige Kimberley-leerling tussen 6 en 18 jaar benoem vir ’n sportprestasie in enige sportsoort gelewer in Maart. Leerlinge kan hulself ook benoem of ’n vriend of familielid vra om dit te doen. Noordkaap se sportredaksie sal ook spelers en atlete benoem, maar dit is onmoontlik om van al die puik prestasies te weet. Daarom word die publiek se hulp gevra met die benoeming van ’n waardige wenner. Die Let’s Play-sportster van die maand sal maandeliks ’n wenner aanwys wat ’n lekker geskenkpak van Let’s Play sal ontvang. Die wenner sal sowel in Noordkaap as op Let’s Play se webtuiste bekendgemaak word.
Teen die einde van die jaar sal ’n algehele wenner uit die maandelikse wenners gekies word. Indien jy iemand vir die maand wil benoem, moet jy opskud en dit voor einde vandeesmaand doen. Jou benoeming moet die volgende inligting bevat: Die sportster se naam, ouderdom, skool en ’n kort paragraaf (minder as 200 woorde) met inligting oor wat die leerling op sportgebied bereik het, asook sy of haar besonderhede. E-pos dit na supersport@zpr.co.z a of stuur ’n faks na 086-5524922. Rig navrae aan Lynne Landman of Juanré Viviers van Z PR by 051430-3027.
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 APRIL 2013
11
Reëls oor vuilspel Sportredaksie
Gereed vir hul deelname in Bfn DIE NoordKaapse muurbalspan wat volgende week aan die Country Districts in Bloem fontein gaan deelneem, is van links, voor: Suré Botes, Stephanie Potgieter (meisies o.19), Jenny Preece (meisies o.14) en Casey Preece (meisies o.19); agter: Lourens van Niekerk, Meyer Meintjies (seuns o.16) en Ryno Roux (seuns o.19). Afwesig: PG Brand, Monré van Soelen, Stefan Steyn (seuns o.19), Jané Lotz (meisies o.16) en Bron wyn Brown (meisies o.19). Foto: Ruan Bruwer
Wen met jou sportkennis Ruan Bruwer HOE goed is jou sportkennis? Is jy die voorbok wanneer by vleisbraaivure oor sportstatistieke gestry word? Jy kan jou reputasie as sportkenner ’n hupstoot in Noordkaap en SuperSport se sporttrivia-kompetisie gee. Weekliks sal met lesers ’n paar sportfeite en -statistieke gedeel word en in die laaste uitgawe van elke maand word drie vrae gevra. Antwoorde kan uit die vorige weke se inligting kom of nie. Die leser met die korrekte antwoorde wie se naam getrek word, sal ’n geskenkpak van R250 van SuperSport wen. Hier is vandeesweek se interessanthede: ) Jonathan Kaplan (Suid-Afrika) het die meeste toetse ooit as rugbyskeidsregter gehanteer. Sy 67 toetse tussen 1996 en 2011 is ’n wê-
reldrekord en hy is die enigste skeidsregter met meer as 50 toetse op sy kerfstok. Craig Joubert (Suid-Afrika) het met 38 toetse die naasmeeste toetse. ) André Watson, wat ’n ongeëwenaarde twee Wêreldbekerrugbyeindstryde (1999 en 2003) geblaas het, hou die rekord vir die meeste Superrugby-eindstryde – vyf wat drie (2002 tot 2004) agtereenvolgens insluit. ) Die Suid-Afrikaner Rudi Koertzen is ook ’n wêreldrekordhouer (in krieket) vir die meeste eendagwedstryde waarin hy gestaan het. Koertzen het in 209 internasionale eendagwedstryd tussen 1992 en 2010 diens gedoen. ) Koertzen is in die rekordboeke as skeidsregter wat die naasmeeste (108) toetse gestaan het. Dié rekord behoort aan die Wes-Indiër Steve Bucknor met 128 toetse.
REËL 10: Vuilspel Definisie van vuilspel: Vuilspel is enigiets wat ’n speler op die speelperk doen wat teen die letter en gees van die reëls van die spel is. Dit sluit obstruksie, onregverdige spel, herhaalde oortredings, gevaarlike spel en wangedrag in wat tot nadeel van die spel strek. Obstruksie: (a) Wanneer ’n speler en ’n teenstander na die bal toe hardloop, moet die een nie die ander stormloop of stamp nie, behalwe skouer-aanskouer. (b) ’n Speler mag nie opsetlik voor ’n spanmaat wat die bal dra, staan of inbeweeg en sodoende teenstanders verhinder of die geleentheid ontneem om die huidige baldraer of potensiële baldraers dood te vat wanneer hulle besit verkry nie. (c) ’n Speler moet nie opsetlik in ’n posisie inbeweeg of staan wat ’n teenstander verhinder om die baldraer dood te vat nie. (d) ’n Speler moet nie opsetlik in ’n posisie in-
beweeg of staan wat ’n teenstander verhinder om die bal te speel nie. (e) ’n Speler wat die bal dra, moet nie opsetlik teen spanmaats wat voor daardie speler is, vashardloop nie. Onregverdige spel: (a) Spelers mag nie enige reël opsetlik oortree of hulle aan onregverdige spel skuldig maak nie. Spelers wat opsetlik oortree, moet berispe word, of gewaarsku word dat hulle afgestuur sal word sou die oortreding of ’n soortgelyke oortreding weer begaan word. ’n Strafdrie moet toegeken word indien die oortreding ’n drie verhoed wat andersins waarskynlik aangeteken sou gewees het. ’n Speler wat verhoed dat ’n drie aangeteken word weens vuilspel moet gewaarsku en tydelik afgestuur word. (b) ’n Speler mag nie opsetlik tyd verkwis nie. (c) ’n Speler mag nie opsetlik die bal met die hand of arm oor die grenslyn, doelgrenslyn of doodlyn klap, plaas, stoot of gooi nie. ) Die reël word volgende week verder bespreek.
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 APRIL 2013
Sport
THE
3
Meal
Die Diamantstad se koerant
Rugby 15. Ryan de Wee 14. Henry van Zyl 13. Dimitrio Tieties 12. Luke Mason 11. Hillford Clarke 10. Guilermo Minnie 9. GM Bruwer 8. Gerhard Holtzhausen 7. Luaan Dowie 6. Nico Graaff 5. Lehan Muller 4. Thulani Njenje 3. Doctor Booysen 2. Willie van Aswegen 1. Lux Khoza Netbal Simuney Muller Jessica du Plessis Monique Bredenkamp Jomari Myburgh Mari-Lee Vos Carmen du Plooy Joy Morkel
DIE Hoërskool NoordKaap het in vandeesweek se Kimberleyinter skolewedstryd die eerste slag geslaan toe sy eerste krieketspan ver spot maklik in Maandag se T20wedstryd op die Diamantovaal met nege paaltjies geseëvier het. Diamantveld kon slegs 59 lopies aante ken met Nielen van Heerden se boulsyfers van 3/14 in 4 beurte die beste. NoordKaap het die teiken in die agtste boulbeurt verbygesteek met Magiel Brits (foto) wat 31 nie uit nie gemoker het. Foto: Louis Botha
Rugby 15. Marno Willemse 14. Freddie de Jager 13. Jacques Nel 12. Ruan Maritz 11. JD Swanepoel 10. Deon van Zyl 9. Hanco Swart 8. Jacques van Zyl 7. Nardus Bosman 6. Jaco Cloete 5. JD Fourie 4. Johan Obbes 3. Francois Botha 2. Daniël van Zyl 1. Ruan Langeveld Netbal Jana Kirsten Tuané Gouws Adré Badenhorst Bethenie du Raan Johané Janse van Rensburg Annarike Pienaar Anchen Strauss Marmari Pienaar Mariska du Raan Jo-Mar Venter
Program: Interskolebyeenkoms DIE program vir die res van vandeesweek se Kimberley-interskolebyeenkoms tussen Noord-Kaap en Diamantveld is: Woensdag 14:30 – Swem – Karen Muir-swembad 17:00 – Junior debat – HNK-skoolsaal 18:00 – Senior debat – HNK-skoolsaal 19:00 – Junior vasvrae – HNKskoolsaal 19:30 – Senior vasvrae – HNK-
skoolsaal Donderdag 11:00 – Gholf – Kimberley-gholfklub 14:00 – Tennis – Tuine-tennisklub 14:30 – Saak – HNK-skoolsaal 19:00 – Musiekaand – HNK-skoolsaal Vrydag Netbal (HNK-netbalbane) 14:30 – o.14A – A-baan 14:30 – o.16B – B-baan 15:05 – o.19B – A-baan 15:05 – HNK o.16A t. DHS o.19C –
Rekords op spel Ruan Bruwer
’n KLOMPIE rekords is die naweek op die spel vir die Griekwas wanneer hulle tuis teen die Luiperds te staan kom. Dit is ’n móét-wen vir die tuisspan wat ná vyf wedstryde nog net twee oorwinnings kon behaal. ’n Sege met ’n bonuspunt Saterdag oor die Luiperds en volgende naweek teen die Valke (weg) sal genoeg vir ’n plek in die kwarteindronde wees. Maar enige verdere nederlae sal die einde van die Griekwas se aanspraak wees. Griekwas het in 2004 laas nie die uitspeelwedstryde van die kompetisie gehaal nie. Die Poubloues se vertoningslys teen die Luiperds is ook ’n trotse een. In die 11 keer dat die twee spanne in die Vodacombeker slaags was, het die Griekwas nog net drie keer verloor, die laaste daarvan in 2002. Die Noord-Kapenaars sal ook nie die reeks wou afsluit sonder ’n enkele tuisoorwinning nie. Die wedstryd begin om 15:30. ) Vyf lesers kan oudergewoonte twee kaartjies na die wedstryd wen. ’n Fees van rugby word op GWK-park verwag met die interskolerugbywedstryde tussen die Hoërskole NoordKaap en Diamantveld wat as voorwedstryde gespeel word. Om in aanmerking te kom stuur net ’n SMS na 45527. Begin die SMS met die sleutelwoord “rugbykaartjies”, gevolg deur jou naam en van. Jy kan jou tot Vrydag om 12:00 vir die kompetisie inskryf. Die wenners sal daarna gebel word en wenners moet hul kaartjies by Volksblad se kantoor in Dalhamweg, Kimberley, kom afhaal. Elke SMS kos R1,50. As jy ’n SMS na 45527 stuur, gee jy Noordkaap ingevolge wet toestemming om jou vir bemarkingsdoeleindes te kontak.
B-baan 15:40 – o.15A 16:15 – Voorstelling van eerste spanne – A-baan 16:30 – o.19A – A-baan Rugby (GWK-park B-veld) 17:15 – Old Boys teen mekaar Saterdag 08:45 – o.14A – GWK-park (A-veld) 09:45 – o.15A – GWK-park (A-veld) 10:00 – o.19C – GWK-park (B-veld) 10:45 – o.16A – GWK-park (A-veld) 11:55 – o.19B – GWK-park (A-veld) 13:45 – o.19A – GWK-park (A-veld)
x Quarter Legs x Drum Sticks 3 x Wings 1 x Medium Chips 2
express QUA
L U E , VA R I E T Y L I T Y, VA
+
choose any 2
of the selected 6 sides*
R99.90 58 Bultfontein Road, CBD, Kimberley