Die Diamantstad se koerant
Design
Tel (053) 831 2331 Woensdag 17 Julie 2013 www.noordkaap.co.za
Netbal in Myburghbloed
bl. 3
Feetjiehuis ’n wonderwêreld
bl. 5
Journalism a calling
bl. 8
GRATIS
impressive Ruan Bruwer
DIRK COETZEE, a 17-year-old matriculant of the Adamantia High School, has won the South African leg of a competition that challenged young artists to design a helmet for wing commander, Andy Green, who will be driving the Bloodhound supersonic car. “I love the bold and exciting South African theme of Dirk’s design, and the big sunrise and gemsbok adding a Northern Cape element,” Green commented. “Superbly finished and proudly South African – it is perfect.” The helmet design competition was used as an opportunity to get children – from South Africa and the United Kingdom – involved in the Bloodhound SSC project as part of its education programme. Dirk’s design will feature on one of the two helmets that Andy will wear during his attempts to break the current land speed record and reach up to 1 000 miles per hour (1 610 km/h) with the Bloodhound SSC at Hakskeenpan. The other design will come from the UK winner. The competition attracted nearly 1 000 entries, about half from the Northern Cape. The William Humphreys Art Gallery and the Northern Cape Department of Education also supported the competition with the gallery’s outreach team visiting many schools to provide expert advice to learners who wished to enter the competition. The two winning designs are now with an expert helmet designer-painter. The rules for the design were very simple. The colours had to
DIRK COETZEE wit his design. be compatible with the Bloodhound blue and orange, the helmet needed to be identifiable as Bloodhound and it needed to identify Green as the driver. The overall runner-up was Yolanda Mtombeni of the Kimberley Girls’ High School with her bold and vibrant design, with
Photos: Supplied
a real South African flavour. Mogomotsi Mandela (15), also of Adamantia, was the runner-up in the category gr. 10 to gr. 12. “While the colours were unusual, the design was exciting and very South African, influenced by a Kimberley diamond mine theme,” the judges commented.
Briefie vir Madiba
LIEWE Madiba, ek skryf dié vir jou. Ek weet jy kry briefies soos my een aan jou. Ons het nooit ontmoet nie, maar voordat jy groet. Wil ek jou iets vra, dis iets wat ek moet. Gee my jou boeie, ek wil dit dra. Die merke op jou hande, jou vrese, jou vrae. Ek sal dit oppas, dit altyd bewaar. Eendag met liefde aan my kinders oordra. Liewe Madiba, jy sal van my hou. Ek’s lief vir my land en sy mense en sing. Sou graag wil kom kuier en net met jou praat. Partytjies en datjies en goed uit my hart. Gee my jou drome, ek wil dit sien. Die prys so betaal om ander te dien. Ek sal dit koester die wêreld sal weet. Jou voorbeeld en liefde sal ons nooit vergeet. Gee my jou ambag, ek wil dit leer. Jou ly ’n koning, sy mense kan eer. Ek sal dit beoefen, ek sal dit ken. Dis teerheid en liefde wat ander kan wen. Gee my jou drome, ek wil dit sien. Die prys so betaal om ander te dien. Ek sal dit koester, die wêreld sal weet. Jou voorbeeld en liefde sal ons nooit vergeet. Liewe Madiba, ek skryf dié vir jou. Ek weet daar’s baie briefies soos my een aan jou. Ons het nooit ontmoet nie, maar voordat jy groet. Wil ek jou iets vra, dis iets wat ek moet. Wil ek jou iets vra, dis iets wat ek moet. – Liedjie deur Sarah Theron, liriek geskryf deur Sandra O’Kelly. ) Sien video van die liedjie op www.noordkaap.co.za. Gaan na galerye en dan videogalerye.
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 JULIE 2013
Sell your unwanted articles THE Kimberley Lions Club will again be hosting a car boot sale on Saturday from 09:00 to 13:00 at Trim Park. The fees to book a space to sell your unwanted treasures are R50
per space. Call Cornél on 082-7882823 to book a spot. There will also be space available on Saturday on a first come, first served basis. All proceeds go towards the club’s charity account.
DIE Spontaan-kompetisie vir 2013 is deur die manne oorheers. Van links is Eben von Gericke (derde, Welkom), Christiaan van Zyl (wenner, Bethlehem) en Chris Pretorius (naaswenner, Bloemfontein). Foto: Marguerite Vermeulen
Vermaak gehoor in eindronde KIMBERLEY se finalis, Thabang Molale, saam met Saterdag se aanbieder, die sanger Charlize Berg. Foto: Verskaf
GAAN kyk na ’n video van die Spontaanfinaliste se optrede tydens die eindronde van Spontaan wat Saterdag op die Vryfees gehou is by www.noordkaap.co.za.
PARTY mense het gereken Thabang kon net sowel onder die voorste drie sangers geëindig het. Hy het die paar bekende liedjies wat hy gesing het, puik vertolk. Sien video op www.noordkaap.co.za. Foto: Ruan Bruwer
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 JULIE 2013
Netbal loop dik in are
“Ek was van jongs af altyd langs die netbal baan as my ma, tannie en suster gespeel het” – Jomari
Ruan Bruwer OM te sê netbal loop dik deur die Myburghfamilie van Kimberley se are, is ’n onderskatting. Om die waarheid te sê, die jongste, Jomari (17), het letterlik al voor geboorte in haar ma se baarmoeder die ritme van die spel ervaar en is daar aan die spel bekend gestel. Magda Myburgh was vier en ’n half maande met Jomari swanger toe sy nog aan die nasionale netbaltoernooi deelgeneem het. Jomari is net so ’n talentvolle speler soos haar ma wat sedert 1984 as ’n 19-jarige tot en met 2007 as ’n 43-jarige provinsiaal netbal gespeel het. Sy is by twee geleenthede in die Suid-Afrikaanse senior oefengroep ingesluit. Magda het in 2006 by die Hoërskool Noord-Kaap (HNK) netbal begin afrig en is sedert 2011 die skool se eerstespan-breier. Sy rig ook by die Laerskool Newton af. Sy is ’n Suid-Afrikaanse A-skeidsregter wat beteken sy kan op nasionale senior toernooie as blaser optree. Maar dis nie hier waar haar netbalverpligtinge eindig nie. Sy is ook die president van sowel die Frances Baard-distrik as die Noord-Kaapse netbalunie. Haar oudste dogter, Maroné (24), het ook provinsiale netbal gespeel, maar onderskei haar deesdae as afrigter. Sy rig HNK se o.16-span af. Asof dié drie netbal-Myburghs nie reeds baie is nie, is daar ook nog Magda se jonger suster, Tinkie Smal, wat self lank provinsiaal gespeel het. Sy rig deesdae HNK se o.14-span af. Sy is ook ’n topskeidsregter. Anders as die ouer drie geslagte, wat almal hulpdoel en doel gespeel het, speel Jomari senter ofskoon sy op hulpdoel kan uithelp indien die nood druk. Sy is moontlik die talentvolste speler van die vier. Jomari het pas Griekwas se o.17-span op die nasionale Alle Ouderdomme-toernooi op Margate aangevoer. Sy was
VAN voor na agter is Jomari Myburgh, Maroné Myburgh, Tinkie Smal en Magda Myburgh. immers nog van alle provinsiale spanne waarin sy gespeel het, die kaptein. Sy het reeds in haar gr. 8-jaar haar buiging vir die eerste span gemaak, ’n span wat sy vanjaar aanvoer.
3
“Ek was van jongs af altyd langs die netbalbaan as my ma, tannie en suster gespeel het. Jy kan sê ek het daar (langs die baan) grootgeword. “Ek hou van netbal omdat dit ’n span-
Foto: Ruan Bruwer
sport is,” sê Jomari. Sy beskou 16 Maart 2012 as die grootste dag in haar netballoopbaan tot op hede. “Ons het op dié dag die eerste keer in tien jaar met Diamantveld (se eerste span) afgereken.”
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 JULIE 2013
Verval baie ontstellend SEKERLIK een van die ontstellendste gesigte in die hele Kimberley is die oostelike gedeelte van Beaconsfield. Wat eens die hartklop van dié dorp was, is nou ’n verlate en vervalle omgewing waarin jy amper nie jou voete wil sit nie. Dit is duidelik die munisipaliteit beskou lank nie meer die deel van Beaconsfield as ’n voorkeursaak nie. Dit is ’n ope vraag wanneer laas enige instandhoudingswerk gedoen is. Waar Beaconsfield se treinstasie eens ’n aanloklikheid was en selfs sy eie posbus gehad het, word die vervalle gebou nou as ’n sopkombuis geSO MAAK DIE WEER DONDERDAG VRYDAG SATERDAG
bruik. Die brug wat oor die treinspoor loop, word klaarblyklik steeds heelwat deur voetgangers gebruik. Net jammer die gloeilampe van die ligte wat die brug moet verlig, is nie een meer heel en in ’n werkende toestand nie. Wie moet die skuld kry vir wat hier gebeur het? Bes moontlik die omstandighede en die milieu waarin ons leef met die hof, treinstasie en bank wat nie meer hier aangetref word nie. Dat armoede hier hoogty vier, is egter geen rede om die gebied af te skeep nie.
MAKSIMUM 5°C 3°C 2°C
MINIMUM 20°C 19°C 18°C
SKETS: Danie Cronjé
Pak en handel dadelik af Hannes Noëth PREDIKANTE het dikwels al opgemerk hulle preek maklik, maar luister moeilik na preke. Tog weet ons om self te kan preek moet jy self mooi kan luister. ’n Eenvoudige beginsel: As jy wil voor loop, moet jy ook kan agter loop. As jy wil lei, moet jy ook gelei kan word. So het ek in praktyk ’n tweewoordpreek gehoor waarna ek net moes luister. ’n Mens kan baie dinge laat verbygaan, maar soms moet jy luister. Die vermanende preek het gekom van iemand sonder enige opleiding, sonder enige amp. Die morele begeleiding het bestaan uit net twee woorde: vir eers.
Terwyl ons soek na ’n oplossing vir ’n moeilike saak kom die mens na my en sê: “Julle sal nie ’n plan kry nie, julle kyk te kort. Julle soek ’n plan net hier. Julle moet daar ver, ver, ver kyk.” Toe kom die “preek”. Jy moet altyd onthou: Die lelikste twee woorde is die twee woorde “vir eers”. ’n Mens doen niks “vir eers” nie. Pak ’n ding en doen hom klaar. Maak hom reg. Die probleem met “vir eers” is dit word vir altyd. “Julle kry nie vandag ’n plan vir jul krisis nie, want julle kyk kort. Julle
GEBEURTENISSE op 17 Julie in die geskiedenis: 1888 – Op Lords in Londen val 27 paaltjies binne die bestek van vier uur in die toets tussen Engeland en Australië. 1890 – Cecil John Rhodes word die premier van die Kaapkolonie. 1932 – ’n Goederetrein met ’n vrag van 312 ton dinamiet ontplof by Leeudoringstad en vyf mense sterf terwyl die masjinis ongedeerd bly. 1950 – Die Wet op die Onderdrukking van Kommunisme word in Suid-Afrika
BERIGTE met betrekking tot Kimberley wat die afgelope week nuus gemaak het: ) Die DA gaan vra dat die departement van gesondheid ’n voorlegging oor die provinsiale mediese nooddiens aan die wetgewer se gesondheidskomitee doen sodat vasgestel kan word waarom probleme in dié sektor voortduur. Karen de Kock, DA-woordvoerder oor gesondheid, sê die departement kort 1 100 personeellede om die vereiste teiken van 1 800 te haal. Dit bring mee dat die nooddiens nie behoorlik funksioneer nie, ambulanse kom nie betyds by pasiënte nie en ambulanse met net een mens om diens te verleen is die norm eerder as die uitsondering. ) Die stad se waterprobleme is eers verby nadat die Sol Plaatje-munisipaliteit die laaste deel van sy program om isolasiekleppe aan te bring voltooi het. Sello Matsie, kommunikasiehoof van die munisipaliteit, het gesê dit is nou nie nodig dat die stad se water ontkoppel moet word om probleme te herstel nie. Die isolasiekleppe maak dit vir die munisipaliteit moontlik om herstelwerk aan pype te doen sonder dat die hele stad sonder water is. ) Onkruid groei op die terrein van die Noord-Kaap-teater, die deure is gesluit, die voorportaal is dolleeg en geen siel is in sig nie. Dit is hoe dit by die teater – eens ’n
Die Diamantstad se koerant
Tel. 053 831 2331 Faks 053 831 2330
Posbus 1583 Kimberley 8300
soek ’n plan vir eers.” Dit is darem ’n wyse woord daardie, want dit is darem ’n slaggat waarin ons almal maklik trap. Doen gou ’n ding, net vir eers. Later moet jy dit óf oordoen, óf dit word nooit gedoen nie. Dit laat my dink aan die ou gesegde as jy nie iets ordentlik kan sê of doen nie, bly stil en doen dan eerder niks. Moontlik is dit een van die dinge wat ons in die samelewing stukkie vir stukkie moet begin verander. In plaas van om alles net vir eers te beplan en net vir eers te doen moet ons dalk begin om dinge ordentlik te beplan en ordentlik te doen. Pak ’n ding en doen hom klaar. Dit is dalk van al die vir eers ’n ding doen dat ons soms so sukkel. Vergeet van vir eers, doen ordentlik.
gepubliseer. 1950 – Die SAUK kondig sy eie nasionale nuusdiens aan. 1999 – ’n Donker dag vir die Springbokke in Brisbane waar hulle met 6-32 deur die Aussies afgeransel word. 1999 – Penny Heyns behaal in Los Angeles twee maal ’n wêreldrekord vir borsslag oor 200 m. 2003 – Die Britse premier Tony Blair verdedig Amerika en Brittanje se inval van Irak voor die Amerikaanse kongres. Geboortes op die dag: 1947 – Camilla Parker Bowles, die hertogin van Cornwall. 1952 – David Hasselhoff, Amerikaanse akteur en sanger. 1957 – Mara Louw, Suid-Afrikaanse sanger en akteur. 1975 – Robbie Fleck, voormalige Springbok-senter en deesdae hulpafrigter van die Stormers.
pronkstuk – lyk bykans vyf jaar nadat die teater weens veiligheidsredes gesluit is en daarna met restourasiewerk begin is. Morapedi Sekhoane, woordvoerder van die departement van sport, kuns en kultuur, het by navraag gesê die bouwerk het in 2011 weens ’n gebrek aan geld tot stilstand gekom. Die departement onderhandel nou met die nasionale departement van kuns en kultuur om die geld te kry wat nodig is om die projek te voltooi. Die bouwerk is sowat 85% afgehandel. ) ’n Besluit oor ’n nuwe spesialishospitaal draal steeds nadat die beplanningskomitee van die Sol Plaatje-munisipaliteit opnuut nie tot ’n besluit kon kom nie. Die ontwikkelaar gaan nou gevra word om die komitee te ontmoet om ’n verduideliking te gee waarom hy juis ’n perseel in Klisserville wil hê. Die ANC wil hê die hospitaal moet eerder in Galeshewe opgerig word. Die Life-hospitaalgroep wil die hospitaal op ’n oop terrein in Klisserville bou.
Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 JULIE 2013
5
School’s production on stage KIMBERLEY GIRLS’ HIGH’S yearly stage production will be staged from 24 to 27 July, each night starting at 19:00. This year’s show is entitled An evening with Bond. The Wednesday is schools’
KINDERS is gretig op soek na ’n regte feetjie tydens ’n besoek aan die Feetjiekamer. Kinders word hier na ’n fassinerende wêreld weggevoer. Foto’s: Ruan Bruwer
TROLLE laat ’n mens skoon na jou kinderdae verlang.
Feetjies bekoor Zanri Kotzé GERRI SLABBERT, of Ma Slabbie soos sy onder sommige mense bekend staan, het haar eie feetjiehuis in die hart van die Noord-Kaap gebou waarvan die oorspronklikheid ’n mens se asem wegslaan. “My storie wat ek hier bedryf, is besonders,” sê sy. “Alles wat daar is, kom uit die NoordKaap. Tot die klippies.” Die feetjiehuis voel soos ’n magiese deel van die Kango-grotte in die Wes-Kaap. Daar is liggies, fonteintjies, rookmasjiene en honderde ornamente van die fraaiste feetjies. Elke jong besoeker moet eers ’n bietjie blinkers op hul neus aanwend sodat die feetjies hulle kan sien. Die Feetjiehuis is langs Germar Mecca langs die N12 net buite Kimberley geleë. Die vertrek is in die rondte gebou met ’n fonteintjie in die middel waar Koning Rosekrans, Sneeuwitjie en Karel Kat woon. Gerri vertel tydens kinderbesoeke vir hulle feëverhale en aan die einde van die toer kry elkeen ’n klein geskenk. Gerri het met kinderpartytjies begin en het daarvan gedroom om vir die kinders hul eie grot te maak waarin hulle kon speel. Sy het toevallig een van die feetjies gesien en toe eenvoudig aangehou om van die beeldjies te koop. “Ek kon dit nie buite uitstal nie en my man het gesê ons kan nie nog ’n winkel oopmaak nie. Dit is toe dat ek besluit het om die feetjiehuis te begin.” Dit het sowat drie maande geduur om die vertrek in te rig en gereed te kry. “Ek het omtrent drie dae lank heeldag rakke gepak en gewerskaf,” vertel sy. “Ek kry die meeste van my idees by die kinders. Soms speel ek daarbinne en word ek Liewe Heksie. “Ander kere bring die kinders hul poppe en ons speel pop. Kinders moet speel en stories hoor. “Soms gebeur dit dat ek ’n groepie stil kinders kry. Dan help hulle my om daarbinne te werskaf. Hulle maak rokkies van blomblare. “Baie het al vertel van die feetjies wat hulle gesien het.” Gerri is mal daaroor om ou verhale en stories te vertel. “Toe ons destyds met die kinders Durban toe is, het ons verby die dennewoudegery en ek het altyd vir hulle sommer my eie Liewe Heksie-stories vertel,” het sy gesê. ) Foto’s vertel moeilik hoe dit in die feetjiehuis lyk. Gaan kyk gerus na ’n videogreep hiervan op die webtuiste by www.noordkaap.co.za.
Meeting held THE annual regional meeting of Wessa Northern Cape will take place on Saturday at 18:30 in the Lady Oppenheimer Hall of the McGregor Museum. The formal meeting will be very short, after which Dr Ian McCallum will speak on tracks of giants. McCallum, a former Springbok rugby player, is a medical doctor, psychiatrist, writer, specialist, wilderness guide and photographer. He has written two anthologies of wilderness poems, a novel and the award-winning Ecological Intelligence – Rediscovering Ourselves in Nature. A social evening will follow with homemade soups and breads. Wessa members pay R30 and non-members R50.
night. Tickets cost R30. The following night tickets go for R40. On Friday and Saturday the show goes with a dinner, tickets costing R120 each. Bookings and enquiries can be done on 053-832-1275.
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 JULIE 2013
DENISE COETZEE (links) is onlangs as die Rotary-klub van Kimberley-Suid se 41ste president en die vyfde vroulike een ingehuldig. Wendy Peine, die uittredende president, het haar presidentsketting oorhandig. Foto: Ruan Bruwer KIMBERLEY se Delwersorkes het ook op die Vryfees gesig gewys en lekker boeremusiek verskaf. Dries Neethling het die orkes verlede jaar saam met Hennie Ferreira (foto) begin. Hulle tree gereeld op huweliksonthale op. Hul verhogie was saam met die Sentraal-Vrystaat se Veteraanklub se antieke trekkers en dit was een van die grootste en gewildste uitstallings.
Foto: Conrad Bornman
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 JULIE 2013
Storielyn dun, vulgêre tonele onnodig Zanri Kotzé MOORD IN DIE BELOOFDE LAND ’n misdaad en spanningsroman deur Francois Bloemhof. Uitgereik deur Human & Rousseau. Moord in die beloofde land is ’n spanningsvolle roman oor ’n man in wie ’n onbekende mag stadig die oorhand kry. Die verhaal wentel om Samuel wat as seun reeds met die donker kant van die lewe kennis maak. Dit is die later helfte van die 20ste eeu en Samuel Smit weet sy gesinsopset is allesbehalwe normaal. Sy pa, die gesiene dorpdokter van Wellington, het ’n donker geheim wat swaar op sy skouers rus. Namate Samuel ouer word, is sy inisiasies in die grootmenswêreld vervleg met sy obsessie met Marlene Lehnberg, die berugte skêrmoordenaar. Dit is egter sy pa se geheimsinnige dood wat hom laat voel daar rus skielik ’n nuwe las op sy jong skouers. Hy vind op die harde manier uit onskuld word nie verloor nie. Dit word geneem. Die roman bied ’n in-diepte blik in die psige van ’n jong man wat stadig maar seker groot-
word. Verskeie terugflitse uit Samuel se jeug word gebied wat probeer om eindelik al die los drade aan mekaar te bind en ’n geheelbeeld van die protagonis te skep. Bloemhof, wat bekend is vir die skryf van gruwelverhale, werk laasgenoemde by die misdaadgenre in en skep ’n nuwe genre verwyderd van
tradisionele misdaadrillers. Ek sal egter nie die boek aankoop of ’n tweede keer lees nie. Die storielyn is dun en die boek het verskeie vulgêre tonele wat geensins tot die ontwikkeling van die storie of karakters bydra nie. Vergeleke met Bloemhof se ander werke is Moord in die beloofde land ’n teleurstelling.
7
Klasse vir werkers DIE Kimberleyse stadsbiblioteek bied geletterdheidsklasse op Dinsdae en Donderdae tussen 16:00 en 18:00 aan. Indien mense hul huishulpe of tuiniers daarvoor wil stuur, kan hulle die name en kontaknommers by die biblioteek inhandig. Dit is gratis en alle materiaal word voorsien. Bel Lillian by 053-830-6241 om die bywoning te bevestig of vir enige navrae.
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 JULIE 2013
Journalism a calling JOURNALISM is a widely exaggerated, underappreciated job viewed in two lights: either overly-romanticised (blame Ugly Betty, 7de Laan or The Devil Wears Prada) or as life-threateningly dangerous. Many of my classmates are changing courses after their first semester of Media Studies and Journalism after Margaret Linström, veteran journalist and lecturer at Kovsies, made it clear that we had to clear our minds of the pre-set ideas we had of journalism. Many thought they were going to waltz into some or other magazine’s office and immediately become fashion editor or constantly find themselves at the scene of a violent crime. The truth is that journalists are at the bottom of the food chain despite the fact that the public thinks they have the immense power to change the world. We get yelled at by angry readers, bothered by members of the public thinking that it’s our job to solve their issues for them and don’t even get rich while doing so. We don’t get invited to fashion shows, we don’t interview celebrities, not from the getgo at least, and we don’t get to hang out at a bar with friends every night like Robin from How I met your mother. We are never off the clock. If you want a nine-to-five-job behind a desk, said Margaret, then this is not for you. I blame movies and television for the above-
mentioned view of our profession. Journalists are portrayed as people who have loads of free time and get tons of freebies (the only freebies we get, is that free screaming session from an upset reader or source). Also, we don’t start out as big-time reporters or editors like portrayed in Friends with benefits. You start at the bottom with a bottom salary. This is the reality. Journalism is not a job. It’s a life. If you want a job, become an accountant or secretary, because then you get to be off the clock. With journalism, you’re always working and can never turn a blind eye. It’s a calling. It’s not glamorous or romantic and very seldom is it dangerous. There’s a reason something is called a television series instead of a life series – because it’s not based on real life. Journalism, as I have experienced it, is as real as it can get. ) Zanri is a first-year student at the University of the Free State (UFS), studying Media Studies and helped out at Noordkaap for two weeks.
Laat hul stem hoor VYF van die Laerskool Eureka se redenaars het ’n onlangs na die halfeindronde van die ATKV se redenaarskompetisie in die Noord-Kaap gevorder. Marozé van den Berg is boonop as die wenner in die gr. 1 tot gr. 3-ouderdomsgroep aangewys. Die redenaars is van links Jacoline Harmse, Marli Noëth, Elcke Katzke en Marozé. Afwesig: Danelle Jacobs. Foto: Ruan Bruwer
Triathlon helps Cansa THE Cansa TLC (Tough Living with Cancer) Challenge is a triathlon taking place on 27 July at Virgin Active in Kimberley. With the option of beginner or intermediate, both gym and non-gym members can join for the day. The cost is R100 per person. With a combination of running on the treadmill (5 km), cycling (7 km) and laps (24) in the pool, it is sure to give one a great workout. For intermediate or beginners the distances are 2 km run, 4 km cycle and 12 laps in the pool. Ten triathletes can take part per hour. The triathlon starts at 07:00. One can register in a suitable time slot from 07:00 until 15:00. All funds raised go to the TLC programme. For any enquiries Cara Noble can be contacted on 083-784-5596. Noble can also be contacted on 053-8312968.
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 JULIE 2013
9
Toets jou kennis Sportredaksie JY kan in Noordkaap en SuperSport se sporttrivia-kompetisie jou reputasie as sportkenner ’n hupstoot gee. Weekliks word ’n paar sportfeite en statistieke gegee en in die laaste uitgawe van elke maand word twee vrae gevra. Die antwoorde kan uit die vorige weke se inligting kom, of nie. Die leser met die korrekte antwoorde sal ’n geskenkpak van R250 van SuperSport wen. Die tweede toets (van vyf) om die As tussen Engeland en Australië begin Donderdag op “die tuiste van krieket”, Lords in Londen. Hier is ’n paar interessanthede oor dié eeue oue reeks: ) Die naam van die reeks het sy ontstaan in 1882 gehad, ’n toetsreeks wat deur Australië gewen is. Die span van Engeland en sy ondersteuners was só erg omgekrap oor die nederlaag dat hulle die paaltjies verbrand het. Daardie as is in ’n flessie aan die Aussies gestuur. ) Die manne van Doer Onder het 133 toetse teenoor die Engelse se 103 gewen. ) Engeland se hoogste totaal was 903/7 verklaar op die Oval in 1938. Australië se grootste totaal was 729/6 verklaar op Lords in 1930. ) Engeland se laagste lopietotaal is sy 45 wat hy in 1887 in Sydney bymekaar kon skraap. Die Aussies se skamele 36 almal uit in 1902 in Birmingham is sy laagste nog. ) Die grootste sege in die geskiedenis om die As was in 1938 se toets op die Oval waarin Engeland met ’n allemintige beurt en 579 geseëvier het. ) Die Australiese legende Don Bradman hou die rekord vir die meeste lopies in die geskiedenis van die As. Hy het in 37 toetse 5 028 lopies teen ’n gemiddelde van 89,78 opgestapel. ) Australië se Shane Warne se 195 paaltjies in 36 As-toetse is die meeste deur enige speler.
All of us at Harmony Gold are united by our values, ensuring that we measure, we measure up and we deliver.
Title: Analytical Chemist Grade II
Operation: Assay Laboratory, Welkom (Free State)
Minimum requirements: • National Diploma/Degree: Analytical Chemistry • Basic Statistics skills • Computer literacy • 2-5 years’ Assay Laboratory experience • The ability to work under pressure • Self-motivated • The ability to work in a team
Role and responsibilities: Fire Assay, application and knowledge of atomic absorption, parting, weighing, bullion, water, carbon, SAPS samples, leaching techniques, XRF, accreditation and quality control Contact person: Teboho Mohatlane Designation: HR Practitioner Fax: 086 527 5043 E-mail: teboho.mohatlane@harmony.co.za Closing date: 23 July 2013
If you have not received any correspondence within 21 days after the closing date, regard your application as having been unsuccessful
OUR VALUES VALUES www.humanjobs.co.za
Human Communications 100693
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 JULIE 2013 at 15:00. Please submit a complete CV with all the relevant documents attached (e.g. licence, ID, certificates, etc.) OPREGTE PLAASHONDE - MODDERRIVIER. Boerboel-/Rifrug-kruisinghondjies. 3 tefies en 3 reuntjies. Beskikbaar vanaf 21 Julie 2013. Ontwurm en ingeënt, R800 elk. Kontakbesonderhede E-pos: kiepnel@gmail.com Susan Nel: 083 452 4055 Johan Nel: 076 780 2000
BACHELOR FLAT to let. R2 300 p.m. from 1 August 2013. 084 800 8046.
PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194. SKAKEL MY VIR al u tuinbesproeiings benodighede. 084 475 0603
KONTANT VIR MOTORS, bakkies, 4x4's, lorries, kombi's, busse, trekkers en karavane. 072 472 8686/ 053 963 1409.
CVs can be faxed/e-
mailed to: Jacorien Muller, 086 293 9435 or e-mailed to: jacorien@interstate.co.za Clearly indicate the title of the position applying for!
BUS DRIVERS
KUNSKLASSE. OLIE- EN AKRIELVERF. Houtsneë, lapverf. Tel. 053 833 1338/082 491 2466.
CVs can be delivered
at: CENTRAL PARK DEPOT OR AT HEAD OFFICE, 246 CHURCH STREET, BLOEMFONTEIN.
PROMPT SALES REPRESENTATIVE (AA/EE) BLOEMFONTEIN: Global Co. seeks driven Sales Reps with FMCG sector exp. Matric, valid driver's licence and own car is required. E-mail CV to robynj@mpc.co.za or fax to 086 760 5513.
Interstate Bus Lines is currently recruiting bus drivers. All interested individuals who comply with the following requirements are invited to submit their CVs.
JOB REQUIREMENTS
*A minimum qualification of grade 8 (preferably grade 10) *Minimum of 2 years' bus driving/heavy vehicle driving experience *Able to work shifts *Valid Code EC/EC1 0,4/C licence (C1 licences will not be accepted) *Valid Professional drivers permit (PrDP) *Must have good interpersonal relations *Must have a good working history *Good health
CLOSING DATE:
Friday, 2 August 2013
Shortlisted candidates will be subjected to psychomotoric testing. Only shortlisted candidates will be contacted. Credential checks will be conducted. KLEUTERSKOOL VERLANG DIENSTE van 'n persoon wat voldag kan werk as kok en baba-versorger. E-pos CV na: almarie1@vodamail.co.za Aansoek sluit Maandag 29 Julie 2013.
BRIDGING CASH while waiting for
PENSION/ PACKAGE payout (lump sum only)
Cash same day
086 1101 388 083 6700 788
BOEDELKENNISGEWING.
In die boedel van wyle Sophie Dephuzuldhd Sampson, nr. 800/10. Identiteitsnommer: 700308 0755 082, oorlede op 11 Januarie 2010, van Raymond Ackermanstraat 97, Kleinvlei 7100.
Krediteure en debiteure in bogemelde boedel word versoek om hulle vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal by ondergetekende binne 'n tydperk van 30 (DERTIG) dae vanaf 6 Junie 2013. K NIEUWENHUIS PROKUREURS VIR EKSEKUTEUR p/a NIEUWENHUIS PROKUREURS DIRKIE UYSSTRAAT 6 BELVILLE 7530 POSBUS 204 BELVILLE 7535
VERWYSING: KOBIE NIEUWENHUIS
LODGE ASSISTENT VIR GASTEPLAAS:
Vereistes:
Ondervinding van Gastehuis / Lodge bestuur; Rekenaarvaardig, tweetalig, enkelpersoon, eerlik en hardwerkend, eie vervoer. CV 'n vereiste.
Skakel 082 676 0276 / 082 575 9859 / 082 455 3636
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 JULIE 2013
Brummer tuis by Griekwas Ruan Bruwer
FRANCOIS BRUMMER (24) het sy provinsie van herkoms (Blou Bulle) en land net mooi op alle moontlike ouderdomsvlakke verteenwoordig. Al wat ontbreek, is die Springbok-trui. Hy moes lank met Morné Steyn by die Bulle meeding en om meer speelkans te kry het Brummer hom aan die begin van 2012 by Griekwas aangesluit. Dié losskakel en heelagter het sedertdien 22 wedstryde (10 Curriebeker- en 12 Vodacombeker-wedstryde) hier gespeel en 158 punte aangeteken. Waar het jy grootgeword en waar was jy op hoërskool? Ek het in Pretoria grootgeword en aan die Hoërskool Waterkloof gematrikuleer. Kan jy jou heel eerste drie onthou? Ja, dit was deur bulletjie-rugby toe ek ses jaar oud was. Wie was jou rugbyheld toe jy ’n tjokkertjie was? Die voormalige All Black-towenaar-losskakel en deesdae afrigter, Carlos Spencer. Wat was jou grootste rugby-oomblik of -prestasie? Om Superrugby (vyf wedstryde vir die Bulle in 2010 en 2011 en een vanjaar vir die Cheetahs) en vir die Junior Bokke (2007 tot 2009) te gespeel het. En jou grootste teleurstelling? Beserings wat jou uit die spel hou. Wat verg dit om ’n goeie provinsiale rugbyspeler te wees? Dissipline en harde werk. Wanneer het jy jouself die eerste keer op TV gesien? Dit was in ’n Paastoernooi vir my skoolspan. Wat is die snaaksste ding wat al met jou of ’n spanmaat op die rugbyveld gebeur het? ’n Speler wat ’n R5 op die veld opgetel het en afgehardloop het om dit vir die meneer
FRANCOIS BRUMMER langs die kantlyn te gee om vir hom op te pas. Watter vraag vra mense buite Kimberley jou meestal as jy sê jy speel vir die Griekwas? “Lewe oom Bushy nog?” en “geniet jy dit?” Wat is die lekkerste en slegste ding daarvan om vir die Griekwas te speel en hier te woon? Die lekkerste is die mense, die soort rugby wat ons speel en almal wat goeie vriende is. Die slegste is dat hier nie veel in Kimberley aangaan nie. Halfway House of Springbok Pub? Springbok. Wat is die een groot voordeel daarvan om ’n professionele rugbyspeler te wees? ’n Mens kry baie perks en jy kan ’n rolmodel vir kleintjies wees. Het jy enige byname en hoe spreek jou spanmaats jou aan? Swys.
11
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 JULIE 2013
Sport Die Diamantstad se koerant
Span stel teleur Ruan Bruwer
DIE Griekwas se sentrale Cravenweekspelers het ’n tweede jaar agtereenvolgens met hul koppe omlaag teruggekeer. Die vertoningslys lees een uit drie gewen. Maar dit is die twee spanne teen wie hulle vasgeval het, albei kere oortuigend, wat moeilik verteerbaar is. Die ringkoppe van die Griekwas sal veral bekommerd wees. Zimbabwe (verloor 17-35) en Namibië (10-27) is nie spanne wat jy as kragte op die Cravenweek sou beskou nie. Om dus teen dié twee spanne slae te kry was uiters teleurstellend. Die Noord-Kapenaars het verlede jaar ook teen Namibië vasgeval. Volgens Danie Slabbert, voorsitter van die Griekwaland-Wesse Rugbyunie, is baie meer van die span verwag en was die vertonings teleurstellend. “Ek dink ook die spelers is ontevrede met hul spel. Sekere individuele spelers het net eenvoudig nie
na wens vertoon nie. Ons het van sekere senior spelers meer verwag, maar hulle het nie gepresteer nie. Dit het die span nadelig beïnvloed.” Slabberts reken die probleem lê nêrens anders as by die spelers se spel nie. “Nee, ons het ’n bekwame afrigtingspan en daar is genoeg geoefen. Ons het net nie vorm in die toernooi gehad nie,” het hy gesê. Spelers wat op die eerste dag teen Namibië vir hulself gespeel het, sowel as swak dissipline, het sake geensins vergemaklik nie. Namibië se losskakel, Chris Arries, het vyf strafdoele deur die pale gejaag. ’n Tikkie troos was die laaste dag se uitslag teen Grens-Platteland toe die Griekwas hom met 5-94 afgeslag het. Dit was verreweg die grootste sege op die week. Ook Griekwas-Platteland se uitslae was nie juis iets om oor opgewonde te raak nie. Ná ’n oortuigende sege oor Grens-Platteland-span (51-0) op die tweede dag het nederlae teen die Valke (24-54) en Luiperds (17-34) gevolg.
JACQUES NEL skud ’n verdediger van Namibië af. Nel, wat tussen binne- en buitesenter gewissel het, het op die laaste dag teen Grens-Platteland-span ’n driekuns aan drieë behaal. Foto: Coca-Cola