Noordkaap 1 Mei 2013

Page 1

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331

Woensdag 1 Mei 2013

www.noordkaap.co.za

GRATIS

Pret met hoede

DIE Elizabeth Conradie­skool (Elcon) het Vrydag ’n wyle van die skoolboeke vergeet en net pret gehad wat hulle die Delirious Hat Day genoem het. Die onderwysers het soos die leerlinge aangetrek, die leerlinge het gewone klere gedra en almal (ook die onderwysers) het met ’n hoed skool toe gekom. Die onderwysers, wat vir die dag weer kind was, is van links, voor: Samantha Jacobs, Mary Colloty, Annemarie Heathcote, Esmaré Erasmus en Grace Wechwenyo; agter: Rodriquo Januarie, Beaulah Cohen, Tracey Herman, Loulise Mathews, Jan Flemming en Sandra Stemmet. Foto: Ruan Bruwer

An era comes to an end Kidson leaves Griqualand West Cricket after 20 years Ruan Bruwer YESTERDAY a 20-year era came to an end at the Griqualand West Cricket Union. It was the final day at work for Brian Kidson, commercial director at Griquas. He has decided to leave the union. This decision was first announced at the prize-giving ceremony the week before last. “Although this is the end of an era I am confident about the future of Griquas. I’m leaving Griquas in the best possible hands. I’m positive Griquas will grow from strength to strength. “I have no regrets and I’ve made the decision in my best interest. “It was a hard decision to make.

I have great memories and I’m privileged to have made the friendships I have throughout the cricket family. I hope I have contributed to cricket in South Africa,” he said during an emotional speech. He pleaded to the national cricket body, Cricket South Africa, to look after the smaller unions. “We may not be the biggest and the healthiest, but we are driven by passion. Please recognize the contribution by these people in this province. “We tend to forget to praise ourselves. We do extremely well.” Kidson, known for being very loyal, said people will still often find him at GWK Park and the Diamond Oval where he’ll be supporting Griquas.

“I will always support Griquas in each and every sport code.” According to him, there were only four personnel when he started here in 1993, and of these it is only Sipho Mzimba, the groundsman, who is still around. He says that a lot has changed and that they’ve come a long way since then. In those days Griquas only used to play six matches a year – three at home and three away. One of the major achievements highlighted by Kidson was the first day/night provincial match played at the Diamond Oval between Griquas and Western Province in 1996. Since then a number of international matches, including three world cup encounters, has regularly been awarded to the ground.

Winning the Standard Bank trophy in 1999 and how the cricket facilities has grown, as well as the players they have produced for the national team, is some of the other best moments of his stint of two decades. “I will remain available to the union and will still be around. Remember, I am not retiring, I am only leaving Griquas. For now I just want to spend more time with my family. Although there was stress in the job, I still enjoyed it. Off course there were challenges, but we made it work,” he told Noordkaap. Kidson was a fine all-rounder in his day and played for Griquas between 1987 and 1990. He has a background of working in the financial sector.

BRIAN KIDSON


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 1 MEI 2013

Ondernemings kry swaar oor straat André Botha

SAKEONDERNEMINGS rondom Bultfonteinweg langs die Groot Gat kry swaar sedert die sluiting van die straat vyf jaar gelede, terwyl die Sol Plaatje-munisipaliteit toelaat dat taxi’s onwettig in die straat parkeer. Minstens een groot onderneming in die omgewing wat geskuif het, omdat hy nie in die gebied kon voortbestaan nie, het later toegemaak omdat sy nuwe perseel nie geskik was nie, sê Sharon Steyn, uitvoerende hoof van die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Industrie (Nokki) in Kimberley. Steyn en Nokki veg al sedert die sluiting van die straat om dit weer oop te kry. Die straat, wat reg langs die Groot Gat verbyloop, is gesluit nadat De Beers gewaarsku het gevaar bestaan

dat die straat in die Gat kan afstort. Luidens ’n verslag van De Beers was die kant van die Gat aan die straat se kant onstabiel. ’n Latere verslag het aangedui verskuiwing van die grond het dit meer stabiel gemaak. De Beers het egter nog nie sy waarskuwing teruggetrek nie. Steyn sê geen terugvoer oor ’n klagte wat Nokki hieroor by die openbare beskermer ingedien het, is nog gekry nie. Volgens haar is daar sprake dat De Beers die straat koop. “Waarom wil hy dit koop as dit ’n potensiële rampgebied is?” Sy sê die munisipaliteit het die sakegemeenskap gevra om te help om die sentrale sakekern te laat herleef. “Die Bultfonteinweg-gebied is die ideale plek om die

herlewing te laat begin. Daar is verskeie ondernemings in die gebied wat wil ontwikkel, maar hulle weet nie wat met die straat gaan gebeur nie.” Sy sê die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Industrie (Sakki) verwys daagliks moontlike beleggers na haar wat Kimberley toe wil kom. Die Bultfonteinweg-kwessie, saam met die stad se hoë kragtariewe (die hoogste in die land), skrik egter beleggers af. Sy het by die munisipaliteit vasgestel dat die taxi’s wat nou in die straat parkeer nie toestemming daarvoor het nie. Daar was ook geen aansoek om die straat as taxistaanplek te gebruik nie. “Daar is net twee opsies. Sluit die straat heeltemal of stabiliseer die grond sodat dit heropen kan word.”

DIE CC Riders en lede van verskeie ander motorfietsklubs in Kimberley het voorverlede Saterdag ’n motorfietsbewusmakingsaksie in die stad gehou. Die gedagte daarmee was om aandag op motorfietse, wat ook ’n reg op die land se paaie het, te vestig. ’n Paar van CC Riders se motorfietsryers is die afgelope tyd in ongelukke dood. Foto’s: Verskaf

’n Krans vir afgestorwene

FCJ disappointed about Secrecy Bill THE Forum of Community Journalists (FCJ), of which Noordkaap is a member, is disappointed with government’s decision to push ahead in their efforts in having the Protection of State Information Bill, commonly known as the Secrecy Bill, signed into law. It would seem that government has forgotten that Section 16 of the Constitution of the Republic of South Africa enshrines the right to freedom of expression which states: “Everyone has the right to freedom of expression, which includes: (a) Freedom of the press and other media; (b) Freedom to receive or impart information or ideas; (c) Freedom of artistic creativity; and (d) Academic freedom and freedom of scientific research.”

As an industry body representing community and local media journalists, we view this bill not only as a blatant attack on press freedom, but also an attack on our fragile democracy. It is the FCJ’s belief that this bill is nothing more than an attempt by government to silence those who speak out against corruption and crime by criminalizing whistle-blowers. The FCJ therefore supports any action to put an end to this planned injustice against the people of South Africa. The FCJ is an independent, non-profit, non-racial and voluntary organisation striving to promote and express the interests of all journalists employed on a permanent or freelance basis at regional and community newspapers in South Africa.

DIE hoogtepunt van die verrigtin­ ge was ’n kranslegging vir ’n lid van die klub, Ian Botha, wat verle­ de jaar op die plek deur ’n motor getref is waarna hy gesterf het.

LUG JOU MENING GRONDWETLIKE HERSIENINGSKOMITEE Uitnodiging vir Openbare Voorleggings Ingevolge Artikel 45(1)(c) van die Grondwet van die Republiek van SuidAfrika, 1996, moet die Grondwetlike Hersieningskomitee die Grondwet jaarliks hersien. Derhalwe word lede van die publiek genooi om skriftelike voorleggings aan die Grondwetlike Hersieningskomitee te doen oor spesifieke gedeeltes van die Grondwet wat na hulle mening hersien moet word. Afskrifte van die Grondwet kan by die naaste kantore van die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling, die Regeringskommunikasieen Inligtingstelsel (RKIS) of by die veeldoelige gemeenskapsentrum in jou omgewing bekom word. Navrae, asook skriftelike voorleggings, kan gerig word aan me. Pat Jayiya, Komitee-afdeling, Posbus 15, Kaapstad 8000, W/S 3/091, Pleinstraat 90, tel: 021 403 3661, faks: 086 697 5384 of 021 403 2808, selnommer: 083 709 8453 (e-pos: pjayiya@parliament.gov.za). Die sluitingsdatum vir voorleggings is Vrydag, 31 Mei 2013.

Uitgereik deur: Inkosi S.P. Holomisa en mnr. B.A. Mnguni Mede-voorsitters: Grondwetlike Hersieningskomitee

Parlement. Help ons om Demokrasie te laat werk.

111954 NOORDKAAP

www.ayandambanga.co.za


NOORDKAAP, WOENSDAG 1 MEI 2013

3

Pret op hoededag DIE Elizabeth Conra­ dieskool (Elcon) het Vrydag ’n wyle van die skoolboeke vergeet en net pret gehad wat hul­ le die Delirious Hat Day genoem het. Die on­ derwysers het soos die leerlinge aangetrek, die leerlinge het gewo­ ne klere gedra en almal (ook die onderwysers) het met ’n hoed skool toe gekom. Daar is vir die laer­ en hoërskool­ leerlinge elk ’n kompe­ tisie vir die interessant­ ste hoed gehou. Die la­ erskoolwenners is van links Abigail Maartens, Elouize Jooné en Ken­ nedy Kakamba.

VAN links is Thristan Seeley (eerste), Heinrich Truter (tweede) en Tha­ to Modise (derde), die wenners van die hoërskoolleerlinge.

Foto’s: Ruan Bruwer

Feesblad ’n diamant Ruan Bruwer BAIE harde werk en ’n spanpoging soos min. Dít was die fondament vir die uitreiking van die Hoërskool Diamantveld se feesblad wat voorverlede week op ’n spesiale geleentheid by die skool bekendgestel is. Die blad is ’n samevatting van die skool se beste sport-, kultuur- en akademiese prestasies en hoogtepunte oor 75 jaar (1935 tot 2010) en bevat baie foto’s, die meeste daarvan in kleur. Volgens dr. Johan Scholtz, voorsitter van die Oud-skolierebond en een van die kernbelanghebbendes wat daartoe bygedra het dat die feesblad uitgereik is, het dit amper nie plaasgevind nie. “Dit het ongelukkig ’n jaar stilgestaan en daar het selfs twyfel bestaan of dit ooit sou gebeur. “Maar sedert Vida Allen en Sunet Swanepoel van die McGregor-museum in 2011 by die navorsingswerk betrokke geraak het en diep gedelf het vir al die nodige inligting het die feesblad weer momentum gekry.” Hy sê die gedagte van die feesblad het aanvanklik by Basjan Reinhardt, toe nog Diamantveld se bedryfsbestuurder, ontstaan. Cora de Kock, wat as voorsitter van die feesjaarkomitee opgetree het, het

KERNBELANGHEBBENDES. Cora de Kock ontvang haar spesiale eksem­ plaar (die omslag is in leer gebind) van dr. Johan Scholtz, voorsitter van die Oud­skolierebond. Albei het ’n groot bydrae gelewer om die feesblad uit te reik. Foto: Verskaf ’n groot bydrae gelewer. Daarna het die projek in Scholtz se skoot geval. “Dit gee ’n mens hoendervel,” het Scholtz die gevoel beskryf wat hy gekry het toe hy die eerste eksemplaar in sy hande vasgehou het. “Dit is ’n mylpaal. Veral as in ag geneem word ons het amper handdoek ingegooi.” Hy het ook die naam van Kitty Smit genoem wat 21 jaar aan die skool Afrikaans onderrig het. Sy was vir die

taalversorging verantwoordelik. ’n Beperkte getal leergebinde boeke is ook gedruk wat aan die belanghebbendes gegee is. Scholtz, ’n oudleerling van die skool, is sedert 2005 by die Oud-skolierebond betrokke en dien in sy derde termyn in die beheerliggaam. Hy het nie meer kinders in die skool nie, en sy toewyding spreek dus van sy liefde vir Diamantveld. ’n Eksemplaar kos R300.


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 1 MEI 2013

Gaan Lucas die broek dra? DIE Noord-Kaap het van vandag af ’n nuwe premier, die derde in ’n bietjie meer as ’n jaar. Sylvia Lucas is eindelik permanent in Hazel Jenkins se plek aangestel nadat Grizelda Cjiekella langer as ’n jaar in die pos waargeneem het. Dit is goed Cjiekella is eindelik van haar bykomende verpligtinge verlos, want haar pligte as LUR van onderwys eis reeds sy pond vleis en kan nie verdeelde aandag bekostig nie. Alle oë sal nou op Lucas wees met skommelinge wat in die wetgewer verwag word. Wat veral interessant gaan wees, is of sy, anders as haar twee voorgangers, die moed gaan hê om die omstrede John Block en Alvin Botes (onderskeidelik LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en

toerisme en LUR vir maatskaplike ontwikkeling), van hul poste te onthef terwyl die wolk van bedrogklagtes oor hul kop hang. Jenkins en Cjiekella was albei gereeld in die hof waar hulle Block ondersteun het. Lucas is bekend as iemand met integriteit. Daardie integriteit sal egter nou op die proef gestel word. Die vraag is nou of sy haar stempel uit die staanspoor gaan afdruk en of sy na haar eie belange gaan omsien. Gaan sy bereid wees om in die naam van deursigtigheid die ongewilde politieke besluite te neem? Een daarvan sal wees om haar sterk teen korrupsie uit die spreek en Block en Botes eenkant te stoot tot tyd en wyl hul onskuld op die bedrogklagte bewys word.

SKETS: Danie Cronjé

Mag ons ons kinders ‘verkoop’? Hannes Noëth EK onthou hoe hy met sy groot rugbylyf voor my gesit het. Dié hoërskoolseun. Ek kan ons gesprek nie vergeet nie. Die groot liggaam met die seer hart. Sy hele wese het hy voor my uitgestort. Sy meisie het gesê hy moet. Ter wille van homself. Ter wille van hul verhouding. Sy kan nie so met hom uitgaan as hy so kwaai bly nie. Hy moet sy aggressie uitkry. Hy is kwaad vir ander en dan moet sy dit ontgeld. Sy gaan dit nie langer verdra nie, hy moet sy seer gaan uithaal. ’n Mens wonder wat kan so ’n groot lyf seermaak. Maar iets kan. Die beperktheid van eie keuse. Hy is ’n sport-prostituut (sy woorde), vertel hy my. Ek verstaan nie. Hy moet eers mooi verduidelik.

Sy ouers het sy lyf vir sport aan ’n skool verkoop. Is dit nie maar ’n saketransaksie nie? Spaar hulle nie net baie geld nie? Nee, sê hy, nie as dit hom ontneem van eie keuse van vriende, ’n skool en eie mens wees nie. Hy wou self kies om daar te wees of nie te wees nie. Hy wou nie verkoop word nie. Lojaliteit is vir hom belangrik. Hoe is ’n mens lojaal as ’n volgende skool se aanbieding weer deur sy ouers geweeg word? Dit was die eerste van ons twee se gesprekke. Daarna sou daar baie volg. Vandag is sy skoolloopbaan ver-

by. Hy speel steeds, nou vir ’n provinsiale span. ’n Leefwêreld waarin kontrakte heen en weer tussen unies gesluit word. Hy is deel van daardie proses. ’n Wêreld van geld en professionele rugby – steeds sal hy die eerste wees wat vir jou sê ’n mens verkoop nie ’n kind se liggaam of siel vir sport nie. Hy spreek hom sterk daaroor uit. Sport is ’n werk, ja. Vir hom ’n vaste werk. Maar dit voel anders. Dit voel anders as die tyd toe hy ’n sport-prostituut vir sy ouers en ’n skool was. Nou het hy ’n keuse. Nou speel geld ’n rol, ja, maar hy kan kies. Vir wie hy speel en waar. Vyf jaar gelede kon hy nie kies nie. Toe moes hy. En ek wonder of grootmense en ouers altyd weet wat hulle doen?

Adverteerdersnuus/Business news

WESTEND­VLEISMARK’S Adriaan de Klerk (left, owner) and Christo Botma (manager) with their awards from the last five years in the Cleaver Awards. The latest one (on top) is a national gold award in the category butcheries with three or fewer till points. Photo: Ruan Bruwer

Butchery awarded gold A BIG award came Westendvleismark’s way when they were named runners-up in the national Cleaver Awards in the category: butcheries with three or fewer till points. Nominations were opened towards the end of last year for consumers around the

country to vote and nominate their best butchery. Winners were chosen by senior members of the meat production and retail industry, award finalists, judges and the media. The winners in each category received platinum awards and the runners-up

gold awards. As runners-up Westendvleismark received a R10 000 cash prize as well as a gold award trophy. The previous five years they were winners in the regional category. This is the first time they made it big nationally.

Verlaat Human Auto ná 45 jaar WILLIE HUMAN, bestuur­ der van Human Auto in Kimberley, het gister ná 45 jaar diens by dié motor­ handelaar die tuig neerge­ lê. Human Auto is in 1950 gestig en Human het in 1968 daar begin werk. Sy dogter Karen Möller gaan die leisels by hom oor­ neem. Sy beskik oor 16 jaar ervaring in dié bedryf. Foto: Earl Rynard

Die Diamantstad se koerant

Tel. 053 831 2331 Faks 053 831 2330

Posbus 1583 Kimberley 8300

Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw


NOORDKAAP, WOENSDAG 1 MEI 2013

PLUS EARN POINTS

SAVE 10.00

Bulk Pork Pack

SAVE 6.00

SAVE 5.00

1449

Each

SAVE 4.00

All Gold Tomato Sauce 700ml

DairyBelle In Shape Fat Free or Fruits of The forest Low Fat Yoghurt Assorted 1kg

995 Each

SAVE 3.00

Sparletta Soft Drinks Assorted 2 litre

NOW ONLY

Each

NOW ONLY

NOW ONLY

1495

2499

Each

SAVE 8.00

PnP no nameTM Chicken, Red or Smoked Viennas 1kg

PnP no name Frozen Chicken Braaipack 1.8kg TM

(Consists of Roast, Chops, Rashers & Stew Cuts)

NOW ONLY

2999

NOW ONLY

3299

NOW ONLY

Product has been styled for photography

NOW ONLY

WEEKLY WINNERS

1689

Each

SAVE 4.54

Sunlight Dishwashing Liquid Assorted 750ml (Excluding Antibacterial)

16999 SAVE 19.96

Jack Daniel’s Tennesee Whiskey 750ml

NOW ONLY

NOW ONLY

NEW

13799

CASE PRICE

3899 Ariel Auto Washing Powder 2kg

per case

SAVE 19.00

Carling Black Label Non-returnable Bottles 24 x 340ml or Cans 24 x 330ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Always there for you PRICES VALID 30 APRIL - 5 MAY 2013 AT ALL PICK N PAY SUPERMARKETS, FAMILY STORES, MINIMARKETS AND HYPERS

IN GAUTENG, FREE STATE, NORTH WEST, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN AND VRYBURG. EXCLUDING BOTSWANA, NAMIBIA, SWAZILAND, LESOTHO AND EXPRESS STORES. smart shopper points will still apply in Express and Daily Stores.

www.picknpay.co.za

Please Recycle

CUSTOMER CARE

TOLL FREE: 0800 11 22 88 (LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

1177081B_E

5


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 1 MEI 2013


NOORDKAAP, WOENSDAG 1 MEI 2013

7


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 1 MEI 2013

Nataniël in Kby vir een konsert NATANIËL is een van Suid-Afrika se mees geliefde en gerespekteerde verhoogkunstenaars en op Vrydag 10 Mei sal hy vir ’n enkele konsert in Kimberley wees. Nataniël in Concert sluit van die gewildste Afrikaanse en Engelse verhale uit Nataniël se pen in. Hoogtepunte uit sy landwye vertonings en sy unieke sketse sal die gehoor laat skaterlag. Nataniël deel die verhoog met die pianis Charl du Plessis. Hy begelei Nataniël reeds 14 jaar al

en is geen onbekende in Kimberley nie – hy is immers hier gebore. Nataniël sal musiek sing wat insluit jazz, blues, rock en pop-musiek, asook sy eie oorspronklike musiek. Die kaartjies kos R120 en sitplekke is onbespreek. Die kaartjies is by Maria Greyling by die Hoërskool Diamantveld beskikbaar. Dit begin om 19:00 in die Cerff-saal van die skool. Vir verdere inligting bel Ina Olivier by 082-440-3303.

Kuns hier te sien DIE gedagte is om ons kuns toegankliker te maak en om daardie rede word ’n kunsuitstalling so tussendeur die winkels in ’n plaaslike winkelsentrum gehou. Die eerste probeerslag verlede jaar was heel suksesvol en het groot belangstelling ontlok. Die plan is om dit ’n gereelde instelling te maak. Die uitstalling van skilderye deur Brian Lloyd, Bernardine Ziegler, Steph Corns en Lidi Gelderblom sluit olieverf-, waterverf- en akrielwerke in en handel oor ’n wye spektrum onderwerpe. Besoek gerus die Vrydag en Saterdag die uitstallings in die Diamond Pavilion Shopping Mall naby die roltrap voor Edgars.

Manne kuier saam VIER gerekende rugbymanne kom op Donderdag 2 Mei by die Hoërskool Adamantia vir ’n manne-steakaand bymekaar. Die oud-Bokke Kobus Wiese, Breyton Paulse en Vlok Cilliers, sowel as die Bok-losskakel Morné Steyn, sal die aand rugbysake gesels. Die publiek kan ’n tafel vir agt mense bespreek vir R2 000 of ’n enkelkaartjie koop teen R250 stuk. Daar sal ’n kontantkroeg beskikbaar wees. Verskeie memorabilia soos getekende truie, balle, wyn en jagpakkette gaan opgeveil word. Slegs 300 mense kan die geleentheid bywoon. Dit begin om 18:30. Vir bespreking bel die skool by 053-833-3557.


NOORDKAAP, WOENSDAG 1 MEI 2013

Learners get creative THE Bloodhound project invites learners in the Northern Cape to participate in a competition to design artwork for a helmet for Andy Green, the fastest man on earth. Andy is the holder of the world land speed record and he will also be in the cockpit of the Bloodhound supersonic car. This very special and extremely fast car will attempt to break the world land speed record in 2014 and reach 1 600 km per hour in 2015. These supersonic runs will take place at Hakskeenpan, a large, flat dry lake bed near Groot Mier in the Northern Cape. Andy’s helmet will be seen around the globe when the car runs on Hakskeenpan – so this is a unique opportunity for a young artist from the province to achieve worldwide visibility. You can see what the car will look like by visiting the project web site at www.bloodhoundssc.com. “We encourage the young designers to work with the blue and orange colours of Bloodhound as well as to represent South Africa and the Northern Cape in the design,” advises Wendy Maxwell, education officer for the project. Learners must use the official competition template (A3 size) and must ask their teacher and head teacher to sign their work. All entries must reach the William Humphreys Art Gallery (PO Box 885 Kimberley 8301) by 3 May at the latest. If you have access to the internet and an A3 printer, you can download the competition template at http://www.bloodhoundssc.com/ helmetdesign. You can also get hold of a template by sending your name and postal address to Wendy at sabloodhound@gmail.com.

Lianie weer hier AANHANGERS van die sanger Lianie May sal bly wees om te verneem sy tree weer die Vrydag om 21:00 in die Flamingo-casino (Bar 129) op. Kaartjies kos R80 stuk.

Simple business and technology solutions that are easy to implement and quick to master.

Date: 23rd May 2013 • Time: 08:00 – 10:00 • Venue: Hoerskool Diamantveld, 2 Voortrekker Street, Kimberley

Learn how to:

6SDFH LV OLPLWHG VR SOHDVH UHJLVWHU QRZ WR FRQÀUP \RXU SODFH

9


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 1 MEI 2013

PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194. UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAKS 053 832 1951

DEBT CONSOLIDATION: Blacklisted? Earning more than R3 000? Phone Mogotsi 071 947 4578.

HARTENBOS: Netjiese akkommodasie. Heeljaar beskikbaar. Lae tariewe buite seisoen. Ook eiendom te koop. Skakel 083 236 1294 of 044 695 0682

BRIDGING CASH while waiting for

KLEIN MOTOR OF bakkie gesoek, R20 000 - R30 000. 071 967 0285/053 963 1409

PENSION/ PACKAGE payout (lump sum only)

Cash same day CASSANDRA: 1-SLKWOONSTEL te huur. R3 200 p.m. Koopkrag, water ingesl. Beskikbaar 1 Mei 2013. Skakel 084 475 0603

086 1101 388 083 6700 788

Min tyd vir benoemings LEDE van die publiek het nog net tot 10 Mei kans om mense te benoem wat hulle dink die titel van Noord-Kapenaar van die Jaar werd is. Kumba Iron Ore is vanjaar weer die hoofborg van die Noord-Kapenaar van die Jaarkompetisie. Dié projek, ook in samewerking met GWK as een van die borge, bereik op 28 Mei ’n hoogtepunt op ’n glansgeselligheid in die Horseshoe-motel in Kimberley. Die doel van die kompetisie is om individue en instansies wat ’n verskil maak te vereer. Danksy die groot belangstelling word die basiese reëls en kriteria weer verskaf. Wat betref benoemdes as Noord-Kapenaar van die Jaar geld die volgende riglyne: Die benoemde moet ’n Noord-Kapenaar of iemand met besonder sterk bande met die Noord-Kaap wees. Die benoemde word vereer vir besondere diens aan die mense of natuurlike omgewing van die Noord-Kaap. Die diens wat verrig word, mag deel wees van die benoemde se werk, maar moet dan verband hou met besondere toewyding en prestasie waarby die provinsie gebaat het. Politici mag nie benoem word nie en benoemings wat gaan oor die werk wat mense uit die hoofde van ’n politieke amp verrig het, sal nie aanvaar word nie. Mense wat voorheen benoem is, mag weer benoem word. Niemand mag hom-/haarself benoem nie. Werknemers van die borge mag nie benoem word nie. In die beoordeling sal die beoordelaars, wat deur die borge saamgestel word, aan die volgende kriteria aandag gee: Interne impak: Die verskil wat die mens maak wat betref die belange en/of omstandighede van mense of die natuurlike omgewing in die Noord-Kaap. Persoonlike opoffering/prestasie: Die mate waarin die mens sy of haar private tyd afstaan om die diens te lewer. Sou dit deel van die mens se werk wees, die mate waarin die mens buitengewoon presteer of buitengewone kreatiwiteit en/of energie, talent en dryfkrag inspan om die uitsette te lewer waarvoor die mens benoem word. Eksterne impak: Die bydrae wat die mens lewer om die Noord-Kaap se aansien en/of beeld na buite die provinsie en selfs nasionaal te bou en te bevorder. Die volgende riglyne geld die kategorie Instansie van die Jaar: Enige verdienstelike Noord-Kaapse instansie wat nie ’n winsmotief het nie, mag benoem word. Instansies met ’n sterk politieke verbintenis mag nie benoem word nie. Weer moet die werk wat gedoen word, ’n positiewe impak hê op die mense of natuurlike omgewing van die provinsie. Die beoordelaars sal in dié kategorie veral kyk na die impak wat die organisasie in die gemeenskap maak. ) Om ’n individu of instansie te benoem stuur ’n motivering (sowat 300 woorde) vir jou kandidaat aan lecrecia.prins@volksblad.com. Verstrek ook jou naam en telefoonnommer, asook die benoemde se naam en telefoonnommer. Die sluitingsdatum is 10 Mei om 17:00.


NOORDKAAP, WOENSDAG 1 MEI 2013

11

DIT is ook nie Michaela Tricam wat deur haar spanmaats gelukgewens word met haar doel nie, maar Jody Isaacs.

Foto: Ruan Bruwer

LULU SMITH, die nuwe Suid­Afrikaanse vrouebokskampioen.

Speledroom maak Lulu toe kampioen Ruan Bruwer DIE 17-jarige bokser Lulu Smith is April se Let’s Play-sportster van die maand. Dít is na aanleiding van haar puik toetrede tot die bokskryt. Sy het van die staanspoor aangedui die Olimpiese Spele in 2016 is haar doelwit en het juis skopboks vir vroueboks verruil omdat eersgenoemde nie ’n Olimpiese sportsoort is nie. Sy het dié praatwerk in die bokskryt opgevolg en het op die nasionale bokskampioenskapsbyeenkoms as 17-jarige teen seniors én die voorste vroueboksers te staan gekom. Lulu is aanvanklik nie toegelaat om deel te neem nie, aangesien sy 19 jaar oud moet wees en ’n sekere

gradering (goud, silwer of brons) moes hê. Sy het nie aan enige van die vereistes voldoen nie, maar het die owerhede in so ’n mate oorreed dat hulle haar die groen lig vanweë haar skopbokservaring gegee het. Haar teenstander was verlede jaar se elite-kampioen wat ’n goue gradering het en ’n goeie ses jaar ouer as Lulu is. Dit het die Kimberliet nie ontsenu nie en hoewel sy harsingskudding opgedoen, haar neus gekraak en ’n blou oog opgedoen het, het sy met uiterste durf

Maleisië wink vir Elani EEN van die Ruan Venter­tennisakademie se spelers, die 11­jarige Elani Brand, is as reser­ we gekies vir die Suid­Afrikaanse o.12­inter­ pro­span wat aan die einde van die jaar na Maleisië toer. Foto: Verskaf

haar vrou (man) gestaan en is sy as wenner (op punte) én die nuwe Suid-Afrikaanse vrouebokskampioen gekroon. ) Die Let’s Play-sportster van die maand wen ’n lekker geskenkpak van Let’s Play en word ook op Let’s Play se webtuiste bekend gemaak. Aan die einde van die jaar sal ’n algehele wenner uit die maandelikse wenners gekies word.

DIE tennisspeler is Mulke Cronjé en nie Hanro Nelson nie. Foto: Ruan Bruwer

Oeps, verkeerd! ENKELE foute het verlede week per ongeluk ingesluip in onderskrifte waarin na leerlinge van die Hoërskool Noord-Kaap verwys is. Van die name was so aan Noordkaap verskaf, maar van die foute is deur ons begaan. Ons plaas graag die regstellings en vra die betrokkenes om verskoning.

DIT was nie Henry van Zyl (links, regtervleuel van Noord­Kaap) wat te laat was om JD Swanepoel, linkervleuel van Diamantveld, plat te trek nie, maar Leon Becker. Foto: Emile Hendricks


12

NOORDKAAP, WOENSDAG 1 MEI 2013

Ten Miler race held THE Vodacom Kimberley Road Runners is presenting a 10 Miler run at Bishops Club on Saturday, 4 May. The 5 km and 16 km race both start at 07:00. The entry fee for the 16 km is R40 and R10 for the 5 km fun run. There

will be a bring and braai after the prize-giving. Preentries can be done on 1 and 3 May from 17:00 to 19:00 at the club. Call Gerrit Schoeman on 082-453-7175 or Gerhard Krüger on 082-499-5990 for more information.

Sport Die Diamantstad se koerant

St Patrick’s won one Ruan Bruwer ALTHOUGH the wheels came off towards the end of the week, the St Patrick’s College Cricket Club will take some heart from their first ever appearance at the national club championships in Pretoria last week. They only managed one win, but it could easily have been two. They started off with a heavy nine wicket defeat to Benoni Northerns who had to get 161 for victory. Griffin Nieuwoudt was the top run scorer with 37. St Patrick’s best performance was on day two against the University of the Free State (UFS). Nieuwoudt scored an unbeaten 131 runs to race his team to their first win in the national club championships. They beat the Free State’s Kovsies by six wickets with Roy Adams and Roy Williams taking two scalps each. Diego Rosier contributed 50 runs to the St Patrick’s run

chase of 264/4. They won with five balls to spare. Against Good Hope the men from Kimberley came very close to recording their second win, but fell one run short of Good Hope’s total of 276. Nieuwoudt was once more the leading run scorer in St Patrick’s spirited reply. He made 81 while Maghiel Britz, Gerhard Abrahams and Diego Rosier added 52, 43 and 36 re-spectively. Roy Adams took 4/47 and ended as the best bowler from the club, taking eight wickets in total. In their fourth and fifth match the wheels came off badly, losing against the eventual runnersup, the Nelson Mandela Metropolitan University (NMMU), by six wickets and against the Pukke by ten wickets. Against the NMMU, St Patrick’s only managed 117 runs and against Pukke an ever poorer 100 all out. In both

GRIFFIN NIEUWOUDT only played in the first three matches before heading off to Ireland for club cricket commitments. In the three mat­ ches he scored 249 runs, including131* against Kovsies. His overall average of 124,5 is impressive. Photo: Supplied occasions Britz was the only batsman who did his bid, notching up 31 and 29* respectively. Nieuwoudt only played in the first three matches before heading off to Ireland for club cricket

commitments. In the three matches he scored 249 runs at an impressive average of 124,5. Williams, the player/coach of the club, said they struggled on a slow wicket in their last matches.

He said he doesn’t believe the narrow loss on day three damped their spirits. “This was our first year at the club champs and our aim beforehand was to win at least two or three matches.”

Rugbyskeidsregters moet kritiek verdra HULLE ontvang kritiek ongeag dat hulle in der waarheid puik werk doen om ’n wedstryd volgens die reëls te laat verloop en vloei bewerkstellig. Boonop kan ’n wedstryd nie sonder

hulle plaasvind nie. Ja, rugbyskeidsregters is sekerlik van die mense wat die meeste kritiek – in baie gevalle persoonlik van aard – moet verdra. Dié week is die oudste Griekwas-

blaser wat nog aktief blaas, die 57-jarige Piet Pretorius, aan die beurt. Hy is vanjaar net mooi 50 jaar aktief by rugby as speler en skeidsregter betrokke.

Blaas hou hom deel van spel Ruan Bruwer HOE het jy in skeidsregterskap beland? Toe ek opgehou speel het, wou ek steeds aktief by die spel betrokke wees en het op skeidsregterskap besluit. In watter jaar het jy begin blaas? In 2002. Het jy self rugby gespeel? Ja, ek het totdat ek 46 jaar oud was nog gespeel. Ek was ’n skrumskakel en het agt jaar aan en af vir die Griekwas gespeel. Vir watter twee spanne het jy jou heel eerste wedstryd geblaas? Ek is aan die diep kant ingegooi deur die klubwedstryd tussen Thistles en Universals te hanteer. Dit was ’n geval van swem, Jannie, swem. Hoe was daardie heel eerste ervaring? Dit was ’n spannende wedstryd en baie fisiek. Ek het besluit om net daar die standaarde te stel en my standpunt was “ek gee die reëls, julle hou daarby”. Ek is streng as dit by dissipline kom, die ouens weet dit. Wat is die grootste wedstryd wat jy al gehanteer het? Dit was as vlagman so agt of nege jaar gelede. Die Suid-Afrikaanse o.21span het teen sy eweknie van Engeland gespeel. Wat is die lekkerste daarvan om ’n rugbyskeidsregter te wees? Om steeds deel van die spel te wees. Wat is die slegste deel? Die

PIET PRETORIUS aanmerkings van die kant af. Ek kan dit nog aanvaar as dit op my as skeidsregter gemik is, maar nie as jou familie beledig word nie. En die slegste is dat dit aan die toeneem is. Die voortdurende veranderings aan die reëls kan moontlik frustrasie by die toeskouers veroorsaak. Wie reken jy is die beste skeidsregter in Suid-Afrika en in wêreldrugby? Jaco Peyper in albei gevalle. Wie was of is jou skeidsregter-mentor(s)? Kat Swanepoel, Oubaas Wagner en Kobus van der Berg. Ek het ook baie respek vir Mark Lawrence as skeidsregter.

Wat is die grootste flater wat jy gemaak het? Ek het ’n vryskop pleks van ’n skrum aan ’n span toegeken. Hoe kan toeskouers wat skeidsregters beledig, gekeer word? Om te begin kan hulle meer bewus raak van wat presies die reëls sê. Mense moet probeer om emosie eenkant te stoot en in gedagte hou ’n skeidsregter is die naaste aan die spel en sien dinge uit ’n ander hoek. ’n Mens kan ná die wedstryd met my oor ’n beslissing kom gesels, ek is oop daarvoor. Ek wil nie weet hoe goed ek geblaas het nie, ek wil weet hoeveel en watter foute ek begaan het. Het jy dit te midde van kritiek al oorweeg of dit die moeite werd is om voort te gaan? Nee, nog nie. Wat hou die toekoms vir jou as blaser in? Ek gaan heel moontlik aan die einde van die jaar weens gesondheidsredes moet klaarmaak. Dalk is daar nog vir my ’n rol te speel daarna. Wie weet. Ek moet my kollegas bedank wat gereeld vir my ingestaan het sodat ek wedstryde kon blaas.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.