Noordkaap 21082013

Page 1

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331 Woensdag 21 Augustus 2013 www.noordkaap.co.za

GRATIS

Griekwas! Griekwas aaaaaaa

Daar’s net een kwas... Griekwas!

DHS pak seldsame toer aan bl. 5

GWK PROPERTIES – Noordkaap se vennoot in twee lekker kompetisies – se vier jong personeellede het die voortou geneem om hul span te ondersteun. Hulle staan hier saam met twee van die Griekwas se ysters, Ryno Barnes (kaptein, links) en Howard Mnisi. Van links is, agter: Madré Joubert, Leanne Coetzee, Linda de Bruyn en Natassja Roets. Foto: Aangepas Ruan Bruwer NOORDKAAP en GWK Properties is op soek na daardie lojale Griekwasondersteuners wat elke tuiswedstryd op die paviljoen sit en hul span aanmoedig. Die vennote het twee kompetisies waarin ondersteuners lekker pryse kan wen. En jy hoef nie veel moeite te doen om te kan wen nie. In die eerste kompetisie waarin die eerste wenner reeds volgende week beloon word, moet Griekwasondersteuners eenvoudig in hul Poubloutrui na die wedstryde op GWK-park opruk. Noordkaap se fotograaf gaan lukraak mense op die paviljoen met sy lang lens afneem. Volgende Woensdag gaan een so ’n foto in Noordkaap verskyn en indien dit jy op die foto is, is jy ’n R700-kontantprys van GWK Properties ryker.

Hierdie kompetisie geld al die Griekwas se vyf tuiswedstryde. Jy het dus goeie rede om reeds hierdie Saterdag in jou Griekwa-trui na die Curriebekerwedstryd teen die Westelike Provinsie te gaan kyk. En moenie vergeet om volgende week se Noordkaap onder oë te kry om te sien of dit jy op die foto is nie. Indien jy nie die koerant self in die hande kry nie, kan jy ook op Noordkaap se webtuiste en Facebookblad gaan loer. Dan is daar die groot kompetisie – ’n naweek vir twee by die Magersfontein Memorial Gholf Estate. Die prys se waarde beloop sowat R2 500. Om hiervoor in aanmerking te kom moet ondersteuners al vyf die Griekwas se tuiswedstryde bywoon. Ná die laaste wedstryd op 5 Oktober teen die Cheetahs gaan ondersteuners ’n paar dae hê om vir Noordkaap vyf verskillende foto’s te stuur

wat as bewys dien dat hulle by al vyf wedstryde was. Hou in gedagte dat dit verkieslik gedurende die wedstryd moet wees met die twee spanne op die agtergrond sodat ’n mens kan sien by watter verskillende wedstryde dit was. Dit kan selfies (foto’s wat jy van jouself neem) wees of jy kan saam met jou geliefde of vriend afgeneem word. Niemand wil mos eintlik alleen vir ’n foto staan nie. Vra sommer vir iemand uit die skare om met jou kamera of selfoonkamera ’n kiekie te neem. Die foto se gehalte dra nie gewig nie. Hou daardie foto’s en stuur hulle ná 5 Oktober per e-pos vir Noordkaap. Die e-pos-adres sal nader aan die tyd verskaf word. Jy hoef nie ’n Griekwa-trui vir hierdie spesifieke kompetisie te dra nie. Uit die inskrywings wat Noordkaap kry (dit moet vyf foto’s wees

wat tydens Griekwas se vyf tuiswedstryde in die Curriebeker geneem is), sal dan ’n naam getrek word wat die lekker naweek by Magersfontein sal wen. Dit was lanklaas so lonend om jou plaaslike rugbyspan te ondersteun. Maak dus seker dat jy of Saterdag op GWK-park in jou Griekwas-trui is, of dat jy afgeneem word met die veld op die agtergrond waar ’n mens kan sien watter spanne teen mekaar speel.

Ontmoet GW-spelers môre in winkelsentrum AS jy ’n foto saam met jou gunsteling-Griekwasspeler of sy handtekening wil hê, wees môre tussen 15:00 en 16:00 in die Diamond Pavi-

lion Shopping Mall. Die spelers sal vir ’n handtekening-sessie daar wees en jy kan selfs ’n foto saam met die Curriebeker neem.

Pryse sal uitgedeel word en iemand gaan ’n prys wen wat behels dat hy of sy drie vriende na Saterdag se wedstryd op GWK-park kan

saambring. Die wenner en sy vriende gaan boonop heel gemaklik op die halflyn op Absa se rooi rusbank sit.

Troeteldiere Newton se trots bl. 9

HNK­seuns ook die kampioen bl. 12


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013

Wen met jou voorspelling Ruan Bruwer NIEMAND wat voorspellings gewaag het in die rugbyraai-kompetisie van Noordkaap, in samewerking met die Flamingo-casino, het voorsien geen drieë sou gedruk word en ’n lae telling in die wedstryd tussen die Griekwas en die Blou Bulle sou wees nie. Die Bulle het met 15-9 geseëvier. Omdat niemand die eindtelling reggeraai het nie, het ons gekyk wie se voorspelling die Griekwas se eindtelling reg het of die naaste daaraan was. Twee voorspellings het tien punte vir die Griekwas voorspel. Toe het ons gekyk wie van die twee voorspellings die naaste aan die Bulle s’n was. Dít was Francois Boshoff se 20-10-eindtelling in die Bulle se guns. Hiermee wen Francois ’n R350-eetbewys van die Harvest Charcoal Grill-restaurant by die casino. ) Die kompetisie duur vir die hele Curriebekerreeks – dus is dié prys elke week op die spel. Lesers moet elke week raai wat hulle reken die eindtelling in die Griekwas se wedstryd in die Curriebeker-reeks daardie naweek gaan wees. Deelnemers moet hul telling SMS voordat die wedstryd begin. In die naweek se geval (Griekwas speel tuis teen die Westelike Provinsie) moet die SMS voor Saterdag om 15:00 gestuur word. ’n SMS daarna word nie in aanmerking geneem nie. Om deel te neem stuur net ’n SMS na 45527. Begin die SMS met die sleutelwoord “Telling” gevolg deur die telling. Byvoorbeeld: Telling Griekwas 40 WP 30. Die wenner sal Maandag gebel word en kan die prys by Noordkaap se Kimberley-kantoor kom afhaal. Jy kan meer as een keer ’n voorspelling waag, maar slegs een voorspelling per SMS. Elke SMS kos R1,50.

Get a look at new media partner

DIE Griekwas se luidrugtigste en lojaalste ondersteuner oor 64 jaar, Bushy Oliver, of oom Bushy soos almal hom ken, het groot pret verskaf toe hy verlede Vrydagaand op die kykNET-program Toks ’n Tjops verskyn het. Natuurlik was hy in sy Griekwas-rugbytrui geklee en sy Griekwas-vlag was ook byderhand. Weerskante van hom verlustig die mede-aanbieders, Janina Oberholzer en Breyton Paulse, hulle in hoe hy sy geliefkoosde span aanmoedig. Foto: Skermgreep

NOORDKAAP is the new media partner of Rugga Kids Kimberley. Rugga Kids is a privately-run activity for children between the ages of three and eight years, which encompasses a love for rugby and having fun. The programme concentrates on developing the child’s physical abilities and coordination through a fun, positive, energetic and confidence-building curriculum, all whilst focusing on the safety aspects of the game. Rugga Kids is available at both pre-school and primary school level for boys and girls. Watch out for them at GWK Park where they’ll form a guard of honour for the teams running out in all the Currie Cup matches in Kimberley. Here are some of them in their T-shirts. Photo: Reneé Rademeyer

Hulle is wenners

DIE wenners in die kleuter-fotokompetisie van die Diamond Pavilion Shopping Mall in samewerking met Louis Botha-fotografie en Noordkaap is bekend. Markus het die meeste stemme in die ouderdomsgroep een tot twee jaar ontvang; Dehan is die wenner in die ouderdomsgroep twee tot drie jaar en Decoda se kode is die meeste keer ge-SMS, wat haar die wenner in die ouderdomsgroep drie tot vier jaar maak. Hul pryse is (dit is dieselfde vir al drie ouderdomsgroepe): R750-koopbewys van die Diamond Pavilion Shopping Mall; R250-koopbewys van

Baby Boom; R1 000-geskenkbewys van Louis Botha-fotografie; ’n 60 cm x 90 cm-skildery-vergroting van die Kimberley-fotodiens. Tweede plekke: Lian (een tot twee jaar); Gevandré (twee tot drie jaar) en Mischa (drie tot vier jaar). Hulle wen almal ’n R750-geskenkbewys van Louis Botha-fotografie; R250-koopbewys van die Diamond Pavilion Shopping Mall en ’n 60 cm x 40 cm-skildery-vergroting van die Kimberley-fotodiens.

Derde plekke: Suri (een tot twee jaar); Juvandré (twee tot drie jaar) en Hosanna (drie tot vier jaar). Hulle wen almal ’n R500-geskenkbewys van Louis Botha-fotografie; R100-koopbewys van die Diamond Pavilion Shopping Mall en ’n A3-skildery-vergroting van die Kimberley-fotodiens. ) Elkeen wat ge-SMS het, het in aanmerking gekom vir ’n R350-koopbewys van die Diamond Pavilion Shopping Mall. Wikus Jordaan se naam is getrek. Dankie vir almal wat deelgeneem het.

DECODA is die wenner in die ouderdomsgroep drie tot vier jaar.

MARKUS is die wenner in die ouderdomsgroep een tot twee jaar.

Foto’s: Louis Botha-fotografie

DEHAN is die wenner in die ouderdomsgroep twee tot drie jaar.

Mooies gesoek MEJ. JASMYN 2013 word Saterdag by die ProPlants-kwekery aangewys. Dit begin om 13:00. Afdelings sluit deelnemers van een tot 15 jaar in. Die inskryfgeld is R30. Vorms is by ProPlants beskikbaar. Rig navrae aan Carine Beylefeld by 083-453-5253.


NOORDKAAP, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013

Neefs

S

Susters

S

S

Getroud DUSTY EN CARA NOBLE.

Foto’s: Verskaf

3

Paartjie

S

JP PIETERSEN en sy meisie, Megan Weir-Smith. JP en Dusty is neefs en Megan en Cara susters.

Kupido kies sussies vir vleuel-neefs Ruan Bruwer

gehuur en was al drie lede van die rugby-akademie. Nie een van hulle kon egter kook nie. “Wanneer ek Dusty vir ete genooi het, het hy gevra of hy sy broer en neef kon saambring. Hy het te sleg gevoel om hulle tuis te los terwyl hy lekker gaan eet. Dit is daar waar JP my sussie ontmoet het,” het Cara verduidelik. JP het pas na Japan vertrek waar hy die volgende twee jaar rugby gaan speel. Megan sluit haar einde vandeesmaand by hom aan. Hulle het in Junie ’n naweek hier in Kimberley gekuier. Cara sê dat sy baie van rugby hou (haar pa het haar en haar sussie ge-

reeld saam na Kingspark in Durban geneem), het ’n invloed daarop gehad dat sy en haar man bymekaar uitgekom het. “Dit was Dusty se wens dat hy graag eendag vir sy ma ’n huis wil koop en dit het my hart week gemaak. Hy het sy wens nagekom. Ons albei se ouers is geskei.” Al drie die manne, oorspronklik van Stellenbosch, se Engels was maar baie gebroke toe hulle in Durban aangekom het. “Dusty het destyds, toe ons begin uitgaan het, eerder vir my kort SMS’e gestuur, want hy het gesukkel om oor die foon in Engels te kommunikeer. My Afrikaanse kennis was

weer baie beperk. Ek en my suster maak daarop aanspraak óns het hulle Engels leer praat.” Dusty en JP (albei vleuels) was twee jaar uit mekaar in die Hoërskool Generaal Hertzog in Witbank in matriek. Volgens Cara was haar man een van slegs twee nie-wit leerlinge in die Hoërskool Generaal Hertzog. “Hy het baie respek en aanvaarding op die rugbyveld afgedwing.” Dusty se pa en sy twee ooms was almal bekende rugbyspelers. Een van sy ooms, Christie Noble (ook ’n vleuel), was ’n lid van die Haaie se span wat sy eerste Curriebeker-titel in 1990 verower het.

10009799JB/A

PRAAT nou van toeval. Dit is nie aldag dat twee susters met twee provinsiale rugbyspelers uitgaan en getroud is wat boonop neefs én beste vriende is nie. Dié stand van sake heers egter met Cara Noble wat met Dusty Noble getroud is. Cara (28) is ’n gemeenskapsmobiliseerder in Kansa se Kimberley-kantoor en haar man speel vir die Griekwas rugby. Cara se jonger suster, Megan Weir-Smith (25), is weer die meisie van die Springbok-vleuel JP Pieter-

sen. JP (27) en Dusty (29) is neefs én beste vriende. En boonop is die susters óók beste vriende. JP se ma is Dusty se pa se suster. Volgens Cara (28), oorspronklik van Durban, het sy haar man daar in 2005 ontmoet toe hy by die Haaie se rugby-akademie was. Hulle is in 2011 getroud. Dusty se jonger broer, Howard, het ook senior provinsiale rugby gespeel. Megan het JP deur Cara ontmoet en dié twee gaan sedert begin 2008 uit. “JP, Dusty en Howard (almal vleuels) het saam ’n woonstel in Durban

VERANDER JOU TOEKOMS OOR ‘N KOPPIE KOFFIE

Kom gesels gerus met ‘n Old Mutual Finansiële Adviseur of ‘n Makelaar oor jou drome en doelwitte, op weeksdae vanaf 12 – 30 Augustus 2013. En geniet Mugg & Bean se koffie sonder ophou en ‘n Reuse Muffin, met die komplimente van Old Mutual.

Skakel 0860 007 007 vandag om jou afspraak te reël. Slegs by deelnemende Mugg & Bean Restaurante beskikbaar: Bloemfontein, Bethelem, Kimberley, Harrismith, Potchefstroom en Welkom. Old Mutual is ‘n Gelisensieerde Finansiële Diensverskaffer. Besoek www.oldmutual.co.za/coffee vir bepalings en voorwaardes.


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013

Vroueregte vier hoogty DIT is Vrouemaand in Suid-Afrika en die regering lê in dié tyd klem op gelyke regte vir alle vroue in die land. Wanneer die staat na transformasie verwys, word vroue ook hierby ingesluit. Danksy die poging om gelyke geleenthede vir almal in die land te skep het vroueregte oor die afgelope twee dekades drasties toegeneem. Suid-Afrikaanse vroue het ’n sterker platform gekry as wat die geval in ander lande is. As daar veral met Arabiese lande vergelyk word, is Suid-Afrika hulle ligjare vooruit. Ja, daar is nog heelparty beroepe waarin mans oorheers en ’n beter

SO MAAK DIE WEER DONDERDAG VRYDAG SATERDAG

salaris as hul vroulike eweknieë verdien, maar dan is daar ook gesaghebbende poste, wat voorheen net deur mans beklee is, waar nou ’n vrou in die stoel is. Kyk maar na die openbare beskermer (Thuli Madonsela), president van die Reserwebank (Gill Marcus) en minister van landbou, bosbou en visserye (Tina JoematPettersson). Die land misluk nie heeltemal in sy poging om vroue hul regmatige plek te gee nie. Die uitdaging lê nou eerder daarin om die beskouing in sekere kulture dat ’n vrou ’n seksuele speelpop en dienskneg is, ’n nekslag toe te dien.

MINIMUM -2°C 0°C 1°C

MAKSIMUM 19°C 22°C 24°C

SKETS: Danie Cronjé

By wyse gryse het ek geleer beplan Hannes Noëth

HONDERD jaar gelede sou ek dié tyding waarskynlik met ’n brief met ’n swart rand om gekry het. Of ’n swart kruis oor die koevert getrek. Van ons ouer mense onthou waarskynlik nog die gebruik dat slegte tyding op so ’n manier oorgedra is. Die oomblik wanneer die brief in jou hand was, nog voordat jy dit oopgemaak het, het jy geweet dit is ’n doodstyding. Vandag werk dinge ’n bietjie anders en selfs ’n doodstyding kom met ’n gewone SMS, oproep of ’n e-pos. So het ek ’n gewone SMS gekry. Voordat ek dit gelees het, het ek nie geweet dit bring ’n doodstyding nie. Hul ma is vroegoggend dood, laat die kinders my daar uit Naboomspruit weet. Sy het altyd gevra hulle moet

haar ou dominee dadelik laat weet. Ek moet weet sodra sy dood is. Nou stuur hulle maar die tyding sommer per SMS. Met die lees van daardie boodskap gaan my herinneringe terug na ’n wonderlike mens. Sy is nou dood, maar by haar het ek iets geleer wat ’n mens nie gering moet skat nie. Hoe beter ’n mens beplan, hoe makliker maak jy dinge vir jouself en vir ander mense. Ek het altyd gedink ek kan beplan totdat ek haar leer ken het. Sy kon beplan soos ek niemand voor haar sien doen het nie. Selfs genoeg tyd vir krisisse en onvoorsiene omstandighede was altyd deel van haar beplanning.

GEBEURTENISSE op 21 Augustus in die geskiedenis: 1845 – Die Kaapse goewerneur, sir Peregrine Maitland, verklaar dat Britse gesag steeds al die boere wat weggetrek het, geld. 1912 – Louis Botha, die Suid-Afrikaanse premier, word ’n ere-generaal in die Britse leër. 1978 – Die staatspresident, dr. Nicolaas Diederichs (74), sterf aan ’n hartaanval. Marais Viljoen neem tydelik in sy plek waar. 1989 – Die president van Zambië, Kenneth Kaunda, sê die ANC-hoofkwartier sal tot die dag van eenwording in Suid-Afrika in Zambië bly. 1992 – Die eerste van ’n reeks vergaderings tussen Roelf Meyer, die minister van staatkundige ontwikkeling, en Cyril Ramaphosa, die sekretaris-generaal van die ANC, word gehou om struikelblokke op die weg na die hervatting van onderhandelings te verwyder. 1996 – Oudpres. F.W. de Klerk sê aan die Waarheid-en-versoeningskommissie hy is nie bewus daarvan dat die Nasionale Party (NP) BERIGTE wat die afgelope week nuus gemaak het: ) Die DA is geskok oor die R515 000 wat gebruik is om Agnes Ntlangula, uitvoerende burgemeester, se huis te beveilig. Die muur het R290 000 gekos, die elektriese heining R30 000, diefwering R76 000, ’n interkomstelsel R15 000 en ’n alarmstelsel R10 000. Die DA noem die sage Kimberley se eie Nkandlagate. ) Ongemagtigde en onreëlmatige besteding van bykans R850 miljoen is in die boekjaar 2011-’12 deur munisipaliteite in die Noord-Kaap gepleeg. Daarby het 14 munisipaliteite vrugtelose uitgawes van sowat R4 miljoen aangegaan. Nie ’n enkele munisipaliteit in die provinsie kon ’n skoon oudit behaal nie. ) Plaaslike regerings sal net verbeter wanneer op kundigheid en professionaliteit gefokus word, wanneer nakoming van alle wette plaasvind en wanneer behoorlike leierskap toegepas word, sê Pakes Dikgetsi, Cope-wetgewerlid, in kommentaar oor die ouditeur-generaal se verslag oor munisipaliteite. ) Die Noord-Kaapse Uitvoerende Raad is ’n “lui, disfunksionele” kabinet wat nie sy eie jaarlikse prestasieplan uitvoer nie, sê Fred Wyngaard, Noord-Kaapse Cope-leier. Volgens hom word in die premier se kwartaalverslag vir April tot Junie aangedui nie een van die 11 komiteevergaderings

Die Diamantstad se koerant

Tel. 053 831 2331 Faks 053 831 2330

Posbus 1583 Kimberley 8300

Huisbesoek by haar was besonders. Jou uur begroot om by haar te kuier was afgemeet. Sy het ’n agenda gehad vandat jy ingestap het totdat jou uur verstreke was. Huisbesoek sou só verloop: Jy kry ’n verwelkomingskoeldrank, dan word die volgende uur uiteengesit. Die sake waaroor sy wou praat, van belangrik tot minder belangrik gelys. Daar was tyd vir koeitjies en kalfies en ook ’n tydjie vir tee en koekies, alles deeglik beplan. Wat was die gevolge van haar beplanning? Sy het altyd ’n rustigheid gehad wat niemand kon verstaan het nie. Sy sou nooit êrens opdaag sonder eetgoed nie, jy sou haar nooit aanjaag nie. Haar beplanning was haarfyn – altyd. Sy is nou dood, maar haar lewensles aan my sal altyd voortleef: Beplan, Dominee, beplan.

magtiging aan veiligheidsmagte gegee het om te moor, tereg te stel, te martel, te verkrag of aan te rand nie. 2004 – Die Springbokke wen sy tweede Drienasiestitel danksy ’n oorwinning van 23-19 oor Australië in Durban. Geboortes op dié dag: 1938 – Kenny Rogers, Amerikaanse countrysanger. 1943 – Tolla van der Merwe, Afrikaanse storieverteller en komediant (sterf in 2000). 1986 – Usain Bolt, Jamaikaanse Olimpiese naelloper-kampioen.

wat in dié tydperk gehou sou word, het plaasgevind nie. ) Was Agnes Ntlangula, die uitvoerende burgemeester, se reis na China ’n vakansie of ’n feitesending, of het sy moontlik beleggers oorreed om in Kimberley te belê? Só vra Sharon Steyn, uitvoerende hoof van die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Industrie (Nokki), ná die herrie oor dié reis wat belastingbelaters sowat R900 000 gekos het. “Die burgemeester het nog nooit voor of ná enige van haar reise met sakemanne in die stad oor sakegeleenthede gekommunikeer nie,” sê Steyn. ) ’n Raps meer as R7 miljoen moet deur die Noord-Kaapse LUR vir gesondheid betaal word aan die ma van ’n agtjarige meisie wat ná haar geboorte bykans blind gelaat is weens nalatigheid met die toediening van suurstof. Die eis is deur Herlien le Roux, ma van Rochelle le Roux, ingestel. Rochelle is op 28 Januarie 2005 in die Kimberley-hospitaal gebore.

Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw


NOORDKAAP, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013

“AAI, aai, aai, aai, aai, aai, aai. Aai, ek wens ek was nou daar . . . ,” sing Lucas Maree oor Victoriabaai. Die Hoërskool Diamantveld se eerste meisiehokkiespan is tydens hul toer na die Suid-Kaap op Victoriabaai se strand afgeneem. Van links is, voor: Annecke van Heerden, Emrie Human, Adriana Lubbe, Adelaide Janse van Rensburg, Helené Snyders en Johanic Kuit; agter: Nadia Scholtz, Mari Breytenbach, Marizaan Janse van Rensburg, Jackie le Roux, Monique Meintjes, Stephanie Potgieter en Carli Groenewald. Foto’s: Verskaf

Diamonds blink uit in S-Kaap Ruan Bruwer VIR party leerlinge van die Hoërskool Diamantveld was voorverlede naweek se reis na die Suid-Kaap die eerste geleentheid dat hulle met die see kennis gemaak het. Die 190 leerlinge van 12 sportspanne het in 4 busse die lang pad van 1 500 km George toe en terug vir die Kwagga 90 jaar-sportfees afgelê. Al Diamantveld se A-spanne van rugby, netbal, seunshokkie en meisiehokkie is na die Tuinroete om aan die Hoerskool Outeniqua se sportfees deel te neem. Die 190 spelers verteenwoordig meer as ’n kwart van die skool se leerlinge. Hulle is deur 20 personeellede en afrigters vergesel. Die bus het Vrydag om 03:00 uit Kimberley vertrek en net

meer as 10 uur later in George aangekom. Al die spelers is die middag na die skilderagtige Victoriabaai. Volgens Niel Marais, sportorganiseerder van die skool, was dit vroeër jare makliker om ’n toer van dié omvang te reël toe almal op ’n trein vervoer kon word. Treine het volgens hom deesdae te duur geword om te huur, wat sulke toere met soveel leerlinge ál seldsamer maak. Die vorige keer dat Diamantveld met soveel leerlinge gereis het, was in 2009 – na Wellington toe om teen die Hoerskool Hugenote te speel. Marais reken dit was ’n hoogtepunt op die jaar se sportkalender, aangesien die leerlinge reeds sedert verlede jaar daarna begin uitsien het. Diamonds het hom in 28 wedstryde in die drie sport-

soorte laat geld. Die eerste meisiehokkiespan het met 2-0 afgereken met Outeniqua wat tradisioneel baie sterk is. Die eerste seunshokkiespan het met 4-2 met die Hoërskool Nico Malan van Humansdorp klaargespeel. Die o.14A-netbalspan het die dag se netbaltoernooi vir sy ouderdomsgroep gewen en die o.15A-span was die naaswenner vir o.15-spanne. Die eerste netbalspan het vier uit sy ses wedstryde gewen, wat ’n sege oor Outeniqua ingesluit het. Hy het vyfde uit veertien spanne geëindig. Die eerste rugbyspan het 17 elk gelykop teen Nico Malan gespeel. Toevallig is die twee spanne se afrigters, MJ Smith van Diamantveld en Abé Smith van Nico Malan, broers.

’n FOTOBEELD van die Laerskool Newton se gr. 6-spreekkoor wat A++-simbole (die hoogste eerbewys op die kunsfees) behaal het. Foto’s: Fred-

die Steyn

Fees wys honger na kuns Ruan Bruwer KUNSTIGE leerlinge in die Noord-Kaap is honger vir geleenthede om hul talente aan ’n groter gehoor ten toon te stel. Dít is die boodskap van die Noord-Kaap-kunsfees vir gr. O- tot gr. 12-leerlinge wat ná ’n afwesigheid verlede jaar weer oor bykans drie weke in Kimberley aangebied is. Volgens Sarita Venter en Inge Theart, wat albei as sekretaresse en organiseerder opgetree het, is daar beslis ’n behoefte onder leerlinge om uiting aan hul talente te gee en is die kunsfees ’n seldsame ge-

leentheid vir hulle. Hulle sê dit kan afgelei word uit die groot belangstelling en deelname. Die meeste Kimberley-skole het hieraan deelgeneem. Leerlinge kon individueel of in groepe hul slag in musiek, sang, drama en spraak wys. Venter en Theart is onderwysers aan die Laerskool Newton en sê die skool gee môreaand vir die leerlinge weer ’n geleentheid om voor die skool se leerlinge op te tree. Leerlinge het van dorpe soos Jacobsdal, Warrenton, Douglas, Kuruman, Barkly-Wes en Kathu gekom om deel te neem. Opvoerings het letterlik die

hele dag geduur en die beoordelaars moes kophou om by te bly Leerlinge kon simbole vir hul optredes verwerf. Die uitsonderlikste prestasies is met A++- simbole beloon. Altesame 33 sulke simbole is verwerf. Die beoordelaars was die Bloemfonteiners Huibrie Verster (sang), Dana Cilliers (musiek) en Jan Brink (drama), almal kundiges op hul gebiede, Verster, stigter en dirigent van die Bloemfonteinse Kinderkoor, het gesê sy was beïndruk met hoe die meeste van die deelnemers noot kon hou en dat sy hulle almal graag in die kinderkoor sou wou hê.

5


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013


NOORDKAAP, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013

7

‘Noordkaap’ vat die pad: op die R357

11,1 KM: MARRICK-WILDPLAAS. Hier kan ’n mens ’n lekker wegbreeknaweek geniet met begeleide 4 x 4-wildritte waarop ’n mens bes moontlik inheemse bokke soos die springbok en gemsbok, wildebeeste, sebras en kameelperde in hul natuurlike habitat sal aantref. Marrick is ’n voëlkyker-paradys soos min. In 2009 is 27 voëlspesies hier geïdentifiseer. Bergfiets-entoesiaste en skuts sal ook hier ’n fees beleef.

50 M: PIET ELS CYCLING TRACK. Fietsryers wat skrikkerig is vir die teerpad kan hierdie grondpad met afgemerkte roetes ry. Sou jy val, is die val beslis sagter as op die teer. Foto’s: Ruan Bruwer

Volg die stippellyn en verken Kby se wêreld

“HIER is niks om in en om Kimberley te doen nie,” word gereeld gesê. Noordkaap het besluit om vas te stel of dit werklik die geval is en het in die motor gespring en op die R357 (pad na Douglas) gery. Dit is die tweede van ’n reeks van sewe dele waarin Noordkaap die sewe paaie wat uit Kimberley loop, gaan verken. Noordkaap gaan spesifiek na plekke langs die paaie soek waarvan ’n mens ’n uitstappie kan maak of waar reisigers

12,7 KM: HARKAMEL STUD. Dit verg sowat 600 m se grondpad ry tot by die gastehuis. Mense wat wil leer perdry of perde op stal wil hou, kan hier kom aanklop. Lesse word aangebied. Maak ’n afspraak by Christine Spangenberg (083-281-4062). Van Oktober kan voornemende bruidspare op soek na ’n plek om te trou hier besoek aflê wanneer dit as ’n trougerief in gebruik geneem gaan word. Andersins bied die gastehuis ’n wegkomkans met stilte en natuurskoon aan sy besoekers.

sommer net kan stilhou. In elke geval gaan Noordkaap by die 80 km-merk omdraai. Volgende keer volg Noordkaap die N8 (pad na Schmidtsdrift/Griekwastad/ Upington). As jy van interessante plekke op pad daarheen weet, laat weet gerus deur ’n SMS of e-pos te stuur. SMS na die nommer 45533. Begin die SMS met die letters “NK” of e-pos dit na noordkaap@volksblad.com.

20,6 KM: KOPPIE SONDER NAAM. In die verte kan ’n mens van Kimberley se hoogste geboue sien. Hierdie uitstappie is lekker oefening. Pas op vir die doringbome, hul dorings het ’n hakie. As hy ’n mens gehaak het, los hy nie maklik nie.

46,6 KM: PADSTAL. Moenie verby dié padstal ry nie. Die pryse is spotgoedkoop en die lekkerste tuisgemaakte fudge word hier verkoop. Verlang jy terug na die dae van los lekkers koop? Hier kan ’n mens dit nog doen. Die padstal is van Maandae tot Vrydae heeldag oop en Saterdae halfdag.

20,6 KM: ’N NAAMLOSE KOPPIE. Aangesien daar nie te veel op die pad is om by stil te hou of te doen nie, kan ’n mens mos altyd iets interessants skep om te doen. Die koppie, wat reg langs die pad geleë is, lyk dalk maklik om uit te klim, maar dit duur sowat 20 minute om tot bo te kom, afhangende van hoe fiks die klimmer is. Die uitsig van daar bo is indrukwekkend mooi.


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013

Eureka help beskerm sy renostermaatjies Ruan Bruwer RENOSTERSTROPING het die harte van die Laerskool Eureka-leerlinge geraak. Só baie dat hulle meer as R27 000 vir dié bedreigde spesie ingesamel het. Die gedagte vir die projek het by die skool se leerlingraad ontstaan. ’n Kompetisie is tussen die klasse gereël om kleingeld skool toe te bring. Geseëlde tweeliter-koeldrankbottels is vir die doel in elke klas geplaas. Die insameling het meer as R14 000 opgelewer. Standard Bank was die skool goedgesind deur nie bankkoste hierop te hef nie. Drie klasse – die gr. 4E-, gr. 5L- en gr. 7L-klas – het elkeen ’n prys ontvang vir die meeste geld ingesamel. Dit behels ’n besoek aan onderskeidelik die Wild Hearts-rehabilitasiesentrum, Tarentaalrand en die Good Hope-wildreservaat. Sien ’n videogreep van die aankondigings op Noordkaap se webtuiste. ’n Ander projek van die leerlingraad was om T-hemde te verkoop wat dié kwartaal elke Vrydag deur die leerlinge gedra word. Leerlingraadslede het met voorstelle vir ’n slagspreuk gekom en daar is besluit op Eureka is . . . Renostermaatjies. Die skool het die geld verlede week aan die eienaar van die Wild Hearts-rehabilitasiesentrum, deel van Wintershoek-safari’s, oorhandig om vir die werk wat hulle met renosterwesies doen te gebruik. Wiaan van der Linde, eienaar van Wintershoek, het ander skole aangemoedig om Eureka dit na te doen. “Julle moet met die poging gelukgewens word. Julle het voorgeloop met die projek om dit wat vir ons almal spesiaal is – renosters – te probeer beskerm. Die geld gaan in die Noord-Kaapse renosterfonds belê word. Ons moet versigtig wees om nie dieselfde pad met ander dierspesies te loop as wat met renosters gebeur nie – ons moet hulle koester,” het hy gesê. Volgens statistieke wat Van der Linde gewys het, is daar sedert 2010 slegs een uit die nasionale altesaam 2002 renosters in die Noord-Kaap vir hul horings gestroop. Volgens hom gaan hulle van Januarie

LEDE van die Laerskool Eureka se leerlingraad het met voorstelle vorendag gekom vir ’n slagspreuk om op T-hemde wat hul renosterprojek ondersteun te laat druk. Daar is besluit op Eureka is . . . Renostermaatjies. Van links is, voor: Lian Bruwer (hoofseun) en Nelius Oosthuizen (onderhoofseun); agter: Mareli Noëth (hoofmeisie) en Kiara Wakeford (onderhoofmeisie). Foto: Ruan Bruwer volgende jaar af uitnodigings aan skole stuur om die Wild Hearts-rehabilitasiesentrum by Kimberley te besoek. ) Gaan kyk gerus ook op www.noordkaap.co.za se videogalery na ’n videogreep van ’n blouapie (Alex) en ’n bobbejaanwesie (Eddie) by die Wild Hearts-rehabilitasiesentrum en sien hoe ’n skaaphond renosters daar aanjaag.


NOORDKAAP, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013

Win tickets to hear a legend Ruan Bruwer

WITH hits like Bette Davis eyes, Bitterblue, Holding out for a hero, Faster than the speed of night, It’s a heartache, Lost in France and perhaps the most renowned of them all, Total eclipse of the heart, Bonnie Tyler’s music is wellknown. This Welsh singer with the husky and raspy voice is in South Africa and will be performing on 1 September in Bloemfontein. The once-off performance at the Callie Human Centre on the campus of the University of the Free State (UFS) starts at 18:00.

The doors open at 17:00. The concert is 90 minutes with no interval. The concert marks the longawaited return to South African stages of Tyler (born as Gaynor Hopkins) who last performed in the country 20 years ago. ) Two Noordkaap readers can win two tickets each to this concert. Simply go to www.noordkaap.co.za and search on the homepage where you’ll find a story that contains the details how to enter for the competition. The article is called “Win tickets to see Bonnie Tyler in Bloem” and there’s a photo of Tyler as well. So, it’s easy to find.

Wessa meeting held IN honour of Women’s Month and Vulture Awareness Day on 7 September the focus of the Wildlife and Environment Society of South Africa (Wes- sa) in the Northern Cape is on these endangered birds and the work being carried out in the field by a woman biologist. Vultures have been in the news lately, for all the wrong reasons, with mass poisoning incidents

BONNIE TYLER as most people would remember her from the 1980’s and 1990’s when her music was extremely popular.

Wen prys op mobi site FRANCOIS LAUBSCHER – wenner van R250 met die komplimente van die Dulux Paint Centre, asook ’n geskenkpak bestaande uit vyf Afrikaanse CD’s en vyf Afrikaanse boeke – ontvang verlede week sy prys van Janine Rossouw van Dulux. Die kompetisie waarin die prys gewen kon word, was op Noordkaap se mobi site. Vandeesweek word weer ’n prys op die webtuiste weggegee (kaartjies na Bonnie Tyler se konsert). Sien besonderhede oor vandeesweek se kompetisie hierbo. Foto: Reneé Rademeyer CAITLYN FRENCH, ’n gr. 5-leerling aan die Laerskool Newton, het met haar troeteldier, ’n meerkat, op die skool se markdag opgedaag. Leerlinge en onnies kon hul troeteldier vir ’n kompetisie inskryf. Foto: Freddie Steyn

reported. Tragedies like these make the conservation work done in this area even more important. At Wessa’s public meeting tonight at 18:30 in the Lady Oppenheimer Hall, McGregor Museum, Beryl Wilson, zoologist at the McGregor Museum, will give a presentation on the camera-trapping of vultures at the Dronfield Vulture Restaurant.

9


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013

ter, boedelnommer: K12/2012.

PLAASWA: 4 WIEL dubbel - as met voorwiel losdraai tafel. 7m lank en 2m breed. R20 000 kontant of naaste aanbod. Skakel Barrie by 083 459 7616

STUDENTEMOTOR gesoek: Onder R20 000 kontant. 071 967 0285.

GTS VERVOER, Kimberley: Vervoer van meubels, boumateriaal, ens. Laai 1 - 34 ton. Billike pryse. Vragversekering: 082 574 3270/078 557 6459 PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194. UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAKS 053 832 1951

LOOKING FOR OFFCAMPUS accommodation? Well, look no further. KPA Private Student Accommodation and also Unilofts bring you beautiful furnished and unfurnished accommodation. From a room in a student house to the high security complex of Unilofts, we will find you a home away from home that suits all your needs. Don't be the last to start looking. Contact us now at 051 411 2600/072 0880 166 or visit the website at www.studentaccommodatio n.co.za

KONTANT VIR MOTORS en bakkies. Thinus. Christiana. 072 472 8686.

BLOEMISTEPOS: Dame. Vorige ondervinding is 'n aanbeveling. Handig CV persoonlik in by Classical Lines. Angelstr. 29, New Park, Kby. Sluitingsdatum: 27 Augustus 2013 om 17:00. Geen telefoniese navrae. PRINT OPERATOR (KOMORI 4-COLOUR). Bloemfontein 084 571 6408.

2.2L ISUZU 1980 DIESEL BAKKIE. Enjin en onderstel nuut oorgedoen. Tralies. Goeie werkende toestand. R25 000 of naaste aanbod. Skakel Barrie by: 083 459 7616

JOSHUA JOHANNES TRUTER

In die insolvente boedel van

Joshua Johannes Tru-

Ingevolge Artikels 40(3), (56(3) en 77 van die Insolvensiewet, Wet No. 24 van 1936, soos gewysig, word hiermee kennis gegee dat die persoon hieronder vermeld as Kurator aangestel is en dat persone wat enigiets aan die bogemelde boedel verskuldig is, die skulde onmiddellik by genoemde Kurator moet betaal. 'n Byeenkoms van skuldeisers van bogemelde boedel sal gehou word op

10 SEPTEMBER 2013 om 10:00 voor die LANDDROS TE HARTSWATER vir die

bewys van vorderings teen die boedel vir die ontvangs van die Kurator oor die saak en toestand van die boedel en om opdragte aan die Kurator uit te reik betreffende die verkoop of opvordering van gedeeltes van die boedel of betreffende aangeleenthede rakende die beheer daarvan.

HPA VENTER DUNCAN & ROTHMAN Duncan & Rothman Gebou Chapelstraat 39 - 43 KIMBERLEY 8301 Verwysing: HV/jm/TRU13/0001

AANDAG

BRIDGING CASH

Die gebruik van die letter

PENSION/ PACKAGE

while waiting for

ALLE ADVERTEERDERS "A", leestekens soos "!"

payout (lump sum only)

of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode.

Cash same day

086 1101 388 083 6700 788

SMALLS NOTICE

SOEK, KOOP, VERKOOP

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


NOORDKAAP, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013 DIE Griekwaland-Wesse o.16meisierugbyspan het goed op die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se jeugweek vir meisies op Oudtshoorn gevaar. Die span het al drie sy wedstryde gewen om as die naaswenner op die toernooi (uit 16 spanne) te eindig. Die Griekwas het die Haaie (17-5), die Boland (10-7) en die Leeus (39-0) verslaan. Die kaptein van die Griekwas, Chane Mostert, is as een van die belowendste spelers op die toernooi aangewys. Die spelers is van links, voor: Tarron Joseph, Abigail August, Denika Sas, Andrea Bezuidenhout, Monique Stuurman en Heybre Gous; middel: Aneen Cupido, Simone Cloete, Odette Ross (spanbestuurder), Chane Mostert (kaptein), Ronald Maarman (hoofafrigter), Cameron Dyers, Johan Benn (hulpafrigter), Maxine Engelbrecht en Dorencia Rooi; agter: Ray-Nechia Bam, Shantheneen Ryk, Monique Stephanus, Kelly-Ann van der Heever, Bokkie die gelukbringer, Bernelee Saal, Micaela Deeb, Selma Hendricks, Marizaan Lewis en Es-May van Wyk. Foto: Verskaf

Tennisspelers vaar goed in minireeks TENNISSPELERS van die Ruan Venter-tennisakademie in Kimberley het in die wintervakansie ’n paar mooi prestasies in die Graaff-Reinet-minireeks behaal. Micala Beukes was die wenner in die o.12-meisie-afdeling. Tiffy Beukes was vyfde, Tilana Botha sewende en Mariska Brits in die negende plek. Frank Dippenaar was agtste in die o.12-seunsafdeling. In die mansope-enkelspel het André Kock goed gedoen om tot die eindstryd te vorder. Hanro Nelson was in die vierde plek, Janko Taljaard vyfde en Andrie Venter sesde.

In stryd gewikkel HAYDEN GREY, linkervleuel van Kimberley Boys’ High se eerste hokkiespan, warm op die aanval met Aiden Brooker van die Hoërskool NoordKaap (HNK) kort op sy hakke in Vrydag se eindstryd van die Noord-Kaapse hokkieliga vir seuns o.19. HNK het die enigste doel laat in die wedstryd aangeteken om die liga ’n derde jaar agtereenvolgens te wen. HNK het in sy halfeindstryd met 2-1 met die HTS Kimberley afgereken en Boys’ High met 3-1 met CBC. Albei die wedstryde is deur ’n uitskietstryd bepaal. Boys’ High se o.16span het effe vergoed deur as provinsiale kampioen gekroon te word. Hy het HNK in die eindstryd met 1-0 geklop. Foto: Ruan Bruwer

HNK in halfeindstryd Ruan Bruwer OFSKOON daar teen verlede Donderdag nog onsekerheid was of hy wel Saterdag sy titel as kampioen van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) gaan verdedig, is die rugbyspan van die Hoërskool Noord-Kaap (HNK) nie daardeur ontwrig nie. Aldus sy afrigter, Henk Brand. Die HNK kom dan teen die Hoërskool Voortrekker van Bethlehem in die halfeindstryd van die kompetisie te staan. Daar het tot verlede Donderdag onsekerheid geheers of dit Noord-Kaap of Diamantveld gaan wees wat die naweek gaan speel. Diamantveld het kapsie gemaak omdat Northerns met ’n post-matriekspeler in die Classic Clash in April (Northerns het met 2719 gewen) gespeel het. Die Kimberley-subunie het beslis dié kragmeting is ’n ligawedstryd en dat post-matrieks nie daarin mag speel nie. Die ligapunte is aan Diamantveld toegeken en hy het tot die Shimla-liga gevorder. Die HNK het egter suksesvol daarteen geappelleer, aangesien heelwat leemtes in die Griekwaland-Wesse Skolerugbyvereniging se grondwet bestaan. Volgens Brand is die talle beserings waar-

mee hulle worstel meer ontwrigtend. Hul seisoen is al amper ses maande aan die gang en het klaarblyklik sy tol geëis soos dié tyd van die seisoen gereeld met spanne gebeur. “Ek is nietemin vol vertroue die seuns wat instaan, sal hul bes doen. Die belangrikste is dat die spelers op al die positiewe aspekte sal fokus en op dit wat elkeen na die span kan bring,” het hy gesê. Die wedstryd word Saterdag om 12:40 op GWK-park beslis. Die HNK mik na sy vyfde agtereenvolgende titel. In die ander halfeindstryd van die Shimlaliga sal die Vrystaatse kampioen, Louis Botha, in Bloemfontein gasheer vir Hentie Cilliers speel. In die Irawa-liga (vir kleinskole) se halfeindstryd in Kimberley ontmoet Landboudal van Jacobsdal en die Hoërskool Bothaville mekaar. In die Volksblad-liga vir o.15-spanne sê die HNK en Hoërskool Voortrekker van Bethlehem mekaar die stryd aan. Die wedstryd, ook op GWK-park, skop om 09:00 af. Diamantveld het verlede jaar as kampioen uit die stryd getree.

DIE Griekwas kom die naweek in hul eerste tuiswedstryd van vanjaar se Curriebekerreeks teen die Westelike Provinsie te staan. Die wedstryd begin Saterdag om 15:00 op GWK-park. Vyf lesers van Noordkaap kan elk ’n dubbelkaartjie na die wedstryd wen. Stuur ’n SMS na 45527. Begin die SMS met die sleutelwoord “Kaartjies” gevolg deur jou naam en van. Byvoorbeeld: Kaartjies. Jan Snyman. Jy kan tot Vrydag om 10:00 SMS. Jy kan soveel keer ’n SMS soos jy wil. Elke SMS kos R1,50. Die vyf wenners sal Vrydag per SMS in ken-

nis gestel word. Hulle kan hul kaartjies tot 16:00 by die kantoor van die Griekwaland-Wesse Rugbyunie gaan afhaal of Saterdag van 08:00 af by die toegangshek agter die hoofpaviljoen. Vir diegene wat nie gratis kaartjies kon wen nie, kaartjies vir die wedstryd kos R70 vir die hoofpaviljoen (volwassenes en kinders), R30 (volwassenes) vir die oop paviljoen en R10 vir kinders. Losies is ook te huur. Bel Nadia by 053-8328773.

Wen rugbykaartjies

11


12

NOORDKAAP, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013

Sport Die Diamantstad se koerant

Die Diamantstad se koerant

Poubloues fokus nou net op WP Ruan Bruwer

FRUSTREREND en teleurstellend. Dít is hoe Pote Human, Griekwasbreier, sy span se vertoning verlede Vrydagaand teen die Blou Bulle op Loftus beskryf. Die Poubloues het wel met ’n verloor-bonuspunt (verloor 9-15) van Pretoria teruggekeer, maar waar dit vroeër jare dalk ’n prestasie was om naelskraap teen die Blou Bulle daar te verloor, was die een vir hulle moontlik om deur te trek. “As daar ooit ’n gulde geleentheid was om die Bulle op Loftus te klop was dit die keer, want hulle was ook nie goed nie. “Maar ons het dit vanoggend (Maandag) agtergelaat en dadelik ons fokus na komende Saterdag se wedstryd teen die WP verskuif,” het Human gesê. Waar dit in die eerste wedstryd teen die Haaie goed met die Griekwas se skrumwerk gegaan het, was dit teen die Ligbloues ’n gesukkel. Die nuwe skrumreëls verskil drasties. Albei skrumskakels het erg onder die skeidsregter, Marius van der Westhuizen, se fluitjie deurgeloop en Ruan

DIE Griekwas se nuwe Springbok, Lourens Adriaanse, het Sondag saam met die Springbokke na Argentinië vertrek. Ongeag of hy speelkans kry, is hy van ’n Bok-baadjie verseker. Foto: Emile Hendricks

Snyman van die Bulle is selfs met ’n geelkaart vir herhaaldelike skewe ingooie in die skrums gestraf. Volgens Human wou hy nie dieselfde met Jacques Coetzee (Griekwasskrumskakel) waag nie en het hom in die eerste helfte met Marnus Hugo vervang nadat Coetzee ook twee keer vir skewe ingooie gestraf is. “Dit is heeltemal iets vreemds vir die skrumskakels en iets waaraan hulle gewoond sal moet raak. “Hulle het vroeër sommer die bal onder die slot se voete ingegooi. Dit was ’n swak gewoonte waarmee hulle lank weggekom het.” Die Griekwas kon nooit in tweede rat kom nie en boonop was die dissipline uiters swak met amper 20 vry- en strafskoppe wat afgestaan is. Agt daarvan was binne trefafstand. Gelukkig vir die Griekwas het die Bulle drie keer pale toe misgekorrel. Boonop het Howard Mnisi (senter) kort voor rustyd ’n sagte drie punte afgestaan toe hy die bal weggeskop het. Die Poubloues se Nico Scheepers, gewoonlik ’n uiters akkurate skepskopper wat in moeilike omstandighede in Durban met al agt sy pogings pale

toe suksesvol was, het teen die Bulle twee maklike skoppe verbrou. Human erken Lourens Adriaanse se oproep vir die Springbokke is ’n gevoelige slag. “Lourens speel op die oomblik baie goeie rugby en om hom te verloor is ’n terugslag. Dit bied egter aan Nick ’n geleentheid om te wys wat in hom steek.” Nick Schonert is die aangewese speler om hom te vervang met Brummer Badenhorst wat op die plaasvervangerbank sal inskuif. Badenhorst kan loskop- en vaskopstut speel. ) Ongeag of Adriaanse speelkans in Argentinië of Australasië kry, hy is die Griekwas se 63ste en nuutste Springbok. Indien ’n speler oorsee saam met die Springbokke toer, besorg dit werktuiglik aan hom ’n Bokbaadjie. Gus Theron van die Westelike Provinsie is byvoorbeeld in 2003 se Drienasiesreeks na Australië ontbied en hoewel hy nooit speelkans gekry het nie, is hy in die rugby-annale as ’n Bok aangeteken. Willie le Roux het in die Springbokke se eerste toets teen Italië die 62ste Springbok uit die Griekwaland-Wes-geledere geword.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.