Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331 Woensdag 22 Mei 2013 www.noordkaap.co.za
GRATIS
Hou ’n wakende oog (en neus) DIE polisie het ’n behoefte aan honde wat geskenk kan word om as polisiehonde opgelei te word. Falca, ’n spanjoelpolisie hond, en sy geleier, kapt. Gerrie Steenkamp, het vir die kamera geposeer. Lees berig op bl. 2. Foto: Emile Hendricks
Kimberliete vereer André Botha
TWEE baie besonderse Kimberliete gaan ook volgende week vereer word wanneer die derde Noord-Kapenaar van die Jaar bekroon word. Hulle is Karen Muir (De Graad), wat in die 1960’s die swemwêreld aan haar voete gehad het met haar uitsonderlike prestasies, en oudregter Appie Steenkamp, wat oor baie jare heen aktief in die gemeenskap van Kimberley was. Die aanwysing van die Noord-Kapenaar van die Jaar is op 28 Mei. Die spesiale eerbewys aan Muir word postuum toegeken. Sy is op 1 April vanjaar dood ná ’n jare lange stryd teen borskanker. Haar dogter, Marietjie de Graad, en suster, Liana Barrett, sal die eerbewys namens haar ontvang. Muir was op 12-jarige ouderdom die jongste mens nog om ’n sportwêreldrekord te behaal.
Muir, een van die grootste sportsterre wat Kimberley nog opgelewer het, is steeds ’n legende in die stad waar die munisipale swembad na haar genoem is. Sy het haar Springbokbaadjie in 2009 aan die Hoërskool Diamantveld oorhandig. Sy was ’n leerling aan dié skool toe sy haar swemprestasies behaal het en het in 1970 matriek hier voltooi. Die baadjie word nou in die skool se sportsentrum uitgestal. Sy het in 1980 die eerste Suid-Afrikaner geword wat ’n plek in die internasionale heldesaal vir swem gekry het. Sy het haar eerste wêreldrekord op 12-jarige ouderdom behaal. Dit was in 1965 in die 110 treë-rugslag op ’n byeenkoms in Blackpool in Brittanje. Daarna het nog wêreldrekords gevolg. Die destydse sportboikot teen Suid-
Afrika het meegebring dat sy nooit die geleentheid gekry het om aan die Olimpiese Spele deel te neem nie. Sy het ná matriek haar swemloopbaan gestaak om medies aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) te studeer. Haar stryd teen borskanker het mense die afgelope paar jaar aangegryp. Media wêreldwyd het oor haar dood berig, ’n aanduiding van hoe bekend sy steeds in die sportwêreld was. Steenkamp word vereer vir sy lewenslange bydrae wat hy steeds op 82 aan die gemeenskap lewer. Sy loopbaan bestaan uit ’n reeks prestasies, ook op nasionale vlak. Hy het ’n cum laude-eerbewys van die Universiteit van die Vrystaat vir sy bydrae tot en sukses in die regsprofessie ontvang. In 1996 het hy die Komitee vir Misdaadbekamping, nou Business Against Crime, onder beskerming van die destydse premier gestig. Hy is steeds die voorsitter en
direkteur van die nasionale organisasie. Hy het ook ’n oorkonde van die Sekretariaat vir Deeltydse Boere vir sy uitstekende bydrae in die oplossing van probleme van deeltydse boere en die bevordering van die landbou-sektor ontvang. Ná vele suksesse in sy loopbaan is hy op 1 Oktober 1999 aangestel as regterpresident in die Noord-Kaap. Hy het dié amp tot 2001 beklee toe hy afgetree het. Hy sit egter nie stil nie. Hy is steeds voorsitter van die Kenilworth-nutsmaatskappy vir Verstandelik Gestremde Persone, ’n direkteur van die nasionale Business Against Crime SA en ombudsman vir die Wildsvereniging van Suid-Afrika en die Rooivleis-produsente-organisasie (RPO).
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 22 MEI 2013
Staan nader vir Spontaan OM aan Noordkaap se oudisie vir Spontaan 2013 deel te neem, moet aspirantsangers Noordkaap se
webtuiste by www.noordkaap.co.za dophou. ’n Datum, tyd en plek sal bekend gemaak word.
Reëls om aan Spontaan deel te neem
REËLS vir deelname: ) Jy moet op 1 Julie 16 jaar of ouer wees om deel te kan neem. ) Vir die streekkompetisies in Bloemfontein, Welkom en Kimberley en op Kroonstad, Kuruman en Bethlehem moet deelnemers enige liedjie van hul keuse sing. ) Slegs kunstenaars wat kontemporêre musiek sing, sal in aanmerking geneem word. ) Jy moet jouself begelei. ) Die kompetisie is slegs vir soliste. ) Jy moet self die klankbane (backtracks) en ander toerusting vir die streekoudisies verskaf. ) Spontaan sal die klank vir die eindronde verskaf. ) Die wenner van elke streekkompetisie sal net ná die uitdunronde aangekondig word. ) Die beoordelaars behou die
reg om nie ’n streekwenner te kies nie indien ’n gepaste kandidaat nie vir die streek beskikbaar is nie. ) Indien jy as streekwenner aangewys word, moet jy vir die eindronde in Bloemfontein vyf liedjies gereed kry. ) Jy moet jou eie klankbane of begeleiding vir die eindronde verskaf. ) Die eindronde is op Saterdag 13 Julie in Bloemfontein en indien jy een van die finaliste is, moet jy jou eie vervoer en verblyf (indien nodig) reël. Oudisies word in Welkom, Bloemfontein en Kimberley en op Kroonstad, Kuruman en Bethlehem gehou. Registrasie vooraf is nie nodig nie. Daag net by die oudisie op en registreer jou daar deur R20 te betaal.
Lucas bring hulde SYLVIA LUCAS, die waarnemende premier van die NoordKaap, was een van die talle mense wat die afgelope week hulde aan die SABC 2-aanbieder Vuyo Mbuli gebring het nadat hy onverwags dood is. Mbuli was die aanbieder van Morning Live. Lucas sê in ’n verklaring sy
het met groot skok en hartseer van sy dood verneem. “Daar het kwalik ’n dag verbygegaan waarop hy nie ons dag opgehelder het met sy wonderlike kommentaar nie. Hy was deel van ons huisgesinne.” Sy het haar medelye met sy familie uitgespreek.
Groot pryse weer vanjaar op die spel DIE volgende groot pryse kan in vanjaar se Spontaan-kompetisie gewen word: SpecSavers: Agt Infinity-sonbrille en agt koopbewyse van R250 elk. Die algehele waarde is R5 200. Z PR Communications and Public Relations Consultants: ’n Publisiteits- en bemarkingskontrak van R5 000 vir elke finalis, insluitend ’n konsultasie met die Z PR-span, ’n professionele CV, die ontwerp van ’n CD-omslag en besigheidskaartjies, die ontwerp en skryf van ’n professionele profiel, die skep van ’n Facebook-profiel en vyf nuusverklarings. Algehele waarde vir al die finaliste is R40 000. Atlantis-gastehuis: Verblyf van R4 100. Die wenner, naaswenner en derdeplekwenner kry elkeen drie nagte se verblyf vir twee mense, ontbyt ingesluit. PCB Productions: ’n Fotografiesessie vir die wenner, naaswenner en derdeplekwenner van R2 100. Absa: ’n Geskenkpak van R500 vir elke deelnemer.
Polisie soek honde Lecrecia Prins
DIE polisie het skenkings van honde nodig omdat sy eie teelsentrum nie genoeg honde vir opleiding kan verskaf nie, sê lt.kol. Piet Rossouw, provinsiale bevelvoerder van die honde-eenheid. Volgens Rossouw teel die polisie self honde, maar die eenheid het nie die ideale omstandighede om hulle in groot te maak nie. Volgens Rossouw is honde wat geskik is vir opleiding die Duitse herdershond, Belgiese herdershond, skaaphond, labrador, rottweiler en spanjoel (cocker spaniel). Die honde word eers as patrolliehonde opgelei. Hulle word gebruik vir spoorsny en die aanhouding van verdagtes. As ’n verdagte in die veld of ’n gebou wegkruip, word die patrolliehonde gebruik om hulle uit te kry. Daarna word die honde vir springstof opgelei. Dié honde is ook die aggressiewe soort.
Die honde wat geskenk word, word ook vir ander doeleindes opgelei, soos vir reddingswerk en die opspoor van dwelms. Die veld is wyd. Van die honde word ook opgelei om perlemoen, renosterhoring of ivoor uit te snuffel. Verder is daar brandondersoekhonde, terwyl “biologiese honde” weer op verkragtingstonele gebruik word om liggaamsvloeistowwe uit te snuffel. Die veediefstal-eenheid het ook sy eie honde. Om die honde op te lei in die verskillende afdelings neem minstens vier maande. Daar is ook ander opleiding wat langer duur, sê Rossouw. “Die ideale ouderdom vir ’n hond om geskenk te word is tussen nege maande en ’n jaar oud. “Wanneer hy geskenk word, besoek ons die eienaar en gaan kyk of die hond geskik is vir dit waarvoor ons hom wil gebruik. “As die hond die potensiaal het om opgelei te word, maar nie die toets
deurgekom het nie, hou ons hom vir twee weke by die eenheid om te sien of hy kan aanpas. “Die vereistes waaraan die hond moet voldoen, is dat hy ’n ketting om sy nek kan dra en balvaardighede het. Hy moet ’n bal kan gaan haal en terugbring wanneer dit gegooi word. Dit help veral baie met springstofvaardighede.” Rossouw sê wanneer die hond aanvaar word, word ’n mediese toets op die dier gedoen. Daarna ondergaan hy opleiding in Pretoria. Wanneer die hond aan die geleier toegeken word, moet na die persoonlikheid van die hond en geleier gekyk word. Die geleier moet ten alle tye beheer oor sy hond hê. Die ideale aftreeouderdom van polisiehonde is agt jaar. Vir enige skenkings kan kapt. Gerrie Steenkamp by 082-495-4598 of Rossouw by 082-333-9399 gebel word. Die polisie se mediasentrum kan ook by 053-802-7314 gebel word.
Skryf vir jou ’n prys los “SKRYF ’n kortverhaal, essay of stuk literêre joernalistiek oor ’n stad, dorp of plek wat jy self besoek het, of neem lesers deur woorde na ’n plek al was jy nie self daar nie.” Só kondig LitNet ’n kompetisie vir essayen kortverhaalskrywers aan. ’n Verhaal kan óf net ware feite of gebeurtenisse bevat, óf iets vreemds mag in die stad gebeur wat nie strook met die “werklikheid” nie. Die wegspringplek moet egter die feitelike stad of plek wees en moet iets van die plek se ruimte oordra, sê LitNet. Bydraes van hoogstens 1 500 woorde moet rentia@litnet.co.za teen 3 Junie bereik. Die wenner kry ’n pakkie van ses boeke.
NOORDKAAP, WOENSDAG 22 MEI 2013
3
Borgtog toegestaan Lecrecia Prins
CLARISSA ANN CARSTENS (links) en Steven Jonkers (naaslinks) het gister op aanklagte van R24 miljoen se bedrog in die hof verskyn. In ’n afsonderlike saak het Frank Mashilo (naasregs) en Neo Mpolokeng (heel regs) op aanklagte van bedrog van R40 miljoen in die hof verskyn (berig hiernaas). Foto: Emile Hendricks
Aangeklaagdes in hof Lecrecia Prins DIE hoof van die departement van vervoer, veiligheid en skakeling het saam met die uitvoerende hoof van ’n busmaatskappy in die hof op aanklagte van bedrog en korrupsie van R24 miljoen verskyn. Steven Jonkers, die hoof van die departement, word van drie aanklagte ingevolge die wet op openbare finansies aangekla. Hy word alternatiewelik van drie aanklagte ingevolge die nasionale wet op landelike vervoer aangekla en bykomend van twee aanklagte van korrupsie. Sy medebeskuldigde, Clarissa Ann Carstens, word van twee aanklagte van korrupsie aangekla. Volgens die staat was Jonkers die rekenpligtige amptenaar van die departement. Sy pligte was onder meer om tenders in minstens die regeringstenderbulletin en in ander media te adverteer. Sy doel is om seker te maak die departement behou ’n toepaslike verskaffing- en voorsieningstelsel wat billik, redelik, deursigtig, mededingend en kostedoeltreffend is. Die staat beweer op 23 November
2010 het Jonkers, in sy hoedanigheid as departementshoof, ’n ooreenkoms met Edward Reagan Carsten, eienaar van Carstens Bus Service, aangegaan om as gesubsidieerde verskaffer vervoer van Springbok af namens die departement te verskaf. Die ooreenkoms het op 1 Desember 2010 in werking getree. Die ooreenkoms sou op ’n maand-totmaand-grondslag wees totdat die diens as ’n tender toegeken word. Op 18 Maart 2011 het Jonkers amptelik ’n kontrak met Carstens Bus Service onderteken. Jonkers het alleen as departementshoof die kontrak geteken. Luidens die aanstellingsbrief sou die kontrakbedrag meer as R10 miljoen oor vyf jaar wees. ’n Verdere R560 000 vestigingskoste per bus vir drie busse is deur die departement vasgestel. Geen formele tenderproses is gevolg in die aanstelling van Carstensbusdienste nie. Tussen 19 November 2010 en 18 Maart 2011 is min of meer dieselfde prosedures gevolg in die aanstelling van Rainbow Transport Services om vervoer tussen Kimberley, Bark-
ly-Wes en Platfontein te verskaf. Die kontrak is vir meer as R9 miljoen oor vyf jaar aangegaan. Vestigingskoste van R560 000 per bus is ook vir drie busse gegee. Daar is ook geen formele tenderproses gevolg nie. ’n Derde soortgelyke transaksie is met Van Wyk’s Luxury Coaches deur Jonkers aangegaan. Tussen 1 April 2011 en 30 April 2013 het die departement meer as R6 miljoen aan Van Wyk’s Luxury Coaches betaal sonder voorgeskrewe departementele prosedures vir die aanstelling van ’n diensverskaffer. Clarissa Ann, suster van Edward Carstens, het na bewering ’n ooreenkoms gehad dat betalings aan Carstens Bus Services deur die departement in die bankrekening van Umfana Business Enterprise, haar maatskappy, inbetaal word. Die staat beweer in Junie en Julie 2011 het sy R60 000 aan Jonkers gegee omdat hy ’n vyfjaarkontrak aan Carstens Bus Service gegee het. Albei beskuldigdes is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Die verhoor is tot 25 Junie uitgestel.
FRANK MASHILO, die munisipale bestuurder van die Renosterberg-munisipaliteit, voorheen munisipale bestuurder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, het gister saam met Neo Mpolokeng, die voormalige finansiële hoof van Sol Plaatje, op aanklagte van bedrog, vervalsing en uitgifte van R40 miljoen in die hof verskyn. Mashilo word ingevolge die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansies aangekla, en daarby ook van bedrog, vervalsing en uitgifte. Mpolokeng word van bedrog, vervalsing en uitgifte aangekla. Daar word beweer Mashilo en Mpolokeng het tenders van R40 miljoen vir ’n onafhanklike meterstelsel toegeken. Die elektrisiteitsmeters is na bewering geïnstalleer, maar het nooit gewerk nie. Op 1 November 2003 het Actaris Measurement & Systems
(Actaris M&S), ’n vennoot van Actaris, ’n kontrak met die Sol Plaatje-munisipaliteit aangegaan. Actaris M&S sou vir drie jaar ’n voorafbetaal-elektrisiteitmeterstelsel verskaf. Die staat beweer Mashilo het op 25 Mei 2007 onwettig, met opset en weens nalatigheid versuim om die Voorraadvoorsieningswet toe te pas. Volgens die staat het Mashilo en Mpolokeng die Sol Plaatjemunisipaliteit doelbewus mislei. Dit is gedoen deur aan te dui dat die inligting wat Khatima Engineering Services (KES) verskaf het, korrek en die waarheid is. Daar is aanpassings, weglatings en vervangings in die dokument gedoen wat aan die munisipaliteit voorgelê is. Mashilo en Mpolokeng is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Die saak is tot 20 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel.
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 22 MEI 2013
Fees vol vermaak
Jolie se besluit skep bewustheid BORSKANKER raak een uit elke 29 vroue in Suid-Afrika. Dit is ’n skrikwekkende statistiek – veral vir dié een uit 29 wat dit nie vryspring nie. Juis omdat dit so baie vroue raak, word die behandeling daarvan, en ook die stappe om te keer dat dit hoegenaamd vastrapplek kry, by die dag gesofistikeerder. Angelina Jolie was onlangs wêreldwyd in die nuus nadat sy ’n voorkomende dubbele mastektomie gehad het, omdat sy ’n afwyking in die BRCA 1-geen het. Dit beteken sy het dieselfde genetiese afwyking om eendag moontlik bors- en/of eierstokkanker te kry – ’n siekte wat haar ma se lewe geëis het. Dié afwyking raak minder as 10% van borskankerpasiënte. Omdat dit dus raar is, is die dubbele mastektomie, tesame met ’n gedeeltelike histerektomie, deesdae wat onkoloë ook in Suid-Afrika voorskryf as die beste manier om dié soort kanker te voorkom. Dit verminder die kanse om siek te word na 5% tot 10%.
Dit is egter ’n duur proses waarvoor slegs enkele siekefondse in Suid-Afrika betaal. Net die genetiese toets kos sowat R15 000. Dit is ook ’n traumatiese stap vir ’n jong vrou om te doen as sy nog nie getroud is of kinders het nie. Daarom durf niemand sonder ’n ervare ondersteuningsgroep dit ooit oorweeg nie. Dié operasie is nou nie vir enige staatspasiënte in Suid-Afrika beskore nie. Wat Jolie egter reggekry het, is om die kollig op dié vernietigende siekte te plaas, en meer spesifiek op die voorkoming daarvan. Hoewel die operasie min mense beskore is, is die standaard-mammogramme en ander voorkomende behandelings relatief algemeen beskikbaar. As Jolie dus net ’n klompie vroue daaraan herinner het dat hulle lanklaas só ’n konsultasie gehad het, het sy waarskynlik reeds ’n paar se ellende help verlig, en dít is immers die belangrikste doelwit.
STEVE HOFMEYR, wat vanjaar 25 jaar op die verhoog vier, se optrede is een van die hoogtepunte van vanjaar se Vryfees in Bloemfontein. Hy tree in die Callie Human-sentrum op. Die slagspreuk van die fees vanjaar is Hartelus!. Almal kan vanjaar na hartelus op die Vryfees kom baljaar, want die kunsteprogram bied waarlik iets vir almal: toneel van alle soorte, kwaai drama, klugtige komedie, alternatiewe andersheid; ’n eerste met ’n simfonieorkes, prikkelpoppies vir die manne, fyn musisering; opskopkonserte met onder andere Steve Hofmeyr, gewilde gunsteling-kunstenaars; maar ook vars, nuwe gesigte. Ná ’n lang afwesigheid is daar weer dans op die fees, en sommer baie waarin jy enigiets van ballet tot gumboot-danse kan verwag. Die titel is nie verniet Spectacular Spectacular nie. Van die 12 kabaret-, musiekteater- en klassiekemusiek-aanbiedings is ’n Kabaretmania wat gehore aan die muse met die mes gaan bekend stel: kabaret. Die Bloemfonteinse stadsorkes gaan groot klank verleen aan die musiek van Andrew Lloyd Webber en vir die manne is daar ware burlesk-poppies wat sing en dans in Big Top Burlesque. Toneel het vanjaar meer Engelse werk – onder meer ’n nuwe stuk deur Mike van
Graan. Gaan kyk gerus na Gerben Kamper se opvoering van die Adam Small-stuk Kanna hy kó hystoe met June von Merch. ’n Ander nuwigheid is Kinders van stilte, ’n vertaling van die gewilde Children of a lesser god, waarin Vicki Fourie, voormalige Mej. Dowe Suid-Afrika, saam met Zane Meas en Antoinette Louw speel. Vir ’n ware Suid-Afrikaanse ervaring kan daar nou na die Township Arts Experience op 6 Julie in Batho uitgesien word waar inheemse kuns, danse, musiek en interkulturele geregte hoogty vier. Die kunservaring is gekonsentreer in Makgothi-straat, dieselfde straat waarin die Mapikelahuis is waarin die ANC gestig is. Dit is oorkant die Batho-polisiekantoor. Gratis busvervoer word van die Kovsie-kampus na die township verskaf. Die bus vertrek om 10:30 en 12:30 van die taxi-staanplek.
GWK help grond hervorm GWK-EIENDOMME, ’n filiaal van mense en 674 was mense met gedie landboureus GWK Bpk., het die stremdhede. Sowat R12,9 miljard afgelope jaar by die verkryging van is aan die grond bestee. Van die landbougrond vir grondhervor4,123 miljoen hektaar wat aangeming betrokke geraak. koop is, is 695 plase tot vol produkDaardeur het ’n nou band met die sie hergekapitaliseer. Hier is departement van landelike ontwik4 982 mense heeltyds in diens. keling en grondhervorming geDie woordvoerder sê Allan du vorm, sê ’n woordvoerder van die Toit van GWK Eiendomme fokus maatskappy. op die verkryging van landbouVolgens Gugile Nkwinti, minister grond vir die departement. Hy van landelike ontwikkeling, is 4 813 ALLAN DU TOIT meen die departement wend ’n plase van 1994 tot Januarie 2013 daadwerklike poging om sy prodeur verskeie hervestigingsprogramme aan op- sesse te verbeter aan en die tydsduur van trankomende produsente oorgedra. Altesaam saksies te verkort. Daar is ook ’n fokus om die 230 885 mense is deur die oordrag van dié regte mense op die grond te vestig en hulle deur4,123 miljoen hektaar grond begunstig. Van die lopend te ondersteun. Die woordvoerder nooi begunstigdes was 54 440 vroue waaraan 1,7 mil- belangstellendes om Du Toit by 071-680-8586 of joen hektaar grond oorgedra is, 32 563 was jong allandt@gwk.co.za te kontak.
Moet liewer nie inmeng nie Hannes Noeth EK het op die platteland grootgeword. Daar weet almal mos alles van almal af. Die groot kuns is om nie in te meng waar jy nie hoef nie. Om, spreekwoordelik gesê, jou neus uit ’n ander se sake te hou, want as jy inmeng, gaan jy jou vasloop. Die ou oom en tannie was jare getroud. Nog in daardie jare toe die huwelike, soos die oom graag vertel, so gesement is dat moeilikheid dit nie sommer opgebreek het nie. Een oggend was hy erg beswaard. Die tannie is vir hom kwaad. Hy het nie oggendkoffie gekry nie, hy het nie ontbyt gekry nie, en, ja, werklik, dit lyk vir hom asof die tyd na middagete nou skraal raak. Amper so skraal soos hy nou voel. Maar, vertel hy, hy moenie kwaad wees vir die tannie nie. Sy het rede om so te voel. Hulle het nie verniet al soveel jare met mekaar uitgehou nie. Hy ken haar. Sy ken hom. Die moeilikheid, sê hy, het alles begin toe hy verlede maand afgetree het. Mense moet verstaan, hy was gewoond om baie hard te werk, maar skielik is die verveeldheid net te veel. Toe is die dae net te lank. Dit is nou waar hy 1784 – Die Vrede van Versailles beëindig ’n oorlog tussen Frankryk, Engeland en Nederland. 1802 – Frankryk stel slawerny in sy kolonies in. 1874 – Levi Strauss begin om sy blou jeans te bemark, steeds vandag bekend as Levijeans. 1910 – Halley se komeet bereik sy naaste punt aan die aarde sedert 1837, sowat 22 miljoen km weg. 1916 – Huisgenoot, die oudste bestaande Afrikaanse tydskrif in die land, verskyn die eerste keer. Dit is die tweede oudste publikasie in die Media24-stal waarvan NoordKaap ook deel is. 1932 – Amelia Earhart land naby Londonderry, Ierland, en word sodoende die eerste
Die Diamantstad se koerant
Tel. 053 831 2331 Faks 053 831 2330
Posbus 1583 Kimberley 8300
toe die fout maak. Jy sien, hy moes nooit geinterfere het nie. Die tannie kan kosmaak, sy doen al jare. Sy kan huis skoonmaak, sy doen al jare. Sy kan huishou, sy weet van. Sy soek nie nou inmenging en voorstelle en plannetjies wat dinge beter en makliker en skoner sal maak nie. So, as dominee net gou een oproepie kan maak, net gou kan bel, vir die tannie kan sê, hy is jammer hy het geinterfere. Hy sal nie weer nie, want ’n mens moenie inmeng waar dit jou nie aangaan nie. ) Bekendstelling van Twyfelhoekies, 36 rubrieke saamgebundel, is op 28 Mei om 18:00 in die Gereformeerde kerk Kimberley. Die eerste 150 persone wat wil kom, kan Noeth bel by 082-7697222. Organisasies of persone in die lesersgebied van Noordkaap buite Kimberley wat graag ’n bekendstelling op hul dorp wil reël of wil help met die verspreiding kan dieselfde nommer skakel.
vrou wat alleen oor die Atlantiese Oseaan vlieg. 1939 – Pan American Airways begin met die eerste gereelde passasiersdiens oor die Atlantiese Oseaan. 1942 – Die tenniskampioen Frew Mcmillan is in Springs gebore. 1983 – Motorbom ontplof buite die lugmag se hoofkantoor in Pretoria.
Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw
NOORDKAAP, WOENSDAG 22 MEI 2013
Flank wag nog vir beslissing André Botha DIE eerstespanflank van die Hoërskool Noord-Kaap wat na bewering ’n speler van die Hoërskool Waterkloof met die vuis en daarna met die kop geslaan het, sal waarskynlik teen die einde van die week weet wat sy lot gaan wees. Luaan Dowie het gister voor ’n tugkomitee van sy skool verskyn en verskyn vanaand voor ’n tugkomitee van die Griekwaland-Wesse Rugby-unie (GWRU). Henk Brand, hoof van NoordKaap en ook afrigter van die eerste span, het gesê Dowie is hangende die tugverhoor nie in die skool nie. Hy het beklemtoon Dowie is nié geskors nie. “Dit is normale prosedure ingevolge die Skolewet.” Ná die verhoor sal die tugkomitee sy bevinding aan die skool se
beheerliggaam gee wat dan oor verdere optrede sal besluit. Brand het vroeër gesê die voorval is “heeltemal onaanvaarbaar”. Dowie het ná slegs 15 minute se spel in sy span se kragmeting teen Waterkloof ’n rooikaart van die skeidsregter, Francois de Bruin, vir ’n beweerde vuishou na Waterkloof se slot Jeandré de Beer gekry. Dowie het beweer hy is net voor die voorval deur De Beer in die oog gekrap. Terwyl De Bruin sy rooikaart terug in sy kous gedruk het, het Dowie glo weer vir De Beer met die kop onderstebo geslaan. Die voorval het sy rugbyloopbaan minstens vanjaar in die weegskaal geplaas. Hy is ’n sterk aanspraakmaker op ’n plek in Griekwas se Cravenweek-span. Sou hy geskors word, kan dit sy kanse knou.
Gradeer jou dorp met veldtog DIE burgerregte-organisasie AfriForum het sy Gradeer-jou-dorpveldtog in die Noord-Kaap bekend gestel. Die doel van die veldtog is om gemeenskappe in staat te stel om die gehalte van dienslewering op hul dorpe en in hul stede te bepaal. AfriForum sal die uitslag van die evaluering aan munisipale bestuurders as ’n sertifikaat beskikbaar stel om hulle van gemeenskappe se indrukke oor dienslewering op hul onderskeie dorpe bewus te maak. “Ons wil hê munisipaliteite moet weet wat hul inwoners van hulle dink, of dit nou positief of negatief is. Sodra ons die besonderhede het, kan ons aangeleenthede wat aan-
dag verdien, evalueer en dan kan ons dit met die bepaalde owerhede bespreek,” sê Ivan Herselman, adjunkhoof van plaaslike regeringsake van AfriForum. Alle mense in die Noord-Kaap word aangemoedig om die veldtog te ondersteun deur die kort elektroniese meningsopname by www.gradeerjoudorp.co.za af te laai en in te vul. E-pos die ingevulde vorm na gradeerjoudorp@afriforum.co.za. “Dit sal AfriForum die geleentheid bied om te bepaal waar ingryping nodig is. Hoe meer mense aan die veldtog deelneem, hoe beter is dit vir die dorp,” sê Wesley Martin, AfriForum se organiseerder vir die Noord-Kaap.
FOR THE
BEST FAMILY BRANDS Oral-B Brush Heads
3+1 VALUE PACK
R129 SAVE R20.00
Oral-B Professional Care 500 Electric Toothbrush Removes up to 2X as much plaque as a regular manual toothbrush
95
Wella ProSeries Shampoo OR Conditioner
Pampers Baby Wipes Fresh 4x64 OR Sensitive 4x56
R329 SAVE R170.00 00
500ml Assorted
3+1 VALUE PACK
R34.95 FOR 1 R34.95 BUY 3 FOR FOR 1
R59 SAVE R20.00 95
R69 SAVE R34.90
each
95 95
Always Everyday Pantyliner Pack 20 liners Scented or unscented
Gillette Mach3 Blade 8-Pack
R149
00
SAVE R30.00
R12.95 FOR 1 BUY 3 FOR
R24 SAVE R13.90 95
www.dischem.co.za | Customer Careline 0860 347 243 | careline@dischem.co.za
Dis-Chem reserves the right to limit the quantity of any item offered for sale. Sale products may vary from photographs. Pictures are for illustration purposes only. Offers may not be available at all stores. Prices include VAT and are valid for cash, cheque or credit card. E&OE. Offers valid until 02 June 2013 while stocks last, except where specified.
Click’n Shop @ www.dischemonline.co.za
GO Advertising 67324
VISIT OUR IN-STORE CLINICS FOR ALL YOUR HEALTHCARE NEEDS
Stay Well Clinic | Well Baby Clinic Specialised On-site Screening | Wound Care Medical Aid Well Screen Assessments
Duracell Ultra Power AA Batteries
4+2 VALUE PACK
R39 SAVE R10.00 95
5
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 22 MEI 2013
Leer oor koerante op kursus LEERLINGE van ver skeie skole in Kim berley het meer oor koerante geleer toe hulle ’n skoolkoe rantkursus by die Hoërskool Adaman tia bygewoon het. Die kursus is deel van Media24 se Na sionale Skoolkoe rantprojek. Aan die einde van die kursus moes die leerlinge in groepe werk om ’n koerantvoorblad saam te stel. Hier hard aan die werk is van links Simoné Stoltz (Adamantia), Lesedi Montwedi (St. Patrickkollege), Tlotlo Leseledi (NoordKaap), An toinette Loubser (Hopetown), Janke Günter (Hopetown) en Mpho Thakie (HTS Kimberley). Foto: Emile Hendricks
Vereer vir goeie, harde werk RIA BESTER is bekroon met Me diclinic Kimberley se uitnemend heidseerbewys. Sy werk reeds die afgelope sewe jaar by die hos pitaal. Luidens ’n verklaring van die hospitaal is sy onder meer be kroon vir die wyse waarop sy pa siënte hanteer, gereelde terug voer van families oor haar goeie diens en die wyse waarop sy lei ding aan ander personeellede gee. Foto: Verskaf
NOORDKAAP, WOENSDAG 22 MEI 2013
7
Trap vir ander ná kankerstryd Lecrecia Prins
“MY lewe is gespaar en ek het gevoel ek moes iets vir my medemens doen.” Só beskryf Pierre Visser, of Vissie soos sy vriende hom noem, sy lewensreis en kankerstryd. Vissie is sowat vier jaar gelede met kanker gediagnoseer, maar het ’n operasie ondergaan en ’n kankergewas is weggesny. Sedertdien is geen tekens van kanker weer by hom opgemerk nie. Ná dié lewensomwenteling het Vissie gevoel hy het ’n behoefte om geld vir kankernavorsing in te samel, en toe die geleentheid hom voordoen om geld vir Bybelverspreiding in te samel het hy dit aangegryp. Vissie vertrek volgende Saterdag saam met sy vrou op ’n fietstoer van Kimberley na Mosselbaai. “Die oogmerk om geld vir Bybelverspreiding in te samel is goed, omdat daar baie mense is wat die Bybel wil lees. “Op die toer gaan ons op dorpe soos Hopetown, Britstown, Victoria-Wes en BeaufortWes stop en met die mense oor geloof praat en vra hoe hulle God sien.”
PIERRE VISSER met sy fiets waarmee hy Sa terdag die lang pad tot op Mosselbaai gaan aanpak om geld vir Bybelverspreiding in te samel. Foto: Emile Hendricks
Prediker (63) kry 18 jaar Lecrecia Prins ’n PREDIKER van ’n plaaslike kerk is 18 jaar tronkstraf opgelê nadat hy ’n sewejarige meisie verkrag het. Ses jaar daarvan is vir vyf jaar opgeskort. David Dlamini (63) het op 16 Februarie 2010 omstreeks 14:00 in Greenpoint die meisie tussen haar vriende gaan haal en na sy sinkhuis gebring. Streeklanddros Jesse Clarke het in sy uitspraak gesê na sy mening het Dlamini die kind verkrag om niks anders as sy eie behoeftes te bevredig nie. Al wou die kind weghardloop, geskree het en haar ma en die gemeenskap aan Dlamini se deur gehamer het, het hy steeds voortgegaan om haar te verkrag. Clarke het gesê Dlamini het die kind se voorreg om te besluit waar, wanneer en deur wie haar maagdelikheid ontneem word, van haar af weggeneem. Dit het in Dlamini se guns getel dat hy ’n bejaarde en ’n eerste oortreder is. Daarom het hy nie lewenslange tronkstraf gekry nie. Sy ouderdom het egter ook as verswarende omstandighede getel, omdat hy as ouer persoon tussen reg en verkeerd kan onderskei. Clarke het aan Dlamini verduidelik dat sy besonderhede, ingevolge die nuwe Kinderwet, in die nasionale register van seksuele oortreders opgeteken gaan word. Die wet behels hy mag nie oor kinders toesig hou of by ’n plek werk waar kinders is nie. Die ma en ouma van die slagoffer het aan Noordkaap gesê hulle is albei tevrede met die vonnis. Die ma sê sy het by haar vriendin gekuier toe een van die ander kinders haar kom roep en sê wat Dlamini gedoen het. Sy het na Dlamini se huis gegaan en gehoor hoe haar kind vir haar skree om te help. Sy het aan die deur geklop, maar hy het nie oopgemaak nie. Lede van die res van die gemeenskap het Dlamini se deur afgeskop om dit oop te kry. Sy sê sy het gevrees dat hy haar kind sou doodmaak.
Toer beplan DIE ACVV-Kimberley bied weer vanjaar ’n toer vir pensioentrekkers na die Weskus aan. Die toer is van 27 September tot 4 Oktober. Verskeie plekke soos onder meer Carnarvon, Calvinia, die Kokerboomwoud en waterval by Nieuwoudtville, asook Lambertsbaai en Swartriet en orgidieëplaas, word besoek. ’n Woordvoerder van die ACVV sê die koste is R5 000. ’n Deposito van R1 000 is betaalbaar om plek te verseker. Skakel die ACVV se Kimberley-kantoor by 053-831-5815 vir plekbespreking of Ria van der Westhuizen (toerleier) by 082-377-8751 of 053-833-3138.
Vissie was nog altyd sportief en het alles van rugby tot gholf gespeel, maar laasgenoemde was nie so lekker nie, omdat hy dikwels alleen moes speel. Hy het agtergekom hoe lekker dit is om fiets te ry en dat hy dit saam met sy gesin kan doen. “Fietsry raak soos ’n leefstyl. Jy leef op jou fiets. Jy kan oral met jou fiets gaan. As jy nie ’n 4x4-voertuig kan bekostig nie, koop ’n fiets. “Ek kan nie wag om te begin ry nie. Baie mense het my gevra of ek mal is en gesê dit gaan moeilik wees. Jesus moes die kruis dra en dit was vir hom ook moeilik. “Ons gaan gemiddeld 120 km tot 140 km per dag ry. Dit is omtrent hoe ver die dorpies uitmekaar is, maar jy sal nie teen 140 km/h teen die Outeniekwa-pas wil afry nie.” Vissie sê mense wat soos hy en sy gesin fietsry, staan bekend as weekend warriors. “Om fiks te bly oefen ons maar wanneer ons die tyd het. In ’n goeie week ry ’n mens sowat 250 km, maar in ’n slegte week hoogstens sowat 150 km. “Ons neem ook deel aan kompetisies soos die Marrick-bergfietsuitdaagreeks.” Vissie sê hulle het nog baie reëlings om te tref voordat hulle Saterdag omstreeks 07:00 van die Horseshoe-motel af vertrek. Enigeen met ’n fiets kan die eerste paar kilometer saam met Visser ry. Bel past. Gerhard Zandberg by 079-389-4548. Almal kom om 06:00 by die Horseshoe-motel bymekaar.
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 22 MEI 2013
Kuier saam op manne-aand DIE Hoërskool Adamantia het ná byna tien jaar weer ’n manneaand gehou. Vier groot rugbypersoonlikhede het as gassprekers opgetree. Van links is Vlok Cilliers, oudSpringbok en tans skopafrigter by die Blou Bulle, Linette Klaasen, Morné Steyn, Springbok, Carinda Maritz, Breyton Paulse, oudSpringbok, Anza Holtzhausen en Kobus Wiese, oudSpring bok. Klaasen, Maritz en Holtzhausen het die aand gereël om geld vir die skool in te samel. Foto: Verskaf
Mark toon groei Charné Kemp
DIE eiendoms- en huurmark in die NoordKaap toon steeds ongekende groei, deels vanweë die bou van sonkragaanlegte in dié provinsie. Die afgelope drie maande het die mark met 13% gestyg. Só sê Louw Liebenberg, uitvoerende hoof van PayProp, ’n onderneming wat huurinkomste verwerk. Volgens hom is een van die faktore die ontwikkeling van sonkragaanlegte in die provinsie, veral op Upington. “Die afgelope drie maande was ongelooflik. Die nywerheidsontwikkeling, nuwe hospitaal en inkopiesentrums op Upington veroorsaak ’n vraag na verblyf wat die vraag na huurhuise verhoog.” Ander dorpe wat uitgesonder word, is De Aar en Prieska waar ook sonkragaanlegte gebou word. André Mostert, ’n Seeff-agent op Upington, sê die vraag na huurhuise het verhoog omdat daar ook ’n gebrek aan ontwikkeling was. “Daar word nie baie nuwe huise gebou nie. Daar is dus min huise in die mark en min wat minder as R1 miljoen kos. “Eiendomspryse het met 12% gestyg en dit is goed om nou te belê. Dit is moeilik vir eerstehuiskopers om lenings te kry, maar die huurpryse is so goed dat eienaars hul paaiemente gemaklik kan betaal. “Op Upington kos die gemiddelde huis tussen R970 000 en R1,2 miljoen met ’n huurinkomste van tussen R8 500 en R10 500 oor 20 jaar.” Prieska se huispryse het ook gestyg. Jeandré Lotz van M&M-prokureurs sê ’n gemiddelde huurhuis (drie kamers en twee badkamers) se prys het van R2 500 drie jaar gelede tot sowat R5 500 gestyg. “Sommige van die huise het net een badkamer. Daar is tans geen huise te huur op Prieska nie. Gastehuise is net so vol. Ons huur selfs huise aan gastehuise uit. Die gewone salaristrekker op Prieska kan nie meer huurhuise bekostig nie.” Die vraag na huurhuise en gastehuisverblyf op De Aar is net so groot. Lischelle Fitsgerald-Smith van Just Property sê die vraag kom van sonkragaanlegte, die hospitaal en Transnet-kontrakteurs. Huurpryse het van R4 000 drie jaar gelede tot tussen R8 000 en R11 000 gestyg. Elretha van der Merwe van Remax op Kuruman, wat tot nou bekend was vir ongehoorde huurbedrae, sê yster- en mangaanmynkontrakteurs skuif nou na Kathu omdat die padbouwerk tussen Kuruman en Hotazel die lewe vir Kurumaniete moeilik maak. “Daar is nou baie nuwe huise op Kathu en dit is ’n makliker pad om by Hotazel uit te kom. “Die Kuruman-pryse het nou gestabiliseer. Die gemiddelde huis se huur is tussen R8 000 en R12 000 per maand. Huise wat meer as R16 000 kos, staan leeg. Daar sal nooit genoeg huise op Kuruman wees nie, want die gebied voed verskeie nywerhede.”
NOORDKAAP, WOENSDAG 22 MEI 2013
CR-Z ’n bietjie opgeknap SO ’n jaar of drie nadat Honda sy netjiese “groen” buksie, die CR-Z, plaaslik bekend gestel het, het hy die knapie nou van ’n paar frisser bene voorsien. Die hibried-Honda is sommer in die proses opgeknap om sy lysie van standaardweeldes langer te maak. Net om die geheue te verfris: Die CR-Z is die spirituele opvolger van daardie ougat ryding van die vroeë 90’s, die CR-X. Nie net lyk hulle redelik eenders nie, die fokus is ook om ’n sportiewe tweesitplekker teen ’n billike prys te bied. Die verskil tussen toe en nou se bukse is dat die nuweling ’n “groen” knapie is. Die CR-Z word deur ’n gewone petrolenjin van 1,5 F aangedryf, maar dan het hy ook ’n elektriese kragbron wat sy krag van ’n litiumioon-batterypak kry. Die Honda kan dus met slegs batterykrag ry (teen enigiets onder 60 km/h) of hy kan met ’n kombinasie van die twee kragbronne aangedryf word. Jy kan ook tussen drie rymodusse skakel deur net ’n knoppie te druk: Eco vir maksimum brandstofbesparing en lang tye se elektriese aandrywing, ’n normale rymodus en dan ’n sportiewe modus. Honda se gedagte met die nuwe CR-Z was om woelwater-pret met ’n “groen” gewete te kombineer. Hoe suksesvol dié goue middeweg was, is egter ’n ope vraag. Die CR-Z se verbruik is nie rasend beter as moderne turbodiesels s’n nie; en as jy in sy Eco-modus ry, moet jy met ’n eier onder jou regtervoet versnel – baie liggies en sorgsaam. Dit nou teenoor ’n moderne turbodiesel of selfs ’n klein turbo-enjin wat jy normaalweg kan inspan en
steeds ’n lae verbruik kry. Dit net ter agtergrond. Die opgeknapte CR-Z kry ’n nuwe blikbrein wat die enjinbeheer en kleptydreëling sodanig aanpas dat die motor nou meer krag en wringkrag lostoor. Honda sê die kragwinste is so 10%, wat nie te versmaai is nie. Krag is op na 101 kW, terwyl die wringkragsyfer van die 1,5 nou op 190 Nm te staan kom. Ook die elektriese motor lewer nou meer krag, van tien na vyftien kilowatt. Versnelling geskied nou in 9,0 sek. tot by 100 km/h, en die topspoed is 200 km/h. Die verbruik bly egter konstant op 5,2 F, sê Honda. Die CO2-syfer bly bo die 120 g/ km-merkie (124 g/km). Binne het Honda die sitplekke vervang deur nuwe stoele wat ook leerinsetsels het. Daar is ook leerpanele by die deure se afwerking. Die beligting se ou, gewone lampies is vervang met LED-soort diodes wat kleiner is en minder krag opslurp. Die lampies word by die instrumenthuls en by die dakvoering ingespan om ’n ambiance te help skep. As jy in Sport-modus is, is die beligting rooi en in Eco-modus is dit groen. Buite is die buffer en die sierrooster deur nuwe eenhede vervang, terwyl die lugsnoer agter ’n nuwe ontwerp het wat die lug beter onderdeur die motor kanaliseer. Dit help met effense afwaartse drukkrag by hoë snelhede en maak die motor ook stabieler danksy ’n skoner lugvloei onderdeur. Standaardartikels is voortaan Bluetooth-koppeling vir jou selfoon, sitplekverwarmers, asook outomatiese hoofligte en ruitveërs.
9
Avontuurlustiges moet dié 4x4-rit nie misloop nie DIS ’n bemarkingsoefening op groot skaal, maar die bakkies lyk fris en hul tekkies nog beter. Ford het besluit om ’n amperse Camel Trophy-kompetisie vir Suid-Afrikaners te hou. Maar pleks van Land Rover Discoveries gaan dit dié slag ’n tien-
tal Ford Ranger-bakkies wees wat aanstaande maand van Kenia na SuidAfrika gaan toer. Dié keer gaan deelnemers in hul bakkies ook avontuur beleef, want hulle toer van Nairobi na Pretoria. Op pad van die noorde af Snorstad toe gaan die spanne moet deel-
neem aan verskeie uitdagings waarmee hulle hul 4x4-vernuf sal moet uitstal. Die rit duur drie weke en begin op 24 Junie in Nairobi. Die tien deelnemers se avonture sal op ’n spesiale webwerf, rangerodyssey.com, wees.
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 22 MEI 2013
UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAKS 053 832 1951
ANTIQUES: KOOP/VERKOOP. Help kliënte landwyd. 071 967 0285. www.silvercosilver.co.za
GTS VERVOER en A J LOGISTICS: Vervoer kantoormeubels en meubels landwyd teen billike pryse. 082 574 3270 074 585 3978. PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.
BEGIN JOU EIE besigheid met AVON. SMS jou naam en 'ja' na: 084 55 62265 en ons skakel jou terug. KONTANT VIR MOTORS of bakkies. SMS 072 472 8686. Skakel 053 963 1409.
GESOEK KODE 14 (EC): Swaarvragmotorbestuurder vir lang afstande, JHB na KSD, JHB na PE en JHB na DBN. Vragte. Moet in besit wees van 'n skoon PDP- en EC-bestuurspermit. Moet ondervinding hê in handrat-Fuller-13-spoedratkaste (International Truck). Moet oor verwysings beskik. Depot in Kimberley. 083 214 0828.
POSTE! BENODIG: 1.Kode 10-drywers. 2. Sekuriteitsbeampte om toegangsbeheer uit te oefen. 3. Verkoopspersone met Graad 12, ondervinding in hardeware is 'n voordeel. CV's van persone met verwysings kan gefaks word na: 053 832 1999.
BRIDGING CASH APTEEKASSISTENT BENODIG: Libra Apteek. Graad 12 'n vereiste. Vorige ondervinding sal as 'n aanbeveling dien. Bereid om Saterdae te werk. Indien u ernstig is om 'n loopbaan in 'n apteek te volg, graag in 'n professionele omgewing wil werk en bereid is om n langtermynverbintenis te vorm, handig asb. u volledige en opgedateerde CV in Longstraat 108, Towers-kompleks, Kimberley. Sluitingsdatum: 31 Mei 2013.
while waiting for
PENSION/ PACKAGE payout (lump sum only)
Cash same day Market Square 35 Kimberley
086 1101 388 083 6700 788
NOORDKAAP, WOENSDAG 22 MEI 2013
DIE Hoërskool NoordKaap se swemmers het behoorlik in die 2012’13seisoen hul deel gedoen en altesaam 183 medaljes help insamel. Van links is Chante Robinson, Ja son Changfoot, Sasha Coetzee, Juan du Plooy en Leatitia Human. Foto: Verskaf
elektrisiteitopwekking, termiese sonkrag, bio-etanol
ontwikkelingsfinansiering aan ’n aantal industrieprojekte,
brandstof en afvalbestuur insluit.
wat die land se koolstofuitset sal verminder.
Behaal 183 plekke
As jy die gesindheid van ’n ware entrepreneur en ’n projek Die eenheid ondersteun die ontwikkeling – in lyn met
het wat kan bydra tot werkskepping en kapasiteitsgroei
die regering se doelwit vir ’n land wat teen 2050
in Suid-Afrika, besoek www.idc.co.za om uit te vind hoe
geheel en al koolstofneutraal sal wees – van groen-
die IDC jou kan help om jou omgewing groen te maak.
industrieë en -oplossings wat windplase, fotovoltaïese
Dit gaan voor die wind met hernubare energie-opwekking
Chillibush7710IDC
Sportredaksie DIE Hoërskool Noord-Kaap in Kimberley se swemmers het uitstekend gevaar in die 2012-’13swemseisoen en nie minder nie as 183 medaljes op verskeie byeenkomste losgeswem. Northerns se Devon Steyn was die voorbok in die DEVON STEYN het medalje-oes en het nie minder nie as 59 nie minder nie as medaljes tot sy 59 medaljes tot sy skool se indrukwek skool se indrukwekkende totaal byge kende totaal dra. Daarvan was 42 bygedra. goue medaljes, 13 Daarvan was 42 silwer en vier goue medaljes, 13 bronsmedaljes. silwer- en vier Foto: Verskaf bronsmedaljes. Die Noord-Kaapse Aqua-vereniging het ook amptelik laat weet Steyn het vyf rekords van Noord-Kaap Swem verbeter. Hy spog nou met die vinnigste tye in die 400 m-vryslag, 50 m-rugslag, 100 m-rugslag, 100 m-vlinderslag en 200 m-wissel- slag. Benewens Steyn het nog drie van HNK se seunswemmers, Jason Changfoot, Juan du Plooy en Chad Mpisi, hulle ook die seisoen deur in die swembad laat geld. Changfoot het altesaam 22 medaljes ingeoes, wat vyf goues, nege silwer- en agt bronsmedaljes behels. Du Plooy het self vier silwer- en vyf bronsmedaljes verower, terwyl Mpisi twee silwermedaljes bygedra het. Die skoner geslag het Noord-Kaap se naam ook in die swembad hoog gehou. Hulle het altesaam 91 medaljes verower, met Sasha Coetzee wat die meeste van die blink eerbewyse ingesamel het. Coetzee het 15 goues, 14 silwer- en twee bronsmedaljes verower vir ’n persoonlike bydrae van 21 medaljes, terwyl Chanté Robinson self 20 medaljes – vyf goud, vyf silwer en tien brons – byge- voeg het. Leatitia Human het ook haar staal in die swembad getoon deur nege goue medaljes met twee silwer- en ’n bronsmedalje op te volg, terwyl Carina van Heerden agt silweren agt bronsmedaljes agter haar naam gevoeg het. Keziah Cloete en Jodene Cloete het onderskeidelik vyf en drie bronsmedaljes met hul swemvernuf losgeslaan, terwyl Kelsey Bester ’n driekuns – een goud, een silwer en een brons – by Northerns se totaal help voeg het. San-Mari de Jager het ’n silwermedalje bygedra.
Die IDC Green Industries besigheidseenheid verskaf
Telefoon: 086 069 3888 Epos: callcentre@idc.co.za Om aanlyn aansoek te doen vir finansiering van R1 miljoen of meer, gaan na www.idc.co.za
11