Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 24 April 2013
www.noordkaap.co.za
GRATIS
Nog foto’s en video’s op web NOORDKAAP se kamera het verlede week oortyd gewerk om al die aksie van die Kimberley-interskolebyeenkoms vas te vang. Daar is ’n groot getal foto’s van die week se sport- en kultuurgebeure op ons webtuiste beskikbaar. Sien gerus ook die kort videogrepe van onderhoude wat ons ná afloop van die sport- en kultuurgebeure met die kapteins gevoer het. Daar is selfs een of twee bloo-pers. Gaan na www.noordkaap.co.za of voeg ons as vriend op Facebook by (Noordkaap Koerant) om die skakels na die videogrepe te vind. Sê sommer ook jou sê oor die Kimberley-interskolebyeenkoms deur aan die meningspeiling op die webtuiste deel te neem.
ALGAANDE nader aan mekaar. Die Kimberleyinterskolebyeenkoms het gehelp om die Hoërskool NoordKaap en Diamantveld nader aan mekaar te bring. Die leerlinge het ’n erewag vir die eerste rugbyspanne gevorm. Foto: Ruan Bruwer
Interskole vind inslag Ruan Bruwer DIE Kimberley-interskolebyeenkoms het gekom om te bly. Die week het bo verwagting goed verloop en kan as ’n groot sukses vir ’n eerste poging beskou word. Alle belanghebbendes het Sondag hul tevredenheid met die week uitgespreek. Binnekort sal reeds aan volgende jaar se gebeurtenis tussen die Hoërskool Noord-Kaap (HNK) en die Hoërskool Diamantveld (DHS) begin beplan word. Hulle was verlede week in sportsoorte soos swem, rugby, hokkie, netbal, gholf, tennis en krieket slaags. Dit was in verskeie opsigte suksesvol. Die bywoning was deurgaans baie goed en die kultuuraand het ’n vol saal getrek.
Pieter van Niekerk, voorsitter van die DHS se beheerliggaam en een van die stigters van die Kimberley-interskolebyeenkoms, sê hy is verheug hoe die week afgeloop het en hoe ’n brug tussen die skole begin bou is. “Dit het begin met ’n suksesvolle bymekaarkomgeleentheid vir die onderwysers en beheerliggaamslede waar op sosiale vlak met mekaar omgegaan is. “Ons sal nou gaan sit en ’n opname maak oor wat gewerk het en wat nie. Maar oor die algemeen is ons in die regte rigting op pad. Die publiek se bywoning en ondersteuning was ook net so verblydend.” Oor die venyn wat nog baie onlangs ’n kenmerk in die verhouding tussen die twee skole was, meen hy dit is nie iets wat oornag
gaan verander nie. “Die brug moet gebou word en daar moet ’n pad geloop word. Dit kan begin deur ’n goeie voorbeeld te stel. Dit is reg dat mense hulle agter ’n span skaar, solank dit ordentlik en mededingend gebeur,” het hy gesê. Sy eweknie by Noord-Kaap, Frankel Engelbrecht, wat van die staanspoor by die beplanning van die week betrokke was, sê hy is bly die week het geslaag in sy aanvanklike doel waarvan die een was om iets besonders vir die leerlinge te skep. Hy sê hy is nie bewus van enige ander interskolebyeenkoms in die land wat oor ’n hele week verloop of so omvangryk is nie. “Die kinders het dit geniet. Die gees waarin dit plaasgevind het, op en van die veld, was goed. Vir ’n
eerste jaar het dit goed afgeloop. “Die terugvoering van die rugbywedstryd tussen die oudleerlinge van die skole was wonderlik. Geen onderonsies of geniepsigheid nie en die spelers het ’n bietjie ná die wedstryd saamgekuier.” Oor die moontlike vooruitsig om die ouers meer te betrek sê Van Niekerk die ouers is outomaties betrokke by die kind se deelname. Hy was bly om te sien hoe ouers van die twee skole gemeng het en met mekaar kon gesels en kuier. Henk Brand, skoolhoof van die HNK wat die gasheer was, sê sy skool se leerlinge het ingekoop in die konsep van die interskolebyeenkoms en dit goed ondersteun. Mareth Hugo, die DHS-skoolhoof, sê ook sy dink dit was in geheel baie suksesvol.
Sy sê daar is nou ’n platform waarop verbeter kan word wat die reëlings en aanbieding vir volgende jaar se byeenkoms tussen die twee skole betref.
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013
Gholf ook op program DIE Hoërskool Noord-Kaap het ook koning op die gholfbaan gekraai. In die houespel het hulle met 307 houe teenoor Diamantveld se 364 geseëvier. In die individuele Stablefordkompetisie vir spelers met ’n voorgee het Willem Coetzee van Diamantveld (41 punte) die beste gevaar. In die houespel is die beste telling deur Noord-Kaapse Keenan Aysen (73) behaal wat ook die beste bruto-telling was.
LYLE MILLS van die Hoërskool NoordKaap het ’n ronde van 76 gespeel.
GERWIN HUMAN van die Hoërskool Diamantveld in die sandkuil. Foto’s: Louis Botha Fotografie
DIE interskolegholf was nie net vir die seuns nie. Noord Kaap se Izandri Gouws het ook die gholfstokke geswaai.
Maak die slimste skuiwe DIE Hoërskool NoordKaap se skaakspan het beter skuiwe gemaak en die skaaktrofee ontvang. Elke skool het drie spanne met vier lede elk gehad. Elke spanlid het drie wedstryde gespeel en sy of haar uitslae het tot die totaal uit 12 bygedra. NoordKaap se leerlinge het sewe wedstryde teenoor Diamantveld se vyf gewen. NoordKaap se eerste span het ook koning gekraai met drie van sy vier spelers wat in die meerderheid van hul drie wedstryde geseëvier het. Die spanlede was van links PJ van der Vyver, Kitso Maretela, Irfaan Kana (kaptein) en Albert Steenkamp. Foto: Ruan Bruwer
Húlle wen DIE wenners van verlede week se dubbelkaartjies na Griekwas se Vodacombekerwedstryd teen die Pumas op GWK-park wat in Noordkaap weggegee is, is André Rossouw, Tinus Grove, Grizelda Fredericks, Stokkies van Staden en Edwin Clarke.
NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013
3
Kultuur ’n groot sukses op interskole Ruan Bruwer EEN van die doelwitte van verlede week se Kimberley-Interskole tussen die Hoërskole Noord-Kaap (HNK) en Diamantveld (DHS) was om ’n gelyke platform vir sport sowel as kultuur te gee. Daarmee is beslis geslaag, veral as in ag geneem word hoeveel van die twee skole se leerlinge opgedaag het om die kultuuraand te ondersteun. Die aand het uit debat en vasvra vir juniors sowel as seniors bestaan. HNK het in al vier geseëvier en ook die trofee as algehele wenner ontvang. Volgens Anné-Mari Kotzé, kultuurorganiseerder van die gasheerskool, was hierdie aand se debattering baie meer informeel as ATKV-debatskompetisies. “Die klem was op genot. Hier was aansienlik meer toeskouers as wat jy by die ATKV-kompetisies sal aantref,” het sy gesê. Volgens haar is sy opnuut opgewonde oor kultuur. “Van die leerlinge het gesê hulle het glad nie geweet debat is so interessant en moeilik nie. Selfs van die rugbyseuns sê dit was ’n baie suksesvolle aand en dat hulle nie weer so ’n geleentheid sal misloop nie. Die algemene gevoel is dat debatdeelnemers baie respek verdien, want om so op jou voete te kan dink en dadelik sinvolle antwoorde te kan gee, is beslis nie maklik nie.” Die vasvra was met oomblikke spanningsvol. Die juniors moes vyf bykomende vrae beantwoord om die wenner te bepaal. Die seniors se tema was Die sosiale media is besig om die tradisionele media oor te neem. Spanne moes vir of teen die tema debatteer. ) In die vasvrakompetisie is veral die seniors met ’n paar moeilike vrae gepeper. Ongelukkig het twee foute vroeër by die juniors se vrae die geloofwaardigheid van die vrae bevraagteken. Die seniors moes vrae beantwoord soos wie die woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit is, wie die Britse eerste minister is, wie The Spear geskilder het, wie die NoordKaapse regterpresident is, wie as The Iron Lady bekend was, wat Oscar Pistorius se broer se naam is, wie die burgemeester van New
York is en watter twee lande om die Ashes meeding. HNK het met die louere met nege korrekte antwoorde teenoor DHS se sewe weggestap. ) Die wenspanne was: HNK- junior debatspan: Chantelle Lamb, Rian Kotzé en Cherie Bre-
denkamp; HNK- senior debatspan: Peroné du Preez, Bianca Faber en Eliz-Marie Havenga; HNK- junior vasvraspan: SJ Eastes, Simon Muller en Matthew Wessels; HNK- senior vasvraspan: Michelle Kenny, Irfaan Kana en Kurtis Mpisi.
VAN links is Chantelle Lamb, Rian Kotzé (k) en Cherie Bredenkamp, lede van die seëvierende junior debatspan van die Hoërskool Noord Kaap.
NOORDKAAP se senior vasvraspan wat met die louere weggestap het, is van links Irfaan Kana, Kurtis Mpisi (k) en Michelle Kenny. Foto’s: Ruan Bruwer
VIR Diamantveld se senior debatspan was van links Emrie Human, Hannah Schoombie en Karien van Zyl. Hulle het vir die tema gedebatteer.
DIAMANTVELD se debatteerders kon op goeie ondersteuning van hul toeskouers staatmaak.
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013
Interskole ’n reuse-sukses ’n OPREGTE poging met die eerste aanbieding van die Kimberleyinterskolebyeenkoms het reeds vrugte afgewerp. Benewens sport het kultuur ook sy regmatige plek in die week geniet en is soveel geleenthede moontlik vir soveel leerlinge as moontlik geskep. Skolesport het ongelukkig in onlangse jare by ’n paar hoërskole in Kimberley aansienlik afgeneem wat die aanbieding en deelname betref. Die geleenthede wat dus met die interskole gebied word, soos om op die beste moontlike geriewe soos die Diamant-ovaal, astro-baan en GWK-park te speel, is prysenswaardig. Die doel van die sportweek was tweeledig. Enersyds was dit ’n poging om ’n brug tussen die skole te bou waarvan die verhoudings in die onlangse verlede, meestal tussen die ouers
en ondersteuners, soms troebel was. Andersins was die doel om soveel leerlinge moontlik daarby te betrek en dit nie slegs tot rugby en netbal op die program te beperk soos in die verlede nie. Die interskolemodel is heeltemal uniek in die land en is iets waarop die belanghebbendes beslis trots kan wees. Gesamentlike deelname in ’n kooroptrede en sosiale tennis ná afloop van die amptelike tenniswedstryde sal alles daartoe bydra om die leerlinge nog nader aan mekaar te bring. Die besluit om dit hierdie tyd van die jaar te hou was goed. Leerlinge, veral matrieks, kon dit geniet sonder om aan naderende eind-eksamen te dink. Die organiseerders verdien net lof vir die eerste, uiters suksesvolle poging.
SKETS: Danie Cronjé
Staan by die waarheid vir altyd Ds. Hannes Noëth VANOGGEND staan sy toe mos nou met haar twee voete versprei oor die waarheid en die leuen. Letterlik. Dit is nou Kleinsus, die jongste in die pastorie. Sestien maande oud, so van waarheid en leuen onderskei, is daar nog nie veel kennis nie. Tog vertrap sy vanoggend die waarheid en die leuen om die beurt. Sy doen dit nogal laggend. Dit gebeur dikwels dat sy met net een skoen loop. Die voet met die skoen staan en trap op waarheid. Die kaalvoet versprei oor die leuen. Uit haar pa se boekrak het sy ’n boekie van 1931 uitgehaal getiteld Die stryd tussen waarheid en leuen. Dit is nou die letterlike waarheid
wat sy so laggend vertrap. Ek moet haar seker keer om ’n boek so te vertrap, ek is immers baie jammer vir my boeke, maar, ai, die vertrapping van waarheid en leuen hier om die beurt is vir my te treffend. Ek kry dit nie reg om vir haar te sê “moenie die boek so trap nie”. Ek sê net: “Hou op om die waarheid so te vertrap.” Sy lag vir my, nie asof sy luister nie, maar dit is tog asof sy so ’n bietjie meer op die leuen as op die waarheid staan. Dit help tog nie ek keer nou nie, die 1931-skutblad het klaar losge-
GEBEURTENISSE op 24 April in die geskiedenis: 1704 – Die eerste gereelde koerant in die Verenigde State, die Boston News-Letter, word gepubliseer. 1902 – In die Anglo-Boereoorlog vind die eerste spesiale vergaderings met burgers in die veld plaas om afgevaardigdes na die voorgestelde vredeskonferensie te verkies. 1929 – Malcolm Campbell haal 217,6 m.p.u. (350,12 km/h) op Verneukpan in ’n motor met ’n enjin van 22,3 F, nie vinnig genoeg om sir Henry Segrave se wêreldrekord van 231,45 m.p.u. te klop nie. 1930 – Amy Johnson word die eerste vrou wat ’n solovlug van Brittanje na Australië voltooi. 1980 – William Ewart Gladstone (W.E.G.) Louw, wat beskou word as een van die belangrikste digters in Afrikaans, sterf op 67-jarige ouderdom. 1991 – Die regering sê hy sal kragtens ’n ooreenkoms met die ANC alle politieke gevangenes teen 30 April 1991 vrylaat. 1994 – Sewe mense sterf en 14 is beseer toe ’n bom, geplant deur die AWB, in ’n BERIGTE oor Kimberley wat die afgelope week nuus gemaak het: ) ’n Sekuriteitswag het verlede week met brandwonde in die hospitaal beland nadat hy deur weerlig getref is. André Dosi (25), ’n sekuriteitswag van Mapogo, is in die storm op die stad se stortingsterrein deur die weerlig raakgeslaan. Hy het derdegraadse brandwonde opgedoen. Dat hy rubberstewels gedra het, het waarskynlik sy lewe gered. ) Die Federale Regskommissie van die DA het ’n voorlopige ondersoek na klagtes oor beweerde vals reis-eise teen Harold McGluwa, Noord-Kaapse DA-voorsitter, gedoen en bevind daar is nie voldoende getuienis om die klagtes te bevestig nie. Geen tugstappe sal teen hom gedoen word nie. Dít nadat Gerda Moolman, DA-wetgewerlid, oor dié klagtes, en dat geen verdere ondersoek gedoen gaan word nie, uit die wetgewer en die DA bedank het. ) ’n Laerskoolseun (13) het by sy skool in Colville aangery gekom in sy pa se Mercedes-Benz waarvan die ratte heeltemal deurmekaar is en waarvan die deure nie lekker wou oop- en toemaak nie. Die jong mannetjie agter die stuurwiel het so ewe sy jonger boetie as passasier saamgery. Die pa is beboet omdat hy sy minderjarige kind, wat nog nie eens ’n rybewys
Die Diamantstad se koerant
Tel. 053 831 2331 Faks 053 831 2330
Posbus 1583 Kimberley 8300
kom en lê los van die boek, maar dit het ’n voordeel: Dit maak dat sy nou kan kies of sy op die waarheid of die leuen gaan staan. Al twee voete is nou op die waarheid. Ek wonder nog of sy nou staan op die waarheid en of sy trap op die waarheid. Toe gee sy self die antwoord. Voet-met-skoen staan doodstil op waarheid en ander voet trap aspris lelik na die leuen (eintlik maar net omdat dit ’n los bladsy is wat nou eenkant lê). In my hart dink ek: Ja, dit is my gebed vir jou my kind, jou hele lewe lank, staan by die waarheid, vertrap die leuen. Mag jy altyd by die waarheid staan, soos jy nou daarop gestaan het. Intussen moet ek iemand soek wat my ou boekie weer kan restoureer.
motor in Johannesburg ontplof. 1999 – James Walton, wat beskou word as die grondlegger van kultuurgeskiedenis en die vader van volksboukunde in Suid-Afrika, sterf op 88-jarige ouderdom. 2012 – Annake de Villiers (37), SuidAfrikaanse violis, pleeg selfmoord. Geboortes op hierdie dag: 1942 – Barbra Streisand, Amerikaanse sangeres en aktrise. 1953 – Kallie Knoetze, Suid-Afrikaanse swaargewigbokser. 1973 – Sachin Tendulkar, legendariese Indiese krieketspeler. 1976 – Breyton Paulse, voormalige Bokvleuel en deesdae rugby-omroeper. 1982 – Kelly Clarkson, eerste wenner van die Amerikaanse Idols-kompetisie.
kan kry nie, die motor laat bestuur het. ) Sylvia Lucas neem op 30 April amptelik die leisels van die Noord-Kaapse regering oor wanneer sy as premier ingehuldig word. ) Hazel Jenkins, uittredende premier van die Noord-Kaap, het twee maande ná haar beroerte die begripsvermoë van ’n gr. 1-leerling gehad. Sedertdien het haar toestand heelwat verbeter, maar ’n lang pad na herstel lê nog vir haar voor, het Zamani Saul, provinsiale sekretaris van die ANC, gesê. ) ’n Diamanthandelaar van die stad en sy vrou lê steeds in die hospitaal nadat hulle die naweek in ’n aanval in hul huis geskiet is. Trevor Pikwane, diamanthandelaar en eienaar van Pikwane Diamonds, en sy vrou, Johanna, is Saterdagoggend vroeg in hul huis in Monumenthoogte aangeval. Die polisie se Valke het die ondersoek oorgeneem, omdat vermoed word die aanval kan met ’n sindikaat of georganiseerde misdaad verband hou. Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw
NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013
5
NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013
PLUS EARN POINTS
WINNERS
THIS WEEK’S
3249 PnP no name Frozen Chicken Braaipak 2kg TM
25
Product has been styled for photography
Harrier Whisky 750ml
Bulk Beef Mince
94
Captain Morgan Spiced Gold 750ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Each
38
99
Twinsaver 1 Ply Toilet Tissue 15s
Tastic Parboiled Rice 2kg
99
1989 First Choice Salted Butter 500g
99
Each
Kellogg’s Corn Flakes 750g
74
per kg
17
99
99
44
99
NOW ONLY
6
95
00
per pack
SAVE 20.00
Cuddlers Disposable Nappies Bulk Pack Midi 52s, Maxi 50s, Maxi Plus 48s or Junior 44s
Always there for you PRICES VALID 23 - 28 APRIL 2013 AT ALL PICK N PAY SUPERMARKETS, FAMILY STORES, MINIMARKETS AND HYPERS
IN GAUTENG, FREE STATE, NORTH WEST, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN AND VRYBURG. EXCLUDING BOTSWANA, NAMIBIA, SWAZILAND, LESOTHO AND EXPRESS STORES. smart shopper points will still apply in Express and Daily Stores.
www.picknpay.co.za
Please Recycle
CUSTOMER CARE
TOLL FREE: 0800 11 22 88 (LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)
Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.
1177104B_E
NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013
7
Leerlinge positief oor interhoër
Ruan Bruwer ’n PAAR leerlinge van die Hoërskool Noord-Kaap het hul mening oor die Kimberley-interskolebyeenkom gelug: Melissa Carney, gr. 8: “Dit was baie lekker. Ons het baie hard aan die gees gewerk en elke dag verlede week ’n geesbousessie gehad. Ek het aan netbal en swem deelgeneem.” Marli Vermeulen, gr. 12: “Ek het as koorlid ook deel van die interskole gevoel. Dit was ’n goeie idee om die kore te laat saamsing. Dit het ’n eenheid
tussen die twee skole bewerkstellig. Ek dink daar is vanjaar meer moeite gedoen as enige ander jaar om die skole nader aan mekaar te bring. “Daar was ’n wonderlike gees by die kultuuraand aanwesig en ons hele koshuis het dit ondersteun en tussendeur liedjies gesing. Mense kon nou sien ons is nie net ’n sportskool nie.” Joy Morkel, gr. 11: “Dit was great en baie oulik. Ek het netbal gespeel, maar ook al die ander sporte ondersteun wat ek kon. Ek sien al uit na vol-
gende jaar.” Dillon Plaatjies, gr. 8: “Wat die week lekker gemaak het, was die baie verskillende sportsoorte waarin jy kon deelneem. “Ek het rugby gespeel en al die ander goed bygewoon. “Ek dink ook dit was ’n goeie idee om die rugby op GWKpark te speel. Die week was goed georganiseer.” Thozama Bosman gr. 12: “Die interskole was genotvol. Ek sou graag net meer kulturele aktiwiteite op die program wou sien. Miskien iets soos ’n
skryfkompetisie of openbare redevoering. Dis ook jammer die Engelse kinders soos ek kon nie aan die debat deelneem nie omdat dit net Afrikaans is.”
Ruan Bruwer ’n PAAR van die Hoërskool Diamantveld se leerlinge het hul indruk van die Kimberley-Interskole gedeel:
Mari Breytenbach, gr. 10: “Dit was ’n baie goeie idee om soveel verskillende sportsoorte te betrek. Ek sou graag net wou sien dat die mededinging in die rugby en netbal nie so intens moet wees nie. Dit plaas baie druk op die spelers. Die genot moet belangriker as die oorwinning wees. “Andersins dink ek hulle het hier ’n wenresep beet. Dit was heerlik om voor soveel mense hokkie te speel. Ons ken dit nie.” Louis Fourie, gr. 9: “Dit was baie lekker. Dit is goed dit het uit meer as net die
rugby en netbal bestaan.” Alwina Malherbe, gr. 12: “Die week sou gehelp het om verhoudinge tussen die twee skole te verbeter. Ons het verwag daar sou ’n bietjie krapperigheid tussen sommige leerlinge wees, maar daar was nie. Ek is bly van die kleiner sportsoorte is betrek. Hulle kan dit volgende jaar in dieselfde formaat aanbied.” Wilmo Vermeulen, gr. 11: “Daar was baie meer mense by die hokkie as gewoonlik. Ek is dankbaar om deel van die interskole te kon
wees.” Annarike Pienaar, gr. 12: “Ek het dit ongelooflik baie geniet. Die interaksie tussen die skole was aangenaam. Dit was ’n goeie idee om dit oor ’n hele week te hou en dit dié tyd van die jaar aan te bied. Die weer is beter as in Augustus en daardie tyd het matrieks meer druk met die eksamen om die draai. “Ons skool het moeite gedoen om elke dag die spanne wat deelgeneem het, aan die skool voor te stel. Vervoer is na al die geleenthede gereël en die week was goed georganiseer.”
ADVERTORIAL
All-in-one magnesium MOST people are severely magnesium deficient and are blissfully unaware of the health complications associated with magnesium deficiency. Magnesium is the most important mineral and is involved in more than 350 enzymatic bodily processes. The typical western diet does not supply sufficient magnesium. Some medicines may result in magnesium deficiency such as water pills, blood pressure and antibiotics. The bio-availability (absorption) and
the amount of actual available elemental magnesium are of paramount importance. Miracle Magnesium Oil derived straight from the Dead Sea is the best type of magnesium for intestinal absorption due to its liquid form. A scientific test done by Dr Norman Shealy has shown that the magnesium in Miracle Magnesium Blue Spray which is derived from the Dead Sea is best absorbed transdermally and it increases magnesium blood serum levels.
OVER 85% of those with hypertension can normalise their blood pressure through lifestyle modifications and making sure you’re getting enough magnesium would be a good start. Why magnesium is important for healthy blood pressure and heart function If you decide to supplement with magnesium it is important to understand that its complementary partner is calcium. So you should use both. Typically you would use twice as much elemental magnesium relative to the elemental calcium. That ratio works quite well for most. The above study found significant decreases in both systolic and diastolic blood pressure amongst people with hypertension after taking a magnesium supplement for just 12 weeks. This lends further support to the immense role this mineral plays in your health. In fact, magnesium is the fourth most abundant mineral
in your body and is responsible for the function of over 350 ensymes in your body, including the: ) creation of ATP (adenosine triphospate), the energy molecules of your body; ) action of your heart muscle; ) proper formation of bones and teeth; ) relaxation of blood vessels; ) promotion of proper bowel function; and ) regulation of blood sugar levels. In your heart, magnesium is particularly important and doctors have been prescribing magnesium for heart disease since the 1930s. A review of seven major clinical studies showed that IV magnesium reduced the odds of death by more than half in patients suffering from a heart attack. One study, LIMIT-2, developed a protocol for giving magnesium as soon as possible after onset of the heart attack and before any other drugs. If those criteria were followed, heart muscle damage was
Magnesium can change your life greatly reduced and neither hypertension nor arrhythmia (abnormal heartbeat) developed. Magnesium may offer these benefits because in your heart it helps to: ) dilate blood vessels; ) prevent spasms in your heart muscle and blood vessel walls; ) counteract the action of calcium, which increases spasms; ) dissolve blood clots; ) dramatically lessens the site of injury and prevents arrhythmia; and ) acts as an antioxidant against the free radicals forming at the site of injury. Signs you may not be getting enough magnesium It has been estimated that up to 80% of the population is deficient in this important mineral, according to Carolyn Dean, author of The Miracle of Magnesium. Further there has been no lab test that will give an accurate reading of the magnesium status in your tis-
sues. Only 1% of magnesium in your body is distributed in your blood, making a simple sample of magnesium from a blood test often highly inaccurate. That’s why most doctors who rely on blood tests for magnesium and not magnesium deficiency signs and symptoms and realisation that up to 80% of the population is deficient will miss an important diagnosis. With that in mind, some early signs of magnesium deficiency to keep an eye out for include: ) loss of appetite; ) nausea and vomiting; and ) fatigue and weakness. An on-going magnesium deficiency can lead to: ) numbness and tingling; ) muscle contractions and cramps; ) seizures; ) personality changes; ) abnormal heart rhythms; and ) voronary spasms. The most common cause of high blood pressure
Magnesium deficiency may contribute to high blood pressure, but the most common underlying cause is typically related to your body producing too much insulin. As your insulin levels rise, it causes your blood pressure to increase. Research published in 1998 in the journal Diabetes reported that nearly two-thirds of the test subjects who were insulin resistant also had high blood pressure. Other possible mechanisms of magnesium action are anti-inflammation, antioxidion and modulation of cell growth properties. In fact, the production of reactive oxygen species is usually increased in the vasculature of hypertensive patients, and the involvement of magnesium could occur through the reduction of inflammation and oxidative stress. Magnesium has antioxidant properties that could attenuate detrimental effects of oxidative stress on the vasculature, thereby preventing increased vascular tone and contractility.
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013
ANKE VAN DER WESTHUIZEN (Diamant veld). Foto’s: Ruan Bruwer
HANRO NELSON (NoordKaap).
Noord-Kaap wen naelbyt-tennisstryd DIE tennis was ’n naelbytstryd met die Hoërskool Noord-Kaap wat as oorwinnaar uit die stryd getree
het. Die wedstryde was gelykop ses elk, waarna die potte in berekening ge-
bring is om die wenner te bepaal. Hierin het die wenskool met 54-47 gewen.
NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013
9
Promosie
Gee jou huis ’n nuwe voorkoms met lagie vars verf OM jou huis ’n nuwe voorkoms te gee hoef nie jou sak te ruk nie. ’n Laag vars verf kan ’n vertrek nuwe lewe gee. Maar as jy nie bedrewe met die kwas is nie, kan jy gerus Inspired Interior Design Studio se verfwenke en basiese beginsels volg voordat jy begin. Gebruik net gehalte-verf in en om jou huis en moenie toegewings maak nie. Maak seker dat jy die regte soort verf vir die soort werk gebruik, veral in plekke soos badkamers en die kombuis. ) Berei die vertrek voor: Moenie probeer om alles in een dag te
doen nie, want die gehalte van die voorbereiding bepaal die sukses van jou eindproduk. Soms verg die voorbereiding meer werk as die verfwerk self. Verwyder alle meubels en bykomstighede sover as moontlik, gooi dit wat oorbly met lappe toe. Plak maskeerband om die lyste, deure en vensters. Maak alle krake en gate met stopverf toe. ) Kry die regte toerusting: Daar is baie produkte op die mark om verfwerk maklik te maak. Maak ’n werkstasie in die middel van die vertrek wat jy gaan verf. ) Hoeveel verf gaan jy nodig hê:
Beplan altesaam drie lae. Een laag onderlaag en twee lae verf. Laat die onderlaag kleur sodat dit by jou verfkleur pas, dan is die tweede laag verf dalk nie nodig nie. Gebruik altyd ’n onderlaag op ongeverfde oppervlakke. Meet die oppervlak wat jy gaan verf sodat jy kan uitwerk hoeveel verf jy gaan nodig hê, neem die mate saam as jy die verf gaan koop. Lees die etiket op die blik, dit behoort vir jou te sê wat die strekvermoë van die verf is. ) Berei die mure voor: Onthou as die mure voorheen geverf is, moet jy dit met ’n matige huishoudeli-
ke reiniger afwas. Spoel al die seep goed af. Skuur of skraap verf wat afgedop het met skuurpapier of ’n verfskraper af. Vee die stof af. ) Kies die regte gereedskap: Verfkwaste en -rollers met hare van natuurlike vesel (perdehare of skaapwol) is bedoel vir verf met ’n oliebasis. Sintetiese hare of rollers is ontwerp vir verf met ’n waterbasis of lateksverf, want natuurlike hare is geneig om die water in lateksverf te absorbeer. Nuttige wenke: ) Maak die blikke toe wanneer dit nie gebruik word nie. Verf is
geneig om uit te droog. Dit geld veral verf met ’n waterbasis. ) As jy lateksverf gebruik het, week jou kwas of roller omtrent 10 minute lank in ’n oplossing van water en materiaalversagmiddel. ) As jy verf met ’n oliebasis gebruik het, week die kwaste in terpentyn. Moenie die oplosmiddel in die afvoerpyp afgooi nie. ) Vul gapings rondom venster- en deurrame, asook groot krake, met akrielvuller voordat jy verf. ) Moenie oor probleemgedeeltes verf nie, behandel eers die oorsaak.
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013
Fokus op Savoy
Savoy-skool jou antwoord
DIE Savoykonferensiesentrum het nou ’n spesiale aanbieding vir die hou van konferensies. Om meer hieroor uit te vind gaan na reservations@savoyho tels.co.za of besoek www.savoyhotels.co.za. WIL jy graag ’n sjef word of in die hotelbedryf werk? Dan moet jy by die Savoy Community Hotel School aanklop om jou opleiding te ontvang en jou loopbaan ’n hupstoot te gee. Stuur jou CV na hotelschool@savoyhotels.co.za.
NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013
Fokus op CapX Finance
Gebruik debiteure en red onderneming HOEKOM misluk die meeste nuwe ondernemings binne die eerste twee jaar? Die grootste rede vir die mislukking van nuwe ondernemings is kontantvloeiprobleme. Die eienaar en personeellede kan hard werk en goeie diens lewer, maar as die onderneming nie genoeg bedryfskapitaal het nie, droog die kontantvloei op. Sodra die onderneming kontantvloeiprobleme ondervind, is die bank nie lus om finansiering te gee nie en die volgende stap is om die onderneming te sluit. Die hoofrede vir kontantvloeiprobleme is eenvoudig – jou kliënte betaal eers 30, 60 of selfs 90 dae van die faktuurdatum af, terwyl jy jou verskaffers dadelik moet betaal. As ’n nuwe onderneming sonder enige rekord is jy dus vasgevang in die middel, tussen jou kliënte en jou verskaffers, sonder enige bedingingsmag. Op die manier word al die onderneming se werkkapitaal deur debiteure opgeslurp – jou debiteure word al hoe meer en jou kontant al hoe minder. In werklikheid gebruik jou kliënte jou geld vir hul eie bedryfskapitaalbehoeftes, terwyl jy nie die las kan verplaas na jou verskaffers nie. Die gevolg is dat jy baie meer bedryfskapitaal nodig het om al jou uitgawes te dek.
Dink byvoorbeeld aan enige onderneming wat gereeld ’n produk of diens aan ’n groot kliënt op kredietterme van 30 dae ná staat verskaf. Die onderneming lewer sy faktuur op die laaste dag van die maand en ontvang eers betaling aan die einde van die volgende maand, dit terwyl die onderneming sy uitgawes vir tot 60 dae self moet dra. Terwyl debiteure meer word en beskikbare kontant al hoe minder, vergeet sommige eienaars van ondernemings dat debiteure wel ’n waardevolle bate is en dadelik in kontant omskep kan word deur die debiteure aan ’n finansierder te verkoop. Sodra die kliënt ’n faktuur afgeteken het (dit wil sê die kliënt bevestig dat hy tevrede met die produk of diens is), kan die onderneming daardie faktuur verkoop (discount) aan ’n finansierder wat hierin spesialiseer. Die onderneming ontvang dadelik die faktuurbedrag, minus die verdiskonteringskoste, terwyl die finansierder die volle faktuurbedrag van die kliënt af op die normale betaaldatum ontvang. Hier is ’n voorbeeld hoe dit in die praktyk sal werk: ) Faktuur gelewer op 30 April 2013: R100 000 ) Verdiskonteringskoste vir 30 dae: R4 000 ) Administrasiegeld: R250
) Betaling aan onderneming op 30 April: R95 750 ) Debiteur betaal die volle faktuur van R100 000 op 31 Mei aan die finansierder. Die resultaat is dat die eienaar sy debiteure in kontant omskep het sodat hy daarop kan fokus om sy onderneming uit te brei eerder as om hom gedurig oor sy kontantvloei te bekommer. Die finansierder neem die kredietrekord van die debiteur in ag (dit wil sê die maatskappy wat die faktuur betaal) voordat enige fakture verdiskonteer word. Die debiteur moet ook onderneem om die finansierder op die betaaldatum van die faktuur te betaal. Om aansoek te doen is ’n eenvoudige proses met min papierwerk. Die eerste aansoek kan binne ’n dag of twee goedgekeur word waarna toekomstige fakture binne ’n paar uur uitbetaal word. Jy kan ook kies watter debiteure en watter fakture jy wil verdiskonteer – jy hoef nie alles te gebruik nie. In ’n neutedop: Deur jou debiteure in kontant te omskep kan jy jou onderneming van ’n ramp red en die finansiële grondslag vir gesonde groei voorsien. Bel Gerhard Greeff van CapX by 021-979-1960 vir inligting.
11
Prestige-kompetisie goed op dreef Redaksie VOLKSBLAD, Noordkaap se moederkoerant, en Kumba Iron Ore se kompetisie vir die Noord-Kapenaar van die Jaar en die Noord-Kaapse Instansie van die Jaar is goed op dreef. Kumba Iron Ore is vanjaar weer die hoofborg van dié prestige-kompetisie. Benoemings om uitblinker-inwoners van die Noord-Kaap te vereer word nou ontvang. Dié projek, ook in samewerking met GWK as een van die borge, bereik op 28 Mei ’n hoogtepunt op ’n glansgeselligheid in die Horseshoe-motel in Kimberley. Die doel van die kompetisie is om individue en instansies wat ’n verskil maak te vereer. Danksy die groot belangstelling word die basiese reëls en kriteria weer verskaf. Wat betref benoemdes as Noord-Kapenaar van die Jaar geld die volgende riglyne: Die benoemde moet ’n NoordKapenaar of iemand met besonder sterk bande met die NoordKaap wees. Die benoemde word vereer vir besondere diens aan die mense of natuurlike omgewing van die Noord-Kaap. Die diens wat verrig word, mag deel wees van die benoemde se werk, maar moet dan verband hou met besondere toewyding en prestasie waarby die provinsie gebaat
het. Politici mag nie benoem word nie en benoemings wat gaan oor die werk wat mense uit die hoofde van ’n politieke amp verrig het, sal nie aanvaar word nie. Mense wat voorheen benoem is, mag weer benoem word. Niemand mag hom-/haarself benoem nie. Werknemers van die borge mag nie benoem word nie. Die volgende riglyne geld die kategorie Instansie van die Jaar: Enige verdienstelike NoordKaapse instansie wat nie ’n winsmotief het nie, mag benoem word. Instansies met ’n sterk politieke verbintenis mag nie benoem word nie. Weer moet die werk wat gedoen word, ’n positiewe impak hê op die mense of natuurlike omgewing van die provinsie. Die beoordelaars sal in dié kategorie veral kyk na die impak wat die organisasie in die gemeenskap maak. ) Om ’n individu of instansie te benoem stuur ’n motivering (sowat 300 woorde) vir jou kandidaat aan lecrecia.prins@volksblad.com. Verstrek ook jou naam en telefoonnommer, asook die benoemde se naam en telefoonnommer. Die sluitingsdatum is 10 Mei om 17:00.
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013
NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013
13
14
NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013
Fokus op Trappers Traders
Winkel groter, geriefliker vir klantediens BAIE goeie nuus – Trappers Trading het pas na ’n groter en beter perseel verskuif en het Maandagoggend in sy nuwe ligging in die Diamond Pavilion Shopping Mall geopen. Die verskuiwing is vanweë die uitbreiding van die onderneming om ’n beter diens aan getroue klante te lewer. Die verskuiwing is slegs van die een perseel in die winkelsentrum na die nuwe perseel met sy beter ligging reg by die ingang aan die suidekant op die grondvlak: ’n beter ligging en beter toeganklikheid tot die winkel, spesiaal vir die gerief van Trappers se klante. Só lui ’n verklaring van Trappers, deel van die Trappersfranchisegroep, wat agt jaar gelede in Kimberley gevestig is om ’n leemte in die mark te vul. “Ons is trots om te sê dit (die skuif) was die beste besluit tot voordeel van ons klante. Nou is daar ’n gevestigde onderneming wat uitstekende produkte aanhou en uitstekende diens lewer, gerugsteun deur die landwye groep van 25 franchise-winkels. “ ’n Behoefte vir buitelugtoerusting wat aan hoë standaarde voldoen, word nou vervul, en ’n reeks gehalteklere soos die van Jeep word vir die gesofistikeerde klante en First Ascent vir tegniese uitrustings vir die buitelug-entoesias aangebied. “Fox is vir ons jonger klante. ’n Groot reeks skoene en stewels van die beste verskaffers soos Merrell, CAT, Salomon en Hi-Tec, maar ook Tsonga, Fitflop en Crocs, rond die klerereekse af,” lui die verklaring. Volgens ’n onlangse media-ondersoek en kompetisie is Trap-
DIE nuwe voorkoms van Trappers geleë aan die suidekant van die Diamond Pavilion Shopping Mall waar die badkamers vroeër was. Foto’s: Verskaf pers Trading deur die publiek as die beste buitelugverskaffer in die Noord-Kaap aangewys. “Ons is trots op sulke eerbewyse en dit inspireer ons as bestuur en personeellede om nog beter diens aan ons klante te lewer. “Baie spesiale aanbiedings
word ter viering van die heropening aangebied. Dit is ons manier om dankie te sê aan Kimberley en omgewing se mense vir jare se goeie ondersteuning. Ons wil daarop verbeter en nooi u om ons nuwe winkel te kom besoek.”
’n WYE reeks produkte word in Trappers aangetref.
NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013
15
16
NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013
Fokus op Noord-Kaap-Paneelkloppers
NOORDKAAPPANEELKLOPPERS is in Cecil Susmanstraat geleë.
Foto: Verskaf
Klante geniet hier voorkeur
DAWIE MEADES is die alleeneienaar van die gesinsonderneming Noord-KaapPaneelkloppers wat in 1972 deur Dawie en sy vrou, Shirley, gestig is. Dawie en sy seun, Louis, albei gekwalifiseerde ambagsmanne, bestuur die onderneming. Saam het hulle meer as 60 jaar ondervinding op die gebied en kan die nodige raad en hulp bied.
Hier werk 75 personeellede by die onderneming van wie 7 kantoorpersoneellede, 6 gekwalifiseerde ambagsmanne en 2 gekwalifiseerde spuitverwers is. Die geboue en toerusting is onlangs opgeknap om gehalte-diens aan kliënte te verseker en in pas met die nuutste tegnologie te wees. Die onderneming gebruik Glasurit en spesialiseer ook nou in waterbasisverwe. In Kimberley is die onderneming die enigste fabrikaatgoedgekeurde hersteller vir Renault, Ford en Mazda. Hy is ook ’n goed-
gekeurde hersteller vir Toyota, Nissan, Kia, Hyundai, GM, Opel, Chev, Saab, Tata, Hummer en Isuzu. Noord-Kaap Paneelkloppers eerbiedig die driejaarwaarborg wat hy vir herstelwerk bied en sal te alle tye kliëntenavrae en -probleme op ’n professionele wyse hanteer en oplos. Om verhoudings tussen belanghebbendes te verbeter werk hy nou saam met kliënte, versekeringsmaatskappy, makelaars, assessors en motoragente. Kontak die onderneming gerus vir
goedkeuring vir die gebruik van ’n hofliksheidsvoertuig tydens die herstelwerk aan ’n voertuig. Hy beskik oor drie hoflikheidsvoertuie, maar voorwaardes geld die uitleen daarvan. Graag bedank Noord-Kaap Paneelkloppers alle kliënte vir hul lojale ondersteuning die afgelope 41 jaar en nooi al sy ou en nuwe kliënte om hom vir gratis kwotasies en professionele raad te besoek. Kry inligting oor Noord-Kaap Paneelkloppers op sy webtuiste, www.ncpanelbeat.co.za.
Focus on Baby Boom
Crazy specials at opening week THIRTEEN years ago Baby Boom opened its first store in Kimberley in what was then called the Game Centre. Today Baby Boom is a household name in the Northern Cape. Due to its exceptional growth, Baby Boom Kimberley is moving their store in the New Park Centre to bigger premises in the Diamond Pavilion. This is also a big vote of confidence in the local economy of Kimberley. The new-look Baby Boom store will have all the latest baby products and will have the largest selection of baby products in the Northern Cape. Baby Boom in Kimberley is part of the larger Baby Boom group, which is one of the country’s largest speciality discount baby product retailers. With more than 30 stores countrywide, in 8 of our 9 provinces Baby Boom’s purchasing power ensures its customers everyday low-price specials on its range of more than 2 000 baby
specific products. Come and have a look at the crazy below-cost specials that Baby Boom is running in its opening week. These specials include excellent prices on Pampers and Huggies nappies, and for the moms to be unbelievable specials on household names such as Graco and Chelino prams. Apart from these discount prices Baby Boom’s loyalty programme, the Boepie Club, has been a major driving force in its growth and success and was recently featured in the Afrikaans movie Pretville. Members of Baby Boom’s Boepie Club share in significant benefits including: ) A return policy on items purchased from other retailers when a new mom’s stork party is set out with Baby Boom. ) Special offers exclusive to club members. ) A rebate in the form of “Dummy Dollars” which can be used for other purchases once the baby has been born.
NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013
Sanger sing by skool DIE gewilde Afrikaanse sanger Snotkop, veral bekend om sy kletsrymstyl, tree hierdie Vrydag in Kimberley op. Die konsert vind van 17:30 af op die HoĂŤrskool Adamantia se hokkieveld plaas. Dit is geleĂŤ oorkant die skool se ingang in Blackstraat. Kaartjies kos R80 per persoon.
17
18
NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013
NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013
19
Weer op die troon
SENTER teen senter. Die spanne se twee senters Marmari Pienaar (links) en Jomari Myburgh was in ’n hewige stryd teen mekaar gewikkel. Regs agter hou Jessica du Plessis sake fyn dop. WEER nommer een in die geweste. Die eerste netbalspan van die Hoërskool Diamantveld se vreugde ken geen perke ná sy sege van 2416 oor die Hoërskool NoordKaap nie. Die spanlede is van links, voor: Johané Janse van Rensburg, Adré Badenhorst (k), Lizaan Watts (afrigter) en Lindy Basson (hulpafrigter); agter: Liané Bann (spanbestuurder), Annarike Pienaar, JoMar Venter, Jana Kirsten, Marmari Pienaar, Mariska du Raan, Tuané Gouws, Bethenie du Raan en Anchen Strauss. Foto’s: Louis Botha Fotografie
DIE volledige netbaltellings is: o.19A: DHS wen 24-16; o.19B: DHS wen 20-7; HNK o.16A t. DHS o.19C: HNK wen 19-4;
o.19D: HNK wen 12-8; HNK o.16C t. DHS o.14B: DHS wen 22-1; o.15A: DHS wen 20-10; o.14A: DHS wen 21-7.
20
NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013
Glorie vir NoordKaap
BLYDSKAP, verligting én teleurstelling – alles Saterdag in een oomblik saamgevang. Dit was pas nadat Thulani Njenje die wendrie vir die Hoërskool NoordKaap gedruk het. Terwyl hy en van sy spanmaats vol vreugde is, vertel die prentjie van die NoordKaap en Diamantveldspeler op die grond met hul hande teen die kop ’n verhaal van onderskeidelik verligting en teleurstelling. Dié drie en doelskop het NoordKaap met 2719 laat seëvier. Foto: Gallo Images
TE laat. JD Swanepoel, linkervleuel van Diamantveld, klop sy direkte teenstander, die regter vleuel Henry van Zyl, aan sy buitekant. Hy is egter kort daarna platgetrek.
Foto: Louis Botha-Fotografie
NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013
21
Deel van wenspan DEVON STEYN van die wenspan in die rugslag nommer. Foto: Louis Botha Fotografie
Lig trofee omhoog DIE Hoërskool NoordKaap se Sasha Coetzee en Juan du Plooy, kap teins van hul skool se swemspan, met hul trofee as wenners.
Foto: Ruan Bruwer
Swem ander onder die stof DIE Hoërskool Noord-Kaap se groter leerlingtal het duidelik in verlede Woensdag se swem gewys. Noord-Kaap se puntetotaal was 854 teenoor Diamantveld
se 412. Die meisies was meer gelyk (330 punte teenoor 217) as die seunswemmers waar NoordKaap met 514 punte teenoor 195 uitgestyg het.
22
NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013
GESOEK: WIT BUDGIE met die naam Pietie. Verlore geraak op 08/04/2013 in Croninweg, Hadisonparkomgewing. Baie mak, handgrootgemaak. Enige inligting sal waardeer word. Kontak asb vir Jan Bergh by 082 465 5451 of Malandi Bergh by 082 339 6446.
PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194. UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAKS 053 832 1951
DEBT CONSOLIDATION: Blacklisted? Earning more than R3 000? Phone Mogotsi 071 947 4578.
HARTENBOS: Netjiese akkommodasie. Heeljaar beskikbaar. Lae tariewe buite seisoen. Ook eiendom te koop. Skakel 083 236 1294 of 044 695 0682
NOORD-KAAP: CALVINIA. Digte bossieveld, gedeelte spaarbos met sonkrag. Grootte 2721 - 1708. R850 per hektaar. 7 kampe van 20 hektaar. Ploeggrond, gedeelte Botterkloof. Grootte 820 - 9521. R1 000 per hektaar. 3 kampe, 10 beeste, 100 ooie. Met water. Tel. 021 218 1364. Skakel tussen 214:00 en 16:00.
EASY MONEY GUARANTEED. Its as easy as a, b, c to earn money. No experience or qualifications needed. Just a few hours of your time. SMS name and address for a full info brochure to 074 477 8441.
SOEK, KOOP, VERKOOP
BRIDGING CASH while waiting for
PENSION/ PACKAGE payout (lump sum only)
Cash same day
086 1101 388 083 6700 788
Market Square 35 Kimberley
NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013
Só lyk die uitslae DIE hokkie-uitslae was: Meisies: o.19A: HNK wen 1-0 o.19B: gelykop 0-0 o.16A: HNK wen 4-0 o.14A: DHS wen 1-0 Seuns: o.19A: HNK wen 4-1 o.16A: HNK wen 8-0
23
Speel hard vir enigste doel in hokkiewedstryd tussen eerste spanne
KRISTEN ABRAHAMS van die Hoërskool NoordKaap verlede Dinsdag in aksie. Links pas Diamantveld se Carli Groenewald druk toe. Foto’s: Ruan Bruwer
MICHAELINE TRICAM word deur haar spanmaats geluk gewens met haar doel, die enigste doel in die wedstryd tussen die meisies se eerste spanne.
24
NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013
Sport Die Diamantstad se koerant
KEERPUNT. Die linker vleuel Hilford Clarke klop vir Jacques van Zyl op pad na sy tweede drie wat die wind uit die seile van Dia mantveld gehaal het. Dit het gekom toe Diamant veld nie sy eie bal in die skrum kon wen nie. Foto: Emile Hendricks
HNK bo in taai stryd Ruan Bruwer ONGEAG ’n moedige poging kon die Hoërskool Diamantveld (DHS) se eerste rugbyspan Saterdag nie span van die Hoërskool Noord-Kaap (HNK) ’n sesde agtereenvolgende interskolesege ontsê nie. Die HNK was met 27-19 baas in ’n opwindende wedstryd van goeie gehalte. Die wedstryd was met die laaste beweging nog in die weegskaal met HNK netnet voor met 20-19 voor ’n drie deur die slot Thulani Njenje. Die Northerns moes diep delf om ’n agterstand van 10-16 uit te wis. Hul taak is bemoeilik met Dimitrio Tieties wat in daardie stadium reeds tien potensiële punte pale toe mis gekorrel het. ’n Goeie dryfmaal van ’n lynstaan af het die terug-
vegpoging ingelui. Hilford Clarke (linkervleuel) het afgerond. Die keerpunt was toe Diamantveld nogmaals ’n vaskop in sy eie gebied in die skrum afgestaan het. Clarke is in besit gestel en het twee verdedigers geklop om skouspelagtig in die hoekie oor te duik. Deon van Zyl het die punteverskil vir die DHS na een (19-20) verminder, maar die span kon nie weer in ’n aanvallende posisie kom om die wenpunte aan te teken nie. ’n Hanteerfout het die HNK in besit geplaas wat tot Njenje se wendrie gelei het. Dit het aanvanklik gelyk asof Diamantveld ’n moeilike taak gaan hê, want hy is heeltemal in die skrums oorheers. Die skeidsregter moes die HNK her-
haaldelik versoek om nie verder as 1,5 m te skrum nie (volgens die reël vir skolerugby). Die HNK se tweede drie het gekom toe die DHS van sy eie bal geskrum is wat tot ’n maklike drie vir Gerhard Holtzhausen (agtsteman) gelei het. Die HNK kon dié oorheersing nie ten volle benut nie, aangesien sy loskopstut, Lux Khoza, telkens vir onwettige skrumwerk gestraf is. Die Diamonds het getoon waartoe ’n span wat met hart en passie speel in staat is ondanks sy tekortkominge elders en ’n gebrek aan gehaltebalbesit. Die haker en kaptein, Daniël van Zyl, het die voorbeeld gestel en nie geskroom om onder die Noord-Kaapse baldraers in te klim nie. Eindelik was dit duidelik die DHS se oemf was uit.
) Die res van die rugby-uitslae is: o.19B: HNK wen met 65-5; o.19C: 21 elk; o.16A:
DHS wen met 36-17; o.15A: HNK wen met 22-0; o.14A: DHS wen met 24-12.