Noordkaap 24 julie 2013

Page 1

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331 Woensdag 24 Julie 2013 www.noordkaap.co.za

GRATIS

Minder, maar beter Ruan Bruwer KWALITEIT eerder as kwantiteit. Dít is hoe die Gariep Kunstefees besluit het met vanjaar se feesaanbod, spesifiek wat teaters betref. ’n Ooraanbod voorheen het moontlik tot swak bywoning bygedra. Die program is verlede week bekend gestel. Volgens Bernice Sutton, bestuurder van kunstenaars en projekte, is

sy nietemin opgewonde oor dit wat wel vanjaar van 30 Augustus tot 1 September op die planke gaan wees. “Die drie kunstenaars wat vereer word, Chris van Niekerk, Lizz Mei-

ring en Tobie Cronjé, is almal groot sterre en ons is veral bly om Lizz en Tobie saam op die verhoog te hê. “Vier briewe vir Jan Ellis en Kytie – ’n Koos Kombuis-storie is stukke wat ek reken goed ondersteun gaan word,” het sy gesê. “Chris Chameleon is altyd ’n wenner op die fees en dan het ons ’n internasionaal bekende sanger ook hier, Stef Bos.” Op Sondag 1 September word ’n gratis gospelopvoering, Gospel Auf

STERT in die lug seil Louise Kroon van Kaapstad se perd met haar oor die hindernis in die 1,3 m­klas in die Diamond­perdespringkompetisie in Kimberley Saterdag waar 106 ruiters om R80 000 se diamante as pryse meegeding het. Van die land se voorste ruiters het by Kimberley se perdesport­sentrum op ’n moeilike baan hul staal te perd getoon. Meer deelnemers en toeskouers het die laaste twee jaar opgedaag sedert groot pryse soos diamante op die spel is. Foto: Ruan Bruwer

Wiedersehen, op die RSG-verhoog aangebied waaronder Vaughan Gardiner, Dewald Wasserfall, die Broers en Gerhard Steyn gaan optree. “Die naam kan dalk klink of ons tot siens sê. “Ons sê eerder tot weersiens, aangesien ons nie seker is waar presies volgende jaar se feesterrein gaan wees nie. “Die konsert is ’n gepaste manier om die fees se tuiste van die begin af mee af te sluit. “So, dit is tot siens tot volgende jaar dieselfde tyd, net op ’n ander plek,” het sy gesê oor die feesterrein op die Oppenheimer-gedenkpark wat deel van die kampus van die beplande universiteit gaan word. Oor die kinderproduksies sê Sutton is sy kinderlik opgewonde. Haas Das se nuuskas en Wielie Walie se poppe is nuut oorgedoen en daardie oorspronklike poppe en die karakters kom fees toe. “Ek verwag hier gaan moontlik meer volwassenes as kinders in die gehoor aangetref word. “Daardie is legendariese karakters en is soos mieliepap wat baie Suid-Afrikaners soggens saam met hul ontbyt ingekry het.” Volgens haar was daar ’n behoefte onder volwassenes om sangers in ’n tent te kan sien sonder dat daar jong mense voor hulle op die tafels dans. “Die fees het besluit om die Garieptent vir daardie gehoor te herontwerp waar mense tafels kan koop en hul ruimte so kan bespreek. “Die jonger gehoor wat meer uiting aan hul feestelikheid wil gee, sal by die Castle-tent tuis wees.” Rook is vanjaar streng in die musiektente verbode. “Ons hoop ons sal samewerking hiermee kry. “Dit was voorheen ’n probleem en het mense uitgesluit wat nie daarvoor kans gesien het nie,” het Sutton gesê. Feesgangers kan vanjaar kaartjies tot die feesterrein vooraf by Computicket koop en sodoende lang rye voorkom wat op die Saterdag by tye ’n algemene gesig is. Hektoegangkoste is dieselfde as verlede jaar, net die Donderdag is vanjaar R10 duurder.

Bond by skool op planke bl. 6

Mandeladag gevier bll. 9, 13

Wendell about career p 15


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 24 JULIE 2013

Pippie op aand ’n GHOLFDAG en ’n gala-aand vir vroue word deur die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Industrie (Nocci) vir onderskeidelik 2 en 8 Augustus beplan. Die inskryfgeld vir die gholfdag is R250 per persoon en sluit ’n ete in. Lede wat ’n putjie borg, kan ook hul produkte bemark. ’n Putjie kos R1 000. Die gala-aand vir vroue word op 8 Augustus in die Horseshoe-hotel en konferensiesentrum gehou. Dit kos R260 per persoon, of R2 600 vir ’n tafel. Cindy Pivacic, skrywer, asook Pippie Kruger, die meisie wat die land aangegryp het nadat sy 80% derdegraadse brandwonde opgedoen het, en haar ma, Anice Kruger, gaan op die gala-aand wees. Vroue wat die gala-aand wil bywoon, moet voor 28 Julie laat weet. E-pos kan gestuur word aan sharon@nocci.co.za. Die nommer is 053-831-1081. Mense kan ook dié nommer bel om hulle vir die gholftoernooi in te skryf.

Aarbeie en room op Wimbledon

Register now for Walk with Jesus REGISTRATION for the Walk with Jesus on 9 August can still be done this Sunday from 09:00 to 13:00 at the Diamond Pavilion Mall. The first route (6 km) is from City of Hope to the Aldersgate Methodist Church and the second route (3 km) from the Old Bean Street Methodist Church. Refreshments will be provided. Call Annelize Kruger on 053-832-2250/42 or 083-322-4138.

DIE 14­jarige Anja Lubbe het ’n droom­wintervakansie agter die rug. Nie net is sy Margate toe as ’n lid van die Noord­Kaapse o.14­netbalspan nie, sy het boonop ook tien dae in Londen deurgebring waar sy onder meer twee dae tennis op Wimbledon gekyk het en bykans al die groot name in wêreldtennis in aksie gesien het. Anja, ’n gr. 8­leerling aan die Hoërskool Diamantveld, is vir die Suid­Afrikaanse o.15­tennis­ span gekies wat na Londen en Edinburgh getoer het. Anja het boonop goed gevaar deur albei haar enkels en dubbelspel te wen. Saam met haar (regs) op Wimbledon is ’n spanmaat van Sannieshof, Lienke de Kock. Foto: Verskaf

Wen Wen Wen

TWEE gelukkige lesers kan elk twee fliekkaartjies na Ster­Kinekor in die North Cape Mall wen. Gaan na www.noordkaap.co.za en kliek op “kompetisies” vir die besonderhede hoe jy kan wen.


NOORDKAAP, WOENSDAG 24 JULIE 2013 DIE Gariep­kunste­ fees het nog elke jaar geen moeite met sy bekendstel­ lingsgeleenthede ontsien nie, maar vanjaar het hy hom oortref. Die tema was Outentiek en al die bestuurslede, sowel as ekstras, is geklee in klere wat ’n hele klompie de­ kades terug dateer. Dit was ook gewis nie ’n aansit nie. Gaste is deur die Groot Gat­mynmu­ seum op ’n toer ge­ neem met plakkate van die produksies en sangers wat op die fees gaan op­ tree, wat oral opge­ sit is. Die toergids het heelwat van hul­ le uitgelig en ’n biet­ jie daaroor uitge­ brei. Die fees is van 29 Augustus tot 1 September. Foto’s: Emile Hendricks

TEEN die einde van die toer het die Noleen Andrews School of Dance se dansers gaste met die can­can vermaak. Hulle is van links Mieshka Aysen, Carli Groenewald, Megan McGregor en Carna van Niekerk.

Former Bok speaks at AGM DR IAN MCCALLUM, who played in 11 tests for the Springboks in the 1970’s, was the guest speaker at Wessa’s AGM on Saturday. He didn’t speak about rugby though, instead about the journey he undertook last year in which he travelled a total distance of 5 164 km in 125 days coast­to­coast across six southern African countries. They cycled up to 80 km a day and walked a maximum of 25 km on a day. Following historical elephant migra­ tion paths, the entire journey were un­ dertaken by foot, mountain bike and kayak. The purpose was to raise awa­ reness and explore possible solutions to current environmental and wildlife challenges, and to promote biodiver­ sity corridors linking the major con­ servation areas of Southern Africa.

MARIUS NAGEL, feesvoorsitter, wat ook ’n bekwame toergids is, het as gids vir gaste deur die mynmuseum opgetree.

CHANGE TO US AND KEEP YOUR NUMBER. IN CL UD ES

1G B

T

BL A SO ACK DD CIA BE PL L&E RRY A M ® R3 N FO AIL 7P R M

60 OTAL O DA 0M F TA B

DA TA PM

PM

BlackBerry® Curve™ 9320 Smartphone

R119

PM x24

on Straight Up 50 TopUp*

99c per min. on per second billing

50

MINUTES

50

SMS/MMS

50

MB DATA

Features: BlackBerry® 7.1 OS, FM Radio, Wi-Fi Hotspot, 3.2MP camera.

Samsung Galaxy S4 Smartphone

BlackBerry® Q5 Smartphone

R299

PM x24

on Straight Up 100*

99c per min. on per second billing

Includes The Lite Plan

- Unlimited BBM for life - Additional 500MB of Data pm

100

MINUTES

100

SMS/MMS

100

R399

PM x24

on Straight Up 100*

99c per min. on per second billing

100

MINUTES

100

SMS/MMS

1GB DATA

Features: Dual Camera, Group Play, S Translator, Samsung Smart Pause/Scroll.

MB DATA

Features: BlackBerry 10 OS, 3.1” Capacitive multi-touch, LCD display, 16GB Flash, 5MP camera.

Available at the following Cell C stores:

New Park 084 828 0319 • Northern Cape Mall 084 828 0353

JHB 42433

Go in-store or call 084 145 for a new deal or upgrade. cellc.co.za *RICA IN-STORE. Offers valid 1 July - 31 July 2013. All prices are inclusive of VAT. Once-off SIM and connection fee of R114 applies. Limitations apply to these products and promotions. For these limitations and full terms and conditions, please visit www.cellc.co.za or ask in-store.

3


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 24 JULIE 2013

Hiep-hiep nou net kliek-kliek DIE vooruitgang van tegnologie het baie dinge in die samelewing vergemaklik. Daaraan is geen twyfel nie. Alles is vinniger en makliker. Kits. So ook het kommunikasiemiddele aansienlik uitgebrei met opsies soos BBM, Whatsapp, Facebook, Twitter, e-pos en natuurlik die bekendste, die telefoon. Die gebruik van laasgenoemde kan egter deesdae tot ’n groot mate gesystap word. Gevorderde tegnologie het egter sy slagoffers. Een van hulle is ’n handgeskrewe brief in die pos. Want vir wat wil jy nuus eers ’n paar dae later in die pos kry as jy dit dadelik via e-pos op jou selfoon SO MAAK DIE WEER DONDERDAG VRYDAG SATERDAG

kan kry? Nog ’n slagoffer is Kersfees- en verjaardagkaartjies. Of mense nog verjaardagkaartjies stuur, is ’n ope vraag. Dit was in onlangse jare nog ’n algemene gebruik. Só het verjaardagwense en die manier hoe dit gedoen word ook aansienlik verander van sowat 15 jaar gelede. Nou is daar opsies beskikbaar. Die algemeenste het geword om op iemand se Facebookprofiel se muur ’n kort boodskap, soms ’n enkele woord – “geluk” – te los. Blitsvinnig. Kits. Afgehandel. Vir enige van die persoon se vriende om te sien. Onpersoonlik. ’n Kenmerk van tegnologie?

MAKSIMUM 2°C 2°C 4°C

MINIMUM 20°C 22°C 24°C

SKETS: Danie Cronjé

Wyse woorde van tannie Dolly Hannes Noëth TANNIE DOLLY KOCK was 95 jaar oud toe ek op Naboomspruit bevestig is. Helder van verstand, met ’n sterk handdruk en ’n groot hoeveelheid entoesiasme en lewenslus. Die bene wou nie altyd meer so goed loop nie. En haar bewegings was ook nie meer so vinnig nie. Sonder ’n kierie kon dit ook nou nie juis meer nie. Maar gesels en baie leer by haar, dié kon ’n mens vir seker. Net ná my bevestiging daar, met die kennismaking-besoeke, vra ek haar baie pertinent watter raad sy vir die jong dominee sal kan gee vir my bedieningstyd daar in ’n nuwe omgewing en ’n nuwe werksplek. Sy het nie ’n oomblik gehuiwer nie. Dadelik en sterk het sy geantwoord. So

sterk, dat ek onmiddellik gedink het haar antwoord is net so sterk soos haar handdruk! “Moenie die oues vergeet nie, dominee. Moet ons nie vergeet nie. Ons ou mense voel soms soos ou opdrifsels langs die lewenstroom. Die kerke is almal so begaan oor die jonges. Dit is goed. Die samelewing soek net jong krag. Hulle vergeet van ons.” In haar antwoord wei sy uit oor hoe maklik ’n mens vergeet van die hande wat voor jou die paaie gebou het, die beginsels neergelê het, die strukture geskep het. Opdrifsels langs die water-

GEBEURTENISSE op 24 Julie in die geskiedenis: 1824 – Die wêreld se eerste meningsopname word in Delaware, Amerika, gehou. 1883 – Matthew Webb, die eerste man wat deur die Engelse Kanaal geswem het, verdrink in ’n poging om in die stroomversnellings bokant die Niagara-waterval te swem. 1925 – ’n Sesjarige meisie word die eerste pasiënt in Engeland wat suksesvol met insulien behandel word. 1964 – ’n Kragtige tydbom ontplof in spitstyd op die Johannesburgse stasie en 23 mense word ernstig beseer. John Harris (27), ’n onderwyser, word ses uur later in sy huis in Roodepoort in hegtenis geneem en is later tereggestel. 1974 – Tydens die Watergate-skandaal word Amerikaanse president Richard Nixon deur die hof verplig om opnames van gesprekke in die Withuis te oorhandig. 1978 – Margaret Gardiner van Kaapstad word in Acapulco, Mexiko, die eerste SuidAfrikaner wat as Mej. Heelal gekroon word. BERIGTE oor Kimberley wat die afgelope week nuus gemaak het: ) Die DA is ontstig nadat ’n afvaardiging onder leiding van die Sol Plaatje-munisipaliteit se burgemeester na China vertrek het sonder om die hele raad oor die reis in te lig. Agnes Nthangula word deur vyf raadslede en vier amptenare van die munisipaliteit vergesel. Die burgemeester van die Gamagara-munisipaliteit, Maria Diniza, en vier amptenare, het ook saamgegaan. Sello Matsie, woordvoerder van Sol Plaatje, het bevestig die munisipaliteit betaal die koste van die besoek wat sowat R900 000 beloop. Die DA beskou die reis as ’n onnodige uitgawe. ) Rand Water, ’n organisasie van Gauteng, het R100 000 aan die Spesiale Skool Boitumelo geskenk. Die skool het ook ander toerusting ontvang. Die skoolhoof, Ernest Jahnig, het gesê dié bydraes gaan die skool verander. ) ’n Brand wat by die Whistling Kettle Coffee Shop op die grondverdieping van die Kimberleyse Mediese Sentrum uitgebreek het, hou volgens die brandweer vermoedelik verband met kosvoorbereiding. Volgens Riaan Janse van Vuuren, hoof van die brandweer, is daar skade aan die gebou, hoewel die brand net binne die koffiewinkel gewoed het. Die koffiewinkel behoort aan Janita Vermeulen. Haar seun, Estvan, sê toerusting soos vier yskaste en ’n vrieskas

Die Diamantstad se koerant

Tel. 053 831 2331 Faks 053 831 2330

Posbus 1583 Kimberley 8300

stroom – dit is hoe sy na hulle as bejaardes verwys het. Sy het gesê ons vergeet hulle te maklik. Haar raad was: Moet ons nie vergeet nie. Met oudpres. Mandela se verjaardag verlede week het ek weer vir tannie Dolly onthou. Vir Mandela sal die wêreld nie vergeet nie. Ons mag ons ander ou mense ook nie vergeet nie. Hulle is die jeug van gister. Dit is so maklik om besig te raak en by hulle verby te gaan. Te vergeet dat hulle nie opdrifsels langs die lewenstroom wil wees nie. Hulle wil nog iets beteken. Hulle wil nog liefgehê word. Hulle wil nog na gekyk word. Op sy/haar manier het elkeen van hulle hul bydrae gemaak. Ons moet hulle daarvoor eer en erken. Maak ’n verskil – wees lief vir ons bejaardes. Moet hulle nie vergeet nie.

1999 – Die diepseetreiler, die Mariannu, sink sowat 69 seemyl suidwes van Kaap St. Francis en 26 bemanningslede verdrink. Geboortes op die dag: 1862 – Sir Percy Fitzpatrick, skrywer van Jock of the Bushveld. 1968 – Jennifer Lopez, Amerikaanse akteur en sanger. 1985 – Rusty (Juan) Theron met 13 wedstryde vir die Proteas op sy kerfstok. 1986 – Bandise Maku, Springbok-haker (een toets).

is beskadig, asook van die voorraad in die winkel. ) ’n Paar van die DA se swaargewigte het na die halfgeboude psigiatriese staatshospitaal buite die stad opgeruk om protes aan te teken teen die voortslepende sloerdery met bouwerk. Dit is nou al bykans tien jaar sedert bouwerk begin het. Bouwerk aan die psigiatriese staatshospitaal, waaraan reeds meer as R320 miljoen bestee is, is einde 2009 gestaak toe twee staatsdepartemente en die vorige ontwikkelaars mekaar in die hof aangevat het. Sedertdien staan die gebou, glo die grootste in sy soort in die Suidelike Halfrond, verlate. ) Die Christen- Demokratiese Party (CDP) het ook sy stem by ander opposisiepartye gevoeg en daarop aangedring dat Alvin Botes en John Block nie langer in hul poste kan aanbly nie. Die party het gereageer op die nuus dat regter Bulelwa Pakati van die Noord-Kaapse hooggeregshof opdrag aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se batebeslagleggingseenheid gegee het om R20 miljoen se aandele van die Trifectagroep na die staat oor te dra.

Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw


NOORDKAAP, WOENSDAG 24 JULIE 2013

Bipolar disorder should lose stigma WHAT do Beethoven, Kurt Cobain, Sir Isaac Newton, Abraham Lincoln, Van Gogh and about 533 381 South Africans have in common? It was 2008 and she did not know what was wrong with her. She felt as if she were stuck in a straightjacket – only, it was her own body. It got better after a few trips to a psychologist, but the metaphorical paw-paw struck the fan in 2011. She could not go on with her life after a long-time relationship had ended rather badly. She remembers swallowing the pills and falling into an endless black pit. The rest was just incoherent shreds of memories: Falling against the wall in an attempt to get to her father’s car, him yelling, calling out her name and begging her to stay with him. She does not know whether it was a dream or if it really happened, but she remembers screaming at them to take whatever it was that they were forcing down her throat out, because it hurt. She woke up about two days later under bright fluorescent lights and with a chemical smell in her nose. She did not know what day it was. A sore throat made her realise that the doctors must have pumped her stomach. She had lost two days. The physician told her that she must have had an angel watching over her, as she had no internal organ damage. She was sent to Bloemfontein for

She does not know whether it had been a dream or if it really happened, but she remem­ bers screaming at them to take whatever it was that they were forcing down her throat out, because it hurt.

psychiatric evaluation and intense observation. Her name was finally written down below that of Beethoven, Cobain and many more – she was bipolar. An online medical dictionary defines bipolar, previously known as manic depression, as a mood disorder causing radical changes in emotional behaviour which includes mood swings. A bipolar person’s mood can quickly shift from hyper and happy to a depressive, listless feeling. In the early 20th century she would have probably ended up a drooling idiot, as people like her were considered to be insane and got an ice pick to the skull. Fortunately, nowadays the ice picks, and in some cases common screwdrivers, have been locked away

and replaced by drugs. However, relatively little is still known about this disorder which undoubtedly contributes to the stigma. Whenever people hear that you are bipolar, they immediately think that you are some sort of maniac on the verge of an emotional breakdown. This is not true. These are seriously misunderstood people. Her mother always says that bipolarity, which usually goes hand in hand with depression, is an illness just like diabetes. Society needs to stop treating bipolar people like lepers. They are neither contagious nor crazy. They are normal people with a slight chemical imbalance in their brains which can be controlled through the use of the right medication. If you are reading this and, coincidentally, you are also bipolar – you can live a normal life. The key is to speak up when you are feeling down. Express yourself before you end up losing yourself.

5


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 24 JULIE 2013

Geletterdheidsklasse in Kby aangebied DIE Kimberley-stadsbiblioteek bied geletterdheidsklasse op Dinsdae en Donderdae tussen 16:00 en 18:00 aan. Indien mense hul huishulpe of tuiniers daarvoor wil stuur, kan hulle die

name en kontaknommers by die biblioteek inhandig. Dit is gratis en alle materiaal word voorsien. Bel Lillian by 053-830-6241 om die bywoning te bevestig of vir meer inligting.

Paying tribute to Bond THE cast and crew of the Kimberley Girls’ High School present An evening with Bond this week to pay tribute to the popular spy – the one and only James Bond 007. Under the talented directorship of John Filmalter and choreographer, Christine Compton, as­ sisted by Amber­Li Topkin, they have put to­ gether a spectacular performance to cele­ brate the 50th anniversary of 007. Enjoy Goldfinger, Skyfall, Live and let die and other memorable songs synonymous with Bond. The production will be staged at 19:00 each night this week from today until Saturday. Tonight is schools’ night. Tomor­ row night tickets go for R40. On Friday and Saturday the show goes with a dinner, tic­ kets costing R120 each. Bookings and en­ quiries can be done on 053­832­1275. The cast and crew are from the left, front: Benni­ Lee Koopman, Amber­Li Topkin, Shame Benjamin, Zanele Rune, Beauty Makebe, Tazzlyn Norman, Robyn Rossouw and Mo­ nica Kantani; middle: Terri­Lee Sullivan, Ai­ mee Klopper and Kayla Langeveld; back: Shanelle Jenneke, Terena van Schalkwyk and Meghan Hendrickse. Photo: Supplied

Saturday, 27 July: The Cansa TLC (Tough Living with Cancer) Challenge is a triathlon taking place at Virgin Active in Kimberley. With the option of beginner or intermediate, both gym and non-gym members can join for the day. The cost is R100 per person. With a combination of running on the treadmill (5 km), cycling (7 km) and laps (24) in the pool, it is sure to give one a great workout. For intermediate or beginners the distances are 2 km run, 4 km cycle and 12 laps in the pool. Ten triathletes can take part per hour. The triathlon starts at 07:00. One can register in a suitable time slot from 07:00 until 15:00. All funds raised go to the TLC programme. For any enquiries Cara Noble can be contacted on 083-784-5596 or 053-8312968. Donderdag 1 Augustus: Die Jeneka-vroueorganisasie se volgende bekende wat hy Kimberley toe bring, is Lindie Strydom, voormalige akteur, aanbieder, motiveringspreker en verlede jaar Finesse se inspirasievrou. Diegene wat belang stel om om 19:00 op Hoffepark na haar te luister kan Marian van der Westhuizen by 083-633-6446 bel. Kaartjies kos R150 per persoon en sluit ’n ete in. Vrydag 2 Augustus: Kansa se gewilde skouspelkonsert word op die Tabernakel Dei Diamantstad-kampus (voorheen die Diamantstad-tabernakel) gehou. Dit begin om 18:30. Kaartjies vir volwassenes is R60 en kinders R30. Kaartjies is by Kansa se kantoor en Dream Blinds beskikbaar.


NOORDKAAP, WOENSDAG 24 JULIE 2013

THE HUB Diamond Pavilion Mall

Men’s Puffer Jacket

139

95 95

GRAND OPENING

25 JULY

99

WAS 349.95

SAVE

R210

8:30AM SHARP!

Men’s Denim Jeans

7

95

SAVE

R40

Track Top

SAVE

R200 SAVE

SAVE

399

R200

95

WAS 599.95

299

95

WAS 499.95

R140

359

95

nditioner Shampoo, co gift set t en tm ea tr &

69

WAS 499.95

SAVE

95

R40

WAS 139.95

Steam Iron

99 95 49 95

Buy 1 get 1 free each

*LIMITED To onE pEr cusToMEr

WAS 119.95

SAVE

1200W Hair Dryer

Selected Double Comforters

99

Automatic Kettle

R70

95

WAS 169.95

WAS

NOW

SAVE

2 Pc Casserole & Lid Set

R79.95

R59.95

R20

10,5” Dinner Plates

R12.95

R7.95

R5

20 Pc X-Shaped Dinner Set

R199.95

R149.95

R50

3 Pc Knife Set

R19.95

R9.95

R10

48cm Cabin Trolley Bag

R399.95

R299.95

R100

Standard Pillow

R39.95

R19.95

R20

Ladies Pumps

R69.95

R49.95

R20

Men’s Padded Baseball Jacket

R379.95

R199.95

R180

Men’s Fleece Track Top

R379.95

R199.95

R180

Playboy/Playgirl Deodorant

BUY 1 GET 1 FREE

Selected Ladies Tees

BUY 1 GET 1 FREE

Children’s Tracksuits

20% OFF

Children’s Jeans

20% OFF

VALID FROM 25-28 JuLy 2013. WHILE STOCKS LAST.

Buy 1 get 1 free

Ladies Polar Fleece

www.hub.co.za

SAVE

R70

OPEN A HUB CLCEUIVBE ACCOUNT NOW & RE

8pc Stainless Steel Pot Set

399

95

WAS 499.95

SAVE

R100

R500

IN VOUCHSEFRREES PLUS 3 MONTH P CLUB MEMBERSHI

25805 Fire Tree Design e&oe

Ladies Canvas Pumps


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 24 JULIE 2013

Noord-Kaapse meisiehokkiespanne DIE Noord­Kaapse o.13­mei­ sieshokkiespan wat aan die na­ sionale o.13­toernooi in Kaap­ stad deelgeneem het, kon net een van sy sewe wedstryde wen (twee was gelykop) en het sestiende uit sestien spanne geëindig. Die span is van links, voor: Nastacia Cornelius (Her­ lear), Shani van Rooyen (Staats), Heleen Tredoux (Eure­ ka), Kristlin Sweetnam (Staats), Kezlyn Chase (Kimber­ ley Junior) en Cieran Kruger (Kimberley Junior); agter: Mi­ chaela Hollander (West End), Andrea Joseph (West End), Shae Botha (kaptein, Kimber­ ley Junior), Miné Buys (Eureka), Kiara Wakeford en Sanchez Mia. Afwesig: Almari Bruwer (Op die Voorpos) en Zani du Plessis (Oranje­Noord). Foto’s: Ruan Bruwer

DIE Noord­Kaapse o.14 mei­ sieshokkiespan wat aan die na­ sionale o.14­toernooi in George deelgeneem het, het vier van sy agt wedstryde gewen, drie ver­ loor en een was gelykop om ne­ gende uit sestien spanne te ein­ dig. Die span is van links, voor: Amy Klaasen (Girls’ High), Ba­ drunnisaa Halliday (Hoërskool Noord­Kaap – HNK), Casey Lan­ geveldt (HNK), Chervonne Beu­ kes (HNK, kaptein), Robyn Jenkins (Girls’ High) en Janke Myburgh (DHS); agter: Chanel­ le Arries (HNK), Katelyn Towell (HNK), Carmen Haasbroek (Hoërskool Diamantveld – DHS), Jeanne­Marie Jacobs (DHS), Tamzin Hewitt (Ada­ mantia), Jennifer Preece (Girls’ High) en Belle Isaacs (Girls’ High). Afwesig: Katlego Lucas (HNK), Charlene Visser (De Aar), Nigelene Daly (HNK), Jana Victor (Upington) en Layla Cor­ nellissen (Girls’ High). DIE Noord­Kaapse o.16 mei­ sieshokkiespan wat aan die na­ sionale o.16­toernooi in Pot­ chefstroom deelgeneem het, het drie van sy sewe wedstryde gewen, drie verloor en een ge­ lykop gespeel om agtste uit twaalf spanne te eindig. Die span is van links, voor: Kristen Abrahams (HNK), Charné Mad­ docks (HNK), Cynclaire Moor­ croft (HNK) en Zeena Martin (HNK); middel: Rubina Alexan­ der (HNK), Mieshka Aysen (HNK), Refilwe Nyaba (CBC), Jody Isaacs (HNK) en Nomazwi Nkoane (Girls’ High); agter: Thuto Maphala (Girls’ High), Johanic Kuit (DHS), Marizaan Janse van Rensburg (DHS, kap­ tein), Kirsten Datnow (HNK), Imke van Rooyen (DHS) en Ker­ rin Klaaste (HNK). Afwesig: Christi van Niekerk (Martin Oosthuizen), Rochelle Bunting (HNK), Zintle Damon (Girls’ High) en Schae Hendriks (HNK).

DIE Noord­Kaapse o.18­mei­ sieshokkiespan wat aan die na­ sionale o.18­toernooi in Pieter­ maritzburg deelgeneem het, het negende in die B­afdeling geëindig. Hy het twee wedstry­ de gewen, vier verloor en twee het gelykop geëindig. Die span is van links, voor: Zanele Rune (Girls’ High), Mma­Elisa Kenosi (Girls’ High), Casey Preece (Girls’ High), Omolemo Maribe (Girls’ High), Farzaana Moham­ med (Girls’ High), Brittany Why­ te (Girls’ High), Sumari Coezee (HNK); agter: Carli Groenewald (DHS), Tyra Hannie (Girls’ High), Helené Snyders (DHS), Amoré Serfontein (HNK), Bronwyn Brown (Girls’ High) en Hayley Martin (HNK, kaptein). Afwe­ sig: Veronique Voster (Uping­ ton), Louisa Albertyn (De Aar), Anri van Rooyen (Kalahari), Ste­ phanie Potgieter (DHS) en Tas­ ha­Leigh van Wyk (HNK).


NOORDKAAP, WOENSDAG 24 JULIE 2013

9

MANDELADAG (18 Julie) is verlede week, soos landwyd, ook op verskillende maniere op verskeie plekke in Kimberley gedenk waartydens mense 67 minute van hul tyd vir welwillendheidswerk afgestaan het. Nog foto’s op bl. 13.

BY die Resthaven­tehuis in Galeshewe het verskeie mense verskillende take verrig. Die oudioloë van die Kimberley­hospitaal het ’n blommemuur vir die bejaardes geverf, terwyl die ortopediese en prostetiese afdeling rolstoele herstel het. Op die voorgrond is die oudioloog Lorné Johl aan die verf. Foto: Emile Hendricks DIE Hoërskool Adamantia se landsdiensklub het ballonne met die boodskap van hoop en vrede daaraan vasgemaak die lug in laat vlieg. Foto: Ruan Bruwer

DIE Kimberley­mynmuseum se personeellede het ook hul deel ge­ doen deur sowat 200 behoeftiges van ’n warm koppie sop, brood en vrugte te voorsien. Links deel die kassier Eva Maseng die eet­ goed uit. Foto: Verskaf

BY die Laerskool Staats het leerlinge ’n muntlegging in die vorm van die nommers 6 en 7 gepak. Dié geld gaan gebruik word om komberse vir die Diamond Pavilion Shopping Mall en Noordkaap se Blanket­Drive­veldtog te koop. Foto: Verskaf


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 24 JULIE 2013

Griekwaland-Wesse skolerugbyspanne

DIE Griekwaland­Wesse o.12­span het al drie sy wedstryde op die nasionale o.12­Lammergeyer­week op Vryheid verloor. Hy het naelskraaps met 14­15 teen Limpopo en met 16­19 teen die Leeus aan die verloorkant geëindig. In Griekwas se eerste wedstryd het hy met 12­23 teen die Bulle slae gekry. Die spelers is van links, voor: Kevin de Kock (Newton), Naiden Jaarts (Op die Voorpos), Nico Pietersen (Seodin), Romeo van Wyk (Newton), Quyn Horn (De Aar) en Abré Minnie (Staats); middel: David Seete (Staats), Stoney Steenekamp (Kathu), Revano Muller (De Aar), Pollie Aggenbach (Sentraal Kakamas), Deon le Roux (Kathu), Sello Maketlo (Newton) en Quintin Immelman (Oranje­Noord); agter: Ilewellyn Stadler (Andalusia), Alvinso Vries (Roodepan), Lappies Labuschagne (Hartswater), André van Zyl (Sentraal), Steph Boshoff (Oranje­Noord), Herman Visser (Oranje­Noord), Pieter Visser (Harts­ water), D.M. Hohls (Seodin) en Bernard van Staden (Newton). Foto’s: Ruan Bruwer DIE Griekwaland­Wesse o.13­span het klippe op die Cravenweek op Bela­Bela gekou en kon net in een van sy vier wedstryde seëvier. Dit was op die laaste dag teen Nami­ bië (wen 12­5). Vroeër het hy met 5­16 (Griffons), 5­22 (SWD) en 7­31 (WP) vasgeval. Die spelers is van links, voor: Nolan Coetzee, Jannie Visser, Johnny Markram, Bobby Duvenhage, WJ Steenkamp, Pie­ ter Smith, Dewan Pietersen en Ru­ an van Loggerenberg; middel: CP Klijnhans, DS van Niekerk, Luaan van Wyk, Handré Bruwer, Willem van Niekerk, Andries Jacobs en Justin Makaza; agter: Eduard Es­ terhuizen, Jodee Jansen, Keenan Grace, Andrew Louw, Ruwano Fritz, Jacques Marthinus en Neva­ ro Booysen.

DIE Griekwaland­Wesse o.16­span het twee van sy drie wedstryde op die Grant Komo­week op Vanderbijlpark gewen. Hy het Limpopo met 29­27 en die Valke met 24­16 geklop. In Griekwas se laaste wedstryd teen Namibië het laasgenoemde met 13­9 koning gekraai. Die spelers is van links, voor: Joshua Swarts (HNK), Giovano Swarts (Vaalharts), Danielo Huyster (HNK), Gerco Nortjé (DHS), Jacques Beukes (De Aar), Lourens Steenkamp (Landboudal) en André Sher (HNK); middel: Johan Joubert (DHS), Desmond van Rooyen (Warrenton), Janco Cloete (Upington), Algurnand Heins (HNK), Lehan Viljoen (HNK), Vannas Heroldt (DHS), Simbulele Mweba (Landboudal) en Boan Venter (De Aar); agter: Phemelo Seleko (HLNK), WJ Bester (Hartswater), Hannes Jacobs (HNK), Ryan Doizeb (Colesburg), Derick Minnie (HNK), Jannus Wessels (DHS) en De­Angelo Prins (Victoria­Wes­akademie).


NOORDKAAP, WOENSDAG 24 JULIE 2013

11

Griekwaland-Wesse skolerugbyspanne Kry slae op week in Durban DIE Griekwaland­Wesse o.18­span het ’n teleurstellende Akademie­ week in Durban gehad en drie keer slae gekry. OP­Platteland (70­28), die Blou Valke (26­17) en Griffons­ Platteland (39­25) was almal te sterk vir die Noord­Kapenaars. Die spelers is van links, voor: Morné Morollong (Douglas), Mpho Mole­ te (HNK), Standon Bouer (Coles­ berg), Abroné Tieties (Prieska), JD Swanepoel (DHS), Deon van Zyl (DHS) en Japie van Zyl (Vaalharts); middel: Janco Scholtz (Prieska), Weeden Scheepers (Homevale), Danie du Toit (Landboudal), Tume­ lo Makadu (HTS Kimberley), Johan Obbes (DHS), Lesego Mokalaka (HLNK), Christo Botma (Landbou­ dal) en Cecil Barrow (AHS); agter: Donald More (Vaalharts), Geo Da­ vel (HNK), Kagiso Senwedi (HTS Kimberley), Mosa Mocumi (Kim­ berley Boys’ High), Xander Rediker (Hartswater), Morris Rossouw (Landboudal) en Heinville Lewies (Richmond). Foto: Ruan Bruwer

GOOD NEWS FROM THE COMMUNITY

Advertorial brought to you by KFC

Wrap Up Warm This Winter With the temperature dropping during winter, many people are without adequate protection to keep them warm. The South African Police Service in Kimberley, together with the Diamond Pavilion Mall and Pep Stores, have vowed to keep the community of the Northern Cape warm by donating blankets to people in need. Lieut. Sergio Kock, police spokesperson, said this drive kicked off in 2011. “We have, with the help of several NGO’s, schools, government organisations and the community, collected 15 336 blankets to date. This is more than R600 000 worth of blankets.” Kock said the aim of the project is to collect over 32 000 blankets, which, if converted into square metres, is the approximate size of the Diamond Pavilion Mall. Blankets are distributed throughout the year to the under-privileged, orphanages, the SPCA, homeless persons and hospitals. Further distributions are made in disaster situations, such as the recent flood in Modder River. The distributions run concurrent with safety campaigns where the blanket recipients are informed on how to keep them and their loved ones safe. A local company in Kimberley, MIND Matters, recently donated 1260 blankets to this very important cause and challenges all businesses to beat their generous contribution. The blankets were handed over to the Letsemeng Child and Youth Care Centre. This centre is based in Koffiefontein and looks after 24 children. Tamlin Diegaardt, house mother of the centre, said they look after children of all ages. “The children are homeless and don’t have parents, we do get babies as well. We look after them as foster parents until they are placed with adoptive parents.” She said to work with children is the most fulfilling job. The donation of the blankets warms her hearts, because now the children won’t have to sleep cold. “I love my job. The children we look after need love and care and we are here to give it to them.”

Magdaleen Louw (6), Busisiwe Tlhakala (4) and Matilda Mosienki (8) are wrapped up warmly for the winter.

Georgina Mafata and Busisiwe Tlhakala (4), accept blankets for winter from Maj. Gen. Jean Abrahams, Kimberley cluster commander.

SYNC /11807

Const. Samantha Huis, Santi Hoffman, from MIND Matters and Maj. Gen. Jean Abrahams, cluster commander of Kimberley SAPS.

Magdaleen Louw (6), Santi Hoffman, Busisiwe Tlhakala (4) and Matilda Front L/R: Magdaleen Louw (6), Busisiwe Tlhakala (4) and Matilda Mosienki Mosienki (8). The girls are residents of the Letsemeng Child and Youth Care (8). Back L/R: Tamlin Diegaardt, from the Letsemeng Child and Youth Care Centre, Santi Hoffman, from MIND Matters and Liza Tlhakala, also from the Centre. They accepted the blankets on behalf of the centre. Letsemeng Child and Youth Care Centre.

KFC

KFC Kimberley 2 (Cnr. George & Bulfontein Road) KFC Kimberley 3 (Cnr. Transvaal & Cecil Sussman Street) KFC Monument Heights (Cnr. Macdougal & Memorial Road)

Tel

053 832 9607 053 831 2255 053 832 9554

YUM Restaurant Support Centre Bryanston: 010 001 7100 www.kfc.co.za


12

NOORDKAAP, WOENSDAG 24 JULIE 2013


NOORDKAAP, WOENSDAG 24 JULIE 2013 VANDEESWEEK se interessante sportfeite is (onthou, volgende week kan ’n geskenkpak van SuperSport gewen word): ) George Daneel is die enigste Springbok wat ooit 100-jarige ouderdom bereik het. Hy was 100 jaar en 51 dae oud toe hy gesterf het. ) Piet Malan is die oudste lewende Springbok op 94 jaar en 161 dae. ) Johan Ackermann was op 37 jaar en 34 dae die oudste speler ooit om vir die Springbokke te speel. Dit was in 2007 teen Australië. ) Jack Hartley het in 1891 in een

Stap kaalvoet vir ’n goeie doel DIE Interaksie­Rotariërgroep van die Hoërskool Noord­Kaap het bewusmaking geskep van mense wat sonder skoene moet klaarkom en het ’n ent kaalvoet geloop waarna hulle vir 67 minute geld vir die Dierebeskermingsver­ eniging ingesamel het. Foto: Ruan Bruwer

DIE gr. 0­klasse van St. Patrick’s College Preprimêr het kaartjies en briefies met goeie gesondheidswense aan Mandela by die Kimberley­hospitaal gaan aflewer in die hoop dat dit tog op die een of ander manier by hom afgelewer sal word. Foto: Verskaf

13

toets teen die Leeus gespeel toe hy net 18 jaar en 18 dae oud was. Hy is steeds die jongste Springbok tot nog toe. ) Os du Randt se 13 jaar en 12 dae (14 seisoene) tussen sy eerste toets in 1994 en sy laaste in 2007 is die langste Springbok-loopbaan nog. ) Andries Bekker (2,08 m) is die langste Springbok nog. ) Rudi (Vleis) Visagie (138 kg) was die swaarste speler nog. ) Billy Sendin is die ligste (60 kg) Springbok nog. ) Tommy Gentles (1,6 m) is die kortse speler wat nog die Boktrui gedra het.


14

NOORDKAAP, WOENSDAG 24 JULIE 2013

ROSE SNOEI: SKAKEL JACO (N.Dip.Tuinbou). Tel. 082 447 2458. 053 861 1469 Vir gratis kwotasie en professionele diens. Slegs Kimberley. UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAKS 053 832 1951

MATRIEKAFSKEIDROK: NR. 32/34. Swart-en-silwer, R900. 053 832 9359.

If you want to sell Table Charm SMS your address or Call 073 701 5214

BRIDGING CASH while waiting for

YORKIE-REUNTJIES te koop. Kan KUSA registreer Skakel 082 819 0767.

PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.

PENSION/ PACKAGE

KONTANT VIR MOTORS, bakkies, 4x4's, lorries, kombi's, busse, trekkers en karavane. 072 472 8686/ 053 963 1409.

BACHELOR FLAT to let. R2 100 p.m. from 1 August 2013. 084 800 8046.

JOIN A LEGITIMATE REGISTERED COPY & PASTE COMPANY. Earn R800 from home. Guaranteed success! SMS name & full address to: (084 254 1653.

payout (lump sum only)

Cash same day

086 1101 388 083 6700 788

All of us at Harmony Gold are united by our values, ensuring that we measure, we measure up and we deliver.

Title: Instrument Technician

Operation: Metallurgical Plants – Free State

Minimum requirements: • A relevant Trade Test as an Instrument Mechanician • N6 plus registration as a Professional Engineering Technician with ECSA OR National Diploma in Electrical Light Current or Instrumentation (T3/S4) • Plant-specific PLC and Scada experience

Roles and responsibilities: • Take responsibility and accountability for the section • Perform routine maintenance and repairs • Be on standby and work weekend overtime when required • Comply with the HRMS system • Comply with the planned maintenance system

Title: Fitter &Turner

Operation: Metallurgical Plants – Free State

Minimum requirements: • A recognised Trade Test Certificate • A minimum of 5 years’ experience as a Plant Fitter • Experience in the use of Crushers, Compressors, Pumps and Gearboxes • A Certificate of Fitness (Red Ticket) • Good interpersonal and communication skills • The ability to work independently and handle work pressure • A valid driver’s licence and own transport (essential) • Experience as a Multiskilled Artisan and plant experience will be added advantages

Roles and responsibilities: • Be responsible and accountable for engineering services • Perform fitting and other engineering installations and repairs • Undertake legal inspections and testing of equipment (risk assessments) • Update logbooks as per Harmony standards • Undertake daily inspections and repairs • Be on standby and work overtime if required • Comply with HRMS systems

Title: Boilermaker

Operation: Metallurgical Plants – Free State

Minimum requirements: • A recognised Trade Test Certificate • A minimum of 5 years’ experience as a Plant Fitter • Experience in the use of Crushers, Compressors, Pumps and Gearboxes • A Certificate of Fitness (Red Ticket) • Good interpersonal and communication skills • The ability to work independently and handle work pressure • A valid driver’s licence and own transport (essential) • Experience as a Multiskilled Artisan and plant experience will be added advantages

Roles and responsibilities: • Be responsible and accountable for engineering services • Perform boilermaking and other engineering installations and repairs • Undertake legal inspections and testing of equipment (risk assessments) • Update logbooks as per Harmony standards • Participate in a planned Maintenance System • Undertake daily inspections and repairs • Be on standby and work overtime if required • Comply with HRMS systems Contact person: Ntombi Lemena Designation: HR Practitioner Fax: 086 616 1802 E-mail: Ntombi.Lemena@Harmony.co.za Closing date: 1 August 2013

If you have not received any correspondence within 21 days after the closing date, regard your application as having been unsuccessful

OUR VALUES VALUES www.humanjobs.co.za

Human Communications 100901


NOORDKAAP, WOENSDAG 24 JULIE 2013

Wendell on: PLAYING with players with international experience: “It was an amazing experience, also to win consistently throughout that season for the first time since I started playing for Griquas. I learnt a lot from standing next to Kepler Wessels’ game after taking in how he thought and captained the team.” Griquas not getting its own franchise: “I was very disappointed that Griquas did not get a franchise, but a lot of great things have happened since then within the Griqualand-West structure and for me personally. So I believe it was something that was meant to happen and I have really grown from it.” Winning the 2004-’05 provincial three-day competition for the first time in a while: “That was a very big season for

all of us as it was important to rebuild and show a lot of fight. From a personal point of view it was a very big turning point in my career as I was asked to rebuild the team at the beginning of the season and this was the point where I really started to shift my thinking from being a player to being a coach and getting more joy from seeing others succeed and reach their goals.” The role as coach: “I love coaching. I feel there was a lot missing from my game when I was playing and that is why I did not quite make it to the top. I think I can really assess players and work on their skills to get them to the next level or give them a much better chance of being successful and staying there.”

15

Bossenger resigns Ruan Bruwer SPENDING 17 years at a single cricket board is something seen very seldom, especially when it’s playing for a semi-professional team. Wendell Bossenger recently closed a 17-year-chapter with the Griqualand-West Cricket Board (GWCB) when he announced his resignation as head coach of the provincial team. He moved to Johannesburg. In the 17 years he played the role of player, captain, player/ coach and later coach. He made his debut in October 1996 against Boland in Paarl where he made 17 runs not out. Coincidentally his final game in 2011 was also against Boland. He captained the team for ten years under which Griquas won three three-day trophies. In 2009 he started the role as player/coach.

Bossenger admits he would have wanted to play more franchise cricket. “But I think it has worked out better for me personally not having been selected to be a franchise player. At the time it was very hard, but I matured quickly and grew to be a better person, player and coach because of it.” Not all players can say they ended on a high, but Bossenger labels his last season 2010-’11 as player as his best. “I was the best player I ever could be then and I was working overtime with the young players on their games and it was so rewarding seeing them improve. Getting selected to be assistant coach of South Africa A in 2012 as well as to lifting the provincial trophy for Griquas in 2012 for the fourth time, were some of his career highlights.

The success of 2011-’12 was the reward of so much growth from so many young players throughout the year, players that no-one ever had any hope of achieving anything, he said. Another major achievement was in 2009 when he was named as one of five Mutual & Federal Cricketers of the Year. The president of the GWCB, Rihan Richards, praised Bossenger’s contribution to cricket. “His achievements as a player and coach are remarkable and he has left a lasting impression on Griquas. “Wendell added a new dimension not only to Griquas, but also Cricket South Africa. “He accepted any challenge placed before him with drive and enthusiasm. His willingness to impart his knowledge of the game to all around him will be sorely missed.”

Stemmet kry holte vir sy voet Ruan Bruwer DIE senter Jean Stemmet (27) moes by drie provinsies sy stempel probeer afdruk voordat hy ’n holte vir sy voet in Kimberley by die Griekwas gevind het. Hy het provinsiale rugby vir die WP, Boland en Sharks gespeel voordat hy middel 2010 na Griekwas gekom het. Hy het sedertdien in 38 wedstryde (22 Curriebeker- en 16 Vodacombeker-wedstryde) vir die Griekwas gespeel en 13 keer agter die doellyn gaan kuier. Waar het jy grootgeword en waar was jy op hoërskool? In Goodwood in die Kaap. Ek was ook vir ’n rukkie op Oudtshoorn op laerskool. My hoërskoolloopbaan was by PaarlGimnasium. Kan jy jou heel eerste drie onthou? Ja, dit

was o.7-rugby vir die Laerskool Van Reede op Oudtshoorn. Wie was jou rugbyheld toe jy ’n tjokkertjie was? Pieter Rossouw en Robbie Fleck (Stemmet se spelstyl herinner hoeka aan dié van Fleck). Wat was jou grootste rugby-oomblik of -prestasie? Om in 2009 saam met die Maties die Varsitybeker te wen (Stemmet en vyf van dié spanlede bevind hulle tans by die Griekwas), sowel as die sege oor die Blou Bulle verlede jaar (met 49-34). En jou grootste teleurstelling? Om in 2009 die Kaap te moes verlaat. Wat verg dit om ’n goeie provinsiale rugbyspeler te wees? Basiese vaardighede en minimum foute. Wanneer het jy jouself die eerste keer op TV gesien? Die interskolewestryd van 2004 teen Paarl Boys’ High. Wat is die snaaksste ding wat al met jou

of ’n spanmaat op die rugbyveld gebeur het? Ek moes as plaasvervanger uitdraf, maar die speler wat ek moes vervang, het my teruggestuur en gesê: “Ek gaan nie nou af nie”. Watter vraag vra mense buite Kimberley jou meestal as jy sê jy speel vir die Griekwas? Eerder ’n opmerking: Dat ons harde manne op ons tuisveld is. Wat is die lekkerste en slegste ding daarvan om vir die Griekwas te speel en hier te woon? Om Curriebeker-rugby vir Griekwas te speel. Die slegste is die voorseisoen wat sielkundig rof is. Halfway House of Springbok Pub? Springbok Pub. Wat is die een groot voordeel daarvan om ’n professionele rugbyspeler te wees? Jy sien die land, toer gereeld en speel teen die land se beste spelers. Kan jy jou eerste geel- of rooikaart ont-

JEAN STEMMET hou? In 2008 het ek ’n geelkaart vir ’n hoogvat gekry. Het jy enige bygelowe of rituele voor wedstryde? Ek hou van die kleur groen. In die week oefen ek in ’n ander nommer op my rug as dié waarin ek daardie naweek sal speel.


16

NOORDKAAP, WOENSDAG 24 JULIE 2013

Sport Die Diamantstad se koerant

Soek sterre Sportredaksie WEET jy van ’n puik sportprestasie wat vandeesmaand op die sportveld gelewer is? Noordkaap en SuperSport is op soek na die Let’s Play-sportster van die maand. Skole, klubs, afrigters of individue kan enige Kimberley-leerling tussen 6 en 18 jaar benoem vir ’n sportprestasie in enige sportsoort gelewer in Julie. Leerlinge kan hulself ook benoem of ’n vriend of familielid vra om dit te doen. Noordkaap se sportredaksie sal ook spelers en atlete benoem, maar dit is onmoontlik om van al die puik prestasies te weet. Daarom word die publiek se hulp gevra met die benoeming van ’n waardige wenner. Die Let’s Play-sportster van die maand sal maandeliks ’n wenner aanwys wat ’n geskenkpak van Let’s Play sal ontvang. Die wenner sal sowel in Noordkaap as op Let’s Play se webtuiste bekend gemaak word. Teen die einde van die jaar sal ’n algehele wenner uit die maandelikse wenners gekies word. Indien jy iemand vir die maand wil benoem, moet jy opskud en dit voor einde vandeesmaand doen.Jou benoeming moet die volgende inligting bevat: Die sportster se naam, ouderdom, skool en ’n kort paragraaf (minder as 200 woorde) met inligting oor wat die leerling op sportgebied bereik het, asook sy of haar besonderhede. E-pos dit na supersport@zpr.co.za of stuur ’n faks na 086-552-4922. Navrae: Lynne Landman of Juanré Viviers van Z PR by 051-430-3027.

MONIQUE VAN DER WESTHUIZEN is ná die Bokkieweek op Na­ boomspruit in die vakansie as die beste speler op die toernooi, so­ wel as die beste hulpdoel in haar ouderdomsgroep, aangewys. Sy het vir die Griekwaland­Wesse o.13­netbalspan deelgeneem en is ’n leerling aan die Laerskool Eureka. Foto: Verskaf Sportredaksie REËL 10: Vuilspel Definisie van vuilspel: Vuilspel is enigiets wat ’n speler op die speelperk doen wat teen die letter en gees van die reëls van die spel is. Dit sluit obstruksie, onregverdige spel, herhaalde oortredings, gevaarlike spel en wangedrag in wat tot nadeel van die spel strek. Gevaarlike spel en wangedrag (vervolg van vorige keer): Laat stormloop van die skopper: ’n Speler moet nie opsetlik ’n teenstander wat pas die bal geskop het, stormloop of hinder nie. Straf: Die nie-oortredende span kan kies om die strafskop hetsy op die oortredingsplek, óf waar die bal val, óf waar die bal volgende gespeel is, te neem. Oortredingsplek: As die oortreding in die skopper se doelgebied is, is die merk van die strafskop 5 m van die doellyn af, in lyn met die oortredingsplek, maar minstens 15 m van die grenslyn af. Die nie-oortredende span mag ook kies om die strafskop waar te neem waar die bal grond vat of volgende gespeel word voordat dit grond vat, en minstens 15 m van die grenslyn af. Waar die bal land: As die bal in die grens land, is die merk vir die

opsionele strafskop op die 15 m-lyn, in lyn met die plek waar dit die grenslyn gekruis het. As die bal binne 15 m van die grenslyn land, of gespeel word voordat die bal land, is die merk op die 15 m-lyn in lyn met die plek waar dit grond gevat het of gespeel is. As die bal in die doelgebied, doelgrens of op of oor die doodlyn grond vat, is die merk van die opsionele strafskop 5 m van die doellyn af, in lyn met die plek waar die bal die doellyn gekruis het en minstens 15 m van die grenslyn af. ) Dié reël word volgende keer verder bespreek.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.